bb 13 nov 2016 - ng kerk durbanville-bergsig€¦ · bergsig boodskap bladsy 3 knieltyd: 13...

6
NUUSFLITS: 20 Nov: Kuilsrivieropruiming 22 Nov: Doopkategese 22 Nov: Seniors Kersete TGIF Vroue afsluiting 26 Nov: Betesda Kos-en- Kunsmark 27 Nov: KERSSANGDIENS om 19:30 30 Nov: Personeelafsluiting 2 Des: TGIF manne afsluiting 4 Des: Doop 6 Des: Doopkategese 19:00 7 Des: Skole sluit 13 November 2016 13 November 2016 Bergsig Boodskap 08:15 Klassieke diens Ouditorium Dr. Kobus de Jager 10:00 Informele diens Ouditorium Wynand Breytenbach GLOW Kidz (Saal) Mizelle Prinsloo 18:00 Aanddiens Wynand Breytenbach Deuroffer: Straatwerk 13 November 2016 08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Johan Els 10:00 Gesinsdiens Ouditorium Ds. Johan Els 18:00 Aanddiens Arno Mattheus Deuroffer: Plaaslike VGK 20 November 2016, BIDDAG VIR BESKERMINGSDIENSTE #elkEEN VIER KONINKRYKSTYD Okt. - Feb. 2016/17 Reik uit na mense in nood bv. prostitute, hawelose mense, diegene betrokke by nagklubkultuur soos dwelm- handelaars. Deel die Goeie Nuus van Jesus met hulle. Die gee van DANKOFFERS is 'n … BELYDENISDAAD Wie sy dankoffers gee, erken die heerskappy van God oor sy ganse lewe. SIMBOLIESE DAAD Wie sy dankoffers gee, gee simbolies daarmee sy hele lewe. Rom 12:1: "En nou doen ek 'n beroep op julle … op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneem- lik is." AANBIDDINGSHANDELING Dankoffers is géén kollekte nie. 2 Kor 8:5 "… eers het hulle hulleself aan diE Here gegee …" Ef 5:20: "Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus." Ps 54:8: "Dan sal ek offers aan U bring, selfs meer as wat U vra. Ek sal U Naam loof, Here, want U is goed." Ons doelwit vir dié veldtog is R700,000. Hiermee ondersteun ons bedieninge soos jeug, kleingroepe, evangelisasie, gasvryheid, kommunikasie, ens. Bid tot die Here oor helderheid vir jou bydrae. Ons het al R211 795 ingesamel. Help ons om die mikpunt te bereik. Nederigheid is in die eerste plek om jou plek voor God as Heer te ken. Dis ’n ondergeskikte plek, sodat Hy sy wil deur ons kan doen. Gehoorsaamheid aan God kan dus nie sonder nederigheid nie. Hoogmoed is eerstens wan- neer ons te groot is vir ons skoene voor God. Dit is die oersonde in die skep- pingsverhaal van Genesis 2 en 3. In ongehoorsaamheid aan God wil Adam en Eva self besluit oor goed en kwaad. In hul hooghar- tigheid laat hulle hul verlei deur die Bose. God se wil is dat ons ook nederig voor mekaar moet lewe. Egte nederigheid voor mekaar is om mekaar nederig te dien. Dan maak dit nie saak hoe ryk ek is, hoeveel my gawes is of wie die persoon voor my is nie. Die vraag wat werklik saakmaak is: hoe wil God hê moet ek die ander dien met wat ek is en het? Dank- baarheid en erkentlikheid voor God help ons tot nederige diens. Verstaan ons wat nederig beteken? SLEUTELGEDAGTE Ek kies om meer van ander mense te dink as van myself. SLEUTELVERS Fil. 2:3-4 Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange.

Upload: others

Post on 31-Jan-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • NUUSFLITS:

    20 Nov: Kuilsrivieropruiming 22 Nov: Doopkategese

    22 Nov: Seniors Kersete

    TGIF Vroue afsluiting

    26 Nov: Betesda Kos-en-Kunsmark

    27 Nov: KERSSANGDIENS om

    19:30

    30 Nov: Personeelafsluiting

    2 Des: TGIF manne afsluiting 4 Des: Doop

    6 Des: Doopkategese 19:00

    7 Des: Skole sluit

    13 November 2016 13 November 2016 Bergsig Boodskap

    08:15 Klassieke diens Ouditorium Dr. Kobus de Jager

    10:00 Informele diens Ouditorium Wynand Breytenbach GLOW Kidz (Saal) Mizelle Prinsloo

    18:00 Aanddiens Wynand Breytenbach

    Deuroffer: Straatwerk

    13 November 2016

    08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Johan Els

    10:00 Gesinsdiens Ouditorium Ds. Johan Els

    18:00 Aanddiens Arno Mattheus

    Deuroffer: Plaaslike VGK

    20 November 2016, BIDDAG VIR BESKERMINGSDIENSTE

    #elkEEN VIER KONINKRYKSTYD Okt. - Feb. 2016/17

    Reik uit na mense in nood bv.

    prostitute, hawelose mense,

    diegene betrokke by nagklubkultuur soos dwelm-

    handelaars. Deel die Goeie

    Nuus van Jesus met hulle.

    Die gee van DANKOFFERS is 'n …

    BELYDENISDAAD

    • Wie sy dankoffers gee, erken die heerskappy van God oor sy ganse lewe.

    SIMBOLIESE DAAD

    • Wie sy dankoffers gee, gee simbolies daarmee sy hele lewe.

    • Rom 12:1: "En nou doen ek 'n beroep op julle … op grond van die groot ontferming

    van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneem-

    lik is."

    AANBIDDINGSHANDELING

    • Dankoffers is géén kollekte nie.

    • 2 Kor 8:5 "… eers het hulle hulleself aan diE Here gegee …"

    • Ef 5:20: "Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam

    van ons Here Jesus Christus."

    • Ps 54:8: "Dan sal ek offers aan U bring, selfs meer as

    wat U vra. Ek sal U Naam loof, Here, want U is goed."

    Ons doelwit vir dié veldtog is R700,000.

    Hiermee ondersteun ons bedieninge soos jeug, kleingroepe, evangelisasie,

    gasvryheid, kommunikasie, ens.

    Bid tot die Here oor helderheid

    vir jou bydrae.

    Ons het al R211 795 ingesamel. Help ons om die mikpunt te bereik.

    Nederigheid is in die eerste

    plek om jou plek voor God

    as Heer te ken. Dis ’n ondergeskikte plek, sodat Hy

    sy wil deur ons kan doen.

    Gehoorsaamheid aan God

    kan dus nie sonder nederigheid nie.

    Hoogmoed is eerstens wan-

    neer ons te groot is vir ons

    skoene voor God. Dit is die oersonde in die skep-

    pingsverhaal van Genesis 2

    en 3. In ongehoorsaamheid

    aan God wil Adam en Eva self besluit oor goed en

    kwaad. In hul hooghar-

    tigheid laat hulle hul verlei

    deur die Bose.

    God se wil is dat ons ook nederig voor mekaar moet lewe. Egte nederigheid voor mekaar is om mekaar nederig te dien. Dan maak

    dit nie saak hoe ryk ek is, hoeveel my gawes is of wie die persoon voor my is nie.

    Die vraag wat werklik saakmaak is: hoe wil God hê moet ek die ander dien met wat ek is en het? Dank-baarheid en erkentlikheid voor God help ons tot nederige diens.

    Verstaan ons wat nederig beteken?

    SLEUTELGEDAGTE

    Ek kies om meer van ander mense te dink as van myself.

    SLEUTELVERS Fil. 2:3-4

    Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te

    dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie

    belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange.

  • Bladsy 2 Bergs ig Boodskap

    Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy betrokke

    wil raak by uitreikprojekte of e-pos na [email protected]

    Bergsigprojekte op ons voorstoep

    Vanuit die Uitreikkantoor ...

    BETESDA-BOEKRAK

    Baie dankie vir almal wat die projek/mark so mooi onder-

    steun! Die Betesdaprojek vir gestremdes verkoop goeie

    tweedehandse boeke en DVD’s teen billike pryse. Gemeen-telede kan gerus hiervan aankoop. Hoe meer gereeld jy by

    die boekrak ’n draai maak, hoe groter is jou kans om die

    nuutste fonds op te raap. Die boekrak is te vind in die ver-

    trek op pad na die dameskleedkamer. Boeke kan heelweek gekoop word.

    Beskikbaar vir vervoer van bejaardes:

    Inkopies/ haarsalon/ dokters ens.

    Philip Fourie 079 951 8172 / 082 495 3979.

    (Betroubare lidmaat wat self afgetree is en graag wil help.)

    Baie, bai

    e dankie

    die houe

    rs het in-

    gestroom

    . Ons kan

    nou wee

    r lekker

    sop kook

    sonder o

    m te won

    der of

    daar gen

    oeg houe

    rs is.

    ATTIE van WYK PLAASSKOOL Ons is baie dankbaar vir almal se bydraes met die jare/in die

    loop van die jare en noem met BAIE GROOT OPGEWON-

    DENHEID dat daar op 4 Nov. begin is met die installering

    van twee nuwe badkamereenhede by die skool.

    Ons nooi elkeen Woensdag om ons jaarafsluitingskonsert op

    Woensdag 30 Nov. om 9:00 die oggend by te woon.

    Ons wil graag vir elke kind ’n potlood gee as Kersgeskenk

    om hulle aan vyf lewenswaarhede te herinner.

    Voordat die potloodmaker die potlood die wêreld

    instuur, herinner Hy hom aan vyf goed:

    • Jy sal in staat wees om baie en groot dinge te doen

    maar net as jy jouself toelaat om deur Iemand (God)

    se hand vasgehou te word.

    • Jy sal van tyd-tot-tyd ’n pynlike “skerpmaak” proses

    moet deurgaan, maar jy het dit nodig om ’n beter pot-

    lood te wees.

    • Jy sal in staat wees om enige fout te korrigeer wat jy

    gemaak het.

    • Die heel belangrikste deel van jou sal altyd wees, dit

    wat binne-in jou is.

    • Op elke oppervlak waar jy gebruik word, moet jy jou

    merk los. Maak nie saak wat die toestande is nie, jy

    moet aanhou skryf.

    Hierdie vyf beginsels sal jou help om die beste mens te word

    wat jy kan wees.

    SOPPRO

    JEK

    Groete hier vanuit Milange, Mosambiek.

    Dit is ’n ongelooflike voorreg om hier te mag wees, bykans 'n jaar nadat ons verlede jaar aan die einde van November hier weg is. Dit is lekker om die bande met kollegas, vriende en bekendes op te tel en te kan sien dat die lewe aangegaan het vir hulle en dat daar ook groei was in hulle lewens.

    Ek woon Vrydag en Saterdag die Sinodesitting by en daar is nog heelwat gesprekke wat voorlê oor hoe ons as Suid- Afrikaanse ondersteuners van die bedienings hier, steeds op so 'n wyse kan betrokke bly dat die hoofdoelwit, naamlik om dissipels van alle nasies

    te maak, gedien en bewerk-stellig kan word.

    Die Here is werklik getrou en ek ervaar besonder goeie gesondheid en energievlakke te midde van versengende hitte en 'n maagvirus wat die rondte doen. Ek vlieg weer terug na Suid-Afrika op die 16de November en wil graag Bergsig se voorbidding vra vir hierdie besoek en veral dan ook vir die kerk hier en hul uitdagings om Christus te beliggaam onder uitdagende en moeilike omstandighede.

    Vrede vir julle!

    Kobus Eksteen +27 84 2444 051 (whatsapp) [email protected]

    Bergsigprojekte oor grense

    Betesdaprojek:

    Elke gestremde in die huis gaan ’n kersgeskenkie kry. Persone is welkom om ’n kontant bydrae hiertoe te maak. Daar is 7 persone in die huis.

    Kos vir Kersfees:

    Kollekte by Kersangdiens gaan vir voedsel vir minderbevoorregtes in ons gemeenskap. Nie- bederfbare kos ook welkom.

    Welgegund Plaas se Kersdiens – 4 Des. 2016

    Elke jaar is daar ’n Kersfees-afsluitingsgeleentheid by

    Welgegund plaas. Hierdie jaar vind dit plaas op Sondagog-

    gend, 4 Desember om 10:00. Daar word Kersliedere ges-

    ing, die Sondagskoolkinders tree op en daar word ook ’n Kersboodskap gebring. Daarna kuier die lidmate, kinders en

    besoekers almal gesellig saam.

    Ons wil weer soos in die verlede vir die Sondagskoolseuns

    en –dogters elkeen ’n Kersgeskenk gee. U kan hierdie

    uitreik ondersteun deur ‘n geskenk van sowat R60.00 te koop.

    In die voorportaal is daar ’n Kersboom met kaartjies waarop

    al die kinders se name, vanne, geslag en ouderdom is. Jy

    kan ’n kaartjie neem en ’n geskenk vir die spesifieke kind

    gedurende die week by die kerkkantoor inhandig of dit vol-gende Sondag saambring kerk toe.

    U is baie welkom om die Kersdiens 4 Desember 2016 om

    10:00 by te woon. Vir enige navrae bel Peter Montgomery

    (084 299 6697).

  • Bladsy 3 Bergs ig Boodskap

    KNIELTYD: 13 November

    Voorbidding Bel Ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te

    word of e-pos na: [email protected]

    EKSAMEN - ’n Gebed vir elke kind

    Vader, vandag sit ons die kinders wat eksamen skryf voor

    U voete neer. Dankie, dat hul die vermoë het en ook die

    voorreg om ’n eksamen te mag skryf. Dankie, dat U hul seën met gawes en talente elkeen op sy eie manier.

    Help die kinders om hul tyd goed te bestuur en help hul

    om uit te hou tot op die end.

    Help ons ouers om te onthou dat die kinders baie meer

    werd is as die punte op hul rapporte.

    Help ons, om ons liefde en ondersteuning te wys te midde

    van vrese, stres, moegheid en moedeloosheid. Gee ons insig om die regte woorde te gebruik wanneer ons be-

    moedig en ondersteun.

    Dankie, dat U by elkeen is in die tyd.

    NAAM ADRES REDE BID VIR

    Corrie Kotze Hermonstraat 21, 021 975 6678 Man oorlede Troos en bemoediging

    Marlene de Wet Muntstraat 21 Operasie Herstel en bemoediging

    Rentia Slabber Hibiscuspark 13, 021 975 7571 Operasie Dank vir beterskap

    Esta du Toit La Gratitude 17 Hospitalisasie Herstel en bemoediging

    Helena Lückhoff La Gratitude 38, 021 976 3385 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

    Juliana Snyman Hibiscuspark 11, 021 975 3801 Operasie Dank vir beterskap

    Bernie Brandt De Keurlaan 80A, 083 232 6702 Beroerte Herstel en bemoediging

    Alouette Kühn De Keurlaan 37, 021 975 3511 Kanker Herstel en bemoediging

    Pierre Cloete (seuntjie) Crownsingel 2, 021 976 0055 Negatiewe diagnose Bemoediging

    Koba Pieterse Lisbonstraat 1 Mediese behandeling Dank vir beterskap

    Dirk Castens Pelicanstraat 15, 021 976 6444 Kanker Herstel en bemoediging

    Etienne Warricker Vierlandenstraat 18, 021 976 0282 Beenmurgoorplanting Volkome herstel

    Hercules Stander Blanc de Noirstr. 26, 021 975 4193 Beenmurgkanker Herstel en bemoediging

    Hanno Fourie Joostenbergweg 1, 082 822 1531 Mediese behandeling Genesing en bemoediging

    BID VIR DIE PLAASLIKE SAPD VIR KALMTE EN BEMOEDIGING (Hulle is onder geweldige druk a.g.v. toenemende misdaad.)

    Bid vir Bergsig kinders wat antwoorde soek op geestelike en emosionele gebiede.

    Persone met verslawingsprobleme. Ons bid vir bevryding, wysheid en insig.

    Persone in gemeente met huislike probleme. Ons bid vir versoening en geluk.

    Persone met finansiële probleme en moeilike omstandighede - Ons bid vir oplossing, wysheid en insig.

    Bid vir die Regering en leiers van ons land.

    Bid vir bekering van misdadigers en geweldenaars in ons omgewing en land.

    Vir bydraes of versoeke, skakel Elize 021 976 4106

    Erika Venter Kapokbergweg 5, 076 148 8977 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

    Stanley Coetzee Fresnaye (ma 021 976 2224) Motorfietsongeluk (rug

    ernstig beseer) Herstel en bemoediging

    Maxwell Coetzee Columbinestr. 3, 021 976 2224 Hospitalisasie Herstel en bemoediging

    Boetie en Marie Louw en Groot Phisantekraal Dogter en suster oorlede Troos en bemoediging

  • Bladsy 4 Bergs ig Boodskap

    www.bergsigdv.co.za

    HUIS OPPAS

    GAAN U MET VAKANSIE OF VIR ’N WEGBREEK- NAWEEK EN IS BEKOM-

    MERD OOR U HUIS WAT HEELTYD TOESTAAN?

    EK HET DIE ANTWOORD:

    EK PAS HUISE OP ENIGE TYD VAN DIE JAAR

    TEEN BILLIKE TARIEWE -

    MY DIENS PER NAG SLUIT IN:

    SLAAP, VERSORG DIERE EN SWEMBAD

    VERKIESLIK SLEGS DURBANVILLE OMGEWING

    VIR ENIGE NAVRAE OF BESPRE-KING KAN U MY KONTAK

    NIEL KOTZE SEL: 076 400 8392 / [email protected]

    ALLE URE

    VERWYSINGS OP NAVRAAG BESKIKBAAR

    Ons is besig met ’n projek by ’n nasorgsentrum in Gugulethu.

    Een middag ná ons evaluerings sien ek die sekuriteitswag (Zuko) loop so hinke pinke.

    Ek stap eers gou na hom en vra hom wat is fout. Hy sê toe hy 17 was en die gebruiklike Xhosa ini-siasie bygewoon het, het hy op Black Magic getrap.

    Van toe af vir die vol-gende 13 jaar loop daar vloeistof (etter) by sere uit sy voete uit. Hy was al by dokters en tradisionele dokters, niemand kan sê wat dit is nie en niemand kry hom genees nie.

    My vervoer het vir my gewag en ek het gevra of ek net gou vir hom kan bid, ek sal volgende keer meer wil gesels. Ek kon net so vinnig verduidelik

    dat Jesus ons genees het en dat ek daardie genesing vir hom wil toebid. Hy sê hy is al so raadop, dat ek welkom is om vir hom te bid. Ek bid vir hom en bestraf som-mer ook die Black Magic.

    Twee weke later is hy weer aan diens toe ons daar opdaag. Die eerste ding wat hy vir my sê toe hy my sien, is dat hy genees is.

    Ek kon vir hom ’n Bybel gee en ons het die kans gehad om oor sy lewe te gesels.

    Hy deel dat ná die ini-siasie baie dinge in sy lewe begin skeef loop het en hy het gedink dit is God, wat dit oor hom bring. Hy het besluit as God hom verlaat, gaan hy God verlaat – wat hy ge-

    doen het.

    Ek kon met hom deel dat alles wat goed is van God af kom en dat dit ’n ou truuk is van die duiwel(wat rondgaan soos ’n brullende leeu wat doodmaak, steel en ver-nietig) om ons te kry om God die skuld te gee daarvoor.

    15 min later het hy sy hart vir Jesus gegee.

    En toe doen ek iets wat ek my nog altyd voorge-neem het om nie te doen nie. Ek gee my selnom-mer vir hom. As die aanslae kom moet hy my laat weet, dat ek saam met hom kan staan.

    Jaco van Vuuren 021 979 2225

    ’n Interessante getuienis

    DURBANVILLE / BERGSIG

    SENIOR GROEP

    Die afsnydatum vir LEDE wat nog die Kers-ete op

    DINSDAG 22 November 2016 wil bywoon kan Sarel by 021 975 4780 skakel voor 16 Nov. 2016.

    Die bus sal op DINSDAG 22 Nov. 2016 om 10:30

    vanaf Durbanville Gemeente vertrek.

  • Bladsy 5 Bergs ig Boodskap

    Die week se program:

    MANNE TGIF

    VRYDAE 05:30

    18-Nov-16

    Eric Swanepoel

    Huweliks-voorbereidings-

    klasse 14, 15 en 16 November

    20:00 by

    NGK Bellville-Uitsig Gemeente vir alle paartjies wat vroeg in die nuwe jaar trou!

    Kontak Dr Francois Swart 082 781 6854

    Indien u leë portret-

    raampies het om te

    skenk vir ’n projek by

    ’n aftree-oord of leë

    skoon blikkies

    (vrugteslaai of ta-

    matie-en-uiesmoor

    grootte) bring dit asb.

    kerk toe vir Ralie

    Herbst wat die projek

    lei.

    Bel haar met navrae

    by 082 306 22 33.

    VERVOER Ons is op soek na iemand wat ons

    kinders na skool kan oplaai, huis toe vat en weer vervoer na

    sport.

    Bel 082 789 8142

    [email protected]

    Ds. Matt Hatch van Engeland preek

    27 Nov by ons in Bergsig by die 10:00

    diens!

    Ons verwelkom hom graag terug.

    Leef die storie van die Bybel om meer soos Jesus te word

  • NG Kerk Durbanville-Bergsig NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810

    Straatadres Posadres 24 uur noodnommer Kantoor-ure

    H.v. Boland- en Proteaweg Posbus 479 vir geestelike & emo- Ma tot Vry 08:00 - 1400 t 021 976 4106 Durbanville 7550 Durbanville 7551 sionele ondersteuning Leraars en kantoorperso- f 021 976 9606 S33 48.966 O18 39.728 071 196 4191 neel kan daagliks by die [email protected]

    [email protected] kerkkantoor gebel word. www.bergsigdv.co.za

    Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers

    Boekliefhebbers snuffel heerlik by die Betesda-mark tussen die magdom boeke. Maak seker dat jy

    volgende jaar ook by die gewilde mark ’n draai maak en vir jou ’n boek kom uitkies.

    KUILSRIVIEROPRUIMING 4 Desember 2016

    Dagboek solank en kom help opruim!

    Kersfees

    iewers in ‘n

    sitkamer

    27 November om

    19:30 Bergsig se

    Kerssangdiens

    DURBANVILLE PLAASFEES 2017 STALLETJIES

    Die aansoeke vir die 2017 Durbanville

    Plaasfeesstalletjies is nou oop.

    Kontak ons indien u meer inlig�ng benodig:

    082 416 6351 /072 824 2269 / 021 975 8058

    Faks: 021-976 9606 [email protected]

    www.durbanvilleplaasfees.co.za