bm bybel-mediaprojekte.bybelmedia.org.za/.../sites/67/2015/06/groeinuus-feb15.pdf · 15 afrikalande...

4
GROEINUUS Ons is opgewonde oor geleenthede wat die Nehemia-Bybelinstituut (NBI) aan die begin van 2015 gekry het om sy vlerke te span. NetACT Hennie van Deventer (NBI-prinsipaal) het in Januarie ’n groot byeenkoms van NetACT in Johannesburg bygewoon. NetACT is ’n netwerk van teologiese opleidingsentra in sub- Sahara-Afrika. Die doel van hierdie byeenkoms was om nuwe netwerke te vorm wat feitlik die hele Afrika sal dek. Daar was dus verteenwoordigers van minstens 15 Afrikalande teenwoordig (onder meer uit Suid-Soedan, Ethiopië, Bu- rundi, Nigerië, die DRK en Angola). Vier netwerke is gevorm, gekoppel aan vier universiteite in Suid-Afrika en vier in Kenia. Hoewel NetACT op tersiêre opleiding fokus, was daar opregte belangstelling en entoesiasme vir die werk wat NBI op pretersiêre vlak doen. Almal besef goed dat albei soorte opleiding dringend noodsaaklik is in Afrika. Navorsing toon dat daar meer as miljoen onopgeleide pastore in Afrika is. Hulle het ’n behoeſte aan hierdie soort opleiding wat NBI bied voordat hulle hoegenaamd aan tersiêre opleiding kan dink. Hennie sê: “NBI het reeds vennote in agt Afrikalande. NetACT-Africa, die sambreel van die vier nuwe netwerke, kan ons help om ons vlerke nog baie wyer te span.” Aan die begin van Februarie het Hennie en Phaphile Celesi (NBI se viseprinsipaal) ’n toer deur die Oos-Kaap onderneem om belanghebbendes en vennote te ontmoet. Hulle het opnuut onder die indruk van die geweldige behoeſte aan teologiese opleiding gekom. BM BYBEL-MEDIA Hennie en personeel van Dumisani Theological Institute. Hennie van Deventer saam met dosente by die Universiteit van Fort Hare. Afgevaardigdes by NetACT-byeenkoms. Bybelkor MEMA media nbi NBI NEHEMIA-BYBELINSTITUUT T Bybel-Media Handel logistiese ondersteuning By die Universiteit van Fort Hare het hulle met die teologiese fakulteit oor moontlike samewerking onderhandel. Die doel hiervan is om erkenning te kry vir NBI-studente wat met teologiese studies wil voortgaan. Dumisani eological Institute is, naas Fort Hare, die enigste instelling in die Oos-Kaap wat ’n graad in teologie aanbied. Hulle het egter ook ’n pretersiêre kursus in basiese bedieningsvaardig- hede waarvoor die NBI-kursusse baie geskik is. Die gesprek met hulle was baie positief. Gatyana Bible School by Willowvale het al voorheen die NBI-kursus deeltyds vir mense in die omgewing aangebied. Die nuwe prinsipaal, ds Maxinyana, is entoesiasties om weer so ’n groep Die Oos-Kaap bied baie moontlikhede FEBRUARIE 2015 NBI span sy vlerke

Upload: truongdan

Post on 09-Jul-2018

216 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: BM Bybel-Mediaprojekte.bybelmedia.org.za/.../sites/67/2015/06/Groeinuus-Feb15.pdf · 15 Afrikalande teenwoordig (onder meer uit Suid-Soedan, Ethiopië, Bu- ... Hoewel NetACT op tersiêre

GR

OEI

NU

US

Ons is opgewonde oor geleenthede wat die Nehemia-Bybelinstituut (NBI) aan die begin van 2015 gekry het om sy vlerke te span.

NetACTHennie van Deventer (NBI-prinsipaal) het in Januarie ’n groot byeenkoms van NetACT in Johannesburg bygewoon. NetACT is ’n netwerk van teologiese opleidingsentra in sub-Sahara-Afrika.

Die doel van hierdie byeenkoms was om nuwe netwerke te vorm wat feitlik die hele Afrika sal dek. Daar was dus verteenwoordigers van minstens 15 Afrikalande teenwoordig (onder meer uit Suid-Soedan, Ethiopië, Bu-rundi, Nigerië, die DRK en Angola). Vier netwerke is gevorm, gekoppel aan vier universiteite in Suid-Afrika en vier in Kenia.

Hoewel NetACT op tersiêre opleiding fokus, was daar opregte belangstelling en entoesiasme vir die werk wat NBI op pretersiêre vlak doen. Almal besef goed dat albei soorte opleiding dringend noodsaaklik is in Afrika. Navorsing toon dat daar meer as miljoen onopgeleide pastore in Afrika is. Hulle het ’n behoefte aan hierdie soort opleiding wat NBI bied voordat hulle hoegenaamd aan tersiêre opleiding kan dink.

Hennie sê: “NBI het reeds vennote in agt Afrikalande. NetACT-Africa, die sambreel van die vier nuwe netwerke, kan ons help om ons vlerke nog baie wyer te span.”Aan die begin van Februarie het Hennie en Phaphile Celesi (NBI se viseprinsipaal) ’n toer deur die Oos-Kaap onderneem om belanghebbendes en vennote te ontmoet. Hulle het opnuut onder die indruk van die geweldige behoefte aan teologiese opleiding gekom.

Bybel-MediaV e n n o o t i n g e l o o f e n b e d i e n i n g

BMBYBEL-MEDIA

Hennie en personeel van Dumisani Theological Institute.

Hennie van Deventer saam met dosente by die Universiteit van Fort Hare.

Afgevaardigdes by NetACT-byeenkoms.

Bybelko

rBM BYBEL-

MED

IA

BM BYBEL-MED

IAKe

rnid

ees

vir

oorv

erte

l

MEM

Amedia

Kern

idee

s vi

r oo

rver

tel

MEM

Amedia

nbi

NBI

NEHEM

IA-B

YBELIN

STIT

UUT

Teol

ogie

se o

ple

idin

g v

an n

ie-o

pg

elei

de

kerk

leie

rs

BM BYBEL-MED

IA

Bybe

l-Media

Handello

gis

ties

e on

der

steu

nin

gBM BYBEL-

MED

IA

● By die Universiteit van Fort Hare het hulle met die teologiese fakulteit oor moontlike samewerking onderhandel. Die doel hiervan is om erkenning te kry vir NBI-studente wat met teologiese studies wil voortgaan.

● Dumisani Theological Institute is, naas Fort Hare, die enigste instelling in die Oos-Kaap wat ’n graad in teologie aanbied. Hulle het egter ook ’n pretersiêre kursus in basiese bedieningsvaardig-hede waarvoor die NBI-kursusse baie geskik is. Die gesprek met hulle was baie positief.

● Gatyana Bible School by Willowvale het al voorheen die NBI-kursus deeltyds vir mense in die omgewing aangebied. Die nuwe prinsipaal, ds Maxinyana, is entoesiasties om weer so ’n groep

Die Oos-Kaap bied baie moontlikhede

feBruarIe 2015

NBI span sy vlerke

Page 2: BM Bybel-Mediaprojekte.bybelmedia.org.za/.../sites/67/2015/06/Groeinuus-Feb15.pdf · 15 Afrikalande teenwoordig (onder meer uit Suid-Soedan, Ethiopië, Bu- ... Hoewel NetACT op tersiêre

Bybel-Media Handel (BMH) floreer ...Vanaf Maart 2014 is die handelsafdeling (BMH) saam met Bybel-Media in die Fergusongebou in Wellington.

“Dié stap het nie net besparing in bedryfskoste bewerkstellig nie, maar ander sake soos kommunikasie, navrae, rekeninge en versending baat ook daarby. Wanneer ons terugkyk op die afgelope jaar, doen BMH-personeel dit met groot dankbaarheid.” Só praat Jan Wentzel, Bedryfshoof van BMH, entoesiasties oor die veranderinge wat suksesvol aangebring is.

Besparings by BMH is goeie nuus. Dit is ook goeie nuus vir al ons kliënte – studente, gemeentes en individue. Almal baat by laer pryse en goeie kliëntediens.

Vriende, studente, donateurs en besoekers aan Bybel-Media is baie welkom om die winkel tydens kantoorure te besoek. Kom ontdek self watter groot verskeidenheid publikasies en ander hulpmiddels vir geestelike groei en verryking by Bybel-Media beskikbaar is.

Indien jy nie na die winkel toe kan kom nie, besoek gerus www.bybelmedia.org.za en klik op winkel om meer inligting oor publikasies en ander produkte te kry. Só kan jy sommer in die gerief van jou kantoor of huis jou bestelling plaas.

PoskantoorTydens ’n gesprek met ’n senior verteenwoordiger van die poskantoor het hy ons gevra om ons donateurs aan te raai om geen kontant in ’n koevert per pos te stuur nie. Die risiko is net te groot dat kontant kan wegraak.

Bankinbetalings, elektroniese oorplasings of gekruisde tjeks is die veiligste opsies.

Elke donateur se gewaardeerde bydrae maak by BM ’n verskil.

Links: William Ross, Irvin Cameron en Sean Fortuin besig om bestellings te kontroleer voordat dit versend word.

Hou altyd die winkel se kontakbesonderhede byderhand. Vir bestellings of produkinligting skakel 021 864 8211 of 0860 26 33 42, faks na 021 873 0832 of stuur ’n e-pos na [email protected]

BM-winkelJ O U E E N S T O P G E E S T E L I K E - E - L O K A A L

BMBYBEL-MEDIA

bymekaar te kry. ’n Hele paar belangstellendes het die byeenkoms bygewoon en ’n paar het reeds as studente ingeskryf.

● NBI werk al baie jare saam met Bethany Bible School (BBS) in Mtha-tha, wat meer informele opleiding vir die leiers van onafhanklike kerke gee. Met Phaphile en Hennie se besoek is ’n groter deurbraak bewerkstellig. Meer as 20 kerkleiers het aangedui dat hulle graag wil inskryf. Hulle word dus nou ’n leersentrum van die NBI onder leiding van BBS se koördineerder, ds Ruben Mgodeli, wat reeds in 1995 die NBI-kursus voltooi het.

● Phaphile Celesi vertel dat hulle oral positiewe terugvoering ontvang het van studente wat besig is met die kursus of dit reeds voltooi het. Hy het vir een van die huidige studente wat in die omgewing van Alice bly, laat weet dat hulle by Fort Hare gaan aandoen. Sy het dadelik gevra of sy hulle kan ontmoet. Met groot moeite het sy daar opgedaag – met ’n taxi en te voet. Sy sê die kursus raak haar diep en rus haar vir die Here se werk toe.

Phaphile in gesprek met Ruben Mgodeli

Page 3: BM Bybel-Mediaprojekte.bybelmedia.org.za/.../sites/67/2015/06/Groeinuus-Feb15.pdf · 15 Afrikalande teenwoordig (onder meer uit Suid-Soedan, Ethiopië, Bu- ... Hoewel NetACT op tersiêre

Jongste publikasies wat saak maak in 2015GeloofsvormiNG by kiNdersAlGemeeN

Jaarboek 2015Die Jaarboek van die NG Kerk 2015 bevat inligting oor sinodes, streeksinodes, ringe, gemeentes en predikante. Die Jaarboek is al 165 jaar ’n belangrike verskaffer van inligting vir die NG Kerk-familie.

Kruisgesante oorkant die KeiIn Kruisgesante oorkant die Kei vertel 112 stemme, elk in hulle unieke taal en styl, die storie van sendelinge van die NG Kerk in Transkei. Hulle belewenisse is lappies met verskillende patrone, teksture en kleure wat uiteindelik ’n bont lappieskombers vorm.

Woord en FeesWoord en fees (voorheen Preekstudies met liturgiese voorstelle) – Advent 2014 tot Koninkrykstyd 2015 – is ’n hulpmiddel vir die voorbereiding van eredienste en die ontwikkeling van preke.

Woord en Lewe Omdat Woord en lewe aansluit by die seisoene van die kerkjaar, moedig dit lidmate aan om al die feeste, gebruike en gewoontes van die kerkjaar te vier en te ervaar.

1 KorintiërsDie gelowiges in Korinte, ’n wel-varende hawestad waar ’n groot gebrek aan goeie waardes geheers het, moes talle uitdagings oorkom. In Paulus se antwoord aan die Korintiërs op hulle probleme, leer hy ons wat vandag leef ook hoe om kerk van Jesus Christus te wees in ’n wêreld wat Hom nie ken nie.

Real lewe Take 2-pakket

● Gespreksgids … vir die jongmense by senior kategese om by elke ontmoeting by die kerk te gebruik.

● Huisgeloof-gespreksgids … met vrae wat by elke ontmoeting aansluit en waaroor gesinne by die huis kan gesels. Die ouerhuis is immers die belangrikste plek waar kinders en jongmense se geloof gevorm word.

● Leiersgids-DVD met die volgende daarop:

Ene ore! Nuwe ManiereIn Ene ore! Nuwe maniere leer kinders uit die Bybel en uit die voorbeeld van Bybelkarakters hoe om na die Here te luister en dan nuut te gaan leef. Die pakket bestaan uit:

● Junior werkboek (gr 1-3)● Senior werkboek (gr 4-6)● Aanbiedersgids (CD)

Hierdie boeke word gebruik saam met die LP3-hulpmiddels: Die storielyn (L) van die Bybel word uitgebeeld met 12 kleurvolle panele (P) met prente (P) van persone (P) en gebeure.

– ’n Volledige leiersgids vir elk van die 29 ontmoetings.

– ’n Verskeidenheid gedrukte hulpmiddels vir sommige ontmoetings.

– ’n Verskeidenheid videosnitte en klanksnitte vir sommige ontmoetings. 

bybelsTudie

20152015Jaarboek

Efesiërs 2:10 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy

ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor

Hy ons bestem het.

KOPIEREG:TYDSKRIFTEMAATSKAPPY (Tm)

Geen deel van die Jaarboek mag vir enige kommersiële doeleindes gebruik word nie.

van die Nederduitse Gereformeerde Kerke

201520152015

Efesiërs 2:10 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy

ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor

Jaarboek van die Nederduitse G

ereformeerde K

erke

Page 4: BM Bybel-Mediaprojekte.bybelmedia.org.za/.../sites/67/2015/06/Groeinuus-Feb15.pdf · 15 Afrikalande teenwoordig (onder meer uit Suid-Soedan, Ethiopië, Bu- ... Hoewel NetACT op tersiêre

Navrae en inligting:• Tel 021 864 8268 • Faks 021 864 8264

Bestellings/Gemeentebestellings:• Skakel 0860 26 33 42 • E-pos na [email protected]

Webwerf: www.bybelmedia.co.za • Vir aankope met kredietkaart. • As u ’n bediening wil ondersteun.

• Meer inligting oor Bybel-Media wil bekom. Kolporteursdienste: Skakel 021 864 8231Be

nut

ons

een

stop-

dien

s Bybelkor-Kersprojek … Baie dankie!Baie donateurs het aan dié jaarlikse projek deelgeneem. Sommige het die posstukke laat ontvang. ander het eers in Januarie hulle s’n gekry. almal het ruim bygedra.

Ja, ten spyte van uitdagings soos die ekonomie en die posstakings, het baie lojale donateurs vir Bybelkor ondersteun. Teen middel februarie ontvang ons nog gereeld bydraes vir die Kersprojek. Dié lojaliteit gee aan ons die vertroue om vanjaar voluit met ons werk voort te gaan.

Ons wil graag ons dank en groot waardering aan elke donateur oordra. Julle is die hart van Bybel-Media.

Welkom … lenois standerBy Mema-Media (elektroniese media) is groot opgewondenheid oor Lenois Stander wat 1Februarie by ons aangesluit het. Hy het sy teologiese opleiding voltooi en het ook uitstekende rekenaarvaardighede. Met sy kundigheid gaan hy ’n groot verskil by Mema maak.

Elektroniese media groei by die dag. In die vorige nuusbrief het ons genoem dat Mema-Media in die toekoms op webtuistes, digitale nuusbriewe, bemarking deur sosiale media, videogrepe, e-posdagstukke en e-boeke gaan fokus.

Hierdie fokuspunte kry reeds aandag en die verdere kommunikasiemoontlikhede word ondersoek en uitgebou. Dit alles help ons om gemakliker met donateurs, ondersteuners, kerke en studente in verbinding te bly.

drukwerk bespoedigTegnologie verrig tog wondere! ’n Splinternuwe drukker wat kleiner boeke druk, vou en kram is so pas by BMH geïnstalleer. Elke 25 sekondes lewer hierdie drukker ’n volledige boek.

BMH druk elke jaar self duisende kleiner boeke wat as studiemateriaal en Bybelstudiegidse gebruik word. Vroeër moes elke boek deur ’n proses van drie verskillende fases gaan voordat dit gereed was.

By die drukker op die foto (links) staan Jackie Isaacs wat opgewonde vertel watter koste- en tydbesparings nou moontlik is. Bestellings kan baie gouer gelewer word.

kersfeeskaart-projekPersoneel van Bybel-Media het saam met die getuieniskommissie van Wellington-Oos-gemeente ’n baie besonderse projek aangepak. Verlede jaar het dié groep vrywilligers 1 120 Kerskaartjies met die hand gemaak en in gefrankeerde koeverte gesit.

Dié Kerskaartjies is toe aan gevangenes in agt groot gevangenisse uitgedeel. Só het hulle die geleentheid gekry om in die Kersseisoen met hulle geliefdes, familie of vriende te kommunikeer.

Op die foto (links) is twee personeellede van Hawequa-gevangenis, twee lede van Wellington-Oos-gemeente se Getuieniskommissie en Dalene Jooste (BM) in die middel. By dié geleentheid is 320 Kersfeeskaarte aan Hawequa-gevangenis vir verspreiding oorhandig.

BMBYBEL-MEDIA

K e r n i d e e s v i r o o r v e r t e l

MEMAmedia K e r n i d e e s v i r o o r v e r t e l

MEMAmedia