breederivier gazette 14 jan 2014

12
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Breederivier Year 18 • 14 Januarie 2014 | Tel. 023 626 5212 Waar ’n wil is, is daar ’n weg Elsje Rautenbach was Dins- dag geskeduleer vir ’n kei- sersnee, maar Maandagaand se harde reën het veroorsaak dat die brug wat hulle met die buitewêreld verbind oor- spoel het. Die Rautenbachs se plaas, Bon Accord in Mon- tagu, is tussen die Baden- en Keisierrivier geleë. Anton, haar man, en buur- man Jean-Pierre Jordaan, het verskeie alternatiewe probeer om Elsje betyds oor die brug te kry. Hulle het selfs die brand- weer gebel, vertel Jordaan. Hy het toe met die idee vorendag gekom om ’n slootgrawer te ge- bruik. Jordaan sê hulle was aan- vanklik skrikkerig om die slootgrawer te gebruik, hulle was bang dat Elsje nie in die bak sou pas nie of sy sou uitval. “Anton het eers ’n paar keer in die slootgrawer geklim sodat ons kon kyk of dit gaan werk. Hy het later met al die bagasie in die slootgrawer geklim. “Ons het seker vir ’n uur tot ’n uur en ’n half die slootgrawer getoets. Toe ons tevrede is dat dit gaan werk, het ek dieper in die rivier ingery sodat Elsje kom inklim. “Die bak het net- net oor die rivier gekom”, ver- tel Jordaan verder. Anton het toe sy vrou in die bak van die slootgrawer gehelp en Jordaan het die paar versig- tig oor die brug gebring. Die Rautenbachs is toe met die Jordaans se motor hospitaal toe, waar Elsje later geboorte geskenk het aan ’n gesonde 3,4 kg-baba wat hulle Zak noem. Volgens die trotse pa, sterk ma Elsje en die kleine Zak goed aan. Die Rautenbachs se buurman, Jean-Pierre Jordaan, het met die idee vorendag gekom om ’n slootgrawer te gebruik. FOTO’S: DIE BURGER Anton Rautenbach help sy vrou, Elsje, in die bak van die slootgrawer. Jordaan bring die Rautenbachs stadig na die anderkant van die wal. ’n Boer maak voorwaar ’n plan!

Upload: boland-gazette

Post on 28-Mar-2016

307 views

Category:

Documents


78 download

DESCRIPTION

Breederivier gazette 14 jan 2014

TRANSCRIPT

Page 1: Breederivier gazette 14 jan 2014

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobi

Breederivier

Year 18 • 14 Januarie 2014 | Tel. 023 626 5212

Waar ’n wil is,is daar ’n wegElsje Rautenbach was Dins-dag geskeduleer vir ’n kei-sersnee, maar Maandagaandse harde reën het veroorsaakdatdiebrugwathullemetdiebuitewêreld verbind oor-spoel het. Die Rautenbachsse plaas, Bon Accord in Mon-tagu, is tussen die Baden- enKeisierrivier geleë.

Anton, haar man, en buur-man Jean-Pierre Jordaan, hetverskeie alternatiewe probeerom Elsje betyds oor die brug tekry. Hulle het selfs die brand-weer gebel, vertel Jordaan. Hyhet toe met die idee vorendaggekom om ’n slootgrawer te ge-bruik.

Jordaan sê hulle was aan-vanklik skrikkerig om dieslootgrawer te gebruik, hullewasbangdatElsjenie indiebaksou pas nie of sy sou uitval.

“Anton het eers ’n paar keerin die slootgrawer geklim sodatons kon kyk of dit gaan werk.Hy het later met al die bagasiein die slootgrawer geklim.

“Ons het seker vir ’n uur tot’n uur en ’n half die slootgrawergetoets. Toe ons tevrede is datdit gaan werk, het ek dieper indie rivier ingery sodat Elsjekom inklim. “Die bak het net-net oor die rivier gekom”, ver-tel Jordaan verder.

Anton het toe sy vrou in diebak van die slootgrawer gehelpen Jordaan het die paar versig-tig oor die brug gebring.

Die Rautenbachs is toe metdieJordaanssemotorhospitaaltoe, waar Elsje later geboortegeskenk het aan ’n gesonde3,4 kg-babawathulleZaknoem.

Volgens die trotse pa, sterkma Elsje en die kleine Zak goedaan.

Die Rautenbachs se buurman, Jean-Pierre Jordaan,het met die idee vorendag gekom om ’n slootgrawerte gebruik. FOTO’S: DIE BURGER Anton Rautenbach help sy vrou, Elsje, in die bak van die slootgrawer.

Jordaan bring die Rautenbachs stadig nadie anderkant van die wal.

’n Boer maak voorwaar ’n plan!

Page 2: Breederivier gazette 14 jan 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 14 Januarie 20142

McGregor-kinders verrasJOLINE VAN DER MERWE

Die gemeenskap van McGregor, Mul-berry Studio en McGregor Toerismehet op Kersdag saamgespan en 150kinders van die plakkerskamp met ’nonvergeetlike Kerspartytjie te bederf.

Ivy Arendse en Edward Africa bak ge-reeld brood en kook sop en voed die kin-ders.HullehetbeplanomKersfees2013sowat

25 kinders op ’n Kersete te trakteer, maarIvy is skielik oorlede.Africa en Ivy se kinders, Bridget en

Marvin, het toe besluit omhulma se laas-te wens te vervul en voor te gaan met diepartytjie.“Ek het nooit kon dink dat die Kerspar-

tytjie sou so suksesvol wees nie. Ek hetgehuil van blydskap,” vertel Africa.AnneBinosvandieMulberryStudiosê,

“die Kerspartytjie was ’n reusesukses, aldie kinders het ’n wonderlike dag deur-leef”Binosvoegbydatdaar sobaie geskenke

was dat selfs kinders van die nabygeleëplaseookmet ’ngeskenkverraskonword.DieKerspartytjie beloof nou om ’n jaar-

likse instelling te word en die organiseer-ders beplan om in 2014 die bejaardes ookin te sluit.Ivy se kinders het ook ’n kers ter nage-

dagtenis aan hul ma aangesteek.Die organiseerders bedank elkeen wat

’n bydra gelewer het om die behoeftigekinders vanMcGregor se Kersfees ekstraspesiaal te maak.

Ivy se vriende en familie het haar laaste wens vervuldeur kinders in die plakkerskamp vanMcGregor ’n onver-geetlike Kersfees te gee. FOTO’S: VERSKAF

Sowat 150 kinders is met ’n Kerspartytjie en geskenke bederf.

Ivy en Africa het beplan om ’n paar kinders in die plak-kerskamp te bederf vir Kersfees. Ná haar skielike sterftehet vriende en familie besluit om tog voort te gaan metdie partytjie.

Bridget enMarvin Arendse steek ’n kers aan ter nagedagtenisvan hul ma, Ivy Arendse.

Page 3: Breederivier gazette 14 jan 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 14 Januarie 2014 3

Polisieduikers fynkamDonderdag die Breërivierop soek na Vincent Ror-wane se liggaam. FOTO:JOLINE VAN DER MERWE

Breërivier eis drie lewens na swaar neerslaeNa Maandagaand seswaar reëns het rivie-re in die Robertson-omgewing oorspoelen ten minste driemense het hul lewe inverskeie voorvalleverloor. Polisiedui-kers het van Dinsdagaf die Breërivier ge-fynkam, op soek nadie oorskot van Vin-centRorwane (36)vanNkqubela net buiteRobertson.

Die polisie, asook hulhonde-eenheid, hetlangsdie rivier sewalle geloopop soekna tekens van Rorwane se oorskot.Rorwanewasglooppaddorp toe, toe

hy ’n brug in Adderleystraat, wat oor-spoel was, wou oorsteek en hy meege-sleur is.Ooggetuies het aan die polisie gesê

hulle het iemand hoor roep en gesienhoe Rorwane spartel om hulp, maardie stroom was te sterk.Rorwane se oorskot is Saterdag om-

streeks 13:30 in die Breërivier gevind.Rorwane se broer, Philemon, sê dit

is vir die familie ’n reuseverligtingdat

hulle sy broer se oorskotgevindhet en dat die fami-lie nou kan begin reël aan’n begrafnis.

“My broer was ’n baiegrapperige persoon. Daaris so baie wat ek van homgaan onthou,” het ’n ver-slae Philemon gesê.

.In ’nandergevalvroegDinsdagoggend is die poli-sieomstreeks03:00deur ’nonbekende persoon ont-bied nadat hy skree-gelui-de naby die treinbrug inVoortrekkerstraatgehoorhet. By nadere ondersoekhet die polisie gevind dat

vyfhawelosemenseindiewatervasge-keer is. Die brandweer enMetro-nood-dienste is ingeroep en het daarin ge-slaag om drie van die drenkelinge tered. Brendan Roosekrantz (24), Rod-win van Rooyen (20) en Nicola Pieter-sen (25) is na die Robertson-hospitaalgeneem en later die dag ontslaan.Hul vriende Shaney Barron (16) en

Selly Isaacs (19) is egter deurdie riviermeegevoer. Hul liggame is later, om-streeks 12:20, in die wingerde by KWVWonderfontein op pad na McGregorgevind.

Vincent Rorwane (36) hetDinsdag in die rivier in Ad-derleystraat beland, sy lig-gaam is Saterdag in dieBreërivier gevind.

Page 4: Breederivier gazette 14 jan 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 14 Januarie 20144

Só beveg sy rare siekteJOLINE VAN DER MERWE

“Ek glo God het my gespaarvir ’n rede.”

Dit is die woorde van Jean-Mari Smit (28) wat einde verle-de jaar gediagnoseer ismet dierare Pompe-siekte.Volgens Smit se kennis is sy

dieenigstevolwassene inSuid-Afrika met dié outosomale re-sessiewe metaboliese siekte,wat die spiere en senuweesellein die liggaam beskadig.In 2006, net voor haar 21ste

verjaarsdag, het Smit in diehospitaal beland. Dokters wasonseker en kon nie ’n diagnosemaak nie. Sy is uiteindelik nadie Panorama-hospitaal inKaapstadverwyswaardoktersverdere toetse gedoen het enuitgevind het dat haar diafrag-ma nie reg funksioneer nie.Smit gebruik sedertdien ’n Bi-

PAP-suurstofmasjien om aandie lewe te bly omdat die lugwatbyhaar longeuitkomniegenoegisnieweenshaardisfunksionelediafragma.Die laaste sewe jaar het haar

toestand so verbeter dat sy nouslegs in die aande met dié ma-sjien moet slaap.Smit, ’n onderwyseres by La-

erskoolDagbreek,hetegter laas-jaar begin voel sy wordmoeg ná

sy trappe geklim het en is weerterug na haar neuroloog.“Diedokterhetbeginvermoed

dat dit dalk Pompe-siekte konwees maar was onseker omdatdie siekte meesal by kindersvoorkom,” vertel Smit. Bloed-monsters is na laboratoriums inDuitsland gestuur en hulle hetbevestig dat dit wél Pompe-siek-te is, in ’n lae-graad.Dokters in Suid-Afrika weet

baieminvandiésiekteomdatdit

so raar is, dus het Smit sélf be-gin navorsing doen. So het syvir Kelly du Plessis van Johan-nesburg opgespoor wie se sewe-jarige seuntjie ook Pompe-siek-te het, wat haar baie inligtingoor die siekte verskaf het.“Ek het 14 jaar gelede my se-

wejarige boetie verloor. As onsnou terugkykhethyaldie simp-tome van Pompe-siekte ge-toon,” vertel Smit.Daar is tans behandeling vir

die siekte op die mark, naamlikEzyme Replacement Treatment(ERT) wat op dieselfde manieras chemoterapie toegedienword.“Dit is ’n hoërisiko behande-

ling, maar almal wat ek in myondersteuningsgroep (watsyopdie internet gevind het virmen-se met Pompe-siekte), het nognet goeie resultate gehad,” sêSmit.Die behandeling sal elke twee

weke toegedien word en kos on-geveer R42 000 per behandeling,maar daar is nog onsekerheid ofdie mediesefonds hierdie kostegaan dek.“Ek het geloof dat alles gaan

uitwerk en die mediesefondsgaan instem om die kostes tedek,” sê Smit.“Ek sal voortgaan om God te

loof en vir Hom getuienis te le-wer,” voeg sy by.

Jean-Mari Smit het laasjaar uitgevind datsy aan die rare Pompe-siekte ly.

FOTO: JOLINE VAN DER MERWE

Smit beplan ’n optog in Februarievanjaar om Robertsoners meer be-wus te maak van rare siektes.

Besoekers neem toeMcGregor ontvang jaarliks ’ninvloei van gaste, veral uit diebuiteland, en hierdie jaar wasgeenuitsonderingnie.VolgensMira Weiner van die McGre-gor Toerismekantoor het hulle

baie meer besoekers hierdiefeesseisoen ontvang, veralBritse en Duitse toeriste.“Daar is ’n toename in toeristeopgemerkgedurendedielaastepaar jaar,” voeg Weiner by.

Green GablesCountry Inn hetmeer as 90 be-soekers bedienop Kersdag.

Nuwejaarsaandby die KarouxRestaurant. Bar-bara Jacobs enSteve Robinsonhet gesorg vir dievermaak.

Die plaaslike koperblaasorkes speel op Oukersaand in McGregor.

Page 5: Breederivier gazette 14 jan 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 14 Januarie 2014 5

Battery gevindOp6Januarie isdaar ’nrekenaarbattery inge-handigbydieMontagu-polisiestasie.Dit isna-by die gholfklub gevind. Indien enigeen ’n re-kenaarbattery vermis of verloor het, kan hul-le sers. Suria Meyer bel by 082 499 3860gedurende kantoorure.

KankerentstofStatistiek toon dat een uit elke agt vrouewat in Suid-Afrika sterf, aan komplika-sies as gevolg van servikale kanker sterf.Dit dui daarop dat as jou dogter ’n party-tjie met sewe van haar vriendinne by-woon, een van hulle kan sterf as gevolgvan servikale kanker.

Byna 80%van servikale kankersword ver-oorsaak deur die Menslike Papilloomvirus(HPV).“Ons het nou die geleentheid om hierdie

siektetestop.Alwatvereisword, iseffektieweinenting. Ons gesondheidspanne gaan ditdoendeuralle openbareenspesiale onderwysskole in die provinsie te besoek – gedurendeFebruarie en weer in September 2014.Gratis HPV-inentings sal in 2014 aan al die

meisies in graad 4 en wat reeds nege jaar enouer is, geadministreer word,” sê Theuns Bo-tha, Wes-Kaapse minister van gesondheid.Gedurende die volgende drie jaar gaan die

Wes-Kaapse departement van gesondheidjaarliks inentings by skole vir alle graad 4-meisies doen. Dit is egter van kardinale be-lang dat ouers / voogde en onderwysers hulrol speelomhierdieveldtog ’nsukses temaak.Ouersmoet sekermaak dat hulle die toestem-mingsvorms onderteken wat hulle in die vol-gende paar weke van die skool sal ontvang.Geen leerder sal sonder toestemming van

die ouers ingeënt word nie. Inenting is steedseen van die mees doeltreffende maniere omsiektes in kinders te voorkom.

Page 6: Breederivier gazette 14 jan 2014

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 14 Januarie 20146

Swaar reën veroorsaak oorstromings en skadeSwaar reën wat Maandag en Din-dag uitgesak het, het talle rivierein die Breederivier-omgewinglaat oorstroom. Volgens MelissaJones, skakelbeampte by dieLangeberg Munisipaliteit, kandie totale koste van die skade nognie bepaalwordnie. “Die primêrestap is om alle dienste en priori-teitskade te herstel, veral met dieoogopwater- enkragvoorsiening,sanitêre dienste en primêre toe-

gangsroetes na alle areas. Eersdaarnaenwanneerdiewatervlak-kegenoegsaamgedaalhet, saleva-lueringsgedoenkanwordomska-de te identifiseer, prioritiseer enfiskaleherbeplanning tedoenvanwatter projekte eerste aandagmoet geniet,” het Jones bygevoeg.Gazette-lesers, Kobus Brand,

Chumisa Kalawe, Isolde Viljoenen die Gazette se Zelda Kloppershet die foto’s geneem.

MONTAGU: Padverbruikers kyk verwondered na die rivier. FOTO’S: VERSKAF DEUR LESERS

MONTAGU: Riviervlakke op pad na Ashton was amper gelyk aan die pad.

ASHTON:Geen verdrinkings of ernstige beserings is in die Ashton-omge-wing aangemeld nie.

BONNIEVALE: Paaie na plase is verspoel.

BONNIEVALE:Tuinmeubels het geswem in die water.

ROBERTSON: Die ryvlak in Van Zylstraat was vol modder.

ROBERTSON: Dié brug in Adderleystraat, Robertson is oorstroom.

Page 7: Breederivier gazette 14 jan 2014

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 14 Januarie 2014 7

Landbouskouweer ’n wennerDie Heidelberg Landbougenootskap seLandbouskou is een van die gesogstes indie omgewing en lok jaarliks besoekersvan heinde en verre.

Die skou is bekend vir sy interessante uit-stallings, vermaak uit die boonste rakke enkampioenskappe in die skaap-, perd- en bees-afdelings. Hierdie jaar vind die skou vanafDonderdag 13 tot Saterdag 15Februarie plaas.Besoekers kanuitsienna alles vankampioen-skappe, geskenke, heerlike eetgoed, ’n skou-dans met ’n Royal Ascot-tema en kompetisiesvir die kleinspan.’n Groot aantal perderasse sal ten toon ge-

stel word. Soos die gebruik is, vind die FNBTuinroete Hackney Streekskampioenskappeweer plaas. Van die streek se topruiters gaandeelneem en die kompetisie gaan beslis strafwees. Hoogtepunte waarna uitgesien kanword is die wa-spanne van agt en onderskeiekampioenskappe in elke ras.Die beoordeling van perde in die arena sal

daagliks plaasvind vanaf 8:00 tot 18:00.Enigiemand wat belangstel om met hulle

perde te kom skou kan vir Hans Jurie bel by082 811 4954 of 028 722 1822.Boereenbesoekerskanuitsienna ’nJersey-

miniskouvanuitsonderlikegehalte.DieSuid-Kaap Jersey-kampioenskappe wil hierdeurgraag beginners en jong deelnemers by diekampioenskappe betrek.Dit sal die derde keer wees dat die Jersey-

miniskou, wat veral gewild is onder ouers enkinders, plaasvind op Heidelberg. Die verrig-tinge en beoordelings begin Vrydag 14 Febru-arie om 9:00 en duur tot en met middagete.Vir meer inligting, besprekings en inskry-

wings, bel vir Smiley by 082 921 0045.Die Merino Streekskampioenskappe gaan

weereens ’n spoggeleentheid wees vir skaap-boere van die distrik. Dit vind plaas op die14de Februarie vanaf 7:30 - 17:00 die middag,by die BKB Skaapring op Heidelberg skou-gronde. Die beoordelaars verwag inskry-wings van ’n baie hoë standaard, aangesiendie Heidelberg-area bekend is vir sy idealeomstandighede omMerino’s met uitstekendewol en bouvorm te teel.Daar sal ook ’n slaglamkompetisie plaas-

vind op Donderdag 13 Februarie, van 8:00 tot13:00. Slaglammers sal opdiehoef asookuitge-slagte karkas beoordeel word. Vyf wennerssalVrydagaangekondigwordendiekarkassesal daarna opgeveil word. Vir inskrywings ofnavrae, bel vir Pieter Uys by 084 516 6944 ofKobus Louw by 082 576 1699.Besoek gerus die “Heidelberg Western Ca-

pe”-Facebookgroep vir meer inligting en dievolle program of bel Vic Brand by die Heidel-bergskoukantoor by 071 227 6987.

Lede van die Montagu-buurtwag is van links agter:Burrie Steyn, Hennie Tredoux, Johan Conradie en Ja-nus Scholtemeijer. Voor is: Rudi van Dijk, Sakkie Jo-cobson, Patruzchka Müller, Pierre Nothnagel en Leonde Beer. Inwoners wat by die Montagu-buurtwag wilaansluit kan PatruzchkaMüller bel by 023 614 3332of 072 261 6974.

Page 8: Breederivier gazette 14 jan 2014

Breederivier Gazette Entertainment - Vermaak Dinsdag 14 Januarie 20148

Win tickets to a wondrous weekend of rockOnedouble ticket,worthR1 400, canbewonby a Breede River Gazette reader for Up theCreek 2014.

Thestageisset forthis famouslyexcitingrockfestival, held on the banks of the Breede Riveroutside Swellendam fromThursday 30 Januaryto Sunday 2 February.The double ticket will be valid for the whole

four-day weekend and includes a camping site(tent excluded, so if you win be sure to bringyour own).Springbok Nude Girls will be but one of the

long list of artists setting the stage on fire. 2014heralds the 20 year anniversary of the band andas Arno Carstens says: “The year will be allabout a special celebration of music for us asbandmembers lookingbackatovertwodecadesof songwriting, recording albums and touring;and all the beautiful memories it conjures up.With that in mind it is with great pleasure tostart off 2014 by accepting an invitation to playat the prestigious Up the Creek festival. Up theCreek holds many memories for us and we arevery excited to play there again after all theseyears.”Anotherhighlight is theBlackCatBoneswho

have written and recorded a catchy Up theCreek song. Find it at http://www.youtube.com/watch?v=JuJRYm-Sir-4&fea-ture=share&list=PLp7LlN82_OhLCjwrTCv5-

oAdZdvE1UDcD for a goosebump ride to theBreede River.Furthermore, Cape Town’s queen of comedy

AnneHirschwill be recording a special episodeof The Anne Hirsch Show Live at Up the Creek.If you have not seen Anne’s ‘spooky’ trailer forUptheCreek,goonlineandfollowthelinkhttp://www.youtube.com/watch?v=IDCfx_3ISAE.Inaneffort tokeepthefestivalgreen,Reliance

and Greenpop will set up a pallet parklet witha cool photo booth for people to make greenpledges and get creative. There will also be acarbon footprint calculator app for party goersto work out their footprint and get some greentips. Party goers can also check out and chillout at the Reliance lounge at the riverside.To top it off, on Saturday morning Greenpop

willhostaTalentShowat theGreenpopparklet.Anyone can sign up on Thursday/Friday toshowcase their hidden talents.Accommodation is available in the form of

camping sites, but if you don’t want to pitchyourown tent, just pitchup foryourpre-bookedtented accommodation at the Heartbreak Mo-tel. Bookings can be made at https://www.heartbreakmotel.co.za/up-the-creek-mu-sic-festival/rates/.More informationThe lineup includes super artists such as

Gangs of Ballet, Taxi Violence, The Plastics;Dave Ferguson, Gerald Clark and The DeadMen, and Bed on Bricks. But this is a fraction

of the total package.To see the com-

plete lineup, andticket prices, go towww.up-thecreek.co.za, findtheFacebookpagebysearching Up theCreek Music Festi-val, or follow @Up-the_Creek on Twit-ter.

Tickets are availa-ble from Plank-ton.mobi.To enter our dou-

ble ticket competi-tion

Gotowww.boland-gazette.co.za andclick on Competi-tions.Registeringbe-fore you enter is asmall price to pay fora R1 400 prize. En-tries close on 19 Jan-uary at midnight.

Springbok Nude Girls is one of the super bands planning to set the stage on fire.

Down the river: The Up the Creek music festival is fun in so many different ways...PHOTO:

Enter for karaoke contestDoyouknow somebodywhohas the talentto be the Best of the Best karaoke perform-er?

TheBestofKaraoke2014CompetitiononSaturday 25 January at Winners ActionBar, GoldenValley Casino, is their chanceto take the microphone and sing like a su-perstar.

Thewinnerwill receiveR6 000,with sec-ond place receiving R3 000 and third placeR1 000.

So what are you waiting for?If you can sing and want to enter, get

someone to nominate you or if you knowsomebody you think should enter thekaraokecompetition, this iswhatyouneedto do:

Go to the Golden Valley Casino, fill inan entry nomination form and deposit itin the Tombola.

On the form, you will need to write ashort motivation why you have entered

your nominee and give their contact de-tails.Only the first 30 nominees will qualify

to perform.Each performermust select a song from

the karaoke song list, which is provided,to perform on the night.Entrants must be over 18 to compete.Now’s your chance to shine and have a

lot of fun at the same time.The competitionwill take place between

20:00 and 22:00After thecompetition,CapeTownsinger

Abigail “Koekie” James will take to thestage at 23:00 to do what she does so well –singingsongs thathaveeverybodysingingalong with her.Expect the unexpected. Come and sup-

port your favourite contestants.Tickets to the Best of Karaoke 2014 are

R40 each from the Golden Valley CashDesk. Over 18s only.

Page 9: Breederivier gazette 14 jan 2014

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 14 Januarie 2014 9

Trots op matrieksLeerders, ouers en onderwy-sers in die Breedevallei het dieafgelope week rede gehad omfees te vier, ná skole in die ge-bied goeie uitslae behaal het.

HSBonnievale,McGregorWal-dorfskool, HSMontagu enHSRo-bertson het almal ’n 100%-slaag-syfer behaal.Ashton Sekondêre Skool het

76,6% behaal en Ashton Gekom-bineerde skool 82,1% . LangebergSekondêre skool se slaagsyferwas 84% en Masakheke Gekom-bineerde Skool het van 59,5% in2012 tot 80,6% in 2013 verbeter.Adam Carolus, skoolhoof van

Masakheke,sê hy is in ekstasemet die skool se uitslae. “Leer-ders en onderwysers se hardewerk het regtig gehelp. Ons hetelkemiddag ná skool en Saterdaeklasse gehad, met die ouers ge-praat en probeer om leerders ge-motiveerd te hou,” sê Carolus.Dr. Japie Spies, skoolhoof van

HS Montagu, sê sy hare gaan

weer waai vandag!“Ons het die afgelope drie jaar

100%-slaagsyfer behaal enmatri-kulante kry dus die kans om myhare te skeer,” voeg Spies by.Hyskryfdieskool segoeiepres-

tasie toe aan goeie onderrig, sa-mewerking van leerders en ek-stra klasse gedurende vakansiesen Saterdae. Ouers se betrokken-heid by hul kinders se opvoedingmaak ook ’n groot verskil.Hein Gonzales, skoolhoof van

HS Robertson, sê: “Ons is beson-der dankbaar vir die mooi ma-triekuitslae.Dit isnetgenadevanBo, die resultaat van harde werken toewyding deur leerders,maar beslis ook opvoeders watbereid was ommeer as die ekstramyl te loop.”Gonzales sê ook ondersteuning

van opvoeders het beslis ’n grootverskil gemaak. “Die klas van2013 het ons trots gemaak. Onswens hulle ’nmooi toekoms toe.”Onderaan is HS Robertson en

HS Montagu se A-kandidate.

HS MONTAGU: Danica van der MerweFOTO’S: VERSKAF DEUR SKOLE HS MONTAGU: Herman le Roux

HS ROBERTSON: Herman Smit HS ROBERTSON: Shani Retief

HS ROBERTSON: San-Mari Burger HS ROBERTSON: Jossi-Mari Swart

HS ROBERTSON: Elanca Goosen HS ROBERTSON: Pierre-Juan Paulsen

HS ROBERTSON: Johan Hendrik Joosten HS ROBERTSON: Eleanor Neethling

Page 10: Breederivier gazette 14 jan 2014

Breederivier Gazette Geklassifiseerd Dinsdag 14 Januarie 201410

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

IN MEMORIAM

1015

JULIES DAVIDGeb.29/07/1949Gest. 1/01/2011Reeds 3 jaar weg van ons,die seer in ons harte isonbeskryflik. Stil enongevraagd het 2 jaar ver-bygegaan. Die huis is stilen leeg sonder jou. Somssit ek met trane in my oëas ek dink aan jou. Die ver-lange na jou is groot, maarek weet waar jy is, is jyveilig. Van jou vrou BettieJulies,Felicity en MichaelAdendorff, die Adendorfffamilie van Robertson enJulies familie van Welling-ton.

SILJEUR IKEGeb.12.01.1940Gest. 8.04.2007Dis jou 7de verjaarsdagweg van ons. Ons mis homnog baie en glo dat hy pyn-vry in Jesus se arms rus.Van: Tavia, kinders enkleinkinders.

GELUKWENSINGS

1030

GEORGE ASHNIQUE’n Dierbare dogtertjie is 6jaar oud vandag(14 Januarie). Dankie vir aldie vreugde wat jy besorgin ons lewe, miss Ash.Liefde ouma Jackie, Mam-mie en aunty Chesné.

TE KOOP

ELEKTRIES

TOEBEHORE

1620

WHIRLPOOL wasmasjiente koop, in werkende toe-stand. Skakel 082 3498227

SAKE

DIENSTE

2420

EIENDOMME

MEENTHUISE

TE HUUR

3325

4 SLPKM huis te huur inBloekomlaan in Robertson.Skakel 084 925 9479.

BETREKKINGS

3600

GESOEK

3601

BETREKKING aangebiedvir Algemene mansper-soon werker met kode 10lisensie, so gou as moont-lik. Skakel 082 349 8227.Geen please call me's asb.

DIENSTE2420

Page 11: Breederivier gazette 14 jan 2014

Breederivier GazetteSportDinsdag 14 Januarie 2014 11

Freek For-tuin, JuanielPieterse, El-franco For-tuin, Pattivan Dyk,Carlos Espinen FreganFortuin hetin Oktoberaan die Voetvan Afrika-wedloopdeelgeeem. Freek Fortuin by die Wynland-

marathon in November.

Carla Brink van Ashton het in Desemberaan die South African Dance Foundati-on se nasionale kampioenskappe inBloubergstrand, Kaapstad deelge-neem. Dié talentvolle leerder van HTSDrostdy het aan die Ballroom- en Latin-afdeling vir juniors deelgeneem. Hierdans sy met haar afrigter, Dalmarie Ter-blanche. Brink het eerste plek behaalin die Loopdans-afdeling, tweedeplekvir jakkalsdraf, tango, cha-cha en boxrumba, derde plek vir wals en vierdeplek in die Western Swing- en mambo-afdelings.

Page 12: Breederivier gazette 14 jan 2014

Breederivier

Year 18 • 14 Januarie 2014 | Tel. 023 626 5212

Chennai Superkidsverpletter Windies in finaalDie Chennai Superkids het Son-dag (15 Desember) die Superstarsmet vyf lopies geklop en sodoendena die finaal van die RobertsonSagtebal Krieketunie (ROSKU) se12-boulbeurte-kompetisie deur-gedring.

Hulle het in die finaal, wat op Va-derblad gespeel is, teen die Windieste staan gekom.

Die Chennai’s het die loot gewenen besluit om eerste te kolf. DieWin-dies was almal uit vir ’n skamele 54lopies in 15 boulbeurte.Uitblinkers met die bal vir Chen-

nai was Ferisco Adams met 4 paal-tjiesvir6 lopies,JaywonFortuinmet3 paaltjies vir 6 lopies en BrendonErasmusmet 3 paaltjies vir 11 lopies.OnderdiekolwershetJaywonFor-

tuin (14), Ferisco Adams (20*) en

Leighton Swarts (17*) bygedra omgou die wenteiken in net 7,4 boul-beurte te behaal.Chennai Superkids was die vorige

twee seisoene ook die junior kampi-oene van dié kompetisie.Die klub se afrigter, Phylwin van

Stade, sê hy is trots op die groep seprestasies. Besighede of individuewat graag die klub wil borg kan dieafrigter bel by 083 336 1274.

Die Chennai Superkids is ’n span om mee rekening te hou. FOTO: VERSKAF

Christelle Oosthuizen van Bon-nievale was deel van die Suid-Afrikaanse Protea Kushengel-damesspan wat in Desemberaan ’n internasionale Kushen-geltoernooi teen Namibië in Jef-freysbaai deelgeneem het. Hierstaan sy by een van vier skeur-tandhaaie wat sy tydens dietoernooi gevang het. Oosthuizenhet ook die dames-afdeling ge-wen.

HERMANUS-WEDLOOP: Elfranco Fortuin, Andrea Biffi, Carlos Espin, Patti vanDyk, Juaniel Pieterse en Lisa Fortuin tydens die Hermanus-wedloop.