bo - jvr alumni u… · laureen rossouw en charl theron is albei oudleerlinge en hul dogters, laura...

13
1 Bo: Die 2006 matriekgroep hou hulle 10-jaar reünie in 2016. Links (v.l.n.r): Danie Marais (matriek 2011), Olimpiese-, Wêreld- en Statebondspelekampioen, Chad le Clos, Véda Pols en wêreld- rekordhouer en Olimpiese kampioen, Cameron van der Burgh. Chad le Clos open Swemskool by Hoërskool Jan van Riebeeck Die skoolhoof het tydens die eerste saalbyeenkoms van die jaar die leerders sowel as ‘n paar spesiale gaste welkom geheet naamlik Danie Marais (2011), Chad le Clos en Cameron van der Burgh. Dié swemmers is al hard besig om in die skool se swembad te oefen. Danie Marais is die enigste oudleerling waarvan ons weet wat sy SA-kleure in swem verwerf het. Hy het op die ouderdom van 8 jaar al reeds mededingend begin swem en was teen 14 ‘n senior nasionale swemmer! Die Marais-gesin was die kontak en rede waarom Chad le Clos besluit het om Hoërskool Jan van Riebeeck se swembad te gebruik. Om meer te lees oor Danie se uitstekende prestasies, gaan na www.speedo.co.za/danie-marais/ Eerste Uitgawe : Maart 2017 Inhoud Bladsy In memoriam 2 2016 Reünies 3-6 Gebeure: Stigtersdag 7 Meriete Prysuitdeling 8 Oudleerling akademiese prestasies 9- 10 Oudleerlingkinders wat presteer 11 Nuusbrokkies oor oudleerlinge 12-13 VIR U DAGBOEK 2017 12 Mei Seniorstee en saalbyeenkoms 12 Mei Ligte middagete: matrieks 1939-1960 12 Mei OOV Dinee / fondsinsameling 24 Mei AJV van die Alumni-vereniging 1-31 Augustus Dinee / Debat / Kunsuitstalling van werke uit die Kilbournversameling 1-3 Sept Kunsuitstalling – JVR Oudleerlinge 15&16 Sept Reünie matrieks 1967 (50 jaar) 30 Sept Reünie matrieks 1997 (20 jaar) Sept/Okt Reünie matrieks 1977 (40 jaar)

Upload: others

Post on 27-Sep-2020

10 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Bo - JvR Alumni u… · Laureen Rossouw en Charl Theron is albei oudleerlinge en hul dogters, Laura Rossouw en Janina Theron het albei hul doktorsgrade verwerf. Malan Rietveld se

1

Bo: Die 2006 matriekgroep hou

hulle 10-jaar reünie in 2016.

Links (v.l.n.r): Danie Marais (matriek

2011), Olimpiese-, Wêreld- en

Statebondspelekampioen, Chad le

Clos, Véda Pols en wêreld-

rekordhouer en Olimpiese

kampioen, Cameron van der Burgh.

Chad le Clos open Swemskool by Hoërskool Jan

van Riebeeck

Die skoolhoof het tydens die eerste saalbyeenkoms van die

jaar die leerders sowel as ‘n paar spesiale gaste welkom geheet

naamlik Danie Marais (2011), Chad le Clos en Cameron van der

Burgh. Dié swemmers is al hard besig om in die skool se

swembad te oefen.

Danie Marais is die enigste oudleerling waarvan ons weet wat

sy SA-kleure in swem verwerf het. Hy het op die ouderdom van

8 jaar al reeds mededingend begin swem en was teen 14 ‘n

senior nasionale swemmer! Die Marais-gesin was die kontak

en rede waarom Chad le Clos besluit het om Hoërskool Jan van

Riebeeck se swembad te gebruik.

Om meer te lees oor Danie se uitstekende prestasies, gaan na

www.speedo.co.za/danie-marais/

Eerste Uitgawe : Maart 2017

Inhoud Bladsy In memoriam 2

2016 Reünies 3-6

Gebeure: Stigtersdag 7

Meriete Prysuitdeling 8

Oudleerling akademiese prestasies 9- 10

Oudleerlingkinders wat presteer 11

Nuusbrokkies oor oudleerlinge 12-13

VIR U DAGBOEK 2017

12 Mei Seniorstee en saalbyeenkoms

12 Mei Ligte middagete: matrieks 1939-1960

12 Mei OOV Dinee / fondsinsameling

24 Mei AJV van die Alumni-vereniging

1-31 Augustus Dinee / Debat / Kunsuitstalling van

werke uit die Kilbournversameling

1-3 Sept Kunsuitstalling – JVR Oudleerlinge

15&16 Sept Reünie matrieks 1967 (50 jaar)

30 Sept Reünie matrieks 1997 (20 jaar)

Sept/Okt Reünie matrieks 1977 (40 jaar)

Page 2: Bo - JvR Alumni u… · Laureen Rossouw en Charl Theron is albei oudleerlinge en hul dogters, Laura Rossouw en Janina Theron het albei hul doktorsgrade verwerf. Malan Rietveld se

2

Ons wil graag ons innige simpatie en meegevoel met die families van die oudleerlinge wat oorlede is, toon.

Professor Anna Louw (matriek 1949; Erepenning ontvang, 1987)

Professor Anna Louw, ‘n staatmaker in die Biblioteekwese sal met liefde in die harte

van kollegas en vriende saamgedra word. Gewese studente onthou haar as ‘n

toegewyde en pligsgetroue dosent, leier en ‘n wonderlike rolmodel vir vroue in ‘n

beroep gedurende ‘n tyd wat seniorposisies meestal deur mans oorheers is.

Sy was bekend as iemand wat graag die tweede myl met studente en kollegas

saamgeloop het. Anna Louw was ‘n toegewyde dienaar en leier in die Suid-Afrikaanse

Biblioteekvereniging en die Suid-Afrikaanse Instituut vir Biblioteek- en Inligtingkunde

wat bygedra het op elke terrein vir dekades. Jan van Riebeeck is trots om haar as

oudleerling te hê.

Alma Willemse (matriek 1958)

Alma (née Gerber) Willemse, ‘n matriekleerling van 1958, is op 6 Oktober 2016 na ‘n

kort siekbed oorlede. Ons was vanaf 1952 (toe in standerd 4, tans graad 6) tot 1958

leerlinge by Jan van Riebeeck Laer- en Hoërskool.

“Ek onthou Alma altyd as ‘n vriendelike en innemende persoon, met baie affiniteit vir

haar medemens. Altyd bedagsaam teenoor ander; nie opdringerig met haar opinies

nie, maar tog ferm in haar standpunte oor etiese sake. Sy was die enigste kind van Sally

en Boy Gerber, wat ek as pragtige en vriendelike mense ervaar het.

Dankie Alma dat jy ons lewens soveel verryk het oor die jare. Ons mis jou oneindig

baie. Daar is nou werklik ‘n leemte in my lewe, wat my baie hartseer maak.”

Uittreksels uit die huldeblyk van Alma se vriendin, Truda Botha (née Heunis) wat haar vanaf 1952 geken het.

Ignatius Michael (Naas) Viljoen (matriek 1953)

Ná Naas sy MBChB in Kaapstad voltooi het, het hy by die Nasionale hospitaal in

Bloemfontein begin werk waar sy liefde vir Urologie gebore is. Naas het toe verdere

kwalifikasies in hierdie rigting verwerf en is as die Registrateur van die departement

van Urologie aan die Karl Bremer hospitaal in 1969 aangestel, en het tussen Kaapstad

en Bloemfontein aanhou praktiseer en sy liefde vir die mediese akademie voortgebou.

Prof Naas sal iefdevol onthou word deur die tien registrateurs onder sy leiding vir sy

strengheid, maar ook vir sy onvoorwaardelike ondersteuning en toewyding. Ek het

hom gereeld “Pa” genoem gedurende my opleiding, omdat hy ‘n vaderfiguur vir elke

registrateur, intern en mediese beampte wat die voorreg gehad het om onder hom te

werk, was.

Uittreksels van die huldeblyk deur Prof Schalk Wentzel.

Rijnhardt Willem Griessel (matriek 1974) is onlangs oorlede na ‘n kort stryd teen kanker.

Miekie Jordaan (matriek 1946) is vroeër vanjaar oorlede. Sy tweelingbroer, Vos, is verlede jaar oorlede. Hulle was

die seuns van die eerste skoolhoof van Hoërskool Jan van Riebeeck, meneer J. J. Jordaan.

Hulle families is in ons gedagtes.

IN MEMORIAM

Page 3: Bo - JvR Alumni u… · Laureen Rossouw en Charl Theron is albei oudleerlinge en hul dogters, Laura Rossouw en Janina Theron het albei hul doktorsgrade verwerf. Malan Rietveld se

3

2016 Reünies

Matrieks 1939 tot 1959 by die seniorstee.

Die matrieks van 1956 het die naweek van 13 Augustus hul 60ste reünie by Welgemeend gevier.

“Wat 'n fees! Ons oud-Jan van Riebeeckers wat die vieringe bygewoon het, sê baie dankie. Dankie dat ons op die

stoepe van ons geliefde skool kon loop saam met vandag se pragtige jong leerders, asook die argief, saal en gange met

die versameling van al die jare se matriekklasse kon besoek. Ons het weer eens so trots gevoel op ons skool waar daar

steeds goed na die onderhoud van geboue, tuine en omgewing gekyk word.

Van die oorspronklike 112 kon 30 van ons die heerlike funksie bywoon. Ons kon deur die jare, behalwe vir drie, van

hul almal tred hou.”

Elbie Visser (hoofdogter 1956)

2016 REÜNIES

Page 4: Bo - JvR Alumni u… · Laureen Rossouw en Charl Theron is albei oudleerlinge en hul dogters, Laura Rossouw en Janina Theron het albei hul doktorsgrade verwerf. Malan Rietveld se

4

Hugo Slabber en Elbé Visser Nico (Houtbaai) le Roux al die pad van

(hoofseun en hoofdogter 1956) Namibië staan by Therese née Sommerhalder)

Bowman wat van Switserland afgekom het. Hy het

haar 60 jaar gelede gesien en op witrokdag was sy

sy metgesel. Daardie dae het die seuns nog ‘n

spesiale meisie genooi om saam met hulle te stap

op witrokdag.

Die 1966-matriekklas herdenk 50 jaar gelede.

Kyk op die alumniblad vir Dr Annari van der Merwe se pragtige en breedvoerige vertelling daarvan.

Page 5: Bo - JvR Alumni u… · Laureen Rossouw en Charl Theron is albei oudleerlinge en hul dogters, Laura Rossouw en Janina Theron het albei hul doktorsgrade verwerf. Malan Rietveld se

5

Die klas van 1971 (45 jarige reünie) “Ou drade is gou weer opgetel en daar is land en sand gesels oor die ou skooldae en wat intussen in almal se lewens

gebeur het. Almal het `n heerlike skaap op die spit met bykosse en malvapoeding geniet.

Musiek uit hul skooldae het op die agtergrond gespeel en `n paar het die dansvloer aangepak en stywebeen geskoffel.

Daar is gerugte dat van die sterkeres eers om 4 vm Saterdagoggend huiswaarts is.

Die Kaapse klasmaats kom gewoonlik so een keer per jaar oor `n middagete bymekaar om die afgelope jaar te vier. `n

Groot naweek lê voor in 2021 om hul 50ste reünie te hou.”

Charl Theron (1971)

Matriekreünie, klas van 1976

Ná 40 jaar MAG ons ook uithaak op die bankie voor die hoof se kantoor

“Dis net eenvoudig wonderlik hoe 40 jaar soos mis voor die son kan verdwyn en mens verhale en herinneringe opdiep

asof dit gister was. Saterdagmiddag 1 Oktober het ‘n nog kleiner groepie – hierdie keer met anderhelfdes – die argief

by die skool besoek en is ons teruggevoer met fotos en nie net gedagtes nie. Daarna is ons na die pragtige Welgemeend

vir ‘n baie intieme, gesellige onthaal. Die kos was voortreflik en die atmosfeer feestelik. Nie eens die veelbesproke

spook kon ons gees demper nie.

Baie dankie dat ons trots Jan van Riebeeckers kan wees!”

Christine Bäumler (neé Böbs), namens die klas van 1976

Page 6: Bo - JvR Alumni u… · Laureen Rossouw en Charl Theron is albei oudleerlinge en hul dogters, Laura Rossouw en Janina Theron het albei hul doktorsgrade verwerf. Malan Rietveld se

6

Die 1996 matriekgroep het hulle reünie laasjaar in

Kirstenbosch gehou.

Matriekgroep van 2006 se eerste reünie, 10 jaar later.

Page 7: Bo - JvR Alumni u… · Laureen Rossouw en Charl Theron is albei oudleerlinge en hul dogters, Laura Rossouw en Janina Theron het albei hul doktorsgrade verwerf. Malan Rietveld se

7

Op Vrydagoggend, 27 Januarie, 2017, het al die Jan van Riebeeckers bymekaargekom om die Hoërskool Jan van

Riebeeck se 91ste bestaansjaar te vier.

Die drie gaste was (v.l.n.r) Louis Boshoff (1990),

Janina Theron en Etienne Terblanche (beide

2004). Louis het agt inspirerende lewenslesse

wat hy in die gange van Hoërskool Jan van

Riebeeck geleer het, met die leerders gedeel:

1. Droom en streef jou doelwitte na

2. Vra is gratis en verniet – kry ‘n mentor

3. Die belangrikheid van verhoudings – met

familie, vriende, jou meerdere, met vennoot of

opponent.

4. Handhaaf ‘n goeie balans

5. Styg uit bo jou omstandighede

6. Wees uself

7. Die belangrikheid en betekenis van

kreatiwiteit

8. Dankbaarheid en mededeelsaamheid

Hierna het Janina en Etienne, die leerlinge wat

die oorspronklike opname van die Geeslied

gemaak het, die skool gelei in die sing daarvan.

Al die Jan van Riebeeckers het dit uit volle bors gesing wat

gesorg het vir ‘n trotse tranedal van menige eregas,

oudleerling en onderwyser. Die geleentheid het gemaak

vir groot gees en kameraadskap.

Ná die tyd het al die gaste in die indrukwekkende argief

bymekaargekom en is hulle herenig met oud-onderwysers.

Louis, Etienne en Janina is byvoorbeeld al drie onder

juffrou Veda Swart se bekwame hande deur.

Die foto regs vang die oomblik vas wat Janina en juffrou

Mauermann mekaar vir die eerste keer sedert 2004 sien.

STIGTERSDAG

Page 8: Bo - JvR Alumni u… · Laureen Rossouw en Charl Theron is albei oudleerlinge en hul dogters, Laura Rossouw en Janina Theron het albei hul doktorsgrade verwerf. Malan Rietveld se

8

Op die eerste Februarie 2017 is daar erkenning gegee aan die leerders se prestasies van 2016. Oudleerling,

meneer Albert Geldenhuys (matriek, 1973) het as gasspreker die leerders toegespreek. Sy insiggewende

toespraak het die leerders aangemoedig om in ‘n tyd van sulke groot veranderings en tegnologiese vooruitgang

nie net die veranderings blindelings na te volg of resepte toe te pas nie, maar om terug te staan en perspektief

te kry, tendense te sien, en te innoveer. Hy het ‘n beroep op die leerders gedoen om aanpasbaar te wees, te

aanvaar hulle is op ‘n reis van ontdekking, grense oor te steek, saam met ander te werk en laastens hard te werk,

maar ook hard te speel.

Verder het Albert die restourasie van die Adriaan H. Geldenhuys gedenktrofee vir Veelsydigste Gr 10 leerder

geborg. Hierdie trofee gedenk die lewe van Albert se broer, Adriaan H Geldenhuys (6 Mei 1952 - 4 Mei 1968),

wat sy lewe twee dae voor sy 16de verjaardag tydens ‘n rugbywedstryd verloor het.

Sy verjaarsdagbesluit, soos deur hom geteken op 27 April 1968, beeld sy karakter die duidelikste uit:

1. Ek sal probeer om my eie goeie naam soos goud te bewaar

in die buitelewe en in en om die huis.

2. Ek moet in opregtheid van gees wandel in watter posisie

ook al.

3. Ek moet my in die Here verbly en vriendelik wees.

4. Liggaamlike fiksheid: draf, rugby, fietsry, stap in Seinheuwel

met Flikkers (my hond).

5. Selfbeheersing: Nooit kwaad word nie, geduldig,

verdraagsaam.

6. Moet nooit niksdoen en nikswerd word nie.

7. Vergeet myself.

8. Moet persentasie in eksamen kry waarvoor ek

verantwoordelik is en in staat voor is.

9. Doen een ding per keer – deeglik.

10. Vergeet die dinge wat agter is; strek uit na wat voor is om

die prys van die hoë roeping in Christus Jesus te verkry. Ek kan

nie een el by my lengte byvoeg deur my te kwel nie.

11. Hou goeie moed: Slegte moed kom vanself.

12. Begin nou!

Die beker se inskripsie lui: Adriaan Geldenhuys gedenkbeker vir leierskap in St VIII, Hoërskool Jan van Riebeeck.

Ter herinnering aan ‘n uitstaande skolier van 1968. Geskenk deur sy vriende.

MERIETE PRYSUITDELING

Meneer Albert Geldenhuys met die

wenner van die Adriaan H Geldenhuys

trofee, Theodore Pauw.

Page 9: Bo - JvR Alumni u… · Laureen Rossouw en Charl Theron is albei oudleerlinge en hul dogters, Laura Rossouw en Janina Theron het albei hul doktorsgrade verwerf. Malan Rietveld se

9

Ons doktorsgrade

Vier oudleeringe het onlangs hul doktorsgrade by die Universiteit van Stellenbosch behaal. Wat dit ekstra

spesiaal maak is dat drie van die kandidate se ouers ook ‘n verbintenis met Jan van Riebeeck het.

Laureen Rossouw en Charl Theron is albei oudleerlinge en hul dogters, Laura Rossouw en Janina Theron het albei

hul doktorsgrade verwerf. Malan Rietveld se stiefpa, Japie Pienaar het vir baie jare Afrikaans by Jan van Riebeeck

gegee en was koshuisvader van Huis Jordaan.

Dr Janina Theron (matriek 2004) ontvang haar PhD in Taalwetenskap.

Onderwerp: "Listening in HIV counselling and testing: hearer signals in rural

patient- counsellor HIV consultation".

Dr Laura Rossouw (matriek 2005) ontvang haar PhD in Ekonomie.

Onderwerp: "The Assessment and improvement of health status of vulnerable

and low-income individuals in South Africa: an analysis using quantitative and

experimental methods".

Dr Malan Rietveld (matriek 1999,

onderhoofseun) ontvang sy PhD in

Ekonomie.

Onderwerp: “An institutional assessment of

sovereign wealth funds.”

Dr Carolien van Zyl (matriek 2003) ontvang haar PhD in Entomologie.

Onderwerp: “Status of the invasive wasp species Vespula germanica and Polistes

dominula in South Africa, and the feasibility of various management strategies”.

Baie geluk met die harde werk en prestasies

Doktore! Ons is trots op julle!

Links: Laureen Rossouw (née Stander, matriek 1973) Dr Laura Rossouw (2005), Dr Janina Theron (2004) en Charl Theron (matriek 1971).

OUDLEERLING AKADEMIESE PRESTASIES

Page 10: Bo - JvR Alumni u… · Laureen Rossouw en Charl Theron is albei oudleerlinge en hul dogters, Laura Rossouw en Janina Theron het albei hul doktorsgrade verwerf. Malan Rietveld se

10

Ons Mediese Dokters:

Dr Anneke Weideman (matriek 2010) verwerf haar MBChB graad cum laude! Sy

ontvang ook die prys vir die beste student in 2016 vir Psigiatrie en Etiek.

Haar suster, Jana Groenewald (née

Weideman) wat in 2007 gematrikuleer

het, het ook haar MBChB graad in 2014

ontvang.

Dr Louis Scott (matriek 2010) verwerf

ook sy MBChB graad.

Baie geluk aan julle albei, ons wens

julle alle sterkte in die toekoms toe.

Nog akademiese prestasies:

Wilbur Kastoor (matriek 2012, onderhoofseun), ontvang sy

Baccalaureus in die Opvoedkunde (Bed Algemene Onderwys)

– Intermediêre en

Senior fases. Hy het sy

graad cum laude

behaal!

Wilbur gaan Wiskunde

Graad 8 en 9 gee by ‘n

skool in Atlantis in

2017.

Baie geluk aan

almal. Ons is

baie trots!

Elzahn Rinquest (matriek 2003) ontvang haar Magister in die Opvoedkunde (MEd) (Opvoedingsbeleidstudies).

Fenetta van Zyl (matriek 2012) ontvang haar Baccalaureus in die

Natuurwetenskappe in Dieetkunde. Fenetta se ma, juffrou

Marietjie van Zyl, gee Wiskunde by ons skool en sy is ook ‘n

oudleerling (matriek 1976).

Ingrid Kok (matriek 2012, hoofmeisie), behaal

haar honneurs in Aktuariële Wetenskap (B.Comm

Hons Aktuariële Wetenskap).

Page 11: Bo - JvR Alumni u… · Laureen Rossouw en Charl Theron is albei oudleerlinge en hul dogters, Laura Rossouw en Janina Theron het albei hul doktorsgrade verwerf. Malan Rietveld se

11

Hoofleiers van die skool:

HOOFDOGTER : Anel van der Vyver

HOOFSEUN: Gabriel Eyssel

Lila (links) en Nina (regs) Ferreira is die tweelingdogters van drr. Susan Vosloo en Anton Ferreira (matriek 1962). Hulle is saam met Reinhard Voges die Gr 11 Verteenwoordigers op die leerlingraad.

Die 2017 Matriekraad

OUDLEERLINGKINDERS WAT PRESTEER

Anel is ook die Voorsitter van die verteenwoordigde

leerlingraad. Anel is die dogter van Lourens en Anneke

(matriek 1985 née Slabber) van der Vyver. Anneke se ma,

Estelle Slabber, het vir baie jare musiek by HJvR gegee en

gee nou musiek by LJvR.

Anel het die skool die afgelope Desembervakansie by die

Jeugleierskongres verteenwoordig.

Page 12: Bo - JvR Alumni u… · Laureen Rossouw en Charl Theron is albei oudleerlinge en hul dogters, Laura Rossouw en Janina Theron het albei hul doktorsgrade verwerf. Malan Rietveld se

12

Meneer George Stelzner

Jan van Riebeeck se oudste lewende oudleerling is meneer George

Stelzner (matriek 1939). Meneer Stelzner, wat verder Engels

gegee het by Jan van Riebeeck (1952-1959 en 1962), is nou 94. Hy

was ook die eerste alumni wat die welkome bedrag van R2000 in

ons nuutgeopende alumni-rekening inbetaal het. Ons is geweldig

dankbaar hiervoor. Die alumni is afhanklik van hierdie tipe

onbaatsugtige skenkings van die lede om al die administratiewe

verpligtinge na te kom.

Die uittreksel uit ‘n brief van nog ‘n oudleerling, Dr Jacques van

Heerden (1959) wat aan meneer Stelzner geskryf is, hieronder,

gee ‘n duidelike aanduiding van die tipe karakter wat George

Stelzner was en is.

Jacques van Heerden is die skrywer van o.a. A Tale of Two

Sparrows en The Survival of the Twittest, twee boeke wat tans in

die argief beskikbaar is.

Regs is ‘n foto van George Stelzner en dr Rösemann, vir wie

meneer Stelzner ook Engels gegee het by Hoërskool Jan van

Riebeeck. Hierdie baie spesiale foto is geneem met Stigtersdag

2016.

NUUSBROKKIES OOR OUDLEERLINGE

You were my English teacher from 1956 (Standard 7) to 1959

(Matric). I had spent most of my early years in the Free State,

where English is a foreign language – and hated, on top of it.

I remember that first year when I had to go to town to buy

something, I wrote down beforehand exactly what I had to

say, and then memorised it.

Thanks to the foundation you had laid, I subsequently wrote

many scientific papers and quite a few books in English. (I

also write in Afrikaans when it serves the purpose better: you

have to speak Afrikaans to Afrikaners!)

Finally, at the 1959 class reunion two years ago, you

‘complained’ that we had never given you a nickname. I

believe the consensus of the whole school was that ‘George’

or ‘Ol’ George’ more than expressed what any nickname

could ever have done. It is a term of endearment and

appreciation, because you were a good teacher.

Page 13: Bo - JvR Alumni u… · Laureen Rossouw en Charl Theron is albei oudleerlinge en hul dogters, Laura Rossouw en Janina Theron het albei hul doktorsgrade verwerf. Malan Rietveld se

13

Roelof Botha

Roelof Botha (matriek 1990),

die kleinsein van oudminister

Pik Botha, bevind homself tans

tussen die grootkoppe van

Silicon Valley.

Vroeër vanjaar is Roelof

aangestel as hoof van die

waagkapitaalmaatskappy,

Sequoia, se Amerikaanse

operasies.

Hierdie maatskappy fokus

grotendeels op die tegnologie-

industrie en bestuur verskeie

beleggingsfondse oor die

wêreld.

http://www.2oceansvibe.com/2017/02/02/another-south-african-has-just-joined-silicon-valleys-big-hitters/

As jy kyk na Roelof jr. se Facebookprofiel, kry jy ‘n lys van topposte wat hy al beklee het tydens sy reis tot dusver. Hy het van Amerika se grootste maatskappye soos PayPal, Whatsapp en Youtube onder sy naam. Hiermee saam dien hy in die raad van direkteurs van minstens ses maatskappye.

Roelof jr. se familielede vertel dat hy van kleins af baie mededingend, verantwoordelik, en altyd honger vir kennis was. Jeanne Rankin, Roelof se Engelse onderwyseres by Hoërskool Jan van Riebeeck, vertel hy was daar ewe intelligent en fluks. “Sy bydrae in die klas was altyd baie meer as wat ‘n mens sou verwag. Hy het Latyn geneem en ek dink dit het hom baie gehelp in sy analitiese en laterale denke. Roelof was verbaal briljant, sowel as in Wiskunde.”

Boonop was hy die beste matrikulant in die Wes-Kaap en het beide sy B.Sc.- en honneursgraad in aktuariële wetenskappe aan die Universiteit van Kaapstad met lof geslaag. Hy is hierna na die sakeskool van die Stanford-universiteit, in die hartjie van Silicon Valley in Kalifornië vir sy M.B.A., omdat hy gevoel het hy wil deel wees van die dinamiese en innoverende omgewing wat hy daar gevind het. Dit is toe hier waar hy kort voor lank die range tussen die grootkoppe in presies hierdie omgewing geklim het en hy hom vandag as hoof van ‘n internasionale maatskappy bevind. Met só ‘n indrukwekkende CV en getuienisse van die mense rondom hom, is ons nie verbaas nie. Baie geluk, Roelof!

(Informasie gehaal uit Huisgenoot; 23 Februarie 2017: 18-19.)

NUUSBROKKIES OOR OUDLEERLINGE