bb 17 jan 2016 - ng kerk durbanville-bergsigjan 17, 2016  · tania de villiers (amerika) dogter van...

6
17 Januarie 2016 17 Januarie 2016 NUUSFLITS: NUUSFLITS: 17 Jan: Ds. Schalk se afskeid & Bevestiging van Kerkraad & GLOW Kidz registrasie & loodsing 19 Jan: TGIF vroue 22 Jan: CHARGE geleentheid 24 Jan: Veldotg BEGIN loods & jaartema loodsing, GLOW Kidz indeling & Regeneration graad- aand 25 Jan: Kerkraad & Leier-groep geestelike gebedsvuur bymekaarkoms 26 Jan: Kix 16:00 Doopkategese 19:00 28 Jan: Seniorgroep byeenkoms 9:30 29 Jan: Straatuitreik 31 Jan: Bevestiging van nuwe senior leraar Dr. Kobus de Jager 08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Johan Els Deuroffer: Jeugwerk 10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Johan Els GLOW Kidz (Saal) Bea Pretorius 19:00 Aanddiens Arno Mattheus 17 Januarie 2016 Afskeid van Ds. Schalk van Wyk Bevestiging van Kerkraad 08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Johan Els Veldtog: BEGIN 1 Deuroffer: BADISA 10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Johan Els Veldtog: BEGIN 1 GLOW Kidz (Saal) Bea Pretorius 19:00 Aanddiens Arno Mattheus 24 Januarie 2016 JAARTEMA LOODSING Die grootste voorreg op aarde is om die won- dere van God se woord te ontdek, en die vreugde van wat jy gevind het, met ander te deel. Hierdie geleentheid het Bergsig my vir die afgelope drie jaar gebied. Ek is dankbaar vir elke kans wat ek gegun is om te preek en ander van die Bybel te leer. Die tweede voorreg wat hiermee gelyk staan, is om by mense se lewens betrokke te wees. ʼn Groot dankie aan almal wat my met hulle lê- wensworstelinge, vrese, vreugde, verleenthede en sonde vertrou het. Ek is nederig dankbaar dat ek as biegvader saam met julle die salf van die evangelie kon ervaar. Schalk Jou geestelike lewe, soos met enige iets anders in jou lewe (bv. jou geboorte) BEGIN alles by die BEGIN. “Starting point” (van Andy Stanley, ’n prediker van Ameri- ka) is ’n reeks wat ons “BEGIN” noem by Bergsig en dit is die fokuspunt van die eerste kwartaal se tema. Navolging van Jesus BEGIN êrens vir elke mens. Baie men- se se BEGIN van hul geeste- like reistog het as kind af- geskop, ander mense kom eers later tot geloof. Baie men- se word ook ontnugter deur dit wat hulle geglo het as kind wanneer hulle volwassenes word. Hierdie “ontnugtering” met hulle geloof kan wees as gevolg van een of ander pyn- like teleurstelling wat hulle in die lewe ervaar het of hulle kan selfs ervaar dat dit wat hulle as kind geglo het as vol- wassene net nie meer “sin” maak nie. “BEGIN” gaan baie van die basiese dinge wat ons glo en mee worstel as Christene weer van nuuts af bespreek in ’n veilige ruimte. Miskien is daar dinge waaroor jy al skepties geraak het of gewoon nie verstaan nie. Miskien het jy nodig om van nuuts af net weer oortuig te raak dat die evangelie waar en betroubaar is. Met hierdie preekreeks wil ons ook graag Bergsig Gemeente se lidmate oplei of toerus oor hoe jy in gesprek kan tree met mense oor Jesus (dissipelmaking). Ons vra #elkEEN in Bergsig om ten minste EEN persoon te nooi na jou kleingroep waar DIE gesprekke aangaande die preekreeks dalk weer kan lei tot ’n nuwe BEGIN in hulle verhouding met Jesus. Let op dat dieselfde temas in die oggenderediens as by die aanddiens hanteer word. As jy dus die oggend erediens mis of jy wil graag iemand nooi na ‘n preek na aanleiding van die oggend se preek kan jy gerus die aanddiens bywoon. Die junior, senior kategese en kleingroepe het voorgeskrewe materiaal en ’n DVD wat die preekreeks volg. Dit sou dan families ook in staat kon stel om saam weekliks die temas by die huise te bespreek. Bergsig Boodskap Ons groet Ds. Schalk van Wyk Ons het groot waardering vir Ds. Schalk se bydrae en is opewonde oor sy nuwe Konin- kryksroeping na Pakistan. Alle voorspoed! BEGIN ... Veldtog BEGIN se preektemas: 24 Jan: Begin 31 Jan: Probleem 7 Febr: Vertroue 14 Febr: Reëls 21 Febr: Jesus 28 Febr: Genade 6 Febr: Geloof 13 Febr: Uitnodiging

Upload: others

Post on 03-Jun-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: BB 17 Jan 2016 - NG Kerk Durbanville-BergsigJan 17, 2016  · Tania de Villiers (Amerika) Dogter van Doreen de Villiers Kanker Herstel en bemoediging ... 13 Maart Dr Andries Cilliers:

17 Januarie 2016 17 Januarie 2016

NUUSFLITS:NUUSFLITS:

• 17 Jan: Ds. Schalk se afskeid & Bevestiging van Kerkraad & GLOW Kidz registrasie & loodsing

• 19 Jan: TGIF vroue

• 22 Jan: CHARGE geleentheid

• 24 Jan: Veldotg BEGIN loods & jaartema loodsing, GLOW Kidz indeling & Regeneration graad-aand

• 25 Jan: Kerkraad & Leier-groep geestelike gebedsvuur bymekaarkoms

• 26 Jan: Kix 16:00 Doopkategese 19:00

• 28 Jan: Seniorgroep byeenkoms 9:30

• 29 Jan: Straatuitreik

• 31 Jan: Bevestiging van nuwe senior leraar Dr. Kobus de Jager

08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Johan Els

Deuroffer: Jeugwerk

10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Johan Els

GLOW Kidz (Saal) Bea Pretorius

19:00 Aanddiens Arno Mattheus

17 Januarie 2016 Afskeid van Ds. Schalk van Wyk Bevestiging van Kerkraad

08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Johan Els Veldtog: BEGIN 1

Deuroffer: BADISA

10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Johan ElsVeldtog: BEGIN 1

GLOW Kidz (Saal) Bea Pretorius

19:00 Aanddiens Arno Mattheus

24 Januarie 2016 JAARTEMA LOODSING

Die grootste voorreg op aarde is om die won-

dere van God se woord te ontdek, en die

vreugde van wat jy gevind het, met ander te deel. Hierdie geleentheid het Bergsig my vir die

afgelope drie jaar gebied. Ek is dankbaar vir

elke kans wat ek gegun is om te preek en ander

van die Bybel te leer.

Die tweede voorreg wat hiermee gelyk staan, is om by mense se lewens betrokke te wees. ʼn

Groot dankie aan almal wat my met hulle lê-

wensworstelinge, vrese, vreugde, verleenthede

en sonde vertrou het. Ek is nederig dankbaar dat ek as biegvader saam met julle die salf van

die evangelie kon ervaar. Schalk

Jou geestelike lewe, soos met enige iets anders in jou lewe (bv. jou geboorte) BEGIN alles by die BEGIN. “Starting point” (van Andy Stanley, ’n prediker van Ameri-ka) is ’n reeks wat ons “BEGIN” noem by Bergsig en dit is die fokuspunt van die eerste kwartaal se tema. Navolging van Jesus BEGIN êrens vir elke mens. Baie men-se se BEGIN van hul geeste-like reistog het as kind af-geskop, ander mense kom eers later tot geloof. Baie men-se word ook ontnugter deur dit wat hulle geglo het as kind wanneer hulle volwassenes word. Hierdie “ontnugtering” met hulle geloof kan wees as gevolg van een of ander pyn-like teleurstelling wat hulle in

die lewe ervaar het of hulle kan selfs ervaar dat dit wat hulle as kind geglo het as vol-wassene net nie meer “sin” maak nie. “BEGIN” gaan baie van die basiese dinge wat ons glo en mee worstel as Christene weer van nuuts af bespreek in ’n veilige ruimte. Miskien is daar dinge waaroor jy al skepties geraak het of gewoon nie verstaan nie. Miskien het jy nodig om van nuuts af net weer oortuig te raak dat die evangelie waar en betroubaar is. Met hierdie preekreeks wil ons ook graag Bergsig Gemeente se lidmate oplei of toerus oor hoe jy in gesprek kan tree met mense oor Jesus (dissipelmaking).

Ons vra #elkEEN in Bergsig om ten minste EEN persoon te nooi na jou kleingroep waar DIE gesprekke aangaande die preekreeks dalk weer kan lei tot ’n nuwe BEGIN in hulle verhouding met Jesus. Let op dat dieselfde temas in die oggenderediens as by die aanddiens hanteer word. As jy dus die oggend erediens mis of jy wil graag iemand nooi na ‘n preek na aanleiding van die oggend se preek kan jy gerus die aanddiens bywoon. Die junior, senior kategese en kleingroepe het voorgeskrewe materiaal en ’n DVD wat die preekreeks volg. Dit sou dan families ook in staat kon stel om saam weekliks die temas by die huise te bespreek.

Bergsig Boodskap

Ons groet Ds. Schalk van Wyk

Ons het groot waardering vir Ds. Schalk se bydrae en is opewonde oor sy nuwe Konin-kryksroeping na Pakistan. Alle voorspoed!

BEGIN ...

Veldtog BEGIN

se preektemas:

24 Jan: Begin

31 Jan: Probleem

7 Febr: Vertroue

14 Febr: Reëls

21 Febr: Jesus

28 Febr: Genade

6 Febr: Geloof

13 Febr: Uitnodiging

Page 2: BB 17 Jan 2016 - NG Kerk Durbanville-BergsigJan 17, 2016  · Tania de Villiers (Amerika) Dogter van Doreen de Villiers Kanker Herstel en bemoediging ... 13 Maart Dr Andries Cilliers:

Bring gerus enige toeskroef-glasbottels (gewas) van enige grootte asook

blikkies kerk toe asb. Alba 083 462 0718 is besig met ’n nuwe projek.

Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy

betrokke wil raak by uitreikprojekte of e-pos na [email protected]

Bladsy 2 Bergs ig Boodskap

Bergsig-Uitreikhulp

Bergsigprojekte op ons voorstoep

Straatuitreik vind op Vrydagaand, 29 Januarie plaas.

BADISA Scottsdene benodig skryfbehoeftes asb.

Ons het al R416 038-00 ingesamel. Help ons asb. om die mikpunt te bereik.

Durbanville-Bergsig eer God vir sy voorsiening en as die Een wat alles onderhou in die Skep-ping.

Koeverte en ander in-betalings is steeds welkom tot Febr. 2016 vir die Kon-inkrykbestuursveldtog.

Gebruik ook Zapper of Snapscan vir jou

bydrae.

Elke 100 verteen

woordig R

100 000

Koninkrykbestuursveldtog

Daar is 20 EK GLO boeke

@ R85 stuk vanaf 17 Jan.

te koop by die kerk. Die oor-

spronklike prys is R149.99 by

CUM boeke. Die boek behan-

del ons vanaf 14 Mei tot die einde van die jaar.

Kwartaal 2 - 4 se veldtog

preekreekse word deur die boek gedek. Juanita Fourie

sal in die binnehof wees in-

dien jy vooraf jou boek wil

aankoop.

BEVESTIGING KERKRAAD

Wouter Bester & Andre van

der Westhuizen word vandag

as nuwe Kerkraadslede

bevestig.

PRAKTIESE TEOLO-

GIESE JAAR

Wynand Breytenbach doen

sy praktiese jaar as deel van

sy teologiese studies by Bergsig. Hy word vandag

ook aan die gemeente

bekendgestel.

Page 3: BB 17 Jan 2016 - NG Kerk Durbanville-BergsigJan 17, 2016  · Tania de Villiers (Amerika) Dogter van Doreen de Villiers Kanker Herstel en bemoediging ... 13 Maart Dr Andries Cilliers:

Bladsy 3 Bergs ig Boodskap B ladsy 3 Bergs ig Boodskap

Voorbidding

Bel Ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te

word of e-pos na: [email protected]

KNIELTYD: 17 Januarie NAAM ADRES REDE BID VIR

Rinie Visser en gesin Palomino 14, 021 976 6078 Moeder oorlede Troos en bemoediging

Etienne vd Vyver en gesin Altydbosslot 4, 021 976 7154 Moeder oorlede Troos en bemoediging

Hennie Joubert St Blaizestr. 9, 021 976 4627 Vrou oorlede Troos en bemoediging

Johan Dirkse v Schalkwyk

en gesin

Murraystraat 100, 021 975 7748 Vader oorlede Troos en bemoediging

Leon en Karin Theron Wanderersslot 9, 072 326 5900 Motorongeluk Vinnige herstel

Pierre Cloete (seuntjie) Crownsingel 2, 021 976 0055 Negatiewe diagnose Bemoediging

Francois van Wyngaardt Andre (pa) 082 465 4957 Goeie nuus is dat

Francois sy polse kan

beweeg. Baie dankbaar.

Dankie vir al die gebede

Alida Nel La Gratitude 25, 082 554 9904 Voortdurende pyn. Verligting van pyn

Tania de Villiers (Amerika) Dogter van Doreen de Villiers Kanker Herstel en bemoediging

Jacques Boonzaaier Klipheuwel Kry tans chemo Volkome herstel

Maan Lötter Joosfontein Plaas, 083 658 7956 Kry tans bestraling Herstel en bemoediging

Rhalene Uys Murraystraat 62, 021 979 2415 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Hennie en Cora Kotze Terrace Du Ville 14, 021 976 0562 Gesondheidsprobleme Herstel en bemoediging

Koba Pieterse Lisbonstraat 1, 082 371 2542 Kanker Herstel en bemoediging

Dirk Castens Pelicanstraat 15, 021 976 6444 Kanker Herstel en bemoediging

Etienne Warricker Vierlandenstraat 18, 021 976 0282 Kanker terug Volkome herstel

Hercules Stander Blanc de Noirstr. 26, 021 975 4193 Beenmurgkanker Herstel en bemoediging

Hanno Fourie Joostenbergweg 1, 082 822 1531 Mediese behandeling Genesing en bemoediging

Hester Hayes 082 528 8599 Mediese behandeling Troos en bemoediging

BID VIR DIE PLAASLIKE SAPD VIR KALMTE EN BEMOEDIGING (Hulle is onder geweldige druk a.g.v. toenemende misdaad.)

Bid vir Bergsig kinders wat antwoorde soek op geestelike en emosionele gebiede.

Persone met verslawingsprobleme. Ons bid vir bevryding, wysheid en insig.

Persone in gemeente met huislike probleme. Ons bid vir versoening en geluk.

Persone met finansiële probleme en moeilike omstandighede - Ons bid vir oplossing, wysheid en insig.

Bid vir die Regering en leiers van ons land.

Bid vir bekering van misdadigers en geweldenaars in ons omgewing en land.

Vir bydraes of versoeke, skakel Elize 021 976 4106

Ds. Schalk en Marieke van Wyk (sien foto hiernaas

omkring) is welbekend by die seniorbediening waar hy die

afgelope drie jaar bedien het. Marieke het haar kant ge-bring in die gemeente en stilweg ’n helpende hand uitge-

steek. Haar vriendelike glimlag het menig sommer moed

laat skep. Sy is die vrou agter Ds. Schalk.

Ds. Schalk is veral bekend vir sy kennis oor die Woord

van God en hy het dit graag in die Bybelskool gedeel. Hy is ook bekend daarvoor dat hy ’n diep begrip het vir sy

medemens. Sy invalshoek laat mens altyd twee maal dink

en besef dat die wêreld van baie kante af bekyk kan word.

Dit help met perspektiefvorming rakende geloofsake. Hy is ook baie lief vir grappies. Ons gaan hulle baie mis

en wens hulle die Here se seën toe.

Gee aan God al die eer vir Sy onbeskryflike genade.

Page 4: BB 17 Jan 2016 - NG Kerk Durbanville-BergsigJan 17, 2016  · Tania de Villiers (Amerika) Dogter van Doreen de Villiers Kanker Herstel en bemoediging ... 13 Maart Dr Andries Cilliers:

Bladsy 4 Bergs ig Boodskap

Dit is al algemeen bekend dat

Graanendal in Durbanville (wat binne

Bergsig se gemeente grense lê) binne die volgende 5 jaar 20 000 nuwe huise

gaan by kry.

Die ander goeie nuus is dat Bergsig

reeds ‘n erf van 5000m2 by die ontwik-

kelaar (gratis) gekry het om ‘n nuwe gemeente te plant.

Om ons as gemeente voor te berei vir

die kerkplanting wil ons graag ‘n taak-

span vanuit die gemeente oplei en

saamstel om oor hierdie planting te begin dink, bid en droom.

Vir die opleiding in kerkplanting is ons

BAIE opgewonde om die jaar ‘n inter-

nasionale kerkplantingskursus aan te

bied oor vier naweke (22 – 23 April, 10 – 11 Junie; 19 – 20 Aug en 28 – 29

Okt).

Die kursus is afkomstig vanaf Fresh

Expressions uit Engeland

(www.freshexpressions.org.uk) en word die MSM kursus (Missions Shaped

Ministry) genoem. Pastore en lidmate

van verskillende denominasies gaan

ook hierdie kursus by ons kom bywoon.

Die koste wat ’n sertifikaat van Enge-

land insluit is R2750 pp. Daar sal egter

beurse vanaf die sinode beskikbaar

wees vir NG Kerk lidmate wat dit wil bywoon.

Kontak Ds Johan Els vir meer inligting

[email protected](sien ook

meer by

www.freshexpressions.co.za vir die inter-

nasionale konfe-rensie wat 16 – 18 Februarie in Kaapstad aangebied

word.

BERGSIG / DURBANVILLE SENIOR GROEP

Alle seniors word hartlik uitgenooi na ons eerste vergadering op 28

Januarie 2016 by Bergsig gemeente om 9:30

Lede wat wil aansluit moet dan registreer vir 2016 en die ledegeld

beloop R50 per lid.

Gespreksreeks: Die Bybel en Selfdegeslagverhoudings

NG Gemeentes: Sonstraal en Durbanville 31 Januarie Dr Marius Nel: Hoe is die Bybel gesagvol vandag? 7 Februarie Prof Dirkie Smit: Hoe gebeur dit dat gelowiges dieselfde

Bybel lees en tot verskillende gevolgtrekkings kom? 14 Februarie Ons lees saam: Genesis 1:27-28 en 2:18-25 21 Februarie Ons lees saam: Genesis 19:1-29 28 Februarie Ons lees saam: Levitikus 18:22 en 20:13 6 Maart Ons lees saam: Romeine 1:26-27, 1 Korintiërs 6:9 en

1 Timoteus 1:10 13 Maart Dr Andries Cilliers: Wat beteken die slagspreuk van die

Reformasie: “Die Skrif alleen”? Die gespreksaande begin om 18:30 in Durbanville Gemeente se kerkgebou, op die hoek van Kerkstraat en Weyerslaan in Durbanville. Enige iemand is welkom. Bring jou Bybel en kom lees, luister en gesels saam.

ONTVANGSPERSOON : DURBANVILLE GEMEENTE

Vir meer besonderhede oor die pos beskikbaar kontak Elize Botma die administratiewe beampte. Volledige beskrywing is by haar beskikbaar en kan per e-pos aangestuur word. Rig ’n 2-bladsy CV aan: Die Admin-Bestuurder by e-pos: [email protected] Sluitingsdatum: Ma, 18 Jan 2016 Aanvangsdatum: 1 Febr 2016 of so spoedig daarna Persone wat die kortlys haal sal binne 2 weke van sluitingsdatum in kennis gestel word.

PRODUKSIE BESTUURDER

Shiloh Synergy het 'n voltydse posisie beskikbaar vir 'n Produk-sie Bestuurder by een van sy projekte, Shiloh Food.

Die aspirant kandidaat moet ondervinding in die bestuur / werk op senior vlak in 'n klein voedselverwerkingfabriek wat HACCP insluit.

Die aspirant kandidaat moet in staat wees om mense te be-stuur , rekenaargeletterd wees en het 'n baie goeie begrip van voedselverwerking hê. Indien u geïntereseerd is, epos u volledi-ge CV na [email protected] of per hand, Dirkie UysStraat 6, Proteahoogte Brackenfell 7560

Kontak:Tel.021 981 8241(Mr.Plaatjies)

Aansoeke vir hierdie posisie moet asb ASAP deurgestuur word.

Waterbeperkings knou tuin

Bergsig is baie trots daarop dat ons tuin in ’n pragtoestand is en word gereeld daarvoor gekomplimenteer.

Met die nuwe waterbeperkings wat ingestel is, vra ons jul begrip dat met die geel word van ons lower-groen gras ons dit aanvaar in die droogtetyd wat ons leef.

Ons hoop is om ons tuin self in die tyd mooi netjies te hou.

Poste beskikbaar

’n Vars / NUWE manier van kerkwees.

Page 5: BB 17 Jan 2016 - NG Kerk Durbanville-BergsigJan 17, 2016  · Tania de Villiers (Amerika) Dogter van Doreen de Villiers Kanker Herstel en bemoediging ... 13 Maart Dr Andries Cilliers:

Bladsy 5 Bergs ig Boodskap B ladsy 5 Bergs ig Boodskap

Program vir die week:

Ons is BAIE opge-wonde dat die Veritas Bybelskool (www.veritascollege.org) van die jaar af by ons aangebied gaan word.

Hierdie sertifikaatkursus wat uit 4 modules bestaan is interna-sionaal geakrediteer en deelnemers kan na elke module self kwalifiseer as fasiliteerder om dit aan te bied die jaar!

Die hooffokus van Veri-tas is om lidmate toe te rus met die basiese vaardigheid om die By-bel verantwoordelik te kan lees, van toepas-sing te maak vandag en bedieningsvaardighede te leer. Jy kan verwag om geweldig te groei in jou verhouding met Je-sus omdat jy God se

stem baie duideliker leer onderskei vanuit die Woord.

Module 1 word vol-gende jaar by Bergsig aangebied op Dinsdae oggende en Woensdae aande vanaf Februarie tot Oktober. Die koste vir die hele jaar is R375 per deelnemer.

Kontak Ds Johan Els vir verdere navrae by

[email protected]

Leer jou Bybel kenLeer jou Bybel ken

Charge! Visiedeling en opleiding:

1. Hierdie jaar is daar SLEGS 4 opleidingsgeleenthede (slegs een per kwartaal) wat vir al die leiers (kinder-, jeug- en kleingroepleiers) in ons kerk verpligtend is en die eerste een vind plaas 22 Januarie 2016 om 19h00.

2. Julle gades en kinders is welkom en ONS moet teen Maandag, 18 Jan., op die heel laaste getalle bevestig.

3. ‘n Kinderoppasdiens is in die jeuglokaal beskikbaar ge-durende die opleiding .

4. Ons bederf julle graag met ‘n vingerete, sap en ‘n gesken-kie.

5. Die program verloop as volg:

19:00 Opening en verwelkoming

19:10 Aanbidding

19:30 Visiedeling vir die jaar & bekendstelling van BEGIN

19:50 Vingerete

20:30 Werkswinkel aangebied in saal vir kleingroep- leiers (kinder- en jeugbediening in ander lokale ingedeel)

21:30 Groepfoto en opruiming

Let daarop dat hierdie die heel belangrikste geleentheid van die hele jaar vir kleingroepleiers is om by te woon om die jaar se program te verstaan en saam met ons opgewonde te raak oor 2016! Ons sien uit om met julle die pad te stap.

Beradingskursus Hierdie kursus stel jou in staat om ʼn bera-dingsgesprek te kan voer, aan die hand van die narratiewe gespreksmodel. Dit behels ook praktiese inoefening en van die terugvoer wat al ontvang is, is dat dit vir kursuslede nie alleen help om sekere bera-dingsbeginsels beter te verstaan nie, maar dra ook by tot ʼn beter verstaan van hulle eie lewens. Dit begin op 27 Januarie. Skryf in by [email protected]

GLOW, REGENERATION EN KLEINGROEPLEIERS

BERGSIGVROUE

9 Jan om 5:30 TGIF vroue skop af

18-10 April VROUEKAMP

Vrouens wat by die bediening wil inskakel kan vir Heidie Bo-

tes by 083 399 2013 bel.

www.bergsigdv.co.zawww.bergsigdv.co.za

Page 6: BB 17 Jan 2016 - NG Kerk Durbanville-BergsigJan 17, 2016  · Tania de Villiers (Amerika) Dogter van Doreen de Villiers Kanker Herstel en bemoediging ... 13 Maart Dr Andries Cilliers:

NG Kerk Durbanville-Bergsig NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810

Straatadres Posadres 24 uur noodnommer Kantoor-ure

H.v. Boland- en Proteaweg Posbus 479 vir geestelike & emo- Ma tot Vry 08:00 - 1400 t 021 976 4106

Durbanville 7550 Durbanville 7551 sionele ondersteuning Leraars en kantoorperso- f 021 976 9606

S33 48.966 O18 39.728 071 196 4191 neel kan daagliks by die [email protected]

[email protected] kerkkantoor gebel word. www.bergsigdv.co.za

Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers

JUNIORJEUG

KATEGESE

2016

Registreer jou kind vooraf via die web-blad van Bergsig.

Vermy die begin-van- die-jaar-stormloop.

Vind die vorm by Algemeen/Kategese

Nuusflits! BERGSIG BENODIG

GROEPLEIERS VIR 2016.

Juniorjeug: 24 Groepleiers

Bel Bea 082 924 1151

Seniorjeug: 10 Groepleiers

Bel Arno 072 955 0670

Kleingroepe:

Bel Juanita 082 963 3333

Passion wêreldtoer met Louie Giglio, Chris Tomlin, Israel Houghton en die Passion Band

Die juniorjeug kinderbediening het ’n nuwe naam en ken-

teken. Dit sluit aan by Durbanville-Bergsig se visie om Sy lig-

draers te wees. Ons wil hê ons kinders moet warm “gloei/glow” vir Jesus en skyn al is dit selfs soms donker.

Al die kinders ken “neon glowsticks” en ons het dit goedgedink

om by iets wat bekend is aan hulle aan te sluit.

Ons vra dat almal saam met ons sal bid vir die

kinderbediening. Die jeug is die HOOP dat ons geloof na die volgende generasie oorgedra sal word.

13 Februarie besoek die wêreldbekende prediker Louie Giglio en die Passion beweging Kaapstad. Louie Giglio is bekend vir sy preke soos, "How great is our God", "Indescribable". Chris Tomlin, ook wêreldbekende Lof en aanbiddingsleier gaan sorg vir 'n wonderlike aand saam met gelowiges van reg oor die Wes-Kaap. In die verlede was die Passion geleenthede slegs vir stu-dente gewees, maar hierdie jaar maak hulle die deure oop vir oud en jonk.

Ons senior jeugwerker, Arno Mattheus, het verlede jaar besoek afgelê by Louie Gi-glio se gemeente in Atlanta en het ook die Passion Wor-ship konferensie bygewoon. Arno getuig van 'n wonder-like ervaring en beskryf dit soos volg: "Dit was nie net die musiek en die persoonlikhede wat dit so wonderlik gemaak het nie, maar die opregte liefde wat die mense by Passion het vir Jesus. Hulle enigste

begeerte is om die kollig op Jesus te laat skyn en om saam as Sy volgelinge Hom te aanbid en by Hom te leer.”

Oud en jonk moet seker maak dat hulle hierdie geleentheid bywoon. Elk gaan iets besonders beleef deur saam met duisende mense te aanbid en te leer. Arno en Ds. Johan Els was ook genooi om einde verlede jaar die bekenstelling by te woon en het besluit dat dit fantasties sal wees om soveel as moontlik mense te kry om Passion by te woon.Ons bied die geleent-heid vir mense om deur die kerk kaartjies te koop en ook gebruik te maak van busse wat ons reël. Sien asb Sien op die foto hiernaas inligting oor kaartjiepryse. Studente kan kaartjies koop by Com-puticket teen slegs R40 met wys van studente kaart en is welkom om van ons bus- vervoer gebruik te maak.Vir meer inligting kontak Arno by [email protected]