iederark apr.pdf · 2015-04-24 · 26 april 2015 iederark ds willem louw ds okkie cilliers (018)...

8
Wat gebeur DV hierdie week….…… 26 April 2015 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 Kerkkantoor Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za Epos [email protected] Sendingkantoor [email protected] Jeugkantoor [email protected] / [email protected] Sondag 26 April Gebedskrygers Erediens Sondagskool Gr 1-6 Koffiediens Tienerdiens 07:30 09:15 17:30 Maandag (Vryheidsdag) 27 April Gebedskrygers 07:00 Dinsdag 28 April Gebedskrygers 07:00 Woensdag 29 April Gebedskrygers Growth Point 07:00 18:30 Donderdag 30 April Gebedskrygers 07:30 Vrydag 1 Mei Gebedskrygers Vroue gebed 07:00 09:00 Gebedskrygers Manne bid-uur 06:30 06:30 Saterdag 2 Mei Uitgawe 14/2015 Die lewe is soos 'n kombers wat te klein is... Trek jy jou skouers toe, is jou voete oop - Trek jy jou voete toe, is jou skouers oop - Gelukkig vir ons wat geleer het om ons knieë te buig... Want met gebed is jy van kop tot tone toe... en is daar nog plek vir almal vir wie jy omgee!!!

Upload: others

Post on 04-Jul-2020

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Iederark Apr.pdf · 2015-04-24 · 26 April 2015 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 ... Die Here sien u liefde vir Hom raak en sal u eendag

Wat gebeur DV hierdie week….……

26 April 2015

Iederark

Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 Kerkkantoor Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za Epos [email protected] Sendingkantoor [email protected] Jeugkantoor [email protected] / [email protected]

Sondag 26 April

Gebedskrygers Erediens Sondagskool Gr 1-6 Koffiediens

Tienerdiens

07:30 09:15 17:30

Maandag (Vryheidsdag) 27 April

Gebedskrygers 07:00

Dinsdag 28 April

Gebedskrygers 07:00

Woensdag 29 April

Gebedskrygers Growth Point

07:00 18:30

Donderdag 30 April

Gebedskrygers 07:30

Vrydag 1 Mei

Gebedskrygers Vroue gebed

07:00 09:00

Gebedskrygers Manne bid-uur

06:30 06:30

Saterdag 2 Mei

Uitgawe 14/2015

Die

lew

e is

soos

'n k

om

bers

wat

te k

lein

is.

..

Tre

k jy

jou s

kouers

toe, is

jou v

oete

oop -

Tre

k jy

jou v

oete

toe, is

jou s

kouers

oop -

Gelu

kkig

vir

ons

wat

gele

er

het

om

ons

knie

ë t

e b

uig

...

Wan

t m

et

gebed is

jy v

an k

op t

ot

tone t

oe...

en is

daa

r nog

ple

k v

ir a

lmal

vir

wie

jy

om

gee!!!

Page 2: Iederark Apr.pdf · 2015-04-24 · 26 April 2015 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 ... Die Here sien u liefde vir Hom raak en sal u eendag

Uitgawe 14/2015 Bladsy 2

BOUPROJEK

Vriende, as u weer ʼn draai by die kerk maak, sal u opmerk dat die bouprojek reeds by die dak opsit fase gekom het. Dankie aan al die werkers wat oor naweke en selfs op openbare vakansie dae gewerk het. Dit word opreg waardeer! Ons is so dankbaar teenoor die Here vir Sy genade. Ek wil graag ʼn saak van my hart kry. Nou die dag loop iemand my raak en sê, sjoe dit gaan seker finansieel goed in die gemeente. Daar is min gemeentes wat kan bekostig om te bou! Dit is waar, maar die saak moet dringend in perspektief geplaas word anders tel ons probleme op. Kom ek verduidelik: Die gemeente spaar omtrent 12 jaar vir hierdie bouprojek in ʼn aparte fonds wat ons die boufonds noem. Sommige jare kon ons ietsie afknyp en spaar in die boufonds en ander jare het dit moeilik gegaan en kon ons niks spaar nie. Dit het broekskeur gegaan om tog uiteindelik ʼn bedrag in ʼn beleggingsrekening weg te sit waarmee ons kon waag om te begin bou. Ons bou kontant met hierdie spaargeldjies en ook die skenkings wat ons hiervoor bykomend ontvang. Om verder te spaar bou ons gemeentelede self. Ons mik om die basiese struktuur te voltooi. Ons gaan in alle waarskynlikheid geld kortkom en dan moet ons maar eers weer wag tot ons genoeg het om alles binne af te rond. Die boustyl is so goedkoop moontlik gekies, sonder om te veel afbreek te doen aan die bestaande mooi kerkkompleks. Almal doen dus hul bes om te spaar! Neem kennis, nie een sent kom uit ons lopende rekening nie. Ons bou met geld wat in die verlede ingesamel is en net vir die doel gegee is. Wat is die werklike prentjie? Hoe gaan dit nou met ons lopende rekening? Ons maandelikse inkomste is onder baie groot druk. Ek weet nie of dit die baie vakansie dae is waar vele weggaan en groot vakansie uitgawes maak nie en of dit die valse perspektief is dat die gemeente welaf is nie of vele ander redes? Die afgelope twee maande was die inkomste min. Ons het alle lopende uitgawes reeds tot op die been gesny maar kom steeds kort. Ek wil by u pleit om asseblief getrou u maandelikse dankoffer (tiende) vir die werk van die Here na die kerk te bring! Dit is krities noodsaaklik! Maak dit asb. ʼn gebed saak en bly getrou aan die Here. (Maak asb. ook seker of u aftrekorder /elektroniese betaling wel nog deurgaan. Sonder u bydrae kan ons nie die werk van die Here voluit doen nie. Baie dankie aan u wat getrou bly gee! Die Here sien u liefde

vir Hom raak en sal u eendag self beloon.

Page 3: Iederark Apr.pdf · 2015-04-24 · 26 April 2015 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 ... Die Here sien u liefde vir Hom raak en sal u eendag

Uitgawe 14/2015 Bladsy 3

Baie dankie vir almal se liefde en hulp. Ons was oor die vakansie tyd besig om te bou en sekere werkers gaan ook so die langnaweek voort om te bou. Wat my besonder opgewonde maak is die hulp wat ek ontvang wanneer ek iemand nader om te help. Dis wonderlik om te sien hoe almal hande vat! Ek skat daar is tot op hede ongeveer hulp ter waarde van R150 000 ontvang! Baie dankie vriende! Sonder julle hulp sou ons nie tot hier kon kom nie. Ons kort egter nog ʼn laaste hupstoot dan is ons daar! Ek gee terugvoer oor die afgelope week se hulpverlening (vergewe as ek iemand uitlaat, ek probeer maar memoriseer so tussen die werk deur):

Kontant skenkings: van 1-23 April het ons R500 ontvang. Baie dankie! Boumateriaal: Baie dankie aan Ivan van “Einstin Electrical Enginering” wat aan ons elektriese komponente vir die bedrading van die gebou geskenk het ter waarde van tussen R25 000 tot R30 000. Baie dankie aan Janie van “Built It” in Klerksdorp wat aan ons duisende rande se verf en boumateriaal voorsien, asook spesiale afslagpryse! Dankie aan Olaff vir hulp met boumateriaal. Arbeid: Johan Stoop bly ons anker man en projekleier. Dit is lekker om aan die sy van ʼn bekwame en kundige bouer te werk. Dankie Johan dat jy voortou neem en daagliks jou hart en energie in hierdie bouprojek insit. Ons sien jou onbaatsugtige diens vir die afgelope 3 maande raak. Nogmaals dankie! Dankie aan Francois Smith van Elecdoc vir arbeid met elektriese werk hierdie week. Sedert die begin van die projek help hy ons ononderbroke. Dankie aan Olaff Strauss wat vir oom Peet en nog ʼn arbeider of twee gestuur het om te kom help sweis en self ook ingespring het om te help. Dankie ook aan David Smith van D&D Pro Plumbing vir hulp en skenkings met die loodgieters werk wat steeds voortgaan. (Vir foto’s van die vordering, kan u gerus ons gemeente se webwerf besoek: www.ngkmiederpark.co.za )

Onthou, ons benodig steeds hulp! Ons droom is om voor einde Mei , die meeste bouwerk klaar te maak. Ons kort egter nog ten minste R50 000 vir boumateriaal. Bid saam met ons vir deurbrake. Elke skenking of hulpverlening stel ons in staat om nader aan die voltooiing te kom! Jou bydrae kan die wa deur die drif trek! By voorbaat dankie! (Onthou hierdie bouprojek word nie uit die gemeente se lopende rekening gefinansier nie. Dit is fondse wat lank terug reeds eenkant gesit is in die boufonds vir die werk. As u bydraes vir die boufonds wil gee, kan u dit elektronies inbetaal by: Miederpark Boufonds, ABSA, Potch, Tjekrek. 406 286 2927. Takkode 632 005 Gebruik as verwysing: Bou, gevolg deur jou voorletters en van)

Page 4: Iederark Apr.pdf · 2015-04-24 · 26 April 2015 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 ... Die Here sien u liefde vir Hom raak en sal u eendag

Uitgawe 14/2015 Bladsy 4

SENDING GEBEDSVERSOEKE HOSPITAAL SENDING (Petro Zaayman) Ons sê baie dankie vir Jannie Erasmus wat vandag die siek mense by die hospitaal besoek. Bid asb vir ontvanklike harte. Bid asb vir ‘n persoon met ingewands-

infeksie, iemand met ‘n kwaadaardige gewas aan die aorta. Dokters kan nie opereer nie.

‘n Ou tannie wat bloeding op die brein het na ‘n beroerte.

Vir Petro en haar familie vir insig en wys-heid oor besluite oor eiendom wat geneem moet word.

BOTSWANA SENDING (Jerry en Magda) Bid asb vir: Petro in die gevangenis. Sy is nou oorge-

plaas na Kroonstad. Haar Ma gaan deur ‘n tyd van geestelike onsekerheid.

Marietjie wat Malaria het. Ons mediese sorg hier is pateties.

Iemand vir die kinderbediening. Dank die Here vir die dokter in Rundu

wat die magneet uit die dogtertjie Lau-rika se neus gehaal het. Sonder nagevolge.

Vir ons leiding en wysheid om God se wil te doen deur ons werk hier.

Dank Here vir liefde, genade, vrede, vreugde, ontferming en vriende. Ons eer Sy naam bo alle name.

VERITAS SENDING (Ds Dawie en Naomi) Drie van die Kongolese pastore wat by ons

opleiding betrokke is en almal reeds langer

as tien jaar wettig in die land is, werk in die

veiligheidsektor. Al drie is deur hulle

werkgewers in kennis gestel dat hulle

kontrakte nie hernu gaan word nie. Die

probleem is dat die werkgewers afhanklik is

van regeringskontrakte en dat die regering

nie kontrakte aan sekuriteitsmatskappye

toeken as hulle buitelanders in diens het

nie. Die maatskappye is dus verplig om van

hulle buitelandse werkers ontslae te raak.

Bid asb vir hierdie mense en veral vir hulle

gesinne.

Dan het ek die afgelope drie dae gehelp met

die opleiding van drie leraars van die

Gereformeerde Kerk as fasiliteerders vir

Module 1. Dit was uitputtend, maar een van

die mees stimulerende tye wat ek nog in

opleiding beleef het. Hierdie groep was

enersyds baie positief oor die opleidings-

program en hoe dit saamgestel en uiteengesit

is. Andersyds was hulle ook opbouend krities

met opmerkings en vrae veral terwyl ons

saam Skrifgedeeltes ontleed het. Ons kan dus

die Here dank vir ‘n baie geslaagde

opleidingsgeleentheid en ook bid vir die

leraars wat nou met die opleiding in hulle

gemeentes gaan begin.

MALAWI SENDING (Pieter)

Alle dank aan ons Hemelse Vader wat dit vir my moontlik gemaak het dat ek na Suid-Afrika kon gaan, my gebedsgroep, ondersteuners, vriende en familie kon besoek. En hand kon skud met die gemeente Sondag by die kerk. Baie dankie vir al die liefde en ondersteu-

ning wat ek van julle almal ontvang het. Baie dankie vir oom Johan Stoop en sy

span vir al julle bydrae in alles. Bid asb: Vir veilige rit terug.

Page 5: Iederark Apr.pdf · 2015-04-24 · 26 April 2015 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 ... Die Here sien u liefde vir Hom raak en sal u eendag

Uitgawe 14/2015 Bladsy 5

K iekies en Konfetti, trou- en funksievenue bied aan: 'n Kuns- en Plaasmark op 26 April 2015 te Plot 52, Mooibank, Potchefstroom vanaf 9:00 tot 16:00. Kom geniet 'n dag van pret en ontspanning met uitstallers van vin-tage klere, juwele, skilderye, verskeie kosstalletjies, 'n teetuin, spitete, 'n biertent, trapkarre, springkastele, 'n sangkunstenaar en nog meer. Volg borde vanaf Abraham Kriel Kinderhuis, Kruisstraat. Vir navrae kontak Sarina by 0763071753.

Page 6: Iederark Apr.pdf · 2015-04-24 · 26 April 2015 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 ... Die Here sien u liefde vir Hom raak en sal u eendag

Uitgawe 14/2015 Bladsy 6

Verjaarsdae April

01-Apr Mianke Swiegers 12-Apr Son-Marie van Wyk

Bets Benade 21-Apr Andrie Steenkamp

02-Apr Anet Koekemoer Frans-Johan Myburgh Betsie Froneman

Luani Pretorius Leo van Wyk Sannie Ahlers

Yvonne Hattingh Bennie Willemse

03-Apr Albert Froneman Machiel Potgieter

Piet Barnard Attie Nel 22-Apr Pikkie van Eldik

Christa Naude Bianca Craven

Dries Fourie 13-Apr Surina Kershoff Heinrich van Niekerk

Frik Botha Elsa Erasmus Lize Berry

Helen Marais Charmaine Coetzee Gerald van Wyk

Charles Reinecke

Laurette Strauss (Jnr)

14-Apr Jaco Bezuidenhout 23-Apr Louwna Nel

Mickey van Winkel

04-Apr Chris Stemmet 15-Apr Delichia Steenkamp

Koos Naudé Hardus Scheepers 24-Apr Lucy Kleynhans

Elouise Hattingh Martin du Toit Tom le Roux

Elrese van der Walt Hannes Geldenhuys Marelet Loots

Lukas Scheepers

16-Apr Francois Wiid 25-Apr Quinton van Niekerk

05-Apr André Uys Alta Nel Gerrie Joubert

Rika Rudolph Ilone vd Westhuizen

Thys Grobbelaar 17-Apr Ruan van der Walt

Hester van Sittert Samantha Dippenaar 26-Apr Cobus Pretorius

Ester Blomerus

06-Apr Pieter Buitendag 18-Apr Pieter Potgieter Wessel Etsebeth

Ruben van der Riet

07-Apr Sonya Bekker Liané van der Riet 27-Apr Helena Stemmet

Hanno Geldenhuys Eddie Mouton

09-Apr Antonie Pat

Alida Immelman 19-Apr Kaylin Coleman 28-Apr MJ Heynemann

Sandra Meyer Abrie Greyvenstein

29-Apr Elanie Joubert

10-Apr Johandrie Visser 20-Apr Henri Pelser Christi Bester

Carlijn Oussoren Juanita Groenewald

11-Apr Petro Erasmus Judy Combrinck

Rita Conradie 30-Apr Anna van der Merwe

Wihan Wolmarans

Megan Nagel

Page 7: Iederark Apr.pdf · 2015-04-24 · 26 April 2015 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 ... Die Here sien u liefde vir Hom raak en sal u eendag

Uitgawe 14/2015 Bladsy 7

HOSPITAAL OPNAMES Wanneer lidmate van die gemeente op-geneem word in Potch Medi Kliniek, moet hulle asseblief by opname duidelik meld dat hulle lidmate van die NG Kerk Mieder-park is. Dit maak dit vir die leraars makliker om hulle tydens die weeklikse hospitaalbe-soeke (Dinsdae en Donderdae) op te spoor.

GEBEDSVERSOEKE By die sydeur en in die ingansportaal is ’n houtkassie gemerk ”Gebedsversoeke” As jy wil hê ons moet saam met jou bid oor ’n saak of dat ons by jou huis saam met jou moet kom bid, gooi jou versoek in die houer en dit sal opgevolg word.

Enigiemand wat belangstel om deel te wees van die Line Dan-sersgroep, kan Maandag aand om 17:00 by die Kerk bymekaar kom. Enige navrae – Arinda 079 495 1836. Jy hoef nie profes-sioneel te wees om saam te dans nie, ons almal leer lekker saam!

Page 8: Iederark Apr.pdf · 2015-04-24 · 26 April 2015 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 ... Die Here sien u liefde vir Hom raak en sal u eendag

Uitgawe 14/2015 Bladsy 8

Redakteur:

Naomi Scheepers

E-pos gerus enige voorstelle, idees of

bydraes na:

[email protected]

(Kritiek Welkom!)