belangrike datums - volkiesh.co.za · eerstespan-wedstryd eers 18:30 begin. die kostes beloop...

3
TEL NO: 016 341 3165 FAKS NO: 016 341 3987 DATUM: 11– 16 Februarie 2019 UITGAWE 5 van 2019 ADRES: 1 JACOBS STRAAT HEIDELBERG GAUTENG POSDRES: POSBUS 215 HEIDELBERG 1438 E-POS: [email protected] BELANGRIKE DATUMS 11- 16 Februarie 2019 11 FEBRUARIE 2019 Gr. 12 Bykomende klasse Fisiese Wetenskappe 12 FEBRUARIE 2019 Toetsreeks Gr. 8tot 12 Swemgala te St. Dunstans Kollege 13 FEBRUARIE 2019 Atleek: Groter Heidelberg te HVH (09:00) ATKV Redenaars (skooluitdunne) in personeelkamer 14 FEBRUARIE 2019 Toetsreeks Gr. 8 - 12 Valentynsbal in koshuis om 18:30 15 FEBRUARIE 2019 BIG BRAG Graad 12 Afrikaans mondeling 16 FEBRUARIE 2019 Atleek: Interhoër te Ermelo - busse vertrek 04:30 SPORT BLOEMFONTEIN TOP 20: Die top 20 Atletiekbyeenkoms het 8 tot 9 Februarie 2019 te Bloemfontein plaasgevind, en al het die weer nie saam gespeel nie het ons atlete steeds uitstekend presteer. Goue medaljes: Johan Groesbeek (400m hekkies), Karel Olwage (Hoogspring), Danielle Verwoerd (800m) Ruan Claassens (Gewigstoot) Silwer medaljes:Robinn Thorburn (200m) , Delaine Willemse (hoogspring), Danielle Verwoerd (1500m) Favour Umeh (hoogspring), Janca Fouché (100m) Brons medaljes: Janca Fouché (200m) Simoné Moll (hoogspring), JJ du Plessis (verspring) Bianca Erasmus (hoogspring), Jané Botha (100m en verspring) MIDMARMYL: Volkie-swemmers het 9 en 10 Februarie 2019 aan die jaarlikse Midmarmyl te Pietermaritzburg deelgeneem. Al die swemmers het dié grootste oopwater swembyeenkoms ter wêreld voltooi. Baie geluk aan die groot en klein Volkies, ons is trots op julle!

Upload: others

Post on 26-Jun-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: BELANGRIKE DATUMS - volkiesh.co.za · eerstespan-wedstryd eers 18:30 begin. Die kostes beloop R50-00 per leerder en dit sluit aandete, akkommodasie en ‘n ligte ontbyt in. Die DONKEY

TEL NO: 016 341 3165

FAKS NO: 016 341 3987

DATUM: 11– 16 Februarie 2019 UITGAWE 5 van 2019

ADRES: 1 JACOBS STRAAT

HEIDELBERG

GAUTENG

POSDRES: POSBUS 215

HEIDELBERG

1438

E-POS:

[email protected]

BELANGRIKE DATUMS

11- 16 Februarie 2019

11 FEBRUARIE 2019

Gr. 12 Bykomende klasse Fisiese Wetenskappe

12 FEBRUARIE 2019

Toetsreeks Gr. 8– tot 12

Swemgala te St. Dunstans Kollege

13 FEBRUARIE 2019

Atletiek: Groter Heidelberg te HVH (09:00)

ATKV Redenaars (skooluitdunne) in personeelkamer

14 FEBRUARIE 2019

Toetsreeks Gr. 8 - 12

Valentynsbal in koshuis om 18:30

15 FEBRUARIE 2019

“BIG BRAG”

Graad 12 Afrikaans mondeling

16 FEBRUARIE 2019

Atletiek: Interhoër te Ermelo - busse vertrek 04:30

SPORT

BLOEMFONTEIN TOP 20: Die top 20 Atletiekbyeenkoms het 8 tot 9 Februarie 2019 te Bloemfontein

plaasgevind, en al het die weer nie saam gespeel nie het ons atlete steeds uitstekend presteer.

Goue medaljes: Johan Groesbeek (400m hekkies), Karel Olwage (Hoogspring), Danielle Verwoerd (800m)

Ruan Claassens (Gewigstoot)

Silwer medaljes:Robinn Thorburn (200m) , Delaine Willemse (hoogspring), Danielle Verwoerd (1500m)

Favour Umeh (hoogspring), Janca Fouché (100m)

Brons medaljes: Janca Fouché (200m) Simoné Moll (hoogspring), JJ du Plessis (verspring) Bianca Erasmus (hoogspring),

Jané Botha (100m en verspring)

MIDMARMYL: Volkie-swemmers het 9 en 10 Februarie 2019 aan die

jaarlikse Midmarmyl te Pietermaritzburg deelgeneem. Al die swemmers

het dié grootste oopwater swembyeenkoms ter wêreld voltooi. Baie

geluk aan die groot en klein Volkies, ons is trots op julle!

Page 2: BELANGRIKE DATUMS - volkiesh.co.za · eerstespan-wedstryd eers 18:30 begin. Die kostes beloop R50-00 per leerder en dit sluit aandete, akkommodasie en ‘n ligte ontbyt in. Die DONKEY

ALGEMEEN

AKADEMIE

Die BYKOMENDE KLASSE vir die graad 12-leerders is verpligtend. Daar is heelwat graad 12-leerders wat summier nie die klasse bywoon nie.

U as ouer/voog moet seker maak dat u kind(ers) die klasse bywoon. Hierdie klasse word aangewend om die kurrikulum te voltooi en nie vir

ekstra klasse nie. Die bykomende klasse is as volg:

Die TOETSREEKS is alreeds in die tweede week. U as ouer/voog moet toesien dat u kind(ers), selfdissipline aan die dag sal lê om behoorlik vir

elke vraestel voor te berei. Akademie is en bly ons kernbesigheid by Hoër Volkskool.

DAG TYD VAK

Maandag 14:00 – 15:00 Fisiese Wetenskap

Dinsdag 14:00 – 15:00 Lewenswetenskap

Woensdag 14:00 – 15:00 RTT

Donderdag 14:00 – 15:00 IGO

Daar het ‘n vakature in die BEHEERLIGGAAM onstaan a.g.v. die bedanking van mnr. Hannes Kotze, verantwoordelik vir geboue en terrein.

Dit is vir ons as skoolgemeenskap hartseer om ’n kwaliteit en vaardige ouer op die beheerliggaam te verloor. Mnr. Kotze was genoodsaak om

te bedank a.g.v. werksomstandighede. As skool wil ons graag vir mnr. Kotze bedank vir sy harde werk en positiewe insette, die laaste 11

maande op die beheerliggaam. Ons wens hom alle seën en voorspoed toe. Die datum van die tussenverkiesing sal op die volgende

beheerliggaamsvergadering bespreek word en aan u as ouers/voog deurgegee word.

Die VALENTYNSBAL vind op Donderdag, 14 Februarie 2019 in die koshuis om 18:30 plaas. Leerders kan teen R10-00 gewone klere tydens

skooltyd aantrek.

Die INTERHOËR vind komende Saterdag, 16 Februarie 2019 te Ermelo plaas. Dit is ‘n nuwe uitdaging vir ons atlete. Die volgende agt skole is

deel van die Mpumalanga Prestige Interhoër wat beloof om hoë kwaliteit atletiek op te lewer:

Hoër Volkskool Heidelberg

Hoërskool Secunda

Hoërskool Rob Ferreira

Ligbron Akademie

Hoërskool Middelburg

Hoërskool Ermelo

H.T.S. Witbank

Hoërskool Lydenburg

Die busse vertrek reeds 04:30 die oggend en sal teen 20:00 terug by die skool wees. Baie sterkte aan al ons atlete en die sanggroep wat

deel gaan wees van die prestige-geleentheid. Bring die bekers huis toe en geniet elke oomblik!

Die GROTER HEIDELBERG ATLETIEKBYEENKOMS vind op Woensdag, 13 Februarie 2019 by Hoër Volkskool plaas. Atlete moet registreer

by Mnr. Louwtjie Dalhouzie en dan ook ʼn afskrif van hul geboortesertifikaat en ID foto met registrasie inhandig. Ons atlete moet by

bogenoemde byeenkoms deelneem om vir die D7-kampioenskappe te kwalifiseer wat Vrydag, 22 Februarie 2019 in Sasolburg (DP de Villiers

stadion) plaasvind. Baie sterkte aan al ons atlete!

Die SKOOL VERDAAG op Vrydag, 22 Februarie 2019 om 12:00 a.g.v. ‘n vriendskaplike wedstryd teen Afrikaans Hoër Kroonstad in

Kroonstad. Dit is slegs die rugbyseuns en dogtershokkie wat betrokke is. Die leerders gaan in die koshuise oorslaap omrede die

eerstespan-wedstryd eers 18:30 begin. Die kostes beloop R50-00 per leerder en dit sluit aandete, akkommodasie en ‘n ligte ontbyt in.

Die DONKEY DERBY vind op 28 Februarie 2019 vanaf 18:30 in die skoolsaal plaas. Dit is die eerste fondsinsamelingsprojek vir die jaar en ons

wil u graag as ouers aanmoedig om die skool te ondersteun. Daar sal slegs 20 tafels (10 persone om ‘n tafel) beskikbaar wees. Die koste

beloop R1000-00 per tafel of R100-00 per persoon.

Elke tafel is self verantwoordelik vir eetgoed op die tafel. Ouers mag hulle koelbokse saambring. Vir meer inligting kan u mnr. Daan

Marx by 082 665 5862 kontak.

Page 3: BELANGRIKE DATUMS - volkiesh.co.za · eerstespan-wedstryd eers 18:30 begin. Die kostes beloop R50-00 per leerder en dit sluit aandete, akkommodasie en ‘n ligte ontbyt in. Die DONKEY

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Ons tema vir die week is Volkie-gees. Om deel van ‘n skool te wees, is dit belangrik dat elke rolspeler in hart en siel betrokke by die skool sal

wees. Om betrokke te wees skep trots, lojaliteit en ‘n samehorigheidsgevoel onder mekaar. Die dissipline en gees van ‘n skool loop hand aan

hand. As daar Volkie gees in die skool is, dan sal daar ook goeie dissipline op alle vlakke gehandhaaf word. Dit sluit akademie, sport, kultuur en

gesonde ondersteuning in. Ons Volkie gees moet ons elkeen na uitnemendheid dryf en vir mekaar ‘n inspirasie wees om te presteer. Die heel

belangrikste is dat die Volkie-gees ons ‘n groot Volkie-familie sal maak, waar ons vir mekaar sal omgee.