api.ning.comapi.ning.com/.../lynnwood20130106_deutr1_verlede_to…  · web viewwat jy ookal doen...

14
Liturgie 6 Januarie 2013 Oggend: Deutr 1 Kishou in 2013 AANKONDIGINGS VOTUM Nuwejaarsgebed: Franciscus v Assisi (bl 76 Gebedeboek) Seëngroet: Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees, deur julle kennis van God en van Jesus ons Here Deur die werk van die Heilige Gees! LOF:

Upload: vokhue

Post on 02-Feb-2018

234 views

Category:

Documents


4 download

TRANSCRIPT

Page 1: api.ning.comapi.ning.com/.../Lynnwood20130106_DEUTR1_verlede_to…  · Web viewWat jy ookal doen of beplan plas God in jou formule! Die somme werk dan ... God is deel van die Groot

Liturgie 6 Januarie 2013 Oggend: Deutr 1 Kishou in 2013

AANKONDIGINGS

VOTUM

Nuwejaarsgebed: Franciscus v Assisi (bl 76 Gebedeboek)

Seëngroet:

Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees, deur julle kennis van God en van Jesus ons HereDeur die werk van die Heilige Gees!

LOF:

LIED 203:1-3

Page 2: api.ning.comapi.ning.com/.../Lynnwood20130106_DEUTR1_verlede_to…  · Web viewWat jy ookal doen of beplan plas God in jou formule! Die somme werk dan ... God is deel van die Groot

Skriflesing aankondig: Deutr 1:19 - 40

Gebed

Sang as voorsetting van gebed: Lied 255:2

T'rug tot in die grys verledebou Gods woord vir ons 'n brug;oor die troebel van die hedeopen dit 'n toekomsvlug.Spreek die Here, word die tydoomblikke van ewigheid.Deur sy Gees laat God, verhewe,ook in ons sy woorde lewe.

Agtergrond van skriflesing:

Kaart: EERS nr 12 verduidelik daarna Nr 15

12. Kadesh-barnea Moses sent spies into the promised land; Israel rebelled and failed to enter the land; Kadesh served as the main camp of Israel for many years (Num. 13:1-3, 17-33; 14; 32:8; Deut. 2:14). 15. Mount Nebo Moses viewed the promised land (Deut. 34:1-4). Moses delivered his last three sermons (Deut. 1-32).

Skriflesing: Deutr 1:19 - 40

PREEK: Verlede en toekoms help ons om NOU te leef

Page 3: api.ning.comapi.ning.com/.../Lynnwood20130106_DEUTR1_verlede_to…  · Web viewWat jy ookal doen of beplan plas God in jou formule! Die somme werk dan ... God is deel van die Groot

Gebed na Preek

SING: NB GEBRUIK MELODIE 438 (Gees van God, O Gees van Lewe) met woorde van 503 aangepas.

1 Jesus, Rots, my hoop vir ewig,veilig kan ek op U bou.U is Heer, my anker stewig,vas kan ek op U vertrou.Deur u mag en deur u kragdra U my van dag tot dag.

2 U, my hoop, my koers op aarde -U gee aan die lewe sin.Heer, U gee my lewe waarde,nuut kan ek met U begin.U vergeef, U laat herleef -in u krag kan ek oorwin.

3 U, my hoop, my hede, toekoms,leer my werk en bid en wag.U gee op my sugte uitkoms,inspireer my elke dag.Aan U, Heer, altyd net weer:lof, aanbidding, dank en eer!

Stille Oordenking metafoor van Stroom:

Kom van iewers en bring alles saam tot hier? Gaan êrens heen? Waar is ons nou?

LEES: Teks Jes 43:16 - 21

Geloofsbelydenis

DANKOFFERS

SLOTLIED : Lied 281: 1,2

Seën

Die Here is voor julle om die pad vir julle gelyk te maakDie Here is langs julle om julle in sy arms toe te vouDie Here is agter julle om die aanvalle van die vyand af te slaanDie Here is onder julle om julle te dra as julle mag valDie Here is rondom julle om julle te beskermDie Here is bokant julle om julle te seën;Die Here is binne julle om julle te lei na sy wil;So seën die drie-enige God julle, van nou af tot in ewigheid! AMEN.

Sing Amen 3x

Page 4: api.ning.comapi.ning.com/.../Lynnwood20130106_DEUTR1_verlede_to…  · Web viewWat jy ookal doen of beplan plas God in jou formule! Die somme werk dan ... God is deel van die Groot

PREEK

Met die meeste balsporte is daar ‘n kombinasie van faktore wat jou help om die bal nou in die regte rigting stuur teen die regte spoed. Tennis bv (Video: Roger Federer): Mens moet van agter af deurswaai, sodat wanneer jy die bal tref jy reeds momentum en rigting het. Verder moet jy in gedagte hou waarheen die bal moet gaan sodat jy jy nou jou raket op die regte manier kan tref. Om die bal dus nou hier reg te tref moet jy die terugswaai en deurswaai.

Jy kan egter nie net by terugswaai bly nie, jy moet die momentum vorentoe deurbring. Mens kan dan ook nie net stop nie, jy moet deurswaai.

Al tyd wat ons het om iets aan te doen is NOU! ...die hede. Jy kan niks aan die verlede doen nie en jy leef nog nie in die toekoms nie! Maar die vraag is wat maak jy met die verlede en die toekoms? Het die enige uitwerking om jou hede? Op watter manier belemmer of bevoordeel die verlede en die toekoms jou huidige oomblik?

Die sg “sweetspot” in jou lewe kom wanneer ek die verlede en die toekoms NOU effektief aanwend om met momentum en rigting die beste uit elke oomblik te haal.

Die Jode het twee kritiese foute begaan in die verhaal wat ons hier gelees het.

Die eerste fout was dat Israel nie die terugswaai-momentum van die verlede gebruik het in hulle keuse en optrede nie.

Die tweede fout was dat hulle nie deurswaai nie. Hulle staan die bal telkens mis en verbeur die oorvloed wat God in gedagte het!

Eintlik is dié deel wat ons gelees het ‘n kort opsomming van wat in Numeri 12-14 meer breedvoerig vertel word. Volg net gou die eerste deel van die verhaal:

Die Jode het jare gelede deur die woestyn getrek en by Kadesh-Barnea aangekom net reg om die beloofde land in te neem. Daar is besluit dat 12 verspieders die land sal deurtrek om die sake uit te kyk. Daar was een van elke stam. Na die 480km reis deur die beloofde land het hulle kom terugrapporteer.

Almal was dit eens dat dit ‘n fantastiese land met enorme potensiaal is. Daar was druiwetrosse so groot dat twee mense saam daaraan moes dra. Dit was die land van melk en heuning!

10 Verspieders het egter gevoel dat hulle nie land moet inneem nie want die mense is so groot soos reuse en die stede is te goed versterk. Joshua en Kaleb het egter gevoel dat die Here in die verlede hulle teen die magtige Egipte beskerm het en daarna heeltyd in die woestyntog. Die 10 het hulle idees ook aan die volk oorvertel sodat die volk ernstig omgekrap was oor die planne om die beloofde land in te gaan. Hulle het in opstand gekom teen die leiers en selfs oorweeg om die leiers om die lewe te bring. Die woorde van die Here wat Moses deurgegee het, het hulle geminag, al het die Here bevestig dat Hy met hulle sou wees!

Page 5: api.ning.comapi.ning.com/.../Lynnwood20130106_DEUTR1_verlede_to…  · Web viewWat jy ookal doen of beplan plas God in jou formule! Die somme werk dan ... God is deel van die Groot

Die Here was baie ontevrede met hulle optrede soveel so dat hy sommer net daar die volk wou laat uitwis! Hy het hulle herinner aan die magtige dade wat hy telkens in die verlede gedoen het. Steeds wou hulle nie luister nie. Moses het toe by die Here gepleit dat Hy hulle asb met geduld en liefde sal hanteer. Die Here het van plan verander om hulle uit te wis maar gesê nie een van die volwassenes sal die beloofde land ingaan nie. Net Joshua en Kaleb! Hulle sou vir 40 jaar rondtrek voordat hulle eers weer die beloofde land mag ingaan!

Israel het nie die momentum van die verlede gebruik om nou die regte besluit te neem en reg op te tree nie.

Lees V30 - 32

"Toe het ek vir julle gesê: ‘Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie. Die Here julle God gaan voor julle uit en Hy sal vir julle veg net soos Hy in Egipte voor julle eie oë alles vir julle gedoen het. Julle het in die woestyn ondervind hoe die Here julle God julle die hele pad waarlangs julle tot hier toe gekom het, gedra het soos ‘n man sy seun dra.’ Maar tog het julle nie julle vertroue gestel in die Here julle God wat op die pad voor julle vooruit gegaan het om kampplekke vir julle uit te soek nie. Snags het Hy vir julle julle pad met vuur aangewys en bedags met ‘n wolkkolom. (Deutr 1:29-33)

In die verlede het God altyd gehelp maar hulle kon nie op daardie moment op God vertrou nie! Daarom het hulle die beloofde land verbeur. Hulle moes die momentum van die verlede laat geld in die keuses en optrede! V 27? – dink God haat hulle

Dis darem interessant dat ons as mense so maklik vergeet. Deur die lewe het daar al met ons baie dinge gebeur waar ons God se fenomenale krag, bystand en teenwoordigheid ervaar het, maar dan vergeet ons dit in die huidige moment.

Dink vir ‘n oomblik aan tye en uitdagings waar God jou al in die lewe ondersteuning en gedra het. Kan jy weer onthou en ervaar hoe dit jou gedra het?

Belangrik, die verwagting is nie om in die verlede te bly leef nie!!! Ons droom nie om weer in Egipte te woon nie, maar gebruik die momentum van die verlede in die huidige moment! Tog is dit presies wat Israel toe gaan doen het...

Hulle was so bang vir die toekoms dat hulle die verlede geïdealiseer het! Hulle sê dat hulle eerder in Egipte sou wou bly as in die beloofde land omkom.

Soveel mense veridealiseer die verlede. Dis soos die idilliese prentjies van ‘n vakansie brosjure totdat jy daar kom en besef maar eintlik is dit toe nie so idillies nie. Die werklikheid is heelwat anders. V27: Mor, blameer en sien slegste v situasie!

Vir julle elkeen het God nog ‘n droom en ‘n beloofde land waarheen het jou nooi. Jy kan nie in die verlede bly vashaak nie! Kyk wat God gedoen het...

Wat hou jou terug om die voller seën van God in jou lewe jou eie te maak?

Page 6: api.ning.comapi.ning.com/.../Lynnwood20130106_DEUTR1_verlede_to…  · Web viewWat jy ookal doen of beplan plas God in jou formule! Die somme werk dan ... God is deel van die Groot

Hy het ons gedra soos ‘n pa sy kind dra... dit beteken dat hy jou nou ook dra. Jy het dit nie eers altyd besef nie. God is NOU hier by jou, soos hy in die verlede by jou was!

Die jaar se reuse en vestingstede lê voor met die belofte van seën en oorvloed. Gaan jy terugdeins vir die reuse jou vertroue op God verloën?

Ja as jy soms die rasionele sommetjies maak lyk dit nie of mens dit kan maak nie. HOU rekening met God in 2013. Wat jy ookal doen of beplan plas God in jou formule! Die somme werk dan heeltemal ander uit. God se wiskunde werk anders!

Die uitdagings in 2013 is groot intern (binne jou) en ekstern (om jou) maar God dra jou soos ‘n pa sy seun dra... soos altyd nog , dra hy jou die beloofde land tegemoet.

Stel jou vertroue in God elke moment! VREES of VERTROUE?

Die deurswaai-droom van die toekoms het hulle nie deel van hulle aksie gemaak nie! Hulle het die droom verloor!

As hulle die droom van God wat hy van geslag tot geslag herhaal het, net voor oë gehou het, sou dit hulle verder motiveer om die land in te neem! God se droom vir Israel was die beloofde land. Sommer maklik verander hulle die droom om maar net terug te gaan na Egipte.

Dis nodig om die droom en visie voor oë te hou. NIE om in die toekoms te leef nie, maar die energie van die toekoms vir HIER EN NOU in te span. Dit gee jou energie om nou hier te doen wat jy moet! Te doen wat nodig is vir die toekoms!

Wat is jou droom vir jou lewe? Wat dink is God se droom vir jou lewe? Droom jy nog enigsinds? Wat is die beloofde land vir jou? Kan jy dit sien? Kan jy land van melk dink, die soet heuning proe en die druiwe eet?

Maak tyd om te droom hoe dit moet wees om in diep eenheid met God te leef, om jouself te leer ken aanvaar met bewussyn van jou emosies en gedagtes. Dink aan die beloofde land waar jy verhousdingseffektief kan bou en ander kan inspireer en waarde toevoeg! Dink aan ‘n beloofde land war jy ‘n verskil maak waar jy kom!

As jy die droom sien kan jy NOU in die hede met energie die regte rigting besluite neem en na gelang van die toekoms optree. JY LEEF NIE IN DIE TOEKOMS NIE! Jy leef hier en nou maar met ‘n prentjie waarheen jy oppad is.

Die teenwoordigheid van God in die verlede en toekoms help ons hier en nou in klein dinge en groot dinge werklik gehoorsaam te wees. Nie terug te deins nie!

Dis hoe jy ‘n kishou slaan in 2013: God is deel van die Groot beweging waarin jy ingesluit word in die momentum van GOD se beweging...

Page 7: api.ning.comapi.ning.com/.../Lynnwood20130106_DEUTR1_verlede_to…  · Web viewWat jy ookal doen of beplan plas God in jou formule! Die somme werk dan ... God is deel van die Groot

Die tweede deel van die verhaal is weer net so vreemd... Die Here het gesê dat hulle agv hulle ongeloof en gebrek aan vertrou nie die beloofde land mag ingaan nie. Hulle gaan eers deur die woestyn trek want die volgende geslag sal gereed wees om die beloofde land te beërwe.

Hulle besluit teen Moses en die Here se aanbeveling in dat hulle nou reg is om die land in te neem. Hulle het gehoor die Here sê hulle is nog nie reg daarvoor nie, maar hulle voel anders. Moses waarsku dat die Here nie saam met hulle die land sal inval nie. Steeds val hulle die land in en verloor een na die ander veldslag!

Hulle dink dat hulle dit alles self kan vermag; dat hulle sonder God ook oorwinnings behaal! Weer eens vergeet hulle verlede! God het die oorwinning gegee. Hulle kan nie maar net enige projek aanpak en verwag dat God dit sal seën nie!

Daarom moet ons met onderskeiding leef om gedurig te vra wat die Here wil hê wat ons nou moet doen! Dat ons nou gehoorsaam sal wees.

Ons kan niks sonder die Here nie! Niks! Fil 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee!

Die volk probeer kortpad sonder God... en probeer die woestyn ontwyk. Maar die beloofde land loop ook soms deur die woestyn! Dis tyd om ook reg temaak wat hulle gesondig het. Dis waar jy God se bevestiging beleef.

SLOT:

Die innerlike proses wat die gedeelte jou na uitnooi is om jou in die stroom van God se beweging deur die tyd oor te gee. Al die water van jou verlede en mense voor jou, vloei saam in sterk stroom waarin jou kan saamvloei hier waar jy NOU in die stroom staan. Laat die strome van God se genade jou meesleur die nuwe jaar in.

Die grootste gawe van ‘n lewe oorgegee aan God is dat jy jouself sien as deel van groter geheel, groter plan, groter droom van God. Lewe gaan nie net oor jouself nie maar oor die groter wonderlike LEWENSSTROOM wat die Lewe van GOD SELF IS

Jy is dus eintlik konserwatief in die sin dat jy die verlede se wysheid, energie, geskiedenis toelaat om jou te bring tot nuwe hoogtes omdat jy op vorige generasies se skouers staan.

Dit beteken ook die wonderlike erfenis wat ons uit die verlede ontvang van die

tradisie waarin ons staan.. die Gereformeerde stroom. Daar is wonderlike rykdom in

ons tradisie wat ons momentum gee. Ons leef egter nou in hierdie tyd en moet

waarde van toendertyd NOU uitleef binne die visie wat ons nou van God kry!

Maar as jy jou oorgee aan die STROOM van GOD deur die tyd maak dit jou ook liberaal... vry! Vry omdat die verlede jou nie bind nie maar inspireer om die groot wonderlike beloofde land in te trek... al is dit so uitdagend!

Page 8: api.ning.comapi.ning.com/.../Lynnwood20130106_DEUTR1_verlede_to…  · Web viewWat jy ookal doen of beplan plas God in jou formule! Die somme werk dan ... God is deel van die Groot

Die vryheid om jou oor die te Gee aan die Stroom van God maak jou los van eie agendas en selfbelang. Jy is net aan God verbind, nie aan ‘n vergrote selfbeeld of ‘n verkleinde selfbeeld nie. Die vryheid is fenomenaal omdat dit jou met die energie van die verlede en droom van die toekoms vry maak om NOU HIER te leef in God se krag.

Ek nooi jou om ELKE DAG by die Stroom van GOD se vloei te sit:

Mediteer, oordink en Internaliseer God se pad met jou... Hoor sy droom vri die toekoms en gee jou ego-loos oor aan die stroom van God in 2013! Leef!

Sit jou voete vertrouend in die Stroom van God om die beloofde land in 2013 in te neem!

AMEN

Page 9: api.ning.comapi.ning.com/.../Lynnwood20130106_DEUTR1_verlede_to…  · Web viewWat jy ookal doen of beplan plas God in jou formule! Die somme werk dan ... God is deel van die Groot

1. Rameses Israel was thrust out of Egypt (Ex. 12; Num. 33:5).

2. Succoth After the Hebrews left this first campsite, the Lord attended them in a cloud by day and in a pillar of fire by night (Ex. 13:20-22). 3. Pi-hahiroth Israel passed through the Red Sea (Ex. 14; Num. 33:8). 4. Marah The Lord healed the waters of Marah (Ex. 15:23-26). 5. Elim Israel camped by 12 springs (Ex. 15:27). 6. Wilderness of Sin The Lord sent manna and quail to feed Israel (Ex. 16). 7. Rephidim Israel fought with Amalek (Ex. 17:8-16). 8. Mount Sinai (Mount Horeb or Jebel Musa) The Lord revealed the Ten Commandments (Ex. 19-20). 9. Sinai Wilderness Israel constructed the tabernacle (Ex. 25-30). 10. Wilderness Camps Seventy elders were called to help Moses govern the people (Num. 11:16-17). 11. Ezion-geber Israel passed through the lands of Esau and Ammon in peace (Deut. 2). 12. Kadesh-barnea Moses sent spies into the promised land; Israel rebelled and failed to enter the land; Kadesh served as the main camp of Israel for many years (Num. 13:1-3, 17-33; 14; 32:8; Deut. 2:14). 13. Eastern Wilderness Israel avoided conflict with Edom and Moab (Num. 20:14-21; 22-24). 14. Arnon River Israel destroyed the Canaanites who fought against them (Deut. 2:24-37). 15. Mount Nebo Moses viewed the promised land (Deut. 34:1-4). Moses delivered his last three sermons (Deut. 1-32). 16. Plains of Moab The Lord told Israel to divide the land and dispossess the inhabitants (Num. 33:50-56). 17. Jordan River Israel crossed the Jordan River on dry ground. Near Gilgal, stones from the bottom of the Jordan River were placed as a monument of Jordan’s waters being divided (Josh. 3-5). 18. Jericho The children of Israel possessed and destroyed the city (Josh. 6).