iederark aug.pdfwoensdag oorlede is aan malaria; die ou chief se vrou wat ook woensdag oorlede is....

8
30 Augustus 2015 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 Kerkkantoor Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za Epos [email protected] Sendingkantoor [email protected] Jeugkantoor [email protected] Wat gebeur DV hierdie week….…… Sondag 30 Augustus Gebedskrygers Oggenddiens Sondagskool Koffiediens Tienerdiens 07:30 09:15 17:30 Maandag 31 Augustus Gebedskrygers Gemeentebestuur 07:00 18:00 Dinsdag Lentedag 1 September Gebedskrygers TRIBE C (Gr 1-5) Plugged in (Gr 6-7) 07:00 16:00 18:00 Woensdag 2 September Gebedskrygers Growth Point 07:00 18:30 Donderdag 3 September Gebedskrygers 07:30 Vrydag 4 September Gebedskrygers Vroue gebed 07:00 09:00 Gebedskrygers Manne bid-uur 06:30 07:00 Saterdag 5 September Uitgawe 30/2015

Upload: others

Post on 13-Oct-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Iederark Aug.pdfWoensdag oorlede is aan Malaria; Die ou Chief se vrou wat ook Woensdag oorlede is. Bure wat op die oomblik in die Kaap is. Vir veilige terugrit . Pieter moes vandag

30 Augustus 2015

Iederark

Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 Kerkkantoor Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za Epos [email protected] Sendingkantoor [email protected] Jeugkantoor [email protected]

Wat gebeur DV hierdie week….……

Sondag 30 Augustus

Gebedskrygers Oggenddiens

Sondagskool Koffiediens Tienerdiens

07:30 09:15

17:30

Maandag 31 Augustus

Gebedskrygers Gemeentebestuur

07:00 18:00

Dinsdag Lentedag 1 September

Gebedskrygers TRIBE –C (Gr 1-5) Plugged in (Gr 6-7)

07:00 16:00 18:00

Woensdag 2 September

Gebedskrygers Growth Point

07:00 18:30

Donderdag 3 September

Gebedskrygers

07:30

Vrydag 4 September

Gebedskrygers Vroue gebed

07:00 09:00

Gebedskrygers Manne bid-uur

06:30 07:00

Saterdag 5 September

Uitgawe 30/2015

Page 2: Iederark Aug.pdfWoensdag oorlede is aan Malaria; Die ou Chief se vrou wat ook Woensdag oorlede is. Bure wat op die oomblik in die Kaap is. Vir veilige terugrit . Pieter moes vandag

Bladsy 2

HOSPITAAL SENDING

(Petro Zaayman) Vandag is Frieda Pienaar en haar groep van Wes gemeente by die hospitaal om die pasiënte te besoek en die Woord met hulle te deel. Bid asb vir hierdie groep. Bid asb vir: Iemand wat wag op uitslae met

simptome van bloedkanker. ’n Jong meisie met hart en

nierversaking. Iemand met verkalkte are en nie

bloedsirkulasie in bene en voete nie.

BOTSWANA SENDING (Jerry en Magda) Ons dank die Here vir die 6 mense

wat Sondag hulle lewe vir die Here gegee het vir standvastigheid.

’n Meisie wat puberteit bereik het, wil haar lewe by Sondag se diens aan die Here wy, waar ons haar aan die Here sal opdra.

Hier is ’n groep van tien uit Gobabis, Namibie wat vir drie dae vir die eerste keer hier uitreik. Mag dit vir hul lewensveranderend wees.

Die bou van ons kerk. Dat meer siele tot bekering sal kom

tot uitbreiding van die Here se koninkryk.

MALAWI SENDING (Pieter) Bid asb vir die ouers en familie van

Agnes, ‘n 4 jarige dogtertjie wat Woensdag oorlede is aan Malaria;

Die ou Chief se vrou wat ook Woensdag oorlede is.

Bure wat op die oomblik in die Kaap is. Vir veilige terugrit .

Pieter moes vandag heeldag werk

om die waterpyp wat na hulle village kom, te herstel omdat die waterman wat nou hoofman wil word die pyp na die village op ‘n onverklaarbare wyse afge-saag het.

Vir so baie van die Yao volk wat nie die Here ken nie.

VERITAS SENDING (Ds Dawie en Naomi) Vandag vra ons asseblief voorbidding vir ons familie. Verlede Sondagoggend (23 Augustus) is

my Pa se suster, Tannie Joey (92) oorlede. Sy was die laaste paar jaar in Huis Diaz in Alexandria in die Oos-Kaap. Hulle was nege kinders, my Pa was die derde en Tannie Joey die vyfde, die middelkind. En sy was die laaste oorlewende van daardie geslag. Die roudiens is Maandagoggend 31 Aug om 9:30 by Huis Diaz. Dit is dus ‘n era wat nou afgesluit word.Hiermee ook ons meegevoel aan ons niggie Marlene Hendriksz, en haar man Paul. Hulle woon op Boknesstrand, en het die laaste jare na Tannie Joey omgesien.

Dan vra ons spesiaal voorbidding vir my sussie, Marian. Sy het Maandag (24 Aug) verjaar (65), maar sonder om daarvan te weet. Sy en haar man Peter Rimington woon al byna twintig jaar in Alfriston, in die Suid-Ooste van Engeland. Verlede Vrydagnag het sy onverklaarbaar uit hul slaapkamer op die boonste vloer se venster geval. Haar man was op ‘n bergklim uitstappie, maar gelukkig was haar jongste dogter by die huis en sy het dadelik die nooddienste ontbied. Marian het verskeie bene in haar liggaam gebreek, waaronder ‘n rugwerwel en haar bekken. Sy het reeds twee lang operasies gehad en is nog onder verdowing. Sy het al ons gebede baie nodig.

Baie dankie dat ons kan reken op julle voorbidding.

Uitgawe 30/2015

Page 3: Iederark Aug.pdfWoensdag oorlede is aan Malaria; Die ou Chief se vrou wat ook Woensdag oorlede is. Bure wat op die oomblik in die Kaap is. Vir veilige terugrit . Pieter moes vandag

Bladsy 3 Uitgawe 30/2015

Page 4: Iederark Aug.pdfWoensdag oorlede is aan Malaria; Die ou Chief se vrou wat ook Woensdag oorlede is. Bure wat op die oomblik in die Kaap is. Vir veilige terugrit . Pieter moes vandag

Bladsy 4

VADERSKAPKURSUS Dis niks om ʼn MAN te wees nie, maar om ʼn goeie PA te wees, is nie so eenvoudig

nie. In elke ontwikkelingsfase van jou kind se lewe is daar belangrike dinge wat ʼn pa

moet weet en toepas om sy kind optimaal te begelei. Daar is bitter min opleidingsgeleenthede vir mans om effektiewe Pa’s te wees. Baie mans

het nie eers die beste rolmodel gehad om by te leer nie! Sonder dat die gemeenskap dit weet het afwesige Pa’s (en dit sluit pa’s in

wat by die huis is maar te besig is om aan hul kinders aandag te gee), die grootse probleem geword wat bydra tot disfunksionele

kinders.

Kyk na die volgende statistiek (navorsing is in 21 lande wêreldwyd gedoen): 63% van selfmoorde kom van huise met afwesige pa’s

70% van jeugdiges in institusionele inrigtings wat deur die staat bestuur word, kom uit huise met afwesige pa’s.

85% van kinders met gedragsprobleme kom van huise met afwesige pa’s.

71% van kinders wat nie hul skoolloopbaan voltooi nie, kom van huise met afwesige pa’s

Nou is hier ʼn Puik toerustingsgeleentheid waar u begelei word om die PA in u huis

te word wat God bedoel het u moet wees.

Wanneer: Vanaf 3 Sept. op Donderdagaande 18:00-20:00 (8 geleenthede – uitgesluit skoolvakansie) Koste: Gratis!! (donasies welkom) Lokaal: NG Kerk Miederpark (h/v Suikerbos en Aarbeilaan, Potch.) Kursus aanbieder: Ds Willem Louw

Handleidings word voorsien. (Internasionale kursusmateriaal ontwikkel deur: Cassie

Carstens bekend as “The World needs a Father”)

Bespreek jou plek nou deur vooraf jou naam en selfoonnommer te stuur aan sel. 082 340 7549 of e-pos: [email protected] Opskud. Beperkte plekke beskikbaar!

Uitgawe 30/2015

NG Welsyn Potch bied op Woensdag 2 Sept, 'n heerlike bederfoggend aan in die geselskap van die gewilde Mathys Roets. Kaartjies is R190 per persoon wat 'n ges-kenk en 'n 3-gang middagete insluit te Crista Galli. Kontak Liezl of Retha by NG Wel-syn by 018-2977347 vir navrae of epos ons by [email protected]. Opskud en bespreek NOU jou kaartjie om teleurstelling te voorkom. Ns: Die is 'n ideale geleentheid om admins/sekretaresses te bederf, aangesien die 2de Sept saamval met die Nasionale Sekretaressedag

Page 5: Iederark Aug.pdfWoensdag oorlede is aan Malaria; Die ou Chief se vrou wat ook Woensdag oorlede is. Bure wat op die oomblik in die Kaap is. Vir veilige terugrit . Pieter moes vandag

Bladsy 5 Uitgawe 30/2015

KRUISMEDIA

2016 Dagboeke, Beplanners Almanakke, Kalenders

……..nou beskikbaar! Kom besoek ons gerus vir geskenke vir iemand spesiaal. Besigheidsure: Ma tot Sa vanaf 09:00—13:00 Sondae ‘n halfuur na die oggenddiens

Page 6: Iederark Aug.pdfWoensdag oorlede is aan Malaria; Die ou Chief se vrou wat ook Woensdag oorlede is. Bure wat op die oomblik in die Kaap is. Vir veilige terugrit . Pieter moes vandag

Bladsy 6 Uitgawe 30/2015

STEAKBRAAI!!

Die gemeentebestuur beplan ʼn reuse Steakbraai op 11 September. Die kos gaan heerlik smaak en ons glo die atmosfeer by ons nuwe gemeente sentrum gaan fantasties wees! Ons gaan gasvroue/gashere gebruik om tafels te organiseer. Ons het 50 persone nodig. Kontak groot asb. vir Alta Pothas as jy kan help. (sel. 083 295 1192) Ons bied ʼn groot volledige ete met slaaie/ bykosse. Kaartjies kos R100 per persoon. Kinders 13jr en jonger (Laerskool) betaal slegs R50 en kinders 6jr en jonger (voorskool) wat saam met hul ouers kom, eet gratis! Persone buite gemeente is welkom! Kaartjies is by die kerkkantoor of by gasvroue/here beskikbaar. Gasvroue/here kan hul eie vriende aan hul tafel laat sit. Ons mik om 500 etes te verkoop. Kom help ons asb. om die geleentheid ʼn reuse sukses te maak!

Moses

Die kleintjies moes 'n stukkie skryf oor 'n bybelfiguur, en die enetjie kies toe vir Moses!

Moses bly in die paaluis. Hy eet elke dag lekers en fluis. Hy ry rond in die farro se pere en po-

ets. Moses wil nie sam die anerse speel nie want hy is 'n prinses. In die dag het Moses moord

gepleeg en in die nag brand hy hyse af. Moses loop in Betluhem rond en hy sien 'n aagupte-

man slaan 'nasraliet. Hulle gooi klip. Toe sê die een vir Moses: meen jy ek is daai dusiepel wat

jy in die sand gegrawe het. Ek is nie daai koning nie. Toe skruk Moses en flig na Jeroetsalem.

Die briewe van Paulus

Die middeljarige man laai 'n ou dronk boemelaar op om hom 'n lift te gee. Die ou omie vra:

"Sho, wat ish jou naam sheunie?" Die bestuurder antwoord: "Paulus, Oom."

Na so 'n rukkie vra die oom weer: "Wat het jy geshê is jou naam?" Ewe geduldig antwoord die ou weer: "Paulus, Oom." Na 'n lang ruk van stilte vra die ou boemelaar skielik: "Shê vir my, Paulus, het daai Effesiërs

toe ooit vir jou teruggeskryf?"

Die padda

Een van die diere op Noag se ark was 'n padda met 'n groot bek. Hy't gedurig van homself 'n

oorlas gemaak. Dàn maak hy rusie met diè een, dan lig hy sy opinie oor dit of dat.

Elke aand net voor sononder klop hy aan Noag se deur en vra: "Hoe lank moet ons nog wag

voor ons by droë land uitkom?" Een aand klop die padda weer aan die deur. "Hoe lank nog voor ons by droë land uitkom?" "Ek weet nie," sê Noag. "Maar ek sê jou wat. Môreoggend gaan ek die een met die grootste

bek op die ark uitstuur om land te soek!" "O" sê die padda en bly lank stil voor hy weer praat. "Het jy die krokodil al daarvan gesê?"

Page 7: Iederark Aug.pdfWoensdag oorlede is aan Malaria; Die ou Chief se vrou wat ook Woensdag oorlede is. Bure wat op die oomblik in die Kaap is. Vir veilige terugrit . Pieter moes vandag

Bladsy 7 Uitgawe 30/2015

V

E

R

J

A

A

R

S

D

A

E

S

E

P

T

E

M

B

E

R

Sep-01 Grieta Hanekom

Daan Kershoff

Sep-02 Harry Swart

Sep-03 Melissa Coetzee

Sanet Dippenaar

Charlie Hudson

Sep-04 Johan Eloff

Sep-05 Dalene Fourie

Ettienne Pretorius

Sep-06 Selwyn Hollamby

Sep-07 Henk Pretorius

Sep-08 July Schoeman

Sep-09 Riana Conradie

Sep-10 Shené Agenbag

Hannelie Claassen

Alet Eloff

Sep-13 Lettie van Heerden

Wian Visagie

Sep-14 Lenie Foord

Karen Foord

Cameron Hill

Marina van Reeuwyk

Sep-15 Johan Harms

Anda Harmse

Sep-16 Don Berry

Fanie Botha

Sep-17 Lina den Heijer

Hans Grobbelaar

Theron Jacobsohn

Naliza Mouton

Francois Smith

Pauline vd Merwe

Sep-18 Casper Nel

Boet Potgieter

Sep-19 Koos Mynhardt

Sep-20 Ria Castanho

Johan Grobler

Anika Joubert

Francois Meyer

Sep-21 Larumay Bronkhortst

Helen van Niekerk

Sep-22 Helgaard van Zyl

Sep-23 Lina Cornelissen

Hennie Erasmus

Susan Erasmus

Elanie Joubert

Andries Smith

Sep-24 Charmaine du Toit

Anton Swanepoel

Sep-25 Dirk vd Westhuizen

Sep-26 Daan Coetzee

Muriel Coetzee

Lynette Ferreira

Sonja Scheepers

Annemarie Swanepoel

Partys vd Merwe

Sep-27 Francois Haarhoff

Herculene Kotze

Annemarie van Wyk

Sep-28 Dillian Bradley

Willem Notle

Elizca Stemmer

Maretha Venter

Sep-29 Christo Duminy

Kelly Nortje

Suzette Pretorius

Elmie Wolmarans

Sep-30 Neels Kershoff

Cindy Lombard

Melinda Smith

Beverly vd Heever

Page 8: Iederark Aug.pdfWoensdag oorlede is aan Malaria; Die ou Chief se vrou wat ook Woensdag oorlede is. Bure wat op die oomblik in die Kaap is. Vir veilige terugrit . Pieter moes vandag

Uitgawe 30/2015 4

Redakteur:

Naomi Scheepers

E-pos gerus enige voorstelle, idees of bydraes

na:

[email protected]

Beperkte spasie is beskikbaar gestel vir klein advertensies @ R100 pm (vir vier

plasings) vir ‘n spasie van 75mm x 70mm. Dit sluit ‘n outomatiese verskyning op die

webblad in. Die koste van ‘n A5 bladsy beloop dan R600 pm. Inbetalings word by die

kerkkantoor gedoen. Advertensies word vooraf opgestel en elektronies tesame met

die inbetalingsbewys na Naomi gestuur. (Naomi en die Mediabestuur hou die reg

voor om advertensies wat indruis teen die etos van die gemeente, nie te plaas nie.

Die voorreg om in die Iederark te adverteer is slegs vir ingeskrewe lidmate van die

gemeente beskikbaar.)

Die grootte van die oplaag word nie gewaarborg nie en word steeds gedruk na die

behoefte van gemeente getalle.

Gemeentelede wie beriggies wil plaas of vergaderings wil laat afkondig, is welkom om dit na [email protected] te e-pos voor 16:00 op Donderdae. Ek wil net meld dat ek slegs inligting wat in die Kitsgids beskikbaar is, en dit wat vir my gestuur word, kan plaas.

Bladsy 8

7

NOG AUGUSTUS VERJAARSDAE!

30-Aug Marnus Lombard

Adriaan Marais

Tjaart Nel

Lana Stassen

31-Aug Alta Smit

Gerda Tullues

Jasper van Zyl