besoek netwerk24.com woensdag 15 april om 17:00 om die … · 2020-04-15 · besoek of laai ons app...

11
Gespreksreeks met Theo Vorster Digitale Gespreksreeks met Theo Vorster Stuur gerus vrae of voorgestelde onderwerpe na: [email protected] Besoek Netwerk24.com Woensdag 15 April om 17:00 om die uitsending te sien. Die uitsending is gratis en jy hoef nie ’n Netwerk24- intekenaar te wees om dit te kyk nie.

Upload: others

Post on 10-Aug-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Besoek Netwerk24.com Woensdag 15 April om 17:00 om die … · 2020-04-15 · Besoek of laai ons app in jou app-winkel af. Dis maklik, vinnig en gebruikersvriendelik. Teken vandag

Gespreksreeks met Theo VorsterDigitale Gespreksreeks met Theo VorsterStuur gerus vrae of voorgestelde onderwerpe na:

[email protected]

Besoek Netwerk24.com Woensdag 15 April om 17:00 om die uitsending te sien.Die uitsending is gratis en jy hoef nie ’n Netwerk24- intekenaar te wees om dit te kyk nie.

Page 2: Besoek Netwerk24.com Woensdag 15 April om 17:00 om die … · 2020-04-15 · Besoek of laai ons app in jou app-winkel af. Dis maklik, vinnig en gebruikersvriendelik. Teken vandag

JM SMITHNetwerk24-intekenaar

‘POLITIEK, EKONOMIE EN DIS HOE DIE GOGGA LYKWAT DIE BOME SO UITROEI’Alles wat jy wil weet. Alles op een plek.

InhoudsopgaweWELKOM BY SAKE EN SAUVIGNON

JOU REIS NA FINANSIËLE VRYHEID

WANNEER HET EK GENOEG KAPITAAL – DIE AANNAMES EN RIGLYNE

INFLASIEMONSTER – BELEGGERS SE (TWEEDE) GROOTSTE VYAND

BATEKLASSE IN PERSPEKTIEF – PERSENTASIEGROEI VIR VERSKILLENDE BATEKLASSE

SAAMGESTELDE GROEI – DIE MEES ONDERSKATTE WETENSKAP!

BUITELANDSE BELEGGINGS – BEGINSELS EN RIGLYNE

GEBRUIK BELASTINGWETGEWING TOT JOU VOORDEEL

TESTAMENTE, TRUSTS EN BOEDELBEPLANNING

DIE PERSOON IN DIE SPIEËL – JOU VYAND NOMMER EEN

JAARLIKSE FINANSIËLE KONTROLELYS

1

2

3

4 - 5

6 - 7

8 - 9

10 - 11

12

13

14

15

Besoek www.netwerk24.com of laai ons app in jou app-winkel af. Dis maklik, vinnig en gebruikersvriendelik.

Teken vandag in teen net R99 p.m.

Page 3: Besoek Netwerk24.com Woensdag 15 April om 17:00 om die … · 2020-04-15 · Besoek of laai ons app in jou app-winkel af. Dis maklik, vinnig en gebruikersvriendelik. Teken vandag

Welkom by Sake en SauvignonAs Suid-Afrikaners lewe ons in ‘n era van onsekerheid.As gevolg van lae groeisyfers en die agteruitgang van staats-ondernemings, is dit moeilik om enige vertroue in die land te hê. Dit is verstaanbaar dat dit vir beleggers kommerwekkend is, en baie hul rug op langtermyndoelwitte keer in die soeke na ‘n veilige toevlugsoord. Wat staan mens te doen? As iemand wat die Sake en Sauvignon-geleentheid bywoon, het jy reeds ‘n positiewe stap geneem om jou beleggingskennis te verbreed en besluite te maak wat op feite eerder as emosie gegrond is. Dit is van kardinale belang vir beleggingsukses. Emosionele besluite wat op nuushooftrekke gegrond is, kan jou duur te staan kom. Dit is baie beter om ‘n deurdagte langtermynplan te hê en ‘n goed gediversifiseerde portefeulje op te bou, wat die storms van die lewe kan deurstaan.

‘n Gediversifiseerde portefeulje beperk die risiko van permanente kapitaalverlies, maar optimaliseer steeds die moontlikheid van reële opbrengste. Ondersoek jou opsies deeglik aan die begin van jou reis en kies ‘n belegging wat by jou tydsraamwerk en doelwitte pas. Sodra jy op ‘n belegging besluit het, loop jou vermoë om die beste daaruit te kry hand-aan-hand met jou vermoë om lank genoeg daartoe verbind te kan bly. Slegs dan kan jy voordeel uit die moontlike opbrengs trek, die onvermydelike stygings en dalings op die kort termyn deurstaan, en die krag van saamgestelde rente toelaat om die waarde van jou geld te

verhoog. Hierdie stappe klink eenvoudig, maar die verskil tussen mark- en individuele beleggeropbrengste wys dat die meeste van ons dit moeilik vind om dit uit te voer.

Navorsing toon dat beleggers oor die algemeen swak besluite neem wanneer beleggings gekoop en verkoop word. Ons is geneig om beleggings te koop wat goed vaar en hulle te verkoop wanneer hulle swak vaar – wat geen sin maak nie. Ons doen dit omdat ons nie beleggingsbesluite neem wat op feite gebaseer is nie, maar eerder op grond van hoe ons voel. Op die ou end is dié ou gesegde vir die meeste van ons waar: “Time in the market is an easier way to win than timing the market.” Wanneer dit by beleggings kom, probeer jou besluite met sekerheid (sonder emosie) uitvoer en kies ‘n fondsbestuurder wat met oortuiging belê en waarin jy vertroue kan hê. ‘n Goeie onafhanklike finansiële adviseur kan jou help om by jou beleggingsplan te bly, en ondanks onsekerheid, help om belangrike besluite te neem.

By Allan Gray strewe ons daarna om oor die lang termyn welvaart vir ons kliënte te skep. Ons vertrou dat ons kliënte die belangrikheid van hul rol op hierdie reis sal besef, sodat ons saam ‘n voorspoedige finansiële toekoms kan bewerkstellig.

Theo VorsterUitvoerende Hoof, Galileo [email protected] 011 502 8810

Wessel OosthuizenUitvoerende Hoof, Verso Wealth, [email protected] 021 943 5301

Monique BräslerFinansiële Beplanner, Galileo Capital, [email protected] 011 502 8810

1

Page 4: Besoek Netwerk24.com Woensdag 15 April om 17:00 om die … · 2020-04-15 · Besoek of laai ons app in jou app-winkel af. Dis maklik, vinnig en gebruikersvriendelik. Teken vandag

Daar is drie bepalende faktore in hierdie berekening:• Jou maandelikse uitgawes – hierdie uitgawes styg jaarliks met inflasie (mediese uitgawes styg vinniger, maar van die ander uitgawes plat af soos jy ouer word) en moet jaarliks daarvolgens opwaarts aangepas word om jou in staat te stel om jou lewenstandaard te handhaaf.• Die beskikbare kapitaal waaruit jou uitgawes onttrek moet word – hierdie kapitaal moet kundig gediversifiseer en belê word sodat die kapitaal na die maandelikse onttrekking minstens met inflasie kan groei.• Die tydperk waarvoor beplan word – enige beplanning wat nie tot by ouderdom 100 jaar gaan nie, is onverantwoordelik aangesien mense baie langer as voorheen leef.

Wanneer het ek genoeg kapitaal - die aannames en riglyne

Die praktiese stappe in jou reis na finansiële vryheid: 1. Stel ‘n gedetailleerde begroting op en maak seker dat jou inkomste meer is as jou uitgawes. 2. Betaal aggressief alle onproduktiewe skuld (kredietkaarte, klererekeninge, ens) eerste af. Hierdie is gewoonlik ook die duurste skuld. 3. Kry ‘n noodfonds in plek. Die noodfonds moet gelykstaande wees aan so tussen 3 maande (as jy ‘n vaste maandelikse inkomste genereer) en 6 maande (as jy nie ‘n gereelde inkomste verdien nie) se inkomste. Hierdie bedrag moet onmiddellik beskikbaar wees en is spesifiek vir onvoorsiene en dringende uitgawes.

4. Belê die maksimum in ‘n aftreefonds. Beleggers kan tot 27,5% van hulle belasbare inkomste in ‘n aftreefonds belê en belasting op hierdie bydraes sal aftrekbaar wees teen jou inkomste. 5. Belê die maksimum (R3 000 per maand) in ‘n belastingvrye belegging – sekerlik die bes bewaarde geheim in die beleggingswêreld! 6. Belê surplus kapitaal in produktiewe bates met voldoende buitelandse blootstelling.

Jou reis na finansiële vryheid

‘n Basiese riglyn: Vir elke R10 000 per maand se uitgawes wat gedek moet word, is ‘n belegging van minstens R2.5 m in

‘n kundig gediversifiseerde portefeulje nodig. Soos die jare aanloop, sal hierdie maandelikse R10 000 jaarliks met inflasie

aangepas moet word en behoort die koopkrag van die kapitaalbedrag in stand gehou te word tot 100-jarige ouderdom.

E-pos gerus enige vrae of onderwerpe na: [email protected]. Ons sal dan hierdie onderwerpe en vrae bespreek in volgende programme.

3

R10 kR2,5 m

Page 5: Besoek Netwerk24.com Woensdag 15 April om 17:00 om die … · 2020-04-15 · Besoek of laai ons app in jou app-winkel af. Dis maklik, vinnig en gebruikersvriendelik. Teken vandag

In 1983 het ‘n Wimpy-ontbyt R2,70 gekos, vandag kos dieselfde ontbyt ‘n volle R37,90. Teen ‘n inflasiekoers van 6% gaan daardie ontbyt oor 10 jaar sowat R64 kos en oor 20 jaar ongeveer R115. As jou beleggings nie met inflasie byhou nie, gaan jy jou lewenstandaard dramaties moet verlaag – en dalk raak die Wimpy-ontbyt totaal onbekostigbaar!

As ons werk op ‘n inflasiekoers van 6%, beteken dit dat R10 000 se kontant vandag vir jou net R7 473 se waarde oor 5 jaar kan koop en net R5 584 se waarde oor 10 jaar kan koop. As jy beplan vir 20 jaar vorentoe beteken dit dat R10 000 kontant vandag net sowat R3 000 se waarde oor 20 jaar sal kan koop.

Hoe verskans jy jouself teen inflasie?

Jou portefeulje moet ‘n minimum van 35%-blootstelling (verkieslik nader aan 50%) aan groeibates hê om met inflasie te kan byhou – dit sluit beide plaaslike en internasionale groeibates in.

Groeibates is bates of beleggings wat oor langer tydperke oor die vermoë beskik om inflasie te klop. Hierdie groeibates sluit in: ‘n belang in ‘n besigheid (goeie besighede kan aanpas by omstandighede en hul winste en dividende oor tyd groei), kommersiële eiendom (verdien huurinkomste en kan aanpas by inflasie en veranderende omstandighede) en natuurlik landboubates (diere teel aan en plante lewer oeste).

Inflasiemonster – beleggers se (tweede) grootste vyand

Só vreet inflasie die koopkrag van R10 000 (aanname: inflasie op 6%)

1

R38 R48R64

R115

R153

JAAR 5 10 20 25

R10 000

Vandag

R7 473

5 jaar later

R5 584

10 jaar later

R4 173

15 jaar later

R3 118

20 jaar later

5

Page 6: Besoek Netwerk24.com Woensdag 15 April om 17:00 om die … · 2020-04-15 · Besoek of laai ons app in jou app-winkel af. Dis maklik, vinnig en gebruikersvriendelik. Teken vandag

Bateklasse in perspektief – persentasie groei vir verskillende bateklasse

Bateklasprestasie oor lang tydperke

Bateklassamestelling

Fonds AFonds B

Tweede huis of gebou

Effektetrusts en uittree-annuïteite

Direkte aandele- portefeulje of groeifonds

Langtermyn- doelwit

Die samestelling van die verskillende bateklasse het die grootste invloed op die langtermyn-prestasie van jou beleggingsportefeulje.

Die primêre bepaler van die prestasie van ‘n beleggingsportefeulje is die blootstelling en samestelling van die onderliggende bateklasse. As jy kyk na enige belegging of beleggings-portefeulje behoort die ontleding te begin by die samestelling van die onderliggende bateklasse binne daardie portefeulje, en nie by die fondse en fondsbestuurders nie.

Let op dat die bateklasse wat in die langer termyn inflasie klop ook die bateklasse is wat in die korter termyn meer wisselvallig kan presteer – daarom is dit belangrik dat die samestelling van die bateklasse in lyn is met die wisselvalligheid waarmee die belegger gemaklik is en kan bekostig.

Die terme ‘effektetrusts’ en ‘uittree-annuïteite’ verwys na die verpakking (of voertuig) waarin die portefeulje bateklasse bestuur word. Die prestasie en wisselvalligheid van die groeifonds of annuïteit gaan grootliks afhang van die samestelling van die bateklasse binne die produk.

Hoe lank voor jou geld verdubbel?

5,6 jaar

5,8 jaar

9,6 jaar

10 jaar

11,6 jaar

12 jaar

12,8%

12,5%

7,5%

7,2%

6.2%

6%

Aandele*JSE se indeks van alle aandele

Genoteerde eiendom*JSE se eiendomsindeks

Residensiële eiendom*FNB en ABSA se huisprysindekse

Rentedraende instrumente*Indeks van alle effekte

Kontant*Geldmarkindeks

Inflasie*Verbruikersprysinflasie

Die bateklas-

besluit

Voertuie en opsies

Huidige posisie en doelwitte

7

Page 7: Besoek Netwerk24.com Woensdag 15 April om 17:00 om die … · 2020-04-15 · Besoek of laai ons app in jou app-winkel af. Dis maklik, vinnig en gebruikersvriendelik. Teken vandag

200

0

200

1

200

2

200

3

200

4

200

5

200

6

200

7

200

8

200

9

2010

2011

2012

2013

2014

2015

2016

2017

2018

2019Jaar

R350 000

R700 000

R1 050 000

R1 400 000

Belê R100 000 in indeks Dieselfde belegging – herbelê dividende

R100 000

1Jaar

10 000 000

7 500 000

5 000 000

2 500 000

2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20Eie bydrae Groei

• Die blou lyn wys die waarde van die indeks oor die 20 jaar tydperk waar jou R100 000 gegroei het na R467 562.• Die oranje lyn wys die waarde as jy jou dividende jaarliks in die indeks herbelê het, waar jou R100 000 gegroei het na R982 594.

As jy R100 000 elke jaar belê en dit elke jaar met inflasie sou aanpas en jy verdien 10% per jaar (4% bo inflasie, realisties vir ‘n gebalanseerde mandaat) wys die waarde van saamgestelde groei (groei-op-groei) duidelik in die verhouding tussen jou bydraes en die groeikomponente. Vir die eerste 10 jaar van jou beleggingstydperk is jou bydrae (blou) groter as jou groei (oranje), maar

• Let daarop dat die JSE oor hierdie 20 jaar periode (van 1 Januarie 2000 tot 31 Desember 2019) by twee geleenthede met tussen 30% en 40% in ‘n baie kort periode gedaal het.

dan in die tweede 10 jaar raak die saamgestelde groei groter as jou bydrae. Soos die tyd aanloop, word die saamgestelde groei al groter, relatief tot jou eie bydraes, sodat die volgehoue groei later meestal uit die saamgestelde groei en nie jou eie bydraes bestaan nie. Die kernboodskap is om tyd aan jou kant te kry sodat hierdie “sewende wonder van die wêreld” in jou guns kan werk.

Saamgestelde groei – die mees onderskatte wetenskap!Beide grafieke wys die groei van R100 000 wat op 1 Januarie 2000 in die JSE-algehele indeks belê is.

9

Tydsperiode – 1 Januarie 2000 tot einde Maart 2020

Page 8: Besoek Netwerk24.com Woensdag 15 April om 17:00 om die … · 2020-04-15 · Besoek of laai ons app in jou app-winkel af. Dis maklik, vinnig en gebruikersvriendelik. Teken vandag

As ‘n belegger moet jy jouself as ‘n wêreldburger beskou en jou beleggings daarvolgens bestuur. Hoeveel van jou kapitaal moet internasionaal belê word?

Die persentasie direkte buitelandse blootstelling hang af van die doelwit met die kapitaal:• As jy leef van jou beleggings: ongeveer 25% tot 30%• As jy kapitaal gaan nalaat aan jou kinders en kleinkinders: ongeveer 50%• Mense met generasiewelvaartskepping: meer as 75% oorsee.

‘n Gebalanseerde fonds het reeds ongeveer 50% internasionale blootstelling – tussen 25% en 30% direk binne die fonds en ‘n verdere 20% indirek deur die randverskanste aandelekomponent binne die fonds.

Maniere waarop jy internasionale blootstelling kan kry:Direkte oorsese beleggings – elke belastingbetaler (ouer as 18) mag R10 m per jaar oorsee belê en ‘n verdere R1 m jaarliks as ‘n reistoelaag na die buiteland neem.

Die verskil in inflasie tussen Suid-Afrika en Amerika bepaal dat die rand oor langer periodes van tyd gaan verswak teenoor die Amerikaanse dollar. Hierdie verswakking is egter nie in ‘n reguit lyn nie, met onder andere die sterkte van die Amerikaanse dollar, kommoditeitspryse en natuurlik negatiewe politieke en ekonomiese nuus

wat die rand laat wipplank ry rondom hierdie inflasieverskillyn. ‘n Baie goeie voorbeeld van hierdie oorreaksie is die uitskieter in laat 2016 toe oud-president Jacob Zuma vir destydse Minister van Finansies, Nhlanhla Nene, met Des van Rooyen vervang het.

Buitelandse beleggings – beginsels en riglyne Bateruil internasionale beleggings – hierdie is beleggings waar die blootstelling en waarde van die prestasie van die internasionale bates en markte afhang, die kapitaal moet weer terug in rand omgeskakel word. Hierdie metode is veral geskik vir trusts en maatskappye (wat nie tans direk oorsee kan belê nie) en kleiner bedrae.

Belangrike faktore om in die oog te hou:• Maak seker die land en entiteit erken jou Suid-Afrikaanse testament en sal die instruksies van jou eksekuteur aanvaar.• Hierdie buitelandse bates is steeds deel van jou boedel, maak seker die beleggingshuis kan die nodige inligting gee sodat jy jou jaarlikse opgawes kan indien.• Pasop vir addisionele belasting – vir ‘n buitelander hef beide Amerika en die Verenigde Koninkryk beduidende addisionele boedelbelasting.• Kostes kan baie hoog wees – maak seker jy verstaan die hele kosteketting, veral as jy gekompliseerde buitelandse trust- en maatskappystrukture gaan oprig.

R18

R16

R14

R12

R10

R8

R6

R4

200

0-0

8-3

1

200

1-0

4-0

3

200

1-12

-31

200

2-0

8-3

1

200

3-0

4-3

0

200

3-12

-31

200

4-0

8-3

1

200

5-0

4-3

0

200

5-12

-31

200

6-0

8-3

1

200

7-0

4-3

0

200

7-12

-31

200

8-0

8-3

1

200

9-0

4-3

0

200

9-1

2-31

2010

-08

-31

2011

-04

-30

2011

-12-

31

2012

-08

-31

2013

-04

-30

2013

-12-

31

2014

-08

-31

2015

-04

-30

2015

-12-

31

2016

-08

-31

2017

-04

-30

2017

-12-

31

2018

-08

-31

2019

-04

-30

2019

-12-

31

Rand/dollar-wisselkoers oor die afgelope 20 jaar

Rand/dollar-wisselkoers Verskil in inflasie tussen RSA en die VSA Afwyking van die verskil in inflasie

11

Page 9: Besoek Netwerk24.com Woensdag 15 April om 17:00 om die … · 2020-04-15 · Besoek of laai ons app in jou app-winkel af. Dis maklik, vinnig en gebruikersvriendelik. Teken vandag

As jy in die welvaart-opboufase is:• Aftreefondsprodukte: maksimum van 27,5% van totale inkomste of R350 000, wat ook al die minste is• Belastingvrye beleggings: maksimum van R3 000 per maand of R36 000 per jaar• Vrywillige beleggings: effektetrustfondse, aandeleportefeulje

As jy van jou kapitaal moet lewe:• Inkomste uit ‘n lewende annuïteit: Ten volle belasbaar teen PAYE-koerse.• Onttrekkings uit groeifondse of aandele- portefeuljes: word as kapitale wins belas, die hoogste koers is 18% indien jy op die maksimum 45% belastingskaal is.• Onttrekkings uit belastingvrye belegging: geen belasting nie.

Enkele voorbeelde van deurlopende belasting- beplanning op jou beleggingsreis• Belasting op kapitaalwins: as individu kan jy kapitaalwins van R40 000 per jaar genereer sonder om belasting op daardie winste te betaal.• Skenkingsbelasting: Jy kan elke jaar R100 000 belastingvry skenk, hierdie toegewing kan gebruik word as deel van boedelbeplanning om jou boedel stuk-stuk te verminder of om die rente op leningsrekeninge aan trusts te verminder.

Gebruik belastingwetgewing tot jou voordeel Testamente, trusts en boedelbeplanning‘n Testament moet opgedateer en op datum gehou word – jy wil nie intestaat sterf en jou erfgename oorlaat aan ’n staatsamptenaar se grille nie!

‘n Paar punte om te oorweeg:• Wie moet die eksekuteur wees en teen watter koste?• Oorweging van voogde vir minderjarige kinders • Oorweging van trustees• Lewende testament• Volmagte

Die volgende bates word nie ingesluit in die boedel vir belastingdoeleindes nie:• Pensioenfondse• Voorsorgfondse• Uittree-annuïteite• Lewende-annuïteite• Trustbates

Lewensdekking is om twee redes nodig:• Dit moet alle verantwoordelikhede dek, sowel as eise teen die boedel, insluitend boedelbelasting.• Dit moet kapitaal voorsien aan afhanklikes wat genoeg kontantvloei genereer om hul lewenstyl te handhaaf.

13

Page 10: Besoek Netwerk24.com Woensdag 15 April om 17:00 om die … · 2020-04-15 · Besoek of laai ons app in jou app-winkel af. Dis maklik, vinnig en gebruikersvriendelik. Teken vandag

Die persoon in die spieël – jou vyand nommer een‘n Finansiële strategie is ‘n lewendige en dinamiese proses wat die raamwerk verskaf om te verseker dat ingeligte besluite nou en in die toekoms oor persoonlike kwessies gemaak word. Verandering is die enigste konstante faktor. Soos wat omstandighede verander, moet die plan ook aangepas word. Sodoende bly die plan gepas en ondersteunend van jou finansiële doelwitte. Jy moet jouself die volgende vrae vra wanneer jy jou finansiële posisie hersien.

Jaarlikse finansiële kontrolelys

JA NEE

Is my begroting steeds relevant en hou ek daarby?

Het ek genoeg kapitaal in my noodfonds?

Is my doelwitte vir die volgende jaar al vasgestel?

Is my testament op datum?

Het ek my finansiële adviseur in die laaste 12 maande gesien?

Is my lewens- en ongeskiktheidsdekking op datum?

Pas my bateklastoekenning by my doelwitte?

Weet ek wat die fooie op my beleggings is?

Spaar ek genoeg vir aftrede?

Gebruik ek belastingtoegewings elke jaar optimaal?

‘n Belegger se grootste vyand is die ou wat elke dag in die spieël terug kyk wanneer jy tande borsel.Daardie persoon neem korttermyn besluite gedryf deur vrees en gierigheid! Emosionele besluite oor beleggings en geld kos beleggers jaarliks miljoene rand – die beste manier om dit te vermy, is om te fokus op jou langtermyn-doelwitte en jou pasgemaakte strategie om daarby uit te kom.

7%

6%

5%

4%

3%

2%

1%

0%

Amerikaanse data

Gedragsboete = 2.50%6,40%

3,90%Gemiddelde aandelefondsopbrengs Gemiddelde beleggeropbrengs

15

Vrees/Verkoop

...herhaal tot bankrotskap!

Gierigheid/Koop

Bron: Dalbar-studie oor ‘n 20-jaar tydperk. Dit dui daarop dat die gemiddelde belegger juis op die verkeerde tye koop en verkoop of skuiwe tussen fondse maak. Hiervolgens presteer fondse baie beter as die opbrengs wat beleggers in daardie fondse ervaar.

Page 11: Besoek Netwerk24.com Woensdag 15 April om 17:00 om die … · 2020-04-15 · Besoek of laai ons app in jou app-winkel af. Dis maklik, vinnig en gebruikersvriendelik. Teken vandag

011 465 0099 | [email protected]

COMMUNICATION | CONTENT MARKETING | CREATIVE | PRODUCTION

���������������������

STARTINGCONVERSATION