zawouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2015/01/nuusbrief-24-28-julie-2017.pdf · asseblief moet...

12
Nuusbrief 24 Vrydag, 28 Julie 2017 www.wouwtjies.co.za Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847 Jy kan ook op ons voorblad adverteer! Kontak: [email protected] LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie. 17 OKTOBER

Upload: others

Post on 18-Jan-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: zawouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2015/01/Nuusbrief-24-28-Julie-2017.pdf · asseblief moet aandui watter feestoernooie hul kinders kan bywoon. Hierdie getalle word gebruik vir

Nuusbrief 24 Vrydag, 28 Julie 2017 www.wouwtjies.co.za Deystraat Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847

J

y k

an

ook o

p o

ns

voorb

lad a

dve

rtee

r!

Kon

tak:

lisa

@w

ou

wtj

ies.

co.z

a

LW

: P

rod

ukte

/Die

nst

e h

ier

gea

dver

teer

wo

rd n

ie n

ood

wen

dig

deu

r d

ie s

ko

ol

gek

on

do

nee

r n

ie.

17 OKTOBER

Page 2: zawouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2015/01/Nuusbrief-24-28-Julie-2017.pdf · asseblief moet aandui watter feestoernooie hul kinders kan bywoon. Hierdie getalle word gebruik vir

2

2

PERSONALIA Me. Anne-Marie Lubbe

Me. Anne-Marie Lubbe tree eerskomende Dinsdag, 1 Augustus af ná 25 jaar

getroue diens by Laerskool Anton van Wouw. Me. Lubbe het in 1992 by Laerskool

Anton van Wouw begin, waar sy verantwoordelik was vir die mediasentrum sowel

as die onderrig van Afrikaans.

Ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om Me. Lubbe hartlik te bedank vir

die jare wat sy verbonde was aan Laerskool Anton van Wouw. Me. Lubbe se liefde

vir boeke en vir Afrikaans sal ons altyd bybly. Die fondasie wat sy by die kinders

gelê het is van onskatbare waarde. Die vaardighede wat Me. Lubbe by duisende

kinders ontwikkel het, kan nooit gering geskat word nie.

Ons wens vir me. Lubbe ’n wonderlike aftrede toe, mag u net geluk, vreugde en

vrede ervaar in die nuwe lewensfase wat nou vir u voorlê.

Die skool verdaag eerskomende Maandag, 31 Julie om 12:30, omdat daar ‘n

afskeidsfunksie vir Me. Lubbe gehou word.

Die naskoolleerders verdaag om 12:30 na die naskool toe. Daar sal wagklasse

gereël word vir leerders wat nie om 12:30 afgehaal kan word nie. Sportoefeninge

gaan soos normaalweg voort. Alle krieketseuns van o.9-o.13 moet asseblief nie

huistoe gaan nie, aangesien daar spesiaal ’n krieketkliniek vir die seuns gereël

word, vanaf 12:30. Die krieketseuns moet om 12:30 aanmeld by die krieketnette.

Page 3: zawouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2015/01/Nuusbrief-24-28-Julie-2017.pdf · asseblief moet aandui watter feestoernooie hul kinders kan bywoon. Hierdie getalle word gebruik vir

3

3

Klerebank-winkel (Tweedehandse skoolklere)

Winterhemde (seuns en dogters) op uitverkoping vir R10, slegs vir 2 weke,

vanaf Maandag 31 Julie – Vrydag 11 Augustus.

Voornemende Gr. 1-ouers vir 2018, kom kyk gerus vroegtydig vir goeie,

bruikbare skoolklere vir 2018. Baie beperkte voorraad vir Gr. 1’s.

GRAAD 1-INSKRYWINGS: 2018 Alle ouers wat hulle kinders ingeskryf het vir Graad 1 in 2018 sal kennis ontvang

van die Departement dat u aanvaar is by ons skool.

U behoort vanaf Maandag ’n SMS te ontvang. U moet asseblief self ook op die

stelsel ingaan en die plasing aanlyn aanvaar. Indien die stelsel wys dat u suksesvol

aanvaar is by ’n ander skool en Anton van Wouw se naam verskyn nie daar nie,

moet u asseblief met Me. Simoné Wallace in verbinding tree, sodat ons u

behulpsaam kan wees om die verandering te maak.

Alle ouers moet ook seker maak dat die lys van vorms wat verlede kwartaal aan u

verskaf is, by die skool ingehandig word.

KWARTAALBEPLANNING Vir u gerief heg ons ‘n kalender by hierdie Wouwtjienuus aan. Dit bevat al

die datums en inligting rondom die kwartaal se aktiwiteite.

Ons sien uit na ‘n besige kwartaal saam met ons personeel, ouers en

leerders!

Page 4: zawouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2015/01/Nuusbrief-24-28-Julie-2017.pdf · asseblief moet aandui watter feestoernooie hul kinders kan bywoon. Hierdie getalle word gebruik vir

4

4

Baie geluk aan die volgende leerders met hul pragtige kultuuruitslae:

Naam Instansie Kategorie Simbool

Ethel Coetzee

Pta. Eisteddfod Blokfluit Snelstudie A++ Kategoriewenner

Pta. Eisteddfod Eksamen voordrag-program Gr.4

A++ Kategoriewenner

Pta. Eisteddfod Concerto 12 en onder

A++ Kategoriewenner

Pta. Eisteddfod Modern 12 en onder A++ Kategoriewenner

Pta. Eisteddfod Voor-Klassiek 12 en onder

A++ Kategoriewenner

Pta. Eisteddfod Bladlees Graad 4 A+

Pta. Eisteddfod Blokfluit Schoerd Shuch Wisseltrofee

Beste Blokfluit Concerto

Pta. Eisteddfod Blokfluit Czardas Wisseltrofee

Mees belowende Jnr. Blokfluitspeler

Pta. Eisteddfod Blokfluit Pryswennerskonsertoptrede

Akrobaat: Interprovinsiaal

Akrobaat 9,33 Dring deur na SA top 10

Kiki Butler

Akrobaat SA's Akrobaat 9.2

Delano Kemp UNISA Klavier Voorgraad 1 Bo 80% Onderskeiding

Chante Kemp Trinity Eksamen Klavier 87% Onderskeiding

Amy Cross Pta. Eisteddfod Rolprent Musiek-blyspel

A+

Page 5: zawouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2015/01/Nuusbrief-24-28-Julie-2017.pdf · asseblief moet aandui watter feestoernooie hul kinders kan bywoon. Hierdie getalle word gebruik vir

5

5

Anton van Wouw

Seniorkoor, AHMP

Angeli koor en

JAK DE PRIESTER!

Page 6: zawouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2015/01/Nuusbrief-24-28-Julie-2017.pdf · asseblief moet aandui watter feestoernooie hul kinders kan bywoon. Hierdie getalle word gebruik vir

6

6

BELANGRIKE INLIGTING

ALGEMEEN

Baie welkom terug, aan al ons leerders, onderwysers en ouers na ’n heerlike

vakansie. Ons vertrou dat u almal goed uitgerus het en gereed is, vir ’n baie

opwindende, besige derde kwartaal.

Ons verskaf graag in hierdie Wouwtjienuus ’n uiteensetting van al die

derde kwartaal se aktiwiteite aan u.

OUERAAND

Eerskomende Dinsdag, 1 Augustus word u hartlik uitgenooi na ons oueraand.

Om die aand te vergemaklik, heg ons ‘n kaart van die verskillende lokale by

hierdie Wouwtjienuus aan.

Neem asseblief kennis van die volgende reëlings:

Gr. 1-3: Afsprake op uitnodiging: 16:00–17:00: Personeel gaan by hierdie

geleentheid ouers spesifiek uitnooi om op ‘n afgespreekte tyd te kom gesels,

indien hulle dit sou nodig ag. Beskou asb. hierdie afsprake in ‘n ernstige lig en

doen asb. moeite om u kind se juffrou te kom sien, indien sy u sou uitnooi.

Oop tyd: 17:00 – 17:30. Indien u nie spesifiek uitgenooi is nie, is u welkom om

tydens die oop tyd by u kind se klasonderwyser in te loer.

Gr. 4 Afrikaans, Engels en Wiskunde: Ouers kan reeds van 17:00 die

onderwysers in die betrokke klasse besoek. Hierdie oueraand word om 17:40 vir

twintig minute onderbreek, vir ’n belangrike vergadering in die saal.

Page 7: zawouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2015/01/Nuusbrief-24-28-Julie-2017.pdf · asseblief moet aandui watter feestoernooie hul kinders kan bywoon. Hierdie getalle word gebruik vir

7

7

BELANGRIKE INLIGTING

Gr. 4-7 oueraand begin amptelik om 18:00 -19:30 in die klasse, maar indien u

kind enige van die volgende rekenaarspeletjies speel word u vriendelik versoek

om 17:40 in die saal te wees, waar baie belangrike inligting rakende hierdie spe-

letjies met u gedeel gaan word. Die inligting wat met u gedeel gaan word, is

slegs vir ’n volwasse gehoor bedoel en daarom versoek ons dat geen kinders

hierdie aanbieding sal bywoon nie.

Die rekenaarspeletjies is:

GTA – Grand theft auto V and VI World of Warcraft

Hatred Mortal Combat X

Walking Dead Battlefield

Dying Light Mad Max

The order: 1886 The war Z

Final Destination Call of duty black ops

Metal Gear solid 5 Dark souls

Final fantasy Grand gangsters

Until dawn Blood Bourne

The last us Ride to hell

Wouwtjiegroete

Page 8: zawouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2015/01/Nuusbrief-24-28-Julie-2017.pdf · asseblief moet aandui watter feestoernooie hul kinders kan bywoon. Hierdie getalle word gebruik vir

8

8

SKIET Rouxhan Rossouw (Gr. 6) is lid van die Junior SA Jagtersvereniging aan die Oos-Rand. Hy het die volgende prestasies behaal: 1 x silwer en 1 x goud: windbuks (pellet) skiet 1 x silwer en 1 x goud: .22 geweer skiet. Rouxhan is gekies om later vanjaar aan die Nasionale Junior Jagter-sportskietkampioenskappe in Welkom deel te neem. Hartlik geluk, Rouxhan! Hou so aan.

BOOGSKIET Ons is baie trots op een van ons oud-Wouwtjies, Lourens Myburgh, wat onlangs Proteakleure in boogskiet verwerf het. Lourens sal Suid-Afrika later vanjaar in Argentinië verteenwoordig tydens die Youth World Archery Championships.

Page 9: zawouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2015/01/Nuusbrief-24-28-Julie-2017.pdf · asseblief moet aandui watter feestoernooie hul kinders kan bywoon. Hierdie getalle word gebruik vir

9

9

MINI-HOKKIE

BELANGRIKE VERSOEK:

Geen kind mag voor of ná ‘n oefening op sy eie, of saam met maats, met ‘n

hokkiestok en -bal speel nie. Wag asseblief vir die afrigters om die oefening

amptelik te begin.

Om ongelukke en beserings te voorkom, nog voordat die oefening

plaasgevind het, versoek ons dat kinders die onderskeie wagklasse bywoon

tot 13:30. Dit laat genoeg tyd vir kinders om aan te trek en betyds te wees

vir die oefening.

BELANGRIKE DATUMS:

4 en 5 Augustus: Kliniek aangebied deur buite-afrigters. Sien kommu -

nikeerder vir inskrywingsvorm en verdere inligting.

12 Augustus: Feestoernooi by Midstream Ridge.

26 Augustus: Feestoernooi by Laerskool Menlopark.

2 September: Feestoernooi by Laerskool Tygerpoort.

9 September: Feestoernooi by Southdowns College.

SKEURSTROKIE:

Elke speler ontvang Vrydag ‘n aparte brief met skeurstrokie, waarop ouers

asseblief moet aandui watter feestoernooie hul kinders kan bywoon. Hierdie

getalle word gebruik vir inskrywings van die onderskeie toernooie. Ons vra

dus dat ouers asseblief sal volstaan by die inligting wat hul aangedui het op

die skeurstrokie. Alle skeurstrokies moet asseblief teen Dinsdag, 1 Augus-

tus by die onderskeie afrigters ingegee word.

Page 10: zawouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2015/01/Nuusbrief-24-28-Julie-2017.pdf · asseblief moet aandui watter feestoernooie hul kinders kan bywoon. Hierdie getalle word gebruik vir

10

10

Koorfees- Laerskool Anton van Wouw

Laerskool Anton van Wouw het Woensdagaand ’n skitterende koorfees aangebied... ’n fees van musiek wat almal wat teenwoordig was terdeë ge-niet het! Die aanbieding en verloop van die fees was stylvol en profes-sioneel. Die professionele kunstenaars was uitstekend en die afwisseling met koorsang het meegehelp om hierdie ’n onvergeetlike spoggeleentheid te maak. Baie dankie aan die volgende persone wat so hard gewerk het om van ons koorfees ’n reuse sukses te maak: Dr. Riekie van Aswegen – Dirigent van junior koor en organiseerder van

die koorfees Karien Kromhout – Koorfeeskoördineerder, borge en reël van Anna Davel Karin van Rooyen – Koorfeeskoördineerder Annelize McDonald en Joné Vermaak vir die dekor en blomme by die onthaal. Minette de Beer – Fotograaf Lua Visagie en Alinda Taute vir borge Celia Louwrens wat gehelp het met CD-verkope Al die Wouwtjie-ouers wat gehelp het met borge, die onthaal en

verversings Dalende du Plessis - skenking en voorbereiding van kerrie-en-rys Anja van der Walt – skenking en voorbereiding van worsbroodjies en

soetgoed Natasha Louw vir koorbankies en logistieke reëlings Die koorkomitees van die onderskeie kore. Die volgende personeel van Laerskool Anton van Wouw: Liezel Botha, Ané Friedrich, Elmien Logan, Annemarie Swart, Rohan

Janse van rensburg , Regardt Bezuidenhout, Jeandre Jones, Zanelle van der Merwe, Elrika Bierman, Marlene Klopper, Monique de Villiers, Johani Strauss, Gerda Jacobs, Lisa Potgieter, Amelia Robberts, Simoné Wallace, Ané van Loggerenberg, Petro van Wyk, Anita Fourie, Lea Ludick, Aylisa Nel.

Soos u kan sien was baie mense betrokke om van dié produksie ’n sukses te maak. Voorwaar ’n spanpoging om op trots te wees!

Page 11: zawouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2015/01/Nuusbrief-24-28-Julie-2017.pdf · asseblief moet aandui watter feestoernooie hul kinders kan bywoon. Hierdie getalle word gebruik vir

11

11

Jy kan ook hier adverteer! Kontak: [email protected]

LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

BEKOSTIGBARE SELFSORG VAKANSIE/SOUTHBROOM SUID.

BINNE & BUITE SEISOEN. GERIEFLIKE GROOT WONING - SLP 4-6. 2 VOLLE

BADK & KOMB MET SKOTTELGOEDWAS-SER & WASMASJIEN, SIT/TV KAMER

MET DSTV (BEPERKTE KANALE) EETKAMER

KONTAK EIENAAR MARINDA GEERDINK : 0829752488

Prestigepark Retirement Village 96 square meter. Two bedroom,

two bathrooms, under cover parking, excellent security, 24 hour care unit, restaurant. Person must be over 55 years of age. Two people per

apartment. Occupation 1 September. Long term rent. R4900 pm .

Deposit R4900. To Purchase:R500 000

Contact:083 602 7738

DR YOLANDA GOUS

TANDARTS 012 346 4505 Nicolsonstraat 270

Brooklyn NUWE INGANG

VIA RUPERTSTRAAT

(BROOKLYN VILLAGE)

Mondskerms Tandbleiking

VARS PLAASEIERS/FRESH FARM EGGS

R38.00 LARGE (30) (51-58 GRAM) R45.00 XTRA LARGE (30)

(59-65 GRAM) R55.00 JUMBO (30)

(66-75 GRAM) Whatsapp Amelia: 083 2293 511

Verjaarsdagkoeke en Cupcakes

Whatsapp ‘n foto

en ek bak dit vir jou teen bekostigbare pryse!

Petro: 082 4428 099

Page 12: zawouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2015/01/Nuusbrief-24-28-Julie-2017.pdf · asseblief moet aandui watter feestoernooie hul kinders kan bywoon. Hierdie getalle word gebruik vir

12

12