“lockdown” afrikaans · hoe meer leeu trek en wriemel, hoe stywer trek die knoop in sy stert....

22
1 “Lockdown” Afrikaans Booklet 2 Graad 5 INHOUD DAG WERK DAG 1 Lees en Skryf DAG 2 Kyk en Skryf DAG 3 Lees en Skryf DAG 4 Lees en Praat DAG 5 Lees en Skryf DAG 6 Spel DAG 7 Praat en Skryf DAG 8 Begripstoets DAG 9 Lees en Skryf DAG 10 Begripstoets DAG 11 Praat en Skryf DAG 12 Spel en praat DAG 13 Mondeling DAG 14 Mondeling Voorbereiding Skryf DAG 15 Mondeling - Video

Upload: others

Post on 04-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: “Lockdown” Afrikaans · Hoe meer Leeu trek en wriemel, hoe stywer trek die knoop in sy stert. ’n Klein nagapie kyk met pieringoë uit die boom hoe Leeu spartel en spook. “Ek

1

“Lockdown” Afrikaans

Booklet 2

Graad 5

INHOUD

DAG WERK DAG 1 Lees en Skryf

DAG 2 Kyk en Skryf

DAG 3 Lees en Skryf

DAG 4 Lees en Praat

DAG 5 Lees en Skryf

DAG 6 Spel

DAG 7 Praat en Skryf

DAG 8 Begripstoets

DAG 9 Lees en Skryf

DAG 10 Begripstoets

DAG 11 Praat en Skryf

DAG 12 Spel en praat

DAG 13 Mondeling

DAG 14 Mondeling Voorbereiding Skryf

DAG 15 Mondeling - Video

Page 2: “Lockdown” Afrikaans · Hoe meer Leeu trek en wriemel, hoe stywer trek die knoop in sy stert. ’n Klein nagapie kyk met pieringoë uit die boom hoe Leeu spartel en spook. “Ek

2

Dag 1 Afrikaans

Lees die kleure.

1. Maak ’n sin vir elke kleur.

2. Kyk om jou, in die huis om jou sinne te maak.

3. Gebruik twee of drie kleure vir elke vertrek (room) in jou huis.

4. Gebruik hoofletters, ‘n punt, uitroeptekens! en vraagtekens?be.

5. Lees jou sinne hardop vir jou familie sodat hulle kan hoor hoe mooi lees jy!

Kleure:

• blou

• geel

• lig groen

• donker groen

• oranje

• pienk

• pers

• bruin

Page 3: “Lockdown” Afrikaans · Hoe meer Leeu trek en wriemel, hoe stywer trek die knoop in sy stert. ’n Klein nagapie kyk met pieringoë uit die boom hoe Leeu spartel en spook. “Ek

3

Dag 2 Afrikaans

Kyk mooi na die prentjie. Beantwoord die volgende vrae:

1. Watter kleur is die stoel?

___________________________________________________

2. Sy voete is vuil. Hoekom sê ek so?

___________________________________________________

3. Het hy ‘n ander huis (speech bubble)?

___________________________________________________

4. Is daar iets om te drink?

___________________________________________________

5. Wat doen die seuntjie?

___________________________________________________

6. Wat het jy alles gedoen vandag? (Think Afrikaans)

___________________________________________________

Page 4: “Lockdown” Afrikaans · Hoe meer Leeu trek en wriemel, hoe stywer trek die knoop in sy stert. ’n Klein nagapie kyk met pieringoë uit die boom hoe Leeu spartel en spook. “Ek

4

Dag 3 Afrikaans Lees die leesstuk en beantwoord die vrae:

Beantwoord die volgende vrae.

1. Vir wie is die hond bang?

___________________________________________________

2. Wat het die hond en kat gejaag?

___________________________________________________

3. Waar dink jy het die muis weg gekruip?

___________________________________________________

Page 5: “Lockdown” Afrikaans · Hoe meer Leeu trek en wriemel, hoe stywer trek die knoop in sy stert. ’n Klein nagapie kyk met pieringoë uit die boom hoe Leeu spartel en spook. “Ek

5

4. Wat doen die twee maats saam?

___________________________________________________

5. Waarom dink jy is dit ‘n vreemde vriendskap?

___________________________________________________

6. Watter dier sal jy graag wil wees en hoekom?

___________________________________________________________

___________________________________________________________

___________________________________

7. Teken jou dier in die blokkie en kleur dit in.

Page 6: “Lockdown” Afrikaans · Hoe meer Leeu trek en wriemel, hoe stywer trek die knoop in sy stert. ’n Klein nagapie kyk met pieringoë uit die boom hoe Leeu spartel en spook. “Ek

6

Dag 4 Afrikaans

Lees x3 (Tell someone the story)

Waarom apies in bome woon Leeu was koning van die diere. Sy harde brul het die blare aan die bome laat bewe. Bedags

het hy gejag vir kos en in die son gelê en slaap. Hy was trots op sy brul, en hy was trots op sy

skerp tande en kloue, maar hy was die trotsste van alles op sy pragtige goue pels en

maanhare.

Op ’n dag, terwyl hy by ’n dam water drink, sien Leeu dat sy maanhare vol kaal kolle is. “Wat’s dit?” brom hy by homself. Hy draai om en sien dat die goue hare op sy rug ook vol kaal kolle is. Leeu is baie ongelukkig. Dit sal nie deug as ’n leeu nie hare of maanhare het nie. Hy draf

weg om dr. Skilpad te gaan sien en uit te vind wat hy kan doen om sy pels te red.

“Hmmm,” sê dr. Skilpad nadenkend. “Dit is ’n uiters ernstige geval

van iets, maar ek is nie heeltemal seker van wat nie. Laat ek dink …” “O, nee! Dit klink verskriklik,” snik Leeu, maar ’n groot leeu mag tog

nie huil nie. Sy kniekoppe bewe. “Sal … sal ek dit oorleef?” vra hy.

“Natuurlik sal jy dit oorleef,” lag dr. Skilpad, “jy het net ’n ernstige vlooiaanval. Jy moet vir Apie gaan vra om die vlooie te vang. Dan is

jy weer so reg soos ’n roer.”

“Vlooie? Is dit al?” sê Leeu en lyk verlig. Hy bedank dr. Skilpad en haas

hom om Apie te gaan soek. Apie is soos gewoonlik besig om kattekwaad

aan te vang. Hy sit in ’n boom en gooi vrot ngwenya-bessies na ’n lui vlakvark wat in die son lê en slaap. “Apie!” brul Leeu. Apie skrik en val

byna uit die boom uit. “Apie, kan jy asseblief die vlooie in my pels kom vang?” vra Leeu. “Ja, natuurlik, U Majesteit,” kwetter Apie. Hy laat val sy laaste bessie en skarrel af grond toe. Leeu lê in die warm son terwyl

Apie sy maanhare en pels kam en die vlooie vang. Apie kam en vang vlooie.

Hy streel en pamperlang. Die son is warm en sommer gou is Leeu vas aan

die slaap.

Toe Leeu wakker word, kan hy nie roer nie. Hy brul van woede toe hy ontdek dat Apie sy

stert aan ’n boom vasgebind het. Hoe meer Leeu trek en wriemel, hoe stywer trek die knoop

in sy stert. ’n Klein nagapie kyk met pieringoë uit die boom hoe Leeu spartel en spook.

“Ek kan jou help, Leeu,” sê Nagapie liefies, “maar dan moet jy eers belowe om my nie op te eet nie.” Leeu is moeg gespartel. “Natuurlik sal ek jou nie eet nie,” hyg hy. Sy maag grom. Nagapie lyk senuweeagtig. “Ek belowe ek sal jou nie eet nie!” sê Leeu.

Page 7: “Lockdown” Afrikaans · Hoe meer Leeu trek en wriemel, hoe stywer trek die knoop in sy stert. ’n Klein nagapie kyk met pieringoë uit die boom hoe Leeu spartel en spook. “Ek

7

Nagapie klim toe uit die boom en begin die knoop met sy lang, delikate vingers losknoop.

Uiteindelik is Leeu vry. Hy bedank vir Nagapie en loop weg. Terwyl hy loop, besin Leeu oor

wat Apie aan hom gedoen het, en hy raak baie kwaad. Hy besluit om Apie ’n les te leer. Hy vertel vir die ander diere om vyf dae te wag en dan vir Apie te vertel dat Leeu dood is.

Vyf dae later gaan die diere na Apie toe en vertel hom hartseer dat Leeu ongelukkig dood is.

Vlakvark maak selfs of hy huil. Die diere vertel vir Apie dat hulle besluit het om ’n partytjie te hou om van Leeu afskeid te neem. Apie is dol oor partytjies en sê: “Ek sal beslis daar

wees!”

Daardie middag kyk Apie hoe die diere naby die groot liggaam van

die leeu bymekaarkom en dan een-een by hom verbystap. Hulle streel

sy maanhare, soen hom op die kop en groet hom. Apie hop van een

been na die ander. Hy wil so gou moontlik vir Leeu totsiens sê sodat

hy by die partytjiekos kan uitkom.

Toe hy by Leeu se kop kom, leun hy oor

en kwetter: “Totsiens, jou lawwe ou

kat. Ek het jou behoorlik om die bos gelei.” Leeu maak sy oë

oop en spring met ’n B-R-U-L orent! Apie skrik so groot dat hy

agteroor val.

Apie kom vinnig weer op sy voete en klim rats in die naaste

boom, waar hy sit en raas en bewe van vrees. Leeu brul weer en

skud sy reuse klou in Apie se rigting: “Jy en al die ander apies moet liewer nie uit die bome kom nie! As julle dit doen, sal ek julle vir aandete eet!”

En tot vandag toe woon apies altyd in bome. Hulle durf nie afkom nie, want hulle is steeds

bang dat hulle Leeu se volgende maaltyd sal word.

Page 8: “Lockdown” Afrikaans · Hoe meer Leeu trek en wriemel, hoe stywer trek die knoop in sy stert. ’n Klein nagapie kyk met pieringoë uit die boom hoe Leeu spartel en spook. “Ek

8

Dag 5 Afrikaans

Lees die gedig en beantwoord die vrae.

Aap se skool In Aap se skool kry kinders klas

in boomklim en lawaai.

Hoeveel twee plus twee is,

sal hulle net kan raai.

Dit is tog veel belangriker

om bollemakiesie te slaan,

as om kiertsregop in reguit rye

voor die klas te staan.

Die alfabet is maar min pret,

wie wil nou leer van somme?

Want watter aap kan meer vlooie vang:

ʼn slim een of ʼn domme? Wil jy ʼn aap wees? Wees gerus, jy hoef nie veel te leer nie.

En as jy dop, is dit ook goed,

want niemand hier presteer nie.

Geskryf deur: Elizabeth Wasserman

1. Wat leer die apies in die klas?

___________________________________________________________ 2. Wat is veel belangliker vir die apies? ___________________________________________________________

3. Wat is min pret vir hulle? ___________________________________________________________

4. Vul die volgende kolomme in oor wat apies doen en wat kinders doen in die gedig:

Apie se skool Kinders se skool

Page 9: “Lockdown” Afrikaans · Hoe meer Leeu trek en wriemel, hoe stywer trek die knoop in sy stert. ’n Klein nagapie kyk met pieringoë uit die boom hoe Leeu spartel en spook. “Ek

9

Dag 6 Afrikaans

Spel Lees al die woorde in die boks hardop.

bruin, groot, stout, ui, eet, klaar, vaak, boud, skoon, kruip, sien, Meneer, uil, moeg, veer, blaar, room,

klavier, hoekom, koud, moeg, hardloop, boek, jaar, vier, soek, speel, woord, dier, vroeg, uitroepteken,

waar, brou, leer, kies, vrou, aand.

Skryf die woorde lanks die regte klank. Party woorde sal meer as een keer

gebruik word.

Page 10: “Lockdown” Afrikaans · Hoe meer Leeu trek en wriemel, hoe stywer trek die knoop in sy stert. ’n Klein nagapie kyk met pieringoë uit die boom hoe Leeu spartel en spook. “Ek

10

Dag 7 Afrikaans

Skryf ‘n poskaart aan ‘n maatjie om vir hom/haar te vertel wat jy gedurende die

vakansie gaan doen. Skryf al die lyne vol. Gebruik die woordskatkis vir idees.

Dit is die agterkant van die poskaart.

Dit is die agterkant van die poskaart.

Beste ___________

___________________________

___________________________

___________________________ _________________

___________________________ _________________

___________________________ _________________

___________________________ _________________

___________________________ _________________

___________________________

___________________________

Jou vriend(in)

_____________

Posseël

Page 11: “Lockdown” Afrikaans · Hoe meer Leeu trek en wriemel, hoe stywer trek die knoop in sy stert. ’n Klein nagapie kyk met pieringoë uit die boom hoe Leeu spartel en spook. “Ek

11

Dit is die voorkant van die poskaart.

Teken ‘n prentjie sodat jou maatjie kan sien wat jy gaan doen.

Dit is die voorkant van die poskaart.

Teken ‘n prentjie sodat jou maatjie kan sien wat jy gaan doen.

WOORDSKATKIS

strand (beach) maats (friends) gesels (chat)

bioskoop (movies) oorslaap (sleepover) speel (play)

piekniek (picnic) braaivleis (braai) sport (sport)

teater (theatre) speletjies (games) geniet (enjoy)

televisie (television) winkelsentrum (shopping centre)

Page 12: “Lockdown” Afrikaans · Hoe meer Leeu trek en wriemel, hoe stywer trek die knoop in sy stert. ’n Klein nagapie kyk met pieringoë uit die boom hoe Leeu spartel en spook. “Ek

12

Dag 8 Afrikaans

Lees weer “Waarom Apies in bome woon. (Bl. 6&7) NOUDAT JY DIE STORIE MOOI

DEURGELEES HET, BEANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE. ONTHOU OM DIE

INSTRUKSIES TE VOLG.

A: BEANTWOORD IN VOLSINNE.

1. Wanneer, sê dit in die storie, het die leeu vir sy kos gejag? ______________________

_________________________________________________________________(1)

2. Waar was leeu toe hy agterkom dat daar fout was met sy pels? ___________________

_________________________________________________________________(1)

3. Wat, sê dr. Skilpad, is die rede waarom Leeu se hare besig is om uit te val? __________

_________________________________________________________________(1)

4. Verduidelik mooi wat Apie besig was om te doen toe Leeu op hom afkom. ____________

__________________________________________________________________

_________________________________________________________________(2)

5. Wat het Apie gedoen om vir Leeu te help? __________________________________

_________________________________________________________________(1)

6. Wat het Apie gedoen om vir Leeu so kwaad te maak? __________________________

_________________________________________________________________(1)

7. Hoekom woon apies nou altyd in bome en nie op die grond nie? ____________________

_________________________________________________________________(1)

B: IS HIERDIE STELLINGS WAAR OF ONWAAR?

8. Leeu het gedink dat daar iets ernstig

verkeerd was met hom. _____________

9. Apie dink hy het vir Leeu doodgemaak. _____________

10. Leeu is slimmer as Apie. _____________

11. Leeu eet vir Nagapie. _____________ (4)

Page 13: “Lockdown” Afrikaans · Hoe meer Leeu trek en wriemel, hoe stywer trek die knoop in sy stert. ’n Klein nagapie kyk met pieringoë uit die boom hoe Leeu spartel en spook. “Ek

13

C: BEANTWOORD SO KORTLIKS MOONTLIK.

12. Watter geluid maak die leeu? _______________________

13. Waar drink die leeu water? _______________________

14. Waarom raak Leeu aan die slaap? __________________________________

________________________________________________________________

15. Watter dier in die storie maak asof hy huil? _______________________________

(4)

D: SKRYF DIE SIN WAT DIE AFRIKAANSE VERTALING VAN HIERDIE SINNE IS.

16. I really tricked you. _________________________________________________

17. I will eat you for supper. _____________________________________________

18. His knees shake. ___________________________________________________

19. Monkey loved parties. _______________________________________________

(4)

WOORDEBOEK

vlooie (fleas) kattekwaad (no good)

maanhare (mane) kwetter (chirps)

pels (coat) reuse (giant)

ernstige (serious) rigting (direction)

gewoonlik (usually) hartseer (heartsore)

Page 14: “Lockdown” Afrikaans · Hoe meer Leeu trek en wriemel, hoe stywer trek die knoop in sy stert. ’n Klein nagapie kyk met pieringoë uit die boom hoe Leeu spartel en spook. “Ek

14

Dag 9 Afrikaans

Lees en Skryf

Huberta die seekoei Lank gelede is 'n seekoeikalfie naby St. Luciabaai in Kwazulu-Natal gebore. Sy was nog baie jonk toe sy eendag begin het met 'n staptog van byna 2 000 kilometer.

Haar reis het in 1928 begin en in 1931 geëindig. Niemand weet hoekom sy so ver geloop het

nie. Party mense sê sy het 'n maat gaan soek, terwyl ander beweer dat sy net baie nuuskierig was en net meer van die wêreld wou sien.

Die seekoei het al met die kuslyn suidwaarts geloop, wat ookal die rede! Dit was haar geheim. Soms het sy 'n bietjie van die roete afgedwaal die binneland in, maar sy het altyd weer

teruggekom na die kuslyn en suidwaarts beweeg.

Die nuus van die seekoei wat op reis gegaan het, het gou versprei. Selfs in Engeland en

Amerika het mense van hierdie seekoei gehoor. Die mense het eers gedink sy is manlik en het haar "Billy" genoem. Later is sy herdoop na "Hubert" en toe die mense ontdek het dat sy vroulik is, is haar naam verander na Huberta. Huberta het baie beroemd geword en koerante

oor die hele wêreld het gereeld berig oor haar avonture. Ons sou kon sê dat Huberta 'n ontdekkingsreisiger was wat 'n ontdekkingsreis onderneem het.

Huberta het haarself aan suikerriet gehelp in 'n suikerrietplantasie. Die Indier-arbeiders het hulle boeglam geskrik en gevlug. Die mense van 'n nabygeleë dorp het van die seekoei te

hore gekom en dadelik kom kyk, aangesien seekoeie nie in daardie omgewing voorgekom het nie. Hulle het om haar saamgedrom. Twee persone het kameras gehad en toe hulle begin foto's neem, het Huberta baie bang geword.

Huberta het geslaap waar sy wou. Sy het eendag, terwyl sy gestap het, besluit dat sy moeg

was en gedink die spoorlyn sal 'n lekker slaapplek wees. Sy het haarself toe tuisgemaak - haar kop op een spoorstaaf en haar agterlyf op die ander een. So het sy aan die slaap geraak. Intussen was daar 'n trein op pad. Gelukkig het die drywer reeds van ver af gesien dat daar

iets op die spoorlyn lê en dadelik stadiger gery. Toe hy naby genoeg was om te sien wat dit is, het hy Huberta herken. Sy was teen daardie tyd al baie beroemd. Hy het die trein se fluit geblaas, maar Huberta het nie wakker geword nie. Die drywer het die trein baie stadig laat

beweeg totdat hy Huberta geraak het. Sy het wakker geword en lui-lui opgestaan en weggeloop.

'n Orkes het een aand voor 'n gehoor gespeel. Die mense het rustig sit en luister. Huberta was in die omgewing en het haar nie aan die musiek gesteur nie, maar toe sy nader kom, het s

y tog begin luister. Sy moes besluit het een van die instrumente was die gebulk van 'n seekoei en het baie hard gebulk om te antwoord. Die mense binne die gebou het hulle boeglam geskrik en dadelik uit die gebou gehardloop. Huberta het besluit om die seekoei wat haar geroep

het te gaan soek, maar het net een van die orkeslede aangetref. Die arme vrou het so groot

Page 15: “Lockdown” Afrikaans · Hoe meer Leeu trek en wriemel, hoe stywer trek die knoop in sy stert. ’n Klein nagapie kyk met pieringoë uit die boom hoe Leeu spartel en spook. “Ek

15

geskrik toe sy vir Huberta gewaar dat sy 'n instrument na haar geslinger het - gelukkig mis! Huberta het teleurgesteld weggestap van die toneel.

Die nuus van Huberta se dood het gou bekend geword. Die mense was woedend. Almal het gewonder wie vir Huberta geskiet het en hoekom. Die polisie het dadelik na die skuldiges

begin soek. Op 21 April 1931 is Huberta dood en op 21 Mei het die skuldiges polisie toe gegaa

n en erken dat hulle Huberta geskiet het.

'n Tienjarige seun, Johan Butler, het 'n brief aan die koerant geskryf om te sê hoe hy voel.

Hier is sy brief.

Roosstraat 5

Ferndale

1700

5 Mei 1931

Beste Meneer

Ek was baie jammer om te hoor dat Huberta, die seekoei, doodgeskiet is. Die mense was baie wreed. Ek hoop die polisie vang hulle gou. Hulle moet sommer swaar gestraf word.

Groete

Johan Butler

Page 16: “Lockdown” Afrikaans · Hoe meer Leeu trek en wriemel, hoe stywer trek die knoop in sy stert. ’n Klein nagapie kyk met pieringoë uit die boom hoe Leeu spartel en spook. “Ek

16

Dag 10 Afrikaans LEES EERS DIE STORIE VAN HUBERTA NOUKEURIG DEUR EN

BEANTWOORD DAARNA HIERDIE VRAE.

ONDERSTREEP DIE KORREKTE ANTWOORD MET ‘N KLEURPOTLOOD (3)

1. In watter rigting het Huberta geloop?

a. Noord b. Wes c. Suid d. Oos

2. Vir hoeveel jaar het sy gereis?

a. 2 b. 1 c. 3 d. Dit sê nie.

3. Wat het haar bang gemaak?

a. die kameras b. die trein c. die orkes

ANTWOORD IN VOLSINNE

4. Waar is Huberta gebore? (1)

________________________________________________________

5. Hoe ver het sy gestap? (1)

________________________________________________________

6. Wat het die mense haar eers genoem? (1)

________________________________________________________

7. Verduidelik (explain) hoe Huberta amper deur ‘n trein doodgery is. (3)

Page 17: “Lockdown” Afrikaans · Hoe meer Leeu trek en wriemel, hoe stywer trek die knoop in sy stert. ’n Klein nagapie kyk met pieringoë uit die boom hoe Leeu spartel en spook. “Ek

17

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

________________________________________________________

8. Hoe is Huberta dood? (1)

________________________________________________________

ANTWOORD SO KORTLIKS MOONTLIK (5)

9. Wat het Huberta geëet? _____________________

10. Wat is die datum van haar dood? _____________________

11. Wie het die brief aan die koerant geskryf? _______________________

12. Watter geluid maak ‘n seekoei? _____________________

13. Wat noem ons ‘n baba seekoei? _____________________

Page 18: “Lockdown” Afrikaans · Hoe meer Leeu trek en wriemel, hoe stywer trek die knoop in sy stert. ’n Klein nagapie kyk met pieringoë uit die boom hoe Leeu spartel en spook. “Ek

18

Dag 11 Afrikaans

Page 19: “Lockdown” Afrikaans · Hoe meer Leeu trek en wriemel, hoe stywer trek die knoop in sy stert. ’n Klein nagapie kyk met pieringoë uit die boom hoe Leeu spartel en spook. “Ek

19

Dag 12 Afrikaans

Page 20: “Lockdown” Afrikaans · Hoe meer Leeu trek en wriemel, hoe stywer trek die knoop in sy stert. ’n Klein nagapie kyk met pieringoë uit die boom hoe Leeu spartel en spook. “Ek

20

Dag 13 Afrikaans

Mondeling Weervoorspeling (Oefen)

Page 21: “Lockdown” Afrikaans · Hoe meer Leeu trek en wriemel, hoe stywer trek die knoop in sy stert. ’n Klein nagapie kyk met pieringoë uit die boom hoe Leeu spartel en spook. “Ek

21

Dag 14 Afrikaans

Voorbereiding – Maak ’n Kaart

Page 22: “Lockdown” Afrikaans · Hoe meer Leeu trek en wriemel, hoe stywer trek die knoop in sy stert. ’n Klein nagapie kyk met pieringoë uit die boom hoe Leeu spartel en spook. “Ek

22

Dag 15 Afrikaans

Modeling – Video

Stuur jou video na jou onderwyser op Dojo of Whatsapp.

Woorde wat sal help.

Ma, Pa, Ouma of Oupa gaan vir julle merk.

Geniet!