bloemnuus 05 07 2013

12
VRYDAG 5 JULIE 2013 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS Op die spel Wen 16 kaartjies na môre se rugby p. 11 Groen wenke Jy kan só help om ons aarde te beskerm p. 9 Arco se tafel is gedek DIE tafel is gedek vir die groot fees- viering in die Sand du Plessis-teater met Arco Musica se jongste produk- sie, Arco & Vriende Go Vintage. Met ’n string suksesvolle vorige produksies op sy kerfstok en twintig jaar in die teater- en musiekbedryf beloof die feesviering om beslis ’n hoogtepunt vir dié musiekgroep van Bloemfontein te wees. Die Arco-orkes en musiekvriende uit die verlede gaan die Sand du Ples- sis se verhoog omskep in ’n prentjie van ouwêreldse sjarme en styl. Die programverloop is so saamgestel dat die musiek verskillende eras en wê- relddele verteenwoordig. Van die hoogtepunte in Arco & Vriende Go Vintage is die optrede van die bekende sanger en liedjie- skrywer Jannie du Toit en Caroline Haasbroek (finalis in die kykNET- werklikheidsreeks). Caroline gaan ook haar vere regskud vir die dans- passies in die Broadway- en Cabaret- nommers. Die musiek (instrumentaal en vo- kaal) sluit ook ons eie FAK-liedjies met ’n boere-keurspel in waarin Du Toit onder meer ook Liedjie vir jou saam met Haasbroek sing. Haasbroek en Herman Strauss gaan ou gunstelinge soos Come what may uit Moulin Rouge, My Way en Vincent sing. Ernstige vokale nom- mers soos Danny Boy en Besame Mu- cho uit die oorlogsjare word afgewis- sel met opwindende virtuose instru- mentale nommers soos Nazdarovje en Para ti. Tsidi Gude sal in African Dream gehoor word. In die grand finale wag ’n verras- sing op die gehoor wanneer ’n hele klomp vriende (sangers en bekende persoonlikhede) hulle aansluit. Die welbekende spreker Pieter Möller gaan op ’n komiese wyse kommentaar lewer. Daar is twee vertonings op 12 Julie om 18:00 en 20:30 in die Sand du Ples- sis-teater. Bloemnuus is die mediaborg. Kaartjies teen R120 en R150 is by Pacofs, die Crazy Daisy’s en Izami- bloemiste. Doen navraag by 083-259-2226. S Drie lesers kan elk dubbelkaart- jies na die konsert wen. Gaan na Bloemnuus se Facebook-blad vir die inskryfbesonderhede. Hier is van links, voor: Debbie Brink (musiekregisseur en pianis), Zane Koeberg (tromme) en Caroline Haas- broek (sanger); agter: Richard Reid (viool), Herman Strauss (sanger), Arend Brink (tjello) en Johann van De- venter (baskitaar). Foto: Kobus Robbertze Vryfees is hier Laurika tree Maandag reeds op p. 11

Upload: central-newspaper-group-bloemnuus

Post on 14-Mar-2016

282 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Bloemnuus 05 07 2013

TRANSCRIPT

VRYDAG 5 JULIE 2013 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS

Op die spel

Wen 16kaartjiesna môrese rugby

p. 11

Groen wenke

Jy kan sóhelp omons aardete beskerm

p. 9

Arco se tafel is gedekDIE tafel is gedek vir die groot fees-viering in die Sand du Plessis-teatermet Arco Musica se jongste produk-sie, Arco & Vriende Go Vintage.Met ’n string suksesvolle vorige

produksies op sy kerfstok en twintigjaar in die teater- en musiekbedryfbeloof die feesviering om beslis ’nhoogtepunt vir diémusiekgroep vanBloemfontein te wees.Die Arco-orkes en musiekvriende

uitdieverledegaandieSandduPles-

sis se verhoog omskep in ’n prentjievan ouwêreldse sjarme en styl. Dieprogramverloop is so saamgestel datdie musiek verskillende eras en wê-relddele verteenwoordig.Van die hoogtepunte in Arco &

Vriende Go Vintage is die optredevan die bekende sanger en liedjie-skrywer Jannie du Toit en CarolineHaasbroek (finalis in die kykNET-werklikheidsreeks). Caroline gaanook haar vere regskud vir die dans-

passies indieBroadway- enCabaret-nommers.Die musiek (instrumentaal en vo-

kaal) sluit ook ons eie FAK-liedjiesmet ’n boere-keurspel in waarin DuToit onder meer ook Liedjie vir jousaam met Haasbroek sing.Haasbroek en Herman Strauss

gaan ou gunstelinge soosCome whatmay uit Moulin Rouge, My Way enVincent sing. Ernstige vokale nom-mers soosDanny Boy enBesame Mu-

chouit die oorlogsjareword afgewis-sel met opwindende virtuose instru-mentale nommers soos Nazdarovjeen Para ti. Tsidi Gude sal in AfricanDream gehoor word.In die grand finale wag ’n verras-

sing op die gehoor wanneer ’n heleklomp vriende (sangers en bekendepersoonlikhede) hulle aansluit.Die welbekende spreker Pieter

Möller gaan op ’n komiese wysekommentaar lewer.

Daar is tweevertoningsop12Julieom 18:00 en 20:30 in die Sand duPles-sis-teater.

Bloemnuus is die mediaborg.Kaartjies teen R120 en R150 is by

Pacofs, die Crazy Daisy’s en Izami-bloemiste.Doen navraag by 083-259-2226.

S Drie lesers kan elk dubbelkaart-jies na die konsert wen. Gaan naBloemnuus se Facebook-blad vir dieinskryfbesonderhede.

Hier is van links, voor: Debbie Brink(musiekregisseur en pianis), ZaneKoeberg (tromme) en Caroline Haas­broek (sanger); agter: Richard Reid(viool), Herman Strauss (sanger),Arend Brink (tjello) en Johann vanDe­venter (baskitaar). Foto: Kobus Robbertze

Vryfees is hier

Laurika treeMaandagreeds op

p. 11

2 BLOEMNUUS, VRYDAG 5 JULIE 2013

OaseDIE volgende aanhalings blyJohan Fourie, ’n finansiëlebeplanner vanBloemfontein,oor die jare heen by.Hy sê hieroor: “Ek kan nie

onthou wie het hulle kwytge-raak nie,maar hulle is beslisniemy eie nie. Dit is egterwelopgeteken in my joernalewaarmee ek elke dag rond-loop.”

* Your time is limited, don’twaste it living someone else’slife.

* Do not let the behaviour ofothers destroy your inner-pea-ce.

* Soms is die moeilikste dingen die regte ding dieselfde.

* Liefde is waarmee ons geboreword, vrees is wat ons aanleer.

* The warrior who trusts hispath doesn’t need to prove theother is wrong.

* I choose . . . to live by choice,not by change; to bemotivated,not manipulated; to be useful,not used. I choose self-esteem,not self-pity. I choose to listentomy inner voice, not the rand-om opinion of others.

* Someonewho isworthy of yo-ur love will never put you in asituation where you feel youmust sacrifice your dignity, in-tegrity or self-worth to be withthem.

* Om te leef is die kosbaarsteding op aarde. Diemeestemen-se oorleef bloot. Dit is al.

* Our ultimate freedom is theright and power to decide howanybody or anything outsideourselves will effect us.

Madré Marais

VANAAND wanneer jy jou voor diekassie tuismaak om na jou gunste-ling-program te kyk mag jy dalk neteen van die deelnemers se gesigteherken.Die BloemfonteinerMarzaanVen-

ter het aan die gewilde TV-speletjie-program Noot vir Noot deelgeneemen is in vanaand se episode te sien.“Ek was gespanne, maar gefokus,

hoor,” sê die sprankelende Marzaanvan haar TV-ervaring.Marzaan wou lankal aan die pro-

gram deelgeneem het. Die geleent-heid het toe op ’n heel gepaste tyd inhaar lewe gekom.“Ek en my man het in November

2011 Bloemfontein toe getrek, so toeek hoor oudisies word in Junie 2012hier gehou, was ek daar. ’n Groot re-de was ook omdat ek in April 2012my 30ste verjaardag gevier het – ekhet besluit om iets uitdagends tedoen.”Noot vir Noot is ’n program waar-

voor ’n mens seker nie genoeg kanvoorberei nie, maar die vraag is hoe’n mens eintlik te werk moet gaan?Marzaan bieg sy het nie verskriklikbaie tyd hieraan afgestaan nie.“Inteendeel. Dit was op ’n tyd in

my lewe toe ek seker die minste mu-siek nog geluister het (ek het nie ’nradio langs my lessenaar gehad nie)en boonop het ek nie juis na die vori-ge reeks van Noot vir Noot gekyknie.”Sy weet natuurlik nou van al die

dinge wat agter die skerms gebeurwaaroor jy dalk mag wonder wan-neer jy lekker bydie huis saamspeel.Dit wat jy sien, is danksy ure se ge-werskaf.“Ek kannie beskryf hoeveel harde

werk gaan selfs net in een programnie. Die programword geredigeer endie gehoor word aangemoedig ommet tye harder te klap of langer aante hou klap en dan weer stil te wees.“In die speletjies self word dinge

nie sommer oorgedoen nie, maartussen speletjies of wanneer iemand

’n fout maak, word dit oorgeskiet.“Wat baie mense nie weet nie, is

dat twee episodes op een dag geskietword.Daarword so tweeuuraaneenepisode geskiet. (’n Geheimpie . . .die gehoor vir daardie twee pro-gramme wat op een dag geskietword, is dieselfdemense. Hullewordnet rondgeskuif.)Marzaan sukkel om ’n enkele

hoogtepunt van die hele ervaring tekies.“Vandat ek by die SAUK in Auck-

landpark ingestap het, het mymondoopgehang. Bekende akteurs loop indie gange rond.“Ons is soos regte bekendes be-

handel . . . onshet ons eiegreen roommet eet- en drinkgoed gehad waarinons kon ontspan en waarin ons gri-mering deur kundiges gedoen is.“Dat ek so geseënd was om op tele-

visie tewees en diéwonderlike erva-ring kon hê sal my altyd bybly. Datek alles met my man kon deel, was

ook baie spesiaal.”Deelnemers moet seker maar leer

hoe om die senuwees onder beheerte hou, maar ’n uitdaging van ’n an-der aard hetMarzaan in die gesig ge-staar.“Ek was in daardie stadium am-

per nege weke swanger en dié watmy ken, weet hoe ek tot op 18 wekemet oggend-, middag- en aandnaar-heid gesukkel het. Buiten vir die se-nuwees wat kwaai geknaag het,moes ek konsentreer om net nie opnasionale televisie naar te wordnie.”Marzaan meen sy sal so iets beslis

weer aanpak.“Ek sal enigeen aanraai om die

kans te waag. Die spreekwoord sêmos juis Wie nie waag nie, wennie.”S Onthou om vanaand se episodevan Noot vir Noot om 19:30 opSABC2 te kyk om te sien hoeMar-zaan gevaar het.

In ‘Noot vir Noot’

Marzaan Venter in aksie as ’n deelnemer aanNoot vir Noot. Foto: Verskaf

HIER is ’n paar interessantefeite oor Noot vir Noot soosverskaf deur Elsa Colling, re-gisseur.S Daar ismeer as 5 000mensewat aan oudisies (Johannes-burg, Pretoria, Durban, Kaap-stad, Port Elizabeth, Nel-spruit en Bloemfontein) deel-geneem het waarvan 64deelnemers vir ’n reeks gekiesword.S Dit duur ongeveer driemaande om die 22 programmevir ’n reeks te redigeer en diefinale meng te doen voordatdit gereed is om uitgesaai teword.S In 2012 is oudisies virtwee reekse gedoen en dus salNoot vir Noot volgende jaarweer na nuwe deelnemerssoek.S Daar is 42 produksiespanle-de wat in die ateljee werk ty-dens die 11 dae dat die reeksopgeneem word.S Tot nou is meer as 566 pro-gramme uitgesaai. Program600 is in Junie opgeneem.

Feitvir feit

Hoe voeldit?

BLOEMNUUS, VRYDAG 5 JULIE 2013 3

AS jy onlangs getroud is, stuurjou mooiste troufoto (nieswartwit nie) na [email protected]. Dit sal jouniks kos nie. Belangrik: Die fo-to moet tussen 1 MB en 6 MBgroot wees. Noem wie op diefoto is, waar dit geneem is enwie die fotograaf is. Die trouehoef nie in Bloemfontein te ge-wees het nie, maar jy moet inBloemnuus se verspreidingsge-bied woon. Nog troufoto’s bywww.bloemnuus.co.za.

In die eg verbindCobus and Chantelle van Zyl (Black Mountain).

Armand en Irein Smit (Trompsburg) Foto: Louis de Wilde

Anna­Marie enBuksWessels. Agter staan Loumarie, Helena enSte­phanie (van Heerden) en Sebastiaan en Clive Wessels.

Louwtjie en Beulah Lourens (Reyneke­park). Voor sit Lee­Anne van der Walt.

Foto: Charné

Duran Mouton, Nardus Strauss, Phidelia Abrahams en Edroy Abrahams (bruidspaar), Ellouise Beukes en CarmenMouton (Hakskeenpan).

4 BLOEMNUUS, VRYDAG 5 JULIE 2013

Fokus: NELSON MANDELA­rylaan

Madiba about life, deathTHROUGH his words and deeds Nelson Man-dela has been embraced by the world as a sym-bol of courage, hope and reconciliation.

Collected In thewords ofNelsonMandela, hiscomments on subjects as diverse as humanity,racism, friendship, oppression, freedom anddeath provide an insight into the man and allhe stands for.

By times moving, generous, humorous andsad, this book eloquently conveys his warmthand dignity. It will be both an inspiration anda source of strenght for all who read it.

S Iwill continue fighting for freedomuntilthe end of my days. – The struggle is my life,press statement, 26 Junie 1961

S I have fought against white domination,and have fought against black domination.I have cherished the ideal of a democraticand free society in which all persons livetogether in harmony andwith equal oppor-tunities. It is an ideal which I hope to livefor and to achieve. But if needs be, it is anideal for which I am prepared to die.” – Ri-vonia treason trial, 20 April 1964

S The death sentence is a reflection of theanimal instinct still in human beings.

S Let it neverbe saidby futuregenerationsthat indifference, cynicism or selfishnessmadeus fail to liveup to the ideals of huma-nismwhich the Nobel Peace Prize encapsu-lates. – Nobel Peace Prize ceremony, Norway,10 December 1993. He received the award joint-ly with FW de Klerk, at that time still state pre-sident of South Africa.

S It would be very egotistical of me to sayhow Iwould like to be remembered. I’d lea-ve that entirely to South Africans. I wouldjust like a simple stone onwhich iswritten,“Mandela”. – Taken from an article for theNew York Times Magazine by Anthony Lewi,23 March 1997.

S Onmy last day Iwant to know that thosewho remainbehindwill say: “Themanwholies here has done his duty for his countryand his people.” – He said this in 1999, in Qu-nu, where he was warmly welcomed shortly af-ter his retirement.

S In eulogies to the departed, the works ofthe living sometimes bear little relation toreality. The names of only very few peopleare remembered beyond their lives.

S Life is like a big wheel: the one who’s atthe top, tomorrow is at the bottom.

S Life will go on as normal. – On his 80thbirthday. But Mandela was disingenuous. Hehad made plans to marry the former wife of thelate president of Mozambique, Graca Machel.Only a handful of peole knew and they kept thesecret until the marriage was announced onMandela’s birthday.

S If you live until 80 you have the respectof everybody, including those who used todespise you.

S Of course, I am not as vigorous as someof you young men, but I do my exercisesevery morning, althoughIamalmost80ye-ars old.

S If I could be given another 80 years. –This was said in response to a journalist’squestion: What would you like for yourbirthday?

SAfter nearly 90 years of life, it is time fornew hands to lift the burdens. It is in yourhands now. – 46664 concert in London’s HydePark in June 2008 in celebration of his 90thbirthday on 18 July.

S There will be life after Mandela.

Só het lesers op www.bloemnuus.co.za ge­stem. Wie dink jy was Suid­Afrika se besteleier ooit? Stuur sy of haar naam en van [email protected].

Uit die argief“Voortrekkerstraat word Nelson Mandela-rylaan, besluit raad vanMangaung,” is op 8Maart 2001 in Volksblad deur André Bothaberig. Hieronder ’n uittreksel:

Die naam Voortrekkerstraat verdwyn oordrie maande finaal, en die naam Nelson Mande-larylaan gaan daarna op stadskaarte van Bloem-fontein pryk. Die naam Zastronstraat bly egterbehoue. Die stadsraad van Mangaung het gisterná ’n aanbeveling van die dorperaad en ’n regs-mening eenstemmig dié besluit geneem.

Daarmee kom ’n einde aan die maande langetwis rondom die twee strate se name.

Vir sakeondernemings in Zastronstraat is ditgoeie nuus, terwyl sakeondernemings in Voor-trekkerstraat drie maande kans kry om huladres te verander.

Die raad se besluit is dat die naamsverande-ring eers oor drie maande deurgevoer sal word,met die doel om ondernemings kans te gee omdie nodige adresveranderinge aan te bring.

Die aanbeveling wat deur die raad aanvaar is,is dat Kimberleyweg van die N1 af oostelik totby Parfittlaan Nelson Mandelarylaan word. Vandaar loop Zastronstraat in ’n oostelike rigting.Voortrekkerstraat word Nelson Mandelarylaanvan Alexandralaan af tot by Parfittlaan.

Mnr. Pappie Mokoena, burgemeester, hetdaarna die voorstel geformuleer. Dit is toe sódeur die hele raad aanvaar.

BLOEMNUUS, VRYDAG 5 JULIE 2013 5

6 BLOEMNUUS, VRYDAG 5 JULIE 2013

Fokus: NELSON MANDELA­rylaan

Madelein Venter

MANDELADAG word jaar-liks op 18 Julie op dieselfdedag as oudpres. Nelson Man-dela se verjaardag herdenk.Dié dag het vanjaar ook spe-siale betekenis met Madibawat nou in ’n kritieke toe-stand in die hospitaal is.Die doel met die dag is dat

Suid-Afrikaners, en andermense oor die wêreld heen, opdié dag minstens 67 minuteaan ’n verdienstelike saakmoet afstaan.Vanjaar bied Volksblad aan

sy lesers en adverteerders diegeleentheid om op ’n beson-dersemanier by die projek be-trokke te raak.Volksblad sal saam met die

Ek is ’n ster-stigting soveelmoontlik handskoene insa-mel omop 18 Julie aandie kin-ders van die Tshepo-crèche inFreedom Square, Bloemfon-tein, uit te deel.Handskoene sal ook aan

straatkinders in die stad uit-

gedeel word.Lesers word genooi om hul

deel te doen deur te help breiof hekel aan die handskoeneen die voltooide blokkies teenWoensdag 10 Julie by enigevan Volksblad se kantore af telewer.Volksblad se personeel sal

ookop 18Julie ’nbydraemaak

deur hul tyd aan die projek tewy en die naalde vir ’n goeiedoel laat klik.Ses verskillende groottes

handskoene kan gebrei of ge-hekel word en twee blokkiesmoet per paar gebrei word.Die afmetings vir die ver-

skillende ouderdomsgroepe issoos volg:* 10 cm x 10 cm;* 11 cm x 11 cm;* 12 cm x 12 cm;* 13 cm x 13 cm;* 14 cm x 14 cm; of* 20 cm x 20 cm.’n Stukkie wol moet by die

blokkies ingesluit word waar-meedie handskoene later aan-mekaar vasgewerk kan word.Lesers kan die blokkies by

enige vanVolksblad se streek-kantore of by die hoofkantoorby Nelson Mandelarylaan 79,Bloemfontein, afgee.* Vir meer inligting bel Va-

lencia McCaskill by 051-404-7637 of stuur ’n e-pos na [email protected].

Breinaalde sal klik

My foto’s:Ek enMadiba

“This picture was taken in 1997 when Madibavisited Grey College. Unfortunately you can’t see myface, but it is amoment Iwill treasure forever.” – PatriciaJardim

“Hierdie is een van my kosbaarste foto’s en ek dink ek is uiters bevoorreg om ’n oomblik te kon deel met hom.Madiba het met sy kenmerkende ‘teenwoordigheid’ by die noodeenheid se ingang ingekom en terwyl amal oeen aah, het hy by kinders gestop, hulle gegroet en praatjies gemaak. Ek kry sommer trane inmy oë as ek terugdinkaan daardie dag. Die ander mense (waarvan die gesigte herkenbaar is op hierdie foto) was almal deel van sybeskermingskorps.” – Amanda Appelgryn (tweede van links) van kliëntediens by die Mediclinic Bloemfontein.

Met die toekenning van Nelson Mandela se eredoktorsgraad deurdie UV in 2002: Stef Coetzee, Mandela en Winkie Direko, kanseliervan die UV. Agter hulle kan Frederick Fourie (toe viserektor) en reg­ter Faan Hancke, voorsitter van die UV­raad, gesien word.

Foto: UV

Zelda la Grange, Nelson Mandela, Stef Coetzee en Winkie Direkostap uit die Callie Human­sentrum by die UV. Foto: UV

Volksblad se eerste Kos­en­kuiermark is Saterdag in dieBotaniese Tuin gehou. Emma Nel (3) wat daar was, dra’n rok waarop ’n glimlaggende Nelson Mandela pryk.

Foto: Stef Krüger

BLOEMNUUS, VRYDAG 5 JULIE 2013 7

DIE bywoning van die gradeplegtig-heid van’n kind is altyd ’n hoogte-punt in die lewe van enige ouer. Astwee kinders op dieselfde grade-plegtigheid hul meestersgradeontvang, is dit egter ’n uitsonderli-ke gebeurtenis. En as ’n ouer egterook as die studieleier van albeikinders opgetree het, is dit raar eniets wat sekerlik baie min ouersbeskore is.Die uitsonderlike gebeurtenis het

op die onlangse gradeplegtigheidvir magister- en doktorsgrade aandie Universiteit van die Vrystaat

(UV) gebeur toe prof. Dave Lubbevan die sentrum vir rekeningkundese dogters, Leandi en Nandi, ondersy studieleiding hul meestersgradeontvang het.Boonop is, albei se grade cum

laude aan hulle toegeken en diedekaansmedalje vir die bestemagistergraadstudent in diefakulteit ekonomiese en bestuurs-wetenskappe is op die geleentheidaan Nandi oorhandig.Leandi, ’n senior lektor in

rekeningkunde aan die CUT, severhandeling handel oor verskeie

ouditkundige en bestuursproblemein die deeltitelbedryf in Suid-Afri-ka. Sy het baanbrekerswerkdaardeur verrig en bou verderhierop voort deurdat sy haar reedsvir haar doktorsgraad geregistreerhet – ook onder haar pa se studie-leiding.Nandi, wat nou haar leerkontrak

by PWC doen, het in haar eerstejaar aan die UV tale en filosofiegestudeer.Aan die einde van die jaar het sy

egter besluit om soos Leandi en hulbroer, Dave jr., haar eerder in dierekenmeestersberoep te bekwaam.Haar studie in die filosofie het

haar egter handig te pas gekomdeurdat sy in haar verhandeling,wat oor besigheidsetiek handel,draaie gaan maak het by die ouGriekse filosowe se sienings inverband met etiek.Die gradeplegtigheid is ook

bygewoon deur Dave jr. wat asrekenmeester in Nederland werken woon.Dié drie kinders se ma is Hester

Lubbe, ’n onderwyser, wat ophouskool hou het toe hulle gebore is.“Die betrokke gradeplegtigheid

was voorwaar die hoogtepunt vanmy akademiese loopbaan,” sê ’ntrotse prof. Lubbe, wat reeds 38jaar verbonde is aan die sentrumvir rekeningkunde, en wat reedstwee generasies geoktrooieerderekenmeesters help oplei het.Toe hy gevra is hoe dit gebeur

het dat al drie sy kinders in syvoetspore gevolg het, sê hy met ‘nvonkel in die oog dat hulle sekermaar, soos hyself, ’n soft optiongekies het.

Pa se hart sweltoe twee graad kry

Nandi ontvang die dekaansmedalje van dr. KhotsoMokhele, kanselier vandie UV. In die middel staan pa Dave. Nog ’n foto verskyn op www.bloem­nuus.co.za. Foto: Steven Collet

Besoek ons ook by

www.bloemnuus.co.za

8 BLOEMNUUS, VRYDAG 5 JULIE 2013

Nico Gous

PUNT UIT 5: 2REGISSEUR: Zack SnyderAKTEURS: Henry Cavill; AmyAdams; Michael Shannon;Kevin Costner; Diane Lane;Laurence Fishburne; RussellCrowe

GEEN Superman, net Man OfSteel. Die titel sê alles: Dié is ’ntawwe fliek.Superman is die nuutste

strokiesprentheld wat vir ’n nuwegenerasie op die silwerdoekherlaai is.Net soos Batman en Spiderman

wroeg die held met persoonlikekwessies bo en behalwe die strydtussen goed en sleg.Superman is feilbaar met min

ruimte vir sentimentele heldedade.Hiér is egter waar die fliekplatval.Ons begin op die planeet

Krypton wat op die rand vanineenstorting is.Wetenskaplike Jor El (Russell

Crowe) laat graveer die Krypton-ras se DNS op sy babaseun,Kal-El, se selle en stuur homAarde toe om hul voortbestaan teverseker.Krypton se militêre leier,

generaal Zod (Michael Shannon),wil Kal-El vermoor in sy pogingom Krypton oor te neem.Kal-El se ruimtetuig land in

Kansas waar hy grootword asClark Kent (Henry Cavill) metbonatuurlike kragte. Sy peetpa,Jonathan Kent (Kevin Costner),waarsku Clark die wêreld isonvoorbereid op sy mag totdat Zodsewe soorte hel met sy aankomsop Aarde laat losbars.Omtrent ’n uur word bestee aan

die agtergrond wat empatie by jouprobeer opwek.Daar word van kykers verwag

om hulle te vereenselwig met die

pa-seun-verhouding en Clark sesoeke na sy ouers en identiteit.Sodra Zod egter aanland,

verdwyn hierdie wroegings.Die emosionele band wat met

tyd en deernis opgebou word,gaan verlore.Clark tree toenemend op soos ’n

man van staal, ’n emosielosemasjien.Hy bars deur geboue en weer

missiele af, maar sy laerskoolhoof-seun-hare bly ongedeerd.Clark se verhouding met die

joernalis Lois Lane (Amy Adams)word uitgebeeld sonder diestroperige sentimentaliteit vanvorige Superman-flieks.Dié fliek verwar skouspel met

storie. Wat ontbreek in emosieword aangevul met uitstekenderekenaar-grafika (CGI). As jy diéfliek gaan kyk, maak so in 3D.Met ’n roltyd van 143 minute

raak die fliek lank en die spring-mielies min.Jy weet waarvoor jy jouself met

hierdie Hollywood-trekpleisterinlaat, so moenie sê jy is niegewaarsku nie.

Emosie ontbreek hier

Superman is die nuutste strokies­prentheld wat vir ’n nuwe genera­sie op die silwerdoek herskep is.

Foto: Comicbook.com

Tydvirgesin

Ons was onoorspronklik om homFluffy te noem,maar sy pels iswon­derlik sag en wollerig.

My seun Hannes, ‘n motorwerk­tuigkundige met sy eie werkwin­kel, se hande staan vir alles reg.

Ek en my dogter, Esmarie, drink graag Saterdaesaam koffie, soos hier op Woolworths se balkonin die Loch Logan­waterfront.

Foto’s: Verskaf deur Vida Booysen

Vida Booysen

NAWEKE is gesinstyd, en ekprobeer soveel moontlik tydmet my man, Herman, ’nskoolbestuursontwikkelaarvan die Vrystaatse onder-wysdepartement, en onsdrie kinders, Hannes (27),Pieter (25) en Esmarie (16),asook ons twee honde envier katte, deurbring.Ek is gelukkig dat my twee

oudste kinders in Bloemfon-tein woon en werk, dus sienons mekaar gereeld.Vrydagaande nooi Esma-

rie dikwels ’n handvol skool-maats om by ons te komDVD’s kyk en pizza eet. Ekkoop brooddeeg, rol dit dunuit, druk op bakplate vas, ensmeer ’n laag tamatie-en-uiesmoor bo-oor. Die kin-ders pak dan die res van diebestanddele volgens hul eievoorkeur bo-oor, en dan bakons dit in die oond.Shakespeare is ook soms

op die program vir ’n Vry-dagaand. Onder leiding vanprof. Roy Muller, ouddepar-

tementshoof van Engels aan dieUniversiteit van die Vrystaat,lees ’n groep oudstudente envriende elke kwartaal een Vry-dagaand saam ’n Shakespeare-drama.Elkeenkry ’n rol, en selfsons kinders het al kom saam-lees.Saterdagoggende snuffel ek

graag vroegoggend op die Boe-remark (084-919-1676). As sa-kejoernalis besef ek hoe belang-rik dit is om plaaslike produsen-te te ondersteun.In die somer gaan seil onsmet

Pieter se katamaran op een vandie damme naby Bloemfontein,soos Krugersdrift (hooffoto) ofRustfontein.Asdaarêrens ’n skoumetwie-

le of enjins is, moet ons dáárwees, want my man en seuns isregte “petrolkoppe”. Een vanhul gunstelinge is Clocolan sePlaaskultuurfees in Maart metsy veteraantrekkers.

Dis ’n instelling dat ek enEsmarie Saterdae saamgaan koffie drink.The Terrace (051-448-

6834) by Oliewenhuis is ’ngroot gunsteling, want dankan ons terselfdertyd dienuutste uitstalling in diekunsmuseum besigtig.As ek vrye tyd het, bederf

ek myself met ’n masseringin die Exclusive Image Spa(051-447-1339), waar myvriendin Monica Maree ’nmens pamperlang.Sondagoggende woon ons

die erediens in die St. John’s-Presbiteriaanse kerk (051-447-4566) in Aliwalstraat,Bloemfontein, by.As ek die Sondag nie werk

nie, kook ek graag ’n groot,tradisioneleSondagmiddag-ete vir die gesin en vriende.Sondagmiddae volg ons

diegrandprixof ander sportop TV.As oud-koshuisbrak bly

Sondagaande maar vir myblou, en dan bel ek al die fa-milie na wie ek op daardiedag verlang.

Só lyk mynaweke

BLOEMNUUS, VRYDAG 5 JULIE 2013 9

* Trekblokkeerders is ’n bekostigbare, mak-like manier om jou huis die winter teen kouete help isoleer. Dit is basies ’n opgestopte ma-teriaalbuis wat jy aan die onderkant van ’ndeur plaas of waar ook al daar ’n trek is. Jykan selfs ’n trekblokkeerder maak deur ’n ousykous of broekspyp met droë boontjies ofgruis te vul. Meer ingewikkelde soorte sluitin vrolikemateriaalslange, worshonde en uit-gestrekte katte.

* Jou warmwatersilinder is verantwoorde-lik vir 30% tot 40% van jou elektrisiteitsge-bruik. As jy die kouewaterkraan moet oop-draai terwyl jy bad of stort, is jou warmwater-silinder se termostaat te hoog gestel envermors jy energie. Stel die temperatuur op55 °C tot 60 °C.

* Bespaar brandstof deur jou voertuig lig envaartbelyn te hou. Verwyder dak- en fietsrak-ke wanneer dit nie gebruik word nie en haalonnodige artikels uit die bagasiebak. Dit isook veiliger as daar nie los goed in die voer-tuig rondrol nie. As jy ’n motor wil koop, oor-weeg kleiner, meer kompakte modelle.

* Gooi jy gereeld kos weg? ’n Verstommen-de een derde van kos wat vir menslike ver-bruik vervaardig word, beland jaarliks in dieasblik. Buiten dat dit ’n vermorsing van hulp-bronne is, veroorsaak kos wat in opvulterrei-ne sleg word metaan, een van die vernaamstekweekhuisgasse. Beplan jou maaltye ’n weekvooruit, maak seker watter bestanddele jy invoorraad het, maak ’n inkopielys van slegs ditwat jy nodig het en hou daarby.

* ’n Kraan wat lek, kan van 30 tot 60 literwater per dag mors en ingevolge munisipaleregulasies is dit ’n oortreding as jy nie ooglo-pende lekplekke herstel nie.Skimmelmure en ongewone groen kolle in

jou tuin is ook ’n aanduiding daar is dalk ie-wers ’n pypwat lek. Jy kan verskeie lekplekkeself regmaak deur net verslete wassers te ver-vang.

* As jy in die stad woon en buite oefen, ver-hoog jy jou blootstelling aan besoedeling. Ver-my dus swaar verkeer en mik eerder vir stilstrate, parke en sportvelde. Besoedeling is er-ger op stil, koue oggende.Daarom is dit raadsaam om in die winter

eerder later in die dag te oefen. Die lug is ookskoner ná wind en reën wat help om gifstow-we te versprei.

* In plaas van massageproduseerde blomme,gee eerder ’n pragtige potplant vir iemand op’n spesiale dag. Die blombedryf is ’n swaarverbruiker van plaagdoders en brandstof omblomme oor lang afstande te vervoer. As jywel op ’n bos blomme besluit, kies inheemseblomme wat plaaslik gekweek is en volhou-baar geoes word. Onthou, jou tuin is ook ’nplaaslike bron.

* Besoek www.health24.com vir talle anderwenke.

* Jy kan ook vir ons wenke soos die aanstuurwat jy self handig vind. Stuur dit na [email protected] of stuur ’n SMS na45533. Só ’n SMS kos R1,50.

Groen wenkeom ons aardete beskerm

10 BLOEMNUUS, VRYDAG 5 JULIE 2013

Hulle is wenners . . .RAINBOWSCARS op Vryfees (9tot 14 Julie):1. Jefferson Dirks-Korkee2. Lelane Rossouw3. Barend van der Merwe4. Tebogo Rakhongoana5. A.W. de Wet6. Lizelle van Niekerk7. Esmeralda Theunissen8. Ilze Stergos9. Michelle Steyl10. Anna-Marie Wessels

Rugbykaartjies: Helena vanHeerden, Martin Jordaan en Ma-rie Boshoff

Die Suid-Afrikaanse reg – watelkeen moet weet: J.M. van Eck

Hoe gemaak met my dikmondkind? Anri Lottering

Sandsteenpraatjies: MarykeBester het op Facebook gewen.

TE WEN: ’n Leser kan Sand-steenpraatjies deur SusanMaréwen. Die boek bestaanuit 97 essays oor ’n verskei­denheid temas en kan be­skryf word as ’n viering vanmenswees. Dit sal by Boeke­loer se boekstalletjies op dieVryfees beskikbaar wees.Maak só om jou in te skryf:Stuur ’n SMS na 45527 metdie woord “essays”. Diekompetisie begin Vrydagom 07:00 en eindig Maan­dag om 11:00. ’n SMS kosR1,50. As jy ’n SMS stuur,gee jy Bloemnuus toestem­ming om jou vir bemar­kingsdoeleindes te kontak.

Moeilike vraeIN Hoe gemaak met my dikmondkind? kry ’nmens insig in die leef-wêreld van ses- tot 12-jariges.

Suzette Truter, ’n bekroondejoernalis en ’n getroude ma vandrie kinders, behandel al die pro-bleemgebiede: asosiale gedrag,kinders en tegnologie, magsver-houdings, aandagafleibaarheiden nog vele meer.Bloemnuushetverledeweekdie

boek op sy Facebook-blad wegge-gee. Diewenner isAnri Lottering.

Ekwil graagmetmydogter oorseksualiteit praat voordat syby die skool halwe waarhedehoor. Hoe doen ek dit? My mahet my agter toe deure ’n boekoor voortplanting in die handgeprop endie aandwasdaar sa-nitêre doekies in my kas watoor die jare heen oornag aange-vul is.

Gesprekkeoor seksualiteit, ver-al die eerste een, onthou jy jou le-we lank.Sorgdat jygemaklik, rus-tig en ontspanne voel om die on-derwerp te bespreek. Uiteraardwil jy graag die eerste mens weesvir wie jou dogter daaroor sal uit-vra.

Dr. Erika van der Wateren, ’nkliniese sielkundige, stel voor jy

maak iets besonders van die ge-leentheid sodat sy daardie eerstegesprek altyd op ’n positiewe ma-nier sal onthou. Gaan drink saammelkskommel, koop vir haar ’npragtige stel onderklere of gee virhaar ’n dagboek of joernaal om inte skryf. Só word die onthou vangrootword en seksualiteit som-mer makliker en spesiaal.

Knap joukennis daaroor vooraf

op en besluit hoe jy dit wil doen.Met hoeveel detail-inligting is jyaanvanklik gemaklik en wat wiljy vir later bêre? ’nBietjie voorbe-reidingkandie gesels baie gemak-liker laat verloop en joumeer self-versekerd laat voel. Jywil niemet’n mond vol tande sit as jou kindmoeilike vrae vra nie.

Onthou dat jou dogter fyn inge-stel salwees op jou lyftaal en reak-sie. As jy ongemaklik is, sal sydalk huiwerig wees om jou in dietoekoms daaroor uit te vra.

Soos puberteit nader kom, gaanjou dogter dalk ook spesifiekekwellings en vrese oor menstrua-sie hê en oor hoe haar liggaamgaan verander. Lynda Madaras,die medeskrywer van ’n reeksboeke oor gesondheid, kindersorgen ouerskap, gee raad op die web-werf www.webmd.com.* Boeke en video’s is nuttige hulp-middels – lees of kyk dit sáámmethaar.* Soms vra kinders wel vrae watjou onkant betrap. Dan mag jymaar sê: “Ekweet nie”. Sê jy gaandaaroor dink en haar later laatweet.Moenie “vergeet” of hoop syvergeet nie.* Besweer moontlike vrese metpraktiese planne en inligting.

NEED TO FEEL BETTER?NEED TO TALK? Contactus, WE'LL LISTEN. Alwaysconfidential and free. 24/7.Talk to us: 051 444 5000.Write to us at Box 29874,Danhof 9310. E-mail us [email protected]

SKAKEL RINA by051-4461361

SPRINGKASTELESPRINGKASTELEenen

WATERWURMSSokkerkasteel,

Spiderman, Barbie,

Krokodil, Shrek,

Gladiators, Tropical

Island, Barney,

skuimput.

Aktiwiteitskastele.

Kastele met glybane

HOË GLYBANE.

BOOT, 3-IN-EEN.

We pawn Kruger

Rands, diamonds

and Rolex watches

9ct R120/g

18ct R240/g

082 345 6711

CASH FOR GOLD

Afdakke, onderhoud, 'drywall', verf, loodgieters- enhoutwerk. 082 814 3731.

• Verskaf/insit van gelamineerdehoutvloere.

• Skaaf en draai van nuwe hout.• Kaste word ontwerp met

rekenaar gebaseerde sagteware.• Knotty pine-plafonne.

Bou van kombuise,kamerkaste,

TV-eenhede en nogvele meer...

Sarel:E-pos:082 822 1096

[email protected]

AAA-kwaliteit- INSTAL-LERING van alle plafonneen 'dry walls' (herstel van

plafonne), matte('carpet tiles' en volvloer-

matte), gelamineerde vloere,gratis kwot.(079 581 6654.

BOME SNY en tuinvullisverwyder. 40% afslag.

Skakel Joubert083 240 7905.

BRIDGING CASHwhile waiting for

PENSION/PACKAGEPAYOUT (lump sum only)CASH SAME DAY086 1101 388083 6700 788

HARTENBOS: Puikselfsorgwoonstel. Stap nastrand. Skottel-TV,onderdakbraai op patio.Baie gewild. Slaapplek vir 1tot 6. Beste tarief, heeljaar.044 695 0219/082 641 4092.

Vakansieverblyf-Stellen-bosch:Billike dubbel enenkelkamers beskikbaar ingoedtoegeruste Koshuis van-af 9 Des 2013 tot 2 Jan2014.Sentraal gelee.(021 887 1583

SLEEPWAENS TEHUUR/TRAILER HIRE.SKAKEL/CALL: 081 270 1381OR 051 433 7803.

We are looking for a4 000-m² warehouse to rent inBloemfontein. ( Carl082 464 3282. No agents.Op soek na 'n 4 000-m²-pakhuis te huur inBloemfontein.( Carl082 464 3282. Geen agen-te.

Begin your @HomeCareer TODAY!Various jobs available.No qualification orexperience needed. Ownhours. Registeredcompany. For full infocontact us: SMS:071 450 4817(std ratesapply). E-MAIL:[email protected]

Direct sales: Peoplewanted:Professional, self- motivated,target-driven. Salary R3 000plusgood commission andexstras. Fax CV:086 270 8289.

Soek dringend 'NANNY' virkleuter en baba. Met onder-vinding en 'n verwysing,moet kan lees en skryf.Yvette 083 285 1188.

BLOEMNUUS, VRYDAG 5 JULIE 2013 11

Piet van Zyl sal môre as skrumskakelvir die Cheetahs uitdraf.

Wen!DIE Superrugby-reeks het die afgelopenaweek hervat en die Cheetahs speelhierdie Saterdag in ’n tuiswedstryd teendie Nieu-Seelandse Blues.Die wedstryd begin om 14:50 in die

Vrystaat-stadion.Agt gelukkige lesers staan die kans

om elk ’n dubbelkaartjie na dié stryd tewen.Omvir die prys in aanmerking te kom

stuur ’n SMS na 45527. Begin die SMSmet die sleutelwoord Bloemnuus1, ge-volg deur jou naam, van en die dorp ofstad waar jy woon.Die kompetisie begin vandag om 08:00

en sluit om 11:00.’n SMS kos R1,50.Die wenners sal telefonies in kennis

gestelword.As jywen,moet jy joukaart-jie voor 17:00 by Bloemnuus kan kom af-haal.As jy ’n SMS na 45527 stuur, gee jy

Bloemnuus toestemming om jou vir be-markingsdoeleindes te kontak.

DagboekWat gebeur wanneer waar in die groterBloemfontein? Bloemnuus se gewilde Dag-boek-blad is die plek om te kyk.

VRYDAG 5 JULIES Die bekende skrywer Deon Meyer maak sydebuut as fliekregisseur met die rolprent DieLaaste Tango, ’n spanningsvolle liefdesver-haal propvol intrige. Hy het ook die draaiboekvir die rolprent geskryfwat opLoxton in dieKa-roo verfilm is. Die Laaste Tango word deur NuMetro Films versprei en word vandag landwyduitgereik.SAndré Swiegers, InnieSkuur, 19:30, R90, tel.079-387-3614.SMountain Club of SouthAfrica (Free StateSection): Route – Snowden to Avoca, New Eng-land. Awinter hike for those seeking adventureand ideal training for the two groups taking onKilimanjaro in August. The hike offers specta-cular views along the Witteberg mountain ran-ge between Lesotho and the Eastern Cape. De-parture time from Bloemfontein, 14:00. Sleep atBackpackers at Lady Grey on Friday. Road sui-table for sedan vehicles. Dry season, but verycold. Nico Combrink, 082-775-5100.SHandvlyt vir kinders tot 11 Julie in Olie-wenhuis. Inligting en bespreking: 051-011-0525(611).SMusgrave-mark om 17:00. Bel Theresa by082-875-4852.SVandag is die laaste dag van Pretty Gardenssevakansieprogramvirkinders. ToegangkosR100 per kind per dag. Dit sluit ’n koeldrank,skyfies en lekker in. Bespreek plek by 051-451-1400.

SATERDAG 6 JULIES Zoo Snooze in die dieretuin. Bel 082-566-3689of kyk by die Vriende van die Dieretuin se web-blad: www.fotzbfn.co.za.S Jannie Moolman in die Aasvoëlklub om20:00. Music Inc, 053-433-3439.S Cheetahs teen Blues, Vrystaat-stadion, 14:50.Ook SA Lugmag teen Vrystaat-Plattelandspan.Gaskunstenaars op die mark:Anton Botha enFranzel.SBoeremark, Langenhovenpark, van dou-voordag af.

S Die tyd word nou regtig min as jy nog kaart-jiesvirdieVryfeeswilkoop.Oor tweedaebegindie eerste vertonings reeds. Kaartjies kan land-wyd bespreek word by enige Shoprite of byCheckers se Moneymarket-toonbank. Ook bydie kliëntedienstetoonbanke in die MimosaMall en die Loch Logan-waterfront. Bespreekook plek op www.computicket of skakel 011-340-8000. ’n Kaartjieskantoor sal ook op die fees indie Kunstetrust-Odeion se portaal bedryf word.S Tennis: Watter vrou gaan vanjaar die kroonop Wimbledon dra? www.wimbledon.comS Township Arts Experience, Batho-woon-buurt,Mangaung, van 11:00 tot 18:00. Gratis. Ditverskaf ’n platform vir inheemse talentvollesom hul kunswerke aan die publiek bekend testel. Gemeenskapslede se huise in Maghoti-straat sal gebruikwordomkunstenaarsvanom-liggende dele in die Vrystaat se kuns te vertoon.Handwerkers sal hul kreatiewe handgemaakteprodukte op die sypaadjies verkoop. Interkultu-rele kos sal ook voorberei word. Busvervoer isbeskikbaar en vertrek om 10:30 van die UV af.Roxanne Konco, 079-915-4528.

SONDAG 7 JULIESHeerlike ete (R90) byTempe-gholfklub. Plek-bespreking noodsaaklik, 051-402-1489.SAnnalise Wiid tree om 09:00 op in die ere-diens in dieNGgemeenteFichardtpark,Altona-singel.Almal iswelkom. ’nSagtekollekte sal op-geneemword omhaar koste te help delg. André,084-547-9999.SNábykans twee eeue is die komponis Ludwigvan Beethoven steeds omgewe van mites en symusiek steeds aangrypend. Die omroeper Wil-lem Pelser gee ’n blik op die Duitse komponisse lewe in ’n reeks van 13 episodes. Beethoven,die mens, die malheid, die genieword om10:00op RSG uitgesaai.

MONDAY, 8 JULYSNew Moon, 09:14.S Laurika, Dorothy & Zoid: Liedjie vir jouop Vryfees in Callie Human, 19:00. R150 perkaartjie. LaurikaRauch,KarenZoidenDorothyMasuka is die sterrewat optree in die produksiemet die werke van Rauch en Masuka. Die pro-duksie het staande toejuigings ontvangwaar ditvoorheen opgevoer is. Anna-Mart van der Mer-we lees die bindingteks.SKitaarkitsklasse teen R400 deur Felix Rein-ders begin vandag. Skakel 079-568-5802.S Safari-opening deur die UV-kunsgalerye. 1)18:00 – KykNET-Scaena-foyer, Jan van der Mer-we, gekeurde kunswerke uit die Tyd en ruimte-uitstalling. 2) 18:30 – Eeufees-galery, Re-samp-led. 3) 19:30–EBW-foyer,beeldendekunsengeaf-filieerde kunstenaars. 4) 20:00 – JohannesStegmann-kunsgalery, Herverbeelding van dieAnglo-Boereoorlog.S Enjoy a burger and get another one free eve-ry Monday at Spur. T/C’s apply.

DINSDAG 9 JULIES Skenk bloed tussen 09:00 en 18:45 in die Pickn Pay Hyper-skenkersentrum (winkel 4, Bena-derylaan, Fichardtpark). Skakel 051-522-7679.S Lede van die Bloemskildergroep kom engaan,maar ongeveer 30 jaar al komvriendemet’n passie vir skilder maandeliks bymekaar omsaam te verf, kuns te klets, te krit en koffie tedrink. Kom kyk na hul groepuitstalling tot 14Julie op die Vryfees: CR Swart-gebou se eersteverdieping. Bel Hermine, 082-819-9623.SVryfees op kampus van die UV tot Sondag.Die Vodacom-kunstemark se stalletjies isoop van 09:00 tot 18:00. Vrydag en Saterdag saldit oop wees tot 21:00. Sondag kan jy ’n draaimaak by die stalletjies tussen 09:00 en 13:00.

WEDNESDAY, 10 JULYS Commencement of Ramadaan (Start of theMonth of Fasting), Islamic Holy Day.SBelastingopgawes kan nou by SAID inge-dien word.SKids under 12 years of age get to enjoy a freekids’meal everyWednesday from11:00 at Spur.T/C’s apply.S Teken in op Volksblad en kry een maandgratiskoerante. SMS“Gratis”na45527enVolks-blad bel jou terug.

DONDERDAG 11 JULIES Die Protea-volkspelelaer oefen Donderdaevan 19:00 tot 21:00 in die saal agter Huis Oranjein Begoniastraat. Almal is welkom om te komkyk, lekker saam te sing, as ’n sanggroep of omsaam te speel. Bel Hilbie Liebenberg (082-509-9497) of Nettie Pienaar (072-881-4026).S Vuur seisoene (klassieke vertoning)metMelBotes en Johan Kelberg, InnieSkuur, 19:30,R120, tel. 079-387-3614.SKaraoke in Windmill-casino om 20:00.SVilla Rosa-sterrejag op Vryfees aangebieddeur kykNET en die ATKV. Woon ’n oudisie byen jy kan dalkVilla Rosa (wat kamtig in Bloem-fontein afspeel) se nuwe ster wees. Skryf aan:[email protected].

S Stuur inskrywings in die bostaande for-maat na [email protected]. Dit is gra-tis.

BRANDWAG/BLOEMNUUSKROONSKOONHEDE:Omsaam te valmet die July­perdewed­ren is ’n Mnr. en Mej. Bloemnuus­Brandwag­July in die Brandwag­winkelsentrum aange­wys. Deelnemers moes tussen drie en ses jaar oud wees. Die wenners van die meisietjiesis van links Line vanderMerwe (tweede), JessicaDavids (eerste) en LienkaStevens (derde).

Die seunswenners is van links Estian Oberholzer (derde), Adian Gottsch (eerste) en JoshuaPretorius (tweede).

www.bloemnuus.co.za

NEEM DEEL: Gretha Bester (21) is een van die deelnemers wat aan dieFlex and Fight­kompetisie op die Vista­kampus sal deelneem. Dit is haartweede jaar in die afdeling: junior bikini jonger as 23 jaar. Sywas verledejaar as deel van die Vrystaat­span in die topses in Nabba se Suid­Afri­kaanse kampioenskap. Die sterkmankompetisie begin om 10:00 en dieliggaamsbou en die MMA om 16:00. Bel Kobie by 084­208­3627 vir inlig­ting. Die kompetisie word saam met die Windmill­casino­en­vermaak­likheidsentrum aangebied. Nog foto’s op www.bloemnuus.co.za.

UitkloptydRufus Botha

DIE Engen Knockout-sokker-uitdaagtoernooi (seuns o.17),wat die agtste jaar deur Grey-kollege (sekondêr) op dié skoolse sokkerveld aangebiedword,begin vanoggend.Hoewel dit die agtste jaar is

dat Grey dié toernooi aanbied,is dit die reeks se tiende agter-eenvolgende bestaansjaar inSuid-Afrika.Wat die toernooi in Bloem-

fontein anders maak, is Greyis die enigste skool wat dietoernooi aanbied.Toernooie in ander stede

word deur professionele klubsaangebied.

Grey, wat in die eerste sesjaar nie noemenswaardigeteenstand vir die voorste span-ne gebied het nie, het verledejaar een van die grootste op-skuddings van die Engen-uit-daagreeks opgelewer.Hy het die gunsteling, Har-

mony-akademie, in die eind-ronde in ’n doelskopstryd ge-klop nadat die eindtelling ge-lykop was.Harmony het voor die 2012-

reeks die toernooi al ses keergewen.Harmony is verlede jaar

weliswaar dikmond terug Vir-ginia toe, maar sy veggees dielaaste paar jaar van die toer-nooi maak hom vanjaar steeds

die gunsteling om die Engen-Challenge-trofee omhoog tehou.Sestien van die provinsie se

voorste spanne sal mekaar op’n rondomtaliegrondslag aan-vat voordat bepaal word wiena die kwarteindrondes, half-eindrondes en die eindrondedeurdring.Die eindronde vind op Son-

dag 7 Julie om 14:00 plaas.Enige span wat Celtic FC,

Botshabelo Stars en veral HTSLouis Botha onderskat, sal ’ngroot fout begaan.Buiten vir Harmony be-

hoort dié spanne hul spoor telaat as van die provinsie sevoorste skolespanne.

Sokker: Pumeza Ntisana (Engen), TommieCronjé (Grey­kollege) en Candice George van(Openfield­promosies). Foto: Spektor