api.ning.comidq-pk…  · web view* as dit stil word en jy oor jou lewe nadink dan dink mense...

14
LITURGIE LYNNWOOD 15/2/2017 Gelukbringers Jes 61 VERTEL aan mekaar: Hoogtepunt van vakansietyd. Wie was “Gelukbringers” die vakansie? WELKOM: Lees St George’s Katedraal Plakkaat by die ingang Votum: (Sefanja 3:16 -17) Die Here jou God is by jou, .... Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou! Seëngroet: Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees deurdat julle God die Vader leer ken, en Jesus Christus deur die kragtige vernuwende werk van die Heilige Gees. SANG * LB 200: 1,2,3 U goedheid Heer * LB 450:1,2 en Engels 1x Vader Seun HG KINDERMOMENT Gelukbringers: Noem die gelukbringer wat op die bord sien... Wat is ‘n gelukbringer? Aansteeklike lag video: gelukbringer Gemeente se embleem: God bring geluk (Vader Seun en Gees) GEBED:

Upload: lamnhi

Post on 13-Mar-2018

216 views

Category:

Documents


3 download

TRANSCRIPT

Page 1: api.ning.comIDQ-PK…  · Web view* As dit stil word en jy oor jou lewe nadink dan dink mense meestal net oor dit wat fout is en dit wat nie reg is nie

LITURGIE LYNNWOOD 15/2/2017 Gelukbringers Jes 61

VERTEL aan mekaar:

Hoogtepunt van vakansietyd. Wie was “Gelukbringers” die vakansie?

WELKOM: Lees St George’s Katedraal Plakkaat by die ingang

Votum: (Sefanja 3:16 -17)

Die Here jou God is by jou, .... Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou!

Seëngroet:

Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed weesdeurdat julle God die Vader leer ken,en Jesus Christus deur die kragtige vernuwende werk van die Heilige Gees.

SANG* LB 200: 1,2,3 U goedheid Heer* LB 450:1,2 en Engels 1x Vader Seun HG

KINDERMOMENT

Gelukbringers:

Noem die gelukbringer wat op die bord sien...

Wat is ‘n gelukbringer?

Aansteeklike lag video: gelukbringer

Gemeente se embleem: God bring geluk (Vader Seun en Gees)

GEBED:

Jaar lê voor ons, onseker, God gee geluk te midde van, Maak van ons gelukbringers!

SKRIFLESING (eers net aankondig)

* Teks: Jesaja 61:1-7 en Later Luk 4

SANG:

* LB 258:1,2 Vreugdevolle Tyding

Page 2: api.ning.comIDQ-PK…  · Web view* As dit stil word en jy oor jou lewe nadink dan dink mense meestal net oor dit wat fout is en dit wat nie reg is nie
Page 3: api.ning.comIDQ-PK…  · Web view* As dit stil word en jy oor jou lewe nadink dan dink mense meestal net oor dit wat fout is en dit wat nie reg is nie

SKRIFLESING (eers net aankondig)

* Teks: Jesaja 61:1-7

PREEK

Gebed:

Lees riglyne vir Dankbaarheid: Rom 12..

STILTE SANG: LB 530:1,2 Praat ek mense Eng’le tale

Spaanse Geloofsbelydenis

Opneem van offergawes

AANKONDIGINGS:

+++ Kleingroepe proses & Kleuterkerk*** NB: SNR Kategese! Jakkie vertel

Slotsang:

Slotlied: LB 488:1,2,3,5 Helder Skyn ons lig vir die Nasies

Seën: (’n ou Fransiskaanse seën).

Mag die Here jou seën met ongemak oor maklike antwoorde,halwe waarhede en oppervlakkige verhoudingssodat jy uit die diepte van jou hart kan leef.

Mag die Here jou seën met woede oor onreg,onderdrukking en die uitbuiting van mensesodat jy kan werk vir geregtigheid, vryheid en vrede.

Mag die Here jou seën met trane om te stort vir mensewat pyn, verwerping, honger en oorlog ervaarsodat jy ’n hand kan uitreik en hulle pyn in blydskap verander.

En mag God jou seën met genoeg dwaasheid om te glodat jy ’n verskil in die wêreld kan maaksodat jy dinge sal kan doen wat ander mense dink nie gedoen kan word nie

Na die seën: LB 314 Amen

NASPEL

Page 4: api.ning.comIDQ-PK…  · Web view* As dit stil word en jy oor jou lewe nadink dan dink mense meestal net oor dit wat fout is en dit wat nie reg is nie

PREEK:

Hierdie wêreld het ‘n drastiese tekort aan goeie nuus!

* Die media is meestal weergawe van die slegte nuus van dinge wat gebeur het. Hulle sal vertel van een onderwyser wat ‘n slegte ding gedoen het om en ‘n kind se lewe erg benadeel het, maar van van die honderde duisende onderwysers wat dag vir dag kreatiewe dinge vorme van klasgee het en kinders se lewens verander word niks berig nie. Ons lees van die plekke waar dit droog is en mens mense swaar kry, maar hoor niks van al die plekke waar dit goed reën en boere floreer nie.* In koffiewinkels, speelgronde en werksetes bespreek ons meesal alles wat fout is in die land, politiek, sport, in die skool, in die maatskappy.* As dit stil word en jy oor jou lewe nadink dan dink mense meestal net oor dit wat fout is en dit wat nie reg is nie.

Ek as mense se lewens situasie nog ook uitdagend en swaar is, is dit asof mense net die probleme en pyn en hartseer kan sien...

Hierdie wêreld het ‘n drastiese tekort aan goeie nuus!

Dis ook nie net hierdie wêreld wat ‘n tekort aan goeie nuus het nie...

Jesaja 61 is geskryf aan Jode wat klaar uit die ballingskap uit Babilon na hul eie land teruggekeer het. Hulle het so uitgesien na die toekoms in hul eie land, maar spoedig was die meeste van hulle in situasies van verarming en ellende. Baie van die bewerkbare grond was klaar in die hande van ander mense wat daar inbeweeg het in die sewentig jaar of meer wat hulle in ballingskap was. Daar was sprinkaanplae, daar was misoeste. Baie van hierdie mense moes net om te oorleef hul wingerde en huise verpand, selfs hul kinders as slawe aan ryk landgenote gee, hulle was ekonomies geruïneer en dit het net gelyk of hulle nooit weer sou kon ontsnap aan hierdie wurggreep van skuld en armoede nie. Die kern is- mense wat nie in beheer was van hul eie toekoms nie- ander het oor hulle besluit en hulle het gevoel of hulle uitgelewer was aan omstandighede. Die woord wat gebruik word is anawim: “brokenhearted!”

Daar was net slegte nuus!!!

Maar die Here het ‘n ander droom vir sy mense. Daar is Goeie Nuus wat gehoor moet word!

Die Here roep die profeet Jesaja om die Goeie Nuus te bring. Dit is ‘n Goddelike roeping want God het ‘n boodskap op die hart wat mense moet hoor.

Maar voordat Jesaja die Boodskap kan bring word hy toegerus.. en wat is die toerusting? Die Gees van God is op hom! Hy ontvang krag van Bo om sy opdrag uit te voer. Hierdie word dan ook ‘n salwing deur die Here self! God maak hom bekwaam. God rus hom toe en God stuur!

Die krag kom nie uit homself nie maar word deur God aan hom gegee!

Page 5: api.ning.comIDQ-PK…  · Web view* As dit stil word en jy oor jou lewe nadink dan dink mense meestal net oor dit wat fout is en dit wat nie reg is nie

Daar is dus ‘n kombinasie: salwing, Geestoerusting en legitimasie loop saam. Die woorde dui op baie sterk koninklike trekke...wat hy ontvang.

Jesaja word gestuur na die mense in diep nood: let op dis meer as net fisiese nood; daar is ook emosionele nood: moedeloses, geestelik gebonde mense deur skuld ensv...

OPDRAG: OM BLYE BOODSKAP TE VERKONDIG!!! Boodskap: GOD WEET VAN JULLE!

Daar is beloftes met ‘n goddelike oorsprong. Dus het die boodskap krag en effek want dis uit God gebore. Die Blye Boodskap staan in skerp kontras met die situasie, ervaringe en omstandighede waarin dit gehoor word.

God se tyd van genade het aangebreek: Jubeljaar het aangebreek!! Genadejaar..Jubeljaar elke 50 jaar moes wees: Dan is alle Joodse slawe vrygelaat, alle skuld is gekanselleer, grond het teruggegaan na die oorspronklike eienaars toe en die grond het vir daardie jaar gerus. ‘n Tyd van rus en vrede en Shalom: oorkoepelende, alomvattende vrede!

Die effek van die BLYE BOODSKAP is die opbeur van moedeloses, hartseer mense word getroos, vryheid vir die gebondenes... Nie om vas te byt deur als, maar dat hartseer sal ophou. Gevangenes word hier volgens Westermann gefokus op gevangenes in skuld. Skuld word vergewe! Die Here verklaar sy Koningskap oor alles. Skielik is dit nie meer net Profeet wat GELUKBRINGER is nie!!! DIE HELE VOLK word jou die BOODSKAP DRAERS!!!

Die BOODKSKAP van die Profeet bewerk radikale veranderinge in die mense en die omstandighede. Soos die persoon wat lag en ander aansteek, steek dit Boodskap die volk nou aan om te Goeie Nuus te bring:

* Volk kry nuwe name: Bome van Redding, Priesters van die Here, Dienaars van ons God.>>> GELUKBRINGER! GOEIE NUUS BRINGER!* Sien hoe die gemeenskap nou nuut word! Daar is ‘n sigbare manifestasie van God se nuwe wêreld.* Wat afgebreek is oor geslagte word letterlik weer opgebou en nuut gemaak! Ruïnes word weer herbou.* Die priesterskap van Israel word herstel: word weer bemiddelaar van God na die nasies!Die volk dien God en dien die gemeenskap. Deur hulle is God teenwoordig in die gemeenskap!* Goddelike reg word herstel. Hulle laat geregtigheid geskied* Goddelike seën herstel sodat hulle ander daarmee kan seën! * Mense sal in Israel God raaksien deur die seën wat God gee. Hulle word as volk van die Here geken!

Page 6: api.ning.comIDQ-PK…  · Web view* As dit stil word en jy oor jou lewe nadink dan dink mense meestal net oor dit wat fout is en dit wat nie reg is nie

God se trou is soos gras wat nie verdor nie. Ten spyte van wanhoop aan hoop vashou.Die volk het nou krag en energie om aan God se nuwe wêreld te bou!

Geen wonder nie; die Profeet eindig met wonderlike stuk lofprysing aan einde. Lof simbole van totale nuwe feestelike wonder-bare bedeling!!! Agv boodskap van vryheid, seën en ondersteuning. God doen ingryping, God gee krag om die werk te doen.

Kyk hoe beskryf hy sy identiteit en vreugde: Soos ’n bruidegom met ‘n priesterskroon!Vers 10 begin met die woorde "Ek is baie bly..” Brueggemann vertaal dit in sy kommentaar met die woorde "I will greatly rejoice..." Diep diep vreugde wat hy nie vir homself hou nie maar uitdeel. Hy bedien mense met vreugde. Gelukbringer. Ook soos ‘n bruid met juwele, daar is ‘n stuk skoonheid wat God bring.In die tyd van Lukas 4 het baie mense ook uitgelewer gevoel aan ander en aan omstandighede. Hulle was onder die beheer van die Romeine in Israel en mense is maar uitgebuit met belastings en deur die Romeinse wette. Die Romeinse kultuur en gebruike is maar ook op die Jode van daardie tyd afforseer. Weer het mense gevoel ons is nie in beheer van ons eie toekoms en besluite nie- ander besluit oor ons, ons is aan hulle mag uitgelewer. Daar is basies ook net slegte nuus!

JESUS lewer sy intreepreek uit Jesaja 61..dit is ook sy roepingsteks! Maar voordat hy die Blye Boodskap bring word gesê: Die Gees van die Here is op my (vers 18). Die Here Jesus het opgetree in die krag van die Heilige Gees. Hy was afhanklik van die krag van die Gees om Hom volmaak gehoorsaam aan God se Wil te maak.

Wie is die mense wat Jesus beloof om te bevry in Lukas 4? Jesus het volgens vers 19 die genadejaar van die Here kom aankondig. Hier word gedink aan die Joodse Jubeljaar wat elke 50 jaar gekom het. Dit is opvallend dat die Here Jesus net die helfte van Jesaja 61:2 aangehaal het tot by “die jaar van die welbehae van die Here”. Die tweede deel van die sin, naamlik “en ‘n dag van die wraak van onse God” het Hy glad nie in sy preek genoem nie

Vir die meeste Jode was hierdie mense wat Jesus kom bevry het, die onnoembares- die armes, die blindes, die gevangenes, die onderdruktes. Hulle het jou ongemaklik gemaak en jy het van hulle weggebly. Hulle het onrustigheid in jou gemaklike bestaan en comfort zones ingebring. Hulle het in elk geval gelyk soos mense wat deur God gestraf en vergeet is. Jy wou verseker nie met sulke mense meng nie. Hierdie mense wat Jesus beloof het om te kom bevry was basies almal wat in nood en lyding verkeer het. Hulle wat altyd in die samelewing aan die kortste ent getrek het.

Jesus se missie laat sommige mense ongemaklik voel. En toe Hy beweer dat nie-Jode groter ruimte vir God se genade het, was dit net een te veel vir die godsdiensleiers van die Jode, hulle wat hulself beter as die armes geag het, hulle wat gedink het die genade is net vir hulle bedoel en nie vir die armes en eenvoudiges nie. As ons dit miskyk, mis ons God se genade en die doel waarvoor God Jesus na die aarde gestuur het.

Page 7: api.ning.comIDQ-PK…  · Web view* As dit stil word en jy oor jou lewe nadink dan dink mense meestal net oor dit wat fout is en dit wat nie reg is nie

JESUS word die kanaal waardeur God sy werk voltrek..JESUS Blye Boodskap: Evangelie!!! In Christus vervullend verdiep!

Jesus is Geluk-bringer want hy transformeer die persoon wat pyn en hartseer beleef! ons word nuwe mense!!! Jesus het self die pyn en lyding beleef en ons bevry sodat ons die vreugdestrome kan drink.

Jesus is Geluk-bringer Teks in NT op Jesus van toepassing gemaak!Vergifnis, vryheid, genade, goddelike liefde ..gladness of His joy!Blydskap van sy Vreugde(Geluk) Nie oppervlakkige geluk nie, maar die diep stroom van blydskap en vreugde in God!

Jesus word gestuur na die armes, gebrokenes van hart, die gevangenes, blindes op baie vlakke van menswees, onderdruktes,

2 Here transformeer Hartseer en neg. emosies: Geluk bringer! Blydskap van verlossing,

Selfs as sou vyeboom nie bot nie, steeds JUBEL en Juig in God

Geluk bringer!

Transformasie van pyn en hartseer omdat ons anders daaroor begin dink.

Paradoks van Xtelike lewe:hartseer maar steeds altyd juigend. (Gelukkig)

as sorrowful, yet always rejoicing,’ because the Joy-bringer has opened for us sources of gladness independent of externals

Transformasie van pyn en hartseer gebeur agv unieke onuitputlike bronne vra vreugde (geluk)

An accepted grief is a conquered grief; a conquered grief will very soon be a comforted grief; and a comforted grief is a joy.

TRANSFORMEERDER van Pyn en hartseer en Gewer Binger van Vreugde en Geluk!

ONS:

Hoe Jesus Sy sending of roeping na die wêreld verstaan het, het te make met hoe ons as Sy kinders en dissipels vandag ons roeping hier in die wêreld behoort te verstaan. En dit het weer alles te make met hoe ons as Sy kerk waarvan ons deel is, ons roeping verstaan. What is true of Jesus´ own calling and reason for coming to our world, should be true of our calling as His disciples today and should determine our calling as His church here on earth today

HEIDELBERGSE KATEGISMUS: SONDAG 12; Ons belydenis vra die vraag: Waarom word jy ʼn Christin genoem?

Page 8: api.ning.comIDQ-PK…  · Web view* As dit stil word en jy oor jou lewe nadink dan dink mense meestal net oor dit wat fout is en dit wat nie reg is nie

Die eenvoudige antwoord wat die belydenis dan gee, is: Omdat ek deur die geloof ʼn lid van Christus is en daardeur deel aan sy salwing het.

ONS IS SAAM MET JESUS GESALF Dit beteken dat ons saam met Hom lewe en saam met Hom werk. Ons word nie verniet Christene genoem nie! Ons is nou saam met Hom in God se diens! Ons is dus nou ook profete, priesters en konings!

* Illustrasie in die preek... lied 188 wat eers net tegnies reg uitgevoer word daarna as ek rede gee vir dankbaarheid weer speel, en dan met improvisasie werklike vrolike emosie saam.. ek wil illustreer hoe die “why” jou help met :”how”. motivering maak groot verskil.

Hoeveel te meer is dit nie waar van God se kinders en die kerk nie. Ons het dit aan die begin gesing: Sonder U Gees, kan ons nie, wil ons nie beweeg nie. Ons kan nie aan God gehoorsaam leef in eie krag nie. Net omdat by ons doop al aan ons beloof is dat God se Gees in ons sal woon en werk, kan ons God dien.

Die eintlike toets is dat lidmate toegerus word om elke dag en elke oomblik so te leef! Elke lidmaat. Daarom is uitreik aksies nodig soos oefening voor die groot wedstryd wat voorlê. Maar die eintlike wedstryd is wanneer ons in daaglikse lewe wierook is wat aangename geur versprei of nie.

>>> Sit met Vincent >> huil oor die diepe dankbaarheid en skoonheid van die moment!!! Toe Dinkie gesterf het.... Nuutgemaakte mense. Geluk bringers om hulle...

KERK

Wat sê wat Jesus kom doen het vir ons as Sy kinders en die kerk? Floyd Mc Clung skryf dat daar vir hom twee groot krississe is met die kerk wat soos ons eie op hierdie Westerse model bedryf word: Dis te Sondag- georiënteerd en te geboue- georiënteerd Ons dink kerk gebeur op Sondae en hier rondom die geboue. Ons sukkel om kerk van die Here in die week te wees. Want ons moet onthou die kerk is nie geboue of eredienste eerste nie, dis mense soos ek en jy. Ons is die kerk. Elke dag gaan die kerk skool toe en werk toe en skakel met huishulpe en tuinmanne, met jongmense en bejaardes, met siek mense en bedelaars. Die vraag is of hulle in ons optrede teenoor hulle ons as die kerk van Jesus sal herken.

NUWE REFORMASIE: 500 jr >>> REFORMISSION!!!! Mark ODriscoll

Theologian Harvey Cox calls it the Age of the Spirit. He writes: “Faith is resurgent, while dogma is dying. The spiritual, communal, and justice-seeking dimensions of Christianity are now its leading edge. . . . A religion based on subscribing to mandatory beliefs is no longer viable.” Christianity is meant to be a loving way of life now, not just a system of beliefs and requirements that people hope will earn them a later reward in heaven. There is a new appreciation for “many gifts and ministries” (1

Page 9: api.ning.comIDQ-PK…  · Web view* As dit stil word en jy oor jou lewe nadink dan dink mense meestal net oor dit wat fout is en dit wat nie reg is nie

Corinthians 12), “together making a unity in the work of service” (Ephesians 4) instead of concentrating power and knowledge in a top tier of male leadership.

Iemand skryf dissipels en die kerk van die Here behoort genadepyplyne te wees wat God se genade vervoer na die stukkendes en gebrokenes in die wêreld. Hoekom sukkel ons so om hierdie genadepyplyne van God se genade te wees?

As ons as kinders van die Here en Sy kerk nie mense in nood raaksien en help en vir hulle omgee nie, is ons nie ware dissipels van Jesus nie. Ons kerk kan net bless- gee Sondag vir mense mooi boodskappe wat hulle deur die week sal help. Maar die Here roep ons vir meer. Saam met die bless moet ons bou aan God se koninkryk in hierdie dorp om ons. Armoede is ons saak. Mense wat gebroke of verbryseld van hart is, is ons saak. Mense in die gevangenis is ons saak. Mense wat blind is: fisies en geestelik, is ons saak. Mense wat onderdruk word, is ons saak. Want dit is ons Here se saak. En volgens Lukas 4 is dit Sy hart en wat Hy kom doen het. En Hy het ons Sy Gees gegee sodat ons as Sy kinders en Sy kerk Hom daarin sal navolg.

GEMEENTE

Ons het ons gemeente se fokus vir 2017 so volg geformuleer: God maak ons gemeente ‘n 24/7 dienende gemeenskap! Ons vier waardes is die vier wiele van ons beweging: liefde, viering, eenheid en diens.

Die kern fokus is baie duidelik dat ons gerigtheid op die gemeenskap is. Ons, as lidmate van Lynnwood Gemeente, wil God se lig wees waar ons elkeen ook al beweeg. Ons word gedryf deur ons identiteit as lig en dienaars om van die wêreld ‘n beter plek te maak.

SLOT

*** Foto: Boemelaar wat gelukbringer is in Kaapstad, al het jy niks!

Het jy geweet jy is ook aansteeklik?! Wat jy sê, doen en is steek ander aan!Vraag is egter waarmee steek jy ander aan? dink aan jou gesin en vriende en vreemdes... watter impak het jy op hulle as geheel?

Dink as jy nie meer hier is nie. Sal iemand jou impak en aansteeklikheid mis? Voeg jy waarde toe met jou invloed! SOOS SOUT.... Kos meer smaaklik maak, moet jou teenwoordigheid die lewe vir ander meer aangenaam, dieper en ryker maak! LIG wat lig en lewe gee!

JOU ROEPING VIR 2017: GELUKBRINGER TE WEES, met die Blye Boodskap!!!