beefmaster bly gefokus nasionale veiling 2019 journal...asook vir die pat assessering van die graad...

32
Official Journal of Beefmaster SA 2020 97 BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 D ie Beefmaster Genootskap van Suid Afrika het oudergewoonte op 4 Julie 2019 hulle Nasionale Veiling gehou. Daar is vooraf ‘n Raadsvergadering asook ‘n Algemene Jaarvergadering gehou, wat goed verteenwoordig was deur die telers van die Genootskap. Belangrike besluite is in goeie gees geneem, om hierdie besonderse Beefmaster ras vorentoe te vat en kompeterend te hou. Top kwaliteit diere is aangebied. Stoettelers besef werklik dat die Nasionale Veiling die toonvenster is van sy kudde en dit is dus die ideale geleentheid vir Stoettelers sowel as kommersiële telers, wat ‘n baie belangrike bydrae maak tot alle veilings, om top genetika te bekom. ‘n Pragtige veiling is hoogs professioneel deur Vleissentraal aangebied, met Ian Grobbelaar as die afslaer. Die veilingslokaal was besonder stylvol en netjies opgemaak wat kopers en hul gades welkom laat voel het. Die Veilingsuitslae is as volg: 1. Duurste bul lot 2 van WO Beefmasters verkoop vir R210 000 met gemiddeld op Bulle van R75 100. 2. Duurste 3 in 1 koei met Verskalf van Bos Blanco verkoop vir R100 000 met gemiddeld van R58 930 op al die 3 in 1's. 3. Duurste dragtige vers van Kandys Beefmasters verkoop vir R42 500. 4. WO verkoop ‘n vers vir R42 000 met gemiddeld op dragtige verse van R27 870. Vervolg op bl. 98

Upload: others

Post on 30-Oct-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 2020 97

BEEFMASTER BLY GEFOKUSNASIONALE VEILING 2019

Die Beefmaster Genootskap van Suid Afrika het oudergewoonte op 4 Julie 2019 hulle Nasionale Veiling gehou. Daar is

vooraf ‘n Raadsvergadering asook ‘n Algemene Jaarvergadering gehou, wat goed verteenwoordig was deur die telers van die Genootskap. Belangrike besluite is in goeie gees geneem, om hierdie besonderse Beefmaster ras vorentoe te vat en kompeterend te hou.

Top kwaliteit diere is aangebied. Stoettelers besef werklik dat die Nasionale Veiling die toonvenster is van sy kudde en dit is dus die ideale geleentheid vir Stoettelers sowel as kommersiële telers, wat ‘n baie belangrike bydrae maak tot alle veilings, om top genetika te bekom. ‘n Pragtige veiling is hoogs

professioneel deur Vleissentraal aangebied, met Ian Grobbelaar as die afslaer. Die veilingslokaal was besonder stylvol en netjies opgemaak wat kopers en hul gades welkom laat voel het.Die Veilingsuitslae is as volg:1. Duurste bul lot 2 van WO Beefmasters verkoop

vir R210 000 met gemiddeld op Bulle van R75 100.

2. Duurste 3 in 1 koei met Verskalf van Bos Blanco verkoop vir R100 000 met gemiddeld van R58 930 op al die 3 in 1's.

3. Duurste dragtige vers van Kandys Beefmasters verkoop vir R42 500.

4. WO verkoop ‘n vers vir R42 000 met gemiddeld op dragtige verse van R27 870.

Vervolg op bl. 98

Page 2: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 202098

Dinee

Op die vooraand van die Nasionale Veiling het ons ‘n praggeleentheid aangebied. Sowat 160 gaste het hierdie semi-formele geleentheid bygewoon waar ons heerlik saamgekuier en geëet het. Op die aand word erkenning gegee aan verskeie kuddes en individue wat prestasies behaal het en besondere bydraes aan die Beefmaster Genootskap gemaak het.

Nuutverkose raadslede is aangekondig en erkenning is gegee aan uittredende raadslede. Daar is ook geleentheid gegee vir die borge om hulself te promoveer.

Dankie aan almal wat die Nasionale Veiling ondersteun en bygewoon het. Ons as Raad is opgewonde om almal hierdie jaar daar te verwelkom. 2020 se Nasionale Veiling sal op 9 Julie aangebied word by Afridome, Parys.

Lekker boer!

Page 3: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 2020 99

Page 4: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 2020100

Page 5: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 2020 101

Page 6: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 2020102

Page 7: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 2020 103

BEEFMASTER BLY GEFOKUSBEEFMASTER UITSTALLING ‘N

Dit sou moeilik gewees het as jy deur die beesuitstallings op Nampo geloop het om nie

die Beefmasterstalletjie raak te sien nie.

Die nuwe logo is bekend gestel en die hele stalletjie het ‘n baie positiewe verandering ondergaan.

Voornemende bulkopers en telers kon gemaklik saam kuier met Beefmaster lede. Die video wat gemaak is het ook gehelp met die bemarking van die ras. Die uitstalling was behartig deur WO Beefmasters wat koei WO 08-274 met haar bulkalf WO 18-347

uitgestal het. Die koei het al meer as 3000 kg lewende gewig beesvleis in haar leeftyd geproduseer. Sy het ‘n TKP van 368 oor nege kalwers en is ‘n goeie voorbeeld van waartoe die Beefmaster genetika in staat is. Saam met haar was bul WO 14-037 uitgestal. Dit is ‘n mediumraam bul wat baie mooi vertoon.

Dit was lekker om deel te wees van die Nampo-span en ons wil graag in besonder vir Jan du Toit, Magda Boukes en Henriette Labuschagne bedank, wat die hele week die ras verteenwoordig het, in die stalletjie en ook buite in die ring.

GROOT SUKSES OP NAMPO

Frans Odendaal

Page 8: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 2020104

MB18131

THEO COETZEE: 082 600 8374 [email protected] Majesto Beefmasters

KUDDEVAAR BOS100432 MB170467

MB17397

Vrugbaar | Gehard | Aanpasbaar | Groeivermoë

Page 9: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 2020 105THEO COETZEE: 082 600 8374 [email protected] Majesto Beefmasters

2020 VEILINGS 2 April 16 September

Page 10: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 2020106

BEEFMASTER KRAAI WEER KONING BY ALFA

Die Beefmaster Genootskap se stalletjie met die nuwe logo is dadelik opgemerk hierdie jaar by die Alfa-ekspo op Parys wat vanaf

17 - 19 September 2019 aangebied is. Die totale besoekers by ALFA 2019 was 5813. Daar was 'n totaal van 311 vleisbeeste wat deur 30 rasse verteenwoordig is.

Nie net was die nuwe gesig van die Beefmasters 'n aantrekkings punt vir die ras nie maar ook die "Face of the Breed" spog bul wat deur Frans Odendaal van WO Beefmasters uitgestal is.

Saam met die Moneymaker koei van Arthur Gilbert van Ottershaw Beefmasters en die uitstekende

BEEFMASTER BLY GEFOKUS

verse van Dennis Staal van Bos Blanco was daar ongelooflik baie navrae oor ons wonderlike ras.

Om te kon kwalifiseer vir die Moneymaker koei wat die ras verteenwoordig by die Alfa-skou moes die dier aan die volgende voldoen (diere met 'n geboorte aanmelding vanaf 1 Januarie 2009 of later):• Meer as sewe kalwers gespeen het;• Meer as 50% van beide manlike en vroulike

nageslag hê wat opgeneem is in die ras;• 'n Teelwaarde bo die rasgemiddeld hê.

Die Nutri Feeds Nasionale Versprestasie kampioenskap het gepoog om 'n wetenskaplike alternatief vir konvensionele skoubeoordeling daar

Page 11: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 2020 107

te stel. Die top 10% van verse binne die ras op grond van prestasiedata het gekwalifiseer om aan hierdie kompetisie deel te neem.

Die verse moes jonger as 30 maande wees (geboorte aanmelding na 1 Maart 2017) en dragtig wees of reeds gekalf het.

Die RPO Interras Slagos en Karkaskampioenskap het ook weer plaasgevind onder die SAMIC reëls. Daar was geen gewigsbeperking nie, en daar was dus geen penalisasie vir te swaar of te ligte karkasse nie. Die diere hoef nie geregistreer te wees nie, maar mag nie kruise wees nie, dus moet dit rassuiwer diere wees. Hierdie jaar was die eerste keer dat so 'n groot verskeidenheid karkaskompetisies aangebied is met 'n wye verskeidenheid van spesies. Theo Coetzee het hier die Beefmasters ver-teenwoordig met vier slagosse, en sy uitstekende diere het stof in die ander rasse se oë geskop toe hy as die wenner aangekondig is vir die RPO Interras Slagoskompetisie: Op die hoef. Baie geluk!

Beefmasters sien uit na 2020 se Alfa-ekspo wat te NAMPO-park net buite Bothaville aangebied gaan word.

Vir enige verdere navrae kontak die Beefmaster kantoor by 051 410 0935 / 083 417 7047 of epos ons by [email protected]

Page 12: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 2020108

Page 13: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 2020 109

Page 14: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 2020110

WESTON AGRICULTURAL COLLEGE AT THE ROYAL SHOW

Weston Agricultural College, situated near Mooi River in the heart of the KZN Midlands, is a 104-year-old

establishment catering for boys from grade 8 to 12. Here the motto “Academic Excellence with practical knowledge” is applied daily. Learners do practical work on the farm in the afternoons to supplement classroom learning. At Weston a strong work ethic is embedded in all students and they get up in the morning to do farm chores on a rotational basis.

BEEFMASTER BLY GEFOKUS

Weston College is privileged to be part of the Veeplaas/Stock Farm schools project and in 2015 the Stock Farm Weston Beefmaster herd was established. The herd had a rocky start, but at this stage Weston is the proud keeper of 20 stud cows, 2 pregnant stud heifers and 9 yearling heifers. Bulls calves are weaned and used in feedlot projects for educational purposes. The impressive traits like high weaning mass, excellent feed conversion ratios and the general hardiness of the breed has led to Beefmaster bulls being used on Weston’s commercial cows to upgrade the herd. The success of this venture can be attributed to gracious donations from Beefmaster breeders, Mr Dave Armitage and Mr Chris Dwen. Incidentally they are both Weston Old Boys and this makes it thus the more special.

Feedlot management makes up part of the grade 11 Agricultural Management Practices curriculum and learners must manage the school feedlot to prepare animals for the Royal Agricultural Show. The project starts with the processing of the animals, halter training, feeding, cleaning the pens, monitoring growth, doing calculations re feed conversion ratios and daily mass gain, and ends with the animals being shown by the handler at the Royal Show. This project is made possible by various stakeholders – KZN Beefmaster breeders, Mr Clark Rattray, Mr Chris Dwen, Mr Peter Muir and Mr Dave Armitage, De Heus Feeds and MSD Animal Health.

In 2019 the feedlot project reached an all time high at the Royal Agricultural Show with the following results: Haltered: Yard Grand Champion (Breeder: C Rattray, CMC Farming), Reserve Champion (Breeder: Super Beef, Chris Dwen), 2nd Place 401 – 450 Kg (Breeder: Clark Rattray, CMC Farming), 2nd Place < 400 Kg (Breeder: Super Beef, Chris Dwen), 2nd Place 401 – 450 Kg (Breeder: Clark Rattray, CMC Farming), 3rd Place 451 – 500 Kg (Breeder: Clark Rattray, CMC Farming); and Unhaltered: 2nd

Page 15: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 2020 111

Place 401 – 450 kg (Breeder: P.M. Muir). Weston also won the Student Cup, Best Group of Four Steers JR Brewitt Floating Trophy, an award that was last won by Weston in 2002. The carcass competition topped the yard results with Champion Carcass (Breeder: C Rattray, CMC Farming) and the Reserve Champion Group.

Weston learners also take part in the National Agricultural Youth Show that involves the preparation, training and showing of various animals. In 2019 learners did us proud when they showed Beefmaster heifers, bred from the Stock Farm Weston Stud, at the KZN Youth Show.

Page 16: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 2020112

by Milestone Beefmasters

ASSESSERING VANERMELO HOËRSKOOL LEERDERS

Mnr Faans van der Merwe (Landbou onderwyser) van Ermelo Hoërskool het Johan Pretorius van Milestone

Beefmasters genader vir ‘n besoek aan die plaas, geleë tussen Morgenzon en Standerton.

Die oogmerk van die besoek was tweedelig: Om jonger leerders (Graad 10) die geleentheid te gee om verskeie aspekte van beesboerdery te ervaar, asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders jaarliks versamel.) Op Woensdag, 14 Augustus 2019, is die Erries met ope arms verwelkom.

Leerders het prakties deelgeneem aan die onderskeie aktiwiteite en is op elke aktiwiteit geevalueer:• Dosering – Oraal en onderhuids

• Die merk van diere d.m.v oorplaatjies en oorknippe

• Veehantering in die drukgang en kraal• Veebeoordeling – bulle en vroulike diere

Die evaluerings het drieledig plaasgevind:

Groep A - Diereversorging

Diere is gemerk d.m.v. oormerke en oorknippe. Onderhuidse inspuitings en –entings, asook orale doserings is toegedien.

Groep B – Kraal en drukgangbestuur

Beeste is prakties hanteer in die kraal en drukgang. Rustige hantering van diere is benadruk.

BEEFMASTER BLY GEFOKUS

Page 17: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 2020 113

Groep C – Evaluering en beoordeling van diere

Johan het ‘n baie leersame sessie aangebied waarin verskillende ouderdom diere (manlik en vroulik) bespreek is. Aandag is geskenk aan die funksionele eienskappe van onderskeidelik ‘n goeie vroulike en manlike dier. Defekte is ook uitgelig. Diere is in groepe aangebied i.e jong bulle, jong verse, volwasse koeie en volwasse bulle. Daar is van die leerders verwag om diere te evalueer en te plaas (1ste tot 5e plek) op grond van strukturele en funksionele eienskappe. Die leerders is aangemoedig om ‘n motivering te gee vir elke plasing. Die sessie is afgerond deur die leerders na weidingskampe te neem om diere in die natuurlike veldomgewing waar te neem en te bespreek.

Die dag is afgesluit met ‘n ligte middagete wat ‘n ideale geleentheid geskep het om op ‘n informele

manier nog vrae te beantwoord en sommer net te gesels oor beesboerdery in die algemeen.

Dit was voorwaar ‘n wonderlike ervaring om met sulke goedgemanierde en besonderse groep leerders te werk. Geluk aan Ermelo Hoërskool met die puik groep leerders. Dit was weer eens ‘n getuigskrif vir EHS, en dit is duidelik waarom hulle een van die top hoërskole in Mpumalanga is.

Page 18: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 2020114

WORLD CHAMPION BEEFMASTER BULL 2019

BOS 4134

BOS 3309

BOS 4062

SON OF BOS 9241

SON OF BOS 9241

BOS BLANCO

WORLD CHAMPION BEEFMASTER BULL 20

18

GENETICSPROVEN

BOS BLANCO

Page 19: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 2020 115

WORLD CHAMPION BEEFMASTER BULL 2019

BEEFMASTERSBOS BLANCO

GENETICS

BACKED BY

BOS 4056

BOS 9241BOS 0432

WORLD CHAMPION BEEFMASTER BULL 20

18

BULL SALEThursday

19 AUGUST 2020SON OF BOS 9241

Page 20: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 2020116

BEEFMASTER TOER INMPUMALANGA

Vanaf 9-12 Maart is ‘n baie suksesvolle Beefmaster toer in die Mpumalanga streek gehou. Die toergroep het uit 37 telers

oor die hele land bestaan en het in ‘n besonderse goeie gees afgeloop. Die verblyf was by Henbase Lodge naby Morgenzon waar ons oor drie nagte met uitmuntende gasvryheid en heerlike maaltye onthaal is. Ons verblyf was uit die boonste rakke.

Maandag middag het almal begin aankom en het ons Raadsvergadering gehou waarna ons heerlik geëet en saam gekuier het.

Op Dinsdag 10 Maart vertrek ons na Ignus van Niekerk van Sizana Beefmasters naby Amersfoort. Daarna besoek ons Stefan du Plessis van Delta Beefmasters by Platrand. Die namiddag het ons vir Johan Pretorius van Milestone Beefmaster besoek en vertrek weer na Henbase, waar ons heerlik gekuier het en goeie terugvoer van die dag se besoeke gekry het.

Woensdag oggend vertrek ons na Erhard Prinsloo van Dreamworld Beefmasters, en Jacques Ferreira van Scheepersvlei Beefmaster bied ook ‘n groep

van sy beeste aan vir besigtiging by Erhard. Daarna besoek ons Jannie vd Meulen van Igwa Beefmaster, ook naby Ermelo. Ons vertrek na Kerneels en Gerrie van Rensburg van Nooitverwag Beefmaster, waar ons verdaag en teruggaan na ons basis.

Donderdag oggend besoek ons vir Peet en Willem Steinberg Beefmaster naby Hendrina en vertrek dan na Martin de Waal van Riverglenn Beefmaster, ook naby Hendrina. Hier het die toergroep uitmekaar gegaan en almal is terug huis toe.

Die nege boerderye wat besoek is oor die drie dae van die toer, verteenwoordig ongeveer 8 300 geregistreerde diere. Dit was n voorreg om saam met ongelooflike “Stockmen” deur hulle diere te stap en hulle passie vir beesboerdery en die bevordering van die Beefmasterras te kon ervaar. Prestasietoetsing is verpligtend by die Beefmaster rasse en daarom kan duidelik gesien word dat die algemene koeikuddes funksioneel doeltreffend is.Die omgewing bepaal die raamgrootte en op die Hoëveld waar die weiding suur en die klimaat kouer is, is ‘n mediumraam bees in harmonie met die natuur, en kan so ‘n koei volhoubaar produseer met

BEEFMASTER BLY GEFOKUS

Page 21: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 2020 117

minimum byvoeding wat dit ekonomies volhoubaar maak om met beeste te boer.

In kort, die Beefmaster kuddes word ekstensief op ‘n kommersiële styl geboer en die resultaat is geharde, aangepaste bulle wat in enige kudde oor die hele land ‘n impak kan maak.

As jy selekteer dat elke koeie elke jaar ‘n goeie kalf speen, selekteer jy outomaties vir vrugbaarheid, aanpasbaarheid, gehardheid, groei, melkproduksie en skot temperamentele diere uit om jou boerdery ‘n plesier te maak.

Aan alle beesboere, lekker boer en sterkte vir die seisoen.

Page 22: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 2020118

Page 23: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 2020 119

MPUMALANGA

Mpumalanga/Gauteng Beefmaster Klub bied ‘n baie suksesvolle Keurders Kursus aan op 18 Mei 2019, op die plaas De Vereeniging, Ermelo. Ons klub het inisiatief geneem en toestemming by die Raad gekry om eerder in Klub verband ‘n Keurders Kursus aan te bied. Ons is ‘n groot klub en daar was ‘n behoefte om nog Senior Keurders op te lei. Heelwat Junior Keurders is ook opgelei. Die Keurders Kursus het vir sommige lede gedien as algemene opleiding. As ‘n Beefmaster Teler al ‘n kursus bygewoon het, is hy bewus van die Pligte en Take van ‘n Senior Keurder en kan hy ‘n beter gasheer wees ten tyde van ‘n inspeksie of keuring. Die kursus is baie goed bygewoon deur 19 klublede. Voormalige Junior Keurders, Johan Pretorius en Jannie van der Meulen, het geslaag en is aangewys deur die Raad as Senior Keurders. Nog vier Junior Keurders het geslaag. Kursusgangers het dit geniet en baie leersaam gevind.

Baie dankie aan die Kursus Leiers, Gideon Brits, Kerneels van Rensburg en Gerrie van Rensburg.

KEURDERS KURSUS

Vervolg op bl. 120

Page 24: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 2020120

NATAL & FREE STATE

A very successful inspector’s course was held in Northern Natal in October 2019. The course that was held over two days, was hosted by Charles and Ansie Campher. Fifteen people attended the course from the Free State, Natal and the Eastern Cape, covering the theory of inspecting cattle and the Beefmaster principles and philosophy as well as the Constitution of the Beefmaster Cattle Breeders of South Africa. All the theory was covered on the first day where after we were treated to a wonderful spit braai and salads by the Camphers before returning to our accommodation at the Pyramids Hotel.

On the second day everyone got together to write the theory exam which contributes 35% to the final mark. When the exam was done the practical exam started with each candidate having to inspect and discuss four groups of cattle. This part of the course counted 65% toward the final mark. A great deal of fun was had by all and lots of very interesting discussions were had about the cattle and inspecting in general. Congratulations to Werner Harmse, Dave Armitage and Rob Ortlepp on qualifying as senior inspectors and Gerritt Joubert, Ian Cameron, Stephen Schoeman, Guy Rensburg and Chris Dwen on qualifying as junior inspectors. A big thank you to Charles and Ansie for the hospitality, catering and cattle and to Frans, Charles and Pierre for running the course.

NOORD-WES & LIMPOPO

Hierdie kursus het plaasgevind by Kock en Seun Limpopo se veilingskrale te Bela-Bela. Aangebied deur Hardus Steenkamp, Hans Coetzee en Jan Schoeman.

21 Persone het die kursus bygewoon – 15 het die eksamen gedoen.

Die volgende persone het gekwalifiseer as junior keurders:1. T. Coetzee : Noord-Wes2. J. Barnard : Limpopo3. S. Meyer : Limpopo4. D. Louw : Vrystaat5. J. Steenkamp : Noord-Wes6. J. Wentzel : Limpopo

Nie Lede:1. R. Komlosy: Limpopo2. B. Kriel: Noord-Kaap.

Dit was ‘n uiters suksesvolle kursus – baie dankie aan almal wat dit bygewoon het. Dankie aan die kursusleiers vir die groot werk. Geluk aan almal wat die kursus geslaag het. Dit is alles tot voordeel en uitbou van die Beefmaster in Suid-Afrika

Vervolg op bl. 123

Page 25: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 2020 121

Page 26: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 2020122

C

M

Y

CM

MY

CY

CMY

K

Nutri_Diary Mail.ai 1 2020/02/10 10:03 AM

Page 27: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 2020 123

EASTERN CAPE

An Inspector’s Course was held in Komga, Eastern Cape on 18 and 19 February. Fourteen Stud and Commercial Beefmaster Breeders attended the course. On the first day, Pierre Hart of Amberdeen Beefmasters presented the theory and much discussion took place around many of the different points. This was followed by a social braai at the Komga Club where further lively discussions took place. The following morning, after writing the exam, we proceeded to the Hart farm for the practical side. Pierre very kindly made his herd available for discussion on the finer points of judging. Cows and bulls were made available for the practical exam. Graham Hart and Marius Corbett assisted Pierre with this. It was a very worthwhile exercise and everyone gained some new knowledge as well as having all the finer points on cattle breeding refreshed. A big thank you must go to Pierre for organising the course and making his farm and cattle available for judging and discussion.

Page 28: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 2020124

KLUB VERSLAE

MPUMALANGA / GAUTENG

'n Baie aangename en suksesvolle klubvergadering is op 22 Februarie 2020 gehou op die plaas van Willow Beefmasters van Thys Verster naby Standerton. Op die vergadering is daar weer gesprek gevoer oor DNA toetsing. Daar is kommer uitgespreek oor die akkuraatheid van toetse en die Raad word gevra om daaraan aandag te gee en met maatskapye te praat. Die vergadering neem kennis dat Trich suksesvol met DNA getoets kan word.

Na die vorige vergadering waarop besluit is dat 'n keurderskursus in die streek gehou moet word, kan ons met trots sê dat 'n baie suksesvolle kursus aangebied is. Ongeveer 25 lede het dit bygewoon. Twee senior keurders en vier junior keurders het die eksamen geslaag. Die Voorsitter vra dat junior keurders gereelde blootstelling aan inspeksies moet kry. Hy versoek ook dat alle diere wat vir keurings aangebied word, klaar duidelik gebrandmerk moet wees om die keurder se taak te vergemaklik.

Lede is ook bekommerd oor diere wat by veilings verkoop is maar nie oorgedra word na nuwe eienaars nie. Die Raad word gevra om daaraan aandag te gee.

Verskeie lede in die klub het toekennings gedurende die Alpha-skou ontvang. Om die ras te bevorder stal telers by Boeredae, skoue en ook by Ermelo Hoërskool uit met hulle opedag vir die Landbou afdeling.

Andersins gaan dit op hierdie stadium redelik goed in die streek. Goeie reën het baie wyd geval en die seisoen lyk belowend. ln ons streek is ongeveer 12 veilings gehou waarop naastenby 450 bulle, 600 vroulike diere en 'n onbekende aantal kommersiële diere verkoop is. Veilings het oor die algemeen baie goeie pryse opgelewer. Ons sien uit na die nuwe

seisoen. Speentyd is weer op hande en ons hoop almal behaal goeie pryse. Sterkte met die veilings.

Hierdie jaar gaan die Beefmaster Toer in ons streek plaasvind. Daar is reeds baie moeite gedoen met die program en ons glo dit gaan 'n groot sukses en goeie blootstelling vir ons Klub wees.

Volgens die ledelys is ons 28 lede. ln totaal het ons streek ongeveer 12,500 geregistreerde diere, waarvan 9000 vroulike en 3,500 manlike diere is. Volgens die statistiek het ons streek sowat 2,200 A-diere, 6,200 B-diere, 2,300 C-diere en 1,600 SP-diere. Daar moet gepoog word om baie meer SP-diere as A-diere in die genootskap te hê.

'n Nuwe voorsitter, Erhard Prinsloo, word verkies. Thys stel Willow Beefmasters aan ons bekend en gee 'n terugblik op waar hulle vandaan kom. Die vergadering verdaag en besigtig 'n hele paar troppe beeste. Wat ons hier ervaar maak jou opgewonde vir die toekoms van die Beefmasters, om te sien met hoeveel entoesiasme die jonger telers hulle passie vir beeste uitleef.

Die volgende Jaarvergadering sal DV in Februarie 2021 by lan van Heerden plaasvind.

OOS KAAP

The Eastern Cape club had our annual meeting on 7 June. Mark Ford (Benchmark Beefmasters) was the host on his farm near Grahamstown. We enjoyed seeing Mark’s sale bulls and some good looking females. We also viewed the pineapple plantations and had a good braai afterwards. A big thank you to the Fords for their warm hospitality. During the meeting Pat Bailey (Impact Beefmasters) was elected chairman and Minnie de Klerk (Ivukile

Page 29: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 2020 125

Beefmasters) was re-elected as secretary for the umpteenth time. Thank you Minnie for your service to our club.

Verlede jaar het ek geskryf dat die Oos-Kaap een van sy moeilikste jare in ‘n baie lang tyd beleef. Min het ons geweet wat 2019 vir ons ingehou het. Hierdie lang droogte , wat my buurman al in 2015 as die moeilikste in sy loopbaan beskryf het, het ons hierdie jaar op ons knieë gedwing. Met groot spyt is die Beefmaster toer dan ook uitgestel. Ons sien uit om julle volgende jaar te ontvang. Gelukkig het meeste plekke in die Oos Kaap teen druktyd al goeie reën ontvang en sien ons weer uit na die jaar wat voorlê.

During this drought the Beefmaster has again showed that it can hold its own and outperform most other breeds when it comes to hardiness and fertility. As long as the bull breeders stick to strict criteria and select for the important traits the breed will keep going from strength to strength.

Veilings in die Oos-Kaap in 2019 was aansienlik moeiliker as vorige jare. Aan die kopers kant was dit egter ‘n geleentheid om top kwaliteit bulle aan te skaf vir aansienlik minder geld. Ons vertrou dat 2020 ‘n goeie jaar sal wees met beter aanvraag vir bulle en veral dragtige diere.

Vervolg op bl. 126

Page 30: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 2020126

NOORD WES

Die tydperk 2018/19 was ‘n baie moeilike seisoen. Goeie reën het baie ver uitmekaar geval en die dele wat tussenin nie ‘n goeie bui gekry het nie, het baie swaar gekry. Van oos na wes het dit al hoe minder gereën. Ten spyte van die klimaat het die beeste tog goed gedoen en besetting was oor die algemeen goed.

Die klub het in die weste besoek afgelê by drie telers. Die manne se diere het mooi vertoon en het steeds in die moeilike toestande goed geproduseer. Vyf veilings is in die streek gehou. Die pryse was steeds redelik goed, maar die koopkrag was swakker en baie van die bulle is nie op die veilings verkoop nie.Die 2019/20 reënseisoen het eers laat gekom, maar toe dit begin reën, het dit aangehou en tans is dit pragtig. Die beeste raak weg in die lang gras en is spekvet, met pragtige kalwers. Daar word met afwagting uitgesien na die jaar en die veilingsverbod gaan ‘n groot rol speel. Die telers wat op hul eie veilings hou, is reeds besig met planne vir die veilings op hulle plase.

VRYSTAAT

Die Vrystaat het weer ‘n moeilike jaar beleef wat reënval aanbetref, maar danksy laat somerreën lyk die vooruistsig weer belowend.

Die Vrystaat telers het ten spyte van die moeillike omstandighede weereens puik veilings aangebied, en het net weereens bewys dat die Beefmaster net van krag tot krag beweeg.

Ons jaarlikse vergadering is gehou by Arthur Gilbert van Ottershaw Beefmasters en ons was bevooreg om een van die ou hande in Beefmaster ras se kudde te kon besigtig: ons was nie teleurgesteld nie.

So ter opsomming kan ek net een ding byvoeg. Die Beefmaster kraai steeds koning in die Vrystaat.

KWAZULU NATAL

Rainfall in KZN has once again not played ball. Late, patchy, below average rain has been experienced. This has resulted in crops ranging from zero to good

and veld growth the same. Fortunately, we have a winner breed that has come through the extreme heat and poor grazing conditions well.

The Beefmaster breed is progressing very well in KZN. Bull sales experienced very good demand with all bulls offered being sold for satisfactory averages. Most of the Natal herds are relatively young and the quality of animals sold improves annually. Females are selling well, and weaners are receiving premiums over other breeds.

The KZN club will once again exhibit a stand at the Royal Show in Pietermaritzburg. Four breeders, namely Peter Muir, Clarke Rattray, Chris Dwen and Nikki Williamson have supplied weaners to Weston Agricultural College to exhibit in the fat stock, block test & youth show sections. We also intend entering groups of 3 heifers in the commercial section which is an unfed, unhalted trained class. These heifers are only at the show for one day and this is a wonderful opportunity to promote our breed.

The KZN club continues to support and advice with their Beefmaster herd. It is pleasing to see the progress made with their cattle. We have donated semen for 35 heifers and loaned them 2 young bulls as back-up. Pierre Janse van Rensburg and Hannelie le Roux, two staff members at the school are very passionate and enthusiastic with their Beefmasters and are doing a great job. They and five students attended our Natal AGM and afterwards had the opportunity to view three of Chris Dwen’s herds. It was pleasing to see the boys’ reaction and interest in Beefmasters.

We wish all breeders good luck for the coming Bull sales.

LIMPOPO

Ons beeste is vet, ons het genoeg kos vir die diere, hier in Limpopo is ons baie dankbaar! Na twee jaar van erge droogtes is dit weer so lekker om te boer.Ons het weereens ‘n baie suksesvolle veiling op 22 Maart 2019 aangebied by die veiling krale buite Bela Bela. Agt lede het diere na die veiling gebring. Die kwaliteit van die diere was van uitstaande gehalte. Limpopo is met reg trots op sy telers en lede. Ons bied ook ‘n Junior Keuringskursus aan in Junie

Vervolg op bl. 129

Page 31: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 2020 127

Page 32: BEEFMASTER BLY GEFOKUS NASIONALE VEILING 2019 Journal...asook vir die PAT assessering van die Graad 11 leerders. (Die assessering vorm deel van die praktiese punte wat die Gr. 11 leerders

Official Journal of Beefmaster SA 2020128

Veiling: 27 Augustus 2020Plek: Strydfontein, 10 km vanaf Aliwal-Noord teen die N6

Aanbod: 30 Bulle – Stoet en KuddeDragtige vroulike diere

Dries en Minnie de Klerk – Tel: 087 550 0589 | Samuel Pieterse: Tel: 082 572 7520

www.leliekloof.co.za