belangrike kennisgewing!! weekbrief 03/2015 6 … · (rekord 1998 angelique hauptfleish) ... 3...

8
HOëRSKOOL PORTERVILLE Posbus 22, PORTERVILLE, 6810 TEL: 022 9312174 FAKS: 022 9313321 EPOS: [email protected] Weekbrief 03/2015 6 Februarie 2015 GESTIG 1870 BELANGRIKE KENNISGEWING!! Neem asseblief kennis dat die Direkteur, mnr. Beukes se motiveringspraatjie vir die matrieks en hulle ouers op Maandag, 9 Februarie om 18:00 te Hoërskool Piketberg sal plaasvind. Ons matrieks moet hulle skooluniform aanhê. Dit sal wonderlik wees as al ons matrieks saam met hulle ouers dit kan bywoon. INTERSKOLE ATLETIEK Met opgewondenheid maak ons gereed vir ons eie 2 de Plattelandse Interskole Atletiek teen H/S + L/S Dirkie Uys en H/S Piketberg. Die groot dag sal plaasvind op Dinsdag, 10 Februarie vanaf 14:30-20:30. Dié byeenkoms is in sy babaskoene stadium en ons hoop dit sal groei tot ‘n volbloed interskole atletiek geleentheid. Geselekteerde items deur die betrokke skole bepaal, is in die program (wat in die weekbrief ingesluit is), ingesluit. Hierdie items sal slegs vir ouderdoms- groepe 0.9, 0.11, 0.13, 0.15, 0.17 en 0.19 plaasvind. Die Wenskool van die dag sal aangewys word, maar ons strewe is om ‘n informele en gemaklike styl met die byeenkoms te handhaaf. Ons wil deurentyd goeie verhoudinge bou en dit nie versuur deur ‘n gedagte van wen ten alle koste nie. Tog neem alle atlete deel om sy of haar beste te lewer. Hierdie dag is dus ‘n gulde geleentheid vir atlete wat nie altyd die kans kry om teen ander skole deel te neem nie. DISSIPLINêRE ONDERTEKENING Ons bring graag die volgende onder u aandag. Die Dissiplinêre proses soos vanjaar geïmplimenteer is reeds namens elke ouer deur die Beheerliggaam goedgekeur en aanvaar. Dit is dus bindend. Die ondertekening van die kennisgewing van ontvangs en kennisname is slegs ‘n formaliteit. Elke ouer en kind staan reeds onder die dissiplinêre proses, of u die kennisgewingsbrief geteken het of nie. Boland Platteland Tennis Baie geluk aan Hendrik Louw wat vir die S/15 Boland Platteland Tennisspan gekies is. Hy neem vandag en môre deel in Stellenbosch aan ’n Boland Tenniskampioenskap.

Upload: lecong

Post on 18-May-2018

243 views

Category:

Documents


5 download

TRANSCRIPT

Page 1: BELANGRIKE KENNISGEWING!! Weekbrief 03/2015 6 … · (Rekord 1998 Angelique Hauptfleish) ... 3 Februarie vir die 34ste keer ... Salomé Jordaan het die leerders vergesel 8 th

HO

ëR

SK

OO

L P

OR

TE

RV

ILL

E

Po

sb

us

2

2,

P

OR

TE

RV

IL

LE

,

68

10

TE

L:

02

2

93

12

17

4

F

AK

S:

02

2

93

13

32

1

E

PO

S:

se

kr

et

ar

es

se

@p

or

te

rh

s.

co

.z

a

Weekbrief 03/2015

6 Februarie 2015

GESTIG 1870

BELANGRIKE KENNISGEWING!!

Neem asseblief kennis dat die Direkteur, mnr. Beukes

se motiveringspraatjie vir die matrieks en hulle ouers

op Maandag, 9 Februarie om 18:00 te Hoërskool

Piketberg sal plaasvind. Ons matrieks moet hulle

skooluniform aanhê. Dit sal wonderlik wees as al ons

matrieks saam met hulle ouers dit kan bywoon.

INTERSKOLE ATLETIEK

Met opgewondenheid maak ons gereed vir ons eie 2de

Plattelandse Interskole Atletiek teen H/S + L/S Dirkie Uys en

H/S Piketberg. Die groot dag sal plaasvind op Dinsdag, 10

Februarie vanaf 14:30-20:30. Dié byeenkoms is in sy

babaskoene stadium en ons hoop dit sal groei tot ‘n volbloed

interskole atletiek geleentheid. Geselekteerde items deur die

betrokke skole bepaal, is in die program (wat in die weekbrief

ingesluit is), ingesluit. Hierdie items sal slegs vir ouderdoms-

groepe 0.9, 0.11, 0.13, 0.15, 0.17 en 0.19 plaasvind. Die

Wenskool van die dag sal aangewys word, maar ons strewe is

om ‘n informele en gemaklike styl met die byeenkoms te

handhaaf. Ons wil deurentyd goeie verhoudinge bou en dit nie

versuur deur ‘n gedagte van wen ten alle koste nie. Tog neem

alle atlete deel om sy of haar beste te lewer. Hierdie dag is dus

‘n gulde geleentheid vir atlete wat nie altyd die kans kry om

teen ander skole deel te neem nie. DISSIPLINêRE ONDERTEKENING Ons bring graag die volgende onder u aandag. Die Dissiplinêre proses soos vanjaar geïmplimenteer is reeds namens elke ouer deur die Beheerliggaam goedgekeur en aanvaar. Dit is dus bindend. Die ondertekening van die kennisgewing van ontvangs en kennisname is slegs ‘n formaliteit. Elke ouer en kind staan reeds onder die dissiplinêre proses, of u die kennisgewingsbrief geteken het of nie.

Boland Platteland Tennis

Baie geluk aan Hendrik Louw wat vir die S/15 Boland

Platteland Tennisspan gekies is. Hy neem vandag en môre deel in

Stellenbosch aan ’n Boland Tenniskampioenskap.

Page 2: BELANGRIKE KENNISGEWING!! Weekbrief 03/2015 6 … · (Rekord 1998 Angelique Hauptfleish) ... 3 Februarie vir die 34ste keer ... Salomé Jordaan het die leerders vergesel 8 th

INTERHUIS ATLETIEK 2015

Baie dankie ...

- aan alle leerders vir jul positiewe deelname en oor die

algemeen goeie gedrag.

- Amanda Gloyne (hoofkonvenor) en haar konvenorspan, asook

alle ander individue wat betrokke was om alles glad te laat

verloop, vir al julle harde werk en bereidwilligheid om te

help .

- Ons waardeer die beamptes vir julle deel om van hierdie dag ‘ n

sukses te maak, asook ons onderwysers dat julle steeds die

waarde van hierdie dag insien en baie tyd opoffer hiervoor.

- ‘n Woord van dank aan u wat die dag met ons kom deel het,

hetsy langs die veld of op die paviljoen.

Ons waardeer elkeen se ondersteuning.

‘n Spesiale gelukwensing aan ons bekerwenners:

BESTE SEUNSATLEET BESTE DOGTERSATLEET

Wim Treurnicht (Pienaar) O/10 Marique van der Merwe (Pienaar)

Daniël Knoetzen (McClean) O/11 Dané Kellerman (McClean)

Darren van Wyk (Pienaar) O/12 Jani van der Merwe (Pienaar)

Gideon Cruywagen (Bastiaanse) O/13 Inge von Wielligh (Pienaar)

Wilberd Waterboer (Pienaar) O/14 Antoinette Burger (Bastiaanse)

Keanu Fortuin (Bastiaanse) O/15 Reinette v.d. Merwe (Pienaar)

Corben Isaacs (McClean) O/17 Jana J.v. Rensburg (McClean)

Christiaan Gous (McClean) O/19 Sashen Cox (Bastiaanse)

PUNTESTAND:

McCLEAN – 734

PIENAAR - 701

BASTIAANSE - 589

Baie geluk aan McClean met die Wenbeker & Huis Bastiaanse wat die

GEES-beker gewen het.

Page 3: BELANGRIKE KENNISGEWING!! Weekbrief 03/2015 6 … · (Rekord 1998 Angelique Hauptfleish) ... 3 Februarie vir die 34ste keer ... Salomé Jordaan het die leerders vergesel 8 th

DIE VOLGENDE LEERDERS HET VORIGE REKORDS VERBETER:

NAAM ITEM DEELNAME

Eduan Louw 80m S/9

Marique van der Merwe Verspring D/10

Darren van Wyk 150m Hekkies S/12

Inge von Wielligh Diskus D/13

Antoinette Burger Spiesgooi D/14

Cassidy Visser Hoogspring D/14

Christiaan Burger 300m Hekkies S/14

Wilberd Waterboer 400m S/14

(Rekord 1999 Juan Matthee)

100m Hekkies

Henco de Beer Diskus S/15

(Rekord 1997 MacHendrik Jordaan)

Reinette van der Merwe 400m D/15

(Rekord 1998 Angelique Hauptfleish)

Adriaan Haasbroek Hamergooi S/17

Corben Isaacs 400m Hekkies S/17

(Rekord 1996 Arno von Wielligh)

400m

Deodan Jacobs 100m S/17

Cas Mouton Hoogspring M/19

(Rekord 1983 Rudolf Liebenberg)

BAIE GELUK!!

Page 4: BELANGRIKE KENNISGEWING!! Weekbrief 03/2015 6 … · (Rekord 1998 Angelique Hauptfleish) ... 3 Februarie vir die 34ste keer ... Salomé Jordaan het die leerders vergesel 8 th

KLEREWINKEL

Belangrike Kennisgewing:

Die Klerewinkel sal gesluit wees op Donderdag, 12 Februarie.

Reënbaadjies:

Ouers wat bestellings vir reënbaadjies wil plaas moet dit voor die einde van Februarie doen. +- R380 moet betaal word wanneer die bestelling geplaas word.

UNISA TEORIE EKSAMEN UITSLAE

Baie geluk aan:

JOANé WILKENS GR. 1 wat 98% & RONé DE LANGE GR. 4 wat 96% behaal het in

die UNISA TEORIE EKSAMEN.

ALBEI LEERDERS VERSKYN OP UNISA SE EREROL VIR HIERDIE BESONDERSE

PRESTASIES.

INSKRYWINGS VIR 2016

Ouers wat hulle kinders wil inskryf by Hoërskool

Porterville vir volgende jaar kan solank aansoek doen.

Aansoekvorms is beskikbaar by die sekretaresse se

kantoor by die skool.

Laerskool Swartland Uitnodigingsgala

DATUM : Woensdag, 11 Februarie 2015

TYD : 15:00

KOSTES : R50 per swemmer & R5 busgeld (indien van

skoovervoer gebruik maak).

Verdere besonderhede sal aan leerders gegee word wat aan die

swemgala deelneem.

Page 5: BELANGRIKE KENNISGEWING!! Weekbrief 03/2015 6 … · (Rekord 1998 Angelique Hauptfleish) ... 3 Februarie vir die 34ste keer ... Salomé Jordaan het die leerders vergesel 8 th

Boodskap vir die week

Ek wens vir jou…

‘n Glimlag op jou gesig,

Hoop in jou hart,

Jou dierbares altyd naby,

‘n Muntstuk in jou sak

en

JESUS in jou lewe!

BAIE DANKIE AAN ...

* Die S.A. Polisie vir die begeleiding van die optog tydens die

Interhuis atletiekbyeenkoms.

* Voorberg Gevangenis en Sonskyn Dienste (Robert van der Merwe en sy

span) vir die sny van die gras.

* Org Kellerman vir die skaaphekke.

* Voorberg gevangenis en mnr. Constance vir die ys.

* Dirk Olivier vir die patats vir die koshuis.

* WG Treurnicht vir die skenk van die vrieskas vir die sportkafee.

“When you feel you’re drowning” in life’s situations,

don’t worry YOUR LIFEGUARD WALKS ON WATER !

Page 6: BELANGRIKE KENNISGEWING!! Weekbrief 03/2015 6 … · (Rekord 1998 Angelique Hauptfleish) ... 3 Februarie vir die 34ste keer ... Salomé Jordaan het die leerders vergesel 8 th

KRUMMELTJIES

Baie welkom!!

Julle is nou volwaardig deel van

Hoërskool Porterville

LEES VAN WEEKBRIEF

U kind ontvang elke Vrydag ‘n weekbrief.

Ons vra ons ouers om asseblief elke week

die weekbrief te lees vir inligting oor

MAYNARDVILLE UITSTAPPIE

Die Gr.12 leerders was op Dinsdag, 3 Februarie

vir die 34ste keer

op ‘n uitstappie na

Maynardville.

Hulle het die produksie

“Othello” gaan kyk.

Alhoewel dit ‘n baie

swaar produksie was

het die kinders dit

nogtans baie geniet.

Juf. Salomé Jordaan het

die leerders vergesel

8 th

Skoolfonds

Vir alle navrae ten opsigte

van Skoolfonds, Vrystellings,

Handboeke, ens.) kontak

asseblief vir Alet Kriel by

Hoërskool Porterville of

e-pos haar by:

[email protected].

Die bankbesonderehde vir

inbetalings is as volg:

Naam: Hoërskool Porterville-

Bank : Absa Porterville

Takkode : 33-44-07

Rekening : 2100390046

Verwys : Leerder se naam

Naam: Huis van Riebeeck

Bank : Absa Porterville

Takkode : 33-44-07

Rekening : 2100142913

Verwys : Leerder se naam

COMPU-TICKET IQ VORMS

Saam met hierdie week se weekbrief sal

u ’n vorm ontvang. Voltooi asb. die

vorm (al stel u nie belang nie) en stuur

dit terug skool toe nie later nie as

Vrydag, 20 Februarie. Die skool ontvang

R300 vir die voltooide vorms wat ons

van u af terug ontvang en aan hulle

oorhandig. Elke bietjie help ons skool.

Dankie vir u samewerking!!

HSP NUUS

Page 7: BELANGRIKE KENNISGEWING!! Weekbrief 03/2015 6 … · (Rekord 1998 Angelique Hauptfleish) ... 3 Februarie vir die 34ste keer ... Salomé Jordaan het die leerders vergesel 8 th

WEEKPROGRAM

Vrydag, 06 Februarie - L/S Platteland Atletiek - HSP

H/S Tennis - Swartland (T)

VCSV Kamp

Saterdag, 07 Februarie - O/19 Krieket - Dirkie Uys (T)

Vlak 1Noodhulp

VCSV Kamp

Maandag, 09 Februarie - Gholf - Moorreesburg (W)

Dinsdag, 10 Februarie - Interskole Atletiek

Woensdag, 11 Februarie - Uitnodigingsgala Swartland -

Malmesbury (W)

Boland UNICEF Netbalsessie (T)

Gr. 11 Valentynsbal

L/S Kaperjolle

Donderdag, 12 Februarie - Huis Gala

O/19 Krieket - Wesbank (T)

Vrydag, 13 Februarie - H/S Tennis 2de spanne - Curro (T)

Saterdag, 14 Februarie - H/S Platteland Atletiek - PHS

L/S Wes-Boland Atletiek

Vlak 2 Noodhulp

O/19 Krieket - Montana (W)

MNR. WILLEM ENGELBRECHT

SKOOLHOOF

Page 8: BELANGRIKE KENNISGEWING!! Weekbrief 03/2015 6 … · (Rekord 1998 Angelique Hauptfleish) ... 3 Februarie vir die 34ste keer ... Salomé Jordaan het die leerders vergesel 8 th

BLACK BERRY SELFOON

My “Black Berry” selfoon het in die straat weggeval. Ek het dit laat

“block” sodat niemand dit kan gebruik nie. As iemand miskien ‘n

selfoon opgetel het en dit aan my terugbesorg sal ek ‘n beloning gee.

Asseblief, daar is belangrike persoonlike inligting op wat ek nie wil

verloor nie.

Dankie

M. Basson (Du Toitstraat 56)

*****************************************************

TWEEDEHANDSE KLEREWINKEL

Enigiets wat nog bruikbaar is vir die klerebank - skoolklere, tasse of skoene, kan afgegee word by Elna Lombard by die Hoërskool of by Piet Retiefstraat 45 (skuins oorkant die Laerskool). Daar is alreeds goeie tweedehandse klere en skoene beskikbaar. Alet Smit: 0783171088 0229312519