api.ning.comapi.ning.com/.../lynnwood20180701_matt5_hemel_op_aarde.docx  · web view- sagmoediges...

15
LITURGIE 1 Julie 2018: Koninkryk van die Hemel op Aarde Matt 5:1-12 (Doop) Vooraf: Xtra Tafel vir Kerse, Doopkaartjies, een groot kers Musiek vooraf: Ligte atmosfeer asb Votum: Matt 5. Elke sin begin in Grieks met die woord Makarios waaroor ons later in meer detail sal nadink. Die kern daarvan is dat God seën tot vervulling van mense. Daarom vertaal sommige met geseënd/blessed en ander met gelukkig. STILTE 3 “Geseënd en gelukkig is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. 4 Geseënd en gelukkig is dié wat treur, want hulle sal vertroos word. 5 Geseënd en gelukkig is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang. 6 Geseënd en gelukkig is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word. 7 Geseënd en gelukkig is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word. 8 Geseënd en gelukkig is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien. 9 Geseënd en gelukkig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word. 10 Geseënd en gelukkig is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. 11 “Geseënd en gelukkig is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. 12 Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.” Seëngroet: Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees, deur julle kennis van God en van Jesus ons Here deur die werk van die Heilige Gees!

Upload: buikhuong

Post on 02-Nov-2018

220 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: api.ning.comapi.ning.com/.../Lynnwood20180701_Matt5_Hemel_op_aarde.docx  · Web view- Sagmoediges erf nou die nuwe aarde; nie die arrogante en self voldanes nie! - Mense wat die

LITURGIE 1 Julie 2018: Koninkryk van die Hemel op Aarde Matt 5:1-12 (Doop)

Vooraf: Xtra Tafel vir Kerse, Doopkaartjies, een groot kers

Musiek vooraf: Ligte atmosfeer asb

Votum: Matt 5. Elke sin begin in Grieks met die woord Makarios waaroor ons later in meer detail sal nadink. Die kern daarvan is dat God seën tot vervulling van mense. Daarom vertaal sommige met geseënd/blessed en ander met gelukkig.

STILTE

3 “Geseënd en gelukkig is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. 4 Geseënd en gelukkig is dié wat treur, want hulle sal vertroos word. 5 Geseënd en gelukkig is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang. 6 Geseënd en gelukkig is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word. 7 Geseënd en gelukkig is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word. 8 Geseënd en gelukkig is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien. 9 Geseënd en gelukkig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word. 10 Geseënd en gelukkig is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. 11 “Geseënd en gelukkig is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. 12 Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.”

Seëngroet:

Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees, deur julle kennis van God en van Jesus ons Heredeur die werk van die Heilige Gees!

Loflied

Lied 464: 1,2,3 O Heer my God

Agnus Dei

DOOP

Nooi ouers vorentoe: (Ook boetie/sussie)(Colin en Elani) Barnard - Calvin Barnard, Boetie: Christopher(Wihann en Marli) Joubert – Katryn Joubert, Sussie: Lena(Wikus en Inge-Marie) Kleynhans – Amelie Kleynhans, Sussie: Kate (Francois en Liesl) Visagie – Ansophie Visagie, Sussie: Emma(Christo en Ilana) Zietsman - Dihan Zietsman , Boetie Lean

Page 2: api.ning.comapi.ning.com/.../Lynnwood20180701_Matt5_Hemel_op_aarde.docx  · Web view- Sagmoediges erf nou die nuwe aarde; nie die arrogante en self voldanes nie! - Mense wat die

Formulier: Bl 50 Gebedeboek en liturgiese

Kinders inbring

Lied by inbring van kinders 292:1

Doop bedien, Gebed, Kerse

Kinders uitneem

Lied by uitneem van kinders 292:2

SKRIFLESING aankondig Matt 5:1-12

GEBED: Bl 373 Groot Gebedeboek

Lied na die Gebed: Kelklied (Vorm van die lirieke maak ‘n kelk): LIED 271:2

2Heil'ge Jesus, hoor my bede:Hervorm my hart, my krag, my rede;

maak my al meer u beeld gelyk.Vorm my wil en ook my wandel,dat in my denke, spreke, handel

in alles slegs u beeld sal blyk.Herskep opnuut, o Heer,

my lewe tot u eer.Heil'ge Jesus,o heilig my,wil U my lei

om my geheel aan U te wy.

SKRIFLESING aankondig Matt 5:1-12 Direkte Vertaling

Matt 5 is Jesus se eerste “boodskap” nadat Hy sy dissiples geroep het. Hierdie deel in is die gedeelte wat die meeste aangehaal is die vroee kerk tot en met 323 n.C! Dus het hierdie gedeelte ‘n baie groot impakgehad op die eerste Christene.

Page 3: api.ning.comapi.ning.com/.../Lynnwood20180701_Matt5_Hemel_op_aarde.docx  · Web view- Sagmoediges erf nou die nuwe aarde; nie die arrogante en self voldanes nie! - Mense wat die

PREEK:

Page 4: api.ning.comapi.ning.com/.../Lynnwood20180701_Matt5_Hemel_op_aarde.docx  · Web view- Sagmoediges erf nou die nuwe aarde; nie die arrogante en self voldanes nie! - Mense wat die

PREEK

So paar maande gelede het ek ‘n lesing gaan bywoon van iemand wat oor spiritualiteit gepraat het. Hy het ‘n metafoor gebruik as basis vir sy aanbieding. Kry die prentjie van ‘n stad met ‘n berg in gedagte. Hoog op die toppie van die berg is diè wat geestelike verligting beleef het. Volgens die spreker was dit persone soos Jesus en Boeddha. Onder in die dorpie het meeste mense gebly. Hulle was ver van verligting af en het in ‘n vorm van duisternis of verblinding gewoon. Maar gelukkig was daar halfpad met die berg op ‘n groepie geestelikes wat die na bo al halfpad geloop het. Hulle het vir die mense van die stad die pad na “bo” gewys. Natuurlik het die spreker sy eie posisie weggegee as hy soms die woord “ons” gebruik as hy na die geestelikes verwys het wat hierdie rol van geestelike begeleiers vervul.

Hierdie beeld het my baie gepla. Die Godsbeeld daarvan, die plek en rol van geestelike begeleier en veral die posisie en identiteit van die mense in die stad.

Maar ek het met tyd besef dat baie mense vandag dieselfde beeld en ervaring van hulle spiritualiteit het as wat die spreker gehad het. Sommige beleef ‘n groot afstand tussen hulle en God. Dit voel selfs donker hier in die stad. Een van die redes dat baie mense so afstand beleef is omdat hulle nie baie geestelike rituele uitvoer en aan baie geestelike vereistes voldoen om ten minste te vorder op die pad na die geestelike guru’s toe nie. Baie mense het selfs ‘n groot skuldgevoel oor hulle geestelike armoede. Soms loop mense dan met groot verwagting agter die geestelike leiers aan om darem voormakie van die geestelike te kan ervaar. Diè geestelikes word verhoog en amper aanbid omdat dit hulle nou sigbaar die enigste kontak met die geestelike is. Natuurlik kan geestelikes die arme stadsbewoners maklik mislei en misbruik want hulle het iets wat die ander nie het nie. . Van volgelinge word verwag om baie op te dok itv tyd, geld, rituele en offers om by God te probeer uitkom. Maar God bly steeds ver van die stadsmense af...

In Mattheus word vertel dat ‘n groot skare wat Jesus gevolg het. Hy het die skare aan die voet van die berg gelaat en het toe saam met sy naaste volgelinge die berg opgeklim en hulle daar begin leer. Wat hy hulle geleer het was radikaal: Jesus se KERNBOODSKAP was dat die Koninkryk van die Hemele nou naby gekom het. Iets daarvan het in Jesus reeds derugebreek en dit is on proses om meer en meer deur te breek. (reeds & nognie)

Maar dit moes in die konteks van die dag baie radikale woorde gewees het. Die Fariseërs se leiding was dat mense meer moes gee, meer moes bid, meer moes offer, meer vas, meer tempel toe moes gaan en daardeur eintlik meer van hulleself dink. Nou kom Jesus met die boodskap dat die nabyheid van die Koninkryk, die hemel op aarde, deurbreek omdat God self naby is.

Die teenwoordigheid van God is nie meer net op die berg nie, dis in die stad by die mense! Jesus draai dus die beeld van die berg en die geestelikes met die stad op sy kop deur te sê dat die koninkryk van die hemele is hier in die stad. Matteus het sy Evangelie begin deur te wys dat Jesus nou deel van die menslike geslagslyn geword het. Hy is in ‘n stal gebore, in die stad Betlehem. Hier leef, werk, woon en bedien Hy!

Page 5: api.ning.comapi.ning.com/.../Lynnwood20180701_Matt5_Hemel_op_aarde.docx  · Web view- Sagmoediges erf nou die nuwe aarde; nie die arrogante en self voldanes nie! - Mense wat die

Die sg geestelikes(Fariseërs) van destyds wat die “eintlike pad” geken het en ‘n hele paar trappe hoër as die mense van die stad was, is uit die vergelyking gehaal. God is naby sy mense! Mense hoef nie hulle pad na “bo” te vind nie, God het sy pad na hulle gevind! Die pad na Hom is nie deur lang lys geestelike rituele nie maar deur God se teenwoordhigheid by hulle.

Lukas se weergawe van hierdie deel vertel die aanloop baie interessant in hoofstuk 6:17-22. Jesus kom in sy weergawe juis van die berg af en gaan staan op “’n gelykte” en leer dan die mense hierdie woorde. Jesus en sy koninkryk wat letterlik naby mense kom!

Die grootste implikasie van die Koninkryk van die Hemele wat deurgebreek het word hier in Matt 5:1-12 verder verduidelik: God seën!!! Elkeen van die saligspreuke het twee maal verwysings dat God seën en weer ‘n uitbreiding en verduideliking hoe Hy seën. Hierdie gedeelte het een kern punt wat so baie mense miskyk!

Elke vers begin met die Griekse woord “makarios”: dit word vertaal met “geseend” of “gelukkig” in volle sin van die woord! Wat beteken dit om geseën te word? (uit die Theological Dictionary of the New Testament).

1 In antieke Griekse tye het makarios na die gode verwys. Die geseëndes was die gode. Hulle het 'n toestand van geluk en tevredenheid in die lewe behaal wat verby alle sorge, arbeid en selfs die dood was. Die geseëndes was wesens wat in 'n ander wêreld gewoon het, weg van die sorge en probleme en bekommernisse van gewone mense. Om geseën te word, moes jy 'n god wees.

2 Makarios het 'n tweede betekenis gehad. Dit verwys na die "dood". Die geseënde mense was mense wat deur die dood die ander wêreld van die gode bereik het. Hulle was nou buite vry van lyding, probleme en bekommernisse van die aardse lewe. Om geseënd te wees, moes jy dood wees. Dit is die oorsprong van die verskillende heilige dae - hulle word onthou op die datums van hul dood.

3 Ten slotte het Makarios in Griekse gebruik verwys na die elite, die boonste kors van die samelewing, die rykes. Dit het verwys na mense wie se rykdom en mag hulle bo die normale sorge, probleme en bekommernisse van die kleiner mense -wat voortdurend sukkel en bekommerd en in die lewe staar – te plaas. Om geseën te word, moes jy baie ryk en kragtig wees.

4 Toe hierdie woord makarios in die Griekse vertaling van die Ou Testament gebruik word, het dit 'n ander betekenis aangeneem. Dit verwys na die resultate van die regte lewe of geregtigheid. As jy reg geleef het, was jy geseënd. Om geseën te wees het beteken dat jy aardse, materiële dinge ontvang het: 'n goeie vrou, baie kinders, volop gewasse, rykdom, eer, wysheid, skoonheid, goeie gesondheid, ens. 'N Geseende persoon het meer dinge en beter dinge as 'n gewone mens gehad. Om geseënd te wees, moes groot en pragtige dinge hê.

DUS In al hierdie betekenisse het die "geseënde" mense in 'n hoër vlak as die res van ons gewoon. Hulle was gode. Hulle was mense wat na die wêreld van die gode gegaan het. Hulle

Page 6: api.ning.comapi.ning.com/.../Lynnwood20180701_Matt5_Hemel_op_aarde.docx  · Web view- Sagmoediges erf nou die nuwe aarde; nie die arrogante en self voldanes nie! - Mense wat die

was die ryk, boonste kors. Hulle was diegene met baie besittings. Die geseëndes was daardie mense en wesens wat bo die normale sorg, probleme en bekommernisse van normale mense geleef het.

>>> Matteus (wat Jesus se gedagtes weerspieël) gebruik hierdie woord op 'n unieke manier. Dit is nie die elite wat geseënd is nie. Dit is nie die rykes en magtiges wat geseën word nie. Dit is nie die hoë en magtige wat geseënd is nie. Dit is nie die mense wat in groot huise of duur penthouses woon wat geseën word nie. In plaas daarvan verklaar Jesus God se seëninge op die nederige: die arme, die hongerige, die dorstige, die sagmoedige, die wat rou. Gedurende die geskiedenis van hierdie woord was dit altyd die ander mense wat as geseënd beskou is: die rykes, die volgelinge, die magtiges. Jesus draai dit alles onderstebo. Die elite in God se koninkryk, die geseëndes in God se koninkryk, is diegene wat onderaan die hoop van die mensdom is.

Dit is die Evangelie! Evangelie beteken Blye Boodskap of Goeie Nuus! ‘n Belangrike deel van die betekenins van die woord makarios is “gelukkig”! Sommige vertaling gebruik selfs die woord “happy”. Dit verwys na ‘n diep vreugde te midde van omstandighede. Geseënd deur God tot ‘n diep vervulling!

Nou kan mens vra, ja dit klink mooi, maar hoekom sien ons nie die Koninkryk en die seën nie?

'n ou Joodse verhaal help dalk: Die ou Rabbi het gesê: "In die ou dae was daar mense wat die aangesig van God gesien het." 'Hoekom doen hulle nie meer nie?' 'n jong student gevra. "Omdat niemand deesdae so laag buk nie," het hy geantwoord.

Geen wonder mense sien God nie... Die meeste van ons spandeer 'n goeie deel van ons lewens om onsself hoër op te trek. Ons wil hoog in die samelewing loop, nie laag nie. Maar volgens hierdie rabbi is dit die nederige - die wat laag gebuig het - wat die aangesig van God sien. Volgens Jesus in die saligsprekinge, is dit die nederige - diegene wat laag gebuig is - wat God se seën ervaar.

HOE BREEK DIE KONINKRYK DEUR EN ONTVANG MENSE DIE SEËN?- Diè wat afhanklik is, of arm van gees. Hulle ontvang nou die koninkryk van die hemele. Die letterlike woord is “bedelaar” van die gees. Hulle ontvang die grootste geskenk ooit! - Mense wat treur word geseëndes genoem! Want hulle word vetroos.- Sagmoediges erf nou die nuwe aarde; nie die arrogante en self voldanes nie!- Mense wat die wil van God doen deur te doen wat reg is. Hulle is honger dat reg en geregtigheid geskied en word so versadig dat hulle ‘n diep vorm van vervulling ervaar.- Mense wat medelye betoon en saam ly aan die swaarkry van ander, ontvang nou God se medeleye en deernis. Genadige mense ontvang genade van God!- Gelowiges wat aan die binnekant nuutgeword het, wat self nou God in die wêreld sien!- Vredemakers word nou kinders van God genoem! Dit was woorde wat in die koteks van die tyd besonder hoë status is.- Gelowiges wat swaarkry omdat hulle hulle verbintenis met God ernstig opneem, hoor ook dat die koninkryk van die hemele aan hulle behoort! Dit bring ‘n onuitspreeklike vreugde en blydskap.

Page 7: api.ning.comapi.ning.com/.../Lynnwood20180701_Matt5_Hemel_op_aarde.docx  · Web view- Sagmoediges erf nou die nuwe aarde; nie die arrogante en self voldanes nie! - Mense wat die

Hier is ‘n seëntoesegging aan mense aan wie dit normaalweg nie toegesê sou word nie! Vir gesindhede wat mense nie noodwendig aan seën verbind nie. Die koninkryk van God word sigbaar op plekke waar jy dit nie verwag nie! Dit lyk soms selfs na omgekeerde logika oor wie die geseëndes en gelukkiges is! Dis hoekom baie mense nie die koninkryk van God sien deurbreek nie en hoekom baie nie oop is vri die seen wat reeds tot hulle beskikking beskikbaar is nie.

Pous Johannes Paulus II het in 2000 met tieners gepraat oor die Christenskap and die moderne kultuur:"Modern culture says, 'Blessed are the proud.' Jesus said, 'Blessed are the poor in spirit.' Culture says, 'Blessed are the pitiless.' Jesus said, 'Blessed are the merciful.' Culture says, 'Blessed are the devious.' Jesus said, 'Blessed are the pure in heart.' Culture says, 'Blessed are those who fight.' Jesus said, 'Blessed are the peacemakers.' Culture says, 'Blessed are the prosecutors.' Jesus said, 'Blessed are the persecuted.'"

Ek wonder of ons besef wat die onderliggende filosofie daaronder is wat die idee van meer dryf? Dit is gebaseer op die onrealististiese idee van ‘n ideaal waarin jy meer gelukkig, meer gesond, meer ryk en beter as die res moet wees. Slimmer, Ryker, Vinniger, Mooier, Sexier, Bekender, Meer populêr, Meer in, Meer produktief, meer gelukkig, meer gesond, meer perfek....

Iemand het die oorheersende wêreldfilosofie in terme van Matt 5 so verwoord:Blessed are the self-confident because they rule the world.... (*sal God nie nodig he/sien)Blessed are positive-thinkers because they don’t need anybody’s comfort. *Blessed are the cocky and assertive because they get what they want. *Blessed are those who hunger for fame because they get reality TV shows. *Blessed are the vengeful because they get respect.*Blessed are the impure, pleasure-seekers because they see a good time. *Blessed are those who beat their opponents because the victors write the history books. *Blessed are the popular because everybody loves them. *

MAAR Geseëndes van die Koninkryk erken hulle eie tekortkominge en afhanklikheid. Die geseëndes is mense wat eerlik is oor die pyn en broosheid. Geseëndes is sagmoedig, sonder arrogansie wat hulleself bo ander verhef. Geseënde wat ander se pyn raaksien en die regte ding kan doen wat God van hulle verwag.Geseëndes probeer mense bymekaar uitbring en vrede maak.

Kan jy sien dat die lyn van gesonde spiritualiteit gaan af nie op nie?

Jesus het 'n nuwe en radikale verstaan van die verhouding met die Hemelse Vader gebring. Jesus het gepreek oor 'n liefdevolle God wat "elkeen" liefhet, nie net godsdienstige professionele persone nie. Geloof was nie meer 'n wettige kode van beperkte gedrag nie, maar 'n lewende verhouding wat seën belowe het.

Page 8: api.ning.comapi.ning.com/.../Lynnwood20180701_Matt5_Hemel_op_aarde.docx  · Web view- Sagmoediges erf nou die nuwe aarde; nie die arrogante en self voldanes nie! - Mense wat die

Hierdie gedeelte het ‘n baie unieke etiek. Die gemeenskap wat homself deur die Here geseën het, bly nie passief nie, maar tree op in ooreenstemming met die reeds teenwoordige en en komende koninkryk van GOD.

Dit verander die waardes en optrede van die burgers van die Koninkryk:

>>>> Om die lewensryk te wil wees - Wees arm van gees/afhanklik van God! (ontvang dan die koninkryk van van die hemele)>>>> Om Gelukkig te wees, treur oor die rou swaarkry in ju eie and ander se lewens>>>> Om die hele aarde te verwerf, wees diep nederig en sagmoedig!>>>> Om self geestelik versagdig te word, wees hanger om ander se regte te beskerm.>>>> Liefde en meelewingte ontvang, gee dit! Gee weg om te ontvang!>>>> Om God te sien, wees self deursisgtig, met innerlike egtheid. (rein hart)>>>> Om self vrede met God te kry, laat mense vrede met mekaar vind!>>>> Hemel op aarde as ander dit vir jou hel op aarde maak omdat jy God se hart volg!

Alles verander as jy aanvaar dat die lewe is nie so eenvoudig nie...• Die lewe is moeilik >>> As daar probleeme oor jou lewe kom, is dit nie teken dat God nie meer seën nie!• Die lewe is soms hartseer.• Daar gaan hierdie jaar met jou waarskynlik goed gebeur wat vir jou moeilik is• Jy gaan nooit by die ideaal uitkom waar jy so perfek lyk, so perfek optree en so perfekte lewe het dat jy immuun is teen die moeilike van die lewe nie.

Jy gaan net gelukkig wees as jy die geheim van die Jesus se saligsprekinge ontdek:o Geluk lê in die afhanklikheid >>> Daardeur vloei die seën van Koninkryk na jou toe.o In eerlik treur>>> Daardeur vloei die seën van Koninkryk na jou toe.o In die omgee en genade gee >>> Daardeur vloei die seën van Koninkryk na jou toe.o In die vrede maak >>> Daardeur vloei die seën van Koninkryk na jou toe.o sagmoedigheid en bereidheid om te ly... Daarmee gaan die sluise van seën oop!

SIEN God te midde van die onvolmaaktheid en uitdagings van die lewe.

SLOT: Ek sluit af met die lees van die The Message vertaling: Opskrif >>> You’re Blessed

5 1-2 When Jesus saw his ministry drawing huge crowds, he climbed a hillside. Those who were apprenticed to him, the committed, climbed with him. Arriving at a quiet place, he sat down and taught his climbing companions. This is what he said:

3 “You’re blessed when you’re at the end of your rope. With less of you, there is more of God and his rule.

4 “You’re blessed when you feel you’ve lost what is most dear to you. Only then can you be embraced by the One most dear to you.

5 “You’re blessed when you’re content with just who you are—no more, no less. That’s the moment you find yourselves proud owners of everything that can’t be bought.

Page 9: api.ning.comapi.ning.com/.../Lynnwood20180701_Matt5_Hemel_op_aarde.docx  · Web view- Sagmoediges erf nou die nuwe aarde; nie die arrogante en self voldanes nie! - Mense wat die

6 “You’re blessed when you’ve worked up a good appetite for God. He’s food and drink in the best meal you’ll ever eat.

7 “You’re blessed when you care. At the moment of being ‘care-full,’ you find yourselves cared for.

8 “You’re blessed when you get your inside world—your mind and heart—put right. Then you can see God in the outside world.

9 “You’re blessed when you can show people how to cooperate instead of compete or fight. That’s when you discover who you really are, and your place in God’s family.

10 “You’re blessed when your commitment to God provokes persecution. The persecution drives you even deeper into God’s kingdom.

11-12 “Not only that—count yourselves blessed every time people put you down or throw you out or speak lies about you to discredit me. What it means is that the truth is too close for comfort and they are uncomfortable.You can be glad when that happens—give a cheer, even!—for though they don’t like it, I do! And all heaven applauds. And know that you are in good company. My prophets and witnesses have always gotten into this kind of trouble

GEBED: Bl 275 Groot Gebedeboek

Lied 266: Ons Vader

DANKOFFERS

- Aankondigings: Fay SABC2 8 Julie Issues of Faith 9:00 Ikonografie, AACC 120 mil Xte van Afrika in Rowanda, Kerkbode artikel; Winderfees - Gesprek van *Geereg, Caritas

Slotlied

LIED 280:1,2

Seën Jy is 'n geseënde! - Johan Geyser 2015

Die Here seën jou met ’n diepe bewussyn van sy grootheid, sy goedheid en sy teenwoordigheid in jou lewe.Die Here seën jou met ’n nuwe bewussyn van wie jý is. Jy is sy geliefde. Jy is so belangrik vir Hom dat jy gedurigdeur in sy gedagtes is en Hy het ’n unieke taak vir jou.Die Here seën jou innerlike mens. Hy seën jou denke sodat jy nugter kan wees, insig kan hê, met ’n groot verbeelding kan leef en vry kan wees van die afbrekende, negatiewe, destruktiewe gedagtes waarin jy so maklik kan vasval.

Page 10: api.ning.comapi.ning.com/.../Lynnwood20180701_Matt5_Hemel_op_aarde.docx  · Web view- Sagmoediges erf nou die nuwe aarde; nie die arrogante en self voldanes nie! - Mense wat die

Die Here seën jou intuïsie sodat jy kan agterkom wat aan die gang is wanneer jy nie oor al die feite beskik nie.Die Here seën jou geheue sodat as jy terugdink aan die verlede, jy vervul word met dankbaarheid oor die goedheid van God, en as jy nou daarna kyk, het selfs die moeilike, slegte, bose goed in jou verlede iets goeds in jou lewe voortgebring.Die Here seën jou emosies met ’n diep, onverklaarbare blydskap. Hy seën jou met vrede selfs as die donker nag van die siel jou pad langs kom.Die Here seën jou wil dat jy werklik vry is van wat jou bind sodat jy te kan kies.Die Here seën jou liggaam met energie, met heling en ook met selfbeheersing om te weet hoe om daardie energie te bewaar en te bestuur.Die Here seën jou verhoudings... jou verhouding met jou lewensmaat, jou gesin, jou familie, vriende, vreemdes en met die community waarin jy leef, jou verhoudings by die werk. Die Here seën jou met liefde in daardie verhoudings sodat jy kan gee en kan ontvang.Die Here seën jou selfs met daardie moeilike mense in jou lewe, dat jy hulle kan verdra en aanvaar, dat jy lankmoedig kan wees en ook die goeie en die mooi in hul lewens kan raaksien.Die Here seën jou met verwondering en met ’n groot bewondering vir die hele skepping en die natuur. Hy seën jou met ’n diepe bewussyn van hoe jou lewe verweef is in hierdie hele skepping. Jy kyk met nuwe oë na rotse, na die grond, plante, bome, insekte, diere, ander mense, na alles wat Hy geskape en wat Hy gemaak het. Hy verbind jou diep met sy skepping.Die Here seën jou met ’n diep, innige meegevoel vir hierdie wêreld, vir die pyn wat daar is. Hy gee vir jou ’n meegevoel wat jou omkrap, selfs kwaadmaak vir die onreg in hierdie wêreld.Die Here seën jou met hoop dat jy na die toekoms kan kyk en die koninkryk van God kan verwag.Die Here seën jou, Hy lê sy hand op jou, Hy laat sy lig oor jou skyn, Hy gee aan jou sy genade.Jy is ’n geseënde... in die naam van Jesus!Amen

Sing : LIED 314 Amen 3x

Naspel