bergsig boodskap 12 februarie 2017 · 2018. 12. 5. · bergsig boodskap bladsy 4 voorbidding bel...
TRANSCRIPT
Bergsig Boodskap 12 Februarie 2017
NUUS:NUUS:NUUS:NUUS:
14 Febr: Veritas 2 begin 15 Febr: Veritas 1 & 2
17 Febr: Straatuitreik
18 Febr: Gawes van die Gees
kursus 23 Febr: Seniors
24 Febr: Belydeniskamp
26 Febr: Nagmaal, 1ste
Lydensweek
27 Febr: Kerkraadsvergadering 28 Febr: TGIF Vroue-aand
1 Maart: Aswoensdag
3 Maart: Wêreldbiddag vir vroue
4 Maart: Wêreldbiddag vir mans
08:15 Klassieke diens Ouditorium Pieter Henning
Deuroffer: Geopende Deure
10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Johan Els
Valentyns GLOW Kinder-diens (Saal) Bea Pretorius
18:00 Aanddiens Ds. Johan Els
12 Februarie 2017, Biddag 12 Februarie 2017, Biddag 12 Februarie 2017, Biddag 12 Februarie 2017, Biddag Onderwys & OpvoedingOnderwys & OpvoedingOnderwys & OpvoedingOnderwys & Opvoeding
08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz
Deuroffer: Gemeentebediening
10:00 Informele diens Ouditorium Arno Mattheus
Kinderdiens (Saal)
Ds. Mizelle Prinsloo
18:00 Aanddiens Arno Mattheus
19 Februarie 201719 Februarie 201719 Februarie 201719 Februarie 2017
Geopende Deure glo dat elke
persoon die reg het om hul
geloof te kan kies en beoefen (eerder as bepaal deur die
familie en etnisiteit waarin
gebore.) ’n Diens aan
vervolgde Christene wêreld-wyd.
Ons beweeg hierdie jaar van
die #elkEEN na “Ons.” Hoe
bou ONS elke dag saam ….
ons families, lewens, drome, maar ook, hoe bou ons
saam die KERK, Bergsig.
Ons gaan hierdie jaar ontdek
dat God van ons verwag om
intensioneel saam met HOM te bou. Ons gaan ook leer
wat dit beteken om ANDERS
(vreemd, alternatief, Bybels)
te bou, anders as die wêreld
wat nie ingestel is op God as
die eintlike fokus van die
heelal en die ewigheid nie. Ons waardes, gesindhede,
optrede, denke en emosies
lyk ANDERS as mense wat
nie dissipelskap najaag soos ons nie…en hierdie vreemde
lewenstyl wil ons graag
hierdie jaar inoefen.
Psalm 127 is die jaartema
teks en vers 1 is die opsom-ming “As die Here die huis
nie bou nie, swoeg dié wat
daaraan bou, tevergeefs. As
die Here die stad nie bes-kerm nie, waak dié wat dit
beskerm, tevergeefs.”
In die eerste kwartaal doen
ons hierdie reeks. Dit word
baie hoog aangeskryf deur
onder andere Stephan Joubert. Dit gaan oor die
waarde en verantwoorde-
likhede van kerklidmaatskap.
Let op dat ons vandag met hierdie reeks begin vir 5
weke (tot 12 Maart). Een van
die temas “Ek sal vir my
kerkleiers bid” het Ds Mizelle Prinsloo verlede Sondag
hanteer by die week van
gebed. Hoofstuk 4 word dus
nie in die vyf weke hanteer nie.
Die vrae vir Kleingroepe is
aan die einde van elke hoof-
stuk. Tydens Sondae ere-
dienste word die “belofte” voorgelees agter aan elke
hoofstuk. Elke lidmaat bring
ook hul boekie saam kerk
toe tydens die reeks vir no-
tas en ondertekening van die belofte as deel van die ere-
dienste.
Ek behoort ...
Gawes van die gees-kursus 18 Febr. 9:00 - 15:00 Ontdek jou God-gegewe GENADEGAWES
Aanbieder: Michelle Kleinhans Koste R230
Ontdek die doel van jou lewe en waar jy jou gawes kan gebruik in die gemeente, maar ook waar jy woon en werk.
Rom 12:6a Ons het genadegawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het.
Bel Liezl Loubser by kerkkantoor om in te skryf of e-pos na:
Die kerk se leierskap het einde van Jan. bygemaakgekom.
Bergsig-Uitreikhulp
Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy betrokke
wil raak by uitreikprojekte of e-pos na [email protected]
Bergsigprojekte oor grense
BETESDA-BOEKRAK
Baie dankie vir almal wat die projek/mark so mooi onder-steun! Die Betesdaprojek vir gestremdes verkoop goeie
tweedehandse boeke en DVD’s teen billike pryse. Gemeen-
telede kan gerus hiervan aankoop. Hoe meer gereeld jy by
die boekrak ’n draai maak, hoe groter is jou kans om die nuutste fonds op te raap. Die boekrak is te vind in die ver-
trek op pad na die dameskleedkamer.
Boeke kan heelweek gekoop word.
Bladsy 2 Bergs ig Boodskap
Bergsigprojekte op ons voorstoep
Vanuit die Uitreikkantoor ...
Buitedienste: Daar word baie dringend ekstra persone benodig. Kontak uitreikkantoor vir meer inligting.
Durbanville Kliniek: Daar is ’n dringende behoefte aan broodsmeerders vir pasiente wat die Durbanville Kliniek be-soek. Die persone kom honger by die kliniek aan en moet eers eet voordat hulle TB of HIV medikasie kan neem. Kon-tak asb. die uitreikkantoor. Baie dankie vir die wat reeds laat weet het hul kan help.
KLEREPROJEK: Daar word nuwe lede benodig by die projek. Lidmate bring tweedehandse klere na die kerk. Een maal ’n kwartaal word dit dan uitsorteer en na ongeveer 5-7 behoeftige organisasies versprei.
STRAATUITREIK: Ons eerste straatuitreik vir die jaar is 17 Febr. Ons vergader 18.30 vir lof en aanbidding en die uitreik begin om 19.00, vanaf die kantore van FCD by die taxi staanplek in Durbanville. Daar is lekker koffie en koekies!!
M*slembediening:
Vir almal wat nog altyd betrokke wou raak by ‘n Uitreik hier naby, hier is die geleentheid!!
Ons is in vennootskap met hierdie bediening in die suidelike voorstede en Bo-Kaap.
Die huis wat gebruik word om bekeerde persone veilig te bedien, word tans gerestoureer. Heelwat materiaal en fondse word benodig.
Goeie werk en mooi planne vir die toekoms word daar in plek gesit in samewerking met ‘n hele netwerk van ge-meentes wat betrokke is.
Onder andere gaan daar ook uitreikgeleenthede op Donder-dae en oor naweke plaasvind. Vir meer inligting, gesels met Andre van der Westhuizen by 0743304431.
Downsindroom seun by Camphill Village in 2017.
Die betrokke seun en sy gesin is bekend aan Badisa Trio Kraaifontein, sedert 2009. Hy is ‘n 18 jarige Downsindroom Seun, wat tans in die sorg van Lindelani Kinder-en Jeugsorgsentrum verkeer.
Die kind is in 2013 uit die sorg van sy biologiese ouers verwyder, a.g.v ernstige fisiese mishandeling. Die biologiese ouers het dit duidelik gemaak dat hulle die kind nie langer in hul sorg wil hê nie en het my versoek om alternatiewe sorg te bekom.
Die seun is ‘n hoog funksionerende Downsindroom kind. Hy het so pas sy skoolloopbaan aan ʼn Kinder en Jeugsorg Sentrum voltooi. Hy kan egter nie langer aanbly in die sorg van die sentrum nie en kan ook nie terugkeer na die sorg van sy ouers nie. Hy benodig dus dringend ‘n alternatiewe plasing. Aansoek is gedoen by Camphill Village en hulle is bereid om hom op te neem ge-durende 2017. Ons benodig egter finansiele ondersteuning hiermee, aangesien die koste per maand by Camphill Village R5446 beloop.
Daar is 2 persone wat R 1000 en R 500 per maand betaal vir sy verblyf. Ons kort nog R 3946-00. Hierdie seun het in sy leeftyd nog net verwerping van sy ouers ervaar. By Camphill Village gaan hy die geleentheid kry om in ‘n veilige omgewing te woon, waar hy die nodige ondersteuning en versorging sal kry.
Enige hulp en ondersteuning hiermee, sal hoog op prys gestel word.
TEL: 021 987 2940, E-POS: [email protected]
BASAAR
Kraaifontein-Noord hou weer Basaar Saterdag, 4 Maart by
Fanie Theron Laerskool in Bosmanstraat Kraaifontein. Basaar open 09:00. Alles
wat jy by 'n Basaar soek sal daar wees. Vir die kinders
sal daar weer perdjies wees en ander vermaak.
THAILAND FRONTIDA:
Enige persone wat wil betrokke raak op die projekspan van Frontida, André en Marina Olivier, kontak ons asb dringend.
Marina besoek die gemeente vanaf 3 Maart. Kleingroepe kan die kantoor kontak om haar uit te nooI vir ’n kuier.
BABA EN KLEUTER FASILITEITE Naby die damesbadkamer onder die gallery is ’n lokaal ingerig vir pasgebore babas tot 1 jaar
oud en hul ouers. (Doekomruilstasie beskikbaar in damesbadkamer)
Ons tweede moederskamer is agter die liturgiese ruimte vir 1-2 jariges. ’n Familiebadkamer is daar beskikbaar met ’n doek-
omruilstasie.
Beide lokale het klank en beeld.
Bladsy 3 Bergs ig Boodskap
Die volgende weke se program:
VERGADERING VIR SENIOR BEDIENING
Ons nooi almal wat op een of ander manier betrokke is in senior bediening, of wat betrokke wil raak, na ‘n vergadering vir seniorbediening. Dit vind plaas Woensdag 22 Februarie 09:00 by Bergsig.
Ons wil verkennend saamgesels oor wat reeds gebeur en watter moontlikhede daar is vir Senior Bediening. Die uitnoding is vir seniors sowel as vir jonger lidmate wat juis hul jonger krag op hierdie manier beskikbaar wil stel vir senior bediening.
Sien jou graag daar!
Die belydeniskamp is uitgestel tot later a.g.v. die Stellenbosch ope dag wat dan plaasvind. Ons sal met die ouers en kinders kommunikeer oor
wanneer die kamp sal wees.
DURBANVILLE / BERGSIG SENIOR GROEP Ons Februarie vergadering vind plaas op Donderdag,
23 Februarie 2017 om 9:30 by Bergsig Gemeente.
Die spreker is Amanda Swanepoel.
Tema: “Tien Skitterende Vertroue Bouers”
Lede wat die uitstappie op 30 Maart 2017 na
“Bamboo Gardens” wil meemaak moet by hierdie
geleentheid hul R100 per persoon betaal.
GEMEENTE-BYBELSTUDIE VIR SENIORS Die aanvanklike groep het besluit op twee-weeklikse Bybel-studie in skoolkwartale, Dinsdae 09:30. Dit word gelei deur dr. Kobus de Jager by Bergsig. Enige senior lidmaat kan enige tyd aansluit om saam te kom groei en mekaar ook
sommer te geniet. Die datums tot einde Junie is: 21 Feb, 7 Mrt, 28 Mrt, 18 Apr, 2 Mei, 16 Mei, 6 Jun, 20 Jun. Kom
sluit gerus enige tyd aan!
Skakel met die Kerkkantoor of dr. Kobus (083 230 7124) indien u belangstel om in te skakel.
Bladsy 4 Bergs ig Boodskap
Voorbidding
Bel Ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te word of e-pos na: [email protected]
KNIELTYD: 12 Februarie
R612 309,62
Bergsig het Zapper en Snapscan as betaalmetode geïmplemen-teer om bankkollektes en dankoffers te betaal.
Laai gerus die applikasie op jou selfoon af. (Dit is handig oral waar mens gaan en ’n slimfoon gebruik om betalings te maak.)
Die Zapper en Snapscan blokkies is by die ontvangstoonbank aangebring asook teen die glasvensters op pad na die binnehof vir maklike gebruik.
Bel Pieter Henning, indien daar na-vrae is, by 021 976 4106.
Geniet die gerieflike betaalkanaal. Ons sien reeds hoe maklik dit nou vir mense is om hul bydrae te maak.
KONINKRYKSTYD
Die bedrag wat ons insamel vorder en ons
kan die teiken van R700 000.00 bereik teen
die einde van Februarie 2017.
Bergsig gebruik die begroting oordeelkundig en spaarsaam. Ons is dankbaar vir elke
bydrae. Ons prys en vertrou God vir die
R87 691,00 wat ons nog kort.
NAAM ADRES REDE BID VIR
Marietjie Mostert Bishopsingel 6, 021 975 9558 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Dolf en Desirée Laäs Naguilslot 5. 021 979 2948 Dogter oorlede Troos en bemoediging
Charl en Ronel Laäs Hermonstraat 27. 021 975 1741 Suster oorlede Troos en bemoediging
Elena Kriel Skilpadvleiweg 5, 021 976 8868 Kankerdiagnose Herstel en bemoediging
Theo Herselman St Luciastraat 14, 021 975 0819 Hospitalisasie Herstel en bemoediging
Koos van Zyl Jankelslot 3, 021 975 1375 Vrou oorlede Troos en bemoediging
Joan Hoffmann La Gratitude 54, 021 976 4037 Kanker Herstel en bemoediging
René le Roux Leanerstraat 4, 021 979 1269 Kanker Herstel en bemoediging
Maria van Greunen Shillingstraat 13, 021 975 5454 Moeder oorlede Troos en bemoediging
Ester Lombard Manor on Lords Walk 6, 021 976 5582 Broer ,Hennie ernstig siek Herstel en bemoediging
Bernie Brandt De Keurlaan 80A, 083 232 6702 Beroerte Herstel en bemoediging
Alouette Kühn De Keurlaan 37, 021 975 3511 Kanker Herstel en bemoediging
Koba Pieterse Lisbonstraat 1 Kanker Dank vir beterskap
Dirk Castens Pelicanstraat 15, 021 976 6444 Kanker Herstel en bemoediging
Etienne Warricker Vierlandenstraat 18, 021 976 0282 Kanker in remissie Dankbaarheid vir remissie
Hercules Stander Blanc de Noirstr. 26, 021 975 4193 Beenmurgkanker Herstel en bemoediging
Hanno Fourie Joostenbergweg 1, 082 822 1531 Mediese behandeling Genesing en bemoediging
Vir bydraes of versoeke, skakel Elize 021 976 4106
Biddag onderwys & opvoeding
Vandag is dit biddag vir onderwys en opvoeding en ons
besef hoe belangrik dit spesifiek in Suid-Afrika is om
hiervoor te bid.
Dit is nodig om ons onderwysers en almal wat in ’n opvoed-ingsposisie aangestel is op te dra sodat hul met geduld en
wysheid onderrig kan gee. Sodat hul moed kan hou, sodat
hul positief inspraak kan lewer en sodat God se Woord
steeds uitgedra kan word in die proses.
Ons bid dat hul hul taak steeds met ywer sal aanpak elke dag. Dankie, Vader vir toegewyde onderwysers en opvoe-
ders wat hul beste gee.
HET JY ’n PREEK GEMIS? Ons poog om alle preke op die web beskikbaar te stel vir
lidmate om te luister. Met groot uitsondering ondervind ons
soms tegniese probleme en is dit nie moontlik nie. Gaan luister gerus by skakel MEDIA/preke.
MANS TGIF 05:45
Vrydag- oggende om te
luister ook na getuienisse by
www.tgifcape.co.za
Bladsy 5 Bergs ig Boodskap
Ons is BAIE opgewonde dat
die Veritas Bybelskool
(www.veritascollege.org) weer dié jaar by ons aange-
bied gaan word.
Hierdie sertifikaatkursus wat
uit 4 modules bestaan is in-
ternasionaal geakkrediteer en deelnemers kan na elke
module self kwalifiseer as
fasiliteerder om dit aan te
bied die jaar!
Die hooffokus van Veritas is om lidmate toe te rus met die
basiese vaardigheid om die
Bybel verantwoordelik te kan
lees, van toepassing te maak op vandag en be-
dieningsvaardighede te leer.
Jy kan verwag om geweldig
te groei in jou verhouding
met Jesus
omdat jy
God se stem baie
duideliker
leer
onderskei vanuit die Woord.
Module 1 & 2 word by Berg-sig aangebied op Dinsdag-
en Woensdagoggende en
Woensdagaande vanaf 14
Februarie tot Oktober. Die koste vir die hele jaar is
R400 per deelnemer. ’n Ad-
dissionele Engelse Module 1
sal op Woensdagoggende ook aangebied word.
Kontak Ds. Johan Els vir
verdere navrae by
VERITAS BYBELSKOOL
Studentekuier (20-25jr) Donderdagaande 19:00
Coram Deo is ʼn 2-jaar ge-vorderde sertifikaatkursus wat deur die Universiteit van Pretoria onderskryf word. Jy word ingelei en toegerus aan die hand van die uiters suk-sesvolle narratiewe model.
Dit is nie alleen gefokus op toerusting nie, maar word op ʼn interaktiewe manier aange-bied wat persoonlike groei waarborg. Dit is gerig op die ganse spektrum van die samelewing en is bedoel vir oud en jonk, ongeag waar jy woon.
Die enigste kwalifikasie is: Jy moet kan lees en skryf. Hierdie kursus is bedoel om lewensveranderende en le-wensverrykende gevolge te hê en om mense te help om geestelik en emosioneel vol-wasse te leef.
Kom kry meer inligting op Woensdag 15 Februarie om 19:00 by Durbanville-Bergsig kerkgebou.
Inskrywingskoste is R7 900
per jaar en is eenmalig of
oor tien maande betaalbaar.
’n Jaar bestaan uit 34, 3-uur
weeklikse aanbiedings.
Aanbiedings vind op Dinsdagaande plaas vanaf
21 Febr.. en word op ʼn
Woensdagoggend herhaal
(dus 22 Feb.).
Inskrywings vir 2017 is nou
oop. Om in te skryf of vir
meer inligting:
Bel Liezl Loubser 021-9764106 (x106) of [email protected]
Coram Deo Opleidingsentrum
DAMES TGIF
05:30 Dinsdagoggende
Alle vroue is welkom om by te woon.
As jy graag die nuusbrief van die vrouebediening wil ontvang As jy graag die nuusbrief van die vrouebediening wil ontvang As jy graag die nuusbrief van die vrouebediening wil ontvang As jy graag die nuusbrief van die vrouebediening wil ontvang laat weet gerus by: laat weet gerus by: laat weet gerus by: laat weet gerus by: [email protected]
Like DURBANVILLE-BERGSIG Vrouebediening se facebook blad
Die gewilde vrouekamp vind in April plaas. Die jaar slaap
ons slegs een aand oor. (Seker ’n verligting vir almal wat
nog op ’n Vrydag skarrel om huis–en-haard reg te hou).
Dit kos R600 per persoon.
Betaalbaar in twee paaiemente einde Febr & einde Maart
Slegs 40 plekke beskikbaar.
Daar is net een diens 12 Maart om 9:00Daar is net een diens 12 Maart om 9:00
NG Kerk Durbanville-Bergsig NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810
Straatadres Posadres 24 uur noodnommer Kantoor-ure
H.v. Boland- en Proteaweg Posbus 479 vir geestelike & emo- Ma tot Vry 08:00 - 1400 t 021 976 4106
Durbanville 7550 Durbanville 7551 sionele ondersteuning Leraars en kantoorperso- f 021 976 9606
S33 48.966 O18 39.728 071 196 4191 neel kan daagliks by die [email protected]
[email protected] kerkkantoor gebel word. www.bergsigdv.co.za
Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers
Like Durbanville Plaasfees op Facebook www.durbanvilleplaasfees.co.za • [email protected]
Kaartjies by die kerk te koop na dienste.
Bid saam met ons vir die 10de Durbanville Plaasfees wat op 11 Maart DV sal plaasvind
Kindervermaak
Met die aankoop van elke
kinderkaartjie is daar ’n gra-
tis pretrit ingesluit om die 10
jaar fees te vier. Met komplimente van die
Durbanville Plaasfees span
HELP ONS MET DIE BEHOEFTELYS ASB.
50 kg. maalvleis Borg vir aankoop van brood R1900 (R150 vir 10 brode)
30 Jaffelpanne Vol gasbottels met primus-
kop. ± 20 kg. suiker
8 blikkies kondensmelk ± 500g kakao ± 3 kg. Appels ± 5 liter room
± 1 kg. gemengde neute Versiersuiker
Tennisbeskuitjies Mariebeskuitjies
Strooisuiker Botter
Koeke en terte
Vintage: Koppies, Pierings, borde,
glase, messe, vurke, lepels, erde houers, meubels, ou fotorame, hoede, hand-
sakke, knope, linte, boeke, juwele, horlosies, ou hout-
stoele. Leë blikkies.
Linte (pastel kleure) Knope (pastel kleure)
Platboom swartpotte
Leë 25 liter verfblikke
Plaasfeeskompetisie Eerste prys:
1 Naweek weg vir 4 mense na
Milkwood Chalets in Pearly
Beach (R1800)
Tweede prys:
Vars skaap van
plaas (R1200)
Derde prys:
1 x Mini Valet & 2 Wash & Go
(R350)
Die kaartjies is teen R20 van
vandag af te koop.
Daar is ook pryse vir diegene wat die meeste kaartjies ver-
koop (1ste plek R1000, 2de
plek R750 & 3de plek R500)
Navrae:
Marlize Nel 0615495407
ELVIS BLUE HOOFKUNSTENAAR
BUILDERS DIY UUR
WATERWYS TUINE
AANGEBIED DEUR
TANYA VISSER
(ook te sien op KykNET)
Daar gaan ook deurlopend
in die Builders Ekspo area
DIY sessies deur haar
aangebied word. Dit help jou weer met idees vir al
jou tuisprojekte.
Ons het baie hande nodig op
die dag om te help. Vul asb. vandag die behoeftelys vorm-
pie in en dui aan hoe en waar
jy kan help. Slegs 1-2 ure op
die dag maak ’n reuse-verskil.