boek - here leer ons bid leer ons bid... · “here, leer ons bid, soos johannes ook sy volgelinge...

57
- 1 - Inhoudsopgawe Voorwoord................................................................................................... 3 Spesiale dankbetuiging ............................................................................. 4 WEEK 1 ........................................................................................................ 7 WEEK 2 ...................................................................................................... 13 WEEK 3 ...................................................................................................... 21 WEEK 4 ...................................................................................................... 27 WEEK 5 ...................................................................................................... 33 WEEK 6 ...................................................................................................... 39 WEEK 7 ...................................................................................................... 45 WEEK 8 ...................................................................................................... 51 Slotwoord .................................................................................................. 57

Upload: others

Post on 26-May-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 1 -

Inhoudsopgawe Voorwoord ................................................................................................... 3

Spesiale dankbetuiging ............................................................................. 4

WEEK 1 ........................................................................................................ 7

WEEK 2 ...................................................................................................... 13

WEEK 3 ...................................................................................................... 21

WEEK 4 ...................................................................................................... 27

WEEK 5 ...................................................................................................... 33

WEEK 6 ...................................................................................................... 39

WEEK 7 ...................................................................................................... 45

WEEK 8 ...................................................................................................... 51

Slotwoord .................................................................................................. 57

Page 2: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 2 -

Page 3: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 3 -

Voorwoord “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk 11:1) Die nodigheid van gebed vir die Christen se verhouding met die Here kan nie oorbeklemtoon word nie. Soms het ons baie verskillende verskonings vir waarom onsnie kan bid nie. Verskonings soos:

è ‘Ek is nog nie daar in my Christenskap nie...’ è ‘Nie almal kan ‘n sterk gebeds-lewe hê nie...’ è ‘Dit is nie my roeping nie...’

Maar die eintlike groot rede waarom baie Christene dalk sukkel om te bid, lê opgesluit in die dissipels se woorde aan Jesus in Luk 11:1 – “Here, leer ons bid...”. Baie Christene het swak gebeds-lewens, nie omdat hulle nie wil bid nie, maar omdat hulle nog nie geleer het hoe om te bid nie. In hierdie Bybelstudiereeks kyk ons na Jesus se modelgebed: die ‘Onse Vader’. Jesus het Sy dissipels geleer hoe om te bid en Hy het hierdie gebed as die raamwerk daarvoor gebruik. My gebed is dat die Heilige Gees hierdie reeks gaan gebruik om ons te leer hoe om te bid en om ons te help om met groot vrymoedigheid na die Here se genadetroon te gaan. Die Here seën,

Page 4: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 4 -

Page 5: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 5 -

Spesiale dankbetuiging Dit was Paasnaweek 2015 toe ek vir Alex Steyn vanuit Tergniet bel en vir hom sê dat dit tyd is dat ons ons eie Bybelstudiemateriaal moet begin saamstel. Hy het ingestem en gesê hy sal my help. Om ‘n Bybelstudiereeks soos hierdie te skryf, is heeltemal te groot vir een persoon. Die Here was my genadig en het my geseën met ‘n wonderlike span wat my op die agtergrond help. In Rom 12:4 skryf Paulus: “Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie.” Baie dankie aan hierdie span wat my nog elke keer gehelp het om ‘n hoë gehalte Bybelstudiereeks te produseer. Die span is soos volg: Alex Steyn - Teologiese versorging Ronel Griessel - Taalkundige versorging Riaan le Roux - Ontwerp en vervaardiging Baie dankie, julle is ‘n “great” span! Die Here seën julle vir julle harde werk.

Page 6: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 6 -

Page 7: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 7 -

“Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1)

WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse Vader’. Vir die volgende agt weke gaan ons dit ons fokus maak om te leer hoe om te bid. Daar is baie in die Bybel geskryf oor gebed en as ons alles moet behandel wat daar te sê is, gaan ons baie meer tyd nodig hê en gaan agt weke beslis nie genoeg wees nie! Wat ons wel gaan doen, is om ‘n fondasie te bou vir ‘n volhoubare gebedslewe. Martin Luther het gesê: “Om ‘n Christen te wees sonder om te bid, is soos om te probeer lewe sonder om asem te haal!” Vir die volgende agt weke gaan ons saam ‘n pad stap om te leer hoe om reg te bid. Maak die beste van hierdie studie Gebed is ‘n baie persoonlike saak en party mense vind dat hulle nie graag daaroor wil gesels nie, om nie eers te praat van die idee om hardop voor ander mense te bid nie! In ons studie gaan niemand gedwing word om iets te doen waarmee hy of sy nie gemaklik is nie. Hier volg wel ‘n paar praktiese wenke wat ons kan help om die meeste uit hierdie reeks te kry en dan volhoubaar te groei in ons gebedslewe:

Waarom is geloof so belangrik?

Die Onse Vader

Page 8: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 8 -

Wenk #1: Kom ons maak ons harte oop vir die Here. Ons moet die Heilige Gees vra om ons harte ontvanklik te maak vir die stem van die Here. Wenk #2: Volg saam in die Woord. Ons moet die Bybelverse in elke studie weer noukeurig by die huis gaan lees en notas in ons boekies maak van die betekenis van daardie verse. Wenk #3: Doen verdere studie oor gebed.

Ons moet verder lees en studeer. Daar is baie ander verse in die Bybel wat oor gebed handel, nie net dié wat ons in die studie het nie.

Wenk #4: Aanvaar die uitdagings wat van tyd-tot-tyd in die

studie gemaak word. As ons die huiswerk doen en die uitdagings aanvaar wat

voorgestel word, dan maak ons die beginsels wat die Here ons leer, vas in ons harte.

Wenk #5: Bid!

Ons moet bid - sonder ophou! (1 Tess. 5: 17) Tema teks: Matt. 6: 5 – 14 Leier: LEES die tema teks. Lees ook Luk. 11: 1

Page 9: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 9 -

Ons moet aan die begin van hierdie studie besef dat die Here ons wél hoor wanneer ons bid, maar dat ons gebede nie altyd verhoor word nie! En daar is redes daarvoor... 3 Voorwaardes vir Gebedsverhoring Voordat ons gaan kyk na die ‘Onse Vader’, moet ons eers kyk na die 3 Voorwaardes vir Gebedsverhoring. Ons weet dat die Bybel op verskeie plekke vir ons beveel om te bid. Daar is egter baie spesifieke redes waarom gebede soms nie verhoor word nie. Kom ons lees die volgende verse en sien hoekom gebede soms nie

verhoor word nie:

REDE #1: _______________________________ (Jes. 59: 1 – 2) REDE #2: _______________________________ (Matt. 6: 3 – 5) REDE #3: _______________________________ (Matt. 6: 7 – 8) REDE #4: _______________________________ (Jak. 4: 3 – 4) REDE #5: _______________________________ (1 Joh. 5: 14) Maar nog voordat ons in te veel diepte kyk na die ‘Onse Vader’, moet ons besef dat die fondasie vir ‘n goeie gebeslewe in plek moet wees. Wanneer ek bid, moet daar 3 dinge in plek wees in my lewe: 1ste Voorwaarde: Ek moet ‘n kind van die Here wees Leier: LEES Joh. 14: 6 – 7 en Joh. 1: 12

GESPREKSVRAAG: Watter tipe gesindheid behoort ons te hê volgens Luk. 11: 1 wanneer dit kom by ons studie oor gebed? ______________________________________________ ________________________________________________________________ ________________________________________________________________

Page 10: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 10 -

Hoe begin die Gebed wat Jesus ons leer? ‘Onse Vader’! God maak my Sy kind wanneer ek die Here Jesus aanneem as my Verlosser. Dit gebeur die oomblik wat ek ‘n ware oorgawe aan die Here maak. Wanneer ons gered is, is God ons Vader en dit impliseer natuurlik dat ons Sy kinders is. Ons kan nie God as VADER aanroep as ons nie werklik Sy KINDERS is nie! Daar sal geen sin daarin wees om te leer hoe om mooi teologies-korrekte gebede te bid as ons nie eers kinders van God is nie. Die 1ste voorwaarde vir gebedsverhoring is dus dat ek ‘n kind van God moet wees. 2de Voorwaarde: Ek moet my in eerbied aan die Here onderwerp Leier: LEES Jak. 4: 7 - 10 Ons bid: “Onse Vader wat in die hemel is...” Ons God is nie vêr en verwyderd van ons nie... Nee! Ons God is naby; in ‘n verhouding met ons. Ons is elkeen bestem om ‘n intieme, diep vriendskap met die Here te kan ervaar. Maar... iemand het eenkeer gesê: “God is dalk ons vriend, maar Hy is nie ons pêl nie.” God is almagtig, heilig, verhewe bo alles en almal. Niks en niemand kan met Hom vergelyk word nie. Daar moet dus ‘n nederige gesindheid in my hart wees wanneer ek voor die Here kom in gebed. Ek, as sondige mens, verneder my voor die Here se troon. Ek kom nie bloot aangestap met ‘n versoeklys om te oorhandig nie. Gebed is deel van my verhouding met die almagtige God en Vader; nie ‘n kitsbank-transaksie wat ek maak om my behoeftes bevredig te kry nie. Ek moet besef dat, wanneer ek bid, ek tot die almagtige God nader.

Page 11: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 11 -

3de Voorwaarde: Ek moet werklik vir God se wil in my lewe bid Leier: LEES Matt. 6: 31 – 33 In hierdie gedeelte maak Jesus dit duidelik dat gebed nie bedoel is om ‘n aankooplysie te wees nie. Gebed is nie hoofsaaklik om die Here in te lig oor al my behoeftes nie. In Matt. 6: 8 stel Jesus dit so: “Julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra.”

Die doel van Gebed is nie om God in te lig oor wat ek nodig het nie. Die doel van Gebed is om by God te hoor wat Sy plan vir my lewe is en

hoe ek daarby kan inskakel!

Opsomming: Hierdie week het ons vlugtig gekyk na die inleiding tot die Onse Vader. Volgende week gaan ons verder na die gebed kyk en sal ons sien dat die Onse Vader nie bedoel is om as ‘n rympie gebid te word nie, maar dat dit eerder as ‘n raamwerk dien - ‘n voorbeeld van hoe en waarvoor ons moet bid. Bespreek die volgende in die groep:

1. Waarom sukkel ons dalk om volgehoue gebedstye te hê? 2. Is dit ooit nodig om spesifieke tyd vir gebed opsy te sit? 3. Hoe kan ons ons lewens aanpas om beter, gereelde gebedstyd

te ontwikkel?

GESPREKSVRAAG: Lees weer Matt. 6: 31 – 33 asook Matt. 6: 8. Wat is die implikasie van hierdie verse op my gebedslewe en hoe ek na gebed kyk? _______________________ ________________________________________________________________ ________________________________________________________________

Page 12: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 12 -

WEEK 1: Here, leer ons bid

Iets om te onthou

Die doel van gebed is nie om God in te lig oor wat ek nodig het nie. Die doel van gebed is om by God te hoor wat Sy plan is en hoe ek

daarby kan inskakel!

Vers om te onthou “Julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom

vra.” (Matt. 6: 8)

“Beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.” (Matt. 6:33)

Vraag om oor na te dink

Hoe lyk my gebedslewe op hierdie stadium van my lewe? Hoe kan ek my gebedstyd verbeter?

Gebed om te bid

Dankie Here dat ek my kindskap kan aanvaar en dat ek deur die Here Jesus vrye toegang het tot U teenwoordigheid. Here, kom leer my bid soos Jesus Sy dissipels geleer het. Kom leer my om volgens U wil te

bid en om U te vertrou met al my behoeftes. AMEN!

Page 13: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 13 -

“Ons Vader wat in die hemel is...” (Matt 6:9)

WEEK 2

Inleiding Ons het verlede week gekyk na die voorwaardes vir gebedsverhoring. Die 3 basiese voorwaardes was: #1 Kindskap – ek moet ‘n kind van God wees. #2 Nederigheid – Ek moet met die regte gesindheid na God toe gaan. #3 Lewensfokus – Ek moet die Here se wil bo my eie stel. Vandag begin ons in diepte na die ‘Onse Vader’ kyk. Ons gaan hierdie voorbeeld-gebed in 7 dele bestudeer: DEEL 1: Onse Vader wat in die hemel is, laat U Naam geheilig word DEEL 2: Laat U koninkryk kom DEEL 3: Laat U wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde DEEL 4: Gee ons ons daaglikse brood DEEL 5: Vergewe ons soos ons ander vergewe DEEL 6: Laat ons nie versoek word nie, maar verlos ons van die bose

Onse Vader wat in die Hemel is, laat U naam geheilig

word... Die Onse Vader

Page 14: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 14 -

DEEL 7: Want aan U behoort die koninkryk en die krag tot in ewigheid. Ons het verlede week gesien dat die Onse Vader nie bedoel is om bloot as ‘n rympie opgesê te word nie. Ons moet hierdie gebed eerder as ‘n raamwerk beskou - ‘n voorbeeld van hoe om te bid. Tema teks: Ps. 100: 1 - 5 Leier: LEES die tema teks. LEES ook Ps 136 en laat die selgroep na elke reël antwoord met: “Aan Sy liefde is daar geen einde nie”. Gebed – So waar moet ons begin? Ons lees in die vier Evangelies dat Jesus daagliks tyd gemaak het en Homself afgesonder het in gebed (Mark. 1:35, Matt. 11:25, Matt. 14:23, Luk. 6:12, Luk. 22:41, Luk. 23:34). Luk. 6:12 sê byvoorbeeld: “In daardie tyd het Jesus uitgegaan na die berg toe om te bid en die hele nag deurgebring in gebed tot God.” Jesus het die hele nag gebid! Ons sien ook dat Jesus van Sy dissipels verwag het om te bid... Terwyl Jesus in die tuin van Getsemane was, het Hy vir Petrus en Johannes saam met Hom geneem om te gaan bid. Hy het eenkant gaan bid en later teruggekom en hulle aan die slaap gekry, waarna Hy toe vra: “Kon julle nie eers een uur saam met My waak en bid nie?” (Matt. 26: 40 - 41) Hoe bid mens vir ‘n uur? Wat bid ‘n mens vir ‘n uur? Dit is duidelik dat Jesus nie verwag het dat hulle die ‘Onse Vader’ bloot as ‘n rympie moes opsê vir ‘n uur lank nie!

Page 15: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 15 -

Om te kan bid soos die Here Jesus gebid het, wys op ‘n diep verhouding met die Vader. Hierdie tipe verhouding word slegs ontwikkel wanneer ons gereëld tyd maak vir gebed.

Onse Vader Leier: LEES Matt. 6: 5 – 9 “Onse Vader wat in die hemel is, laat U Naam geheilig word...” Wanneer ons begin met ons gebed, is ons oë nie op onsself nie, maar op die Vader. Wanneer ek dus my persoonlike gebedstyd begin, dan val ek nie net weg met ‘n lys van dinge wat ek in my hart saamdra nie... Nee, ek begin my gebedstyd deur seker te maak my aandag is op die regte plek. Ek dwing my fokus weg van myself, weg van my probleme en my versoeke af en ek plaas my fokus op die almagtige en liefdevolle Vader in Wie se teenwoordigheid ek myself in gebed bevind.

In gebed is ons fokus eerstens op God, nie op onsself nie! Ons behoort ons gebede te begin deur die Here se Naam te heilig. Ons doen dit deur die volgende tipes gebede te bid:

1. Prysgebede Leier: LEES Ps. 135:3

GESPREKSVRAAG: Lees weer Luk. 6:12, asook Hand. 1:14 en Kol. 4: 2 - 4. Hoe vergelyk ons gebedslewe met wat ons in hierdie verse lees? Waarom is dit so? Hoe stel ons dit reg?__________________________________________________________ ________________________________________________________________ ________________________________________________________________

Page 16: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 16 -

Ps. 100: 1 - 4 sê ons moet die Here se teenwoordigheid ingaan met ‘n lawaai! Wanneer ons Ps. 150 lees, lees ons ook van ‘n groot lawaai wat tot die Here se eer gemaak word. Wanneer ons die Here se teenwoordigheid ingaan, dan doen ons dit met ‘n oorwinningsgesindheid. Ons prys die Here. Ons loof Sy Naam. Ons maak Sy Naam heilig. Wanneer ons fokus op God is en nie op onsself nie, dan kan ons sing tot die Here met blydskap en met lofprysing, want Hy is altyd waardig om geloof te word, ongeag hoe ons voel of waardeur ons gaan. Ons kan terugdink aan al die dinge wat die Here reeds gedoen het in ons lewens. Die besef van hoe wonderlik God is en hoe goed Hy vir ons is, sal lofprysing tot gevolg hê. In Ps. 71:15 sê die Psalmis dat die Here se reddingsdade te veel is om te tel. Prys die Here vir alles wat Hy gedoen het!

Wanneer ons ons seëninge tel in plaas van ons probleme, het ons rede tot lofprysing!

2. Dankgebede

Leier: LEES Ps. 100:4 Wanneer ons die Here prys vir Sy goedheid, bewerk dit dankbaarheid in ons harte. Ons moet nie net al ons seëninge tel en die Here daarvoor prys nie, maar ook dankie sê vir al Sy goedheid aan ons. Kol. 4:2 verduidelik vir ons dat dankbaarheid baie belangrik is in gebed. Wanneer ons vir die Here dankie sê vir al die dinge wat Hy vir ons

gedoen het, vir al Sy getrouheid en liefde, dan bou dit geloof in ons harte. Dit versterk die wete dat die Here ons nooit verlaat nie

en nooit begewe nie.

Page 17: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 17 -

In gebed is ons oë dus nie op ons eie tekortkominge nie, maar op ons genadige Vader wat weet wat ons nodig het nog voordat ons dit van Hom vra.

3. Aanbiddingsgebede Leier: LEES Ps. 132:7 en Ps. 46:11 Ons het die Here geprys met ‘n groot gedruis en lawaai en opgewondenheid... Ons het ons seëninge voor die Here getel en vir elkeen dankie gesê..., maar ons moet ook in ons gebedslewe die waarde van aanbidding besef.

Aanbidding is wanneer ons werklik in ons harte onsself in nederigheid voor God neerbuig.

Jak. 4:10 sê: “Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.” Ek verheerlik die Here in my lewe wanneer ek weet watter posisie ek werklik in myself voor Hom beklee. Ek aanbid Hom wanneer ek in my hart my lewe aan Hom oorgee. Ps. 40:7 vertel ons dat dit nie diere-offers of graanoffers is wat die Here van ons vra nie. Dit is ons self wat die Here verlang: ons harte, ons lewens as offers aan Hom. Ons aanbid die Here. Ons heilig die Here se Naam wanneer ons in oorgawe aan Hom lewe. Hierdie is natuurlik ook waar van ons gebedslewe... Ons lewe in oorgawe aan die Here; ons bid in oorgawe aan die Here.

GESPREKSVRAAG: Lees weer Ps. 100:4 en Ps. 132:7. Watter impak sal dit op ons gebedslewe hê as ons ons gebede met die regte gesindheid en fokus begin? ________________________________________________________________ ________________________________________________________________

Page 18: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 18 -

Opsomming: Uit die Skrif is dit duidelik dat gebed nie bloot ‘n geleentheid vir ons is om ons versoeke na die Here toe te bring en te smeek vir dit wat ons wil hê nie... Gebed is deel van ons verhouding met God. Dit is waar ons onsself aan God kom offer in nederigheid, in lofprysing en in aanbidding. Dit is van die uiterste belang dat ons ons gebed begin deur ons fokus op die Here te plaas en nie op onsself, ons probleme of ons uitdagings nie. Bespreek die volgende in die groep:

1. Hoe begin ons gewoonlik ons gebede? 2. Waarom moet ons begin deur ons oë op die Vader te plaas? 3. Kan ons onsself op hierdie manier sien bid? Watter

aanpassings sal ons dalk moet maak om so te bid?

Page 19: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 19 -

WEEK 2: Laat U Naam geheilig word

Iets om te onthou

Ek moet my gebed begin deur my oë op die Vader te plaas en nie op my behoeftes nie.

Vers om te onthou

“Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam, 5want die Here is goed, aan sy liefde is daar

geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag.” (Ps 100: 4 - 5)

Vraag om oor na te dink

Waarom is ons dalk geneig om ons gebede te begin met versoeke? Hoe lyk ons verhouding met die Here dan werklik?

Gebed om te bid

Vader, baie dankie dat ek U Naam kan loof en prys. Dankie vir al die seëninge wat U vir my in U goedheid in Christus so onverdiend

uitgestort het. Ek wil meer tyd maak om U te loof en te prys; om U te dank en in nederige onderdanigheid te aanbid.

AMEN!

Page 20: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 20 -

NOTAS: __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 21: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 21 -

“Laat U koninkryk kom...” (Matt 6:10a)

WEEK 3

Inleiding Ons het verlede week gekyk na die eerste deel van die ‘Onse Vader’: “Onse Vader wat in die hemel is, laat U Naam geheilig word”. Ons het gesien dat daar 3 tipes gebede is wat ons kan bid om die Here te eer wanneer ons voor Sy aangesig kom:

1. Prysgebede – Ons Loof die Here 2. Dankgebede – Ons sê vir die Here dankie 3. Aanbiddingsgebede – Ons eer die Here in nederigheid

Ons het ook gesien dat die ‘Onse Vader’ nie ‘n rympie is wat ons bloot opsê nie. Dit is ‘n raamwerk – ‘n voorbeeld waarvolgens ons moet bid. Maar dit is nie net ‘n voorbeeld nie; dit is ook ‘n praktiese gebed. Matt. 6:6 sê: “... as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie...” Ons doen nie hierdie studie om bloot teoretiese inligting bymekaar te maak oor gebed nie. Ons wil elke week dit wat ons geleer het, toepas en oefen. Ons doen dit deur na ons kamer toe te gaan, die deur toe te maak en tot ons Vader te bid. Tema teks: Matt. 6: 31 - 34

Laat U koningkryk kom...

Die Onse Vader

Page 22: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 22 -

Leier: LEES die tema teks. LEES ook Luk. 9: 57 – 62. Die Koninkryk van God Al ooit so gebid: “Here, laat U koninkryk kom”? Hoe doen ‘n mens dit? Wat beteken dit werklik? Om te bid: “Vader, laat U koninkryk kom”, is om te erken dat God ons Vader ook God ons Koning is. Ps. 47:7 sê juis: “Prys God, prys Hom met psalms, prys ons Koning, prys Hom met psalms!” Wanneer ons werklik besef dat ons God ook ons Koning is, dan het dit sekere implikasies op ons lewens, waarvan die eerste en die grootste sekerlik is dat ons Sy heerskappy oor ons lewens aanvaar.

Laat U Koninkryk kom Die ‘koninkryk van God’ is ‘n baie prominente tema in die Bybel. Die woord ‘koninkryk’ (<Basileia>Grieks) kom byvoorbeeld 145 keer voor in die Nuwe Testament. Om die belangrikheid van hierdie konsep in perspektief te stel: Die verkeie woorde vir ‘liefde’ kom 135 keer voor! Dit beteken nie dat ‘koninkryk’ belangriker is as ‘liefde’ nie, maar dit gee vir ons ‘n idee van die relatiewe belangrikheid van die konsep. Die frase ‘laat U koninkryk kom’, bevat ten minste 3 kern-beginsels van die Christelike lewe:

GESPREKSVRAAG: Lees Ps. 24:10 en dan aandagtig Jes. 6: 1 - 5. Dink mooi oor wat Jesaja sê toe hy die Here in gebed ontmoet. Wat leer ons oor die grootheid van die Here uit Jesaja se ervaring? ________________________________________________________________ ________________________________________________________________

Page 23: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 23 -

1. Die Koninkryk van God is deel van ons boodskap LEES Matt 9: 35 – 38 en Matt 10:7 Jesus self het die Koninkryk verkondig... Hy het ook ‘n baie sterk uitnodiging gemaak aan die mense om hulle te bekeer, want “... die koninkryk van die hemel het naby gekom”. Maar in Matt 9:38 sien ons hoe Jesus vir die dissipels sê om te bid vir meer arbeiders in die koninkryk. So wanneer ons bid dat die Here se koninkryk moet kom, dan bid ons spesifiek vir...

è Die bestaande arbeiders. Dit is die predikante, die gemeenteleiers, sendelinge en alle ander werkers in die koninkryk.

è Onsself. Deur hierdie gebed verklaar ons onsself

bereidwillig om deel te neem aan die werk; om saam die Evangelie van die koninkryk van God te verkondig.

è Meer arbeiders. Ons gebruik die geleentheid om by die

Here te pleit om nog werkers te stuur omdat daar te veel werk vir ons is om alleen te voltooi.

2. Die Koninkryk van God is persoonlik: dit raak ons lewens

LEES Rom 14:17 en 1 Kor 4:20

GESPREKSVRAAG: Dink mooi oor Matt. 9:38. Hoekom bid ons vir meer arbeiders? Waarom is dit belangrik? _______________________________________________________ ________________________________________________________________

Page 24: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 24 -

In Rom 12: 1 – 2 lees ons dat ons ons lewens voor God moet neerlê as ‘n heilige offer. Ons lees in 1 Pet 1: 16 – 17 dat die Here van ons verwag om heilig te lewe.

Ons moet op so ‘n manier lewe dat die wêreld kan sien dat die Here se koninkryk in ons lewens gevestig is.

Ons bid dat die Here se koninkryk sal kom, ook in ons eie lewens. Ons gebed is dat die Here ons sal help om ons al hoe meer te onderwerp aan Sy Koningskap en Heerskappy. 1 Kor. 4:20 vertel vir ons dat die koninkryk van die Here nie bloot ‘n saak is van mooi praatjies nie, maar van krag! Wanneer ons onself aan die Here onderwerp, dan lewe ons in die Here se krag.

3. Die Koninkryk van God is deel van ons toekomstige hoop

LEES Matt. 5:20, Matt. 13: 43 en Joh. 18:36 Die koninkryk van die Here is Sy Heerskappy in ons lewens! Die Here is soewerein en dit beteken dat Hy oor die heelal heers. Hierdie wêreld is aan die verbygaan omdat die Here dit aan verydeling onderwerp het (Rom. 8:20). Die Here het dit besluit. Die Skrif leer vir ons dat daar ‘n nuwe aarde en ‘n nuwe hemel kom (Open. 21:1). Wanneer ons dan bid dat die Here se koninkryk moet kom, dan stel ons deur die gebed ons fokus in, nie op die aarde en op

GESPREKSVRAAG: Hoe behoort ons lewens te lyk volgens Rom. 14: 17 - 18? Hoe help dit ons wanneer ons onsself aan die Here onderwerp in gebed? ___________________ ________________________________________________________________ ________________________________________________________________

Page 25: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 25 -

ons eie besittings en behoeftes nie... Nee, ons dwing ons oë om te fokus op die ewigheid – die ewige lewe waarvoor ons ook bestem is: God se nuwe koninkryk! In hoop bid ons dan: “Here, laat U koninkryk kom. Here, leer ons om te lewe met ‘n ewigheidsperspektief.”

Opsomming: Ons begin die ‘Onse Vader’ deur die Here te Loof, te Dank en te Aanbid. Wanneer ons dit gedoen het, fokus ons dan ons oë nie op ons eie behoeftes en dinge van die wêreld nie, maar ons fokus op die Here se koninkryk en Sy heerskappy in ons eie lewens en in die lewens van dié om ons. Bespreek die volgende in die groep:

1. Na aanleiding van die tema vers, wat verstaan ons onder die frase: ‘die koninkryk van God’?

2. Waarom is dit belangrik om te bid dat die Here se koninkryk moet kom?

3. Wat weet ons van die Here se koninkryk uit die 3 punte van vandag se studie, en hoe raak dit hoe ons bid en hoe ons lewe?

GESPREKSVRAAG: Dink mooi oor Open 21:1. Watter impak sal dit op ons lewens hê as ons bid met ‘n ewigheidsperspektief? ____________________________________________ ________________________________________________________________

Page 26: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 26 -

WEEK 3: Laat U koninkryk kom

Iets om te onthou

Ek is deel van die Here se koninkryk, nie van hierdie aardse koninkryk nie. Ek lewe daarom met ‘n ewigheidsperspektief.

Vers om te onthou

“7Prys God, prys Hom met psalms, prys ons Koning, prys Hom met psalms! 8God is koning oor die hele aarde; sing vir Hom ’n lied. 9God

is koning oor die nasies, God is op sy heilige troon.” (Ps 47: 7 - 9)

Vraag om oor na te dink Wat beteken dit as ek God as my Koning dien?

Wat bedoel ek regtig as ek bid: “Vader, laat U koninkryk kom”?

Gebed om te bid Vader, laat U koninkryk kom! Seën die predikant en leiers van ons

gemeente sodat, wanneer hulle met mense praat, hulle die evangelie onbeskaamd sal verkondig.

Ek kom onderwerp my lewe aan U koningskap en ek vra dat U my sal

help om op so ‘n manier te lewe dat ander U in my en deur my sal sien.

Stuur asseblief ook vir ons nog arbeiders, Here. Daar is nog soveel

mense wat na U soek en die werk is te veel vir ons alleen. AMEN!

Page 27: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 27 -

“Laat U wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde” (Matt

6:10b)

WEEK 4 Inleiding Ons het tot nou gekyk na... DEEL 1: “Onse Vader wat in die Hemel is, laat U Naam geheilig word.” DEEL 2: “Laat U koninkryk kom.” Dit is belangrik om te onthou dat die ‘Onse Vader’ ‘n raamwerk is waarvolgens ons moet bid en nie ‘n rympie wat opgesê moet word nie. Ons moet daarna strewe om elke week se studie toe te pas in ons persoonlike gebedstyd. Dit is alleenlik wanneer hierdie waarhede in ons gebedstyd toegepas gaan word dat ons die ware krag van hierdie gebed sal kan ontsluit. Tema teks: Jak. 4: 13 - 16 Leier: LEES die tema teks. Lees ook weer Matt. 6: 31 – 33. ‘n Gebed wat ingestel is op God se wil ‘n Klompie jare terug was daar in die sogenaamde ‘geloofsbeweging’ predikante wat van die kansel af en oor die televisie gepreek het en

Laat U wil geskied...

Die Onse Vader

Page 28: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 28 -

gesê het dat ons nooit mag sê: “As dit die Here se wil is, sal dit of dat gebeur...” nie. Hulle het aangevoer dat dit ‘n teken was van ongeloof en twyfel. Maar in vandag se studie sal ons sien dat dit absoluut Bybels is om só te praat, te dink en bo alles, só te bid.

... Soos in die hemel, so ook op die aarde! Jesus leer sy dissipels om juis hulle aandag op Goddelike dinge te fokus en nie op die aardse dinge nie. Ons kan maklik verstrengel raak in ons korttermyn behoeftes en korttermyn beplanning en dan vergeet ons dat ons hierdie lewe leef om die hemelse prys te behaal! Fil. 3:14 sê juis dat ons ons lewens moet instel om die hemelse prys te behaal. Wanneer ons dus bid, moet ons ’n hemelse perspektief op die lewe hê en nie ‘n aardse perspektief nie. ‘n Aardse perspektief sal maak dat ons gebede, ons denke en ons aksies draai om die dinge wat ons uit die lewe wil hê. ‘n Aardse mens kan God nie tevrede stel nie. Die aardse mens, of dan die vleeslike mens, soek nie die wil van die Here nie, maar die wil van die vlees. Daarom, wanneer ons bid, bid ons eerstens om die Here se Naam te Heilig, tweedens vir die Here se Koninkryk en Heerskappy en derdens vir die Here se Wil om te geskied – al drie van die eerste drie gebede vereis van ons om ‘n hemelse of ‘n ewigheidsperspektief te hê.

GESPREKSVRAAG: Lees weer 1 Kor. 4:19, Fil. 2: 19 en 24 asook Jak. 4:15. Wat leer hierdie verse vir ons oor hoe ons moet dink, leef en bid? ______________________________ ________________________________________________________________

Page 29: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 29 -

Ons vra na die wil van God Ons kan nou met vrymoedigheid vir mekaar sê dat die Bybel duidelik leer dat ons die wil van die Here moet soek, daarna vra en daarvoor bid. In die tweede deel van die studie kyk ons na wat dit beteken. Om die wil van God te bid beteken die volgende:

1) Ons onderwerp ons aan Sy wil LEES Mark 3: 33 – 35 Jesus maak dit duidelik aan die mense in die gehoor dat Sy broers en susters slegs dié mense is wat hulleself aan God se wil onderwerp en aan Hom gehoorsaam is. Daarom kom ons in gebed voor die Here en ons onderwerp ons aan Sy wil. Ons bid: “Here, laat U wil geskied! Ons onderwerp ons geheel en al aan U wil.”

2) Ons bid vir God se wil in ons wêreld LEES 1 Tim 2: 1 – 4 Hierdie gedeelte sê ons moet bid vir alle mense: vir ons regering, vir ons leiers, vir die polisie, die politici en ander mense in gesagsposisies. Dit sluit in skoolhoofde, dokters, stadsbeplanners, die kabinet, die weermag ens. Die rede dat ons vir hulle bid, staan lewensgroot in vers 4 – want die Here wil hê almal moet gered word!

GESPREKSVRAAG: LEES Gal 5:17 asook 1 Joh 5:14. Wat sê die eerste vers rondom die vlees en die Gees? Wat impliseer die tweede vers oor hoe ons behoort te bid? ________________________________________________________________ ________________________________________________________________

Page 30: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 30 -

So wanneer ons bid vir die Here se wil, dan bid ons nie net vir die Here se wil in ons eie lewens nie, maar ook vir die Here se wil in die lewens van ALMAL wat in gesagsposisies is. Ons bid vir hulle redding, want dit is God se wil dat hulle gered moet word en ons wil ons gebede in lyn met God se wil bring.

3) Ons soek God se wil in ons lewens LEES Rom 12:2 en 1 Tes 5: 16 – 19 Rom 12:2 sê ons moet ons denke vernuwe. Dit beteken om doelbewus ons denke te onderwerp aan die Woord van die Here. Dan sal ons kan onderskei wat die wil van die Here is in ons lewens! Ons bid daarom ook vir onderskeid sodat ons kan weet wat die wil van die Here vir ons is. Dit is ook waaroor ons tema teks vandag gaan. Soos ons sing: “Soek allereers die koninkryk van God. Soek na die wil van die Heer. Alles wat nodig is, sal die Vader dan vir julle gee uit Sy oorvloed - AMEN!”

4) Ons plaas ons vertroue volkome op die Here LEES Rom 8: 27 – 29 en 1 Pet 4:19 Om te bid vir die Here se wil beteken ook om ons volle vertroue op die Here te plaas en te weet dat Hy vir ons goeie dinge beplan en dat Hy ons nie in die steek sal laat nie. Volgens Rom 8: 27 – 29 het die Here ons bestem om gelykvormig te word aan sy Seun. Wanneer ons bid vir die Here se wil om te geskied, dan is die kreet van ons harte: “..meer van Jesus in my lewe; minder van myself!” Hierdie was ook die woorde van Johannes die doper in Joh 3:30.

Page 31: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 31 -

Petrus maak dit ook duidelik dat ons ons lewens aan die Here moet toevertrou. Kom ons maak hierdie week tyd in ons stiltetyd om Jeremia 18 te lees. Kom ons bid opreg en gee onsself soos klei oor aan die liefdevolle Pottebakker!

Opsomming: Om na die Here se wil in ons lewens te vra, kom dalk nie natuurlik nie. Om die waarheid te sê, kom dit maar moeilik, want die vlees wil sy eie wil bevredig hê. Dit neem ‘n mate van geestelike volwassenheid vir ons om te besef dat die beste moontlike scenario vir ons lewens is om die wil van God te vra en uit te leef. Eers wanneer ons dit regtig besef en glo, word dit maklik om vir die Here te vra: “Here, laat U wil in my lewe geskied!” Bespreek die volgende in die groep:

1. Waarom vind ons dit so moeilik om te vra na die Here se wil? 2. Watter vers/e was vir ons ‘n openbaring vanaand? 3. Op watter manier moet ons dalk aanpassings maak in ons

gebedslewe om doelbewus na die Here se wil te vra?

GESPREKSVRAAG: Dink weer oor die verse wat ons gelees het rondom die wil van God. Watter verse staan vir ons uit? Waarom? Hoe raak dit ons gebed tot God? ________________________________________________________________ ________________________________________________________________

Page 32: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 32 -

WEEK 4: Laat U wil geskied

Iets om te onthou

My lewe kry volle betekenis wanneer ek voluit die Here se wil soek, bid en leef.

Vers om te onthou

“Ons kan met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. 15En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons

kry wat ons van Hom vra.” (1 Joh 5: 14 - 15)

Vraag om oor na te dink Hoe kan ek meer en meer na die Here se wil vra in my lewe?

Waarom doen ek dit nie reeds nie? Watter aanpassings moet ek maak?

Gebed om te bid

Vader, ek soek U wil eerste in my lewe. Ek verstaan dat daar ‘n stryd in my lewe aan die gang is: my vlees begeer teen U Gees, maar ek wil meer en meer gehoorsaam wees aan U. Vader, ek vertrou U en ek bring my hele lewe as ‘n offer aan U. Laat U wil geskied in my

lewe. AMEN!

Page 33: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 33 -

“Gee ons vandag ons daaglikse brood.” (Matt 6:11)

WEEK 5

Inleiding Tot nou toe was ons gebeds-oë op die Here gefokus: “Laat U Naam geheilig word...” “Laat U koninkryk kom...” “Laat U wil geskied...” Ons kom nou by die deel van die ‘Onse Vader’ waar ons bid vir ons eie behoeftes en vir die mense om ons. In vandag se studie kyk ons spesifiek na hoe om te bid vir ons eie behoeftes. Alhoewel ons vir ons eie behoeftes bid, is ons gebed steeds nie bloot ‘n “shopping list” wat ons na die Here toe bring nie. Ons gebed is eerder die uiting van ‘n kind wat na sy Vader toe kom met sy behoeftes. Tema teks: Matt. 7: 7 - 12 Leier: LEES die tema teks. LEES ook Matt. 6: 8 - 13 en Matt. 6: 31 – 33. Ons mag vra!

Vader, voorsien vir ons in ons behoeftes...

Die Onse Vader

Page 34: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 34 -

Leier: LEES Fil. 4:19 In die tema teks wat ons gelees het, kry ons baie duidelik die opdrag om te vra, te soek en te klop! Ons kry nie net die opdrag nie, maar Jesus maak dit duidelik:

• Wie vra, sal voor gegee word. • Wie soek, sal kry. • Wie aan die deur klop, sal voor oopgemaak word.

Let op dat al drie hierdie stellings in die ‘passiewe vorm’ geantwoord word. Die vraag wat ons moet vra is:

• Wie vra en wie gee? • Wie soek en wie vind? • Wie klop en wie maak oop?

Matteus skryf aan Jode wat geweet het dat wanneer daar ‘n passiewe vorm gebruik word in Geestelike instruksie, dit impliseer dat God die antwoord is op die vraag. In al drie hierdie gevalle is dit dus ons wat die versoek rig en God wat die antwoord gee. Jesus wys dus vir ons die Vader as ‘n Vader wat gebede kan en wil antwoord.

GESPREKSVRAAG: Wat leer ons van ons Vader se karakter in Matt. 7: 9 - 11? Wat leer ons van ons Vader se vermoë in Fil. 4:19? ________________________________________________________________ ________________________________________________________________

Page 35: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 35 -

Ons bid ook vanuit ‘n posisie van vertroue LEES Matt. 6: 8 en 34 In Eks. 16: 31 – 36 lees ons dat die Here manna en kwartels vir die Israeliete gegee het om te eet toe hulle deur die woestyn getrek het. Elke dag het die volk vars manna en kwartels gekry, behalwe die dag voor die Sabbat, dan het hulle genoeg opgetel vir die Sabbat ook, want op die Sabbat het die Here nie manna en kwartels gestuur nie. Die Here het selfs, toe die volk teen Hom gesondig het, hulle bly voed. Waarom? Want ons God is getrou! Wanneer ons bid, dan bid ons nie vanuit ‘n hopelose posisie nie, maar vanuit ‘n posisie van geloof en vertroue. Deurgaans herinner die ‘Onse Vader’ ons dat ons God ‘n Vader is en dat Hy nes ‘n Vader sal sorg vir Sy kinders. Ons bid vanuit ‘n posisie van vertroue in God. Ons bid vanuit die posisie van ‘n kind wat na sy Vader kom.

Gebed is nie ‘n ‘maklike uitweg’ nie LEES 2 Tess. 3: 10 - 12 Om te bid, vervang nie ons verantwoordelikheid om aktief te werk nie. Ons kan nie bid dat mense gered moet word, maar ons verkondig nie die Evangelie nie. Ons kan nie bid dat dit beter moet gaan met die

GESPREKSVRAAG: Wat leer ons van God se karakter in 2 Tim. 2:13? Hoe help hierdie karaktereienskap ons om ‘n dieper vertroue in die Here te ontwikkel? _________ ________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 36: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 36 -

armes, maar ons gee nie komberse vir dié wat koud kry en kos vir dié wat honger is nie. Ons kan ook nie bid om goed te doen in ‘n eksamen en dan nie vir daardie eksamen studeer nie! Net so, kan ons ook nie bid vir ons behoeftes en dan by die huis sit en hoop dat die kraaie vir ons gaan kos aandra nie... Ons het ‘n verantwoordelikheid om te werk. Gebed vervang nie ons verantwoordelikheid nie. Die Here verwag van ons om te werk, en die gawe om te kan werk kom van die Here af.

Bid en vra dan met vrymoedigheid LEES Fil. 4: 6 - 7 Paulus maak dit duidelik: ons mag en behoort ons begeertes na die Here toe te bring. Natuurlik maak hierdie verse nie voorsiening vir gulsigheid, gretigheid of die begeerlikhede vir en van hierdie wêreld nie. (Jak. 4: 1 – 4) Maar ons mag ons huissituasie, ons werksituasie en dies meer na die Here toe bring. Ons mag vir die Here vra om ons te help met wysheid. (Jak. 1:5) Die Here wil hê ons moet na Hom toe kom. Die Here wil hê ons moet Hom ken in alles wat ons doen. Ons hoef nooit te voel ons pla die Here of val Hom lastig wanneer ons bid nie.

GESPREKSVRAAG: Dink mooi oor 2 Tess. 3: 10 - 12. Hoe is hierdie vers van toepassing op ons gebed vir ons behoeftes? ___________________________________________ ________________________________________________________________

Page 37: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 37 -

Opsomming: Onthou, ons God is ‘n liefdevolle Vader. Hy het reeds onderneem om na ons te kyk en na al ons behoeftes om te sien. Ons bid omdat ons ‘n verhouding het met ons hemelse Vader en omdat ons graag ons behoeftes met Hom wil deel. Maar ons bid in vertroue dat Hy vir ons sal voorsien soos wat dit nodig is. Bespreek die volgende in die groep:

1. Waarom sê v11: “Gee ons vandag ons daaglikse brood”? Dink in terme van die manna en die kwartels.

2. Wat leer ons oor gebed in Jak. 4: 1 – 4? 3. Wat sê Fill. 4: 6 – 7 moet ons met ons begeertes doen?

GESPREKSVRAAG: LEES 1 Joh. 3: 21 – 22. Hoe raak hierdie vers ons gebedslewe? Watter voorvereiste is daar vir vers 22 se vervulling? ___________________________ ________________________________________________________________ ________________________________________________________________

Page 38: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 38 -

WEEK 5: Gee ons vandag ons daaglikse brood

Iets om te onthou Die Here het reeds onderneem om vir Sy kinders te sorg.

Die Here sal jou nie in die steek laat nie. Hy is getrou.

Vers om te onthou “Watter mens onder julle sal vir sy seun ’n klip gee as hy brood vra,

10of ’n slang as hy vis vra? 11As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die

hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?” (Matt 7: 9 - 11)

Vraag om oor na te dink

Wat beteken dit vir my dat God my Vader wil wees? Watter implikasie het dit op my behoeftes?

Gebed om te bid

Vader, baie dankie dat ons in U Woord leer dat U ‘n goeie Vader is en dat U in al ons behoeftes sal voorsien. Here, soms het ek gebrekkige

vertroue. Help my om U te vertrou met al my behoeftes, selfs wanneer ek in nood verkeer en nie die uitkoms kan sien nie.

AMEN!

Page 39: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 39 -

“Vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree.” (Matt 6:12)

WEEK 6

Inleiding Verlede week het ons gesien dat ons God mag vra om in ons behoeftes te voorsien. Die Here Jesus leer ons om te bid: “Gee ons vandag ons daaglikse brood”. Die Vader gee ons ‘n geleentheid om ons harte oop te maak voor Hom en om ons behoeftes na Hom te bring. Maar iets wat ons moet sien, is dat ons net vra vir vandag se behoeftes. Die Here wil nie hê ons moet ons bekommer oor die dag van môre nie. Ons bid hierdie gebed vanuit ‘n posisie van vertroue: dat die Vader wél vir ons sal sorg. In vandag se studie kom ons by vergifnis. Dit is interessant om op te merk dat ons eers op hierdie stadium van die gebed by sondebelydenis kom! Dalk sou ons sommer aan die begin van die gebed wou uitkom by die saak van sonde. In die ‘Onse Vader’ maak die Here dit duidelik dat die dinge wat ons daagliks verkeerd doen, ons nie van ons kindskap ontsê nie. Sondebelydenis is natuurlik baie belangrik, maar daar is een of twee ander sake wat eers aangespreek behoort te word. Dink maar aan Ps

Vader, vergewe ons sondes

Die Onse Vader

Page 40: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 40 -

139 waarin Dawid bely dat die Here alles weet wat ons gaan doen (selfs die sonde!), nog voordat ons dit gedoen het. Een van die sake wat eers aangespreek moet word voor ons by sondebelydenis kan kom, is vergifnis! Tema teks: Matt. 18: 21 - 35 Leier: LEES die tema teks. Lees ook Ps. 103: 10 – 13. Slaan ‘n nuwe blaadjie om Leier: LEES 1 Joh. 1:9 Dit is darem wonderlik om die Here se genade te sien. Ons dien ‘n God wat ons wil vergewe. Die Evangelie is juis dít – Goeie Nuus! Die Here Jesus het in ons plek gesterf sodat ons nie self die prys vir ons sonde hoef te betaal nie. Christus het in ons plek gesterf sodat ons nie hoef te sterf nie. Die onskuldige sterf vir die skuldiges (1 Pet. 3:18). In 1 Joh. 1:9 sien ons dat vergifnis vir ons beskikbaar is. Maar die Here kom vergewe nie net ons sondes nie; hy reinig ons ook van die ongeregtigheid. Dit beteken Hy herstel dít wat die sonde tussen ons en God stukkend gemaak het. Ek kan my sondelas met vrymoedigheid voor die Here bring met die wete dat ek vergewe en gereinig sal word!

GESPREKSVRAAG: LEES Joh 3: 16 – 17 en Heb 12: 1 - 2. Waarom het Jesus aan die kruis gesterf? Wat sê dit van God se vergifnis? ______________________________________ ________________________________________________________________

Page 41: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 41 -

Geseënd om te kan seën, vergewe om te kan vergewe Leier: LEES Rom. 4: 7 – 8 In ons tema teks vertel Jesus die gelykenis van die koning wat rekenskap geëis het van een van sy onderdane vir sy uitstaande rekening. Die man het baie geld geskuld, maar kon nie terugbetaal nie. Die koning wou toe alles verkoop wat die man besit het om die uitstaande skuld te verhaal en sou dan die man in die tronk gooi. Maar die man het gesoebat en die koning het hom toe jammer gekry en aan hom genade betoon. Die parallel is baie duidelik. Ek as mens kan nie die rekening vir my sonde betaal nie. Sou die Here my rekening wou vereffen, dan sou ek hel toe moes gaan. Maar ek het die Here om genade gevra en die Here het my deur die Kruis van Jesus vergewe! Ek is skuldvry verklaar. Dit is wat geregtigheid beteken: om in ‘n ‘regte verhouding’ voor God te staan. Wanneer ons na vergifnis in ons eie lewens kyk, dan is dit die tweede deel van Jesus se gelykenis wat nou ter sprake kom: Die vrygespreekte man kom toe direk van die koning af (na al sy miljoene ‘rande’ afgeskryf is) en kry iemand buite wat hom net ‘n paar rand skuld. Hy gryp toe die man en wurg hom en eis sy uitstaande paar rand by hom. Die man vra toe vir uitstel, maar die skuldeiser wou nie luister nie en stop hom toe in die tronk. Die onreg wat hier gepleeg is, is vir ons tog ooglopend! Hoe kan dit wees? Hoe kan iemand wat soveel genade ontvang het, só ongenadig wees teenoor ‘n ander? Wanneer ons vergifnis van die Vader ontvang, maar self nie vergifnis aan ‘n ander wil toon nie, dan maak ons ons skuldig aan dieselfde onreg!

Page 42: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 42 -

Rom. 4: 7 – 8 sê ons is geseënd deurdat ons vergifnis ontvang het! Ons wys aan die Here ons dankbaarheid teenoor Hom wanneer ons ander mense hulle oortredinge vergewe en ons wys die Here se liefde en genade aan ander wanneer ons vergewensgesind is. Ons vergifnis aan ander word ‘n getuienis van die Here se liefde en vergifnis.

Sukkel ons dalk met vergifnis? LEES Efes. 4:32 Sukkel ons dalk met vergifnis? Op TGK se webtuiste kan ’n boodskap deur Alex Steyn gehoor en afgelaai word wat ons hiermee kan help: www.gesinskerk.co.za/preek_opnames?sermon_id=31 Ons weet die Here verwag van ons om mekaar te vergewe, maar soms sukkel ons hiermee, want die vlees wil nie graag vergewe nie. In Engels is daar ‘n term “self entitlement” wat beskryf hoe ons partykeer die saak van onreg benader: ons wil die reg tot vergifnis ‘voorbehou’. Maar wanneer ons dink aan waar ons sélf vandaan kom (Efes. 2:11); wanneer ons in gedagte hou dat ons sélf verfignis van die Here ontvang het, dan is dit vir ons makliker om aan ander ook vergifnis te toon.

GESPREKSVRAAG: Dink mooi aan die gelykenis wat Jesus vertel. Wat moet ons gesindheid teenoor ander wees na aanleiding van Rom. 4: 7 – 8? ___________________________ ________________________________________________________________

Page 43: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 43 -

Opsomming: Die Here wil nie hê dat ons teruggehou word deur die sonde wat ons reeds gedoen het nie. Daarom skep die Here ‘n geleentheid vir ons om te kom regmaak. Wanneer daar sonde is wat tussen ons en die Here kom, dan moet ons dit bely en die sonde laat staan! Onthou, die Here word nie verras deur ons sonde nie. Hy weet alles. Hy weet selfs van al die sonde wat ons nog gaan doen! Rom 5: 20 - 21 maak dit duidelik dat die Here se genade oorvloedig is om al ons sondes te kan vergewe. Ons het ‘n verantwoordelikheid om hierdie genade en vergifnis ook aan ander te toon. Bespreek die volgende in die groep:

1. Watter troos bied die waarheid rondom vergifnis vir ons? 2. Waarom sukkel ons soms om ander te vergewe? 3. Watter implikasie sou dit vir ons inhou as die Here ons vergewe soos

ons ander vergewe?

GESPREKSVRAAG: In Luk. 7: 36 – 50 lees ons van ‘n vrou wat Jesus se voete kom salf. Kyk na vers 47. Wat in hierdie vers is ook wáár van ons? Hoe raak dit ons verhouding met die Here, asook ons verhoudings met ander mense? __________________ ________________________________________________________________ ________________________________________________________________

Page 44: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 44 -

WEEK 6: Vergewe ons soos ons ander vergewe

Iets om te onthou Die Here se genade is oorvloedig. Die Here vergewe my volkome, maar Hy verwag van my om ander mense met dieselfde genade te

behandel.

Vers om te onthou “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. 15Maar as julle ander mense nie vergewe

nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.” (Matt 6: 14 - 15)

Vraag om oor na te dink

Is daar tans onbelyde sonde in jou lewe wat soos ‘n muur tussen jou en God staan? Wat verhinder jou om dit voor die Here in

gebed te bring? Is jy bereid om ander te vergewe soos die Here jou vergewe het?

Gebed om te bid

Vader, baie dankie dat ek kan weet die Kruis van Christus was ook vir my. Die onskuldige wat vir my, ‘n skuldige, kom sterf het. Vader, help my om nie net my sondes te bely nie, maar om dit te laat staan. Help

my ook om ander te vergewe soos wat U my vergewe het. AMEN!

Page 45: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 45 -

“ Help ons om nooit te swig voor versoekings nie, en pas ons op wanneer die duiwel ons wil verlei om verkeerde dinge te doen.”

(Matt. 6:13)BOODSKAP

WEEK 7 Inleiding Hierdie week kom ons by ‘n onderwerp waaroor nie gereeld gesels word nie... Ons het tot dusvêr na die volgende aspekte van die ‘Onse Vader’ gekyk :

è Ons loof en prys die Here se Naam. è Ons bid vir die Here se koninkryk om te kom. è Ons soek die Here se wil. è Ons bring ons persoonlike versoeke na die Here. è Ons bely ons oortredinge teenoor die Here.

In vandag se studie kyk ons na ‘n paar spesifieke tekste wat daarop wys dat ons ook moet bid dat die Here ons moet bewaar sodat ons nie in die strikke wat die duiwel vir ons stel, sal beland nie. Tema teks: Efes. 6: 10 - 20 Leier: LEES die tema teks.

Bewaar ons van die bose...

Die Onse Vader

Page 46: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 46 -

In verse 10 - 12 word dit duidelik gemaak dat ons as Christene ‘n vyand het wat ons seer wil maak. Paulus moedig die gemeente in Efese aan om die volle wapenrusting van God aan te trek. Hy lê spesifiek klem op gebed en die rol wat gebed speel om seker te maak dat die vyand nie die oorhand kry in die lewe van die gelowige nie. Waarvoor moet ons bid? (vers 18b) _______________________________ (vers 19) ________________________________ (vers 20) ________________________________ Gebed oor versoeking LEES Matt. 26:41 Hierdie woorde van Jesus kom ook voor in Mark. 14:38, Luk. 22:40 en Luk. 22:46. Jesus dring by Sy dissipels aan om waaksaam en biddend die lewe aan te durf sodat hulle nie in die duiwel se lokval sal beland nie. Alle Christene kom in versoeking en soms gee ons toe aan die versoeking. Selfs manne en vroue wat voltyds in die bediening staan, wat veronderstel is om naby aan die Here te lewe en die Woord goed te ken, kom in versoeking en val soms in sonde. Juis daarom moet ons die woorde van Jesus aan Sy dissipels ter harte neem: ons moet manne en vroue van gebed word sodat ons nie sal swig voor versoekings nie!

Page 47: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 47 -

Oorwinning oor sonde en oor die bose LEES 1 Kor. 10:13 en Jak. 4:7 Die Here laat ons nie net aan onself oor in hierdie stryd nie. Ons is nie aan die vyand oorgelewer en staan nie ontbloot en weerbaar voor hom nie. NEE! Soos ons in Efes. 6 sien, is daar wapenrusting waarmee ons onsself kan en moet bewapen teen die vyand. Ons vind ons krag in die Here en in Sy groot mag. (Efes. 6:10) Gaan ons steeds deur die vyand versoek word? Ja, natuurlik. Maar ons hoef nie tot ‘n val te kom nie. Ons kan weerstand bied! Uit 1 Kor. 10:13 is dit duidelik dat die Here nie sal toelaat dat ons bo ons krag versoek word nie... en saam met elke versoeking kom daar ook ‘n uitweg.

Lewenslange stryd LEES Luk. 22: 31 - 34 Jesus waarsku Petrus teen die aanslae van die duiwel. Maar Jesus maak dit ook duidelik dat Hy self vir Petrus gebid het dat Petrus weer

GESPREKSVRAAG: Wat leer ons van die duiwel in 1 Pet. 5:8? LEES ook 1 Kor. 10:12. Wat sê hierdie vers vir iemand wat vas staan in die Here? __________________________________________________________ ________________________________________________________________

GESPREKSVRAAG: LEES weer Jak 4:7. Hoe kan ek hierdie vers prakties uitvoer? Hoe skakel dit in by vandag se studie oor gebed? ______________________________________ ________________________________________________________________

Page 48: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 48 -

tot inkeer sal kom en die roeping wat die Here vir hom gehad het, sal vervul. Ons mag nooit verskonings maak as ons val nie. Ons mag nooit iets dink soos: “Petrus het ook geval, so dit is okay as ek ook val” nie. Dit mag nooit ons gesindheid wees nie. Ons behoort te bid en die Here te soek en naby Hom te lewe sodat ons die versoeking lank voor die tyd al sal sien kom.

Die stryd teen die sonde en teen die begeertes van die vlees is ‘n lewenslange stryd. Daarom moet ons uithou, volhou en aanhou om gedurig voor die Vader te kom in gebed. Ons mag nie moeg word om te bid nie! (1 Tess. 5:17)

Opsomming: In 2 Tim 1:7 staan geskrywe: “Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.”

GESPREKSVRAAG: In Ps. 25:15 sien ons ‘n strategie om die duiwel se lokval te vermy. Wat is hierdie strategie? Hoekom sal dit werk? _______________________________ ________________________________________________________________

GESPREKSVRAAG: LEES 1 Joh. 2: 1 – 2. Wat sê die vers is die Here Jesus nou besig om te doen? Wat beteken dit vir ons? ____________________________________________ ________________________________________________________________

Page 49: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 49 -

Verder staan daar ook in Rom 8:26: “Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie.” Jesus het vir die dissipels gesê: “Bid sodat julle nie in die versoeking kom nie”. Gebed gaan hand aan hand saam met weerstand bied teen versoeking. Biddeloosheid gaan hand aan hand saam met die verval in ‘n sondige leefstyl. Bespreek die volgende in die groep:

1. Dink weer oor 1 Kor 10:13. Waarom, sou ons sê, het ons nie ‘n verskoning om in sonde te verval nie?

2. Op watter manier kan ons seker maak ons bly staande volgens Efes 6:11?

3. Watter effek het dit op ons wanneer ons besef dat Jesus besig is om vir ons in te tree? (1 Joh 2: 1 – 2)

Page 50: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 50 -

WEEK 7: Bewaar ons van die bose

Iets om te onthou

Gebed is gebaseer op ‘n Vader-en-kind verhouding. Hoe meer tyd ek saam met die Vader spandeer, hoe minder plek is daar vir die

vyand se versoekings in my lewe.

Vers om te onthou “Geen versoeking wat meer is as wat ’n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die

uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.” (1 Kor 10:13)

Vraag om oor na te dink

Watter troos bied dit vir my dat die Here in Sy Woord belowe dat Hy nie sal toelaat dat ek bo my kragte versoek word nie?

Na watter aksies het ons gekyk in hierdie studie wat my kan help om te verseker dat ek nie in sonde val nie?

Gebed om te bid

Vader, ek kom dank U dat U Woord die waarheid is en dat U getrou is. U sal nie toelaat dat ons bo ons kragte versoek word nie. Here, kom leer my om meer getrou te word in my gebedstyd, want ek wil sterk

staan in U krag teen die vyand se versoekings. AMEN!

Page 51: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 51 -

“Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in

ewigheid. Amen.” (Matt. 6:13)1953

WEEK 8 Inleiding Vandag kyk ons na die laaste deel van die ‘Onse Vader’. Ons sal oplet dat sommige vertalings nie hierdie vers bevat nie. Die rede daarvoor is dat hierdie vers nie in die oudste manuskripte waaruit ons Bybel vertaal is, voorkom nie. Ons sluit dit egter in vir ons studie oor die ‘Onse Vader’, want hierdie vers help ons om aan die einde van ons gebed ons fokus weer op die Here te plaas. Tema teks: Ps. 139: 1 - 24 Leier: LEES die tema teks. In hierdie psalm fokus Dawid op verskillende eienskappe van God. Dawid fokus op wié God is, hóé God is en watter implikasie hierdie waarhede op ‘n mens se lewe het. Wanneer ons in gebed op God fokus, haal dit die fokus van onsself af. Ons hoef nie op onsself gefokus te wees in ons lewens nie. Ons het gesien dat Matt. 6:8 vir ons verduidelik dat die Here reeds weet wat ons nodig het nog voordat ons dit vra!

Want aan U behoort...

Die Onse Vader

Page 52: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 52 -

Eienskappe van God LEES Jes. 40:28 In gebed moet ons die oog hou op wié God is en hóé God is. Wanneer ons God ken, dan verander dit hoe ons lewe. Dit is van uiterste belang om te verstaan dat ons God se karakter moet leer ken deur Sy Woord wat Hy vir ons gegee het. Kom ons lees die volgende verse en skryf neer watter impak dit op ons lewens het wanneer ons God se karakter ken...

è _________________________________ (Ps. 119: 9 - 10) è ____________________________________ (Dan. 10:19) è _______________________________________ (Jos. 1:9) è _____________________________________ (Jes. 41:10)

Kan ons sien waarom dit belangrik is om God se karakter te ken?

Ons gebedsfokus moet wees op wie God is;

Nie op wat ons nodig het nie. Om God se karakter te bid LEES Ps. 63: 5 - 9 Dawid bedink die Here se goedheid as deel van sy gebeds- en aanbiddingslewe. Net soos in Ps. 139 bid hy die Here se karakter in sy gebed.

GESPREKSVRAAG: LEES Ps 98: 1 – 6. Wat gebeur in ons lewens wanneer ons op God se karakter fokus eerder as op ons behoeftes? ____________________________________ ________________________________________________________________

Page 53: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 53 -

Ons sien dit ook aan die einde van die ‘Onse Vader’: “Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:13)1953 In Jes. 62:6 lees ons dat Jesaja wagte op die stad se mure aangestel het om dag en nag die Here te herinner aan Sy beloftes. Waarom sou hulle dit doen? Om die Here te herinner aan Sy beloftes? Nee, om die volk te herinner aan God se beloftes! Ons bid en bedink God se eienskappe, nie omdat die Here nodig het om herinner te word aan hoe en wie Hy is nie, maar om onsself te herinner aan hoe en wie Hy is. Hier volg ‘n lys van sekere van God se eienskappe. Kom ons gebruik hierdie lys in ons stiltetyd en bid elkeen deur. Begin so: Here, U is .....(noem die eienskap)....., daarom .....(noem die impak wat dit op jou eie lewe het)..... Ons God is...

1. Alwys – Rom 11:33 2. Onsterflik – Jes 48:12 3. Soewerein – Ps 135:6 4. Heilig – Ps 99:9 5. Alomteenwoordig – Ps 139: 4 – 6 6. Alwetend – Jer 23:24, Ps 139: 4 – 6 7. Getrou – Deut 32:4 8. Liefde – 1 Joh 4:8 9. Regverdig – Ps 50:6 10. Onveranderlik – Jak 1:17, Ps 102:28, Heb 1: 11 - 12 11. Genadig – Ps 103:8, 1 Tim 1:16 12. Almagtig – Gen 17:1, Open 1:8

Page 54: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 54 -

Oorwinning in God se teenwoordigheid LEES Ps. 30: 11 - 13 Wanneer ek op God fokus, dan gebeur met my wat met Dawid gebeur het: ek sien my lewe in die regte perspektief. Dit is hóé God is en wié God is wat vir ons help om in oorwinning te lewe.

Opsomming: Oor die afgelope 8 weke het ons gefokus op die tema van gebed. Miskien kan dit gesê word dat vandag se les die hoogtepunt van die studie is, want die kennis van God se karakter gee vir ons die vermoë om in geloof te bid. Eers wanneer ons God se karakter waarlik ken, weet ons wat ons van Hom kan en moet verwag. Ongelukkig sukkel ons soms om in oorgawe aan die Here te leef, want ons ken nie God se karakter nie. Wat uiters belangrik is om in vandag se studie na op te let, is dat ons gebede meer gefokus moet wees op God as op ons behoeftes.

GESPREKSVRAAG: LEES Ps 40: 5 – 6. Op watter manier kan dit my gebedslewe versterk wanneer ek op hierdie manier bid? ___________________________________________ ________________________________________________________________

GESPREKSVRAAG: Dink mooi oor Ps. 30: 11 – 13. Hoe help die kennis van God se karakter my om in oorwinning te lewe? __ ___________________________________________ ________________________________________________________________

Page 55: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 55 -

Die Here het reeds onderneem om vir ons te sorg. Hy gaan ons nie in die steek laat nie. Dit is van groter belang dat ons Hom moet ken! Bespreek die volgende in die groep:

1. Kom ons kyk weer na die karaktereienskappe van God. Laat elkeen in die groep een kies, die bygaande vers lees en sê hoe die eienskap gebid kan word.

2. Waarom is dit belangrik om God te ken volgens Joh. 17:3? Watter impak het hierdie kennis van wie en hoe God is op ons lewens?

Page 56: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 56 -

WEEK 8: Want aan U behoort...

Iets om te onthou Ons gebedstyd behoort nie te draai rondom al die versoeke wat

ons in hierdie lewe mag hê nie. Ons gebedstyd moet meer gefokus wees op God, hóé Hy is en wié Hy is.

Vers om te onthou

“O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë! 34“Wie ken die bedoeling van die Here? Wie gee Hom raad? 35Wie bewys Hom ’n guns, sodat Hy verplig is om iets terug te doen?” 36Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan

Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen.” (Rom 11: 33 - 36)

Vraag om oor na te dink

Op watter manier kan ek my gebedstyd aanpas om meer tyd te spandeer om God beter te leer ken as wat ek net fokus op my

persoonlike behoeftes?

Gebed om te bid Vader, waarlik, U is wonderlik. U grootheid en krag vul my met

verwondering. U het my kom vergewe. In U genade het U Jesus Christus gestuur om in my plek te kom sterf. U het my nie net

vergewe nie, maar my kom skoonwas deur die bloed van U Seun en my U eie kind kom maak. Dit alles is te veel vir my om volledig te

begryp... Ek loof en prys U heilige Naam. AMEN!

Page 57: Boek - Here leer ons bid Leer Ons Bid... · “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (Luk. 11: 1) WEEK 1 Inleiding Welkom by die studie oor die ‘Onse

- 57 -

Slotwoord Baie dankie dat ons saam hierdie 8-weke pad kon stap! Ek vertrou dat ons almal iets nuuts oor gebed geleer het en dat ons meer vrymoedigheid in die Here ontwikkel het. Kol 4:2 sê: “Volhard in gebed!...”. My gebed is dat ons sterker en sterker in die Here sal groei deur ons verhouding met die Here dieper te vestig in gebed. Kom ons ontwikkel ons gebeds-lewe!Waarom nie betrokke raak nie? Elke Sondagoggend om 8:00 kom ‘n groepie by die kerk bymekaar om te bid. Oorweeg om by die groepie in te skakel. Dalk is dit moeilik om vroeg in die oggende op te staan, maar die opoffering sal die moeite werd wees! Ons kan ook ons gebeds-lewe ontwikkel deur ‘n persoonlike gebedsjoernaal te hou. Hierin kan ons sake wat die Heilige Gees swaar op ons harte druk, neerskryf en aantekeninge maak soos daardie spesifieke sake ontwikkel. Deur joernaal te hou sal dit ons geloof bou wanner ons sien hoe die Here gebed antwoord. Bid asb ook vir my en die TGK leierskap. Soos Paulus wil ek ook vra: “Bid ook vir my dat wanneer ek preek, God my die woorde gee dat ek die geheimenis van die evangelie met vrymoedigheid kan bekend maak.” (Efes 6:19). Een laaste punt: Indien jy ‘n getuienis het, of ‘n gebedsversoek, sal ek graag van jou wil hoor. Stuur vir my jou gebedsversoeke of getuienisse by [email protected]. Die Here seën.