beheerliggaamverkiesing: 12 maart 2018 · 2018-03-12 · week ontvang en is alreeds aan alle...

18
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 25 Nr. 7 8 Maart 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Beheerliggaamverkiesing Ons doen graag ‘n beroep op ons ouers om asb. die skool tydens hierdie belangrike verkiesing te kom ondersteun. Ons het nagenoeg 270 stemgeregtige ouerlede nodig (kworum) om te mag voortgaan met die verkiesing. Ons sal later hierdie week vir u korrespondensie stuur met al die belangrike inligting. Atletiek: Gautengkampioenskap Baie geluk aan al die atlete wat Vrydag en Saterdag deelgeneem het. Julle het Laerskool Fairland se naam hoog gehou. Sterkte aan die atlete wat aan die SA-kampioenskap gaan deelneem. Weereens baie dankie aan die personeel wat tydens dié byeenkoms werksaam was. Seniorkoor: Kamp Baie dankie aan die personeel wat die leerders vergesel het. Personalia Ons is baie bly om te hoor dat dit baie beter gaan met Anroux Barnard. Ons sien daarna uit om jou weer hier by die skool te sien. Ons dink aan Verna van Greunen en Hendrik Eloff wat nog steeds onder behandeling is. Yolandé van Dyk se dogter, Zandri het nog steeds u voorbidding nodig. Marian Louw is vroeër hierdie week ontslaan en ons hoop jy sterk gou aan. Uit die Vink se nes..... ALGEMENE OUERSKAPGEBOOIE Jy sal konsekwent wees. Jy sal van jou kinders verwag om hulle kant te bring. Jy sal verantwoordelikhede uitdeel. Jy sal besef dat kinders en jongmense slegs een kant van ‘n saak insien. Jy sal liefde en teerheid teenoor jou kinders betoon. Beheerliggaamverkiesing: 12 Maart 2018

Upload: others

Post on 16-Feb-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Beheerliggaamverkiesing: 12 Maart 2018 · 2018-03-12 · week ontvang en is alreeds aan alle leerders vanaf gr. 1 tot gr. 7 uitgedeel. Klasonderwyseresse (gr. 1 – 3) sal leiding

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 25 Nr. 7 8 Maart 2018

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Beheerliggaamverkiesing Ons doen graag ‘n beroep op ons ouers om asb. die skool tydens hierdie belangrike verkiesing te kom ondersteun. Ons het nagenoeg 270 stemgeregtige ouerlede nodig (kworum) om te mag voortgaan met die verkiesing. Ons sal later hierdie week vir u korrespondensie stuur met al die belangrike inligting. Atletiek: Gautengkampioenskap Baie geluk aan al die atlete wat Vrydag en Saterdag deelgeneem het. Julle het Laerskool Fairland se naam hoog gehou. Sterkte aan die atlete wat aan die SA-kampioenskap gaan deelneem. Weereens baie dankie aan die personeel wat tydens dié byeenkoms werksaam was.

Seniorkoor: Kamp

Baie dankie aan die personeel wat die leerders vergesel het.

Personalia

Ons is baie bly om te hoor dat dit baie beter gaan met Anroux Barnard. Ons sien daarna uit om jou weer hier by die skool te sien.

Ons dink aan Verna van Greunen en Hendrik Eloff wat nog steeds onder behandeling is. Yolandé van Dyk se dogter, Zandri het nog steeds u voorbidding nodig. Marian Louw is vroeër hierdie week ontslaan en ons hoop jy sterk gou aan.

Uit die Vink se nes.....

ALGEMENE OUERSKAPGEBOOIE

Jy sal konsekwent wees.

Jy sal van jou kinders verwag om hulle kant te bring.

Jy sal verantwoordelikhede uitdeel.

Jy sal besef dat kinders en jongmense slegs een kant van ‘n saak insien.

Jy sal liefde en teerheid teenoor jou kinders betoon.

Beheerliggaamverkiesing: 12 Maart 2018

Page 2: Beheerliggaamverkiesing: 12 Maart 2018 · 2018-03-12 · week ontvang en is alreeds aan alle leerders vanaf gr. 1 tot gr. 7 uitgedeel. Klasonderwyseresse (gr. 1 – 3) sal leiding

2

BELANGRIKE DATUMS

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

NB! OUERVERKIESING vir die beheerliggaam

12 Maart 2018

Registrasie voor saal onder afdakke Vanaf 16:30 – 18:30 N.B. Onthou om identifikasie saam te bring vir registrasie (ID of paspoort of bestuurslisensie)

Fairlandkore se blits-optrede 18:00 Vinnige bekendstelling en lusmakertjie vir die koor blyspel in Junie, terwyl u wag vir die opening van die verkiesing.

Nominasievergadering open 18:30

Verkiesing begin stiptelik 19:00

Hou asb. die volgende baie belangrike reëlings in gedagte:

Nominasie- en volmagvorms is reeds vanaf 5 Maart by Karén Reyneke in die kantoor beskikbaar. Elke ouer is gemagtig om slegs EEN volmagvorm te gebruik. Die volmagvorm moet ‘n afskrif van die ander persoon wat u die volmag gee, se ID-dokument insluit. GEEN volmagvorms sal sonder identifikasie aanvaar word nie. Geen plaasvervangende skrywes sal in die plek van die volmagvorms aanvaar word nie. L.W. Volmagvorms tel NIE as deel van die 15% kworum nie.

Elke gesin is geregtig op die stemme van 2 ouers /voogde per oudste/enigste kind.

Die kiesersrol is in 5 dele van die alfabet verdeel om registrasie te bespoedig. U registreer by die tafel wat die letter van u van verteenwoordig.

Indien u ook ‘n volmagvorm het, sal u vir die ouer wat u verteenwoordig by die volmagtafel registreer.

SNOEPIE

Die snoepie sal deurentyd onder die afdak diens doen om eet- en drinkgoed te verkoop.

Hulle sal reeds vanaf ongeveer 16:30 daar wees.

VOORTREKKERS

Ons leerders wat saam met u by die skool is, sal deur die Voortrekkers en sommige van ons studente-opvoeders opgepas word terwyl die verkiesing aan die gang is. Hulle sal op die veld speletjies speel totdat dit begin skemer raak, waarna hulle na die afdakke voor mnr. Jordaan se klas sal beweeg.

Gr. 7-leerders sal in mnr. Pierre se klas kan gaan leer vir die volgende dag se toets. Daar sal toesig wees.

Ons hoop van harte dat ons u elkeen daar sal sien. Laat u stem geld!

Johan Kilian VOORSITTER: BEHEERLIGGAAM

DATUM AKTIWITEIT

ALGEMEEN 9 Maart Medialeiers: Werkswinkel (13:30 – 16:30) en oorslaap (17:00)

Leesklubleiers: Werkswinkel (15:30 – 16:30) en oorslaap (17:00)

12 Maart Beheerliggaamverkiesing

23 – 25 Maart Pa en seun-/Ma en dogternaweek

19 Mei VVF-pretloop

15 September VVF-funksie

AKADEMIE 8 Feb. – 16 Mrt. Toetsreeks (Gr. 4- tot gr. 7-leerders)

KULTUUR 10 Maart Juniorkoor-werkswinkel

SPORT 15 – 17 Maart SA-kampioenskap - Paarl

Page 3: Beheerliggaamverkiesing: 12 Maart 2018 · 2018-03-12 · week ontvang en is alreeds aan alle leerders vanaf gr. 1 tot gr. 7 uitgedeel. Klasonderwyseresse (gr. 1 – 3) sal leiding

3 “WITBRIEWE” N.a.v. verskeie navrae wat ons ontvang het rakende die “witbriewe”, gee ons graag die volgende verduideliking aan ons ouers: Daar is 3 vlakke van oortredings. ‘n Vlak 1-oortreding is geringe oortredings wat in klasverband plaasvind soos herhaaldelik uitskree, boeke vergeet, gesels, ens. ‘n Leerder moet 3 of meer oortredings begaan om ‘n “witbrief” te kry. ‘n Vlak 2-oortreding is meer ernstig van aard soos enige vorm van boeliegedrag. So ‘n leerder sal met ‘n eerste oortreding ‘n “witbrief” ontvang. ‘n Vlak 3-oortreding is krimineel van aard. So ‘n leerder sal moontlik geskors word en ‘n formele dissiplinêre verhoor sal gehou word. Die volledige dissiplinêre beleid is op die School Communicator beskikbaar. Neem asseblief kennis dat die voorbeelde van oortredings wat genoem word op ‘n gereelde basis aangepas en aangevul word. Die primêre doel van die “witbrief” is om as kommunikasmiddel te dien en ouers in te lig rakende die gedrag van hulle kinders by die skool. Die getal wat aangedui word op die “witbrief” is slegs ‘n numeriese getal vir die stelsel om te bepaal wanneer ‘n brief gegenereer moet word. Elke leerder begin elke kwartaal en elke jaar met ‘n skoon rekord, m.a.w. met geen oortredings agter sy naam nie. Dit is belangrik dat ons leerders enige ongerymdhede dadelik moet rapporteer om dit vir ons moontlik te maak om spoedig te kan optree. Moedig asseblief u kinders aan voorvalle en veral boeliegedrag by die skool te rapporteer. Die skool kan slegs optree as ons bewus is van ‘n voorval. Volgens die Suid-Afrikaanse Skolewet beskik die lede van die skoolbestuur en elke onderwyser die wetlike bevoegdheid om enige kind sonder die bystand van ‘n ouer of voog te ondervra of in gesprek te tree om inligting te bekom rakende ‘n voorval wat plaasgevind het. Alle oortredings word objektief ondersoek en die straf word gegee volgens die riglyne soos vervat in die dissiplinêre beleid en die SA Skolwet. Ouers moet die vrymoedigheid neem om enige ongerymdhede onder ons aandag te bring. Ons gee die versekering dat alle inligting met die nodige konfidensialiteit hanteer sal word en u hoef onder geen omstandighede te vrees dat u kind geviktimiseer sal word nie. Vertrou die skool in hierdie verband om in die beste belang van u kind op te tree. Ebbe le Roux Adjunkhoof en skoolbestuur

VAKANTE POS: ALGEMENE WERKER

Algemene werker: Vereistes / aard van pos (maar nie beperk tot):

Algemene geboue-instandhouding (bv. verf, algemene terreinwerk)

Medies geskik wees

Sober gewoontes hê

Geen kriminele rekord nie

Verlengde werksure wanneer verlang

Salaris onderhandelbaar

Stuur asb. alle CV's voor of op Vrydag 16 Maart om 12:00 aan Karén Reyneke ([email protected]) - Verwysing: Algemene werker.

Vir enige navrae in verband met bogenoemde pos, stuur asb. e-pos aan [email protected].

Page 4: Beheerliggaamverkiesing: 12 Maart 2018 · 2018-03-12 · week ontvang en is alreeds aan alle leerders vanaf gr. 1 tot gr. 7 uitgedeel. Klasonderwyseresse (gr. 1 – 3) sal leiding

4

REDAKSIE

Ek plaas vandeesweek ‘n aanmaning wat deur sielkundiges gemaak word oor 5 frases wat jy nooit aan ‘n

kind moet rig nie.

1. Moenie so ‘n bangbroek wees nie! Jy’s mos mooi groot.

Hierdie is ‘n leuen soos ons almal weet. Volwassenes word ook bang en as jy jou kind leer om dit

weg te steek, sal hy dalk ook nie die vrymoedigheid hê om sy ander gevoelens met jou te deel nie.

2. Hoekom is jy nie meer soos jou sussie/maatjie nie?

Deur jou kind te vergelyk met slimmer of mooier kinders/sibbe, veroorsaak jy gevoelens van

ontoereikendheid by jou kind en mag hy dalk nooit voel asof hy goed genoeg is vir enigiets nie. Dit

dra by tot onsekerheid.

3. Hou nou dadelik op met huil!

Net soos by nr.1, moet ons ons kinders tolaat om hulle gevoelens te wys, sonder dat hulle skaam of

selfbewus daaroor raak. Onderdrukte gevoelens kan aanleiding gee tot depressie en

minderwaardigheidskomplekse.

4. Hoekom is dit so moeilik om...? Of, hoekom kan jy nie...?

As jy dit aanhoudend vra, sal jou kind ook minderwaardigheidsgevoelens ervaar.

5. Ek kan nie glo dat jy dit gedoen het nie!

Dis baie selfsugtig as jy jou kind laat skuldig/sleg voel omdat hy nie aan jou verwagtinge voldoen

nie.Verduidelik aan jou kind wat goeie leer-/lewenspraktyke is en laat hom toe om foute te maak en

te faal, sodat hy daaruit kan leer.

Die belangrikste waarde wat ons vir ons kinders kan leer, is om so op te tree dat hulle altyd trots kan

wees op hulleself, tevrede kan wees dat hulle hulle beste gelewer het en ander behandel soos

hulleself behandel wil word...

En dan hoop vir die beste!

Erika

VERJAARSDAE

Baie geluk aan die volgende personeel wat hierdie week verjaar: Yolandé van Dyk - 11 Maart Mag jou nuwe lewensjaar voorspoedig en geseënd wees!

AKADEMIE

Toetsrooster: Eerste Kwartaal 2018 – Finaal

Eerste Kwartaal Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Vr. 9 Maart Geografie Geskiedenis Geskiedenis Geskiedenis

Di. 13 Maart Geografie

Vr. 16 Maart Geskiedenis Geografie Geografie NW

LET WEL: Gr. 4: Geografie en Geskiedenis het omgeruil!

Page 5: Beheerliggaamverkiesing: 12 Maart 2018 · 2018-03-12 · week ontvang en is alreeds aan alle leerders vanaf gr. 1 tot gr. 7 uitgedeel. Klasonderwyseresse (gr. 1 – 3) sal leiding

5

BUITENGEWONE AKADEMIE

WOW SPELFEES 2018

So ken ons almal nou al die slagspreuk: “Woorde open wêrelde” van die WOW-Spelfeesprojek. Dit is

sowaar ‘n f-e-i-t, soos gespel deur ‘n gr. 3- tot ‘n gr. 10-leerder of dan nou ‘n f-ei-t soos geklank deur ‘n gr. 1-

tot gr.2-leerder! Wêrelde is beslis geopen vir ons Gautengleerders wat elke jaar getroef word met die aanleer

van nuwe woorde: 300…… 400…… tot selfs 900 woorde! Elke jaar ondervind ons ook dat die kompetisie al

hoe strawwer word, want ons kinders raak al hoe meer bedrewe met die korrekte klank/spel van woorde. Ek

glo dis vir seker omdat die korrekte spel van woorde ook vir die leerders belangrik word, net soos ons as

volwassenes, ouers, onderwysers trots is op die korrekte spelling van woorde. So wys elke Gautenger dat

ons almal se harte “tjoklits” klop vir ons taal, Afrikaans!

Ja, dit is sowaar weer tyd vir ons jaarlikse spelkompetisie, naamlik die WOW-spelfees! Spellyste is verlede

week ontvang en is alreeds aan alle leerders vanaf gr. 1 tot gr. 7 uitgedeel. Klasonderwyseresse (gr. 1 – 3)

sal leiding gee ten opsigte van spoed waarteen woorde aangeleer moet word vir die eerste uitdunrondte wat

slegs skriftelik van aard sal wees. Die gr. 4- tot gr. 7-leerders sal teen hul eie tempo die betrokke woorde

moet aanleer vir die eerste uitdunrondte. Die datum vir die eerste uitdunrondte sal binnekort deurgegee

word.

Leanie Taljaard Gauteng-koördineerder

KULTUUR

REDENAARS

LFK: Redenaars Ronde 2: Gr. 4 - 7 (Vrydag 18 Mei) - Onvoorbereid LFK: Redenaars Ronde 3: Gr. 4 – 7 ( Vrydag 27 Julie) – Spanredenaars

Juf. Corisa (Kamer 50)

LFK VISUELE KUNS

11 Mei - Visuele kuns rondte 2

DANS

Maandae: 14:00 - 14:30 ( gr. 1 en gr. 2) 14:30 - 15:15 ( gr. 3 en gr. 4) 15:15 – 16:00 (gr. 5 – gr. 7)

DRAMA

Donderdae: 15:00 - 15:45 ( gr. 3) 15:45 - 16:45 (gr. 4 en gr. 5) 16:45 - 17:45 ( gr. 6 en gr. 7)

Juf. Erika

SENIORKOOR

KOORKAMP 2018

Vrydagmiddag 2 Maart het die koor vertrek na die Kadesh Barnea-kampterrein in Skeerpoort vir ‘n naweek

van sing, speel en lag. Daar het groot opgewondenheid geheers. Die voortrekkers het verskeie speletjies met

die koorlede gespeel waar koorlede onder andere paddas moes vang. Dit het vir baie pret gesorg. Saterdag

het ons hard gewerk en gesing saam met Johan Bester en dit het soveel nuwe opwinding gekweek vir ons

musiekblyspel in Junie 2018. Daar is altyd ook tyd vir speel, swem en ‘n nagmars. Ons het ons eie

kampkonsert gehou waar ‘n verskeidenheid talente ten toon gestel is. Ons het dit baie geniet.

Page 6: Beheerliggaamverkiesing: 12 Maart 2018 · 2018-03-12 · week ontvang en is alreeds aan alle leerders vanaf gr. 1 tot gr. 7 uitgedeel. Klasonderwyseresse (gr. 1 – 3) sal leiding

6

Dankie vir elke leerder wat saam gekamp het en wat so lekker saam met ons gewerk het. Dankie vir elke

personeellid, juff. Melissa, Marzaan en Klariké wat hul naweek afgestaan het om te kom help en ook te deel

in die pret. Dankie aan die voortrekkers wat soveel pret en geurige kos die naweek saamgebring het. Baie

dankie aan elke ouer wat Sondagoggend kom deel het in ons kampvreugde deur die buitelug-erediens en

piekniek by te woon. Dit was ‘n voorreg om almal daar te ontvang. Mag dit die afskop van ‘n heerlike,

opwindende en suksesvolle koorjaar wees.

Juf. Chrisné

Koorblyspel 2018: Die amper-rampspoedige Rapsodie

15 en 16 Junie 2018 Hierdie projek is enig in sy soort en is die eerste keer wat so projek in Suid- Afrika deur laerskoolkore aangedurf word. Die teks sowel as die musiek is spesiaal vir die kore geskryf en nog nooit vantevore gesing nie. Die blyspel is musiekopvoedkundig vir die leerders en selfs vir die gehoor. Ons is baie bevoorreg dat ons kore hierdie wonderlike geleentheid kan hê. Ons moedig elke Fairlander aan om hierdie projek te ondersteun

en met afwagting uit te sien na ‘n wonderlike produksie.

Koorbywoning

Ons doen asseblief ‘n beroep op koorlede om baie gedissiplineerd te wees t.o.v koorbywoning. Ons vra asseblief dat u skriftelik verskoning sal maak by juf. Chrisné (K.11A - Rooiklas gr. R-sentrum) indien daar ‘n geldige verskoning is vir oefeninge gemis.

Belangrike datums 2018

Beheerliggaamverkiesing 12 Maart (Sien jul om 17:30!) Voorlopige datums vir Musiekblyspel 13 en 14 Junie – Repetisies Musiekblyspel vertonings 15 en 16 Junie Verdere inligting oor hierdie baie belangrike datums sal volg.

JUNIORKOOR

Verpligte Werkswinkel hierdie Saterdag 10 Maart, vanaf 9:00-13:00 in die skoolsaal. Onthou ons optrede Maandag 12 Maart in ons skoolsaal. Sien julle 17:30 daar!

REVUE

Uitslae van die oudisies sal binnekort bekendgemaak word. Oudisies is nog nie afgehandel nie, aangesien die resultate nog verwerk word en enkele oudisies nog moet plaasvind. (Die uitslae sal so gou as moontlik op beide die Communicator en in die Vinkie geplaas word.

Oefentye

Maandae - SANG: [aanleer van musiek] 16:00 -17:00 juniors en 17:00 – 18:00 seniors Woensdae - DANS: [aanleer van choreografie en danse] 16:00 -17:00 juniors en 17:00 – 18:00 seniors (Dans sal eers in April begin as eerste liedjies aangeleer is.)

SPORT

BELANGRIKE TOERDATUMS 2018

Konka-toere: o/9A- en B-spanne Ma. 19 – Wo. 21 Mrt. o/10A- en B-spanne Do. 22 – Sa. 24 Mrt. o/11A- en B-spanne Di. 3 – Vr. 6 Apr. 1ste & 2de spanne Ma. 26 – Do. 29 Mrt.

Netbalkamp: o/11A- & B- tot o/13A- & B-spanne 16 – 18 Mrt. (Camp Discovery)

Oos-Kaaptoer: 17 – 21 Junie

Page 7: Beheerliggaamverkiesing: 12 Maart 2018 · 2018-03-12 · week ontvang en is alreeds aan alle leerders vanaf gr. 1 tot gr. 7 uitgedeel. Klasonderwyseresse (gr. 1 – 3) sal leiding

7

ATLETIEK

Baie geluk aan die volgende atlete wat afgelope Vrydag en Saterdag 2 en 3 Maart, aan die Gauteng-kampioenskap by Ruimsig Atletiekstadion ons skool se naam hoog gehou het: (Neem asb. kennis dat daar tot 40 atlete van regoor Gauteng in elke item deelgeneem het.)

Elri Coetzer (Dogters o/9 – 60m. en 80m.)

Chemené Mentz (Dogters o/10 – 1200m.)

Sophia Smith ( Dogters o/10 – 80m.)

Lara Boshoff (Dogters o/10 – Hoogspring en 70m. Hekkies)

Anshé Roos (Dogters o/12 – Hoogspring)

Kaili Botjé (Dogters o/12 – 100m. en 150m.)

Delané Potgieter (Dogters o/12 – Gewigstoot)

Euané Theart (Dogters o/13 – 75m. - en 200m. Hekkies)

Vincent Graham (Seuns o/10 – Gewigstoot)

Dylan Engelbrecht (Seuns o/11 – Gewigstoot)

Kean Swanepoel (Seuns o/12 – 1200m.)

Jeandré Muller (Seuns o/12 – 75m. Hekkies)

Diaan Rooseboom (Seuns o/12 – 1200m.)

Corné de Fouw (Seuns o/13 – 800m. en 1500m.) Die volgende atlete het een van die top 5-plekke in hulle onderskeie items behaal:

Elri Coetzer (Dogters o/9 – 60m. en 80m.) (4de plekke in albei)

Kaili Botjé (Dogters o/12 – 100m. en 150m.) (2de plekke in albei)

Euané Theart (Dogters o/13 – 75m. - en 200m. Hekkies) (4de plek in 75m. Hekkies)

Kean Swanepoel (Seuns o/12 – 1200m.) (4de plek)

Corné de Fouw (Seuns o/13 – 800m. en 1500m.) (3de plek in 1500m.)

Baie geluk aan die volgende atlete wat vir die Gautengspan gekies is wat vanaf 15 – 17 Maart in Paarl aan die SA’s gaan deelneem:

Kaili Botjé Kean Swanepoel Corné de Fouw

TENNIS

Baie geluk aan Jean du Toit (gr. 5) wat by die o/13B Sentraal-Gauteng tennisspan ingesluit is. Dit is

voorwaar ‘n groot prestasie aangesien Jean tans o/11 is.

Tennisligawedstryde – Seniorspanne (Voorlopige ligadatums)

Wo. 14 Mrt. Dogters A vs Crawford Lonehill (t) Dogters B vs Fontainebleau (t) Do. 15 Mrt. Seuns A vs Jan Cilliers (t) Seuns B vs Bryandale Primary (w)

Oefentye is op die School Communicator beskikbaar.

Uitslae: Dogters A wen 49 – 32 vs Crawford College, Sandton

RUGBY

Belangrike datums

Vriendskaplike wedstryde Di. 13 Mrt. vs L/s Anton van Wouw (t) 20 Mrt. vs L/s Van Riebeeckpark (w) Skeidsregterevaluering Sa. 17 Mrt.

Page 8: Beheerliggaamverkiesing: 12 Maart 2018 · 2018-03-12 · week ontvang en is alreeds aan alle leerders vanaf gr. 1 tot gr. 7 uitgedeel. Klasonderwyseresse (gr. 1 – 3) sal leiding

8

Uitslae vs L/s Hennopspark :

o/8-vyftiental verloor 27 – 0 (vs Hennops o/9C’s) o/9A verloor 25 – 0 o/9B verloor 20 – 5 o/10A verloor 21 – 5 o/10B gelykop 17 – 17 o/11A wen 27 – 0 o/11B verloor 20 – 12 3de span verloor 44 – 0 2de span verloor 34 – 12 1ste span verloor 31 – 10

Oefentye

MAANDAG

o/9A&B / & o/8xv o/10 o/11 3de 1ste & 2de

14:10 - 15:25 B-veld A-veld

15:25 - 16:40 B-veld B-veld A-veld

DINSDAG & WOENSDAG

o/9A&B & o/8xv o/10 o/11 3de 1ste & 2de

13:40 - 14:55 B-veld B-veld

14:55 - 16:10 A-veld B-veld A-veld

Ligabepalings (Voorlopige datums en venues) Week van 16 – 20 April vs Pres. Steyn (t) 23 – 26 April vs Kenmare (t) 30 April – 3 Mei vs Randhart (w) 7 – 10 Mei vs Helderkruin (t) 14 – 17 Mei vs Roodekrans (w) 21 – 24 Mei vs Orion (t) 28 – 31 Mei vs Florida (w) 4 Junie Uitspeelwedstryde TAU-rugby: (o/7 asook o/8’s wat nie opgeneem is in die o/8-vyftientalspan nie) Oefentye Maandae: 13:35 – 14:10 A- en B-veld

Dinsdae en Woensdae: 13:00 – 13:35 A- en B-veld TAU-toernooi 3 Mei (Unika); 9 Mei (Unika); 17 Mei (Unika); 24 Mei (tuis)

NETBAL

Belangrike datums

Vriendskaplike wedstryde Ma. 12 Mrt. by L/s Protearif (2 wedstryde) slegs o/8-vyftiental) Wo. 14 Mrt. vs L/s Randhart (w) Di. 20 Mrt. vs L/s Van Riebeeckpark (w) Fairland Fast 5-aandreeks Wo. 11 Apr. Netbalkursus 12 en 13 Apr. (o/10C- & D tot o/13C- en D-spanne) Mini-netbalklinieke 14, 15; 20, 22 Maart

Uitslae vs L/s Hennopspark o/10A verloor 4 – 15 o/10B verloor 1 – 7 o/11A verloor 11 – 17 o/11B verloor 2 – 18 o/12A verloor 14 – 9 o/12B wen 14 – 7 o/13A verloor 15 – 16 o/13B verloor 8 – 1

Page 9: Beheerliggaamverkiesing: 12 Maart 2018 · 2018-03-12 · week ontvang en is alreeds aan alle leerders vanaf gr. 1 tot gr. 7 uitgedeel. Klasonderwyseresse (gr. 1 – 3) sal leiding

9

Oefentye

1ste Sessie: Maandae: 14:15 - 15:30

Dinsdae en Woensdae: 13:50 - 15:05

Baan 1 Baan 2 Baan 3 Baan 4 Baan 5 Teerbaan Klein teerbaan

o/12A&B o/12C&D o/10A&B o/9A&B o/10C&D o/9C&D o/9-Ont.

2de Sessie: Maandae: 15:30 - 16:45

Dinsdae en Woensdae: 15:05 - 16:20

Baan 1 Baan 2 Baan 3 Baan 4 Baan 5 Teerbaan

o/13A&B o/13C&D o/11A&B o/11C&D

JOMO-liga (Voorlopige datums) Do. 19 April vs BPMS (w) Wo. 25 April vs TrinityHouse Randpark (t) Do. 3 Mei vs Roodekrans (t) Do. 10 Mei vs Kenmare (w) Do. 17 Mei vs Helderkruin (t)

D10-liga (Voorlopige datums) Wo. 25 April vs Bordeaux Primary (t) Do. 3 Mei vs Franklin D Rooseveldt (w) Wo. 9 Mei vs King David Victory Park (t) Wo. 16 Mei vs Deutche Schule (w) Di. 22 Mei vs Rissidale Primary (t) Do. 24 Mei vs Sharonlea (w)

Mini-netbal Oefentye o/6 Maandae, Dinsdae en Woensdae : 13:05 - 13:50

o/7 en o/8 Maandae : 13:35 - 14:10 Dinsdae en Woensdae : 13:05 - 13:50

Mini-netbaltoernooi 3 Mei (Unika); 9 Mei (Unika); 17 Mei (Unika); 24 Mei (tuis) Kliniekdatums: 14 en 15 Maart Gr. R- en gr. 1-leerders 20 en 22 Maart Gr. 2- en gr. 3-leerders

SKAAK

Oefentye Donderdae: Gr. 1-leerders: Kamer 14 13:30 - 14:20

Gr. 2- en gr. 3-leerders: Mediasentrum 14:00 - 15:00 Gr. 4- tot gr. 7-leerders: Mediasentrum 15:00 - 16:30 EN/OF

Vrydae: Gr. 4- tot gr. 7-leerders: Mediasentrum 13:00 – 14:00 LET WEL: Daar sal voortaan op Donderdae en Vrydae skaakoefening vir die gr. 4- tot gr. 7-leerders aangebied word. Leerders kan een of beide van die klasse bywoon. Volgende wedstryd: Maandag 12 Maart “Supper League”, TrinityHouse, Randpark

HOKKIE

Baie geluk aan die volgende leerders wat in hulle onderskeie ouderdomsgroepe in die D10-oefengroepe

ingesluit is:

Diaan Rooseboom (Seuns o/12) Ethan Ceronio (Seuns o/13) Inge Schoeman ( Dogters o/13)

Page 10: Beheerliggaamverkiesing: 12 Maart 2018 · 2018-03-12 · week ontvang en is alreeds aan alle leerders vanaf gr. 1 tot gr. 7 uitgedeel. Klasonderwyseresse (gr. 1 – 3) sal leiding

10

ALGEMEEN

VERE-KAS-TYE:

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Kontak vir Thea Kilian ([email protected]) / Debbé Potgieter ([email protected]) vir enige navrae in verband met die Vere-kas.

INLIGTINGSENTRUM

Op 13 Maart 2018 besoek Boek Buddies weer ons skool. Vertonings vind tydens skoolure plaas. Die medialeiers en leesklubleiersoorslaap, asook werkswinkels vind plaas op 9 Maart 2018. Briewe is reeds aan leiers uitgedeel. SA-Biblioteekweek vind plaas tydens 18 – 26 Maart 2018. Nasionale Storieverteldag vind plaas op 20 Maart 2018 en die Nasionale Kinderboekdag en -gedigtedag vind plaas op 21 Maart 2018. Moedig die leerders aan om daardie week baie te lees! Juf. Connie

UITBLINKERS VAN DIE WEEK

Rooiklas: Chris Maree en Inge Hattingh Geelklas: Kristine Nagel en Erlich Marais Persklas: Jordyn Stroh en Miller du Bruyn Oranjekas: Maya Lloyd en Sion Moolman Groenklas: Benjamin Nel en Sue-Ann Nieuwenhuizen Blouklas: Annabel Brink en Enzo Bester

STER VAN DIE WEEK

Gr. 1/14: Daniel Pieterse Gr. 1/22: Carla du Toit Gr. 1/24: Erwee van der Bergh Gr. 1/25: Emma Slabbert Gr. 1/26: Roland Grundling Gr. 1/27: Dian van Greunen Gr. 2/15: Sade Wilkins Gr. 2/16: Anrich Campher Gr. 2/17: Kristian van Gaalen Gr. 2/18: Jano Greyling Gr. 2/21: Lische Potgieter Gr. 2/23: Amalia Oosthuizen Gr. 3/12: Dian Bezuidenhout Gr. 3/13: Marieke Wiggett Gr. 3/28: Claudia Brückner Gr. 3/29: Zeanté Nel Gr. 3/45: Willem Theron Gr. 3/46: Adrian Nel

GOEIE GEDRAG

Gr. 3/29 Zeanté Nel Gr. 4/49 Andrea Cuyler en Marco Olivier Gr. 4/48 Jandré Bester Gr. 4/52 Leila Molenaar, Twané Fivaz

Page 11: Beheerliggaamverkiesing: 12 Maart 2018 · 2018-03-12 · week ontvang en is alreeds aan alle leerders vanaf gr. 1 tot gr. 7 uitgedeel. Klasonderwyseresse (gr. 1 – 3) sal leiding

11

MA EN DOGTER-NAWEEK (23 – 25 Maart 2018)

PA EN SEUN-KAMP

DATUM: 23 - 25 Maart 2018

TYE: Vrydag 14:00 tot Sondagmiddag

PLEK: Klub Koppisol, op die R82 tussen De Deur en Vereeniging

TEMA: Kan ek ‘n “hero” wees?

Alle inligting in verband met die pa en seun-kamp is beskikbaar op die School Communicator onder Bronne / Pa en seun-kamp.

Koördineerder Jaco Fourie ([email protected] / 083 6333 944)

VRIENDE VAN FAIRLAND-SPENS

Gr. R/07 Koffie Gr. R/08 Suiker Gr. R/09 Tee (Gewoon of Rooibos) Gr. R/10 Langlewe melk Gr. R/11 Poeiermelk of Cremora Gr. R/11A Ontbytgraan (nie Oats nie) Gr. 1/14 Marmite of Bovril Gr. 1/22 Grondboontjiebotter Gr. 1/24 Konfyt Gr. 1/25 Stroop

Gr. 1/26 Geblikte vis Gr. 1/27 Geblikte vleis

Gr. 2/15 Geblikte groente Gr. 2/16 Ingemaakte slaai (boksies)

Gr. 2/17 Ingemaakte vrugte Gr. 2/18 Pasta

Gr. 2/21 Ingemaakte groente Gr. 2/23 “Cup a soup” of pakkies sop of soja

maalvleis (Toppers)

Gr. 3/12 Geblikte sop Gr. 3/13 Oats Gr. 3/28 Ontbytgraan (nie Oats nie) Gr. 3/29 Beskuit ( Ouma-tipe) Gr. 3/45 Rys Gr. 3/46 Enige pasta (nie 2 min. “Noodles” nie) Gr. 4/47 Soet koekies Gr. 4/48 “Two min. Noodles”

Gr. 4/49 Blatjang Gr. 4/50 Mayonnaise

Gr. 4/51 Olie Gr. 4/52 Tamatiesous

Gr. 5/02 Jellie Gr. 5/05 Aanmaak-koeldrank

Gr. 5/39 Beskuit (Ouma-tipe) Gr. 5/41 Provitas of soutkoekies

Gr. 5/42 Koekies (soet) Gr. 5/43 Geblikte groente

Gr. 6/03 Langlewe melk Gr. 6/04 Skottelgoedseep

Gr. 6/06 Waspoeier Gr. 6/34 Deodorant (dames)

Gr. 6/37 Langlewe melk Gr. 6/40 Ontbytgraan (nie Oats nie)

Gr. 7/01 Geblikte vleis (Worsies, Bully beef, ens.) Gr. 7/30 Waspoeier

Gr. 7/31 Geblikte vleis Gr. 7/32 Geblikte groente

Gr. 7/44 Geblikte vis

Irene Aucamp (Spens Koördineerder (0836517230)

NASKOOLSENTRUM

Let asb. op dat daar die Naskoolsentrum op 30 Maart en 10 Augustus gesluit gaan wees. Hierdie 2 dae is skoolvakansiedae.

BAIE DANKIE

Baie dankie aan die gr. R/08-mammas en –leerders wat my verjaarsdag so spesiaal gemaak het.

Tannie Lizelle Adminkantoor

Page 12: Beheerliggaamverkiesing: 12 Maart 2018 · 2018-03-12 · week ontvang en is alreeds aan alle leerders vanaf gr. 1 tot gr. 7 uitgedeel. Klasonderwyseresse (gr. 1 – 3) sal leiding

12

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

SPORT

SKIET

Die GSSU (Gauteng-skole Skietunie) se eerste kompetisie is die afgelope naweek gehou.

In die ouderdomgroep van o/14 het twee Fairlanders die ouer gr. 8’s van Linden, Florida, Helpmekaar en Randburg ‘n les – of sommer twee geleer.

Roeloff le Roux (gr. 7), wat eers hierdie jaar begin skiet het, het met ‘n bronsmedalje weggestap en Stefan Prins van gr. 6 met die GOUD.

GAUTENG-SKOLE SWEMKAMPIOENSKAP Die afgelope naweek van 3 en 4 Maart het twee van ons leerders, Lené Dyson en Dawid Wiggett, aan die kampioenskap by die Hillcrest-swembad in Pretoria deelgeneem. Die byeenkoms is baie kompeterend en net swemmers met kwalifiserende tye kan deelneem. Lené eindig onder die top 10 in die 100m borsslag en Dawid behaal 3 top 10-plekke en blink uit in die 200m rugslag waar hy die 5de plek los swem. Baie geluk met julle puik prestasies.

Page 13: Beheerliggaamverkiesing: 12 Maart 2018 · 2018-03-12 · week ontvang en is alreeds aan alle leerders vanaf gr. 1 tot gr. 7 uitgedeel. Klasonderwyseresse (gr. 1 – 3) sal leiding

13

AKADEMIE

WÊRELDDAG VIR WISKUNDE: 8 MAART

Die Wiskunde-koors loop hoog! Om selfs tot op 'n Sondag somme te doen en dit nog vrywilliglik, is die kersie op die koek! Ek glo Laerskool Fairland was behoorlik aan die brand met die aanlyn-wiskundespeletjie! Onthou jy mag nog speel solank dit iewers in die wêreld nog die 8 Maart is! So hou net die teller op jou skerm dop om te sien hoeveel tyd jy nog oor het. Baie dankie vir elke leerder en ouer se entoesiasme jeens die pret-projek! Onthou dat ons aan hierdie tipe projekte deelneem vir die leerders se blootstelling en ook vir die intrinsieke waardes wat hulle hierdeur aanleer. Dit is beslis nie om enige toekennings te maak nie. Geniet dit!

Leanie Taljaard

ADVERTENSIES

RESONANZE MUSIEKSKOOL

Begin 2018 reg, begin 2018 met MUSIEK!! Skryf nou in vir individuele musieklesse; viool, kitaar, dromme, sang of klavier, OF ons groepklasse; ‘“Shake it Off”, koor, marimbas en meer!! Resonanze Musiekskool, Berario Ontspanningsentrum, 081 351-7491 / [email protected]

FISIOTERAPEUT

Fisioterapeut in 8th Avenue, Fairland. Ek fokus op rug- en nekprobleme; sportbeserings; posturale rehabilitasie en longfisioterapie. Privaat en groep-pilatesklasse. Kontak Terri-Anne Boers 0725398386 of [email protected].

SPESIALE AANBOD VIR LAERSKOOL FAIRLAND SE OUERS

Page 14: Beheerliggaamverkiesing: 12 Maart 2018 · 2018-03-12 · week ontvang en is alreeds aan alle leerders vanaf gr. 1 tot gr. 7 uitgedeel. Klasonderwyseresse (gr. 1 – 3) sal leiding

14

2 MEENTHUISE TE HUUR (LANGS MEKAAR)

Meenthuis te huur. 1/4/2018. Van der Kloofsraat, Ruimsig. 2 slaapkamers, 2 badkamers, 2 garages en eie tuin. R7 500.00 per maand . Seyffert Strydom 083 259 3392. Meenthuis te huur. 1/4/2018. Van der Kloofsraat, Ruimsig. 2 slaapkamers, 2 badkamers, 2 garages en eie tuin. R7 500.00 per maand . Seyffert Strydom 083 259 3392. TUINWOONSTEL TE HUUR Ons het ‘n twee-vertrek tuinwoonstel beskikbaar vir ‘n ongetroude personeellid. Akkommodasie sluit in water en elektrisiteit en ‘n afdak vir die huurder se voertuig. Toegang tot die wooneenheid geskied deur toegangsbeheer. Koste: R 3 100 p.m. met ‘n eenmalige deposito van R 2,000.00 betaalbaar in 2 paaiemente. Kontrak sal voorsien word wat 6 maandeliks hernu kan word. Belangstellendes is welkom om te skakel vir ‘n onderhoud en besigtiging. Kontak Ds. Andries Nel – 083 228-2338 (Witpoortjie).

Page 15: Beheerliggaamverkiesing: 12 Maart 2018 · 2018-03-12 · week ontvang en is alreeds aan alle leerders vanaf gr. 1 tot gr. 7 uitgedeel. Klasonderwyseresse (gr. 1 – 3) sal leiding

15

Bekendstelling van

Wie en wat is Rezprop?

Rezprop is ‘n eiendomsmaatskappy wat in Fairland, Berario en Northcliff

werksaam is. Ons is ouers van die skool en het in die area grootgeword en is

ook nogsteeds woonagtig in die Fairland-omgewing. Ons is ook die trotse borg

van die spreiligte wat verlede jaar by die skool opgerig is.

Ons ken Fairland, Berario en Northcliff.

Ons het baie jare se ondervinding in die eiendomsmark - residensieël,

kommersieël en ook ontwikkelings. Ons sal ons toewyding aan Laerskool

Fairland volhou deur ‘n skenking aan die skool te maak vir elke eiendom wat

deur ons gekoop of verkoop word.

Ons doen ook gratis professionele eiendomwaardasies. Dink u dalk daaraan

om u eiendom te onderverdeel? Ons kan daarmee ook help! Skakel gerus vir

Anton om ‘n afspraak te maak om u eiendom te lys vir verkoop of om ‘n huis

in die area te koop.

Kontak ons vandag nog: 082 871 1564

Anton Tromp Selnr. 082 871 1564 e-posadres: [email protected]

Anneke Debronic Linde Selnr. 072 610 8737 e-posadres: [email protected]

Rezprop (Pty) Ltd Sweet Thorn Office Park Bosbokstraat Randparkrif

Ondersteun deur:

Page 16: Beheerliggaamverkiesing: 12 Maart 2018 · 2018-03-12 · week ontvang en is alreeds aan alle leerders vanaf gr. 1 tot gr. 7 uitgedeel. Klasonderwyseresse (gr. 1 – 3) sal leiding

16

Page 17: Beheerliggaamverkiesing: 12 Maart 2018 · 2018-03-12 · week ontvang en is alreeds aan alle leerders vanaf gr. 1 tot gr. 7 uitgedeel. Klasonderwyseresse (gr. 1 – 3) sal leiding

17

Con Spirito Kunsvereniging brei uit na Wes-Gauteng - Diverse kunswedstryd word beplan vir Julie by Helpmekaar Kollege -

CON SPIRITO KUNSVERENIGING skep ’n opwindende nuwe geleentheid op alle jong, talentvolle kultuurliefhebbers wat die behoefte het om hulself passievol en op ’n gesonde mededingende vlak uit te druk. Con Spirito is ’n unieke kultuurvereniging wat al vir die afgelope 16 jaar in Oos-Gauteng en omgewing bedryf word met die doel om kultuur in die gemeenskap te bevorder, geleenthede deur kompetisies en werkswinkels te skep en om jong talent te ontdek en te ontwikkel. Die vereniging bied ook nog elke jaar ’n diverse kompetisie vir leerlinge en skole aan wat die deelnemers aan meer geleenthede blootstel en prestasies op provinsiale vlak bied. Con Spirito Kunsvereniging het hulself pas aan die Wes-Rand en in Mpumalanga ook gevestig en het gróót planne vir hul heel eerste kunswedstryd in hierdie gewestes. Die Wes-Gauteng-kunswedstryd sal tussen 23 en 27 Julie by Helpmekaar Kollege in Johannesburg gehou word en die inskrywings is oop vir alle leerders, skole en ander opvoedkundige privaatinstansies, hetsy dansskole, sangskole, dramaskole, kunssentrums of enige ander instansies wat kultuuropleiding aan leerlinge van graad RRR tot 12 bied. Die afdelings waarvoor die leerlinge en instansies kan inskryf is soos volg: skryfkuns, redenaars, sang/instrumentaal, drama, kuns, dans en kore/sêrgroepe/sanggroepe. Con Spirito vereis géén affiliasiefooie vir die kunswedstryd nie en inskrywingsfooie en vorms kan op die webwerf verkry word.

Tydens die finale ronde van die kompetisie, oftewel die ‘Con Spirito Forté word die leerlinge met die hoogste punte – ongeveer vyf per afdeling uit die hele Gauteng en Mpumalanga genooi. Hierdie ronde sal tussen 12 en 22 September gehou word waar die item- en afdelingwenners uitgewys sal word. Die jaarlikse Prestige-aand sal daarna op 10 Oktober in Boksburg volg waarna al die afdelingwenners genooi sal word en uitgesoekte deelnemers sal optree. Dis ook hier waar die trofeë, sertifikate, knopies en balkies formeel deur Con Spirito Kunsvereniging se bestuurspan uitgedeel sal word. Meer inligting vir gestremde en geremde leerders kan gerus Con Spirito Kunsvereniging se webtuiste by www.conspiritokultuur.wix.com/conspirito vir meer inligting besoek. Die inskrywingsvorms en brosjures wat al die afdelings in diepte bespreek, is op die webtuiste beskikbaar. Con Spirito se stigter, Lizelle van Staden, is beskikbaar by 083 660 4822 of [email protected] vir enige navrae.

Page 18: Beheerliggaamverkiesing: 12 Maart 2018 · 2018-03-12 · week ontvang en is alreeds aan alle leerders vanaf gr. 1 tot gr. 7 uitgedeel. Klasonderwyseresse (gr. 1 – 3) sal leiding

18