bosklokkiebos tuinbougroep - die oog aftree-landgoedop die oog aandui. ons stel voor dat u die...

16
BOSKLOKKIEBOS TUINBOUGROEP JAARAFSLUITING & 2014 TUINKOMPETISIE Ons sê baie dankie aan die organiseerders, beoordelaars en ongeveer 40 deelnemers/inskrywings wat so ywerig saamgewerk het en bygedra het tot die sukses van ons eerste Tuinkompetisie op Die Oog. Ons jaarafsluiting en aankondiging van die wenners van die tuinkompetisie in die twee kategorieë (Groot Tuin & Klein Tuin) sal op Maandag, 17 November 2014 om 14h00 by die Tentkamp Lapa plaasvind. By die geleentheid gee Rudi Britz vir ons ‘n praatjie oor die Botaniese Tuine van Suid-Afrika, waarna die Landgoed Bestuurder, Allen Hughes die prysuitdeling sal waarneem. Ons vra alle belangstellendes en nooi ook almal uit wat tuine ingeskryf het, om die funksie by te woon. Koffie, tee en verversings sal aangebied word. Die wat wil kan ‘n vetplantjie in ‘n blikkie plant en saambring wat dan ondermekaar uitgeruil word. Bring asseblief ‘n beker en klein bordjie saam. Die volgende instappie is voorlopig beplan vir 19 Januarie 2015. Lizanda van Ceres Kwekery sal ‘n praatjie kom hou en vrae beantwoord - Hou asseblief die kennisgewingborde dop vir verdere inligting. Bosklokkiebos groete - THEA VAN DRIEL

Upload: others

Post on 05-Jan-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: BOSKLOKKIEBOS TUINBOUGROEP - Die Oog Aftree-landgoedop Die Oog aandui. Ons stel voor dat u die diagram bestudeer en besluit waarmee jy wil en kan help. Die struktuur is so saamgestel

BOSKLOKKIEBOS TUINBOUGROEP

JAARAFSLUITING & 2014 TUINKOMPETISIE

Ons sê baie dankie aan die organiseerders, beoordelaars en

ongeveer 40 deelnemers/inskrywings wat so ywerig saamgewerk

het en bygedra het tot die sukses van ons eerste Tuinkompetisie

op Die Oog.

Ons jaarafsluiting en aankondiging van die wenners van die

tuinkompetisie in die twee kategorieë (Groot Tuin & Klein Tuin) sal

op Maandag, 17 November 2014 om 14h00 by die Tentkamp Lapa

plaasvind.

By die geleentheid gee Rudi Britz vir ons ‘n praatjie oor die

Botaniese Tuine van Suid-Afrika, waarna die Landgoed Bestuurder,

Allen Hughes die prysuitdeling sal waarneem.

Ons vra alle belangstellendes en nooi ook almal uit wat tuine

ingeskryf het, om die funksie by te woon.

Koffie, tee en verversings sal aangebied word. Die wat wil kan ‘n

vetplantjie in ‘n blikkie plant en saambring wat dan ondermekaar

uitgeruil word. Bring asseblief ‘n beker en klein bordjie saam.

Die volgende instappie is voorlopig beplan vir 19 Januarie 2015.

Lizanda van Ceres Kwekery sal ‘n praatjie kom hou en vrae

beantwoord - Hou asseblief die kennisgewingborde dop vir

verdere inligting.

Bosklokkiebos groete - THEA VAN DRIEL

Page 2: BOSKLOKKIEBOS TUINBOUGROEP - Die Oog Aftree-landgoedop Die Oog aandui. Ons stel voor dat u die diagram bestudeer en besluit waarmee jy wil en kan help. Die struktuur is so saamgestel

WOORD VAN DIE HERE

Ps 119:11 “Ek het U Woord in my hart gebêre dat ek nie teen U sal sondig nie”

Ps 119:133 “ Maak my voetstappe vas in U Woord”

Ps 16:11 “U sal my die pad van die lewe bekend maak”

DIE BELANGRIKHEID VAN DIE WOORD

Die Woord is God self-Joh 1:1;

Die Woord is die waarheid.- Joh 17:17

Die Woord maak jou vry (verlos) Joh 17

Die Woord gee rigting Ps 119:105 U Woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig op my pad....”

Die Woord genees Ps 107:20

Die Woord reinig Joh. 15:3, Tim 4:5

Die Woord van God voed jou. Tim 4:6

Die Woord van God dra krag. Heb 1:3

Die Woord is lewendig en kragtig. Heb 12:19

Die Woord van die Here keer nooit leeg terug nie. Jes 55:11

Die Woord help my om nie te sondig nie. Ps 119:11

Die Woord bring vertroosting. 2 Kor 1:3

Die Woord bevestig omstandighede. Mar 16:20 / Tit 3:8

Die Woord veroordeel. Mark 16:16b / Rom 8:34

Die Woord bly tot in EWIGHEID 1 Pet 1:25

Die Woord laat die Here reageer Jer 1:12

Ek hoop werklik hierdie bybelstudie gaan ook vir u tot groot seën wees, Ek kan die Vader

nie genoeg dank vir Sy kosbare Woord nie - Baie dankie vir u saambid.

Groete in Christus.

JAN LANGE

JOSUA 1:8 : “ HIERDIE WETBOEK MAG NIE UIT JOU MOND WYK NIE.....MAAR BEPEINS DIT DAG EN

NAG........SODAT JY NOUGESET KAN HANDEL VOLGENS ALLES WAT DAARIN GESKRYWE STAAN......

WANT DAN SAL JY VOORSPOEDIG WEES EN DAN........

SAL JY MET GOEIE GEVOLG HANDEL”

Page 3: BOSKLOKKIEBOS TUINBOUGROEP - Die Oog Aftree-landgoedop Die Oog aandui. Ons stel voor dat u die diagram bestudeer en besluit waarmee jy wil en kan help. Die struktuur is so saamgestel

Die jaar snel nou vinnig ten einde en dit is weer tyd vir die verkiesing van ‘n nuwe bestuur vir die

KVV. Die bestuur van 2014 wil langs hierdie weg ons hartlike dank oordra aan elkeen van die

KVV dames, al die inwoners, die werkers, bestuur en ontwikkelaars vir die ongelooflike positiewe

hulp en samewerking wat ons van jul ontvang het. Dit was lekker om saam met julle te werk en

al die pret en plesier te geniet. Baie dankie daarvoor.

Die Oog se inwonergetal het die afgelope twee jaar drasties toegeneem en ons het baie

begaafde mense bygekry. Om seker te maak dat ons alle inwoners by ons aktiwiteite insluit en

van hul kundigheid gebruik maak, het ons ‘n diagram saamgestel wat die huidige aktiwiteite

op Die Oog aandui. Ons stel voor dat u die diagram bestudeer en besluit waarmee jy wil en

kan help. Die struktuur is so saamgestel dat daar in die toekoms net ‘n Koördineringskomitee sal

wees wat die jaarprogram vir die aktiwiteite van die verskeie Komitees sal koördineer om

moontlike botsings te voorkom en veral om hulp aan te bied waar nodig. Die hulp kan in die

vorm van finansies, plakkate, kaartjie verkope, ens. wees. Skryf jou naam, kontaknommer en

aktiwiteit op ‘n papiertjie en sit dit in poshokkie E50. Ons sal met jou kontak maak.

Intussen gaan ons tydens die KVV se afsluitingsvergadering op 6 November 2014

verteenwoordigers verkies vir al die aktiwiteite waar daar nog geen naam bygeskryf is nie. Ons

doen ‘n ernstige beroep op mans en dames om hul verkiesbaar te stel vir die onderskeie

aktiwiteite. Net jy kan ‘n verskil maak hier by Die Oog.

Geseënde maand vir julle en hou asseblief 7 en 16 Desember oop. Gert Bouwer gaan 7

Desember ‘n Kersprogram aanbied en op 16 Desember het ons ‘n straatserenade en ons gaan

‘n geskenkie aan elke huishouding oorhandig.

Warm KVV groete

Page 4: BOSKLOKKIEBOS TUINBOUGROEP - Die Oog Aftree-landgoedop Die Oog aandui. Ons stel voor dat u die diagram bestudeer en besluit waarmee jy wil en kan help. Die struktuur is so saamgestel

VOORGESTELDE STRUKTUUR VIR DIE OOG AKTIWITEITE 2015.

Koördineering: Sameroeper: Hulp Sameroepers: Finansies:

Komitees: 6 Komitees elk met verskillende sameroepers en helpers

1. VERKOPINGS

SAMEROEPERS

Pannekoek: Marié Richards

Poedings: Marie Ryan

Boepensbroodjies: Martie de Beer

Besige Bytjies: Marieta Enslin

Springmielies/spookasem:

Algemeen:

Bv. 3 verkopings wat kan saamval

met ‘n ander funksie bv.

Kersmark , Oppi-Oog feesmark.

2. SPESIALE GELEENTHEDE

EETSAAL KOÖRDINEERDER:

Hettie Thompson

SAMEROEPERS

Valentynsdag:

Moeder & Vadersdag:

Kersdag:

Fliek: Marié

Kersliggies/boom:

Elzabi en Willem

REËL EN KOÖRDINEER: Jaarprogram. 2 Straat/fase braaie(Braaidag), Onbeplande optredes.

Ondersteun komitees met beplanning, finansieël en met kaartjie verkope. Beheer KVV voorraad.

Bied saamkuiergeleenthede vir dames in samewerking met ander komitees aan. Clare doen audit

van komitees se boeke elke 3 maande. GEEN maandelikse “werkuitdeelvergaderings”

3. OOG AANBIEDINGS

SAMEROEPERS

Vrouedag:

Winterfees:

Oppi-Oog fees:

Werkersdagete:

Tuinboukompetisie en

byeenkomste:

AnneMarie, Thea, San

4. KUNS & KULTUUR

SAMEROEPERS

Andanté Koor : Elize Duncan

Mannegroep: Gehri vd Walt

OBZN: Jan Lange en musikante

Saal en luidsprekerstelsel: Elsabè

Kwilt: Elize Duncan

Footlose Lyndanse: Ansie en

Hettie

Klipoogsangers: Bets, Petra,

Hettie

Kombuis Simfonia:

Kuns en Tegnologie Week /

Gholfkar Rally /Reël Konserte &

optredes op versoek: Mart Buys

Besoekende Kunstenaars: Miki

Borge en pryse: Hettie, Ansie

Spesiale kaartjies: Karola, Ansie

Algemeen: Ontwerp en druk op

versoek, kaartjies en plakkate vir

ander komitees.

FUNKSIE: Vergader slegs op hul versoek met Koördineerders tydens beplanning van hul funksies. Vat

volle verantwoordelikheid vir organisering en uitvoering van pligte. Gebruik Koördineerders vir

finansies en ‘Kuns & Kultuur’ vir advertensies,kaartjies ens. Help Koördineerders, op versoek, vir

onbeplande optredes bv. besoekende sanggroepe. Skryf verslag na elke funksie en plaas dit in

Knipoog .

5. SIELSKOS Vir Dames en

mans

SAMEROEPERS

Byeenkomste maandeliks of

soos benodig/

reeksaanbiedings/

Paasfeesvieringe/ Wêreld

biddag vir mans&vroue/

Kersaanbieding /

Koordans/Gassprekers: Judith

en Gert Bouwer

Helpers: Maxie, Clare, Mart

Sondagdienste: Maxie, Melt,

Louis Botha, Jan Lange, Gert

Buys

Kruiskerk: Gerda, Loma

Koordansers: Loesje, Clare,

Mart, Ansie, Martie, Petra,

Hettie, Clive, Leonora en nog

ander welkom.

6. SPORT

SAMEROEPERS

Waterspeletjies/ fees-

speletjies/ Boeresport:

Elzabi , Henlo, Elsabè

Jukskei: Flip Boshoff

Krieket: Jackie, Willem

Pom-poms: Hettie

Gholfdag: Jan Eberson

Ander Aktiwiteite:

Gerda vd Walt

Pilates: Martie de Beer

Water Aerobies: Marie

Ryan, Gerda

Toktokkiestap: Minnie

Stoel & Strekoefeninge:

Gerda

Page 5: BOSKLOKKIEBOS TUINBOUGROEP - Die Oog Aftree-landgoedop Die Oog aandui. Ons stel voor dat u die diagram bestudeer en besluit waarmee jy wil en kan help. Die struktuur is so saamgestel

Ons Oppi-Oog verkoping was ‘n groot sukses – nie net vir die fondse wat ons ingesamel het

nie, maar dit was ook lekker om ons ondersteuners entoesiasme en verbaasde gesigte te sien

vir wat ons Besige Bye self gemaak het!

Na die verkoping het 5 nuwe lede by ons aangesluit – die volgende stap sal wees – ‘n groter

plek.

Besige Bye het ook deelgeneem aan die stokperdjie uitstalling by Naboom Tuiste vir Bejaardes.

Ons stalletjie het die mense gelok. Al het ons nie baie geld gemaak nie, is daar wonderlike

bande gesmee met die ouer persone in die gemeenskap en ook inwoners van die Tuiste vir

Bejaardes.

Die oorheersende tema van gesprekke was :

“Ons wens ons kon iewers behoort aan ‘n aktiwiteitsgroep soos die Besige Bye van Die Oog”

Ouer persone smag na sosialisering; ontspanning en om van nut te voel met handwerk; om net

‘n forum of geleentheid te hê om lekker te kan gesels oor die verlede, hul ervarings te deel;

iewers te wees waar tyd nie ‘n faktor is nie en almal luister en praat saam en verstaan mekaar

se behoeftes.

Besige Bye se bedrywighede vir 2014 sluit af op 20 November 2014. Dit was voorwaar ‘n

hoogtepunt jaar gewees en ‘n 2015 wat voorlê waarna ons almal uitsien.

BB Groete

Besige Bye by Naboom Tuiste

Page 6: BOSKLOKKIEBOS TUINBOUGROEP - Die Oog Aftree-landgoedop Die Oog aandui. Ons stel voor dat u die diagram bestudeer en besluit waarmee jy wil en kan help. Die struktuur is so saamgestel

Die linkerkant van jou brein het 186

méér neurone (senuweeselle) as die

regterkant van jou brein.

Die brein bestaan 78% uit water.

Die brein het omtrent 100 biljoen

neurone wat daardeur jaag.

‘n Volwasse brein weeg net 1,5kg en

maak 2% van jou liggaamsgewig uit.

Tog gebruik die brein 20% van die

liggaam se energie.

Dink jy gedurig daar flits duisende

gedagtes deur jou kop? Spyker op

die kop! Gemiddeld 70000 gedagtes

kom elke dag by jou kop op.

Elke minuut vloei net soveel bloed

deur jou brein as wat daar koeldrank

in drie blikkies is.

Bros naels is a.g.v dehidrasie. Drink

meer vloeistowwe.

Om te gaap laat die brein afkoel.

Heuning is ‘n hoesonderdrukker.

Vryf ‘n bysteek of muskietbyt met ‘n

oopgesnyde ui om die jeuk te troef.

Jy gebruik 200 spiere om te stap.

Stap help ook om osteoperose te

voorkom.

Gaskoeldrank verhoog jou risiko op

osteoporose.

Jou voetsole het meer sweetgaatjies

en druksensitiewe senuweepunte per

vierkante sentimeter as enige ander

deel van jou lyf.

Drank veroorsaak meer

slaapprobleme by vroue as by mans.

Dit laat jou eers diep slaap, maar

ontwrig later in die nag jou rus.

2,5 miljoen – dis hoeveel mense

jaarliks wêreldwyd aan

drankverwante oorsake sterf.

Om oormoeg te wees laat jou meer

eet.

Sterk, gelowige/spirituele mense het

laer vlakke van kortisol, die

sogenaamde streshormoon.

Hunker jy na sjokolade as jy “af” voel.

Vet en suiker stimuleer die vrystelling

van jou brein se “goedvoel” stowwe,

serotenien en endorfien. Die

kombinasie van die twee laat jou

ontspanne voel.

Jou “skokbeentjie” is nie rêgtig ‘n

beentjie nie – dis ‘n senuwee wat net

onder die vel in die elmboog lê.

‘n Mens gebruik net sowat 10% van

jou brein.

Page 7: BOSKLOKKIEBOS TUINBOUGROEP - Die Oog Aftree-landgoedop Die Oog aandui. Ons stel voor dat u die diagram bestudeer en besluit waarmee jy wil en kan help. Die struktuur is so saamgestel

Deur die eeue en van oor die wêreld heen

was en is daar groot geeste, sowel as

gewone mense wat die waarde en vreugde

wat bome aan die mensdom verskaf ervaar

en besing het. Hierdie maand geniet ons

sommer net enkele van hulle aanhalings, in

`n poging om ook by almal wat by Die Oog

betrokke is met meer waardering na hierdie

swaargewigte van die Skepping te laat kyk.

Die Russiese dramaturg Anton Chekhof sê in

Uncle Vanya, by monde van Doctor Mihael

Lvovich Astrof:

“When I cross those pleasant forests which I

have saved from the axe, or hear the

rustling of the young trees, which I have set

out with my own hands, I feel as if I had

some small share in improving the climate,

and that if mankind is happy a thousand

years from now I shall have been partly

responsible in my small way for their

happiness.”

En dan is daar die welbekende pleidooi van

`n boom aan ‘die verbyganger’ soos

verwoord deur `n onbekende outeur uit die

verre verlede van Portugal:

“Jy wat verbygaan en jou hand teen my wil

lig, luister voordat jy my kwaad aandoen,

Ek is die hitte in jou vuurherd op koue

wintersaande,

my vriedelike skadu skut jou teen somerson.

En voor jy verder gaan, kom les jou dors met

`n slukkie van my vrugte.

Ek is die balk wat jou dak orent hou, jou

tafelblad; ek is die bed waarop jy slaap,

Selfs die timmerhout van jou boot.

Ek is die handvat van jou skoffel, die bodeur

van jou huis.

Ek is die plankies in jou wiegie, en die hulsel

van jou kis.

Ek is `n bron van goedheid en `n draer van

skoonheid – jy wat verbygaan,

Luister as ek pleit: moenie my kwaad

aandoen nie.

So is ons almal daagliks verbygangers van

die wonderbare Skepping. Terwyl ons bid

dat die Skepper van al die bosveld mooi

rondom ons die reën op die regte tyd sal

gee en die seisoene volgens Sy alwysheid

bestuur, kom ons kweek `n waardering

daarvoor aan en gaan nie verder roekeloos

daarmee om nie. Ons, die mens, het reeds

ernstige houe uitgedeel aan ons natuurlike

‘bron van goedheid en draers van

skoonheid’ by Die Oog.

Waarderende groetnis

GROENIE

Page 8: BOSKLOKKIEBOS TUINBOUGROEP - Die Oog Aftree-landgoedop Die Oog aandui. Ons stel voor dat u die diagram bestudeer en besluit waarmee jy wil en kan help. Die struktuur is so saamgestel
Page 9: BOSKLOKKIEBOS TUINBOUGROEP - Die Oog Aftree-landgoedop Die Oog aandui. Ons stel voor dat u die diagram bestudeer en besluit waarmee jy wil en kan help. Die struktuur is so saamgestel

WIE IS DIT WAT DAAR STAAN EN ROEP? HOEKOM MOET EK OEFEN? IS DIT REGTIG NODIG? HOEKOM DAN PILATES?

"Iemand" staan en roep op straat. Op stadspleine roep sy hardop. Sy roep by die plekke waar mense bymekaar kom. Sy praat by die in-gange van die stadspoorte. Sy sê: “As julle reageer, sal ek my gees op julle uitstort. Ek sal my woorde aan julle bekendmaak." Hierdie bekende woorde (waarvan ek die woord orde so bietjie verander het) staan in Spreuke hoofstuk 1. Die "Iemand" is natuurlik die Wysheid wat roep. Waarom sou sy dan ook nou in hierdie geval staan en roep? Vir elkeen wat reeds 'n mediese "wake up call" ontvang het is die aangewese ding om te doen, nadat jy jou dokter daaroor geraadpleeg het, om met 'n oordeelkundige en geleidelike oefenprogram te begin. Die mikpunt van alle liggaamlike oefening is om uiteindelik ook jou hart-spiere te stimuleer en daardeur sterker te maak. Daarvoor is dit nodig dat jou oefenprogram geleidellik in intensiteit sal toeneem totdat dit daartoe lei dat die oefening jou hartklop begin opjaag. Hierdie is in oefening die "goue plato" om te kan bereik. Die oefeninge moet dan vir 'n tydlank op hierdie "oefen-golf" gehou word om enigsins van waarde te kan wees. Dit vra 'n mate van self-dissipline om hierdie persoonlike besluit te kan maak. Maar oor hierdie besluit sal jy nooit spyt wees nie. Joseph Pilates (die bekende naam in die oefen-wêreld) het die term "powerhouse" gebruik vir daardie spiere in jou buik (ook bekend as jou romp), wat soos 'n gordel jou maagspiere en jou rugspiere aanmekaar verbind en sodoende jou liggaamlike kragbron uitmaak wat uiteindelik die setel van jou totale liggaamlike spierkragvermoë is. Sonder gesonde en gereelde liggaamlike oefening, verslap ons liggaamlike spiere sommer gou, en in ons goue jare, kan dit beteken dat ons spiere sommer gou-gou heeltemal begin wegsmelt! Die ironie van hierdie saak is dat dit nie noodwendig so moet gebeur nie! Elkeen van ons het die keuse (en die reg) om die kaarte self om te draai. Besluit net! Pilates oefeninge het ten doel om al die bereikbare spiere in ons liggaam meer soepel en sterker te maak sodat ons meer spierkrag vir elke dag se aktiwiteite het, wat ook ons liggaamlike balans verbeter. Kom sluit aan, en oefen saam.

Kontak Martie by 083 569 4518

Page 10: BOSKLOKKIEBOS TUINBOUGROEP - Die Oog Aftree-landgoedop Die Oog aandui. Ons stel voor dat u die diagram bestudeer en besluit waarmee jy wil en kan help. Die struktuur is so saamgestel

“BRANDGESLAAN”

Jan Barnard – E46

Die oggendwind het sterker gewaai,

Meer dringend as laasnag.

Ook het dit noord gedraai

Wat ‘n slegte omen was.

Skielik……’n Onverwagse donderslag!

Dit het die wolkbank geskud.

Lang slierte geelwit vag

Het windmal die hemelruim versier.

Die asem ophou bliksemstraal

Het die aarde vuurgeslaan.

Die opvolg donder is van ver gehaal

En mens en dier was bang gelaat.

Eerste het die dor gras begin brand,

Toe volg die in twee geklowe boom.

Al langs die plato se hoog-rand

Het vlamme ‘n wilde riel gedans.

Mallerhoër, Hoërmaller het die vlamme

gereik,

Die wind het begeester vuur gestook.

Seer het die oog gekyk

En menige se longe was rook gebrand.

Teen skemeraand was die swart

verwoesting

Wyd na alle kante toe bespeur.

Teen die berg het die vlammekring,

Soos vakkeldraers voort gebrand.

“ONS VRA U HULP”

Jan Barnard – E46

Vader sal U in genade groot

U oor wend en na ons luister.

Harte hoor wat smekend fluister

Van mense verlate en alleen

Daar is a bang en moedeloosheid

Sal U dit raaksien.

En ons, sondaars onverdien

Bystaan, teen die sonde en onreg.

U kinders, jonk of al oud

Is bang vir misdaad en nood.

Ook vir kankerpyn of ‘n maat se

dood,

Die geloof word min Vader.

Help ons ook teen die tong,

Swaard tot vernietiging.

Draer van seer en pyniging,

Bestraf U die euwel, asseblief.

Kniel ons neer en vra U Heer,

Gryp in met mag en daad.

Help die in nood gelaat

En hoor ons as ons dankie sê.

Page 11: BOSKLOKKIEBOS TUINBOUGROEP - Die Oog Aftree-landgoedop Die Oog aandui. Ons stel voor dat u die diagram bestudeer en besluit waarmee jy wil en kan help. Die struktuur is so saamgestel

A SMALL KNIFE AND A BIG

DILEMMA

All regular visitors to Kruger will no

doubt have had at least one extraordinary

experience that they would wish to one day

share with their grandchildren. Having

visited the Park over a period of well over

25 years, we have several stories to tell, but

one in particular stands out starkly above

the rest.

It happened on morning in the early

nineties, not long after we entered the Park

at Malelane Gate. It was the impala rutting

season, so it wasn’t long before we

encountered the first rams challenging one

another for dominance over a nearby herd

of females. As is usual during this time of

the year, we came across several fascinating

episodes of loud snorting, clashing horns,

grunting and furious pursuits through the

trees.

On the tarred road leading to Berg-

en-Dal rest camp, we stopped to watch a

particular pair having a very serious go at

one another, kicking up dust and stones as

they locked horns. It was fascinating to

watch, and after some minutes the weaker

of the two eventually capitulated, turned

and ran away, with the victor in hot pursuit.

We pulled off again slowly and had barely

gone a few meters when the pair reappeared

again suddenly from the thick bush. The

one in front dashed across the road

immediately in front of us, missing the

minibus by a fraction. The victor, very close

behind, veered sharply to the left to miss us,

but its hoovers slipped on the hard tar

surface and it fell heavily and slid under the

vehicle. There was a sickening thump as the

left rear wheel then ran over it.

We stopped immediately and, rules

or no rules, got out of the car. It was an

appalling sight. The ram, in the prime of its

life, was lying in the road kicking furiously

and bleating loudly, with what was

obviously a severely broken back. We had

to make a decision: do we simply ignore it

and drive away leaving it to die a long and

painful death, we asked, or do we put it out

of its misery? The latter was the only

humane thing to do. But how?

The only method at our disposal, we

came to realize, was to cut its throat. But

dare we even try? In the Kruger National

Park of all places! Not just that, but the only

knife at our disposal was a tiny Joseph

Rodgers pen knife – with a blade not much

Page 12: BOSKLOKKIEBOS TUINBOUGROEP - Die Oog Aftree-landgoedop Die Oog aandui. Ons stel voor dat u die diagram bestudeer en besluit waarmee jy wil en kan help. Die struktuur is so saamgestel

bigger than you’d find on a pair of nail

scissors.

By that point other visitors had

pulled up and were watching wide-eyed

with astonishment at what we were about to

do.

After some more brief debate, we

reluctantly jumped into action. One of us

held down the flying hooves – not without

some difficulty – while the other turned and

pulled the head back to expose the neck, the

little knife at the ready. Having grown up

within the hunting culture I knew exactly

where to make the initial cut, but the

remainder of the grisly deed was easier said

than done. With such a small knife, it

required what felt like an endless series of

agonising, and at times forceful, cuts and

thrusts to get to and eventually sever the

spine, with the impala still bleating and

kicking out viciously.

With the deed done, there was silence

again and we sat back with bloodied hands

and arms and shirts, exhausted from the

exertion and shocked by what we had just

been impelled to do. Goodness knows what

went through the minds of the gawking

onlookers.

We pulled the carcass some distance

into the bush, marked the crime scene by

tying knots in the tall grass, and drove on

the Berg-en-Dal where we nervously

reported the incident. Our by now well-

rehearsed story, far-fetched as we thought it

was, was simply accepted in good faith and

noted. The section ranger was radioed, and

one of us was asked to explain what

happened and where the incident took

place. That was it.

The next day we paid a courtesy visit

to the ranger to more fully explain what had

happened and apologise for the incident.

He listened quietly, nodding

understandingly, and then, unbelievably,

thanked us for the fresh meat we had

provided to his staff.

We still have the little knife – in fact, I

have carried it around in my pocket every

day since. But I can thankfully say that it

has no additional notches on its handle

marking the slaughter of any other antelope.

Henk & Hilda Maree

G10 – Fase 5

Gepubliseer in -

“101 Kruger Tales” - 2014

Extraordinary Stories from Ordinary

Visitors to the Kruger National Park

DEEL MET ONS JULLE INTERESANTE

STORIES & ONDERVINDINGE

(Ongewoon, Tragies, Snaaks, Enige

Iets)

Page 13: BOSKLOKKIEBOS TUINBOUGROEP - Die Oog Aftree-landgoedop Die Oog aandui. Ons stel voor dat u die diagram bestudeer en besluit waarmee jy wil en kan help. Die struktuur is so saamgestel

17 NOVEMBER, 2014 (Maandag) 14h00 – TENTKAMP LAPA

BOSKLOKKIEBOS JAARAFSLUITING & TUIN KOMPETISIE PRYSUITDELING Kontak Persoon : Thea van Driel Anne-Marie Boshoff

22 NOVEMBER, 2014

(Saterdag)

07h00 Naboomspruit

Gholfklub

Kontak : Jan Ebersohn

082 436 8875

Naas Ferreira

014 743 1963

DIE OOG GHOLFDAG Afslaantyd : Vanaf 07h00 Formaat : 4-Bal Alliansie Masker Telkaart

Naaste aan pen & Akkuraatste Dryf

Baan : Naboomspruit Gholfklub

Inskrywing : R250 per person

Gholfkarretjie vir eie rekening

Borg van Putjie : R500

Pryse : Almal kry pryse

Prysuitdeling om 18h00

Halweg : Gratis “Grab-‘n-Go”

28 NOVEMBER 2014

(Vrydag)

BRING & BRAAI – Alle Inwoners & Eienaars (Nuusflits 13)

Tyd: 18h00

Waar: Tentkamp Lapa/Boma

Bring Eie: Drinkgoed, Vleis & Eetgerei

Kontant Kroeg Beskikbaar

Pap, Sous, Potbrode & vure word verskaf

Vermaaklikheid begin 19h00 deur die Juba Broers gevolg

deur musiekverskaffer

29 NOVEMBER 2014

(Saterdag)

09h00 Olienhoutsaal

DIE OOG ALGEMENE JAARVERGADERING

SATERDAG, NOVEMBER 29, 2014

Dokumente verkrygbaar by Jo-Ann Fourie / Administratiewe

Kantoor

Page 14: BOSKLOKKIEBOS TUINBOUGROEP - Die Oog Aftree-landgoedop Die Oog aandui. Ons stel voor dat u die diagram bestudeer en besluit waarmee jy wil en kan help. Die struktuur is so saamgestel

Alle

Adm

inst

ratie

we

staf

kan

gek

onta

k w

ord

op 0

14 7

43 4

600

of g

edur

ende

bes

oek

tye

by d

ie A

dmin

istr

atie

we

Kan

tore

tuss

en

08h0

0 –

09h0

0 en

11h

00 to

t 13h

oo –

Maa

ndag

tot V

ryda

g

Page 15: BOSKLOKKIEBOS TUINBOUGROEP - Die Oog Aftree-landgoedop Die Oog aandui. Ons stel voor dat u die diagram bestudeer en besluit waarmee jy wil en kan help. Die struktuur is so saamgestel

MOET NOOIT AL JOU PROBLEME

DEEL MET ALMAL NIE……20% GEE

NIE OM NIE EN DIE ANDER

80% IS BLY JY HET PROBLEME!

“AAN MY VRIENDIN…..”

Ek wil die vriendin wees wat

jou eendag in die gang van

die Ouetehuis met ‘n kierie

afjaag;

Jou mal pilletjies wegsteek;

Jou valstande se water met

Tequila omruil;

Jou bril op die TV kassie los

presies waar jy hom nie kan

sien nie;

Popcorn in jou bed fyn

maak;

Jou pantoffels wegsteek;

En die belangrikste van

alles is, elke oomblik daar

vir jou wees……al het jy nie ‘n

idee wie ek is nie!

Page 16: BOSKLOKKIEBOS TUINBOUGROEP - Die Oog Aftree-landgoedop Die Oog aandui. Ons stel voor dat u die diagram bestudeer en besluit waarmee jy wil en kan help. Die struktuur is so saamgestel

NEEM ASSEBLIEF KENNIS DAT DAAR GEEN

UITGAWE VAN “DIE KNIPOOG” SAL WEES VIR

DESEMBER 2014 NIE.

SLUITINGSDATUM VIR DIE JANUARIE 2015

UITGAWE - DESEMBER 31, 2014

Knipoog wens u almal ‘n Geseënde

Kersfees toe en ‘n Voorspoedige 2015

gevul met Gesondheid, Geluk & Liefde