bietjie bietjie musiekkonserte op die feesterrein

10
1 BIETJIE BIETJIE MUSIEKKONSERTE OP DIE FEESTERREIN Vrydag Kliphard kykNET Konsert Met Francois van Coke, Elandré Schwartz, Robbie Wessels, Spoegwolf, Coenie Naudé en 0260 Datum en tyd: Vr 3 Des 18:30 (Hekke open 16:00) Prys: R220 (sluit parkering op die veld in) Saterdag kykNET Bietjie Bietjie Bos Konsert Met Snotkop, Karlien van Jaarsveld, Rooksein, Karen, Zoid, Pieter Koen en Anne Datum en tyd: Sa 4 Des 18:30 (Hekke open 16:00) Prys: R220 (sluit parkering op die veld in) SondagKersloffees Met Germandt Geldenhuys, Jannie Moolman, Chris Else, Wynand en Cheree Strydom en Leon Ferreira Datum en tyd: So 5 Des 18:30 Prys: R50

Upload: others

Post on 15-Mar-2022

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: BIETJIE BIETJIE MUSIEKKONSERTE OP DIE FEESTERREIN

1

BIETJIE BIETJIE MUSIEKKONSERTE OP DIE FEESTERREIN

Vrydag Kliphard kykNET Konsert

Met Francois van Coke, Elandré Schwartz, Robbie Wessels, Spoegwolf, Coenie Naudé en 0260 Datum en tyd: Vr 3 Des 18:30 (Hekke open 16:00) Prys: R220 (sluit parkering op die veld in)

Saterdag kykNET Bietjie Bietjie Bos Konsert

Met Snotkop, Karlien van Jaarsveld, Rooksein, Karen, Zoid, Pieter Koen en Anne Datum en tyd: Sa 4 Des 18:30 (Hekke open 16:00) Prys: R220 (sluit parkering op die veld in)

SondagKersloffees

Met Germandt Geldenhuys, Jannie Moolman, Chris Else, Wynand en Cheree Strydom en Leon Ferreira Datum en tyd: So 5 Des 18:30 Prys: R50

Page 2: BIETJIE BIETJIE MUSIEKKONSERTE OP DIE FEESTERREIN

2

MUSIEK KLASSIEK

Classics@Christies / Klassiek@Christies

Met Zanta Hofmeyr, die Nocoré Ensemble, Nelspruit Hoërskool Bel Canto Meisieskoor Venue: Christies@32 on Russel Gastehuis Datum: Vr 3 Desember Tyd: 19:00 Prys: R182 Gradering: Gesin Tydsduur: 80 minute Konsertviolis Zanta Hofmeyr, begelei deur ’n vermaarde strykkwartet, betower met

hul weergawe van Vivaldi se 4 Seisoene (Lente en Somer), Albinoni se Adagio en

Vaughan Williams se werk, The Lark Ascending. Die Nocoré Ensemble, onder

leiding van Walter Fourie voer Barber se Agnus Dei op en die NHS Bel Canto

Meisieskoor lewer ‘n kort program om hierdie heerlike klassieke aand mee af te

sluit. Dié koor, onder leiding van Elet Kruger, het in 2019 in kykNET se Sing in

Harmonie- program met die prys as beste nuweling weggestap. Daar sal wyn en

kaasborde te koop beskikbaar wees by die venue.

TONEEL

Toneel: Drama

Wat As

Met Francois Jacobs, Adriaan van As en Simone Pretorius Teks: Kanya Viljoen

Regie: André Odendaal Gradering: Geen o/14 (Taal) Tydsduur: 80 min Datum en tyd: Wo 1 Des 09:00; Do 2 Des 19:00; Vr 3 Des 09:00; Sa 4 Des 16:00 Venue: Mbombela Stadsteater Prys: R152 Debuut Ondersteun deur NATi en Standard Bank Innibos. Drie skoolvriende oorleef ’n tragiese motorongeluk waarin van hul skoolvriende dood is. Nou, 16 jaar later, ontmoet die drie mekaar weer onverwags in ’n kroeg en probeer sin maak van wat daardie nag gebeur het. Soos hulle ou koeie uit die sloot grawe, kom geheime op die lappe en word skokkende onthullings gemaak. Is daar rus en vrede te vind op die bodem van die glas en skuldige gewetes? ’n Kragtoer die verlede in wat jou aan die hart sal raak.

Toneel: Tragi-komedie

Leengoed

Met Tobie Cronjé en Wynand van Vollenstee Teks: Wynand van Vollenstee Regie: Gert van Niekerk Gradering: Geen o/14 (Taal) Tydsduur: 70 min Datum en tyd: Wo 1 Des 19:00; Do 2 Des 09:00; Vr 3 Des 14:00; Sa 4 Des 12:00 Venue: Mbombela Stadsteater Prys: R152

Page 3: BIETJIE BIETJIE MUSIEKKONSERTE OP DIE FEESTERREIN

3 Debuut Ondersteun deur NATi en Standard Bank Innibos Vanjaar smee die legendariese Tobie Cronjé en Wynand van Vollenstee kragte saam en bring ʼn tragikomedie wat die hartsnare sal raak, na Innibos. Wat het ʼn sang-afrigter en ʼn wyse ou man in gemeen? Wat gebeur wanneer hierdie twee wêrelde mekaar ontmoet – en dit nog by ʼn vlooimark? ʼn Aspirerende internasionale operasanger ontvang slegte nuus en hy besluit om al sy mooiste antieke meubels by ʼn vlooimark te gaan verkoop vir ʼn appel en ʼn ei. Hier ontmoet hy oom Hennie, ʼn kort-van-draad man met geen kind of kraai.. Oom Hennie se stalletjie lees: VRA ’N OU MAN ’N VRAAG VIR R50. Hierdie is die aangrypende verhaal waar twee oënskynlike vreemdelinge, vanuit twee verskillende wêrelde, onwetend by mekaar antwoorde vind. ’n Verrassende ommekeer en onvoorspelbare slot sal die gehoor boei tot die einde. Leengoed is uitstekend, oorspronklik en verrassende vermaak vir elke persoon wat al ooit nagedink het oor die lewenspad wat ons kies en dit wat vanself ons pad kruis.

Die foto’s is geneem deur Jaco Bothman van Empire Photography. Besoek gerus sy webtuiste by www.empirephotography.co.za of skakel hom by 072 7800 75 55.

Toneel: Komedie

Die Grapmakers

Met Neels Clasen en Hannes Brümmer Teks: Lizz Meiring Vervaardiger: Giep van Zyl Gradering: Geen o/16 (Taal / Politiek ) Tydsduur: 65 min Datum en tyd: Wo 1 Des 14:00; Do 2 Des 14:00; Vr 3 Des 19:00; Sa 4 Des 09:00 Venue: Mbombela Stadsteater Prys: R152 Debuut Ondersteun deur NATi en Standard Bank Innibos Komedie is geen grap nie, dis ʼn ernstige saak! “Waar kom grappe vandaan?” is ʼn vraag wat telkens in gesprekke opduik. Wie skep die humor rondom gebeure? Wie draai binne minute die tragiese om in die humoristiese? Hier is die antwoord. Oftewel, die fiktiewe antwoord. Iewers, in ʼn stowwerige, vergete kantoor, sedert die begin van tyd – sit twee uitgeworpe muse (nie vroulik soos die Griekse mitologiese muses nie). Dié twee hanteer die humorafdeling, maar hulle is in die moeilikheid. Wat volg is snaakse en vlymskerp kommentaar oor die waarde van humor asook slim satire oor die verlies van die vermoë om vir onsself en andere met deernis te lag.

Page 4: BIETJIE BIETJIE MUSIEKKONSERTE OP DIE FEESTERREIN

4 Toneel: Komedie

Groet die Grotman 2

Met Wynand van Vollenstee Teks: Frans Swart Regisseur: Frans Swart Gradering: Geen o/14 (Taal) Datum en tyd: Do 2 Des 18:00; Vr 3 Des 18:00 Venue: Sudwala-grotte Tydsduur: 120 minute Prys: R1 Dit is 20 jaar later. Grotman en Elize is steeds baie gelukkig getroud … of is hulle? Die kinders is tieners. Mans en vrouens verskil steeds en is eintlik van verskillende planete. Is alle mans steeds beheervrate / buffels / trolle / varke? Is alle vrouens steeds gaarders? Meneer en mevrou, kom herken jouself in GROET DIE GROTMAN 2 en kom skaterlag vir jouself. Meneer, jy gaan beslis die kans kry om vir jou vrou vinger te wys. En Mevrou, jy gaan beslis die geleentheid hê om manlief in die ribbes te pomp. Hierdie produksie is die ideale tonikum vir enige huwelik, met Wynand van Vollenstee as die skreeusnaakse GROTMAN!

LEEFSTYL

The Ultimate Kasi Experience @Innibos

Date: Sunday , 5th December 20201 Time: 12:00 – 21h00 Venue: Urban House Cost: 350 p/p Come enjoy a buffet of traditional African and township dishes such as Mathuwana, Fully filled kota, Kwere Kwere, afval, beef stew prepared by Urban House Kitchen for you to experience. The delightful aromas interesting flavours of the local foods brought here for you to enjoy as part of your Innibos experience. Paired with local drinks, vibrant live entertainment and local craftsmen whose products you can admire or buy. This year you can also look forward to a fashion show supporting local designers. There will also be entertainment throughout the day from great local artists. The memory of The Ultimate Kasi Experience will linger long after you have gone home. Come and savour a taste of Africa. For reservations call 064 980 7284.

Page 5: BIETJIE BIETJIE MUSIEKKONSERTE OP DIE FEESTERREIN

5 Willem Botha Make-Up Masterclass met MUD

Met Willem Botha Gradering: Volwassenes Tydsduur: 180 minute Datum en tyd: Wo 1 Des 10:00 Venue: Doppio Zero, i’langa Mall Prys: R250 Ondersteun deur i’langa Mall Kom kuier saam met Willem Botha vir ʼn lekker kuieroggend. Hy maak musiek, vertel stories en deel al sy grimeergeheime wat hy gebruik met sy fotosessies. “Enige iemand kan soos ʼn ster lyk en jy het nie tonne grimering nodig om dit reg te kry nie,” vertel Willem. Ingesluit by die prys is ʼn verwelkomingsdrankie, cappuccino, stuk koek en bottel water. Dis ʼn oggend van lekker lag, baie leer en musiek in Afrikaans.

Wyn en Snaar bied aan 2Girls, 2Harps and a Piano

Met Theresa Prinsloo en Karla Brits Venue: Zebrina Gastehuis, 3 Zebrina Crescent Datum: Vr 3 Des Tyd: 18:00 Prys: R200 Gradering: Geen o/18 Tydsduur : 120 min ( Kom kuier by ʼn unieke gastehuis innidorp, waar dit voel of jy innibos is. Volg die kronkelpaadjies na die daktuin, oor die brug, tot by die dek met ʼn uitsig oor die Laeveld. Proe van ons land se wonderlike wyne in ʼn baldadige groen tuin, met water wat val om die rustige atmosfeer te versterk. Harmonieuse klanke van harp en klawerbord vul die lug en 'n oestafel met watertand tapas/happies nooi jou nader. Wanneer die son agter die granietkoppies verdwyn, is daar koffie en soetigheid om die ervaring af te rond.

Page 6: BIETJIE BIETJIE MUSIEKKONSERTE OP DIE FEESTERREIN

6 BOEKE

Woordespel met Wilna en Lucinda

Met Wilna Adriaanse en Lucinda Neethling Venue: Tindlovu @ Laeveld Botaniese Tuin Datum: Do 2 Des Tyd: 12:00 Prys: R200 (ligte ete ingesluit) Aantal kaartjies te koop: 80 Gradering: (Gesin) Tydsduur: 120 minute Wilna Adriaanse se splinternuwe spanningsverhaal, Vlug, is pas op die rakke. Soos haar vorige boeke beloof dié een ook om lesers op die punt van hulle stoele te hou, want hoe vlug ’n mens as jy nie weet waar die vyand is nie? Lucinda Neethling, bekend as ’n lid van Die Melktert Kommissie, sing nie net nie, maar skryf en skep kunswerke. Kom luister na haar sang en vertellings; dit roer en raak.

Kaartjies vir die vertonings is landswyd by Computicket vanaf 27 Oktober 2021 te koop. Vir enige navrae skakel die Inniboskantoor by 082 460 3855.

Words in my Mouth Poetry Slam

Venue: Piazza i’langa Mall TBC Duration: 120 min Date and time: Saturday 4 December 16:00-18:00 Grading: PG (L) Price: Free Words in my Mouth is a poetry platform in Mbombela with the aim to promote arts

in general, as well as giving up and coming artists the opportunity to hone their

skills. It serves as an incubator for up and coming writers, musicians and artists.

Since its inception in 2016 this platform has seen several well-established. South

African poets perform in Mbombela as part of so-called poetry slams where poets

battle it out to see who is king / queen of the rhyme.

Page 7: BIETJIE BIETJIE MUSIEKKONSERTE OP DIE FEESTERREIN

7 PARADE

Kuns in beweging parade @ Innibos

Datum: Vrydag 3 Desember 2021 Tyd: 10:00 – 11:00 Venue: Vanaf Sitrus singel tot Promenade Koste: Gratis Die kleurvolle Innibos Kuns-in-beweging-parade word vanjaar saam met die Departement van Kuns, Sport en Rekreasie se parade aangebied. Die parades wat saamsmelt sal weer die strate van Mbombela oudergewoonte inkleur as deel van die van die fees en viering van die verskillende kulture in ons provinsie. Met byna 500 deelnemers sal pragtige vlotte en reuse marionette deel wees van die opwindende parade. Die Innibos Kuns-in-beweging-parade sal Vrydag 3 Desember 10:00 begin in Sitrus singel (Agter SARS Kantoor) en eindig by die Promenade sentrum se parkeerterrein.

GHOLF

Sunbake Standard Bank Innibos Gholfdag

Datum: 25 November 2021 Tyd: 07:00 – 18:00 Venue: Mbombela Gholfklub Koste: R400 per speler Besprekings: Stuur ʼn epos aan [email protected]

Die Sunbake Standard Bank Innibos-gholfdag is weer deel van die program. Die gholfdag sal Donderdag, 25 November by Mbombela Gholfklub te Matumi-gholflandgoed plaasvind. Gholfers sal elk ʼn verrassingspakkie ontvang en winste wat uit die gholfdag genereer word, sal aan die Innibos Meridian Educational Trust geskenk word om minderbevoorregte talentvolle jong leerders die kans te gun op goeie onderwys en opleiding.

INNIBOS KERSMARK MY NITALI’S

Kersmark @ Nitali’s Kom geniet al hierdie klasse saam met ander feesgangers en steek die kreatiewe vure aan die brand! Skakel 0845279763 om te bespreek vir die klasse. Onthou daar is net ʼn beperkte aantal plekke beskikbaar. Bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom. Vir die volledige program, besoek gerus Innibos se webtuiste by www.innibos.co.za

Page 8: BIETJIE BIETJIE MUSIEKKONSERTE OP DIE FEESTERREIN

8 Kersfees Krans (Wreath)

Gradering: Volwassenes Tydsduur: 2 ure Datum en tyd : Woensdag 1 Desember 2021 09h30-11h30 Venue: Nitali Re-Invented Decor 8B Silva Straat Nelspruit Prys: R450 Maak ʼn pragtige Kerskrans uit natuurlike elemente, keramiek, hekel bykomstighede, lint en verf. ’n Pragtige fokuspunt gedurende die Kerstyd wat selfs deur die jaar gebruik kan word. Die werkswinkel sluit alle materiale in asook verversings, koffie en tee in. Skakel 0829583614 om te bespreek vir die klas.

Leefstyl: Handwerkkunsklasse

Egte leer babaskoene - erfstuk

Gradering: Volwassenes Tydsduur: 2 ure Datum en tyd :Woensdag 1 Desember 2021 12h00-14h00 Venue: Nitali Re-Invented Decor 8B Silva Straat Nelspruit Prys: R400 Handgestikte babavellies uit sagte leer - maak ’n stel skoentjies vir ’n spesiale baba. Die werkswinkel sluit alle materiale asook verversings, koffie en tee in. Skakel 0845279763 om te bespreek vir die klas.

Leefstyl: Handwerkkunsklasse

Blokkies Dekor Skinkbord/Checkered Decorative Tray

Gradering: Volwassenes Tydsduur: 2 ure Datum en tyd :Woensdag 1 Desember 2021 14h30-16h30 Venue: Nitali Re-Invented Decor 8B Silva Straat Nelspruit Prys: R450 Verf ’n pragtige skinkbord met Tjhoko-verftegnieke en stensils. Die werkswinkel sluit alle materiale asook verversings, koffie en tee in. Skakel 0825696588 om te bespreek vir die klas.

Page 9: BIETJIE BIETJIE MUSIEKKONSERTE OP DIE FEESTERREIN

9 Leefstyl: Handwerkkunsklasse

Beginners Waterverf met Elani Dekker

Gradering: Volwassenes Tydsduur: 2 ure Datum en tyd :Woensdag 1 Desember 2021 17h00-19h00; :Donderdag 2 Desember 2021 14h30-16h30; Vrydag 3 Desember 2021 12h00-14h00; Saterdag 4 Desember 2021 109h30-11h30 Venue: Nitali Re-Invented Decor 8B Silva Straat Nelspruit Prys: R450 Ontdek die wonderlike kunsvorm waterverf en leer hoe om hierdie medium te gebruik in jou eie kunswerke! “Waterverf vir nie-verwers wat hou van verf” Die werkswinkel sluit alle materiale asook verversings, koffie en tee in. Skakel 0825696588 om te bespreek vir die klas.

Leefstyl: Handwerkkunsklasse

Cartoon Drawing with Ghost

Gradering: Volwassenes Tydsduur: 2 ure Datum en tyd : Donderdag 2 Desember 2021 09h30-11h30 Vrydag 2 Desember 2021 17h00-19h00 Venue: Nitali Re-Invented Decor 8B Silva Straat Nelspruit Prys: R450 Leer om jou eie cartoons te teken met die legendariese Ghost! Die werkswinkel sluit alle materiale asook verversings, koffie en tee in. Skakel 0825696588 om te bespreek vir die klas.

Leefstyl: Handwerkkunsklasse

Geverfde Houthuise

Gradering: Volwassenes Tydsduur: 2 ure Datum en tyd :Donderdag 2 Desember 2021 12h00-14h00 Venue: Nitali Re-Invented Decor 8B Silva Straat Nelspruit Prys: R450 Maak en verf ’n stel houthuisies! So mooi en baie populêr! Die werkswinkel sluit alle materiale asook verversings, koffie en tee in. Skakel 0829583614 om te bespreek vir die klas.

Page 10: BIETJIE BIETJIE MUSIEKKONSERTE OP DIE FEESTERREIN

10 Leefstyl: Handwerkkunsklasse

Gehekelde Mandjies met houtbodem

Gradering: Volwassenes Tydsduur: 2 ure Datum en tyd :Vrydag 3 Desember 2021 09h30-11h30 Venue: Nitali Re-Invented Decor 8B Silva Straat Nelspruit Prys: R450 Gebruik t-hemp yarn om jou eie unieke hekelmandjie te hekel - soveel opsies vir die gebruik daarvan! Die werkswinkel sluit alle materiale asook verversings, koffie en tee in. Skakel 0845279763 om te bespreek vir die klas.

Leefstyl: Handwerkkunsklasse

Resin kaasbord

Gradering: Volwassenes Tydsduur: 2 ure Datum en tyd : Vrydag 3 Desember 2021 09h30-11h30 Venue: Nitali Re-Invented Decor 8B Silva Straat Nelspruit Prys: R450 Maak ’n pragtige kunswerk wat funksioneel is ook! Gebruik resin en kleurpigmente om ’n pragstuk te skep. Die werkswinkel sluit alle materiale asook verversings, koffie en tee in. Skakel 0829583614 om te bespreek vir die klas.

Leefstyl: Handwerkkunsklasse

Muurbehangsel - verf volgens nommers “Paint by numbers”

Gradering: Volwassenes Tydsduur: 2 ure Datum en tyd :Saterdag 4 Desember 2021 12h00-14h00 Venue: Nitali Re-Invented Decor 8B Silva Straat Nelspruit Prys: R450 Verf ’n mooi muurbehangsel vir jou huis of as ’n geskenk vir iemand besonders. Die werkswinkel sluit alle materiale asook verversings, koffie en tee in. Skakel 0845279763 om te bespreek vir die klas.

Leefstyl: Handwerkkunsklasse

Polymer klei oorbelle

Gradering: Volwassenes Tydsduur: 2 ure Datum en tyd :Saterdag 4 Desember 2021 14h30-16h30 Venue: Nitali Re-Invented Decor 8B Silva Straat Nelspruit Prys: R450 Unieke ontwerpe in polymer klei vir jou ore of as geskenke vir iemand spesiaal! Ses pare oorbelle word gemaak. Die werkswinkel sluit alle materiale asook verversings, koffie en tee in. Skakel 0829583614 om te bespreek vir die klas.