bemoediging is voedsel vir die hart, en élke hart is „n honger...
TRANSCRIPT
Dit
Omsendbrief 21/17
2017 08 07
“Bemoediging is voedsel vir die hart, en élke hart is „n honger hart”
~ Pat Morley ~
Geagte ouers
1. SPORT
1.1 Tennis
Baie sterkte vir die leerders wat vandag, Maandag, 7 Augustus 2017 wedstryd speel.
Spelers moet asseblief om 14:00 by die betrokke skole aanmeld sodat
daar genoeg tyd is vir opwarming.
o.11 Goud Helderkruin vs Roodekrans by Maragon (weg)
o.11 Groen Helderkruin vs WPPS (tuis)
o.14 Goud Helderkruin vs Trinity Little Falls (2) (weg)
o.14 Groen Helderkruin vs Horison by Florida Tennisklub (weg)
1.2 Landloop
Atlete oefen op Maandae, Dinsdae en Donderdae vanaf 14:00 tot 14:45.
Onthou gemaklike klere, tekkies en jou waterbottel.
Datums van byeenkomste: Vrydag, 11 Augustus 2017 te Trinity Little Falls
Vrydag, 18 Augustus 2017 te Kings School
Sterkte aan elke landloopatleet vir die byeenkomste wat voorlê.
1.3 Mini-krieket
1.3.1 Oefening
Baie dankie vir al die seuns wat getrou oefening bywoon. Ons eerste wedstryd
vind plaas op 23 Augustus 2017. Weens die feit
dat daar baie seuns is, kan almal nie elke week speel nie.
Seuns sal ’n week voor elke wedstryd ’n brief
ontvang indien hulle die betrokke week speel.
1.4 Hokkie
Baie dankie vir die goeie wedstryde teen Laerskool
Dr Havinga asook die dogters se goeie gedrag teenoor die
ander spelers.
1.4.1 Wedstryde
Dinsdag, 8 Augustus 2017 teen Laerskool Gustav Preller (tuis). Slegs die
senior seuns is betrokke.
2/...
Privaatsak X01, Helderkruin 1733
Telefoon: 764 2506/7 Faks: 764 5602 E-Pos: [email protected]
Webblad: http://www.laerskoolhelderkruin.co.za
2
1.4.2 Hokkiekamp
Die hokkiekamp vind plaas vanaf 11 tot 13 Augustus te Konka vir o.12 en o.13
dogters.
1.5 Skaak
Oefening vind plaas op Woensdae vir juniors in me Marissa Kotzee se klas vanaf 13:30 tot
14:00 en vir die seniors in die meida vanaf 14:00 tot 15:00
(J Breet en T Breet)
2. KULTUUR
2.1 HAK (Helderkruin Afrikaanse Kunswedstryd)
Inskrywingsvorms is beskikbaar by me K Lourens. Datums en tye sal teen 15 Augustus
beskikbaar wees.
(K Lourens)
3. BORGVORMS: FEESDAG 2017
Hierdie is ons groot fondsinsamelingsprojek en daarom skuif ons die sluitingsdatum van alle
vorms uit na 31 Oktober 2017. Ons vra elke Kruiner om saam te werk. By voorbaat dankie.
(Bestuur)
4. GRAAD RR/R ONDERWYSERES AAN DIENS DIE WEEK
Mee Liandri Kok (Graad RR), Ursula Niehaus en Erika Lombard
(Graad R’e) sal hierdie week aan diens wees vanaf 06:45. U neem
dus u kleuter na die bogenoemde klasse/personeel. Die ander
personeel is eers van 07:15 af by hul klasse.
(L Kapp)
5. SKOOLDRAG
Vanaf 4 September kan winters- of somersdrag, afhangende van die weersomstandighede
afgewissel word (maar mag nie gemeng word nie). Somersdrag is vanaf die vierde kwartaal
verpligtend.
(Bestuur)
6. GRAAD 6 OPVOEDKUNDIGE TOER
Soos u weet, was ons graad 6-leerders op ‘n opvoedkundige toer na Blyde
Adventure Camp - Mpumalanga. Die kinders het dit baie geniet en baie
leersaam gevind. Baie dankie aan die personeel, mnre Corne Swanepoel
en Gerhard Scholtz, asook mee Ronelle Grobler en Linda Janse van Rensburg, dit is lekker om
te weet dat ons personeel altyd bereid is om ’n ekstra myl vir ons kinders te loop. Baie dankie
ook aan ons kinders vir pragtige gedrag tydens die toer, dit maak dit vir die personeel wat hulle
vergesel altyd maklik. Dit is ook lekker om met trots na ons kinders as Kruiners te verwys!
(Bestuur)
7. OUMA- EN OUPADAG
Dit was ’n heerlike funksie wat deur oupas en oumas en hulle kleinkinders
geniet is. Dankie aan al die mammas wat behulpsaam was met die skink van
die tee.
(Me U Niehaus)
3/...
3
8. TOETSROOSTER – KWARTAAL 3
Die toetsrooster vir kwartaal 3 is aangeheg vir u veilige bewaring en kennisname.
(I Mitchley)
9. BELANGRIKE DATUMS
Baie sterkte aan almal wat hierdie week by die onderskeie
aktiwiteite betrokke is!
7 Augustus 2017 - o.11 Goud Helderkruin vs Roodekrans by Maragon (weg)
o.11 Groen Helderkruin vs WPPS (tuis)
o.14 Goud Helderkruin vs Trinity Little Falls (2) (weg)
o.14 Groen Helderkruin vs Horison by Florida Tennisklub (weg)
8 Augustus 2017 - Amptelike toets: Graad 7: Engels
9 Augustus 2017 - Publieke vakansiedag: Nasionale Vrouedag
10 Augustus 2017 - Krieket o.9 en o.10 (Geslote proewe)
- Hokkieliga: Laerskool Helderkruin vs Laerskool Gustav Preller (weg)
11 Augustus 2017 - Landloop: Byeenkoms by Trinity Little Falls
- Krieket o.9 en o.10 (Geslote proewe)
11 – 13 Augustus 2017 - Hokkiekamp te Konka (o.12 dogters)
12 Augustus 2017 - Rugbykliniek (o.11 en o.12 seuns) en Sewes (Verre-Wes)
- Krieket o.9 en o.10 (Geslote proewe)
Helderkruingroete
C SCHUTTE EN REDAKSIE
HOOF
-----------------------------------------------------------------------------
TOETSROOSTER
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DATUM FASE GR 4-6
FASE GR 7
25/07/ 2017
01/08/2017 AFRIKAANS
08/08/ 2017 ENGELS
15/08/2017 AFRIKAANS WISKUNDE
22/08/ 2017 ENGELS EBW
29/08/2017 WISKUNDE NW
05/09/ 2017 NW EN TEG SW
12/09/2017 SW LO
19/09/ 2017 PSW TEG
26/09/2017
RAPPORTE RAPPORTE
“Bakkersdag”
Die jaarlikse Oppikruin Feesdag vind die jaar op Saterdag, 2 September 2017 plaas. Die Feesdag begin om 09:00. Om die klasse hierdie jaar te help met die fondsinsameling vir hulle stalletjies, het ons dit goedgedink om weer jaar ‘n “Bakkersdae” te hou. Die dae gee aan elke graad die geleentheid om “tuisgemaakte”produkte soos pakkies klapperys, fudge, soetkoekies, beskuit ensovoorts te verkoop. Daar word een dag in die week afgestaan vir ‘n Graad om dan hulle produkte te verkoop. Dit vind slegs tydens die twee pouses plaas. Die personeel sal die leerders bystaan en help met die verkope. Verkope sal met Kruinermunte gedoen word. U kan dus vroegtydig munte aankoop by Elouise in die kantoor. Mamma’s is welkom om te kom hand bysit met die verkope. Alle produkte is skenkings vanuit die klasse en absoluut vrywillig – dit kan tuisgemaakte of gekoopte produkte wees. U kan ook heel koeke of terte skenk wat ons in skywe sal opsny. Die produkte moet asseblief die dag voor u betrokke graad se verkoopsdag by die skool afgegee word. Die rooster vir verkope is as volg:
Gr RR & R 30 Augustus By voorbaat dankie vir u samewerking en ondersteuning met hierdie projek.
GEKLASSIFISEERDE BERIGTE
POOL MANAGEMENT SERVICES
FOR TOTAL POOL CARE
Monthly Pool Maintenance Repairs to Motors, Pumps, Filters & piping Re-Marbelite Acid Treatments Water Analysis Leak Detection Weirs & Lights All Repairs & Maintenance
SIMPLY DIAL 08 6000 POOL (7665)
Johan 082 414 0413
WISKUNDE EKSTRA KLASSE Graad 4 -7 Individueel of maksimum 3 leerders per graadgroep. Aangebied deur 'n gekwalifiseerde Wiskunde en CAPS onderwyseres. Vanaf 24 Julie 2017. Sluitingsdatum vir inskrywings 17 Julie. Aangebied by Olke Bolke naskool Sentrum, Helderkruin, Billike fooie. Kontak Anita 082 779 5429
A& B KUNSSENTRUM
Kunsklasse met ‘n ander kleur! Net belangstelling en bereidwilligheid is hier nodig! ‘n Sessie per week sal u kind se talent, kennis en sluimerende vaardigheid stimuleer en nie frustreer! Vir meer inligting haal ‘n inskrywings-vorm af by me A Botes in die kunsklas van Laerskool Helderkruin.
Leerders vanaf graad 2 tot graad 7 is welkom!
Kontak Master Maths en bespreek jou plek vir 'n vakansieprogram! Master Maths het 40 jaar ervaring met Suid-Afrikaanse leerders. Interaktiewe lesse en persoonlike aandag van tutors. Lesse ondersteun die IEB kurrikulum. Wiskunde ekstra klasse vir graad 4 tot 12. Kontak ons by 011 764 4430 of stuur 'n e-pos [email protected]
Strandhuis op Marina Beach
Pragtige 3 slaapkamer vakansiehuis op Marina Beach langs Sanlameer in KZN. Geleë teen die lagoon by Kent Baai en 2km vanaf die blouvlag hoofstrand. Billike verblyftariewe. Kontak Suzette Prinsloo op 082 928 7515. [email protected] Kobus Prinsloo 072 061 5295
MathAndante, ‘n skool waar nie net gefokus word op die verbetering van wiskunde punte nie, maar ook die verbetering van Selfvertroue van elke kind. Waar elke kind net so belangrik is vir die onderwyser as vir sy ouers, want ‘n kind met selfvertroue is ‘n gelukkige kind in die wiskunde klasVir meer inligting, kontak Andre by 082 376 5152 / [email protected].
CDV ACCOUNTING
EXELLENCE ~ INTEGRITY ~ PROSPERITY www.cdvaccounting.co.za
We consult with: Business, Sole
proprietors, Independent Contractors, HOA’s,
Individuals and Trusts And provide cost
effective solutions for:
Bookkeeping
Accounting
Taxation Services
CIPC assistance
Annual Financial
Statement
Independent Review
services
Call / SMS / WhatsApp: 082 564 3136 (Christel) Email: [email protected]
Mondskerms
Dis sportseisoen!!!
Laat maak jou mondskerm teen billikste prys van R350 elk!!
Afdrukke kan by die skool gedoen word vir 10 of meer, of by die praktyk,
17 Van Oordstraat, Noordheuwel.
Vir verdere navrae kontak die kamer van Dr Johan Baard op 011 665 1327 of vir
Swane op 083 564 6808.
Bewaar jou herinneringe
Omskakeling van videos na DVD’s.
Skakel Willie 083 377 5667
Wiskunde klasse! Graad 1 tot 7 Me Ronelle Grobler 072 028 4708 Graad 8 tot 12 Me Euréka Jansen 072 432 1430 Vanaf 2de Kwartaal 2017. Geen oproepe tydens skoolure nie. Skakel enige tyd vanaf 14:00.
Enkelwoonstel loopafstand van Laerskool
Helderkruin te huur vanaf 1 Julie 2017, met
toesluitgarage.
R3 500.00 per maand (water en ligte ingesluit)
Kontak Alida 082 620 6110 of
Theo 082 570 0679
WISKUNDE WINTERSKOOL Vaslegging van kwartaal 1 & 2. Aangebied deur 'n gekwalifiseerde Wiskunde en CAPS onderwyseres. 17 - 21 Julie 2017 Sluitingsdatum vir inskrywings 3 Julie. Kontak Anita 082 779 5429
Het die eksamen nie goed gegaan nie? Sukkel u kind om stil te sit en te leer? Kan nie konsentreer nie? Met Kip Mc Grath se 30 jaar ondervinding kan ons professionele hulp vir leer probleme aanbied Kry ‘n gratis evaluasie vir u kind by Adres: Galena Laan 30, Helderkruin Skakel : 011 768 3098 www.kipmcgrath.co.za
R1 845 000 3 slaapkamer huis met studeer kamer Loop afstand van Laerskool Helderkruin in Koedoebessiestraat. Swembad Dubbel automatiese motorhuis Kontak Nateli: 082 773 7392 [email protected]
Probleme met KONSENTRASIE of HIPERAKTIWITEIT? Kontak my vir meer inligting oor 'n natuurlike alternatief. Antoinette Venter - 0826592240 www.wealthymothers.co.za/adhd
LC ACCOUNTING offers their unique services to: - All INDIVIDUAL TAX PAYERS and - All BUSINESS OWNERS Reminder: Tax Season 2017 To visit our website, type this link in your browser: www.Lcac.co.za/home or call us right now at 072 202-2539/011 475-2963 (Office Hours)
NOU IS DIE TYD…
MathAndante, ‘n skool waar nie net gefokus
word op die verbetering van Wiskunde punte nie, maar ook die verbetering van Selfvertroue van elke kind. Waar tyd in elke kind investeer word. Kinders van vandag is die leiers van more!!! Vir meer inligting, kontak Andre by 082 376 5152 / [email protected].
‘n Lewensbelangrike toespraak-/ skryf-/ navorsings-hulphandleiding, geskik vir: Alle leerders, volwassenes, werkgewers, student wie:
1. SELFaktualisering m.b.t. dié genre, proiritisee as ń nommer EEN, lewwnsbelangrike, kommunikatiewe spreek- en skryfvaardigheid (geskik vir 5-100 jariges). 2. Beslis óók vir redenaarsdeelnemers. 3. Asook diegene wat wil wegbreek van: * aangekoopte toesprake * 'Papegaai' afrigting. 4. UNIEKE oordra / voordra tegnieke
5. Wenke is van toepassing oo enige taal! Kontak: Agent - Ardene Tel.: 079 873 9887 Epos: [email protected] Werkswinkels kan gereël word 2ure. Handleiding ingesluit. Koop betyds aan! Nie aan die begin van skooljaar-nippertjie-se-drukprogram nie!