bid die woord - meester - jericho wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/bid-die-woord.pdfgebed...

166
Bid die Woord Beloftes, Lofprysing, Aanbidding, Intersessie Gebedsriglyne vir Woordgebede (Saamgestel deur Bennie Mostert)

Upload: others

Post on 04-Mar-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

Bid die Woord

Beloftes, Lofprysing, Aanbidding, Intersessie

Gebedsriglyne vir Woordgebede

(Saamgestel deur Bennie Mostert)

Page 2: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

Inhoudsopgawe

Riglyne om die Woord te bid......................................................................................... 3

Skrifgedeeltes vir lofprysing en aanbidding: fokus op die karakter en werke van God asook ons verhouding met God...................................................................................... 6

Skrifgedeeltes vir aanbidding/bewondering van God....................................................41

Skrifgedeeltes vir verootmoediging en sondebelydenis.................................................51

Skrifgedeeltes vir persoonlike vernuwing/herlewing ....................................................57

Apostoliese gebede uit die boeke Handelinge tot Judas ................................................70

Skrifgedeeltes vir voorbidding/intersessie ....................................................................76

Aanbiddingsliedere in Openbaring................................................................................82

Bybelse Teofanieë ........................................................................................................85

Gebede van Jesus..........................................................................................................89

Beloftes vir spesifieke situasies ....................................................................................91

Bid die Woord in tye van demoniese aanvalle en geestelike stryd ..............................105

Bid die Woord in tye van vrees, angs, twyfel, bekommernis, lyding, swaarkry en aanvalle van mense; mislukking, neerlaag en hulpeloosheid; depressie ......................111

Bid die Woord vir Finansiële, Materiële en Fisiese behoeftes.....................................120

Bid die Woord vir die krag, volheid en werking van die Heilige Gees........................121

Bid die Woord vir die redding van ongereddes, onbereiktes en die nasies ..................125

Beloftes en seëninge van Deuteronomium 28 .............................................................128

.Wie is ek in Christus Jesus?.......................................................................................128

Wie is ek in Christus Jesus?........................................................................................129

Gebede en Proklamasies vir verskillende situasies......................................................132

Die Name van God die Vader, die Seun en die Heilige Gees ......................................139

Die Uur wat die wêreld verander ................................................................................145

Die Jabes Gebed .........................................................................................................148

Gebedsversoek en Antwoorde ....................................................................................152

Page 3: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

3

Riglyne om die Woord te bid

In hierdie gebedsvorm word die Woord self as basis vir al ons gebruik. Die Woord van God, sy beloftes, bevele, Psalms, Nuwe Testamentiese gebede, die liedere in Openbaring, ens., word tot Hom terugbid. Daar is geestelike krag en outoriteit in die Woord. E.W. Kenyon het by geleentheid gesê: Fasting and long hours of prayer do not build faith...Reading books about faith and men of faith and

their exploits stirs in the heart a deep passion for faith, but does not build faith. The Word alone is the

source of faith. Andrew Murray skryf: Little of the Word with little prayer is death to the spiritual life.

Much of the Word with little prayer gives a sickly life. Much of prayer with little of the Word gives

more life, but without steadfastness. A full measure of the Word and prayer each day gives a healthy

and powerful life.

Hierdie vorm van gebed kan individueel beoefen word en is net so kragtig as ’n gebedsgroep dit gebruik. Die volgende is 'n aantal aspekte waarop ons kan fokus: Die Name van God; Die beloftes van God; Die bevele van God; Die apostoliese gebede in die Nuwe Testament; Die Psalms; Hoofstukke of gedeeltes van hoofstukke uit die Skrif; Skrifgedeeltes wat fokus op die persoon en karakter van God; Die liedere van Openbaring en ander gedeeltes vir lofprysing en aanbidding; Bybelse teofanieë; Skrifgedeeltes oor spesifieke onderwerpe. Die “metode” is om die spesifieke Skrifgedeeltes te lees (hardop wanneer moontlik) en dit daarna in gebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid vir jouself, jou gesin, jou gemeente, jou stad, die land en die eindes van die aarde. Bid elke dag vir 'n ander land. Luister, kyk en lees die nuus en bid vir die sake wat die Here op jou hart lê.

Bid die Woord Geloof kom deur die Woord (Rom.10:17). Sonder geloof kan ons nie bid nie want gebed sonder geloof behaag God nie (Heb.11:6). God bevestig sy Woord en sy beloftes met ’n eed (Heb.6:16-17). Hy kan aan sy Woord nie ontrou wees nie. In die Woord openbaar God Homself. Hy openbaar sy karakter aan ons in die Woord. Sy beloftes in sy Woord is in lyn met sy wese en karakter waaraan Hy nooit ontrou is nie en ook nie kan wees nie. Die Woord van God is onverganklik, dit is ’n ewige Woord ─ blomme verwelk, gras verdor, maar die Woord bly tot in ewigheid (1 Pet.1:24-25). So min as wat God kan vergaan, kan sy Woord vergaan. Die krag van die Woord is in die krag van God. Die Woord het gesag omdat God krag en gesag het. God sal nie sy Woord verbreek nie, so min as wat Hy sy verbond met die dag en die nag sal verbreek (Jer.33:20). Die Vader noem sy Seun, die Woord. In die begin was die Woord en die Woord was by God en die Woord was self God (Joh.1:1). God verbind Homself deur sy Seun aan die Woord. Die Woord en die Lam wat geslag is en in die middel van die troon staan, is dieselfde Persoon. Die Woord (geskrewe woord) het sy gesag in die opgestane, lewende, triomferende, almagtige Jesus. Die Woord is deur God geïnspireer en nie deur mense uitgedink nie (2 Tim.3:16). Die Woord van God kan nie geboei word nie ─ dit word nie aan bande gelê deur die magte van die duisternis of die onmag van mense nie (2 Tim.2:9). Tronke, hospitale, dwelmverslawing, die donkerste

Page 4: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

nag, depressie en uiterste armoede beperk nie die Woord van God nie. Wie hom op die Woord beroep, beroep hom op die lewende Jesus by wie niks onmoontlik is nie. Die Woord van God, gebid deur ’n gelowige en biddende hart, breek die mag van die Bose, bevry ons van sonde, red ons uit noodsituasies, verander die wêreld rondom ons. Hudson Taylor het by geleentheid gesê: “Ons (Christene) is bonatuurlike mense, wederbaar deur ’n bonatuurlike geboorte, gedra deur ’n bonatuurlike krag en onderhou deur bonatuurlike voedsel, geleer deur ’n bonatuurlike Leermeester uit ’n bonatuurlike Boek.” Die Woord van God het krag om te skep en te herskep. Waarom moet ons die Woord bid? 1. In die Woord openbaar God sy wil. Wanneer ons die Woord bid, bid ons die wil van God. En

wanneer ons volgens die wil van God bid, leer die Woord vir ons dat God ons sal antwoord (1

Joh.5:14-15). 2. Boeke gee kennis en kan insig bring, maar alleen die lees van die Woord bring geloof. Wanneer

ons die Woord bid, bring die Woord geloof in ons harte (Rom.10:17). 3. Die Skrif/Woord openbaar vir ons die prioriteite van God. Wanneer ons volgens die Woord bid,

kom ons in lyn met God se prioriteite en kom ons lewens daarmee saam in lyn met God se prioriteite.

4. Daar is gesag in die Woord. Toe die Vader die heelal geskep het, het Hy deur sy Seun, die Woord, geskep. Die Woord het ’n Woord gespreek, en daar was lig en lewe en mense en hemelliggame. Wanneer ons die Woord vandag proklameer, in die geestelike sfeer dit as deklarasie uitroep, is daar krag in die Woord. Die Woord het krag om lewe te gee en te herskep omdat ons appél tot die lewende Woord rig wat in staat is om sy Woord gestand te doen en vervulling daaraan te gee.

5. Die Woord leer ons oor God ─ sy karakter, wese, krag, almag, vermoëns, eienskappe. En dit is wanneer ons God beter verstaan, dat ons met groter geloof kan bid. Geloof is so sterk soos die Persoon in wie ons glo.

Enkele riglyne wat jou sal help om die Skrif/Woord te bid • Neem ’n Skrifgedeelte en lees stadig daardeur. Lees dit hardop indien moontlik. Verpersoonlik

wat jy lees ─ pas dit op jouself toe waar moontlik. Herskryf die vers of perikoop in jou eie taal. Parafraseer gedeeltes van die vers of perikoop. Mediteer daaroor, oordink dit. Soek toepassings-terreine daarvoor. Let noukeurig op die emosies wat na vore kom in die Skrifgedeelte. Waar toepaslik, gaan doen wat ’n spesifieke Skrifgedeelte leer.

• Skaf een of twee goeie kommentare op die Bybel aan vir wanneer jy ’n behoefte het om ’n dieper studie van ’n spesifieke Skrifgedeelte of woord te maak.

• Bid hierdie Skrifgedeelte; sing dit. • Baie Skrifgedeeltes kan as gebede uitgedruk word deur die verwysings na God (Vader, Seun en

Heilige Gees) van derde persoon na eerste persoon. Waar Hy/Sy/Hom gebruik word, kan dit net met "U" vervang word. Ef.1:3 lees bv.: “Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom

al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die

hemel is.” Wanneer ons dit nou herskryf sal dit ongeveer as volg lyk: “Aan U, o God, die Vader

van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! U het ons in Christus geseën met al die

seëninge van die Gees wat daar in die hemel is.”

• Merk die gebede in die Skrif en bid daarvolgens. Daar is talle gebede in die Skif, bv. van Moses, Abraham, Jakob, Hanna, Dawid, Salomo, die Psalms, Jesus, Maria, die apostels en die liedere in Openbaring.

• Merk die Name van God in die Skrif. Die Name van God openbaar sy karakter, sy krag en dit wat God wil en kan doen. Wanneer ons bid, laat ons leer om die Naam van die Here aan te roep wat meer as 7 000 beloftes in die Skrif aan ons gemaak het.

Page 5: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

5

• Kry vir jou 'n spesiale “bid” Bybel. In daardie Bybel merk jy al die Skrifgebede, alle beloftes, die Name van God, die opdragte/bevele van God en alles wat met gebed te doen het.

Page 6: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

Skrifgedeeltes vir lofprysing en aanbidding: fokus op die karakter en werke van God asook ons

verhouding met God

1

Die karakter en werke van God 8 Die Here is altyd op sy troon; op sy regterstoel is Hy steeds gereed vir die regspraak. 9 Hy lewer ’n regverdige uitspraak oor alle mense, Hy vel ’n billike vonnis oor die nasies. 10 Vir die mens wat in gevaar verkeer, is die Here ’n toevlug, ’n skuilplek in tye van nood. 11 Daarom vertrou almal wat u Naam bely, op U, want U, Here, laat dié wat vra na u wil, nie in die steek nie. (Ps. 9:8-11) Die Here is regverdig in al sy handelinge, getrou in alles wat Hy doen. (Ps. 145:17) 3 Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; 4 Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte. (1 Kor. 15:3-4)

3 Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus, 4 wat Homself vir ons sondes gegee het om ons te verlos uit hierdie goddelose wêreld en so die wil van God ons Vader te volbring. 5 Aan God kom die heerlikheid toe tot in alle ewigheid! Amen. (Gal. 1:3-5) My/ons verhouding met God Moet dan nie soos hulle maak nie, want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra. (Matt. 6:8) 26 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. 27 En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges. (Rom. 8:26-27) 2

Die karakter en werke van God U verlossingswerk, o God, is oneindig groot; groot is die dinge wat U gedoen het! Wie is soos U, o God? (Ps. 71:19) 21 Stel julle saak en bring julle bewyse, beraadslaag gerus met mekaar daaroor. Wie het wat nou gebeur, lankal aangekondig? Wie het al vantevore gesê dit sal gebeur? Is dit nie Ek, die Here, nie? Daar is buiten My geen God nie; net

Ek is ’n God wat regverdig is en red. 22 Kom na My toe dat julle gered kan word, almal op die aarde, want Ek is God, daar is geen ander nie. (Jes.

45:21-22) 13 Maar alles word aan die kaak gestel wanneer die lig daarop val. 14 En as iets bekend geword het, is dit in die lig. Daarom sê die lied: “Word wakker, jy wat slaap, en staan op uit die dood; en Christus sal jou lewe verlig.” (Ef. 5:13-14) 10 Maar die dag van die Here sal so onverwags soos ’n dief kom. En op dié dag sal die hemel met ’n groot gedruis verdwyn, die hemelliggame brand en tot niet gaan, en die aarde met alles wat daarop is, vergaan. 12 Leef in verwagting dat die dag van God kom en beywer julle daarvoor, die dag waarop die hemel in vlamme sal vergaan en die hemelliggame sal brand en wegsmelt. (2 Pet.

3:10,12) My/ons verhouding met God 9 “So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; 10 laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. (Matt. 6:9-10) 8-9 Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is. En dit vervul julle met ’n onuitspreeklike en heerlike blydskap. (1 Pet.

1:8-9) 3

Die karakter en werke van God 7 Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom? 8 Klim ek op na die hemel, is U daar, gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar. 9 Vlieg ek na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste, 10 ook daar lei u hand my, hou u regterhand my vas. 11 Ek sou die duisternis kon vra om my weg te steek, of die lig rondom my om in nag te verander, 12 maar vir U is selfs die duisternis nie donker nie en die nag so lig soos die dag, duisternis so goed soos lig. (Ps. 139:7-12) U ken my, Here, U sien my en toets my gesindheid teenoor U. (Jer. 12:3) 1 Die arm van die Here is nie te kort om te help nie

Page 7: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

7

en sy oor is nie te doof om te hoor nie. 2 Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en nie na julle wil luister nie. 16 Hy sien dat daar niemand tussenbeide tree nie, Hy is verbaas daaroor. Daarom tree Hy self op en laat Hy self sy geregtigheid geld. 17 Hy trek geregtigheid aan soos ’n pantser en redding is die helm op sy kop; Hy trek straf aan as klere, Hy hang woede om Hom soos ’n mantel. 18 Hy vergeld volgens verdienste: toorn vir sy teëstanders, straf vir sy vyande, vergelding vir die eilande soos hulle verdien. 19 Van oos tot wes sal die Naam en die mag van die Here geëer word. Wanneer die teëstander aanstorm soos ’n rivier, jaag die Gees van die Here hom op loop. (Jes. 59:1-2,16-19) Ek het hulle met sorg en liefde gelei, Ek was vir hulle soos iemand wat die juk oplig as dit sy trekdier skaaf. Ek het na Efraim toe afgebuk en hom gereeld kos gegee. (Hosea 11:4)

My/ons verhouding met God 17 Maar ék sal sing van u mag, elke môre sal ek jubel oor u trou, want U is vir my ’n veilige vesting, ’n skuilplek in tyd van nood. 18 Tot u eer wil ek sing, U, my sterkte, want U is my veilige vesting, U is my troue God. (Ps. 59:17-

18) 2 Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie. 3 Dit is Hy wat al my sonde vergewe, wat al my siekte genees, 4 wat my red van die graf en my met liefde en ontferming kroon, 5 wat my die goeie in oorvloed laat geniet, my die jeugdige krag van die arend skenk. (Ps. 103:2-5)

4

Die karakter en werke van God 8 Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is. 9 Die bevele van die Here dui die regte koers aan: dit bring blydskap. Die gebod van die Here is helder: dit gee insig. 10 Die eise van die Here vir sy diens is goed: dit staan altyd vas. Die bepalings van die Here is reg: elkeen van hulle is regverdig. 11 Hulle is kosbaarder as goud, selfs as baie goud, soeter as heuning, as druppels uit ’n heuningkoek. 12 U dienaar laat hom daardeur leer. Wie dit alles onderhou, groot is sy beloning. (Ps. 19:8-11) Op u woord kan ’n mens hom geheel en al verlaat. Al u bepalings is regverdig. Hulle staan

vas. (Ps. 119:160) Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak en ons is Syne, ons is sy volk, sy eie kudde. (Ps.

100:3) God het elke ding gemaak dat dit pas in ’n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens ’n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie. (Pred. 3:11)

My/ons verhouding met God Aan God is dit te danke dat julle met Christus Jesus verenig is. Hy het vir ons geword die wysheid wat van God kom: die vryspraak, die heiliging en die verlossing. (1 Kor. 1:30) 6 Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom ’n plek in die hemel gegee, 7 sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het. (Ef. 2:6-7)

5

Die karakter en werke van God Maar die Here is die ware God: Hy is die lewende God, die Koning vir altyd; van sy toorn bewe die aarde, teen sy woede kan die nasies dit nie uithou nie. (Jer. 10:10) 17 Toe ek Hom sien, het ek by sy voete neergeval en bly lê soos een wat dood is. Hy het toe met sy regterhand aan my gevat en vir my gesê: “Moenie bang wees nie, dit is Ek, die Eerste en die Laaste, 18 die Lewende. Ek was dood en, kyk, Ek lewe tot in alle ewigheid; en Ek het die sleutels van die dood en die doderyk." (Open. 1:17-18)

19 en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag 20 wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het: 21 hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom. (Ef. 1:19-21)

En dit staan bo alle teenspraak dat die geopenbaarde waarheid van ons godsdiens groot is: As mens het Jesus in die wêreld gekom, deur die Gees is bevestig dat die reg aan sy kant is, aan die engele het Hy verskyn; aan die heidennasies is Hy verkondig, in die hele wêreld is Hy geglo, en in heerlikheid is Hy opgeneem. (1 Tim. 3:16) My/ons verhouding met God “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir

Page 8: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie. (Joh. 14:27) Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” (Joh. 16:33) 6

Die karakter en werke van God Nou weet ek dat U tot alles in staat is en dat U kan uitvoer wat U besluit. (Job 42:2) 3 Van waar die son opkom tot waar dit ondergaan, moet die Naam van die Here geprys word! 4 Hoog bo al die nasies heers die Here, sy mag strek selfs oor die hemele. 5 Wie in die hemel of op die aarde is soos die Here ons God, wat hoog woon en hier onder alles sien? (Ps.

113:3-5) 42 So is dit ook met die opstanding van die dooies; wat gesaai word, is verganklik en word in onverganklikheid opgewek; 43 wat gesaai word, is gering en word in heerlikheid opgewek; wat gesaai word, is swak en word in krag opgewek. 44 ’n Natuurlike liggaam word gesaai, ’n geestelike liggaam word opgewek. Aangesien daar ’n natuurlike liggaam is, is daar ook ’n geestelike liggaam. (1 Kor. 15:42-44)

47 Die eerste mens is uit die aarde en is stoflik; die tweede mens is uit die hemel. 48 Soos die stoflike mens was, so is ook die stoflike mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. 49 Soos ons die beeld van die stoflike mens was, sal ons ook die beeld van die hemelse wees. (1 Kor. 15:47-49)

My/ons verhouding met God 38 Hy wat nie sy kruis opneem en My volg nie, is nie werd om aan My te behoort nie. 39 “Hy wat sy lewe wil behou, sal dit verloor; en hy wat sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind.” (Matt. 10:38-39) 26 Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; 27 en elkeen wat onder julle die eerste wil wees, moet julle slaaf wees. (Matt. 20:26-17) 7

Die karakter en werke van God Ag, Here, God van die hemel, groot en ontsagwekkende God wat u verbond en u troue liefde handhaaf teenoor dié wat vir U liefhet en

u gebooie gehoorsaam. (Neh. 1:5) Groot en wonderbaarlik is u dade, Here God, Almagtige. Reg en betroubaar is u optrede, Koning van die nasies. 4 Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? U alleen is heilig! Al die nasies sal kom en U aanbid, want hulle sal sien dat u handelwyse regverdig is. (Open. 15:3-4) 76 “En jy, kindjie, ’n profeet van die Allerhoogste sal jy genoem word, want jy sal voor die Here uit gaan om sy pad gereed te maak, 77 om kennis van verlossing aan sy volk mee te deel: verlossing deur vergifnis van hulle sondes, 78 danksy die genadige ontferming van ons God. Soos die môreson sal Hy opgaan en uit die hoogte op ons afstraal, 79 om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede.” (Luk. 1:76-79) Die volgende dag sien Johannes vir Jesus na hom toe kom. Hy sê toe: “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!" (Joh. 1:29)

My/ons verhouding met God Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal by julle almal wees. (2 Kor. 13:13) 11 Deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit vooruit al bestem het. So het Hy Hom dit voorgeneem. Hy wat alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit. 12 Daarom moet ons, die eerstes wat ons hoop op Christus gestel het, die grootheid van God prys. (Ef. 1:11-12)

8

Die karakter en werke van God Julle moet die Here die Almagtige eer as die Heilige. Vir Hom moet julle vrees en vir Hóm moet julle bang wees. (Jes. 8:13) Die Here is in sy heilige tempel: almal op aarde moet in sy teenwoordigheid stil wees! (Hab. 2:20) Wie het die waters in die holte van sy hand afgemeet, met die breedte van sy hand die maat van die hemel bepaal, met ’n maatemmer die grond van die aarde afgemeet, met ’n skaal die berge en die heuwels geweeg? (Jes. 40:12) So sê God, die Here, Hy wat die hemelkoepel geskep en dit oopgespan het, Hy wat die aarde gevorm het en alles wat dit oplewer, Hy wat aan al die mense op aarde die asem gee, die lewe aan alles wat op die aarde beweeg. (Jes. 42:5) My/ons verhouding met God 20 Ons vertrou op die Here: Hy is ons hulp en ons beskermer. 21 Ja, in Hom is ons hart bly, op sy heilige Naam vertrou ons. (Ps. 33:20-21)

Page 9: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

9

17 En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid. 18 Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie. (Rom. 8:17-18) 9

Die karakter en werke van God 1 ’n Psalm van Dawid. Prys die Here, julle hemelinge! Prys die Here om sy eer en mag! 2 Prys die Here om die eer van sy Naam! Buig voor die Here by sy heilige verskyning! (Ps.

29:1-2) 1 Die Here is Koning, Hy beklee Hom met majesteit. Die Here beklee Hom, Hy omgord Hom met krag. Die wêreld staan vas, dit wankel nie, 2 en vas staan u troon van ouds af: U is van altyd af daar. 5 U verordeninge staan baie vas. Heiligheid versier u huis, Here, tot in lengte van dae. (Ps. 93:1-2,5) 11 Hy is die klip wat deur julle, die bouers, afgekeur is. Juis Hy het die belangrikste klip in die gebou geword. 12 Hý bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie.” (Hand. 4:11-

12) 30 “God het die tye van onkunde oorgesien, maar nou roep Hy al die mense oral op om hulle te bekeer, 31 want Hy het ’n dag bepaal waarop Hy regverdig oor die wêreld gaan oordeel deur ’n Man wat Hy uitgekies het. As bewys daarvan vir almal, het Hy Hom uit die dood laat opstaan.” (Hand. 17:30-31) My/ons verhouding met God 6 Ons het almal geword soos mense wat onrein is, ons beste dade is soos vuil klere; ons is almal soos verdroogde blare, ons word deur ons sondes weggewaai soos deur ’n wind. 8 U is ons vader, Here, ons is klei en U het ons gevorm, ons is almal die werk van u hande. (Jes. 64:6,8) 12 Maar nou sê die Here: Kom met julle hele hart terug na My toe, vas, huil en treur! 13 Skeur julle harte, nie julle klere nie. Kom terug na die Here julle God toe: Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol liefde. Hy is bereid om straf te herroep. (Joël 2:12-13)

10

Die karakter en werke van God 12 Een ding het ek God hoor sê, nee, twee: dat net God mag het 13 en 'n mens net op U, Here, kan vertrou, en dat U met elkeen handel volgens sy verdienste. (Ps. 62:12-13) Die Here is ons Regter, die Here is ons Leidsman, die Here is ons Koning, Hy sal ons red. (Jes.

33:22) 2 En ek het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel uit sien afkom. Die stad was gereed soos ’n bruid wat vir haar man versier is. 3 Toe het ek ’n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. 4 Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.” 5 Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.” (Open. 21:2-5) 12 Jesus sê toe weer: “Kyk, Ek kom gou! Ek bring die loon saam met My om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het. 13 Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde. 20 Hy wat dit alles getuig, sê: “Ja, Ek kom gou!” Amen! Kom, Here Jesus! (Open. 22:12-13,20) My/ons verhouding met God Geen versoeking wat meer is as wat ’n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan. (1 Kor.

10:13) Die Here is getrou; Hy sal julle versterk en julle van die bose bewaar. (2 Tess. 3:3) 11

Die karakter en werke van God 1 In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. 2 Hy was reeds in die begin by God. (Joh. 1:1-2) Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid. (Joh.1:14) 24 maar ook ter wille van ons wat vrygespreek sal word, óns wat in God glo wat vir Jesus, ons Here, uit die dood opgewek het. 25 Hy is vanweë ons oortredings oorgelewer en Hy is opgewek sodat ons vrygespreek kan word. (Rom. 4:24-25) 15 maar met die genadegawe is dit anders as met die oortreding. Deur die oortreding van een mens

Page 10: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

het baie gesterf, maar die genade van God en die gawe wat deur die genade van die een Mens, Jesus Christus, gekom het, is veel oorvloediger aan baie geskenk. 16 En met die gawe van God is dit anders as met die sonde van die een mens. Op die oortreding van die een mens het die oordeel gevolg en dit het tot veroordeling gelei, maar op die baie oortredings het die genadegawe gevolg en dit het tot vryspraak gelei. (Rom. 5:15-16)

My/ons verhouding met God 2 Soos ’n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God. 3 Ek dors na God, na die lewende God. Wanneer kan ek gaan en voor God verskyn? (Ps. 42:2-3) Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in ’n dor en droë land, ’n land sonder water. (Ps. 63:2)

12

Die karakter en werke van God 10 Almal wat deur U geskep is, loof U, Here, en u troue dienaars prys U! 11 Hulle vertel van u koninklike mag en getuig van u groot krag. 12 Die mense moet weet van sy krag, van sy koninklike mag en majesteit. 13 U koningskap is ’n koningskap vir alle tye, u heerskappy strek oor die geslagte heen. (Ps. 145:10-13) Ek sien toe bokant die gewelf bo die koppe van die gerubs iets soos saffier met die vorm van ’n troon. Dit was sigbaar bokant die gerubs. (Eseg.

10:1) 19 Die Here het die fondament van die aarde met wysheid gelê en die hemel gebou met insig. 20 Deur sy kennis is die groot waters van mekaar geskei en drup die wolke van vog. (Spr.

3:19-20) Ek het die aarde gemaak; die mensdom wat daarop is, het Ek geskep. Ek het met my hande die hemel oopgespan en Ek het aan al die hemelliggame hulle opdragte gegee. (Jes.

45:12) My/ons verhouding met God 18 Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul, 19 en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here. 20 Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus. (Ef. 5:18-20) 16 Wees altyd bly. 17 Bid gedurig. 18 Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat

God in Christus Jesus van julle verwag. (1 Tess.

5:16-18) 13

Die karakter en werke van God U, Here, is ’n barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. (Ps. 86:15) 2 Die werke van die Here is groot, almal wat daarin vreugde vind, dink daaroor na. 3 Sy dade is vol majesteit en luister, sy trou staan vir altyd vas. 4 Hy sorg dat sy magtige dade nie vergeet word nie. Genadig en barmhartig is die Here. (Ps. 111:2-

4) 5 Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: 6 Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, 7 maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, 8 het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. (Fil. 2:5-8) 17 Daarom moes Hy in elke opsig aan sy broers gelyk word, sodat Hy ’n barmhartige en getroue Hoëpriester voor God kon wees om die sondes van die volk te versoen. 18 Omdat Hy self versoek is en gely het, kan Hy dié help wat versoek word. (Heb. 2:17-18) My/ons verhouding met God 3 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4 Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so ’n nuwe lewe kan lei. (Rom. 6:3-4) Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. (2 Kor.

5:17) 14

Die karakter en werke van God Daar was ook ’n stem uit die hemel wat gesê het: “Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My.” (Matt. 3:17) Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak. (Joh. 1:18)

9 Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, 10 sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die

Page 11: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

11

knie sou buig, 11 en elke tong sou erken: “Jesus Christus is Here!” tot eer van God die Vader. (Fil. 2:9-11) Kyk, Hy kom met die wolke, en al die mense sal Hom sien, ook hulle wat Hom deurboor het; en al die volke van die aarde sal oor Hom in selfverwyt weeklaag. Ja, dit is seker! (Open.1:7) My/ons verhouding met God Op ’n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.” (Joh. 8:12)

1 “Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. 2 Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra. 4 Julle moet in My bly en Ek in julle. ’n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie. (Joh. 15:1-2,4)

15

Die karakter en werke van God 13 Wie kan die Gees van die Here peil, wie kan sy raadgewer wees? 14 Vir wie raadpleeg Hy dat dié Hom tot insig sou bring en Hom sou leer wat om te doen? Wie leer Hom en onderrig Hom dat Hy met insig kan optree? 15 Die nasies is vir Hom soos ’n druppel aan ’n emmer, soos ’n stoffie op ’n skaal. As Hy die eilande op ’n skaal sit, is hulle soos stofdeeltjies. 17 Al die nasies is soos niks teenoor Hom, hulle is vir Hom minder as niks, asof hulle nie bestaan nie. 18 Met wie kan julle God dan vergelyk? met watter beeld kan julle Hom gelykstel? (Jes.

40:13-15,17-18) Ek is die Here die God van al die mense. Is iets vir My onmoontlik? (Jer. 32:27) Daarom, broers, moet julle goed weet dat wat aan julle verkondig word, die vergewing van sondes deur Hóm is, en dat elkeen wat glo, deur Hom vrygespreek word van alle sondes. Die wet van Moses kon julle nie vryspreek nie. (Hand.

13:38-39) 3 Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel. 4 Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die

Gees. (Rom. 8:3-4) My/ons verhouding met God Hy moet meer word en ek minder. (Joh. 3:30) 24 Dít verseker Ek julle: As ’n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy ’n groot oes in. 25 Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die ewige lewe behou. (Joh. 12:24-25) 16

Die karakter en werke van God 6 Toon u grootheid, o God, hoog bo die hemel, u mag hoog bo die aarde. 11 want u liefde reik tot in die hemel, U trou tot in die wolke! (Ps. 57:6,11) 89 U woord, Here, staan vir altyd vas in die hemel. 90 U trou is van geslag tot geslag; U het die aarde gemaak, en dit staan vas. 91 Ja, wat U bepaal het, staan vandag nog vas, alles is aan U onderworpe. (Ps. 119:89-91) Hy wat die hemel geskep het, Hy wat alleen God is, Hy wat die aarde gevorm, gemaak het, dit gereed gemaak, geskep het, dit gevorm het, nie om leeg te wees nie, maar om bewoon te word: Ek is die Here; daar is geen ander nie. (Jes. 45:18) Dit is die Here wat met sy krag die aarde gemaak het, wat met sy wysheid die wêreld gevestig het en met insig die hemel oopgesprei het. (Jer. 10:12) My/ons verhouding met God My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is. (Joh. 15:8) Weens julle beperkte begrip gebruik ek ’n beeld uit die alledaagse lewe: soos julle elke deel van julle liggame in diens van sedelike onreinheid en wetteloosheid gestel het en losbandig gelewe het, so moet julle nou elke deel van julle liggame in diens van God stel om heilig te lewe. (Rom. 6:19) Die karakter en werke van God En nou, Here, U is God. U woorde sal bewaarheid word. U het hierdie goeie belofte aan u dienaar gemaak. (2 Sam. 7:28) “Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid. (2 Kor. 3:17) 33 Dit is die verbond wat Ek in die toekoms met Israel sal sluit, sê die Here: Ek sal my woord op hulle harte skryf en dit in hulle gedagte vaslê. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees. 34 ’n Man sal nie meer vir sy buurman of vir sy broer voorhou: “Jy moet die Here dien” nie, want almal sal My dien, klein en groot, sê die Here. Ek sal hulle oortredings vergewe en nie meer aan hulle

Page 12: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

sondes dink nie. (Jer. 31:33-34) 26 En terwyl hulle eet, het Jesus brood geneem en die seën gevra. Daarna het Hy dit gebreek en vir sy dissipels gegee met die woorde: “Neem, eet; dit is my liggaam.” 27 Toe neem Hy ’n beker, en nadat Hy die dankgebed uitgespreek het, gee Hy dit vir hulle en sê: “Drink almal daaruit, 28 want dit is my bloed, die bloed waardeur die verbond beseël word en wat vir baie vergiet word tot vergewing van sondes. (Matt 26:26-28) My/ons verhouding met God 23 En nie net die skepping nie, maar ook ons wat die Gees ontvang het as die eerste gawe van God, ons sug ook. Ons sien daarna uit dat God sal bekend maak dat Hy ons as sy kinders aangeneem het: Hy sal ons van die verganklikheid bevry. 24 Ons is immers gered, en ons het nou hierdie hoop. Wat ’n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie. Wie hoop nog op wat hy reeds sien? 25 Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding. (Rom. 8:23-25)

Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees! (Rom. 15:13) 17

Die karakter en werke van God U wat regspreek oor die volke, Here, bevind tog dat ek reg het, Here, dat ek onskuldig is. (Ps.7:9) In sy eie oë is alles wat ’n mens doen, reg, maar die Here toets die gesindheid. (Spr. 21:2) 6 Ek het toe iets gehoor soos die geluid van ’n groot menigte, soos die gedruis van ’n groot watermassa en soos die gedreun van swaar donderweer. Hulle het uitgeroep: “Prys die Here! Die Here ons God, die Almagtige, heers nou as koning. 7 Laat ons bly wees en juig en aan Hom die eer gee, want die bruilof van die Lam het aangebreek, en sy bruid het haar daarvoor gereed gemaak. 9 Toe sê die engel vir my: “Skryf op: Geseënd is hulle wat na die bruilofsmaal van die Lam uitgenooi is.” (Open.

19:6-7,9) 11 Toe het ek gesien die hemel is oop. Daar was ’n wit perd. Sy Ruiter word die Getroue en die Betroubare genoem. Met regverdigheid oordeel Hy en voer Hy oorlog. 12 Sy oë het soos vuur gevlam, en op sy kop was daar baie heerserskrone. Daar was ’n Naam op Hom

geskrywe wat niemand anders ken nie, net Hy self. 13 Hy het klere aangehad wat met bloed deurweek was, en sy Naam is: “Die Woord van God.” 14 Die leërs in die hemel het op wit perde agter Hom aan gery. Hulle het fyn, helder wit klere aangehad. 15 Uit sy mond het daar ’n skerp swaard uitgekom om die nasies mee te tref, en Hy sal hulle met ’n ystersepter regeer. Hy sal self die parskuip trap vir die wyn, die wyn van die toorn en die oordeel van God, die Almagtige. 16 Op sy klere, by sy heupe, was daar ’n Naam geskrywe: “Die Koning van die konings en die Here van die heersers.” (Open.

19:11-16) My/ons verhouding met God Here my God, U het baie wonderlike dinge gedoen; U dink altyd aan ons; daar is niemand soos U nie. Ek sou daarvan wou vertel en daaroor praat, maar dit is te veel om op te noem. (Ps. 40:6) 4 So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. 5 In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. 6 Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het. (Ef. 1:4-6) 18

Die karakter en werke van God Die Here is regverdig. Hy het die mense lief wat regverdig en opreg handel, en Hy sal by hulle wees. (Ps. 11:7) U oë is te rein om toe te kyk terwyl daar verkeerd gedoen word, U kan tog nie sien dat daar ellende is en niks doen nie! (Hab. 1:13) 2 In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. 3 En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. (Joh. 14:2-3) 11 Toe het ek rondom die troon en die lewende wesens en die ouderlinge ’n groot menigte engele gesien. Daar was duisende der duisende, ja, miljoene der miljoene. Ek het hulle hard hoor 12 uitroep: “Die Lam wat geslag was, is waardig om die mag en rykdom, die wysheid en sterkte, die eer, heerlikheid en lof te ontvang.” (Open. 5:11-12) My/ons verhouding met God 9 Hy sal ons ons sonde nie bly toereken en nie vir ewig toornig bly nie. 10 Hy handel met ons nie volgens ons sondes nie, vergeld ons nie vir ons

Page 13: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

13

ongeregtighede nie, 11 want so groot as die afstand tussen hemel en aarde is, so groot is sy liefde vir dié wat Hom dien. 12 So ver as die ooste van die weste af is, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af. 13 Soos ’n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien. (Ps. 103:9-

13) Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol. (Jes. 1:18) 19

Die karakter en werke van God Ek wil die Naam van die Here roem. Prys ons God om sy grootheid! (Deut. 32:3) Laat hulle besef dat alleen U die Naam "Here" het, U, die Allerhoogste oor die hele aarde. (Ps.

83:19) 5 Die Here my God, die Almagtige, raak die aarde aan en dit smelt weg, en almal wat daarop woon, treur; die hele wêreld kom in beroering soos die Nyl en sak weer weg soos die rivier van Egipte. 6 Die Here bou sy bokamers in die hemel en lê die hemelkoepel se fondament op die aarde, Hy roep die waters van die see en giet hulle oor die aarde uit. Sy Naam is Here! (Amos

9:5-6) 24 God, wat die wêreld met alles wat daarin is, gemaak het, hý is die Here van hemel en aarde, en Hy woon nie in tempels wat deur mense gemaak is nie. 25 Hy het ook nie nodig dat mense Hom versorg nie. Inteendeel, dit is Hy wat aan almal lewe en asem en alles gee. (Hand.

17:24-25) My/ons verhouding met God Nou sal ek onbesorg gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want, Here, U alleen laat my veilig woon. (Ps. 4:9) 20 God wat vrede gee, het ons Here Jesus wat deur die bloed van die ewige verbond die groot Herder van sy kudde is, uit die dood teruggebring. 21 Mag dié God julle toerus met alles wat goed is, sodat julle sy wil kan doen. Mag Hy deur Jesus Christus in ons tot stand bring wat vir Hom aanneemlik is. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen. (Heb. 13:20-21)

20

Die karakter en werke van God 6 Alle mense is soos gras, alles waarop hulle staatmaak, is soos ’n veldblom: 7 gras verdor en blomme verwelk as die Here sy wind daaroor laat waai.” Dit is so, die volk is soos gras. 8 Gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig. (Jes. 40:6-8) Hoe groot is sy tekens, hoe magtig sy wonders! Sy koninkryk is ’n ewige koninkryk, sy heerskappy duur van geslag tot geslag. (Dan. 4:3) 11 “Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. 14 “Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, 15 net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape. (Joh. 10:11,14-15) Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. (Joh. 15:13) My/ons verhouding met God 25 Daar is niks in die hemel of op die aarde wat vir my meer beteken as U nie. 26 Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd. 27 Dié wat ver van U af is, gaan verlore, U vernietig dié wat aan U ontrou is. 28 Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees. Ek het die Here my God gekies as my toevlug! Ek sal van al u werke bly vertel. (Ps. 73:25-28) Glo my, my seun, en onthou wat ek jou leer. (Spr.

23:26) 21

Die karakter en werke van God 2 Ek sal altyd sing van die Here se liefdesdade, sy trou verkondig aan komende geslagte. 3 Ek sê: “U liefde en u trou wankel nooit, dit hou vir altyd stand in hemel en op aarde.” 6 Die hemel loof u wondermag, Here, die hemelinge loof u trou. 7 Wie in die hemel kan met die Here vergelyk word? Wie onder die hemelwesens is soos die Here? 8 Hy is God, vir Hom het die hemelse vergadering ’n heilige ontsag. Hy is magtig, gevrees onder almal rondom Hom. 9 Here, almagtige God, wie is soos U? U krag is groot, Here, u trou is oral! (Ps. 89:2-

3,6-9) Ek wil sing van u troue liefde en u geregtigheid, ek wil ’n lied sing tot u eer, Here. (Ps. 101:1) Daar is niks geheim wat nie openbaar sal word nie, of weggesteek wat nie bekend sal word en aan die lig sal kom nie. (Luk. 8:17) Elkeen wat hom vir My en my woorde skaam, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom, beklee met sy heerlikheid en die

Page 14: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

heerlikheid van die Vader en van die heilige engele. (Luk. 9:26) My/ons verhouding met God 16 Dit gaan goed met die volk wat kan jubel tot u eer, wat in u lig lewe, Here. 17 Hulle besing u Naam die hele dag, hulle prys u reddingsdade. (Ps. 89:16-17) Laat ons dan onophoudelik deur Jesus aan God ’n offer van lof bring, dié lof wat aan Hom gebring word deur die lippe wat sy Naam bely. (Heb. 13:15) 22

Die karakter en werke van God Die Here leef! Ek loof Hom wat my rots is. Ek prys my God wat my verlos het.(2 Sam. 22:47) Vertrou altyd op die Here, want die Here God is ’n veilige toevlug. (Jes. 26:4) Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here. (Rom. 6:23) 14 Aangesien hierdie kinders mense van vlees en bloed is, het Hy ook net soos hulle mens geword. Dit het Hy gedoen om deur sy dood dié een wat mag het oor die dood, dit is die duiwel, te vernietig 15 en om hulle wat uit vrees vir die dood hulle hele lewe lank in slawerny was, te bevry. (Heb. 2:14-15) My/ons verhouding met God 8 Ons het saam met Christus gesterwe; daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe. 9

Ons weet dat Christus wat uit die dood opgewek is, nie weer kan sterwe nie; die dood het nie meer mag oor Hom nie. 10 Hy het gesterwe en is eens en vir altyd vir die sonde dood. Nou lewe Hy, en Hy lewe vir God. 11 Julle moet dus altyd onthou dat ook júlle vir die sonde dood is, maar vir God lewe, omdat julle een is met Christus Jesus. (Rom. 6:8-11)

22 Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. 23 Julle gees en gedagtes moet nuut word; 24 lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig. (Ef. 4:22-24) 23

Die karakter en werke van God Ons kan by die Almagtige nie kom nie, sy krag is groot. Hy laat reg en geregtigheid geskied, Hy verdruk niemand nie. (Job 37:23)

4 Hy besluit oor die getal van die sterre en gee elkeen ’n naam. 5 Ons Here is groot en magtig, sy kennis is onbegrens. (Ps. 147:4-5) Hy wat die son bedags laat skyn, die maan en sterre beveel om snags te skitter, Hy wat die see onstuimig laat word, wat sy golwe laat druis, wie se Naam Here die Almagtige is. (Jer. 31:35) My/ons verhouding met God 6 Daarom is ons altyd vol moed. Ons weet dat, solank as ons in die liggaam bly, ons nog nie by die Here woon nie, 7 want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie. 8 Ons is vol moed en sou liewer ons verblyf in die liggaam wil verlaat en by die Here gaan woon. (2 Kor. 5:6-8) Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. (Heb.11:1) 24

Die karakter en werke van God 2 Dit is goed om die Here te loof, om u Naam te besing, Allerhoogste, 3 om elke môre van u liefde te getuig, en elke aand van u trou. (Ps. 92:2-3) 17 Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal! 18 As ek hulle sou wou opnoem—hulle is meer as wat daar sand is, en as ek daarmee klaar is, sou ek nog steeds met U te doen hê. (Ps. 139:17-18) 33 “Kyk, ons gaan nou Jerusalem toe. 34 Dié sal met Hom spot en op Hom spoeg en Hom slaan en Hom doodmaak. En drie dae later sal Hy uit die dood opstaan.” (Mark. 10:33-34) 26 Moes die Christus nie hierdie dinge ly om in sy heerlikheid in te gaan nie?” 27 Daarna het Hy by Moses en al die profete begin en al die Skrifuitsprake wat op Hom betrekking het, vir hulle uitgelê. 44 Daarna sê Hy vir hulle: “Dit is die betekenis van die woorde wat Ek vir julle gesê het toe Ek nog by julle was, naamlik dat alles vervul moet word wat in die wet van Moses en in die profete en psalms oor My geskrywe is.” (Luk.

24:26-27,44) My/ons verhouding met God 12 Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat gehoorsaam nie. 13 Julle moet geen deel van julle liggame in diens van die sonde stel as ’n werktuig om goddeloosheid te bedrywe nie. Nee, stel julle in diens van God as mense wat dood was maar lewend gemaak is, en stel elke deel van julle liggame in diens van God as werktuig om te doen

Page 15: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

15

wat God wil. (Rom. 6:12-13) En nou doen ek ’n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. (Rom. 12:1) 25

Die karakter en werke van God Simon Petrus het geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.” (Matt.

16:16) Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. (Joh. 14:6)

Toe het die sewende engel op sy trompet geblaas. Daar was stemme in die hemel wat hard uitgeroep het: “Die koningskap oor die wêreld behoort aan ons Here en sy Gesalfde, en Hy sal as koning heers tot in alle ewigheid.” (Open. 11:15) 6 Verder sê Hy vir my: “Dit het klaar gebeur. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet. 7 Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees. (Open. 21:6-7) My/ons verhouding met God Gee aandag en kom na My toe, luister, en julle sal lewe. Ek wil met julle ’n ewige verbond sluit, Ek wil my troue liefde aan julle betoon soos aan Dawid. (Jes. 55:3) “Elkeen dan wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, kan vergelyk word met ’n verstandige man wat sy huis op rots gebou het. (Matt. 7:24) 26

Die karakter en werke van God Die Here is in sy heilige tempel! Die Here is op sy troon in die hemel! Sy oë is oop, sy oë keur die mensekinders. (Ps. 11:4) 9 Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan? 10 Ek, die Here, deurgrond en toets hart en verstand, Ek laat die mens kry wat hy verdien, wat hom toekom vir wat hy doen. (Jer. 17:9-10) 4 Daar is net één liggaam en net één Gees, soos daar net één hoop is waartoe God julle geroep het. 5 Daar is net één Here, één geloof, één doop, 6 één God en Vader van almal: Hy wat

oor almal is, deur almal werk en in almal woon. (Ef. 4:4-6) Hy is die hoof van die liggaam, van die kerk. Hy is die oorsprong daarvan, Hy is die Eerste, die Een wat uit die dood opgestaan het, sodat Hy die eerste plek in die heelal inneem. (Kol. 1:18) My/ons verhouding met God Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van ’n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet. (1 Kor.

2:9) Nou kyk ons nog in ’n dowwe spieël en sien ’n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken. (1 Kor. 13:12) 27

Die karakter en werke van God Ek wil die Here prys omdat Hy reg laat geskied. Die Naam van die Here, die Allerhoogste, wil ek besing. (Ps. 7:18) 46 En Maria het gesê: “Ek besing die grootheid van die Here, 47 ek juig oor God, my Verlosser, 49

omdat Hy wat magtig is, groot dinge aan my gedoen het. Heilig is sy Naam! 50 Hy bewys ontferming van geslag tot geslag aan dié wat Hom eer. (Luk. 1:46-47,49-50) Met my eie hand het Ek die aarde se fondamente gelê, deur my mag het Ek die hemelkoepel oopgesprei: Ek het hulle te voorskyn geroep en hulle het tot stand gekom. (Jes. 48:13) 1 So sê die Here: Die hemel is my troon en die aarde die rusplek vir my voete. Hoe moet die huis dan wees wat julle vir My bou, die plek waar Ek kan woon? 2 Ek het alles gemaak en so het alles ontstaan, sê die Here. Ek slaan ag op die mens in nood, op dié een wat berou het oor sy sonde, wat ontsag het vir my woord. (Jes. 66:1-2) My/ons verhouding met God Nee! Ons, en ook hierdie gelowiges, glo dat ons net deur die genade van die Here Jesus gered word.” (Hand. 15:11) 8 Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ’n gawe van God. 9 Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie. (Ef. 2:8-9)

Page 16: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

28

Die karakter en werke van God Jesus het hulle geantwoord: “Dít verseker Ek julle: Voordat Abraham gebore is, was Ek al wat Ek is.” (Joh. 8:58) In Hom is die volle wese van God beliggaam. (Kol. 2:9) 19 Jesus het hulle geantwoord: “Breek hierdie tempel af en in drie dae sal Ek hom oprig.” 21 Met “hierdie tempel” het Hy egter sy liggaam bedoel. 22 Later, nadat Hy uit die dood opgewek is, het sy dissipels daaraan gedink dat Hy dit gesê het, en hulle het die Skrif en die woorde van Jesus geglo. (Joh. 2:19,21-22) 17 “Die Vader het My lief omdat Ek my lewe aflê om dit weer op te neem. 18 Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit my eie af. Ek het die volmag om dit af te lê, en Ek het die volmag om dit weer op te neem. Dit is die opdrag wat Ek van my Vader ontvang het.” (Joh. 10:17-18) My/ons verhouding met God 13 Maar Jesus antwoord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; 14 maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ’n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.” (Joh. 4:13-14) Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan. (Joh. 5:24) 29

Die karakter en werke van God Die hemel, selfs, die hoogste hemel, behoort aan die Here jou God, ook die aarde en alles daarop. (Deut. 10:14) 6 Waar is iemand soos U, Here! U is groot, die mag van u Naam is groot. 7 Wie sou U nie dien nie, Koning van die nasies? Dit kom U toe. Onder al die wyse mense, onder al die konings van die nasies, is daar niemand soos U nie. (Jer.

10:6-7) 3 Daar sal niks meer wees wat deur God vervloek is nie. Die troon van God en van die Lam sal in die stad wees, en sy dienaars sal Hom dien. 4 Hulle sal Hom sien, en sy Naam sal op hulle voorkoppe wees. 5 Daar sal nie meer nag wees nie. Die mense het nie die lig van ’n lamp en die lig van die son nodig nie,

omdat die Here God hulle sal verlig, en hulle sal tot in alle ewigheid regeer. (Open. 22:3-5) 22 ’n Tempel het ek nie in die stad gesien nie, want sy tempel is die Here God, die Almagtige, en die Lam. 23 Die stad het nie die son en die maan nodig om hom te verlig nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp. 24 Die nasies sal in die stad se lig lewe, en die konings van die aarde verleen luister daaraan. 25 Die poorte daarvan word gedurende die hele dag nooit toegesluit nie: daar sal nie meer nag wees nie. (Open. 21:22-25) My/ons verhouding met God 1 Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? 2 My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. 3 Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie; Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie. 5 Die Here beskerm jou, die Here bewaar jou van alle gevare. 6 Bedags sal die son jou nie steek nie en snags sal die maan jou nie kwaad doen nie. 7 Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar, jou lewe sal Hy beskerm. 8 Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan, nou en vir altyd. (Ps. 121:1-3,5-8) Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou, julle dra en julle red. (Jes.

46:4) 30

Die karakter en werke van God U troon is gebou op geregtigheid en reg, liefde en trou staan in u diens. (Ps. 89:15) 1 “Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!” 8 Hulle moet die Here loof vir sy troue liefde, vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen. 9 Hy het die dors geles van dié wat versmag het, Hy het die goeie in oorvloed gegee aan dié wat honger gely het. (Ps. 107:1,8-9) 25 Toe sê Jesus vir haar: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; 26 en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?” (Joh.

11:25-26) Die skepping sien met gespanne verwagting daarna uit dat God bekend sal maak wie sy kinders is. (Rom. 8:19) My/ons verhouding met God 9 “Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly. 10 As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly. 11 “Dit sê Ek vir julle sodat my

Page 17: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

17

blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees. (Joh. 15:9-11) En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is. (Joh. 17:3) 31

Die karakter en werke van God Maar as Ek dit wel doen en julle tog nie in My glo nie, moet julle ten minste aan die werke glo, sodat julle kan insien en weet dat die Vader in My en Ek in die Vader is.” (Joh. 10:38) Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en na God teruggaan. (Joh. 13:3) ’n Uitspraak, ’n woord van die Here teen Israel. Die Here het dit gesê, Hy wat die hemelkoepel oopgespan en die aarde op sy fondamente gesit het, Hy wat die gees van die mens gevorm het. (Sag. 12:1)

Van die skepping van die wêreld af kan ’n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat ’n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie. (Rom. 1:20)

My/ons verhouding met God Laat die regverdige hom in die Here verbly en sy toevlug by Hom soek, laat al die opregtes Hom prys. (Ps. 64:11) 33 Ek wil tot eer van die Here sing so lank ek lewe, ek wil die lof van my God besing so lank ek daar is. 34 Mag hierdie bepeinsinge van my vir Hom aanneemlik wees! Ek wil my in die Here verbly. (Ps. 104:33-34) 32

Die karakter en werke van God Dit is Hy wat hulle verstand gevorm het, wat al hulle werk deurgrond. (Ps. 33:15) Vir die Here is die doderyk en die onderaardse diepte nie verborge nie, hoeveel minder die gedagtes van mense. (Spr. 15:11) 28 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. 29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. 30 My juk is sag en my las is lig.” (Matt. 11:28-30) 14 Moses het die slang in die woestyn hoog op ’n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog word, 15 sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê. (Joh. 3:14-15)

My/ons verhouding met God 16 Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ’n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, 17

naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. (Joh. 14:16-17)

Julle word egter nie deur julle sondige natuur beheers nie, maar deur die Gees, want die Gees van God woon in julle. As iemand die Gees van Christus nie het nie, behoort hy nie aan Christus nie. (Rom. 8:9)

33

Die karakter en werke van God So sal blyk dat die Here regverdig is, dat daar by Hom geen onreg is nie. Hy is my rots. (Ps. 92:16)

Here, Almagtige, regverdige Regter, wat hart en verstand toets, laat my sien hoe U op hulle wraak neem, want ek het my saak aan U toevertrou. (Jer.11:20)

Toe het ek ’n stem uit die hemel hoor sê: “Skryf op! Geseënd is dié wat van nou af in die Here sterwe.” “Ja,” sê die Gees, “hulle sal rus van hulle arbeid, want alles wat hulle gedoen het, volg hulle.” (Open.14:13) Toe het ek ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het nie meer bestaan nie. (Open. 21:1)

My/ons verhouding met God 9 Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. 10 Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk. (2 Kor. 12:9-10) 14 Terwyl ons dan nou ’n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely. 15 Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. 16 Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word. (Heb. 4:14-16)

Page 18: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

34

Die karakter en werke van God 10 Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek met julle praat, praat Ek nie uit my eie nie; maar dit kom van die Vader wat in My bly en sy werke doen. 11 Glo in My omdat Ek in die Vader is en die Vader in My; of anders, glo op grond van die werke self. (Joh. 14:10-11) En Tomas sê vir Hom: “My Here en my God!” (Joh. 20-28) 20 Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, 21 aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen. (Ef. 3:20-21) 26 Dit is die geheimenis wat eeue en geslagte lank verborge was, maar wat nou geopenbaar is aan die mense wat aan Hom behoort. 27 God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid. (Kol.

1:26-27)

My/ons verhouding met God 26 Maar by julle moet dit nie so wees nie. Inteendeel, die belangrikste onder julle moet soos die geringste wees, en die een wat die leier is, soos die een wat dien. 27 Wie is die belangrikste: die een wat aan tafel is, of die een wat bedien? Tog hy wat aan tafel is, nie waar nie? Maar Ek is in julle kring soos die een wat dien. (Luk. 22:26-27) As iemand My wil dien, moet hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees. As iemand My dien, sal die Vader hom eer. (Joh.

12:26)

35

Die karakter en werke van God 24 Die Here die Almagtige het ’n eed afgelê: Soos Ek My voorgeneem het, so sal dit wees, wat Ek besluit het, sal gebeur. 27 Die Here die Almagtige het dit besluit; wie sal dit kan verydel? Sy hand is uitgesteek; wie sal die oordeel kan afweer? (Jes. 14:24,27) 11 Ek, Ek is die Here, buiten My is daar geen redder nie. 13 Ook hierná is Ek nog God. Uit my mag kan niemand gered word nie. Wat Ek doen, kan niemand ongedaan maak nie. (Jes.

43:11,13) Dít is hy in die oë van God in wie hy geglo het,

God wat dooies lewend maak en dinge wat nie bestaan nie, tot stand bring deur sy woord. (Rom.

4:17) 14 Daarom kniel ek in gebed voor die Vader 15 aan wie die hele gemeenskap van gelowiges in die hemel en op die aarde sy bestaan te danke het. (Ef.

3:14-15)

My/ons verhouding met God 16 Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. 17 Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. 18 Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig. (2 Kor. 4:16-18)

20 Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag. 21 Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos sy verheerlikte liggaam te wees. (Fil. 3:20-21)

36

Die karakter en werke van God 7 Sonder ophou moet hulle u groot goedheid verkondig en oor u reddingsdade jubel. 8 Genadig en barmhartig is die Here, lankmoedig en vol liefde. 9 Die Here is vir almal goed en barmhartig oor alles wat Hy geskep het. (Ps. 145:7-9) Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer. (2

Pet. 3:9) Dit is beslis nie my wil dat die goddelose moet sterf nie, sê die Here my God, dit is my wil dat hy hom bekeer van sy verkeerde dade en dat hy bly lewe. (Eseg. 18:23) So seker as Ek leef, sê die Here my God, Ek wil nie hê die sondaar moet deur sy sonde sterf nie, Ek wil hê hy moet van sy optrede afsien en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van julle bose optrede! Waarom wil julle sterf, Israel? (Eseg. 33:11) 12 Maar Jesus het dit gehoor en gesê: “Dié wat gesond is, het nie ’n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. 13 Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.’ Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.” (Matt. 9:12-13)

Page 19: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

19

My/ons verhouding met God Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom. (Fil. 1:6)

10 God wat alle genade gee en wat julle geroep het om in Christus Jesus deel te hê aan sy ewige heerlikheid, sal julle, nadat julle ’n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak. (1 Pet. 5:10)

37

Die karakter en werke van God “Ek glo vas dat U die Christus is, die Seun van God, die Een wat na die wêreld toe moes kom.” (Joh. 11:27) En Jesus sê vir hom: “Ek is al so lank by julle, en ken jy My nie, Filippus? Wie My sien, sien die Vader. Hoe kan jy dan sê: ‘Wys vir ons die Vader’? (Joh. 14:9) 5 en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde.Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos 6 en ons sy koninkryk gemaak, priesters vir God sy Vader. Aan Hom behoort die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen. (Open. 1:5-6)

9 Toe sing hulle ’n nuwe lied: “U is waardig om die boek te neem en die seëls daarvan oop te maak omdat U geslag is en met u bloed mense vir God losgekoop het uit elke stam en taal en volk en nasie. 10 U het hulle ’n koninkryk en priesters vir ons God gemaak en hulle sal oor die aarde regeer.” (Open. 5:9-10)

My/ons verhouding met God 9 Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word. Hy sal in en uit gaan en weiding kry. 10 ’n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. (Joh. 10:9-10) 27 My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My. 28 Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie. 29 Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie. (Joh.

10:27-29)

38

Die karakter en werke van God Ja, al is die Here hoog verhewe, Hy gee om vir

die nederige, maar Hy sien van ver af deur die hoogmoedige. (Ps. 138:6) Ek weet, Here, die mens kan nie self sy pad kies nie, niemand kan self sy koers bepaal nie. (Jer.

10:23) 6 In u trou antwoord U ons met kragtige dade, o God, ons Verlosser, op wie ook die mense in afgeleë lande en op verre seë vertrou. 7 U is met mag omgewe, U laat deur u krag die berge vas bly staan; 8 U laat die gedruis van die see, die geraas van die golwe, die rumoer van die nasies bedaar. (Ps. 65:6-8) 15 Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie. Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping. 16 God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep. 17 Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand. (Kol.1:15-17) My/ons verhouding met God 31 Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees? 32 Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie? (Rom. 8:31-32)

3 Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. 4 Deur dit te doen, het Hy ons die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het. Daardeur kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is, en deel kry aan die Goddelike natuur. (2 Pet. 1:3-4) 39

Die karakter en werke van God 4 Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam, 5 want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag. (Ps. 100:4-5) Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. (2 Kor. 1:3) U red die verdrukte volk, U verneder die trotses. (Ps. 18:28) Hy laat aan hulpeloses reg geskied en Hy leer hulle sy pad. (Ps. 25:9)

Page 20: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

My/ons verhouding met God 8 Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie. 9 Daarom is ek bly en juig ek en voel ek my veilig. 11 U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is. (Ps. 16:8-9,11) 24 Ek sê vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom. 25 Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra; 26 dit is goed om geduldig te wag op die hulp van die Here. (Klaagl. 3:24-26) 40

Die karakter en werke van God ’n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop. (Spr. 16:9) Al maak mense hoeveel planne, wat die Here besluit, staan vas. (Spr. 19:21) 1 In die verlede het God baiekeer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, 2 maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun. God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam van alles gemaak. (Heb. 1:1-2) Omdat ons glo, weet ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is; die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie. (Heb.

11:3) My/ons verhouding met God Want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins. (Fil. 1:21) 7 Maar wat eers vir my ’n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus, 8 ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry 9 en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat ’n mens in Hom glo. (Fil. 3:7-9) 41

Die karakter en werke van God Want u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke. (Ps. 108:5) Loof die God van die hemel! Aan sy liefde is daar geen einde nie. (Ps. 136:26)

25 Daardie tyd het Jesus gesê: “Ek prys U, Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg het en

dit aan eenvoudiges bekend gemaak het. 26 Ja, Vader, so was dit u genadige bedoeling. 27 “My Vader het alles aan My toevertrou, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; en ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun Hom wil bekend maak. (Matt. 11:25-27) 14 Nadat Johannes in die tronk opgesluit is, het Jesus na Galilea toe gegaan en die evangelie van God verkondig. 15 Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.” (Mark.

1:14-15) My/ons verhouding met God Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê. (Joh. 20:31) 9 As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. 10 Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered. 11 Die Skrif sê tog: “Niemand wat in Hom glo, sal teleurgestel word nie.” (Rom. 10:9-11) 42

Die karakter en werke van God 17 Ag, Here my God, U het die hemel en die aarde gemaak deur u groot mag. Niks is vir U onmoontlik nie. 18 U bewys u troue liefde aan duisende geslagte, maar U straf kinders vir die sondes van hulle ouers. Groot en magtige God, u Naam is Here die Almagtige. 19 U besluite is magtig, u dade groot. U sien alles wat die mense doen. U gee aan elkeen wat hom toekom, U beloon elkeen volgens sy dade. (Jer. 32:17-19) 12 Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. 13 Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee. (Heb. 4:12-13) 5 Hiermee vergeet hulle moedswillig dat daar lank gelede ’n hemel en ’n aarde was wat deur die woord van God uit water en deur water ontstaan het. 6 En dit is ook deur water dat die wêreld van daardie tyd oorstroom is en vergaan het. 7 Maar die hemel en die aarde van vandag is bestem en word bewaar vir die vuur, ook deur die woord van God, en word in stand gehou tot op die dag waarop die goddelose mense veroordeel en verdelg sal

Page 21: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

21

word. (2 Pet. 3:5-7) Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het; deur u wil het alles ontstaan en is dit geskep. (Open. 4:11)

My/ons verhouding met God Van elkeen aan wie baie gegee is, sal baie geëis word; en van hom aan wie baie toevertrou is, sal meer gevra word.” (Luk. 12:48) 1 So moet julle ons dan sien: ons is dienaars van Christus en bestuurders aan wie die geheimenisse van God toevertrou is. 2 Van ’n bestuurder word veral vereis dat hy betroubaar moet wees. (1 Kor. 4:1-2)

43

Die karakter en werke van God Ook dit is iets wat van die Here die Almagtige af kom; kennis wat van Hom kom, is wonderbaar en laat alles voorspoedig verloop. (Jes. 28:29) In Hom is al die verborge skatte van wysheid en kennis te vind. (Kol. 2:3)

... En my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel. (2 Kron. 7:14) Dit gaan goed met die nasie wie se God die Here is, met die volk wat Hy vir Hom as sy eie gekies het. (Ps. 33:12) My/ons verhouding met God 1 Ons weet dat, wanneer ons aardse woning wat maar ’n tent is, afgebreek word, ons ’n vaste gebou in die hemel het. Dit is ’n woning wat nie deur mense gemaak is nie maar deur God, en dit bly ewig staan. 2 Terwyl ons in die tentwoning leef, sug ons, want ons verlang daarna dat ons woning uit die hemel ons sal oordek. 3 Ons wil nie ontklee wees en naak voor God staan nie. 4 Ons wat nog in die tentwoning is, sug en voel bedruk omdat ons nie van die aardse liggaam afstand wil doen nie; ons wil die hemelse bo-oor die aardse aantrek, sodat wat sterflik is, verteer kan word deur die lewe. 5 Hy wat ons vir hierdie oorgang voorberei het, is God. As waarborg hiervan het Hy ons sy Gees gegee. (2

Kor. 5:1-5) 9 Maar, of ons hier woon of daar woon, ons het net een wens, en dit is om te lewe soos Hy dit wil. 10 Ons moet immers almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang volgens wat hy tydens sy aardse

lewe gedoen het, of dit nou goed was of kwaad. (2 Kor. 5:9-10) 44

Die karakter en werke van God 17 Hierdie aankondiging berus op ’n besluit van dié wat wag hou, die engele, en hulle maak hierdie beslissings bekend. So sal alle mense weet dat die Allerhoogste mag het oor al die koninkryke op aarde en dat Hy dit gee aan wie Hy wil; Hy stel selfs die onbelangrikste mens daaroor aan. 34 “Toe die vasgestelde tyd verby was, het ek, Nebukadnesar, na die hemel opgekyk om hulp en het ek my verstand teruggekry. Ek het die Allerhoogste geprys, ek het Hom wat ewig leef, geloof en geëer. Aan sy heerskappy is daar geen einde nie, sy koninkryk bestaan oor al die geslagte heen. 35 Teenoor Hom is al die bewoners van die aarde soos niks; Hy doen soos Hy besluit met die hemelse magte en met die mense op aarde. Daar is niemand wat Hom daarvan kan weerhou en vir Hom kan sê: ‘Wat doen U?’ nie. 37 Ek, Nebukadnesar, prys en eer en loof die Koning van die hemel. Alles wat Hy doen, is reg, sy optrede is regverdig. Hy het die mag om hoogmoediges te verneder.” (Dan. 4:17,34-35,37) Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde." (Matt. 28:18) 31 “Hy wat van bo af kom, is bo almal; hy wat van die aarde is, hoort by die aarde en praat die taal van die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal. 34 God het Hom immers gestuur, en Hy spreek die woorde van God, want God gee Hom sy Gees sonder enige beperking. (Joh. 3:31,34)

22 Self veroordeel die Vader niemand nie, maar die oordeel het Hy geheel en al aan die Seun oorgelaat. 23 Daarom moet almal die Seun eer net soos hulle die Vader eer. Wie nie die Seun eer nie, eer ook nie die Vader wat Hom gestuur het nie. (Joh. 5:22-23)

My/ons verhouding met God Ons Here het my oorlaai met sy genade en met geloof en liefde wat ons deel is in Christus Jesus. (1 Tim. 1:14)

Hy het ons gered en ons geroep om aan Hom toegewy te wees. Dit het Hy gedoen, nie op grond van ons dade nie, maar op grond van sy eie besluit en die genade wat Hy van ewigheid af in Christus Jesus aan ons geskenk het. (2 Tim. 1:9)

Page 22: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

45

Die karakter en werke van God Die Here is goed, Hy is ’n toevlug in tyd van nood, Hy sorg vir dié wat by Hom skuil. (Nah.

1:7) Dít is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh. 1:5)

15 Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose moet bewaar. 24 “Vader, Ek wil graag hê dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook by My moet wees, sodat hulle my heerlikheid kan sien, die heerlikheid wat U My gegee het omdat U My al voor die skepping van die wêreld liefgehad het. (Joh. 17:15,24) Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld. (Hand. 1:8)

My/ons verhouding met God 9 Aangesien ons nou vrygespreek is op grond van sy versoeningsdood, staan dit soveel vaster dat ons deur Hom ook van die straf van God gered sal word. 10 Aangesien ons, toe ons nog vyande was, deur die dood van sy Seun met God versoen is, staan dit soveel vaster dat ons, noudat ons versoen is, deur die lewe van sy Seun gered sal word. 11 Maar dit is nie al nie. Ons verheug ons ook in God deur ons Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening ontvang het. (Rom. 5:9-11) Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees. (2 Kor. 5:21) 46

Die karakter en werke van God Ek kondig vantevore aan wat later sal kom, lank tevore al wat nog nie gebeur het nie. Ek sê wat Ek besluit het en dit gebeur, wat Ek wil, doen Ek. (Jes. 46:10) So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het. (Jes. 55:11) 20 Die wet het bygekom om die oortredinge nog meer te maak; en hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het die genade geword. 21 Die doel was dat, soos die sonde deur die dood

heerskappy gevoer het, die genade deur die vryspraak ook heerskappy kan voer en tot die ewige lewe kan lei deur Jesus Christus ons Here. (Rom. 5:20-21)

Christus is tog die einde van die wet, sodat elkeen wat glo, vrygespreek kan word. (Rom. 10:4). My/ons verhouding met God 14 Die liefde van Christus dring ons, omdat ons tot die insig gekom het dat een vir almal gesterwe het, en dit beteken dat almal gesterwe het. 15 En Hy het vir almal gesterwe sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is. (2

Kor. 5:14-15)

4 Maar toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir die mens verskyn. 5 Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. 6 God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser. 7 So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag. (Tit.

3:4-7) 47

Die karakter en werke van God 13 “My nagtelike visioen het voortgeduur: daar het in die wolke iemand aangekom, iemand soos ’n menslike wese. Hy het na Hom toe gegaan wat ewig lewe en is voor Hom gebring. 14 Aan dié menslike wese is die heerskappy en eer en koningskap gegee sodat al die volke, nasies en taalgroepe hom sou dien. Sy heerskappy is ’n ewige heerskappy, dit sal nie tot niet gaan nie; sy koningskap sal nie ophou nie. (Dan. 7:13-14)

Aan die enigste God, ons Verlosser deur Jesus Christus ons Here, aan Hom behoort die heerlikheid en die majesteit, die krag en die mag, van alle ewigheid af, ook nou en tot in alle ewigheid! Amen. (Jud. 25) Die geloof kom dus deur die prediking wat ’n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus. (Rom 10:17) 1 Van Paulus, ’n dienaar van God en ’n apostel van Jesus Christus. Ek het die opdrag ontvang om die uitverkorenes van God te lei tot die geloof en tot kennis van die waarheid, dié waarheid wat lei tot die diens van God 2 en wat hoop gee op die ewige lewe. God wat sy woord hou, het die ewige lewe lank gelede aan ons belowe. 3 Nou het Hy op die

Page 23: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

23

bestemde tyd sy woord bekend gemaak deur die prediking wat as opdrag aan my toevertrou is deur God ons Verlosser. (Tit. 1:1-3) My/ons verhouding met God 4 Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. 5 Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered! (Ef. 2:4-5) 21 Ook julle was voorheen ver van God af en vyandiggesind teenoor Hom, soos blyk uit julle sondige lewenswyse. 22 Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel. (Kol. 1:21-22) Die karakter en werke van God Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie! (Ps. 118:1)

138 In groot regverdigheid en trou het U u verordeninge uitgevaardig. 142 U is altyd getrou en regverdig, u wet staan altyd vas. (Ps.

119:138,142) Want niemand kan ’n ander fondament lê as wat reeds gelê is nie. Die fondament is Jesus Christus. (1 Kor. 3:11) 26 Vir ons was so ’n hoëpriester nodig, een wat heilig, skuldeloos en sonder smet is, verwyder uit die midde van die sondaars en verhoog bo die hemele, 27 een wat nie, soos die hoëpriesters, elke dag offers hoef te bring, eers vir sy eie sondes en dan vir dié van die volk nie. Hy het immers eens en vir altyd ’n offer vir die sondes gebring toe Hy Homself geoffer het. (Heb. 7:26-27) My/ons verhouding met God 12 Met blydskap moet julle die Vader dank wat julle geskik gemaak het om deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig. 13 Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. 14 Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes. (Kol. 1:12-14) 18 Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie. 19

Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is. (1 Pet. 1:18-19)

48

Die karakter en werke van God Die hemel en die aarde sal vergaan, maar my woorde nooit.” (Matt. 24:35) Aan Hom wat vir ewig Koning is, die onverganklike, onsienlike, enigste God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen. (1 Tim. 1:17) 19 God het besluit om met sy volle wese in Hom te woon 20 en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen. (Kol. 1:19-20) 7 Gedurende sy aardse lewe het Hy aan God, wat Hom uit die dood kon red, gebede en smekinge geoffer met harde geroep en met trane. En sy gebede is verhoor vanweë sy eerbiedige onderworpenheid aan God. 8 Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is. 9 En toe Hy volmaaktheid bereik het, het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige saligheid geword 10 en is Hy deur God verklaar tot Hoëpriester volgens die priesterorde van Melgisedek. (Heb. 5:7-10) My/ons verhouding met God 29 Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is. 30 Dié wat Hy daartoe bestem het, het Hy ook geroep. En dié wat Hy geroep het, het Hy ook vrygespreek. En dié wat Hy vrygespreek het, het Hy ook verheerlik. (Rom.

8:29-30) 13 Julle was dood deurdat julle gesondig het en deurdat julle sondige natuur nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy ons al ons sondes vergewe het. 14 Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem. 15 Hy het elke mag en gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer. (Kol. 2:13-15) 49

Die karakter en werke van God Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel. (Jer. 1:5) Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel.

Page 24: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

(Matt. 10:30) 24 Omdat Jesus vir ewig bly, beklee Hý ’n priesterskap wat nie op ’n ander oorgedra word nie. 25 Daarom kan Hy ook dié wat deur Hom na God gaan, eens en vir altyd verlos: Hy lewe vir altyd om vir hulle by God in te tree. (Heb.

7:24-25) 10 Omdat God dit so wou, is ons vir Hom afgesonder deurdat Jesus Christus sy liggaam as offer gebring het, eens en vir altyd. 11 Verder, elke priester staan dag vir dag sy diens en verrig, en bring elke keer weer dieselfde offers, wat tog nooit die sondes kan wegneem nie. 12

Maar Jesus Christus het één offer vir die sondes gebring en vir altyd aan die regterhand van God gaan sit. 13 Nou wag Hy daar totdat sy vyande aan Hom onderwerp is. 14 Deur die één offer het Hy dié wat vir God afgesonder word, vir altyd volkome van sonde vrygemaak. (Heb

10:10-14)

My/ons verhouding met God Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. (Rom. 12:2)

17 Bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken. 18 Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, 19 en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. (Ef. 1:17-19) 50

Die karakter en werke van God Het jy dan nie gehoor nie, Ék het dit bewerk, lank gelede al, van die vroegste tye af het Ek dit voorberei en Ek het dit nóú laat gebeur. (2 Kon.

19:25) Een ding moet julle egter nie vergeet nie, geliefdes: vir die Here is een dag soos duisend jaar en duisend jaar soos een dag. (2 Pet. 3:8) 17 Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie. 18 Omdat dit sy wil was, het God ons deur die woord van die waarheid tot die lewe gebring, sodat ons, om dit so te stel, eerstelinge kan wees van alles wat Hy geskep het. (Jak. 1:17-18)

18 Ook Christus het een maal vir die sondes gely, die onskuldige vir die skuldiges, om julle na God te bring, Christus wat as mens doodgemaak is, maar deur die Gees lewend gemaak is. 22 Hy is nou aan die regterhand van God nadat Hy die engele en magte en kragte aan Hom onderwerp het en die hemel ingegaan het. (1 Pet. 3:18,22) My/ons verhouding met God 13 Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël. 14 Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy grootheid prys. (Ef. 1:13-14) 1 Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. 2 Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie, 3 want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. 4 Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel. (Kol. 3:1-4) 51

Fokus op die karakter en werke van God 28 U is my God, U wil ek loof; my God, U grootheid wil ek besing. 29 Ek loof U Here, want U is goed, aan U liefde is daar geen einde nie.

(Ps.118:28-29) 15 U verskyning sal op die bestemde tyd plaasvind. Daarvoor sorg Uself o God, die goeie en enigste Heerser, die Koning van die konings en die Here van die heersers. 16 U alleen besit onsterflikheid; U woon in ontoeganklike lig. Geen mens het U gesien of kan U sien nie. Aan U kom toe eer en ewige mag! Amen. (1 Tim.6:15-16)

2 Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het! 3 Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het. So word u teëstanders, die vyande en wraakgieriges, tot swye gebring. 4 As ek u hemel aanskou, die werk van U vingers, die maan en die sterre waaraan U ’n plek gegee het, 5 wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien? 6 U het hom net ’n bietjie minder as ’n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon, 7 U laat hom heers oor die

Page 25: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

25

werk van u hande, U het alles aan hom onderwerp. (Ps.8:2-7) Here, Almagtige, God van Israel, U wat oor die gerubs troon, U alleen is God oor al die koninkryke van die aarde. U het die hemel en die aarde gemaak. (Jes.37:16) My/ons verhouding met God 24 Die Here sal julle seën en julle beskerm; 25 die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; 26 die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! (Num.6:24-26)

Here God, Vader van ons Here Jesus Christus, U het my lief en het my geroep om aan U te behoort. Mag U genade en vrede met my wees. (Rom.1:7) 52

Karakter en werke van God God is nie ’n mens dat Hy sou lieg nie, ’n mens dat Hy van gedagte sou verander nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie uitvoer nie? (Num.23:19) Waarom het jy nie na die bevel van die Here geluister nie? En waarom het jy jou aan die buit vergryp en hierdie ding gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here?” (1 Sam.15:29) 4 Geslag na geslag prys wat U doen en vertel van u magtige dade, 5 van die luister, die heerlikheid van u majesteit. Ek wil getuig van u magtige dade, 6 sodat die mense oor u wonderdade sal praat. Ek wil van u grootheid vertel. (Ps.145:4-6) 18 Wie is ’n God soos U? U vergewe sonde, U straf nie die sonde van dié wat uit u volk oorgebly het nie. U bly nie vir altyd kwaad nie, U betoon liefde. 19 Hy sal ons weer genade betoon, Hy sal ons sonde tot niet maak, U sal al hulle sondes in die diepsee gooi. (Miga 7:18-19) My/ons verhouding met God Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie; leef daarmee saam, maak dit ’n deel van jou lewe. (Spr.3:3) 4 Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. 5 Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. 6 Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. 7 Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. 8 Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone

tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak. (1 Kor.13:4-8) 53

Die karakter en werke van God 17 Die Here jou God, Hy alleen is God, die Here: die groot God, die magtige, wat wonderdade doen, wat vir niemand partydig is nie en ook nie omkoopgeld aanneem nie. 18 “Hy laat reg geskied aan die weeskind en die weduwee. Hy het die vreemdeling lief en gee vir hom kos en klere. (Deut.10:17-18) 30 Met u hulp loop ek ’n oormag storm, met my God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie. 31 Wat God doen, is volmaak; wat die Here sê, is suiwer. Elkeen wat by Hom skuiling soek, beskerm Hy. (Ps.18:30-31) Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg. (Jes.9:6) 32 Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee, 33 en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.” (Luk.1:32-33) My/ons verhouding met God 2 Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, 3 my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting, my toevlug en bevryder. Van geweld het U my verlos. 4 Onder bespotting roep ek na die Here, dan word ek van my vyande gered. (2 Sam.22:2-4) 33 Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry. 34 Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons. (Rom.8:33-

34) 54

Die karakter en werke van God Toe sê God vir Moses: “Ek is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Ek is’ het my na julle toe gestuur.” (Eks.3:14) Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid. (Heb.13:8) 9 Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na

Page 26: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

jou toe kom. Hy is regverdig en hy is ’n oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op ’n donkie, op die hingsvul van ’n donkie. 10 Ek sal die strydwaens in Efraim vernietig, die perde uit Jerusalem uitroei. Die pyl en boog waarmee oorlog gemaak word, sal gebreek word. Die koning sal vrede vir die nasies afkondig en hy sal regeer van see tot see, van die Eufraat af tot in die uithoeke van die aarde. (Sag.9:9-10) 36 Julle weet dat God aan Israel sy woord gestuur het, naamlik die evangelie van vrede wat Jesus Christus gebring het. Hierdie Jesus is Here van almal. 42 Hy het ons opdrag gegee om aan die volk te verkondig en te bevestig dat dit Hy is wat deur God aangestel is as Regter oor lewendes en dooies. 43 Van Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergewing van sondes deur sy Naam ontvang.” (Hand.10:36, 42-43) My/ons verhouding met God 4 “Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. 5 Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag. (Deut.6:4-5) Hy wat sy vader of moeder liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie; hy wat sy seun of dogter liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie. (Matt.10:37)

55

Die karakter en werke van God 25 Die Here is groot, al die lof kom Hom toe, ontsagwekkend is Hy bo alle gode. 26 Al die gode van die volke is niks: dit is die Here wat die hemele gemaak het. 27 Majesteit en luister straal van Hom uit, krag en vreugde vul die plek waar Hy is. 28 Prys die Here, alle volke, prys die Here om sy eer en mag! 29 Prys die Here om die eer van sy Naam! Kom na Hom toe, bring vir Hom offers! Buig voor die Here by sy heilige verskyning. (1 Kron.16:25-29) So sê Hy wat hoog en verhewe is, Hy wat ewig leef en wie se Naam die Heilige is: Ek woon in ’n hoë en heilige plek en Ek is by hom wat verdruk en nederig is. Ek gee nuwe krag aan die nederiges, Ek gee nuwe krag aan die verdruktes. (Jes.57:15) 1 Die hemel en alles daarin is voltooi en ook die aarde en alles daarop. 2 Op die sewende dag was God reeds klaar met die skeppingswerk en het Hy gerus na al die werk wat Hy gedoen het. 3 Hy het die sewende dag as gereelde rusdag geheilig, want op daardie dag het Hy gerus na al

die skeppingswerk wat Hy gedoen het. (Gen.2:1-3) Toe het hy tot die Here gebid: “Here, God van Israel, U wat oor die gerubs troon, U alleen is God oor al die koninkryke van die aarde, U het die hemel en die aarde gemaak. (2 Kon.19:15) My/ons verhouding met God 10 Roem sy heilige Naam, laat dié wat die teenwoordigheid van die Here soek, bly wees. 11 Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid. 12 Julle moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het, aan sy wonders, aan die reddingsdade op sy bevel. (1 Kron.16:10-12) 28 Laat ons wat ’n onwankelbare koninkryk ontvang het, dan nou dankbaar wees. Laat ons God dankbaar dien met eerbied en ontsag, soos Hy dit wil, 29 want ons God is ’n verterende vuur. (Heb.12:28-29) 56

Die karakter en werke van God Wie van die gode is soos U, Here? Wie is soos U, so hoog geëeren heilig? In lofsange word U vereer, Bewerker van wonderdade! (Eks.15:11) 8 My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; 9 soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes. (Jes.55:8-9) 5 U groot dade, Here, het my baie bly gemaak, ek wil juig oor wat U gedoen het. 6 Groots is alles wat U doen, Here, ondeurgrondelik u gedagtes. 7 Wie dit nie besef nie, is ’n dom mens, wie dit nie insien nie, is sonder verstand. (Ps.92:5-7) 18 Die Here is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom in opregtheid aanroep. 19 Aan dié wat Hom dien, gee Hy wat hulle vra, Hy hoor as hulle om hulp roep, en Hy red hulle. 20 Die Here beskerm almal wat Hom liefhet, maar al die goddeloses verdelg Hy. (Ps.145:18-20) My/ons verhouding met God 13 Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ’n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit. 14 Julle is die lig vir die wêreld. ’n Stad wat op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie; 15 ook steek ’n mens nie ’n lamp op en sit dit onder ’n emmer nie maar op ’n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. 16 Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” (Matt.5:13-16)

Page 27: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

27

Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie? (1 Kor.3:16)

57

Die karakter en werke van God Weet dan nou en neem dit ter harte: die Here is God. In die hemel daarbo en op die aarde hieronder is daar nie nog ’n god nie. (Deut.4:39) 5 Ek is die Here, daar is geen ander nie, buiten My is daar geen God nie. Ek rus jou toe vir jou taak al ken jy My nie. 6 Ek doen dit sodat elkeen van die ooste af tot in die weste kan weet dat daar buiten My geen God is nie; Ek is die Here, daar is geen ander nie. (Jes.45:5-6) 6 Wolwe en skape sal dan saam bly, luiperds sal tussen bokkies lê, kalwers, leeus en voerbeeste sal bymekaar wees en klein seuntjies sal vir almal sorg. 7 Koeie en bere sal saam wei, hulle kleintjies sal bymekaar lê, leeus sal gras eet soos beeste. 8 Babatjies sal by die gate van adders speel, klein kindertjies sal hulle hande uitsteek na giftige slange. 9 Op my heilige berg sal niemand kwaad aanrig of iets verniel nie, want die aarde sal so vol wees van die kennis van die Here soos die see vol water is. (Jes.11:6-9) Kyk op na die hemel, kyk na die aarde hier onder: die hemel sal soos rook verdwyn, die aarde sal word soos ou klere, en almal wat daarop woon, sal doodgaan soos muggies, maar die verlossing wat Ek bewerk, sal vir altyd wees, die redding wat Ek bring, sal altyd bly. (Jes.51:6)

My/ons verhouding met God Die Here is my sterkte en my beskermer, op Hom het ek vertrou. Hy het my gehelp. Daarom is ek bly en wil ek Hom loof met my lied. (Ps.28:7) Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My. (Joh.14:1)

58

Die karakter en werke van God Besef dit tog: Ek, Ek is die Here! Naas My is daar geen ander God nie. Ek maak dood en Ek gee lewe. Ek maak siek en Ek maak gesond. Uit my mag word niemand bevry nie. (Deut.32:39) Here, God van ons voorvaders, U is God. U heers uit die hemel oor al die koninkryke van die nasies. Uit u hand kom die mag en die krag. Niemand kan teen U stand hou nie. (2 Kron.20:6)

2 Hierdie evangelie het Hy vooruit deur sy profete in die Heilige Skrif aangekondig, 3 en dit handel oor sy Seun. As mens is Hy uit die geslag van Dawid gebore; 4 op grond van sy opstanding uit die dood is Hy deur die Heilige Gees aangewys as die Seun van God wat met mag beklee is, Jesus Christus ons Here. (Rom.1:2-4) Hom het God gegee as offer wat deur sy bloed versoening bewerk het vir dié wat glo. Hierdeur het God getoon wat sy vryspraak behels: Hy het die sondes wat Hy voorheen in sy verdraagsaamheid tydelik ongestraf laat bly het, vergewe. Maar Hy het ook getoon wat sy vryspraak in die teenswoordige tyd behels: Hy oordeel regverdig deurdat Hy elkeen vryspreek wat in Jesus glo. (Rom.3:25-26)

My/ons verhouding met God 33 Jakob sê toe vir hom: “Beloof my nou met ’n eed dat jy jou reg as eersgeborene aan my oormaak.” Esau het dit gedoen en so sy reg as eersgeborene aan Jakob verkoop. 34 Daarna het hy vir Esau brood en lensiesop gegee, en hy het geëet. Toe hy klaar was, het hy uitgestap. Dit is hoe min Esau gedink het van sy reg as eersgeborene. (Gen.25:33-34) Wees net gehoorsaam aan die Here en dien Hom opreg en met julle hele hart. Let op die groot dinge wat Hy vir julle gedoen het. (1 Sam.12:24)

59

Die karakter en werke van God 6 Terwyl Hy by Moses verbygaan, roep die Here: “Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. 7 Ek betoon my liefde aan geslagte en geslagte. Ek vergewe ongeregtigheid, oortreding en sonde, maar Ek spreek niemand sonder meer vry nie. Ek reken kinders en kleinkinders die sondes van vaders toe selfs tot in die derde en vierde geslag.” (Eks.34:6-

7) 6 Die Here laat geregtigheid en reg geskied aan almal wat verdruk word. 8 Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en vol liefde. (Ps.103:6,8) 7 Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens ’n lewende wese geword het. 9 Die Here God het verder allerlei bome, mooi om na te kyk en lekker om van te eet, uit die grond laat uitspruit, ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van alle kennis. 15 Die Here God het die mens in die tuin laat woon om dit te bewerk en op te pas. (Gen.2:7,9,15)

Page 28: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

Hier volg die geslagsregister van Adam. Toe God die mense geskep het, het Hy hulle gemaak as beeld van Homself. (Gen.5:1)

My/ons verhouding met God 22 Maar Samuel antwoord: “Is brandoffers en ander diereoffers net so aanneemlik vir die Here as gehoorsaamheid aan sy bevel? Nee, gehoorsaamheid is beter as offerande, om te luister is beter as die vet van ramme. 23 Weerspannigheid is net so erg as die sonde van waarsêery; eiesinnigheid net so erg as die bedrog van afgodery. Omdat jy die woord van die Here verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.” (1 Sam.15:22-23) 46 “Watter sin het dit dat julle My aanspreek met ‘Here, Here!’ en nie doen wat Ek sê nie? 47 Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en doen wat Ek sê—Ek sal vir julle verduidelik soos wie hy is: 48 Hy is soos ’n man wat by die bou van sy huis die grond diep uitgegrawe en die fondament op die rotsbodem gelê het. Toe daar ’n oorstroming kom en die vloedwater die huis tref, kon dit hom nie beweeg nie, want die huis was goed gebou. (Luk.6:46-48)

60

Die karakter en werke van God 4 Die Here is groot, al die lof kom Hom toe, ontsagwekkend is Hy bo alle gode. 5 Al die gode van die volke is niks: dit is die Here wat die hemele gemaak het. 6 Majesteit en luister straal van Hom uit, krag en glans vul sy heiligdom. 7 Prys die Here, alle volke, prys die Here om sy eer en mag! 8 Prys die Here om die eer van sy Naam! Kom na sy voorhowe toe, bring vir Hom offers! 9 Buig voor die Here by sy heilige verskyning; betoon eerbied aan Hom, almal op aarde. (Ps.96:4-9)

Die serafs het mekaar telkens toegeroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.” (Jes.6:3) 14 Die Here help almal op wat geval het. Hy ondersteun dié wat bedruk is. 15 Die oë van almal is op U gerig, en U gee hulle kos op hulle tyd. 16 U maak u hand oop en skenk u guns in oorvloed aan al wat leef. (Ps.145:14-16) Tot U, Here, rig ek my, my God, op U vertrou ek. Laat my vertroue tog nie tevergeefs wees nie, laat my vyande nie juig oor wat met my gebeur nie. (Jes.25:1)

My/ons verhouding met God 25 Ek weet dat my Losser leef, uiteindelik sal Hy op die aarde triomfeer! 26 Selfs nadat hierdie siekte my vel weggevreet het, sal ek nog lewe en God sien. 27 Ek sal Hóm sien, met my eie oë sal ek Hom sien, Hom en niemand anders nie. Ek smag daarna met my hele lewe. (Job 19:25-27) 15 Ek het my hoop op God gestel, en net soos hulle verwag ek dat alle mense, goeies en slegtes, uit die dood sal opstaan. 16 Daarom doen ek ook my uiterste bes om altyd ’n skoon gewete voor God en die mense te hê. (Hand.24:15-16)

61

Die karakter en werke van God 9 “Hy beskerm sy troue dienaars op hulle pad, maar die goddeloses word stil gemaak in die duisternis van die graf. ’n Mens oorwin nie deur eie krag nie! 10 Dié wat teen die Here in opstand kom, word vernietig, van bo uit die hemel verbrysel Hy hulle. Die Here spreek reg tot by die eindes van die aarde, Hy verleen krag aan sy koning, Hy gee sterkte aan sy gesalfde.” (1

Sam.2:9-10) Ek lê ’n eed af in my eie Naam, wat Ek sê, is betroubaar, dit is ’n woord wat nie onvervul sal bly nie: voor My sal elke knie buig, in my Naam sal elke tong ’n eed aflê. (Jes.45:23) 8 Hier sal die Here God die dood vir ewig vernietig, en die trane op almal se gesigte afvee. Oor die hele aarde sal Hy die smaad verwyder wat sy volk aangedoen is. Die Here het dit gesê. 9 Wanneer dit gebeur, sal elkeen sê: Kyk daar, dit is ons God, ons het op Hom vertrou, Hy het ons gered. Dit is die Here! Ons het op Hom vertrou. Laat ons bly wees en juig omdat Hy ons gered het. (Jes.25:8-9) Ek gaan ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde skep; aan dié wat daar nou is, sal daar nie meer gedink word nie, hulle sal nie onthou word nie. (Jes.65:17)

My/ons verhouding met God Bring die leuenaars tot swye, dié wat vol is van hulleself en in hoogmoed en veragting teen die regverdige praat. (Ps.31:19) 14 Hy weet waarvan ons gemaak is, Hy hou dit in gedagte dat ons stof is. 15 Die mens, sy lewensduur is soos dié van gras, soos dié van ’n veldblom wat oopgaan: 16 as die woestynwind daaroor waai, is dit weg en sy plek vir altyd leeg. 17 Maar onverganklik is die liefde van die Here vir dié wat Hom dien, sy trou vir opeenvolgende geslagte, 18 vir dié wat getrou bly aan sy verbond en sy voorskrifte nakom. (Ps.103:14-18)

Page 29: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

29

62

Die karakter en werke van God 6 Here, u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke, 7 u geregtigheid tot op die hoogste berge, die reg wat U spreek, tot in die dieptes van die see. U sorg vir mens en dier, o Here...9 In u huis geniet hulle oorvloed, U laat hulle drink uit die strome van u goedheid. (Ps.36:6-

7,9) Want sy liefde vir ons is sterk, aan die trou van die Here is daar geen einde nie! Prys die Here! (Ps.117:2) 25 Wat vir die wêreld die onsin van God is, is groter wysheid as die wysheid van mense, en wat vir die wêreld die swakheid van God is, is groter krag as die krag van mense. 27 En tog, wat vir die wêreld onsin is, het God uitgekies om die geleerdes te beskaam; wat vir die wêreld swak is, het God uitgekies om die sterkes te beskaam, 28 en wat vir die wêreld sonder aansien of betekenis is, ja, wat niks is nie, het God uitgekies om wat iets is, tot niet te maak. 29 Voor God het geen mens dus iets om op te roem nie. (1 Kor.1:25,27-29) 20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My. 21 Elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek saam met My op my troon laat sit, net soos Ek ook die oorwinning behaal het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het. (Open.3:20-21)

My/ons verhouding met God Wees my genadig, o God! Wees my genadig, want by U soek ek skuiling. Onder u vleuels sal ek skuil tot die bedreiging verby is. (Ps.57:2) So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê. Maar dit wou julle nie. (Jes.30:15) 63

Die karakter en werke van God Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het! (Ps.8:2) Ek wil die Here loof! Here my God, U is baie groot, U is beklee met koninklike luister. (Ps.104:1) Die Here het in ses dae die hemel en alles daarin gemaak, die aarde en alles daarop, die see en alles daarin. Op die sewende dag het Hy gerus,

en daarom het die Here dit as gereelde rusdag geheilig. (Eks.20:11) Dit is U! U alleen is Here! U het die hemel gemaak die hoogste hemel en sy hele leërmag, die aarde en alles daarop, die oseane en alles daarin. U laat hulle almal lewe; die hemelse leërmag buig voor U. (Neh.9:6)

My/ons verhouding met God 1 Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. 2 Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. 3 Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. 4 Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. 5 U laat my by ’n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos ’n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. 6 U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae. (Ps.23:1-6) Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. (Rom.8:28) 64

Die karakter en werke van God Maar Hy sê vir Samuel: “Moenie na sy voorkoms of sy buitengewone lengte kyk nie, want Ek het hom nie gekies nie. Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike.” (1

Sam.16:7) 1 Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. 2 Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. 3 Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend. 4 Daar is nog nie ’n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees. (Ps.139:1-4) 1 ’n Takkie sal uitspruit uit die stomp van Isai, ’n loot uit sy wortels sal vrugte dra. 2 Die Gees van die Here sal op hom rus: die Gees wat wysheid en insig gee, die Gees wat raad en sterkte gee, die Gees wat kennis verleen en eerbied vir die Here. 3 Die takkie sal vreugde vind in die diens van die Here. Hy sal nie regspreek volgens uiterlike skyn nie en nie oordeel volgens hoorsê nie. 4 Hy sal die armes billik verhoor en die ootmoediges in die land regverdig oordeel. Hy sal die goddeloses in die land hard oordeel, met sy uitsprake sal hy hulle om die lewe bring. 5 Hy sal regverdig en betroubaar regeer. (Jes.11:1-5) Die maagd sal swanger word en ’n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem.

Page 30: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

Die naam beteken God by ons. (Matt.1:23)

My/ons verhouding met God En nou, Israel, die Here jou God vra net dat jy Hom moet eer, sy wil moet gehoorsaam, Hom moet liefhê en dien met hart en siel. (Deut.10:12) Want hier staan ’n groot en belangrike deur vir my oop, maar hier is ook baie teenstanders. (1 Kor.16:9)

65

Die karakter en werke van God Hy is die Rots, sy werk is volmaak, alles wat Hy doen, is regverdig. Hy is die getroue God, sonder onreg, Hy is regverdig en betroubaar. (Deut.32:4) 4 Wat die Here sê, gebeur, alles wat Hy doen, staan vas. 5 Hy het geregtigheid en reg lief, die hele wêreld is vol van die Here se troue liefde. (Ps.33:4-5) 2 Baie van dié wat ontslaap het, sal uit die graf opstaan, party tot die ewige lewe en party tot ewige skande en veragting. 3 Die verstandige leiers sal skitter met die glans van die hemel self, en dié wat baie mense op die regte pad gelei het, sal vir altyd skitter soos die sterre. (Dan.12:2-3) 28 Moenie hieroor verbaas wees nie: daar kom ’n tyd wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor 29 en sal uitgaan. Dié wat goed gedoen het, sal opstaan en lewe, en dié wat verkeerd gedoen het, sal opstaan en veroordeel word. (Joh.5:28-29)

My/ons verhouding met God 12 Met my hele hart sal ek U prys, Here my God, u Naam altyd eer. (Ps.86:12) 18 Nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder. 19 Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van ’n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop. (Hab.3:18-19) 66

Die karakter en werke van God Daar is geen heilige soos die Here nie, buiten U is daar nie een nie, daar is geen rots soos ons God nie. (1 Sam.2:2) Is daar nogtans vir ons net een God: die Vader, uit wie alles is en vir wie ons lewe; en net een Here: Jesus Christus, deur wie alles bestaan en deur wie ons lewe. (1 Kor.8:6) 16 “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy

enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. 17 God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. (Joh.3:16-17) 46 Ek het as die lig na die wêreld toe gekom, sodat dié wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie. 47 En as iemand na my woorde luister en hom nie daaraan steur nie, veroordeel Ek hom nie, want Ek het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar om die wêreld te red. (Joh.12:46-47)

My/ons verhouding met God Daardie dag sal julle weet dat ek in my Vader is en julle in My en Ek in julle. (Joh.14:20) Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons sekerlik ook met Hom een wees in sy opstanding. (Rom.6:5)

67

Die karakter en werke van God Maar die Here sê: “Ek sal al my voortreflikheid voor jou laat verbykom en Ek sal die Naam ‘die Here’ vir jou uitroep, want Ek betoon genade aan wie Ek genade wil betoon en Ek ontferm My oor wie Ek My wil ontferm. (Eks.33:19) Skrywe aan die leraar van die gemeente in Filadelfia: So sê die Heilige, die Ware God, Hy wat die sleutel van Dawid het, wat die deur oopsluit en niemand sal dit weer toesluit nie, en dit toesluit en niemand sluit dit weer oop nie. (Open.3:7) 9 Hy het die Beer en Orion gemaak, die Sewester en die sterrebeelde in die suide. 10 Wat Hy doen, is groot en ondeurgrondelik, wonder op wonder. (Job

9:9-10) 16 Dit is U aan wie dag en nag behoort, U wat aan die son en die maan hulle plek gegee het, 17 U wat al die seisoene van die aarde vasgestel het; somer en winter is die werk van u hand. (Ps.74:16-17)

My/ons verhouding met God 7 In dié tyd het die siener Ganani na koning Asa van Juda toe gekom en vir hom gesê: “Jy het gesteun op die koning van Aram, jy het nie op die Here jou God gesteun nie. Daarom het die leër van die koning van Aram jou ontglip. 8 Die Kussiete en die Libiërs was ’n groot leërmag met ’n magtige getal strydwaens en ruiters, maar jy het gesteun op die Here, en Hy het hulle aan jou oorgegee. 12 In sy nege en dertigste regeringsjaar het Asa ’n uiters ernstige siekte aan sy voete opgedoen, maar selfs in dié siekte het hy nie die Here geraadpleeg nie, wel die dokters. (2 Kron.16:7-8,12)

Page 31: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

31

3 Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. 4 Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. 5 Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg. 7 Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van ’n skelm nie. (Ps.37:3-5,7)

68

Die karakter en werke van God Toe sê Moses vir Aäron: “Die Here het gesê: Wie ’n offer vir My bring, moet besef dat Ek heilig is; sy ontsag vir My moet vir die hele volk duidelik wees.” Aäron was sprakeloos. (Lev.10:3) Die Here die Almagtige is verhewe, Hy laat reg geskied; die heilige God laat Hom ken as die Heilige, Hy oordeel regverdig. (Jes.5:16) Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou. Maar nou het jy dwaas opgetree en daarom sal jy van nou af oorlog hê.” (2 Kron.16:9) Maar vir julle wat eerbied het vir my Naam, sal die son van redding skyn met genesing in sy strale. Julle sal vry word en bokspring soos vetgemaakte kalwers. (Mal.4:2)

My/ons verhouding met God Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê. Oordink dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan. Dan sal jy slaag in wat jy moet doen, jy sal voorspoedig wees. (Jos.1:8) Maar nou vertrou ek julle aan God toe en aan die woord van sy genade. Die woord is magtig om julle op te bou en julle in die seëninge te laat deel wat Hy aan al die gelowiges as erfdeel belowe het. (Hand.20:32)

69

Die karakter en werke van God 2 Al julle volke, klap julle hande; juig tot eer van God met ’n jubelende stem, 7 Prys God, prys Hom met psalms, prys ons Koning, prys Hom met psalms! 8 God is koning oor die hele aarde; sing vir Hom ’n lied. (Ps.47:2,7-8) 3 Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God. Hy hou alle dinge deur sy magswoord in stand. Nadat Hy die reiniging van sondes bewerkstellig het, het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoë hemel. 4 Hy is net so

verhewe bo die engele as wat die Naam wat God Hom gegee het, voortrefliker is as hulle naam. (Heb.1:3-4) 10 Die Here God kom, Hy is die Magtige, Hy regeer. Hy bring die volk saam wat Hy Syne gemaak het, dié wat aan Hom behoort, is by Hom. 11 Soos ’n herder versorg Hy sy kudde: die lammers maak Hy bymekaar in sy arms en Hy dra hulle teen sy bors, Hy sorg vir die lammerooie. (Jes.40:10-11) 31 “Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit. 32 Al die volke sal voor Hom bymekaar gebring word, en Hy sal die mense van mekaar skei soos ’n wagter die skape van die bokke skei. 33 Die skape sal Hy regs en die bokke links van Hom laat staan. 34 “Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit. (Matt.25:31-34)

My/ons verhouding met God 1 Josia was ag jaar toe hy koning geword het, en hy het een en dertig jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Jedida, ’n dogter van Adaja uit Boskat. 2 Josia het gedoen wat reg is in die oë van die Here. Hy het in alles die pad van sy voorvader Dawid geloop en daar nie links of regs van afgewyk nie. (2 Kon.22:1-2) 20 Die man weer by wie daar op die klipbanke gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem. 21 Hy laat dit egter nie by hom wortel skiet nie, en hy hou nie lank uit nie. As hy ter wille van die woord verdruk en vervolg word, word hy gou afvallig. 22 Die man by wie daar tussen die onkruid gesaai is, is hy wat die woord hoor, maar die bekommernis van die lewe en die verleidelikheid van rykdom verstik die woord, en dit bly sonder vrug. 23 Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer ’n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.” (Matt.13:20–23)

70

Die karakter en werke van God 11 Die grootheid, Here, die krag, die glans, die roem en die majesteit behoort aan U, ja, alles in die hemel en op aarde. Aan U, Here, behoort die heerskappy; U is bo almal verhewe. 12 Van U kom rykdom en eer. U heers oor alles. Mag en krag word deur U geskenk, en dit berus by U om enigiemand groot en sterk te maak. 13 En nou loof

Page 32: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

ons U, ons God, ons prys u glansryke Naam, 14

want wie is ek en wie is my volk dat ons die vermoë sou hê om sulke gawes te bring? Alles kom tog van U af en ons gee aan U wat ons van U gekry het. (1 Kron.29:11-14) U skerp pyle laat volke voor u voete val; hulle deurboor die hart van die koning se vyande. (Ps.45:6) 21 Maar nou het die vryspraak deur God waarvan die wet en die profete getuig, in werking getree. Dit is die vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onderhou nie, 22

maar deur in Jesus Christus te glo. God gee dit sonder onderskeid aan almal wat glo. 23 Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, 24 maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus. (Rom.3:21-24) 6 Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe. 7 ’n Mens gee tog nie sommer jou lewe prys nie, selfs nie vir ’n regverdige nie. Ja tog, vir ’n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe. 8 Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. (Rom.5:6-8)

My/ons verhouding met God 3 Niemand wat sy verwagting in U stel, sal beskaam word nie. Dié wat nie op U vertrou nie, hulle kom in die skande. 4 Maak my u wil bekend, Here, leer my u paaie. 5 Laat u waarheid my lei en onderrig my daarin, want U is God, my redder. In U stel ek elke dag my verwagting. (Ps.25:3-5) Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting! (Jer.29:11)

71

Die karakter en werke van God 31 Wat God doen, is volmaak; wat die Here sê, is suiwer. Elkeen wat by Hom skuiling soek, beskerm Hy. 32 Waarlik, wie anders as die Here is God? Ja, wie anders as ons God is ’n rots? (2

Sam.22:31-32) Tog is die Here gretig om julle genadig te wees en wil Hy hom oor julle ontferm: Die Here is ’n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou. (Jes.30:18) Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend.

(Ps.19:2) 3 Want die Here is die magtige God, die groot koning oor al die gode. 4 Die dieptes van die aarde behoort aan Hom, die kruine van die berge is Syne. 5 Die see is Syne, Hy het dit gemaak; sy hande het die land gevorm. 7 Hy is ons God en ons is sy volk, sy kudde, sy skape, deur sy hand versorg. As julle vandag maar na Hom wou luister. (Ps.95:3-

5,7)

My/ons verhouding met God Van ver af het die Here Hom aan Israel bekend gemaak: Ek het jou nog altyd liefgehad, daarom het Ek jou met geduld verdra. (Jer.31:3) 35 Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? 36 Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” 37 Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. (Rom.8:35-37) 72

Die karakter en werke van God Daarna het die Leviete Jesua, Kadmiël, Bani, Gasabneja, Serebja, Hodija, Sebanja en Petagja gesê: “Kom, prys die Here julle God! Hy is van ewigheid tot ewigheid.” Toe het hulle u magtige Naam geprys, verhewe bo alle lof en roem. (Neh.9:5) Maar Hy antwoord hom: “Man, wie het My as regter of deler vir julle aangestel?” (Luk.2:14) 11 En ek sê: “My grootste smart is dat die Allerhoogste nie handel soos voorheen nie.” 12 Ek wil dink aan die dade van die Here, ja, ek wil dink aan u wonderdade van vroeër. 13 Ek wil nadink oor al u werk en oor al u dade peins. 14 Alles wat U doen, is heilig, o God. Waar is ’n god so groot soos God? 15 U is die God wat wonderdade doen; U het u mag onder die volke geopenbaar. (Ps.77:11-15) Soos die grond plante laat uitspruit, soos die plante in ’n tuin vrugte gee, so gee die Here my God die oorwinning en laat Hy al die nasies luister na die loflied tot sy eer. (Jes.61:11)

My/ons verhouding met God 19 U het krygsgevangenes weggevoer, mense het vir U geskenke gebring, selfs dié wat teen U in opstand was. Toe het U opgegaan na die hoogte om daar te woon, Here God! 20 Geloof sy die Here! Dag na dag dra Hy ons! God is ons hulp! (Ps.68:19-20)

Page 33: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

33

37 “Elkeen wat die Vader vir My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit verwerp nie. 38 Ek het van die hemel af gekom nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het. 39 En dit is die wil van Hom wat My gestuur het: dat Ek van almal wat Hy My gegee het, nie een verlore sal laat gaan nie, maar hulle almal op die laaste dag uit die dood sal laat opstaan. 40 Dit is die wil van my Vader: dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo, die ewige lewe sal hê; en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan.” (Joh.6:37-40) 73

Die karakter en werke van God Sou God werklik op die aarde woon? Die hemel, selfs die hoogste hemel, kan U nie bevat nie, hoe dan nog hierdie tempel wat ek gebou het! (1 Kon.8:27) 22 God het sy troon bokant die hemelkoepel, die aardbewoners is vir Hom soos sprinkane. Hy span die hemel oop soos ’n tentdoek, oop soos ’n tent vir die mense om onder te woon. 23 Hy maak die vername mense tot niks, die heersers van die wêreld asof hulle nie bestaan nie. (Jes.40:22-23) Ek sal My voor die oë van al die nasies laat ken as die groot en die heilige God, en hulle sal besef dat Ek die Here is.” (Eseg.38:23) Soos waters die seebodem bedek, so sal die magtige teenwoordigheid van die Here oral op die aarde geken word. (Hab.2:14)

My/ons verhouding met God God is vir ons ’n toevlug en ’n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood. (Ps.46:2) 10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou. 13 Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ek help jou. (Jes.41:10,13)

74

Die karakter en werke van God 20 Die wysheid, waar kom dit vandaan? Waar is die woonplek van die insig? 21 Dit is verborge vir al wat lewe, weggesteek selfs vir die voëls in die lug. 22 Die onderwêreld en die dood sê: ‘Ons het maar net ’n gerug daaroor gehoor.’ 23 Net God weet hoe die pad daarheen loop, net Hy ken die woonplek van die wysheid, 24 want

Hy sien die verste eindes van die aarde, Hy aanskou alles onder die hemel. (Job 28:20-24) 33 O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë! 34 “Wie ken die bedoeling van die Here? Wie gee Hom raad? 35 Wie bewys Hom ’n guns, sodat Hy verplig is om iets terug te doen?” 36 Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen. (Rom.11:33-36) 10 Hy wás in die wêreld—die wêreld het deur Hom tot stand gekom—en tog het die wêreld Hom nie erken nie. 11 Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. (Joh.1:10-11) 19 En so kom die skeiding: die lig het na die wêreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg. 20 Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel moet word nie. 21 Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.” (Joh.3:19-

21)

My/ons verhouding met God Om die Here jou God lief te hê, Hom te gehoorsaam en Hom aan te hang, sal vir jou lewe gee en jou lank laat woon in die land wat die Here met ’n eed aan jou voorvaders Abraham, Isak en Jakob beloof het om aan hulle te gee. (Deut.30:20) 2 Hy het gesê: Ek het U baie lief, Here, my Sterkte. 3 Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting. (Ps.18:2-3)

75

Die karakter en werke van God God is groot, ons kan sy grootheid nie begryp nie, sy jare kan nie bereken word nie. (Job 36:26) Luister na My, Jakob, luister, Israel, vir wie Ek geroep het: Ek is die Here, Ek is die eerste, en Ek is die laaste. (Jes.48:12) Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here, 2 want Hy het die fondamente daarvan in die see gelê en dit stewig gevestig in die waters. (Ps.24:1-2) 2 U is met ’n kleed van lig omhul. Dit is U wat die hemelkoepel soos ’n tentdoek gespan 3 en vir U ’n woonplek ingerig het oor die waters daarbo, U wat op die wolke ry, op die vleuels van die wind, 4 U wat die winde u boodskappers maak, die weerligte u dienaars, 5 U wat die aarde stewig gevestig het,

Page 34: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

sodat dit nooit sal wankel nie. 6 Die groot waters het die aarde soos ’n kleed oordek, die waters het bo-oor die berge gestaan. 7 Maar toe U die waters aanspreek, het hulle gevlug, voor die krag van u stem het hulle die wyk geneem. 8 Hulle het oor die berge gespoel en in die laagtes weggevloei na die plek toe wat U vir hulle bestem het. 9 U het ’n grens gestel waaroor hulle nie mag gaan nie: hulle mag die aarde nie weer oordek nie. 24 U het baie dinge geskep, Here, die aarde is vol van wat U gemaak het, en tog, U het alles in wysheid geskep. (Ps.104:2-

9,24)

My/ons verhouding met God 8 Loof die Here. Roep Hom aan! Maak aan die nasies bekend wat Hy gedoen het. 9 Sing liedere, sing tot sy eer, vertel van al sy magtige dade. (1 Kron.16:8-9) 4 Luister tog en antwoord my, Here my God! Gee my tog nuwe lewenskrag. Ek wil nie sterwe nie, 5 anders sê my vyand hy het my oorwin en juig my verdrukkers oor my ondergang. 6 Ek hou vas aan u troue liefde, oor die uitkoms wat U gee, juig my hart. Ek wil sing tot eer van die Here, omdat Hy aan my goed gedoen het. (Ps.13:5-6)

76

Die karakter en werke van God Is iets te buitengewoon vir die Here? Op die vasgestelde tyd sal Ek terugkom. Volgende jaar hierdie tyd sal Sara ’n seun hê.” (Gen.18:14) Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik maar nie vir God nie, want vir God is alles moontlik.” (Mark.10:27) 3 Hy was verag en deur die mense verstoot, ’n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie. 4 Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra. Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word. 5 Oor ons oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom. 6 Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom. (Jes.53:3-6) So is dit ook met die Seun van die mens: Hy het nie gekom om gedien te word nie maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.” (Matt.20:28)

My/ons verhouding met God 6 Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie. 7 Iemand wat gesterf het, is immers vry van die mag van die sonde. (Rom.6:6-7) 19 Maar wat my betref, deur die wet is ek vir die wet dood sodat ek vir God kan lewe: ek is saam met Christus gekruisig, 20 en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê. (Gal.2:19-

20)

77

Die karakter en werke van God Weet dan nou: die Here jou God, Hy is God. Hy is die betroubare God wat sy verbond in stand hou en sy troue liefde betoon tot aan die duisendste geslag van hulle wat Hom liefhet en sy gebooie gehoorsaam. (Deut.7:9) 21 Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: 22 deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, 23 dit is elke môre nuut. U trou is groot. (Klaagl.3:21-23) Die Seun van die mens gaan saam met sy engele kom. Hy sal beklee wees met dieselfde heerlikheid as sy Vader en sal elkeen volgens sy dade vergeld. (Matt.16:27) 27 Die koms van die Seun van die mens sal wees soos ’n weerligstraal wat in die ooste uitslaan en die hele lugruim tot in die weste verlig. 30 Dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemelruim verskyn, en al die volke van die aarde sal verslae wees. Hulle sal die Seun van die mens op die wolke van die hemel sien kom met groot krag en majesteit. (Matt.24:27,30)

My/ons verhouding met God Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees? (Ps.27:1) 3 Vroeg en laat jaag my teëstanders my, en ek het baie vyande, o Allerhoogste. 4 Die dag as ek bang word, vertrou ek net op U. (Ps.56:3-4)

78

Die karakter en werke van God 1 Ek wil u lof verkondig, my God en Koning, ek wil u Naam altyd loof. 2 Elke dag wil ek U loof, ek

Page 35: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

35

wil u Naam altyd prys. 3 Die Here is groot, alle lof kom Hom toe, sy grootheid is ondeurgrondelik. (Ps.145:1-3) Die hele skepping, alles in die hemel en op die aarde en onder die aarde en op die see, ja, alles wat daar is, het ek hoor sê: “Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, behoort die lof en die eer, die heerlikheid en die krag, tot in alle ewigheid.” (Open.5:13) Julle ken die genade van ons Here Jesus Christus: hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kon word. (2 Kor.8:9) 5 Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus 6 wat Homself as ’n losprys vir almal gegee het. Dit was op die bestemde tyd die bewys van die bedoeling van God. (1

Tim.2:5-6)

My/ons verhouding met God Sonder iets het ek in die wêreld gekom en sonder iets gaan ek daaruit. Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here. (Job 1:21) 24 Toe sê Jesus vir sy dissipels: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, 25 want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry. 26 Wat sal dit ’n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor, of wat sal ’n mens gee in ruil vir sy lewe? (Matt.16:24-26) 79

Die karakter en werke van God 6 “Die Here maak dood en Hy maak lewend, Hy laat afdaal na die doderyk toe en Hy laat daaruit opkom. 7 Die Here maak arm en Hy maak ryk, Hy verneder, ook gee Hy aansien. 8 Hy laat die geringes uit die stof opstaan, Hy hef die armes op van die ashoop af om hulle by vername mense te laat sit; Hy skenk hulle ’n ereplek. Aan die Here behoort die pilare van die aarde; Hy het die aarde daarop gegrondves. (1 Sam.2:6-8) Alles wat die Here wil, doen Hy, in die hemel en op aarde, in die see, in al die oseane. (Ps.135:6) Deur die woord van die Here is die hemele gemaak, deur sy bevel al die hemelliggame. (Ps.33:6) 25 Met wie kan julle My dan vergelyk, wie is

soos Ek? vra die Heilige. 26 Kyk op na die hemel: wie het die sterre geskep? Hy wat die hemelse leër laat uittrek in hulle volle getal, dit is Hy wat hulle elkeen gemaak het. Met sy groot krag, sy groot mag, sorg Hy dat geeneen van hulle ontbreek nie. 28 Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik. (Jes.40:25-26,28)

My/ons verhouding met God “Wie my opdragte het en dit uitvoer—dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar.” (Joh.14:21) 22 Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself. 23 Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in ’n spieël kyk: 24 hy bekyk homself, gaan van die spieël af weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. 25 Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat ’n mens vry maak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen. (Jak.1:22-25)

80

Die karakter en werke van God By God is wysheid en krag, by Hom is raad en insig. (Job 12:13) 1 Hierna het ek iets gehoor soos die harde geluid van ’n groot menigte in die hemel wat uitroep: “Prys die Here! Die oorwinning, die heerlikheid en die mag behoort aan ons God! 2 Regverdig en reg is sy oordele, want Hy het die oordeel voltrek oor die sedelose vrou wat die aarde deur haar onsedelikheid verwoes het. Hy het die dood van sy dienaars op haar gewreek.” (Open.19:1-2) 3 Here, wat is ’n mens dat U hom sou wil ken, ’n mensekind dat U aan hom sou dink? 4 ’n Mens, hoe verganklik is hy tog: sy dae gaan soos ’n skaduwee verby. (Ps.144:3-4) 29 Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie. 30 Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, 31 maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie. (Jes.40:29-31)

My/ons verhouding met God 5 As ek my lewe voor my laat verbygaan, dink ek daaraan hoe ek opgetrek het na die woonplek van God, voor ’n skare uit na sy huis toe geloop het

Page 36: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

met gejuig en lofsang - ’n skare wat feesvier. 6 Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom ’n loflied sing. Hy is my helper 11 Dit sny deur my hele wese as my teëstanders my spot en dag na dag vir my sê: “En waar is jou God nou?” (Ps.42:5-6,11) 3 Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, 4 en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; 5 en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. (Rom.5:3-5)

81

Die karakter en werke van God 1 Toe het Moses en die Israeliete die volgende lied tot eer van die Here gesing: “Ek wil tot eer van die Here sing omdat Hy hoog verhewe is. Perd en strydwa het Hy in die see geslinger. 2

Die Here is my krag en my beskerming. Hy het tot my redding gekom. Hy is my God, Hom roem ek, die God van my voorvaders, Hom prys ek. (Eks.15:1-2) Ons Verlosser is die Heilige van Israel, sy Naam is die Here die Almagtige. (Jes.47:4) Om dieselfde rede moet julle ook altyd gereed wees, want die Seun van die mens kom op ’n uur dat julle dit nie verwag nie.” (Matt.24:44) 26 Dan sal die mense die Seun van die mens in die wolke sien kom met groot krag en majesteit. 27 En dan sal Hy die engele uitstuur om sy uitverkorenes bymekaar te bring uit die vier windstreke, van die een kant van die aarde af tot by die ander kant.” 33 Wees op julle hoede; wees waaksaam, omdat julle nie weet wanneer die tyd daar is nie. (Mark.13:26-27,33)

My/ons verhouding met God 1 God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. 2 Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God. (Rom.5:1-2) 38 Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte 39 of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here. (Rom.8:38-

39) 82

Die karakter en werke van God 22 Hy gee lig in donker dieptes, Hy maak donker plekke lig. 23 Hy maak nasies groot en Hy vernietig hulle, Hy laat nasies uitbrei en laat hulle tot niet gaan. (Job 12:22-23) 20 Daniël het gesê: “Mag die Naam van God altyd geprys word, Hy aan wie die wysheid en die mag behoort, 21 Hy wat tye en omstandighede verander, wat konings afsit en konings aanstel, wat aan die wyse manne die wysheid gee en die verstand aan dié wat insig het, 22 wat ondeurgrondelike en verborge dinge openbaar en wat weet wat in die duisternis is; by Hom is die lig. (Dan.2:20-22) Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense. (Mark.10:45) 65 Party van hulle het begin om op Hom te spoeg. Hulle het sy oë toegebind, Hom met die vuis geslaan en vir Hom gesê: “Profeteer ’n bietjie!” Ook die wagte het Hom geklap toe hulle Hom wegvat. 17 Toe trek hulle Hom ’n pers mantel aan en vleg ’n doringkroon en sit dit vir Hom op. 18 Daarna het hulle Hom begin begroet en gesê: “Ons groet u, Koning van die Jode!” 19 Hulle het Hom herhaaldelik met ’n stok oor die kop geslaan en op Hom gespoeg en hulle knieë gebuig asof hulle aan Hom eer wou bewys. 29 Die mense wat daar verbygeloop het, het Jesus gelaster. Hulle het die kop geskud en gesê: “Toe, jy wat die tempel afbreek en in drie dae weer opbou! 30 Red jouself en kom van die kruis af.” 34 Om drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eloï, Eloï, lemá sabagtani? Dit beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat? (Mark.14:65, 15:17-19, 15:29-30, 15:34)

My/ons verhouding met God As iemand die Here dien, leer Hy hom watter pad hy moet kies. (Ps.25:12) 8 Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou. (Ps.32:8)

83

Die karakter en werke van God En sê: “Here, God van Israel, in die hemel of op die aarde is daar nie nog ’n God soos U nie. U hou U aan die verbond en U bly getrou teenoor u dienaars wat met volle oorgawe voor U lewe. (1

Kon.8:23) Hy het tot die Here gebid en gesê: “Ag, Here, ek

Page 37: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

37

het dit geweet toe ek nog in my land was. Daarom het ek reg in die begin na Tarsis toe gevlug. Ek het geweet U is ’n genadige en barmhartige God, lankmoedig en vol liefde. U sien maklik af van die straf wat U aangekondig het. (Jona 4:2) 11 Want al die diere in die bos is Myne, die wild op duisende berge. 11 Ek ken al die voëls van die berge; al wat roer op die veld, is Myne. (Ps.50:10-11) U het die monster Rahab verbrysel, hy is verslaan. Deur u groot mag het U u vyande uitmekaargejaag. (Ps.89:11)

My/ons verhouding met God Nehemia die goewerneur, die skrifgeleerde priester Esra en die Leviete wat die gemeente onderrig het, het vir die hele gemeente gesê: “Hierdie dag word gewy aan die Here julle God. Moenie treurig wees nie, moenie huil nie.” Dit was omdat die hele gemeente gehuil het by die aanhoor van die wet. (Neh.8:10) 10 Sien tog om na die koning, ons beskermer, o God; hou u gesalfde onder u sorg. 11 Waarlik, één dag in u tempel is beter as duisend daarbuite. Ek staan liewer by die drumpel van die huis van my God as om te woon in huise sonder God. 12 Die Here God is ons krag en ons beskerming, die Here gee genade en eer, Hy weerhou die goeie nie van dié wat reg lewe nie. (Ps.84:10-12)

84

Die karakter en werke van God 2 Die Here is groot! Aan Hom kom al die lof toe hier in die stad van ons God, hier op sy heilige berg, 10 Hier in u tempel oordink ons u trou, o God. (Ps.48:2,10) Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe die Allerhoogste Majesteit gesê het: “Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug. (2 Pet.1:17) 9 Hy het ons gered en ons geroep om aan Hom toegewy te wees. Dit het Hy gedoen, nie op grond van ons dade nie, maar op grond van sy eie besluit en die genade wat Hy van ewigheid af in Christus Jesus aan ons geskenk het. 10 Hierdie genade is nou aan ons geopenbaar deur die koms van ons Verlosser, Christus Jesus: Hy het die mag van die dood gebreek en deur die evangelie die onverganklike lewe aan die lig gebring. (2 Tim.1:9-10) 9 Maar ons sien Jesus, met eer en heerlikheid gekroon op grond van sy lyding en dood. Hy is

’n kort tydjie minder gemaak as die engele, sodat Hy deur die genade van God vir almal sou sterwe. 10 God, ter wille van wie alles bestaan en deur wie alles ontstaan het, wou baie deel laat kry aan sy heelikheid. En daarom was dit reg dat Hy hulle Leidsman tot die verlossing deur lyding heen tot volmaaktheid sou bring. (Heb.2:9-10)

My/ons verhouding met God Met my hele hart wil ek U prys, Here, wil ek van u magtige reddingsdade vertel. (Ps.9:2) Jubel in die Here, regverdiges, sing ’n loflied, opregtes! (Ps.33:1) 85

Die karakter en werke van God En nou, ons God, grote God, magtig en ontsagwekkend, U wat die verbond en die troue liefde in stand hou, moet tog nie al dié ellende gering ag nie, die ellende wat ons, ons konings, ons amptenare, ons priesters, ons profete, ons voorvaders, u hele volk, getref het van die tyd van die Assiriese konings af tot vandag toe. (Neh.9:32) Met wie kan julle My vergelyk, aan wie kan julle My gelykstel, met wie kan julle My op een lyn stel, wie kan ’n vergelyking met My deurstaan? (Jes.46:5) 25 Ek verseker julle: Daar kom ’n tyd, en dit is nou, wanneer die dooies die stem van die Seun van God sal hoor, en dié wat daaraan gehoor gee, sal lewe. 26 Soos die Vader die lewe in Homself het, het Hy die lewe ook aan die Seun gegee om dit in Homself te hê. 27 Hy het Hom ook volmag gegee om te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is. (Joh.5:25-27) 10 Jy, waarom veroordeel jy dan jou broer? En jy, waarom verag jy jou broer? Ons sal tog almal voor die regterstoel van God moet verskyn, 11 want daar staan geskrywe: “So seker as Ek lewe, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is.” 12 Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee. (Rom.14:10-

12)

My/ons verhouding met God 1 Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. 2 Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood. (Rom.8:1-2) 15 Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat

Page 38: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

roep: “Abba!” Dit beteken Vader. 16 Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. (Rom.8:15-16)

86 Die karakter en werke van God Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie! (1 Kron.16:34) 10 Waarlik, uitkoms is naby vir dié wat Hom dien: Hy sal sy reddende mag in ons land openbaar. 11 Liefde en trou sal mekaar ontmoet, geregtigheid en vrede sal mekaar omhels. (Ps.85:10-11) 18 Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, 19 om die genadejaar van die Here aan te kondig. (Luk.4:18-19) Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.” (Luk.19:10) My/ons verhouding met God 5 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. 6 Ken hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. 7 Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is. (Spr.3:5-7) Toe sê hy vir my: “Hier is die boodskap van die Here aan Serubbabel: Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige.” (Sag.4:6) 87

Die karakter en werke van God Die oorloë oor die hele aarde laat Hy ophou, pyle en boë verbreek Hy, spiese slaan Hy stukkend, oorlogswaens verbrand Hy met vuur. (Ps.46:10) Die God en Vader van die Here Jesus weet dat ek nie lieg nie. Aan Hom kom die lof toe tot in ewigheid! (2 Kor.11:31) 13 U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. 14 Ek wil U loof, want U het my op ’n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: 15 geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. 16 U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. (Ps.139:13-16) 3 Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ’n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot

stand gekom nie. 4 In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. (Joh.1:3-4)

My/ons verhouding met God Of, as julle dit nie goedvind om die Here te dien nie, kies dan vandag wie julle wil dien: die gode wat julle voorvaders gedien het anderkant die Eufraat, of die gode van die Amoriete in wie se land julle woon. Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.” (Jos.24:15) Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Mooi so! Jy is ’n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!’ (Matt.25:21)

88

Die karakter en werke van God Die wysheid en krag van God is groot: wie kan Hom teëstaan en niks oorkom nie? (Job 9:4) Die Here sien oral; Hy hou slegte en goeie mense dop. (Spr.15:3)

26 Dan sou Christus immers herhaaldelik moes gely het, reeds van die skepping van die wêreld af. Maar nou het Hy net een keer in die voleinding van die tye verskyn om deur sy offer die sonde weg te neem. 27 ’n Mens is bestem om net een maal te sterf, en daarna kom die oordeel. 28 So is Christus ook net een maal geoffer om die sondes van baie weg te neem. As Hy die tweede keer verskyn, kom Hy nie in verband met sonde nie, maar om verlossing te bring vir dié wat Hom verwag. (Heb.9:26-28) 22 Maar julle het wel gekom by Sionsberg en die stad van die lewende God, dit is die hemelse Jerusalem met sy miljoene engele, by die feestelike samekoms, 23 die vergadering van die eersgeborenes wie se name in die hemel opgeteken is. Julle het gekom by God wat Regter oor almal is, en by die geeste van dié wat vrygespreek en wat nou volmaak is, 24 by Jesus, die Middelaar van die nuwe verbond, en by die besprinkelingsbloed wat van iets beters getuig as die bloed van Abel. (Heb.12:22-24)

My/ons verhouding met God 2 God het vir hom gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer daar op een van die berge wat Ek vir jou sal aanwys.” 3 Vroeg die volgende môre het Abraham ’n donkie opgesaal en hout gekap vir die brandoffer. Hy het twee slawe saamgevat en ook sy seun Isak. Toe het hy vertrek na die plek toe wat God vir hom aangewys het. 4 Op die derde dag het Abraham die

Page 39: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

39

plek uit die verte gesien. 5 Toe sê hy vir sy slawe: “Wag hier met die donkie. Ek en die seun gaan daar aanbid, dan kom ons terug na julle toe.” 6 Abraham het die hout vir die brandoffer op sy seun Isak se rug getel en self vuur en ’n mes saamgevat. Terwyl hulle twee so saamloop, 7 sê Isak vir sy pa: “Pa?” en Abraham antwoord: “Ja, my seun?” Toe vra Isak: “Hier is vuur en hout, maar waar is die lam om te offer?” 8 Abraham het geantwoord: “My seun, God sal sy eie offerlam voorsien.” Daarna het hulle twee saam verder gestap. 9

Toe hulle aankom by die plek wat God vir Abraham aangewys het, het Abraham daar ’n altaar gebou. Hy het die hout reggesit en sy seun Isak vasgebind en op die altaar neergesit, bo-op die hout. 10 Net toe Abraham die mes vat om sy seun te slag, 11 roep die Engel van die Here uit die hemel na hom: “Abraham, Abraham!” Hy het geantwoord: “Hier is ek!” (Gen.22:2-11) Maar sê vir die koning van Juda wat vir julle gestuur het om die Here te raadpleeg: so sê die Here die God van Israel: Ek het daarop ag geslaan dat jy in jou hart geraak is deur die woorde wat jy gehoor het en dat jy berou getoon het voor God toe jy hoor wat Hy sê oor hierdie plek en sy inwoners, en dat jy jou klere geskeur het en gehuil het en voor My berou getoon het, sê die Here. (2 Kron.34:26-27) 89

Die karakter en werke van God Dawid het vir Gad geantwoord: “Ek is in ’n hoek gedryf. Laat my liewer in die hand van die Here val, want sy genade is baie groot. Ek wil nie in die hand van ’n mens val nie.” (1 Kron.21:13) U is goed, Here, U vergewe altyd weer, U is getrou teenoor dié wat na U roep om hulp. (Ps.86:5) 13 Ons wil hê, broers, dat julle nie onkundig moet wees oor wat met die ontslapenes gaan gebeur nie. Dan sal julle ook nie treur nie, soos die ander mense wat geen hoop het nie. 14 Ons glo immers dat Jesus gesterwe maar ook opgestaan het. Net so glo ons ook dat God saam met Jesus die ontslapenes wat in Hom geglo het, na Hom toe sal neem. 15 Dit sê ons vir julle op grond van wat die Here gesê het: Ons wat bly lewe tot met die wederkoms van die Here, sal die ontslapenes hoegenaamd nie voor wees nie. 16 Wanneer die bevel gegee word en die stem van die aartsengel en die trompet van God weerklink, sal die Here self uit die hemel

neerdaal. Allereers sal dié wat in Christus gesterf het, uit die dood opstaan; 17 daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet. En so sal ons altyd by die Here wees. (1 Tess.4:13-17) 13 terwyl ons uitsien na die gelukkige dag wat ons verwag. Op daardie dag sal die heerlikheid van ons grote God en Verlosser, Jesus Christus, verskyn. 14 Hy het Homself vir ons as offer gegee om ons van alle ongeregtigheid vry te maak en ons van sonde te reinig, sodat ons sy eie volk kan wees wat ywerig is om die goeie te doen. (Tit.2:13-14)

My/ons verhouding met God 13 As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie…! 14 Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here! (Ps.27:13-14) 5 Ek stel my vertroue in die Here, ek vertrou op Hom, ek wag op die vervulling van sy woord. 7 Wag op die Here, Israel, want by die Here is daar troue liefde, by Hom is die verlossing seker. (Ps.130:5,7)

90

Die karakter en werke van God Israel, julle is my getuies, sê die Here, en ook my dienaar wat Ek uitverkies het sodat julle My kan ken en in My kan glo en kan besef dat Ek die Here is. Voor My was daar geen god nie, en na My sal daar ook nie een wees nie. (Jes.43:10) “Ek is die Alfa en die Omega,” sê die Here God, Hy wat is en wat was en wat kom, die Almagtige. (Open.1:8) 68 “Lofwaardig is die Here, die God van Israel, want Hy het sy volk in genade opgesoek en vir hulle verlossing bewerk. 69 ’n Sterk Verlosser het Hy vir ons laat opstaan uit die huis van sy dienaar Dawid. 70 So het die Here dit reeds van oudsher belowe deur die mond van sy heilige profete: 71 om ons te verlos van ons vyande en uit die hand van al ons haters; 72 om Hom te ontferm oor ons voorvaders en sy heilige verbond te onthou. 73 Met ’n eed het Hy dit bevestig aan ons voorvader Abraham dat Hy sou gee dat ons, 74 gered uit die hand van vyande, Hom onbevrees kan dien 75 in vroomheid en opregtheid al die dae van ons lewe. (Luk.1:68-75) 46 Verder sê Hy vir hulle: “So staan daar geskrywe: ‘Die Christus moet ly en op die derde dag uit die dood opstaan, 47 en in sy Naam moet bekering en vergewing van sondes aan al die nasies verkondig word, van Jerusalem af en verder.’

Page 40: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

(Luk.24:46-47)

My/ons verhouding met God 8 Dit is Hy wat julle ook enduit sal laat vas staan, sodat daar geen aanklag teen julle sal wees op die dag dat ons Here Jesus Christus kom nie. 9 God is getrou, Hy wat julle geroep

het om verenig te lewe met sy Seun, Christus Jesus, ons Here. (1 Kor.1:8-9) Maar aan God die dank! Hy voer ons altyd saam in sy triomftog omdat ons een is met Christus. Deur ons versprei Hy die kennis van Christus oral soos ’n aangename geur. (2 Kor.2:14)

Page 41: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

41

Skrifgedeeltes vir aanbidding/bewondering van God Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het! (Ps. 8:2) 3 Hulle sing die lied van Moses, die dienaar van God. Dit is ook die lied van die Lam: “Groot en wonderbaarlik is u dade, Here God, Almagtige. Reg en betroubaar is u optrede, Koning van die nasies. 4 Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? U alleen is heilig! Al die nasies sal kom en U aanbid, want hulle sal sien dat u handelwyse regverdig is.” (Open.

15:3-4) 5 U groot dade, Here, het my baie bly gemaak, ek wil juig oor wat U gedoen het. 6 Groots is alles wat U doen, Here, ondeurgrondelik u gedagtes. 7 Wie dit nie besef nie, is ’n dom mens, wie dit nie insien nie, is sonder verstand. 8 Al is die goddelose voorspoedig, al floreer almal wat onreg doen, hulle sal vir goed uitgewis word. (Ps. 92:5-8) Ek is die Here, dit is my Naam, die eer wat My toekom, gee Ek aan geen ander nie, die lof wat My toekom, gee Ek nie aan gesnede beelde nie. (Jes. 42:8) 3 Want aan die Here, die Allerhoogste, kom eerbied toe; Hy is die Groot Koning oor die hele aarde: 8 God is koning oor die hele aarde; sing vir Hom ’n lied. God is koning oor die nasies, God is op sy heilige troon. (Ps. 47:3,8-9) Toe sê Moses vir Aäron: “Die Here het gesê: Wie ’n offer vir My bring, moet besef dat Ek heilig is; sy ontsag vir My moet vir die hele volk duidelik wees.” Aäron was sprakeloos. (Lev. 10:3)

25 Die Here is groot, al die lof kom Hom toe, ontsagwekkend is Hy bo alle gode. 26 Al die gode van die volke is niks: dit is die Here wat die hemele gemaak het. 27 Majesteit en luister straal van Hom uit, krag en vreugde vul die plek waar Hy is. 28 Prys die Here, alle volke, prys die Here om sy eer en mag! 29 Prys die Here om die eer van sy Naam! Kom na Hom toe, bring vir Hom offers! Buig voor die Here by sy heilige verskyning; 30 betoon eerbied aan Hom, almal op aarde. Die wêreld staan vas, dit wankel

nie. (1 Kron. 16:25-30) 17 Die Here jou God, Hy alleen is God, die Here: die groot God, die magtige, wat wonderdade doen, wat vir niemand partydig is nie en ook nie omkoopgeld aanneem nie. 18 “Hy laat reg geskied aan die weeskind en die weduwee. Hy het die vreemdeling lief en gee vir hom kos en klere. (Deut. 10:17-18) 46 En Maria het gesê: Ek besing die grootheid van die Here, 47 ek juig oor God, my Verlosser, 49 omdat Hy wat magtig is, groot dinge aan my gedoen het. Heilig is sy Naam! 50 Hy bewys ontferming van geslag tot geslag aan dié wat Hom eer. (Luk. 1:46-47,49-50) 33 O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë! 34 Wie ken die bedoeling van die Here? Wie gee Hom raad? 35 Wie bewys Hom ’n guns, sodat Hy verplig is om iets terug te doen? 36 Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen. (Rom. 11:33-36) 1 Hierna het ek iets gehoor soos die harde geluid van ’n groot menigte in die hemel wat uitroep: “Prys die Here! Die oorwinning, die heerlikheid en die mag behoort aan ons God! 2 Regverdig en reg is sy oordele. (Open. 19:1-2) Ons het dit gehoor en ons harte het van angs verstyf. Niemand het nog moed teen julle nie, want julle God, die Here, is God, bo in die hemel en onder op die aarde. (Jos. 2:11) God sprei die hemel uit oor die leë ruimte, Hy laat die aarde hang waar niks is nie. (Job 26:7) Hy deur wie die Sewester en Orion gemaak is, Hy wat die donker in oggendlig verander en die dag donker nag laat word, Hy wat die water van die see roep en dit oor die aarde uitstort, sy Naam is die Here. (Amos 5:8) 21 Wie het wat nou gebeur, lankal aangekondig? Wie het al vantevore gesê dit sal gebeur? Is dit nie Ek, die Here, nie? Daar is buiten My geen God nie; net Ek is ’n God wat regverdig is en red. 22 Kom na My toe dat julle gered kan word, almal op die

Page 42: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

aarde, want Ek is God, daar is geen ander nie. (Jes. 45:21-22)

5 Want U, Here, U is my hoop, op U, Here, het ek van jongs af vertrou. 14 Ek, ek sal gedurigdeur bly hoop, ek sal U altyd weer loof. (Ps. 71:5,14) 1 ’n Gebed van Moses, die man van God. Here, U was vir ons ’n toevlug van geslag tot geslag. 2 Voordat die berge gebore is, voordat U die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God! 3 U laat die mens sterwe: U sê net: “Word weer stof!” 4 Duisend jaar is vir U soos gister as dit verby is, soos een enkele wagbeurt in die nag. (Ps. 90:1-4) Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid. (Heb. 13:8) 1 Ek wil u lof verkondig, my God en Koning, ek wil u Naam altyd loof. 2 Elke dag wil ek U loof, ek wil u Naam altyd prys. 3 Die Here is groot, alle lof kom Hom toe, sy grootheid is ondeurgrondelik. (Ps. 145:1-3) 22 Uit die noorde kom die goudglans, die majesteit van God is ontsagwekkend. 23 Ons kan by die Almagtige nie kom nie, sy krag is groot. Hy laat reg en geregtigheid geskied, Hy verdruk niemand nie. (Job 37:22-23) Here, God van Israel, in die hemel of op die aarde is daar nie nog ’n God soos U nie. U hou U aan die verbond en U bly getrou teenoor u dienaars wat met volle oorgawe voor U lewe. (2

Kron. 6:14) Laat hulle besef dat alleen U die Naam "Here" het, U die Allerhoogste oor die hele aarde. (Ps.

83:19) 2 Die Here is ’n God wat baie begaan is oor sy volk, ’n God wat Hom wreek. Die Here wreek Hom in sy gloeiende toorn, die Here wreek Hom op sy teëstanders, sy toorn ontvlam teen sy vyande. 3 Die Here is lankmoedig, maar sy krag is groot: Hy laat geen skuldige ongestraf nie. Hy kom in rukwind en storm, wolke is die stof onder sy voete. (Nah. 1:2-3)

23 Ek is nie ’n God wat net naby is nie, sê die Here. Ek is ’n God wat ook ver weg is. 24 Niemand kan in ’n geheime plek wegkruip

sonder dat Ek hom sien nie, sê die Here. Ek is oral in die hemel en op die aarde, sê die Here. (Jer.

23:23-24) 1 Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. 2 Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. 3 Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend. 4 Daar is nog nie ’n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees. 5 U omsluit my van alle kante, U neem my in besit. 6 Dié wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip. (Ps.

139:1-6) 7 Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom? 8 Klim ek op na die hemel, is U daar, gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar. 9 Vlieg ek na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste, 10 ook daar lei u hand my, hou u regterhand my vas. 11 Ek sou die duisternis kon vra om my weg te steek, of die lig rondom my om in nag te verander, 12 maar vir U is selfs die duisternis nie donker nie en die nag so lig soos die dag, duisternis so goed soos lig. (Ps. 139:7-12) 13 U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. 14 Ek wil U loof, want U het my op ’n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: 15 geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. 16 U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. (Ps. 139:13-16) 17 Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal! 18 As ek hulle sou wou opnoem— hulle is meer as wat daar sand is, en as ek daarmee klaar is, sou ek nog steeds met U te doen hê. (Ps. 139:17-18) Met wie kan julle My vergelyk, aan wie kan julle My gelykstel, met wie kan julle My op een lyn stel, wie kan ’n vergelyking met My deurstaan? (Jes.

46:5) So sê Hy wat hoog en verhewe is, Hy wat ewig leef en wie se Naam die Heilige is: Ek woon in ’n hoë en heilige plek en Ek is by hom wat verdruk en nederig is. Ek gee nuwe krag aan die nederiges, Ek gee nuwe krag aan die verdruktes. (Jes. 57:15)

Page 43: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

43

Die mense wat voor Jesus geloop het en dié wat agter Hom aan gekom het, het begin uitroep: “Prys die Seun van Dawid! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom! Prys Hom in die hoogste hemel!” (Matt. 21:9) 10 Dawid het ’n lofprysing aan die Here in teenwoordigheid van die hele vergadering uitgespreek. Sy woorde was: “Geloof sy U, Here, God van ons voorvader Israel, van ewigheid tot ewigheid. 11 Die grootheid, Here, die krag, die glans, die roem en die majesteit behoort aan U, ja, alles in die hemel en op aarde. Aan U, Here, behoort die heerskappy; U is bo almal verhewe. 12 Van U kom rykdom en eer. U heers oor alles. Mag en krag word deur U geskenk, en dit berus by U om enigiemand groot en sterk te maak. 13 En nou loof ons U, ons God, ons prys u glansryke Naam. (1 Kron.

29:10-13) Ek wil die Naam van die Here roem. Prys ons God om sy grootheid! (Deut. 32:3) Daarom, groot is U, Here my God! Daar is niemand soos U nie. Buiten U is daar geen God nie, van hoeveel gode ons ook al gehoor het. (2

Sam. 7:22) Dit is U! U alleen is Here! U het die hemel gemaak die hoogste hemel en sy hele leërmag, die aarde en alles daarop, die oseane en alles daarin. U laat hulle almal lewe; die hemelse leërmag buig voor U. (Neh. 9:6) 1 Prys die Here! Prys God in sy heiligdom, prys Hom hier onder sy magtige hemelgewelf! 2 Prys Hom oor sy kragtige dade, prys Hom in sy magtige grootheid! 3 Prys Hom met die ramshoring, prys Hom met harp en lier! 4 Prys Hom met tamboeryn en koordanse, prys Hom met snaarinstrumente en fluite! 5 Prys Hom met simbale, prys Hom met galmende simbale! 6 Laat alles wat asem haal, die Here prys! Prys die Here! (Ps. 150:1-6) Die Here regeer tot in ewigheid!” (Eks. 15:18)

1 In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op ’n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul. 2 By Hom was daar serafs om Hom te dien. Elkeen het ses vlerke gehad: met

twee het hy sy gesig bedek, met twee sy voete en met twee het hy gevlieg. 3 Die serafs het mekaar telkens toegeroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.” (Jes. 6:1-3) “Ek is die Alfa en die Omega,” sê die Here God, Hy wat is en wat was en wat kom. (Open. 1:8) 9 Hierna het ek ’n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad, en daar was palmtakke in hulle hande. 10 Hulle het hard uitgeroep: “Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam!” (Open. 7:9-10)

Hulle het gesing: “Loof die Koning, Hy wat in die Naam van die Here kom! Vrede in die hemel en eer aan God in die hoogste hemel!” (Luk. 19:38) 4 Die Here is groot, al die lof kom Hom toe, ontsagwekkend is Hy bo alle gode. 5 Al die gode van die volke is niks: dit is die Here wat die hemele gemaak het. 6 Majesteit en luister straal van Hom uit, krag en glans vul sy heiligdom. 7 Prys die Here, alle volke, prys die Here om sy eer en mag! 8 Prys die Here om die eer van sy Naam! Kom na sy voorhowe toe, bring vir Hom offers! 9 Buig voor die Here by sy heilige verskyning; betoon eerbied aan Hom, almal op aarde. (Ps.

96:4-9) Prys die Here! Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien, wat al sy vreugde vind in die gebooie van die Here. (Ps. 112:1) 13 “My nagtelike visioen het voortgeduur: daar het in die wolke iemand aangekom, iemand soos ’n menslike wese. Hy het na Hom toe gegaan wat ewig lewe en is voor Hom gebring. 14 Aan dié menslike wese is die heerskappy en eer en koningskap gegee sodat al die volke, nasies en taalgroepe hom sou dien. Sy heerskappy is ’n ewige heerskappy, dit sal nie tot niet gaan nie; sy koningskap sal nie ophou nie. (Dan. 7:13-14) En Tomas sê vir Hom: “My Here en my God!” (Joh. 20:28)

4 Waar was jy toe Ek die aarde se fondamente gelê het? Praat as jy die antwoord het. 5 Wie het die aarde afgemeet? Weet jy dit? Wie het ’n maatlyn oor hom gespan? 6 Waarop is sy voetstukke

Page 44: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

neergesit? Wie het hom aanmekaargesit 7 daardie oggend toe die sterre saamgesing het en al die hemelinge gejubel het? (Job 38:4-7) Toe sê God vir Moses: “Ek is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Ek is’ het my na julle toe gestuur.” (Eks. 3:14) Besef dit tog: Ek, Ek is die Here! Naas My is daar geen ander God nie. Ek maak dood en Ek gee lewe. Ek maak siek en Ek maak gesond. Uit my mag word niemand bevry nie. (Deut. 32:39) Dink aan wat vroeër gebeur het, lank gelede; Ek is God, daar is geen ander nie; Ek is God, daar is niemand soos Ek nie. (Jes. 46:9) 1 Prys die Here! Prys, dienaars van die Here, prys die Naam van die Here! 2 Die Naam van die Here moet geloof word, nou en vir altyd. 3 Van waar die son opkom tot waar dit ondergaan, moet die Naam van die Here geprys word! 4 Hoog bo al die nasies heers die Here, sy mag strek selfs oor die hemele. 5 Wie in die hemel of op die aarde is soos die Here ons God, wat hoog woon en hier onder alles sien? (Ps.

113:1-6) Wie het die waters in die holte van sy hand afgemeet, met die breedte van sy hand die maat van die hemel bepaal, met ’n maatemmer die grond van die aarde afgemeet, met ’n skaal die berge en die heuwels geweeg? (Jes. 40:12) 5 Ek is die Here, daar is geen ander nie, buiten My is daar geen God nie. Ek rus jou toe vir jou taak al ken jy My nie. 6 Ek doen dit sodat elkeen van die ooste af tot in die weste kan weet dat daar buiten My geen God is nie; Ek is die Here, daar is geen ander nie. (Jes. 45:5-6) 11 Toe het ek rondom die troon en die lewende wesens en die ouderlinge ’n groot menigte engele gesien. Daar was duisende der duisende, ja, miljoene der miljoene. Ek het hulle hard hoor 12 uitroep: “Die Lam wat geslag was, is waardig om die mag en rykdom, die wysheid en sterkte, die eer, heerlikheid en lof te ontvang.” (Open. 5:11-12) Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe die Allerhoogste Majesteit gesê het: “Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug.” (2 Pet. 1:17)

20 Jy moet die Here jou God eer, Hom dien en aanhang, en wanneer jy ’n eed aflê, moet jy dit in sy Naam doen. 21 Jy moet Hom prys, want Hy is jou God en Hy het al hierdie magtige wonderdade wat jy met jou eie oë gesien het, vir jou gedoen. (Deut. 10:20-21) En nou, ons God, grote God, magtig en ontsagwekkend, U wat die verbond en die troue liefde in stand hou. (Neh. 9:32) 4 Wat die Here sê, gebeur, alles wat Hy doen, staan vas. 5 Hy het geregtigheid en reg lief, die hele wêreld is vol van die Here se troue liefde. (Ps.

33:4-5) 12 Een ding het ek God hoor sê, nee, twee: dat net God mag het 13 en 'n mens net op U, Here, kan vertrou, en dat U met elkeen handel volgens sy verdienste. (Ps. 62:12-13) 2 U is met ’n kleed van lig omhul. Dit is U wat die hemelkoepel soos ’n tentdoek gespan 3 en vir U ’n woonplek ingerig het oor die waters daarbo, U wat op die wolke ry, op die vleuels van die wind, 4 U wat die winde u boodskappers maak, die weerligte u dienaars, 5 U wat die aarde stewig gevestig het, sodat dit nooit sal wankel nie. 6 Die groot waters het die aarde soos ’n kleed oordek, die waters het bo-oor die berge gestaan. 7 Maar toe U die waters aanspreek, het hulle gevlug, voor die krag van u stem het hulle die wyk geneem. 8 Hulle het oor die berge gespoel en in die laagtes weggevloei na die plek toe wat U vir hulle bestem het. 9 U het ’n grens gestel waaroor hulle nie mag gaan nie: hulle mag die aarde nie weer oordek nie. 24 U het baie dinge geskep, Here, die aarde is vol van wat U gemaak het, en tog, U het alles in wysheid geskep. (Ps. 104:2-9,24) 2 Soos ’n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God. 3 Ek dors na God, na die lewende God. Wanneer kan ek gaan en voor God verskyn? (Ps. 42:2-3) In die nag smag ek na U, in die môre vra ek na u wil. Wanneer U die aarde straf, leer sy inwoners wat geregtigheid is. (Jes. 26:9) Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer toe, want dit is U wat liefde en trou bewys. (Ps. 115:1) Prys die Here! Dit is goed om tot lof van ons God te sing, dit is ’n genot om die loflied te sing wat

Page 45: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

45

Hom toekom. (Ps. 147:1) 13 Wie kan die Gees van die Here peil, wie kan sy raadgewer wees? 14 Vir wie raadpleeg Hy dat dié Hom tot insig sou bring en Hom sou leer wat om te doen? Wie leer Hom en onderrig Hom dat Hy met insig kan optree? 15 Die nasies is vir Hom soos ’n druppel aan ’n emmer, soos ’n stoffie op ’n skaal. As Hy die eilande op ’n skaal sit, is hulle soos stofdeeltjies. 17 Al die nasies is soos niks teenoor Hom, hulle is vir Hom minder as niks, asof hulle nie bestaan nie. 18 Met wie kan julle God dan vergelyk? met watter beeld kan julle Hom gelykstel? (Jes.

40:13-15,17-18) Maar die Here is die ware God: Hy is die lewende God, die Koning vir altyd; van sy toorn bewe die aarde, teen sy woede kan die nasies dit nie uithou nie. (Jer. 10:10) “Hoe groot is sy tekens, hoe magtig sy wonders! Sy koninkryk is ’n ewige koninkryk, sy heerskappy duur van geslag tot geslag. (Dan.

4:3) 25 Met wie kan julle My dan vergelyk, wie is soos Ek? vra die Heilige. 26 Kyk op na die hemel: wie het die sterre geskep? Hy wat die hemelse leër laat uittrek in hulle volle getal, dit is Hy wat hulle elkeen gemaak het. Met sy groot krag, sy groot mag, sorg Hy dat geeneen van hulle ontbreek nie. 28 Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik. (Jes. 40:25-26,28) Maar Ú, Here, U heers vir altyd, u troon staan vas van geslag tot geslag. (Klaagl. 5:19) 1 In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. 2 Hy was reeds in die begin by God. (Joh.

1:1-2) Daar is nogtans vir ons net een God: die Vader, uit wie alles is en vir wie ons lewe; en net een Here: Jesus Christus, deur wie alles bestaan en deur wie ons lewe. (1 Kor. 8:6)

31 Sou jy die Sewester met ’n band kon vasknoop of die band van Orion kon losmaak? 32 Kan jy die sterre op hulle tyd laat opkom,

kan jy die Beer met sy kleintjies laat uitkom? 33 Weet jy hoe die hemelliggame werk? Stel jy hulle invloed op die aarde vas? (Job 38:31-33) Nou weet ek dat U tot alles in staat is en dat U kan uitvoer wat U besluit. (Job 42:2) 1 Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here, 2

want Hy het die fondamente daarvan in die see gelê en dit stewig gevestig in die waters. (Ps. 24:1-

2) 22 God het sy troon bokant die hemelkoepel, die aardbewoners is vir Hom soos sprinkane. Hy span die hemel oop soos ’n tentdoek, oop soos ’n tent vir die mense om onder te woon. 23 Hy maak die vername mense tot niks, die heersers van die wêreld asof hulle nie bestaan nie. (Jes. 40:22-23) Luister na My, Jakob, luister, Israel, vir wie Ek geroep het: Ek is die Here, Ek is die eerste, en Ek is die laaste. (Jes. 48:12) Aan Hom kom die lof toe tot in ewigheid! (2 Kor.

11:31)

3 Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God. Hy hou alle dinge deur sy magswoord in stand. Nadat Hy die reiniging van sondes bewerkstellig het, het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoë hemel. 4 Hy is net so verhewe bo die engele as wat die Naam wat God Hom gegee het, voortrefliker is as hulle naam. (Heb. 1:3-4)

138 In groot regverdigheid en trou het U u verordeninge uitgevaardig. 142 U is altyd getrou en regverdig, u wet staan altyd vas. (Ps.

119:138,142) 2 Ek voel weer veilig, o God, ek wil ’n lied sing, ja, ek wil sing, 3 ek wil vroeg opstaan, met harp en lier wil ek die rooidag wakker maak! 4 Onder die volke wil ek U loof, Here, onder die nasies u lof besing, 5 want u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke. (Ps. 108:2-5) 2 Die Here is groot! Aan Hom kom al die lof toe hier in die stad van ons God, hier op sy heilige berg, 10 Hier in u tempel oordink ons u trou, o God. 11 Net soos u Naam, o God, so strek u lof oor die hele aarde. U mag het groot redding gebring. (Ps. 48:2,10-11)

Page 46: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

Kom ons val in eerbetoon voor Hom neer, kom ons buig, kom ons kniel voor die Here ons Skepper! (Ps. 95:6) 5 Die Here my God, die Almagtige, raak die aarde aan en dit smelt weg, en almal wat daarop woon, treur; die hele wêreld kom in beroering soos die Nyl en sak weer weg soos die rivier van Egipte. 6 Die Here bou sy bokamers in die hemel en lê die hemelkoepel se fondament op die aarde, Hy roep die waters van die see en giet hulle oor die aarde uit. Sy Naam is Here! (Amos

9:5-6) Wees stil voor die Here, al wat leef! Hy kom uit sy heilige woning te voorskyn! (Sag. 2:13)

1 Die Here is Koning, Hy beklee Hom met majesteit. Die Here beklee Hom, Hy omgord Hom met krag. Die wêreld staan vas, dit wankel nie, 2 en vas staan u troon van ouds af: U is van altyd af daar. 5 U verordeninge staan baie vas. Heiligheid versier u huis, Here, tot in lengte van dae. (Ps. 93:1-2,5) Ek wil die Here loof! Here my God, U is baie groot, U is beklee met koninklike luister. (Ps.

104:1) 7 Wat Hy doen, getuig van trou en reg, al sy voorskrifte staan vas, 8 hulle is vir altyd geldig, hulle is gegee in trou en regverdigheid. 9 Hy het vryheid vir sy volk bewerk, sy verbond vir altyd ingestel. Sy Naam is heilig, dit wek ontsag. (Ps.

111:7-9) Here, U is altyd daar, U is daar van geslag tot geslag. (Ps. 135:13) 17 Hierdie aankondiging berus op ’n besluit van dié wat wag hou, die engele, en hulle maak hierdie beslissings bekend. So sal alle mense weet dat die Allerhoogste mag het oor al die koninkryke op aarde en dat Hy dit gee aan wie Hy wil; Hy stel selfs die onbelangrikste mens daaroor aan.’ 34 “Toe die vasgestelde tyd verby was, het ek, Nebukadnesar, na die hemel opgekyk om hulp en het ek my verstand teruggekry. Ek het die Allerhoogste geprys, ek het Hom wat ewig leef, geloof en geëer. Aan sy heerskappy is daar geen einde nie, sy koninkryk bestaan oor al die geslagte heen. 35 Teenoor Hom is al die bewoners van die aarde soos niks;

Hy doen soos Hy besluit met die hemelse magte en met die mense op aarde. Daar is niemand wat Hom daarvan kan weerhou en vir Hom kan sê: ‘Wat doen U?’ nie. 37 Ek, Nebukadnesar, prys en eer en loof die Koning van die hemel. Alles wat Hy doen, is reg, sy optrede is regverdig. Hy het die mag om hoogmoediges te verneder.” (Dan. 4:17,34-35,37) 3 Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ’n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. 4 In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. (Joh. 1:3-4) Skrywe aan die leraar van die gemeente in Filadelfia: So sê die Heilige, die Ware God, Hy wat die sleutel van Dawid het, wat die deur oopsluit en niemand sal dit weer toesluit nie, en dit toesluit en niemand sluit dit weer oop nie. (Open.

3:7) 1 Prys die Here! Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie! 2 Wie kan die magtige dade van die Here onder woorde bring? Wie kan sy lof ten volle verkondig? (Ps. 106:1-2) Wie gee verstand aan die ibis om teen die vloed te waarsku of wie gee insig aan die haan om die dag aan te kondig? (Job 38:36) 7 U troon, verhewe wese, staan vir altyd vas, met u koninklike septer laat u geregtigheid geskied. 8 U het die reg lief en u haat die onreg, want, verhewe wese, onder groot vreugde het U God U bo U tydgenote tot koning gesalf. (Ps. 45:7-8) 4 Geslag na geslag prys wat U doen en vertel van u magtige dade, 5 van die luister, die heerlikheid van u majesteit. Ek wil getuig van u magtige dade, 6 sodat die mense oor u wonderdade sal praat. Ek wil van u grootheid vertel. (Ps. 145:4-6) Julle moet die Here die Almagtige eer as die Heilige. Vir Hom moet julle vrees en vir Hóm moet julle bang wees. (Jes. 8:13) Hy is die Een op wie jy jou lewe lank kan vertrou. Die kosbare besitting wat werklik kan help, is wysheid en kennis; die rykdom waarop Sion hom kan verlaat, is die diens van die Here. (Jes. 33:6) Dit is die Here wat met sy krag die aarde gemaak het, wat met sy wysheid die wêreld gevestig het en met insig die hemel oopgesprei het. (Jer. 10:12)

Page 47: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

47

So sê die Here, Hy wat die son bedags laat skyn, die maan en sterre beveel om snags te skitter, Hy wat die see onstuimig laat word, wat sy golwe laat druis, wie se Naam Here die Almagtige is. (Jer. 31:35) “Here, God van ons voorvaders, U is God. U heers uit die hemel oor al die koninkryke van die nasies. Uit u hand kom die mag en die krag. Niemand kan teen U stand hou nie. (2

Kron.20:6) 2 Met my hele hart wil ek U prys, Here, wil ek van u magtige reddingsdade vertel. 3 Oor U wil ek my verbly en vrolik wees, u Naam wil ek besing, o Allerhoogste. (Ps. 9:2-3) Jubel in die Here, regverdiges, sing ’n loflied, opregtes! (Ps. 33:1) 8 Ook wanneer U straf, Here, vertrou ons op U. Ons wil u Naam eer en U aanroep. (Jes. 26:8) 8 My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; 9 soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes. (Jes. 55:8-9) Ek is die Here die God van al die mense. Is iets vir My onmoontlik? (Jer. 32:27) 9 “Terwyl ek kyk, is daar trone reggesit, en Hy wat ewig lewe, het op sy troon gaan sit. Sy klere was so wit soos sneeu, sy hare soos skoon wol. Sy troon was van vuurvlamme met wiele van vuur. 10 Vuur het uit die troon gestroom en verder gevloei. Duisende der duisende het Hom gedien, miljoene het daar voor Hom kom staan. Die hofsitting het begin, en die boeke met die aanklagte is oopgemaak. (Dan. 7:9-10) Toe het hy tot die Here gebid: “Here, God van Israel, U wat oor die gerubs troon, U alleen is God oor al die koninkryke van die aarde, U het die hemel en die aarde gemaak. (2 Kon. 19:15) Jy moet besef: Hy wat berge vorm en die wind skep, Hy wat sy gedagtes aan die mens bekend maak, Hy wat die dagbreek donker maak, Hy wat oor die hoogtes van die aarde gaan, sy Naam is Here, almagtige God! (Amos 4:13) Ek sien toe bokant die gewelf bo die koppe van die gerubs iets soos saffier met die vorm van ’n

troon. Dit was sigbaar bokant die gerubs. (Eseg.

10:1) 1 So sê die Here: Die hemel is my troon en die aarde die rusplek vir my voete. Hoe moet die huis dan wees wat julle vir My bou, die plek waar Ek kan woon? 2 Ek het alles gemaak en so het alles ontstaan, sê die Here. Ek slaan ag op die mens in nood, op dié een wat berou het oor sy sonde, wat ontsag het vir my woord. (Jes. 66:1-2) Met my eie hand het Ek die aarde se fondamente gelê, deur my mag het Ek die hemelkoepel oopgesprei: Ek het hulle te voorskyn geroep en hulle het tot stand gekom. (Jes. 48:13) 3 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. (Ef. 1:3) 3 Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus, 4 wat Homself vir ons sondes gegee het om ons te verlos uit hierdie goddelose wêreld en so die wil van God ons Vader te volbring. 5 Aan God kom die heerlikheid toe tot in alle ewigheid! Amen. (Gal. 1:3-5) 2 Hoe lief het ek u woning, Here, Almagtige! 3 Ek versmag van verlange na die tempel van die Here; met alles wat ek is, wil ek jubel oor die lewende God. (Ps. 84:2-3) U verlossingswerk, o God, is oneindig groot; groot is die dinge wat U gedoen het! Wie is soos U, o God? (Ps. 71:19) Hierna het die woord van die Here in ’n gesig tot Abram gekom: “Moenie bang wees nie, Abram, Ek beskerm jou! Jou beloning sal baie groot wees.” (Gen. 15:1) 31 Wat God doen, is volmaak; wat die Here sê, is suiwer. Elkeen wat by Hom skuiling soek, beskerm Hy. 32 Waarlik, wie anders as die Here is God? Ja, wie anders as ons God is ’n rots? (Ps. 18:31-32) 13 Het iemand die aarde aan God toevertrou? Het iemand Hom oor die hele wêreld aangestel? 14 As Hy sou besluit om sy gees, sy asem, na Hom toe terug te neem, 15 dan sou al wat leef, sterf, en die mens weer stof word. (Job. 34:13-15) 10 want al die diere in die bos is Myne, die wild op duisende berge. 11 Ek ken al die voëls van die

Page 48: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

berge; al wat roer op die veld, is Myne. (Ps.

50:10-11) 2 Ek sal die Here altyd weer prys, sy lof sal altyd op my lippe wees. 3 Ek sal die roem van die Here sing; die wat swaar kry, sal dit hoor en daaroor bly wees. 4 Sing saam met my oor die grootheid van die Here en laat ons saam sy Naam prys. (Ps. 34:2-4) Maar vir my is die Here ’n veilige vesting. My God is die rots waar ek kan skuil. (Ps. 94:22) 6 Ek het toe iets gehoor soos die geluid van ’n groot menigte, soos die gedruis van ’n groot watermassa en soos die gedreun van swaar donderweer. Hulle het uitgeroep: “Prys die Here! Die Here ons God, die Almagtige, heers nou as koning. 7 Laat ons bly wees en juig en aan Hom die eer gee, want die bruilof van die Lam het aangebreek, en sy bruid het haar daarvoor gereed gemaak. 9 Toe sê die engel vir my: “Skryf op: Geseënd is hulle wat na die bruilofsmaal van die Lam uitgenooi is.” Verder sê hy vir my: “Dit is die woorde van God, en hulle is waar.” (Open. 19:6-7,9) “Ek, Jesus, het my engel gestuur om dit alles aan julle in die gemeentes te betuig. Ek is die Wortel, dit is, die Nakomeling van Dawid. Ek is die helder Môrester.” (Open. 22:16) U bepalings is regverdig; as ek hulle ter harte neem, sal ek U loof met ’n opregte hart. (Ps.

119:7) 5 Ek weet, die Here is groot, ons Here is verhewe bo al die gode. 6 Alles wat die Here wil, doen Hy, in die hemel en op aarde, in die see, in al die oseane. (Ps. 135:5-6) Hy wat die hemelkoepel oopgespan en die aarde op sy fondamente gesit het, Hy wat die gees van die mens gevorm het. (Sag. 12:1)

U, Here, God wat aan alle mense die lewe gee. (Num. 27:16) Is iets te buitengewoon vir die Here? (Gen.

18:14)

20 Die wysheid, waar kom dit vandaan? Waar is die woonplek van die insig? 21 Dit is verborge vir al wat lewe, weggesteek selfs vir die voëls in

die lug. 22 Die onderwêreld en die dood sê: ‘Ons het maar net ’n gerug daaroor gehoor.’ 23 Net God weet hoe die pad daarheen loop, net Hy ken die woonplek van die wysheid, 24 want Hy sien die verste eindes van die aarde, Hy aanskou alles onder die hemel. (Job 28:20-24) Israel, julle is my getuies, sê die Here, en ook my dienaar wat Ek uitverkies het sodat julle My kan ken en in My kan glo en kan besef dat Ek die Here is. Voor My was daar geen god nie, en na My sal daar ook nie een wees nie. (Jes. 43:10) So sê die Here, die Koning van Israel, sy Verlosser, die Here die Almagtige: Ek is die eerste en Ek is die laaste, buiten My is daar geen God nie. (Jes. 44:6) 9 Maar ons sien Jesus, met eer en heerlikheid gekroon op grond van sy lyding en dood. Hy is ’n kort tydjie minder gemaak as die engele, sodat Hy deur die genade van God vir almal sou sterwe. 10 God, ter wille van wie alles bestaan en deur wie alles ontstaan het, wou baie deel laat kry aan sy heelikheid. En daarom was dit reg dat Hy hulle Leidsman tot die verlossing deur lyding heen tot volmaaktheid sou bring. (Heb. 2:9-10) Op sy klere, by sy heupe, was daar ’n Naam geskrywe: “Die Koning van die konings en die Here van die heersers.” (Open. 19:16) Die Here die Almagtige is verhewe, Hy laat reg geskied; die heilige God laat Hom ken as die Heilige, Hy oordeel regverdig. (Jes. 5:16) Tog is die Here gretig om julle genadig te wees en wil Hy hom oor julle ontferm: Die Here is ’n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou. (Jes. 30:18) Die Here jou God is ’n verterende vuur, Hy eis onverdeelde trou aan Hom. (Deut. 4:24) En Miga praat verder: “Hoor die woord van die Here! Ek het die Here op sy troon sien sit met die hele hemelse leërmag wat weerskante van Hom staan. (1 Kon. 22:19) Die hemel, selfs die hoogste hemel, kan U nie bevat nie, hoe dan nog hierdie tempel wat ek gebou het! (2 Kron. 6:18) Maar ek sal juig in die Here, ek sal jubel oor die

Page 49: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

49

redding wat Hy bring. (Ps. 35:9) Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in ’n dor en droë land, ’n land sonder water. (Ps. 63:2) 1 Vir die koorleier. ’n Lied. ’n Psalm. Juig tot eer van God, almal op aarde! 2 Sing tot roem van sy Naam, gee Hom die eer wat Hom toekom! 3 Bely voor God: Hoe ontsagwekkend is u werk! U mag is groot, u vyande kruip voor U. 4 Alle mense moet voor U buig, hulle moet sing tot u eer, hulle moet sing tot eer van u Naam. (Ps. 66:1-4) Ek besing u lof en u roem gedurigdeur. (Ps.

71:8) Prys die Here ons God, buig voor Hom op sy heilige berg, want die Here ons God is heilig. (Ps. 99:9) 9 Kom ondervind en sien self dat die Here goed is! Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil. 10 Julle wat aan die Here behoort, dien Hom! Wie Hom dien, het geen gebrek nie. (Ps.

34:9-10) 6 Die Here laat geregtigheid en reg geskied aan almal wat verdruk word. 8 Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en vol liefde. (Ps. 103:6,8) U troon is gebou op geregtigheid en reg, liefde en trou staan in u diens. (Ps. 89:15) 6 Here, u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke, 7 u geregtigheid tot op die hoogste berge, die reg wat U spreek, tot in die dieptes van die see. U sorg vir mens en dier, o Here. 8 Hoe kosbaar is u trou, o God! U beskerm die mense wat by U skuil. 10 U is die bron van die lewe, deur u lig lewe ons. (Ps. 36:6-8,10) Dan sal ek die Naam van God besing, Hom met ’n danklied prys. (Ps. 69:31) So sal blyk dat die Here regverdig is, dat daar by Hom geen onreg is nie. Hy is my rots. (Ps.

92:16) 4 Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid. 5 Julle moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het, aan sy wonders, aan die reddingsdade op sy bevel. (Ps.

105:4-5) “Here, Almagtige, God van Israel, U wat oor die gerubs troon, U alleen is God oor al die koninkryke van die aarde U het die hemel en die aarde gemaak. (Ps. 37:16)

Die Here is God, Hy alleen is God. Hy spreek, Hy roep die hele wêreld op, van waar die son opkom tot waar hy ondergaan. (Ps. 50:1) Wie verstandig is, moet op hierdie dinge ag gee, hulle moet let op die Here se dade van trou. (Ps.

107:43) Op u woord kan ’n mens hom geheel en al verlaat. Al u bepalings is regverdig. Hulle staan vas. (Ps.

119:160) Verder sê Hy: “Ek is die God van jou voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob.” (Eks. 3:6) “En nou, Here, U is God. U woorde sal bewaarheid word. U het hierdie goeie belofte aan u dienaar gemaak. (2 Sam. 7:28) Van Dawid. ’n Psalm. Ek wil sing van u troue liefde en u geregtigheid, ek wil ’n lied sing tot u eer, Here. (Ps. 101:1) Ook dit is iets wat van die Here die Almagtige af kom; kennis wat van Hom kom, is wonderbaar en laat alles voorspoedig verloop. (Jes. 28:29) 11 Ek, Ek is die Here, buiten My is daar geen redder nie. 13 Ook hierná is Ek nog God. Uit my mag kan niemand gered word nie. Wat Ek doen, kan niemand ongedaan maak nie. (Jes. 43:11,13)

So sê die Here jou Verlosser wat jou in die moederskoot gevorm het: Ek is die Here, Ek het alles geskep, Ek alleen het die hemel oopgespan, Ek het die aarde gevorm; daar was niemand by nie. (Jes. 44:24) Die lof en die heerlikheid, die wysheid, die dank en die eer, die mag en die sterkte behoort aan ons God tot in alle ewigheid. Amen!” (Open. 7:12) 7 Sonder ophou moet hulle u groot goedheid verkondig en oor u reddingsdade jubel. 8 Genadig en barmhartig is die Here, lankmoedig en vol liefde. 9 Die Here is vir almal goed en barmhartig

Page 50: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

oor alles wat Hy geskep het. (Ps. 145:7-9) Ons Verlosser is die Heilige van Israel, sy Naam is die Here die Almagtige. (Jes. 47:4) Ek, die Here, het nie verander nie, daarom het julle nie te gronde gegaan nie, nageslag van Jakob. (Mal. 3:6) God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh. 1:5)

“Vrees God en gee aan Hom die eer, want die tyd het aangebreek vir sy oordeel. Aanbid Hom wat die hemel en die aarde, die see en die waterbronne gemaak het.” (Open. 14:7)

“Sou God werklik op die aarde woon? Die hemel, selfs die hoogste hemel, kan U nie bevat nie, hoe dan nog hierdie tempel wat ek gebou het! (1 Kon. 8:27) Met sy stem laat God magtige dinge gebeur. Hy doen groot dade en ons begryp dit nie. (Job

37:5) 1 Prys die Here! Ek wil die Here prys. 2 Ek wil die Here prys so lank ek lewe, ek wil die lof van my God besing so lank ek daar is. (Ps. 146:1-2) Ek sal die lof van die Here verkondig. Laat al wat leef, sy heilige Naam vir altyd prys. (Ps.

145:21) By God is wysheid en krag, by Hom is raad en insig. (Job 12:13) U is tog die Heilige wat woon waar die lofsange van Israel weerklink! (Ps. 22:4) U, Here, is ’n barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. (Ps. 86:15) Ek sidder van vrees vir U, ek het diepe ontsag vir u bepalings. (Ps. 119:120) Die Here is regverdig in al sy handelinge, getrou in alles wat Hy doen. (Ps. 145:17) Ek kondig vantevore aan wat later sal kom, lank tevore al wat nog nie gebeur het nie. Ek sê wat

Ek besluit het en dit gebeur, wat Ek wil, doen Ek. (Jes. 46:10) Elkeen van die vier lewende wesens het ses vlerke gehad, wat aan die bokant en aan die onderkant vol oë was. Hulle het dag en nag sonder om te rus, gesê: “Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom.” (Open. 4:8) Toe het daar ’n stem van die troon af gekom wat gesê het: “Loof ons God, al sy dienaars, dié wat Hom vrees, klein en groot!” (Open. 19:5) 1 Die Here is Koning, Hy beklee Hom met majesteit. Die Here beklee Hom, Hy omgord Hom met krag. Die wêreld staan vas, dit wankel nie, 2 en vas staan u troon van ouds af: U is van altyd af daar. 5 U verordeninge staan baie vas. Heiligheid versier u huis, Here, tot in lengte van dae. (Ps. 93:1-2,5) 22 God het sy troon bokant die hemelkoepel, die aardbewoners is vir Hom soos sprinkane. Hy span die hemel oop soos ’n tentdoek, oop soos ’n tent vir die mense om onder te woon. 23 Hy maak die vername mense tot niks, die heersers van die wêreld asof hulle nie bestaan nie. (Jes. 40:22-23) Daar is nogtans vir ons net een God: die Vader, uit wie alles is en vir wie ons lewe; en net een Here: Jesus Christus, deur wie alles bestaan en deur wie ons lewe. (1 Kor. 8:6) 3 Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God. Hy hou alle dinge deur sy magswoord in stand. Nadat Hy die reiniging van sondes bewerkstellig het, het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoë hemel. 4 Hy is net so verhewe bo die engele as wat die Naam wat God Hom gegee het, voortrefliker is as hulle naam. (Heb. 1:3-4)

Luister na My, Jakob, luister, Israel, vir wie Ek geroep het: Ek is die Here, Ek is die eerste, en Ek is die laaste. (Jes. 48:12) 1 In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. 2 Hy was reeds in die begin by God. (Joh. 1:1-2)

Page 51: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

51

Skrifgedeeltes vir verootmoediging en sondebelydenis

Die Here is in sy heilige tempel! Die Here is op sy troon in die hemel! Sy oë is oop, sy oë keur die mensekinders. (Ps.11:4) 7 Verdra die tug as opvoeding, want God behandel julle as sy kinders. Is daar miskien ’n kind wat nie deur sy vader getug word nie? 8 As julle nie getug word soos al die ander nie, dan is julle nie werklik sy kinders nie. 9 Verder, ons het ons aardse vaders gehad wat ons getug het, en ons het vir hulle eerbied gehad. Sal ons ons nie nog des te meer aan die hemelse Vader onderwerp en lewe nie? (Heb.12:7-9) Here, ek het gehoor wat van U vertel is en ek is vervul met ontsag vir wat U gedoen het. Doen dit tog ook in ons tyd, laat u dade ook in ons tyd ervaar word, ontferm U selfs in u toorn. (Hab.3:2) 16 Red my van ondergang, o God, my Redder, dat ek kan jubel oor u verlossingsdaad. 17 Here, gee my die woorde om u lof te verkondig. 18 ’n Offer vra U nie, anders sou ek dit bring; ’n brandoffer wil U nie hê nie. 19 Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoediging: U sal ’n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o God. (Ps.51:16-17) 21 Hy hou die pad van die mens dop en sien elke tree wat hy gee. 22 Daar is nie ’n donkerte of duisternis waar dié wat onreg doen, kan wegkruip nie. 23 God hoef nie verder navraag te doen wanneer ’n mens voor Hom verskyn vir die oordeel nie. (Job 34:21-23) As julle terugkom na die Here toe, sal julle broers en julle seuns medelye vind by dié wat hulle gevange weggevoer het en sal hulle na hierdie land toeterugkom. Die Here julle God is genadig en barmhartig. Hy sal nie afsydig staan as julle na Hom toe terugkom nie. (2 Kron.30:9)

Laat U groot mag nou bekend word, Here, soos U gesê het: 18 ‘Ek, die Here, is lankmoedig en vol liefde; Ek vergewe ongeregtigheid en oortreding. (Num.14:17-18)

U is nie ’n God wat onreg verdra nie, die kwaad het by U geen plek nie. (Ps.5:4)

Dit is Hy wat hulle verstand gevorm het, wat al hulle werk deurgrond. (Ps.33:15) 9 Hy sal ons ons sonde nie bly toereken en nie vir ewig toornig bly nie. 10 Hy handel met ons nie volgens ons sondes nie, vergeld ons nie vir ons ongeregtighede nie, 11 want so groot as die afstand tussen hemel en aarde is, so groot is sy liefde vir dié wat Hom dien. 12 So ver as die ooste van die weste af is, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af. 13 Soos ’n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien. (Ps.103:9-13) Die kwaad wat jy gedoen het, sal jou straf word; omdat jy van My af weggedraai het, sal jy daaronder ly. Jy sal agterkom hoe rampspoedig dit is, jy sal proe hoe bitter dit is om My, die Here jou God, te verlaat, om geen eerbied meer vir My te hê nie, sê die Here God, die Almagtige. (Jer.2:19) Om die Here te dien, is om te haat wat verkeerd is. Daarom haat ek hoogmoed en hovaardigheid, ’n verkeerde lewe en slinkse woorde. (Spr.8:13) Ek het gesê: “Wees my genadig, Here! Maak my tog gesond; ek het teen U gesondig.” (Ps.41:5) Ek bestraf en tug elkeen wat Ek liefhet. Laat dit dan vir julle erns wees en bekeer julle. (Open.3:19) 2 Keer terug na die Here jou God, Israel, want jy het geval deur jou sonde. 3 Bely julle sonde en kom terug na die Here toe. Sê vir Hom: “Vergewe tog al ons sonde en neem ons belydenis aan. Ons bely teenoor U. (Hos.14:2-3)

12 Ons oortredings teen U is baie, ons sondes kla ons aan. Ons oortredings bly ons by, ons bly bewus van ons sondes: 13 die oortreding en die geveinsdheid teenoor die Here, die ontrou teenoor ons God, die beplanning van onderdrukking, die verdraaiing van die reg, die uitdink en rondvertel van leuens. (Jes.59:12-13) Ons het gesondig, net soos ons voorvaders, ons het verkeerd gedoen, ons is skuldig. (Ps.106:6) 2 Moet my tog nie in u toorn bly straf nie, Here, en

Page 52: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

my langer in u gramskap tugtig nie. 3 U pyle het my getref, u hand lê swaar op my. 4 Deur u toorn is daar nie meer ’n gesonde plek aan my liggaam nie, deur my sonde is daar nie meer ’n heel plek aan my lyf nie. Ja, my ongeregtighede het my oorweldig soos ’n las wat vir my te swaar is. (Ps.38:2-5) 21 Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra: “Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?” 22 Jesus antwoord hom: “Ek sê vir jou, nie sewe keer nie maar selfs sewentig maal sewe keer. (Matt.18:21-22) Maak Ú my gesond, Here, dan sal ek gesond wees! Bevry Ú my, dan sal ek vry wees! Dit is vir U wat ek wil loof. (Jer.17:14) En tog is dit Ek wat jou opstandigheid vergewe. Ek is getrou aan Myself, Ek dink nie meer aan jou sondes nie. (Jes.43:25) Die Here sien oral; Hy hou slegte en goeie mense dop. (Spr.15:3) 19 Ek bely my ongeregtigheid, my sonde kwel my. 22 Moet my tog nie verlaat nie, Here, my God, moenie ver van my af bly nie! 23 Maak tog gou om my te help, Here, my Redder! (Ps.38:19, 22-23) 3 Wie mag die berg van die Here opgaan en wie mag in sy heiligdom gaan staan? 4 Dié een wie se hande rein en wie se hart suiwer is, wat alle bedrog vermy en geen vals eed aflê nie. (Ps.24:3-4) In alles wat oor ons gekom het, was U regverdig; U het reg gedoen, ons verkeerd. (Neh.9:33) Maar as julle dit nie doen nie, sondig julle teen die Here en moet julle weet dat julle sonde julle sal agterhaal. (Num.32:23) 7 Net ’n oomblik het Ek jou verstoot, in my groot liefde vat Ek jou terug. 8 In ’n opwelling van toorn wou Ek ’n kort tydjie niks met jou te doen hê nie, maar Ek ontferm My oor jou met ’n liefde wat nooit vergaan nie, sê die Here, jou Verlosser. (Jes.54:7-8) 7 Toe ek wou vergaan, het ek aan die Here

gedink, en my gebed het by U gekom, in u heilige tempel. 8 Dié wat op nuttelose afgode vertrou, verlaat Hom wat liefde aan hulle betoon. 9 Terwyl ek ’n loflied sing, wil ek aan U ’n offer bring; wat ek beloof het, sal ek doen. Hulp kom net van die Here af.” (Jona 2:7-9) 5 Julle het ook vergeet van die aanmoediging wat tot julle as kinders van God gerig word: “My kind, moet dit nie gering ag as die Here jou tug nie en moenie mismoedig word as Hy jou teregwys nie, 6 want die Here tug hom wat Hy liefhet, Hy straf elkeen wat Hy as kind aanneem.” (Heb.12:5-6) 21 Van binne af, uit die hart van die mens, kom die slegte gedagtes: onkuisheid, diefstal, moord, 22 owerspel, hebsug, kwaadwilligheid, bedrog, losbandigheid, afguns, kwaadpratery, hoogmoed, ligsinnigheid. 23 Al hierdie slegte dinge kom van binne af en dit maak ’n mens onrein.” (Mark.7:21-

23) 33 “As u volk Israel deur ’n vyand verslaan word omdat hulle teen U gesondig het en hulle kom tot inkeer en bely u Naam en bid tot U in hierdie huis en smeek U, 34 luister tog uit die hemel en vergeef u volk Israel se sonde en laat hulle terugkom na die land wat U aan hulle voorvaders gegee het...36 luister tog uit die hemel en vergeef u dienaars en u volk Israel se sonde en gee reën op u land wat U aan u volk as besitting gegee het. So leer U hulle die goeie weg wat hulle moet bewandel...46 "Sou hulle teen U sondig, want daar is nie ’n mens wat nie sondig nie, en U in u verontwaardiging hulle aan ’n vyand oorgee, sodat hulle as gevangenes weggevoer word na die vyand se land toe, ver of naby... 48 en hulle tot U wend met hart en siel in die land van hulle vyande wat hulle gevange hou...49 luister tog uit die hemel...en neem hulle straf weg. (1 Kon.8:33-34,36,46,48-49) Die wysheid en krag van God is groot: wie kan Hom teëstaan en niks oorkom nie? (Job 9:4) U wat die mens deur en deur toets, U is die regverdige God. (Ps.7:10) Die Here gee aan die mens die lewe. Die Here sien deur die hele mens. (Spr.20:27) U sien ons oortredinge raak, U bring die sondes wat ons wou wegsteek, aan die lig. (Ps.90:8) Wie van julle dien die Here en luister na sy

Page 53: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

53

dienaar? Wie in die donker loop en geen lig sien nie, moet op die Here vertrou, moet op sy God steun. (Jes.50:10) Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is. (Matt.3:8) 39 Wat kla ’n mens oor sy lewe? Hy moet liewer sy sonde oorwin. 40 Laat ons ons doen en late deeglik ondersoek en ons tot die Here bekeer. (Klaagl.3:39-40) 2 Hy het tot die Here gebid en gesê: “Ag, Here, ek het dit geweet toe ek nog in my land was. Daarom het ek reg in die begin na Tarsis toe gevlug. Ek het geweet U is ’n genadige en barmhartige God, lankmoedig en vol liefde. U sien maklik af van die straf wat U aangekondig het. (Jona 4:2)

23 Ek weet, Here, die mens kan nie self sy pad kies nie, niemand kan self sy koers bepaal nie. 24 Here, straf ons soos ons verdien, maar nie in toorn nie, dat U ons nie tot niet maak nie. (Jer.10:23-24) Silwer word in ’n smeltkroes gelouter en goud in ’n oond, maar dit is die Here wat die gesindheid toets. (Spr.17:3) ’n Mens se lewe lê oop voor die Here, elke tree wat jy gee, sien Hy. (Spr.5:21) Dit gaan goed met die mens wat deur U opgevoed word, Here, vir wie U onderrig in u woord. (Ps.94:12) 13 Wie sien sy eie dwalinge raak? Moet my tog nie straf vir sondes wat ek onwetend gedoen het nie. 14 Weerhou my van opsetlike sondes, laat hulle nie oor my heers nie. Dan sal ek onberispelik wees en vry van hierdie groot sonde. (Ps.19:13-14) 3 Wees my genadig, o God, in u troue liefde, wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid! 4 Was my skoon van my skuld, reinig my van my sonde! 5 Ja, my oortredings ken ek en van my sonde bly ek altyd bewus. 6 Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in u oë. U uitspraak is dus reg en u oordeel regverdig. (Ps.51:3-6)

8 As ons beweer dat ons nie sonde het nie,

bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. 9 Maar as ons ons sondes bely—Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. 10 As ons beweer dat ons nie gesondig het nie, maak ons Hom tot leuenaar en is sy woord nie in ons nie. (1 Joh.1:8-

10) Geen versoeking wat meer is as wat ’n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan. (1

Kor.10:13) Ek sal hulle reinig van al die sondes waarmee hulle teen My oortree het en al hulle sondes vergewe waarmee hulle teen My oortree het, en in opstand gekom het. (Jer.33:8) Die goddelose moet sy verkeerde pad laat staan, die slegte mens sy slegte planne. Hy moet hom tot die Here bekeer, dan sal Hy hom genadig wees; hy moet hom tot ons God bekeer, Hy vergewe altyd weer. (Jes.55:7) 23 Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. 24 Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad! (Ps.139:23-24) 9 Neem tog my sonde weg dat ek rein kan wees, was my dat ek witter as sneeu kan wees. 10 Laat my weer blydskap en vreugde belewe. U het my verbrysel; laat my weer jubel. 11 Moet tog nie ag slaan op my sondes nie, wis al my skuld uit! 12 Skep vir my ’n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. 13 Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie! 14 Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, laat my U weer met toewyding dien. 15 Dan sal ek oortreders leer wat U van ’n mens verwag; dat die sondaars hulle tot U sal bekeer. (Ps.51:9-15) 5 Sing tot eer van die Here, julle wat Hom getrou dien, loof sy heilige Naam! 6 Waarlik, sy toorn duur net ’n oomblik, maar sy goedheid lewenslank. Gisteraand was daar nog trane en vanmôre lag ek al weer. (Ps.30:5-6) 5 Ek het gesê: “Ag, Here, God van die hemel, groot en ontsagwekkende God wat u verbond en u troue liefde handhaaf teenoor dié wat vir U liefhet

Page 54: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

en u gebooie gehoorsaam, 6 luister tog, gee tog ag op die gebed wat ek, u dienaar, sonder ophou tot U bid. “Ek bid vir u dienaars, die Israeliete, ek doen belydenis van die sondes wat ons teen U begaan het. Ook ek en my familie het gesondig. (Neh.1:5-6) 22 Maar Samuel antwoord: “Is brandoffers en ander diereoffers net so aanneemlik vir die Here as gehoorsaamheid aan sy bevel? Nee, gehoorsaamheid is beter as offerande, om te luister is beter as die vet van ramme. 23 Weerspannigheid is net so erg as die sonde van waarsêery; eiesinnigheid net so erg as die bedrog van afgodery. Omdat jy die woord van die Here verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.” (1 Sam.15:22-23) Toe het ek uitgeroep: “Dit is klaar met my! Ek is verlore! Elke woord oor my lippe is onrein, en ek woon onder ’n volk van wie elke woord onrein is. En nou het ek die Koning gesien, die Here die Almagtige.” (Jes. 6:5)

9 Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan? 10 Ek, die Here, deurgrond en toets hart en verstand, Ek laat die mens kry wat hy verdien, wat hom toekom vir wat hy doen. (Jer.17:9-10) 12 Maar nou sê die Here: Kom met julle hele hart terug na My toe, vas, huil en treur! 13 Skeur julle harte, nie julle klere nie. Kom terug na die Here julle God toe: Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol liefde. Hy is bereid om straf te herroep. (Joël 2:12-13) 10 Ons vaders het ons wel ’n kort tydjie na hulle goeddunke getug, maar Hy tug ons tot ons beswil sodat ons in sy heiligheid mag deel. 11 Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te huil. Later lewer dit egter vir dié wat daardeur gevorm is, ’n goeie vrug: vrede omdat hulle gehoorsaam is aan die wil van God. 12 Versterk daarom die slap hande en die lam knieë 13 en loop die reguit pad. Dan sal wat lam is, nie uit lit raak nie, maar gesond word. (Heb.12:10-13) Maar U verwag opregtheid diep in ’n mens se hart: laat ek dan diep in my binneste weet hoe U wil dat ek moet lewe. (Ps.51:8)

1 Dit gaan goed met die mens wie se oortredings nie gestraf word nie, wie se sonde vergewe word. 2 Dit gaan goed met die mens vir wie die Here die oortreding nie toereken nie en in wie se gees daar geen valsheid is nie. 3 Toe ek oor my sonde geswyg het, het my liggaam uitgeteer soos ek heeldag om hulp geroep het. 4 U hand het dag en nag swaar op my gedruk, my krag het opgedroog soos water in somerhitte. 5 Toe het ek my sonde bely, my oortreding nie weggesteek nie. Ek het gesê: “Voor die Here bely ek my opstandigheid;” en U het my skuld vergewe. (Ps.32:1-5) God hou my paaie dop en tel elke tree wat ek gee. (Job 31:4) 6 Dink aan die liefde en trou, Here, wat U van altyd af betoon het. 7 Moet tog nie dink aan die sondes en oortredinge van my jeug nie. Dink aan my in u trou, Here, omdat U goed is. (Ps.25:6-7) In sy eie oë is alles wat ’n mens doen, reg, maar die Here toets die gesindheid. (Spr.21:2) Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol. (Jes.1:18) 1 “Kom ons gaan terug na die Here, want Hý het ons verskeur maar sal ons weer gesond maak, Hý het ons geslaan maar sal weer ons wonde verbind. 2 Hy sal ons na twee dae ’n nuwe lewe laat begin. Hy sal ons op die derde dag weer krag gee sodat ons in sy teenwoordigheid kan leef. (Hos.6:1-2) 6 As ons beweer dat ons aan Hom deel het, en ons lewe in die duisternis, lieg ons en handel ons nie volgens die waarheid nie. 7 Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde. (1 Joh.1:6-7) Vir die Here is die doderyk en die onderaardse diepte nie verborge nie, hoeveel minder die gedagtes van mense. (Spr.15:11) 6 U weet hoe sondig ek is, o God, my verkeerde dade kan ek tog nie vir U wegsteek nie. 7 Here, almagtige God, moenie dat dié wat op U vertrou, deur my toedoen teleurgestel word nie. God van Israel, moenie dat dié wat by U hulp soek, deur my toedoen beskaam word nie. (Ps.69:6-7)

Page 55: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

55

‘Kan ’n mens ooit onskuldig wees in die oë van God en sonder blaam voor sy Maker staan? (Job

4:17) Jy moet diep in jou hart weet: soos ’n man dissipline by sy seun kweek, so het die Here jou God vir jou dissipline geleer. (Deut.8:5)

16 Die Here haat ses dinge, nee, daar is sewe waarvan Hy ’n afsku het: 17 oë wat straal van hoogmoed, ’n tong wat lieg, hande wat met bloed bevlek is, 18 gedagtes wat met komplotte besig is, voete wat net een koers ken, dié van die kwaad, 19 ’n getuie wat lieg en iemand wat rusie stook tussen broers. (Spr.6:16-19) So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê. (Jes.30:15) 18 Wie is ’n God soos U? U vergewe sonde, U straf nie die sonde van dié wat uit u volk oorgebly het nie. U bly nie vir altyd kwaad nie, U betoon liefde. 19 Hy sal ons weer genade betoon, Hy sal ons sonde tot niet maak, U sal al hulle sondes in die diepsee gooi. (Miga 7:18-19) Op selfverheffing volg ineenstorting, op nederigheid eer. (Spr.18:12) 1 Dit skrywe ek aan julle, my liewe kinders, dat julle nie moet sondig nie. En as een van ons sondig—ons het Jesus Christus, die regverdige, as ons voorspraak by die Vader. 2 Hy is die versoening vir ons sondes; en nie net vir óns sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld. (1 Joh.2:1-2) Juda het geantwoord: “Wat kan ons vir Meneer sê? Wat kan ons antwoord en hoe kan ons onsself verontskuldig? God het ons sonde aan die lig gebring." (Gen.44:16) 10 Liefde en trou is die paaie wat die Here bewandel met dié wat sy verbond en verordeninge bewaar. 11 Ter wille van u Naam, Here, vergewe my my sonde, want dit is groot. (Ps.25:10-11) Op hoogmoed volg ondergang, op selfverheffing volg die val. (Spr.16:18) Daar is geen mens op aarde regverdig nie,

niemand wat net goed doen en nie sondig nie. (Pred.7:20) Ek het jou oortredinge, jou sondes, uitgewis, hulle het verdwyn soos wolke, soos miswolke. Kom terug na My toe, want Ek het jou verlos. (Jes.44:22) Ek het alles gemaak en so het alles ontstaan, sê die Here. Ek slaan ag op die mens in nood, op dié een wat berou het oor sy sonde, wat ontsag het vir my woord. (Jes.66:2) 3 Hy was verag en deur die mense verstoot, ’n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie. 4 Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra. Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word. 5 Oor ons oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom. 6 Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom. (Jes.53:3-6) In sy eie oë is alles wat ’n mens doen, reg, maar die Here ondersoek die gesindheid. (Spr.16:2) 1 Uit die dieptes roep ek na U, Here, 2 luister tog na my, Here, hoor tog my hulpgeroep. 3 As U ons sondes in aanmerking sou neem, Here, wie sou dan nog bestaan? 4 Maar by U ís daar vergifnis: daarom word U steeds gedien. (Ps.130:1-4) 5 Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien, 6 en nou verag ek myself, nou sit ek vol berou, in sak en as.” (Job

42:5-6) 2 Moet my tog nie in u toorn straf nie, Here, en my in u gramskap tugtig nie. 3 Ontferm U oor my, Here, want ek kwyn weg, maak my gesond, Here, want my liggaam is uitgeteer. 4 Ek is heeltemal gedaan. Hoe lank nog, Here, voordat U uitkoms gee? (Ps.6:2-4) Ek het gebid: “My God, ek is te skaam, ek het nie die vrymoedigheid om my kop voor U op te tel nie. Ons sonde is hoog opgestapel, ons misdade staan hemelhoog. (Esra 9:6)

Page 56: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

17 Wat is die mens dat U soveel van hom maak, dat U hom so op die hart dra, 18 dat U hom van dag tot dag toets, hom van oomblik tot oomblik op die proef stel? (Job 7:17-18) 8 Die Here is goed en regverdig: Hy wys selfs vir sondaars die pad aan, 9 Hy laat aan hulpeloses reg geskied en Hy leer hulle sy pad. (Ps.25:8-9) Ek het swaar gesondig met wat ek gedoen het. Vergewe tog nou my oortreding, Here! Waarlik, ek het baie dwaas opgetree. (2 Sam.24:10) Toe sê Akan vir Josua: “Dit is waar. Ek het gesondig teen die Here die God van Israel.

(Jos.7:20) Jy het jou Rots, jou Skepper, nie in ag geneem nie, die God wat jou in die wêreld gebring het, vergeet. (Deut.32:18) Maar Hy sê vir Samuel: “Moenie na sy voorkoms of sy buitengewone lengte kyk nie, want Ek het hom nie gekies nie. Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike.” (1

Sam.16:7) Hy het vir Moses gesê: “Asseblief, Meneer, moet tog nie die sonde wat ons in dwaasheid begaan het, teen ons hou nie. (Num.12:11)

Page 57: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

57

Skrifgedeeltes vir persoonlike vernuwing/herlewing “En nou, Israel, die Here jou God vra net dat jy Hom moet eer, sy wil moet gehoorsaam, Hom moet liefhê en dien met hart en siel. (Deut.10:12) 12 Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het. 13 Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. 14 Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus. (Fil.3:12-14) Hy moet meer word en ek minder. (Joh.3:30) 1 “Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. 2 Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra. 4 Julle moet in My bly en Ek in julle. ’n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie. (Joh.15:1-2,4)

20 Samuel sê toe vir die volk: “Moenie bang wees nie, julle het nou wel hierdie verkeerde dinge gedoen, maar moet nou net nie van die Here af wegdraai nie. Dien die Here met julle hele hart. 21 Moenie agter afgode aan wegdraai nie. Hulle kan nie help of red nie, want hulle is niks. (1 Sam.12:20-21) 19 Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, 20 afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, 21 afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie. 22 Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, 23 nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie. (Gal.5:19-23) 3 Vertrou liewer op die Here en doen wat goed

is, woon en werk rustig voort. 4 Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. 5 Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg. 6 Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son, jou reg soos die helder lig van die middag. 7 Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van ’n skelm nie. (Ps.37:3-7) Julle moet niks met seksuele losbandigheid te doen hê nie. Elke ander sonde wat ’n mens doen, vind buite sy liggaam plaas, maar iemand wat seksueel losbandig lewe, vergryp hom aan sy eie liggaam. (1 Kor.6:18) 6 Hierdie dinge het gebeur as voorbeelde vir ons dat ons ons nie soos hulle deur sondige begeertes moet laat dryf nie. 7 Julle moenie afgodsdienaars word nie, soos sommige van hulle oor wie daar geskrywe staan: “Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan en hulle aan uitspattighede oorgegee.” 8 Laat ons ook nie onsedelikheid pleeg nie, soos sommige van hulle onsedelikheid gepleeg het, en op een dag het daar drie en twintig duisend omgekom. (1 Kor.10:6-8)

1 Josia was ag toe hy koning geword het en het een en dertig jaar in Jerusalem geregeer. 2 Hy het gedoen wat reg is in die oë van die Here. Hy het die pad van sy voorvader Dawid geloop en daar nie links of regs van afgewyk nie. 27 Ek het daarop ag geslaan dat jy in jou hart geraak is deur die woorde wat jy gehoor het en dat jy berou getoon het voor God toe jy hoor wat Hy sê. (2 Kron.34:1-2,27) Maar Hy het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid. (Luk.5:16) Al die Jode en Grieke wat in Efese gewoon het, het daarvan te hore gekom. Vrees het hulle almal oorval, en die Naam van die Here Jesus is geprys. (Hand.19:17) En nou doen ek ’n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. (Rom.12:1) Hy het naby God geleef en toe was hy nie meer

Page 58: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

daar nie, want God het hom na Hom toe weggeneem. (Gen.5:24) Maar Noag is deur die Here begenadig. (Gen.6:8) 11 dat ’n nasie sy gode verruil het, selfs al was hulle geen gode nie? Maar my volk het My, hulle magtige God, verruil vir gode wat nie kan help nie. 13 My volk het twee sondes begaan: Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie. (Jer.2:1,13) Daarom, broers wat vir die Here afgesonder is en deelgenote is van die hemelse roeping, moet julle noukeurig let op Jesus, die Apostel en Hoëpriester van die geloof wat ons bely. (Heb.3:1) Mag die vrees vir die Here julle bybly! Wees versigtig en doen julle plig. By die Here ons God is daar nie onreg en bevoordeling en korrupsie nie.” (2 Kron.19:7)

15 U bevele bly my altyd by. Ek gee ag op die pad wat U aanwys. 16 Ek verlustig my in u voorskrifte, u woord vergeet ek nie. 17 Doen goed aan u dienaar, dan sal ek lewe en u woord gehoorsaam. 18 Maak my oë oop dat ek die kragtige werking van u wet ervaar. (Ps.119:15-

18) 6 Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. 7 En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. (Fil.4:6-7) Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus. (1 Pet.1:13) Met die oog op mense wat seker was dat hulle eie saak met God reg is en wat op ander neergesien het. (Luk.18:9) 25 “Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? 26 Kyk na die

wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? 27 Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng? 28 En wat bekommer julle julle oor klere? Let op hoe groei die veldlelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie. 29 Maar Ek sê vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie. 30 As God dan die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre verbrand word, so versier, hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nie, julle kleingelowiges? 31 “Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie. 32 Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. 33 Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee. (Matt.6:25-33) “Want jy dink nie aan wat God wil hê nie maar aan wat die mense wil hê.” (Mark.8:33) Hy het hulle beveel: “Julle moet julle opdrag uitvoer in eerbied vir die Here, in trou en in volkome onpartydigheid. (2 Kron.19:9) Leer my u pad, Here, ek wil wandel in u waarheid; leer my U met toewyding dien. (Ps.86:11) 29 Jesus antwoord hom: “Die eerste is: ‘Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here. 30 Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.’ 31 Die tweede is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Geen ander gebod is groter as dié twee nie.” 33 En ‘om Hom lief te hê met jou hele hart en met jou hele denke en met al jou krag’ en ‘om jou naaste lief te hê soos jouself’ is van meer belang as al die brandoffers en ander diereoffers.” (Mark.12:29-31,33) 16 Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, 17 dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. 18 Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. 19 Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.

Page 59: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

59

(Ef.3:16-19)

Jy dan, my seun, wees sterk deur die genade wat ons in Christus Jesus het. (1 Tim.2:1) Wees net gehoorsaam aan die Here en dien Hom opreg en met julle hele hart. Let op die groot dinge wat Hy vir julle gedoen het. (1

Sam.12:24)

Die Gees van God het vir Sagaria seun van die priester Jojada in besit geneem. Sagaria het voor die volk gaan staan en vir hulle gesê: “So sê God: Waarom oortree julle die gebooie van die Here? Dit sal nie met julle goed gaan nie. Omdat julle die Here verlaat het, sal Hy julle verlaat.” (2 Kron.24:20) 14 As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie. 15

Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. 16 Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.” (1 Pet.1:14-16) 44 Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees heilig, want Ek is heilig. Julle mag julle nie verontreinig met enige van die kleiner diertjies wat volop voorkom in die veld nie. 45 Ek is die Here wat julle uit Egipte laat trek het sodat Ek julle God kan wees. Omdat Ek heilig is, moet julle ook heilig wees. (Lev.11:44-

45) 1 So moet julle ons dan sien: ons is dienaars van Christus en bestuurders aan wie die geheimenisse van God toevertrou is. 2 Van ’n bestuurder word veral vereis dat hy betroubaar moet wees. (1 Kor.4:1-2) 9 Maar dié wat ryk wil word, val in versoeking. Hulle loop hulle vas in die strik van baie sinlose en skadelike begeertes waardeur mense in verderf en ondergang gestort word. 10

Geldgierigheid is ’n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal. 11 Maar jy, man van God, moet van hierdie dinge af wegvlug. Streef na opregtheid, toewyding aan God, geloof, liefde, volharding, minsaamheid. (1 Tim.6:9-11) Die Here het gesê: Hierdie volk is naby My met die mond, hulle eer My met wat hulle sê, maar

hulle hart is ver van My af, hulle dien My soos mense dit wil hê, nie soos Ek wil nie. (Jes.29:13)

46 “Watter sin het dit dat julle My aanspreek met ‘Here, Here!’ en nie doen wat Ek sê nie? 47 Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en doen wat Ek sê—Ek sal vir julle verduidelik soos wie hy is: 48 Hy is soos ’n man wat by die bou van sy huis die grond diep uitgegrawe en die fondament op die rotsbodem gelê het. Toe daar ’n oorstroming kom en die vloedwater die huis tref, kon dit hom nie beweeg nie, want die huis was goed gebou. (Luk.6:46-48) Aangesien julle Hom as Vader aanroep wat oor elke mens onpartydig volgens sy dade oordeel, lewe dan in eerbied vir Hom gedurende die tyd van julle vreemdelingskap in die wêreld. (1 Pet.1:17) Jy moet die gebooie van die Here jou God gehoorsaam en sy wil doen. Jy moet Hom dien. (Deut.8:6) 37 Jesus antwoord hom: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. 38 Dit is die grootste en die eerste gebod. 39 En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ 40 In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.” (Matt.22:37-40)

18 Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid. 19 Hierdeur kan ons ook te wete kom dat ons aan die ware God behoort en kan ons ons gewete voor Hom tot rus bring. 20

As ons gewete ons veroordeel—God is groter as ons gewete, en Hy weet alles. 21 Geliefdes, as ons gewete ons nie veroordeel nie, het ons vrymoedigheid om na God te gaan; 22 en wat ons vra, kry ons van Hom omdat ons sy gebooie gehoorsaam en doen wat Hy goedvind. (1

Joh.3:18-22) Hy het gesê: “Julle moet goed luister na wat Ek, die Here julle God, sê! Julle moet doen wat reg is in my oë, gehoor gee aan my gebooie en alles doen wat Ek vir julle voorskryf. Dan sal Ek geeneen van die siektes waarmee Ek Egipte getref het, oor julle bring nie, want dit is Ek, die Here, wat julle gesond hou.” (Eks.15:26) 3 Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek

Page 60: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

volharding, 4 en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; 5 en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. (Rom.5:3-5) Ek het Ganani, my ampsgenoot, en Gananja, die bevelhebber van die vesting, in bevel van Jerusalem geplaas. Gananja was ’n betroubare man wat eerbied vir God gehad het, meer as baie ander. (Neh.7:2) 15 Ek het my hoop op God gestel, en net soos hulle verwag ek dat alle mense, goeies en slegtes, uit die dood sal opstaan. 16 Daarom doen ek ook my uiterste bes om altyd ’n skoon gewete voor God en die mense te hê. (Hand.24:15-16) 57 Mag die Here ons God by ons wees soos Hy by ons voorvaders was. Mag Hy ons nooit verlaat of laat vaar nie. 58 Mag Hy ons gewillig maak om altyd volgens sy wil te leef en ons te hou aan sy gebooie, sy voorskrifte en sy bepalings wat Hy ons voorvaders opgelê het. 60 Dan sal al die volke van die wêreld besef die Here is God; daar is nie ’n ander nie. 61 Mag julle met volle oorgawe voor die Here ons God leef volgens sy voorskrifte en julle hou aan sy gebooie, so soos dit vandag is.” (1 Kon.8:57-58,

60-61) Luister na My, julle wat doen wat reg is, volk in wie se hart my wet is, moenie bang wees vir die spot van mense nie, moenie skrik as hulle julle beledig nie. (Jes.51:7) As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry. (Joh.15:7) Tot nou toe het julle nog nie in my Naam gebid nie. Bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.” (Joh.16:24) 16 Wat ek bedoel, is dít: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie. 17 Wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil, en wat die Gees wil, is in stryd met wat ons sondige natuur begeer. Hierdie twee staan lynreg teenoor mekaar, en daarom kan julle nie doen wat julle graag wil nie. 18 Maar as julle julle deur die

Gees laat lei, staan julle nie meer onder die wet nie. (Gal.5:16-18)

Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. (Rom.12:2)

17 Bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken. 18 Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, 19 en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. (Ef.1:17-19) In die land Us was daar ’n man met die naam Job. Hy was vroom en opreg en het God gedien en die kwaad vermy. (Job 1:1) 2 Ek wil my daaraan wy om opreg te lewe. Wanneer kom U na my toe? In my huis wil ek lewe in opregtheid, 3 niks wat sleg is, wil ek nastreef nie. Ek haat wat verkeerd is. Dit mag geen houvas op my hê nie. (Ps.101:2-3) 13 Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ’n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit. 14 Julle is die lig vir die wêreld. ’n Stad wat op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie; 15 ook steek ’n mens nie ’n lamp op en sit dit onder ’n emmer nie maar op ’n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. 16 Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik. (Matt.5:13-16) 1 Ek druk julle dit op die hart, ek wat ’n gevangene is omdat ek die Here dien: Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het. 2 Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. (Ef.4:1-2) Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word. (Pred.12:13) 34 Gee my insig, dat ek u wet kan gehoorsaam en

Page 61: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

61

dit met my hele hart kan onderhou. 35 Laat my wandel volgens u gebooie, want daarin vind ek vreugde. 36 U verordeninge, laat dié my na aan my hart lê, nie die begeerte om myself te verryk nie. 37 Weerhou my van ’n nuttelose lewe, laat my leef op die weg wat U aanwys. (Ps.119:34-

37) 12 Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat gehoorsaam nie. 13 Julle moet geen deel van julle liggame in diens van die sonde stel as ’n werktuig om goddeloosheid te bedrywe nie. Nee, stel julle in diens van God as mense wat dood was maar lewend gemaak is, en stel elke deel van julle liggame in diens van God as werktuig om te doen wat God wil. (Rom.6:12-

13) Daarom moet julle al die sedelike vuilheid en ongeregtigheid opruim wat so welig tier, en ootmoedig die woord aanneem wat God in julle geplant het, want dié woord kan julle red. (Jak.1:21)

Noag was ’n regverdige man. Onder sy tydgenote was hy onberispelik en hy het naby God geleef. (Gen.6:9) Moses het alles gedoen presies net soos die Here hom beveel het. (Eks.40:16) 2 Toets my, Here, keur my, ondersoek my deur en deur. 3 Ek laat my deur u liefde lei en ek lewe deur u trou. (Ps.26:2-3) “Saai volgens my wil, en julle sal my liefde oes. Ploeg vir julle ’n nuwe land! Dit is nou die tyd om na my wil te vra sodat Ek kan kom en weldade oor julle uitgiet.” (Hos.10:12) 22 Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. 23 Julle gees en gedagtes moet nuut word; 24 lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig. (Ef.4:22-24) 5 En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, 6

die kennis met selfbeheersing, die

selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, 7 die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense. 8 As julle dit alles besit en dit neem steeds toe, sal julle met ywer en met vrug ons Here Jesus Christus beter leer ken. (2 Pet. 1:5-8) 12 In die goeie wedloop van die geloof moet jy al jou kragte inspan en die ewige lewe as prys behaal. Daartoe het God jou geroep en het jy die goeie belydenis voor baie getuies afgelê. 13 Voor God, wat aan alle dinge die lewe skenk, en voor Christus Jesus, wat teenoor Pontius Pilatus getuienis afgelê het van die goeie belydenis, beveel ek jou: 14

“Voer jou opdrag stiptelik en onberispelik uit tot op die dag dat ons Here Jesus Christus kom.” 15

Sy verskyning sal op die bestemde tyd plaasvind. Daarvoor sorg God, die goeie en enigste Heerser, die Koning van die konings en die Here van die heersers. (1 Tim.6:12-15) Lê jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel as ’n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra, ’n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid suiwer verkondig. (2 Tim.2:15) 4 Julle moet my bepalings nakom en my voorskrifte gehoorsaam deur daarvolgens te lewe. Ek is die Here julle God. 5 Wees gehoorsaam aan my voorskrifte en bepalings. Wie dit doen, sal lewe. Ek is die Here. (Lev.18:4-5)

As julle eerbied aan die Here betoon, Hom dien en na sy stem luister en julle ook nie verset teen die bevel van die Here nie, julle sowel as die koning wat oor julle regeer, sal die Here julle God by julle wees. (1 Sam.12:14) Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom. (Ps.90:12) 25 Hou jou oë op die pad vorentoe, kyk reg voor jou uit. 26 Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree. 27 Moenie links of regs wegdraai nie, weerhou jou van die verkeerde koers. (Spr.4:25-27) Gee aandag aan wat ek jou voorskryf, luister goed na wat ek jou leer. (Spr.23:12)

Waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is gewillig, maar die vlees is swak.” (Matt.26:41)

Page 62: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

20 Die man weer by wie daar op die klipbanke gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem. 21 Hy laat dit egter nie by hom wortel skiet nie, en hy hou nie lank uit nie. As hy ter wille van die woord verdruk en vervolg word, word hy gou afvallig. 22 Die man by wie daar tussen die onkruid gesaai is, is hy wat die woord hoor, maar die bekommernis van die lewe en die verleidelikheid van rykdom verstik die woord, en dit bly sonder vrug. 23 Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer ’n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.” (Matt.13:20-

23) 1 My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie, 2 hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan. 3 Roep insig by, vra na gesonde begrip. 4 Soek dit soos jy silwer sou soek, spoor dit op soos ’n verborge skat. 5 Dan sal jy weet hoe om die Here te dien, sal jy ontdek wat dit is om God te ken. 9 As jy aanneem wat ek jou sê, sal jy insig kry in wat regverdig en reg en billik is en sal jy op die goeie pad bly. 10 Die wysheid sal sy plek in jou lewe inneem, kennis sal vir jou iets aangenaams word, 11 oordeelkundigheid sal oor jou wag hou en verstandigheid sal jou bewaak. (Spr.2:1-5,9-

11) En jy, Salomo, my seun, jy moet die God van jou vader ken en Hom dien met jou hele hart en met ’n gewillige gemoed, want die Here ondersoek alle harte en ken die bedoeling van elke gedagte. As jy na Hom vra, sal Hy Hom deur jou laat vind, maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verwerp. (1 Kron.28:9) 1 Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. 2 Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ’n offergawe gegee het, ja, ’n offer wat vir God aanneemlik was. (Ef.5:1-2) Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal. (Gal.5:25) 9 Daarom, van die dag af dat ons dit van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid

en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, 10 sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. 11 Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard. (Kol.1:9-11) Ek is God die Almagtige. Lewe naby My en wees opreg! (Gen.17:1) 35 Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen. Dan sal daar vir julle ’n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy self goed is vir die ondankbares en slegtes. 36 Wees barmhartig soos julle Vader barmhartig is.” (Luk.6:35-36) 4 Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. 5 Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. 6 Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. 7 Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. 8 Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak. (1 Kor.13:4-8) 9 Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, 10 sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, 11 en deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer. (Fil.1:9-11) Julle moet nie werk vir die voedsel wat vergaan nie, maar vir die voedsel wat nie vergaan nie en wat ewige lewe gee. Dit sal die Seun van die mens vir julle gee, want God die Vader het Hom die mag daartoe verleen.” (Joh.6:27) 7 Maar wat eers vir my ’n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus, 8 ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry 9 en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou

Page 63: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

63

nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat ’n mens in Hom glo. (Fil.3:7-9) Leer my om u wil te doen, want U is my God! Laat u goeie Gees my op ’n gelyk pad lei. (Ps.143:10) Luister na raad, aanvaar wat jou geleer word, sodat jy uiteindelik wysheid kan hê. (Spr.19:20) Jy mag naas My geen ander gode hê nie. (Eks.20:3) Jy mag nie vir jou ’n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie. (Deut.5:8) Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie. (Eks.20:7) Eer jou vader en jou moeder, soos die Here jou God jou beveel het, dan sal jy ’n lang lewe hê en sal dit goed gaan met jou in die land wat die Here jou God vir jou gee. (Deut.5:16) Jy mag nie moord pleeg nie. (Eks.20:13) Jy mag nie egbreuk pleeg nie. (Deut.5:18) Jy mag nie steel nie. (Eks.20:15) Jy mag nie vals teen ’n ander getuig nie. (Deut.5:20) “Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie ’n slaaf of slavin, ’n bees of ’n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie.” (Eks.20:17) 3 “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. 4 Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word. 5 Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang. (Matt.5:3-5) Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word. (Matt.5:6) Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word. (Matt.5:7)

8 Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien. 9 Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word. (Matt.5:8-

9) 10 Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. 11 “Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. 12 Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.” (Matt.5:10-12) Hulle was albei getrou aan die wet van God en het onberispelik al die gebooie en voorskrifte van die Here onderhou. (Luk.1:6)

27 “Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word; 28 seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word. 31 Behandel ander mense soos julle self behandel wil word. (Luk.6:27-28,31) Weens julle beperkte begrip gebruik ek ’n beeld uit die alledaagse lewe: soos julle elke deel van julle liggame in diens van sedelike onreinheid en wetteloosheid gestel het en losbandig gelewe het, so moet julle nou elke deel van julle liggame in diens van God stel om heilig te lewe. (Rom.6:19)

5 Dié wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers, hou hulle besig met die dinge van die sondige natuur, maar dié wat hulle deur die Gees laat beheers, hou hulle besig met die dinge van die Gees. 6 Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, loop uit op die dood, maar die dinge waarmee die Gees Hom besig hou, bring lewe en vrede. (Rom.8:5-6) 31 Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. 32 Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. (Ef.4:31-

32) 14 Doen alles sonder kla of teëpraat. 15 Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God te midde van ontaarde en korrupte mense. Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld 16 deur die woord van die

Page 64: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

lewe uit te dra. Dan sal ek op die dag van Christus se koms rede hê om trots te wees, omdat dit sal blyk dat ek my nie verniet ingespan het nie en nie verniet geswoeg het nie. (Fil.2:14-16) As U my dan goedgesind is, maak my u wil bekend, sodat ek U kan leer ken en kan doen wat U verwag. Onthou tog hierdie nasie is u volk. (Eks.33:13) 7 Wy julle aan My. Wees heilig, want Ek is die Here julle God. 8 Gehoorsaam my voorskrifte en leef daarvolgens. Ek is die Here, Ek heilig julle aan My. (Lev.20:7-8) Julle mag nie my heilige Naam ontheilig nie. Die hele Israel moet My as die Heilige erken. Ek, die Here, heilig julle. (Lev.22:32) 4 Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. 5 Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag. (Deut.6:4-5) 21 My seun, behou die takt en oorleg; moet dit nie uit die oog verloor nie, 22 dit sal vir jou ’n mooi lewe verseker en soos ’n pragtige halssnoer vir jou wees. (Spr.3:21-22) Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê. Oordink dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan. Dan sal jy slaag in wat jy moet doen, jy sal voorspoedig wees. (Jos.1:8)

4 “Aan julle, my vriende, sê Ek: Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak en daarna niks verder kan doen nie. 5 Ek sal vir julle sê vir wie julle bang moet wees: vir Hom wat mag het om, ná die dood, in die hel te werp. Ja, Ek sê vir julle, Hóm moet julle vrees. (Luk.12:4-5) Jy moet die Here jou God eer en dien en net in sy Naam ’n eed aflê. (Deut.6:13) Sorg net dat julle die gebod en die wet wat Moses die dienaar van die Here julle opgelê het, getrou onderhou, naamlik om die Here julle God lief te hê en volgens sy wil te lewe, sy gebooie te onderhou, aan Hom getrou te bly en Hom met julle hele hart en siel te dien.” (Jos.22:5)

1 Josia was ag jaar toe hy koning geword het, en hy het een en dertig jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Jedida, ’n dogter van Adaja uit Boskat. 2 Josia het gedoen wat reg is in die oë van die Here. Hy het in alles die pad van sy voorvader Dawid geloop en daar nie links of regs van afgewyk nie. (2 Kon.22:1-2) Daar was nie voor hom nog so ’n koning soos hy wat hom tot die Here bekeer het met sy hele hart en siel en met al sy kragte in ooreenstemming met die hele wet van Moses nie, en ná hom was daar ook nie so ’n koning soos hy nie. (2 Kon.23:25) 16 Wat julle moet doen, is dit: Praat die waarheid met mekaar, laat die waarheid en die reg geld in julle regspraak sodat daar vrede onder julle kan wees. 17 Moenie bose planne teen mekaar bedink nie, moenie vals ede bly aflê nie. Ek haat sulke dinge, sê die Here. (Sag.8:16-17) Moenie julle godsdienstige pligte in die openbaar nakom om deur mense gesien te word nie, want dan kry julle geen beloning van julle Vader wat in die hemel is nie. (Matt.6:1)

Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie. Nee, vrees Hom eerder wat sowel die liggaam as die siel in die hel kan laat vergaan. (Matt.10:28) 11 En dit alles is nodig omdat julle weet hoe laat dit al is. Die uur is reeds daar dat julle uit die slaap moet wakker word, want die tyd van ons finale verlossing is nou nader as toe ons tot die geloof gekom het. 12 Die nag is byna verby; dit is amper dag. Laat ons dan ophou met die werke van die duisternis; laat ons die wapens van die lig opneem. (Rom.13:11-12) 3 Natuurlik leef ons in ’n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. 4

Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies 5 en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak. (2 Kor.10:3-5) 3 Soos dit gelowiges betaam, moet daar van ontug, onsedelikheid in enige vorm, of gierigheid onder julle selfs geen sprake wees nie. 4 Growwe, ligsinnige of vuil praatjies pas nie by julle nie; nee,

Page 65: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

65

dank aan God pas by julle. (Ef.5:3-4) 8 Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is - watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees - daarop moet julle julle gedagtes rig. 9 En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees. (Fil.4:8-9) Julle moet heilig lewe, want Ek die Here is heilig. Ek het julle afgesonder uit die volke om aan My te behoort. (Lev.20:26) Julle moet hulle van dié dag laat leer toe julle by Horebberg gestaan het in die teenwoordigheid van die Here julle God, van dié dag toe Hy vir my gesê het: ‘Maak die volk vir My bymekaar dat Ek hulle my gebooie wat hulle moet ken, kan meedeel sodat hulle My kan dien so lank hulle in hierdie land lewe en sodat hulle my gebooie vir hulle kinders kan leer.’ (Deut.4:10) Sorg dat jy nie die Here jou God vergeet deurdat jy nie gehoorsaam is aan sy gebooie en bepalings en voorskrifte wat ek jou vandag gee nie. (Deut.8:11) 10 Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. 11 Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. (Ef.6:10-11) Maar ons wat van die dag is, moet nugter wees; ons moet geloof en liefde as borsharnas dra en die hoop op verlossing as helm. (1 Tess.5:8) 16 Wees altyd bly. 17 Bid gedurig. 18 Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. (1

Tess.5:16-18) 10 Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood, 11 in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood. (Fil.3:10-11) 22 Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself. 23 Iemand wat altyd net die woord aanhoor en

nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in ’n spieël kyk: 24 hy bekyk homself, gaan van die spieël af weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. 25 Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat ’n mens vry maak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen. (Jak.1:22-25) Noudat julle julle in gehoorsaamheid aan die waarheid gereinig het om mekaar as broers ongeveins lief te hê, moet julle mekaar dan ook van harte en vurig liefhê. (1 Pet.1:22) Gehoorsaam al my voorskrifte en bepalings en leef daarvolgens. Ek is die Here. (Lev.19:37) Moenie partydig wees as julle ’n saak verhoor nie, luister na klein en groot. Moenie vir mense bang wees nie. Wie regspreek, is in diens van God. Sake wat vir julle te moeilik is, moet julle na my toe bring en ek sal hulle verhoor. (Deut.1:17) 10 Gee my nou wysheid en kennis dat ek hierdie volk reg kan lei, want wie kan uit homself hierdie groot volk van U regeer?” 11 God het vir Salomo geantwoord: “Omdat jy dít besluit het en jy nie rykdom, besittings, aansien of jou vyande se lewens gevra het nie, en ook nie ’n lang leeftyd nie, maar wysheid en kennis waarmee jy my volk oor wie Ek jou koning gemaak het, kan regeer, 12 daarom word die wysheid en kennis aan jou geskenk. Maar Ek gee jou bowendien rykdom, besittings en aansien soos die konings voor jou nie gehad het nie en dié ná jou ook nie sal hê nie.” (2

Kron.1:10-12) 41 Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, 42 maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.” (Luk.10:41-42) So is dit ook met julle: as julle alles gedoen het wat aan julle opgedra is, sê dan: Ons is slawe wat niks verdien nie. Ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.” (Luk.17:10) So lank as dit nog dag is, moet ons die werk doen van Hom wat My gestuur het; die nag kom, wanneer niemand kan werk nie. (Joh.9:4) 1 As medewerkers van God doen ons ’n beroep op julle om te sorg dat julle die genade van God nie

Page 66: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

tevergeefs ontvang het nie. 2 Hy sê: “Op die regte tyd het Ek jou gebede verhoor, en op die dag van redding het Ek jou gehelp.” Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding. (2 Kor.6:1-2) So sal Hy julle innerlik sterk maak dat julle onberispelik en heilig voor God ons Vader sal staan wanneer ons Here Jesus kom saam met al sy heilige engele. (1 Tess.3:13) 6 Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle ’n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings 7 sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus. (1 Pet.1:6-7) 10 Maar die dag van die Here sal so onverwags soos ’n dief kom. En op dié dag sal die hemel met ’n groot gedruis verdwyn, die hemelliggame brand en tot niet gaan, en die aarde met alles wat daarop is, vergaan. 11 Aangesien al hierdie dinge so aan hulle einde gaan kom, moet julle des te meer vroom en aan God toegewy lewe. 12 Leef in verwagting dat die dag van God kom en beywer julle daarvoor, die dag waarop die hemel in vlamme sal vergaan en die hemelliggame sal brand en wegsmelt. 13 Maar ons leef in die verwagting van ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde wat God belowe het en waar die wil van God sal heers. 14 Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, moet julle julle daarvoor beywer om vlekkeloos en onberispelik voor God, en in vrede met Hom, te lewe. (2 Pet.3:10-14) Asa het gedoen wat goed en reg is in die oë van die Here sy God. (2 Kron.14:2) Hy het sy eer daarin gestel om te leef soos die Here dit wil en het die vernietiging van die hoogtes en gewyde pale in Juda voortgesit. (2

Kron.17:6)

Toe sê Hy vir hulle: “Pas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid, want ’n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie.” (Luk.12:15)

Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” (Heb.13:5) 9 Die toorn van die Here het teen Salomo ontvlam omdat hy nie meer die Here die God van Israel gedien het nie. Tevore het God twee keer aan hom verskyn 10 en hom uitdruklik beveel dat hy nie ander gode mag dien nie. Salomo het hom egter nie gehou aan die opdrag van die Here nie. (1

Kon.11:9-10) 20 So het Hiskia dwarsdeur Juda gedoen. Hy het gedoen wat goed en reg en eerbaar is in die oë van die Here sy God. 21 In alles wat hy onderneem het ter bevordering van die tempeldiens en die gehoorsaamheid aan wet en gebod, het hy met sy hele hart gevra na die wil van sy God, en daarom was hy voorspoedig. (2 Kron.31:20-21) Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My. (Joh.14:1) 9 Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly. 10 As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly. 11 Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees. (Joh.15:9-11) Maar wat my betref, mag God verhoed dat ek ooit oor iets anders roem as oor die kruis van ons Here Jesus Christus, want deur die kruis is die wêreld vir my dood en ek vir die wêreld. (Gal.6:14) 13 Ons moet welvoeglik lewe soos dit in die daglig hoort. Daar moet geen drinkery en uitspattigheid, geen ontug en onsedelikheid, geen rusie en jaloesie wees nie. 14 Nee, julle moet lewe soos volgelinge van die Here Jesus Christus en nie voortdurend daarop uit wees om julle sondige begeertes te bevredig nie. (Rom.13:13-14) Geliefdes, hierdie beloftes is ook vir ons. Laat ons ons dan reinig van alles wat liggaam en gees verontreinig, en ons in gehoorsaamheid aan God volkome aan Hom toewy. (2 Kor.7:1) 12 Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug. 13 Trek daarom die volle wapenrusting aan

Page 67: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

67

wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan. (Ef.6:12-13)

1 Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. 2 Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie, 3 want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. 4 Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel. (Kol.3:1-4) Maar toe hy eenmaal die mag het, het Ussia ingenome geword met homself, en dit was die begin van sy einde. Hy het aanmatigend teenoor die Here sy God opgetree: hy het in die tempel van die Here ingegaan om wierookoffers op die wierookaltaar te bring. (2 Kron.26:16) 12 As jy nie gehoorsaam is nie, kan dit gebeur dat jy genoeg eet en mooi huise bou en rustig woon, 13 dat jou grootvee en jou kleinvee baie word, dat jou silwer en goud vermeerder en jou besittings al hoe meer word, 14 en dat jy dan hoogmoedig word en die Here jou God vergeet wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het. 17 Jy kan dalk dink: my krag en my sterk hande het vir my hierdie rykdom verwerf. (Deut.8:12-14,17) En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom. (Kol.3:17) En nou, liewe kinders, julle moet in Hom bly, sodat ons almal niks te vrees sal hê wanneer Hy kom nie en by sy wederkoms nie beskaamd voor Hom sal staan nie. (1 Joh.2:28) Moenie op mense staatmaak nie: hulle blaas so maklik die laaste asem uit. Hulle is min werd. (Jes.2:22) Maar toe sê die Here vir Moses en Aäron: Omdat julle My nie erken het en My, die Heilige, nie voor die Israeliete gehoorsaam was nie, sal julle hierdie volk nie inlei in die land wat Ek aan hulle gee nie. (Num.20:12)

As julle al die gebooie wat ek julle vandag gee, stiptelik gehoorsaam en die Here julle God liefhet en dien met hart en siel. (Deut.11:13) ..wat julle moet gehoorsaam en waarop julle ag moet slaan, is om my Naam te eer, sê die Here die Almagtige. (Mal.2:2) Maar Jesus sê vir hom: Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien. (Matt.4:10) Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. (Gal.6:9) En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, want Hy het julle as die eiendom van God beseël met die oog op die verlossingsdag. (Ef.4:30) 12 My geliefdes, julle was altyd gehoorsaam wanneer ek by julle was. Des te meer moet julle gehoorsaam wees nou dat ek nie daar is nie. Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe, 13 want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer. (Fil.2:12-13)

Sorg dat jy lewe volgens al die bepalings van hierdie wet wat in hierdie boek opgeteken is, dat jy eerbied betoon aan die Here jou God, Hy aan wie se Naam eer en ontsag toekom. (Deut. 28:58) Julle moet die Here met ontsag dien, Hom met vrees en bewing toejuig. (Ps.2:11) Glo my, my seun, en onthou wat ek jou leer. (Spr.23:26)

8 Ons het saam met Christus gesterwe; daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe. 9 Ons weet dat Christus wat uit die dood opgewek is, nie weer kan sterwe nie; die dood het nie meer mag oor Hom nie. 10 Hy het gesterwe en is eens en vir altyd vir die sonde dood. Nou lewe Hy, en Hy lewe vir God. 11 Julle moet dus altyd onthou dat ook júlle vir die sonde dood is, maar vir God lewe, omdat julle een is met Christus Jesus. (Rom.6:8-

11)

Is julle dan so sonder begrip? Julle het met die Gees begin; wil julle nou in eie krag eindig? (Gal.3:3)

Page 68: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom. (Ef.4:29) Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God. (1 Pet.1:23) Hou dan op met elke vorm van kwaad, met alle bedrog, huigelary, jaloesie en kwaadpratery. (1

Pet.2:1) 4 Nee, God het ons gekeur en die evangelie aan ons toevertrou, en so verkondig ons dit dan ook. Ons wil nie die guns van mense probeer wen nie, maar doen wat God verwag, Hy wat ons diepste gedagtes toets. 6 Ons het nooit daarna gestreef dat mense ons sou eer nie. (1

Tess.2:4,6) 8 Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. 9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur. (1 Pet.5:8-9)

14 Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas, 15 en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete. 16 Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer. 17 Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God. 18 Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges. (Ef.6:14-18) 5 Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: 6 Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, 7 maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, 8 het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. (Fil.2:5-8)

Al die ander soek net hulle eie belange, nie dié van Jesus Christus nie. (Fil.2:21) Vermy die begeertes wat ’n jongmens in gevaar bring, en streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede, saam met almal wat uit ’n rein hart die Here aanroep. (2 Tim.2:22) 23 Moet jou nie met dwase en sinlose strydvrae inlaat nie, want jy weet tog dat dit net rusies veroorsaak. 24 ’n Dienaar van die Here moenie rusie maak nie. Inteendeel, hy moet vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om ander te leer en iemand wat onreg kan dra. (2 Tim.2:23-24) 1 Maak wat ek vir jou sê jou eie, my seun, hou by wat ek jou voorskryf, 2 maak wat ek jou voorskryf jou eie, dat jy kan lewe, maak wat ek jou leer jou eie, so eie soos die appel van jou oog. 3 Sorg dat jy dit altyd onthou, maak dit ’n deel van jou lewe. 4 Sê vir die wysheid: “Jy is my suster,” maak die insig familie van jou. (Spr.7:1-4) As julle al hierdie gebooie wat ek julle vandag gee, stiptelik gehoorsaam deur daarvolgens te lewe en die Here julle God lief te hê, sy wil te doen en Hom aan te hang. (Deut.11:22) Die Here is die almagtige God, die Here sal onthou. (Hos.12:6) Maar Hy antwoord: Daar staan geskrywe: ’n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom. (Matt.4:4) Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg. (Matt.5:44) Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete. (Matt.7:12) Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Mooi so! Jy is ’n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!’ (Matt.25:21) ..want hulle het verkies om liewer deur mense geëer te word as deur God. (Joh.12:43) Maria sê toe: Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het. (Luk.1:38)

Page 69: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

69

Maar ’n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos ’n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. (Jak.1:6) ..het ons julle elkeen bemoedig en aangespoor en dit op die hart gedruk om tot eer van God te lewe, Hy wat julle roep om in sy koninkryk in te gaan en so aan sy heerlikheid deel te hê. (1

Tess.2:12) 13 As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees ’n einde maak aan julle

sondige praktyke, sal julle lewe. 14 Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God. (Rom.8:13-14) Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe. (Spr.4:23) Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie. (Matt.6:34) Om dieselfde rede moet julle ook altyd gereed wees, want die Seun van die mens kom op ’n uur dat julle dit nie verwag nie. (Matt.24:44)

Page 70: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

Apostoliese gebede uit die boeke Handelinge tot Judas

Die volgende is 'n lys van die gebede van die

apostels in die Nuwe Testament, Openbaring

uitgesluit. Hierdie gebede gee vir ons 'n idee

waaroor en waarvoor die apostels gebid het.

Let daarop dat hier geen "negatiewe" elemente

in hierdie gebede voorkom nie. Wanneer ons

hierdie Skrigedeeltes as basis vir ons gebede

begin gebruik, leer ons om soos die apostels te

bid.

Gebruik hierdie gebede as basis om vir die

gemeente, die land en die nasies te bid.

23 Nadat Petrus en Johannes losgelaat is, het hulle na hulle medegelowiges toe gegaan en vir hulle vertel wat die priesterhoofde en die familiehoofde alles vir hulle gesê het. 24 Toe hulle dit hoor, het hulle almal saam tot God gebid en gesê: “Here, dit is U wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daar is, gemaak het. 25 En U het deur die Heilige Gees by monde van ons voorvader Dawid, u dienaar, gesê: Waarom het heidennasies te kere gegaan, en het volke sinlose planne beraam? 26 Die konings van die aarde het in opstand gekom, en die heersers het saamgespan teen die Here en teen sy Gesalfde. 27 Dit is wat werklik in hierdie stad gebeur het. Herodes en Pontius Pilatus het met heidennasies en die volk Israel saamgespan teen u heilige Dienaar, Jesus, wat deur U gesalf is, 28 en hulle het alles gedoen wat U vooruit beskik en besluit het. 29 “En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. 30 Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.” 31 Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig. (Hand.4:23-31) 55 Maar Stefanus, vol van die Heilige Gees, het opgekyk na die hemel en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat aan die regterhand van God staan. 56 “Kyk,” het hy gesê, “ek sien die hemel geopen en die Seun van die mens wat aan die regterhand van God staan.” 57 Toe het hulle hard geskreeu en hulle ore toegedruk. Soos een man het hulle op hom afgestorm, 58 hom uit die

stad uitgesleep en gestenig. Die getuies het hulle klere neergesit by ’n jongman met die naam Saulus. 59 Terwyl hulle vir Stefanus stenig, het hy geroep: “Here Jesus, ontvang my gees!” 60 Toe het hy op sy knieë neergesak en hard uitgeroep: “Here, moet hulle tog nie hierdie sonde toereken nie!” Met hierdie woorde het hy gesterwe. (Hand.7:55-

60) 8 Allereers dank ek my God deur Jesus Christus oor julle almal, want in die hele wêreld praat die mense oor julle geloof. 9 God, wat ek met hart en siel dien deur die evangelie van sy Seun te verkondig, is my getuie dat ek gedurig in my gebede aan julle dink. 10 Elke keer as ek bid, vra ek God of Hy dit nie uiteindelik vir my moontlik wil maak om julle te besoek nie. 11 Ek sien baie daarna uit om julle te besoek, want ek wil ’n geestelike gawe aan julle oordra om julle te versterk. (Rom.1:8-11) 1 Broers, my hartewens en my gebed tot God vir my volk is dat hulle gered word, 2 want ek kan van hulle getuig dat hulle vol ywer vir God is, maar sonder die regte insig. 3 Hulle het hulle nie gesteur aan die manier waarop God mense vryspreek nie. Hulle wil niks van God se manier van vryspraak weet nie; hulle probeer dit op hulle eie manier kry. 4 Christus is tog die einde van die wet, sodat elkeen wat glo, vrygespreek kan word. (Rom.10:1-

4) 33 O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë! 34 “Wie ken die bedoeling van die Here? Wie gee Hom raad? 35 Wie bewys Hom ’n guns, sodat Hy verplig is om iets terug te doen?” 36 Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen. (Rom.11:33-36) 5 En mag God, die bron van alle standvastigheid en bemoediging, gee dat julle eensgesind onder mekaar sal wees soos Christus Jesus dit wil hê. 6 Dan kan julle almal eensgesind uit een mond lof toebring aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus. 7 Aanvaar mekaar dan, soos Christus julle ook aanvaar het, tot eer van God. (Rom.15:5-

7)

Page 71: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

71

13 Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees! (Rom.15:13) 30 Ek versoek julle dan dringend, broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus en op grond van die liefde wat van die Heilige Gees kom: Stry saam met my deur vir my te bid 31 dat God my veilig mag hou tussen al die ongelowiges in Judea en dat my hulp aan Jerusalem aanvaarbaar mag wees vir die gelowiges daar. 32 En as dit die wil van God is, sal ek vol blydskap na julle toe kom om ’n tydjie by julle te rus. 33 God wat vrede gee, sal by julle almal wees! Amen. (Rom.15:30-33) God wat vrede gee, sal die Satan spoedig onder julle voete verpletter. Die genade van ons Here Jesus is by julle! (Rom.16:20) 25 God is magtig om julle te laat vasstaan ooreenkomstig die evangelie van Jesus Christus wat ek verkondig, en ooreenkomstig die openbaring van die geheimenis. Eeue lank het dit geheim gebly, 26 maar nou is dit geopenbaar. Aan die hand van die geskrifte van die profete en in opdrag van die ewige God is dit aan alle nasies bekend gemaak sodat hulle in God kan glo en aan Hom gehoorsaam kan wees. 27 Aan Hom, die enigste en alwyse God, behoort die heerlikheid deur Jesus Christus tot in ewigheid! Amen. (Rom.16:25-27) 4 Ek dank my God altyd oor julle vir die genade wat Hy in Christus Jesus aan julle geskenk het, 5 want in Hom het God julle in alles ryklik geseën, veral in die gawes van woord en kennis. 6 Die boodskap van Christus is onder julle so goed gevestig 7 dat dit julle nie aan ’n enkele genadegawe ontbreek nie. Julle bly ook vol verwagting uitsien na die verskyning van ons Here Jesus Christus. 8 Dit is Hy wat julle ook enduit sal laat vas staan, sodat daar geen aanklag teen julle sal wees op die dag dat ons Here Jesus Christus kom nie. (1 Kor.1:4-8) Lê julle toe op die beste genadegawes. (1 Kor.12:31) Julle moet die liefde nastreef. Lê julle toe op die gawes van die Gees, maar veral daarop om te profeteer. (1 Kor.14:1)

Daarom, my broers, beywer julle om te profeteer en moenie die gebruik van ongewone tale of klanke verhinder nie. (1 Kor.14:39) 22 As iemand die Here nie liefhet nie—vervloek is hy! Marana ta —kom, Here! 23 Die genade van die Here Jesus sal by julle wees! 24 My liefde is by julle almal in Christus Jesus. (1 Kor.16:22-24) 2 Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!3 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. 4 In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons weer ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig, 5 want net soos daar vir ons ’n oorvloed van lyding is ter wille van Christus, is daar ook vir ons ’n oorvloed van bemoediging deur Christus. (2 Kor.1:2-5) 10 God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid ’n ryk oes laat oplewer. 11 Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank word. (2 Kor.9:10-11) Ons bid God dat julle niks verkeerds doen nie. Dit bid ons, nie dat dit as bewys moet dien dat óns die toets deurstaan het nie. Ons wil hê dat júlle die goeie doen, selfs al sou dit lyk asof ons die toets nie deurstaan het nie. (2 Kor.13:7) 9 Ons bid ook vir julle geestelike volwassenheid. (2 Kor.13:9) Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal by julle almal wees. (2 Kor.13:13) My kinders, ek verkeer van voor af weer in geboortepyne oor julle totdat Christus in julle gestalte kry. (Gal.4:19) Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. (Ef.1:3) 15 Daarom, vandat ek gehoor het van julle geloof in die Here Jesus en van julle liefde vir al die

Page 72: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

gelowiges, 16 hou ek ook nie op om God vir julle te dank nie. Wanneer ek in my gebede aan julle dink, 17 bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken. 18 Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, 19 en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag 20 wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het: 21 hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom. 22 Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk. 23 Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul. (Ef.1:15-23) 14 Daarom kniel ek in gebed voor die Vader 15

aan wie die hele gemeenskap van gelowiges in die hemel en op die aarde sy bestaan te danke het. 16 Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, 17 dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. 18 Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. 19

Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. 20 Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, 21 aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen. (Ef.3:14-21) 18 Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges. 19 Bid ook vir my dat wanneer ek preek, God my die woorde gee dat ek die geheimenis van die evangelie met vrymoedigheid kan bekend maak. 20 Ter wille van hierdie evangelie is ek ’n gesant in boeie. Bid dat ek dit met vrymoedigheid kan verkondig soos dit my opgelê is. (Ef.6:18-20)

23 Vrede vir die broers, en liefde en geloof, van God die Vader en die Here Jesus Christus! 24 Die genade sal by almal wees wat vir ons Here Jesus Christus met onverganklike liefde liefhet. (Ef.6:23-

24) 2 Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus! 3 Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink. 4 In al my gebede bid ek altyd met blydskap vir julle almal, 5 omdat julle van die eerste dag af tot nou toe saamgewerk het aan die verkondiging van die evangelie. 6 Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom. 7 Dit is ook heeltemal reg dat ek so oor julle almal dink, omdat julle my na aan die hart lê. Julle deel immers almal saam met my in die genade wat God my gee, sowel in my gevangenskap as in my verdediging van die evangelie en die bevestiging van die waarheid daarvan. (Fil.1:2-7) 9 Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, 10 sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, 11 en deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer. (Fil.1:9-11) Die Here is naby. 6 Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. 7

En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. (Fil.4:6-7)

19 En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus. 20 Aan ons God en Vader behoort die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen. 23 Die genade van die Here Jesus Christus sal by julle wees. (Fil.4:19-20,23) 2 Aan almal in Kolosse wat aan God behoort, getroue broers in Christus. Genade en vrede vir julle van God ons Vader! 3 Wanneer ons tot God, die Vader van ons Here Jesus Christus, bid, dank ons Hom altyd vir julle 4 omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en van julle liefde vir al die gelowiges. 5 Hierdie geloof en liefde is gegrond op die hoop wat vir julle in die hemel

Page 73: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

73

bewaar word en waarvan julle reeds gehoor het toe die waarheid, die evangelie, aan julle verkondig is. 6 Die evangelie het julle bereik, en net soos dit in die hele wêreld vrug voortbring en verder versprei, gebeur dit ook by julle van die dag af dat julle van God se genade gehoor het en dit leer ken het soos dit werklik is. (Kol.1:2-6) 9 Daarom, van die dag af dat ons dit van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, 10 sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. 11 Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard. 12 Met blydskap moet julle die Vader dank wat julle geskik gemaak het om deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig. (Kol.1:9-12)

2 Volhard in die gebed! Wees daarby waaksaam en dankbaar 3 en bid tegelykertyd ook vir ons. Bid dat God vir ons ’n deur vir die woord oopmaak sodat ons die geheimenis van Christus kan verkondig waarvoor ek hier gevange sit. 4

Bid dat ek dit duidelik sal verkondig soos dit my opgelê is. (Kol.4:2-4)

Epafras, wat een van julle is, stuur vir julle groete. Hy staan in diens van Christus Jesus en bid altyd ernstig vir julle dat julle staande mag bly, geestelik volwasse en in alles volkome gehoorsaam aan die wil van God. (Kol.4:12) 2 Ons dank God altyd vir julle almal wanneer ons in ons gebede aan julle dink. Sonder ophou 3 bring ons dan voor God ons Vader in herinnering die werk van julle geloof, die inspanning van julle liefde en die volharding van julle hoop op ons Here Jesus Christus. (1 Tess.1:2-3) 9 Hoe kan ons na behore aan ons God die dank bring vir al die blydskap wat ons voor Hom oor julle het? 10 Dag en nag bid ons met ons hele hart om julle weer persoonlik te mag sien en om aan te vul wat nog aan julle geloof ontbreek. 11 Mag God ons Vader self en ons Here Jesus ons pad na julle toe oopmaak! 12 En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat

groei en oorvloedig maak, net soos ons liefde vir julle. 13 So sal Hy julle innerlik sterk maak dat julle onberispelik en heilig voor God ons Vader sal staan wanneer ons Here Jesus kom saam met al sy heilige engele. Amen. (1 Tess.3:9-13) 23 Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom! 24 Hy sal dit ook doen, want Hy wat julle roep, is getrou. 25 Broers, bid ook vir ons. 28 Die genade van ons Here Jesus Christus sal by julle wees. (1

Tess.5:23-25,28) Ons moet God altyd vir julle dank, broers. En dit is ook reg, want julle geloof neem sterk toe, en sonder uitsondering word julle liefde vir mekaar altyd meer. (2 Tess.1:3) 11 Daarom bid ons ook altyd vir julle: Mag ons God julle waardig maak vir die lewe waartoe Hy julle geroep het, en mag Hy deur sy krag julle liefde vir die goeie en die werk van die geloof volkome maak. 12 So sal die Naam van ons Here Jesus deur julle verheerlik word, en julle deur Hom, in ooreenstemming met die genade van ons God en van die Here Jesus Christus. (2 Tess.1:11-

12) 16-17 En mag julle in al die goeie wat julle in woord en daad doen, bemoedig en gesterk word deur ons Here Jesus Christus en God ons Vader. Hy het aan ons sy liefde bewys en aan ons deur sy genade ’n blywende troos en goeie hoop gegee. (2

Tess.2:16-17) 1 Verder, broers, bid vir ons, sodat die woord van die Here vinnig mag versprei en oral in ere gehou mag word soos by julle. 2 Bid ook dat ons van verkeerde en slegte mense verlos word, want nie almal is gelowiges nie. 3 Die Here is getrou; Hy sal julle versterk en julle van die bose bewaar. 4 Deur die Here het ons vertroue in julle dat julle doen en sal doen wat ons julle voorhou. 5 Mag die Here julle gedagtes rig op die liefde van God en die volharding van Christus! (2 Tess.3:1-5) Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees! (2 Tess.3:16) 12 Teenoor Christus Jesus ons Here is ek

Page 74: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

dankbaar: Hy het my krag gegee en my betroubaar geag om my in sy diens te stel, 13 al het ek Hom voorheen belaster, vervolg en beledig. Maar God was genadig teenoor my omdat ek in my ongeloof nie geweet het wat ek doen nie. 14 Ons Here het my oorlaai met sy genade en met geloof en liefde wat ons deel is in Christus Jesus. (1 Tim.1:12-14) Aan Hom wat vir ewig Koning is, die onverganklike, onsienlike, enigste God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen. (1 Tim.1:17) 15 Sy verskyning sal op die bestemde tyd plaasvind. Daarvoor sorg God, die goeie en enigste Heerser, die Koning van die konings en die Here van die heersers. 16 Hy alleen besit onsterflikheid; Hy woon in ontoeganklike lig. Geen mens het Hom gesien of kan Hom sien nie. Aan Hom kom toe eer en ewige mag! Amen. (1 Tim.6:15-16) 1 Van Paulus, ’n apostel van Christus Jesus deur die wil van God, gestuur om die belofte te verkondig van die lewe in Christus Jesus. 2 Aan Timoteus, my geliefde seun. Genade, barmhartigheid en vrede van God die Vader en Christus Jesus ons Here! 3 Ek dank God, wat ek net soos my voorouers met ’n skoon gewete dien, wanneer ek onophoudelik dag en nag in my gebede aan jou dink. 4 Ek onthou jou afskeidstrane en wil jou baie graag weer sien. Dit sal vir my ’n groot vreugde wees. 5 Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is. 6 Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos ’n vuur weer moet aanblaas. 7 Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. (2

Tim.1:1-7) 24 ’n Dienaar van die Here moenie rusie maak nie. Inteendeel, hy moet vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om ander te leer en iemand wat onreg kan dra. 25 Met vriendelikheid moet hy teenstanders teregwys. Dit kan wees dat God hulle bekeer en hulle tot kennis van die waarheid bring. 26 Dan sal hulle weer tot nugtere insig kom en vry raak uit die vangstrik van die duiwel, waarmee hy hulle gevange

gehou het om sy wil te gehoorsaam. (2 Tim.2:24-26) 14 Aleksander, die kopersmid, het my baie kwaad aangedoen. Mag die Here hom vergeld vir wat hy gedoen het. 15 Jy moet ook vir hom op jou hoede wees, want hy het ons prediking heftig teengewerk. 16 Toe ek my die eerste keer voor die hof moes verdedig, het niemand my bygestaan nie; almal het my in die steek gelaat. Mag God hulle dit nie toereken nie! 17 Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee, sodat deur my die prediking tot sy volle reg kon kom en al die heidennasies dit kon hoor. En ek is uit die bek van die leeu gered. 18 Die Here sal my red van elke onheil en my behoue in sy hemelse koninkryk bring. Aan Hom kom die eer toe tot in alle ewigheid! Amen. (2 Tim.4:14-18) 4 Elke keer as ek bid, dink ek aan jou en dank ek my God 5 omdat ek hoor van die liefde en trou wat jy aan die Here Jesus en al die gelowiges bewys. 6

My bede is dat die gemeenskap wat jy deur die geloof met ons het, jou ’n dieper insig sal gee in al die goeie dinge wat ons vir Christus kan doen. (Filemon 1:4-6) 10 En verder: “U, Here, het in die begin die aarde gevestig, en ook die hemel is die werk van u hande. 11 Dié dinge sal vergaan, maar U bly bestaan; soos ’n kledingstuk sal alles verslyt; 12 soos klere sal U dit oprol; ja, soos ’n kledingstuk sal dit vervang word. Maar U, U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie.” (Heb.1:10-12) 20 God wat vrede gee, het ons Here Jesus wat deur die bloed van die ewige verbond die groot Herder van sy kudde is, uit die dood teruggebring. 21 Mag dié God julle toerus met alles wat goed is, sodat julle sy wil kan doen. Mag Hy deur Jesus Christus in ons tot stand bring wat vir Hom aanneemlik is. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen. (Heb.13:20-21) 5 As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. 6 Maar ’n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos ’n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. 7 So ’n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie. (Jak.1:5-8)

Page 75: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

75

3 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons ’n lewende hoop 4 op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. 5 En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word. (1

Pet.1:3-5) 10 God wat alle genade gee en wat julle geroep het om in Christus Jesus deel te hê aan sy ewige heerlikheid, sal julle, nadat julle ’n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak. 11 Aan Hom behoort die krag tot in ewigheid! Amen.(1 Pet.5:10-11) Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees deur julle kennis van God en van Jesus ons Here! 3 Sy Goddelike krag het ons alles

geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. (2 Pet.1:2-

3)

Liewe Gaius, ek hoop dat jy gesond is en dat dit in alle opsigte so goed gaan met jou as wat dit geestelik met jou gaan. (3 Joh.1:2) Julle, geliefdes, moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof. Bid altyd deur die krag van die Heilige Gees. (Judas 1:20) 24 Aan Hom wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle onbevlek en met vreugde sy heerlikheid te laat aanskou, 25 aan die enigste God, ons Verlosser deur Jesus Christus ons Here, aan Hom behoort die heerlikheid en die majesteit, die krag en die mag, van alle ewigheid af, ook nou en tot in alle ewigheid! Amen. (Judas 1:24-25)

Page 76: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

Skrifgedeeltes vir voorbidding/intersessie

Pas julle self op en die hele kudde wat die Heilige Gees onder julle sorg gestel het. Soos wagters ’n kudde versorg, so moet julle die gemeente van God versorg wat Hy vir Hom verkry het deur die bloed van sy eie Seun. (Hand.20:28) Verder, broers, wees bly, streef na die geestelike volwassenheid, aanvaar vermaning, wees eensgesind, leef in vrede. En die God van liefde en vrede sal by julle wees! (2 Kor.13:11) 9 God, wat ek met hart en siel dien deur die evangelie van sy Seun te verkondig, is my getuie dat ek gedurig in my gebede aan julle dink. (Rom.1:9) 15 Ons is die wierook wat deur Christus vir God gebrand word, waarvan die geur dié bereik wat gered word, sowel as dié wat verlore gaan. 16 Vir dié wat verlore gaan, is dit ’n doodsreuk wat dood bring; vir dié wat gered word, is dit ’n lewensgeur wat lewe wek. En wie is tot sulke dinge in staat? (2 Kor.2:15-16) Julle moet alle mense respekteer en julle medegelowiges liefhê. Vrees God. Eer die keiser. (1 Pet.2:17) 14 Onthou tog wat ek gedoen het, my God! Moet tog nie dat my liefdesdade wat ek vir die huis van my God en vir sy diens gedoen het, vergeet raak nie. 31 en ook die heffings van hout op die vasgestelde tye, en die eerstelinge. Onthou dit tot my voordeel, my God! (Neh.13:14,31) Wees ons genadig, Here, ons vestig ons hoop op U. Wees elke nuwe dag ons krag, ons redding in tyd van nood. (Jes.33:2) 4 Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. 5 Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar. 6 Ons het genadegawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. As dit die gawe van profesie is, laat ons dit gebruik in ooreenstemming met die geloof wat ons bely. (Rom.12:4-6)

2 Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. 3 Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe. (Ef.4:2-3)

26 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. 27 En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges. (Rom.8:26-27) 4 Hulle is die ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wêreld verblind is, sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie. Dit is die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is. (2 Kor.4:4) 1 Herinner die mense nadruklik daaraan dat hulle hulle aan owerheid en gesag moet onderwerp, daaraan gehoorsaam moet wees en bereid moet wees om alles te doen wat goed is. 2 Hulle moet van niemand kwaadpraat nie en nie rusie soek nie. Hulle moet inskiklik wees en altyd bedagsaam teenoor almal. (Tit.3:1-2)

Maar laat almal wat by U skuil, bly wees, laat hulle altyd jubel. U beskerm dié wat u Naam liefhet, en hulle juig oor U. (Ps.5:12) Ek weet, die Here behartig die regsaak van die hulpelose, Hy sorg vir die reg van die arme. (Ps.140:13) Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon! (Ps.133:1) Liewe Gaius, ek hoop dat jy gesond is en dat dit in alle opsigte so goed gaan met jou as wat dit geestelik met jou gaan. (3 Joh.2) 21 Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. 22 Die heerlikheid wat U My gegee het, het Ek ook aan hulle gegee, sodat hulle een kan wees net soos Ons een is: 23 Ek in hulle en U

Page 77: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

77

in My, sodat hulle volkome een kan wees, sodat die wêreld kan weet dat U My gestuur het en hulle liefhet net soos U My liefhet. (Joh.17:21-

23) Jy moet hulle oë oopmaak sodat hulle hulle van die duisternis tot die lig en van die mag van die Satan tot God kan bekeer. Deur in My te glo, sal hulle sondes vergewe word en sal hulle deel word van die volk van God.’ (Hand.26:18) 1 Elke mens moet hom onderwerp aan die owerhede wat oor hom gestel is. Daar is immers geen gesag wat nie van God kom nie, en die owerhede wat daar is, is daar deur die beskikking van God. 2 Wie hom teen gesag verset, kom dus in opstand teen die ordening van God; en wie in opstand kom, sal sy verdiende straf kry. (Rom.13:1-2) Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges. (Ef.6:18) Dink aan die gevangenes asof julle self ook gevangenes is, en aan dié wat mishandel word, asof julle self ook mishandel word. (Heb.13:3) 6 Is die vas wat Ek wil hê, nie dít nie: om dié wat onregverdig gevange gehou word, te bevry, om die juk wat op mense druk, af te haal, om verdruktes vry te maak, om elke juk te breek? 7 Is dit nie dat jy vir dié wat honger is, van jou brood gee nie, dat jy aan die armes en die dakloses ’n blyplek gee nie, dat wanneer jy iemand sonder klere sien, jy vir hom klere gee nie, dat jy jou medemens nie aan sy lot oorlaat nie? 8 Dan sal die lig vir jou deurbreek soos die rooidag, jy sal gou herstel. Hy wat jou red, sal voor jou uit gaan, die mag van die Here sal agter jou aankom. 9 Dan sal jy roep, en die Here sal antwoord, jy sal om hulp roep, en Hy sal sê: Hier is Ek! As jy sorg dat mense nie meer by jou verdruk word nie, nie meer gedreig en vals beskuldig word nie, 10 as jy jou wy aan dié wat honger het, as jy voorsien in die behoeftes van dié wat in nood is, sal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag. (Jes.58:6-10) 6 “Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. 7 Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy

gaan slaap en as jy opstaan. (Deut.6:6-7) Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld. (Rom.12:10) Ons weet wat dit beteken om die Here te dien. Daarom probeer ons die mense oortuig. God ken ons bedoelings, en ek vertrou dat julle ook van ons bedoelings oortuig is. (2 Kor.5:11) 1 Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, 2 vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ’n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid. 3 So is dit goed en aanneemlik vir God, ons Verlosser, 4 wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. (1 Tim.2:1-4) 2 Mag God ons genadig wees en ons seën, mag Hy tot ons redding verskyn, 3 sodat sy dade oor die wêreld heen bekend mag word, sy reddende krag onder alle nasies. (Ps.67:2-3) 4 Ek het tot die Here my God gebid en bely: “Ag, Here, groot en ontsagwekkende God, U handhaaf u verbond en u trou teenoor dié wat vir U liefhet en u gebooie gehoorsaam. 5 Ons het gesondig, ons het oortree, ons het verkeerde dinge gedoen, ons was opstandig en het nie gelewe volgens u gebooie en u bepalings nie. 9 Maar U, Here ons God, bewys barmhartigheid en U vergewe, al was ons opstandig teen U. 10 “Ons was nie aan U, Here ons God, gehoorsaam nie, ons het nie volgens u wil gelewe nie, u wil wat U deur u dienaars, die profete, aan ons gegee het. (Dan.9:4-5,9-10) 9 God is getrou, Hy wat julle geroep het om verenig te lewe met sy Seun, Christus Jesus, ons Here. 10 Ek doen ’n beroep op julle almal, broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus, om eensgesind te wees. Daar moet geen verdeeldheid onder julle wees nie. Julle moet een wees in dieselfde gesindheid en met dieselfde oortuiging. (1 Kor.1:9-10) 'n Mens moet nie sy eie voordeel soek nie, maar dié van ander. (1 Kor.10:24) Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus. (Gal.6:2)

Page 78: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om ’n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ’n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. (1 Pet.3:15) Gee dus aan almal wat hulle toekom: belasting as dit belasting is, aksyns as dit aksyns is, ontsag as dit ontsag is, eer as dit eer is. (Rom.13:7) Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld. (Jak.1:27) Asa het die Here sy God aangeroep en gesê: “Here, net U kan die swakke teen ’n oormag help. Help ons, Here ons God! Ons steun op U, en in u Naam trek ons teen dié menigte op. U is ons God, Here; moenie dat ’n méns teen U seëvier nie.” (2 Kron.14:11) 4 Daar is ’n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee; 5 daar is ’n verskeidenheid van bedieninge, maar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee; 6 daar is ’n verskeidenheid van kragtige werkinge, maar dit is dieselfde God wat alles in almal tot stand bring. 7 Aan elkeen afsonderlik word ’n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal. (1 Kor.12:4-7) 1 Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek ’n stuk klinkende metaal, ’n galmende simbaal geword. 2 Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks. 3 Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks. (1

Kor.13:1-3) 6 Ons het almal geword soos mense wat onrein is, ons beste dade is soos vuil klere; ons is almal soos verdroogde blare, ons word deur ons sondes weggewaai soos deur ’n wind. 8 U is ons vader, Here, ons is klei en U het ons gevorm, ons is almal die werk van u hande. (Jes.64:6,8)

37 Hy sê toe vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. 38 Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.” (Matt. 9:37-38)

..en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel. (2

Kron.7:14) 18 Soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur; 20 “Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde tot geloof in My sal kom. (Joh.17:18,20) 3 Julle moet reg laat geskied aan die mens in nood en aan die weeskind, ’n regverdige uitspraak vir die hulpelose en die behoeftige lewer, 4 julle moet die mens in nood en die arme bevry, hulle uit die mag van die goddelose red. (Ps.82:3-4) 25 sodat daar nie verdeeldheid in die liggaam sou wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar dra. 26 As een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly. 27 Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen ’n lid daarvan. (1 Kor.12:25-27) 7 Verwyder dan die ou suurdeeg, sodat julle nuwe, ongesuurde deeg kan wees, en dit is julle ook werklik. Ons paaslam is immers geslag: dit is Christus. 8 Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van onsedelikheid en ander sonde nie, maar met die ongesuurde brood van reinheid en waarheid. (1 Kor.5:7-8) 13 Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as ’n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. 14

Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” (Gal.5:13-

14) Ons doen dit alles om julle ontwil, sodat die genade van God steeds meer mense kan bereik. Dan word die dankgebede ook meer, en God ontvang die eer. (2 Kor.4:15) “Here God van Israel, U is regverdig. U het die klompie van ons laat vrykom, so soos dit vandag is. Hier is ons voor U met ons oortredings, maar so kan niemand voor U staan nie.” (Esra 9:15)

Page 79: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

79

En wanneer Hy kom, sal Hy bewys dat die wêreld skuldig is aan sonde, en dat die reg aan my kant is, en dat die oordeel al gekom het. (Joh.16:8) Leer om weer goed te doen, sorg dat daar reg geskied, gaan die verdrukker teë. Laat reg geskied aan die weeskinders, behartig die regsake van die weduwees. (Jes.1:17) Omdat ons almal een liggaam geword het, is ons almal met die een Gees gedoop, of ons nou Jood of Griek is, slaaf of vry. Ons is almal van die een Gees deurdrenk. (1 Kor.12:13)

Mag hulle altyd soveel eerbied vir My hê en al my gebooie gehoorsaam sodat dit altyd goed kan gaan met hulle en hulle nageslag. (Deut.5:29) Ons moet God altyd vir julle dank, broers. En dit is ook reg, want julle geloof neem sterk toe, en sonder uitsondering word julle liefde vir mekaar altyd meer. (2 Tess.1:3) 35 Sê julle nie: ‘Nog vier maande, dan is die oes daar’ nie? Maar Ek sê vir julle: Kyk daar, kyk na die lande; hulle is ryp vir die oes. 36 Nou al ontvang die man wat oes, sy loon en samel hy die oes in vir die ewige lewe. So is die een wat saai, en die een wat oes, saam bly. (Joh.4:35-

36) Here, God van ons voorvaders Abraham, Isak en Israel, behou vir altyd hierdie gesindheid in die gemoed van u volk. Rig hulle hart op U. (1

Kron.29:18) Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld. (Hand.1:8) ..luister tog uit die hemel, u woonplek, en vergeef en gee aan elkeen wat hy verdien soos U sy hart ken, want net U ken die mens se hart. (2 Kron.6:30) 18 Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul, 19 en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere;

sing met julle hele hart tot eer van die Here. 20 Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus. (Ef.5:18-20) 3 Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. 4 Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. (Fil.2:3-4) Ek gee julle ’n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. (Joh.13:34) 18 Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. 19 Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou. 20 Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat deur ons ’n beroep op julle doen. Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het! (2 Kor.5:18-20) 3 Die God van Israel het gepraat, die Rots van Israel het vir my gesê: ‘Hy wat regverdig oor mense heers, wat regeer in eerbied teenoor God, 4 is soos die môrelig as die son opkom op ’n oggend sonder wolke; dit skitter na die reën; die gras skiet op uit die grond.’ (2 Sam.23:3-4) 19 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20 leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld. (Matt.28:19-20)

5 Ontferm U weer oor ons, o God, ons Verlosser, moet tog nie langer op ons toornig wees nie! 6 Sal U dan altyd vir ons kwaad bly? Sal U dan u toorn van geslag tot geslag laat voortduur? 7 Wil U nie weer die lewe vir ons nuut maak sodat u volk hulle vreugde in U kan vind nie? 8 Laat ons u troue liefde belewe, skenk ons u reddende hulp, Here. (Ps.85:5-8) 4 Daar is net één liggaam en net één Gees, soos daar net één hoop is waartoe God julle geroep het. 5 Daar is net één Here, één geloof, één doop, 6 één God en Vader van almal: Hy wat oor almal is, deur

Page 80: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

almal werk en in almal woon. (Ef.4:4-6)

Ook ek sal nie teen die Here sondig deur op te hou om vir julle te bid nie. Ek sal julle aanhou onderrig in die goeie en reguit pad. (1

Sam.12:23) 4 maar in alles laat ons ons ken as dienaars van God. Dit doen ons met baie geduld in verdrukking, ontbering en nood. 5 Ons is geslaan, in die tronk gegooi en het in oproere beland; ons het swaar gewerk, nagte sonder slaap deurgemaak en honger gely. 6 Ons het onberispelik opgetree, met begrip, met verdraagsaamheid en vriendelikheid. Dit alles het ons gedoen deur die Heilige Gees, deur opregte liefde, 7 deur die woord van die waarheid en deur die krag van God. Ons wapen vir aanval en verdediging is om die wil van God te doen. 8 Ons ontvang eer en oneer, ons word beledig en geprys. Ons word behandel as verleiers, en tog is ons betroubaar; 9 as onbekendes, en tog is ons goed bekend; as sterwendes en, soos julle sien, ons lewe; as gestraf, maar ons is nie doodgemaak nie; 10 as bedroefdes, en tog is ons altyd opgeruimd; as armes, maar ons maak baie ander ryk; as mense wat niks het nie, en tog besit ons alles. (2

Kor.6:4-10) Laat alles by julle in liefde geskied. (1

Kor.16:14)

Gehoorsaamheid aan die Here laat ’n volk sterk staan; sonde bring skande oor ’n volk. (Spr.14:34) 30 “God het die tye van onkunde oorgesien, maar nou roep Hy al die mense oral op om hulle te bekeer, 31 want Hy het ’n dag bepaal waarop Hy regverdig oor die wêreld gaan oordeel deur ’n Man wat Hy uitgekies het. As bewys daarvan vir almal, het Hy Hom uit die dood laat opstaan.” (Hand.17:30-31) Die einde van alles is naby. Daarom moet julle selfbeheers en nugter wees, sodat julle kan bid. (1 Pet.4:7) 5 Laat julle as lewende stene opbou tot ’n geestelike huis, om ’n heilige priesterdom te wees en geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is. 9 Julle, daarenteen, is ’n uitverkore volk, ’n koninklike

priesterdom, ’n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig. (1 Pet.2:5,9) 16 Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, 17 dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. 18 Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. 19 Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. (Ef.3:16-19)

13 So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk, soos ’n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus. 14 Dan sal ons nie meer kinders wees nie; ons sal nie meer soos golwe op en af en heen en weer geslinger word deur elke wind van dwaalleer as vals leraars ons met hulle slinksheid en listigheid op dwaalweë wil wegvoer nie. 15 Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. Hy is immers die hoof. (Ef.4:13-15) 3 en bid tegelykertyd ook vir ons. Bid dat God vir ons ’n deur vir die woord oopmaak sodat ons die geheimenis van Christus kan verkondig waarvoor ek hier gevange sit. 4 Bid dat ek dit duidelik sal verkondig soos dit my opgelê is. (Kol.4:3-4)

Josafat-hulle is die volgende môre vroeg uit na die Tekoawoestyn toe. Terwyl die manne vertrek, het Josafat daar gestaan en hulle toegespreek: “Luister na my, Juda en inwoners van Jerusalem! Stel julle vertroue in die Here julle God, en julle sal vas staan. Stel julle vertroue in sy profete, en dit sal goed gaan met julle.” (2 Kron.20:20) “Vrede vir julle!” sê Hy weer vir hulle. “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.” (Joh.20:21) Deur my voorbeeld het ek in elke opsig vir julle gewys dat ons hard moet werk sodat ons die armes kan help. Onthou die woorde van die Here Jesus. Hy het self gesê: Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang. (Hand.20:35)

Page 81: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

81

Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één. (Gal.3:28)

9 Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, 10 sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, 11 en deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer.(Fil.1:9-11)

10 Wie sy broer liefhet, bly in die lig, en daar is niks wat hom laat struikel nie. 11 Maar wie sy broer haat, is in die duisternis en lewe in die duisternis en weet nie waar hy gaan uitkom nie, omdat die duisternis hom blind gemaak het. (1

Joh.2:10-11) En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak, net soos ons liefde vir julle. (1 Tess.3:12) Ons het U nie geëer nie, ons was ongehoorsaam aan die gebooie, die voorskrifte, die bepalings wat U aan u dienaar Moses gegee het. (Neh.1:7) 1 Verder, broers, bid vir ons, sodat die woord van die Here vinnig mag versprei en oral in ere gehou mag word soos by julle. 2 Bid ook dat ons van verkeerde en slegte mense verlos word, want nie almal is gelowiges nie. (2 Tess.3:1-2)

Hulp kom net van die Here af. U laat dit goed gaan met U volk. Sela. (Ps.3:9) 7 Aan elkeen van ons is ’n genadegawe gegee volgens die mate waarin Christus die gawes uitgedeel het. 11 En dit is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars. 12 Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus. (Ef.4:7,11-

12) Maar solank daar nog ’n “vandag” is, moet julle mekaar elke dag aanspoor sodat niemand van

julle deur die misleiding van die sonde verhard word nie. (Heb.3:13) 8 Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê. Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet van God uit. 9 Al die gebooie: “Jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie begeer nie,” of watter ander gebod daar ook al is, word immers in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” 10 Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet. (Rom.13:8-

10)

Oor dié wat in twyfel verkeer, moet julle julle ontferm. (Jud.22) So is die Israeliete destyds ’n vernederende neerlaag toegedien, en het Juda die oorhand gekry omdat hulle gesteun het op die Here, die God van hulle voorvaders. (2 Kron.13:18) Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dít is die offers wat vir God aanneemlik is. (Heb.13:16) Julle moet die offers bring wat aan julle voorgeskryf is, en julle moet op die Here vertrou. (Ps.4:6) Daar is baie wat sê: “Wie sal dit weer met ons goed laat gaan?” Wees ons tog weer goedgesind, Here, help ons! (Ps.4:7) Net soos die liggaam ’n eenheid is en baie lede het, en soos al die lede saam, al is hulle baie, een liggaam vorm, so is dit ook met die liggaam van Christus. (1 Kor.12:12) 6 Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek. 7 Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek stewig staan. 8 God is my redding en my krag. Hy is my rots, my sterkte, God is my toevlug. 9 Vertrou altyd op Hom, my volk, stort julle hart voor Hom uit! God is vir ons ’n toevlug. Sela. (Ps.62:6-9)

Page 82: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

Aanbiddingsliedere in Openbaring

Hierdie aanbiddingsliedere kan gebruik word as

rigtingwysers om o.a. jou eie gebede te rig in

lofprysing, aanbidding en danksegging.

4 Van Johannes. Aan die sewe gemeentes in die provinsie Asië. Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor sy troon, 5 en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos 6 en ons sy koninkryk gemaak, priesters vir God sy Vader. Aan Hom behoort die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen. 7 Kyk, Hy kom met die wolke, en al die mense sal Hom sien, ook hulle wat Hom deurboor het; en al die volke van die aarde sal oor Hom in selfverwyt weeklaag. Ja, dit is seker! 8 "Ek is die Alfa en die Omega," sê die Here God, Hy wat is en wat was en wat kom, die Almagtige. (Open.1:4-8) 8 Elkeen van die vier lewende wesens het ses vlerke gehad, wat aan die bokant en aan die onderkant vol oë was. Hulle het dag en nag sonder om te rus, gesê: “Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom.” 9 Elke keer wanneer die lewende wesens heerlikheid, eer en dank toebring aan Hom wat op die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe, 10 kniel die vier en twintig ouderlinge voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe. Hulle sit dan hulle krone voor die troon neer en sê: 11 “Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het; deur u wil het alles ontstaan en is dit geskep.” (Open.4:8-11) 8 Net toe die Lam die boek neem, het die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor Hom gekniel. Elkeen van hulle het ’n siter gehad en ’n goue bak vol wierook, die gebede van die gelowiges. 9 Toe sing hulle ’n nuwe lied: “U is waardig om die boek te neem en die seëls daarvan oop te maak omdat U geslag is en met u bloed mense vir God losgekoop het uit elke stam en taal en volk en nasie. 10 U het hulle ’n koninkryk en priesters vir ons God gemaak en hulle sal oor die aarde regeer.” 11 Toe het ek rondom die troon en die lewende wesens en die

ouderlinge ’n groot menigte engele gesien. Daar was duisende der duisende, ja, miljoene der miljoene. Ek het hulle hard hoor 12 uitroep: “Die Lam wat geslag was, is waardig om die mag en rykdom, die wysheid en sterkte, die eer, heerlikheid en lof te ontvang.” 13 Die hele skepping, alles in die hemel en op die aarde en onder die aarde en op die see, ja, alles wat daar is, het ek hoor sê: “Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, behoort die lof en die eer, die heerlikheid en die krag, tot in alle ewigheid.” 14 Die vier lewende wesens het gesê: “Amen!” En die ouderlinge het gekniel en God aanbid. (Open.5:8-14) Hulle het hard geroep: “Hoe lank nog, heilige en getroue Heerser? Wanneer voltrek U die oordeel en wreek U ons dood op die bewoners van die aarde?” (Open.6:10) 9 Hierna het ek ’n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad, en daar was palmtakke in hulle hande. 10 Hulle het hard uitgeroep: “Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam!” 11 Al die engele het rondom die troon, die ouderlinge en die vier lewende wesens gestaan. Hulle het toe voor die troon gekniel met hulle gesigte na die grond toe en het God aanbid 12 en gesê: “Amen! Die lof en die heerlikheid, die wysheid, die dank en die eer, die mag en die sterkte behoort aan ons God tot in alle ewigheid. Amen!” 13 Een van die ouderlinge vra toe vir my: “Hierdie mense met die wit klere aan, wie is hulle en waar kom hulle vandaan?” 14 “Ek weet nie, Meneer,” sê ek vir hom, “maar ú weet.” Hy sê toe vir my: “Dit is dié wat uit die groot verdrukking kom. Hulle het hulle klere gewas en dit wit gemaak in die bloed van die Lam. 15 Daarom is hulle voor die troon van God en dien hulle Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal by hulle bly. 16 Hulle sal nie meer honger en nie meer dors kry nie; die son sal hulle nie brand nie en ’n hittegloed ook nie, 17 want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle herder wees en hulle na die fonteine met die water van die lewe lei; en God sal al die trane van hulle oë afdroog.” (Open.7:9-17)

Page 83: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

83

15 Toe het die sewende engel op sy trompet geblaas. Daar was stemme in die hemel wat hard uitgeroep het: “Die koningskap oor die wêreld behoort aan ons Here en sy Gesalfde, en Hy sal as koning heers tot in alle ewigheid.” 16 Die vier en twintig ouderlinge wat op hulle trone voor God sit, het toe gekniel met hulle gesigte na die grond toe en het God aanbid 17 en gesê: “Ons dank U, Here God, Almagtige, U wat is en wat was, dat U nou u groot mag gebruik en as koning heers. 18 Die nasies was woedend, maar nou het die tyd vir u oordeel gekom. Die eindtyd het aangebreek: die dooies word geoordeel; aan u dienaars, die profete, en aan die gelowiges, dié wat U vrees, klein en groot, word hulle loon gegee; en dié wat die aarde vernietig, word vernietig.” 19 Toe het God se tempel, wat in die hemel is, oopgegaan, en sy verbondsark wat in sy tempel is, het sigbaar geword. Daar het toe weerligstrale, dreunings, donderslae, ’n aardbewing en ’n groot haelstorm gekom. (Open.11:15-19)

10 Toe het ek ’n stem in die hemel gehoor wat hard uitgeroep het: “Nou het ons God die redding gebring, nou is sy mag en koningskap hier, en die gesag van sy Gesalfde! Die aanklaer van ons medegelowiges is uit die hemel uit gegooi, hy wat hulle dag en nag voor ons God aangekla het. 11 Hulle het self die oorwinning oor hom behaal danksy die bloed van die Lam en die boodskap waarvan hulle getuig het; en hulle het nie hulle lewens so lief gehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie. 12 Daarom, hemel en dié wat daarin bly, verheug julle. Maar vir julle, land en see, wag daar ellende omdat die duiwel na julle toe gekom het met groot woede en met die wete dat hy min tyd het.” (Open.12:10-12) 1 Toe het ek ’n ander groot en wonderbaarlike teken in die hemel gesien. Ek het sewe engele gesien wat die sewe laaste plae bring. Daarmee het die toorn van God sy einde bereik. 2 En ek het iets soos ’n spieëlgladde see met vuur daarin gesien. Die mense wat die oorwinning behaal het oor die dier en sy beeld en die getal van sy naam, het by die spieëlgladde see gestaan met siters wat hulle van God gekry het. 3 Hulle sing die lied van Moses, die dienaar van God. Dit is ook die lied van die Lam: “Groot en wonderbaarlik is u dade, Here God, Almagtige. Reg en betroubaar is u optrede, Koning van die nasies. 4 Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? U alleen is heilig! Al die nasies sal kom en U aanbid, want hulle sal sien dat u handelwyse

regverdig is.” 5 Hierna het ek gesien: die tempel in die hemel, die woonplek van God, is oopgemaak, 6 en die sewe engele wat die sewe plae bring, het uit die tempel uitgekom. Hulle het helder blink klere aangehad, en elkeen het ’n goue band om die bors gehad. 7 Een van die vier lewende wesens het toe aan die sewe engele sewe goue bakke gegee, gevul met die toorn van God, van Hom wat tot in alle ewigheid lewe. 8 Die tempel het vol rook geword vanweë die heerlikheid en die mag van God, en niemand kon in die tempel ingaan voordat die sewe plae van die sewe engele hulle einde bereik het nie. (Open.15:1-8) 4 Die derde engel het sy bak in die riviere en die waterbronne uitgegooi. Dit het ook bloed geword. 5 Toe het ek die engel wat oor die water toesig hou, hoor sê: “U is regverdig, U wat is en wat was, U, die Heilige, omdat U hierdie oordeel voltrek het; 6 want hulle het die bloed van die gelowiges en van die profete vergiet, en U het hulle self bloed laat drink. Dit het hulle verdien.” 7 Toe het ek die engel wat oor die altaar toesig hou, hoor sê: “Ja, Here God, Almagtige, betroubaar en reg is u oordele.” (Open.16:4-7) 1 Hierna het ek iets gehoor soos die harde geluid van ’n groot menigte in die hemel wat uitroep: “Prys die Here! Die oorwinning, die heerlikheid en die mag behoort aan ons God! 2 Regverdig en reg is sy oordele, want Hy het die oordeel voltrek oor die sedelose vrou wat die aarde deur haar onsedelikheid verwoes het. Hy het die dood van sy dienaars op haar gewreek.” 3 Verder het hulle uitgeroep: “Prys die Here! Haar rook styg tot in alle ewigheid op.” 4 Die vier en twintig ouderlinge en die vier lewende wesens het gekniel en God aanbid wat op die troon sit. Hulle het gesê: “Amen! Prys die Here!” 5 Toe het daar ’n stem van die troon af gekom wat gesê het: “Loof ons God, al sy dienaars, dié wat Hom vrees, klein en groot!” 6 Ek het toe iets gehoor soos die geluid van ’n groot menigte, soos die gedruis van ’n groot watermassa en soos die gedreun van swaar donderweer. Hulle het uitgeroep: “Prys die Here! Die Here ons God, die Almagtige, heers nou as koning. 7 Laat ons bly wees en juig en aan Hom die eer gee, want die bruilof van die Lam het aangebreek, en sy bruid het haar daarvoor gereed gemaak. 8 God het haar dit vergun om fyn, helder blink klere aan te trek.” Hierdie fyn klere is die regverdige dade van die gelowiges. (Open.19:1-8)

Page 84: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

16 “Ek, Jesus, het my engel gestuur om dit alles aan julle in die gemeentes te betuig. Ek is die Wortel, dit is, die Nakomeling van Dawid. Ek is die helder Môrester.” 17 Die Gees en die bruid sê: “Kom!” En elkeen wat dit hoor, moet sê: “Kom!” En elkeen wat dors het, moet kom; elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet! 18 Ek betuig aan almal wat

die woorde van hierdie profetiese boek hoor: As iemand iets hieraan byvoeg, sal God vir hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is; 19 en as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boek wegneem, sal God sy deel aan die boom van die lewe en aan die heilige stad wegneem waarvan in hierdie boek geskrywe is. 20 Hy wat dit alles getuig, sê: “Ja, Ek kom gou!” Amen! Kom, Here Jesus! (Open.22:16-17,20)

Page 85: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

85

Bybelse Teofanieë (Hoe God Homself aan mense openbaar)

Hierdie gedeeltes kan gebruik word wanneer

ons in aanbidding is om beter te verstaan wie en

hoe God is, hoe Hy wil hê ons oor Hom moet

dink. Ons kan hierdie gedeeltes gebruik by die

Jabes-gebed wanneer ons die Naam van die

Here aanroep. 10 Op die dag van die Here is ek deur die Gees meegevoer en ek het agter my, so hard soos die geluid van ’n trompet, ’n stem hoor 11 sê: “Skrywe wat jy sien in ’n boek op en stuur dit vir die sewe gemeentes: Efese, Smirna, Pergamum, Tiatira, Sardis, Filadelfia en Laodisea.” 12 Ek het omgedraai om te sien wie dit is wat met my praat. En toe ek omgedraai het, het ek sewe goue staanlampe gesien 13 en tussen die lampe Iemand soos die Seun van die mens. Hy het ’n lang kleed aangehad en ’n goue band om sy bors gedra. 14 Die hare op sy kop was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë het soos vuur gevlam. 15 Sy voete was soos geelkoper wat in ’n smeltoond gloei, en sy stem soos die gedruis van ’n groot watermassa. 16 In sy regterhand het Hy sewe sterre gehad, en ’n skerp swaard met twee snykante het uit sy mond uit gekom. Sy hele voorkoms was soos die son wat op sy helderste skyn. 17 Toe ek Hom sien, het ek by sy voete neergeval en bly lê soos een wat dood is. Hy het toe met sy regterhand aan my gevat en vir my gesê: “Moenie bang wees nie, dit is Ek, die Eerste en die Laaste, 18 die Lewende. Ek was dood en, kyk, Ek lewe tot in alle ewigheid; en Ek het die sleutels van die dood en die doderyk. (Open.1:10-18) 2 Onmiddellik is ek deur die Gees meegevoer. Ek het gesien daar staan ’n troon in die hemel en op die troon sit daar Iemand. 3 Sy voorkoms was soos opaal en karneool. Om die troon was daar ’n reënboog met die glans van smarag. 4 Reg rondom die troon was daar vier en twintig ander trone, en op die trone het daar vier en twintig ouderlinge gesit. Hulle het wit klere aangehad, en op hulle koppe was daar goue krone. 5 Daar het weerligstrale, dreunings en donderslae van die troon af gekom. Vlak voor die troon het sewe fakkels helder gebrand. Dit is die sewe Geeste van God. 6 Voor die troon was dit soos ’n spieëlgladde see, helder soos kristal. Naby, rondom die troon, was daar vier lewende

wesens, vol oë van voor en van agter. 7 Die eerste lewende wese het soos ’n leeu gelyk en die tweede soos ’n bul; die derde het ’n gesig soos dié van ’n mens gehad en die vierde het gelyk soos ’n arend wat vlieg. 8 Elkeen van die vier lewende wesens het ses vlerke gehad, wat aan die bokant en aan die onderkant vol oë was. Hulle het dag en nag sonder om te rus, gesê: “Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom.” (Open.4:2-8) 11 Toe het ek gesien die hemel is oop. Daar was ’n wit perd. Sy Ruiter word die Getroue en die Betroubare genoem. Met regverdigheid oordeel Hy en voer Hy oorlog. 12 Sy oë het soos vuur gevlam, en op sy kop was daar baie heerserskrone. Daar was ’n Naam op Hom geskrywe wat niemand anders ken nie, net Hy self. 13 Hy het klere aangehad wat met bloed deurweek was, en sy Naam is: “Die Woord van God.” 14 Die leërs in die hemel het op wit perde agter Hom aan gery. Hulle het fyn, helder wit klere aangehad. 15 Uit sy mond het daar ’n skerp swaard uitgekom om die nasies mee te tref, en Hy sal hulle met ’n ystersepter regeer. Hy sal self die parskuip trap vir die wyn, die wyn van die toorn en die oordeel van God, die Almagtige. 16 Op sy klere, by sy heupe, was daar ’n Naam geskrywe: “Die Koning van die konings en die Here van die heersers.” (Open.19:11-16) 2 En ek het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel uit sien afkom. Die stad was gereed soos ’n bruid wat vir haar man versier is. 3 Toe het ek ’n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. 4 Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.” 5 Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.” En daarna sê Hy: “Skryf hierdie woorde op, want hulle is betroubaar en waar.” 6 Verder sê Hy vir my: “Dit het klaar gebeur. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet. 7 Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal

Page 86: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

my seun wees. 8 “Maar dié wat bang en ontrou geword het, die losbandiges, moordenaars en onsedelikes, bedrieërs en afgodsdienaars en al die leuenaars, hulle lot is die poel wat met vuur en swael brand, dit is die tweede dood.” 9 Toe het een van die sewe engele wat die sewe bakke het waarin die sewe laaste plae was, gekom en met my gepraat. “Kom,” het hy gesê, “ek sal jou die bruid wys, die vrou van die Lam.” 10 Ek is toe deur die Gees meegevoer en die engel het my na ’n groot hoë berg toe geneem en die heilige stad Jerusalem vir my gewys, wat van God af uit die hemel uit afkom. 11 Die stad het die heerlikheid van God: sy glans is soos dié van die kosbaarste edelsteen, soos ’n kristalhelder opaal. 12 Die stad het ’n groot hoë muur met twaalf poorte. By die poorte is daar twaalf engele, en op die poorte is daar name geskrywe, dié van die twaalf stamme van die volk Israel. 13 Aan die oostekant is daar drie poorte, aan die noordekant drie, aan die suidekant drie en aan die westekant drie. 14 Die stad se muur het twaalf fondamente, en daarop is daar ook twaalf name, dié van die twaalf apostels van die Lam. 15 Die engel wat met my gepraat het, het ’n goue meetstok gehad om daarmee die stad self, sy poorte en sy muur te meet. 16 Die stad is vierkantig, net so lank as wat hy breed is. Hy het die stad toe met die meetstok gemeet. Die lengte, die breedte en die hoogte daarvan is dieselfde, twaalf duisend kilometer. 17 Hy het ook die muur om die stad gemeet. Dit is honderd vier en veertig meter hoog. Die engel het die mate van mense gebruik. 18 Die muur is met opaal gebou en die stad self met suiwer goud wat soos ’n skoon spieël lyk. 19 Die fondamente van die stadsmuur is met allerhande edelstene versier: die eerste fondament met opaal, die tweede met saffier, die derde met agaat, die vierde met smarag, 20 die vyfde met sardoniks, die sesde met karneool, die sewende met chrisoliet, die agste met beril, die negende met topaas, die tiende met chrisopraas, die elfde met hiasint en die twaalfde met ametis. 21 Die twaalf poorte is twaalf pêrels. Elkeen van die poorte is uit een pêrel gemaak. Die strate van die stad is van suiwer goud, blink soos ’n spieël. 22 ’n Tempel het ek nie in die stad gesien nie, want sy tempel is die Here God, die Almagtige, en die Lam. 23 Die stad het nie die son en die maan nodig om hom te verlig nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp. 24 Die nasies sal in die stad se lig lewe, en die konings

van die aarde verleen luister daaraan. 25 Die poorte daarvan word gedurende die hele dag nooit toegesluit nie: daar sal nie meer nag wees nie. 26 Die mense sal luister en die rykdom van die nasies daarheen bring. 27 Niks onreins en niemand wat iets losbandigs en vals doen, sal ooit daarin kom nie, maar net dié wie se name in die boek van die lewe, die boek van die Lam geskrywe staan. 1 Toe het die engel my die rivier met die water van die lewe gewys. Dit is helder soos kristal en dit stroom uit die troon van God en van die Lam uit. 2 Tussen die hoofstraat van die stad aan die een kant en die rivier aan die ander kant staan die boom van die lewe. Hy dra twaalf keer per jaar vrugte: elke maand lewer hy sy vrugte. Die blare van die boom bring genesing vir die nasies. 3 Daar sal niks meer wees wat deur God vervloek is nie. Die troon van God en van die Lam sal in die stad wees, en sy dienaars sal Hom dien. 4 Hulle sal Hom sien, en sy Naam sal op hulle voorkoppe wees. 5 Daar sal nie meer nag wees nie. Die mense het nie die lig van ’n lamp en die lig van die son nodig nie, omdat die Here God hulle sal verlig, en hulle sal tot in alle ewigheid regeer. (Open.21:2-22:5) 9 “Terwyl ek kyk, is daar trone reggesit, en Hy wat ewig lewe, het op sy troon gaan sit. Sy klere was so wit soos sneeu, sy hare soos skoon wol. Sy troon was van vuurvlamme met wiele van vuur. 10 Vuur het uit die troon gestroom en verder gevloei. Duisende der duisende het Hom gedien, miljoene het daar voor Hom kom staan. Die hofsitting het begin, en die boeke met die aanklagte is oopgemaak. 11 “Terwyl ek kyk, is die een dier oor die verwaande gepraat van die horinkie doodgemaak en is sy liggaam vernietig deur dit in die vuur te gooi. 12 Ook die ander diere se heerskappy is van hulle weggeneem, maar hulle lewens is nog ’n tyd lank gespaar. 13 “My nagtelike visioen het voortgeduur: daar het in die wolke iemand aangekom, iemand soos ’n menslike wese. Hy het na Hom toe gegaan wat ewig lewe en is voor Hom gebring. 14 Aan dié menslike wese is die heerskappy en eer en koningskap gegee sodat al die volke, nasies en taalgroepe hom sou dien. Sy heerskappy is ’n ewige heerskappy, dit sal nie tot niet gaan nie; sy koningskap sal nie ophou nie. (Dan.7:9-14)

1 In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op ’n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul. 2

By Hom was daar serafs om Hom te dien. Elkeen het ses vlerke gehad: met twee het hy sy gesig bedek, met twee sy voete en met twee het hy

Page 87: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

87

gevlieg. 3 Die serafs het mekaar telkens toegeroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.” 4 Hulle het so hard geroep dat die deure in hulle kosyne gerammel het en die tempel vol rook geword het. 5 Toe het ek uitgeroep: “Dit is klaar met my! Ek is verlore! Elke woord oor my lippe is onrein, en ek woon onder ’n volk van wie elke woord onrein is. En nou het ek die Koning gesien, die Here die Almagtige.” 6 Een van die serafs het toe ’n gloeiende kool met ’n tang van die altaar af gevat en na my toe gevlieg. 7 Hy het my mond aangeraak met die kool en gesê: “Noudat die gloeiende kool jou lippe aangeraak het, is jou oortredinge vergewe, jou sonde versoen.” 8 Toe het ek die Here hoor vra: “Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” Ek het geantwoord: “Hier is ek! Stuur my!” 9 Toe het die Here gesê: “Gaan sê vir hierdie volk: Julle sal hoor en hoor en tog sal julle niks verstaan nie, en kyk en kyk en tog niks sien nie.” (Jes.6:1-9) 4 Ek het ’n gesig gesien. Daar het ’n storm uit die noorde gekom, ’n groot wolk. Vlamme het heen en weer geflits en daar was ’n helder skynsel om die wolk. Van binne uit, uit die vuur uit, het dit geblink soos gloeiende wit metaal. 5 Daaruit het vier wesens te voorskyn gekom. Hulle het ’n mensvormige voorkoms gehad, 6 maar elkeen het vier gesigte en vier vlerke gehad. 7 Hulle bene was reguit en hulle voete was soos beeskloue en het geblink soos koper wat opgevryf is. 8 Onder hulle vlerke aan elk van die vier kante van elkeen was daar menshande. Al vier wesens het gesigte en vlerke gehad. 9 Die een se vlerke het aan die een langs hom s’n geraak. Die wesens het nie van koers verander wanneer hulle beweeg nie. Elkeen het reg vooruit beweeg. 10 Elkeen het vier gesigte gehad. Die vorms van hulle gesigte was so: voor dié van ’n mens, regs dié van ’n leeu, links dié van ’n bul, en agter dié van ’n arend. Elke wese het dus vier gesigte gehad. 11 Sy twee boonste vlerke was oopgesprei en het aan dié van die wesens weerskante geraak; met die twee ander vlerke het hy sy lyf bedek. 12 Die wesens het reg vooruit beweeg in die rigting waarin die Gees dit wou, en hulle het nie van koers verander wanneer hulle beweeg nie. 13 Die vorm van die wesens, hulle voorkoms, was soos dié van gloeiende kole vuur; hulle was net soos die vlamme wat heen en weer tussen hulle

beweeg het. Die vuur het helder geskyn en blitse het uit die vuur geskiet. 14 Die wesens het soos weerlig heen en weer geskiet. 15 Terwyl ek so na die wesens kyk, sien ek ’n wiel op die grond langs elke wese met sy vier gesigte. 16 Die voorkoms van die wiele en hulle afwerking was soos dié van edelstene. Hulle het eenders gelyk en al vier was so gemaak dat daar ’n wiel dwars binne ’n wiel was; 17 hulle kon in die rigting van enige van hulle vier kante beweeg, maar hulle het nie van koers verander as hulle beweeg nie. 18 Die wiele was groot en indrukwekkend en al vier se vellings was rondom vol oë. 19 Wanneer die wesens beweeg het, het die wiele saam met hulle beweeg, en wanneer die wesens van die grond af opgestyg het, het die wiele ook opgestyg. 20 Waarheen die Gees ook al wou, het hulle beweeg, en die wiele het saam opgestyg, want die wesens se gees was in die wiele. 21 Wanneer die wesens beweeg, beweeg die wiele; wanneer die wesens staan, staan die wiele; wanneer die wesens van die grond af opstyg, styg die wiele saam op, want die wesens se gees was in die wiele. 22 Bokant die wesens se koppe was iets wat gelyk het soos ’n gewelf, blink en skrikwekkend soos ’n ysberg. Die gewelf was bokant hulle koppe oopgespan. 23 Onderkant die gewelf het hulle vlerke gestrek, die een teen die ander, en elkeen het met twee vlerke sy lyf bedek. 24 Ek het die geruis van hulle vlerke gehoor. Wanneer hulle beweeg, was dit soos die geruis van ’n sterk waterstroom, soos die stem van die Almagtige, soos die gedruis van ’n menigte mense bymekaar, soos die gedreun van ’n leërmag. Wanneer hulle tot stilstand kom, het hulle hulle vlerke laat sak. 25 Daar het ’n stem gekom van bokant die gewelf bo die wesens se koppe af. Hulle het hulle vlerke laat sak wanneer hulle tot stilstand kom. 26 Bokant die gewelf bo hulle koppe was daar iets soos saffier met die vorm van ’n troon, en daarop was ’n gestalte met die voorkoms van ’n mens, hoog daarbo. 27 Van wat gelyk het na sy heupe, daarvandaan boontoe, het dit vir my gelyk na die glans van gloeiende wit metaal, na iets soos vuur met ’n rand rondom, en van wat gelyk het na sy heupe, daarvandaan ondertoe, het dit vir my gelyk na vuur met ’n helder glans rondom. 28 Die glans rondom was soos dié van die reënboog in ’n wolk na die reën. Dit was soos die magtige verskyning van die Here. Toe ek dit sien, val ek plat en ek hoor ’n stem praat. (Eseg.1:4-28) 18 Toe sê Moses: “Laat ek tog net u magtige verskyning sien!” 19 Maar die Here sê: “Ek sal al my voortreflikheid voor jou laat verbykom en Ek

Page 88: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

sal die Naam ‘die Here’ vir jou uitroep, want Ek betoon genade aan wie Ek genade wil betoon en Ek ontferm My oor wie Ek My wil ontferm. (Eks.33:18-19) 5 Die Here het in ’n wolk afgekom en daar by Moses kom staan en die Naam “die Here” uitgeroep. 6 Terwyl Hy by Moses verbygaan, roep die Here: “Ek, die Here, is die barmhartige

en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. 7 Ek betoon my liefde aan geslagte en geslagte. Ek vergewe ongeregtigheid, oortreding en sonde, maar Ek spreek niemand sonder meer vry nie. Ek reken kinders en kleinkinders die sondes van vaders toe selfs tot in die derde en vierde geslag.” (Eks.34:5-

7)

Page 89: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

89

Gebede van Jesus

Die gebede in hierdie gedeelte gee vir ons riglyne

oor hoe ons kan bid. Hierdie Skrifgebede

openbaar aan ons die wil van God en leer vir ons

wat en hoe Jesus en die apostels gebid het. Laat

ons hulle navolg en die inhoud van hierdie

gebede as die basis vir ons eie gebede gebruik. 9 “So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; 10 laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. 11 Gee ons vandag ons daaglikse brood; 12 en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; 13 en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose. 14 “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. 15 Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.” (Matt.6:9-15) 25 Daardie tyd het Jesus gesê: “Ek prys U, Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg het en dit aan eenvoudiges bekend gemaak het. 26 Ja, Vader, so was dit u genadige bedoeling. 27 “My Vader het alles aan My toevertrou, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; en ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun Hom wil bekend maak. (Matt.11:25-27) 39 Hy het ’n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.” 40 Daarna kom Hy na die dissipels toe terug en kry hulle aan die slaap. Hy sê toe vir Petrus: “Kon julle nie eens een uur lank saam met My waak nie? 41 Waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is gewillig, maar die vlees is swak.” 42 ’n Tweede keer het Hy gaan bid en gesê: “My Vader, as hierdie lydensbeker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied.” 43 Toe Hy terugkom, kry Hy hulle weer aan die slaap, want van die vaak kon hulle nie hulle oë oophou nie. 44 Hy het hulle weer alleen laat bly en ’n derde keer gaan bid en dieselfde woorde gesê. (Matt.26:39-44)

1 Nadat Jesus dit gesê het, het Hy na die hemel toe opgekyk en gesê: “Vader, die tyd het gekom. Verheerlik u Seun, sodat die Seun U kan verheerlik. 2 U het Hom immers die volmag oor die hele mensdom gegee om aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe te gee. 3 En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is. 4

Ek het U op die aarde verheerlik deur die werk te volbring wat U My gegee het om te doen. 5

Verheerlik U My nou ook by U, Vader, met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld bestaan het.” 6 “Ek het u Naam bekend gemaak aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord ter harte geneem. 7 Nou weet hulle dat alles wat U My gegee het, van U kom; 8 want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee. Hulle het dit aangeneem en tot die oortuiging gekom dat Ek waarlik van U gekom het, en hulle het geglo dat U My gestuur het. 9 “Ek bid vir hulle. Ek bid nie vir die wêreld nie maar vir dié wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort. 10 Almal wat aan My behoort, behoort aan U; en wie aan U behoort, behoort aan My; en Ek word deur hulle verheerlik. 11 Ek bly nie langer in die wêreld nie, maar hulle bly nog in die wêreld. Ek kom na U toe. “Heilige Vader, bewaar hulle in u Naam, die Naam wat U My gegee het, sodat hulle net soos Ons een kan wees. 12 Toe Ek by hulle was, het Ek hulle in u Naam bewaar, die Naam wat U My gegee het. Ek het hulle beskerm, en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die een wat verlore moet gaan sodat die Skrif vervul kan word. 13 “Maar nou kom Ek na U toe. En Ek sê dit terwyl Ek nog in die wêreld is, sodat hulle my blydskap in al sy volheid in hulle kan hê. 14 Ek het u woord aan hulle gegee, en die wêreld haat hulle, omdat hulle nie tot die wêreld behoort nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie. 15 Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose moet bewaar. 16 Hulle behoort nie tot die wêreld nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie. 17 Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid. 18 Soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur; 19 en ter wille van hulle wy Ek My aan U toe, sodat hulle ook deur

Page 90: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

die waarheid aan U toegewy kan wees.” 20 “Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde tot geloof in My sal kom. 21 Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. 22 Die heerlikheid wat U My gegee het, het Ek ook aan hulle gegee, sodat hulle een kan wees net soos Ons een is: 23 Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees, sodat die wêreld kan weet dat U My gestuur het en hulle liefhet net soos U My liefhet. 24 “Vader,

Ek wil graag hê dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook by My moet wees, sodat hulle my heerlikheid kan sien, die heerlikheid wat U My gegee het omdat U My al voor die skepping van die wêreld liefgehad het. 25 “Regverdige Vader, die wêreld ken U nie, maar Ek ken U, en hulle hier weet dat U My gestuur het. 26 Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak, en Ek sal dit verder bekend maak, sodat die liefde wat U aan My bewys het, in hulle kan wees en Ek ook in hulle.” (Joh.17:1-26)

Page 91: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

91

Beloftes vir spesifieke situasies Hierdie is maar enkele beloftes uit die Skrif, daar

is letterlik duisende meer. Ons moet leer om

vanuit die beloftes van die Here te begin leef. Dit

is belangrik dat ons moet let op die voorwaardes

en opdragte wat saam met die beloftes gaan. Die

beloftes van God is gekoppel aan God se bevele

en voorwaardes. Ons kan nie die beloftes vir

onsself toe-eien as ons nie die voorwaardes

nakom nie.

Antwoorde op gebed: God luister na en

antwoord ons gebede Voor hulle nog roep, sal Ek antwoord, terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor. (Jes.65:24)

Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie. (Jer.33:3)

Jesus sê toe vir hulle: “Julle moet geloof in God hê! Dit verseker Ek julle: Elkeen wat vir hierdie berg sê: ‘Lig jou op en val in die see,’ en daarby nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, gebeur, vir hom sal dit gebeur. Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees. (Mark.11:24) Tot nou toe het julle nog nie in my Naam gebid nie. Bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees. (Joh.16:24) As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry. (Joh.15:7) Dan sal jy roep, en die Here sal antwoord, jy sal om hulp roep, en Hy sal sê: Hier is Ek! As jy sorg dat mense nie meer by jou verdruk word nie, nie meer gedreig en vals beskuldig word nie. (Jes.58:9) Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen. (Ef.3:20-21) Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. (Matt.7:7-8) Die Here sorg vir die opregtes en luister na hulle hulpgeroep, maar Hy tree op teen dié wat kwaad

doen. (1 Pet.3:12) As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede. (Ps.34:18) En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. (1 Joh.5:14) Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou. Maar nou het jy dwaas opgetree en daarom sal jy van nou af oorlog hê. (2 Kron.16:9) Besef tog dat die Here wonders gedoen het vir dié wat aan Hom getrou is. Die Here hoor as ek na Hom roep. (Ps.4:4) Hy luister na die gebed van dié wat alles verloor het, Hy sal hulle gebed nie verag nie. (Ps.102:18) Begeertes (God gee ons die begeertes van ons

hart) Aan die wat Hom dien, gee Hy wat hulle vra, Hy hoor as hulle om hulp roep, en Hy red hulle. (Ps.145:19) Die wens van sy hart het U vervul. Wat hy gevra het, het U hom nie geweier nie. (Ps.21:3) Wat die goddelose vrees, kom hom oor; wat die regverdige begeer, gee God hom. (Spr.10:24) Wat my red van die graf en my met liefde en ontferming kroon, 5 wat my die goeie in oorvloed laat geniet, my die jeugdige krag van die arend skenk. (Ps.103:4-5) Bekommernis

As God dan die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre verbrand word, so versier, hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nie, julle kleingelowiges... Moet julle dus nie oor môre bekommer nie." (Matt.6:30,34) Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. (Fil.4:6-7) Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een uur verleng? As julle nie eens so ’n klein dingetjie kan regkry nie, waarom bekommer julle julle oor die ander dinge? (Luk.12:25-26)

Page 92: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het. Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle. (1 Pet.5:6-7) Hoor my gebed, o God, moet tog nie onverskillig staan teenoor my smeking nie. Luister na my gebed en antwoord my: my sorge gee my geen rus nie. Ek is hewig ontsteld. (Ps.55:2-3) Hy laat reg geskied aan verdruktes en gee brood aan dié wat honger ly. Die Here bevry die gevangenes, die Here laat blindes sien, Hy ondersteun dié wat bedruk is. Die Here het die regverdiges lief. Hy beskerm vreemdelinge en help weeskinders en weduwees, maar Hy versper die pad vir die goddeloses. (Ps.146:7-9) Christus het ons vry gemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder ’n slawejuk laat indwing nie. (Gal.5:1) Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig. (Matt.11:28-30) Beloftes (God hou sy beloftes) "God is nie ‘n mens dat Hy sou lieg nie, 'n mens dat Hy van gedagte sou verander nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie waar maak nie?" (Num.23:19) Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het. (Heb.10:23) Ek roep ’n roofvoël uit die ooste, uit ’n ver land roep ek ’n man wat my besluit sal uitvoer. Ek het dit gesê, en Ek sal hom laat kom, Ek het dit beplan en Ek sal dit doen. (Jes.46:11) Maar my liefde sal Ek van hom nie terughou nie, my trou nie verbreek nie. Ek sal my verbond nie versaak nie, nie een van my beloftes terugtrek nie. (Ps.89:34-35) Tog is die Here gretig om julle genadig te wees en wil Hy hom oor julle ontferm: Die Here is ’n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou. (Jes.30:18) Blydskap en Vreugde Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees. (Joh.15:11) U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat

mooi is. (Ps.16:11) Die koninkryk van God is nie ’n saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee. (Rom.14:17) Julle sal met blydskap uit Babel wegtrek en in vrede gelei word; die berge en die heuwels sal voor julle uit jubel en juig en al die bome in die veld sal hande klap. (Jes.55:12) Dié wat deur die Here verlos is, sal terugkeer, hulle sal juigend in Sion aankom, hulle sal altyd straal van blydskap, hulle sal vol vreugde en blydskap wees; ellende en smart sal verdwyn. (Jes.35:10) Depressie Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing. Hy is my helper en my God! (Ps.43:5) Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd. (Ps.73:26) Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom. As so iemand val, bly hy nie lê nie, want die Here help hom op. (Ps.37:23-24) Dié wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie. (Ps.34:6) Kan ’n vrou haar eie baba vergeet, haar nie ontferm oor die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou so iets kon gebeur, Ek sal jou nie vergeet nie. (Jes.49:15) Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” (Heb.13:5) Ewige lewe God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe kan hê. (Joh.3:16) En dít is wat die Seun ons belowe het: die ewige lewe. (1 Joh.2:25) Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here. (Rom.6:23) My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My. Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie.

Page 93: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

93

(Joh.10:27-28) Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan. (Joh.5:24) En die getuienis behels dít: God het ons die ewige lewe gegee, en dié lewe is deur sy Seun. Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie. Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo. (1 Joh.5:11-13) Finansiële, Materiële enFisiese behoeftes

En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy oorvloedige rykdom in Christus Jesus. (Fil.4:19) Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? (Matt.6:25-26) Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie. Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee. (Matt.6:31-33) As jy goed luister na die Here jou God en jy gehoorsaam al sy gebooie wat ek jou vandag gee, en jy lewe daarvolgens, sal die Here jou God jou oor al die nasies van die aarde stel. Die Here sal jou oorlaai met die goeie: met ’n nageslag, met die aanteel van jou vee, met die opbrengs van jou grond in die land wat die Here met ’n eed aan jou voorvaders beloof het om aan jou te gee. Die Here sal sy goeie voorraadskuur, die hemel, vir jou oopmaak om vir jou land reën te gee op die regte tyd, om alles wat jy doen, te seën. Dan sal jy aan baie nasies kan leen, maar self sal jy nie hoef te leen nie. (Deut.28:1,11,12) Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges in die wêreld begaan is, maar julle het ’n Vader wat weet dat julle dit nodig het. Beywer julle vir sy koninkryk, dan sal Hy julle ook hierdie dinge gee. (Luk.12:30-31) Sorg dat julle doen wat hierdie verbond bepaal en

lewe daarvolgens sodat julle voorspoedig sal wees in alles wat julle aanpak. (Deut.29:9) Hy voed dié wat Hom dien, Hy hou sy verbond altyd in stand. (Ps.111:5) As julle gehoorsaam wil wees, sal julle die goeie van die land eet. (Jes.1:19) Toe praat die man wat tussen die mirte was. Hy het gesê: “Dit is die ruiters wat deur die Here uitgestuur is om die wêreld te deurkruis.” (Sag.10:1) As julle my voorskrifte nakom, my gebooie gehoorsaam en daarvolgens lewe, sal Ek vir julle reën gee op die regte tyd, sodat die lande oeste sal lewer en die bome vrugte sal dra. Julle sal graan dors tot dit weer tyd is om vrugte te oes, en julle sal vrugte oes tot dit weer planttyd is. Julle sal oorgenoeg kos hê en sonder sorge in julle land woon. (Lev.26:3-5)

Kyk na die kraaie: hulle oes nie; hulle het geen spens of skuur nie, maar God sorg vir hulle. Julle is tog baie meer werd as voëls. (Luk.12:24). Ek sê vir julle: Vra, en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal kry. Klop, en vir julle sal oopgemaak word. (Luk.11:9) Die Here God is ons krag en ons beskerming, die Here gee genade en eer, Hy weerhou die goeie nie van dié wat reg lewe nie. (Ps.84:12) Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. Ek was jonk en ek het oud geword, maar nooit het ek ’n regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie. (Ps.37:3,25) Gee, en vir julle sal gegee word: ’n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word.” (Luk.6:38) Geestelike gawes As God eenmaal aan mense sy genadegawes geskenk en hulle geroep het, trek hy dit nooit weer terug nie. (Rom.11:29) Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar. Ons het genadegawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. As dit die gawe van profesie is, laat ons dit gebruik in ooreenstemming met die geloof wat ons bely. As dit is om te dien, laat ons dien. As dit is om onderrig te gee, laat ons onderrig gee. As dit is om mense te bemoedig, laat ons hulle bemoedig. As ons gee, laat dit sonder bybedoelings wees. As ons leiding gee, dan met toewyding. As ons ander help, dan met

Page 94: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

blymoedigheid. (Rom.12:5-8) Geestelike groei

Ek is veral daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end uit sal voer en dit sal voleinding op die dag wanneer Christus Jesus kom. (Fil.1:6) Soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur; en ter wille van hulle wy Ek My aan U toe, sodat hulle ook deur die waarheid aan U toegewy kan wees (Joh.17:18-19) Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag. Deur dit te doen, het Hy ons die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het. Daardeur kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is, en deel kry aan die Goddelike natuur. (2 Pet.1:3-4) Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is. (2 Kor.3:18) Dit is Hy wat julle ook enduit sal laat vas staan, sodat daar geen aanklag teen julle sal wees op die dag dat ons Here Jesus Christus kom nie. (1 Kor.1:8) Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. (Ef.3:17-

19) Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees. (Fil.1:9-10) Geloof in God God het aan elkeen 'n maat van geloof toebedeel.

(Rom.12:3) Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ’n gawe van God. (Ef.2:8) As ’n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon. (Heb.11:6) Want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. (Jak.1:3) Sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus. (1 Pet.1:7) In die evangelie kom juis tot openbaring dat God mense van hulle sonde vryspreek enkel en alleen omdat hulle glo. Dit is soos daar geskrywe staan: “Elkeen wat deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe.” (Rom.1:17) Want enigeen wat ’n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof. (1 Joh.5:4) "As U iets kan doen", sê jy, antwoord Jesus. Vir die een wat glo, kan alles. (Mark.9:23) Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer. (Ef.6:16) Toe sê Jesus vir hom: “Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo.” (Joh.20:29) Daarop antwoord Jesus hulle: “Dit verseker Ek julle: As julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle kan doen wat Ek aan die vyeboom gedoen het. Meer nog: Julle sal vir hierdie berg kan sê: ‘Lig jou op en val in die see!’ en dit sal gebeur. As julle glo, sal julle alles ontvang wat julle in die gebed vra.” (Matt.21:21-22) Tot nou toe het julle nog nie in my Naam gebid nie. Bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.” (Joh.16:24) Genesing en Gesondheid Deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. (Jes.53:5c) Ek sal jou gesond maak, jou wonde genees, sê die Here, selfs al noem hulle jou: Die stad wat verstoot is, Sion vir wie niemand omgee nie. (Jer.30:17)

Page 95: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

95

As jy goed luister na hierdie bepalings en hulle gehoorsaam en daarvolgens lewe, sal die Here jou God sy verbond nakom en sy troue liefde aan jou betoon soos Hy aan jou voorvaders met ’n eed beloof het. Die Here sal elke soort siekte van jou af weghou. Nie een van Egipte se dodelike siektes wat jy maar alte goed ken, sal Hy jou laat tref nie. Hy sal dit jou vyande laat tref. (Deut.7:12,15) Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag of vir aanvalle oordag, vir pes wat in die donker toeslaan of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie. Al val daar duisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie. Met jou eie oë sal jy sien hoe die goddelose gestraf word. Omdat jy die Here as skuilplek geneem het, die Allerhoogste as jou beskermer, sal geen onheil jou tref en geen plaag naby jou woonplek kom nie. (Ps.91:5-10) Liewe Gaius, ek hoop dat jy gesond is en dat dit in alle opsigte so goed gaan met jou as wat dit geestelik met jou gaan. (3 Joh.2) Ek sal hom heeltemal gesond maak en sy inwoners genees; Ek sal vir hulle ’n sterk veilige vesting bou. (Jer.33:6) Moses het die Here aangeroep, en die Here het hom ’n stuk hout gewys. Hy het dit toe in die water gegooi, en die water het soet geword. Daar het die Here die volk op die proef gestel en daar het Hy vir hulle ’n vaste reël neergelê. Hy het gesê: “Julle moet goed luister na wat Ek, die Here julle God, sê! Julle moet doen wat reg is in my oë, gehoor gee aan my gebooie en alles doen wat Ek vir julle voorskryf. Dan sal Ek geeneen van die siektes waarmee Ek Egipte getref het, oor julle bring nie, want dit is Ek, die Here, wat julle gesond hou.” (Eks.15:25-26) Dit is Hy wat al my sonde vergewe, wat al my siekte genees. (Ps.103:3) Elia sal vaders en kinders met mekaar versoen sodat Ek nie hoef te kom en die land heeltemal vernietig nie. (Mal.4:2) Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees. (1 Pet.2:24) As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid. As daar iemand is wat opgeruimd is, moet hy lofliedere sing. As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here. Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan

word. Die gebed van ’n gelowige het ’n kragtige uitwerking. (Jak.5:13-14,16) Toe dit aand word, het hulle baie wat in die mag van bose geeste was, vir Hom gebring. Hy het die geeste met ’n woord uitgedryf en al die siekes gesond gemaak. So is vervul wat deur die profeet Jesaja gesê is: “Hy het ons lyding op Hom geneem, ons siektes het Hy gedra.” (Matt.8:16-

17) Gesinne

Hy seën die woning van dié wat aan Hom getrou is. (Spr.3:33) Goddeloses val en dit is klaar met hulle; die nageslag van die regverdiges bestaan voort. (Spr.12:7) Julle moet al die gebooie wat ek julle gegee het, gehoorsaam en dan sal dit vir altyd goed gaan met julle en julle nageslag, want dan doen julle wat goed en reg is in die oë van die Here julle God. (Deut.12:28) Al jou inwoners sal leerlinge van die Here wees, en hulle sal altyd vrede geniet. (Jes.54:13) Prys die Here! Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien, wat al sy vreugde vind in die gebooie van die Here. Sy nageslag is ’n sterk krag in die land, die geslag van die opregte word geseën: daar is oorvloed en rykdom in sy huis. Wat hy doen, is reg en blywend. (Ps.112:1-3) Gee leiding aan ’n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie. (Spr.22:6) Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien en sy wil doen. Jou vrou is in jou huis soos ’n vrugbare wingerdstok, jou seuns is rondom jou tafel soos jong olyfboompies! (Ps.128:1,3) Gehoorsaam sy voorskrifte en sy gebooie wat ek julle vandag beveel, sodat dit goed kan gaan met julle en julle nageslag en julle lank kan woon in die land wat die Here julle God vir altyd aan julle wil gee” (Deut.4:40) “Eer jou vader en jou moeder” is ’n baie belangrike gebod. En daar is nog ’n belofte by: sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde” (Ef.6:2-3) Heilige Gees As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie gawes te gee - die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra. (Luk.11:13) Ek sal volop water gee op die dorsland, strome op die droë grond. Ek sal my Gees uitgiet op jou

Page 96: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

kinders, my seën op jou nakomelinge. (Jes.44:3) Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ’n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. (Joh.14:16-17) Tog sê Ek vir julle die waarheid: Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal die Voorspraak, die Heilige Gees, nie na julle toe kom nie; maar as Ek gaan, sal Ek Hom na julle toe stuur. (Joh.16:7) Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld. (Hand.1:8) Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe, en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep” (Hand.2:38-39) En omdat ons sy kinders is, het God die Gees van sy Seun in ons harte gestuur, en in ons roep Hy uit: “Abba!” Dit beteken: Vader! (Gal.4:6) Daardeur kan ook hulle wat nie Jode is nie, deur Christus Jesus deel kry aan die seën wat God aan Abraham toegesê het. So het ons dan deur die geloof die Gees ontvang wat God beloof het. (Gal.3:14) Hiéraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons: Hy het ons sy Gees gegee. (1 Joh.4:13) Ek doop julle wel met water omdat julle julle bekeer het, maar Hy wat ná my kom, is my meerdere, en ek is nie eers werd om sy skoene uit te trek nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop. (Matt.3:11) Ek sal my Gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens my voorskrifte leef en my bepalings gehoorsaam en nakom. (Eseg.36:27) Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël. (Ef.1:13) Hemel En ek het die heilige stad, die nuwe Jerusalem,

van God af uit die hemel uit sien afkom. Die stad was gereed soos 'n bruid wat vir haar man versier is. Toe het ek ‘n harde stem van die troon af hoor sê: "Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly en hulle sal sy volke wees, en God sal self by hulle wees as hulle God." (Open. 21:2-3) op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. 5 En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word. (1

Pet.1:4-5) Daarom, broers, moet julle julle des te meer daarvoor beywer om deur julle lewe te bewys dat God julle geroep en verkies het. As julle hierdie dinge doen, sal julle nooit struikel nie. En dan sal daar vir julle vrye en feestelike toegang wees tot die ewige koninkryk van ons Here en Verlosser, Jesus Christus. (2 Pet.1:10-11) Maar ons leef in die verwagting van ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde wat God belowe het en waar die wil van God sal heers. (2 Pet.3:13) Jesus antwoord hom: “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.” (Luk.23:43) Hoop (van die Christen) Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees. (Rom.15:4) God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid. (Kol.1:27) Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons ’n lewende hoop. (1 Pet.1:3) Die twee onveranderlike dinge, die belofte en die eed, waarborg dat God sy woord gestand sal doen, en is vir ons wat ons toevlug tot Hom geneem het, ’n kragtige aansporing om vas te hou aan die hoop op wat vir ons weggelê is. Hierdie hoop besit ons as ’n veilige en onbeweeglike lewensanker, wat agter die voorhangsel vas is. (Heb.6:18-19) Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou

Page 97: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

97

vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God. (Rom.5:2) Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees! (Rom.15:13) Krag (Geestelike krag en krag vir diens aan

God)

Hy gee die vermoeides krag en versterk die wat nie meer kan nie (Jes.40:29) Die Here gee krag aan sy volk; die Here seën sy volk met oorvloed. (Ps.29:11) Vertrou altyd op die Here, want die Here God is ’n veilige toevlug. (Jes.26:4) Nehemia die goewerneur, die skrifgeleerde priester Esra en die Leviete wat die gemeente onderrig het, het vir die hele gemeente gesê: “Hierdie dag word gewy aan die Here julle God. Moenie treurig wees nie, moenie huil nie.” Dit was omdat die hele gemeente gehuil het by die aanhoor van die wet. (Neh.8:10) Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. (Ef.6:10) Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. (Fil.4:13) Die Here sal jou altyd deur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos ’n tuin met volop water, soos ’n fontein waarvan die water nie opdroog nie. (Jes.58:11) Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige." (Sag.4:6) Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld. (Hand.1:8) Maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie. (Jes.40:31) Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan. (Ef.6:13) Want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer. (Fil.2:13) Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word. (Ef.3:16) Mag God deur sy wonderbare krag julle alle

sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard. (Kol.1:11) Leiding (Die Here wil aan ons leiding gee)

Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou 'n stem hoor sê: Hier is die pad, loop hierlangs. (Jes.30:21) Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. (Ps.23:1,3) Vlieg ek na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste, ook daar lei u hand my, hou u regterhand my vas. (Ps.139:9-10) Lewe (nuwe lewe)

Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. (2 Kor.5:17) ’n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. (Joh.10:10) Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees. (1 Pet.2:24) En nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê. (Gal.2:20) Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so ’n nuwe lewe kan lei. (Rom.6:4) Iemand wat ’n kind van God is, doen nie meer sonde nie, omdat die Gees van God in hom bly; en hy kan nie meer sondig nie, omdat hy uit God gebore is. (1 Joh.3:9) Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is. (2 Kor.3:18) Ek sal julle ’n nuwe hart en ’n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle ’n hart van vleis gee. (Eseg.36:26)

Page 98: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

Liefde van God Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin, dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. (Rom.5:8) Van ver af het die Here Hom aan Israel bekend gemaak: Ek het jou nog altyd liefgehad, daarom het Ek jou met geduld verdra. (Jer.31:3) Berge kan padgee, heuwels kan wankel, maar my liefde vir jou sal nooit verdwyn nie, my vredeverbond met jou sal nooit wankel nie, sê die Here, wat jou liefhet. (Jes.54:10) Híerin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê. Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes. (1 Joh.4:9-10) Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly. (Joh.15:9) Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook. En die wêreld ken ons nie, omdat dit Hom nie ken nie. (1 Joh.3:1) Lyding, swaarkry en aanvalle van mense Maar die regverdiges word deur die Here gered. Hy is hulle toevlug in nood. Die Here help hulle en Hy bevry hulle, Hy bevry hulle van die slegte mense en red hulle, want hulle skuil by Hom. (Ps.37:39-40) Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet. (Jak.1:12) Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding. (Rom.5:3) Op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word. Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle ’n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets

word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus. (1 Pet.1:4-7) Ek sal jou red uit die mag van slegte mense, jou bevry van dié wat op geweld uit is. (Jer.15:21) Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees? As misdadigers op my afstorm om my dood te maak, my teëstanders en my vyande, dan is dit juis húlle wat struikel en val. (Ps.27:1-2) Moenie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie. Inteendeel, antwoord met ’n seënwens, want daartoe is julle geroep, sodat julle die seën van God kan verkry. (1 Pet.3:9) Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees? (Rom.8:31) Maar Moses het die volk geantwoord: “Moenie bang wees nie. Staan vas, kyk hoe die Here julle vandag gaan red, want soos julle die Egiptenaars nou daar sien, sal julle hulle nooit weer sien nie. Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg.” (Eks.14:13-14) Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg. (Matt.5:10-12) Maar nog voordat dit alles gebeur, sal hulle julle gevange neem en vervolg. Hulle sal julle oorlewer vir verhoor in die sinagoges en vir opsluiting in gevangenisse; hulle sal julle voor konings en goewerneurs bring ter wille van my Naam. Dit sal vir julle ’n geleentheid wees om van My te getuig. Stel julle dus daarop in om julle nie vooraf oor julle verdediging te kwel nie, want Ek sal vir julle die woorde en die wysheid gee wat deur geeneen van julle teenstanders teengespreek of weerlê kan word nie. (Luk.21:12-

15) Moenie bang wees vir wat julle alles gaan ly nie. Kyk, die duiwel gaan party van julle in die tronk laat gooi, sodat julle in beproewing sal kom, en julle sal tien dae lank baie swaar kry. Bly getrou tot die dood toe, en Ek sal julle die lewe as kroon gee. (Open.2:10) Mislukking, neerlaag en hulpeloosheid Julle moenie ontsteld wees nie. Glo in God, glo ook in My. (Joh.14:1)

Page 99: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

99

Die Gees van die Here my God het oor my gekom; die Here het my gesalf om ’n blye boodskap te bring aan die mense in nood, Hy het my gestuur om dié wat moedeloos is, op te beur, om vir die gevangenes vrylating aan te kondig, vryheid vir dié wat opgesluit is, om aan te kondig dat die tyd gekom het waarop die Here genade betoon, die dag waarop ons God sy vyande straf maar almal wat treur, vertroos, die dag waarop Hy vir dié in Sion wat treur, eer gee in plaas van smart, vreugde in plaas van droefheid, blydskap in plaas van hartseer. Hulle sal genoem word: Bome van Redding. Die Here het hulle geplant om sy roem te vermeerder. (Jes.61:1-3) Hy genees die gebrokenes van hart en verbind hulle wonde. (Ps.147:3) Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. (Rom.8:28) Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ek help jou. (Jes.41:13) Sy antwoord was: "My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is." Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. (2 Kor.12:9) Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. (Rom.8:26) Daarom kan ons met vertroue sê: “Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan ’n mens aan my doen?” (Heb.13:6) Julle behoort aan God, liewe kinders, en het die vals profete klaar oorwin omdat Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is. (1

Joh.4:4) Onderrig (Die Here sal ons onderrig) Die Here is goed en regverdig: Hy wys selfs vir sondaars die pad aan, Hy laat aan hulpeloses reg geskied, en Hy leer hulle sy pad. (Ps.25:8-9) As iemand die Here dien, leer Hy hom watter pad hy moet kies, sodat hy voorspoed sal geniet en sy nageslag die land sal bly bewoon. Die Here neem dié wat Hom dien, in sy vertroue en maak sy verbond aan hulle bekend. (Ps.25:12-14) Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou. (Ps.32:8) Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ’n

regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk. (2

Tim.3:16-17) Om die Here te dien, is om onderrig te word in wysheid; nederigheid kom voor eer. (Spr.15:33) Regverdigmaking Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees. (2 Kor.5:21) Omdat Christus in julle is, gee die Gees aan julle die lewe op grond van God se vryspraak, hoewel die liggaam vir die dood bestem is as gevolg van die sonde. (Rom.8:10) Aan God is dit te danke dat julle met Christus Jesus verenig is. Hy het vir ons geword die wysheid wat van God kom: die vryspraak, die heiliging en die verlossing. (1 Kor.1:30) Maar nou het die vryspraak deur God waarvan die wet en die profete getuig, in werking getree. Dit is die vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onderhou nie, maar deur in Jesus Christus te glo. God gee dit sonder onderskeid aan almal wat glo. (Rom.3:21-22) 'n Arbeider se loon word nie vir hom as ’n guns gegee nie, maar as iets wat hom toekom. Maar die mens wat nie op wetsonderhouding staatmaak nie, maar wat glo in Hom wat die goddelose vryspreek, hy kry die vryspraak deur sy geloof. (Rom.4:4-5) Deur die oortreding van die een mens het die dood begin heerskappy voer deur hierdie een mens, maar deur die Een, Jesus Christus, is veel meer bereik: dié wat die oorvloed van genade en die vryspraak as gawe ontvang het, sal lewe en heerskappy voer. (Rom.5:17) Stryd teen die Bose

Die Here is getrou: Hy sal julle versterk en van die Bose bewaar. (2 Tess.3:3) Die Here sal my red van elke onheil en my behoue in sy hemelse koninkryk bring. Aan Hom kom die eer toe tot in alle ewigheid! Amen. (2

Tim.4:18) Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. (Kol.1:13) Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem. Hy het elke mag en

Page 100: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer. (Kol.2:15) Ons weet dat iemand wat uit God gebore is, nie meer sondig nie, maar die Seun van God bewaar hom, en die duiwel kry geen houvas op hom nie. (1 Joh.5:18) Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here. (Rom.8:38-39) Omdat jy die Here as skuilplek geneem het, die Allerhoogste as jou beskermer, sal geen onheil jou tref en geen plaag naby jou woonplek kom nie. Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan. Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen ’n klip sal stamp nie. Jy sal oor leeus en adders loop, leeus en slange sal jy dood trap. (Ps.91:9-13) Aangesien hierdie kinders mense van vlees en bloed is, het Hy ook net soos hulle mens geword. Dit het Hy gedoen om deur sy dood dié een wat mag het oor die dood, dit is die duiwel, te vernietig en om hulle wat uit vrees vir die dood hulle hele lewe lank in slawerny was, te bevry. (Heb.2:14-15)

Teenwoordigheid van God En onthou: Ek is by julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. (Matt.28:20) Moenie bang wees nie, Ek is by jou. Ek bring jou kinders van die ooste af, Ek maak hulle bymekaar van die weste af. (Jes.43:5) Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars. (Jak.4:8) As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer. Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ’n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees. (Joh.14:15-16) Want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle. (Matt.18:20) Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In U hande is ek veilig. (Ps.23:4) Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: "Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie." (Heb.13.5) Veiligheid en beskerming

Die Naam van die Here is 'n sterk vesting; die regverdige vind daar skuiling. (Spr.18:10) Hy beskerm sy troue dienaars op hulle pad, maar die goddeloses word stil gemaak in die duisternis van die graf. ’n Mens oorwin nie deur eie krag nie! (1 Sam.2:9) Dié wat op die Here vertrou, is soos Sionsberg wat nie wankel nie en altyd vas bly staan. Soos die berge Jerusalem aan alle kante beskerm, so beskerm die Here sy volk, nou en vir altyd. (Ps.125:1-2) Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou en jou bewaar van dodelike siekte. Hy beskut jou onder sy vleuels en is vir jou ’n veilige skuilplek. Sy trou beskerm jou aan alle kante. (Ps.91:3-4) Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan. Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen ’n klip sal stamp nie. (Ps.91:11-12) Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses. Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal. (Ps.34:19-20) Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie; Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie. Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie. Die Here beskerm jou, die Here bewaar jou van alle gevare. Bedags sal die son jou nie steek nie en snags sal die maan jou nie kwaad doen nie. Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar, jou lewe sal Hy beskerm. Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan, nou en vir altyd. (Ps.121:1-8) As jy vir mense bang is, kan jy in ’n strik beland, maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig. (Spr.29:25) Vergifnis

Maar as ons ons sondes bely -Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. (1 Joh.1:9) Dit gaan goed met die mens wie se oortredings nie gestraf word nie, wie se sonde vergewe word. Dit gaan goed met die mens vir wie die Here die oortreding nie toereken nie en in wie se gees daar geen valsheid is nie. (Ps.32:1-2) En tog is dit Ek wat jou opstandigheid vergewe. Ek is getrou aan Myself, Ek dink nie meer aan jou sondes nie. (Jes.43:25) So ver as die ooste van die weste af is, so ver

Page 101: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

101

verwyder Hy ons oortredinge van ons af. (Ps.103:12) Ek skrywe vir julle, liewe kinders, omdat julle sondes vergewe is in die Naam van Jesus. (1 Joh.2:12) Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God. (Ef.1:7) Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry. (Rom.8:33) Verlossing

God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. (Joh.3:17) As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. 10 Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered. (Rom.10:9-

10) Want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. (Rom.10:13) Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ’n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie. (Ef.2:8-9) So is dit goed en aanneemlik vir God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. (1 Tim.2:3-

4) Die twee onveranderlike dinge, die belofte en die eed, waarborg dat God sy woord gestand sal doen, en is vir ons wat ons toevlug tot Hom geneem het, ’n kragtige aansporing om vas te hou aan die hoop op wat vir ons weggelê is. (Heb.6:18) Vertroosting Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word. (Matt.5:4) Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons weer ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig. (2 Kor.1:3-4) Die Here het julle lief, en God het julle uitverkies om van die eerstes te wees wat gered word. Julle

is gered deurdat die Gees julle vir Hom afgesonder het en deurdat julle die waarheid glo. Hy het julle hiertoe geroep deur die evangelie wat ons aan julle verkondig het, sodat julle deel kan kry aan die heerlikheid van ons Here Jesus Christus. Wees dan standvastig, broers, en hou vas aan die leer wat ons aan julle oorgedra het, of dit deur ons prediking of deur ’n brief was. En mag julle in al die goeie wat julle in woord en daad doen, bemoedig en gesterk word deur ons Here Jesus Christus en God ons Vader. Hy het aan ons sy liefde bewys en aan ons deur sy genade ’n blywende troos en goeie hoop gegee. (2 Tess.2:16-17) Jubel, hemel! Juig, aarde! Sing vrolik, berge! Die Here het vir sy volk uitkoms gegee, Hy het Hom ontferm oor sy volk wat in nood was. (Jes.49:13) Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe. (Joh.14:18) Versoekings en demoniese aanvalle Geen versoeking wat meer is as wat 'n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan. (1

Kor.10:13) En tog het Hy vir Lot gered, ’n eerbare man wat gebuk moes gaan onder die losbandige lewenswyse van sedelose mense. Terwyl hy tussen hulle gewoon het, moes hierdie eerbare man dag vir dag soveel van hulle gruweldade aanskou en sulke dinge aanhoor dat dit ’n foltering was vir sy opregte gemoed. Die Here weet dus om dié wat Hom dien, uit beproewing te red, maar om die goddeloses te straf en vir die oordeelsdag gevange te hou. (2 Pet.2:7-9) Terwyl ons dan nou ’n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely. Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word. (Heb.4:14-16) En bly weg van alles wat sleg is. Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom! Hy

Page 102: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

sal dit ook doen, want Hy wat julle roep, is getrou. (1 Tess.5:22-24) Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug. (Jak.4:7) Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus, wat Homself vir ons sondes gegee het om ons te verlos uit hierdie goddelose wêreld en so die wil van God ons Vader te volbring. (Gal.1:3-4) God wat vrede gee, sal die Satan spoedig onder julle voete verpletter. Die genade van ons Here Jesus is by julle! (Rom.16:20) Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin. (Joh.16:33) Julle behoort aan God, liewe kinders, en het die vals profete klaar oorwin omdat Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is. (1

Joh.4:4) Vertrou (ons kan God vertrou) Moenie bang wees dat 'n ramp jou skielik sal oorval, dat die storm wat vir slegte mense bedoel is, jou sal tref nie, want die Here sal jou beskerm, Hy sal sorg dat jy nie in 'n strik beland nie. (Spr.3:25-26) Wie die Here dien, het daarin ’n veilige toevlug, en ook sy kinders vind daar skuiling. (Spr.14:26) So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê. Maar dit wou julle nie. (Jes.30:15) Geliefdes, as ons gewete ons nie veroordeel nie, het ons vrymoedigheid om na God te gaan; en wat ons vra, kry ons van Hom omdat ons sy gebooie gehoorsaam en doen wat Hy goedvind. (1 Joh.3:21-22) En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra. (1

Joh.5:14-15) Voorspoed (Die Here sal ons pad voorspoedig

maak) Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelyk maak. (Spr.3:5-6, OV) Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê. Oordink dit dag en nag en sorg dat jy

alles uitvoer wat daarin geskryf staan. Dan sal jy slaag in wat jy moet doen, jy sal voorspoedig wees. (Jos.1:8) Josafat-hulle is die volgende môre vroeg uit na die Tekoawoestyn toe. Terwyl die manne vertrek, het Josafat daar gestaan en hulle toegespreek: “Luister na my, Juda en inwoners van Jerusalem! Stel julle vertroue in die Here julle God, en julle sal vas staan. Stel julle vertroue in sy profete, en dit sal goed gaan met julle.” (2 Kron.20:20) Laat wat jy doen, aan die Here oor, dan sal jou voornemens geluk. (Spr.16:3) Die groot vertrek het hy met sipreshout uitgevoer, met egte goud oorgetrek en daarop palms en kettings laat uitsny. (2 Kor.3:5b) Mag die Here jou tog net verstand en insig gee en die nodige opdragte in verband met Israel, dat jy die wet van die Here jou God kan nakom. Jy sal voorspoed hê net as jy sorg dra dat die voorskrifte en bepalings wat die Here vir Moses in verband met Israel gegee het, nagekom word. Wees sterk en staan vas. Moenie bang wees nie en moenie besorg wees nie. (1 Kron.22:12-13) Vrede van God Oor ons oortredinge is Hy deurboor, oor ons sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede moes bring, was op hom, deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. (Jes.53:5) Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie. (Joh.14:27) God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. (Rom.5:1) En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. (Fil.4:7) Die doel was dat, soos die sonde deur die dood heerskappy gevoer het, die genade deur die vryspraak ook heerskappy kan voer en tot die ewige lewe kan lei deur Jesus Christus ons Here. (Rom.5:22) Vrees en twyfel Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God, Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou. (Jes.41:10) Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir

Page 103: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

103

jou: Moenie bang wees nie, Ek help jou. (Jes.41:13) Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. (Jes.43:1) Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. (2 Tim.1:7) Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie. Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.” (Luk.12:6-7) Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie. (1 Joh.4:18) Hy was ook ten volle daarvan oortuig dat God mag het om te doen wat Hy beloof het (Rom.4:21) Vir slegte tyding is hy nie bevrees nie, hy is gerus, hy vertrou op die Here. (Ps.112:7) Dan sal jy roep, en die Here sal antwoord, jy sal om hulp roep, en Hy sal sê: Hier is Ek! As jy sorg dat mense nie meer by jou verdruk word nie, nie meer gedreig en vals beskuldig word nie. (Jes.58:9) Vryheid En julle sal die waarheid ken en die waarheid sal julle vry maak... as die Seun julle vry maak sal julle waarlik vry wees. (Joh.8:32,36) Die sonde moet nie meer baas wees oor julle nie, want julle staan nie onder die wet van Moses nie, maar onder die genade. (Rom.6:14) Maar nou—julle is vrygemaak van die sonde en in diens van God gestel en die vrug daarvan is dat julle geheilig word, en die uiteinde is die ewige lewe. (Rom.6:22) Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood. (1

Rom.8:1-2) "Die Here" beteken hier "die Gees", en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid. (2 Kor.3:17) Daarom, broers, moet julle goed weet dat wat aan julle verkondig word, die vergewing van sondes deur Hóm is, en dat elkeen wat glo, deur Hom vrygespreek word van alle sondes. Die wet van Moses kon julle nie vryspreek nie. (Hand.13:38)

Woord (Die Woord van God) Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk. (2

Tim.3:16-17) Maar die woord van die Here, dít bly vir ewig.” En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is. (1 Pet.1:25) Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik. (Jes.40:8) Maar Hy antwoord: "Daar staan geskrywe: ’n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.” (Matt.4:4) Wat nie geopenbaar is nie, is bekend aan die Here ons God, maar wat geopenbaar is, is vir altyd bekend aan ons en ons nageslag: ons moet lewe volgens al die woorde van hierdie wet. (Deut.29:29) Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê. Oordink dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan. Dan sal jy slaag in wat jy moet doen, jy sal voorspoedig wees. (Jos.1:8) So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het. (Jes.55:11) Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. (Heb.4:12) Waarheid Wanneer die Voorspraak kom wat Ek vir julle van die Vader af sal stuur, die Gees van die waarheid, wat van die Vader uitgaan, sal Hy oor My getuig. (Joh.15:26) Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: "As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak. (Joh.8:31-32) En dit sal hulle doen, omdat hulle die Vader nie

Page 104: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

ken nie en My ook nie. (Joh.16:3) Uit die lig kom alles voort wat goed en reg en waar is. (Ef.5:9) Wederkoms van Jesus In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. (Joh.14:2-3) Julle het gehoor dat ek vir julle gesê het: Ek gaan weg, maar ek kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly gewees het dat Ek na die Vader toe gaan, omdat die Vader groter as Ek is. (Joh.14:28) Dié sê toe vir hulle: “Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.” (Hand.1:11) Wanneer die bevel gegee word en die stem van die aartsengel en die trompet van God weerklink, sal die Here self uit die hemel neerdaal. Allereers sal dié wat in Christus gesterf het, uit die dood opstaan; daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet. En so sal ons altyd by die Here wees. (1 Tess.4:16-17) Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel. (Kol.3:4) So is Christus ook net een maal geoffer om die sondes van baie weg te neem. As Hy die tweede

keer verskyn, kom Hy nie in verband met sonde nie, maar om verlossing te bring vir dié wat Hom verwag. (Heb.9:28) Kyk, Hy kom met die wolke, en al die mense sal Hom sien, ook hulle wat Hom deurboor het; en al die volke van die aarde sal oor Hom in selfverwyt weeklaag. Ja, dit is seker! (Open.1:7) Wysheid Vir die mens met wie se lewe God tevrede is, gee Hy wysheid, kennis en blydskap. (Pred.2:26) Dit is die Here wat die wysheid gee, uit sy mond kom die kennis en die insig. Hy laat eerlike mense sukses behaal en Hy beskerm dié wat onberispelik lewe. (Spr.2:6-7) Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig. (Spr.9:10) By God is wysheid en krag, by Hom is raad en insig. (Job 12:13) Daniël het gesê: “Mag die Naam van God altyd geprys word, Hy aan wie die wysheid en die mag behoort, Hy wat tye en omstandighede verander, wat konings afsit en konings aanstel, wat aan die wyse manne die wysheid gee en die verstand aan dié wat insig het, wat ondeurgrondelike en verborge dinge openbaar en wat weet wat in die duisternis is; by Hom is die lig. (Dan.2:20-22) Aan God is dit te danke dat julle met Christus Jesus verenig is. Hy het vir ons geword die wysheid wat van God kom: die vryspraak, die heiliging en die verlossing. (1 Kor.1:30) As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. (Jak.1:5)

Page 105: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

105

Bid die Woord in tye van demoniese aanvalle en geestelike stryd

God van Abraham, Isak en Jakob, U beloof dat die nageslag van Isak grootliks sal vermeerder, dat hulle sal vermeerder tot duisende van tienduisende en dat ons die geestelike nageslag van Abraham, die poorte van ons vyande in besit sal neem, dat ons die stede van ons vyande sal verower. (Gen.24:60) Magtige God van Israel, maak my soos Josef, 'n boom wat vrugte dra, 'n vrugteboom by 'n fontein waarvan die takke oor die omheining groei. Laat die wat met pyl en boog skiet, dié wat my aanval - en Here U weet hulle is baie - laat hulle boog elke keer misluk, laat hulle sterk arms bewe. Magtige God, gryp in asseblief, Rots van Israel, beskerm my (Gen.49:22-24) Toe sê God vir Moses: “Ek is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Ek is’ het my na julle toe gestuur.” (Eks.3:14) Toe het Moses en die Israeliete die volgende lied tot eer van die Here gesing: “Ek wil tot eer van die Here sing omdat Hy hoog verhewe is. Perd en strydwa het Hy in die see geslinger. Die Here is my krag en my beskerming. Hy het tot my redding gekom. Hy is my God, Hom roem ek, die God van my voorvaders, Hom prys ek. Die Here is oorwinnaar in die stryd, sy Naam is ‘die Here’! (Eks.15:1-3) “Ek, die Here, stuur ’n engel voor jou uit om jou op die pad te beskerm en jou na die plek toe te bring wat Ek vir jou reg gemaak het. Gee ag op die engel en luister na hom; moet jou nie teen hom verset nie. Hy sal jou nie vergewe as jy teen hom in opstand kom nie, want Ek het aan hom my volmag gegee. As jy goed ag gee op hom en alles doen wat Ek sê, sal Ek die vyand van jou vyande wees en die teëstander van jou teëstanders. “My engel sal voor jou uitgaan en jou bring by die Amoriete, Hetiete, Feresiete, Kanaäniete, Hewiete en Jebusiete, en dan sal Ek hulle uitwis. Jy mag nie hulle gode aanbid of dien nie. Jy mag nie daardie nasies se gewoontes oorneem nie. Jy moet hulle klippilare afbreek en stukkend slaan. Jy moet die Here jou God dien. Dan sal Hy jou met kos en water seën en siekte van jou af weghou. Daar sal geen miskraam en onvrugbaarheid in jou land wees nie. Ek sal jou met ’n lang lewe seën. Ek sal die skrik vir My voor jou uit stuur en Ek sal alle volke met wie jy in aanraking kom, in verwarring bring. Ek sal al jou vyande laat vlug. (Eks.23:20-27)

Here, U is my rots, my skuilplek en my redder, my

God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk

verlosser, my veilige vesting. Onder bespotting roep ek na U Here, want dan word ek van my vyande verlos. Bande van die dood het my omsluit, strome van onheil het my verskrik. Bande van die doderyk het my vasgetrek, strikke van die dood het my bedreig. In my nood roep ek na U, ja, ek roep om hulp na my God. In U paleis hoor U my geroep. Ek roep na U om hulp, en U luister na my. (Ps.18:3-7) My Vader, buig uit die hemel af na ons toe, kom op die vleuels van die wind en kom help ons. David leer vir ons: Uit die gloed voor Hom het wolke getrek, hael en weerligstrale. Die Here het dit uit die hemel laat dreun, die Allerhoogste het sy stem laat hoor in hael en weerligstrale. Hy het sy pyle afgeskiet en die vyand uitmekaar gejaag, hulle met ’n menigte weerligstrale op loop gejaag. Die seebodem het sigbaar geword, die fondamente van die aarde is blootgelê deurdat U, Here, op hulle gebulder het met die orkaan van u toorn. Strek U hand van bo af uit en gryp my en lig my uit hierdie geweldige waters uit. U red my van vyande wat sterk is, van my haters wat vir my te magtig was. (Ps.18:10-18) Met U hulp loop ek 'n oormag storm, met my God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie. (Ps.18:30) Soewereine God wat U doen, is volmaak; wat U sê, is suiwer. Elkeen wat by U skuiling soek, beskerm U. Waarlik, wie anders as die Here is God? Ja, wie anders as ons God is 'n rots? Here God, omgord my met krag, maak my pad voorspoedig. U maak my voete soos dié van ’n ribbok; op hoë plekke laat U my stewig staan. U Here leer my hande om oorlog te maak, my arms om selfs die stramste boog te span. Die redding wat U bring, is vir my 'n beskerming, U regterhand ondersteun my, deur U hulp word ek sterk. Gee vir my ruim vastrapplek dat my enkels nie swik nie. (Ps.18:31-37) Here van die Leërskare, U omgord my met krag vir die stryd, U laat my teenstanders voor my swig. (Ps.18:40) Dit is U o God wat my die oorwinning gee, wat volke aan my onderwerp. U red my van my vyande, U stel my buite bereik van my teëstanders, U bevry my van geweldenaars. Daarvoor sal ek U loof voor die nasies, Here, tot

Page 106: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

eer van u Naam ’n lofpsalm sing! (Ps.18:48-50) El Shaddai, U is die magtige Koning! U is sterk en geweldig, die Here, oorwinnaar in elke stryd. (Ps.24:8) Tot U, Here, rig ek my, my God, op U vertrou ek. Laat my vertroue tog nie tevergeefs wees nie, laat my vyande nie juig oor wat met my gebeur nie. Niemand wat sy verwagting in U stel, sal beskaam word nie. Dié wat nie op U vertrou nie, hulle kom in die skande. (Ps.25:1-3) Kyk hoe baie vyande het ek en hoe fel haat hulle my. Beskerm my en red my, laat my nie beskaamd staan nie, want by U skuil ek. Laat onskuld en opregtheid oor my die wag hou, want op U vertrou ek. O God, red Israel uit al sy nood. (Ps.25:19-22) Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees? 2 As misdadigers op my afstorm om my dood te maak, my teëstanders en my vyande, dan is dit juis húlle wat struikel en val. 3 Al sou ’n leër teen my stelling inneem, sal ek nie bang word nie. Selfs al sou die aanval op my begin, sal ek nog steeds vertroue hê. 4 Net een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek najaag: dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon om sy goedheid te belewe en daaroor na te dink in sy tempel. 5 Op die dag van gevaar sal die Here my wegsteek in sy huis, my veilig laat skuil in sy woonplek, my hoog op ’n rots laat staan; 6 ek sal in sy woonplek onder trompetgeklank my offers bring, ek sal ’n lied sing, ek sal sing tot die eer van die Here terwyl ek neerkyk op die vyande rondom my. (Ps.27:1-6) 2 By U, Here, skuil ek. Laat my tog nooit teleurgestel staan nie! Bevry my, want U is getrou. 3 Luister na my, red my tog gou. Wees vir my ’n rots om na toe te vlug, ’n bergvesting om my te red. 4 Ja, U is my rots en my bergvesting, ter wille van u Naam sal U my voorgaan en my lei. 5 Bevry my uit die vangnet wat hulle vir my gestel het, want U is my toevlug. 6 In u hande gee ek my lewe oor, want, Here, troue God, U het my vrygemaak. (Ps.31:2-6) 8 Ek wil jubel en juig oor u troue liefde: U was nie onverskillig teenoor my ellende nie; U het die bedreiging van my lewe raakgesien 9 en my nie aan die mag van die vyand oorgelewer nie; U het my ’n veilige staanplek gegee. (Ps.31:8-9) 14 Ek hoor dreigemente van baie; dit dreig van alle kante af. Baie span teen my saam en smee planne om my lewe te neem. 15 Maar ek vertrou op U, Here, ek sê: U is my God. 16 My tye is in u hand. Red my uit die hande van my vyande en

vervolgers! 17 Verskyn tog tot my redding, red my deur u onfeilbare liefde. 18 Here, laat my nie teleurgestel staan in my verwagting as ek U aanroep nie. Laat die goddelose teleurgestel staan in hulle verwagting, laat hulle die stilte van die doderyk ingaan. 19 Bring die leuenaars tot swye, dié wat vol is van hulleself en in hoogmoed en veragting teen die regverdige praat. (Ps.31:14-17) 6 Dit is waarom elke gelowige in ’n tyd van nood tot U bid; selfs vloedwaters sal hom nie skielik oorval nie. 7 U is vir my ’n skuilplek, U beskerm my teen aanvalle, U laat my oorwinningsliedere sing. Sela. (Ps.32:6-7) 1 Behartig my saak teen dié wat my aankla, Here, tree op teen my vyande, 2 gryp die skilde en kom help my. 3 Vat die spies en keer my vervolgers. Laat ek U hoor sê: “Ek red jou!” 4 Laat hulle wat my lewe soek, die slegste daarvan afkom en beskaamd staan. Laat hulle wat my ondergang soek, op die vlug slaan, teleurgestel in hulle verwagting. 5 Laat die Engel van die Here hulle jaag soos kaf voor die wind. (Ps.35:1-5) My hele wese sê: “Here, wie is soos U wat die swakke bevry van dié wat sterker is, die swakke en die arme van dié wat hom beroof?” (Ps.35:10) 21 Hulle rek hulle monde teen my oop en sê: “Ja, ons het dit self gesien.” 22 Maar U het gesien dit is nie so nie, Here. Moet tog nie swyg nie. Moenie ver van my af bly nie, Here. 23 Tree tog vir my in, my God. Doen tog iets aan my saak, Here. 24 U is regverdig, Here my God, laat reg aan my geskied, sodat hulle hulle nie in my leed verlustig nie. 25 Moenie dat hulle vir hulleself sê: “Dis mos wat ons wou gehad het” nie. Moenie dat hulle sê: “Ons het hom vernietig” nie. (Ps.35:21-25)

32 Die goddelose lê die regverdige voor en soek ’n kans om hom dood te maak, 33 maar die Here los hom nie in die mag van die goddelose nie en laat nie toe dat hy veroordeel word as hy voor die regbank staan nie. 34 Vertrou op die Here en bly op sy weë; Hy sal jou weer laat opstaan om die land te besit, en jy sal die ondergang van die goddeloses aanskou. (Ps.37:32-34) 39 Maar die regverdiges word deur die Here gered. Hy is hulle toevlug in tyd van nood. 40 Die Here help hulle en Hy bevry hulle, Hy bevry hulle van die slegte mense en red hulle, want hulle skuil by Hom. (Ps.37:39-40) 2 Dit gaan goed met die mens wat omsien na die swakke. Die Here sal hom red op die dag van nood, 3 die Here sal hom beskerm en in die lewe hou; die hele land sal praat oor hoe goed dit met hom gaan. U sal hom nie uitlewer aan die

Page 107: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

107

wraaksug van sy vyande nie. 4 Die Here sal hom bystaan in sy siekte. As hy siek is, sal U hom genees. (Ps.41:2-4) Here U is die Vredevors, U laat die oorloë oor die hele aarde ophou, U verbreek pyle en boë en slaan spiese stukkend, oorlogswaens verbrand U met vuur. Daarom wil ek bedaar en erken dat U God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde. (Ps.46:10-11) 2 Hoor my gebed, o God, moet tog nie onverskillig staan teenoor my smeking nie. 3 Luister na my gebed en antwoord my: my sorge gee my geen rus nie. Ek is hewig ontsteld 4 oor die dreigemente van my vyande en oor die druk van slegte mense op my. Hulle wil my met onreg breek; verwoed stook hulle vyandskap teen my. 5 My hart krimp inmekaar in my, doodsangs oorval my, 6 vrees en skrik oorweldig my, my hele liggaam bewe. 10 Dryf hulle uitmekaar, Here, maak hulle taal onverstaanbaar vir mekaar. Ek sien geweld en oproer in die stad; 23 Laat jou sorge aan die Here oor, Hy sal vir jou sorg. Hy sal die regverdige nie in die steek laat nie. (Ps.55:2-6,10,23) 2 Hoor tog my hulpgeroep, o God, slaan tog ag op my gebed. 3 Ver uit die vreemde uit, in wanhoop, roep ek na U. Bring my op ’n rots waar ek veilig sal wees. 4 U is vir my ’n toevlug, ’n sterk vesting buite bereik van die vyand. 5 Laat my by U ’n blywende tuiste vind. Laat my skuil onder u vleuels.Sela (Ps.61:2-5) 8 Prys ons God, alle volke, laat sy lof weerklink! 9 Dit is Hy wat ons die lewe gee en nie toelaat dat ons struikel nie! 10 U het ons beproef, o God, ons gelouter soos silwer; 11 U het ons in ’n net gevang, ’n swaar las op ons gelê; 12 U het ons deur mense laat vertrap, ons het deur vuur en water gegaan; maar toe het U ons uitgelei na oorvloed toe. (Ps.66:8-12) 2 As God verskyn, spat sy vyande uitmekaar, en dié wat Hom haat, vlug vir Hom. 3 Soos rook wegwaai, so dryf U hulle weg; soos was in vuur smelt, so gaan die goddeloses tot niet as God verskyn. 4 Maar vir die regverdiges sal daar blydskap wees, hulle sal juig voor God, hulle sal vrolik en bly wees. (Ps.68:2-4) 3 Wees vir my ’n rots om na toe te vlug, waar ek altyd die veiligheid mag vind wat U tot my redding beskik het, want U is my rots en my vesting. 4 My God, bevry my uit die hand van goddeloses, uit die greep van skurke en verdrukkers, 5 want U, Here, U is my hoop, op U, Here, het ek van jongs af vertrou. 6 U is my hulp van my geboorte af, reeds voor ek in die wêreld

gekom het, het U my beskerm. U loof ek gedurigdeur. 7 Ek is vir baie ’n wonder, want U is my veilige toevlug. 8 Ek besing u lof en u roem gedurigdeur. (Ps.71:3-8) 21 Toe ek verbitter was en veronreg gevoel het, 22 was ek dom en sonder insig; soos ’n redelose dier het ek my teenoor U gedra. 23 Tog was ek nog altyd by U, want U vat my aan die hand. 24 U lei my met u raad en aan die einde sal U my in ere by U opneem. 25 Daar is niks in die hemel of op die aarde wat vir my meer beteken as U nie. 26 Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd. 27 Dié wat ver van U af is, gaan verlore, U vernietig dié wat aan U ontrou is. 28 Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees. Ek het die Here my God gekies as my toevlug! Ek sal van al u werke bly vertel. (Ps.73:21-28) 14 Ag, as my volk maar na My wou luister, as Israel maar my wil wou doen, 15 hoe gou sou Ek hulle vyande nie op die knieë bring en hulle teëstanders met my eie hand verslaan nie.” (Ps.81:14-15) 1 Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, 2 hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.” 3 Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou en jou bewaar van dodelike siekte. 4 Hy beskut jou onder sy vleuels en is vir jou ’n veilige skuilplek. Sy trou beskerm jou aan alle kante. 5 Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag of vir aanvalle oordag, 6 vir pes wat in die donker toeslaan of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie. 7 Al val daar duisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie. 8 Met jou eie oë sal jy sien hoe die goddelose gestraf word. 9 Omdat jy die Here as skuilplek geneem het, die Allerhoogste as jou beskermer, 10 sal geen onheil jou tref en geen plaag naby jou woonplek kom nie. 11 Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan. 12 Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen ’n klip sal stamp nie. 13 Jy sal oor leeus en adders loop, leeus en slange sal jy dood trap. 14 “Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,” sê die Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm. 15 Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor; in sy nood sal Ek by hom wees, Ek sal hom red en hom in sy eer herstel. 16 ’n Baie lang lewe sal Ek hom gee en oor my hulp sal hy hom verbly.” (Ps.91) Ek neem U Here as my skuilplek en die

Allerhoogste as my Beskermer, en ek vra dat geen onheil my sal tref en geen plaag naby my

Page 108: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

woonplek sal kom nie. Allerhoogste God, gee U engele opdrag om my te beskerm waar ek ook al gaan: dat hulle my op die hande sal dra sodat ek nie my voet teen 'n klip sal stamp nie. Mag dit wees dat ek oor leeus en adders sal loop en leeus en slange sal doodtrap. (Ps.91:9-13) 8 Al is die goddelose voorspoedig, al floreer almal wat onreg doen, hulle sal vir goed uitgewis word. 9 U regeer vir ewig, Here, 10 en dit staan vas: u vyande sal uitgedelg word, Here, almal wat onreg doen, sal vernietig word. 11 Maar vir my gee U krag soos dié van ’n buffel, U laat my ’n oorwinningsfees vier. 12 Ek kyk op my teëstanders neer, ek luister sonder vrees na die mense wat niks ontsien nie, wat in opstand teen my is. 13 Die regverdiges sal sterk wees soos palmbome, soos hoë seders op die Libanon. 14 Hulle vind hulle krag in die huis van die Here en groei op in die tempel van ons God. 15 Selfs in hulle ouderdom sal hulle nog toeneem in krag. Hulle sal fris en lewenskragtig wees. (Ps.92:8-15) 1 Die Here regeer, die aarde moet juig, al die baie eilande moet bly wees! 2 Die Here is omgewe van donker wolke; sy troon is gebou op reg en geregtigheid. 3 ’n Vuur trek voor Hom uit en verteer sy vyande aan alle kante. 4 Sy weerligstrale verlig die wêreld; die aarde sien dit en bewe. 5 Berge smelt soos was voor die Here, voor die Here van die aarde. 6 Die hemel getuig dat Hy regverdig is en al die volke sien sy magtige verskyning. 7 Almal wat beelde dien, wat nikswerd afgode vereer, word ontnugter, want al hulle gode moet voor die Here buig. (Ps.97:1-7) 5 In my nood het ek na die Here geroep, die Here het my gebed verhoor en my bevry. 6 Die Here is by my, ek ken geen vrees nie; wat kan ’n mens aan my doen? 7 Die Here is by my, Hy help my: ek sal neerkyk op dié wat my haat. 8 Om by die Here te skuil, is beter as om op mense te vertrou. 9 Om by die Here te skuil, is beter as om op hoë mense te vertrou. (Ps.118:5-9) As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs. As die Here die stad nie beskerm nie, waak dié wat dit beskerm, tevergeefs. (Ps.127:1) 7 As die nood my oorval, hou U my in die lewe teen die woede van my vyande in: U strek u hand uit, u regterhand red my. 8 Die Here sal vir my alles goed laat afloop. Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie. Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie. (Ps.138:7-8) 7 Antwoord my tog gou, Here, ek is heeltemal gedaan. Moet tog nie van my af wegkyk dat ek

word soos dié wat sterwe nie. 8 Laat my elke môre u liefde ondervind, want in u stel ek my vertroue. Wys my die pad wat ek moet loop, want my hoop is op U gevestig. 9 Red my van my vyande, Here, want by U skuil ek. 10 Leer my om u wil te doen, want U is my God! Laat u goeie Gees my op ’n gelyk pad lei. 11 Ter wille van u Naam, Here, laat my lewe. U is regverdig, red my uit die nood. 12 Vernietig in u trou my vyande, laat al my teëstanders omkom, want ek is u dienaar. (Ps.143:8-12) 1 Geloof sy die Here, Hy is my rots. Hy leer my hande om oorlog te maak, my vingers om te veg. 2 U is my krag en my skuilplek, my veilige vesting en my redder, my beskermer by wie ek skuil, wat my volk aan my onderdanig maak. 5 Buig u hemele, Here, en daal neer, raak die berge aan dat hulle rook! 6 Laat die weerligstrale blits en jaag die vyande uitmekaar, stuur u pyle en jaag hulle op loop! 7 Strek u hand van bo af uit, bevry my, red my uit die geweldige waters, uit die mag van vreemdelinge. (Ps.144:1-2,5-7) Geen wapen wat gesmee word om jou aan te val, sal iets uitrig nie; elkeen wat vals teen jou getuig, sal gestraf word. Dit is hoe Ek, die Here, vir my dienaars sorg. Ek laat geregtigheid aan hulle geskied, sê die Here. (Jes.54:17) Almagtige God, dit is U wil dat dié wat onregverdig gevange gehou word, bevry sal word, dat die juk wat op mense druk, afhaal sal word, dat verdruktes vrygemaak sal word, dat elke juk te breek sal word. Ons bid dat U dit nou ook in hierdie situasie sal doen. (Jes.58:6) Here Jesus, U is die Klip wat losbreek sonder dat

die hand van 'n mens daaraan raak, en wat kom om alle weerstand en elke valse koninkryk te verpletter. U vernietig alle weerstand, stamp dit fyn dat dit soos kaf op 'n dorsvloer word wat deur die wind weggewaai word sodat daar geen spoor van oorbly nie. Here Jesus, U is die klip wat 'n groot Rots word - kom vul en bedek die hele aarde! (Dan.2:34-35) Ons Vader wat in die hemel is, laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose. (Matt.6:13) Here Jesus, U het aan ons die mag gegee om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand en gesê dat niks ons ooit skade sal aandoen nie. Ons neem nou daardie gesag oor al die krag van die vyand. En ons vind ons vreugde daarin dat ons name in die hemel opgeskryf is en nie oor die feit dat die magte van die duisternis aan ons onderworpe is nie. (Matt.10:19-20) Here, U is my Krygsman en Steun en in U Naam

Page 109: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

109

bind ek die sterk man en neem ek dit wat hy gesteel het om te slag en te verwoes, van hom weg en maak dit diensbaar in U koninkryk. (Matt.12:29) Here, U wat die Oorwinnaar is in elke stryd het ons verseker dat wat ons ook al op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat ons ook al op die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly. En dat as twee van ons op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal U Vader wat in die hemel is, ons dit laat kry, want waar twee of drie in U Naam saam is, daar is U by ons. Op grond daarvan bind en weerstaan ek elke demoniese mag wat teen nou teen ons werk. (Matt.18:18-20)

Sterke God, laat daar volgens U Woord tekens en worders voorkom deur ons werk in U diens, en ons verdryf elke bose gees van ons lastig val en ons werk belemmer. (Mark.16:17) Vader, U het die Gees gestuur en aan ons gegee om ons in ons swakhede by te staan: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar U Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. (Rom.8:26-27) God wat vrede gee, sal die Satan spoedig onder julle voete verpletter. Die genade van ons Here Jesus is by julle! (Rom.16:20) Here, Bewaker van my lewe, ek bid U dat geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping my sal kan skei van die liefde van God, die liefde wat daar in Christus Jesus ons Here is nie. (Rom.8:38-39) Alleenwyse God, laat die Satan nie die oorhand oor ons kry nie. Help ons om die vyand se planne te ken en nie in sy strikke te trap nie. (2 Kor.2:11) Natuurlik leef ons in ’n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak. Ons is ook gereed om met elke ongehoorsaamheid af te reken sodra julle eie gehoorsaamheid volkome is. (2 Kor.10:3-6)

U wat die Bewaarder van ons lewe is, U het Uself vir ons sondes gegee om ons te verlos uit hierdie goddelose wêreld sodat ons die wil van God ons Vader kan volbring (Gal.1:4) U wat die oë van blindes open, laat my verstaan

hoe onvergelyklik groot die krag is wat U uitoefen in ons wat glo. (Ef.1:19) Onverganklike, Onsienlike en Enigste God , in Christus Jesus het U my saam met Jesus Christus uit die dood opgewek nou sit ek saam met Jesus in die hemel, hoog bo alle owerheid en mag en gesag en elke naam wat genoem word, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom. En in die Naam van Jesus Christus staan ek op die volle oorwinning wat Jesus aan die Kruis behaal het. (Ef.1:20-22, Ef.2:6) Meester, in die Naam van Jesus Christus kies ek die wil van God en wil ek vir die duiwel geen vatkans gee nie (Ef.4:27) Jahweh-Sabaoth, Here van die leërskare, ons soek ons krag in U Here en in U groot mag. Daarom trek ons die volle wapenrusting aan wat U vir ons gee, sodat ons op ons pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. Ons weet ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug. Here, in hierdie oomblik trek ons nou die volle wapenrusting aan wat U vir ons gee, sodat ons weerstand kan bied in die dag van onheil en sodat ons die stryd tot die einde toe kan voer en steeds op ons pos kan bly staan. Here ons wil op ons pos bly staan. Ons neem die waarheid as gordel - en Here Jesus Uself is die Waarheid - om ons heupe. Ons neem as borsharnas die geregtigheid en vryspraak deur God - en Jesus U is ons Geregtigheid. Ons trek nou as skoene aan die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig - en ons voorbeeld is U Here Jesus wat U lewe afgelê om ons te kom verlos. En ons neem nou die groot skild van die geloof in ons hande om daarmee al die brandpyle van die Bose te kan afweer. As helm neem ons die verlossing wat Jesus aan die kruis vir ons bewerk het - Jesus Christus, U is ons verlossing. En ons neem nou ook die swaard van die Gees, dit is die woord van God - Here Jesus, Uself is die Woord. (Ef.6:10-

18) U is die Lig van die wêreld, U het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van U Seun wat U liefhet. (Kol.1:13) U is die Lam wat geslag is en elke skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het U dit vir goed weggeneem en U het elke mag en gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer. (Kol.2:14-15)

Page 110: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

Here Jesus, U is die Wysheid van God, ons vra dat U ons sal help om in elke situasie weer tot nugtere insig te kom en maak ons vry uit elke vangstrik van die duiwel, waarmee hy ons gevange probeer hou om sy wil te gehoorsaam (2

Tim.2:26) Here, U is die Erfgenaam van alles, U my red van elke onheil en sal my behoue in U hemelse koninkryk bring. Aan U kom die eer toe tot in alle ewigheid! Amen. (2 Tim.4:18) Here van die hemele U stuur U engele uit om díe te dien wat die saligheid sal beërf. Stuur ook U engele om my by te staan in hierdie stryd waarin ek staan. (Heb.1:14) Ontsagwekkende God, U is getrou; U sal ons versterk en ons van die bose bewaar. (2 Tess.3:3) Here Jesus, U het mens geword en onder ons kom woon. U het dit gedoen om deur U dood dié een wat mag het oor die dood, dit is die duiwel, te vernietig en om ons wat uit vrees vir die dood ons hele lewe lank in slawerny was, te bevry. (Heb.2:14-15) Here, U is die Toevlug vir die behoeftiges, ons kom met vrymoedigheid na die genadetroon toe, sodat ons barmhartigheid en genade van U kan ontvang en so op die regte tyd gered kan word. (Heb.4:16) U is die Rots waar ek veilig sal wees, aan U onderwerp ek my. En deur die krag van die Heilig Gees en die Naam van Jesus Christus staan ek die duiwel teë en dat hy van my af kan wegvlug. (Jak.4:7)

U is die Een wat vir ons deurboor Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het. Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle. Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur. God wat alle genade gee en wat julle geroep het om in Christus Jesus deel te hê aan sy ewige heerlikheid, sal julle, nadat julle ’n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak. Aan Hom behoort die krag tot in ewigheid! Amen. (1

Pet.5:6-11) U is 'n Sterk Toring en ek bely en verklaar en plaas my geloof daarin dat die Seun van God juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak. (1 Joh.3:8) Magtige God, ek weet dat iemand wat uit God gebore is, nie meer sondig nie, maar dat die Seun van God hom bewaar, en dat die duiwel geen houvas op hom kan kry nie. Ek vra dat U dit sal waar maak in my lewe. (1 Joh.5:18) Here U is ons Banier en ons behaal die oorwinning oor die vyand danksy die bloed van die Lam en die boodskap waarvan ons getuig en deurdat ons nie ons lewens so lief het dat ons onwillig is om ons lewens vir U af te lê nie. (Open.12:11)

Page 111: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

111

Bid die Woord in tye van vrees, angs, twyfel, bekommernis, lyding, swaarkry en aanvalle van mense; mislukking, neerlaag en hulpeloosheid;

depressie

Angs, Vrees en twyfel

Vrees, angs en twyfel is algemeen menselike

probleme. In die Woord van God is daar 366

beloftes wat direk oor vrees en angs handel.

Hou vas aan die Woord van God en sy ewige

beloftes.

Luister na Ps.91: 1 Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, 2 hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.” 3 Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou en jou bewaar van dodelike siekte. 4 Hy beskut jou onder sy vleuels en is vir jou ’n veilige skuilplek. Sy trou beskerm jou aan alle kante. 5 Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag of vir aanvalle oordag, 6 vir pes wat in die donker toeslaan of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie. 7 Al val daar duisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie. 8 Met jou eie oë sal jy sien hoe die goddelose gestraf word. 9 Omdat jy die Here as skuilplek geneem het, die Allerhoogste as jou beskermer, 10 sal geen onheil jou tref en geen plaag naby jou woonplek kom nie. 11 Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan. 12 Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen ’n klip sal stamp nie. 13 Jy sal oor leeus en adders loop, leeus en slange sal jy dood trap. 14 “Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,” sê die Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm. 15 Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor; in sy nood sal Ek by hom wees, Ek sal hom red en hom in sy eer herstel. 16 ’n Baie lang lewe sal Ek hom gee en oor my hulp sal hy hom verbly.” (Ps.91:1-16) Here U is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? U is my toevlug, vir wie sou ek vrees? (Ps.27:1) U is vir my ’n toevlug en ’n beskerming; U was nog altyd bereid om te help in nood. Daarom is ek nie bang nie, al gee die aarde pad, al skuif die berge tot in die dieptes van die see. (Ps.46:2-3)

Ek prys U Here, want dit gaan goed met elkeen wat die Here dien, wat al sy vreugde vind in die gebooie van die Here. Vir slegte tyding is ek nie bevrees nie, ek is gerus, ek vertrou op die Here. By U voel ek veilig, ek is nie bevrees nie: ek sal die neerlaag van my vyande aanskou. (Ps.112:1,7-8) Here, saam met almal wat moed verloor, wil ek voor U verklaar: Ek sal sterk en vasberade wees, ek kies om nie bang te wees nie, want God is hier by my, U kom om ons te red! (Jes.35:4) U wat die Oorwinnaar in elke stryd is, U leer vir ons in Deut.20: “Wanneer jy teen jou vyande gaan oorlog maak en jy merk hulle het perde en strydwaens en hulle is meer as jy, moet jy nie vir die vyande bang wees nie. Die Here jou God wat jou uit Egipte laat trek het, is by jou. Julle staan nou gereed om teen julle vyande te veg. Moenie bewe nie, moenie bang wees nie, moenie vreesbevange word nie, moenie vir hulle skrik nie. Die Here julle God gaan saam met julle om vir julle teen julle vyande te veg, om julle die oorwinning te laat behaal.’ Dankie vir hierdie woorde Here, want dit gee my krag om vorentoe te gaan, ongeag die omstandighede. (Deut.20:1,3-4) Here Jesus soms ek voel klein en nietig, maar ek weet vas en seker dat dit die wil van die Vader was om die koninkryk aan ons te gee. (Luk.12:32) Here, U is my Skild en 'n Sterk Verlosser, ek sal nie bang wees dat 'n ramp my skielik sal oorval nie, dat die storm wat vir slegte mense bedoel is, my sal tref nie, want U beskerm my, U sal sorg dat ek nie in ’n strik beland nie. (Spr.3:25-26) U Here is my Helper en my God, ek onthou die woorde wat Elisa vir sy dienskneg gesê het toe hulle totaal omring was met soldate van 'n vyandige leer wat Elisa se lewe gesoek het: “Moenie bang wees nie, dié wat by ons is, is meer as wat hulle is.” (2 Kon.6:16) En ek onthou die woorde van koning Dawid aan sy seun Salomo: “Wees sterk, staan vas, begin die werk! Moenie bang wees nie en moenie besorg wees nie, want God die Here, my God, is by jou. Hy sal jou nie aan jouself oorlaat of jou verlaat nie, sodat jy al die werk vir die diens in sy huis kan afhandel. (1 Kron.28:20) Koning oor die hele aarde, voor U kies ek om

Page 112: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

112

liewer op die Here te vertrou, te doen wat goed is, rustig te woon en te werk. Ek vind my vreugde in U en loof U dat U my sal gee wat my hart begeer, want dit is U belofte. Dankie dat ek my lewe aan U kan oorlaat en op U kan vertrou. U sal vir alles sorg. (Ps.37:3-5) Here, U is ons Geestelike Rots en U Woord is so duidelik en helder waar daar staan: “Kyk, Ek sit in Sion ’n klip neer waaroor ’n mens struikel, ’n rots waarteen jy jou stamp, maar wie in Hom glo, sal nie teleurgestel word nie.” Ek kies om in God te glo en ek weet U sal my nie teleurstel nie. (Rom.9:33) U is die Instandhouer van alle dinge en daarom wil ek my lewe vry hou van geldgierigheid en tevrede wees met wat ek het, want U self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” Daarom kan ek met vertroue sê: “Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan ’n mens aan my doen?” (Heb.13:5-

6) U is 'n Vader wat U ontferm, daarom sal ek nie bang wees nie, want U is by my en ek sal nie bekommerd wees nie, want U is my God. U versterk my en help my, U hou my vas en U red my met U eie hand. (Jes.41:10) Ek verklaar dat U die Here my God is, dat U my hand vat en dat U vir my sê om nie bang te wees nie, want U sal my help! (Jes.41:13) Here, Skepper van die hemel en die aarde, U het my geskep, my in die moederskoot gevorm: daarom sal ek nie bang wees nie, want ek weet U verlos my. Ek behoort aan U, want U het my op my naam geroep. (Jes.43:1) Dankie dat U sewevoudige Gees in my woon, want U Gees maak dat ek nie lafhartig, vol vrees en bang is nie. Vader, vul my met U Gees van krag en liefde en selfbeheersing. (2 Tim.1:7) Here, U wat die Brood van die lewe is, word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? En tog word nie een van hulle deur U vergeet nie - daarom weet ek U sal my ook nie vergeet nie. Ek weet selfs die hare op my kop is almal getel. Ek sal nie bang wees nie, want ek is meer werd as baie mossies.” (Luk.12:6-7) U is die God van Liefde en waar liefde is, is daar geen vrees nie, want volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie - Ek vra dat U die vrees met U liefde sal vervang. (1 Joh.4:18) Here, Almagtige God, saam met Abraham wil ek bely dat ek ten volle oortuig is dat U mag het

om te doen wat U beloof het. (Rom.4:21) U is die Bron van alle standvastigheid en

bemoediging, daarom vrees ek nie vir slegte tyding nie, ek is gerus en ek vertrou op U Here. (Ps.112:7)

Alomteenwoordige God, dankie dat ek tot U mag roep en dat U my antwoord. U is altyd daar vir my. Vader, ek kies ook vandag om nie ander mense te verdruk, te dreig en vals te beskuldig nie en ek wil meewerk daaraan dat niemand anders dit doen nie. (Jes.58:9) Die Naam van die Here is 'n sterk vesting; die regverdige vind daar skuiling. (Spr.18:10) Hy beskerm sy troue dienaars op hulle pad, maar die goddeloses word stil gemaak in die duisternis van die graf. ’n Mens oorwin nie deur eie krag nie! (1 Sam.2:9) Dié wat op die Here vertrou, is soos Sionsberg wat nie wankel nie en altyd vas bly staan. Soos die berge Jerusalem aan alle kante beskerm, so beskerm die Here sy volk, nou en vir altyd. (Ps.125:1-2) Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou en jou bewaar van dodelike siekte. Hy beskut jou onder sy vleuels en is vir jou ’n veilige skuilplek. Sy trou beskerm jou aan alle kante. (Ps.91:3-4) Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan. Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen ’n klip sal stamp nie. (Ps.91:11-12) Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses. Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal. (Ps.34:19-20) Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. U sal nie toelaat dat ek struikel nie; U wat my beskerm, slaap nooit nie. Waarlik, U is die Beskermer van Israel, U sluimer nie in nie en U slaap nie. U Here beskerm my, U bewaar My van alle gevare. Bedags sal die son my nie steek nie en snags sal die maan my nie kwaad doen nie. U beskerm my teen alle gevaar, U beskerm my lewe - ja meer nog, U beskerm my waar ek ook al gaan, nou en vir altyd. (Ps.121:1-8) Bekommernis

Dit is tipies menslik om bekommerd te wees en

daarom het God in sy Woord voorsiening gemaak

vir tye waarin ons vol bekommernis is. In die

Bergpredikasie, Matteus 5-7, lees ons dat Jesus vir

sy dissipels gesê het: “Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat

Page 113: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

113

julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een enkele uur verleng? En wat bekommer julle julle oor klere? Let op hoe groei die veldlelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie. Maar Ek sê vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie. As God dan die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre verbrand word, so versier, hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nie, julle kleingelowiges? “Julle moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie. Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee. “Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.” (Matt.6:25-34) Vader, ek kies om my nie te bekommer nie, en wil nou deur gebed en smeking al my gebeertes en behoeftes aan U bekend maak. Dankie dat U my hoor en verhoor. Mag die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, oor my hart en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. (Fil.4:6-7) Wonderbare Raadsman, ek bely voor U dat ek my so dikwels bekommer - want ek weet dat deur my te bekommer kan ek nie my lewe met een uur verleng nie. En as ek nie eens so 'n klein dingetjie kan regkry nie, sal dit mos in elk geval nie help om my oor enige ander ding te bekommer nie. (Luk.12:25-26) U is die Bewaker van my lewe en daarom onderwerp ek my in nederigheid aan U kragtige hand, sodat U my kan verhoog op die tyd wat U bestem het. Ek werp al my bekommernisse op U, want U sorg vir my. (1 Pet.5:6-7) Here Jesus, U is ons Voorspraak by die Vader: moet tog nie onverskillig staan teenoor my smeking nie. Luister na my gebed en antwoord my: my sorge gee my geen rus nie. Ek is hewig ontsteld - maar ek vertrou op die Here. (Ps.55:2-3) U is 'n Toevlug vir die behoeftiges, U laat reg

geskied aan verdruktes en gee brood aan dié wat honger ly. Here, U bevry die gevangenes, U laat die blindes sien, U ondersteun dié wat bedruk is. U Here het die regverdiges lief, U beskerm vreemdelinge en help weeskinders en weduwees, maar U versper die pad vir die goddeloses. (Ps.146:7-9) Here Jesus, U is die Bewerker van wonderdade, en U het my vry gemaak om werklik vry te wees. Daarom wil ek vas staan in hierdie vryheid en my nie weer in 'n slawejuk laat indwing nie en ek weier om onder enige juk van vrees en bekommernis te staan. (Gal.5:1) Here, U is die Bron van Hoop en U nooi almal wat uitgeput en oorlaai is om na U toe te kom en U belowe om rus te gee aan sulke mense. Daarom kom ek na U toe, ek neem die juk wat U vir my gee en ek kies om van U te leer, want U Here Jesus is sagmoedig en nederig van hart, en U sal rus gee vir my gemoed. Ek loof U dat U juk is sag is en dat U las lig is. (Matt.11:28-30) Lyding, swaarkry en aanvalle van mense Lyding, swaarkry en aanvegtinge is nie altyd net

negatief nie. Meer en meer herontdek Christene

dat God dit gebruik om ons te leer, te onderrig en

nader na Hom toe te bring. God gebruik dit

dikwels as geestelike dissipline in ons lewens.

Daarom skryf Dawid: "Dit is vir my goed dat ek swaargekry het, want daardeur het ek U voorskrifte geleer. Dat U my laat swaarkry, is ’n teken van U trou." (Ps. 119:71,75)

Kyk ook na wat Paulus aan die Korintiërs skryf:

Dit lyk vir my God het aan ons, die apostels, die laaste plek in die ry gegee asof ons mense is wat tot die dood in die arena veroordeel is. Ons het ’n skouspel geword vir die wêreld, vir engele sowel as vir mense. Ons is dwaas ter wille van Christus, julle is verstandig in Christus; ons is swak, julle is sterk; julle geniet aansien, ons word verag. Tot op hierdie oomblik ly ons honger en dors, ons is armoedig aangetrek en word mishandel. Ons swerf rond en werk hard met ons eie hande. Ons word uitgeskel, en ons antwoord met seënwense; ons word vervolg, en ons verdra dit; ons word beledig, en ons bly vriendelik. Ons het die uitvaagsels van die wêreld, die skuim van die samelewing geword, en dit is nou nog so. (1 Kor.4:9-13) Op 'n ander plek skryf Paulus: Ek het harder gewerk, ek was meer in die tronk, ek is meer dikwels geslaan, ek was dikwels in doodsgevaar.

Page 114: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

114

Vyf maal het ek van die Jode die gebruiklike straf van nege en dertig houe gekry, drie maal het ek lyfstraf gekry, en een maal is ek met klippe gegooi. Drie maal het ek skipbreuk gely en een maal het ek ’n dag en ’n nag in die oop see deurgebring. Ek was dikwels op reis en in gevaar: daar was gevare van riviere, gevare van rowers, gevare van my volksgenote en gevare van heidene; gevare in die stad en gevare in die veld; gevare op see en gevare onder vals broers. Daar was vir my harde werk en swaarkry, dikwels nagte sonder slaap, dikwels honger en dors; en dikwels was ek sonder kos, sonder skuiling of bedekking teen die koue. Behalwe dit alles was daar nog die daaglikse bekommernisse, die besorgdheid oor al die gemeentes. As iemand swak is, voel ek asof ek self ook swak is; as iemand in sonde val, voel ek asof ek ook deur vuur gaan. (2 Kor.11:23-29) U is my Raadsman, 'n Rots om na toe te vlug, 'n

Rots waar ek veilig sal wees, 'n Rusplek langs

die pad - U is soos die Skaduwee van 'n groot

rots in 'n kaal wêreld, 'n Skerm teen die wind, 'n

Skild wat ook my Hulp is - U is my Skuiling teen

die stortreën, 'n Stroom Water in 'n dor land, 'n

Sterk Toring. U is my Vader, 'n Vader van

genade en U Naam is heilig, dit wek ontsag en

daarom is U 'n Toevlug vir U kinders, 'n

Toevlug vir die armes en behoeftiges - 'n Veilige

Beskutting, 'n Verlosser en Bevryder, 'n Vesting

en Krag - U is vir my die Voleinder van my

geloof, 'n Vriend wat nader is as 'n broer, 'n

Wonderbare Raadsman. Here, U is El-Shaddai,

die Algenoegsame.

U is die Een wat al ons behoeftes bevredig - die regverdiges word deur U gered. U is my toevlug in nood. U help en bevry my, ja, U bevry my van die slegte mense en red my, want ek skuil by U. (Ps.37:39-40) U is my Krag en my Veilige Vesting, help my om in elke versoeking standvastig te bly, want ek weet dat as ek die toets deurstaan het, sal ek van U as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet. (Jak.1:12) Omdat die Woord ons so leer, verheug ek my te midde van die swaarkry, want ek weet, die swaarkry kweek volharding. (Rom.5:3) Meer nog, U leer vir ons dat ons baie bly moet wees wanneer allerlei beproewings oor ons kom, want as julle geloof die toets deurstaan

het, stel dit julle in staat om te volhard. (Jak.1:2) Here, God van Geregtigheid en Verlosser, op

grond van U onfeilbare Woord, weet ek dat 'n onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis in die hemel vir my in bewaring gehou word. En omdat ek in Jesus Christus glo, word ek deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word. Daaroor verbly ek my, selfs al is dit nodig dat ek soms vir ’n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings sodat die egtheid van my geloof getoets kan word. Om U te glo en geloof in U te hê, is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en daarom weet ek Here Jesus dat die egtheid van my geloof ook getoets moet word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by U wederkoms. (1 Pet.1:4-7) U is my Bewaarder, U sal my red uit die mag van slegte mense, my bevry van dié wat op geweld uit is. (Jer.15:21) Here, U is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? U is my toevlug, vir wie sou ek vrees? As misdadigers op my afstorm om my dood te maak, my teëstanders en my vyande, dan is dit juis húlle wat struikel en val. (Ps.27:1-2) Daarom sal ek nie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie. Inteendeel, ek kies voor U aangesig om met ’n seënwens te antwoord, want daartoe het U my geroep, en dit sal ook maak da ek U seën sal verkry. (1 Pet.3:9) U Naam is Jahweh-Jireh, die God wat voorsien en daarom weet ek een ding: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees? U het U eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Daarom weet ek dat U ook al die ander dinge wat ek nodig het van U sal ontvang. (Rom.8:31-32) Here God, ek dink ook aan daardie dag to Moses vir die volk by die Rooisee geantwoord het: “Moenie bang wees nie. Staan vas, kyk hoe die Here julle vandag gaan red, want soos julle die Egiptenaars nou daar sien, sal julle hulle nooit weer sien nie. Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg” Vandag wil ek vasstaan en weet dat die Here my sal red uit elke situasie wat vir my moeilik is. (Eks.14:13-14) Omdat ek tot alles in staat is deur Christus wat my krag gee, wil ek nou U woorde Here Jesus, bely waar U gesê het: Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. Geseënd is

Page 115: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

115

julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg. (Matt.5:10-12) Regverdige Vader, in U Woord waarsku U ons dat sommige van ons gevange neem en vervolg sal word - ons sal oorgelewer word om verhoor te word en in gevangenisse opgesluit word, ons vervolgers sal ons voor konings en goewerneurs bring ter wille van U Seun Jesus Christus. Here, help ons in sulke situasies om dit as geleentheid te gebruik om te getuig. Dankie dat ons onsself nie hoef te bekommer oor wat ons in sulke tye moet sê nie, want ons weet U sal vir ons die woorde en die wysheid gee wat deur geeneen van ons teenstanders teengespreek of weerlê kan word nie. (Luk.21:12-15) Here, U is 'n vriend wat nader as 'n broer is,

Moenie bang wees vir wat julle alles gaan ly nie. Kyk, die duiwel gaan party van julle in die tronk laat gooi, sodat julle in beproewing sal kom, en julle sal tien dae lank baie swaar kry. Bly getrou tot die dood toe, en Ek sal julle die lewe as kroon gee. (Open.2:10) Mislukking, neerlaag en hulpeloosheid

Daar is nie 'n Christen wat nie iets weet van die

pad van neerlaag, mislukking, hulpeloosheid en

stryd nie. Paulus het daardie pad geken en skryf

in verskillende van sy briewe daarvan. Luister

na wat hy aan die Korintiërs skryf: Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie. In alles word ons verdruk, maar ons is nie teneergedruk nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie; ons word vervolg, maar nie deur God verlaat nie, op die grond neergegooi, maar nie vernietig nie. Die sterwe van Jesus dra ons altyd saam in ons liggaam, sodat ook die lewe van Jesus sigbaar kan word in ons liggaam. (2 Kor.4:7-10) Ons wil nie hê dat daar met ons bediening fout gevind word nie. Daarom gee ons ook niemand aanleiding tot aanstoot nie, maar in alles laat ons ons ken as dienaars van God. Dit doen ons met baie geduld in verdrukking, ontbering en nood. Ons is geslaan, in die tronk gegooi en het in oproere beland; ons het swaar gewerk, nagte sonder slaap deurgemaak en honger gely. Ons het onberispelik opgetree, met begrip, met verdraagsaamheid en vriendelikheid. Dit alles

het ons gedoen deur die Heilige Gees, deur opregte liefde, deur die woord van die waarheid en deur die krag van God. Ons wapen vir aanval en verdediging is om die wil van God te doen. Ons ontvang eer en oneer, ons word beledig en geprys. Ons word behandel as verleiers, en tog is ons betroubaar; as onbekendes, en tog is ons goed bekend; as sterwendes en, soos julle sien, ons lewe; as gestraf, maar ons is nie doodgemaak nie; as bedroefdes, en tog is ons altyd opgeruimd; as armes, maar ons maak baie ander ryk; as mense wat niks het nie, en tog besit ons alles. (2 Kor.6:3-10) Here, U is die opstanding en die lewe - ek glo in die Vader en die Seun en die Heilige Gees - daarom sal ek nie ontsteld wees nie. (Joh.14:1) U is ons Paaslam, U genees die gebrokenes van hart en verbind hulle wonde, daarom prys ek U Naam. (Ps.147:3) Vader aan wie al die eer toekom ek weet dat U alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. Daarom weet ek dat U alles ten goede laat meewerk ook in my lewe. (Rom.8:28) U is die Here my God, U vat my hand, daarom sal ek nie bang wees nie, want U help my. (Jes.41:13) U is my veilige beskutting, en U genade is vir my genoeg. U krag kom juis tot volle werking wanneer ek swak is." Daarom sal roem ek voor U oor my swakhede, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. (2 Kor.12:9) Dankie dat die Gees van God my in my swakheid bystaan - en al weet ek nie hoe om te bid nie, weet ek die Gees self pleit vir my met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. (Rom.8:26) Daarom verklaar en proklameer ek nou met vertroue en sê: “Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan ’n mens aan my doen?” (Heb.13:6) God is vir ons ’n toevlug en ’n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood. Daarom is ons nie bang nie, al gee die aarde pad, al skuif die berge tot in die dieptes van die see. (Ps.46:2-4) Luister tog na my woorde, Here, hoor wanneer ek sug en sonder raad is. Gee tog aandag aan my hulpgeroep, want U is my Koning en my God, en tot U bid ek. U luister na my stem in die môre, Here, in die môre terwyl ek voor U verskyn en op U wag. 5 U is nie ’n God wat onreg verdra nie, die kwaad het by U geen plek nie. 8 Laat my toe om op grond van U liefde en Jesus Christus se verdienste aan die kruis in U teenwoordigheid te kom staan. Ek wil kom met die eerbied wat aan U verskuldig is. Ek het baie vyande, Here, leer my

Page 116: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

116

tog wat reg is en help my om U wil te doen. Laat almal wat by U skuil, bly wees, laat hulle altyd jubel. U beskerm dié wat U Naam liefhet, en hulle juig oor U. (Ps.5:4-5;8-9;12) Al oorval angs en benoudheid my, in U gebooie bly ek my verlustig. U verordeninge is altyd regverdig; gee my insig daarin, dat ek kan lewe. (Ps.119:143-144) Vader, gee my dieselfde gesindheid wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is. Hemele Vader, dit is die gesindheid wat ek begeer meer as enige iets anders. (Fil.2:5-9) Red my deur u mag, o God, laat aan my reg geskied deur u krag. Hoor my gebed, o God, luister na my woorde. (Ps.54:3-4) U is 'n Sterk Verlosser, daarom weet ek U genade is vir my genoeg. U krag kom juis tot volle werking wanneer ek swak is. Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. En daarom kies ek ook om my te verbly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk. (2 Kor.12:9-10) Vader, stuur U Gees om my in my swakheid by te staan want ek weet nie eers hoe ek behoort te bid nie, en ek vra dat die Heilige Gees self vir my by U sal pleit met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. Here God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit volgens die wil van God, vir al die gelowiges. (Rom.8:26-27) Ek kom met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ek barmhartigheid en genade kan ontvang. Ek weet dat U my op die regte tyd sal help en uitred. (Heb.4:16) En ek weet Here Jesus, dat wanneer U my help, is ek tot alles in staat met die krag wat U gee. (Fil.4:13) Ek onderwerp my nou aan die kragtige hand van God, sodat U my kan verhoog op die tyd wat U bestem het. Ek werp nou al my bekommernisse op U, want U sorg vir my. (1 Pet.5:6-7)

Depressie

So baie mense beleef tye van depressie en dae

waar alles net te swaar word. Luister na die

bemoedigende woorde van die profeet Jesaja

wanneer hy honderde jare voor Christus se koms

na die wêreld reeds profeteer en na Jesus verwys: Die Gees van die Here my God het oor my gekom; die Here het my gesalf om ’n blye boodskap te bring aan die mense in nood, Hy het my gestuur om dié wat moedeloos is, op te beur, om vir die gevangenes vrylating aan te kondig, vryheid vir dié wat opgesluit is, om aan te kondig dat die tyd gekom het waarop die Here genade betoon, die dag waarop ons God sy vyande straf maar almal wat treur, vertroos, die dag waarop Hy vir dié in Sion wat treur, eer gee in plaas van smart, vreugde in plaas van droefheid, blydskap in plaas van hartseer. Hulle sal genoem word: Bome van Redding. Die Here het hulle geplant om sy roem te vermeerder. (Jes.61:1-3) Hierdie Skrifgedeelte gee ons die

vrymoedigheid om weer en weer in gebed na God

toe te gaan.

Here, waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Ek sal op U vertrou my God! Ja, ek sal weer vir U 'n loflied sing, want U is my helper en my God! (Ps.43:5) Al is ek afgetakel na liggaam en gees, is my sterkte Here - aan U behoort ek vir altyd. (Ps.73:26) Here, U bepaal die koers van die mens met wie se pad U tevrede is, en U ondersteun hom. As ek sou val, sal ek nie bly lê nie, want U help my om weer op te staan. (Ps.37:23-24) Dié wat swaar kry, kyk op na U en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie. (Ps.34:6) Kan ’n vrou haar eie baba vergeet, haar nie ontferm oor die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou so iets kon gebeur, weet ek Here U sal my nie nie vergeet nie. (Jes.49:15) Here, U het self gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie” - dankie daarvoor Here. Ek weet dat ongeag hoe ek voel, U by my is en dat die Heilige Gees in my woon. (Heb.13:5) Ek glo U Woord wat vir ons leer: Geseënd is julle wat nou huil, want julle sal lag. Here, U sal my weer laat lag en vreugde gee. (Luk.6:21) U sal weer, op U tyd Here, U trou laat blyk. Selfs in die nag sal ek vir U 'n lied sing, en bid tot die God van my lewe. Ek wil vir U wat my God is, sê: “My Rots, waarom het U my vergeet? Waarom moet ek gebuk gaan onder die smaad van die

Page 117: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

117

vyand?” Maar ek sál op U vertrou. (Ps.42:9-10) Laat almal wat by U hulp soek, jubel en bly wees oor U, laat dié wat op u hulp staat maak, altyddeur sê: “Die Here is groot!” (Ps.40:17) Ek vertrou op U Here: U is my hulp en my beskermer. Ja, in U is my hart bly, op U heilige Naam vertrou ek. (Ps.33:20-21) U genees die gebrokenes van hart en verbind hulle wonde. (Ps.147:3) U het vir ons U vrede nagelaat. Die vrede wat U vir ons gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Daarom sal ek nie ontsteld wees nie, ek sal nie bang wees nie. (Joh.14:27) Here, ek vertrou op U almag en ek bely dat dit U is wat my gewillig en bekwaam maak om U wil uit te voer (Fil.2:13)

Ek kies ek om in alle omstandighede dankbaar te wees, want want dit is wat God in Christus Jesus van my verwag. (1 Tess.5:18) U is bekend met lyding en swakheid en in die lig van U kruisdood weet ek dat ons swaarkry in hierdie lewe maar gering is en verbygaan, en ek weet dit loop vir ons uit op ’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. (2 Kor.4:17) Here, waarom is ek verbaas oor die vuurproef waaraan ek onderwerp word? Dit is nie iets vreemds wat met my gebeur nie. Daarom wil ek liewer bly wees hoe meer ek in die lyding van Christus deel, want dan sal ook vir my laat oorloop van vreugde by U wederkoms in heerlikheid. (1 Pet.4:12-13) Saam met die profeet Jesaja bely ek vandag voor U my Sterk Verlosser: Dié wat deur die Here verlos is, sal terugkeer, hulle sal juigend in Sion aankom, hulle sal altyd straal van blydskap, hulle sal vol vreugde en blydskap wees, ellende en smart sal verdwyn. (Jes.51:11) Here, U het my gered van die doderyk, my aan die lewe gehou toe ek al op pad was na die dood toe. Daarom wil ek sing tot eer van die Here, en U getrou dien. Waarlik, U toorn duur net ’n oomblik, maar U goedheid lewenslank. (Ps.30:4-6) Here, dit is U seën wat rykdom, vrede, lewe en voorspoed bring; my geswoeg laat dit nie meer word nie. Daarom vra ek: Here, seën my. (Spr.10:22) Ek maak 'n doelbewuste keuse in U teenwoordigheid om my oog op Jesus te vestig, wat U is die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir ons in die vooruitsig was, het U die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en U

sit nou aan die regterkant van die troon van God. (Heb.12:2) Vader, ek weet ek behoort aan U en dat U in my woon en ek weet dat U wat in my woon groter is as die duiwel wat in die wêreld is. (1 Joh.4:4) Ek wil nou my gedagtes op U Here rig, en ek wil my gedagtes vul met alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is en op Jesus, die Blink Môrester. (Fil.4:8) Van bo af sal U U hand uitsteek en my gryp, my uit die geweld van die omstandighede waarin ek is, uitgelig. (2 Sam.22:17) U ken my pad; as U my toets en louter, word ek soos suiwer goud. (Job.23:10) Saam met almal wat die Here se leiding en

beskerming soek, wil ek nou proklameer en

verklaar: Die Here sal my beskerm teen alle gevaar, my lewe sal Hy beskerm. Hy sal my beskerm waar ek ook gaan, nou en vir altyd. (Ps.121:7-8) En ek erken: As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs. As die Here die stad nie beskerm nie, waak dié wat dit beskerm, tevergeefs. (Ps.127:1) Voor God en voor die mense bely ek: 1 Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees? 2 As misdadigers op my afstorm om my dood te maak, my teëstanders en my vyande, dan is dit juis húlle wat struikel en val. 3 Al sou ’n leër teen my stelling inneem, sal ek nie bang word nie. Selfs al sou die aanval op my begin, sal ek nog steeds vertroue hê. 4 Net een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek najaag: dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon om sy goedheid te belewe en daaroor na te dink in sy tempel. 5 Op die dag van gevaar sal die Here my wegsteek in sy huis, my veilig laat skuil in sy woonplek, my hoog op ’n rots laat staan; 6 ek sal in sy woonplek onder trompetgeklank my offers bring, ek sal ’n lied sing, ek sal sing tot die eer van die Here terwyl ek neerkyk op die vyande rondom my. (Ps.27:1-6) Ek neem kennis van die Woord van God: 20 “Ek, die Here, stuur ’n engel voor jou uit om jou op die pad te beskerm en jou na die plek toe te bring wat Ek vir jou reg gemaak het. 21 Gee ag op die engel en luister na hom; moet jou nie teen hom verset nie. Hy sal jou nie vergewe as jy teen hom in opstand kom nie, want Ek het aan hom my volmag gegee. 22 As jy goed ag gee op hom en alles doen wat Ek sê, sal Ek die vyand van jou vyande wees

Page 118: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

118

en die teëstander van jou teëstanders. 23 “My engel sal voor jou uitgaan en jou bring by die Amoriete, Hetiete, Feresiete, Kanaäniete, Hewiete en Jebusiete, en dan sal Ek hulle uitwis. 24 Jy mag nie hulle gode aanbid of dien nie. Jy mag nie daardie nasies se gewoontes oorneem nie. Jy moet hulle klippilare afbreek en stukkend slaan. 25 Jy moet die Here jou God dien. Dan sal Hy jou met kos en water seën en siekte van jou af weghou. 26 Daar sal geen miskraam en onvrugbaarheid in jou land wees nie. Ek sal jou met ’n lang lewe seën. 27 Ek sal die skrik vir My voor jou uit stuur en Ek sal alle volke met wie jy in aanraking kom, in verwarring bring. Ek sal al jou vyande laat vlug. (Eks.23:20-27) Ek bevestig: Die Here is by my, ek ken geen vrees nie; wat kan ’n mens aan my doen? 7 Die Here is by my, Hy help my: ek sal neerkyk op dié wat my haat. 8 Om by die Here te skuil, is beter as om op mense te vertrou. (Ps.118:7-6) En saam met broers en suster wat gelouter

word en swaarkry, verklaar en proklameer ek:

11 Dit is ’n betroubare woord: As ons saam met Hom gesterf het, sal ons ook saam met Hom lewe; 12 as ons in die geloof volhard, sal ons saam met Hom regeer; as ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën. (2 Tim.2:11-12) En saam met Paulus bely ek: Ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus. 58 Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie. (1 Kor.15:57-58) Saam met die kerk van Jesus Christus deur die

eeue bely ek: 3 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons ’n lewende hoop 4 op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. 5 En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word. 6

Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle ’n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings 7 sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan.

Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus. 8 Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is. En dit vervul julle met ’n onuitspreeklike en heerlike blydskap. (1 Pet.1:3-9) Saam met almal wat verward is en emosioneel

ontwrig is, verklaar, proklameer en bely ek: Hoe duidelik is U Woord wat leer: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Daarom neem ek vandag U juk op my en kies ek om van U te leer, want Here Jesus, U is sagmoedig en nederig van hart, en U is daar rus vir my gemoed, want U juk is sag en U las is lig.” (Matt.11:28-30) Dankie Vader vir die sabbatsrus wat U gee vir U kinders, want elkeen wat in die rus van God ingaan, rus van sy werk, net soos God van Syne. Daarom wil ek my beywer om in daardie rus in te gaan. (Heb.4:9-11) Gee aan my U vrede en voorspoed, Here, want ek stel my vertroue op U. (Jes.26:3) Vir dié wat U wet liefhet, is daar groot sekerheid; niks kan hulle laat struikel nie. (Ps.119:165) Here, U het my gemaak om in 'n menslike liggaam te leef, maar U het vir ons wapens gegee wat nie menslike wapens is nie. Die wapens wat U vir ons gee is kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig en daarmee kan ons in U naam redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word vernietig. Ek kom neem nou elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak en ek wil met elke ongehoorsaamheid afreken sodra my eie gehoorsaamheid volkome kan wees. (2 Kor.10:3-6) Die Gees wat U ons gegee het, maak ons nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. (2 Tim.1:7) Here God, U is die bron van hoop, ek glo U en vra dat U my met alle vreugde en vrede sal vervul en dat my hoop in U wat die Bron van Hoop is, al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees wat in my woon en werk! (Rom.15:13) 6 Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. 7 En die vrede van

Page 119: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

119

God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. 8 Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat

prysenswaardig is - watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees - daarop moet julle julle gedagtes rig. (Fil.4:6-8)

Page 120: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

120

Bid die Woord vir Finansiële, Materiële en Fisiese behoeftes

Almal van ons het geld nodig om van te lewe.

Miljoene in ons land en baie meer in ander

lande het finansiële nood. Ons leef in 'n wêreld

wat geld belangriker as God geword het. As

Christene moet ons leer om op ons Vader te

fokus en Hom te vertrou vir ons daaglikse

brood. Hy het belowe om vir sy kinders te sorg

en as bewys daarvan het Christus vir ons die

volle prys betaal. Onthou dat jou nood nie

groter as God se vermoë is nie. Hou jou oë op

God en nie op jou nood of op die mense wat

dalk vir jou kan werk gee of finansieël kan help

nie. Hy is jou Vader, Hy sal vir jou sorg.

U Naam is Jaweh-Jireh, die God wat voorsien en ek weet U sal in elkeen van my behoefte ryklik voorsien volgens U oorvloedige rykdom in Christus Jesus. (Fil.4:19) In die Naam van die Here verklaar ek: Ek sal my nie bekommer oor my lewe nie, ook nie oor wat ek sal eet of drink nie, of oor my liggaam nie, oor wat ek moet aantrek nie. Die lewe is belangriker as kos en die liggaam as klere. Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? (Matt.6:25-26) Here Jesus, U het ons geleer om ons nie te bekommer nie, nie angstig rond te kyk en te vra: ‘Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek?’ nie, want dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Hemelse Vader U weet tog dat ons dit alles nodig het. Daarom kies ek om my in die eerste plek te beywer vir die koninkryk van God en vir die wil van God, want ek weet U sal vir my al die ander dinge gee wat ek nodig het. (Matt.6:31-33) Ek kies om na U te luister Here God, al U gebooie te gehoorsaam en daarvolgens te lewe. Ek wil dit doen omdat ek U lief het, maar ek weet ook dat U belowe het dat as ek dit doen, sal U my oor al die nasies van die aarde stel. In U Woord belowe U dat U dan my sal oorlaai

met die goeie en dat U U goeie voorraadskuur, die hemel, vir my oop sal maak om alles wat ek doen, te seën. (Deut.28:1,11,12) Ek wil lewe volgens die verbond wat U bepaal het, want dan sal ek voorspoedig wees in alles wat ek aanpak. (Deut.29:9) Here, U voed dié wat Hom dien, U hou U verbond altyd in stand. (Ps.111:5) Ek kies om U te gehoorsaam, want U belowe as ons gehoorsaam is, sal ons die goeie van die land eet. (Jes.1:19) U Woord leer vir ons: As julle my voorskrifte nakom, my gebooie gehoorsaam en daarvolgens lewe, sal Ek vir julle reën gee op die regte tyd, sodat die lande oeste sal lewer en die bome vrugte sal dra. Julle sal graan dors tot dit weer tyd is om vrugte te oes, en julle sal vrugte oes tot dit weer planttyd is. Julle sal oorgenoeg kos hê en sonder sorge in julle land woon. Ek loof U vir hierdie beloftes. (Lev.26:3-5)

Vader, as ek na die kraaie kyk, sien ek hulle oes nie; hulle het geen spens of skuur nie, maar U sorg vir hulle. En ek weet in U oë is ek baie meer werd as voëls. (Luk.12:24) Dankie vir U duidelik, kosbare belofte wat vir ons leer: Vra, en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal kry. Klop, en vir julle sal oopgemaak word. (Luk.11:9) U Here God is my krag en my beskerming, U gee genade en eer, U weerhou nie die goeie van dié wat reg lewe nie. (Ps.84:12) Vader, ek wil die woorde van koning Dawid in my hart bewaar toe hy ons geleer het: Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. Ek was jonk en ek het oud geword, maar nooit het ek ’n regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie. (Ps.37:3,25) U belowe dat as ons gee, sal daar vir ons gegee word: ja, ’n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal in ons hande gee word, want U Woord leer ook dat die maat waarmee ek meet, sal daar vir my gemeet word. Help my om nie suinig te wees nie, want U is 'n God van oorvloed. (Luk.6:38)

Page 121: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

121

Bid die Woord vir die krag, volheid en werking van die Heilige Gees

Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. (Gen.1:2) 1 Die Here het vir Moses gesê: 2 “Kyk, Ek het vir Besaleël uitgekies. Hy is ’n seun van Uri, seun van Gur uit die stam Juda. 3 Ek het hom toegerus met my Gees sodat hy met vaardigheid, insig en verstand enige werk kan doen: 4 ontwerpe maak en dit in goud, silwer en brons uitwerk, 5 edelstene verwerk en monteer, en houtwerk doen. Hy sal enige werk kan doen. (Eks.31:1-5) Ek sal dan afkom en daar met jou praat, en Ek sal van die Gees wat op jou is, op hulle laat kom. Hulle sal dan saam met jou die verantwoordelikheid vir die volk dra, sodat jy dit nie alleen hoef te doen nie. (Num.11:17) Die Gees van die Here het vir Gideon in besit geneem, en hy het die ramshoring geblaas en die Abiësriete opgeroep om hom te volg. (Rig.6:34) Dan sal die Gees van die Here kragtig in jou werk. Jy sal saam met hulle as profeet optree en ’n ander mens word. (1 Sam.10:6) 12 Skep vir my ’n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. 13 Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie! (Ps.51:12-13) 1 ’n Takkie sal uitspruit uit die stomp van Isai, ’n loot uit sy wortels sal vrugte dra. 2 Die Gees van die Here sal op hom rus: die Gees wat wysheid en insig gee, die Gees wat raad en sterkte gee, die Gees wat kennis verleen en eerbied vir die Here. (Jes.11:1-2)

Ek sal volop water gee op die dorsland, strome op die droë grond. Ek sal my Gees uitgiet op jou kinders, my seën op jou nakomelinge. (Jes.44:3) 1 Die Gees van die Here my God het oor my gekom; die Here het my gesalf om ’n blye boodskap te bring aan die mense in nood, Hy het my gestuur om dié wat moedeloos is, op te beur, om vir die gevangenes vrylating aan te kondig, vryheid vir dié wat opgesluit is, 2 om aan te kondig dat die tyd gekom het waarop die Here genade betoon, die dag waarop ons God sy vyande straf maar almal wat treur, vertroos, 3 die dag waarop Hy vir dié in Sion wat treur, eer gee in plaas van smart, vreugde in plaas van droefheid, blydskap in plaas van hartseer. Hulle

sal genoem word: Bome van Redding. Die Here het hulle geplant om sy roem te vermeerder. (Jes.63:1-3) 1 As U maar die hemel wou oopskeur en wou afkom sodat die berge voor U skud! 2 Kom af soos ’n vuur wat fynhoutjies laat brand, soos ’n vuur wat water laat kook. Laat u Naam só aan u vyande bekend word, laat die nasies só voor U bewe. 3 Toe U wonders gedoen het, wonders wat ons nie verwag het nie, toe U destyds afgekom het, het die berge voor U geskud. 4 Van ouds af het niemand so iets gehoor nie, het niemand so iets verneem nie, het geen oog ’n god gesien wat vir dié wat op hom vertrou, doen wat U doen nie. (Jes.64:1-4) 19 Ek sal hulle ’n ander hart gee en ’n nuwe gees onder hulle laat posvat, Ek sal die kliphart uit hulle liggaam verwyder en hulle ’n hart van vleis gee. 20 Dan sal hulle volgens my voorskrifte leef en my bepalings nakom en daarvolgens optree. Hulle sal my volk wees, en Ek sal hulle God wees. (Eseg.11:19-20)

26 Ek sal julle ’n nuwe hart en ’n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle ’n hart van vleis gee. 27 Ek sal my Gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens my voorskrifte leef en my bepalings gehoorsaam en nakom. (Eseg.36:26-27) Ek, daarenteen, het baie krag, ek het die Gees van die Here, ’n sin vir reg en die moed om aan Jakob sy sonde bekend te maak, aan Israel sy oortreding. (Mig.3:8) Toe sê hy vir my: “Hier is die boodskap van die Here aan Serubbabel: Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige.” (Sag.4:6) Ek doop julle wel met water omdat julle julle bekeer het, maar Hy wat ná my kom, is my meerdere, en ek is nie eers werd om sy skoene uit te trek nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop. (Matt.3:11) Hier is my Dienaar wat Ek aangestel het, my Geliefde oor wie Ek My verheug; Ek sal my Gees op Hom laat kom, en Hy sal die wil van God aan die nasies bekend maak. (Matt.12:18) Wanneer hulle julle gryp om julle oor te lewer, moet julle julle nie vooruit bekommer oor wat julle sal sê nie, maar julle moet praat soos dit op daardie oomblik aan julle gegee sal word, want dit is nie julle wat praat nie, maar die Heilige Gees. (Mark.13:11)

Page 122: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

122

1 Jesus het vol van die Heilige Gees van die Jordaan af teruggekom, en deur die Gees is Hy na die woestyn toe gelei, 2 waar Hy veertig dae lank deur die duiwel versoek is. Die hele tyd het Hy niks geëet nie, sodat Hy aan die einde daarvan honger was. (Luk.4:1-2) As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie gawes te gee - die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra. (Luk.11: 13) Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is.” (Joh.3:8) Dit is die Gees wat iemand lewend maak; die mens self kan dit nie doen nie. Wat Ek vir julle gesê het, kom van die Gees en gee lewe. (Joh.6:63) 37 Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! 38 Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.” 39 Hiermee het Hy na die Gees verwys, want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang. Die Gees was nog nie uitgestort nie, omdat Jesus toe nog nie verheerlik was nie. (Joh.7:38-39) 10 ’n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed...23 Daardie dag sal julle nie meer vrae aan My stel nie. “Dít verseker Ek julle: Wat julle die Vader ook al in my Naam sal bid, sal Hy vir julle gee. 24 Tot nou toe het julle nog nie in my Naam gebid nie. Bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.” (Joh.10:10; 16:23-24) Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ’n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. (Joh.14:16-17) Wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. (Joh.14:26) Wanneer die Voorspraak kom wat Ek vir julle van die Vader af sal stuur, die Gees van die waarheid, wat van die Vader uitgaan, sal Hy oor My getuig. (Joh.15:26) 13 Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei.

Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig. 14 Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig. 15 Alles wat aan die Vader behoort, behoort ook aan My; daarom dat Ek gesê het: Wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig.”(Joh.16:13-15) 7 Tog sê Ek vir julle die waarheid: Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal die Voorspraak, die Heilige Gees, nie na julle toe kom nie; maar as Ek gaan, sal Ek Hom na julle toe stuur. 8 En wanneer Hy kom, sal Hy bewys dat die wêreld skuldig is aan sonde, en dat die reg aan my kant is, en dat die oordeel al gekom het. 9 Die wêreld is skuldig aan sonde, want die wêreld glo nie in My nie; 10 die reg is aan my kant, want Ek gaan na die Vader toe, en julle sal My nie meer sien nie; 11 die oordeel het al gekom, want die owerste van hierdie wêreld is klaar veroordeel. (Joh.16:7-11) 21 “Vrede vir julle!” sê Hy weer vir hulle. “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.” 22 Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy oor hulle en sê: “Ontvang die Heilige Gees! 23 As julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe; as julle dit nie vergewe nie, word dit nie deur God vergewe nie.” (Joh.20:21-23) Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” (Hand.1:8) 1 Toe die dag van die pinksterfees aanbreek, was hulle almal op een plek bymekaar. 2 Skielik was daar ’n geluid uit die hemel soos van ’n geweldige stormwind, en dit het die hele vertrek gevul waar hulle gesit het. 3 Hulle het iets soos vuur gesien wat in tonge verdeel en op elkeen van hulle gekom het. 4 Almal is met die Heilige Gees vervul en hulle het in ander tale begin praat soos die Heilige Gees dit aan hulle gegee het om onder sy leiding te doen. (Hand.2:1-4) 17 Só sal dit in die laaste dae wees, sê God: Ek sal my Gees uitstort op alle mense: julle seuns en julle dogters sal as profete optree; julle jongmense sal gesigte sien; julle oumense sal drome droom. 18 Ja, op my dienaars en my dienaresse sal Ek in daardie dae my Gees uitstort, en hulle sal as profete optree. (Hand.2:17-18) 38 Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe, en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. 39 Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en

Page 123: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

123

vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep.” (Hand.2:38-39) 29 “En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. 30 Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.” 31 Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig. (Hand.4:29-31) Nou, broers, soek sewe mans onder julle uit wat daarvoor bekend is dat hulle vol van die Heilige Gees is en wysheid het, sodat ons hulle vir hierdie taak kan aanstel. (Hand.6:3) 5 Die voorstel het by al die gelowiges byval gevind, en hulle het Stefanus gekies, ’n man met ’n vaste geloof en vol van die Heilige Gees...8

Stefanus, aan wie God baie genade en krag gegee het, het groot wonders en tekens onder die volk gedoen. (Hand.6:5,8) En dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. (Rom.5:5) 26 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. 27 En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges. (Rom.8:26-27) Die koninkryk van God is nie ’n saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee. (Rom.14:17) Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees! (Rom.15:13) 5 En mag God, die bron van alle standvastigheid en bemoediging, gee dat julle eensgesind onder mekaar sal wees soos Christus Jesus dit wil hê. 6 Dan kan julle almal eensgesind uit een mond lof toebring aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus. (Rom.15:5-6) 4 Die boodskap wat ek verkondig, het julle oortuig, nie deur geleerdheid en welsprekendheid nie, maar deur die kragtige werking van die Gees. 5 Dus is julle geloof nie op die wysheid van mense gegrond nie, maar op die krag van God. (1 Kor.2:4-5) 10 Aan ons dan het God dit deur die Gees bekend gemaak, want die Gees deursoek alle

dinge, ook die diepste geheimenisse van God. 11 Watter mens ken die verborge dinge van ’n mens behalwe die gees van die mens wat in hom is? So ook ken niemand die verborge dinge van God nie, behalwe die Gees van God. 12 Die Gees wat ons ontvang het, is nie die gees van die wêreld nie, maar die Gees wat van God kom. So weet ons wat God ons uit genade geskenk het. 13 Dit verkondig ons ook, nie met geleerde woorde wat die menslike wysheid ons leer nie, maar met woorde wat die Gees ons leer. So verklaar ons geestelike dinge aan mense wat die Gees het. 14 Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vir hom is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word. 15 Die mens wat die Gees van God het, kan die waarde van alle dinge beoordeel, maar self kan hy deur geen mens beoordeel word nie. 16 Daar staan geskrywe: “Wie ken die gedagtes van die Here? Wie sal hom raad gee?” Maar ons, ons het die Gees van Christus. (1

Kor.2:10-16) Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie? (1 Kor.3:16) Die koninkryk van God is immers nie ’n saak van praatjies nie, maar van krag. (1 Kor.4:20) 19 Of besef julle nie dat julle liggaam ’n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: 20 julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik. (1 Kor.6:19-20) Aan elkeen afsonderlik word ’n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal. (1 Kor.12:7) 5 Uit onsself is ons nie in staat om iets te bedink asof dit uit onsself kom nie. Ons bekwaamheid kom van God, 6 wat ons bekwaam gemaak het om bedienaars van ’n nuwe verbond te wees, nie van die letter nie, maar van die Gees. Die letter maak dood, die Gees maak lewend. (2 Kor.3:5-6) Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is. (2 Kor.3:18) Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal by julle almal wees. (2 Kor.13:14)

Page 124: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

124

Daardeur kan ook hulle wat nie Jode is nie, deur Christus Jesus deel kry aan die seën wat God aan Abraham toegesê het. So het ons dan deur die geloof die Gees ontvang wat God beloof het. (Gal.3:14) En omdat ons sy kinders is, het God die Gees van sy Seun in ons harte gestuur, en in ons roep Hy uit: “Abba!” Dit beteken: Vader! (Gal.4:6) Maar as julle julle deur die Gees laat lei, staan julle nie meer onder die wet nie. (Gal.5:18) 22 Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, 23 nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie...25 Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal. (Gal.5:22-23,

25) Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël. (Ef.1:13) Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe. (Ef.4:3) En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie, want Hy het julle as die eiendom van God beseël met die oog op die verlossingsdag. (Ef.4:30) Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul. (Ef.5:18) 17 Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God. 18 Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges. (Ef.6:17-18)

En ek sal my ook verder verbly, 19 want ek weet dat alles op my redding sal uitloop omdat julle vir my bid en die Gees van Jesus Christus my bystaan. (Fil.1:19) Daarvoor span ek my ook in en beywer ek my met die krag wat Hy gee en wat kragtig in my werk. (Kol.1:29) Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. (2 Tim.1:7) Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser. (Tit.3:5-6) Daarby het God ook saam getuig deur tekens en wonders en ook deur allerhande kragtige dade en gawes van die Heilige Gees, soos Hy dit toebedeel het volgens sy wil. (Heb.2:4) As iemand die gawe ontvang het om te preek, moet God deur hom aan die woord kom; as dit is om in die gemeente te dien, moet hy dien met die krag wat God verleen. So moet julle God in alles verheerlik deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en die krag behoort tot in alle ewigheid! Amen. (1 Pet.4:11) Julle, geliefdes, moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof. Bid altyd deur die krag van die Heilige Gees. (Jud.20) 16 "Ek, Jesus, het my engel gestuur om dit alles aan julle in die gemeentes te betuig. Ek is die Wortel, dit is, die Nakomeling van Dawid. Ek is die helder Môrester." 17 Die Gees en die bruid sê: "Kom!" En elkeen wat dit hoor, moet sê: "Kom!" En elkeen wat dors het, moet kom; elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet! (Open.22:16-17)

Page 125: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

125

Bid die Woord vir die redding van ongereddes, onbereiktes en die nasies

Vra My, en Ek gee volke vir jou as eiendom, die hele aarde as jou besitting. (Ps.2:8) Die verstandige mens samel sy oes in as dit ryp is; ’n mens wat die oestyd deur slaap, verdien veragting. (Spr.10:5) Wie die wil van die Here doen, is ’n bron van lewe; die mens wat wysheid het, red lewens. (Spr.10:30) Toe het ek die Here hoor vra: “Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” Ek het geantwoord: “Hier is ek! Stuur my!” (Jes.6:8) Oor ons oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom. (Jes.53:5)

Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees. (1

Pet.2:24) Kyk, Ek stel jou vandag aan oor nasies en oor koninkryke om af te breek en uit te roei, om te vernietig en plat te slaan, te bou en te vestig. (Jer.1:10) Dit is beslis nie my wil dat die goddelose moet sterf nie, sê die Here my God, dit is my wil dat hy hom bekeer en dat hy bly lewe. (Eseg.18:23) Ek sal julle ’n nuwe hart en ’n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle ’n hart van vleis gee. (Eseg.36:26) Laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. (Matt.6:10) Hy sê toe vir sy dissipels: "Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes." (Matt.9:37-38) Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer ’n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig. (Matt.13:23) So is dit ook nie die wil van julle Vader in die hemel dat een van hierdie kleintjies verlore gaan nie. (Matt.18:14) Jesus kom toe nader en sê vir hulle: "Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. 19 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van

die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20 leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld." (Matt.28:18-20) Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense. (Mark.10:45) Hy het vir hulle gesê: Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom. (Mark.16:15) Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, (Luk.4:18) Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. (Luk.10:2) Daarop sê Jesus: "Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom; ook hierdie man is ’n kind van Abraham. 10 Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is." (Luk.19:9-10) Die volgende dag sien Johannes vir Jesus na hom toe kom. Hy sê toe: “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem! (Joh.1:29) God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. (Joh.3:16-17) Sê julle nie: ‘Nog vier maande, dan is die oes daar’ nie? Maar Ek sê vir julle: Kyk daar, kyk na die lande; hulle is ryp vir die oes. (Joh.4:35) Soos die Vader dooies opwek en lewend maak, so maak die Seun ook lewend wie Hy wil. (Joh.5:21) Niemand kan na My toe kom as die Vader wat my gestuur het, hom nie na my toe trek nie, en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood opwek. (Joh.6:44) Dit is die Gees wat iemand lewend maak; die mens self kan dit nie doen nie. (Joh.6:63) 'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed. (Joh.10:10) En die Seun van God het juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak.

Page 126: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

126

(1 Joh.3:8) Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word. (Joh.14:13) Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie en julle moet nie bang wees nie. (Joh.14:27) En wanneer Hy (die Heilige Gees) kom, sal Hy bewys dat die wêreld skuldig is aan sonde, en dat die reg aan my kant is en dat die oordeel al gekom het. (Joh.16:8) 20 Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde tot geloof in My sal kom. Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. 22 Die heerlikheid wat U My gegee het, het Ek ook aan hulle gegee, sodat hulle een kan wees net soos Ons een is: 23 Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees, sodat die wêreld kan weet dat U My gestuur het en hulle liefhet net soos U My liefhet. (Joh.17:20-23) Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” (Hand.1:8) En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. (Hand.4:29) God is ryk in goedheid, verdraagsaamheid en geduld! Sê dit vir jou niks nie? Besef jy nie dat God jou deur sy goedheid tot bekering wil lei nie? (Rom.2:4) Maar God bewys sy liefde vir ons juis hier in dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was." (Rom.5:8) Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader. (Rom.8:15) Broers, my hartewens en my gebed tot God vir my volk is dat hulle gered word. (Rom.10:1) 13 Want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. 14 Maar hoe kan ’n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek? 15 En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie? Daar

staan ook geskrywe: “Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring.” (Rom.10:13-15) Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie. (1 Kor.15:58) As die evangelie wat ons verkondig, tog nog met ’n sluier bedek is, is dit bedek net vir dié wat verlore gaan. Hulle is die ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wêreld verblind is, sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie. Dit is die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is. (2 Kor.4:3-4) 18 Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. 19 Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou. (2 Kor.5:18-19) 4 Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies 5 en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak. (2 Cor.10:4-5) 2 wat voorheen julle lewenswyse gekenmerk het. Julle het gelewe soos hierdie sondige wêreld en julle laat lei deur die vors van die onsigbare magte, die gees wat daar nou aan die werk is in die mense wat aan God ongehoorsaam is...10 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. (Ef.2:2,10) 9 Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, 10 sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, 11 en elke tong sou erken: "Jesus Christus is Here!" tot eer van God die Vader. (Fil.2:9-11) Bid dat God vir ons 'n deur vir die woord oopmaak sodat ons die geheimenis van Christus kan verkondig waarvoor ek hier gevange sit. Bid dat ek dit duidelik sal verkondig soos dit my opgelê is. (Kol.4:3-4)

God het ons tog nie bestem om gestraf te word nie, maar om deur ons Here Jesus Christus verlos te word. (1 Tess.5:9)

Page 127: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

127

Verder, broers, bid vir ons, sodat die woord van die Here vinnig mag versprei en oral in ere gehou mag word soos by julle. Bid ook dat ons van verkeerde en slegte mense verlos word, want nie almal is gelowiges nie. (2 Tess.3:1-2) So is dit goed en aanneemlik vir God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus wat Homself as ’n losprys vir almal gegee het. Dit was op die bestemde tyd die bewys van die bedoeling van God. (1 Tim.2:3-6) Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. (2 Tim.1:7) Daarby het God ook saam getuig deur tekens en wonders en ook deur allerhande kragtige dade en gawes van die Heilige Gees, soos Hy dit toebedeel het volgens sy wil. (Heb.2:4) In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om ’n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ’n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. (1 Pet.3:15) Lê jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel as ’n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra, ’n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid suiwer verkondig. (2 Tim.2:15) Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is

geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer. (2 Pet.3:9) 14 En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. 15 En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra. (1 Joh.5:14-

15) As iemand sy broer sien sonde doen wat nie tot die dood lei nie, moet hy bid en God sal die broer die ewige lewe gee. (1 Joh.5:16) Geliefde, ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is (that you may enjoy good health - NIV). (3 Joh.2) Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My. (Open.3:20) Toe sing hulle ’n nuwe lied: "U is waardig om die boek te neem en die seëls daarvan oop te maak omdat U geslag is en met u bloed mense vir God losgekoop het uit elke stam en taal en volk en nasie. U het hulle ’n koninkryk en priesters vir ons God gemaak en hulle sal oor die aarde regeer." (Open.5:9-10) Hierna het ek 'n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad, en daar was palmtakke in hulle hande. (Open.7:9)

Page 128: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

128

Beloftes en seëninge van Deuteronomium 28 1. As jy goed luister na die Here jou God

en jy gehoorsaam al sy gebooie wat ek

jou vandag gee, en jy lewe daarvolgens, sal die Here jou God jou oor al die nasies van die aarde stel.

2. As jy luister na die Here jou God, sal al hierdie seëninge oor jou kom en jou lewe verryk.

3. Jy sal geseën wees in die stad, jy sal geseën wees in die oop veld.

4. Jou nageslag sal geseën wees, en die opbrengs van jou lande en die aanteel van jou diere, jou kalweroes en jou lammeroes.

5. Jou oesmandjie en jou knieskottel sal geseën wees.

6. Jy sal geseën wees waar jy ook gaan. 7. Die Here sal jou vyande wat jou aanval,

vir jou laat vlug. Hulle sal uit een rigting teen jou opruk, maar in talle rigtings voor jou uit vlug.

8. Die Here sal die seën beveel om oor jou te kom, oor jou graanskure en oor alles wat jy aanpak. Die Here jou God sal jou seën in die land wat Hy aan jou gee.

9. As jy die gebooie van die Here jou God

gehoorsaam en sy wil doen, sal Hy jou in stand hou as sy heilige volk soos Hy

met ’n eed aan jou beloof het. 10. Al die volke op die aarde sal weet dat

die Naam van die Here oor jou uitgeroep is, en hulle sal bang wees vir jou.

11. Die Here sal jou oorlaai met die goeie: met ’n nageslag, met die aanteel van jou vee, met die opbrengs van jou grond in die land wat die Here met ’n eed aan jou voorvaders beloof het om aan jou te gee.

12. Die Here sal sy goeie voorraadskuur, die hemel, vir jou oopmaak om vir jou land reën te gee op die regte tyd, om alles wat jy doen, te seën. Dan sal jy aan baie nasies kan leen, maar self sal jy nie hoef te leen nie.

13. As jy luister na die Here jou God se

gebooie wat ek jou vandag gee, as jy

hulle gehoorsaam en daarvolgens lewe

en nie ander gode aanhang en dien en

so afwyk van alles wat ek jou vandag

beveel nie, sal die Here jou God jou die kop maak, nie die stert nie, en sal jy altyd bo wees, nie onder nie.

15. As jy nie luister na die Here jou God nie

en jy gehoorsaam nie al sy gebooie en

voorskrifte wat ek jou vandag gee, en jy

lewe nie daarvolgens nie, sal al hierdie

strawwe oor jou kom en jou tref.

.

Page 129: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

129

Wie is ek in Christus Jesus? Ek is die sout van die aarde. (Matt.5:13) Ek is die lig van die wêreld. (Matt.5:14) Ek is 'n kind van God. (Joh.1:12) Ek is deel van en ingeplant in die Ware Wynstok. Ek is 'n kanaal waardeur die lewe van Christus vloei. (Joh.15:1,5) Ek is 'n vriend van Christus. (Joh.15:15) Ek is deur Jesus Christus uitgekies en aangestel om geestelike vrug te dra, vrug wat sal bly. (Joh.15:16) Ek is nie meer 'n slaaf van sonde nie, maar 'n slaaf van God wat die wil van God doen. (Rom.6:18) Ek het die ewige lewe. (Rom.6:23) Ek staan nie meer onder veroordeling nie, want my sonde is afgewas en ek is in Christus Jesus. (Rom.8:1) Ek is 'n kind van God en God is my Vader. (Rom.8:14) Ek is 'n mede-erfgenaam saam met Christus en daarom deel ek saam met Hom in die volheid van die erfenis. (Rom.8:17) Ek is 'n tempel, die woonplek van God. Sy Gees en sy lewe woon in my. (1 Kor.3:16,19) Ek is een met die Here en een gees met Hom. (1 Kor.6:17) Ek is 'n ledemaat in die liggaam van Christus. (1

Kor.12:27) Ek is nie die groot "Ek Is" nie, maar deur die genade van God is ek wat ek is en sy genade vir my is nie tevergeefs nie. (1 Kor.15:10) Ek is 'n nuwe mens, die ou dinge en die ou mens het verbygegaan. (2 Kor.5:17) Ek is versoen met God en is 'n medewerker in die bediening van versoening. (2 Kor.5:18-19) Ek is 'n nakomeling van Abraham en deel daarom in die beloftes wat aan hom gemaak is. (Gal.3:28) Ek is 'n heilige. (Ef.1:1) Ek sit saam met Jesus Christus in die hemel aan die regterhand van die Vader bo alle owerheid en mag en gesag heerskappy en elke naam wat genoem word in hierdie eeu, maar ook in die toekomstige eeu. (Ef.1:20-21; Ef.2:6) Ek is 'n burger van die hemel en ek sit aan die regterhand van die Vader in die hemele in Christus Jesus. (Ef.2:6; Fil.3:20) Ek is die handewerk van God - wedergebore in Christus Jesus deur die Heilige Gees om goeie werke te doen. (Ef.2:10) Ek is 'n medeburger van die koninkryk van God

en 'n lid van sy huisgesin. (Ef.2:19) Ek is 'n gevangene in diens van Christus. (Ef.3:1) Ek is 'n nuwe mens wat na die beeld van God geskep is. (Ef.4:24) Ek is verborge met God in Christus. (Kol.3:3) Christus is my lewe en niemand kan dit van my wegneem nie want dit word in die hemele vir my bewaar as 'n onverwelklike, onbesmette en onverderflike erfenis. (Kol.3:4) Ek is deel van die uitverkore volk van God vir wie Hy baie lief is. (Kol.3:12; 1 Tess.1:4) Ek is 'n mens van die lig en nie van die duisternis nie. (1 Tess.5:5) Ek is deur God afgesonder en deelgenoot van 'n hemelse roeping. (Heb.3:1) Ek is 'n lewende steen, opgebou tot 'n geestelike huis in Christus, om 'n heilige priesterdom te wees en geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is. (1 Pet.2:5) Ek is deel van 'n uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat ons uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig. (1 Pet.2:9) Ek is nou deel van die volk van God en God het aan my barmhartigheid bewys. (1 Pet.2:10) Ek is 'n vreemdeling en bywoner in hierdie wêreld. (1 Pet.2:11) Ek is 'n vyand van die duiwel. (1 Pet.5:8) Ek is 'n kind van God en met die wederkoms van Christus sal ek soos Hy wees. Ek sal Hom sien soos wat Hy werklik is. (1 Joh.3:1-2) Hy wat in my is, is groter as die duiwel wat in die wêreld is. (1 Joh.4:4) Ek is 'n kind van God en kan die sondige wêreld oorwin. (1 Joh.5:4) Ek is 'n kind van God wat deur God bewaar word en die duiwel kry geen houvas op my nie. (1

Joh.5:18) Omdat ek in Christus is, kan ek, deur die genade

van God, die volgende van myself sê: Ek is vrygespreek en geregverdig in Christus, ek is volkome vergewe. (Rom.5:1) Ek het saam met Christus gesterf en ek is saam met Hom opgewek sodat die sonde nie meer oor my kan heers nie en my sondige bestaan beëindig kan word. (Rom.6:1-6)

Page 130: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

130

Ek is vir ewig vry van veroordeling. (Rom.8:1) Ek het die Gees van God ontvang en die Heilige Gees leer en onderrig my oor wat ek uit genade van Christus ontvang het. (1 Kor.2:12,16) Ek is met 'n prys gekoop; ek behoort nie meer aan myself nie; ek behoort aan God. (1 Kor.6:19,20) Ek is op vaste grond gevestig, op Christus. (2 Kor.1:21) Ek is verseël deur die Heilige Gees en die Gees is die waarborg dat ek verder sal ontvang wat God belowe het. (Ef.1:13,14) Ek is in Christus Jesus en daarom werk daar 'n geweldige groot krag in my. Dit is dieselfde krag waarmee Christus uit die dood opgewek is, die krag van die Heilige Gees. (Ef.1:19-20) Ek het gesterf en leef nie meer nie, maar Christus leef nou in my. (Gal.2:20) God het my geseën met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus Jesus. (Ef.1:3) Voor die grondlegging van die wêreld is ek reeds deur God uitgekies om heilig en sonder gebrek voor God te wees. (Ef.1:4) Deur die bloed van Christus is ek verlos en my oortredinge vergewe deur die ryke genade van God. (Ef.1:7) Ek het direkte toegang tot die Vader deur die Heilige Gees. (Ef.2:18) Ek is verbonde aan God en daarom kan ek in geloof met vrymoedigheid en vertroue na God toe gaan. (Ef.3:12) Ek is uit die mag van die duisternis weggeruk en ek is onder die heerskappy van Christus gestel. (Kol.1:13) Christus self woon in my. (Kol.1:27) Ek is geestelik besny met die besnydenis van Christus; my ou onwedergebore natuur is verwyder. (Kol.2:11) In verbondenheid met Christus deel ek in sy volheid. (Kol.2:10) Ek het ontvang die Gees van krag en liefde en selfbeheersing. (2 Tim.1:7) Ek is heilig gemaak deur Jesus die Heiligmaker en daarom is Hy nie skaam om my sy broer te noem nie. (Heb.2:11) Ek het die reg en die vrymoedigheid om na die genadetroon te gaan met die wete dat ek op die regte tyd gehelp sal word (Heb.4:16) Ek het deel gekry aan die goddelike natuur en van God groot en uiters kosbare beloftes ontvang waardeur ek staande kan bly en die verderf wat in hierdie wêreld werksaam is, kan ontvlug. (2 Pet.1:4)

Ek is meer as 'n oorwinnaar deur Christus wat my liefhet. (Rom.8:37) God is vír my, wie kan teen my wees? (Rom.8:31) Omdat God ter wille van ons nie sy eie Seun gespaar het nie, weet ek dat Hy ook vir my al die ander dinge sal gee wat ek nodig het. (Rom.8:32) Ek weet dat geen dood of lewe of engele of bose magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping my van God en sy liefde vir my kan skei nie. (Rom.8:38-39) God se Gees getuig saam met my gees dat ek 'n kind van God is. (Rom.8:16) Ek is vrygespreek in die Naam van Jesus Christus en deur die Gees van God. (1 Kor.6:11) Ek weet dat my inspanning in diens van Christus nie tevergeefs is nie. (1 Kor.15:58) Ek word in 'n triomftog saam met Christus meegevoer omdat ek in Christus is. (2 Kor.2:14) God se genade is vir my genoeg en God se krag kom juis tot volle werking wanneer ek swak is. (2

Kor.12:9) Ek is in Christus en daarom kan ek vanuit die krag van God lewe. (2 Kor.12:4) Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee. (Fil.4:13) Dít is wat God van en oor my sê, daarom kan ek dit

van myself sê en dit glo. Wanneer die duiwel met sy

aanslae kom, kan ek my verberg in hierdie

waarhede en dit aan hom voorhou. Dít maak die

duiwel moedeloos - juis omdat dit die waarheid is.

Hy sal egter volhou om ons van hierdie waarhede

te probeer wegtrek en ons te laat glo dat ons in 'n

verloorposisie is.

Die ander deel van die waarheid oor Christenwees: Bogenoemde is egter nie al wat die

Woord van God oor ons sê nie. Dit was Martin

Luther wat by geleentheid gesê het: "Hoe heiliger,

hoe sondiger." Daarmee het hy bedoel dat hoe

nader ons aan God kom en hoe meer heilig ons

leef, hoe meer ontdek ons ons sondigheid en

gegrokenheid en hoe afhanklik ons werklik van die

Here is. Uit die kerkhervorming van die sestiende

eeu kom die uitdrukking simul justus et peccator,

wat beteken: tegelykertyd heilige en sondaar. Daar

is twee gevare in die Christelike lewe. Ons kan so

bewus word van wie ons in Christus is, dat ons

geheilig is en dat ons oorwinnaars is, dat ons nie

verstaan dat ons terselfdertyd ook sondaars,

gebroke en stukkende mense is nie. Aan die

Page 131: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

131

anderkant kan ons so bewus wees van ons

sondigheid, dat ons nie ons oorwinning in

Christus besef en uitleef nie.

Hier het ons met 'n geestelike paradoks te doen.

Wat is 'n paradoks? 'n Paradoks is 'n skynbare

teenstrydigheid. Dit is 'n skynbaar absurde,

onlogiese, teenstrydige stelling. Dit is 'n stelling

wat aanvanklik nie logies verklaarbaar lyk nie.

Dit kan ook die betekenis hê van 'n stelling wat

in stryd is met die aanvaarde mening. Martin

Luther se stelling is 'n paradoks. Die

uitdrukking simul justus et peccator is 'n

paradoksale stellling. Ongelukkig is dit so dat

ons in die geestelike lewe meestal nie anders

kan uitdruk as in die vorm van 'n paradoks nie.

Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, doen ek. (Rom.7:19) Ek is 'n kleipot wat maklik breek. (2 Kor.4:7) Ek moet daagliks vir Christus teen my ou natuur kies. (Rom.7:23) Ek is 'n erfgenaam van die lyding van Christus. (Rom.8:17) Ek moet die lyding van Christus in my liggaam aanvul. (Kol.1:24) As ek godvrugtig lewe, aan Jesus toegewyd lewe, sal ek vervolg word. (2 Tim.3:12) Ek is steeds onderworpe aan die aanvalle van die duiwel. (Jak.4:7; 1 Pet.5:8) As Christen word ek steeds versoek.

(1 Kor.10:13; Jak.1:12-15) Dit is moontlik dat ek as Christen mislei kan word. (2 Pet.3:17; 2 Tess.2:11) Vir ander om te lewe, moet ek sterwe. (2 Kor.4:12) As Christen is ek nie immuun teen siekte, dood en lyding nie. (Rom.8:18,35-37, 2 Kor.1:5-7) As Christen is ek nie gevrywaar van hartseer, pyn, eensaamheid, en vernedering nie. (Mark.10:30) Ek is 'n slaaf van Christus Jesus. (Rom.1:1) Ek moet myself ontledig en die gestalte, die natuur van 'n dienskneg aanneem. (Fil.2:5-11) Jesus moet meer word en ek minder. (Joh.3:30) Ek is die geringste van al die gelowiges. (Ef.3:8) Ek is die vernaamste van alle sondaars. (1 Tim.1:15) Ek moet daagliks waak en bid om nie in versoeking te kom nie. (Matt.6:41) As Christen het ek steeds swakhede, maar God se krag word in my swakheid volbring. (2 Kor.12:9) Ek het 'n Hoëpriester wat met my swakhede medelye het. My swakhede word nie weggeneem nie. (Heb.5:2)

As Christene struikel ek dikwels - dit is nie net swak Christene wat struikel nie, almal struikel. (Jak.3:2)

Ek is 'n damp wat vir 'n kort rukkie verskyn en dan weer verdwyn. (Jak.4:14)

God is regverdig en betroubaar is en elke mens is 'n leuenaar. (Rom.4:3)

Page 132: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

132

Gebede en Proklamasies vir verskillende situasies

'n Lewe van Gesondheid en Krag 28 Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik. 29 Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie. 30 Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, 31 maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie. (Jes.40:28-31) 9 Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. 10 Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk. (2 Kor.12:9-10) 12 Ek kyk op my teëstanders neer, ek luister sonder vrees na die mense wat niks ontsien nie, wat in opstand teen my is. 13 Die regverdiges sal sterk wees soos palmbome, soos hoë seders op die Libanon. 14 Hulle vind hulle krag in die huis van die Here en groei op in die tempel van ons God. 15 Selfs in hulle ouderdom sal hulle nog toeneem in krag. Hulle sal fris en lewenskragtig wees. (Ps.92:12-15) 14 Ek, ek sal gedurigdeur bly hoop, ek sal U altyd weer loof. 15 Sonder ophou sal ek van u verlossingswerk, van u reddingsdade bly praat, want hulle is meer as wat ek kan tel. 16 Ek kom om u magtige dade te prys, Here my God, die verlossingswerk wat net U kan doen. 17 U het my van jongs af onderrig, o God, en ek getuig nou nog van u kragtige dade. 18 Nou dat ek oud en grys geword het, moet U my tog nie alleen laat nie, o God, dat ek nog aan die geslagte wat kom, kan vertel van u werk en u mag. (Ps.71:14-18) 21 My seun, behou die takt en oorleg; moet dit nie uit die oog verloor nie, 22 dit sal vir jou ’n mooi lewe verseker en soos ’n pragtige halssnoer vir jou wees; 23 jy sal jou pad veilig loop en jou voet nie stamp nie; 24 jy sal nie bang hoef te wees as jy gaan slaap nie; as jy gaan lê, sal jy rustig slaap. 25 Moenie bang

wees dat ’n ramp jou skielik sal oorval, dat die storm wat vir slegte mense bedoel is, jou sal tref nie, 26 want die Here sal jou beskerm, Hy sal sorg dat jy nie in ’n strik beland nie. (Spr.3:21-26) Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. (Fil.4:13) 'n Lewe van Geregtigheid en Heiligheid 1 Terwyl ons dan so ’n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2 die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God...22 Maar julle het wel gekom by Sionsberg en die stad van die lewende God, dit is die hemelse Jerusalem met sy miljoene engele, by die feestelike samekoms, 23 die vergadering van die eersgeborenes wie se name in die hemel opgeteken is. Julle het gekom by God wat Regter oor almal is, en by die geeste van dié wat vrygespreek en wat nou volmaak is, 24 by Jesus, die Middelaar van die nuwe verbond, en by die besprinkelingsbloed wat van iets beters getuig as die bloed van Abel. (Heb.12:1-2,22-24) 9 Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, 10 sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, 11 en deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer. (Fil.1:9-11) 12 U dienaar laat hom daardeur leer. Wie dit alles onderhou, groot is sy beloning. 13 Wie sien sy eie dwalinge raak? Moet my tog nie straf vir sondes wat ek onwetend gedoen het nie. 14 Weerhou my van opsetlike sondes, laat hulle nie oor my heers nie. Dan sal ek onberispelik wees en vry van hierdie groot sonde. (Ps.19:12-14) 9 Daarom, van die dag af dat ons dit van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, 10 sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van

Page 133: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

133

God. 11 Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard. 12 Met blydskap moet julle die Vader dank wat julle geskik gemaak het om deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig. 13 Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. 14 Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes. (Kol.1:9-

14) 1 My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie, 2 hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan. 3 Roep insig by, vra na gesonde begrip. 4 Soek dit soos jy silwer sou soek, spoor dit op soos ’n verborge skat. 5 Dan sal jy weet hoe om die Here te dien, sal jy ontdek wat dit is om God te ken. (Spr.2:1-

5) 23 Maar daar kom ’n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis hê dat die mense wat Hom aanbid, dit so moet doen. 24 God is Gees, en dié wat Hom aanbid, moet Hom deur die Gees en in waarheid aanbid.” (Joh.4:23-24) 23 Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom! 24 Hy sal dit ook doen, want Hy wat julle roep, is getrou. (1 Tess.5:23-

24) 1 Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie, 2 maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. 3 Hy is soos ’n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak. (Ps.1:1-3) Vir Leiding, Beskerming en Bewaring 7 Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar, jou lewe sal Hy beskerm. 8 Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan, nou en vir altyd. (Ps.121:7-8) 1 Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees? 2 As misdadigers op my afstorm om my dood te maak, my teëstanders en my vyande, dan is dit juis húlle wat struikel en val.

3 Al sou ’n leër teen my stelling inneem, sal ek nie bang word nie. Selfs al sou die aanval op my begin, sal ek nog steeds vertroue hê. 4 Net een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek najaag: dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon om sy goedheid te belewe en daaroor na te dink in sy tempel. 5 Op die dag van gevaar sal die Here my wegsteek in sy huis, my veilig laat skuil in sy woonplek, my hoog op ’n rots laat staan; 6 ek sal in sy woonplek onder trompetgeklank my offers bring, ek sal ’n lied sing, ek sal sing tot die eer van die Here terwyl ek neerkyk op die vyande rondom my. (Ps.27:1-6) 20 “Ek, die Here, stuur ’n engel voor jou uit om jou op die pad te beskerm en jou na die plek toe te bring wat Ek vir jou reg gemaak het. 21 Gee ag op die engel en luister na hom; moet jou nie teen hom verset nie. Hy sal jou nie vergewe as jy teen hom in opstand kom nie, want Ek het aan hom my volmag gegee. 22 As jy goed ag gee op hom en alles doen wat Ek sê, sal Ek die vyand van jou vyande wees en die teëstander van jou teëstanders. 23 “My engel sal voor jou uitgaan en jou bring by die Amoriete, Hetiete, Feresiete, Kanaäniete, Hewiete en Jebusiete, en dan sal Ek hulle uitwis. 24 Jy mag nie hulle gode aanbid of dien nie. Jy mag nie daardie nasies se gewoontes oorneem nie. Jy moet hulle klippilare afbreek en stukkend slaan. 25 Jy moet die Here jou God dien. Dan sal Hy jou met kos en water seën en siekte van jou af weghou. 26 Daar sal geen miskraam en onvrugbaarheid in jou land wees nie. Ek sal jou met ’n lang lewe seën. 27 Ek sal die skrik vir My voor jou uit stuur en Ek sal alle volke met wie jy in aanraking kom, in verwarring bring. Ek sal al jou vyande laat vlug. (Eks.23:20-27) 5 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. 6 Ken hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. (Spr.3:5-6) 6 Die Here is by my, ek ken geen vrees nie; wat kan ’n mens aan my doen? 7 Die Here is by my, Hy help my: ek sal neerkyk op dié wat my haat. 8 Om by die Here te skuil, is beter as om op mense te vertrou. (Ps.118:6-8) Vir God se ingrype in menslike bedrywighede:

ekonomie, politiek, ens.

20 Daniël het gesê: “Mag die Naam van God altyd geprys word, Hy aan wie die wysheid en die mag behoort, 21 Hy wat tye en omstandighede verander, wat konings afsit en konings aanstel, wat aan die wyse manne die wysheid gee en die

Page 134: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

134

verstand aan dié wat insig het, 22 wat ondeurgrondelike en verborge dinge openbaar en wat weet wat in die duisternis is; by Hom is die lig. (Dan.2:20-22; 4:34-35) 34 “Toe die vasgestelde tyd verby was, het ek, Nebukadnesar, na die hemel opgekyk om hulp en het ek my verstand teruggekry. Ek het die Allerhoogste geprys, ek het Hom wat ewig leef, geloof en geëer. Aan sy heerskappy is daar geen einde nie, sy koninkryk bestaan oor al die geslagte heen. 35 Teenoor Hom is al die bewoners van die aarde soos niks; Hy doen soos Hy besluit met die hemelse magte en met die mense op aarde. Daar is niemand wat Hom daarvan kan weerhou en vir Hom kan sê: ‘Wat doen U?’ nie. (Dan.4:34-35) 8 Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ’n gawe van God. 9 Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie. 10 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. (Ef.2:8-10) 7 Toon u wonderlike trou, U wat almal help wat vir hulle vyande by U skuil. 8 Beskerm my soos die appel van u oog, steek my weg in die skaduwee van u vleuels 9 vir die goddeloses wat my wil oorweldig, die doodsvyande wat my omsingel. (Ps.17:7-9) 11 Asa het die Here sy God aangeroep en gesê: “Here, net U kan die swakke teen ’n oormag help. Help ons, Here ons God! Ons steun op U, en in u Naam trek ons teen dié menigte op. U is ons God, Here; moenie dat ’n méns teen U seëvier nie.” (2 Kron.14:11) Here, God van ons voorvaders, U is God. U heers uit die hemel oor al die koninkryke van die nasies. Uit u hand kom die mag en die krag. Niemand kan teen U stand hou nie. (2 Kron.20:6) Dink aan die gevangenes asof julle self ook gevangenes is, en aan dié wat mishandel word, asof julle self ook mishandel word. (Heb.13:3) 7 Skrywe aan die leraar van die gemeente in Filadelfia: So sê die Heilige, die Ware God, Hy wat die sleutel van Dawid het, wat die deur oopsluit en niemand sal dit weer toesluit nie, en dit toesluit en niemand sluit dit weer oop nie: 8 Ek weet alles wat julle doen. Kyk, Ek het ’n deur voor julle oopgesluit en niemand kan dit weer toesluit nie. Ek weet dat julle min krag het, en tog het julle aan my boodskap vasgehou en

My nie verloën nie. (Open.3:7-8) 5 Mag almal wat vir Sion haat, self tot niet gaan, 6 mag hulle wees soos gras op ’n dak: dit verdroog nog voor dit behoorlik uitgespruit het Ek sou haastig probeer wegkom van hierdie onstuimige wind, van hierdie storm af. (Ps.55:9) Oor die grondgebied van die regverdiges sal ’n goddelose nie die mag kry nie, sodat die regverdiges nie in misdaad verval nie. (Ps.125:3) 8 Die hele aarde moet die Here vrees, al die bewoners van die wêreld moet vir Hom ontsag hê, 9 want Hy het gepraat en dit was so, Hy het beveel en dit was daar. 10 Die Here verydel die planne van die nasies, Hy laat hulle besluite op niks uitloop. (Ps.33:8-10) Vir tye van loutering en swaarkry 57 Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus. 58 Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie. (1 Kor.15:57-58) Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug. (Jak.4:7) 11 Dit is ’n betroubare woord: As ons saam met Hom gesterf het, sal ons ook saam met Hom lewe; 12 as ons in die geloof volhard, sal ons saam met Hom regeer; as ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën. (2 Tim.2:11-12) 3 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons ’n lewende hoop 4 op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. 5 En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word. 6

Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle ’n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings 7 sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus. 8 Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle

Page 135: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

135

geloof is. En dit vervul julle met ’n onuitspreeklike en heerlike blydskap. (1

Pet.1:3-8) In tye van geestelike konflik 6 Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het. 7 Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle. 8 Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. 9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur. 10 God wat alle genade gee en wat julle geroep het om in Christus Jesus deel te hê aan sy ewige heerlikheid, sal julle, nadat julle ’n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak. 11 Aan Hom behoort die krag tot in ewigheid! Amen. (1

Pet.5:6-11) 3 Natuurlik leef ons in ’n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. 4 Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies 5 en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak. 6 Ons is ook gereed om met elke ongehoorsaamheid af te reken sodra julle eie gehoorsaamheid volkome is. (2 Kor.10:3-6) 11 Hulle het self die oorwinning oor hom behaal danksy die bloed van die Lam en die boodskap waarvan hulle getuig het; en hulle het nie hulle lewens so lief gehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie. (Open.12:11) 25 Jou sluitbalke is van yster en brons. Mag jy jou lewe lank rustig woon. 26 “Jesurun, daar is niemand soos God nie, Hy ry deur die hemel om jou te kom help, in sy majesteit ry Hy op die wolke. 27 Die ewige God is ’n skuilplek, sy arms is altyd onder jou. Hy verdryf die vyand voor jou uit, Hy beveel: ‘Roei uit!’ (Deut.33:25-

27) Geen wapen wat gesmee word om jou aan te val, sal iets uitrig nie; elkeen wat vals teen jou getuig, sal gestraf word. Dit is hoe Ek, die Here, vir my dienaars sorg. Ek laat geregtigheid aan hulle geskied, sê die Here. (Jes.54:17)

Vir volkome verlossing 24 Aan Hom wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle onbevlek en met vreugde sy heerlikheid te laat aanskou, 25 aan die enigste God, ons Verlosser deur Jesus Christus ons Here, aan Hom behoort die heerlikheid en die majesteit, die krag en die mag, van alle ewigheid af, ook nou en tot in alle ewigheid! Amen. (Jud.24-25) 1 Ek wil die Here loof, met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof. 2 Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie. 3 Dit is Hy wat al my sonde vergewe, wat al my siekte genees, 4 wat my red van die graf en my met liefde en ontferming kroon, 5 wat my die goeie in oorvloed laat geniet, my die jeugdige krag van die arend skenk. (Ps.103:1-5) 17 Ek bid dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken. 18 Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, 19 en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag 20 wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het: 21 hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom. 22 Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk. 23 Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul. (Ef.1:17-23) Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom. (Fil.1:6) 1 Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. 2 Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood. (Rom.8:1-2) Deur die één offer het Hy dié wat vir God afgesonder word, vir altyd volkome van sonde vrygemaak. (Heb.10:14) 13 Christus het ons losgekoop van die vloek wat die wet meebring, deur in ons plek ’n vervloekte te word. Daar staan naamlik geskrywe: “Vervloek is elkeen wat aan ’n hout opgehang is.” 14 Daardeur

Page 136: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

136

kan ook hulle wat nie Jode is nie, deur Christus Jesus deel kry aan die seën wat God aan Abraham toegesê het. So het ons dan deur die geloof die Gees ontvang wat God beloof het. (Gal.3:13-14) Abraham was al baie oud, en die Here het hom in alles geseën. (Gen.24:1) Verstandelike en emosionele stabiliteit 28 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. 29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. 30 My juk is sag en my las is lig.” (Matt.11:28-30) 9 Daar wag dus nog steeds ’n sabbatsrus vir die volk van God, 10 want elkeen wat in die rus van God ingaan, rus van sy werk, net soos God van Syne. 11 Laat ons ons dan beywer om in daardie rus in te gaan, sodat niemand hulle voorbeeld van ongehoorsaamheid navolg en ook omkom nie. (Heb.4:9-11) Gee aan hulle vrede en voorspoed, Here, want hulle het hulle vertroue op U gestel. (Jes.26:3) Vir dié wat u wet liefhet, is daar groot sekerheid; niks kan hulle laat struikel nie. (Ps.119:165) 3 Natuurlik leef ons in ’n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. 4 Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies 5 en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak. 6 Ons is ook gereed om met elke ongehoorsaamheid af te reken sodra julle eie gehoorsaamheid volkome is. (2 Kor.10:3-6) Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. (2 Tim.1:7) Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees! (Rom.15:13) 6 Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. 7 En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. 8 Verder, broers, alles wat waar

is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is - watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees - daarop moet julle julle gedagtes rig. (Fil.4:6-8) Om God te dien 14 Maar aan God die dank! Hy voer ons altyd saam in sy triomftog omdat ons een is met Christus. Deur ons versprei Hy die kennis van Christus oral soos ’n aangename geur. 15 Ons is die wierook wat deur Christus vir God gebrand word, waarvan die geur dié bereik wat gered word, sowel as dié wat verlore gaan. 16 Vir dié wat verlore gaan, is dit ’n doodsreuk wat dood bring; vir dié wat gered word, is dit ’n lewensgeur wat lewe wek. En wie is tot sulke dinge in staat? 17 Ons, omdat ons nie is soos baie ander wat geld maak uit die woord van God nie. Ons verkondig die woord in opregtheid, in verbondenheid met Christus, in opdrag van God en in verantwoordelikheid aan God. (2 Kor.2:14-17) 20 Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, 21 aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen. (Ef.3:20-21) En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk. (2 Kor.9:8) Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry. (Matt.18:19) 37 Hy sê toe vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. 38 Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.” (Matt.9:37-38) En hierdie evangelie van die koninkryk sal in die hele wêreld verkondig word, sodat al die nasies die getuienis kan hoor. Eers dan sal die einde kom. (Matt.24:14) 10 Die reën en die sneeu kom uit die hemel uit en dit gaan nie daarheen terug nie maar deurweek die aarde en laat die plante bot en vrugte dra, sodat daar saad is om te saai en brood om te eet. 11 So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het. (Jes.55:10-11)

Page 137: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

137

Die effek en krag van die bloed Hulle het self die oorwinning oor hom behaal danksy die bloed van die Lam en die boodskap waarvan hulle getuig het; en hulle het nie hulle lewens so lief gehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie. (Open.12:11) Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God. (Ef.1:7) Maar as ons ons sondes bely—Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. (1 Joh.1:9) Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde. (1 Joh.1:7) Aangesien ons nou vrygespreek is op grond van sy versoeningsdood, staan dit soveel vaster dat ons deur Hom ook van die straf van God gered sal word. (Rom.5:9) Daarom het Jesus ook buitekant die stadspoort gely om die volk deur sy eie bloed van hulle sonde te reinig. (Heb.13:12) Broers, ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom. (Heb.10:19) By Jesus, die Middelaar van die nuwe verbond, en by die besprinkelingsbloed wat van iets beters getuig as die bloed van Abel. (Heb.12:24) Die effek van die kruis 4 Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra. Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word. 5 Oor ons oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom. (Jes.53:4-5) Dit was die wil van die Here om hom te verbrysel, om hom die pyn te laat ly. As hy sy lewe as skuldoffer gee, sal hy ’n nageslag hê en nog lank lewe, deur hom sal die wil van die Here sy doel bereik. (Jes.53:10) Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees. (2 Kor.5:21) Maar ons sien Jesus, met eer en heerlikheid gekroon op grond van sy lyding en dood. Hy is ’n kort tydjie minder gemaak as die engele, sodat Hy deur die genade van God vir almal sou

sterwe. (Heb.2:9) 13 Christus het ons losgekoop van die vloek wat die wet meebring, deur in ons plek ’n vervloekte te word. Daar staan naamlik geskrywe: “Vervloek is elkeen wat aan ’n hout opgehang is.” 14 Daardeur kan ook hulle wat nie Jode is nie, deur Christus Jesus deel kry aan die seën wat God aan Abraham toegesê het. So het ons dan deur die geloof die Gees ontvang wat God beloof het. (Gal.3:13-14) Julle ken die genade van ons Here Jesus Christus: hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kon word. (2 Kor.8:9) En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk. (2 Kor.9:8) 35 Hulle het Hom gekruisig en sy klere verdeel deur te loot. 36 Daarna het hulle gaan sit en by Hom wag gehou. (Matt.27:35-36) Die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God. (Heb.12:2) 50 Jesus het weer hard uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas. 51 Op daardie oomblik het die voorhangsel van die tempel van bo tot onder middeldeur geskeur. Die aarde het geskud, en die rotse het uitmekaar gebars. (Matt.27:46-50) 5 In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. 6 Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het. (Ef.1:5-6) Terwyl hy gely het en gestraf is, is hy weggeneem, en wie van sy mense het dit ter harte geneem dat hy afgesny is uit die land van die lewendes? Hy is gestraf oor die sonde van my volk. (Jes.53:8) Maar wie hom met die Here verenig, is geestelik een met Hom. (1 Kor.6:17) Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie. (Rom.6:6) 9 En moenie vir mekaar lieg nie. Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek 10 en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God. (Kol.3:9-10) Die inwoning van die Heilige Gees in die

Page 138: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

138

gelowige Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan

die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is. (2 Kor.3:18)

Page 139: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

139

Die Name van God die Vader, die Seun en die Heilige Gees

Aanvoerder van die Leër van die Here - Jos.5:14 Adonai (God ons Regeerder) - Eseg.16:8 en 30 Advokaat -1 Joh.2:1 Afstammeling van Dawid -Open.5:5 Allerhoogste -Ps.18:13; Luk.1:76 Alles wat die Here laat uitspruit -Jes.4:2 Apostel van die geloof wat ons bely - Heb.3:1 Arm van die Here - Jes.51:9 Baie Groot Beloning - Gen.15:1 Balsem van Gilead - Jer.8:22 Banier vir die nasies ('n Vaandel onder die nasies) - Jes.11:12 Barmhartige en Genadige God Ps.86:15 Beeld van God - 2 Kor.4:4 Beeld van die Onsienlike God Kol.1:15 Bedienaar van die heiligdom - Heb.8:2 Beloner - Heb.11:6 Bergvesting - Ps.31:3 Bewaker van julle lewe - 1 Pet.2:25 Bewerker van wonderdade - Eks.15:11 Borg (van 'n beter verbond) - Heb.7:22 Bos Hennablomme - Hoogl.1:14 Bron van alle standvastigheid en bemoediging - Rom.15:5 Bruidegom (man) - Jes.54:5 Blink Môrester - Open.22:16 Christus - Joh.6:69 Christus Jesus - 1 Tim.4:6 Christus die Here - Luk.2:11 Christus alles en in almal - Kol.3:11 Christus die Krag van God (en die Wysheid van God) - 1 Kor.1:24 Christus ons lewe - Kol.3:4 Die Amen - Open.3:14 Die Alfa en die Omega, die Begin en die

Einde, die Eerste en die Laaste en die Lewende - Open.1:12-18 Die Apostel en Hoëpriester - Heb.3:1 Die Begin en Voleinder van die geloof - Heb.12:2 Die Bron van ewige saligheid - Heb.5:9 Die Brood wat God gee - Joh.6:33 Die Brood wat lewe gee (die Brood van die lewe) - Joh.6:35 Die Vader wat Hom ontferm - 2 Kor.1:3

Die Een wat is en wat was en wat kom - Open.1:8

Die Een wat deurboor is - Sag.12:10

Die Eerste en die Laaste - Open.1:17

Die Eerste van baie broers - Rom.8:29

Die Eerste verhewe bo die hele skepping - Kol.1:15

Die Engel wat hulle gered het - Jes.63:9

Die Ewige Lewe - 1 Joh.5:20

Die Graanoffer - Lev.2:1-10

Die Gawe van God - Joh.4:10

Die Heerlikheid van God - Heb.1:3

Die Heilige van Israel - Jes.29:19; 49:7

Die Hoof van elke man - 1 Kor.11:3

Die Klip wat deur die bouers afgekeur is - Ps.118:22; 1 Pet.2:6

Die Koning van Israel - Joh.1:49

Die Koning van Jakob - Jes.41:21

Die Krag van God - 1 Kor.1:24

Die Laaste Adam - 1 Kor.15:45

Die Lam in die middel van die troon - Open.7:17

Die Lam is sy lamp - Open.21:23

Die Lam wat geslag is - Open.5:12

Die Lam wat vlekkeloos en sonder liggaamsgebrek is - 1 Pet.1:19 Die Leeu van Juda - Open.5:5

Die Leidsman - Heb.12:2

Die Lewende - Open.1:18

Die Oorwinnaar van elke stryd - Ps.24:8

Die Trots van sy hele familie - Jes.22:23 Die Weg, die Waarheid en die Lewe - Joh.14:6 Die Woning van geregtigheid - Jer.50:7 Die Woord van die Lewe - 1 Joh.1:1 Dienskneg - Fil.2:7 Een Herder - Joh.10:16 Een wat sal heers - Num.24:19 Eersgeborene uit die dood - Kol.1:18 Eersteling uit die wat gesterf het - 1 Kor.15:20 Eienaar van die huis - Luk.13:25 EK IS - Joh.8:58 Ek is die Brood van die lewe - Joh.6:35 Ek is die Lig vir die wêreld - Joh.8:12 Ek is die Deur vir die skape - Joh.10:7 Ek is die Goeie Herder - Joh.10:11 Ek is die Opstanding en die Lewe Joh.11:25 Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe Joh.14:6 Ek is die Ware Wynstok - Joh.15:1 Ek is die Afstammeling, die Nakomeling van Dawid - Open.22:16 Elohim (Die Een aan wie alle krag behoort; God) - Gen.1:1 El-Shaddai (Die Algenoegsame; Bevrediger) - Gen.17:1

Page 140: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

140

El (Die Sterk Een; Die Eerste Oorsaak) - Eks.6:3 El Gibbor - Magtige God (Champion) Jes.9:6-7 El-Roi (Die God wat sien) - Gen.16:13-14 El Olam (God van Ewigheid) - Jer.10-10 El Elyon (God die Allerhoogste) - Gen.40:17 Elah of Eloah (Die Een wat bewonder kan word) - Jer.10:10 Engel van God - Gen.16:7-11 Enigste Seun van die Vader - Joh.1:14 Enigste Heerser - 1 Tim.6:15 Erfgenaam van alles - Heb.1:2 Fondament - Jes.28:16 Fontein van Lewende Water - Jer.17:13-14 Geestelike Rots - 1 Kor.10:4 Geliefde - Matt.12:18 Geliefde Seun - Matt.3:17 Geloofwaardige en Ware Getuie - Open.3:14 Geneesheer - Luk.4:23 Getroue en Betroubare - Open.19:11 Getuie vir die volke - Jes.55:4 Gesalfde - Ps.2:2 God - Mark.2:7 God geopenbaar in die vlees - 1 Tim.3:16 God my Verlosser - Luk.1:47 God van alle vertroosting - 2 Kor.1:3 God wat alle genade gee - 1 Pet.5:10 God aan wie al die eer toe kom - Hand.7:2 God die Bron van hoop - Rom.15:13 God van die hele wêreld - Jes.54:5 God van die hemel - Open.11:13 God van Jakob - Jer.10:16 God van liefde en vrede - 2 Kor.13:11 God van my lewe - Ps.42:8 God van trou - Ps.31:6 God wat vrede gee - Rom.15:33 God van waarheid - Deut.32:4 God die Regter oor almal - Heb.12:23 Goed - Ps.34:8 Goeie Herder - Joh.10:11 Goeie Leermeester - Mark.10:17 Groot Herder van sy kudde - Heb.13:20 Groot Hoëpriester - Heb.4:14 Groot Lig - Jes.9:1 Groot Profeet - Luk.7:16 Hamer wat 'n rots verbrysel - Jer.23:29 Heerser - Miga 5:2 Heerser oor die konings van die aarde - Open.1:5 Heilig en opreg - Hand.3:14 Heilig(e) - Jes.57:15; Hand.2:27 Heilige en getroue Heerser - Open.6:10 Held - Ps.45:3

Herder - Gen.49:24 Herder van Israel - Ps.80:2 Here - Rom.10:13 Here die Almagtige - Jer.51:56 Here die Allerhoogste - Ps.47:2 Here God Almagtige - Open.4:8 Here God die Almagtige - Ps.59:6; Open.19:6 Here julle Verlosser - Jes.43:14 Here my God - Gen.15:2; 8 Here ons Skepper - Ps.95:6 Here ons Geregtigheid - Jer.23:6 Here van die dooies en die lewendes - Rom.14:9

Here van die hemele - 1 Kor.15:47 Here van almal - Hand.10:36 Here van die ganse aarde - Sag.6:5

Here van die heersers - Open.7:14 Here wat die hemel geskep het - Jes.45:18 Here die Almagtige sal die Kroon wees - Jes.28:5 Here is 'n Krygsman Here is my Steun - Eks.15:3; 2 Sam.22:19; Ps.18:18 Here is my Lewe - Ps.16:5 Here is jou Swaard - Deut.33:29 Here my toevlug - Ps.27:1 Hom wat ek liefhet - Hoogl.3:2 Hoof van die liggaam - Kol.1:18 Hoof bo alle dinge - Ef.1:22 Hoogheilig - Dan.9:24 Hoogste Regeerder - Dan.8:25 Hoop van Israel - Jer.17:13 Hoop van ons voorvaders - Jer.50:7

Horing van heil - Luk.1:69 Hulp vir benoudhede - Ps.46:2 Hy deur wie God alles geskep het - Open.3:14

Hy onderhou alle dinge - Kol.1:17 Hy wat alles in almal vervul - Ef 1:23

Hy wat aan sy Koning groot oorwinnings gee - 2 Sam.22:51 Hy wat my eer en aansien herstel - Ps.3:3

Hy wat kom - Heb.10:36-37 Hy wat hoog en verhewe is - Jes.57:15 Hy wat vir ewig lewe (Oue van dae) - Dan.7:13-14 Iemand wat (silwer) smelt en suiwer -Mal.3:3 Immanuel (God met ons) - Matt.1:23 Ingang vir die skape - Joh.10:7 Insig - Spr.8:14 Instandhouer van alle dinge - Heb.1:3 Israel - Luk.2:32 Jaloers - Eks.34:14 Jesus - Matt.1:21 Jesus van Nasaret - Mark.1:24 Julle Hoop op die heerlikheid - Kol.1:27 Jah (Die Onafhanklike Een) - Jes.26:4 Jahweh (Die Een wat op sy eie bestaan, Die Groot

Page 141: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

141

EK IS, Die Verlossingsnaam van God) - Eks.3:14 Jahweh (Die Ewige; Die Een wat vir altyd lief het) - Mal.3:6 Jahweh-Elohay (Die Here my God) - Sag.14:5 Jahweh-Eloheka (Die Here jou God) - Eks.20:2 Jahweh-Eloheenu (Die Here ons God) - Deut.6:4 Jahweh-Elohim (God die Skepper) - Gen.2:4-25 Jahweh-Elyon (Allerhoogste) - Ps.7:17 Jahweh-Hosenu (Die Here ons Skepper) -

Ps.95:6 Jahweh-Jireh (God sal voorsien; Voorsiener) - Gen.22:8-14 Jahweh-Mekaddishkem (Die Here wat julle heilig) - Lev.20:8 Jahweh-Makkeh (Die Here wat straf) - Eseg.7:9 Jahweh-Nissi (Die Here my Banier) - Eks.17:15 Jahweh-Rohi (Die Here my Herder) - Ps.23:1 Jahweh-Rophe (Die Here wat jou gesond maak) - Eks.15:26 Jahweh-Sabaoth (Die Here van die leërskare) - 1 Sam.1:3; Jes.6:3 Jahweh-Shalom (Die Here gee rus; God is vrede) - Rig.6:24 Jahweh-Shammah (Die Here is daar; Die Oorvloedige; Die Ewig teenwoordige Een) - Eseg.48:35 Jahweh-Shammal (God is met my) - Ps.23:4 Jahweh-Tsidkenu (Die Here verskaf reg aan ons; Die Here, ons Geregtigheid) - Jer.23:6; 33:16 Jahweh-Gmolah (Die God wat vergeld) - Jer.51:56 Jahweh-Goaleka (Die Here jou verlosser) -

Jes.44:24 Jesus Christus die Regverdige - 1 Joh.2:1 Jesus Christus, gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid - Heb.13:8 Jou Bewaarder - Ps.121:5 Jou Ewige Lig - Jes.60:20 Jou Koning - Sag.9:9 Jou Maker - Jes.54:5 Jou Skaduwee - Ps.121:5 Jou Skild - Gen.15:1 Koning - Sag.14:16 Koning oor al die gode - Ps.95:3 Koning in al sy prag - Jes.33:17 Koning van die konings - Open.17:14 Koning van vrede - Heb.7:2

Koning van geregtigheid - Heb.7:2 Koning van die nasies - Open.15:3 Koning oor die hele land - Sag.14:9 Klip wat losraak sonder mense hande - Dan.2:34-35 Koringkorrel - Joh.12:23-24 Kosbare Hoeksteen - 1 Pet.2:6 Lam van God - Joh.1:29 Lam sonder gebrek en vlekkeloos - 1 Pet.1:19 Leermeester - Matt.23:8 Leeu uit die stam van Juda - Open.5:5 Leidsman tot die lewe - Hand.3:15 Leidsman en Verlosser - Hand.5:30-31 Leidsman tot die verlossing - Heb.2:10 Leier - Matt.2:6 Liefde -1 Joh.4:8 Lelie van die laagtes - Hoogl.2:1 Lewende Brood - Joh.6:51 Lewende Steen - 1 Pet.2:4 Lewendmakende Gees - 1 Kor.15:45 Lig - Joh.1:7 Lig van die mense - Joh.1:4 Lig van die nasies - Jes.42:6 Lig van die wêreld - Joh.8:12 Lig van Israel - Jes.10:17 Ewige Lig - Jes.60:19-20 Losprys - Mark.10:45 Lofwaardig vir ewig -Rom.9:5 Magtige God - Jes.9:6; Jes.33:21 Magtige God van Jakob - Jes.60:16 Magtige Koning - Ps.24:10 Magtige Septer - Ps.110:2 Maker - Jes.17:7 Man deur God aangewys - Hand.2:22 Man van Smarte - Jes.53:3 Manna - Eks.16:31 Meester - Joh.13:13 Messias - Joh.4:25 Middelaar - Job 9:33; 1 Tim.2:5 Middelaar van 'n beter verbond - Heb.8:6 Middelaar van die nuwe verbond - Heb.12:24 Môrelig - 2 Sam.23:4 Môrester - Open.2:28; 2 Pet.1:19 Môreson vanuit die hoogte - Luk.1:78 Muur van Vuur - Sag.2:5 My Beminde - Jes.5:1 My Beskermer - Jes.12:2 My Helper en my God - Ps.42:12 My Helper - Heb.13:6 My Here en my God - Joh.20:28 My Hoop - Ps.71:5 My Hulp - Ps.115:10 My Lamp - 2 Sam.22:29 My Lied - Jes.12:2

Page 142: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

142

My Krag - 2 Sam.22:33 My Maker - Job 35:10 My Redder - Ps.38:23 My Regverdige Dienaar - Jes.53:11 My Skild - 2 Sam.22:3 My Sterk Verlosser - 2 Sam.22:3 My Veilige Vesting - Ps.144:2 Oggend sonder wolke - 2 Sam.23:4 Offergawe - Ef 5:2 Onverganklike, Onsienlike, Enigste God - 1

Tim.1:17 Oorsprong - Kol.1:18 Ons Groot God - Tit.2:13 Ons Hoop - 1 Tim.1:1 Ons Paaslam - 1 Kor.5:7 Ons Regter - Jes.33:22 Ons Formeerder - Jes.64:8 Ons Vrede - Ef 2:14 Ontsagwekkende - Ps.76:12 Ontfermer (Die Here jou ...) - Jes.54:10 Onuitspreeklike Gawe - 2 Kor.9:15 Opperherder - 1 Pet.5:4 Opstanding - Joh.11:25 Opstanding en die Lewe - Joh.11:25 Oue van Dae - Dan.7:9 Plant wat wortel skiet in droë grond - Jes.53:2 Priester vir ewig - Heb.5:6 Profeet - Joh.7:40 Raadsman - Jes.9:5 Rabbi - Joh.1:49 Redder van die wêreld - 1 Joh.4:14 Reën vir die grasveld - Ps.72:6 Regeerder - Jes.55:4 Regeerder en Gebieder van volke - Jes.55:4 Regter en Leidsman - Jes.33:22 Regter oor lewendes en dooies - Hand.10:42 Regverdige - Hand.7:52 Regverdige Regter - 2 Tim.4:8 Regverdige Spruit - Jer.23:5 Roos van Saron - Hoogl.2:1 Rots - Deut.32:18 Rots om na toe te vlug - Ps.31:3 Rots van Israel - Jes.30:29 Rots van my heil - 2 Sam.22:47 Rots van Israel - Gen.49:24 Rots van struikeling - 1 Pet.2:8; Jes.8:14 Rots waar ek veilig sal wees - Ps.61:2 Rusplek - Jer.50:6 Saad van Dawid - Rom.1:3 Saad van die vrou - Gen.3:15 Saad van Abraham - Gal.3:16 Saaier - Mark.4:14 Sakkie Mirre - Hoogl.1:13

Seun van die Koning - Ps.72:1 Sierlike Kroon en Pragtige Krans - Jes.28:5 Silo (Vredemaker) - Gen.49:10 Skaduwee teen die hitte - Jes.45:4 Skaduwee van 'n groot rots in 'n kaal wêreld - Jes.32:2 Skeidsregter (Iemand wat onpartydig regspraak kan lewer) - Job 9:33 Skepper van alles en almal - Jer.51:19 Skepper van alle dinge - Kol.1:16 Skepper van die hele aarde - Jes.40:28 Skerm teen die wind - Jes.32:2 Skerp Pyl - Jes.49:2 Skild - 2 Sam.22:31 Skild wat jou Hulp is - Deut.33:29 Skoonste van tien duisend (Uitnemender as tien duisend) - Hoogl.5:10 Skuiling teen die stortreën - Jes.32:2 Skuilplek teen die stortbuie - Jes.25:4 Soos Iemand wat silwer smelt en suiwer - Mal.3:3 Son en Skild - Ps.84:11 Son van redding - Mal.4:2 Stroom Water in n dor land - Jes.32:2 Seun - 1 Joh.4:14 Seun van die Vader - 2 Joh.3 Seun van God - Joh.1:34 Seun van God die Allerhoogste - Mark.5:7 Seun van Maria - Mark.6:3 Seun van die mens - Matt.8:20 Steen - Matt.21:42 Sterk Toring - Ps.61:3 Ster uit Jakob - Num.24:17 Suiwer Parfuum - Hoogl.1:3 Sy Enigste Seun - Joh.3:16 Sy Naam is heilig, dit wek ontsag - Ps.111:9 Takkie uit die Stomp van Isai - Jes.11:1 Teken - Luk.2:34 Testamentmaker - Heb.9:16 Timmerman - Mark.6:3 Toevlug - Nah.1:7 Toevlug vir sy volk - Joël 3:16 Toevlug vir die armes - Jes.25:4 Toevlug vir die behoeftiges - Jes.25:4 Uit Hom straal die heerlikheid van God - Heb.1 3 Uitverkorene - Jes.42:1 Uitverkore Een - Jes.42:1 Uitverkore Hoeksteen - 1 Pet.2:6 Uitgesoekte Klip - Jes.28:16 Vader - Mal.2:10 My Vader - Joh.5:17 Julle Vader - Matt.5:16 Ons Vader - Matt.6:9

Page 143: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

143

Ewige Vader - Jes.9:6 Hemelse Vader - Matt.6:9 God die Vader - 1 Pet.1: 17 God ons Vader - Ef.1:2 Heilige Vader - Joh.17:12 Regverdige Vader - Joh.17:25 Abba Vader - Gal.4:6 Vader van Genade - 2 Kor.1:3 Vader van die hemelligte - Jak.1:17 Vader aan wie al die eer toekom - Ef.1:17 Vangnet en 'n Strik - Jes.8:14 Veilige Beskutting - Jes.8:14 Verlosser/Bevryder - Rom.11:26 Verbondsengel - Mal.3:1 Verborge Manna - Open.2:17 Verlosser van Israel - Luk.2:35 Verterende Vuur - Heb.12:29 Verbond met die volk - Jes.52:6 Verkwikker - Ps.23:3 Versoening vir ons sondes - 1 Joh.2:2 Vertroue - Spr.3:26 ('n) Vesting/Krag/Toevlug vir die arme en behoeftige - Jes.25:4 Voleinder van ons geloof - Heb.12:2 Voorbidder - Heb.7:25 Voorloper - Heb.6:20 Voorspraak - 1 Joh.2:1 Vredesoffer - Lev.3:1-5 Vredevors - Jes.9:5 Vreemdeling, 'n Onbekende - Ps.69:8 Vriend - Spr.18:24 Vriend wat nader is as 'n broer - Spr.18:24 Vriend van tollenaar sien sondaars - Luk.7:34 Vuur - Jes.10:17 Ware Brood uit die hemel - Joh.6:32 Ware God - 1 Joh.5:20 Ware Lig - Joh.1:9 Wonderbare Raadsman - Jes.9:5 Woord - Joh.1:1 Woord van God - Open.19:13 'n Wurm en nie 'n Mens nie - Ps.22:7 Wynstok - Joh.15:5 Wysheid van God - 1 Kor.1:2

Name van God die Heilige Gees Die Gees van God - Gen.1:2 Gees van die Here God - Jes.61:1 Die Gees - Num.11:17 My Gees - Gen.6:3 U Gees - Neh.9:30 U Goeie Gees - Neh.9:20 U Heilige Gees - Ps.51:11 Sy Heilige Gees - Jes.63:10, 11

Sy Getuie - Hand.5:30-32 Die Gees wat van die Vader uitgaan - Joh.15:26 'n Dubbele deel van die Gees _ 2 Kon.2:9 (Die gees van Elia wat op Elisa gerus het - 2 Kon.2:15) 'n Ander Trooster - Joh.14:16 God - Hand.5:3-4 Here - 2 Kor.3:17-18 Ewige Gees - Heb.9:14 Alomteenwoordige Gees - Ps.139:7-12 Alwetende Gees - Jes.40:13 Almagtige Gees - Sag.4:6 Maaltydoffer (meel en olie gemeng) - Lev.2:5 Deposito (Eerste Vrugte; Eerste Gawe van God) - Ef.1:14 Voorbidder - Rom.8:26-27 Wind - Joh.3:8 Water - Joh.7:37-39 Water of die dorsland, Strome op die droë grond - Jes.44:3 Strome Lewende Water - Joh.7:38 Vuur - Hand.2:3 Sout - Matt.5:13; Mark.9:49-50 Salwing - 1 Joh.2:27

Olie - Lev.2:4-5 Seël - Ef.1:13 Duif - Luk.3:22 Deurwagter - Joh.10:3 Voorspraak - Joh.14:16 Helper - Rom.8:26 Die Krag van die Allerhoogste - Luk.1:35 Die Krag van God - Luk.5:17 Krag van omhoog - Luk.24:49

Getuie - Rom.8:16 Vinger van God - Luk.11:20 Die Nuwe Gees (Die Gees wat nuwe lewe gee) - Eseg.36:26 Die Lamp van God _ Spr.20:27 Lewensasem (Ruah) - Gen.2:7 Die Oë van God - Sag.4:10

Die Teenwoordigheid van God _ Ps.139:7

Die Gees van Wysheid - Jes.11:2 Die Gees van Vryheid - 2 Kor.3:17; Gal.5:1 Die Gees van die Here - Jes.11:2 Die Gees van Insig - Jes.11:2 Die Gees van Raad en Sterkte - Jes.11:2

Die Gees van Kennis en Vrees vir die Here - Jes.11:2 Die Gees van Genade en Smeking - Sag.12:10 Die Gees wat Oordeel en Verteer - Jes.4:4 Die Stem van die Almagtige - Eseg.1:24 Die Asem van die Almagtige - Job 32:8; Job 33:4 Die Gees van die Vader - Matt.10:20 Die Belofte van die Vader - Hand.1:4 Die Gawe van God - Joh.4:10

Page 144: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

144

Die Gees van Hom wat Jesus uit die dood opgewek het -Rom.8:11 Die Gees van die Lewende God - 2 Kor.3:3 Die Heilige Gees van God - Ef.4:30 Die Krag van die Allerhoogste -Luk.1:35 Die Gees van Jesus - Hand.16:6-7 Die Gees van Christus - Rom.8:9 Die Gees van sy Seun - Gal.4:6 Die Sewevoudige Gees van God - Open.1:4-5; 4:5; 5:6 Die Gees van Heiligheid - Rom.1:4 Die Gees van Liefde - 2 Tim.1:7 Die Gees van Waarheid - Joh.14:17 Die Gees van Krag - 2 Tim.1:7 Die Gees van Selfbeheersing - 2 Tim.1:7 Die Gees van Lewe - Rom.8:2 Die Gees van Aanneming tot kinders -Rom.8:15 Die Gees van Geloof - 2 Kor.4:13 Die Gees van Lof(prysing) - 1 Kor.14:15

Die Gees van Wysheid en Openbaring van Kennis van Hom - Ef.1:17 Die Gees wat God belowe het - Ef.1:13 Die Gees van Genade - Heb.10:29 Die Gees van Heerlikheid - 1 Pet.4:14 Die Gees van Blydskap - Gal.5:22 Die Gees wat oor die waters sweef - Gen.1:2

Die Waarborg van dit wat God belowe het - Ef.1:14 Die Gees wat salf - 1 Joh.2:20 Die Gees wat verseël - 2 Kor.1:22 Die Gees wat rus gee - Jes.63:14

Die Gees wat skep en nuwe lewe laat uitspruit _ Ps.104:30 Die Gees van heiligheid - Rom.1:4

Die Gees wat Christus bevestig - 1 Tim.3:16 Die Gees wat op ons uitgestort is - Tit.3:6

Die Hand van God _ 2 Kron.30:12

Die Trooster - Joh.14:16

Page 145: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

145

Die Uur wat die wêreld verander 1. Lofprysing en aanbidding 2. Wag op die Here 3. Sonde- en skuldbelydenis 4. Bid die Skrif 5. Waak 6. Voorbidding 7. Persoonlike versoeke 8. Danksegging 9. Sang 10. Oordenking/meditasie 11. Luister 12. Lofprysing

(Bogenoemde illustrasie is geneem uit "The Hour that Changes the World" by Dick Eastman ©1978 by Baker Book House, Grand Rapids, MI). 1. Lofprysing is 'n daad van toewyding aan God, dit is om God te verhoog en te vereer. Dit is om te God te erken vir wie Hy is, om Hom met ons woorde, ons hele wese en ons gebedshouding groot te maak. Alle gebed behoort met lofprysing te begin. Psalm 115:1 sê: "Nie aan ons nie, Here,

nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer

toe, want dit is U wat liefde en trou bewys." Lofprysing is my reaksie op die Persoon van God, sy teenwoordigheid, sy posisie, sy krag, sy grootheid, sy majesteit en die liefde van God (Ps.45:3). Daarom prys ons Hom vir sy goedheid, geduld, liefde, genade, grootheid, kennis, krag, heiligheid, wysheid en heerlikheid. Ons loof Hom vir sy Naam, sy geregtigheid, liefde, heiligheid,

almag, alomteenwoordigheid, grootheid, trou, sy Woord, sy skepping, sy verlossingsdade ens. Jy kan byvoorbeeld elke keer 'n ander tema kies om in hierdie tyd van lofprysing en aanbidding te gebruik. Brei soveel moontlik op hierdie tema uit, oordink dit, oorweeg wat die praktiese implikasies daarvan vir jou en ander se lewens is. Pasop dat dit nie net 'n herhaling van woorde is nie. 2. Wag op die Here is 'n daad van woordlose liefde of bewondering van God, dit is woordlose aanbidding. Dit is om God te aanbid en te prys vir wie Hy is. In hierdie stilte periode stel ons ons in op God self, rig ons ons wese op Hom en wy ons ons opnuut aan Hom toe. Ons verbly ons in sy teenwoordigheid en oor sy teenwoordigheid. Psalm 46:11 sê:"Wees stil en weet dat Ek God is." Ons kan sê dit is 'n baie intieme vorm van kommunikasie tussen ons en God, dit is ek as die beperkte en eindige wese voor God as die Onbeperkte en Oneindige Wese. By hierdie punt maak ons seker dat ons lewende kontak met God maak. Hierdie tyd van wag op die Here kan nie afgejaag word nie, daar is nie plek vir ongeduld en haastigheid nie. In hierdie periode dink jy aan niks anders as aan God die Vader, sy Seun Jesus jou Verlosser en die Heilige Gees nie. Gedagtes wat by jou opkom hoef jy nie noodwendig om te sit in woorde nie. Konsentreer op jou verhouding met God en jou liefde vir Hom. 3. Sondebelydenis is die voorwaarde vir vrye toegang tot God. Sondebelydenis is my reaksie op die heiligheid van God (Ps.66:19). Dit is 'n tyd van selfondersoek en om die Heilige Gees toe te laat om enige onbelyde sonde aan jou uit te wys. In hierdie periode erken ek my sonde en sondigheid voor die Here - bely ek my sonde en keer ek my rug daarop, breek ek met my sonde en aanvaar ek ook die Here se vergifnis. Sondebelydenis is die reiniging van die Christen. Sonde vorm 'n muur tussen ons en God en maak dat God ons nie kan hoor nie (Jes.59:1-2). Verlossing en vergifnis van ons sonde verkry ons slegs deur die bloed van die Here Jesus en op grond van sy soendood aan die kruis. In sondebelydenis vra ek nie dat God die omstandighede moet verander nie, maar dat Hy my sal vergewe en my ook sal verander. Bely elke vorm van mislukking, nalatigheid en sonde.

Page 146: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

146

4. Bid die Skrif. Om gebalanseerd te bid moet ek tyd met die Bybel bestee. Ek moet God se beloftes leer ken en hulle tot God bid. Die beloftes van God wek geloof. Die Bybel is in die eerste plek 'n boek wat geglo en gehoorsaam moet word. In hierdie periode vra ek: Here, watter beloftes kan ek vir my toe-eien, watter bevele moet ek gehoorsaam, op watter waarskuwings moet ek ag slaan? Die Woord is jou handleiding om te bid. Ons moet die Here dag en nag aan die beloftes in sy Woord herinner. Soos wat jy die Bybel lees, moet jy vir die Here vra hoe om dit toe te pas in jou lewe en in jou gebedstyd. Jou gebede moet meer en meer aanhalings van gedeeltes uit die Skrif word. 5. Waak, 'n tyd van geestelike waarneming, om geestelik bedag te wees op sake waarvoor daar gebid moet word. Dit sal daartoe lei dat jy sal begin bid vir ander se behoeftes en sekere van jou eie behoeftes. Jy stel jou op die Here in en vra pertinent aan die Heilige Gees om spesifieke sake wat op sy hart is, onder jou aandag te bring sodat jy daarvoor kan bid. Hierdie periode is ook 'n tyd om nugter en wakker te wees t.o.v. die aanslae van die Bose. Bid en vra die Heilige Gees om jou te wys op die planne (drogredenasies), metodes, vestings en strategieë van die Bose. Paulus leer ons om te waak en te bid met danksegging: "Volharding in die gebed! Wees daarby

waaksaam en dankbaar" (Kol.4:2). Satan sal jou veral probeer verhinder om te bid en te verwar sodat jy nie kan konsentreer nie. Wees bedag daarop, bestraf en weerstaan hom. Maak seker dat jy doelgerig bid. Wat is die probleme waarmee mense wat besig is om die evangelie te verkondig te kampe het? Bid daarvoor. Is daar dinge wat in die koerante staan, wat ons oor die radio hoor of op die TV sien waarvoor ons moet bid: dinge soos ekonomiese probleme, politieke onrus en oorloë? 6. Intersessie/Voorbidding: om in te tree vir ander, om te bid vir voorbidding konsentreer ek op ander se behoeftes en nood, tree ek vir ander in die bres. Intersessie is my reaksie op God se liefde vir alle mense (1 Tim.2:1-2). Intersessie is om God te staan ter wille van die nood van ander mense. Intersessie is God se metode om sy kinders te betrek in sy plan met die wêreld. In voorbidding raak ons betrokke, om dit breed te stel, by wêreld evangelisasie. Wanneer jy voorbidding doen, staan jy aan God se kant en

werk jy saam met Hom tot redding of voordeel van iemand anders. Deur getroue voorbidding kan jy net soveel bereik as hulle wat prakties uitgaan met die evangelie. Kry 'n sistematiese plan van voorbidding, begin by jou gesin en familie, en daarna jou gemeente, dan jou dorp, jou land en uiteindelik die hele wêreld. Elke Christen behoort 'n las te hê vir verlore mense en 'n wêreld in nood. Onthou, die kerk van die Here het ook voorbidding nodig. Voorbidding het nie net betrekking op ongelowiges nie. Geestelike oorlogvoering is 'n ander element van gebed wat ook 'n spesifieke plek in ons gebedstyd verdien. Bid en vra die Here om deur die werking van die Heilige Gees aan jou te toon waar magte van die Bose aan die werk is. Vanuit jou outoriteit in Christus moet jy die magte van Satan in Jesus se Naam bind, hulle vestings verbreek en drogredenasies vernietig. Weerstaan die duiwel en gee aan hom geen vashouplek nie. Jesus het die Bose aan die kruis oorwin. Ons as gelowiges, moet hierdie oorwinning op elke terrein van die lewe gaan proklameer. Die aspek van geestelike oorlogvoering sal o.a. na vore kom in die periodes van Waak, Voorbidding en Versoeke. 7. Versoeke vir jou persoonlike behoeftes. Persoonlike gebedsversoeke is my reaksie op die krag, wysheid en versorging van God, daarom bid ek spesifiek vir my eie behoeftes (Matt.7:11). Die gelowige mag en moet vir sy eie persoonlike behoeftes na sy Vader toe kom en bid. En hy kan met 'n verwagting bid, selfs oor die kleinste dingetjies. In hierdie periode bid ons vir ons "daaglikse brood" en bid ons ook vir geestelike versterking en toerusting vir ons lewe en werk as gelowiges. In totale afhanklikheid werp ek myself op God om in my behoeftes te voorsien. Dit wat ons vir onsself vra, mag nooit vanuit selfsug gebore wees nie, nee, dit moet eer aan ons Vader bring. In hierdie periode "loop jy deur die dag", kyk wat jou behoeftes gaan wees en bid daarvoor. John Rice het gesê: "Gebed is vra en ontvang." Sê vir die Here waarom jy hierdie dinge van Hom vra, sodoende maak jy seker dat jy met suiwer bedoelings bid. Kom met vrymoedigheid, ons Vader wil graag in ons behoeftes voorsien. 8. Danksegging is om aan die Here jou waardering uit te spreek vir dit wat Hy vir jou en ander gedoen het. In hierdie periode sê ek vir God dankie vir Homself, sy gawes, sy antwoorde op my gebede, sy versorging en voorsiening.

Page 147: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

147

Danksegging is my reaksie op die goedheid, genade en versorging van God (Ps.100:4-5). Dank die Here vir seëninge in die volgende areas: geestelik, materiëel, liggaamlik en fisies en enige ander seëninge. Wees spesifiek in jou danksegging en pasop vir veralgemenings. Sê ook vir die Here waarom jy dankbaar is. Dink aan die dag of dae wat verby is en dank die Here vir alles wat jy uit sy hand ontvang het. Dank Hom vir wat Hy gedoen het en ook gaan doen. Hy is die gewer van elke goeie en volmaakte gawe. 9. Sang is melodieuse aanbidding. Sang hoef nie net in gesamentlike aanbidding gebruik te word nie. Die voorbidder kan sy eie (nuwe) lied vir die Here sing of gebruik maak van bestaande liedere soos wat dit in verskillende situasies ter sake is. Sang en geestelike oorlogvoering (ons stryd teen die Bose) is onlosmaaklik deel van mekaar. In hierdie periode loof, aanbid, verheerlik en bewonder die bidder sy Vader met sang. Jou sang kan die vorm aanneem van lofliedere, liedere wat van God se mag en genade getuig, Skrifberymings of liedere oor God se Naam. Om tot eer van die Here te sing is 'n definitiewe opdrag van God (Ps.100). Sing met entoesiasme en van harte, want dit gaan oor die verheerliking van God. Vir die Here is die gesindheid van jou hart en die feit dat jy sy opdrag uitvoer, van meer waarde as dat jy mooi sing of kan noot hou. 10. Oordenking (meditasie) is om 'n saak dieper te oordink of te ondersoek, om dit geestelik te evalueer. In hierdie periode dink ek aan die wese en die natuur van die Drie-Enige God, sy skepping en groot dade. Jy kan 'n gedeelte uit die Skrif gebruik om te oordink, byvoorbeeld 'n Psalm, maar ook ander gedeeltes. Christelik oordenking (meditasie) staan teenoor Oosterse meditasie. In Oosterse meditasie gaan dit hoofsaaklik oor 'n passiewe gemoedstoestand en om jou verstand "leeg" te maak. Vir die Christen is oordenking 'n aktiewe proses van

evaluering, ondersoek en bepeinsing waarby hy met sy volle verstand betrokke is en hy laat hom deur die Skrif en die Heilige Gees lei. Oordenking is om gedissiplineerd na te dink. Waak dat die Satan nie sy gedagtes in jou plant nie. Waak ook teen negatiewe gedagtes in hierdie periode. Bedink alles wat waar, rein, edel, reg, mooi en prysenswaardig is. Wanneer jy 'n betrokke gedeelte uit die Skrif oordink moet jy onder andere vir jouself vra wat hierdie gedeelte vir jou wil sê. 11. Luister is 'n periode waarin jy vir die Here vra om aan jou nuwe dinge te openbaar, dinge wat Hy wil hê dat jy sal raaksien en aan aandag moet gee. Luister is my reaksie op die wysheid, insig, almag en die wil van God. Dit is om doelbewus vir God te vra om sy wil en strategieë/planne aan jou bekend te maak. In wag op die Here gaan dit om God lief te hê. Tydens oordenking wil ons meer van God leer. In die periode van luister wil ons hoor wat God vir ons wil sê. In hierdie periode vra ek: "Here, wat

verwag U van my, wat is U wil vir my?" Jy kan ook vir die Here spesifieke vrae vra, miskien moeilike vrae waarop jy nie antwoorde het nie. Wees sensitief vir die Heilige Gees. Skryf alle gedagtes wat volgens jou oordeel en waarneming van die Here af kom neer en toets hulle weer aan die Skrif. Gebruik dit as aanwysings vir die uitvoering van God se opdrag. Wees versigtig om sommer weg te spring en te sê: "Die Here het dit

en dat vir my gesê." Toets elke keer weer of die Here nog by jou is, nog in die saak is en wees bereid om van koers te verander indien nodig. 12. Lofprysing, om God groot te maak en aan Hom te sê dat jy weet tot Wie jy gebid het en dat ek Hom vertrou met jou bedes. Dit is 'n periode van jubel voor die Here. Maak jou amen aan die einde sterk en bevestig daarmee dat jy glo dat God jou gehoor het en sal verhoor. Amen beteken: dit is waar en seker, dit sal so wees.

Page 148: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

148

Die Jabes Gebed

Hoe om die gebed van Jabes te gebruik om 'n uur te bid

In 1 Kronieke 4:9-10 lees ons van Jabes, 'n man wat voorrang bo sy broers geniet het:

"Jabes het voorrang geniet bo sy broers

(was meer geëerd as sy broers). Toe sy

ma hom die naam Jabes (die een wat pyn

veroorsaak) gegee het, het sy gesê: "Ek

het hom met smart in die wêreld

gebring."

Jabes het die God van Israel aangeroep met

die woorde:

o Stort U seën ryklik oor my uit,

o Vergroot my grondgebied,

o Laat U hand met my wees en

o Weerhou onheil van my sodat geen

smart my tref nie.

God het laat gebeur wat hy gevra het." Hierdie is 'n besondere gebed en dit is waarskynlik omdat Jabes hierdie gebed gebid het, dat God hom 'n posisie bo sy broers gegee het. Ons kan die Jabes-gebed as basis gebruik om 'n model te gee wat mense kan gebruik om sinvol vir 'n uur te bid. Indien jy ongeveer 8-9 minute tyd op elkeen van hierdie elemente spandeer, sal dit 'n uur volmaak. 1. Roep die Naam van die Here aan

Begin om die Naam van die Here aan te roep. Ons lees van Jabes dat hy die Naam van die Here aangeroep het. In Gen.4:26b lees ons: "In daardie tyd het die mense begin om die Naam van die Here aan te roep." Op dosyne plekke lees ons hoe mense "die Naam van die Here aangeroep" het. Prakties: Word stil voor die Here God Almagtig en fokus op Hom alleen. Tweedens kan ons begin om op die verskillende name van die Here te fokus. Kyk na hoofstuk 1 vir 'n lys van meer as 450 Name van God. Wanneer jy jou gebedstyd begin, fokus op 4-5 (of soveel as wat vir jou sinvol is) van hierdie name. Die name van God weerspieël die karakter van God, wat Hy wil hê ons van Hom moet weet en ook wat God vir ons wil doen. Wanneer ons die Naam van die Here aanroep, hou die volgende in gedagte: • Onthou wat sy Naam (Name) verteen-

woordig. • Verbly en verheug jou in sy Naam. • Gee uitdrukking aan jou liefde vir Hom en

geloof in Hom deur sy Naam te gebruik en aan te roep.

• Glo in sy Naam. • Bid jou gebedsversoeke in sy Naam. • Gebruik die gesag van sy Naam. • Bestraf Satan in sy Naam. • Heilig jou gebede in sy Naam. • Verkry God Drie-Enig se medewerking

deur die gebruik van sy Naam. • Gebruik sy Naam as jou skuiling en

vesting. 2. Here, stort U seën ryklik oor my uit

Jabes se eerste versoek was: Stort U seën ryklik

oor my uit (gee vir my Goddelike guns). Hy vra onbeperkte seën - hy vra dat God sy seën oor hom sal uitstort, 'n oorvloed van seën sal gee. Jabes het die geheim geleer om die seën van God oor homself af te bid. Wat beteken die woord seën? Dit beteken die guns van God, dat God voorspoed sal skenk, dat God ons sal help en beskerm, God se goedgesindheid, dat ons die beste van God sal ontvang, dat God vir ons sukses sal gee en dat Hy ons gelukkig sal maak, dat ons van Hom alles wat mooi en goed is sal ontvang. Het jy die Here al ooit om sy seën op jou lewe gevra met die verwagting dat Hy dit sal gee? As ons die seën van God, die guns van God, nie het nie, het ons niks om vir ander te gee nie. Dit is vanuit die oorvloed van wat God vir ons gee, dat ons vir ander kan gee. Kyk na die volgende drie Skrifgedeeltes: Numeri 6:24-27 - Die Here sal julle seën en julle

beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en

julle genadig wees; die Here sal julle gebede

verhoor en aan julle vrede gee! So moet die

priesters my Naam oor die Israeliete uitroep, en

Ek sal hulle seën. Efesiërs 1:3 - Aan God, die

Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof

toe! Hy het ons in Christus geseën met al die

seëninge van die Gees wat daar in die hemel is.

Genesis 12:3 - Ek sal seën wie jou seën, en hom

Page 149: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

149

vervloek wat jou vervloek. In jou sal al die volke

van die aarde geseën wees. Hierdie Skrifgedeeltes leer vir ons dat God ons wil seën en omdat Hy ons seën moet ons weer tot seën vir ander wees. Numeri 6:27 leer dat die priesters die Naam van die Here oor die mense moet uitroep, hulle moet seën. Elkeen van ons is priesters van God (1 Pet.2:9-10) en ons moet dieselfde met die mense rondom ons doen. Prakties kan ons hierdie gedeelte van ons gebed as volg inrig: • Bid en vra God die Vader om jou te seën.

Bid vir jou persoonlike behoeftes, bid vir jou eie nood, bid dat God sy oorvloed en guns op jou sal uitstort. Vra God die begeertes van jou hart. God wil ons seën. Vra vir Hom groot en klein dinge, Hy is jou Vader, dit behaag Hom om vir jou te sorg en te gee wat jy vra.

• Vra God die Vader om jou gesin/familie te seën.

• Vra God die Vader om jou gemeente te seën.

• Vra God die Vader om die nasies te seën. Vra dit vir verskillende lande en bevolkingsgroepe by name.

3. Here, gee vir my groter grondgebied Jabes se tweede gebedsversoek tot die Almagtige God was: Vergroot my grondgebied

(vermeerder / brei dit uit). So baie Christene bid net vir beskerming, veiligheid, en om net om aan die lewe te bly. God die Vader het ons geroep as konings, priester en profete om die evangelie van vrede tot aan die eindes van die aarde te neem (Matt.28:18-20). Dit is wat Jesus sy dissipels in die Ons Vader gebed geleer het toe Hy gebid het: Laat U koninkryk

kom. In Jesaja 54:2-3 kom die opdrag aan die volk Israel: Maak groter die plek vir jou tent,

maak breër jou tentdoeke, moenie suinig daarmee

werk nie. Maak langer die tentlyne en slaan die

tentpenne dieper in, want jy sal na alle kante toe

uitbrei; jou nageslag sal nasies verdryf en in die

stede wat nou verwoes is, gaan woon. Jabes het vir die Here gevra om vir hom groter

grondgebied te gee. God wil jou grondgebied, jou geestelike verantwoordelikheid, uitbrei. Dink wat kan gebeur as jy elke dag met jou hele hart begin

bid: Here, vergroot my grondgebied, gee vir my groter geestelike verantwoordelikheid in U koninkryk, gee vir my meer mense om na U toe te lei, meer mense vir wie ek kan bid, meer werk wat ek vir U kan doen." As jy dit van vandag af vir die res van jou lewe elke dag bid, dink net wat God deur jou kan doen. God het dit vir Jabes gedoen en Hy wil dit vir elkeen van ons doen. Is jy gereed om meer betrokke te wees in die koninkryk, meer werk vir God te doen, groter verantwoordelikheid te neem, groter geestelike drome te droom, vir God groter geestelike visies te vra? Prakties kan jy elke keer wanneer jy bid vir die Here vra om jou grondgebied te vergroot, te hoor wat die Here vir jou sê en jouself telkens oop te stel dat God groter en meer dinge deur jou kan doen sodat ander geseën kan word. Hierdie blok tyd in jou uur van gebed is om te bid vir die uitbreiding van die koninkryk. Wanneer jy bid dat God jou eie grondgebied sal uitbrei, bid dit ook vir jou gesin, jou gemeente en vir die kerk reg oor die wêreld.

4. Here, laat U hand met my wees Jabes se derde gebed was: Laat U hand met my

wees (dat U krag en teenwoordigheid in my lewe sal wees. In Nuwe Testamentiese taal vra Jabes: "Gee vir my U geestelike krag, vul my met die Heilige Gees." Die oomblik wat God jou seën en jou grondgebied uitbrei, sal jy in situasies kom waar jy besef dit die werk en verantwoordelikheid wat God jou gee, groter as jou menslike vermoë is. Dit is eers dan dat ons besef ons kan die werk van die Here nie met ons eie geestelike krag doen nie en ons kan die geestelike lewe nie met ons eie krag leef nie. By daardie punt begin ons desperaat tot God uitroep en vra dat Hy ons sal help, dat Hy ons sal vul met die Heilige Gees en vir ons sy Goddelike krag sal gee. In Hand.1:8 lees ons: Maar julle sal krag ontvang

wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle

sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die

hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke

van die wêreld. In Ef.5:18 lees ons: Laat die Gees

julle vervul. Kyk ook na Ef.3:16-21: Ek bid dat

Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy

heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik

sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle

harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel

Page 150: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

150

en gegrondves sal wees. Mag julle in staat wees

om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd

en ver en hoog en diep die liefde van Christus

strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons

verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal

vervul word met die volheid van God. Aan Hom

wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om

oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan

Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons

verbondenheid met Christus Jesus, deur al die

geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen. Prakties bid ons in hierdie gedeelte van ons uur van gebed vir die krag van God in ons lewe, die vervulling met die Heilige Gees, dat die hand van God met ons sal wees, vir God se teenwoordigheid in ons lewe, dat sy bo-natuurlike krag en teenwoordigheid ons sal versterk en lei om sy wil te doen. Bid dit vir jouself, jou gesin, jou gemeente en vir die ander gemeentes en vir die kerk oor die wêreld heen.

5. Here, bewaar my van onheil, sodat ek

geen pyn sal hê nie Jabes se vierde gebed was: Weerhou onheil van

my sodat geen smart my tref nie (dat ek nie pyn sal hê en nie pyn sal veroorsaak nie). Dit is presies wat Jesus sy dissipels leer in die Ons

Vader gebed leer bid het: Laat ons nie in

versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose (Matt.6:13). Paulus leer vir ons in 2 Tess.3:3: Die

Here is getrou; Hy sal julle versterk en julle van

die bose bewaar. Jakobus, die broer van Jesus, leer vir ons in Jak.4:7: Onderwerp julle dan aan

God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af

wegvlug. Die apostel Petrus waarsku ons in 1 Pet.5:8: Weers nugter, wees wakker! Julle vyand,

die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, op

soek na iemand om te verslind.

Prakties bid ons in hierdie gedeelte van ons uur van gebed dat God ons nie in die versoeking sal lei nie, dat geen onheil naby ons sal kom nie, dat daar nie pyn en ongeluk en smart in ons lewens sal kom nie. Ons bid dat God ons van die aanvalle en aanvegtinge van die Bose sal bewaar en wanneer hy ons wel aanval, dat die Here God vir ons die oorwinning sal gee. Ons bid hierdie gebed vir onsself, ons gesinne, vir ons gemeente, vir gelowiges wêreldwyd.

6. Here, laat ek geen pyn veroorsaak nie

Die naam Jabes beteken letterlik die een wat pyn

veroorsaak. Hierdie Skrifgedeelte kan letterlik op twee wyses vertaal word: "Dat geen smart/pyn

my tref nie" of "dat ek nie pyn sal veroorsaak

nie." Vir die doel van hierdie uur van gebed, kies ons die tweede moontlikheid.

Prakties bid ons dat die Here ons sal help om nie pyn in ander se lewe te veroorsaak nie. Ons bid dat die Here ons sal help om nie ander seer te maak met ons optrede, ons woorde, ons dade of dit wat ons nalaat om te doen nie. Ons bid hier vir geestelike insig en sensitiwiteit om die fisiese, praktiese en ook geestelike nood van ander mense raak te sien sodat ons vir ander tot seën kan wees. Ons bely en laat staan alle dinge wat die Here vir ons wys wat ander kan benadeel, pyn in hulle lewens kan veroorsaak of wat kan maak dat hulle nie die seën van God kan beleef of ontvang nie. Ons bid vir praktiese geleenthede in ons daaglikse lewe om pyn te verlig en tot seën te wees. Hierdie gebed bid ons vir onsself, vir ons gesin, ons gemeente en vir die ander gelowiges soos die Here hulle name op ons harte lê.

7. Danksegging en Lofprysing Aan die einde van Jabes se gebed lees ons: God

het laat gebeur (gedoen) wat hy gevra het. Is dit nie rede tot danksegging en lofprysing om daaraan te dink dat God ons gebede antwoord nie? In Matt.7:7-8 lees ons: Vra, en vir julle sal

gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir

julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra,

ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen

wat klop, sal oopgemaak word. In Jak.4:2-3 lees ons: Julle kry nie, omdat julle nie bid nie. As julle

bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid:

julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig. God antwoord gebed. Baie mense verkry niks van God nie, omdat hulle nie bid nie. Hulle wat bid ontvang van die Here. Prakties kan ons hierdie laaste gedeelte van ons uur van gebed gebruik om God te dank vir antwoorde op gebed en Hom vir sy goedheid te loof. Sluit jou uur van gebed af op 'n triomferende en oorwinnende noot deur God te dank, te loof, te aanbid en te prys. Let noukeurig op die volgende: 1. Jabes het gebid - hy het nie net gekla oor sy

probleem nie, gestaak, 'n betoging gereël en

Page 151: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

151

ander lastig geval oor sy situasie nie. Nee, hy het begin om die Naam van die Here aan te roep.

2. Hy het met vrymoedigheid gebid. Hy het letterlik tot God uitgroep soos sy oupagrootjie Jakob in Gen.32:24-28 - 24

Jakob het alleen daar agtergebly, en ’n man

het tot dagbreek met hom gestoei. 25 Toe die

man agterkom dat hy nie vir Jakob kan wen

nie, het die man, terwyl hy met hom stoei, vir

Jakob teen die heup geslaan sodat dit uit die

potjie gespring het. 26 Die man het vir Jakob

gesê: “Los my, want die dag breek.” Jakob

het geantwoord: “Ek sal jou net los as jy my

seën.” 27 Toe vra die man: “Wat is jou

naam?” en hy antwoord: “Jakob.” 28 Die

man het gesê: “Jy sal nie meer Jakob

genoem word nie, maar Israel , want jy het

teen God en teen mense ’n stryd gevoer en jy

het dit end-uit volgehou.” Omdat Jakob God in gebed aangeroep, vasgegryp en met God geworstel het, het God sy naam van Jakob (Bedrieër) verander na Israel (Prins met God).

3. Jabes het God-grootte gebed gebid. Hy het vir God gevra wat menslik onmoontlik was. Jabes was in 'n hopelose en desperate situasie, maar omdat hy God aangeroep het, het God die onmoontlike gedoen, want God is die God van die onmoontlike.

4. Jabes het gebid tot hy 'n antwoord gekry het, nie net todat God gehoor het nie. So baie mense bid een of twee keer en stop dan. Volhard in gebed, bid deur, totdat jy 'n antwoord van God het.

Praktiese wenke en riglyne 1. Begin deur elke dag Jabes se gebed te bid.

Elke dag! Merk dit daagliks op 'n kalender af dat jy die gebed gebid het om jouself te dissiplineer. Moenie dit 'n rituele gebed maak

nie. Bid dit daagliks met jou hele hart en 'n verwagting dat God jou sal hoor.

2. Begin tweedens om elke dag tyd opsy te sit en poog om, sover moontlik, elke dag een uur in gebed deur te bring.

3. Begin 'n gebedsgroep en bid minstens een keer per week vir 'n uur saam. Wanneer die groep groter as 7 word, verdeel en vorm 'n tweede gebedsgroep.

4. Gebruik Jabes se gebed om te bid vir jouself, jou gesin, die gemeente, die land en tot aan die uiteindes van die aarde.

5. Begin om in 'n persoonlike joernaal rekord

te hou van veranderinge in jou lewe, antwoorde op gebed, geestelike deurbrake en die seën van die Here in jou lewe.

6. Lees gerus die boek The Prayer of Jabez deur Bruce Wilkinson, stigter en president van Walk Thru the Bible. Die volgende twee boeke word ook sterk aanbeveel: The

Hour That Changes the World deur Dick Eastman en Could You Not Tarry One

Hour deur Larry Lea.

Page 152: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

152

Gebedsversoek en Antwoorde Gebedsversoek ...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

Antwoord ...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

Page 153: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

153

Gebedsversoek ...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

Antwoord ...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

Page 154: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

154

Gebedsversoek ...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

Antwoord ...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

Page 155: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

155

Gebedsversoek ...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

Antwoord ...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

Page 156: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

156

Gebedsversoek ...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

Antwoord ...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

Page 157: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

157

Gebedsversoek ...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

Antwoord ...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

Page 158: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

158

Gebedsversoek ...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

Antwoord ...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

Page 159: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

159

Gebedsversoek ...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

Antwoord ...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

Page 160: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

160

Gebedsversoek ...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

Antwoord ...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

Page 161: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

161

Gebedsversoek ...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

Antwoord ...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

Page 162: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

162

Gebedsversoek ...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

Antwoord ...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

Page 163: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

163

Gebedsversoek ...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

Antwoord ...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

Page 164: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

164

Gebedsversoek ...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

Antwoord ...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

Page 165: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

165

Gebedsversoek ...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

Antwoord ...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

Page 166: Bid die Woord - Meester - Jericho Wallsjwipn.com/wp-content/uploads/2017/06/Bid-die-Woord.pdfgebed te proklameer, te oordink/mediteer en/of te sing. Gebruik Skrifgedeeltes om te bid

166

Gebedsversoek ...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

Antwoord ...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................

...........................................................................