bergsig lanternnhkbergsig.co.za/index_htm_files/2016_09_lantern.pdfbergsig lantern september 2016...

5
Bergsig Lantern September 2016 Die Betekenis ARTIKEL 1 Wat word ons wys uit die skeppingsverhaal? God skep deur woord (bevel of opdrag). God skep deur skeiding. Skepping uit “niks” moet ook reg verstaan word. Dit is eerder ‘n skepping van die sigbare uit die onsigbare dinge (Hebr.11:3). Onsigbare dinge is nie niks nie. Dit is iets. Hoe lank het die skeppingwerk geduur ? 7 dae, as die rusdag ingereken word. Tog was hier nog geen sekonde, minuut, uur, maand of jaar vasgestel nie. So kan wetenskaplike dan reg wees as hulle stel dat die aarde biljoene jare oud is. Dink maar aan sterre wat derduisende ligjare van ons af is. Die aarde kan inderdaad veel ouer wees as die 6000 of 7000 jaar wat die Kreasioniste beweer. Wanneer God dan skep, skep Hy nie net nie. Hy gee ook opdrag. So is aan die aarde (om plante voort te bring), mens (heers, bewoone ennbewerk die aarde, wees vrugbaar en vermeerder), voëls, diere en visse (vermeerder, bring voort) opdragte gegee. Die son maan en sterre moet weer lig verskaf. Alleen by die skeppingsverhale van Genesis 1 en 2 is daar van ‘n ewige God sprake. By geen ander skeppingsverhaal nie. Die Bybel gee nie ‘n verhandeling oor biologie, geologie of enige ander wetenskap nie. Die Oergeskiedenis

Upload: others

Post on 22-Jun-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Bergsig Lanternnhkbergsig.co.za/index_htm_files/2016_09_Lantern.pdfBergsig Lantern September 2016 Die Betekenis ARTIKEL 1 Wat word ons wys uit die skeppingsverhaal? •God skep deur

BergsigLantern September 2016

Die Betekenis

ARTIKEL 1

Wat word ons wys uit die skeppingsverhaal?

• God skep deur woord (bevel of opdrag). God skep deur skeiding.

• Skepping uit “niks” moet ook reg verstaan word. Dit is eerder ‘n skepping van die sigbare uit die onsigbare dinge (Hebr.11:3). Onsigbare dinge is nie niks nie. Dit is iets.

• Hoe lank het die skeppingwerk geduur ? 7 dae, as die rusdag ingereken word. Tog was hier nog geen sekonde, minuut, uur, maand of jaar vasgestel nie. So kan wetenskaplike dan reg wees as hulle stel dat die aarde biljoene jare oud is. Dink maar aan sterre wat derduisende ligjare van ons af is. Die

aarde kan inderdaad veel ouer wees as die 6000 of 7000 jaar wat die Kreasioniste beweer.

• Wanneer God dan skep, skep Hy nie net nie. Hy gee ook opdrag. So is aan die aarde (om plante voort te bring), mens (heers, bewoone ennbewerk die aarde, wees vrugbaar en vermeerder), voëls, diere en visse (vermeerder, bring voort) opdragte gegee. Die son maan en sterre moet weer lig verskaf.

• Alleen by die skeppingsverhale van Genesis 1 en 2 is daar van ‘n ewige God sprake. By geen ander skeppingsverhaal nie.

• Die Bybel gee nie ‘n verhandeling oor biologie, geologie of enige ander wetenskap nie.

Die

Oer

gesk

iede

nis

Page 2: Bergsig Lanternnhkbergsig.co.za/index_htm_files/2016_09_Lantern.pdfBergsig Lantern September 2016 Die Betekenis ARTIKEL 1 Wat word ons wys uit die skeppingsverhaal? •God skep deur

ARTIKEL 2

Wat word ons wys uit die skepping van die mens?:

• Die fokus verskuif noun a die mens toe.

• God skep uit bestandele die mens (aarde/stof).

• God skep lewe (inasem van lewe).• Kainiete poog om hulleself te

ontwortel van God• Die mens het van die begin af die

begeerte gehad om teen God te rebelleer. Al was God se bedoeling met die mens net goed gewees.

• Ons kan sê dat as Adam en Eva nie gesondig het nie, ons beter af sou wees. Selfs in die paradys nog !

• Maar die Kainiete het vir ons gewys dat ons geen vinger kan wys nie want inherent het die mens ‘n begeerte tot sonde. Immers, Adam em Eva het nie iemand anders doodgeslaan nie, dit is Kain en later Lamech wat lekker gespog het met hoeveel mense hy doodgeslaan het.

• Hier word nou die eerste keer ook ‘n ander naam vir God gebruik: in plaas van Elohim is dit nou Jahwe.

ARTIKEL 3Wat word ons wys uit die sonvloed ?

• God se liefde en wil vir die mens om te oorleef.

• God gaan uit Sy pad uit om die mens te laat oorleef.

• God is altyd bereid om nuut met die mens (sondaar) te begin. Maar God begin nie net nuut met die mens nie. Hy begin ook nuut met die natuur, kosmos. Die leefwêreld wat Hy oorspronklik geskep is vir Hom nogsteeds aanvaarbaar, alhoewel met ‘n nuwe mensheid.

• Met die skepping en die sondvloed is daar seker die interessante vraag na tye seisoene en kalenders.o Die eerste kalenders was

gebaseer op die landbouseisoene en die godsdienstige gebruike wat daarmee verband hou.

o Die priesters het die gesaghebbende mense in die daarstel van die kalenders geword.

o Vir die handel en die regering was die korrekte datering du sook belangrik.

o Die Misjna (versameling Joodse Wette wat in die 2de eeu nC saamgestel is) beskryf

volledig die stelsel wat die Jode onder die Babiloniese invloed saamgestel het.

o Dit het voortbestaan saam met die Romeinse kalender wat onder Julius Ceasar doeltreffend hervorm is, sodat dit na 2000 jaar nog feitlik onveranderd is.

• Daar was hoofsaaklik 4 kalenders in gebruik gewees:o ROMEINS (JULIAANS) –

12 vaste maande van 30/31 dae (Februarie 28 Dae) aanpassing elke 4e jaar – skrikkeljaar.

o ORTODOKS-JOODS – 12 maanmaande wat met nuwemaan (sigare sekelmaan) begin. aanpassing voeg elke 7e jaar ‘n 2e adar maand by.

o H E R S T E L J A A R KALENDER – 12 vaste maande van 30 dae plus 1 bykomende dag elke kwartaal: gelykstaande aan 52 weke met geen aanpassing.

o EGIPTIES (FISKAAL) – 12 vaste maande van 30 dae elk plus 6 bykomende dae. Die landboujaar is deur die spiraalvormige heliakale opkoms van Sirus (Sortis).

Die Oergeskiedenis: Die Betekenis

Page 3: Bergsig Lanternnhkbergsig.co.za/index_htm_files/2016_09_Lantern.pdfBergsig Lantern September 2016 Die Betekenis ARTIKEL 1 Wat word ons wys uit die skeppingsverhaal? •God skep deur

o Geen aansing: Die nuwe jaar het stadig volgens die landboujaar verskuif in ‘n “Sortiese sirkel” van 1460 jaar.

ARTIKEL 4

• Daar is net een ware God. Dit is die God van die Bybel. God gaan nie toelaat dat die mens himself verhef tot ‘n god nie. die mens kan nooit God wees nie.

• God laat ook nie toe dat die mens met Sy planne en doelwitte inmeng nie. God se raadsplan is bo verdenking.

• Dit is moontlik vir God om orals te wees. So sien Hy nie net vanuit die hemel neer nie; dit is ook vir Hom moontlik om op aarde te wees en neer te daal vanuit die hemel.

Bronne:

• KROEZE JH. HANDBOEK BYBELSE GESKIEDENIS DIE OU TESTAMENT. INTERKERKLIKE UITGEWERSTRUS PRETORIA. 1965.

• JACOBSEN T. THE TREASURES OF DARKNESS. A HISTORY OF MESOPOTAMIAN RELIGION. YALE UNIVARSITY PRES. LONDON. 1976.

• GROENEWALD EP ET AL. HANDBOEK BY DIE BYBEL. NG KERK UITGEWERS. 1980.

• STEMBERGER G. GESCHICHTE DER JüDISCHEN LITERATUUR. EINE EINFüHRUNG. VERLAG C.H.BEECK. MüNCHEN. 1977.

• MAIER J. GESCHICHTE DER JüDISCHEN RELIGION. WALTER DE GRUYTER. BERLIN 1972.

• KAISER O. EINLEITUNG IN DAS ALTE TESTAMENTUM. EINE EINFüHRUNG IN IHRE ERGEBNISSE UND PROBLEME. G U T E R S L O H E R VERSLAGSHAUS GERD MOHN. 1978.

Die Oergeskiedenis: Die Betekenis

Page 4: Bergsig Lanternnhkbergsig.co.za/index_htm_files/2016_09_Lantern.pdfBergsig Lantern September 2016 Die Betekenis ARTIKEL 1 Wat word ons wys uit die skeppingsverhaal? •God skep deur

ProjekteWORS / MAALVLEIS

Wors en maalvleis kan die volgende dae gekoop word:

Vir meer besonderhede en bestellings kontak gerus vir:

Helena Kriel: 083 235 9349 ofMaarten Olivier: 083 204 3839

Kontak Besonderhede:Gemeente E-pos adres:[email protected]

Kantoor Ure:Woensdae: 07:30 - 12:00

17:00 - 18:00Vrydae: 07:30 - 12:00

Begrafnisse:

Kontakpersoon:Diaken Tina vd SchyffSel Nr: 078 682 7093

Sameroeptster:Diaken San FaberTel Nr: 012 379 8544

Indien U enige bydrae het vir die Bergsig Lantern, e-pos dit gerus na die gemeente se e-pos adres: [email protected].

CHARCOAL

Charcoal is te koop teen ‘n speciale aanbod van R25.00 per sak.

Vir meer besonderhede en bestellings kontak gerus vir:

Jack vd Schyff: 072 468 7839

BROOD OP DIE WATERPROJEK

Ons vra groot asseblief vir elkeen van u se hulp.

Die kleinste bydrae maak die grootste verskil.

Help ons met kos, om diegene te help, wat in die koue winter sonder kos moet gaan.

Enige nie-bederfbare voedse, toiletware en skoonmaak middels.

Elmarie Gous: 082 337 0747GebeureSaterdag 3 September - Dames en Manne oggendSondag 4 September - Cullinan rit met treinSondag 11 September - Musiekfees om 18:00. Pretoria se Mannekoor en Bach koor tree op by die kerk.23 - 25 September - Kategese kamp by Die Hoekie. Almal kom by die kerk bymekaar.

Page 5: Bergsig Lanternnhkbergsig.co.za/index_htm_files/2016_09_Lantern.pdfBergsig Lantern September 2016 Die Betekenis ARTIKEL 1 Wat word ons wys uit die skeppingsverhaal? •God skep deur

Beplanning Kwartaal 3 & 404 Sep ‘16 10:00 Kategese11 Sep ‘16 10:00 Kategese18 Sep ‘16 10:00 Kategese23–25 Sep ‘16 15:00 Kategese kamp by Die Hoekie. Almal kom by die kerk bymekaar30 Sep ‘16 Skool sluit16 Okt ‘16 10:00 Kategese begin vir kwartaal 423 Okt ‘16 10:00 EVALUERING vir kwartaal 3 en 4 30 Okt ‘16 10:00 Kategese – Afsluiting6 Nov ‘16 09:00 Finalejaars lê belydenis van geloof af

Bywoning en evalueringKategese moet gereeld by die Kategese wees. Vir alle gr. 9, 10, en 11 kategese word ‘n minimum van 60% bywoning per jaar vereis en alle evaluering in gr. 9, 10 en 11 moet gedoen wees om belydenis van geloof te kan aflê.

Evaluering vir gr. 4 – 11 sal elke tweede laaste Sondag van ‘n kwartaal plaasvind. Kategese wie nie die evaluering voltooi nie, asook kategese wie se bywoning nie na wense is nie sal deur die ouderlinge met die kategees se ouers opgevolg word. Graad 1, 2 en 3 word deurlopend elke Sondag geevalueer.

Briewe/SMS/E-posAlle briewe sal elektronies na u as ouer uitgaan. Indien u nog nie die onderstaande vorm ingevul het nie, voltooi asb. en stuur so gou moontlik terug na Lynette van Tonder deur dit Sondae by haar in te handig of per e-pos na [email protected]. Indien u nie ‘n e-pos adres het nie, sal daar ook harde kopieë van die briewe beskikbaar wees.

Vetkoek en maalvleis verkopeBaie dankie vir elke gemeentelid wie die kategese ondersteun met ons fondsinsamelings. Julle ondersteuning word opreg waardeer.

Kategese kampHierdie jaar hou ons weer kategese kamp by Die Hoekie vanaf 23-25 September 2016. Ons sien vreeslik uit! Die kampe beloop R 300 - 00 per kategees en kan in paaiemente of eenmalig betaal word. Maak jou gereed om in September-maand 'n FEES te hê!

•Navrae:Lynette van Tonder 084 499 9660

Die Vrywaringsbrief en gedragskode vir die 2016 Kategese kamp kan afgelaai word by www.nhkbergsig.co.za

Die lys van benodigdhede kan ook op die webtuiste afgelaai word onder die

kampbrief.

FacebookbladSluit aan by ons facebookblad om op hoogte te bly met wat in die kategese aangaan, asook om terugvoer te kry. As jy die kategese se blad wil “join” stuur ‘n “friend request”aan NHK Bergsig Kategese en ons “accept” jou.

Kat

eges

e