bloemnuus 25 10 2013

16
VRYDAG 25 OKTOBER 2013 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS Teken dit aan Wat gebeur wanneer waar in Rosestad? bll. 4 en 5 VR So-so Fliek oor Di kom nie mas op nie bl. 3 Op die spel Jy kan wen as jy weet wie werk waar bll. 8 en 9 MARIA VAN DER WALT van Dur- banville se ouers is in die 1950’s in die Klipkerk getroud. Sy het onlangs kom kyk hoe die kerk lyk waar haar ma en pa vir mekaar die ja-woord gegee het. “Dis ’n pragtige kerk en ek is bly dit word in stand gehou. Maar daai wit sementpotte op die toring her- inner my aan die sementkabouters wat eens so gewild was! Dis alte kitsch.” Die argitek Gerard Moerdijk, wat bekendheid verwerf het veral vir die Voortrekkermonument, het die Klipkerk ontwerp wat in 1923 ingewy is. Dié kerk het deel gevorm van die toe ontluikende inheemse kerklike boukuns. Die NG kerke op Luckhoff, Mar- quard, Louis Trichardt en Dundee herinner ook hieraan. Weens die “kitsch”-opmerking het Bloemnuus op Facebook gevra: “Wat dink jy van die Klipkerk se to- ring? Is dit mooi of nie?” Die eerste om te antwoord was Andries Visagie: “Mooi. Deel van goeie ou Bloemies se geskiedenis.” Waarop Bloemnuus (met Maria se opmerking in gedagte) gepols het: “Ja, dit lê ons ook na aan die hart, maar dit beteken nie dit is daarom mooi nie, ne? Dis snaaks dat daai wit potte nog nooit deur hael beskadig is of deur wind omge- waai is nie. Dit moet stewig staan- gemaak wees.” En so vas soos daai potte staan, so vas staan Bloemnuus se lesers daarby dat die Klipkerktoring iets van prag is wat bewaar moet word. Teen druktyd van die koerant het meer as 40 mense reeds aangedui dat hulle van die toring hou. Han- devol het geskryf waaronder: S Baie mooi. – Bernie Campbell Viljoen S “Gesien uit watter era dit da- teer, hou ek daarvan.” – Argitek William Raats uit Saoedi-Ara- bië S Pragtige kerk in die middestad. Hoop nie dit word ook eendag afge- breek nie. – Anita Niemann S Dit bly maar ’n pragtige deel van ou Bloem. – Nellie Schoeman S Ek’s 16 jaar gelede in die pragti- ge kerk getroud! – Anja Theron Coetzee S Ons eerste kerk as getroudes. Pragtig. – Frieda Conradie Terloops, die preekbeurte van die NG gemeente Bloemfontein-Noord is Sondag soos volg, skryf skriba Dedrey du Randt (051-448-1419): S Gesinsdiens (09:00) ds. Ste- phan van Heerden S Oggenddiens (09:30) ds. Jo- hann Els S Informele diens (11:00) – ds. Jo- hann Els S Aanddiens (18:00) – dr. Wollie Grobler. Daar sal bely denisaf- legging plaasvind met die aand- diens. Toring ‘is nie kitsch’ Die toring van die Klipkerk met die “kitsch, wit sementpotte” . Foto: Jens Friis Soek Bloemnuus op Facebook en “like” die foto van die Klipkerk se toring as jy meen dit is mooi of laat daar van jou hoor as jy saam met Maria van der Walt stem en reken dit is “kitsch” . Blaai na “Jy sê” op bladsy 2 vir nog gespreks- punte die afgelope week op Bloemnuus se Facebook-blad. As jy van dié blad hou, sal www.bloemnuus.co.za jou ook geval. ‘Daardie wit sementpotte op die toring herinner my aan die sement- kabouters wat eens so gewild was. Dit is alte kitsch.’ – Maria van der Walt

Upload: central-newspaper-group-bloemnuus

Post on 25-Mar-2016

285 views

Category:

Documents


12 download

DESCRIPTION

Bloemnuus 25 10 2013

TRANSCRIPT

Page 1: Bloemnuus 25 10 2013

VRYDAG 25 OKTOBER 2013 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS

Teken dit aan

Wat gebeurwanneerwaar inRosestad?

bll. 4 en 5

VRYDAG 25 OKTOBER 2013 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS

So-so

Fliek oorDi komnie masop nie

bl. 3

Op die spel

Jy kan wenas jyweet wiewerk waarbll. 8 en 9

MARIA VAN DERWALT van Dur-banville se ouers is in die 1950’s indie Klipkerk getroud.Sy het onlangs kom kyk hoe die

kerk lyk waar haar ma en pa virmekaar die ja-woord gegee het.“Dis ’n pragtige kerk en ek is bly

ditword in stand gehou. Maar daaiwit sementpotte op die toring her-inner my aan die sementkabouterswat eens so gewild was! Dis altekitsch.”Die argitek Gerard Moerdijk,

wat bekendheid verwerf het veralvir die Voortrekkermonument, hetdie Klipkerk ontwerp wat in 1923ingewy is.Dié kerk het deel gevorm van die

toe ontluikende inheemse kerklikeboukuns.Die NG kerke op Luckhoff, Mar-

quard, Louis Trichardt en Dundeeherinner ook hieraan.Weens die “kitsch”-opmerking

het Bloemnuus op Facebook gevra:“Wat dink jy vandieKlipkerk se to-ring? Is dit mooi of nie?”Die eerste om te antwoord was

Andries Visagie: “Mooi. Deel vangoeie ou Bloemies se geskiedenis.”Waarop Bloemnuus (met Maria

se opmerking in gedagte) gepolshet: “Ja, dit lê ons ook na aan diehart, maar dit beteken nie dit isdaarom mooi nie, ne? Dis snaaks

dat daai wit potte nog nooit deurhael beskadig is of deurwindomge-waai is nie. Dit moet stewig staan-gemaak wees.”En so vas soos daai potte staan,

so vas staan Bloemnuus se lesersdaarby dat die Klipkerktoring ietsvan prag is wat bewaar moet word.Teendruktydvandiekoeranthet

meer as 40 mense reeds aangeduidat hulle van die toring hou. Han-devol het geskryf waaronder:S Baie mooi. – Bernie CampbellViljoen

S “Gesien uit watter era dit da-teer, hou ek daarvan.” – ArgitekWilliam Raats uit Saoedi-Ara-biëS Pragtige kerk in die middestad.Hoop nie dit word ook eendag afge-breek nie. – Anita NiemannS Dit blymaar ’n pragtige deel vanou Bloem. – Nellie SchoemanS Ek’s 16 jaar gelede in die pragti-ge kerk getroud! – Anja TheronCoetzeeS Ons eerste kerk as getroudes.Pragtig. – Frieda Conradie

Terloops, die preekbeurte van dieNG gemeente Bloemfontein-Noordis Sondag soos volg, skryf skribaDedrey du Randt (051-448-1419):S Gesinsdiens (09:00) – ds. Ste-phan van HeerdenS Oggenddiens (09:30) – ds. Jo-hann ElsS Informele diens (11:00) – ds. Jo-hann ElsS Aanddiens (18:00) – dr. WollieGrobler. Daar sal bely denisaf-legging plaasvind met die aand-diens.

Toring ‘isnie kitsch’

Die toring van die Klipkerk metdie “kitsch, wit sementpotte”.

Foto: Jens Friis

SoekBloemnuus op Facebook en“like” die foto van die Klipkerk setoring as jy meen dit is mooi oflaat daar van jou hoor as jy saammet Maria van der Walt stem enreken dit is “kitsch”. Blaai na “Jysê” op bladsy 2 vir nog gespreks­punte die afgelope week opBloemnuus se Facebook­blad.As jy van dié blad hou, salwww.bloemnuus.co.za jou ookgeval.

‘Daardie witsementpotteop die toringherinner myaan diesement-kabouterswat eensso gewildwas. Dit isalte kitsch.’– Mariavan derWalt

Page 2: Bloemnuus 25 10 2013

2 BLOEMNUUS, VRYDAG 25 OKTOBER 2013

Jy sê sóS Ek wil Bloemnuus versoek om weerSMS-kompetisies in die koerant aan tebied en nie net op sy webblad nie. Baievan ons het nie internettoegang nie engevolglik kan ons nie hieraan deelneemnie. Ek was gelukkig om vantevore pry-se te wen, maar kan nou nie meer deel-neem nie. – Linda Luyt

S Die Odeion-skool vir Musiek bedankBloemnuus vir dié koerant se bydrae totdie TOEAC-konsert. Ons waardeerBloemnuus se ondersteuning as ’n me-diaborg en hoop dat ons ook in die toe-koms so nou sal kan saamwerk om diekunste indieVrystaat ’nhupstoot te gee.Die TOEAC-konsert is baie goed byge-woon en die konsertgangers was beïn-druk met die duo-uitvoering. – NinettePretorius

S Graag wil ek Bloemnuus geluk wensmet elke uitgawe wat puik versorg is,asook berigte en foto’s van ’n hoogstaan-de gehalte. Doen so voort. Daarmeesaam wil ek dankie sê vir al die berigtewat so gereeld geplaas word van die Hu-genoot-gemeente, asook die Hopitaal-park-gemeente. U kan verseker weesvan ons opregte dank en waardering. –Elna Venter, inligtingsbeampte: NGgemeente Hugenoot

SHiermee spreek ek my teleurstellinguit oor die resensie oor Zizi-restaurant(Bloemnuus, 11 Oktober). Aan alle voor-nemende klante kan ek die versekeringgee die kos in dié restaurant is van bui-tengewoonhoëgehalte.Onshetdiedaar-opvolgende Sondag weer daar gaan eeten ditwas soos al die vorige kere ’n heer-like ondervinding. Die diens was goeden die buffetete was soos altyd uit dieboonste rakke. – Ursula Pretorius

S Dit is baie hartseer. Ons kan net bidvir diewat agterbly.Onsmagnie verwytof oordeel nie. Ek dink baie mense komin ’n stadium in hul lewe dat hulle “god-verlate” voel. – Anna-Marie van Sta-den op Facebook oorMan skiet glo vrou,toe homself

S Facebook-lesers het só gereageer opdie volgende storie: ’n Vermeende sindi-kaat wat waardevolle erfenisskatte tei-ken,hetdienaweekmetdieVrouemonu-ment se eeufeesverrigting in Bloemfon-tein op die Oorlogsmuseum toegeslaanen twee goue sakhorlosies gesteel:* Idiote! Hulle steel geskiedenis. Gesiendat tot die stukglaswat asvoorbeeldwasvan die skaapkopdiamant wat SienerVanRensburg “gesien”het, is gesteel uitdie museum op Lichtenburg. So ’n paarjaar gelede. Dom, sê ek jou. – Hannetjievan Reen* Die peste! – Johan Botha

S Bloemnuushet verledeweek berig diekoerant is 31 jaar oud. Op Facebookskryf Wendy Hogewoning: Wow! Enhier sit ek vandag in Holland en leesBloemnuus op die web en Facebook.

S Ek sê dankie vir die rugbykaartjieswat ons ontvang het. Het dit so geniet –al het my span verloor. Dit was heerlikom net die atmosfeer te kan beleef. Virmy verloofde was dit ’n eerste. Dankiebaie. – Hannetjie van Reenen

S Facebook-lesers het só gereageer opdie volgende versoek: As jy huis skoon-maakenafkomopenigeBloemnuusoueras 5 jaar, laat weet ons, asseblief. Ons saldit by jou kom oplaai. Hoe ouer, hoewaardevoller is dit uiteraard. Bloem-nuuswil graag ’n argief saamstel van vo-rige uitgawes. Of selfs al kan ons net oukoerante by jou leen – dan kan ditge-”scan” word en aan jou terugbesorgword. So kan ’n digitale argief saamge-stel word:* Goeie plan. – Barend van derMerwe* Ek sal nou-nou ’n bietjie kyk hoeveelek het, en dan laat weet. Ek kan dit dankom afgee by jul kantoor? – MonicaBehr* Baie dankie vir die koerante, Monica.As lesers nog ou kopieë het, ontvang onsdit graag. – Red.

S Lizelle vanNiekerk is diewenner op bloemnuus.co.zavan Albert Blake se boekMoord-en-roof. Ook die vol-gende lesers wen pryse:SAnnatjie Bothma: Ekdroom, Zzzz Lulla-BaaiSMadelein Buckle: Silwer& Goud, ’n Plekkie in jou hartSKarin van Niekerk Beh-rens: Oulik deur LidaDijkstra.SReinette Bouwer: Asterixen die Gote.

SDaisy van Niekerk vanHuis Omgee sterk tuis aan náhospitaalbehandeling weens’n beroerte.

S Die Mangaung-metro-munisipaliteit het die kam-pioenroos van 2013 ingeskryfop die Rosefees wat by dieLoch Logan-waterfront aan-gebied is. Dis ’n Rina Hugo-roos. Die eerste prinses, RosaSurina, is gekweek deur Sa-nelleStreicher endie tweedeprinses, Cocktail, kom uit dietuin van Gela van Heerden.Die beste uitstalling, ’n pot ge-vul met Scarlet Panarosa, isingeskryf deur Marie duPlooy. Die naastebeste uit-stalling is pragtige rooi GreyCollege-rose gepluk in die ge-meenskapstuin van die SeweDamme.

SAnitaGainsford vanHuisGeluksterk tuis aanná ’n suk-sesvolle knievervanging.

S Louandi Erasmus, dogtervan Jacques en Yolandé Eras-mus, is as die wenner van dieVolksblad-Roosknoppie-kom-petisie aangewys wat Sater-dag in die Loch Logan-water-front gehou is.Die eersteprin-ses is Tineke Jansen vanRensburg, dogter van Jac-ques en Nadine Jansen vanRensburg. Die tweedeprinsesisMarizelle Wagenaar, dog-ter van Marijke en ManieWagenaar.

SGouws Prinsloo, Grie-kwas se heelagter, sal volgen-de jaar een van die Shimlas seskopangels in die Varsitybe-ker-rugbyreeks wees. Die 23-jarigePrinsloo,wat totdusvermet17uit sy17skoppepale toe

in ’n Griekwa-trui geslaaghet, het bevestig dat die Shim-la-breier, Michael Horak,hom vir 2014 se reeks nadergetrek het.

SMyna Muller gaan ná 50jaar in Bloemfontein haar opHartenbos vestig. Sy was ’nlidmaat van die NG kerk Hos-pitaalpark.

S Lehlohonolo Seema, Cel-tic se oudkaptein, is terug bydié Bloemfonteinse sokker-klub. Hy is Celtic se nuwehulpafrigter.

S Elsie Catharina (Liza)Coetzee (1971-2013) is Dins-dag uit die NG kerk Wilgehofbegrawe.

Zelda le Roux en Marius van Straaten is onlangs verloof. Foto: Eye Candy Photography House

Wel en wee

Ettienne Jonker en Lize Strydom is verloof.

UITSTALLING OPEN:Ter aansluiting by die175­jaar­gedenktrekvandieGrootGrekwatonlangs plaasgevindhet, het ’n tydelike uit­stalling oor die GrootTrek by die NasionaleMuseum geopen. Bydie museumwinkelkan replikas van osse­waens en die Grietjie­kanon gekoop word.Hierdie modelle, wathoofsaaklik op kindersgerig is, word vervaar­dig deur die Verken­ners en moet self methoutgom aanmekaar­gesit word. Duidelikeinstruksies wordssaam met elke modelverskaf. ‘nBoekieTrek-kerkinders is beskik­baar, asook gedenk­medaljes van die GHA(Genootskap vir Hand­hawing vanAfrikaans).Die uitstalling duur totvroeg 2014.

Page 3: Bloemnuus 25 10 2013

BLOEMNUUS, VRYDAG 25 OKTOBER 2013 3

Di-fliek isnet so-soDiana – Punt uit 5: 2Oliver Hirschbiegel (regisseur) met NaomiWatts, Naveen Andrews, Cas Anvar

PARTY sielkundiges noem dit flashbulb memo-ry– wanner jy presies kan onthou wie, wat, waaren wanneer iets gebeur het, soos met 9/11.

Dit was bibberkoud die Saterdagoggend vandie jaarlikse Hantam-vleisfees op Calvinia. Mysusters was hulle aan die opdollie en die groot-mense het gepraat oor Diana . . .

Diana bekyk haar verhouding met dr. Hash-nat Khan. Hulle het ontmoet nadat sy en PrinsCharles uit mekaar is, maar die verhouding tus-sen blou bloed en rooi bloed het gesukkel.

Behalwe vir Diana is daar geen rede om diefliek te maak nie. Dié liefdesverhaal is senti-menteel en nie sterk genoeg uit eie reg om ’nfliek te regverdig nie. Diana word uitgebeeld askinderagtig in haar pogings om Hashnat se aan-dag te kry nadat hul verhouding verbrokkel het.

Deur te fokus op die liefdesverhouding, eer-der as ’n omvattende biografie van Diana se le-we, sny die fliek te veel. Diana wys belangrikeoomblikke in haar lewe, maar geen konteks nie.Diana besoek Afrika en Bosnië, gesels selfs metdr. Chris Barnard, maar jy verstaan nie die im-pak buite haar verhouding met Khan nie. Ek souou foto’s of beeldmateriaal van die sleuteloom-blikke wou sien.

Diana was gewild en kontroversieel. Almalhet ’n mening oor haar gehad en gaan sodoendeeen oor die fliek hê.

Tensy jy mal was oor Diana, gaan kyk na ietsanders, want die fliek sal nie onthou word as ’nflashbulb memory nie. – Nico Gous

Page 4: Bloemnuus 25 10 2013

4 BLOEMNUUS, VRYDAG 25 OKTOBER 2013

Zane Meas (Neville van 7de Laan) het by die Hoërskool Sand du Plessisoor die belangrikheid van vaderskap gepraat. Hy is die stigter van die Fa­therhood Foundation wat hom beywer vir die herstel van die pa se plekin die gesin. Die geleentheid is deur die NG kerk Uitsig aangebied. Vanlinks is Marlize du Toit, haar ma, Martie Visser, en Zane. Foto: Siska Martin

WAT gebeur wanneer en waarin die groter Bloemfontein?Bloemnuus segewildeDagboek-bladsy is die plek om te kyk.Dit word ook gelaai op

www.bloemnuus.co.za.As jy jou selfoon gebruik om

Bloemnuus te lees besoekbloemnuus.mobi en kyk onder“My gemeenskap” vir dagboek-inskrywings.Stuur dagboekinskrywings

in die onderstaande formaat [email protected] (moe-nie volledige nuusverklaringsstuur nie). Dit is gratis. Diespertyd is Dinsdag om 09:00.

VRYDAG 25 OKTOBERS Chris Chameleon (R120) in dieAasvoëlklub om 20:00.S Die uitstalling Tom Waits fornomankan tot vandag in die Steg-mann-galery op die UV-kampusbesigtig word.S Die BCO (Bloemfontein-stads-orkes) se tweedeAll that jazz-kon-sert word met vyf sangers en be-kende musiek van die 1940’s totdie van die Beatles aangebied.Dink aan My way, Moon river,Smile, Somewhere over the rain-bow, Sway en Meadowlands en jykry die idee. Vandag en môre om19:30 in die Odeion. Kaartjies:R120 en R100 by Computicket.

SMej. Bloemfontein word om19:00 in Leopards & Lace gekroon.SKlipkerk-trustete met kunste-naars soos Herman Naudé en Mar-nel Bester ten bate van barmhar-tigheid. Dit vind plaas om 19:00 indie gemeentesentrum. Kaartjieskos R180. Bel JB, 051-522-1707.S Eunice se gewilde Kersmarkopen vandag met alles wat smaak-lik en begeerlik is. Dit is die aange-wese plek om jou Kersgeskenklysin ’n rustige en stylvolle omgewingaf te handel met boonop ’n teetuinwaarPappa gratis kankoerant leesen iets drink. Die mark duur tot 2November en is elke dag oop van10:00 tot 19:00. Sien advertensie on-deraan dié bladsy.SGallery On Leviseur and 59Plenty arehosting ahigh tea in aidof breast cancer awareness at 15:30.Contact Jill Pittendrigh, 082-835-2335.S Celebration (cabaret show),21:00 in Diamond Lil’s, WindmillCasino. Free entry.S Daar is vandag ’n 60%-kans vir15 mm reën in Bloemfontein, vol-gens weathersa.co.za. Die aanvoel-bare temperatuur is maar 20 °C.SGesins-worshipmet passie om19:00 in die Baptistekerk onder lei-ding van Debbie Brink en die ge-meente se voorsangers en orkes.Almal is welkom om die geleent-heid by te woon.

SATERDAG 26 OKTOBERS Ou Dae-erfenistoer (Vriendevan die Ou Presidensie). NasionaleVrouemonument-terrein. Gratis.Lambert van Rensburg, 051-422-5283.S Dr. C.F. Visserskool hou om 11:00’nAmazingRace. Groot kontant- engelukspryse is op die spel. Bel LindaZeelie, 051-433-1213, of Charleen deVos, 079-872-2386.S Riëtte van der Watt sing by TheBucket Pub om 20:00. Mariëtte, 082-838-9792.S Hennie Steyn-hengelklub sedeurnaghengelkompetisie ten ba-te van Huis Uitkoms op Bethulie. Pe-tro Combrinck, 051-763-0177.S Duitse Oktoberfest om 14:00 opdie plaas Windhoek in samewerkingmet oudlede van die Duits-Afrikaan-se Kultuurvereniging. Gertrud Ne-veling, 083-708-4044.S Beeldhouwerk deur Anton Smitin Gallery on Leviseur.S Basaar van die Afrikaanse Pro-testantekerk (APK, Moedergemeen-te) om 08:30 by Rooiwalsingel. WillieEngelbrecht, 082-728-1489.S Volksblad se kos-en-kunsmarkin die Botaniese Tuin.S Z PR se eerste Kids Carnival opdie Engo-sentrum se speelterrein,voorheen bekend as die Ons Kinder-huis langs Victoriaweg 43, Willows.Ontluikende entrepreneurs, talent-volle supersterre en kleingoed watkompeteer omdie titel vanMissKids

Carnival en Meneer Sterkman . . .Enigeen tussen 6 en 17 jaar oud magdeelneem. Die organiseerder, LynneLandman, sê die projek moedig kin-dersmetkreatiewe idees aanomgeldtemaak terwyl hullle speel-speel leerhoe om sake te doen. Bel haar by 051-522-9574.S Floral Festival (kerkblomme-uitstalling) van 09:00 tot 16:00 in dieTweespruit United Church, Wal-nutstraat. Dit staan algemeen be-kend as die Klipkerkie. Daar is môre

’n diens om 09:00. Bel Jen, 083-300-2012,of Lil, 082-940-5000.S Die oggendstond het goud in diemond. Dalk moet jy vir ’n veranderingvroeg opstaan en dié deel van die dag be-leef wat deur baiemense as die beste be-skou word. Die son steek sy kop uit om05:26 en gaan slaap teen 18:31.S Crystal Clear tree om 19:30 op in In-nie Skuur met Trip Down Memore Lane2. Bel Danie, 078-488-2282. Kaartjies kosR80 per persoon.

SONDAG 27 OKTOBERS Vandag is die 300ste dag van diejaar. Daar is nog 65 dae oor.S Psalmfees: Koor, orrel, solo’s en sa-mesang om15:30 in dieNGkerkLangen-hovenpark. Kollekte sal opgeneemword.S Rockville 2069, a rockmusical, in theSand at 20:00. Pacofs, 051-447-7772.S Die preekbeurte van die Klipkerk issoos volg: ds. Stephan van Heerden leidie gesinsdiens om 09:00, ds. Johann Elsdie oggenddiens om 09:30 en informelediens om 11:00, en dr.Wollie Grobler dieaanddiens om 18:00.S Die NG kerk Wilgehof hou ’n tiende-maanddankofferfees om 09:00. Die gos-pelsanggroep Amen sal optree. Almal iswelkom. Marietjie Smith, 051-522-2969.

MAANDAG 28 OKTOBERS Altesaam 28 019 heeltydse en 3 200deeltydse matriekleerlinge in die Vry-staat begin vandag die eindeksamen af-lê. Die departement van onderwys hetgesê hy mik na ’n 85%-slaagsyfer teen-oor die 81,1% in 2012. Net meer as 75%leerlinge het in 2011 geslaag. Verledejaar het die provinsie op twee na die bes-te slaagsyfer in die land behaal naasGauteng (83,9%) en die Wes-Kaap(82,8%).

Dagboek

Page 5: Bloemnuus 25 10 2013

BLOEMNUUS, VRYDAG 25 OKTOBER 2013 5

DINSDAG 29 OKTOBERS Volksblad-Kersfondsveiling by Leopards& Lace om 18:00.S Oproep tot gebed by Klipkerk tussen 10:00en 11:00 in kamer 21 van die sentrum. Vanessa,072-375-3652.S U3A Art Club, 10:00, 28 Coligny Road, ParkWest. Arie Kuijers will be showing a film onMondrian as well as discussing some of hisown art. All welcome. Call Hedwig on 051-436-4352.

WOENSDAG 30 OKTOBERS Die eerste keer ooit geeNataniël twéé verto-nings in die Sand. Kaartjies kos R150 by Pacofs(051-447-7772). Die konsert sal bestaan uit uit-treksels van sy vertonings Honeybee, Factoryen 5 Loud People. Charl du Plessis sal die vleu-elklavier bespeel, Juan Oosthuizen (kitaar),Werner Spies (bas) en Hugo Radyn (tromme).

THURSDAY, 31 OCTOBERSKaraoke from 20:00 in Diamond Lil’s, Wind-mill Casino. Free entry.S Die Christelike groep Onbeskaamd tree opom 19:00 in die NG kerk Uitsig, Werdasingel.Dit kos R70 per persoon.

SATERDAG 2 NOVEMBERS Zoo Snooze by dieretuin. Skakel 082-566-3689 of kyk by die Vriende van die Dieretuinse webblad, www.fotzbfn.co.za.SKersmark by Aandrus en Westerbloem om09:00. Alles tuisgebak en handgemaak. Dalene,083-298-1227.S Engo Gesinsorg en aannemingsdienste bied’n vroueoggend aan met Jana du Plessis, Fi-nesse se Vonkelvrou vir 2013. Dit vind plaas om09:00 by Summerwood Country Estate. Kaart-jies kos R150 per persoon. Bel 082-202-4306.S Lees vorige uitgawes van Bloemnuus aan-lyn by die digitale argief, bloemnuus.co.za.

Page 6: Bloemnuus 25 10 2013

6 BLOEMNUUS, VRYDAG 25 OKTOBER 2013

DIE Wild Olive Estate is onlangs vir die publiek oopgestel. Hier isKadimoMasekoane (links), adjunk­ uitvoerende direkteur vanMan­gaung, en Johan Snyman (direkteur van Property Commerce). Opdie foto regs is van links Paddy Goodrick (oorspronklike eienaarvan Plaas Bayswater 2865) saam met Johan Snyman.

LandgoedgeopenDIE Wild Olive Estate is ’n nuwelandgoed aanliggend tot Penta-gonpark, Helikonhoogte en die Se-we Damme-bewarea.

Die eerste van ses fases is vol-tooi en op 1 Oktober vir die pu-bliek oopgestel.

Die landgoed sal, sodra voltooi,198 huise, 1 203 meenthuise, ’nkantoorpark van 27 000 vierkantemeter, ’n winkelsentrum van 4 000vierkante meter, ’n skool, kerk enparke insluit.

Voorkeuraandag word aan vei-

ligheid geskenk met 24-uur-seku-riteit, ’n kringtelevisienetwerk,reaksiekamer met gewapende on-dersteuning en alarmmoniteringvir elke eiendom.

Die Wild Olive Estate is in ’nsensitiewe plantegroei-omgewinggeleë waar ruim groen gebiededeel van die landgoed vorm. Daarword verskeie gemeenskapsgerie-we soos stap- en fietsryroetes, uit-kykpunte en speelparke beplan.

Vir meer inligting besoekwww.wildoliveestate.co.za.

Company world-classCHEMSPEC is one of Africa’s lar-gest coatings companies, manu-facturing and distributing a com-prehensive range of high techno-logy industrial, decorative andautomotive paint systems. We ha-ve a solid 56-year track recordproudly earned in both domesticand international markets. Ourcompany is headquartered at ourworld-class manufacturing facili-ty in Canelands, Durban, SouthAfrica.

We have built an excellent repu-tation among our customers, sup-pliers, staff and the communitiesin which we operate, committedto the highest levels of integrityand ethics.

We partner with internationaland local market leaders in thecoatings industry to further en-hance our product offering in thelocal market.

Chemspec has a true passion forinnovation and continuous im-provement.

We also use imagination to ap-ply the latest technologies in ourranges and this enables us to com-pete at a global level with the lar-gest coating company in theworld.

ManufacturingChemSpec’s manufacturing ca-

pability is world-class.We continue to strive for excel-

lence to meet customer expecta-tions and drive value for our busi-ness.

One of our main goals at ourplant is to improve efficiency andcapacity. We apply processes thatoptimise plant usage, keepingabreast of technology develop-ments and advances.

A responsible approach is ap-

plied to our production processes,mindful of the trade-off that ourplant has on the environment.This is actively managed down.

We maintain a flexible manu-facturing strategy, which easilyadapts changing market require-ments.

This strategy allows us to cus-tomise products for customersand adapt to market changes mo-re readily than competitors. Wealso are implementing plans tomaximise production efficienciesfor fast moving lines in an effortto reduce costs.

Procedures are implemented tomake the manufacturing and dis-tribution of the products as effi-cient as possible in order to redu-ce inventory. We are developingprocesses to ensure that a highpercentage of goods pass qualitycontrol at the first pass.

Bloemfontein OperationThe Bloemfontein Depot servi-

ces the Free State region as wellas the Northern Cape region withsub-depots in Kimberley and Wel-kom.

Thus all our customers, whe-ther they are distrubuters, retail-ers, automotive refinishers, theindustrial and fabrication busi-nesses, contractors and the furni-ture manufacturers or re-manu-facturers can obtain efficient sa-les and after-sales service fromany of our operations in the re-gion.

We have fantastic sales andoperation teams in place whoare very knowledgeable acrossour product spectrum and canassist with product choice andprocess recommendations, wha-tever your requirements maybe.

CHEMSPEC MOVES TO NEW PREMISES

Page 7: Bloemnuus 25 10 2013

BLOEMNUUS, VRYDAG 25 OKTOBER 2013 7

SKAKEL OOR NA CELL C OM IN TE SKRYF.

Beskikbaar by Cell C Mimosa Mall 084 828 0028

KLIËNTE WORD INGESKRYF DEUR ’N OPROEP VIR 1 MINUUT PER DAG VIR ‘N WEEK LANK TE MAAK. VELDTOG LOOP VANAF 1 OKTOBER 2013 TOT 31 JANUARIE 2014. *RICA IN WINKEL. Aanbod geldig vanaf 1 Oktober – 31 Oktober 2013. Alle pryse sluit BTW in. Eenmalige SIM-en aansluitingsfooi vanR114 van toepassing. Beperkinge is op hierdie produkte en promosies van toepassing. Vir hierdie beperkinge en volledige Bepalings en Voorwaardes, besoek asseblief www.cellc.co.za of vra in winkel. BF&W.

cellc.co.za

JHB

440

37

LG Optimus G Pro Smartphone

R369 PMx24

OP STRAIGHT UP 100*

KENMERKE: 5.5”skitterende volledigeHD-skerm, 1GHz QuadCore, 13MP Dubbel-opnemer/Dubbelkamera beeld-in-beeldtegnologie.

99c PER MIN. ON PER SEKONDE BEREKENING

100SMS/MMS

100MINUTE

100MB DATA

BlackBerry® Curve™ 9360Smartphone

R159PMx24

OP STRAIGHT UP 50 TOPUP*

KENMERKE: Liggewig met 3.2” HVGA+-skerm,BlackBerry® 7 OS, 5MP-kamera met flits envideo-opnemer.

99c PER MIN. ON PER SEKONDE BEREKENING

50SMS/MMS

50MINUTE

50MB DATA

WAS R179 Huawei Ascend P6 Smartphone

R219 PMx24

OP STRAIGHT UP 100*

KENMERKE: 4.7” HD In Sel LCD, Jelly Bean4.2-bedryfstelsel, 6.18mm Glansmetaal-buitekant, 5MP-kamera voor met “Auto Face”-versterking, 8MP Agteruitgerigte Kamera met4cm makro-uitsig.

99c PER MIN. ON PER SEKONDE BEREKENING

100SMS/MMS

100MINUTE

100MB DATA

ONGELOOFLIKE

AANBOD

JOU DEEL VANJOU DEEL VANJOU DEEL VAN

R2-MILJOENAL ONS KLIËNTE WORD OUTOMATIES

INGESKRYF. EEN R100 000-WENNER WORDELKE WEEK GETREK.

ADDISIONELE300MB

DATA PM

GRATISSMARTCASETER WAARDE

VAN R399

INSLUITENDBLACKBERRY®

INTERNETDIENSPLAN TEEN

R57 PM

WÊRELDSE DUNSTE

FOON

LAAGSTEGEWAARBORGDEEENVORMIGE PRYS

BESOEK ONS BY WINKEL NO.2, ST. ANDREWSSTRAAT,BLOEMFONTEIN.

SPESIALE AANBIEDINGBESKIKBAAR 24 - 31 OKTOBER.

Kry ’n Gratis GeskenkWANNEER JY 40000OF MEER SPANDEEROP EEN VAN ONS TOP HANDELSMERKE SOOS JOHN DRAKE,

FLORSHEIM, GINO PAOLI EN SISSY BOY.

M&CS

AATC

HIAB

EL80

33/A

Page 8: Bloemnuus 25 10 2013

8 BLOEMNUUS, VRYDAG 25 OKTOBER 2013

Page 9: Bloemnuus 25 10 2013

BLOEMNUUS, VRYDAG 25 OKTOBER 2013 9

Page 10: Bloemnuus 25 10 2013

10 BLOEMNUUS, VRYDAG 25 OKTOBER 2013

Carla Hugo en Ryan du Plessis (St. Andrew).Andrea du Toit en Wietz du Bruyn (Fichardtpark).

Mincha Lamprecht en Philip van Tonder(Sand du Plessis). Foto: Petrie Lamprecht

Barnie Herbst en Eloné Maree (Fichardt­park).

Nicole van der Merwe en Ivan Holmes(Hoërskool Bloemfontein).

Rolene Lubbe en Eben Theron (Hoër Land­bouskool Noord­Kaapland).

Leon Marais en Lee Ann Chad (Fichardt­park).

Johan Smith en Marlie Badenhorst (JimFouché).

Reinica de Klerk en Christof Vosloo (Hoër­skool Bloemfontein).

Jennifer Knoetze en Lenus Pretorius (Fi­chardtpark).

Gr. 12’s

Stuur ’n foto wat onlangs by joumatriekafskeid geneem is [email protected]. Dieplasing hiervan is verniet.

Page 11: Bloemnuus 25 10 2013

BLOEMNUUS, VRYDAG 25 OKTOBER 2013 11

PJ Prinsloo en Imke Bann (Fichardtpark). Foto: M & J vd Walt

Velisha Venter en Ruan van Niekerk (Fichardtpark).

Michelle Haasbroek en Frikkie du Toit (Oranje).

Ivan Holmes en Nicole van der Merwe (Fichardtpark). Thean de Buys en Janine du Plessis (Fichardtpark).

Gerhard Schutte en Dané Buchner (Sand du Plessis).Foto: Willie Wasserman

Charléne Smal en A. Jay Venter (Fichardtpark). Foto: JomaSamantha Deyzel en Tjibbe Spoelstra (Sentraal).

Page 12: Bloemnuus 25 10 2013

12 BLOEMNUUS, VRYDAG 25 OKTOBER 2013

The wedding facilities can accom-modate up to 500 guests, without adance floor or 400 guests,with adancefloor. There is a beautiful chapel loca-ted on the farm for your ceremony.The venue includes catering, waiters,ice and a barman.

ConferencesThe conference centre is designed

for those who appreciate a peacefulenvironment close to the city, andwho demand a high level of personalservice and absolute privacy.Delegates will enjoy all that the

Monte Bello estate has to offer thosethat are tired of the “same old thing”.Typically, the centre caters for con-

ferences, and is also proving very po-pular for workshops and training.The Monte Bello Estate is the ideal

venue for those looking for a fresh ap-proach to their company presentati-on, product launch, team-building se-minar or annual function.

AccommodationTheMonte Bello guesthouse is able

to accommodate 70 guests. Be sure tohave a peaceful stay. For more infohave a look at www.montebelloesta-te.co.za.

pel on thepremises,whichcanseatupto 160 guests!Only 8 km from Bloemfontein, this

is a welcome escape from the officeand city life. Situated amongst old gi-ant blue gum trees and the park-likegardens of this country estate, ourtwo conference venues offer a profes-sional service in a relaxed atmosphe-re. The stately homestead for theguests and renovated barn for functi-ons were built when the cost of buil-ding, time and spacewere not a consi-deration and craftsmanship was stilla matter of pride.

AS it was last year, the Ouma andOupaRoos 2013, brought to you byBloemnuus and Athalia, was heldat the Monte Bello Estate – just afew kilometres north of Bloemfon-tein.

Thishistoric old farmenjoys a com-pelling sense of timeless beauty, typi-cal of a bygone era when people hadtime for one another. The naturalbeauty and close proximity to Bloem-fontein make the Monte Bello Estatethe perfect setting for functions andweddings. Expect exceptional facili-ties, fabulous food and five-star servi-ce.At this idyllic country settingyourfunctionwill be remembered forever.The name Monte Bello Estate

brings to mind a beautiful landscape,peace and tranquility, and wonderfulservice.

WeddingsWeknow that this is an exceptional

occasion for you and would like to as-sure you that from our side, we willdo everything to ensure that the plan-ning and proceedings concerning thefunction will run as smoothly andsuccessfully as possible.We also have the Monte Bello Cha-

FOCUS ON MONTE BELLO ESTATE

That MonteBello quality

Approximately 350 guests sat in this reception hall at Monte Bello forthe Bloemnuus and Athalia Ouma and Oupa Roos 2013. Photos: Jens Friis

Couples often choose Monte Bello for their big day. Photos: Elsa Vermeulen

Fountains welcome guests at this estate.

Lekker food and fancy tables await you.

Simplicity in white – a table laid for a king.

Because of its location and facilities, Monte Bello is ideal for beauty competitions and weddings, as wellas conferences and the Ouma and Oupa Roos award ceremony.

The stately home-stead for the guestsand renovated barnfor functions werebuilt when the cost ofbuilding, time and spa-ce were not a conside-ration and crafts-manship was still amatter of pride.

Page 13: Bloemnuus 25 10 2013

BLOEMNUUS, VRYDAG 25 OKTOBER 2013 13

Ilse Schürmann

AMEN, ’n ATKV-musiekproduksiegegrond op gebedsmusiek en liederewaarin die woord “gebed” voorkom,het vroeër vanjaar gedebuteer op dieUS-woordfees en was ook een van dietopverkopers van Woordfees 2013,asook Aardklop 2013. Die produksiehet musiek uit alle genres soos klas-sieke musiek, musiekblyspele, gos-pelmusiek, kontemporêre ligte mu-siek, opera en selfs rockmusiek watverwerk is vir klassieke stemmesaam met ’n negestuk-orkes en ’nmassakoor.AMEN vind binnekort in samewer-

king met Volksblad ten bate van dieVolksblad-Kersfonds in Bloemfon-tein plaas.Gehore kan uitsien na vertolkings

van onder meer die bekende maga-liesburgse aandlied,Mozart seLauda-te Dominum, Bring him Home uit LesMisérables en selfs Madonna se Likea Prayer.Rina Hugo,

jare reeds eenvan Suid-Afri-ka se gewildstesangers, asookdie sopraanZanne Stapel-berg, wat ookgeen bekend-stelling nodighet nie, is dieankerstemmevan die program. Hlengiwe Mkhwa-nazi (sopraan), 2012 se algehele wen-ner van Muziqanto, die ATKV se na-sionale klassiekesangkompetisie,sluit die ATKV dan ook met trots bydie besonderse musiekproduksie in.Alleverwerkings isgedoendeurdie

Gautengse orrelis Ockie Vermeulenen die orkes bestaan uit die volgendemusici: klavier (Ockie Vermeulen),kitaar (Douw Steyn), baskitaar (Den-ny Lalouette), tromme (Hugo Radyn),viool 1 (Lizelle le Roux), viool 2 (Sha-ron de Kock), altviool (Jeanne-LouiseMoolman), tjello (Susan Mouton) ensaksofoon (Matthew Lombard)Die koor van die Hoër Meisieskool

Eunice onder leiding van Retha Vis-ser sowel as Grey-kollege se koor on-der leiding van Joanie Prinsloo vormook deel van die produksie.AMEN is ’n ATKV-produksie met

Ilse Schermann as uitvoerende ver-vaardiger namens dieATKV.Die pro-duksie word in medewerking met dieUS-woordfees aangebied.Die konsert vind op Vrydag 1 No-

vember om 20:00 in die Sand du Ples-sis-teater plaas.Kaartjies kos R120 per persoon en

is by Pacofs by 051-447-7772) beskik-baar.Die vertoning duur 70 minute en

daar is geen pouse nie.

WEN! ’n Leser staan die kans om ’ndubbelkaartjie na die konsert te wen.Skryf in op bloemnuus.co.za se kom-petisie-afdeling.

Mozart,Madonnain ‘Amen’

Wen­foto: Die oumas en oupas moes ’n foto saam met hul inskrywing stuur. Dié foto van Niel en AnitaBotha is as vanjaar se wen­inskrywingsfoto aangewys. Hier sit Niel en Anita saammet hul nege kleinkin­ders. Die foto is onlangs op hul 50ste huweliksherdenking geneem. Foto: Marie Nel

DIE wenners van BloemnuusenAthalia seOuma enOupaRoos-kompetisie vir 2013 isby Monte Bello aangewys.Susan du Plessis is aangewysas Ouma Roos vir 2013, Lu-kie Serfontein as Oupa Roosen Ogies en DeleneWesselsas Egpaar Roos. Diewennershet op verlede week se voor-blad gepryk. Hier is nog ’npaar foto’s.

GrootouersGrootouersvereervereer

Gert (89) en Emsie (83) du Plessis was die oudste egpaar en het ’nspesiale eerbewys ontvang. Foto’s: Elsa Vermeulen

Saartjie Noeth (77, links) was die oudste ouma wat deelgeneem het.Hier is sybyPetroSteenkamp,OumaRoos2012,wat ookasbeskerm­vrou van die eerbewysgeleentheid aangewys is.

Leon Els (76, regs) saam met Hennie Muller, Oupa Roos 2012. Leonwas die oudste oupa wat deelgeneem het.

Lianda Hurter (seremoniemeester), Ankia Bradfield (Mev. VerenigdeNasiesSuid­Afrika­finalis) enAnsCoetzee (Athalia). LiandawasMev.Verenigde Nasies Internasionaal en Ankia neem binnekort aan van­jaar se Suid­Afrikaanse kompetisie deel. Foto: Jens Friis

Page 14: Bloemnuus 25 10 2013

14 BLOEMNUUS, VRYDAG 25 OKTOBER 2013

VOETHEELKUNDE is die hanteringvan siekte enafwykings vandie onder-ste ledemate en die hooftaak van ’nvoetheelkundige is om te help dat ’npasiënt so gemaklik moontlik kan blyrondbeweeg. ’n Verskeidenheid teg-nieke word gebruik om pynlike voetete behandel. Hieronder tel:S plaaslike verdowing ompynlike na-els, soos ingroeitoonnaels, te behan-del;

S die hantering van velprobleme soosvoetvratte, liddorings, wonde, eelte enatleetvoet;S die diagnosering van struktureleprobleme, sportbeserings en die voor-skryf en maak van korrektiewe hulp-middels (binnesole) vir skoene; enS die hantering van chroniese siekte-toestande wat voetafwykings en wan-funksionering veroorsaak soos diabe-tes en artritis.

Om ’n voetheelkundige te wordmoet jy ’n vierjaargraad deurloop enby die Suid-Afrikaanse Mediese Raadgeregistreer word.Corlia Wiese (051-430-8272), ’n voet-

heelkundige, sê: “Een van die bevredi-gendste aspekte van dié beroep is om’n pasiënt wat pyn ondervind weerpynvry te sien loop.”S Sien ook Corlia se advertensie opbl. 2.

Tegniek heel seer voete

VOLGBLOEMNUUSOP JOUSELFOON: Ditis spesifiek só ontwerp dat jy die koerantnou maklik op jou selfoon se skermpie kanlees: http://bloemnuus.mobi.

NEED TO FEEL BETTER?NEED TO TALK? Contactus, WE'LL LISTEN. Alwaysconfidential and free. 24/7.Talk to us: 051 444 5000.Write to us at Box 29874,Danhof 9310. E-mail us [email protected]

SKAKEL RINA by051-4461361

SPRINGKASTELESPRINGKASTELEenen

WATERWURMSSokkerkasteel,

Spiderman, Barbie,

Krokodil, Shrek,

Gladiators, Tropical

Island, Barney,

skuimput.

Aktiwiteitskastele.

Kastele met glybane

HOË GLYBANE.

BOOT, 3-IN-EEN.

We pawn Kruger

Rands,

diamonds and

Rolex watches

082 345 6711

CASH FOR GOLD

EK KOOP GOEIEgebruikte klere, skoene, lin-ne en kombuisware vir kon-tant. Ek besoek u ook tuis.Aankope slegs in Bloemfon-tein. Skakel 072 185 8217

Twee pragtige, klein JackRussells: 1 tefie en1 reuntjie beskikbaar.Ingeënt en ontwurm.Elsabe: 083 298 1155.

ALLE groottes yskaste,vrieskaste te huur. Ska-kel 051 522 4616

Beste kwotasies:Ingeboude kasteKombuisteOpknap van kasteBraam:(082 726 2889.

CJK ACCOUNTANTS:For any accounting work,financials, statutoryreturns, estates, etc.Contact 079 522 3021/[email protected]

3G's. Spesialiseer in herstelvan ys-/vrieskaste by jouhuis. Beste pryse.Persoonlike diens. (Grobbie 071 516 6050.

AAA-kwaliteit- INSTAL-LERING van alle plafonneen 'dry walls' (herstel van

plafonne), matte('carpet tiles' en volvloer-

matte), gelamineerde vloere,gratis kwot.(079 581 6654.

BOME SNY en tuinvullisverwyder. 40% afslag.

Skakel Joubert083 240 7905.

BRIDGING CASHwhile waiting for

PENSION/PACKAGEPAYOUT (lump sum only)CASH SAME DAY086 1101 388083 6700 788

'Platters' vir funksies,tuisgebakte pasteie. Ska-kel Riana 072 391 3968.

JEFFREYS BAY:Beautiful, fully furnishedduplex, plus braai andcarport. Available Dec. 2013.042 293 1268/076 400 0703/082 562 1933.

Vakansieverblyf-Stellen-bosch:Billike dubbel enenkelkamers beskikbaar ingoedtoegeruste Koshuis van-af 9 Des 2013 tot 2 Jan2014.Sentraal gelee.(021 887 1583

UVONGO: RUIM 2-SLK-VAKANSIE-W/STEL.HOOFSTRAND, SEE-UITSIG. 082 429 1105.

Gevestigde gordyn- maat-skappy benodig die dienstevan naaldwerksters met on-dervinding in industriëlemasjiene, en 'nwerkswinkelbestuurder.Skakel: 051 436 0746/082 557 4966 .

SALES CONSULTANTFOR IMPERIALTRUCK RENTALBLOEMFONTEINBRANCH:Previous sales experiencewith proven track record,new business developmentand 'cold calling'.Closing date: Friday1 November 2013.Application should beforwarded to: SheetalKanjee. Fax 087 230 6530e-mail: [email protected]: (071 856 5730 .

122 JO LOMBARDNOTICE

INSOLVENT ESTATE:JOHANNES ONSTAAL

LOMBARDESTATE NO:B133/2011

Prokureurs * Notarisse * Transportbesorgers

Attorneys * Notaries * Conveyancers

Reg Nr / Reg No 94/04709/21

HILL, McHARDY &HERBST Ing

Pursuant to Section 108(2) ofthe Insolvency Act, notice ishereby given that the firstliquidation and distributionaccount in the insolventestate of Johannes OnstaalLombard, identity number680326 5044 08 2 previously ofthe farm Middelpunt, Bains-vlei, Bloemfontein will lieopen for inspection at theoffices of the Master of theHigh Court, Bloemfonteinfor a period of 14 (fourteen)days from 25 October 2013.

CJ RAATHCo-trustee

Hill McHardy & Herbst Inc7 Collins AvenueArboretumBloemfontein(Ref: CJ Raath/lp/G18149)

122 MC BRITZVAN DER MERWE &

SOROURLIKWIDASIE- EN

DISTRIBUSIE-REKE-NING IN BESTORWEBOEDEL WAT TER

INSAE Lê

VAN DER MERWE& SOROUR

Ingevolge Artikel 35(5) vanWet 66 van 1965 word hierbykennis gegee dat 'nduplikaat van die eerstelikwidasie- endistribusierekening in dieboedel hieronder vermeld,by die kantoor van die Mees-ter soos vermeld en gedu-rende 'n tydperk van 21 daevanaf datum van publikasiehiervan, ter insae lê vir allepersone wat daarby belanghet.Indien geen beswaar binnegenoemde tydperk by die be-trokke Meester ingedienword nie, gaan die ekseku-teur oor tot verdeling inge-volge gemelde rekening.Registrasienommer van boe-del: 3737/2013Van: BritzVoorname: MarthinusChristoffelIdentiteitsnommer:280521 5054 08 1Laaste adres:Westphallstraat 29, Univer-sitas, BloemfonteinDatum van oorlye: 5 April2013Meesterskantoor: Bloemfon-teinEksekuteur:E Horn, Van der Merwe &Sorour, Posbus 1062, Bloem-fontein 9300.

E HORNEksekuteur

Van der Merwe & SorourPosbus 1062Bloemfontein.

BETREKKINGS

Page 15: Bloemnuus 25 10 2013

BLOEMNUUS, VRYDAG 25 OKTOBER 2013 15

Moenie wag nie.Dien dadelik in.

www.sars.gov.za

Interim Rekonsiliasiesperdatum 31 Oktober.

Aandag: Werkgewers!

10011765JB/A

ELSOPHIE CRONJÉ het 85 kg verloorin net ’n bietjie langer as ’n jaar.

’n Wolhaarstorie? Aikona. Hier-langsaan is die foto’s as bewys.

Elsophie sê: “My ervaring van dieDr. Cohen-program is verskriklik po-sitief. Ek kan nie anders nie as om ditaan te beveel. Ek het 85 kg verloor innet langer as ’n jaar. Dit is ’n bekostig-bare, doeltreffende en volhoubareprogram met gewaarborgde resulta-te, mits jy die riglyne en voorskriftepresies volg.

“In my ondervinding, seker ookomdat ek so vasgevang was in ’n ui-ters ongesonde leefstyl, is die pro-gram streng, maar beslis nie on-moontlik nie. Inteendeel, ek het mysoms verstom aan die heerlike kos-kombinasies wat ek kon eet.

“En hier kom die deel wat my heel-temal oorgehaal het om op die Cohen-reis te gaan: Jy éét jouself gesond enjy éét jouself maer.

“Daar is geen eetlusdempers, in-spuitings, pille of operasies nie.

“Daar is soveel wat ek nog hieroorkan sê, maar ek gaan volstaan met:Daar is hoop. Vir diegene wat vasge-vang is in ’n depressiegat of ’n oorge-wigtronk wil ek graag sê dit is nie on-moontlik om daaruit te kom nie.

“Inteendeel, met die Dr. Cohen-pro-gram gaan jy nie net daaruit kom nie,jy gaan die toekoms met ongekende le-wenslus ligvoets tegemoet dans . . . ”S Sien advertensie op bl. 1.

Eet jou maerder

TOE: Elsophie Cronjé. NOU: Elsophie Cronjé 85 kg ligter.

FOKUS OP DIE DR. COHEN-PROGRAM

DIE poeding van Hendry en Tiaanlewer ses porsies.

Dit is tradisioneel gegeur met ka-neel, neutmuskaat, vanielje of roos-water en voorgesit saam met mos-konfyt, kaneelsuiker of appelkoos-konfyt.

SAGOPOEDING125 ml sago400 ml melk400 ml vars room1 stuk pypkaneel2 stukke steranys1 vanieljepeul60 ml botter4 eiers75 ml suiker

MERINGUE375 ml suiker100 ml water4 eierwitteappelkooskonfyt

SAGOPOEDINGSWeek die sago 1 uur lank in 200ml van die melk.S Voorverhit die oond tot 150 °C.Smeer ’n oondvaste bak.S Verhit die res van die melk en dieroom saam met die kaneel, anys envanieljepeul tot kookpunt. Roer diebotter in.S Voeg die geweekte sago by dieroommengsel. Kook oor lae hitte totdik en gaar. Laat effens afkoel. Ver-wyder die kaneel, anys en vanielje-peul.S Klits die eiers en suiker saam totskuimerig en dik. Vou dit by die sa-gomengsel in en skep in die oond-vaste bak.

Plaas die bak in ’n waterbad (bain-marie) en bak sowat 45 minute lanktotdat die eiers gaar is.

MERINGUES Verhit die suiker en water saamtot draadstadium (110 °C).S Begin om die eierwitte styf teklits en sodra die suikermengsel121 °C bereik, giet die stroop in ’ndun straaltjie by die eierwitte. Klitstotdat die mengsel kamertempera-tuur bereik.S Skep lepelsvol appelkooskonfytop die sagopoeding sodra dit uit dieoond kom en spuit die meringue bo-op. Skroei met ’n blaasvlam totgoudbruin bo-op.

Die kookboek Kokke-door is deur die kosken-ner Errieda du Toitsaamgestel en bevat dielekkerste resepte uit dieTV-reeks wat op dieprentjiemooi Prins Al-bert verfilm is. Hierinleer ’n mens die deelne-mers en beoordelaarsken en daar word agterdie skerms gekuier.

Kom sit aan

Page 16: Bloemnuus 25 10 2013

Die veelsydige Janco van Heyningen (Grey) gooi die bal in Grey se waterpolotoernooivir seuns o.14. Grey het goed gevaar deur algeheel vierde te eindig in ’n toernooi waaraan20 skole deelgeneem het. Foto: Van Zyl Naudé

Grey-mannevaar goed

Rufus Botha

GREY-KOLLEGE (SEKON-DÊR) se o.14-waterpolospanhet verlede naweek goed ge-vaar deur vierde te eindig in’n toernooi waaraan van diebeste waterpolo-skole deelge-neem het.Altesaam 19 Suid-Afrikaan-

se skole het by Grey hieraandeelgeneem enFalcon-kollegehet selfs van Zimbabwe naSuid-Afrika gereis.Grey het in sy groepwed-

stryde skitterende spel gele-wer en in die eerste wedstrydvir St. John (Johannesburg)met 10-3 slae uitgedeel. Daar-

na isPortRex (Oos-Londen) ’nlelike opstopper deur dieGrey-manne toegedien metGrey wat 18 doele aangetekenhet en Oos-Londen se mannenie toegelaat het om een keerhul doelhok te tref nie.Op dag twee het Grey die

sterk span van KwaZulu-Na-tal, Durban High, óók ’n goeieloesing gegee en met 12-2 aswenner uit die water geklim.In die laaste van die groep-

wedstryde het Grey gewys hygaan hierdie jaar nie aan dieagterste speen suig nie en hetwéér met ’n reuse-telling(13-0) teen Parktown (Johan-nesburg) losgetrek.

Die genoemde oorwinningshet Grey ’n plek in die kwart-eindronde besorg en hulleklop toe die krag vanMichael-house (Pietermaritzburg) in’n rillerstryd met 1-0.In die halfeindstryd het

Grey-kollege teen die sterkspan van sy “naamgenoot”Grey PE (Port Elizabeth) met3-13 vasgeval.In die uitspeelwedstryd vir

die derde en vierde plekke hetGreymet twee doele teen Red-dam (Kaapstad, 4-6) verloorterwyl Grey PE in die eind-stryd teen Rondebosch (Kaap-stad, 4-5) naelskraap verloorhet.

Jongatleteskitter

Rufus Botha

DIEHoërskool JimFouché hetSaterdag oudergewoonte opdie Vrystaat Landbouproduk-te-en-JP Botha-uitnodigingsat-letiekbyeenkoms aan laer-skoolleerlinge die geleentheidgebied om te wys wat in hullesteek.Atlete het in ouderdoms-

groepe deelgeneem waarinhulle aanstaande jaar gaanmeeding en laerskooldeelne-mers het gevolglik in die 14-jaar-afdeling meegeding.Jannes Schlebusch (Grey-

kollege) het sy spies 52,84 mver gegooi. Dit is ’n byeen-komsrekord en ’n afstand watselde in syouderdomsgroepge-sien word.Marzé Verster (Oranje) en

Angel Kivido (Fichardtpark)het die hand hoog as groot ta-lente vir die toekoms opge-steek. Verster het die 100 m virmeisies (13,66) en 300 m-hek-kies (49,54) in goeie wentye af-geblits. Sy het haar egter in die200 m in ’n vasberade Kividovasgeloop. Kivido het in ’nskitterende 26,99 gewen. Terversagting:Versterhetvirviernommers aangetree.Tharina van der Walt (Jim

Fouché) het met 31,42 m ’ngoeie byeenkomsrekord in diediskusgooi vir meisies losge-gooi.

Die juniorA­spanvanWillemPostmahetdie skaak­li­ga in Bloemfontein gewen. Van links is, voor: NielArlow,Wean Pretorius en Luan Theron; agter: StefanRobberts, Abert Smit en Liam Ellis.

Die senior A­span van Willem Postma het die skaak­liga in Bloemfontein gewen. Van links is, voor: EmileStreicher, Charl Engelbrecht en Marco Pretorius; ag­ter: Albertus van der Walt, Ettienne Botes en Zirk deKlerk. Afwesig: Jan Albert Pienaar en Enric Smith.

Ken hul skuiwe