aptytwekker sep okt 2014

20
A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd, Malmesbury, 7300 [email protected] Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200 www.agscorpuschristimalmesbury.co.za September/Oktober 2014 ptytwekker ptytwekker ptytwekker ptytwekker ppetiser ppetiser ppetiser ppetiser NUUS VAN HERDERSPAAR NIKS BEHALWE MANNA NIE SLAANKRAG IN LOFPRYSINGE GRYP DIE DAG AL BRUIS DIE JORDAAN FOTO NUUS ONS STEL BEKEND PROPHETS DIE STEMMETJIE PSALM 23

Upload: janette-smit

Post on 03-Apr-2016

288 views

Category:

Documents


65 download

DESCRIPTION

 

TRANSCRIPT

Page 1: Aptytwekker sep okt 2014

A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd,

Malmesbury, 7300 [email protected]

Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200

www.agscorpuschristimalmesbury.co.za

September/Oktober

2014

ptytwekker ptytwekker ptytwekker ptytwekker

ppetiserppetiserppetiserppetiser

♦ NUUS VAN HERDERSPAAR

♦ NIKS BEHALWE MANNA NIE

♦ SLAANKRAG IN LOFPRYSINGE

♦ GRYP DIE DAG

♦ AL BRUIS DIE JORDAAN

♦ FOTO NUUS

♦ ONS STEL BEKEND

♦ PROPHETS

♦ DIE STEMMETJIE

♦ PSALM 23

Page 2: Aptytwekker sep okt 2014

2

Toe ek in die kerkkantoor kom,

vertel Janette, ons kerk se

sekretaresse, ewe opgewonde oor

die wonder van lente: “Die hele

winter stap ek by daardie boom

verby. Dis morsdood en het net

dooie takke. Al wat dit afgooi is

sulke droë bolletjies. Ek het regtig

gedink die boom is dood en dis

onmoontlik dat daar iets uit of aan

hom kan groei. Maar vanoggend toe

ek daar verbystap, toe sien ek daar

is groen blaartjies wat verskyn en

ek dink by myself: ‘My gom, kan

dit dan wees! Ek kan dit nie glo nie,

maar hier sien ek dit voor my oë!”

Ja, na die lange winter het die lente

gekom en vanjaar is dit vir my ‘n

buitengewone mooi jaar. Oral is

daar ‘n ontwaking. Die surings, die

brandnetels, kiese-bosse en gous-

blomme ens., staan asof versorg

met die beste kunsmis. Dit bly

darem maar ‘n wonderwerk wat net

die Here kan laat gebeur! Vir ‘n

groot deel van die jaar lê die

saadjies daar sluimerend onder die

grond of onder ou blare. Maar dan

na die winterreën ontwaak daar

lewe, waar mens gedink het nie

lewe te vinde is nie.

Jes. 43:19 – “Kyk, Ek gaan

iets nuuts maak; nou sal dit

uitspruit; sal julle dit nie

merk nie?”

Miskien het jy ‘n kennis of ‘n

familie betrekking wat soos daardie

ou droë boom met sy skynbare

dooie takke is. Jy het al so baie

bearbei en die evangelie gedeel en

gebid en die persoon gesmeek om

tog maar sy of haar hart vir die

Here Jesus te gee, maar ongeag jou

pogings, daar is geen beweging nie.

Dis mos ook maar net menslik om

dan te begin wonder: Kan hierdie

mens verander; niks gebeur dan nie.

Maar die lente het ‘n boodskap

vir ons! Die Here se heerlikheid

kan ook in daardie lewens

deurbreek soos lente vir ons weer

vanjaar kom verras het. Mag die

Here, wat die lewe Gewer is,

bonatuurlik ook in daardie harte

werk. Mag jou oë met

verwondering aanskou die groot

dade van die Here. Ja, jou mond

gevul word met gelag by die

redding van diegene vir wil jy al so

lank bid.

(Ps. 126:1, 2 - Toe die Here die lot

van Sion verander het, was ons

soos die wat droom. Toe is ons

mond gevul met gelag en ons tong

met gejubel; ....... Die Here het

groot dinge aan hierdie mense

gedoen.)

Piet en Susan Smit

Page 3: Aptytwekker sep okt 2014

3

Net Net Net Net soos die wêreldreisiger wat al

oral was en alles gesien het, loop hierdie Christen die gevaar om só gewoond te raak aan sy seëninge dat hy nie meer so bly is daaroor soos aan die begin nie.

Emerson het gesê as die sterre net een keer per jaar uitgekom het, sou almal heelnag wakker gebly het om na hulle te kyk. Ons het die sterre al soveel keer gesien dat ons nie eers meer na hulle kyk nie. Ons het gewoond geraak aan ons seëninge.

Toe die Israeliete in die woestyn op pad na die beloofde land was, het hulle ook gewoond geraak aan hulle seëninge en moes God die mense straf (Num. 11). God het die volk elke oggend met manna uit die hemel gevoed, maar die mense het begin moeg word daarvoor. "Maar nou wurg ons," het hulle gesê. "Daar is niks behalwe hierdie manna voor ons nie!" (v. 6). Hulle het elke oggend 'n wonderwerk beleef van hoe God voorsien, maar dit het hulle nie meer geraak nie.

Een van die bewyse daarvan dat

ons ook maar gewoond geraak het aan ons seëninge, is hierdie gewoonte van ons as mense, om te kritiseer en te kla. In plaas daarvan om vir God dankie te sê vir wat ons het, kla ons eerder en sê ons vir Hom ons wens ons het ander dinge gehad. Jy kan maar seker wees daarvan dat as God wel vir ons gegee het waarvoor ons gevra het, ons

uiteindelik ook daaroor sou kla. Iemand wat sy seëninge as vanselfsprekend aanvaar, kan en sal nooit tevrede wees nie.

Nog 'n bewys van hierdie kwaal is die gevoel dat ander mense beter daaraan

toe is as ons. Die Israeliete het gedink aan wat hulle alles in Egipte geëet het en na die komkommers, waatlemoene, preie, uie en knoffel verlang. Wat hulle gesê het, was: "Dit gaan soveel beter met die mense in Egipte as met ons!" Hulle het duidelik van hulle verskriklike lyding as slawe en die gevangenskap waaruit God hulle bevry het, vergeet. Slawerny is 'n hoë prys vir 'n ander dieet.

(Vervolg)

(Ingestuur deur Sonnet van Meyeren)

Page 4: Aptytwekker sep okt 2014

4

Lees wat staan in Jes. 43:19 & 21: Kyk, Ek gaan iets nuuts maak...

Die volk wat Ek vir My geformeer het, hulle sal my lof verkondig.

God het dus iets nuuts gemaak... Hierdie iets is ‘n nuwe soort mense wat Hom sal loof en aanbid. SOOS HY DIT VERLANG Dit sal uitspruit en voortvloei vanaf hulle wat gevul is met die Heilige Gees! Dwarsoor ons land, dwarsoor die wêreld beleef mense en groepe gelowiges hierdie restorasie, hierdie herstel en vernuwing in lofprysinge en aanbidding. Gesigte wat vir baie jare stroef en stug was terwyl hulle tot God gesing het, word vrolik en glimlaggend. Hande wat jare lank styf langs die sye was of gesangboeke moes vashou, kom los! Hulle word geklap as ‘n teken van blydskap in die teenwoordigheid van hulle Here. Hulle word opgehef in aanbidding en uitgereik in oorgawe aan die God wat hulle alles geword het. Halleluja! Dit is dus gepas dat ons, as Nuwe Testamentiese gelowiges, na die Psalms in die Bybel sal gaan om riglyne te ontvang van hoe om heerlike lofprysinge en aanbidding uit ons te laat vloei tot eer van die Here!

Voor ons dit doen wil ek graag aan jou vertel hoe die Here in Sy goedheid my geleer het oor hoe Hy geloof en geprys wil word, toe ek heelwat vrae in my hart hieroor gehad het. Ek was die Saterdagaand by ‘n byeenkoms gehou deur charismatiese Christene waar hulle die Here geloof en geprys het met baie vreugde en handeklap en die opheffing van hulle hande en jubeling. Ek het gevind dat ek hierdie mense se optrede bevraagteken het en baie skepties daarteenoor gestaan het - in die

kerk waar ek destyds aanbid het was hierdie dinge NOOIT gedoen nie. Alles moes baie stemmig en on-emosioneel wees! Soekend het ek tot die Here gebid en gevra of die tipe

aanbidding net vir die sektes is, want dié mense het dan so vry en gelukkig gelyk. In elkgeval, die Sondag-aand kyk ek toe so ‘n bietjie televisie en sien o.a. ‘n kerkdiens wat gebeeldsaai is uit juis een van hierdie kerke waar alles so stemmig en on-emosioneel moet wees. Met lank gesigte is psalms en gesange gesing. Toe vra die Here my: .....

(Vervolg )

(Dr. James Van Zijl)

Page 5: Aptytwekker sep okt 2014

5

EEEE lke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde in die hemel. Hoekom?

Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark. 16:16 en doop ons hulle op Bybelse wyse.

Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop.Jy het al probeer om jou gewete te stil (1 Pet. 3:21) met allerhande verskonings, maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou verskonings verkeerd. Wel, waarom ‘n ongehoorsame kind wees, as jy ‘n gehoorsame kind kan wees?

Laat hoor van jou en ons sal jou help.

Past. Piet Smit 022-487 2200

WIL JY GEDOOP WORD?

SOEK DIE ANTWOORDSOEK DIE ANTWOORDSOEK DIE ANTWOORDSOEK DIE ANTWOORD

VORIGE KEER SE ANTWOORD

Die twee susters van

Dawid was Seruja en

Abigail (2 Sam. 17:25)

Die volgende persone

het die antwoord

voorsien:

Paul Cloete,

Henk v/d Westhuizen,

Maretha Walters,

Wilma Ravens &

Magriet Smit

Sms jou antwoord met jou naam na:

073 447 2902

HIERDIE KEER SE

VRAAG

Wie in die Bybel

het gesê:

“Droefheid sal ek nooit

sien nie.”

Ek het geleer dat jy elke dag moet uitreik

en aan iemand raak.

Mense hou van ‘n warm drukkie

of bloot ‘n kloppie op die rug.

- Maya Angelou -

Page 6: Aptytwekker sep okt 2014

6

GRYPDIEDAG!

Daar is ‘n Latynse spreekwoord: Carpe diem - gryp die dag! Almal van ons droom drome oor wat ons nog ééndag wil vermag - daardie trefferboek skryf, op ‘n wêreldreis gaan, saam met ons gesin die Bolandse berge verken … Soveel mooi en lekker dinge wat helaas maar die meeste van die tyd net drome bly.

En dan, op ‘n dag wanneer dinge

soos siekte of dood oor jou pad

kom, besef jy met ‘n skok: dalk het

ek nog net vandag oor. Vandag kàn

dalk die laaste dag van my lewe

wees.

Elke dag uniek; ons sal dit nooit

heeltemal presies net so kan

terugkry nie. Daarom moet ons elke

dag ten volle benut, alles vandàg

doen wat ons graag wil, en nie dinge

bly uitstel tot “môre” - wat dalk nooit

sal kom nie.

Besluit om vandàg te gryp - om

voluit te lewe. Om dié dinge te doen

wat jy nog altyd graag wou doen.

Dinge met ewigheidswaarde - wat

maak dit nou eintlik saak as jou huis

nie van voor tot agter blink nie.

Lees liewer daardie boeke wat jy

nog altyd gaag wou, gee liefde aan

die mense om jou, gaan kuier by ‘n

vriendin wat jy lanklaas gesien het,

luister na musiek, lees (of skryf!) ‘n

gedig...

Maak tyd vir die talente wat die Here

jou gegee het: dalk kan jy stories

skryf of mooi skilder, koek bak soos

‘n kunstenaar, pragtig blomme

rangskik of sing soos ‘n nagtegaal..

Moenie jou gawes verwaarloos

omdat daar ander mense is wat

hierdie dinge beter as jy kan doen

nie. Gebruik jou spesifieke gawes

vandag tot God se eer en tot

verryking van die mense om jou.

Die Bybel sê dat elkeen van ons ten

minste één gawe gekry het - vind uit

wat joune is, en gryp die dag!

oOo

(Nina Smit)

Page 7: Aptytwekker sep okt 2014

7

Wat moet ek doen wanneer ek

nie lus het vir bid nie?

Gaan na God toe. Gaan sê vir Hom jou hart is koud. Moet dit nie probeer ontken nie. Sê vir Hom jy sukkel. Sê vir Hom jy wil nie bid nie. Vertel vir Hom van jou frustrasies en dat jy sukkel om te glo en dat jy nie weet of Hy jou hoor nie. Vertel vir Hom dat jy in die verlede gebid het en jy ervaar het Hy antwoord nie. As daar bitterheid in jou hart teenoor Hom is omdat jy voel dat jy Hom vertrou het om jou te help en dat Hy jou nie beskerm het toe jy dit nodig gehad het nie, sê dit vir Hom. Moenie iets wegsteek nie. Praat met Hom oor ál jou emosies en gevoelens. Hy weet dit in elk geval, maar dit is nodig dat jy dit erken en dit vir Hom sê. Net deur dit te doen, sal jy al groot bevryding ervaar.

Maar in die tweede plek moet jy tyd maak om na Hom te luister. Vra vir God om met jou te praat. Skryf neer wat jy hoor. Dit sal nie in ‘n hoorbare stem kom nie. Maar deur Skrif-gedeeltes, gesprekke, boeke wat jy lees, indrukke en gedagtes wat na jou toe kom. Vra vir Hom wat daar is wat maak dat jy nie kan of wil bid nie. Vra vir Hom hoekom daar ongeloof in jou hart is. Hierdie proses neem tyd. Neem elke dag spesifieke tyd om op Hom te wag en na Hom te luister. En hou aan om

neer te skryf wat jy hoor. Lees die Bybel.

Nie net ‘n paar verse elke dag nie. Voor jy lees: bid en vra die Heilige Gees om die Woord vir jou oop te breek. Skryf neer wat jy hoor. Laat Hom toe om jou uit die Woord te leer om te bid, opdragte te gee van dinge wat jy moet doen, dinge uit te lig wat jy moet vermy en waarteen God jou waarsku.

Bly in sy teenwoordigheid totdat jy Jesus “gesien” het, totdat jy meer bewus van Hom is as van jou eie hart en van jouself. Bly in sy teenwoordigheid totdat jy niks anders begeer as Homself en sy wil nie. Vra Hom om vir jou elke vorm van self(selfsugtigheid, eiesinnigheid), gierigheid en woede te wys. Bring dit voor Hom en bid vir bevryding.

Praat met Hom en lees jou Bybel totdat Hy sy karakter vir jou wys: sy goedheid, sy liefde vir jou, sy heiligheid, sy regverdigheid en sy almag. Sit by Hom totdat jy weet sy karakter is die waarborg dat jy sy beloftes kan vertrou. Dan sal jou hart nie meer koud wees en nie meer onwillig wees om met God te praat nie.

oOo

(Bennie Mostert)

Page 8: Aptytwekker sep okt 2014

8

(Vervolg vanaf Augustus)

Golwe van dankbaarheid, liefde, lof en eer aan Hom vir sy grote saligheid het spontaan deur my wese gevloei. Hy het mos belowe: ,,Hy wat in My glo, soos die skrif sê, strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.” (Joh. 7:38).

Nietemin was daar ook ‘n mate van frustrasie. Ek kon nie na behoefte uiting gee aan die hemelse gewaarwordings van die werklikheid van ewige verlossing, waardering en aanbidding wat my siel oormeester het nie. My moedertaal was gans te onvoldoende om dit, wat die hemel in my hart uitgestort het, in aardse taal of lof uit te druk! Meer as ‘n jaar later, aan die einde van 1943, het die Here die oplossing gegee. Vir ‘n paar maande het ek die Skrifte in verband met die doping in die Heilige Gees ondersoek. Ek was oortuig dat ek reeds groot salwings van die Heilige Gees ontvang het. Die volle ondervinding was egter nog nie ,afgerond’ nie, derhalwe die

frustrasie hierbo gemeld.

Ek het ernstig die aangesig van die Here vir die volheid van die Gees begin soek. Hy het my genadiglik ontmoet en die krag van die Heilige Gees in my binneste het al sterker geword, saam met dieselfde heerlike, onbeskryflike dankbaarheid, aanbidding en sekerheid van ‘n lewende Verlosser in my binneste. Maar hierdie keer het die Heilige

Gees alle gevoel van frustrasie voorkom deur te gee dat ek in ‘n ander of vreemde taal spreek! (Hand. 2:4). Alleenlik ‘n taal deur die Heilige Gees ingegee kan uiting gee

aan hierdie hemelse gewaarwordinge.

Die Here het my toe baie duidelik laat verstaan dat dit net die begin van ‘n nuwe afmeting van gemeenskap met Hom in gebed was. Dit was glad nie ‘n einddoel nie, soos baie dit helaas beskou, en aan hulle geestelike ontwikkeling skade ly. Dit was die sleutel tot krag en die bonatuurlike.

(Vervolg) volgende maand

AL BRUIS DIE JORDAAN(Deur: Tant Sannie de Ferriers)

Page 9: Aptytwekker sep okt 2014

9

EPOS INVALGEDAGTE BEDIENING Het jy toegang tot epos fasiliteit? Jy kan elke weeksdag ‘n kort

geïnspireerde boodskap ontvang vanuit die Woord.

Vra vir jou gratis inval gedagte by: corpuschristi@cybersmart. co.za

Ek het God nooit gesien nie Maar ek weet Hy bestaan;

Ek het Hom leer ken In jou glimlag spontaan.

Hy’s dus nie onbekend nie - Hy is ‘n realiteit - ‘n Wese vol liefde En vriendelikheid.

Vriend’lik verbygangers Weerspieël die Lig.

Die lieflike skoonheid Van God se gesig.

Die lokkende sterre, Die blaartjie so broos,

‘n Heerlike glimlag, Die ontluikende roos. Die winter en somer,

Ja, elke gety Weerkaats God se liefde _

In alles is Hy. O, ek wens daar was baie

Meer mense soos jy In wie God,

Al hoe meer, Gestalte kan

kry.

Ek Het God Nooit Gesien Nie

(Anoniem)

Page 10: Aptytwekker sep okt 2014

10

FOTO-NUUS

Doop - 20 Julie 2014

Defrost-Talente Aand - 27 Julie 2014

Die Boemelaar families!

Boemelaars Tee - 21 Junie 2014

Henry

Roberts

as die

Boemelaar

speel die

banjo.

Dis nou hoe ‘n boemelaar

se tafel lyk - swartsakke

en papier borde. Spreekster was Katriena Mouton.

Michaela Smit Henk v/d Westhuizen

Links:

Anina

Cloete

met haar

skilderye.

Emile Smit Frikkie ?

Elsabe v/d

Westhuizen

Links:

Theunis

Fourie,

Piet Smit

en Frans

Treurnich

Regs:

Henrieta

en Zelda

Roberts

Stiena Smit

Ivan en

Ingrid

Ghysens Anina v/d

Westhuizen

Keanen

Kotze

Page 11: Aptytwekker sep okt 2014

11

Halfnag van Gebed - 8 Augustus 2014

Bergklim - 2 Augustus 2014

Gesinsdiens - 17 Augustus 2014

Susters ete - 27 Julie 2014

Piketberg Sangmiddag - 3 Augustus 2014

Sang, lofdanse en lofsang. Wat ‘n belewenis!

Strepe was die tema van die aand.

Bestuursraadlid afsondering

27 Julie 2014

Wat ‘n

heerlike

bord

kos.

Paul Cloete word ingeseën

as Bestuursraadlid.

Valery Farmer, Christa

Marais, Ingrid Ghysens,

Piet Smit, Francis Nichol-

son, Ivan Ghysens. Hulle

het tot by die laer grot

geklim langs ‘n stoompie.

Page 12: Aptytwekker sep okt 2014

12

SOMERLIED (Tina Bergh van Zyl)

Die wind hang sy vlerke

Aan die populiere op Speel sy harpe in die toppe

van die bome Die lewe self sing ‘n lied

Die Bosduif groet uit die Bloekomlaan Somer is hier

Vir elke gier ‘n lied Vir die Mier en vir Muskiet

In die sonskyn sing die Sprinkaan In die maanlig die Kriek

Ook die Paddas koor langs die watervoor

Die somer is ‘n lied Die Naaldekokers wedloop oor die

watervlak En laat sirkels silwer en kristalle spat Die Bytjies suig die blomkelkies leeg

Die skoenlappers soen blomkroontjies met vreug Die Tarentaal sit ‘n veer

In sy hoed En skêrsprong deur die wingerd

in die oggendgloed Selfs die bloeisels sing ‘n lied

Want die somer is hier En het sy mildelikheid oor

alles gebied.

Magneties (Stefan Joubert)

Doen voordat jy praat. Wys voordat jy

teregwys. Stap op die Here se pad eerder

as om net daarop te staan. Dit is die

boodskap van Paulus aan die kerk in die

stad Kolosse. Hulle oog moet heeltyd op

Christus wees, soos wat hy in Kolossense

3:2 vertel. Maar dan moet hulle gedrag

tussen ander mense dit wys. Mans moet

hulle vrouens met liefde dien en begelei

— so skryf die apostel in hoofstuk 5.

Ouers moet ook deernisvol teenoor hulle

kinders optree, skryf hy net hierna.

Werkers en werknemers moet in dieselfde

asem groot agting vir mekaar hê en

mekaar met respek behandel. Nugterheid

en vriendelikheid moet gelowiges se

lewens van begin tot einde kenmerk.

Geloof wat magneties is, is nie hard of

veroordelend volgens Paulus nie. Egte

geloof groei altyd uit harte wat sag

gemaak is met die liefde van Christus.

Gelowiges word dus sagter, wyser en

meer ontfermend namate hulle op sy pad

stap. Altans, so is dit veronderstel om te

wees. Dalk kort ons almal weer ’n dosis

van Kolossense se wysheid. Dan sal ons

harte sag genoeg word om al die

beskikbare spasie aan God se eer en sy

belange af te staan (Kol 3:17 en 23).

~ ~ ~

Page 13: Aptytwekker sep okt 2014

13

♦ WAAR IS JY GEBORE? Parow in die Kaap.

♦ WATTER SOORT WERK DOEN JY? Haarkapster

♦ HOE SPANDEER JY JOU VRYE TYD? Hou my besig met die Here.

♦ WAT WAARDEER JY DIE MEESTE IN DIE GEMEENTE? Hulle liefde.

♦ AS JY ‘N BYBELKARAKTER KON NOOI WIE SOU DIT WEES, WAT SOU JULLE EET & WAAROOR SOU JULLE GESELS?

DAWID, ons sal gesonde kosse eet, Bybelse kosse en gesels oor hoe goed die Here vir ons is.

♦ NA WATTER MUSIEK LUISTER JY GRAAG? Enige Gospel

♦ WAT IS DIE GROOTSTE WONDER WAT DIE HERE AL IN JOU LEWE GEDOEN HET?

Die dag toe die Here my lewe kom red het en my hele lewe kom omswaai het.

♦ WAT BEGEER JY NOG VAN DIE HERE? Die Here moet nommer een in my gesin wees.

♦ WAT SOU JY GRAAG VIR DIE HERE WOU DOEN INDIEN MOONTLIK? Als wat in my is om vir die Here te gee.

♦ WAARVOOR IS JY BAIE DANKBAAR? Oor my gesondheid.

♦ WATTER EIENSKAP IN JOU LEWE FRUSTREER VIR JOU DIE MEESTE? Ongeduld!

♦ WAT SIEN JY AS DIE MOOISTE MENSLIKE EIENSKAP? Eerlikheid

♦ WAT LAAT JOU GLIMLAG? My kinders.

♦ WAT SIEN JY AS DIE SIMBOOL VAN CHRISTENSKAP? Die kruis.

ONS STEL BEKENDONS STEL BEKENDONS STEL BEKENDONS STEL BEKEND

Hierdie maand gesels ons met

Deidré Huysamen

Page 14: Aptytwekker sep okt 2014

14

Vriendskap (1)

Vraag:Vraag:Vraag:Vraag:

Kan jy Kan jy Kan jy Kan jy

vir my vir my vir my vir my

vyf vyf vyf vyf

mooi mooi mooi mooi

van van van van

goeie goeie goeie goeie

vriende vriende vriende vriende

noem?noem?noem?noem?

(past. Piet Smit)

ANTWOORD:

Vriende Bid Vir Mekaar

As gelowiges is dit seker die mooiste en belangrikste ding wat ons vir mekaar kan doen. Die wêreld se mense sal al die ander mooi eienskappe van egte vriendskap hê, maar hulle sal weinig vir mekaar bid indien ooit. Hulle sal saam kuier en voortdurend kontak hê, maar hulle bid nie vir mekaar nie. Maar as gelowiges, moet ons mekaar dra in gebed. Daar is gelowige vriende wat ek een keer in die jaar sien, maar voortdurend bid ons vir mekaar. Hulle sê altyd: "Ons kan nie mekaar elke dag sien nie, maar ons kan elke dag vir mekaar bid."

Tydens ons verlof gaan eet ons by 'n plek in die Strand. Ons het skaars gesit of iemand noem my naam net agter

my. Ons het 11 jaar laas regtig kontak gehad. Ons vriendskap kom uit die dae toe ons nog saam by Pinkster Park konferensies gehou het. Van die eerste dinge wat hierdie vriend sê: "Ek bid nog steeds vir jou." Maak erns met die woorde van die Skrif vir jou vriende as dit sê (Jak. 5:16): "Bid vir mekaar."

Vriende Bou

Mekaar Op

Ons almal hoor genoeg afbrekende en krenkende dinge elke dag. Dus, moet ons nie ook nog ons vriende oorval met negatiewe dinge en hulle voor stok kry oor een of ander ietsie wat hulle sou verkeerd gedoen het nie. Ons tye saam moet opbouend wees. (Getroudes moet nou kennis neem - getroudes is veronderstel om die

beste vriende te wees!) 1 Thess. 5:11 geld ook vir vriende: "Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen." Die Nuwe Vertaling is so mooi: "Praat mekaar moed in en versterk mekaar ..."

Wanneer ek positiewe kommentaar oor vriende hoor, is ek vinnig om dit vir hulle oor te vertel. Maar negatiewe kommentaar hou ek vir myself, want ek weet as my vriend dit moet hoor, sal dit hom of haar dae neem om daar oor te kom en sal dit vir hom of haar 'n paar nagte se wakker lê kos.

Wat verhinder jou om sommer nou 'n sms of epos boodskap te stuur of selfs 'n telefoon oproepie te maak om 'n vriend of vriendin te bemoedig en op te bou?

oOo

eins

kapp

eei

nska

ppe

eins

kapp

eei

nska

ppe

Page 15: Aptytwekker sep okt 2014

15

But this shall be the covenant that I will make with the house of Israel; After those days, saith the Lord, I will put my law in their inward parts, and write it in their hearts; and will be their God, and they shall be my people. (Jer. 31:33)

When Jesus appeared to me and told me to teach His people how to be led by the Spirit, He stated, "I didn't set prophets in the Church to guide people. The New Testament does not say, 'As many as are led by prophets, they are the sons of God.' "New Testament believers," Jesus told me, "should not seek guidance through prophets. The prophets of the Old and the New Testaments are similar in some ways. Both see and know things supernaturally. But in the Old Testament, the people did not have the Spirit of God in them, or on them. They had a promise of the New Birth, but they didn't have it. "So, if they were to be led by the Spirit, they had to go to someone who was anointed with the Spirit. But under the New Covenant, every believer has the Spirit of God. They don't have to go to anyone to seek guidance. The only thing the prophet's ministry may do in this area under the New Covenant, is to confirm something someone already has. And if it doesn't confirm something you already have in your spirit, forget it!" Confession: For as many as are led by the Spirit of God, they are the sons of God. God leads me!

oOo

Prophets

(Kenneth E. Hagin)

Page 16: Aptytwekker sep okt 2014

16

(Vervolg vanaf Augustus)

’n Hele paar jaar terug het ek aan iemand iets gesê, in die tye wat die stemmetjie nog nie so hard binne my gepraat het nie, wat my tot vandag toe ry. Hoekom? Omdat toe ek my standaarde begin regkry, het ek dit wat ek gedoen het begin meet aan dit wat God van my verwag! Ek het vir daardie persoon ’n naamlose brief geskryf, lafhartig, ja, maar die inhoud het beslis die nodige verraai van wie af dit kom. Al was dit nie alleen my skuld nie kan ek tot vandag toe nog nie glo dat ek so gewetenloos was om dit vir ’n persoon te sê nie. Die persoon het ook dus jare later erken dat sy geweet het ek het die brief geskryf. Twee ander persone het dieselfde brief gekry, want ek wou ook aan hulle die boodskap van vergifnis oordra.

Die Heilige Gees wat God gegee het, versterk die weergeborene se gewete.

Dit was die ongelooflikste dag toe

die Heilige Gees vir my in swaar tye gesê het: “Hou uit! God is aan jou kant!”

‘n Mens se gewete. Ek glo dit is die beste ding ooit wat God aan die mens gegee het, want dit laat jou onderskei tussen goed en sleg, dit laat jou om

vergifnis vra wanneer dit jou aankla wanneer jy iemand te na kom, dit laat jou jou lewens-patroon meet aan wat God aan jou voorgeskryf het en wanneer jy daarvan afdwaal

en ’n verkeerde besluit neem kan jy met die grootste vrymoedigheid na jou Vader gaan en om vergifnis smeek as jy opregte berou het en dan net jou uiterste bes doen om nie weer gewetenloos op te tree nie. Dit klink ook makliker gesê as gedaan, maar as jy hierdie twee reëls in jou lewe neem en dit jou eie maak is ek seker jou gewete sal jou so min as moontlik in die steek laat.

(Vervolg )

(Elsabe v/d Westhuizen)

Page 17: Aptytwekker sep okt 2014

17

'n Beroemde akteur is eenkeer uitgenooi as eregas na 'n dinee by 'n aftree-oord. Na die ete was daar verskillende lofbetuigings oor die akteur se roemryke loopbaan en ten slotte is hy gevra om iets voor te dra. Hy het gevra of daar 'n spesiale versoek uit die gehoor is. Die mense was maar skaam en ook nie so bekend met sy repertoire nie.

Toe staan 'n ou dominee op. "Sal u nie vir ons Psalm 23 voordra nie? " Die akteur was effens uit die veld geslaan - want hy was eintlik bekend vir sy vertolking van Shakespeare - maar net vir 'n oomblik. "Met plesier," sê hy sjarmant. "Ek dink ek ken nog die woorde."

Toe hy met sy pragtige stem en suiwer intonasie begin voordra, het die gehoor aan sy lippe gehang. Nog nooit het die klanke van die bekende Psalm so melodieus op hul ore geval nie.Toe hy klaar was, het spontane applous losgebars.

Baie dankie, baie dankie. " Die akteur was amper aangedaan deur die gehoor se waardering vir sy poging. Spontaan sê hy: "Maar nou wil ek graag ‘n guns vra. Sal die persoon wat die Psalm versoek het, dit nie ook vir ons voordra nie?" "Ek?" vra die bejaarde Godsman verbaas. "Ek weet niks van die voordragkuns nie. En my stem is al taamlik treurig. Maar as u dit as 'n guns vra, kan ek nie weier nie. " Die akteur beduie dat hy moet vorentoe kom, maar die ou man glimlag: "Toe maar, ek staan sommer hier by my sitplek." Toe begin hy met sy ietwat krakerige stem voordra. Aan die einde van die Psalm was daar geen applous nie, maar die hele gehoor het met geboe hoofde gesit en geen oog was droog.

"Sien julle die verskil?" vra die akteur, self bewoe. "Ek het julle oë en ore bereik, maar hierdie man het julle harte geraak. Want sien, ek ken Dawid se Psalm, maar hy ken die Herder....”

Wow!

~oOo~

Psalm 23

Page 18: Aptytwekker sep okt 2014

18

Laat julle liggie skyn. (Anne-Beth)

Jannie sien hoe die oom sommer op die gras langs hom gaan sit. Hy wys met sy hand na ’n polletjie gras langs hom en nooi Jannie om langs hom te kom sit. Jannie gaan langs die oom sit. Hy kyk op in die oom se oë. Dit lyk so vriendelik en sag. Hy voel glad nie bang nie. Soos met ander vreemde ooms nie. Hulle lyk altyd so kwaai en onbeskof veral die wat in die woonstelle bly. Elke aand hoor hy hoe die ooms op die tannies raas en skree. Partykeer hoor hy ook goed breek. Dan word hy baie bang. Dan begin Jannie die oom vertel van sy pa en die huis. Die vuil woonstelle en die kwaai tannie. Van die ooms wat so raas en skel en hoe bang hy is. Hoe sy mamma baie aande wanneer sy dink hy slaap lê en huil. Van die kinders wat hom spot omdat hulle arm is en hoe hulle hom boelie. Van liewe Jesus wat nie van hom hou nie anders sou hy nie al

hierdie lelike ding met hom laat gebeur het nie. Die man langs hom sit sy hand op sy skouer en druk dit sag sê: “ Jannie, jy moet altyd onthou dat Jesus baie lief is vir jou en dit is nie jou skuld dat al hierdie dinge gebeur het nie. Mense maak besluite sonder dat hulle dink hoe seer ander mense mag kry, maar Jesus sien al hierdie dinge wa t gebeur. Jannie weet jy wat ’n tonnel is? “Ja, oom ons het altyd deur een gery met die trein as ons vir ouma in die Karoo gaan kuier het.” “Nou Jannie, in ’n tonnel is dit mos vreeslik donker en dit word al hoe donkerder hoe dieper ’n mens gaan. Maar aan die ander kant raak dit weer ligter tot ’n mens weer die skerp lig kan sien. Kan jy onthou.” “Ja, oom ek kan. Ek onthou nog hoe bang ek geword het omdat dit so donker was Dan het ek mamma se hand styf vasgehou en was baie bly as dit

weer lig was aan die ander kant.” Sien Jannie jou lewe is op die oomblik soos daardie tonnel. Donker en ja iemand hou jou hand vas terwyl jy daar is. Jy voel dit maar net nie omdat jy te hartseer is om dit agter te kom. Weet jy wie dit is, Jannie. Dit is liewe Jesus. Hy is elke dag saam met jou. Partykeer is ’n mens se seer net te groot om te sien. Dan wil jy nie sien nie. Jy voel net die seer. Dan hou Jesus maar net jou hand vas tot die seer beter en beter word. Jy sal sien een van die mooi dae sal dit ligter word in jou tonnel.” Die skoolklok lui agter Jannie en hy kyk om. Ek moet nou gaan oom, sê Jannie en kyk na waar die oom langs hom sit, maar die oom is nie meer daar nie. Jannie spring op en kyk rond maar hy sien die oom nêrens nie. Jannie loop in die rigting waar die kinders in die rye staan.

(Vervolg)

Page 19: Aptytwekker sep okt 2014

19

As jy God werklik wil ken en ‘n lewe van oorgawe wil leef, bid dan die

volgende gebed met jou hele hart:

“Hemelse Vader, ek kom na U in die Naam vanvan die Here Jesus!

U Woord sê: “Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered

word (Rom 10:31). Ek roep U aan! Vergewe my die sonde wat tussen

my en U staan. Ek het berou daaroor, want dit het U Heilige Naam

onteer. Was dit weg met U bloed, Here Jesus.

Her e Jesus, ek nooi U as die Here van my lewe, kom in my lewe om

die beheer van my lewe oor te neem en my te wederbaar tot ‘n nuwe

skepsel.

U Woord sê: As julle wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle

kinders te gee, hoeveel te meer sal julle

Hemelse Vader julle die Heilige Gees gee

aan die wat Hom bid:” (Luk. 11:13).

Ek vra U ook om my nou te vervul met U

Heilige Gees en dat dit sal word soos

strome van lewende water wat uit my

binneste kom (Joh. 7:38) terwyl ek U prys!

Ek verwag om in tale te spreek soos die

Gees aan my gee om uit te spreek (Hand. 2:4)

”Begin om God te prys. Spreek die woorde en klanke wat die

Heilige Gees aan jou gee - nie jou eie taal nie. Jy moet jou eie stem

gebruik. God sal jou nooit forseer om te praat nie. Aanbid God elke dag in

tale. Jy sal nooit weer dieselfde wees nie!

Skakel in by ‘n Geesvervulde-Woord-gemeente - nie ‘n kerk wat uit

skeuring ontstaan het nie. Laat jou doop in water (Mark 16:16, Hand. 2:38)

en word deel van God se familie!

Ons sal graag vir u

behulpsaam wil wees!

Skakel gerus vir past. Piet Smit

022-487 2200

OORGAWE GEBED

Page 20: Aptytwekker sep okt 2014

20

Bo: Die “link” na ons facebook blad.

Advertensies

Indien jy wil adverteer in ons maandelikse

Aptytwekker kontak:

022-487 2200

@ net R25 per maand

VARS ORGANIESE HOENDERS

Plaashoenders (Free Range)

wat o rganies gevoed word.

Geen hormone en antibiotika.

Plaas u bestelling en dit word tuis

af gelewer.

Kontak Cecilia Hoon

073 4388 949

[email protected]

⇒ Morgan Leander - Oupa

⇒ Natie v/d Merwe - Broer

⇒ Wynand Nortier - Broer

⇒ Stina Smit - Suster

⇒ Naasbestaandes van

Schalk Smit

MET ‘N DOELMET ‘N DOELMET ‘N DOELMET ‘N DOEL

Onthou, elke fout wat u in hierdie uitgawe mag vind,

is daar geplaas met ‘n doel. Daar is diegene wat altyd

soek vir ‘n ou foutjie. Ons wil graag almal bedien en hulle nie teleurstel nie!!!

oOo

Ons onderskat te dikwels die krag van ‘n aanraking,

‘n glimlag, ‘n vriendelike woord, ‘n oor wat luister, ‘n eerlike kompliment of die

kleinste deernisvolle daad, almal met die potensiaal om

‘n lewe om te keer.

- Leo Buscaglia -

Wat ‘n mooi ou

krematartboom. Hier

staan kameelperd

met sy lang nek

tussen die takke.

Foto’s:

Martin Slabber