bb 22 mei 2016 - bergsigdv.co.za · die wêreld sigbaar sal raak deur ons wat in hom glo. naam...
TRANSCRIPT
NUUSFLITS:
• 22 Mei: Wêreldbiddag
• 25 Mei: Daniël-konferensie Vinkel-en-Koljander-mark 29 Mei: Nagmaal 31 Mei: TGIF Vroue-aand 3 Junie: Straatuitreik 10-11 Junie: Fresh Expressions 12 Junie: Oupa– en Oumadag 18 Junie: Betesda Kos-en- Kunsmark 19 Junie: Vadersdag 20 Junie: Gebedsvuur 22 Junie: Denim & Diamonds 24 Junie: Skole sluit 27-30 Junie: GLOW Kidz vakansieprogram
08:15 Klassieke diens Ouditorium
Veldtog: Dink 2
Ds. Johan Els
Deuroffer: Arbeidsbediening
10:00 Informele diens
OuditoriumVeldtog: Dink 2
Ds. Johan Els
GLOW Kidz (Saal) Wynand Breytenbach
19:00 Aanddiens Wynand Breytenbach
22 Mei 2016 Wêreldbiddag
22 Mei 2016 22 Mei 2016 Bergsig Boodskap
08:15 Klassieke diens OuditoriumVeldtog: Dink 3
Ds. Eric Swanepoel
Deuroffer: Operasie Mobilisasie
10:00 Informele diens
OuditoriumVeldtog: Dink 3
Ds.. Eric Swanepoel
GLOW Kidz (Saal) Bea Pretorius
19:00 Aanddiens Arno Mattheus
29 Mei 2016 NAGMAAL
Hierdie is ’n nie-winsgewende
maatskappy - ’n diensarm van
Christelike kerke wat alle men-se in die werkplek landwyd
ondersteun.
Die oorhoofse tema vir 2016 is “Manne by ’n kruispad”. Subtemas: 1) Verhoudings: teenoor kinders 2) Versoening en vryspraak 3) Herstel van huweliksver-houding 4) Man van God wat voor-loop in sy gemeente en gemeenskap 5) God se onvoor-waardelike liefde vir my as mens. Manne keer terug huis toe na so 'n naweek met nuwe waardering vir hul vrouens en kinders. Hulle is ge-motiveerd om hul rol as hoof en geestelikeleier in die gesin op te neem.
Manne besef dat hul die verantwoordelikheid het om rolmodelle vir hul kinders te wees. Baie huwelike is die afgelope jare gered nadat mans hul Goddelike verant-woordelikhede in die huwe-lik opgeneem het. Kom beleef ’n naweek van verandering! Hier is ’n per-fekte geleentheid om jou #elkEEN na toe te nooi (die persoon wat jy besig is om te dissipel). Plek: Bergsig Ouditorium Datum: Vrydag 27 Mei (18:30 – 21:00) Saterdag 28 Mei (08:00 – 16:00) Koste: R100 per persoon. Kos en koffie word te koop aangebied by Vinkel &
Koljander mark. Navrae: Evert Loubser (082 413 4452, [email protected]) of Oswald Opperman (079 108 9697, [email protected]) of Ds Johan Els (084 672 0626,
[email protected]) Goeie groeigeleentheid!
Mannebediening: Daniël-konferensie: 27 en 28 Mei
Die kinderbediening nooi elke oupa en ouma
vriendelik uit na ons Oupa- & Oumadag. Die
kinderbediening wil dankie sê vir alles wat elke ouma en oupa vir ons al gedoen het en nog vir ons gaan
doen.
Kom word bederf!
Oupa en Ouma dag
12 Junie om 10:00 Kerksaal
VINKEL & KOLJANDER MARK SE SPYSKAART is mondwater lekker! Wildspastei en rys Bobotie en rys Hoenderpastei en rys Chilli Con Carne en tacos Chicken a la king en rys Heerlike quiches per dag Pannekoek Vetkoek met maalvleis Koek Koffie & tee
Bergsigprojekte oor grense
Bladsy 2 Bergs ig Boodskap
Bergsigprojekte op ons voorstoep
BETESDA-BOEKRAK
Die Betesdaprojek vir gestremdes verkoop goeie tweedehandse boeke en DVD’s teen billike pryse.
Gemeentelede kan gerus hiervan aankoop. Hoe meer
gereeld jy by die boekrak ’n draai maak, hoe groter is jou
kans om die nuutste fonds op te raap.
Die boekrak is te vind in die vertrek op pad na die dameskleedkamer. Boeke kan heel week gekoop word.
Thailanduitreik 25 Junie tot 6 Julie 2016
’n Span van Bergsig, in samewerking met Kingfisher Ministries, gaan Thailand gedurende die Junie-vakansie besoek. Gemeen-telede in die span is: Pieter Henning, ds. Philip Scholtz, Nelda Rousseau, Oswald en Maryna Opperman en Annamaré Visser. Ds. Dirk Coetzee van Kingfisher vorm ook deel van die groep. Die doel van hierdie besoek is tweeledig: Om ons sendelinglidmate en ander Suid-Afrikaanse sendelinge te ondersteun en om onsself op voetsoolvlak van die omstandighede te vergewis.
Durbanville-Bergsig se Thailandprojek is op die oomblik een van ons grootste buitelandse projekte. Daar is ʼn sagte plekkie in ons harte vir hierdie projek, aangesien dit van ons eerste lidmate is wat op hierdie gebied (as sendelinge) baanbrekers-werk vir die Koninkryk verrig. Gedurende die uitreik, gaan die span met aankoms vir drie dae vir Andre en Marina besoek en probeer om ’n klein bietjie van hulle werk en passie daar te beleef daarna vertek ons na Chiang Mia. Dit is waar Klasie en Ida van Heerden werk en woon, en dit is ook waar ons die ander SA sendelinge in Thailand gaan ontmoet, bedien, ondersteun en bemoedig vir drie dae.
Ons wil dus graag ’n driedag-werkswinkel aanbied waarin ons saam dink, na mekaar luister en in die Woord gaan delf - die Heilige Gees gaan vertrou vir die pad vorentoe. Ons wil in Jesus se voetspore volg, getrou aan sy Woord en sy Liggaam bly, daar wees en sy Lig laat skyn. Ons vertrou die Here om saam te ontdek, vir inspirasie en gefokusde strategieë uit sy hart.
Die span gaan oor die volgende weke besig wees met fondswer-wing en ons wil asb. vra dat u dit biddend ondersteun. Indien u ’n eenmalige bydrae wil maak, kan dit inbetaal word op die kerk se rekening met “Thai Junie” as verwysing. Indien daar ekstra fondse beskikbaar is, sal ons ook graag as span ons twee sendelingpare daar in die vreemde wou gaan bederf.
Geleenthede waar u ons kan ondersteun:
Ons is besig om kaartjies vir ʼn egte Loeriesfontein-slagskapie te verkoop. Die wenner sal na ʼn prystrekking op 19 Junie aangekondig word. Die kaartjies is beskikbaar by die A-Koord tafel op ’n Sondag of u kan enige van die uitreikers kontak. Die gelukkige persoon sal teen 19 Junie in kennis gestel word.
Ons het ook ’n baie baie mooi skildery as donasie ontvang, wat verkoop sal word op die volgende Vinkel-en-Koljandermark van 25 – 27 Mei. Ondersteun ons asb., want dit is die eerste keer dat ’n buitelandse uitreik van hierdie omvang deur ons ge-meente aangepak word. Ons gaan om ons belange te besoek, maar ons gaan beslis ook omdat ons Vader dit op ons harte gelê het om te gaan dien en te gaan liefde leef. Die span be-dank alle lidmate wat reeds op een of ander wyse betrokke is.
Bid asb saam met ons, dat ons Vader, ons kragtig sal gebruik op hierdie uitreik, as sy gewillige hande, hart en ook met die Heilige Gees wat uit ons oë sal praat met mense wat Hom nie ken nie.
Die Thailand uitreik span bedank #elkEEN wat ons verkope die afgelope week ondersteun het.
Thailand-dinge ...
HOUSE OF GRACE
Soos laas Sondag berig, is Geraldo Mouton van House of Grace gekies om SA te verteenwoordig in Las Vegas in die Hip Hop danskompetisie. Om hom te help om geld in te samel wil ons graag op 13 Julie ‘n fondsinsameling hou by die Barnyard Willowbridge.
Om te kwalifiseer vir ‘n fondsinsameling moet ons ten minste 100 kaartjies verkoop. Ek benodig dus 20 mense wat bereid sal wees om 5 of meer kaartjies te koop/verkoop (of 10 wat 10 kaartjies elk sal verkoop!).
Indien ons nie genoeg mense kry wat bereid is om te help verkoop nie sal ons nie kan voortgaan met die funksie nie. Enige iemand of enige maatskappy wat bereid is om kaar-tjies te koop/verkoop, kontak asb Petro Nel 0829901218 teen Vrydag, 3 Junie.
MES word 30! Hiermee nooi ons u uit om deel te wees van ons 30ste verjaarsdagviering deur 50 pers en oranje kolfwyntjies te bak wat ons aan ons hawelose kliënte kan uitdeel op 1 Junie 2016. Die kolwyntjies sal op 31 Mei 2016 gekollekteer word.
Vir verdere inligting skakel asseblief vir Clarina Hanekom op 021-949 8736 of [email protected]
Straatuitreik 3 Junie Om 18:30 kom al die straatuitreikers weer byme-kaar by die FCD kantoor (Durbanville taxirank).
1 HIT WONDERS - 7 decades of the ul�mate 1 Hit Wonders
Bladsy 3 Bergs ig Boodskap
Voorbidding
Bel Ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te
word of e-pos na: [email protected]
KNIELTYD: 22 Mei House of Grace is ’n veilige vesting vir verwaarloosde kinders op ’n plaas buitekant Klipheuwel. Aletta Herbst, haar dogter en ’n paar helpers versorg ongeveer 20 kinders met baie liefde en deernis. Hierdie kinders is uit hulle ouers se sorg verwy-der as gevolg van baie redes. Hul ouderdomme wissel van 6 maande tot 16 jaar. Tans word House of Grace aktief onder-steun deur Bergsig wat fondse voorsien vir kos en voertuigonderhoud. Geraldo Mouton is een van die inwoners en is ge-kies om SA in Las Vegas te verteenwoordig in hip-hop danskompetisie. Dalk is Bergsig sy enigste kans om die droom te bewaarheid. Net soos ons ons eie kinders ondersteun vra ons jul voorbidding en ondersteuning. Lees op bladsy 2 meer!
Het jy ’n behoefte aan gebed? Gaan jy deur ’n moeilike tyd of het jy net ’n behoefte om nader aan Die Here te wees? Jaco en Chanel Jansen van Vuuren wil graag enige iemand uitnooi wat gebed nodig het.
Hulle is voor en na die 10:00 erediens in die gebedskamer beskikbaar, maar is ook bereid om saam met u tuis te bid.
Jak 5: 16 “Die gebed van ’n gelowige het ’n kragtige uit-werking”.
Kontak besonderhede: Jaco : 073 017 6662 / [email protected] Chanel : 072 907 4505 / [email protected]
Vandag is Wêreldbiddag Ons bid dat ons in Suid-Afrika opreg en in ootmoed sal stil-
word by God en Hom met hoë agting smeek om ons nasie in SA terug te draai na Hom.
Ons bid saam teen die geweld en vandalisme. Ons bid vir die regering. Ons bid dat leiers eties sal begin leef en optree. Ons bid vir die plaaslike verkiesings wat in Augustus plaasvind. Ons bid dat Christene regdeur die wêreld sal opstaan vir ge-regtigheid en die Evangelie sal verkondig. Ons bid dat God in die wêreld sigbaar sal raak deur ons wat in Hom glo.
NAAM ADRES REDE BID VIR
Hugo Kotze Hermonstraat 21, 021 975 6678 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Susan Agenbach La Gratitude 64, 021 976 1840 Operasie Herstel en bemoediging
Juliana Snyman Hibiscuspark 11, 021 975 3801 Operasie Herstel en bemoediging
Bernie Brandt De Keurlaan 80A, 083 232 6702 Beroerte Herstel en bemoediging
Herman Erasmus Lindenbergweg 8, 021 976 3321 Ernstige motorongeluk Herstel en bemoediging
Neels Langenhoven Tiekiedraaistraat 27, 021 979 5103 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
George Kruger Crestview 9, 083 743 5086 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Alouette Kühn De Keurlaan 37, 021 975 3511 Kanker Herstel en bemoediging
Pieter Swart Blanc de Noir 29, 082 863 1826 Aangerand Herstel en bemoediging
Pierre Cloete (seuntjie) Crownsingel 2, 021 976 0055 Negatiewe diagnose Bemoediging
Alida Nel La Gratitude 25, 082 554 9904 Voortdurende pyn. Verligting van pyn
Hennie en Cora Kotze Terrace Du Ville 14, 021 976 0562 Gesondheidsprobleme Herstel en bemoediging
Koba Pieterse Lisbonstraat 1, 082 371 2542 Mediese behandeling Dank vir beterskap
Dirk Castens Pelicanstraat 15, 021 976 6444 Kanker Herstel en bemoediging
Etienne Warricker Vierlandenstraat 18, 021 976 0282 Beenmurgoorplanting Volkome herstel
Hercules Stander Blanc de Noirstr. 26, 021 975 4193 Beenmurgkanker Herstel en bemoediging
Hanno Fourie Joostenbergweg 1, 082 822 1531 Mediese behandeling Genesing en bemoediging
Familie van Hester Hayes 082 528 8599 Hester is oorlede Troos en bemoediging
BID VIR DIE PLAASLIKE SAPD VIR KALMTE EN BEMOEDIGING (Hulle is onder geweldige druk a.g.v. toenemende misdaad.)
Bid vir Bergsig kinders wat antwoorde soek op geestelike en emosionele gebiede.
Persone met verslawingsprobleme. Ons bid vir bevryding, wysheid en insig.
Persone in gemeente met huislike probleme. Ons bid vir versoening en geluk.
Persone met finansiële probleme en moeilike omstandighede - Ons bid vir oplossing, wysheid en insig.
Bid vir die Regering en leiers van ons land.
Bid vir bekering van misdadigers en geweldenaars in ons omgewing en land.
Vir bydraes of versoeke, skakel Elize 021 976 4106
Helena Lückhoff La Gratitude 38, 021 976 3385 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Bladsy 4 Bergs ig Boodskap
Liewe Gemeente Nadat ons byna 10 jaar deel van die gemeente was, het dit vir ons tyd geword om aan te beweeg. Ons het reeds veilig in Pretoria aangekom. Ons wil graag vir ons Hemelse Vader baie dankie sê dat Hy, toe ons vreemdeling in die omgewing was, ons na julle as gemeente gelei het. Baie dankie aan die leraars vir die Woord wat julle verkondig, aan die personeel wat ons as gemeente so getrou dien, en aan die gemeente dat ons kon deel in julle liefde en toewyding aan die Koning van die kerk, ons Here Jesus Christus. Op ons pad na Pretoria het ons 'n advertensie van "Bergsig Tow-in and Repair Garage" gesien. Ons waardeer die "tow-in and repair" ervaring wat ons in Berg-sig beleef het. Mag julle met groot gewilligheid en met toegewyde aandag na die wil van die Here soek, en elke dag beleef hoe Hy julle elkeen in julle persoonlike- en geestelike lewens vooruitgaan. Hartlike groete Henoch en Marlene Schoeman Voorheen deel van die Vervolgde Kerk projekspan
Die week se program:
Is die jou voet-
stofie? Kontak
kerkkantoor hieroor as dit is.
25 - 27 Mei 8:30 - 20:00 & 28 Mei 9:00 - 14:00
Die Vinkel & Koljandermark Ons benodig nog hande by die
kassiere op 25, 26, 27 & 28 Mei.
Bel Edna indien jy met ’n skof van hulp kan wees
by 0833024838 / [email protected].
Baie dankie!
Authenticityx3 Kom word stil by Jesus se
voete en deel tyd saam met ander Christenvroue.
Ons skep ’n geleentheid waar jy jou kreatiwiteit kan beoefen saam met ander Christenvroue, ’n plekkie waar jy saam met ander vroue wat soos jy dink en glo kan gesels en kuier.
Skryf nou in vir ons vol-gende werkswinkel op Sa-
terdag, 4 Junie vanaf
12:00 – 16:30.
Vir meer besonderhede: [email protected]
Enkellopende mans en vrouens
in die
ouderdomsgroep
55 tot 65 wat ander wil
ontmoet in die NG kerk
van ons omgewing
kan my gerus kontak
by
083 236 8073
Jan de Bruyn
Volgende
Huwelik-voorbereidingsklasse
vir voornemende paar-
tjies wat trou, word
deur Ds. Philip Scholtz
in Junie/Julie aange-
bied.
Navrae: 021-976 6480 /
083 665 9973
Die EK GLO preekreeks is deel van ons jaartema #elkEEN ’n
nuwe mens in Christus. Die EK GLO boek is verdeel in drie hoof-
temas DINK, DOEN, LEEF/WEES. Ons is nou besig met die te-ma DINK. (In die derde kwartaal met DOEN en in die vierde
kwartaal met LEEF/WEES.)
Ons preek temas wat ons van DINK in die eredienste behandel is
Hoofstuk 1, 3, 5, 7 en 9. Kleingroepe kan kies of hulle in die week
dieselfde temas wil doen of die ander hoofstukke naamlik 2, 4, 6, 8 en 10. Die juniorkategese doen al 10 temas en die senior
kategese volg oggend erediens se ritme.
Daar is nog veldtogmateriaal beskikbaar by die kerkkantoor.
Muur van verbintenis - Lees meer op die agterblad
van die projek asook op ons webwerf by die skakel KONTAK ONS/MUUR VAN VERBINTENIS. Die wat reeds ’n vaste
maandelikse verbintenis het, onthou om ook jul steentjie af te haal - dit help
net as herinnering dat jy ons help om die Koninkryk van God uit te bou.
Trooskos Help ons asb. om voorbereide etes wat maklik kan vries te
maak wat ons kan neem na
lidmate wat moeilike omstan-
dighede beleef. Bel Heidi as jy kan help om TROOSKOS
voor te berei. Haar nommer
083 399 2013.
Bladsy 5 Bergs ig Boodskap
Moederskamer-geriewe Die moederskamer by die damesbadkamer is ingerig
vir pasgebore babas tot 1
jaar oud.
Die tweede moederskamer
is agter die liturgiese ruimte vir 1-2 jariges. (Hier is ook ’n
gesinsbadkamer).
Daar is klank– en beeld in
albei vertrekke.
Die gebedskamer is slegs vir
mammas wat borsvoed. ’n Stil atmosfeer met geen an-
der ouderdom kinders teen-
woordig nie moet daar
gehandhaaf word. Wanneer
klaar met voeding kan mam-mas weer na die moed-
erskamer vir babas tot 1
jarige ouderdom gaan.
Durbanville /
Bergsig
Seniorgroep
Ons Mei vergadering
vind plaas op Don-derdag 26 Mei 2016 om
9:30 by Durbanville ge-
meente.
Die spreker is Francine van Niekerk, Redakteur
van die LIG-tydskrif.
Haar tema is: Ligvoet
en diepspore.
Sien julle daar.
Ek het Huis Jabes in 2008 begin en nooit besef dat dit so ’n groot projek sou wees nie. Ons maatskaplike werker het gister vir my statistiek gewys dat ons on-geveer 1070 persone al-reeds gehelp het, en meer as 500 persone al gehuis-ves het in Huis Jabes.
Ons werksaamhede strek veel verder as die vier mure van ons veilige huis waar ons ’n heenkome en ver-sorging aan mishandelde vroue en hul kinders bied, gegewe die trauma van gesinsgeweld waarin hulle hul bevind.
Hierdie vroue is op die oog af, versorg en modern aangetrek. Ongelukkig is hul harte en lewens stukkend geskeur, omdat hulle uitgelewer word aan die ge-nade van genadelose per-sone binne ’n huwelik of verhouding. Wanneer die gordyne in hul mooi woning saans toegetrek word, heers daar ’n beklemmende ge-voel in hul binneste van wanhoop, ongekende vrees
en verskrikking.
Opnames sedert 2008 vir die middel tot hoë inkomste groep van vroue het oor die hele Suid-Afrika plaasgevind. Soms het ek die geskree en slaanhale oor die telefoon gehoor en dan het ek geweet ons moet dadelik ’n bus – of vlieg-tuigkaartjie koop, net om hul veilig te hou.
Hulle kom by ons veilige huis aan met net die nodige gepak in plastieksakke of ’n enkele tassie. Soms in duur motors, en soms afgelaai, baie kere het ek hul al self by die huis gaan oplaai, met die geweldenaar vloekend en aggressief.
Die vroue is lewensmoeg en die kinders is verward met ogies vol trane........ alles agtergelaat in die vooruitsig van ’n nuwe lewe wat net Huis Jabes bied.
Ek het jaarliks ’n groot fondsinsameling gehou wat my baie gehelp het, maar die spanning om die maand tot maand uitgawes te dek,
eis somtyds sy tol. Daarom wil ek jou vra om asseblief my hand te neem en ’n de-bietorder te teken, dit kan vir ’n klein bedraggie wees, maar dit sal help om te weet dat daar gereeld inkomste sal inkom. Die huur van die huis, water, elektrisiteit, skoolklere, skoolgeld ens. moet maandeliks be-taal word.
Indien jy sou oorweeg om ’n debietorder te teken en te onderneem om ons te ondersteun met hierdie won-derlike projek kan jy by die kerkkantoor ’n vorm afhaal. Somtyds raak ek moedeloos en moeg, my “antidepressant” is dan om in my kar te klim, Huis Jabes toe te ry en te sien dat daar wel ’n doel is vir my op hierdie aarde........ om ’n verskil te maak! Kan jy my hiermee help asb.. en die verskil wees.
Jabes Groete Adri Klindt 083 564 3313 [email protected] www.huisjabes.co.za
Huis Jabes
NAGMAAL
Die volgende Nagmaal in Bergsig vind plaas op 29
Mei by beide eredienste
onder leiding van
Ds. Eric Swanepoel.
Almal sal julle saam met Hom sien. Dan sal hulle
ook sien hoe belangrik julle regtig vir God is. Kol 3:4
NG Kerk Durbanville-Bergsig NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810
Straatadres Posadres 24 uur noodnommer Kantoor-ure
H.v. Boland- en Proteaweg Posbus 479 vir geestelike & emo- Ma tot Vry 08:00 - 1400 t 021 976 4106
Durbanville 7550 Durbanville 7551 sionele ondersteuning Leraars en kantoorperso- f 021 976 9606
S33 48.966 O18 39.728 071 196 4191 neel kan daagliks by die [email protected]
[email protected] kerkkantoor gebel word. www.bergsigdv.co.za
Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers
MUUR VAN VERBINTENIS
Jou finansiële verbintenis word:
*Bevestig
*Hersien of
*Nuut geskep
Allereers behoort elkeen se verbintenis met die le-
wende Christus te wees, uit dankbaarheid. Laat Sy Gees u lei en rig voordat u ’n tas-bare verbintenis maak. Dit
is ’n persoonlike toewyding wat geensins gekontroleer
word nie.
Neem dus ’n “steentjie” vanaf
die “muur van verbintenis”, wat in die kerk aangebring is,
as herinnering aan jouself om Durbanville-Bergsig in stand
te hou, om die Koninkryk verder uit te bou.
Debietordervorms is beskikbaar.
EFT inbetalings kan gedoen
word.
Zapper & Snapscan kan
benut word. Navrae: Pieter Henning
Dames TGIF aand
31 Mei 2016 om 18:30
Henry Pike, sanger en leraar by
Die Bron gemeente, kom met
ons dames gesels. Maak seker jy
mis dit nie.