aptytwekker julie/aug 2013

20
A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd Malmesbury, 7300 [email protected] Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200 www.agscorpuschristimalmesbury.co.za Julie/Augustus 2013 ptytwekker ptytwekker ptytwekker ptytwekker ppetiser ppetiser ppetiser ppetiser Nuus Van Die Herderspaar Hierdie Laat Mens Dink Al Bruis Die Jordaan Foto Nuus Die Blink Morester Foto: Piet Smit Raai, raai waar is hierdie foto geneem? (Stuur sms na 073 447 2902)

Upload: janette-smit

Post on 26-Mar-2016

262 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Geestelike Pitkos

TRANSCRIPT

Page 1: Aptytwekker Julie/Aug 2013

A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd

Malmesbury, 7300 [email protected]

Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200

www.agscorpuschristimalmesbury.co.za

Julie/Augustus

2013

ptytwekker ptytwekker ptytwekker ptytwekker

ppetiserppetiserppetiserppetiser

⇒ Nuus Van Die Herderspaar

⇒ Hierdie Laat Mens Dink

⇒ Al Bruis Die Jordaan

⇒ Foto Nuus

⇒ Die Blink Morester

Foto: Piet Smit

Raai, raai waar is hierdie foto geneem?

(Stuur sms na 073 447 2902)

Page 2: Aptytwekker Julie/Aug 2013

2

W anneer ons ‘n sekulêre beroep beklee, word daar

van ons verwag om hard en ywerig te werk. Vandag gaan ‘n persoon spoedig sy werk verloor as hy nie sy kant bring en nie produktief is vir die firma waarvoor hy werk nie. Ek glo mens moet selfs meer doen as wat van jou verwag word. Loop die tweede myl (Mat. 5:41) en jy sal die oog vang en jy is ‘n kandidaat vir bevordering.

Wanneer ons vir die Here werk, moet ons nog harder werk as wat ons vir ‘n baas werk in ‘n sekulêre beroep, want dan werk ons mos vir die Koning van alle konings. Vir Hom durf ons nie iets anders gee as net ons allerbeste! Hy kyk wanneer niemand ons sien nie. Selfs ons motiewe moet gesuiwer wees, want God kyk in ons hart en sien met watter motief werk ons vir Hom.

Elke gelowige moet besef hy of sy is voltyds in God se diens (1 Kor. 1:2; Mat. 28:19). As gelowiges is ons almal geroep om vir God te werk, selfs al is jy nie ‘n voltydse bedienaar nie. Ed Delf het gesê dat die leraar word deur die kerk betaal terwyl die gewone gelowige deur sy sekulêre firma betaal word. Sy sekulêre werk betaal hom, maar eintlik staan hy of sy voltyds in diens van die Here.

Nou sommer ‘n ou ligte toetsie om te sien hoe werk ons vir die Here:

Hoeveel mense het jy vir komende Sondag se diens genooi? Toe ek nou die Sondag dieselfde vraag in die gemeente gevra het, was daar weinige hande. Net wonderlik; een suster (EvW) het hardop geantwoord dat sy twee mense genooi het en beide het daardie Sondag reageer op die uitnodiging en die Here Jesus aangeneem as Verlosser!

Die maklikste ding wat ons kan doen vir die Here is om mense te nooi vir die Sondag se dienste en dan natuurlik self teenwoordig te wees. Hier is ‘n uitdaging: Vanaf hierdie Sondag gaan ons 5 uitnodigingskaartjies in jou hande plaas vir die volgende Sondag en dan trag ons elkeen om 5 mense te nooi. As jy nie kan kontak maak met 5 mense nie, is daar ‘n ander maklike manier en dit is om van die kaartjies onder ‘n geparkeerde motor se veër te plaas.

Ek onthou die broer (LL) in ‘n vroeëre gemeente wat die dogter (CT) genooi het, wat met sy eie dogter bevriend was. Daardie dogter is later gered en die broer het altyd na haar verwys wanneer hy haar by die kerk gesien het: “Daar gaan my siel.” Hy het ‘n geringe aandeel aan haar redding gehad, maar as hy haar nie genooi het nie, het sy dalk nooi by die Here uitgekom nie …

Past. Piet & Susan Smit

NUUS VAN DIE HERDERSPAARNUUS VAN DIE HERDERSPAARNUUS VAN DIE HERDERSPAARNUUS VAN DIE HERDERSPAAR

Page 3: Aptytwekker Julie/Aug 2013

3

Verbeel jou dat jy die volgende prys gewen het … Elke oggend word R 86,400.00 in jou persoon-like rekening gedeponeer. MAAR die speletjie het reels ook. *** *Eerste reel* Alles wat jy nie die dag spandeer nie word teruggevat, jy mag ook nie net geld oordra in ander rekeninge nie. Jy moet dit net spandeer! *** *Tweede reel* Die speletjie kan enige oomblik gestop word sonder ‘n waarskuwing. Dis verby! Jy kan nie ‘n nuwe rekening oopmaak nie. *** Wat sou jy persoonlik doen? Jy sal alles koop vir jouself en almal wat vir jou saak maak? Selfs ook seker vir mense wat jy nie ken nie, want jy kan onmoont-lik soveel geld op ‘n dag op jouself spandeer? ****

Die speletjie is eintlik waar,Die speletjie is eintlik waar,Die speletjie is eintlik waar, die naam is REALITEIT.die naam is REALITEIT.die naam is REALITEIT.

Elkeen van ons besit so ‘n bankrekening, ons sien dit net nie. Die rekening se naam is TYD. Elke oggend as jy wakker word is daar reeds 86 400 sekondes in jou rekening gedeponeer, ‘n Gawe van die Lewe. As jy gaan slaap word alles wat jy nie gebruik het nie teruggevat. Dis verlore, vir altyd! Gister is verby. Die rekening kan gesluit word enige

oomblik en sonder waar-skuwing!

So wat gaan jy doen met jou 86 400 sekondes? Is dit nie dalk meer

werd as dieselfde bedrag in Rand nie? Geniet elke sekonde van jou lewe, want: PASOP, TYD snel baie vinniger verby as wat ons dink. Dank Jesus vir elke oomblik wat jy het, want dit is net genade !!!****

oOo

(Ingestuur deur Casper Von Rauenstein)

Page 4: Aptytwekker Julie/Aug 2013

4

D ie atmosfeer voor die sirkustent was elektries. Dit

is hier waar die tiener Benjamin en sy pa hulle beurt afgewag het om te kan ingaan. Voor hulle in die ry was 'n man en vrou wat hande vasgehou het saam met hulle agt kinders - almal jonger as 12 jaar. Al was die kinders goed gemanierd en het hulle skoon klere gedra, was dit duidelik dat die gesin nie baie geld gehad het nie. Tog was hulle almal baie opgewonde om die sirkus te besoek. Elke nou en dan sou een van die kinders hardop giggel van opgewondenheid terwyl hulle onder mekaar gesels het oor die hansworse, olifante, leeus en akrobate wat hulle hoop om binne-in die tent te sien. Dit was duidelik dat hulle reeds weke lank oor hierdie dag gedroom het. Dit was ook nie lank voordat hierdie gesinnetjie voor in die ry was nie en dit die pa se beurt was om kaartjies te koop. Trots het hy sy gesinnetjie nadergehark en toe

glimlaggend aan die kaartjie-verkoper gesê: "Agt kinder-kaartjies en twee volwassenes asseblief. Vir 'n oomblik het die kaartjieverkoper die bedrag opgetel en dit toe hardop aan die man gesê. Dié se glimlag het skielik verdwyn terwyl hy nou ongemaklik vorentoe leun: "Ekskuus tog, hoeveel sê jy daar?" Dit was duidelik dat hierdie bedrag baie meer was as waarop die man gehoop het. Hy het weer na die geld in sy hand gekyk - duidelik te min om almal te laat ingaan. Die enigste uitweg nou was om terug te draai huis toe. Dit is toe dat Benjamin sien hoe sy pa sy hand in sy broeksak steek, 'n R100-noot op die grond laat val, dit dan weer optel en aan die man gee met die woorde: "Ekskuus tog meneer, dit lyk vir my of jy hierdie geld laat val het." Die man, wat duidelik bewus was van wat Benjamin se pa gedoen het, het hom 'n oomblik lank reguit in die oë gekyk, sy hand geskud en moes vinnig sy trane met die agterkant van sy hand wegvee voordat hy sê: "Dankie,

(Vervolg op bl. 13)

Page 5: Aptytwekker Julie/Aug 2013

5

Have you ever heard the saying "a mind is a terrible thing to waste'? Our minds have so much capacity for good, to learn, create, think and grow, and it's a tragedy when we don't use them to their highest potential. There was a time in my life when I allowed too many damaging thoughts to enter my mind, nega-

tive, tormenting, guilty, unfor giving, shameful and accusing thoughts. The problem was that I had no idea I could control my thoughts or choose which thoughts I focused on and believed in. I didn't realize that if I was thinking something that wasn't

true, I had the power to stop. No one ever told me I could win in my mind. Has anyone ever told you? If not, then I'm here today to tell you that you don't have to let your thoughts control you. You can choose to think and focus on God-thoughts! Romans 12:2 says to "let God transform you, by changing the way you think." God wants to help you win the battle in your mind.

But what does that look like on a practical level?

Here's what has worked countless times for me and what I know will work for you too: The next time you're wrestling in your mind, I want you to stop and find something specific that you can thank God for. Tell Him how grateful you are for His goodness and all the rich ways He's blessed your life. As you're diligent to do this, you will see your life begin to change and things will get better and better. It's my hope and prayer that you will know the power God has given you and that every day in your thoughts, you will walk in the fullness of His love for you! Prayer Starter: God, I want to experience Your power in my thought life. I choose to focus on Your goodness and Your love for me. No matter what negative thought comes my way, I know that You are so much bigger and better.

(Joyce Meyer)

Change the WayChange the WayChange the WayChange the Way YouThinkYouThinkYouThinkYouThink

Page 6: Aptytwekker Julie/Aug 2013

6

(Vervolg vanaf Junie )

Toe ek die kansel verlaat,

vind ek weer ‘n onbekende welgeklede heer wat op my wag. ,,Goeienaand, juffrou. U het regtig goed gepreek, maar dit is nogtans jammer dat u aan so ‘n uiters geringe saak soos waterdoop soveel waarde heg. U mislei die mense.” My antwoord was persies dieselfde as aan die vorige persoon.

Tuisgekom, het ek weer met my Bybel langs my gekniel en baie ernstig gebid. ,,Maak oop jou Bybel”, hoor ek weer die Meester se stem. Dit val asof outomaties oop by Mat. 3:13-17. ,,Lees dit,” vervolg Hy. Ek lees: ,,Toe het Jesus van Galiléa na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom gedoop te word. Maar Johannes het Hom ernstig teëgegaan en gesê: Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe? Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want so pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat. En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom. En daar kom ‘n stem uit die hemel wat sê: Dit is My geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.”

Geduldig wag Hy tot ek klaar gelees het en toe hervat my Leermeester: ,,Het jy gemerk dat

vanaf Genesis ‘n mens dikwels lees dat die Here aan iemand verskyn het soos byvoorbeeld Henog, Noag, Abraham, Moses en ander? Dan in die Nuwe Testament lees mens van groot geleenthede soos die geboorte, kruisiging, opstanding en hemelvaart van Jesus. Maar het jy gemerk dat daar net een geval van Genesis tot Openbaring gemeld is waar die Vader en die Seun en die Heilige Gees gelyktydig teenwoordig was, en dit was by die geleentheid toe Jesus gedoop is? Hy is gedoop, die Vader het sy goedkeuring uitgespreek en die Heilige Gees het op Hom neergedaal. Dit is wat die hemel van die waterdoop dink.”

Met besondere klem op die laaste sin het die stem van die Here die gesprek afgesluit. Ek het my hande na die hemel opgehef en Hom geloof. Hy het die erns bevestig van dit wat Hy my jare gelede reeds geleer het. Wat ‘n ondervinding van sy Goddelike teenwoordigheid was dit vir my terwyl Hy my geleer het soos ‘n aardse vader sy kind!

So het die evangeliese bediening vir etlike jare met baie vreugde en baie sukses, deur sy liefdehand gelei, voortgegaan. Dit was my voorreg om uitnodigings te aanvaar na elke provinsie en deel van ons land.

Die Here het my gelei om saans in al die veldtogte, eers ‘n kort boodskappie vir die kinders te gee

(Vervolg op bl. 15)

AL BRUIS DIE JORDAAN(Deur: Tant Sannie de Ferriers)

Page 7: Aptytwekker Julie/Aug 2013

7

DIE GEE VAN TIENDES (E.J. Smith Le Roux)

(vervolg vanaf Junie)

Deel 4

1 Tim. 6:7-10. “ Want ons het niks in die wêreld ingebring nie, dit is duidelik dat ons ook nie iets daaruit kan wegdra nie. Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees. Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke, en baie dwase en skadelike begeerlikhede, wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang, want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.”

Matt. 6:19-21. “Moenie vir julle skatte bymekaar maak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie. Maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie. Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.” Lukas,. 14:33. “So kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie.” Lukas 8:3. “En Johanna, die vrou van Gusa, ‘n bestuurder van Herodus, en Susanna en baie ander het Hom almal met hulle besittings gedien.” Spreuke 11:24,25,28. “Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat

terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek. Die siel wat seën, word versadig, en hy wat laaf, word self ook gelaaf. Wie op sy rykdom vertrou, dié sal val.” Lukas 6:38. “Gee, en vir julle sal gegee word. ‘n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in julle skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.” Markus 10: 29,30. “En Jesus antwoord en sê. Voorwaar Ek sê vir julle daar is niemand wat huis of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of GROND ter wille van My en van die Evangelie verlaat het nie, of hy ontvang nou in hierdie tyd honderdmaal soveel: huise en broers en susters en moeders en kinders en grond, saam met ver-volgelinge en in die eeue wat kom, die ewige lewe.” Psalm 37:25 “Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie.” Jakobus 4:17. “Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde. “

WANT DIT IS SALIGER OM TE GEE, AS OM TE ONTVANG.

(Ingestuur deur Joyce Jasson)

Treffende Tekste Aangaande Die Gelowige En Sy Besittings

Page 8: Aptytwekker Julie/Aug 2013

8

Hier word George

Karstens Koos

Engelbrecht op

Bybelse manier

gedoop, volgens

Markus 16:16

FOTO-NUUS

Doop - 9 Junie 2013

Voorstelling - 9 Junie 2013

Bo: Hier help Morgan Leander, Fransien van Zyl, Anina Cloete, Deidré Huysamen en Johan

Smit met voorbereidings. Baie dankie aan almal wat gehelp het om dit ‘n groot sukses te

maak.

Kinderkerk - Kerrie & Rys Verkope - 7 Junie 2013

Vanaf links: Erica van Wyk, Eugene & Mariaan Erasmus en

Andre & Johanna Zeeman

Page 9: Aptytwekker Julie/Aug 2013

9

Hier word die nuwe

slagspreuk vir 2013

op gesit deur

Past. Piet Smit en sy

helper, Henry Roberts

wat die leer vashou

wat op twee stoele

ballenseer en nog op

‘n tafel ook.

Wees DadersVan Die

Woord

Slagspreuk

Gesinsdiens - 16 Junie 2013

As you step out today, may you step into abundant blessings, unmatched favour, unexpected divine

connection and overall success in Jesus Name.

Die gesinsdiens het afgeskop deur bont aan te trek met komberse, serpe,

handskoene en mussies. Sop en brooidjies is bedien om koue af te weer voor daar

‘n dvd gekyk is. Almal is altyd welkom.

Page 10: Aptytwekker Julie/Aug 2013

10

H oeveel keer het jy nie al die woorde gehoor: “Wat ruik

so?” nie. Ons tel gou-gou vreemde reuke op. Onwelriekende reuke maak dat ons ons neuse toedruk. Aangename geure uit ’n kombuis maak weer dat ons honger word. Reuke word van kleins af in ons geheue ingeprent. Die slim mense sê dat babas byvoorbeeld vroeg-vroeg reeds leer om hul ouers se reuke uit te ken. Nou ja, van reuke gepraat: hoe ruik jy vir ander? Voordat jy my verkeerd verstaan — ek bedoel dit in ’n geloofs-konteks. Terwyl jy wonder wil ek jou saamnooi na 2 Korintiërs 2:14-16. Hier skryf Paulus dat ons die aangename geur van Christus is. Nog meer, ons is lewende wierook wat Christus tot God se eer brand in die wêreld. Wierook het in die tempel gebrand om mense te herinner aan God se teenwoordigheid. Wierook verdring onwelriekende reuke. Dit oorweldig mense met die goeie geur én bewussyn van God

se nabyheid. Jesus se dissipels is Sy lewende, bewegende wierook. Ons is God se rondreisende tempels. Ons versprei die geur van sy nabyheid orals. Die kennis van Jesus word soos ’n aangename geur deur

ons woorde en dade bekend gemaak. Ander mense kan nie anders as om van ons teenwoordigheid kennis te neem nie, want ons gee nie ’n neutrale geur af nie. Of ons ruik na dood, of ons ruik na

lewe. Dis die enigste twee alternatiewe! Om neutraal te ruik, is om geen impak vir Jesus te maak nie. Navolgers van Christus neem sy lewensgeur aan. Ons ruik soos ons Heer. Soms stoot dit nie-gelowiges af, maar altyd trek dit soekendes, stukkendes en mede-gelowiges aan. Ons woorde en dade is ons geur. Ons uitleef van die evangelie is die regte aroma. Vandaar my vraag: Hoe ruik jy as die evangelie ter sprake is?

(Stefan Joubert)

Wie ruik so?

Page 11: Aptytwekker Julie/Aug 2013

11

Wie vat ons hand? (Ingestuur deur Fransien van Zyl)

Wie vat ons hand as ons lewe rondom ons aan skerwe lê? Wie vertroos ons as ons hart in duisend stukkies gebreek is?

Ons Here en ons God. Hy wat So sag en stil vir ons sê.

“Ek vat jou hand. As jy eensaam en allenig is, is Ek hier.

As jy bang is, is Ek hier As jy in pyn is, is Ek hier

Ek is hier wanneer jy bid en selfs wanneer jy nie bid nie. Ek is in jou en jy is in My

Al slaag jy nie daar in om My te vind nie. Ek sal jou nooit faal nie.

Al is jou geloof in My nog so klein. My geloof in jou wandel nooit nie, want…

Ek ken jou en Ek het jou lief. Geliefde, hier is Ek Ek vat jou hand”.

@@@

VORIGE KEER SE ANTWOORD

Die persone in die Bybel wat eers geloop het voordat hulle gekruip het, was die verlamdes van Hand. 3:1-8 in die Skone poort en die man in

Hand. 14:8-10. Hulle was van geboorte af verlam en het dadelik geloop toe daar vir hulle gebid is.

Niemand kon die antwoord vind nie.

HIERDIE KEER SE VRAAG

Noem die twee domste diere in die Bybel.

Lekker soek !!!

SOEK DIE ANTWOORD

Page 12: Aptytwekker Julie/Aug 2013

12

DIE BLINK MÔRESTER VRAAG: Waarom word Jesus genoem die blink môrester?

ANTWOORD: Ons lees van hierdie naam van Jesus in Open. 22:16 – “Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester.” Hy word so genoem omdat Hy verdien om so genoem te word: • Sy koms na hierdie wêreld is

met ‘n groot ster aangekondig (Mat. 2:2). Niemand anders se geboorte is so aangekondig waarvan ek weet nie. Die hele Oosterse wêreld moes daarvan kennis neem dat ‘n groot koning en heerser gebore sou word. Dit het die wyse manne genoop om hulle kamele te neem en geskenke te bring en 1 000 km af te lê om te gaan kyk en hulde aan Hom te bring.

• Hy staan uit bokant alles en

almal net soos wat die môrester die helderste ster is wat in die ooste skyn in die vroeë oggend ure. Ek sien dit altyd as ek vroegoggend in die somer draf (04:00 tot 05:10).

• Net soos wat die môrester ‘n nuwe dag aankondig, het Sy koms ‘n nuwe Koninkryk en bedeling gebring. Sy lig het kom skyn in hierdie donker wêreld en het die duister in vele hart kom verlig. Jesus, groot bo almal, is die beste, die heerlikste, magtigste, rykste, slimste ... • As die blink Môrester verdien

Hy die ere plek in ons hart. 2 Pet. 1:19 – “En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte;”

Hierdie Jesus het ook vir jou gekom en wil in jou hart kom woon as die Blink Môrester: • As die Een wat lig bring in jou

lewe en jou duisternis laat opklaar;

• As die Een wat eerste in jou lewe moet wees;

• As die Een aan wie jy jou prima aanbidding moet wy.

Wees gereed om Hom elke dag op die wolke te ontmoet en jy sal altyd ‘n brandende hart hê en jy sal niks mis nie. Dis ‘n waarborg! GEBED Here Jesus, ek nooi U, wees die Blink Môrester in my lewe! Amen!

(Past. Piet Smit)

Page 13: Aptytwekker Julie/Aug 2013

13

meneer. Baie, baie dankie. U sal nooit weet hoe baie ek dit waardeer nie." Dis eers toe die gesin opgewonde deur die hekke stap dat Benjamin en sy pa omdraai en terugstap het na hulle kar toe. Hulle het nie genoeg geld gehad om die sirkus daardie aand by te woon nie, maar vreemd het dit ook nie saak gemaak nie. Agt kinders was in die wolke. En hierdie aand sou een word wat nie een van die twee gesinne ooit sou vergeet nie ... Besef jy dat God ook elke dag geleenthede op jou pad plaas waar jy nes Benjamin se pa, 'n

verskil in ander se lewens kan maak? Soms is ons net nie daarop ingestel nie. Soms kies ons om dit te ignoreer omdat dit vereis dat ons ons gemaksone moet verlaat. Só word dit 'n verlore geleentheid om iemand anders se lewe op te helder.

&&&

(Anoniem)

(Vervolg vanaf bl.4)

Onthou, elke fout wat u in hierdie uitgawe mag vind,

is daar geplaas met ‘n doel. Daar is diegene wat altyd soek

vir ‘n ou foutjie. Ons wil graag almal bedien en hulle nie teleurstel nie!!!

MET ‘N DOELMET ‘N DOELMET ‘N DOELMET ‘N DOEL

Baie geluk

aan Michelle

& Daniel

Porter met

die geboorte

van hul nuwe

dogterjie.

Page 14: Aptytwekker Julie/Aug 2013

14

Sluit aan by mense met ‘n aangepakte tong en slegte asem.

Daar is ook ‘n geneigdheid tot slapeloosheid, abdominale ongemak, naarheid, lighoofdigheid en natuurlik swakheid. Dit is ‘n fisiese en spirituele medisyne en ons gewone uitspraak hierop is: ‘Onaangenaam, maar goed vir jou.’

Wallis verskaf ook ‘n lys voordele van vas wat helder oë, suiwer asem en vel, asook ‘n nuwe gevoel van welstand insluit. Hy voeg ook by dat ‘n man na net vyf dae van vas verklaar het dat hy voel asof hy ‘n splinternuwe maag het. ‘n Spysvertering-swakheid wat hy vir jare gehad het, het verdwyn. Die belangrikste tyd van enige vas is aan die einde, wanneer jy weer begin om jou skoongemaakte spysverteringsisteem aan kos bloot te stel. Moenie jou ooreet aan brood, vleis of selfs groot hoeveelhede groente nie. Jou maag krimp letterlik gedurende die vas-proses. Dit sal weer

uitrek, maar dit moet geleidelik gebeur.

Maak seker dat jy ‘n lang vas op die eerste dag onderbreek met kragsoppe en vloeistowwe wat nie suur is nie, soos rou groente-sap, groente, vrugte en rou gefermenteerde suiwelprodukte. Werk dan oor ‘n tydperk van vierdae geleidelik jou pad terug na ‘n gewone dieet, afhangende van die lengte en omvang van die vas. Raadpleeg van die uitstekende boeke wat oor vas handel vir meer besonderhede oor hierdie onderwerp.

Rol, beweeg, oefen, staan op en doen iets!

Die raad vir enigiemand wie se lewe lyk asof dit in vlamme opgaan, is om te ‘rol’. Dis eenvoudig en maklik om te volg. Die Here het ons geskep om te lewe, werk, speel, probleme te oorkom en oorwinnings te behaal. Hy het nooit bedoel dat ons moet rondsit en wag om dood te gaan nie.

(Vervolg volgende maand)

DIE SKEPPER SE DIËET

(Jordan S. Rubin)

Page 15: Aptytwekker Julie/Aug 2013

15

alvorens ek met die boodskap vir die volwassenes begin het.

Waar ek ook al dienste gehou het, moes ek elke Sondag-oggend eers die Sondagskool toespreek, en daarna die oggend-diens waarneem. Dikwels moes ek nog die middag ook ‘n boodskap gee aan ‘n tak Sondagskool, en die aand was daar weer die twee boodskappe. So het ek elke Sondag vier of vyfmaal die Evangelie verkondig. Die lewe was vol en aangenaam.

Op die platteland was vervoer nie altyd luuks nie. Daardie eerste jare is ek soms op die stasie of bushalte afgehaal met ‘n perde-kar, donkiekar en eenmaal selfs met ‘n ossewa met sestien osse. Ek moes alleen daarop sit met my bagasie!

Soms het ek gewaar dat ‘n gevoel van eensaamheid gedreig het om my hart binne te dring. Daarteen het ek met alle mag gewaak en die Here Jesus gevra dat Hy en sy werk vir my genoegsaam sal wees. Ek sou nie my lewe met die van enige prinses wou ruil nie. Tog is dit seker normaal dat die mens soms na ‘n lewensmaat sou verlang.

Ek het gedurende hierdie jare baie aangename jong predikers ontmoet. Sommige het in my belang gestel, maar daar was altyd een of ander haakplek wat my oortuig het dat die saak nie van die Here was

nie. Iemand wat nie in die voltyd evangeliebediening gestaan het nie sou ek natuurlik nie eers oorweeg het as ‘n moontlike lewensmaat nie.

Omdat ek bewus was van die ,,volmaakte wil” en die ,,toelatende wil” van God, was ek baie versigtig. Ek wou nie enige iets van Hom begeer wat buite sy volmaakte wil vir my lewe sou wees nie. Die prys daarvan sou net mislukking en trane wees. Ps.106:15 was altyd ‘n waarskuwing:

,,Toe het Hy hulle gegee wat hulle gevra het, maar in hulle siele ‘n maerte gestuur.” Dit was dus ‘n uitgemaakte saak tussen my Meester en myself dat ek op sy genade sou staatmaak om altyd vir Hom te werk, en dat die toekoms sy keuse vir my sou wees en nie my eie nie.

(Vervolg volgende maand )

(Vervolg vanaf bl. 6)

AL BRUIS DIE JORDAAN(Deur: Tant Sannie de Ferriers)

SIMPATIE

Ons innige meegevoel aan Cilla van Niekerk

met die afsterf van haar suster.

23/06/2013.

Page 16: Aptytwekker Julie/Aug 2013

16

As jy God werklik wil ken en ‘n lewe

van oorgawe wil leef, bid dan die

volgende gebed met jou hele hart:

“Hemelse Vader, ek kom na U in

die Naam vanvan die Here Jesus!

U Woord sê: “Elkeen wat die

Naam van die Here aanroep, sal

gered word (Rom 10:31). Ek roep

U aan! Vergewe my die sonde wat

tussen my en U staan. Ek het

berou daaroor, want dit het U

heilige Naam onteer. Was dit weg

met U bloed, Here Jesus.

Here Jesus, ek nooi U as die Here

van my lewe, kom in my lewe om

die beheer van my lewe oor te

neem en my te wederbaar tot ‘n

nuwe skepsel.

U Woord sê: As julle wat sleg is,

weet om goeie gawes aan julle

kinders te gee, hoeveel te meer

sal julle Hemelse Vader julle die

Heilige Gees gee aan die wat

Hom bid:” (Luk. 11:13).

Ek vra U ook om my nou te vervul

met U Heilige Gees en dat dit sal

word soos strome van lewende

water wat uit my binneste kom

(Joh. 7:38) terwyl ek U prys! Ek

verwag om in tale te spreek soos

die Gees aan my gee om uit te

spreek

(Hand. 2:4)”

Begin om God te prys. Spreek die

woorde en klanke wat die Heilige

Gees aan jou gee - nie jou eie taal

nie. Jy moet jou eie stem gebruik.

God sal jou nooit forseer om te

praat nie. Aanbid God elke dag in

tale. Jy sal nooit weer dieselfde

wees nie!

Skakel in by ‘n Geesvervulde-

Woord-gemeente - nie ‘n kerk wat

uit skeuring ontstaan het nie. Laat

jou doop in water (Mark 16:16,

Hand. 2:38) en word deel van God

se familie!

Ons sal graag vir u

behulpsaam wil wees!

Skakel gerus vir past. Piet Smit

022-487 2200

Oorgawe gebed

Page 17: Aptytwekker Julie/Aug 2013

17

♦ WAAR IS BROER GEBORE? Malmesbury ♦ WATTER SOORT WERK DOEN BROER? Verkoopsman ♦ BEOEFEN BROER ’N SPORT? Nee ♦ WAT WAARDEER JY DIE MEESTE IN DIE GEMEENTE? Die feit dat mense omgee vir mekaar.

♦ WIE IS JOU ROLMODEL INDIEN ENIGE? Albert Mathese (Gemeenskaps Leier) ♦ WIE IS BROER SE GUNSTELING GOSPEL SANGER Hillsong ♦ WAT IS JOU GROOTSTE GETUIENIS? Dat die Here my siel gered het.

♦ WAT IS JOU GUNSTELING GEREG? Braaivleis ♦ HOE ONTSPAN JY? Om na sport te kyk. ♦ WAT SOU JY GRAAG WOU DOEN INDIEN MOONTLIK? Om te reis. ♦ WAARVOOR IS JY BAIE DANKBAAR? Vir die blote feit dat die Here my kind bewaar as hy van die een dorp na ’n ander moet reis om by die skool uit te kom.

♦ WAT BEGEER BROER NOG VAN DIE HERE? Dat meer mense hulle harte vir die Here sal gee.

♦ WAT FRUSTREER VIR BROER DIE MEESTE? Mense wat sleg ry.

♦ WAT IS VIR JOU DIE MOOISTE MENSLIKE EIENSKAP? Vergifnis

oOo

ONS STEL BEKENDONS STEL BEKENDONS STEL BEKENDONS STEL BEKEND

Hierdie maand gesels ons met

Andrew Larey

Page 18: Aptytwekker Julie/Aug 2013

18

EPOS INVALGEDAGTE BEDIENING

Het jy toegang tot epos fasiliteit? Jy kan elke weeksdag ‘n kort geïnspireerde boodskap ontvang vanuit die Woord.

Vra vir jou gratis inval gedagte by :corpuschristi@cybersmart. co.za

Wel, waarom ‘n ongehoorsame kind wees, as jy ‘n gehoorsame kind kan wees? Laat hoor van jou en ons sal jou help.

Past. Piet Smit (022-487 2200)

Elke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde in die hemel. Hoekom? Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark. 16:16 en doop ons hulle op Bybelse wyse. Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop.

WIL JY GEDOOP WORD?

Jy het al probeer om jou gewete te stil (1 Pet. 3:21) met allerhande verskonings, maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou verskonings verkeerd.

Page 19: Aptytwekker Julie/Aug 2013

19

Kinderkerk Hoekie

Page 20: Aptytwekker Julie/Aug 2013

20

SWART SWART SWART SWART SAKKESAKKESAKKESAKKE

Ekstra sterk!

Ekstra sterk!

Ekstra sterk!

Ekstra sterk! Probeer my !!!

Probeer my !!!

Probeer my !!!

Probeer my !!!

KontakKontakKontakKontak Hendrik BurgerHendrik BurgerHendrik BurgerHendrik Burger 082 649 4653082 649 4653082 649 4653082 649 4653

BP Atlantic

Verskaffers van GAS en OLIE

asook groothandel DIESEL

Malmesbury Depot Schoonspruitweg 3

P.O. Box 1120 Malmesbury, 7299

Tel: +27 22 482 1967 Fax: +27 22 482 1702

www.bpatlantic.co.za

Vat/BTW reg no: 4770192344 Reg no: 200/026135/07

MMR FINANSIËLE DIENSTE

Adriaan Slabber RFPTM

Onafhanklike Finansiële Adviseur E-Pos: [email protected]

Sel:082 801 1906 Tel: 022 482 1661

Fax: 022 482 2586 Webwerf: www.makelaars.co.za

Drie Gewels Sentrum, Markstraat Malmesbury 7300 Vir betroubare, onafhanklike, Goedgekeurde Finansiële Advies sedert 1992, in Boedel; Aftree; Beleggingsbeplanning, Kortermyn en Mediesefondse

Goedgekeurde Gemagtigde Finansiële Diensteverskaffer FSB Lisensieno. 12017

FSB Lisensieno. 12017