bloemnuus 13 09 2013

12
13 SEPTEMBER 2013 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS Getroud Liefde is in Bfn se lentelug bl. 8 Kiekies Juan se jare in VS bl. 4 Queen Stadsorkes huldig vanaand Britse groep bl. 5 Stryd oor isse en wasse Jens Friis ’n STANDBEELD wat die eerste in sy soort is om hulde te bring aan die sowat 12 000 swart agterryers in die Anglo-Boereoorlog word op Erfenisdag, 24 September, in Bloemfontein onthul. Die term “agterryer” verwys na die onge- veer 12 000 swart mans wat in die Anglo-Boe- reoorlog vrywillig en sonder vergoeding saam met die Boerekommando’s diens verrig het. “Hulle bydrae was na groot waarde geskat,” lees ’n lomp sin op ’n marmerplaat wat meer vertel oor die agterryers – so asof hul waarde nie nou meer na waarde geskat word nie. Dié swak vertaling is waarskynlik die ge- volg van isse en wasse wat deesdae weens die verengelsing van Afrikaans verkeerd gebruik word. Ironies, is dit nie? “Hul bydrae is/word na groot waarde ge- skat,” sou immers beter gelees het. “Sou daar egter enige misverstand wees,” sê Tokkie Pretorius, direkteur van die Anglo- Boereoorlogmuseum, “wys die konteks beslis dat die agterryers se waarde steeds na waarde geskat word. Anders sal daar tog nie nóú ’n beeld vir hulle opgerig word nie.” Enkele agterryers was destyds bewapen en het aan gevegte deelgeneem. Die bekendste was Jan Ruiter wat verhoed het dat pres. M.T. Steyn op kommando gevan- ge geneem is. Maar agterryers het hoofsaaklik diens ge- doen as staljongens en kokke en is soms ook vir verkenning ingespan. Heelwat van hulle is in die oorlog dood of gewond en sommige is na krygsgevangene- kampe gestuur. Die imposante beeld deur Phil Minnaar van ’n man wat ’n perd lei, is reeds by die Oorlogs- museum van die Boererepublieke te sien. Dit is aangebring noord van die parkeerter- rein in die rigting van die Bloemfonteinse middestad. Dié standbeeld van ’n swart man, ’n sogenaamde agterryer, en ’n perd sal op Erfenisdag, 24 September, by die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke onthul word. Foto: William Raats Sowat 12 000 swart mans het in die Anglo-Boereoorlog saam met die Boere vrywillig en sonder vergoeding diens gedoen.

Upload: central-newspaper-group-bloemnuus

Post on 30-Mar-2016

297 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Bloemnuus 13 09 2013

TRANSCRIPT

Page 1: Bloemnuus 13 09 2013

13 SEPTEMBER 2013 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS

Getroud

Liefdeis inBfn selentelug

bl. 8

Kiekies

Juan sejare inVS bl. 4

Queen

StadsorkeshuldigvanaandBritsegroep bl. 5

Stryd oor isse en wasseJens Friis

’n STANDBEELD wat die eerste in sy soortis omhulde te bringaandie sowat 12 000 swartagterryers in die Anglo-Boereoorlog word opErfenisdag, 24 September, in Bloemfonteinonthul.Die term “agterryer” verwys na die onge-

veer 12 000 swart mans wat in die Anglo-Boe-reoorlog vrywillig en sonder vergoedingsaammet die Boerekommando’s diens verrighet.“Hulle bydraewasnagrootwaarde geskat,”

lees ’n lomp sin op ’n marmerplaat wat meervertel oor die agterryers – so asof hul waardenie nou meer na waarde geskat word nie.Dié swak vertaling is waarskynlik die ge-

volg van isse en wasse wat deesdae weens dieverengelsingvanAfrikaansverkeerdgebruikword. Ironies, is dit nie?“Hul bydrae is/word na groot waarde ge-

skat,” sou immers beter gelees het.“Sou daar egter enige misverstand wees,”

sê Tokkie Pretorius, direkteur van die Anglo-Boereoorlogmuseum, “wys die konteks beslisdat die agterryers sewaarde steeds nawaardegeskat word. Anders sal daar tog nie nóú ’nbeeld vir hulle opgerig word nie.”Enkele agterryers was destyds bewapen en

het aan gevegte deelgeneem.Die bekendste was Jan Ruiter wat verhoed

het dat pres. M.T. Steyn op kommando gevan-ge geneem is.Maar agterryers het hoofsaaklik diens ge-

doen as staljongens en kokke en is soms ookvir verkenning ingespan.Heelwat van hulle is in die oorlog dood of

gewond en sommige is na krygsgevangene-kampe gestuur.Die imposante beeld deurPhilMinnaar van

’nmanwat ’n perd lei, is reeds by die Oorlogs-museum van die Boererepublieke te sien.Dit is aangebring noord van die parkeerter-

rein in die rigting van die Bloemfonteinsemiddestad.

Dié standbeeld van ’n swart man, ’n sogenaamde agterryer, en ’n perd sal op Erfenisdag, 24 September, by die Oorlogsmuseum vandie Boererepublieke onthul word. Foto: William Raats

Sowat 12 000 swart mans hetin die Anglo-Boereoorlogsaam met die Boerevrywillig en sondervergoeding diens gedoen.

Page 2: Bloemnuus 13 09 2013

2 BLOEMNUUS, VRYDAG 13 SEPTEMBER 2013

VOLG BLOEMNUUS OP JOU SELFOON:Dit is spesifiek só ontwerp dat jy diekoerant maklik op jou selfoon se skermpiekan lees. Gaan na http://bloemnuus.mo-bi.

Today inhistory1890 – The British Union Flag (UnionJack) is raised for the first time at FortSalisbury, marking the beginning ofprolonged British influence in the regi-on, now known as Zimbabwe.1899 – Anglo-Boer War 2: Lieutenant-Colonel R.G. Kekewich arrives in Kim-berley to assess the military situationand to advise the new general officercommanding British Troops in SouthAfrica, Lieutenant-General F.W.E.F.Forestier-Walker, on the defence of thetown.1900 – Anglo-Boer War 2: The youngQueen Wilhelmina of the Netherlandsputs the Gelderland at the disposal ofPres. Paul Kruger to journey to Europe.1922 – The highest temperature everrecorded in the world was 58 °C on thisday at El Azizia, Libya. It is accepted asthe world’s highest recorded atmosphe-ric temperature.1968 – The Rhodesian Appeal Court re-cognises the legality of the RhodesianGovernment headed by Ian Smith.1983 – B.J. Vorster, former South Afri-can prime minister and state president,is buried in the so-called Heroes’ Acreat the Dutch Reformed Church at Ka-reedouw in the Eastern Cape.1997 – Mother Teresa, Nobel laureateknown world-wide for her charitywork, receives the first state funeral ac-corded a private citizen of India sincethe death of Mohandas K. Gandhi in1948. She visited South Africa in 1988.

Wel en weeS E.Burger se rybewys is by die Engen-gara-ge langs De la Rey-laan opgetel. Dié persoonis in 1972 gebore. As dit jy is, kan jy vir Ginadu Preez by 082-929-8238 bel.

S Elsabeth de Bruyn (71) word vandag om10:00 uit die NG kerk Brandfort-Oos begrawe.Dié weduwee is verlede Donderdagaand inhaar huis vermoor. Annatjie Madden (62) isverlede jaar ook op Brandfort vermoor.

S Theonie en Dave Kok is tuis ná ’n vakan-sie in Ierland. Theonie, ’n dagsubredakteurvan Media24 se sentrale plaaslike koerante,hanteer die rubriek “Ons mense in die vreem-de” inBloemnuus. In ’n komende uitgawe vanBloemnuus sal sy haar eie ervaring van die“vreemde” met lesers deel.

S Johan Cronjé het sy Suid-Afrikaanse re-kord in die 1 500 m tot 3:31:93 verbeter en só’n silwermedalje in Italië verower. Johan hetin Mei die Suid-Afrikaanse rekord wat tweedekades agter die naam van Johan Landsmangestaan het, tot 3:33:46 verbeter.

S Twee Cheetahs, die stut Coenie Oosthui-zen en die vleuelWillie leRoux, het Saterdagalbei hul eerste drie vir die Springbokke teendie Wallabies gedruk en só meegehelp dat dieBokke in Brisbane kon wen.

S Elrita Erasmus, Rosa Maria Jardim enChristie Bester het elk dubbelkaartjies ge-wen na die Ten Drum-konsert wat Dinsdag indie Odeion gehou is. Daar is nog talle anderwedstryde waarvoor jy jou by www.bloem-nuus.co.za kan inskryf.

SAndrie van Rensburg (81) van die Rosen-heim-aftreeoord se gedenkdiens het Dinsdagin die Rosenheim-aftreeoord plaasgevind.

S David Arnoldus (Dave) Killian (68) isWoensdag uit die Hervormde kerk Bloemfon-tein-Wes begrawe. Hy is in die Bainsvlei-be-graafplaas ter ruste gelê.

S Prof.KoosBekker (65), ’n afgetrede dosentin openbare bestuur aan die UV, is dood aan’n hartaanval op die begrafnis van ’n vriendvan hom, prof. Willie van der Merwe, hoof vandie departement ondernemingsbestuur aandie UV. Hy het buite die NG kerk Hugenootinmekaargesak. Hy word deur sy vrou, An-nette, en twee seuns, Rassie en Cobus, oorleef.’n Gedenkdiens word vandag om 12:00 vir homin die Kovsiekerk gehou.

S Petro Engelbrecht het die Van Rensburg-patoloë-prys vir die beste Vrystaatse kunste-naar in musiek vir klavierspel ontvang. Diewenners van teater- en musiekproduksies opdie afgelope Vryfees is op die kampus van dieUniversiteit van die Vrystaat (UV) aangekon-dig.

S Izelle Lategan is deur die Suid-AfrikaanseHokkievereniging as die o.21-speler van diejaar vir 2012 vereer.

SMalieBeukes is die wenner van ’n kaartjiena David Helfgott se klavierkonsert watWoensdagaand in die Odeion plaasgevind het.

SAubreyOlivier isBloemnuus se Facebook-leser van die dag. Hy skryf: Ek is ’n geboreBloemfonteiner wat in alle sportsoorte belangstel: perdewedren-ghoeroe, gim, draf . . . Ekwas uiters teleurgesteld toe ek die Comradesweens ’n besering misgeloop het. Jare lankwas ek Bloemnuus se perdewedrenverslagge-wer. Met Bloemnuus se in-die-kol-berigge-wing lyk dit asof sy Facebook-blad in dieselfdevoetspore volg. Sterkte. Doen so voort.

S Die troosdiens van Christiaan FrederikCoetzee (60) vind vandag om 11:00 in die Em-manuel-kapel plaas. Die verassing sal privaatplaasvind.

S Die verhoor vanCraig Thiem (51) van Wil-gehof en klaer wat die hele sogenaamde rasse-herrie in die Laerskool Wilgehof begin het, salwaarskynlik op 25 September in die Bloem-fonteinse landdroshof begin, berig Volksblad.Thiem, wat daarvan aangekla word dat hykruideniersware van R524 in die Pick n PayHipermark in Fichardtpark gesteel het, hetvoor landdros V. Sityata verskyn.

S Die gedenkdiens van Aletta SusannaSteyn (86) van Hospitaalpark vind vandag om11:00 in die NG kerk Hospitaalpark plaas. Dieverassing sal privaat plaasvind.

S Paul Muller (051-404-7926) is die regtemens om te bel as jy met die aflewering vanBloemnuus probleme ondervind.

Page 3: Bloemnuus 13 09 2013

BLOEMNUUS, VRYDAG 13 SEPTEMBER 2013 3

DIE volgende aanhalings blyEster le Roux, kurator vandie Oliewenhuis-kunsmu-seum, ’n satellietmuseumvan die Nasionale Museum,oor die jare heen by:

S Let me now re-emphasi-se the extreme looseness ofthe structure of all objects.– In the Skin of a Lion, Micha-el Ondaatje

S Begin at the beginningand go on till you come tothe end: then stop. – Alice’sAdventures in Wonderland,Lewis Carroll

S Tussen woord en daad iswette en praktiese beswa-re. – Willem Elsschot

S I’d take the awe of un-derstanding over the aweof ignorance any day. – Dou-glas Adams

SArt hath an enemy cal-led Ignorance. – B. Jonson,Every Man out of His Humour

S The only creatures thatare evolved enough to con-vey pure love are dogs andinfants. – Johnny Depp

S I am patient with stupi-dity, but not with thosewho are proud of it. – EdithSitwell

SAssumption is the mo-ther of all misunderstan-dings.

Oase _________

Ester le Roux

RIANA NEL en haarorkes maak ’n draaiin die Vrystaat methaar eerste volleng-te-konsert in Bloem-fontein. JENS FRIIShet vir Riana met ’npaar vrae gepeper.Riana, as jy nou ’n reis naenige plek op aarde konwen – waarheen sou ditwees? Beslis Nashville, wantek wil ’n Sheryll Crow-optre-de gaan kyk.Wat gee jou die meeste ge-not daarvan om te sing? Ditis ’n kant van my wat ek netas ek sing mee kan kuier.As jy ’n ander beroep moesbeoefen, wat sou jy wou hêmoet dit wees? Klereontwer-per.Watter CD is tans in jou mo-tor? My eie.Wat lees jy tans? Out of your

comfort zone deur RT Ken-dall.Wat is die mooiste plek-naam in Afrikaans? Welge-moed.Wat is die mooiste woord inAfrikaans? Sawwelyfie.Wat is die lelikste woord inAfrikaans? Knor.Wat is die diepste punt vanellende? Hopeloosheid!Wat is jou grootste tekort-koming? Ek dink te veel.Wie en wat kan jy nie ver-duur nie? As iets raas as ekprobeer slaap! Dit moet vrees-lik stil wees.Wat maak jou nostalgies?As dit bewolk is.Wat is jou grootste vrees?Om in vrees te leef.Waaroor is jy spyt? Dat eknie meer kere met my ma kof-fie gedrink het toe ek kon nie.Jou kosbaarste besitting?My trouring.Wat dink jy gebeur ná diedood? Ek gaan hemel toe.Wie is jou helde? Almal wat

bly glo as hulle beproef word!Wie is jou gunsteling-fik-sie-karakters? ElizabethBennet van Pride and Preju-dice.Wie sou jy die graagste virete wou nooi? My man.Wat sou jy dan vir etemaak? Skaaptjops.Wat verveel jou? Om te moetwag.Oor watter gawe sou jy woubeskik? Om meer perspek-tief in die lewe te hê en ’n har-de vel.

S Riana se konsert in Bloem-fontein is op 20 September om19:30 in die Kovsiekerk. Be-spreek by Computicket. Diekaartjies kos R100. CézanneYzelle doen die voorprogram.Afrikoon-produksies, wat Ri-ana na Bloemfontein bring,“hetBloemnuusasmediaborggekies, want dit is ’n huishou-delike naam en ons voel dieideale teikenmark word daar-deur bedien”.

Spervuur:Riana Nel

Page 4: Bloemnuus 13 09 2013

4 BLOEMNUUS, VRYDAG 13 SEPTEMBER 2013

JUAN SMITH, die voormaligeSpringbok-flank en Cheetah-kap-tein, het ’n eenjaarkontrak metdie Franse klubspan in Toulon ge-sluit.

Dit beteken dat een van die bes-te en bekendste rugbyspelers watdie Vrystaat nog opgelewer hetvir ’n jaar Bloemfontein gaanvaarwel roep.

Hiermee bied Bloemnuus ’n fo-tobeeldoor sy roemryke loopbaanen die diep spore wat Smith inBloemfontein getrap het.

Die 32-jarige, wat Suid-Afrika in 69toetse verteenwoordig het, moes ’nrits mediese toetse ondergaan voor-dat sy kontrak bekragtig kon word.

Smith het in Februarie vanjaar syuittrede aangekondig weens ’n hak-

seningbesering, maar gaan nou sy te-rugkeer in Frankryk maak.

Die ysterflank sal hom aansluit byou bekendes soos Bakkies Botha,Bryan Habana, Michael Claassens,Danie Rossouw en Joe van Niekerk.

Juan het 41 wedstryde vir die Vry-staat-Cheetahs gespeel en hy het in79 Super-wedstryde vir die Katte endie Cheetahs uitgedraf.

’n Grotegroet

Trots Vrystaat! Juan vat ’n blaaskans op sy plaas. Foto: Charl Devenish

Blokman Juan bedryf ’n slaghuis in Bloemfontein. (Sien advertensieelders op dié blad.) Foto: Maradine Whitehorn

Die egpaar Smith, Juan en Caroline, verlaat die NG kerk Universitas.

Met die begrafnis van Juan se pa, Giel. Foto: Emile Hendricks

Peter de Villiers, die eertydse Springbok-afrigter, en Juan Smith.Foto: Maradine Whitehorn

Shimla-rugby vier hul eeufees met ’n dinee in dieCalie Human-sentrum. Juan Smith is aangewysas die voorspeler van die eeu en Joggie Jansenas die agterspeler. Foto: Charl Devenish

www.bloemnuus.co.za

Page 5: Bloemnuus 13 09 2013

BLOEMNUUS, VRYDAG 13 SEPTEMBER 2013 5

HOTBUYS4995T-BAR SANDALS

21995WEDGE SANDALS

17995PEEP TOE WEDGES

9995FLATTIE SANDALS

FROM13995SLING BACK CASUALS

15995COLOUR BLOCK PEEP TOES

Come on summer

26512TH

EFIRETR

EEDES

IGNE&

OE

Valid from 12th September 2013. While stocks last.

www.hub.co.za

CLIENT CARE • 0861 843 482GENERAL QUERIES • 031 582 1100 (office hours) FAX • 011 710 3378

KWAZULU-NATAL: Galleria, Amanzimtoti • Chatsworth Centre, Chatsworth • West Street, Durban • Value Centre (shoes only), Springfield Park • SanlamCentre, Empangeni • Gateway, Umhlanga • Scott Street, Newcastle • Phoenix Plaza, Phoenix • Church Street, Pietermaritzburg • Pinecrest Centre, Pinetown

• Woolley Street, Port Shepstone • Boardwalk, Richards Bay • Shelly Centre, Shelly Beach • Pavilion, Westville GAUTENG: Trade Routes Mall, Lenasia •Greenstone Shopping Centre, Modderfontein • West Rand Retail Crossing, West Rand • Saveways Crescent Centre, Witbank MPUMALANGA: RiversideMall, Government Boulevard, Nelspruit FREE STATE: Middestad Mall, Bloemfontein NORTH WEST: City Mall, Klerksdorp NORTHERN CAPE: Diamond

Pavillion Mall, Kimberley

CLIENT CARE • GENERAL QUERIES • 031 582 1100 (offi ce hours)

Also available at selected

stores

FOKUS OP AÏDA

Eiendom: Tyd reg om te koopDIE aankoop van eiendomvirwoon-en/of beleggingsredes was eintliknog altyd die regte besluit.Vandag is daar bykomende, spesi-

fieke redes waarom dit beslis ’ngoeie rede is om in eiendom te belê.Hieronder tel:S Die rentekoers is die laagste watdit die afgelope 20 jaar was.S Vir koperswat dit nou kan bekos-tig (kontant of met ’n verband), isdaar nou ’n kopersmark, omdat fi-

nansiering nie so gemaklik bekomkan word nie.Goeie kopers is belangrik en hulle

koop dus goeie eiendom teen goeiepryse.S Beleggingseiendom se opbrengsop belegging is baie goed, omdat dieaanvraag na huureiendom hoog is,want voornemende kopers moetsoms huur indien hulle nie vir ’nverband kwalifiseer nie.Die groot vraag druk die huurpry-

se op.S Die boukoste van nuwe eiendomis nou heelwat hoër per vierkantemeter as bestaande eiendom.Dit kan die prys van eiendom aan-

sienlik laat styg sodra die ekonomiemeer herstel.Die vereistes en regulasies vir nu-

we geboue maak dit ook nie vir dieboubedryf maklik nie.S Die vraag na en tekort aan behui-sing en eiendom in Suid-Afrika is

baie groot.As die vraag hoër as die aanbod

is, dan moet die pryse styg.S Eiendom was, is en sal altyd ’npuik erfporsie vir die nageslagwees.S ’n Fout wat u kan maak om nouin eiendom te belê is om te min tekoop.Skakel Aïda se spesialiste of kom

gesels met hulle by hul boeremark-stalletjie op Saterdae.

Page 6: Bloemnuus 13 09 2013

6 BLOEMNUUS, VRYDAG 13 SEPTEMBER 2013

Page 7: Bloemnuus 13 09 2013

BLOEMNUUS, VRYDAG 13 SEPTEMBER 2013 7

Page 8: Bloemnuus 13 09 2013

8 BLOEMNUUS, VRYDAG 13 SEPTEMBER 2013

STUUR gerus jou onlangse troufoto na jens.friis@me-dia24. com. Meld watter fotograaf het vir wie waar afge-neem. Plasing is verniet. Besoek www.bloemnuus.co.zavir nog troufoto’s.

Getroud

Nelis en Christel van Zyl (Onze Rust). Foto: Mandie Niemann

Riaan en Cherise Britz (Pepper Tree). Foto: 3’kie’s Photography

Cobus en Ellouise (Oliewenhuis). Foto: Genesis Images

Muller en Hilda (Indaba). Foto: Genesis ImagesTrevor en Natalie (Tuscan Rose). Foto: Genesis Images Paul en Maryke Kruger (The Willows).

Page 9: Bloemnuus 13 09 2013

BLOEMNUUS, VRYDAG 13 SEPTEMBER 2013 9

Wat gebeur wanneer waar in diegroter Bloemfontein? Bloemnuusse gewilde Dagboek-blad is dieplek om te kyk.Dit word ook gelaai op

www.bloemnuus.co.za.As jy jou selfoon gebruik om

Bloemnuus te lees, besoek bloem-nuus.mobi en kyk onder “My ge-meenskap” vir dagboek-inskry-wings.Stuur dagboekinskrywings in

die onderstaande formaat (moe-nie volledige nuusverklaringsstuur nie) na [email protected]. Dit is gratis. Die sper-tyd is Dinsdag om 09:00.

VRYDAG 13 SEPTEMBERS Queen: Bloemfontein-stadsorkesen Joseph Clark in die Sand om 19:30.Kaartjies: R150, R120 en R80. Pacofs,051-447-7772.SMatriekafskeid van die Hoër-skool Fichardtpark.S Thys die Bosveldklong by dieAasvoëlklub om 20:00.S Bloemnuus is ’n mediaborg vir dieVir ons kinders-kompetisie. Koop’n kaartjie ten bate van Engo Vry-staat teen slegs R20 en staan ’n kansom ’n Hyundai i10 van R108 000 tewen. Kaartjies is beskikbaar by alleEngo-kantore. Vir meer inligtingkyk by www.engo.co.za. Die slui-tingsdatum is 31 Oktober. Vyf fina-liste word op 22 November aange-kondig. Die trekkingsgeleentheid isop 6 Desember in Bloemfontein. Ska-kel 051-407-7222.S Pieter Smith tree by On Stage @Wies om 20:00 op. Kaartjies kos R120.Dit is ’n splinternuwe optreepleklangs Wiesbaden. Skakel 051-451-1211.S Rosie’s, die restaurant by dieWindmill Casino, is vandag (andersas gewoonlik) oop vir middagete tus-sen 12:00 en 15:00. Skakel 051-410-2078.S Fiest del Vino – wine and culina-ry festival, Hotel School Atrium,CUT, 18:00. Tickets: R150 (includesten tasting coupons, tasting glass).S Tribute to Michael Jackson inDiamond Lil’s by Windmill Casinoom 21:00. Kaartjies: R30 by die deur.S RusHour bring “Hits the Rock”na Innie Skuur, Langenhovenpark,om 19:30. Kaartjies kos R80 vooraf enR100 by die deur. Kaartjies is beskik-baar by Kiki Corner (Langenhoven-park), 051-446-5666 of Music Inc(Noordstad), 051-4333-439. Of be-spreek by [email protected]. Navrae: 079-387-3614.S Skryf in vir Volksblad, die LochLogan-waterfront en Kloppers seRoosknoppie van die Jaar-kompe-tisie. Meisies van drie en vier jaaroud kan deelneem. Rig navrae aanLinda Geyer by 051-404-7700 of Made-lein Venter by 051-404-7816.S Pellissier Vroue bied ’n vroue-kamp hierdie naweek by King’s Ha-ven, Vaalbank-Suid aan. Die sprekeris Dawid Mouton van teologie aandie UV. Karin Kersop, 072-158- 0225.S Die Suider-Afrikaanse Kerkorre-liste-vereniging bied ’n orrelkon-sert in die NG kerk Langenhoven-park om 19:00 aan. Plaaslike orrelis-te tree op. Toegang is gratis metdeurkollekte om uitgawes te dek.Connie van Niekerk, 083-377-2244.S Basaar by Klipkerk om 16:30. De-

drey du Randt, 051-448-1419.S Snaarstories II met Igno vanNiekerk en Hannes Bosman by TheWillows om 18:30. Bel Mariaan Hugo(083-561-5771) of Marian Spies by(079-494-9740).

SATURDAY, 14 SEPTEMBERS Skaap-en-shiraz-fees. De OudeKraal Country Estate & Spa, 051-564-0636.S Laerskool Jim Fouché hou sy jaar-likse Amazing Race. Bel Lize Fou-rie, 082-378-4398.S Die Vrystaatse Cliviaklub housy jaarlikse skou. Wen-plante wat dieVrydagaand aangewys is, sal ver-toon word, sowel as klublede se prag-plante. Die skou word tussen 08:00 en14:00 in die Hoërskool Sand du Ples-sis se saal (oorkant Fruit and Veg inCurielaan) gehou. Toegang: R10 (vol-wassenes) en R5 (kinders). Cliviassal te koop wees. David, 072-6143-091.S Die NG gemeente Fichardtkruinhou Oesfees en ’n fietswedren van08:00 tot 13:00. Gaskunstenaars:Grey-kollege (primêr) se Junior Boe-reorkes, Deon en Werner, DazzlingDancers en Fichie-Voetjies. Kontak:Rosie van den Berg (Oesfees), 082-413-6173, Fanie Roeloffze (fietswed-ren), 083-500-4797, of Fichardtkruinse kerkkantoor by 051-522-8903.S Die Vrystaatse Jagters-en-wildbe-waringsvereniging hou reünie virlede wat by die stigtingsvergaderingop Maselspoort in Oktober 1981 (of jynog lid is of nie) was. Die samekomsword beplan by Soetdoring-natuur-reservaat vir die Saterdagmiddag totdie Sondagoggend. Bel Daan Boden-stein by 083-489-9193 of Izak de Vil-liers by 082-570-1031.SAndries Botha by Innie Skuurom 19:30. R100. Kaartjies is beskik-baar by Kiki Corner (Langenhoven-park), 051-446-5666 of Music Inc(Noordstad), 051-4333-439. Of be-spreek by [email protected]. Navrae: 079-387-3614.SAnglo-Boereoorlog-naweek oordie Norvalspont-konsentrasiekamp.Danie, 051-754-0495.SHeritageMonth fun run at Man-dela View (N1 towards Botshabelo)at 08:00. Johnny, 051-442-2052.SKiepersol-tuinbouklub verga-der om 09:30 by Olympusrylaan 49,Pentagonpark. Oven Mey praat oorNuwe idees vir die somertuin. Prof. Ti-ney Krause, 051-436-6669.S Tanya se tuinmark van 09:00 tot13:00, Koos van der Waltstraat 61,Universitas-Wes. Tanya, 083-314-1411.S Lizz Meiring en Hennie Smit inScaena ten bate van die Vrystaat-na-sorgsentrum om 18:30. Kaartjiessluit ’n ligte ete in en is te kry by Hou-se of Bread en Craze Daisy (Prelleren Hyperama). Bel Johanette Preto-rius by 082-825-9142.SGift of Song II in die Odeion om19:00. Alle wins wat gemaak word uithierdie konsert gaan vir die Vereni-ging vir die Blindes. Onder die Vry-staatse kunstenaars wat optree, isRiëtte van der Watt, Carinda Cloete,Isabel van Rooyen en Danie du Ples-sis. Kaartjies kos R80. Bel Ankia by083-359-6294 of Greg by 082-778-0854.S Soutpan NG kerk hou basaar.Rou vleis teen sakpaspryse, braai-vleis, potjiekos, gebak, naaldwerk.Bel Janine, 072-341-8393.

S Die Stigting vir Artritis nooi diepubliek en gesondheidsdeskundigesuit na ’n praatjie oor artritis of outo-immuunsiektes onder jonger mense.Dit vind by Tuscan Rose om 08:15plaas. Die spreker is die rumatoloogdr. C. Nel. Kaartjies word teen R100by Roos en Joubert-fisioterapeute indie Private Hospitaal Netcare-Uni-versitas (1ste vloer, kamer 10) ver-koop. Bel Marike Joubert by 082-961-3896 of Sanet Olivier by 083-268-8398.S Die Fichardtpark-woonbuurtver-eniging in samewerking met die de-partement van omgewingsake, dieMangaung-metro-munisipaliteit enander betrokkenes begin vandag ’nherwinningsprojek in Fichardt-park. Dit is die eerste in sy soort inBloemfontein. Die herwinningspro-gram begin om 09:00 wanneer inwo-ners van Fichardtpark hul e-afval(enige produk wat met elektrisiteitof batterye werk) na die Pick n Pay-hipermark kan bring. Jenny, 079-2255-090.

SONDAG 15 SEPTEMBERS Die Afrikaanse Bybel is vanjaar80 jaar oud en om dit te herdenk word’n Hardop Bybellees-marathonvan Sondag 15 September tot Sondag22 September beplan. Dit sal bedagstussen 08:00 en 18:00 in die gebedska-mer by die Visnet, NG Bloemheuwel,Haarburgersingel, Westdene, plaas-vind. Neem twee vriende saam nadie gebedskamer. Elkeen van diédrie lees dan elk 20 minute hardopuit die Bybel terwyl die ander tweeluister. Sodoende word een uur ge-lees. Met hierdie projek word beoogom die Nuwe Testament deur te lees.Almal is welkom. Bel die kerkkan-toor soggens by 051-4477-468 om jouuur te bespreek.S NG gemeente Fichardtkruin se36ste bestaansjaar word gevier met’n gesamentlike diens en nagmaalom 10:00. Bel die kerkkantoor by 051-522-8903 vir meer inligting.S Boerekos-ete by Koekela Café,Pres. Steynstraat, Westdene, waar jykan smul aan tradisionele geregtesoos afval en pampoenpoffers en kanweglê aan plaasbrood. Besprekingsvir dié Sondag-ete is egter noodsaak-lik.S The next Friends of AndrewMurray service will take place at09:00 at the church in AlexandraRoad. All welcome. Iris, 082-812-0990.S Die son kom vanoggend op om06:12 en sak vanmiddag om 18:08.S Reünie van die 1983-matrieks vandie Hoërskool J.B.M. Hertzog. RSVPteen vandag. Jurgens Strydom, 082-9722-862.S The German Shepherd Dog Fe-deration of SA (Bloemfontein club)will host its annual breed show. En-trance is free. Both imported and lo-cally bred dogs will be on show. CBCSchool, from 09:00. Phone 082-928-7574.

MONDAY, 16 SEPTEMBERSWorld Ozone Day.S Skenk bloed tussen 10:00 en 18:45by die Victorian Square-skenkersen-trum (President Reitzstraat en Twee-de Laan). Skakel 051-447-7276.S Until 19 September: Jong Afrika-ners by Roelof Petrus van Wyk (Re-servoir). Roelof van Wyk’s JongAfrikaner – a Self Portrait is a pu-blished series of portraits of urbani-sed, creative and engaged Afrika-ners who present a challenge to pre-conceived ideas about Afrikaneridentity and values. This photo pro-ject not only focuses the lens onto theAfrikaners themselves, but alsoquestions their belonging to Africaand their place as Africans.S Die Bloemfontein-stadsorkessoek na talentvolle sangers vir sykonsert in Oktober. Dié sangers salas soliste in ’n jazz-program optree.Oudisies vind om 19:00 in die Musi-con plaas. Belangstellendes moet ’nbegeleide of onbegeleide lied vanhoogstens twee minute sing wat ver-kieslik in die jazz-idioom is. Skryfaan [email protected].

DINSDAG 17 SEPTEMBERS The Follies, ’n groep fopdossers,tree om 19:00 in die Emoya-hotel seamfiteater op. Kaartjies kos R80 enis te kry by 073-798-9565. Plek kanook per e-pos by [email protected]. bespreek word.S As jy jou medemens wil help ennie weet waar om te begin nie, komword ’n Bevriender-vrywilliger.Hulle gee emosionele ondersteu-ning. Skryf aan [email protected] of bel Anna by 072-518-2700.Die Bevrienders se 24 uur-telefoon-nommer is 051-444-5000.

WOENSDAG 18 SEPTEMBERS Asylum-musiek en nagmerriesmet Mira by die Aasvoëlklub om20:00.

S Dekaanskonsert met studentevan die Odeion Skool vir Musiek om19:30. Bespreek by Computicket.S Sky Country, ’n gereelde adver-teerder in Bloemnuus, bied Woens-dae afslag vir pensioentrekkers(karkasse uitgesluit). Skakel 051-421-0802/3.S Kom leer handnaaldwerk doentusen 09:00 en 13:00. Bel Rina by 051-436-5569.SHigh Flyers (cabaret show) at Di-amond Lil’s, Windmill Casino. Free.

THURSDAY, 19 SEPTEMBERS Full moon, 13:13.S The Sculpture Park (Oliewen-huis), comprising 16 sculptures byvarious South African sculptors, isthe only one of its kind in the FreeState. The African Carousel focuseson introducing children to the con-cept of art in an unintimidating, funway. Have a look at www.na-smus.co.za.S Dirk en die Republiek by dieAasvoëlklub om 20:00.S BevriendersSuid-Afrikahou syjaarvergadering om 14:00 byKlercklaan 18, Brandwag. Navrae:[email protected].

FRIDAY, 20 SEPTEMBERS Pitr-paksha, Hindu Festival.S Die kabaretkunstenaar HelenaHettema tree in die Aasvoëlklub om20:00 op. Kaartjies kos R100. Bel HeinGriessel by 084-880-7800.S Night at the National Museum:There will be three sessions, eachone-and-a-half hours long, with ahalf-hour break after each session.The first session is 18:00 to 19:30, thesecond 20:00 to 21:30 and the third22:00 to 23:30. Entrance fees are R20per adult and R10 per child six yearsand older. Children under the age ofsix years are free of charge. Anciliavan Staden, 051-447-9609.S Laaste skooldag van derde kwar-taal in Vrystaat.

Dagboek

BrendonPeyper vanBloemfonteinhet by InnieSkuur, Langenhovenpark, opgetree. AndriesBothaen RusHourtree hierdie naweek daar op. Foto: Bjorn Coetsee

Elvis Blue saammet CurtisMaritz en Jandre Briedenhann by InnieSkuur.Foto: Bjorn Coetsee

Page 10: Bloemnuus 13 09 2013

10 BLOEMNUUS, VRYDAG 13 SEPTEMBER 2013

Nicolle Kairuz

SUMMER is just on the horizon andnow is the perfect time to get your carsummer-ready, says Les Mc Master,chairman of theMotor IndustryWork-shop Association (MIWA).“Why wait until you are caught in

the first spring rains to realise thatyour windscreen wipers are old andneed to be changed?Get pro-active andcheck your vehicle now so you are pre-pared for theweather changes ahead,”says Mc Master.He suggests checking your winds-

creenwipers, air conditioningunit, oiland tyres. “Windscreen wipers ageand perish. It’s important to checkyourwindscreenwipers regularly andnot to settle for below-parwipers.Onlythe edge of the wiper should touch thewindscreen – so check whether this isthe case with your wipers. Also thereshouldn’t be cracks or tears in the bla-des and the blades should be securelyfastened to the wiper. If in doubt go toyour local accredited workshop andask your mechanic to check the bla-des.“Wipers are relatively inexpensive,

but make all the difference between

clear visibility and an accident wai-ting to happen,” he says.Mc Master also suggests getting yo-

ur air conditioningunit checked. “Ma-ny drivers don’t make use of their airconditioning units during the wintermonths so there may be a build up ofdirt that could block and hamper theperformance of the unit.” Along withthat a leak could have developed, re-sulting in low or no pressure, or theunit could be low on refrigerant. “Abad fuse, a wiring problem or brokenAC switch might also be to blame, soask your mechanic to check the unitif you suspect there is a problem. It’swellworth getting theunit checkedbe-fore the summer heat hits,” he sug-gests.An oil change and inspection of the

state of the vehicles tyres are also es-sential.“Budgeting for a service aheadof the

December rush is key,” believes McMaster. “During December there aremany other expenses that crop up andthe thought of additional expenses atthat time for car maintenance can bedaunting for car owners. Now is the ti-me to plan a service and budget accor-dingly.”

He suggests using an accredited af-termarket workshop for your vehi-cle’s service.“By using an accredited workshop,

you can be assured that thework is gu-aranteed. It may be tempting to opt fora cheaper route, suchas a road-side airconditioner repair offer at a reducedrate, but ultimately you may end uppaying more for a bad job to be correc-ted.“If you are unsure whether your lo-

cal workshop is accredited, ask to seethe accreditation certificate or contactan industry body such as the MIWA,”he concludes.

Get yourcar readyfor summer

Get pro-active and check your vehicle now so you are prepared for the weather changes.

Page 11: Bloemnuus 13 09 2013

BLOEMNUUS, VRYDAG 13 SEPTEMBER 2013 11

HOTBUYSCome on summer

26512TH

EFIRETR

EEDES

IGNE&

OE

12995MEN’S CANVASFROM

19995MEN’S CASUALS FROM

Valid from 12th September 2013. While stocks last.

www.hub.co.za

CLIENT CARE • 0861 843 482GENERAL QUERIES • 031 582 1100 (office hours) FAX • 011 710 3378

KWAZULU-NATAL: Galleria, Amanzimtoti • Chatsworth Centre, Chatsworth • West Street, Durban • Value Centre (shoes only), Springfield Park • Sanlam Centre,Empangeni • Gateway, Umhlanga • Scott Street, Newcastle • Phoenix Plaza, Phoenix • Church Street, Pietermaritzburg • Pinecrest Centre, Pinetown • Woolley

Street, Port Shepstone • Boardwalk, Richards Bay • Shelly Centre, Shelly Beach • Pavilion, Westville GAUTENG: Trade Routes Mall, Lenasia • GreenstoneShopping Centre, Modderfontein • West Rand Retail Crossing, West Rand • Saveways Crescent Centre, Witbank MPUMALANGA: Riverside Mall, GovernmentBoulevard, Nelspruit FREE STATE: Middestad Mall, Bloemfontein NORTH WEST: City Mall, Klerksdorp NORTHERN CAPE: Diamond Pavillion Mall, Kimberley

Va

CLIENT CAREGENERAL QUERIES 031 582

Also available at selected

stores

REPO&VERSEKERINGSVOERTUIE

Valenciaweg, Bainsvlei,BLOEMFONTEIN

WOENSDAG 18 September om 11:00vm

BF&W

AOP12457

Besigtig dag voor veiling 9vm - 4nm

ABSA

NEED TO FEEL BETTER?NEED TO TALK? Contactus, WE'LL LISTEN. Alwaysconfidential and free. 24/7.Talk to us: 051 444 5000.Write to us at Box 29874,Danhof 9310. E-mail us [email protected]

SKAKEL RINA by051-4461361

SPRINGKASTELESPRINGKASTELEenen

WATERWURMSSokkerkasteel,

Spiderman, Barbie,

Krokodil, Shrek,

Gladiators, Tropical

Island, Barney,

skuimput.

Aktiwiteitskastele.

Kastele met glybane

HOË GLYBANE.

BOOT, 3-IN-EEN.

We pawn Kruger

Rands,

diamonds and

Rolex watches

082 345 6711

CASH FOR GOLD

Soek kwaai, groothonde om te koop.Rottweilers, Boer-boele of GermanShepherds. SkakelMari 083 517 0753.

CJK ACCOUNTANTS:For any accounting work,financials, statutoryreturns, estates, etc.Contact 079 522 3021/[email protected]

Gratis kwotasies: Algeme-ne nutsman, staalwerk,loodgieterswerk, teëls, verf,'dry walls', herstel en oprigvan dakke. Ruben082 814 3731

We clean swimming pools,from green to whatevercolour. Call Ben071 067 4694.

We do all types ofplumbing, tiling andpainting. Call Ben071 067 4694.

We do tree felling andstump removals. Call Ben071 067 4694.

AAA-kwaliteit- INSTAL-LERING van alle plafonneen 'dry walls' (herstel van

plafonne), matte('carpet tiles' en volvloer-

matte), gelamineerde vloere,gratis kwot.(079 581 6654.

BRIDGING CASHwhile waiting for

PENSION/PACKAGEPAYOUT (lump sum only)CASH SAME DAY086 1101 388083 6700 788

AMANZIMTOTI: Albatros-woonstelle teenaan die

strand. Tel. 031 903 7734 /031 904 2167/082 478 4659

SMS alleenlik

Vakansieverblyf-Stellenbosch:Billike dubbel enenkelkamers beskikbaar ingoedtoegeruste Koshuis vanaf9 Des 2013 tot 2 Jan 2014.Sentraal gelee.(021 887 1583

1980 Hilux 2.2, R22 500.Thinus, Christiana.071 967 0285.

8-ton-beestrok:R59 500. Thinus,Christiana.071 967 0285.

Twee-slaapkamer-woonstel te huur inVerdi-kompleks,Hegarsingel, Hospi-taalpark, Bloemfon-tein. Onmiddellik be-skikbaar. HuurR3 850 p.m plus wateren elektrisiteit.Skakel E Horn051 447 8252.

Studeer u kind volgendejaar by die Noordwes-Universiteit, PUKKE?

Ons het 'n wye verskeiden-heid eiendomme TE KOOPbeskikbaar, om u sak te pas.

Belê vandag nog om dievrugte daarvan te pluk as ukind sy/haar studies voltooi

het. 072 561 5730,072 561 5715, 084 561 5703,

018 293 1858.www.justpropertygroup.co.

za

122 DI MOLUSIBOEDEL WYLEDIRATSAGAE

ISHMAEL MOLUSI

In die boedel van wyleDiratsagae Ishmael Molusi,identiteitsnommer430423 5486 08 3, getroud bin-ne gemeenskap van goedmet Kente Lissie Molusi inlewe woonagtig byGoronyanestraat 3351,Bohabela Location, Bloem-fontein, boedelnommer14307/2010.Kennis geskied hiermee datdie gewysigde eerste en fi-nale likwidasie- endistribusierekening in boge-noemde boedel ter insae sallê by die kantoor van dieMeester van die Hoog-ge-regshof, Bloemfontein vir 'ntydperk van 21 dae gereken

vanaf Vrydag 13 September2013.Naam en adres van Ekseku-teur of Gemagtigde:

LB SAFFYHoney Prokureurs

Posbus 29Bloemfontein9300Tel. 051 403 6600Faks: 051 403 6714

122 JC DU PLOOYKENNISGEWINGAAN KREDITEUREEN DEBITEURE INBESTORWE BOEDEL

SYMINGTON & DE KOK

ATTORNEYS • PROKUREURS• BABUELEDI

In die boedel van wyle Jo-hanna Carolina du Plooy,boedelnommer 8798/2013meesterskantoor Bloemfon-tein, geboortedatum 2 April1922, identiteitsnommer220402 0038 08 5, laaste adresSiesta 5, Genl. Conroystraat,

Dan Pienaar, Bloemfontein,datum van dood 8 Augustus2013.Krediteure en debiteure indie bogemelde boedel wordhiermee versoek om hulvorderings in te lewer enhul skulde te betaal by diekantore van die ondergete-kende binne 'n tydperk van30 (dertig) dae, gereken van-af 13 September 2013, datumvan publikasie hiervan.

EE POHLSymington & De Kok

Posbus 12012Brandhof 9324(MHD0153)

VEILING

In die Landdroshof vir diedistrik Dewetsdorp gehou

op Dewetsdorp in diesaaknommer: 77/2012 tus-sen:

WYNN OIL SA (PTY) LTDApplikant

enAS DE JONGE H/A DE

JONGE VERVOERRespondent

Geliewe kennis te neem datingevolge 'n vonnis verleenop 26 Februarie 2013 in boge-melde Agbare Hof en in ter-me van 'n Lasbrief vir Ekse-kusie teen Goed wat daarop-volgend uitgereik is, sal diegoedere hieronder beskryf,in eksekusie verkoop wordaan die hoogste bieër byKerkstraat 52, Dewetsdorpop 2 Oktober 2013 om 11:00.1 geel Gallion-padskraper.Neem verder kennis dat:1. Hierdie is 'n verkoping ineksekusie kragtens 'n vonnisbekom in bogenoemde hof;2. Reëls van hierdie verko-ping is beskikbaar 24 uurvoorafgaande die verkopingby die kantoor van die Bal-ju, Grootkloof, Smithfield.3. Registrasie as koper is 'n

vereiste onderworpe aan diebepaalde voorwaardes o.m.3.1 Voorskrifte van dieVerbruikersbeskermings-wet 68 van 2008;3.2 Fica-wetgewing met be-trekking tot identiteit enadresbesonderhede;3.3 Betaling vanregistrasiegelde;3.4 Registrasievoorwaardes.4. Verkoping sal geskied byKerkstraat 52, Dewetsdorp,met afslaer Hugo Pretorius.5. Advertensiegelde teenheersendepublikasietariewe enverkopingkoste volgenshofreëls geld.Geteken in Bloemfontein op21 Augustus 2013.

PER: MNR CLH VERTUEProkureur vir Eiser

Gous Vertue & Ass. Ing.Suite Nr. 8PrellerpleinsentrumGraaf Reinet StraatDan PienaarBloemfontein.(Verwysing: CV 601)

Page 12: Bloemnuus 13 09 2013

*RICA your SIM. Offers valid 1 September – 30 September 2013. All pricesare inclusive of VAT. Limitations apply to these products and promotions. Forthese limitations and full terms and conditions please visit www.cellcdirect.co.za

JHB

4340

3

CALL084 145• FREE SIM• FREE CONNECTION• FREE DELIVERY

To order, have your credit card/bank account details, ID and reference number 11092013/BN/E ready or visit www.cellcdirect.co.za

CHANGE TO US AND KEEP YOUR NUMBER.

DIRECT

PMx24

99c per min. on per second billing

Samsung Galaxy S4Mini Smartphone

R289on Straight Up 100*

Features: 4.3” qHD Super AMOLED screen,STranslator, Story Album, Sound & Shotand Group Play.

100SMS/MMS

100MINUTES

100MB DATA

UnlimitedBBM FOR LIFE

PMx24

BlackBerry® Q5Smartphone

R289on Straight Up 100*

Features: BlackBerry® 10 OS, 3.1’’ Capacitivemulti-touch, LCD display, 16GB Flash,5MP camera.

100SMS/MMS

100MINUTES

100MB DATA

Includes The Lite Plan- Unlimited BBM for life- Additional 500MB of Data pm

NEW

NEW

NEW Samsung Galaxy S4

Mini Smartphone

EXTRA200MBDATA PM

99c per min. on per second billing

TOTAL OF600MBDATA PM

Samsung Galaxy S4

TOTAL OF300MBDATA PM

Rudie van Rensburg is ’n oudre-dakteur van Bloemnuus. Sy ro-man, Slagyster, het pas verskyn.

Kapenaarsverstaan nie

Rudie van Rensburg

EK bly al langer as ’n kwarteeu in dieKaap. Ek hou van die berg, die see endie vars vis op my bord. Dit is nie ’nslegte plek om in te bly nie.

“Maar,” wil ’n Kaapse vriend noudie dag by my weet, “hoekom skree jynog so fanaties vir die Cheetahs?”

Dit is moeilik om dit vir ’n Kape-naar te verduidelik.

“Die Vrystaat is in my bloed,” sê eknet. Hy sal tog nie verstaan van dááidag nie: 6 Julie 1960 in die Vrystaat-stadion. Ek’s ’n jong skoollaaitie endie magtige All Blacks speel teen dieVrystaat. Frans de Jager, ’n reus met’n wilde snor, is die kaptein, LouisLuyt, later kunsmismagnaat en Suid-Afrikaanse rugbybaas, sy slotmaat.Al my ander helde speel: Piet Botha,Ernest du Plessis, Ian Kirkpatrick,Popeye Strydom en Sakkie van Zyl.

Piet Botha klits drie strafskoppeoor en ons wen met 9-8, die enigsteprovinsiale span wat dit op daardietoer kon vermag. Ná die wedstryd

druk my pa my styf teen hom vas.“Dis lekker om ’n Vrystater te wees,né?” sê hy. Ek knik met ’n breësmaail.

“Die Stormers is darem seker joutweede span?” vra my Kaapse vriend.

“Ek het nie ’n tweede span nie,” sêek so diplomaties moontlik, “ek hetnét een span: die Cheetahs.”

Hy skud sy kop. “En jou tweeseuns? Ondersteun hulle darem dieStormers? Hulle het immers hier indie Kaap grootgeword en skoolge-gaan.”

Weer moet ek hom teleurstel. “Nee,net sulke vurige Cheetahs soos ek,” sêek. En ek vertel hom van my oudsteseun wat op Maties geswot het, maartot die ontsteltenis van sy vriende virdie Shimlas geskree het toe dié tweespanne ’n paar jaar gelede hier in dieKaap teen mekaar gespeel het.

Dié keer skud hy sy kop in afgryse.“Dis breinspoeling, indoktrinasie. Jymoes vir die KGB gaan werk het.Skaam jy jou nie?”

“Skaam wees vir wat?” vra ek met’n tikkie ergernis in my stem.

Toe hy groet, kyk ek hom agterna.“Kapenaars verstaan nie dié dingenie,” mompel ek net.

Oranje in oorvloed. Die Leeus speel vanaandom19:10 teendieCheetahs inBloemfontein. Barend vanderMerweenTjokkieRoux is diewenners vandie rugbykaartjieswatBloemnuusweggegeehet.Daar is talle anderwedstry-de waarvoor jy jou op www.bloemnuus.co.za in die kompetisie-afdeling kan inskryf. Foto: Jens Friis