“en god self sal by hulle wees, as hulle...

32
DESEMBER 2015 “en God self sal by hulle wees, as hulle God,” En deur die ewigheid heen en Hom loof vir Sy onuitspreeklike gawe – Emmanuel, “God met ons.” (EGW: Koning van die Eeue FP Ć

Upload: others

Post on 02-Feb-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

1

D E S E M B E R 2 0 1 5

“en God self sal by hulle wees, as hulle God,”En deur die ewigheid heen … en Hom loof vir Sy onuitspreeklike gawe – Emmanuel, “God met ons.”

(EGW: Koning van die Eeue

Page 2: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

2

Kwartaalliks uitgegee deur die

SAU Departement Kommunikasie

Fairviewstraat 2, Bloemfontein, 9301

Tel: (051) 447-8271, Faks: (051) 448-8059

www.adventist.org.za

Redakteur S.G. du PreezMede-Redakteurs T. L. Letseli, T. M. KuneneUitleg en ontwerp Firefl i Design Studio megan@fi refl i.co.za

Gids vir die Suider-Afrika Uniekonferensie

SAU ADMINISTRATEURS

President T.L. LetseliSekretaris T. M. KuneneHoof Finansiële Beampte E.A. OdendaalFinansiële Beampte M. MweembaAssistent Finansiële Beampte H.A. LangfordAssistent Finansiële Beampte H. Munez

DEPARTEMENTELE DIREKTEURE

ADRA J.E. NetshifulaniAftrede/Pensioen R. Layman Fasiliteite V. MalungaGesondheid/Gesinsbediening J.U. Negre Inligtingstegnologie B. Stepanek Jeugbediening P.R. MaliguduKommunikasie/PARL S.G. du Preez Korrespondensie Bybelskool J.J. JuliesMinisterieel/PAKIA/Predikantsvrou-Leidsters G.T. du PreezRentmeesterskap D.P. ShongweMOWCS H.M.M. EngelbrechtOpvoedkunde G.T. du PreezPersBediening/VolwasseSS/Adventiste Sending/GeesvanProfesie G. ReynekeSEDCOM & Trustdienste A. du PreezUitgewery G. MweembaVroue-/Kinderbediening/KinderSS N.Z. KuneneWK Ouditeursdiens C.J. Haupt

SAU INSTANSIES

Helderberg Kollege V InjetyMaluti Adventiste Hospitaal T PulumoMaluti Adventiste Kollege A RanotsiSwazi Oogkundige Dienste J PadillaVista Kliniek Psigiatriese Sorg F LouwSVP Korrespondensie Bybelskool J Julies

PLAASLIKE KONFERENSIES

Kaap Konferensie – P. R. Gelderbloem, PresidentPosbus 5961, Walmer, 6065, Tel: (041) 581-0100/1

Kwazulu-Natal Vrystaat Konferensie – L.C. de Waal , PresidentPosbus 740, Pinetown, 3600, Tel: (031) 700-5301

Lesotho Konferensie – A.C. Bohale, PresidentPosbus 714, Maseru, Lesotho, Tel: (00266) 31-2664

Namibië Konferensie – M. S. Mukubonda, PresidentPosbus 2144, Windhoek, 9000, Namibië, Tel: (00264) 61 22-8140

Swaziland Konferensie – J. Mahlangu, PresidentPosbus 562, Manzini, Swaziland, Tel: (00268) 505-2617

Trans-Oranje Konferensie – J.M. Mongwe , PresidentPosbus 46061, Orange Grove, 2119, Tel: (011) 640-3084

Noordelike Konferensie – D. C. Spencer, President

Posbus 751423, Garden View, 2047, Tel: (011) 616-6800

ISSN 019-5092

JAARGANG 24 NOMMER 4 DESEMBER 2015

boodskap van die redaksie ‘Kom, Laat Jou Lig Skyn! Jesus Christus Kom Weer’ p 3

oordenking “God met ons!” p 4

VERRYK U LEWE MET … Die Mission Study Bible p 5

bybelfokusDie Bybel oor die Wederkoms van Christus p 6

perspektiefDie Amptelike Standpunt van die SDA Kerk –

Die Rol van Vroue in Leierskap binne die Kerk p 7

sau nuusbrokkies en beskouingsDie Geskiedenis van Sabbatskool in die SDA Kerk p 8

Nuus van Hope- Kanaal p 9

SAU Sabbatskool Departement – Splinternuwe en Kragtige

Bybelstudiegidse vir Nuwe Kerklidmate p 10

SAU Regsadvies – WVF onder die Vergrootglas p 12

Kom na Helderberg Kollege – Geen Verhoging van

Gelde 2016 p 13

VISTA KLINIEK– Gespesialiseerde Psigiatriese Sorg p 18

VISTA KLINIEK Vier Wêreldwye Geestesgesondheidsdag 2015 p 19

glo sy profete Gees van Profesie Daaglikse Leesplan 2015 p 14

Glo Sy Profete Bybelleesplan 2015 p 17

kinderhoekieMet liefde leer ons die Bybel ken p 15

bybelstudiegidse 2016 vir sabbatskool

– Bestel Nou! p 25

tekens van die tye – ‘n uitnodiging om in te teken p 21

kaleidoskoop van vierings en voorbereding binne ons konferensies Adventhaven Verswakte Bejaardesorgsentrum

– Omgee met liefde p 22

SDA KERK, LANGKLOOF – Eeufeesviering 2016 p 23

WÊRELDWYE JEUGDAG in Port Elizabeth Sentrale Dstrik p 24

SVP Korrespondensie Bybelskool – Begeer u Geestelike

Verryking? p 25

gesondheidsforum Die Hantering van DEPRESSIE p 26

Garden Recipes for Health and Healing p 28

amptelike kennisgewings van sakesittings in die konferensiesNamibië Konferensie (Amptelike Skrywe – Uitstel)

Kaap Konferensie

Suider-Afrika Uniekonferensie p 30

aankondigings“GELUKKIGE VERJAARSDAG!” (Oktober - Desember) p 31

FEESSEISOEN-WENSE en Nuwejaarseëninge p 31

SPERDATUMS – Bydraes vir MARANATHA 2016 p 32

INHOUDSOPGAWE

Page 3: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

3

boodskap van die redaksie

‘Kom, Laat Jou Lig Skyn!

Jesus Christus Kom Weer’MAAK GEREED!

“ Maak jou klaar om jou God te ontmoet, o Israel.” (Amos 4:12) Soos ons die einde van nog ‘n jaar nader, besef ons dat indien ons verlang dat Jesus in ander se lewens ‘n kernrol speel – in ons kerke, in ons skole, tuis, by die werk, op die speelgrond en in ons sosiale kringe – moet ons Jesus eers in ons eie lewens ontdek en liefhê! Ons moet eintlik oor en oor op Hom ‘verlief raak’! Oordenk die woorde van die loflied, ‘Are you ready for Jesus to come?’ terwyl u ook gedagtig bly aan die tema van ons wêreldwye kerk: “Kom, laat skyn jou lig! Jesus Christus kom weer!”

“The theme of the Bible is Jesus, and how He died to save men. The plan of salvation assures us, He’s coming back again!

REFREIN: Are you ready for Jesus to come? Are you faithful in all that you do? Have you fought a good fight? Have you stood for the right? Have others seen Jesus in you?Are you ready to stand in your place? Are you ready to look in His face? Can you look up and say, “This is my Lord!” Are you ready for Jesus to come?”

‘Veronderstel dat Christus vandag sal verskyn op die wolke van die hemel, wie ... sal gereed wees om Hom te ontmoet? Veronderstel ons word vandag opgeneem in die koninkryk van die hemel, net soos ons is. Sal u gereed wees om met die kinders van God te verenig, om in harmonie met die koninklike gesin, die kinders van die hemelse Koning, saam te leef? Watter voorbereidings het u getref vir die oordeel? Het u vrede gemaak met die Here? Reik u uit na ander om u, diegene in u gesin, ander in u buurt, ander met wie u daagliks in verbinding kom; ander wat nie die tien gebooie van die Here onderhou nie? ... Maak ons gereed om die Koning te ontmoet? ...

Die Here kom met mag en groot heerlikheid. Hy kom met Sy eie heerlikheid en met die heerlikheid van die Vader ... Terwyl die

kwaaddoeners Sy teenwoordigheid ontvlug, sal Christus se volgelinge hulle verbly ..... Vir Sy getroue volgelinge, was Christus ‘n daaglikse Kameraad en ‘n geliefde Vriend. Hulle het in ‘n hegte band, in voortdurende gemeenskap met die Here, gelewe. Die glorie van die Heiland het oor hulle verskyn ..... Nou verheug hulle hulle in die helder strale van die heerlikheid van hulle Koning in al Sy majesteit. Hulle het gereed gemaak vir die gemeenskap van die hemel, want

hulle het die hemel in hulle harte.” ...

En daar waar sonde geheers het, heers God se genade in volle krag. Die aardeself, die juiste terrein waarop Satan aanspraak maak as syne, gaan nie slegs verlos word nie, maar gaan ook verhoog word . Ons klein aardeplaneet, onder die vloek van sonde, die een donker klad in Sy glorieryke skepping, sal vereer word bo al die ander wêrelde in die heelal van die Here.

Hier, waar die Seun van God Sy menslikheid gesetel en ge-‘tabernakel’ het; waar die Koning van konings geleef, gely en gesterwe het – hier, waar Hy alles nuut gaan maak, sal die heiligdom van die Here tussen die mense wees, “en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God,” en deur die ewigheid heen sal die verlostes in die lig van die Here wandel en Hom loof vir Sy onuitspreeklike gawe – Emmanuel, “God met ons.” ’ – Ellen G White: MARANATHA, The Lord is Coming, bll. 89, 372

En soos ons staatmaak op hierdie belofte van die Here se teenwoordigheid – Sy spoedige terugkeer om Sy kinders huis toe te neem – bid ons dat u “GOD MET ONS,” mag ervaar soos u die vakansieseisoen binnegaan, en gedurende die nuwejaar hierdie versekering graveer in u hart. ‘Mag die God van vrede en liefde met julle wees’ (2 Korintiërs 13:11, NAV)

SAU REDAKSIE MARANATHA (2011-2015)

3

“Dit is die ‘Seun van die mens’ wat genoem word “Wonderbaar, Raadsman, Sterke God Ewige Vader, Vredevors.” JESAJA 9:6

Die EK IS is die Middelaar tussen God en mens, want Hy gryp albei aan. Hy wat “heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is,”

skaam Hom nie om ons broers te noem nie. In Christus is die aardse gesin met die hemelse gesin verenig.“

Die Koning Van Die Eeue, p. 25

Page 4: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

4

oordenking

“God met ons!” “Hulle sal Hom Emmanuel noem ... God met ons.”

“Die verligting ... van die kennis van die heerlikheid van God” word gesien “in die aangesig van Jesus Christus.” Die Here Jesus Christus was van die voortyd af een met die Vader; Hy was die “beeld van God’, die beeld van Sy grootheid en majesteit, “die afskynsel van Sy heerlikheid”. Dit was om hierdie heerlikheid te openbaar dat Hy na ons wêreld gekom het. Na hierdie aarde, verduister deur die sonde, het Hy gekom om die lig van God se liefde te openbaar – om “God met ons” te wees. Daarom is daar van Hom geprofeteer, “Hulle sal Hom Emmanuel noem.”

Deur Sy mensheid aangeraak, deur Sy Godheid was Hy met die troon van God verbind. As die Seun van die mens het Hy ons die voorbeeld van gehoorsaamheid gestel’ as die Seun van God gee Hy ons die krag om te gehoorsaam. Dit was Christus wat uit die brandende bos by Horeb aan Moses gesê het: “EK IS WAT EK IS ...”

Christus is behandel soos ons ons verdien het, sodat ons behandel kan word soos Hy verdien het. Hy is veroordeel vir ons sondes waaraan Hy geen deel gehad het nie, sodat ons geregverdig kan word deur Sy geregtigheid waarin ons geen deel gehad het nie. Hy het ons dood gesterf, sodat ons Sy lewe kan ontvang. “Deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom.”

Deur Sy lewe en dood het Christus meer verkry as slegs verlossing uit die ellende van die sonde. Dit was Satan se doel om ewige verwydering tussen God en die mens te bring; maar in Christus is ons nouer met God verbind as wat ons sou gewees het as ons nooit in sonde beland het nie. Deur ons natuur aan te neem, het die Heiland Hom met die mensheid verbind met ‘n band wat nooit verbreek kan word nie. Deur die eeue van die ewigheid is Hy aan ons verbind. “So lief het God die wêreld gehad

dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het.” Dit is die waarborg dat God Sy woord gestand sal doen. “Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op Sy skouer .....

Van Sy volk sê God: “Hulle is kroongesteentes wat hulle skitterend verhef oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!” (Sagaria 9:16, 17). Die verheffi ng van die verlostes sal ‘n ewige getuienis van die genade van God wees. “In die eeue wat kom” sal Hy “die uitnemende rykdom van Sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus ” betoon,”

Deur Christus se verlossingswerk word die heerskappy van God geregverdig. Die Almagtige word geopenbaar as die God van liefde. Die Satan se aantygings is weerlê en sy karakter onthul. Daar kan nooit weer opstand kom nie. Die sonde kan die heelal nooit weer binnedring nie. Tot in ewigheid is almal gevrywaar teen afvalligheid. Deur die opoffering van die liefde word die bewoners van hemel en aarde met onverbreekbare bande saamgebind.

Die verlossingswerk sal volkome wees. Waar die sonde geheers het, sal die genade van God oorvloediger wees. Die aarde self, wat die Satan as Syne gekies het, sal nie net verlos word nie, maar ook verhoog. Ons wêreldjie, wat onder die vloek van die sonde die een klad op Sy heerlike skepping was, sal bo die ander wêrelde in die heelal van God vereer word. Hier, waar die Seun van God in die vlees as mens gewoon het; hier, waar die Erekoning gely en gesterf het, sal God, wanneer Hy alle dinge nuut sal maak, Sy tabernakel by die mense maak, “en Hy sal by hulle woon, en hulle sal Sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God,” en deur die ewigheid heen sal die verlostes in die lig van die Here wandel en Hom loof vir Sy onuitspreeklike gawe - Emmanuel, ‘God met ons.’ ”EG White: Die Koning van die Eeue, bll 19-27

Page 5: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

The

Study Bible

Mission

Study Bible with Ellen G. White Comments

Cover: Ultra durable black cover

KJV with E.G. White comments

Printed in full colour

Gold edge

Large print

Miracles & parables explained

80 Page Concordance

Scripture index to E.G. White

12 Basic Bible studies

Chronological tables

Single ribbon marker

Inter-testamental period

Harmony of the Gospels and gospel narrative

Maps and charts

Website: www.themissionstudybible.org

Telephone: +27(0) 79 586 2787 | Email: [email protected]

Contact us

direct or inquire

at your local

ABC

w

w

w

.

t

h

e

m

g

r

i

s

o

s

.

i

o

e

n l

s

ib

t

udyb

GOEDGEKEUR DEUR DIE REDAKSIE AS ‘N AMPTELIKE ADVERTENSIE

Page 6: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

6

bybelfokus

Die Bybel oor die Wederkoms van Christus

Watter versekering het Jesus oor Sy wederkoms gegee? “Laat julle hart nie ontsteld word nie, glo in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.” Johannes 14:1-3

Sal ons die tyd van Christus se wederkoms weet? “Maar van dié dag en die uur weet niemand nie, ook die engele van die hemel nie, maar net my Vader alleen ... Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie.” Matteus 24:36, 42. “Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig? En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur Sy eie mag bepaal het nie.” Handelinge 1:6,7

Hoe sal ons weet wanneer die wederkoms van Christus naby is? ‘Toe vertel Hy hulle ‘n gelykenis: Let op die vyeboom en al die bome. Net soos hulle bot, weet julle vanself, as julle dit sien, dat die somer al naby is. So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur.” Lukas 21:29-31

Watter gebeure om ons behoort ons in te lig oor die spoedige koms van Jesus? “En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde, benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun, en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word.” Lukas 21:25, 26

Sal die wederkoms van Christus heimlik plaasvind?“As iemand dan vir julle sê: Kyk hier is die Christus! Of: Daar! – moet dit nie glo nie. Want daar sal valse Christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die

uitverkorenes te mislei... As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn – moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer – moet dit nie glo nie. Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.” Matteus 24:23, 24, 26, 27.

Watter groot gebeure sal die wederkoms van Christus vergesel? “Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word, die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.” 1 Thessalonisense 4:16, 17.

Watter lewende beeld van die wederkoms van Christus gee Johannes in Openbaring? “En ek het geisen, en kyk, daar was ‘n wit wolk en een soos ‘n Menseseun wat op die wolk sit, met ‘n goue kroon op Sy hoof en in Sy hand ‘n skerp sekel. En ‘n ander engel het uit die tempel gekom en met ‘n groot stem geroep na Hom wat op die wolk sit: Slaan u sekel in en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het. En Hy wat op die wolk sit, het sy sekel oor die aarde laat gaan, en die aarde is afgemaai.” Openbaring 14:14-17

Hoe behoort ons gesindheid ingestel te wees teenoor die wederkoms van Christus?“Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie ... Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie.” Matteus 24:42, 44 “Kyk, Ek kom soos ‘n dief [onverwags]. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie.” Openbaring 16:15 “Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!” Openbaring 22:20

Page 7: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

7

Die Amptelike Standpunt van die SDA Kerk – Die Rol van Vroue in Leierskap binne die Kerk

perspektief

Die Sewendedag-Adventiste Kerk het die rol van vroue in leierskapposisies binne die kerk, sedert die mid-sewentigerjare, in ‘n ooreenstemmende en samewerkende gees bestudeer. By die Wêreldkonferensie se Sakesitting 2015, soos gehou te San Antonio, Texas, in Julie vanjaar, is ‘n stemming gehou wat bepaal het dat Divisies nie toegelaat word om besluite te maak ten opsigte van die ordening van vroue as predikante in hulle bedieningsgebiede nie. Hierdie handeling het gelei tot onsekerheid in die gedagtes van sommige lede ten opsigte van die rol wat vroue wel toegelaat word om te speel in die kerk.

In Augustus was ‘n raadsbegeleidende vergadering gehou saam met al die leraars, direkteure en administrateurs binne die SAU-gebied. Hiertydens is ‘n besluit geneem om die amptelike standpunt van die kerk tans te bevestig ten opsigte van die rol van vroue in leierskapposisies binne die kerk. Die resolusie is verwys na die SAU Uitvoerende Komitee wat op 6 September 2015 vergader het. Die Uitvoerende Komitee het die resolusie goedgekeur, daaroor gestem en aanvaar.

Hiermee die resolusie (besluit) soos gestem en goedgekeur deur die gemelde Komitee:

RESOLUSIE VAN DIE SAU UITVOERENDE KOMITEE GESTEM TE SAU HOOFKANTOOR, BLOEMFONTEIN, SUID-AFRIKA6 SEPTEMBER 2015

GESTEM DAT ons, die Uitvoerende Komitee van die Suider-Afrika Uniekonferensie, namens die suborganisasies en die Grondwet, ons hiermee plegtig verbind tot gesamentlike eenheid in die vervulling van die Evangelie-opdrag soos verklaar in Matteus 28:18-20; tot die versorging van ons kerklidmate, en tot die dissipelskap van almal deur ‘n verlossende en bedienende verhouding met Jesus Christus.

ALDUS

Bevestig en aanvaar ons die hersiening(s) soos aangebring is aan die 28 Fundamentele Beginsels en die Kerkhandleiding soos gestem en goedgekeur deur die Sakesitting van die Wêrelkonferensie 2015;

Bevestig en aanvaar ons die Konsensus-verklaring met betrekking tot Verordening soos gestem by die Herfs Raadsvergadering 2014 en bevestig deur die Sakesitting van die Wêreldkonferensie 2015;

Bevestig en aanvaar ons dat die Wêreldkonferensie van die Sewendedag-Adventiste Kerk tans nie vroue verorden as predikante nie;

Bevestig en aanvaar ons die standpunt van die Wêreldkerk dat vroue die kerk bedien as:

ampsdraersposisie

ampsdraersposisie

maar om te dien as gelastigde leraars in die evangeliebediening;

Bevestig en aanvaar ons dat die kerk die roeping van vroue tot die voltydse evangelie-bediening erken, en dat die kerk erkenning van die roeping sal toon deur die evangeliegelastiging van vroueleraars.

EN VERDER

‘n Indringende aansporing dat alle organisatoriese eenhede binne die SAU-gebied die beleide en praktyke van die Kerk ondersteun en handhaaf;

‘n Indringende aansporing dat alle werknemers binne die SAU-gebied die beleide en praktyke van die Kerk ondersteun en handhaaf;

‘n Indringende aansporing dat alle leiers en kerkrade binne die SAU-gebied die beleide en praktyke van die Kerk ondersteun en handhaaf;

‘n Indringende aansporing dat alle kerklede binne die SAU-gebied die beleide en praktyke van die Kerk ondersteun en handhaaf.

Dr TL Letseli, SAU President BLOEMFONTEIN: 6 September 2015

Page 8: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

8

sau nuusbrokkies en beskouings

Die Geskiedenis van Sabbatskool in die SDA Kerk

Die Adventiste Sabbatskoolwerk het begin in 1852, toe James White die eerste Sabbaskoollesse opgestel het. As ‘n Sabbat-onderhoudende en vorige Milleriet-prediker, en ook as een van die stigterslede van die Sewendedag-Adventiste Kerk, het White die eerste algemene Sabbatskool rondom 1853 in Rochester, New York georganiseer. Nog ‘n Sabbatskool was georganiseer deur John Byington te Buck’s Bridge, New York in 1854 en die derde Sabbatskool was georganiseer in 1855 deur MG Kellogg te Battle Creek, Michigan.

Die vroeë Sabbatskole het slegs twee afdelings gehad: een vir kinders en een vir volwassenes, die sogenaamde Bybelklas. Die onderwysers het die memorisering van Bybelteksverse sterk beklemtoon. In 1863 het die eerste reeks Sabbatskoollesse vir kinders verskyn. In daardie selfde jaar het die eerste Sabbatskoollesse vir volwassenes – opgestel deur die vroeë Adventiste-baanbreker, Uriah Smith – verskyn in die Advent Review and Sabbath Herald.

Daar was min organisasie totdat CH Bell, ‘n baanbreker-onderwyser in Battle Creek, die redakteur geword het van die Youth Instructor in 1869. Hy het twee lesreekse aangebied: een vir kinders; die ander vir die jeug. Hy het ook ‘n organisasiestruktuur gepubliseer wat voorsiening gemaak het vir ampsdraerspersoneel en gereelde bywoningsregisters. Later het hy artikels geplaas vir onderwysers en ampsdraers. Na die bewese sukses in Battle Creek, het Bell na ander plekke gereis, waar hy Sabbatskole en raadgewende ampsdraers georganiseer het.

Die organisering van Sabbatskole het te Kalifornië begin in 1877, waar

die eerste Staat- Sabbatskoolvereniging tot stand gekom het. Die totstandkoming van nog so ‘n vereniging het gevolg in dieselfde jaar deur die organisering van die Michigan-staat se Sabbatskoolvereniging. In Maart 1878, was daar ‘n Algemene Sabbatskoolvereniging georganiseer.

Die eerste Vereniging buite Noord-Amerika was gestig in 1883, in Switzerland; en nog een in 1886, in England. In 1886 het die naam verander na die Internasionale Sabbatskool- vereniging. Met die herorganisering van die Wêreldkonferensie in 1901, het die Internasionale Sabbatskoolvereniging daarna bekend gestaan as die Sabbatskool Departement van die Wêreldkonferensie.

In 1878 het die eerste afdeling vir kleiner kinders tot stand gekom in Battle Creek, Michigan. Dit was genoem, “The Bird’s Nest”. In 1886 het dit die Kindertuin-afdeling geword. ‘n Groot herorganisasie van die Sabbatskool Departement het plaasgevind tydens die Sakesitting van die Wêreldkonferensie in 1985, toe dit deel geword het van die nuwe Kerkbedieninge Departement. By die Sakesitting van die Wêreldkonferensie in 1995, was die Kerkbedieninge Departement ontbind en die Sabbatskool Departement was hervestig en gekombineer met Persoonlike Bedieninge. Vandag staan dit bekend as die Sabbatskool- en Persoonlike Bedieninge Departement van die Wêreldkonferensie van die Sewendedag-Adventiste Kerk.

THE SABBATH SCHOOL HANDBOOK, pp. 3-4 Sabbatskool- en Persoonlike Bedieninge Departement, WK

Page 9: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

9

Educational – to help you live a happy and

successful life.

Discover how to improve your health, avoid

sickness, prepare good food and overcome

harmful addictions.

Family – how to improve marriage, guide children,

resolve confl icts.

Programs for children, teenagers, and adults – safe

for the whole family!

Inspiration – Learn how to study and understand

the Bible. Find tested guidelines for a happy life.

Environment - nature, animals

Kry Hope Channel se

bekroonde kanale en ook

ander kykstof vir die hele

gesin in JOU huis –

sonder enige maandelikse onkoste!

Hulp vir die Hede en Hoop vir die Toekoms

Waar ’n mens die toerusting kry:Vra jou plaaslike skottelinstalleerder vir ’n kwotasie vir: ’n Satellietskottel [80cm of groter in kusgebiede]

met Ku-band LNB op die Intelsat 20-satelliet, of

’n “Free-to-Air”-dekodeerder

[wat Mpeg 4-versoenbaar is]

Enige Vrae?Hope Channel-hulplyn:

0860 HOPETV of 0860 467 388 [vir kykers en

installeerders].

E-pos: [email protected] ons webwerf:

www.hopeafrica.tv. Bevat onder andere:

Die uitsaairooster

Inligting vir installeerders en ook selfdoen-wenke

DStv-kykers: Party DStv-dekodeerders kan ons kanale

opvang. Inligting beskikbaar op ons webwerf.

Direkte aanlyn-uitsendings in 18 tale: www.hopetv.org

Programme vir jou kykgenot:

Opvoedkundig – sodat jy ’n gelukkige en suksesvolle

lewe kan lei.

Ontdek ’n gesonder JY – hoe om siektes te vermy,

voedsame kos voor te berei, en skadelike

verslawings te oorkom.

Vir die gesin – hoe om jou huwelikslewe te verbeter,

kinders reg groot te maak, en konfl ik op te los.

Programme vir kinders, tieners, en volwassenes

– heilsaam vir die hele gesin!

Inspirerend – leer hoe om die Bybel te studeer en te

verstaan. Ontdek betroubare riglyne vir ’n beter lewe.

Oor die Omgewing en Natuurlewe.

Wat jy

BESLIS NIE KRY NIE:

Misdaad

Geweld

Onsedelikheid

Opvangsgrense:Frekwensie: 12574, Simboolsnelheid: 09700, Polariteit: Vertikaal, FEC – 1/2

Al wat jy benodig, is ’n klein satellietskotteltjie en ’n betreklik

goedkoop “Free-to-Air”-dekodeerder. Ná installering het jy

geen maandelikse of jaarlikse intekenfooie nie!

Insluitende: Hope Channel International [Engels]

Hope Channel Africa [in Afrikatale]

Hope Channel Novo Tempo [Portugees]

Het jy geweet: Jy kan meer as

40 gratis

satellietkanale

opvang?

Page 10: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

10

Die lesse is spesifi ek ontwerp vir diegene wat saam met Adventiste-vriende studeer, of vir diegene wat onlangs lidmate van die Sewendedag-Adventiste Kerk geword het en die kerk hulle nou wil versorg en vestig. Die lesse sal ook van nut wees vir ‘terugkerende’ lidmate, diegene wat vir ‘n ruk weg was uit die kerk, of lidmate wat graag ‘n dieper verhouding met Jesus wil hê. ‘n Aparte Dissipelskap-klas kan gereël word waar mense hierdie lesse bespreek tydens die tyd wat ander klasse die gewone les bestudeer.

Soos ons die reis saam met Jesus aanpak, is ons op die pad om meer en meer soos Hy te word. Op hierdie pad kom jy die ware betekenis van die lewe teë: vreugde, herstel, groei. Ons sal ook uitgedaag word deur moeilikhede soos versoekings, hartseer, gebroke verhoudings en opoffering, omdat ons die Een volg wat beskryf word as “’n Man van smarte en bekend met ons krankheid” (Jesaja 53:3, OAB). Sy kruisdood was die uiterste opoffering. Ons kan ook, as Sy dissipels, ‘n bitter-soet reis verwag. Hierdie Bybelstudiegids vir Nuwe Lidmate sal dien as ‘n rigtingwyser op die pad. Hierdie splinternuwe reeks Bybelstudiegidse is ontwerp om oor vier kwartale van ‘n jaar te dien (wat geen datum bevat nie); dus ontvang ‘n gemeente die volgende wanneer hulle dit bestel:

Teacher’s Gu

Gary B. Swanson, E

dit

32

cher

Teacher’s Guide

Gary B. Swanson, Edito

die splinternuwe

en kragtige

Bybelstudiegidse vir Nuwe LidmateRegdeur die jaar word toergidse in

Israel, Jordanië en Sirië besig gehou

deur Christene vanoor die hele wêreld,

wat in Jesus se voetspore wil wandel.

Hierdie Christene kom om plekke te

sien waar Hy mense gesond gemaak

en hulle geleer het, en om hulself

voor te stel hoe dit sou wees om in

die teenwoordigheid van die Seun

van God te wees. Maar soos die lied

“I Walked Today Where Jesus Walked,”

lui, kan ons in Jesus se voetspore volg

deur te leef soos wat Hy geleef het.

Die brandpunt van hierdie kwartaal

se lesse is hoe om hierdie lewensreis

te begin.

NUUT!

Page 11: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

11

Teacher’

Gary B. S

Teacher’s Guide

Gary B. Swanson, E

ditor

29

Guide

Teacher’s Guide

Gary B. Swanson, Edit

Guide1. Vier enkel Bybelstudiegidse

– een per kwartaal

2. Vier enkel Onderwysersgidse

– een per kwartaal

EN…Elke kwartaal se boeke is reeds beskikbaar in die volgende tale:

1. Afrikaans

2. Engels

3. IsiZulu

4. IsiXhosa

5. SeSotho

6. SiSwati

Behalwe die basiese vraag-en-antwoordformaat van die Bybelstudie, het elke les bykomstige kenmerke:

Wandel met Jesus in die Werklike Lewe: ‘n Persoonlike verhaal, sal in Sondag se les gevind word. Alhoewel skuilname gebruik word, kom die gebeurtenisse almal uit ware ondervindings. Elke verhaal hou, sover moontlik, verband met die titel van die les.

Kyk Nader is ‘n kort stukkie wat op ‘n Bybelse item sal fokus wat

bykomstige inligting of kommentaar kan gebruik. Die fokus sal kort wees omdat spasie beperk is.

Adventisme (“Adventese”) is ‘n kort onderafdeling om nuwe lidmate die Adventistekultuur te laat verstaan. Dit sal woorde defi nieer wat spesiale betekenis vir Adventiste het. Dit sal somtyds kort geskiedkundige verslae bied oor die Adventiste Kerk en aktuele inligting meedeel wat tans van spesiale belang is.

Kontrole en Delf Dieper kom voor onder die afdeling van Vrydae, na ‘n week se studie van ‘n sekere onderwerp. Hierdie bladsy gaan voort met die studie in die vorm van ‘n vasvrae, ’n vraag, of ‘n aktiwiteit wat verband hou met die student se persoonlike ondervinding, en ‘n aktiwiteit om kennis uit te brei.

Dink Hieroor Na is ‘n volbladrubriek wat deel is van Vrydag se les. Gewoonlik sal elke week se “Dink Hieroor Na” nie-bybelse inligting weergee wat verband hou met die week se onderwerp. Dit behels bykomende inligting uit sosiale wetenskappe, geskiedenis, ens.

Hierdie reeks sal op die kwartaallikse bestelvorm vir die Bybelstudiegidse geplaas kan word, maar indien u die eerste studentegids en Onderwysershandleiding wil bestel, voordat u u volgende gereelde Bybelstudiegidse bestel, kan u dit deur die volgende e-posadres doeon: [email protected]

Ons gebed is dat hierdie gereedskapstuk ‘n kragtige werktuig in u hande sal wees om mense so naby aan Jesus te trek, dat daar geen plek vir die duiwel tussen hulle en Jesus sal wees nie!

‘n Spesiale woord van waardering word opgedra aan die Wêreldkonferensie van Sewendedag- Adventiste se Sabbatskool Departement wat hierdie reeks ontwerp het.

Lr Gideon Reyneke

SAU Direkteur: Sabbatskool- en Persoonlike Bedieninge / Evangelisasie

Page 12: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

12

sau nuusbrokkies en beskouings

SAU Regsadvies – WVF onder die Vergrootglas WVF-EISE NA AFTREDE?

‘n Vriend van my, wat onlangs afgetree het as werknemer – weens die feit dat hy sy werkgewer se bepaalde aftree-ouderdom bereik het – het geskakel om insae te verkry in sake die moontlikheid om as ‘n pensioenaris ‘n Werkloosheidsversekerings-eis in te dien. Die rede vir sy navraag was gegrond op die feit dat verskeie individue hom ingelig het dat dit moontlik is vir ‘n pensioenaris om Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) te ontvang op grond van die Werkloosheidsversekering-Wet1 (die Wet). Die inligting het hom verras, want hy was altyd onder die indruk dat ‘n mens slegs WVF kan eis indien ‘n mens deur jou werkgewer ontslaan of afgedank is.

Afdeling 16 van die Wet verklaar die volgende:16.(1)Onderhewig aan afdeling 14, is ‘n werklose bydraer geregtig op werkloosheidsvoordele soos omvat in hierdie Gedeelte vir enige tydperk van werkloosheid wat langer duur as 14 dae, indien –

(a) die rede vir die werkloosheid die volgende is: (1) Bepaling van die bydraer se diensooreenkoms soos opgestel deur die werkgewer van die bydraer of deur die beëindiging van ‘n vasgestelde diensooreenkoms, (2) Ontslag van die bydraer, soos omskryf deur Afdeling 186 van die Arbeidsverhoudings-Wet, 1995 (Wet nommer 66 van 1995)

Uit bogenoemde is die volgende duidelik: -1. Dat ‘n mens slegs werkloosheidsversekerings-voordele kan eis indien ‘n mens se werknemersooreenkoms van daardie werkgewer beëindig is deur die werkgewer, of 2. Indien ‘n mens ontslaan is van ‘n mens se diensbetrekking soos beskryf in Afdeling 186 van die Arbeidsverhoudinge-Wet . Beide die paragrawe ter sake verklaar dat die werkloosheid van die bydraer (werknemer) veroorsaak moet wees deur die beëindiging van die bydraer se diensooreenkoms deur die werkgewer2.

Die Wet, dus, vereis ‘n eensydige beëindiging van die werksverhouding deur die werkgewer ten einde te kwalifi seer vir voordele. ‘n Eensydige beëindiging van ‘n dienskontrak deur ‘n werkgewer word beskou as ‘n ontslag in terme van die Arbeidsverhoudinge-Wet (AVW)3. Die Arbeidshof ondersteun ook hierdie standpunt4. Die relevansie hiervan is van besondere belang, aangesien dit in hierdie geval daarop dui dat ‘n diensooreenkoms beëindig word weens die feit dat ‘n werknemer die normale of ooreengekome aftree-ouderdom bereik het, en beskou ons Howe die beëindiging van die werksverhouding onder hierdie omstandighede, nie as ‘n ontslag volgens bepalinge van die AVW5nie. In die saak van Schweitzer v Waco Distributors6 het die Arbeidshof bevind dat ‘n diensooreenkoms (dienskontrak) beëindig word met die bereiking van die ooreengekome of normale aftree-ouderdom, weens die loop van tyd en nie deur die bewerking van die werkgewer nie.

Dus, met die bereiking van die ooreengekome of normale aftree-ouderdom kom die diensooreenkoms (dienskontrak) natuurlik tot ‘n einde7. Indien ‘n werknemer se dienste daarom afgelê word met die bereiking van die ooreengekome of normale aftrede-ouderdom, sal hy/sy nie by magte wees om WVF te eis volgens enigeen van die gemelde sub-paragrawe (1)(a)(1) of (1)(a)(2) nie, aangesien die beëindiging van sy/haar diens nie, soos bepaal deur die Wet, deur bewerking van die werkgewer was nie.

In die saak van die bogemelde Waco Distributors, het die Arbeidshof egter bevind dat waar ‘n werknemer die ooreengekome of normale aftree-ouderdom bereik het, en toegelaat word om voort te gaan met diens na die bepaalde aftrede-ouderdom, sal die diensbeëindiging van daardie werknemer op ‘n later stadium (gedwonge aftrede) ‘n ontslag konstitueer volgens die bepalinge van die AVW. In so ‘n geval, waar die werknemer sy/haar ontslag teenstaan weens onregverdige diskriminasie op grond van ouderdom, kan die ontslag geregverdig word as ‘n regverdige ontslag gebaseer op Afdeling 187(2)(b)8 van die AVW.

Aftrede onder hierdie omstandighede, voldoen dus aan die vereistes soos bepaal in die Wet omdat die beëindiging deur die werkgewer bewerk was. Die werknemer mag dan WVF eis, onderhewig aan die voorsienings van die Wet, soos, onder andere, dat die werknemer geregistreer moet wees as ‘n werksoeker met ‘n arbeidsentrum en hy/sy moet bekwaam en beskikbaar vir werk wees.10 Die vraag met betrekking tot die regverdigheid van die differensiasie geskep tussen die twee kategorieë ten einde WVF te ontvang, moet nog beantwoord word.

Ewenwel, en totdat ons Howe ‘n ander standpunt inneem oor die betekenis van ontslag ten opsigte van aftrede, sal slegs afgetrede werknemers, wat gedwonge aftrede deurloop het vir ‘n tydperk nadat hulle die bepaalde of normale aftree-ouderdom bereik het, en wie se gevolglike ontslag geregverdig was deur die bepalings van Afdeling 187(2)(b) van die AVW, geregtig wees om Werkloosheidsversekerings-fondse te eis.

MNR. A DU PREEZ SAU Regsadviseur / SEDMED / SEDCOM

1 Wet 63 van 2001, soos gewysig.2 Wet 66 van 1995, soos gewysig.3 Afdeling 186.4 Stock Civil Engineering (Pty) Ltd v Rip NO & another (2002) 23 ILJ 358 (LAC); Sien

ook: J Grogan. Workplace Law. 10 ed. (2009) 144.5 Schweitzer v Waco Distributors [1998] 10 BLLR (LC); Rubin Sportswear v SACTWU

2004 ILJ 1671(LAC); Botha v Du Toit, Vrey & Partners CC 2005 ILJ 2362 (LC).6 Schweitzer v Waco Distributors supra (soos gemeld hierbo).7 Schmahmann v Concept Communications Natal (Pty) Ltd (1997) 18 ILJ 1333 (LC)8 Ondanks subafdeling (1)(f)- (a)......

(b) ’n ontslag gebaseer op ouderdom is regverdig indien die werknemer die

ooreengekome of normale aftree-ouderdom bereik het vir persone werksaam in

daardie hoedanigheid.9 Afdeling 16(a)(2).10 Afdeling 16(1)(c) en (d).

Page 13: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

13

FAKULTEIT VAN DIE KUNSTEBaccalaureus Artium (BA) in Kommunikasie – 3 jaar

Baccalaureus Artium (BA) in Sielkunde – 3 jaar

SAKEFAKULTEITBaccalaureus in Sakeadministrasie (Rekeningkunde) – 4 jaar

Baccalaureus in Sakeadministrasie (Bestuurswese) – 3 jaarDiploma in Sakebestuur (Rekeningkunde) – 3 jaarDiploma in Sakebestuur (Bestuurswese) – 3 jaar

Diploma in Sakebestuur (Bemarking) – 3 jaarHoër-Sertifi kaatkursus in Kantooradministrasie – 1 jaar

FAKULTEIT VIR TEOLOGIESE STUDIESBaccalaureus van die Kunste ( Teologie) – 4 jaar

ENGELSE TAALINSTITUUTEngels as tweede taal – 1 termyn, 1 semester of 1 jaar

Kom na Helderberg KollegeGeen Verhoging vqn Gelde 2016

Daar sal geen verhoging van onderrig- en akkommodasiefooie wees vir die akademiese jaar in 2016 te Helderberg Kollege, Somerset-Wes, nie. Ten spyte van die heersende ekonomiese toestande tans in die land, het die Helderberg Kollege Raad op 18 Oktober 2015 besluit om sodanige fooie nie te verhoog nie. Die opleidings-inrigting het ‘n herstruktureringsplan ingedien, en die gevolglike besparings is deurgegee aan die studente vir ‘n kwalitatiewe waardes-gebaseerde opvoeding wat meer toeganklik en bekostigbaar is.

Hierdie opleidings-inrigting is geregistreer by die Departement van Hoëronderwys en Opleiding (DHOO), en alle kursusse wat aangebied word, is geakkrediteer deur die Raad vir Hoëronderwys (RHO), en geregistreer op grond van die Nasionale Kwalifi kasies-raamwerk deur SAQA.

Helderberg Kollege bied graadkursusse aan in die volgende rigtings: Baccalaureus Artium in Kommunikasie,

Sielkunde en Teologie; Baccalaureus in Sakeadministrasie, Rekeningkunde en Bestuur; ook Diploma-sertifkaatkursusse in Sakebestuur, Rekeningkunde, Bestuur en Bemarking; en ‘n Hoër-Sertifkaatkursus in Kantooradminstrasie.

Helderberg Kollege verwelkom manne en vroue wat dieselfde missie as ons handhaaf en uitleef, ongeag kerkaffi liasie, ras, ouderdom, of nasionaliteit.

Prof CR Reinecke (Vise-president: Akademiese Administrasie)Prof CM Sutcliffe (Koördineerder van Kommunikasie Studies)Helderberg Kollege, Annandalerylaan, Somerset-Wes, 7130Kontak: 083 225 9189 of (021) 850 7522 / [email protected]

sau nuusbrokkies en beskouings

Jou Christelike Opleidings-inrigting van voortreflikheid

Missie Helderberg Kollege se bestaan lê in die

uitgangspunt om kwalitatiewe waardes-gebaseerde opleiding binne die raamwerk van die

Sewendedag-Adventiste Opvoedingsfi losofi e in die onderskeidelike studierigtings

aan te bied om graduante vir diens in die gemeenskap en die kerk te bekwaam.

Brandpunt Ons opvoedkundige fokus is gesetel in die studierigtings van die Kunste,

Sakebedryf, Opvoedkunde, Gesondheid en Teologie.

Doel Dit is ons strewe om ons studente

vanuit alle agtergronde, met leierskap, diensvaardige ywer en beroeps-

vaardighede toe te rus om die veranderende behoeftes van die kerk

en gemeeenskap te dien.

Posadres: Posbus 22, Somerset-Wes, 7129, Suid-Afrika

Fisiese Adres: Helderberg Kollege, Annandalerylaan, Somerset Wes, 7130, Suid-Afrika

Skakel: Tel: +27 21 850 7500 | Faks: +27 21 850 7547 | E-pos: [email protected] | Web: www.hbc.ac.za

Helderberg Kollege Bied Jou: Holistieste Opvoeding

Ervare en Gekwalifi seerde Dosente

‘n Christelike Leeromgewing

Individuele Leiding

Moderne Rekenaarlaboratoriums

Werksbeurse

Studente-Akkommodasie

Sosiale Verenigings en Aktiwiteite

Gemeenskapsbetrokkenheid

kollege

Page 14: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

14

Gees van Profesie Daaglikse Leesplan 2015

glo sy profete

Die weeklikse GEES-VAN-PROFESIE LEESPLAN 2016 kan elektronies afgelaai word van die aanlynskakel te www.Revivaland Reformation.org/bhp

DATUM GvP-BOEK HOOFSTUK(KE)

Julie 12-18 Skrede na Christus 1-2

Juiey 19-25 Skrede na Christus 3-5

Julie 26-Augustus 1 Skrede na Christus 6-7

Augustus 2-8 Skrede na Crhsitus 8-9

Augustus 9 -15 Skrede na Christus 10-11

Augustus 16-22 Skrede na Christus 12-13

Augustus 23-29 Christ’s Object Lessons 1

Augustus 30 –September 5 Christ’s Object Lessons 2

September 6-12 Christ’s Object Lessons 3-5

September 13-19 Christ’s Object Lessons 6-7

September 20-26 Christ’s Object Lessons 8-10

September 27-Oktober 3 Christ’s Object Lessons 11-12

Oktober 4-10 Christ’s Object Lessons 13

Oktober 11-17 Christ’s Object Lessons 14

Oktober 18-24 Christ’s Object Lessons 15

Oktober 25-31 Christ’s Object Lessons 16-17

November 1-7 Christ’s Object Lessons 18

November 8-14 Christ’s Object Lessons 19-20

November 15-21 Christ’s Object Lessons 21-22

November 22-28 Christ’s Object Lessons 23

November 29 –Desember 5 Christ’s Object Lessons 24

Desember 6-12 Christ’s Object Lessons 25

Desember 13-19 Christ’s Object Lessons 26-27

December 20-26 Christ’s Object Lessons 28

Desember 27-Januarie 2 Christ’s Object Lessons 29

GLO SY PROFETE Gees-van-Profesie

Leesplan 2015

Page 15: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

15

kinderhoekie

“En bitter bedroef het sy tot die HERE gebid en bitterlik geween.” 1 SAMUEL 1:10

HANNA(1 SAMUEL 1:1-19)

Met liefde leer ons die Bybel ken

Page 16: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

16

kinderhoekie

VOLTOOI DIE VOLGENDE:

1. Hanna “het ‘n gelofte gedoen en gesê: ‘HERE van die leërskare, as U waarlik die

ellende van U diensmaagd aansien, en aan my dink, en u diensmaagd nie vergeet nie, maar u

diensmaagd ‘n manlike kind skenk, dan sal ek hom aan die HERE ____________ gee al die dae van sy

lewe; en geen skeermes sal op sy hoof kom nie’.” 1 SAMUEL 1:11

2. “want Hanna het in haar ______ ______; net haar lippe het geroer, maar haar stem kon nie ge-

hoor word nie.” 1 SAMUEL 1:13

WAAR OF VALS:

3. En Eli het gedink dat sy bid. 1 SAMUEL 1:13 WAAR OF VALS

4. “Maar Hanna antwoord en sê: “Nee, my heer, ek is ‘n vrou beswaard in my gemoed: Wyn of sterk

drank het ek nie gedrink nie Maar ek het my siel voor die aangesig van die HERE uitgestort.”

1 SAMUEL 1:15 WAAR OF VALS

OMKRING DIE KORREKTE WOORD:

5. “En Eli antwoord en sê: “Gaan in _____ en mag die God van Israel, jou bede gee wat jy van Hom

gebid het.” 1 SAMUEL 1:17 VREDE / EN JAAG

WAAR OF VALS:

6. Hanna het daar weggegaan, en sy het geëet en haar aangesig was anders. 1 SAMUEL 1:18

WAAR OF VALS

7. Toe het Elkana en Hanna “die more vroeg klaargemaak en voor die aangesig van die HERE

aanbid en teruggegaan en by hulle huis in Rama aangekom.” 1 SAMUEL 1:19 WAAR OF VALS

ELI

HERE

BID

ELKANA

HART

HANNA

MAN

KIND

HUIL

Page 17: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

17

glo sy profete

Die daaglikse BYBELLEESPLAN 2016 kan elektronies afgelaaiword, te aanlynskakel: www.RevivalandReformation.org/bhp

GLO SY PROFETE BYBELLEESPLAN 2015

glo sy profete

bybelleesplan 2015

Ondersoek die Skrif se Verborge Skatte

Julle ondersoek die Skrif, omdat julle dink dat julle die ewige lewe

daarin kry; En dit is juis die Skrif wat oor My getuig. Johannes 5:39.

Die Bybel, net soos dit geskrywe is, behoort ons gids te wees. Daar

is niks wat die verstand so ontwikkel as Bybelstudie nie. Geen ander

boek kan die gedagtes so veredel en die geestesvermoëns so versterk,

as die groot Bybelwaarhede nie. As die Woord van God ondersoek

sou word soos dit behoort, sou die verstand ontwikkel en die karakter

veredel word, en daar sou standvastigheid wees soos maar min in ons

dae gesien word. Ons moenie die menings van ander oor die Skrifte

aanneem nie, maar ons moet vir onsself die Woord van God ondersoek.

Die groot waarhede wat nodig is vir die saligheid word baie duidelik

verklaar; en niemand sal die pad verloor, behalwe diegene wat hulle

eie weg volg in plaas van die geopenbaarde wil van God nie.

As ons toelaat dat ander vir ons dink, sal dit ons vermoëns verswak.

Die edele kragte van die verstand kan so verminder deur gebrek aan

oefening dat die diepere betekenis van die woord nie verstaan sal word

nie. Bybelondersoek en die vergelyking van die een skriftuur met die

ander, en geestelike dinge met geestelike, sal die kennis vermeerder. ...

Daar moet sorgvuldige navorsing en biddende oorpeinsing wees. Net

soos die mynwerker die kosbare are van goud onder die oppervlakte

ontdek, so sal diegene ook wat na verborge skatte soek, die belangrike

waarhede ontdek, wat die onverskillige soeker nooit eens raaksien nie.

Oktober ‘15

1 - Ex 32

2 - Ex 33

3 - Ex 34

4 - Ex 35

5 - Ex 36

6 - Ex 37

7 - Ex 38

8 - Ex 39

10 - Ex 40

9 - Lev 1

10 - Lev 2

11 - Lev 3

12 - Lev 4

13 - Lev 5

14 - Lev 6

15 - Lev 7

16 - Lev 8

19 - Lev 9

18 - Lev 10

19 - Lev 11

20 - Lev 12

21 - Lev 13

22 - Lev 14

23 - Lev 15

24 - Lev 16

25 - Lev 17

26 - Lev 18

27 - Lev 19

28 - Lev 20

29 - Lev 21

30 - Lev 22

31 - Lev 23

November ‘15

1 - Lev 24

2 - Lev 25

3 - Lev 26

4 - Lev 27

5 - Num 1

6 - Num 2

7 - Num 3

8 - Num 4

9 - Num 5

10 - Num 6

11 - Num 7

12 - Num 8

13 - Num 9

14 - Num 10

15 - Num 11

16 - Num 12

17 - Num 13

18 - Num 14

19 - Num 15

20 - Num 16

21 - Num 17

22 - Num 18

23 - Num 19

24 - Num 20

25 - Num 21

26 - Num 22

27 - Num 23

28 - Num 24

29 - Num 25

30 - Num 26

Desember ‘15

1 - Num 27

2 - Num 28

3 - Num 29

4 - Num 30

5 - Num 31

6 - Num 32

7 - Num 33

8 - Num 34

9 - Num 35

10 - Num 36

11 - Deut 1

12 - Deut 2

13 - Deut 3

14 - Deut 4

15 - Deut 5

16 - Deut 6

17 - Deut 7

18 - Deut 8

19 - Deut 9

20 - Deut 10

21 - Deut 11

22 - Deut 12

23 - Deut 13

24 - Deut 14

25 - Deut 15

26 - Deut 16

27 - Deut 17

28 - Deut 18

29 - Deut 19

30 - Deut 20

31 - Deut 21

Page 18: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

18

Welkom by die Vista-kliniek se helende en terapeutiese omgewing. Vista se vriendelike en professionele personeel bied pasiënt-georiënteerde sorg van hoë gehalte. Ons bekwame span bestaan uit kundiges van ’n aantal verskillende velde, wat oor die

nodige vaardighede beskik om die volgende psigiatriese toestande te behandel:

Depressie, Bipolêre Steuring, Algemene Angs-steuring, post-traumatiese stres-steuring en Psigose.

Die Vista-kliniek is ’n trotse lid van die Wêreldwye Netwerk vir Adventiste-Gesondheidsorg.

Gerhardstraat 135, Centurion, Pretoria | 012 664 0222 | www.vistaclinic.co.za | [email protected]

Kliniekuitreik omgee heling

Die Leier in Gespesialiseerde Psigiatriese Sorg

Page 19: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

19

sau nuusbrokkies en beskouings

VISTA KLINIEK Vier Wêreldwye Geestesgesondheidsdag 2015

Ter viering van die Internasionale Dag vir Wêreldwye Geestesgesondheid 2015, het Vista Kliniek (‘n Privaat Psigiatriese Hospitaal in Gauteng) ‘n pretloop van 5km op 11 Oktober gereël. Hierdie internasionale dagviering word jaarliks herdenk op 10 Oktober.

Die doel van die pretloop was om ‘n bewuswording te skep van Geestesgesondheid en ook om die publiek in te lig en op te voed oor die belangrikheid van oefening vir goeie verstandelike en geestesgesondheid.

Gereelde oefening kan gemoedswisselings verbeter en help om depressie te voorkom. Oefening is een van die beginsels van die Happiness HELPS-inisiatiewe wat Vista Kliniek bemark. Vir verdere inligtingr oor die Happiness HELPS-veldtog, kan u gerus die volgende aanlynskakel besoek: www.happinesshelps.co.za

Die dag was ‘n groot sukses en almal het baie prêt gehad! Ons hoop om selfs ‘n groter geleentheid hiervan te maak vir volgende jaar se viering!

Nicolene CronjéBemarkingsbestuurder: VISTA KLINIEK

Page 20: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

CONNECT WITH US:

[email protected]

+27 (0)83 649 9760

www.andrews.edu/idp

Master of International Development Administration

Part time study as a full time professional Internationally recognized masters degree Interact with highly qualified professors Short annual intensives Option to accelerate time in the program Affordable financial package Expand global network Register now for the November Session!

We have a place for you..because the world is our campus.

ANDREWS UNIVERSITY

The professional market continues to demand specialized knowledge and advanced degrees. This unique graduate degree is practical and sophisticated for a wise career upgrade. Educating professionals to advance their field of interest, whether it is humanitarian work, economic development, public service, education, health, administration or other professions involved with social and community activities.

Skip Bell is professor of Church Leader-

ship and Director of the Doctor of Ministry

program of the Seventh-day Adventist Theo-

logical Seminary at Andrews University. Skip

has served the church as a pastor, director

of pastoral ministries, conference president,

and university professor. He is the editor of a

new book on biblical leadership, Servants and

Friends: A Biblical Theology of Leadership,

and the author of A Time to Serve.

Conflict Managment Workshop

(12–18 November)

Dr. Skip Bell

Page 21: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

Elektroniese Betalings:

ABSA Bank – Tjekrekening

Naam van rekening – Signs of the Times/Tekens

van die Tye SAUC

Rekeningnommer - 4081078802

Takkode - 632005

Faks betalingsbewys en

bestellingbesonderhede aan:

+27 (0) 51 403 6919 (Vir Aandag: Anthea)

*Prys vir posgeld slegs in Suid-Afrika; skakel ons asseblief te [email protected] vir afl ewering aan ander lande sowel as vir ‘n kwotasie op grootmaatbestellings.

Pos aan: TEKENS, Posbus 469, Bloemfontein, 9300 OF skandeer en e-pos aan

[email protected] OF faks na +27 (0 )086 566 7022

JA! Ek sal graag ‘n jaar se intekening (6 uitgawes) betaal vir

TEKENS VAN DIE TYE teen die lae prys van R100 – posgelde ingesluit.*

Naam:

Adres:

Stad/Voorstad:

Poskode:

TEKEN IN VANDAG NOG!

TEKENS VAN DIE TYE is ‘n leefstyl-tydskrif met ‘n Christelike

fokus en word deurlopend gepubliseer in Suid-Afrika vir meer as 90 jaar. Waarom nie

inteken en dit maandeliks laat afl ewer in u posbus nie?

Page 22: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

22

ADVENTHAVEN BEJAARDESORGSENTRUM vir Verswakte Bejaardes bied aan:

Ligging: 6 kilometers buite Heidelberg (Gauteng) in ‘n rustige omgewing.

sosiale werker en professionele versorgers.

gedurende die dag aan.

versorging van mense met Alzheimer-siekte; binnekort word ‘n eenheid vir sodanige inwoners

geopen op 25 Oktober 2015. Hierdie fasiliteit sal ‘n veilige omgewing beslaan, waar

gemoedsrus verseker wees aan die gesinne van hierdie inwoners. NAVRAE: Aansoek om inwonerskap

Sr. Jean Jones, Kontaknommers:

[email protected] vir elektroniese navrae.

Adventhaven

Page 23: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

23

‘N SPESIALE UITNODIGING van die SDA Kerk, Langkloof na ons Eeufeesviering gedurende 25 tot 27 Maart 2016!

Dit is met groot opgewondenheid dat ons alle oud-Langklowers en familie nooi na die SDA Langkloof Eeufees! Volg ons op facebook: SDA Langkloof Eeufees 2016-blad.

Registrasies / Navrae: Kontak Elmarie Kritzinger by 084 275 1606 / [email protected] of Brenda Swanepoel by 042 273 1870

Sestig jeuglede van die verskeie gemeentes (Springdale, Sanctor, Bethelsdorp, Helenvale) in die Port Elizabeth Sentrale Distrik, het deelgeneem aan die jaarlikse Wêreldwye Jeugdag-uitreikings van Sewendedag-Adventiste, op 21 Maart 2015.

Met die ondersteuning van die Administrasie van die Wêreldkonferensie, die 13 Jeugdirekteure van die Divisies, MENA, en die Jeugdirekteure van die Israelse Veld, was hierdie jeuguitreikingsdag (WJD) die eerste keer geloods op 13 Maart 2013. Die doel van hierdie dag is om die SDA-jeug weer as wêreldwye beweging te hervestig; hulle aan te spoor tot diens in die verkondiging van die evangelie en tot verhasing van die wederkoms van Jesus Christus. WJD is ‘n spesiale Sabbatdag waartydens die wêreldwye Adventiste-jeug uitgedaag word: “Wees die Preek” in plaas daarvan om eenvoudig na nog ‘n preek te luister. Agtmiljoen Adventiste-jeuglede het die strate van klein dorpies, gemeenskappe en stede oor die wêreld, binnegedring, waar hulle die hande en voete was van Jesus deur dade van goedhartigheid en omgee. WJG word spesiaal herdenk op die eerste Sabbat van die Jeug se Week-van-Gebed deur die meerderheid van die wêrelddele. As ‘n deel van ons bydrae, het die jeug van die PE Sentrale Distrik drie bedieningspunte gekies waar hulle gaan bedien om ‘n verskil in ander se lewens te maak.

Gelvan Park Verswakte Bejaardes:Ons het ‘n fasiliteit besoek wat ongeveer 70 inwoners huisves wat in rolstoele is; in siekeboegkamers is, wat gestremd is (blindes) en ‘n paar rondbewegende inwoners. Ons het ons bediening begin deur ons ‘n mini-preek aan die mense te lewer; en ons het hulle vertroetel met voet- en handsorgbederfies. Die jeug het ‘n klein toneelopvoering aangebied wat die inwoners waarlik baie geniet het: daar is geopen met ‘n lofsangdiens-sessie. Die inwoners is bedien met middagete. Die jeug het ook die leiding geneem en die kombuispersoneel bederf deur die take daar en die werk van die skoonmaker-personeel te doen vir die dag. Die dag is afgesluit met die verspreiding van vrugtemandjies en verversingpakkies aan die inwoners en

kaleidoskoop van vierings en voorbereiding binne ons konferensies

SDA KERK, LANGKLOOFEeufeesviering 2016

WÊRELDWYE JEUGDAG in Port Elizabeth Sentrale Dstrik

Page 24: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

kaleidoskoop van vierings en voorbereiding binne ons konferensies

die personeel. Dit was so ‘n verrassing en ontvang deur hulle met groot waardering! En ons het belowe om brandstof te koop en die grasperkies te kom sny op ‘n Sondag. Ons het besems en moppe geskenk aan hierdie inligting.

Resurrection Haven - Hawe vir Vigslyers, SalsonevilleDie kinderhuis is ‘n hawe vir 38 kinders, waarvan 24 seuns en 14 meisies is. Die jeug het die oggend met ‘n kort kinderpreek begin. Toe is ‘n klein toneelopvoerinkie gedoen. Daar was voorgelees, verhale vertel en gekuier voordat dit speeltyd was op die werf. Almal het die aktiwiteite so geniet! Die kombuispersoneel en die huismoeder was ook ‘n ruskansie gegun terwyl ons die pligte oorgeneem het vir die rukkie wat ons daar gekuier het! Inkleurboeke en inkleurkryte was geskenk, asook speelgoed wat daar oor ‘n langerige tydperk geskenk en ingesamel was deur een van ons gemeentes – alles was uitgedeel. Die huismoeder het positiewe terugvoering oor hierdie kuiertjie gegee.

Sidwell Brandweerstasie:Daar was ses brandweermanne aan diens by die brandweerstasie. Kommandant Cupido het vir ons die agtergrond geskets en vertel wat hulle inspireer om hierdie diens te verrig! Dit het hernude waardering gebring in ons harte vir die brandweermanne se diens aan die gemeenskap. Hulle het ‘n demonstrasie gelewer van hoe die brandweertoerusting werk. Sommige van die jeug het die kans aangegryp om die ‘Kake van die Lewe’ (waterslange) ens. te gebruik. Ons het aan al die brandweermanne aan diens, ‘n “Gebaar van Goedhartigheid”-mandjie oorhandig om hulle te bedank vir die diens wat hulle verrig as die Brandweerdiens. Hulle het groot waardering hiervoor gehad. Ons Visie en ons Missie was waarlik geseën deur die Here; Hy het ons dagprogram, volgens Sy wil laat verloop. Dit was inderdaad ‘n seën om die “Preek te [wees]” - dit het ons uit ons gemaksones gedwing!!! Ons is dalk nie almal predikers of onderwysers nie, maar daar was beslis mense wat aangeraak was, iemand wat ‘n drukkie gekry het, iemand wat die Goeie Nuus gehoor het van ons Heiland; en iemand wat erkenning ontvang het vir ‘n werkie of gebaar van dienslewering. En ja, wat ‘n voorreg om al hierdie bedekte seeninge te kon geniet!

Mandy Ann en Selvin Saffodien SDA Kerk, Springdale, PE Sentrale Distrik

VREUGDE IN DIE HERE

“Die kinders van God is geroep om Christus te verteenwoordig, om Sy goedheid en genade te verkondig. Net soos Jesus aan ons die ware karakter van die Vader

geopenbaar het, moet ons ook Christus openbaar aan ‘n wêreld wat onbekend is met Sy ontroerende, medelydende liefde. ...

Jesus stuur in elkeen van Sy kinders ‘n brief aan die wêreld. As u ‘n navolger van Christus is, dan stuur Hy in u ‘n brief aan die huisgenote, die dorp, die straat, waar u woon. Jesus, in u, is begerig om tot die harte van diegene te spreek wat Hom nie ken

nie. Miskien lees hulle nie die Bybel nie; en hoor nooit die stem wat in daardie bladsye tot hulle spreek nie; hulle bespeur nie die liefde van God in Sy werke nie; maar as u ‘n ware verteenwoordiger van Jesus is, dan kan dit gebeur dat hulle deur u tot ‘n besef sal

kom van Sy goedheid en tot Hom gewin sal word om Hom lief te hê en te dien.”

EGW: Skrede Na Christus, bl. 102

Page 25: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

25

sau news and viewsrevived by his word

the teachings of

jesus

the book of

james

ADULT

SABBATH SCHOOL

BIBLE STUDY GUIDE

Bible Study Guide Bible Study Guide

ww

God’s Grace Builds Community

BIB

LE STUDY GUIDE FOR JUNIORS & EARLITEENS

The official children’s Sabbath School curriculum of the

QTR

3

QU

AR

TER 3

YEA

R C

YEARC

ness, so that they may rule

livestock and all the wild animals,

ound.’ So God created mankind in his

d them; male and female he created them”

had finished the work he had been doing; so on the seventh day

k Then God blessed the seventh day and made it holy, because

work of creating that he had done” (Genesis 2:2, 3).

od, and renew a steadfast spirit within me” (Psalm 51:10).

be accepted? But if you do not do what is right, sin is

have you, but you must rule over it” (Genesis 4:7).

the family of believers, fear God, honor the em-

witness tells lies” (Proverbs 12:17).

s: “Hear, O Israel: The Lord our God, the

heart and with all your soul and with all

is this: “Love your neighbor as yourself.”

k 12:29-31).e of adversity” (Proverbs 17:17).

other, just as in Christ God called you. I said, ‘You are

41:9).

o loved us” (Romans st”

you go I will my God ’ ”

power poınts ®

power points

®

BYBELLES-STUDIEGIDSE vir Sabbatskool – Bestellings

Vanaf 2016 sal

Bybelles-Studiegidse

bestel kan word vir

‘n hele jaar.

Amptelike Bybelles-Studiegidse

is beskikbaar vanaf die SAU Konferensie te

[email protected]

U bestellings kan geplaas word by u gemeente se “bestelklerk”

Page 26: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

26

Die Hantering van DEPRESSIE“Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom ‘n lofl ied sing. Hy is my helper en my God!” Psalm 42:12, NV.

Depressie is deesdae ‘n algemene verskynsel. Dit kan enigeen in enige gang van die lewe oorkom, en word dikwels vereenselwig met simptome van verswakking of kragteloosheid. Dit is nie net ‘n gevoel van “af” voel nie, maar dit raak sosiale verhoudings, die uitvoering van jou werkstake, jou geestesingesteldheid en jou geestelikheid, asook jou algemene lewenskwaliteit. Dit is egter ‘n ‘stille moordenaar’. Hierdie psigiese siektetoestand is dikwels ‘n masker en versteek soms diepe psigiese en gemoedspyn. Maar “laat julle hart nie ontsteld word nie”; laat ons leer hoe om genesing te vind – genesig vir onsself en ook vir ander in nood. Die hoofopskrif van ‘n artikel wat gepubliseer was in die Cape Times-nuusblad (8 April 2015), verklaar: “Een uit elke drie persone is psigies ongesteld in SA1.” Dit beteken dat daar meer mense in Suid-Afrika is wat deur psigiese gesondheidsprobleme geaffekteer word as deur MIV/Vigs. Dit bied ‘n opsomming van die bevindings van ‘n navorsingstudie wat gedoen is deur die Suid-Afrikaanse Depressie en Angstigheidsgroep (SADAG). Hulle het die hanteringsvlak van werktaakuitvoering ge-evalueer ten spyte daarvan dat die simptome geassosieer word met depressie. Dit het die volgende behels: swak konsentrasie, vergeetagtigheid en besluitelooshied. Daar word geskat dat Suid-Afrikaners wat ly aan depressie ‘n gemiddeld van 18 dae werksverlof neem as gevolg van hulle siektetoestand. Tog neem die helfte van diegene wat gediagnoseer is met die simptome, nie af by die werk nie; gevolglik word meer foute gemaak of meer tyd benodig om eenvoudige werktake te voltooi.

SIMPTOME WAT AANDUIDINGS KAN WEES VAN VAN DEPRESSIE Daar is baie vorme van depressie wat op verskillende vlakke van ernstigheid voorkom. Kliniese depressitiwiteit of Maniese Depressie, egter, word geopenbaar deur intense en langdurige simptome wat inbraak maak op die vermoë om daaglikse take te voltooi. ‘n Persoon moet ten minste vyf of meer simptome toon deur byna die hele dag, ongeveer elke dag, voortdurend vir ten minstens twee weke. Neerslagtige gemoedstemming – Sommige mense neig daartoe om hartseer en hopeloos te voel, terwyl ander weer angstig, vies of geïrriteerd mag voorkom, of wat selfs apaties voorkom (geen gevoelens toon nie). Oormoegheid of kragteloosheid – die voltooiing of uitvoering van take word met moeite gedoen en mense voel dikwels uitgeput en lusteloos. Gebrek aan belangstelling – daar is nie meer belangstelling in aktiwiteite wat voorheen vreugde of vervulling gebring het nie. Soms vind verbale uitdrukkings van mense uiting in die woorde: “Ek gee nie meer om nie.” Swak konsentrasie – probleme met die geheue, om helder te dink of besluite te neem mag moontlik geopenbaar word. Aanvallend of onttrekkend – mense met depressie mag geaffronteerd voel deur ander aan te jaag, of te prut oor gevoelens, of die teenoorgestelde vind plaas in hulle psige; hulle voel die verstadiging aan van stadiger liggaamlike bewegings, denke en spraak. Veranderinge in aptyt of gewig – hierdie simptome mag vermeerder of verminder. Insomnia of hipersomnia – slaappattrone word onderbreek en depressielyers kan dit moeilik vind om aan die slaap te raak of andersyds, te veel slaap. Gevoelens van betekenisloosheid en/of skuld – ‘n depressie-lyer mag minderwaardig, onbekwaam of soos ‘n mislukking voel, wat weer baie skuldgevoelens veroorsaak. Selfmoordgedagtes – herhaaldelike gedagtes aan die dood of selfmoord

affekteer die lyer en selfmoordpogings mag sterk oorweeg word. Hierdie individue is inderdaad ernstig siek.

WATTER FAKTORE VERHOOG DIE GEVAAR OM DEPRESSIE TE ONTWIKKEL? Depressie kom meer na vore in mense met sekere kenmerkende eienskappe, soos bv.:

kinderjare;

onbenullighede).

Daar is bevind dat die brein van ‘n persoon wat kliniese depressie toon, merkbare verskille toon teenoor die brein van ‘n persoon wat nie aan depressie ly nie. Dit behels ook die funksie van die neurosenders, die aantal en die grootte van die breinselle, en die grootte van sekere breinstrukture. Dit is egter nie seker of hierdie aspekte die depressie help veroorsaak nie en of hierdie veranderinge veroorsaak is as gevolg van depressie nie. Depressie kan ook ‘n simptoom wees van ‘n mediese toestand soos epilepsie, tiroïde siektetoestande, diabetes, beroerte, Parkinson-sindroom en selfs Alzheimers-demensie.

HANTERING VAN DEPRESSIE

Antidepressante U gesondheidsorg-fasiliteerder of geneesheer kan vir ligte tot matige depressie ‘n kombinasie van antidepressante medikasie en psigoterapie, voorstel. Hoër doeltreffendheid word getoon met hierdie kombinasie-behandeling, as slegs met die een of ander genoemde behandeling opsigself. Verskillende kategorieë van antidepressante sluit in: selektiewe serotonien heropneembare inhibeerders (SSHI’s), serotonien-noradrenalien heropneembare inhibeerders (SNHI’s), Tri-sikliese antidepressante, om maar net ‘n paar te noem. U gesinsgeneesheer of psigiater sal tussen die verskillende kategorieë antidepressante kies, afhangende van die medikasie se veiligheid en newe-effekte. Medikasie neem tyd om deur te werk. Sommige mense begin al binne ‘n week of twee beter voel; dit mag egter vier tot ses weke neem om die voordeel daaruit te put. Erge depressie wat gepaardgaan met gedagtes en pogings tot selfmoord, hallusinasies, aggressiwiteit of mense wat swak oordeelsvermoë toon en ‘n risiko vir hulleself of ander inhou, moet deur ‘n psigiater behandel word. Soms word hospitalisasie ook aanbeveel.

Psigoterapie ‘n Terapeut kan mense ondersteun en help bou aan nuwe hanteringsvaardighede om meer aanpasbare denkrigtings oor lewensprobleme, te ontwikkel. Dit mag help om gedagterigtings en gedrag wat tot depressie lei, te identifi seer en te wysig. Verskeie terapie-behandelings kan fokus op probleemoplossing, of gesins- en groepsterapie of terapiesessies met paartjies, of selfs besprekings en ontdekkings van gebeure van die verlede in die kinderjare wat gedrags- en denkpatrone gevorm het, kan poog om oplossings te bied.

gesondheidsforum

Page 27: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

27

gesondheidsforum

ADDISIONELE BEHANDELINGSMODELLEMediese behandeling kan gekombineer word met hierdie aktiwiteite om die uitkomste verder te verbeter:

of ook oefening mag ‘n positiewe uitwerking op depressie hê.

Baie voel dat hulle sulke aktiwiteite weer sal opneem wanneer die depressie oor is, maar selfs al heers die depressie steeds, sal dit die simptome van depressie verlig om te doen wat jou eens vreugde of verligting van spanning gegee het.

oordenking kan terapeuties van aard wees deurdat dit mense help om gevoelens en omstandighede te verwerk en te ontleed.

jou Skepper te kry. Lees Sy Woord. Bid. Vertel al jou sorge aan Hom. Hy ken jou beter as wat jy jouself ken en het die Gids vir hierdie lewe voorsien. Psalm 34:17, Psalm 40:1-3, Johannes 16:33, 1 Petrus 4:12-13, 2 Korintiërs 1:3-4.

“My ellende het nie ongemerk by U verby gegaan nie; U het op my trane gelet. In U boek staan hulle opgeteken” Psalm 56:8, NV. God weet. Hy sien. Hy hoor. En Hy wag op jou hulproep vandag. Hy sal die hulp voorsien om jou deur die uitdagings te dra. Jy was nie slegs geskape om te oorleef nie , maar om voluit te leef; om eer aan God te bring en ‘n seën vir ander te wees. Bly getrou, liewe vriend.

BRONVERWYSINGS:1. Depression. The South African Depression and Anxiety Group. Beskikbaar te www.sadag.org2. Pasiënt-inligting: Depression in adults (Beyond the Basics). Uptodate. 2015. Beskikbaar te: www.uptodate.com

Dr Jo-Ann KammiesMediese Praktisyn

Page 28: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

28GOEDGEKEUR AS ‘N AMPTELIKE ADVERTENSIE DEUR DIE REDAKSIE

Page 29: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

29

Verryking?Geestelike

Ontdek en geniet ‘n lewe van vrede,

liefde en vreugde!

5 registrasiemetodes vir vandag se besige lewens:

Veranderde lewens - wêreldwyd vir die

ewigheid. GRATIS BYBELLESSE vir

Volwassenes, Jongmense en Kinders. Beskikbaar in 11 verskillende tale! Skryf vandag jou bure, familie, vriend of vriendin in!

1. http://m.vop.org.za

2. [email protected]

3. www.vop.org.za

4. Posbus 88 Kaapstad 8000

5. Sms die woord “BIBLE” en jou kon-

takbesonderhede asook taal van jou

keuse, na 31022

Volg ons op Facebook www.facebook.com/voiceofprophecy en Twitter @VOP70

Page 30: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

30

amptelike kennisgewings van diesakesittings van ons konferensies

30

SUIDER-AFRIKA UNIEKONFERENSIEVYFDE ALGEMENE SAKESITTING

KENNIS word hiermee gegee in terme van die Grondwet van die Suider-Afrika Uniekonferensie van die Sewededag-Adventiste Kerk, dat die Vyfde Algemene Sakesitting van die Suider-Afrika Uniekonferensie byeengeroep word te SAU Hoofkantoor, Fairviewstraat 2, Bloemfontein op Vrydag, 4 Desember 2015 tot Sondag, 6 Desember 2015 om:

1. Verslae te ontvang van die aktiwiteite en finansies van die Uniekonferensie gedurende van die afgelope vyfjarige dienstydperk.2. Die Ampsdraers, die Uitvoerende Komitee en Departementele Direkteure

aan te stel vir die vyfde vyfjarige dienstydperk.3. Enige sake te hanteer soos wat behoorlik voor die sakesitting gelê mag word.

Die eerste vergadering begin op Vrydag, 4 Desember 2015 om 19:00. Die Sakesitting verdaag slegs na die amptelike sluiting.

PRESIDENT : Dr TL Letseli UITVOERENDE SEKRETARIS : Ps TM Kunene

NAMIBIË KONFERENSIE AMPTELIKE UITSTEL VAN SAKESITTING

KENNIS word hiermee gegeee in terme van die Grondwet van die Namibië Konferensie dat die Eerste Algemene Sakesitting van die Namibië Konferensie amptelik uitgestel word om byeen te kom op ‘n aangewese dag en datum voor midjaar 2016, vervolgens die uitkomste soos bepaal deur ‘n amptelike stemming met betrekking tot die vraag: Ondersteun u die voorstel dat die Sakesitting uitgestel word van 2 - 4 Oktober 2015 na ‘n datum voor midjaar 2016?

Resultate van stemming: JA : 64% | NEE : 35% | BEDORWE : 1,40%

Ons bedank al die gemeentes vir hulle deelname en stiptelike verslaggewing. Ons wens u die Here se ryke seën toe soos ons voortgaan om voor te berei vir Sy spoedige wederkoms. Opreg, die uwe

PRESIDENT : Lr M MukuboUITVOERENDE SEKRETARIS Lr B Mundia

KAAP KONFERENSIEDERDE ALGEMENE SAKESITTING

KENNIS word hiermee gegee in terme van die Grondwet van die Kaapse Konferensie van die Sewendedag-Adventiste Kerk, dat die Derde Algemene Sakesitting van die Konferensie byeen geroep word te Bethel College Kampus, Butterworth, Kentaneweg 40, Butterworth op 26 - 29 November 2015 om:

1. Die Ampsdraers, Uitvoerende Komitee en Departementele Direkteure aan te stel vir die derde dienstermyn. 2. Verslae te ontvang van die aktiwiteite en finansies van die Konferensie gedurende die tweede dienstermyn. 3. Enige sake te hanteer soos wat behoorlik voor die sakesitting gelê mag word.

Die eerste vergadering begin op Donderdag, 26 November 2015, om 14:00. Die Sakesitting verdaag slegs na die amptelike sluiting.

PRESIDENT : Lr PR GelderbloemUITVOERENDE SEKRETARIS : Dr M Gwala

Page 31: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

Gelukkige Verjaarsdagaan ons lesers wat hulle

verjaarsdae vier gedurende

Oktober tot Desember 2015

Vrede, vreugde, liefde en seëninge van

Bo vir u nuwe lewensjaar!

Feesgetygroete en Nuwejaarseëninge soos ons Sy eerste en tweede Koms bepeins… en die Nuwejaar 2016

A THANKFUL HEART – I LOVE JESUS

I love the Christ of Galilee!The way He taught beside the sea.The way He set the captives free.

The way He calmed the raging sea, His dealings with a barren tree;

The way He made the blind to see.

His prayer in dark Gethsemane – The way He died for you and me!

I love the Christ of Calvary!ADLAI A. ESTEB

aankondigings

Page 32: “en God self sal by hulle wees, as hulle Godadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2015Q4... · oro sy land. Want hoe groot is hulle voortrefl ikheid, en hoe groot hulle skoonheid!”

SPERDATUMS VIR BYDRAES – MARANATHA 2016

Geagte Lesers, Vriende en Kollegas

Hiermee ‘n vriendelike dog dringende herinnering aan die SPERDATUMS vir

alle artikels, bydraes, foto’s ( in jpg-formaat), verhale, verslae en programme vir publikasie:

Kwartaal 1 (Maart-uigawe) – 15 Januarie 2016

Kwartaal 2 (Junie-uitgawe) – 15 April 2016

Kwartaal 3 (September-uitgawe) – 15 Julie 2016

Kwartaal 4 (Desember-uitgawe) – 14 Oktober 2016

Let ook asseblief daarop dat u die volgende e-posadresse benut om die gemelde bydraes aan te stuur:

[email protected] en stuur asb. ook ‘n kopie aan: [email protected]

U vriendellike samwerking en bydrae(s ) hierin word waardeer.

MET DANK

Redaksionele Raad Maranatha

Herlewing en Hervorming

Die groot herlewings van die Christelike geskiedenis is deur

gebed vermag. Tydens die Pinksterfees het die dissipels

ernstig tot God gebid. God se eindtydboodskapper aan die

oorblyfselkerk maan ons, “Herlewing kan slegs in antwoord

op gebed verwag word”.

Selected Messages, Vol 1 (1958), bl 121