blitspos 2016 04 28 - nhk...

8
Gesang 526 se woorde het nog nooit met my gespreek soos tydens die 7de Algemene Diakensvergadering nie. Met die afsluiting het die afgevaardigdes daar gestaan en met soveel passie gesing dat ’n mens die gevoel gekry het dis nog nie klaar nie. Dat dit van hierdie vergadering af gaan uitkring en groter word en al ons Kerk se gemeentes gaan raak. Die simposiumgedeelte van die ADV was die inspirasie. Die verskillende reaksies op die simposiumsessies het gewissel van Ek het dinge geleer wat ek my nooit kon indink nie tot Ek het net besef hoeveel mense daar is wat seer het. Ek is so bly ek was hier of Dit was beslis die moeite werd het ek ook by elkeen gehoor. Daar was soveel oomblikke van omgee dat niemand onaangeraak huis toe kon gaan nie. Elkeen het stof tot nadenke, toerusting, liefde, inligting, inspirasie en omgee ontvang. Van die ADV af kan ons in ons gemeentes gaan deel en gaan wérk. Sonder vooroordeel en vrees vir iemand met ’n gevreesde siekte soos MIV/vigs, want ons besef nou dat sy of haar vrees soveel groter is. Sonder vooroordeel teenoor die afhanklikes, want of dit alkohol, dobbel of wat ook al is, hulle het hulp en veral ondersteuning nodig. Oordeel het nog nooit genesing gebring nie. Ons is bevoorreg om die werk te doen en deel te wees van kindersorg, wat so ’n groot omvang het. Ons moet ons ook staal vir die hartseer en trauma wat sommige kinders beleef. Ons kinders is so blootgestel en eintlik so broos. Dit is nie moeilik om deernis te hê met ’n kind wat swaarkry nie, maar ons vergeet hoe broos en blootgestel ons bejaardes is. Dit is elke gemeente se uitdaging om ook na hulle uit te reik. Moeilikheid is ons besigheid, het ons gehoor by armoedebediening. Die belangrikheid van gekoördineerde ondersteuning is ook bespreek, want wat help tien komberse in die winter as jy honger bly? Gesinsgeweld is een van die hartseer sake wat behandel is. Slagoffers het regte, veral die reg op liefde. Ons het gesien hoe een van ons predikante ’n moordenaar omhels. Ek het gedink aan Jesus wat daar aan die kruis ’n misdadiger se sondes vergewe. Die besef Wie is ons dan om te oordeel? kom lê swaar op jou hart wanneer jy sien hoe liefde ook ’n moordenaar kan aanraak en rehabiliteer. Anders en tog eenders! Dit is nie moeilik vir die persoon wat omgee om betrokke te raak by ’n gestremde se behoeftes nie. Hulpbronne, hulpmiddels en netwerke bestaan reeds om die persoon met gestremdheid te help, en ons kan omgee byvoeg. Die draad van trauma is geweef deur die verskillende simposiumsessies. Trauma kan op enige plek in ’n mens se lewe kop uitsteek. Maar daar is hulp. Daar is hoop. Daar is genesing. Waar daar liefde is, en deernis, daar is God die Heer. Op die pad vorentoe is jý die verskil. Watter voorreg! Elize Jones (Die volgende uitgawe van blitspos@nhk verskyn op Donderdag 12 Mei) Skakels Webblad van die Hervormde Kerk www.nhka.or g Indien u nie weer blitspos@nhk wil ontvang nie, stuur ’n e-pos na [email protected] Nuus, berigte en kort kommentaar (uiters 100 woorde) aan [email protected] Nuus, berigte en kort kommentaar (uiters 100 woorde) aan [email protected] a Ubi caritas Teken in op blitspos@nhk Stuur ’n e-pos na [email protected] a 28 April 2016 Jaargang 9 – Uitgawe 12 blitspos @nhk Standpunte in artikels en berigte is nie noodwendig die amptelike standpunte van die NHKA nie, maar die opinies van die skrywers. Waar daar liefde is, en deernis, waar daar liefde is, daar is God die Heer. Ubi caritas et amor, ubi caritas, Deus ibi est.

Upload: others

Post on 20-Sep-2019

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Blitspos 2016 04 28 - NHK Randburgnhk-randburg.co.za/wp-content/uploads/2014/10/Blitspos20160428.pdf · Daar is hoop. Daar is genesing. Waar daar liefde is, en deernis, daar is God

Gesang 526 se woorde het nog nooit met my gespreek soos tydens die 7de Algemene Diakensvergadering nie. Met die afsluiting het die afgevaardigdes daar gestaan en met soveel passie gesing dat ’n mens die gevoel gekry het dis nog nie klaar nie. Dat dit van hierdie vergadering af gaan uitkring en groter word en al ons Kerk se gemeentes gaan raak.

Die simposiumgedeelte van die ADV was die inspirasie. Die verskillende reaksies op die simposiumsessies het gewissel van Ek het dinge geleer wat ek my nooit kon indink nie tot Ek het net besef hoeveel mense daar is wat seer het. Ek is so bly ek was hier of Dit was beslis die moeite werd het ek ook by elkeen gehoor.

Daar was soveel oomblikke van omgee dat niemand onaangeraak huis toe kon gaan nie. Elkeen het stof tot nadenke, toerusting, liefde, inligting, inspirasie en omgee ontvang. Van die ADV af kan ons in ons gemeentes gaan deel en gaan wérk. Sonder vooroordeel en vrees vir iemand met ’n gevreesde siekte soos MIV/vigs, want ons besef nou dat sy of haar vrees soveel groter is. Sonder vooroordeel teenoor die afhanklikes, want of dit alkohol, dobbel of wat ook al is, hulle het hulp en veral ondersteuning nodig. Oordeel het nog nooit genesing gebring nie.

Ons is bevoorreg om die werk te doen en deel te wees van kindersorg, wat so ’n groot omvang het. Ons moet ons ook staal vir die hartseer en trauma wat sommige kinders beleef. Ons kinders is so blootgestel en eintlik so broos. Dit is nie moeilik om deernis te hê met ’n kind wat swaarkry nie, maar ons vergeet hoe broos en blootgestel ons bejaardes is. Dit is elke gemeente se uitdaging om ook na hulle uit te reik.

Moeilikheid is ons besigheid, het ons gehoor by armoedebediening. Die belangrikheid van gekoördineerde ondersteuning is ook bespreek, want wat help tien komberse in die winter as jy honger bly?

Gesinsgeweld is een van die hartseer sake wat behandel is. Slagoffers het regte, veral die reg op liefde. Ons het gesien hoe een van ons predikante ’n moordenaar omhels. Ek het gedink aan Jesus wat daar aan die kruis ’n misdadiger se sondes vergewe. Die besef Wie is ons dan om te oordeel? kom lê swaar op jou hart wanneer jy sien hoe liefde ook ’n moordenaar kan aanraak en rehabiliteer.

Anders en tog eenders! Dit is nie moeilik vir die persoon wat omgee om betrokke te raak by ’n gestremde se behoeftes nie. Hulpbronne, hulpmiddels en netwerke bestaan reeds om die persoon met gestremdheid te help, en ons kan omgee byvoeg.

Die draad van trauma is geweef deur die verskillende simposiumsessies. Trauma kan op enige plek in ’n mens se lewe kop uitsteek. Maar daar is hulp. Daar is hoop. Daar is genesing. Waar daar liefde is, en deernis, daar is God die Heer. Op die pad vorentoe is jý die verskil. Watter voorreg!

Elize Jones

(Die volgende uitgawe van blitspos@nhk verskyn op Donderdag 12 Mei)

Skakels

Webblad van die Hervormde Kerkwww.nhka.org

Indien u nie weer blitspos@nhk

wil ontvang nie, stuur ’n e-pos [email protected]

Nuus, berigte en kort kommentaar

(uiters 100 woorde) aan

[email protected]

Nuus, berigte enkort kommentaar

(uiters 100 woorde)aan

[email protected]

Ubi caritas

Teken in op blitspos@nhk

Stuur ’n e-pos [email protected]

28 April 2016Jaargang 9 – Uitgawe 12 blitspos

@nhk

Standpunte in artikelsen berigte is nie noodwendig die

amptelike standpunte van die NHKA nie,maar die opiniesvan die skrywers.

Waar daar liefde is, en deernis,waar daar liefde is, daar is God die Heer.

Ubi caritas et amor,ubi caritas, Deus ibi est.

Page 2: Blitspos 2016 04 28 - NHK Randburgnhk-randburg.co.za/wp-content/uploads/2014/10/Blitspos20160428.pdf · Daar is hoop. Daar is genesing. Waar daar liefde is, en deernis, daar is God

2

Lief en leed

Emerituspredikant • ds Gert en Lanie van Jaarsveld van Middelburg in Mpumalanga vier op 28 April hul 65ste huweliksherdenking. Dit is ’n groot mylpaal in hul lewe. Ds Van Jaarsveld is met derdefase Alzheimersiekte gediagnoseer en word vanjaar 94 jaar oud. Baie geluk met die mooi dag!

Ds Johan Bester• , wat tot einde Julie 2016 brugbediening in Gemeente Parys doen, het tydens die Universiteit van Pretoria se herfsplegtigheid sy MTh-graad in Praktiese Teologie ontvang.

Die volgende predikante verjaar tot 13 Mei, en word hartlik geluk gewens:•

Donderdag 28 April: Ds P (Pieter) Rossouw (Sannieshof)o Saterdag 30 April: Ds WJ (Wimpie) Steyn (emeritus)o Sondag 1 Mei: Ds NM (Nick) Alberts (beroepafwagtend)o Maandag 2 Mei: Ds HJ (Henk) Labuschagne (Noordelike Pretoria)o Dinsdag 3 Mei: Ds E (Elritia) le Roux (Middelburg)o Woensdag 4 Mei: Ds PJ (Pierre) Roets (Springs-Oos)o Donderdag 5 Mei: Ds JP (Johan) Bester (Parys), o drr H (Hein) Delport (Krugersdorp/Krugersdorp-Wes) en

EB (Ernest) Marran (Losberg)Vrydag 6 Mei: Ds C (Cobus) Manders (Bethal)o Maandag 9 Mei: Ds L (Leon) Geel (Grimbeekpark) o Dinsdag 10 Mei: Di FH (Frans) Ras (Windhoek), o SJ (Fanie) Swanepoel (emeritus) en

GJW (Gert) van der Merwe (emeritus)Woensdag 11 Mei: Ds G (Guillaume) Rocher (Nigel) en o dr JC (Christo) van der Merwe (emeritus)Donderdag 12 Mei: Ds JH (Buks) van Heerden (emeritus)o Vrydag 13 Mei: Prof E (Ernest) van Eck (UP), o drr GC (Gerhard) Lindeque (Midstream), JJ (Koos) Prinsloo (emeritus) en ds OJ (Ockie) van Schalkwyk (studerend)

VONKK-lied van die week

VONKK 219: Wat die toekoms ook mag inhou. Hierdie is ’n pragtige lied in die klassieke styl wat iets van die gelowige se hoop vir die lewe elke dag verwoord. Veral in die onsekere tye waarin ons tans leef, is daar soveel troos te vind in die teks van Jacques Louw. Die 3de strofe lui so:

Wat die toekoms ook mag inhou, hoe onseker alles is –ek sal altyd aan U vashou, omdat U my Vader is.Lei my soos ’n kind wat soekend in die donkerte moet loop.Hoor my, Vader, as ek roepend in my nood op U bly hoop.

Die melodie van die komponis John Zundel is sterk en maklik om aan te leer. ’n Aantal jare gelede is die Nederlandse vorm van die lied as die gewildste kerklied in Nederland aangewys. Op die webblad van VONKK is daar ook ’n kantoryverwerking vir sanggroepe of kore.

Gemeentes en bediening

Die Sinodale Dienssentrum sal gesluit wees op Donderdag 5 Mei • (Hemelvaartdag).

Ds Johan Bester

Ds Gert en Lanie van Jaarsveld

Page 3: Blitspos 2016 04 28 - NHK Randburgnhk-randburg.co.za/wp-content/uploads/2014/10/Blitspos20160428.pdf · Daar is hoop. Daar is genesing. Waar daar liefde is, en deernis, daar is God

3

Prop C (Chantelle) du Toit • (beroepafwagtend) het die beroep na Pietermaritzburg (deeltyds) aanvaar, maar die beroep na Durban-Suid bedank. Sy word op Sondag 15 Mei in Pietermaritzburg georden.

Ds Charlene van der Merwe• is losgemaak van Gemeente Empangeni.

Ds Lulani van der Merwe• is beroepbaar gestel in die Kerk.

Die• ringsvergadering van Waterberg op 4 Mei vind nie meer by Rust der Winter plaas nie, maar wel by Waterberg.

Gemeente Pretoria-Oos• het onlangs die fasiliteite aangebring om eredienste lewendig uit te saai oor die internet (live streaming). Enige persoon wat op ’n Sondag nie hul eie gemeente se diens kan bywoon nie, is welkom om na die You Tube-kanaal by hierdie skakel te gaan en om 09:00 op die erediens in te skakel. Die vorige weke se eredienste is ook beskikbaar op die kanaal. In You Tube, tik Pretoria-Oos-gemeente in die soekfunksie in. Die heel boonste opsie is die kanaal van die gemeente. As jy daar klik, sal die laaste weke se preke daar beskikbaar wees.

Interimbediening in Zambië.• Die kerkraad van Gemeente Nkana in die noorde van Zambië versoek hiermee predikante wat sou belangstel om vir 12 dae per maand in die gemeente te kom werk, om hul kontakbesonderhede aan ds Eksteen Botes van die Komitee vir Afrikabediening deur te gee. Die gemeente is vanaf 25 April vakant, en die kerkraad wil graag die bediening so goed moontlik voortsit totdat ’n voltyde predikant in die gemeente bevestig word. Die tussentydse bediening funksioneer soos volg: Die predikant arriveer op die tweede Donderdag van die maand na ’n vlug van OR Tambo na Ndola. Die tweede Sondag van die maand word twee eredienste op verskillende plekke gehou. Die Dinsdag en Woensdag van die volgende week word twee eredienste op twee ander plekke gehou, en die derde Sondag weer twee eredienste op twee ander erediensplekke. Die predikant keer dan weer die volgende Dinsdag na Suid-Afrika terug. Die gemeente betaal die retoerkaartjie en voorsien huisvesting asook die gebruik van die gemeentevoertuig vir die tydperk. Daar word ook ’n honorarium vir die werk betaal, wat die balans beloop van die K10 000 (Kwatcha) wat vir die maand begroot word. Die bedrag sal wissel na gelang van die vliegkoste en die wisselkoers. Kontak ds Botes by [email protected] of 083 262 0677. Die eerste besoek moet reeds die 2de en 3de Sondae van Mei plaasvind.

Preekbeurte in Dullstroom.• Predikante kan by Gemeente Dullstroom preek en gratis verblyf vir die naweek kry. Die gemeente bied gratis verblyf vir ’n predikant en sy/haar gade in ruil vir die gratis preek; een voorskoolse kind kan gehuisves word. Daar word voorsien vir twee nagte; indien u ’n ekstra nag wil oorbly en ekstra mense bring, moet u dit vooraf met Jan Bette by 073 790 3357 bespreek; die derde nag en ekstra mense is op u eie koste. Kontak Johanna by 072 116 3353 of [email protected].

Beplande vergaderings

Woensdag 4 Mei: Ons Tuis Finkom• Maandag 9 Mei: Raad vir SENTIK•

Redaksie van die AlmanakDonderdag 12 Mei: Redaksie van • Die Hervormer

Rata FinkomVrydag 13 Mei: Moderamen•

SP Engelbrecht-museumkomitee

Ds Lulanivan der Merwe

Prop Chantelledu Toit

Ds Charlenevan der Merwe

Page 4: Blitspos 2016 04 28 - NHK Randburgnhk-randburg.co.za/wp-content/uploads/2014/10/Blitspos20160428.pdf · Daar is hoop. Daar is genesing. Waar daar liefde is, en deernis, daar is God

4

Kerklike en ander publikasies

Boek van die week. • Briewe van Johannes (Gert Malan). R50. Die inhoud van die Johannes-briewe draai essensieel om die liefde. Maar die liefde waarvan ons hier lees, is nie die wispelturige liefde van emosie nie. Dit is ’n ander soort liefde. Dit is liefde wat aan die lewe die regte betekenis gee. Dit is liefde wat alles gee en tegelyk alles vra. Ken jy en leef jy hierdie liefde? Bestel by mev Sanell van Vuuren van SENTIK se Boekwinkel, [email protected].

Lees in • Konteks van Mei 2016Hemelvaart voltooi die prent o Die verhaal van die NHSV in Port Elizabetho Maak kennis met die Sinodale Dienssentrumo

Lees in • Die Hervormer van Mei 2016Om met integriteit kerk te weeso Die bestryding van korrupsie begin by ónso ’n Openbare getuienis oor die president en die regeringo

Lees Die Hervormer nou volledig by www.hervormer.co.za

Die • Tydskrif vir Hervormde Teologie (THT) nooi ampsdraers en lidmate uit om bydraes te lewer vir publikasie in die Junie 2016-uitgawe.

Artikels wat verband hou met die tema van die o Luther-dekade in hierdie jaar, naamlik die Reformasie en die wêreld. Ons dink aan bydraes wat fokus op die gestaltegewing van die Reformatoriese erfgoed in Suid-Afrika en in ander lande in Afrika en Suid-Amerika. Voorbeelde: Die unieke plasing en rol van pastorieë; orrelbegeleiding; die unieke rol van die diakonaat en/of die NHSV in die Kerk; ’n Hervormde Kerk in ’n Rooms-Katolieke land. Artikels ter voorbereiding vir die o komende Algemene Kerkvergadering. Ons dink aan artikels wat verband kan hou met ’n tema wat moontlik tydens die AKV ter sprake kan kom.

Artikels kan tussen 5 en 15 bladsye lank wees. Die taalgebruik moet vir almal toeganklik wees, maar die artikel moet van deeglike navorsing getuig. Die sperdatum is 30 Mei. Stel die redakteur, prof Natie van Wyk, so spoedig moontlik by [email protected] in kennis van u voorneme om deel te neem.

Allegaartjie

Ons dorp het nie ’n biblioteek nie. Die dorpsbiblioteek het elf jaar gelede afgebrand en hoewel al die boeke gered kon word, dink die munisipaliteit blykbaar nie dis belangrik om weer ’n biblioteek te hê nie. Ek wil in my hande huil daaroor. Hoewel my kinders ook e-lesers het, hou hulle – nes ek – van die reuk van boeke. Boekwinkels maak hulle opgewonde. Nes die biblioteekbus my destyds opgewonde gemaak het. (Keina Swart, joernalis en skrywer, in LitNet-nuusbrief 596, 21 April 2016)

Toerusting

Die • Desmond Tutu Opleidingsprogram is ’n PhD-studiebeurs wat befonds word deur die Nasionale Navorsingstigting en die Vrije Universiteit Amsterdam. Van 2015 tot 2020 sal 20 plekke jaarliks beskikbaar wees binne ’n wye verskeidenheid dissiplines. Gekeurde kandidate sal onder leiding van sowel ’n Suid-Afrikaanse as ’n Nederlandse toesighouer werk. Aansoeke vir die huidige rondte sluit op 6 Mei 2016. Gaan na www.nrf.za.ac vir meer inligting.

Hervormde Teologiese Kollege (HTK): Gesprek met die Bybel • Woensdag 18 Mei om 19:00By Gemeente Pretoria-Oos (Delyweg 100) Ds Hannes van der Merwe oor VONKK-liedere Orreliste, predikante, gemeentelede en belangstellendes welkom

a

Page 5: Blitspos 2016 04 28 - NHK Randburgnhk-randburg.co.za/wp-content/uploads/2014/10/Blitspos20160428.pdf · Daar is hoop. Daar is genesing. Waar daar liefde is, en deernis, daar is God

5

UP Fakulteit Teologie: Johan Heyns Gedenklesing• Woensdag 25 Mei 18:30 vir 19:00 in die SenaatsaalSpreker: Prof Wentzel van HuyssteenTema: Johan Heyns as interdissiplinêre teoloog?Bevestig voor 13 Mei by [email protected]

Barmhartigheid

Tydens die pas afgelope 7de ADV is die • nuwe Kommissie van die ADV benoem: Dagbestuur (Primuslede)Voorsitter: Mac van Zyl (Losberg)Skriba: Wilna Gates (Krugersdorp)Visevoorsitter: Dirk Stoltz (Laeveld)Viseskriba: Leandri Pretorius (Rustenburg)SekundusledeVoorsitter: Braam van Rooyen (Brakpan)Skriba: Cobus van Wyk (Pretoria-Wes)Visevoorsitter: Marco Jacobs (Heilbron)Viseskriba: Jacques Roos (Zuurfontein)Addisionele lede (Primuslede)Otto Nel (Pretoria-Wes)Roy McEwen (Johannesburg)Ben van Buuren (Waterberg)Jaco Mocke (Klerksdorp)Gommie Prinsloo ( Middelburg)Jacques Beukes (Chrissiesmeer)SekundusledeFrikkie Enslin (Middelburg)Pieter Schwartz (Potchefstroom)André Beukes (Zuurfontein)Pieter Schreiber (Germiston)Hans van der Merwe (Pretoria-Noord)Johan Volschenk ( Maquassi)

Vrydag 27 Mei• is Tekkie Tax Dag! Gee jou R10 donasie en kry ’n plakker by enige deelnemende welsynsorganisasie, Clicks of Toys R Us. Of betaal R35 vir prettige skoenveters en ’n plakker. Die veldtog word vanjaar onderskryf deur 11 nasionale welsynsorganisasies wat altesaam meer as 1 000 plaaslike organisasies verteenwoordig.

Fondsinsamelings

Gemeente Verwoerdburg: Gholfdag Donderdag 19 Mei • Dryf die Woord R1 600 per vierbalPretoria-Wes-gholfbaanKontak Jana Bester by 071 933 4236

Gemeente Noordelike Pretoria: Frank Sinatra-konsert • Vrydag 20 Mei om 19:00 Ten bate van orrelfonds In kerkgebou te 12de Laan 512, Gezina Sang: Jean-Pierre Verster (van Salon Musiek) Klavier: Mart-Marie SnymanKontrabas: Willem van der HovenKaartjies by Computicket teen R100 per persoon Skakel Pierre Cronje by 082 920 2599 vir meer inligting

Vepnave

Page 6: Blitspos 2016 04 28 - NHK Randburgnhk-randburg.co.za/wp-content/uploads/2014/10/Blitspos20160428.pdf · Daar is hoop. Daar is genesing. Waar daar liefde is, en deernis, daar is God

6

Gemeente Horison Roodepoort: Andre Schwartz • Woensdag 5 Oktober in die RoodepoortteaterOggend om 10:00 teen R120 per kaartjie Aand om 19:00 teen R150 per kaartjieKaartjies beskikbaar by dr Gerhard Nel 082 823 5074 of by enige Computicket (in Checkers, by Money Market-toonbank)

’n Gedig

Bolandse eik

Die eik is in die akker waar dit skielik val –diep in die somer as die laataand sonlig leen,hop dit en rol tot in ’n slootjie langs die walwaar goud-gehelmde herfsbome wag op reën.

Die eerste buie spoel dit toe in sagte slikvan modder, blare, stukke bas en brokke mis.Tussen erdwurms en mieregate lewe dit,tót die gewassie uitbars uit sy dopbruin kis.

Die boom groei stadig vol seisoene en die vrotslaan plek-plek gate uit van binne langs die pit.Groen en fl uweelfyn aan die bas kleef wintermos,snoeiwonde sit swartoog by elke tak se lit.

Die eik kyk mense, jare, eeue agternaterwyl hy aanhou uithol, blaar en akkers dra.

IL de Villiers(Uit: Jerusalem tot Johannesburg 2005)

Basaars

Gemeente Bronkhorstspruit: Basaar• Saterdag 30 April vanaf 08:00Boerboelskou vind om 09:00 plaas as deel van die basaar Verskeidenheid stalletjies met onder andere vleis, gebak, vars produkte,allerlei eetgoed, teetuin, naaldwerk, kindervermaak en vele meer Kom geniet die dag saam met ons Navrae [email protected]

Warmbad Bosveldfees: Saterdag 30 April. • Tydens hierdie fees met die tema Leef groen en wees veilig sal verskeie uitstallers alles van groen energie, besparing, bewaring en veiligheid ten toon stel. Neem deel aan die Groen Boerepatent-kompetisie en wys hoe jy met jou eie planne groen leef. Skryf in vir Mnr en Mej Bosveld: kategorieë van babas tot hoërskool en ook Strelitzia-koningin (alle dames tot 35 jaar). Kontak ons indien jy belangstel in ’n stalletjie of om jou Boerepatent in te skryf: Ds Marius Bacon by 083 297 6135 of Doreen Engelbrecht by 014 736 3124. E-pos [email protected]. Webblad: http://hkw.co.za/bosveldfees.

Gemeente Potchefstroom: Maandag 2 Mei 08:00-13:00• Motorskou, basaar en antieke meubelveiling hv Walter Sisulu-rylaan en Wolmaransstraat, PotchefstroomVolwassenes R20, skoolgaande kinders R10 en voorskools gratisNavrae aan dr Sanet Jansen van Rensburg by 018 293 0678of [email protected]

Page 7: Blitspos 2016 04 28 - NHK Randburgnhk-randburg.co.za/wp-content/uploads/2014/10/Blitspos20160428.pdf · Daar is hoop. Daar is genesing. Waar daar liefde is, en deernis, daar is God

7

Gemeente Magaliesmoot: • Bosberaad Basaar Saterdag 7 Mei vanaf 08:00 Baardkompetisie, Die Moot het talent, babakompetisie Al die gebruiklike stalletjies Hoë kwaliteit vleis en groente teen billike pryse Heerlike biltong Speletjies en legendariese spookhuis vir kinders van alle ouderdomme Kom kuier lekker saam aan die voet van die Magaliesberge Vir meer inligting, kontak Henna Fourie by 071 345 0478 of David Barnard by 083 441 1789

Gemeente Greylingstad: Saterdag 7 Mei vanaf 10:00• Vleisbasaar, stalletjies en kinderpret Slegs 50 km vanaf Heidelberg op ou DurbanpadOndersteun ons asseblief, ons het slegs 50 lidmateMaak dit ’n naweekuitstappie en oornag in ’n gastehuis in Heidelberg Navrae aan ds Fanie Naudé by [email protected]

Gemeente Delareyville: Saterdag 7 Mei vanaf 08:00• Generaal DelareyfeesToegang R100, skoliere gratisFietswedren 50 km, 25 km en 5 km (fooie betaalbaar)Groot kontantpryse en medaljesSkryf in by www.generaaldelareyfees.co.zaJan de Wet, Jubabroers, Adam Tas, Leah, Drie van die BestesWen ’n Volkswagen Up! / Jurgens 4x4-sleepwa / John Deere-grassnyerNavrae Richard 082 944 6160 / Pierre 079 942 2662 / Paula 083 785 0003

Kampe en toere

Kom beleef God saam in die voetspore van Jesus in Israel • Onder leiding van dr Francois Carr en ds Fanie Beukes21 November tot 29 November 2016Kontak ds Fanie by 073 167 1183 of [email protected]

Advertensies in hierdie nuusbrief

Advertensies waarvan ’n private individu of instansie die begunstigde is, of waarin ’n gemeente ’n projek prominent wil bekendstel, kan in hierdie nuusbrief geplaas word. Indien ’n jpg-weergawe van die advertensie voorsien word, moet dit 15,5 cm breed x 6,5 cm hoog wees. Stuur die voorgestelde teks van nie meer nie as 110 woorde met of sonder eenvoudige grafi ka of ’n foto saam met die bewys van betaling aan mev Tessa Oppermann, per faks na 086 633 4059, of per e-pos na [email protected]. GEEN advertensie sal geplaas word sonder die betalingsbewys nie. Die teks en bewys van betaling moet mev Oppermann bereik teen 16:00 op die Dinsdag voor die betrokke uitgawe se verskyning. blitspos@nhk word normaalweg Woensdae saamgestel en verskyn dan die Donderdag. Indien die plasing meer as een keer moet geskied, moet aangedui word op watter datums dit moet verskyn, met betaling vooruit vir al die beoogde plasings. Die koste is R200 per plasing (BTW ingesluit). Die verskuldigde bedrag moet uitgemaak word aan die Raad van Finansies, ABSA tjekrekening nommer 020-000-287, takkode 632-005, verwysing: u naam + blitspos. Neem kennis dat die redaksie in uitsonderlike gevalle mag besluit om ’n advertensie nie te plaas nie en die adverteerder se geld terug te betaal.

Page 8: Blitspos 2016 04 28 - NHK Randburgnhk-randburg.co.za/wp-content/uploads/2014/10/Blitspos20160428.pdf · Daar is hoop. Daar is genesing. Waar daar liefde is, en deernis, daar is God

88

Redakteur: Ds David BarnardSubredakteur: Ds Etienne FourieTeksversorger: Mev Tessa OppermannUitlegkunstenaar: Mnr Hannes Kloppers

Gebed vir die week

Here Jesus, ons onthou dat U vir ons gesterf het,

maar dat die graf U nie kon hou nie.

Ons onthou hoe U stralend teruggegaan het

na u Vader in die hemel.

Ons glo dat U in heerlikheid na ons toe sal terugkeer.

En alhoewel ons U sedert u hemelvaart

nie met ons oë kan sien nie,

weet ons dat U op ’n wonderlike wyse

deur u Gees steeds by ons is.

Dankie dat U vir ons in u Woord die belofte nagelaat het

dat U ál die dae met ons sal wees, totdat U terugkom.

Uit: The Gelatian Sacramentary(In Die groot gebedeboek, Piet Naudé, 2014)

Gebed vir die week

Here Jesus, ons onthou dat U vir ons gesterf het,Here Jesus, ons onthou dat U vir ons gesterf het,

maar dat die graf U nie kon hou nie.maar dat die graf U nie kon hou nie.

Ons onthou hoe U stralend teruggegaan hetOns onthou hoe U stralend teruggegaan het

na u Vader in die hemel.na u Vader in die hemel.

Ons glo dat U in heerlikheid na ons toe sal terugkeer.Ons glo dat U in heerlikheid na ons toe sal terugkeer.

En alhoewel ons U sedert u hemelvaartEn alhoewel ons U sedert u hemelvaart

nie met ons oë kan sien nie,nie met ons oë kan sien nie,

weet ons dat U op ’n wonderlike wyseweet ons dat U op ’n wonderlike wyse

deur u Gees steeds by ons is.deur u Gees steeds by ons is.

Dankie dat U vir ons in u Woord die belofte nagelaat hetDankie dat U vir ons in u Woord die belofte nagelaat het

dat U ál die dae met ons sal wees, totdat U terugkom.dat U ál die dae met ons sal wees, totdat U terugkom.

Uit:Uit: The Gelatian SacramentaryThe Gelatian Sacramentary(In(In Die groot gebedeboekDie groot gebedeboek, Piet Naudé, 2014) , Piet Naudé, 2014)