breederivier gazette 18 junie 2013

8
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Breederivier Year 17 • 18 Junie 2013 | Tel. 023 626 5212 Leerlinge van Robertson Voorbereidingskool het op Vrydag 14 Junie R2 betaal om groen aan te trek ter viering van Jeugdag wat op 16 Junie gevier word. Die geld is geskenk aan Robertson ACVV en sal vir jeugprojekte aangewend word. FOTO: ZEL- DA KLOPPERS Jeugdag in groen gevier ten bate van die ACVV Skole-uitvalgetal ’n kopseer DALEEN FOUCHÉ Motivering om skool by te woon en om matriek te voltooi is een van die grootste uitdagings wat plaas- like jongmense verhoed om ’n on- derrig te verkry. Bronagh Casey, woordvoerder van die provinsiale departement van on- derwys, sê daar is talle sosio-ekono- miese faktore wat bydra tot onder- wys se grootste uitdaging, naamlik die groot aantal kinders wat nie skool voltooi nie. Kinders word wetlik verplig om skool by te woon tot en met gr. 9 of die jaar waarin hulle 16 word. Casey sê die grootste aantal kin- ders wat skool verlaat is in graad 9 en 10. Volgens dr. Adriaan Landman, hoof van Langeberg Sekondêr, is een van die grootste uitdagings vir leer- linge die wil om ’n onderrig te ont- vang en die dissipline en motivering om dit te laat gebeur. Hy verduidelik dat dwelms, ben- des en gebroke gesinstrukture die re- aliteite is waarmee kinders moet saamleef, wat dit moeilik maak vir kinders om skool te voltooi. “Daar is nie altyd iemand wat belangstel in die kinders se prestasies nie.” Hy sê daar is leerlinge wat nie besef hoe belangrik ’n matriek is wanneer hulle gaan werk soek nie. Volgens Hansie Marthinus, hoof van Bonnievale Primêr, is daar ’n verskeidenheid sosio-ekonomiese faktore wat ’n rol speel dat kinders nie skool bywoon nie. Hy sê Bonnievale Primêr hef geen skoolgelde nie en verskaf daagliks kos aan die leerlinge. Handboeke en skryfbehoeftes word voorsien en die skool het ’n generiese skooldrag. “Die leerlinge hoef net op te daag.” Marthinus sê ten spyte hiervan is daar steeds ’n hoë uitval van leerlin- ge. Sy skool het onlangs na een jaar- groep gaan kyk en bevind dat uit 250 graad eens, net 100 matriek geskryf het. Hy skryf die hoë uitvalgetal en lae skoolbywoning toe aan verskeie fak- tore, waarvan die gebruik van dwelms een is. Hy waarsku ouers om mooi te kyk met wie hul kinders be- vriend is omdat kinders mekaar baie beïnvloed. Voorts sê Marthinus en- kelouers wat lang ure werk is nie al- tyd bewus van wanneer hul kinders nie skool bywoon nie, maar die skool probeer om die ouers daarvan in ken- nis te stel. Marthinus meen egter leerlinge het eenvoudig nie die motivering om skool toe te gaan nie. Japie Spies, hoof van Hoërskool Montagu, sê skoolbywoning by dié skool is baie goed. Hy skryf dit toe aan verskeie faktore insluitend die ondersteuning van die gemeenskap. Hy sê die hoë uitvalgetalle by skole is ’n landwye probleem en meen die skoolstelsel speel ’n rol daarin, om- dat slaagvereistes in gr. 9 geïmple- menteer word. Casey sê die departement het ver- skeie projekte om hierdie uitdagings aan te spreek. Professor Brian O’Connell, rektor van die Universiteit van die Wes- Kaap, het tydens sy toespraak by die opening van Ashton Sekondêr se we- tenskapslaboratorium op 5 Junie ge- sê met die viering van Jeugdag op 16 Junie word Suid-Afrikaners daar- aan herinner hoe hard die jeug ge- stry het om onderrig te kry tydens die apartheidsjare. En, die toekoms van die land is in die hande van die jeug en hul gewilligheid om ’n onder- rig te kry.

Upload: boland-gazette

Post on 26-Mar-2016

267 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Breederivier gazette 18 junie 2013

TRANSCRIPT

Page 1: Breederivier gazette 18 junie 2013

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobi

Breederivier

Year 17 • 18 Junie 2013 | Tel. 023 626 5212

Leerlinge van Robertson Voorbereidingskool hetop Vrydag 14 Junie R2 betaal om groen aan tetrek ter viering van Jeugdag wat op 16 Junie gevierword. Die geld is geskenk aan Robertson ACVVen sal vir jeugprojekte aangewend word. FOTO: ZEL­DA KLOPPERS

Jeugdag ingroen gevierten bate vandie ACVV

Skole­uitvalgetal ’n kopseerDALEEN FOUCHÉ

Motivering om skool by te woonenommatriektevoltooi iseenvandie grootste uitdagingswat plaas-like jongmense verhoed om ’n on-derrig te verkry.

BronaghCasey,woordvoerdervandie provinsiale departement van on-derwys, sê daar is talle sosio-ekono-miese faktore wat bydra tot onder-wys se grootste uitdaging, naamlikdie groot aantal kinders wat nieskool voltooi nie.Kinders word wetlik verplig om

skool by te woon tot en met gr. 9 ofdie jaar waarin hulle 16 word.Casey sê die grootste aantal kin-

ders wat skool verlaat is in graad 9en 10.Volgens dr. Adriaan Landman,

hoof vanLangeberg Sekondêr, is eenvan die grootste uitdagings vir leer-linge die wil om ’n onderrig te ont-vang en die dissipline enmotiveringom dit te laat gebeur.Hy verduidelik dat dwelms, ben-

desengebrokegesinstrukturedie re-aliteite is waarmee kinders moetsaamleef, wat dit moeilik maak virkinders om skool te voltooi. “Daar isnie altyd iemand wat belangstel indie kinders se prestasies nie.”Hysêdaaris leerlingewatniebesef

hoe belangrik ’nmatriek is wanneerhulle gaan werk soek nie.Volgens Hansie Marthinus, hoof

van Bonnievale Primêr, is daar ’nverskeidenheid sosio-ekonomiesefaktore wat ’n rol speel dat kindersnie skool bywoon nie.Hy sê Bonnievale Primêr hef geen

skoolgelde nie en verskaf daaglikskos aan die leerlinge. Handboeke enskryfbehoeftes word voorsien en dieskool het ’n generiese skooldrag.“Die leerlinge hoef net op te daag.”Marthinus sê ten spyte hiervan is

daar steeds ’n hoë uitval van leerlin-ge. Sy skool het onlangs na een jaar-groep gaan kyk en bevind dat uit 250graad eens, net 100 matriek geskryfhet.Hy skryf die hoë uitvalgetal en lae

skoolbywoning toe aan verskeie fak-tore, waarvan die gebruik van

dwelms een is.Hywaarskuouers ommooi te kyk met wie hul kinders be-vriend is omdatkindersmekaarbaiebeïnvloed. Voorts sê Marthinus en-kelouers wat lang ure werk is nie al-tyd bewus van wanneer hul kindersnie skool bywoonnie,maar die skoolprobeeromdieouersdaarvaninken-nis te stel.Marthinus meen egter leerlinge

het eenvoudig nie diemotivering omskool toe te gaan nie.Japie Spies, hoof van Hoërskool

Montagu, sê skoolbywoning by diéskool is baie goed. Hy skryf dit toeaan verskeie faktore insluitend dieondersteuning van die gemeenskap.Hy sê die hoë uitvalgetalle by skoleis ’n landwye probleem en meen die

skoolstelsel speel ’n rol daarin, om-dat slaagvereistes in gr. 9 geïmple-menteer word.Casey sê die departement het ver-

skeie projekte omhierdie uitdagingsaan te spreek.Professor Brian O’Connell, rektor

van die Universiteit van die Wes-Kaap, het tydens sy toespraak by dieopening vanAshton Sekondêr sewe-tenskapslaboratorium op 5 Junie ge-sê met die viering van Jeugdag op 16Junie word Suid-Afrikaners daar-aan herinner hoe hard die jeug ge-stry het om onderrig te kry tydensdie apartheidsjare. En, die toekomsvan die land is in die hande van diejeug enhul gewilligheid om ’nonder-rig te kry.

Page 2: Breederivier gazette 18 junie 2013

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 18 Junie 20132

Meet Nico from Capital Security) What is your name and surname?Nico Geustyn) What is the name of your busi-

ness and where is it situated?Capital Security in Reitz Street,

Robertson.) What kind of business do you

run?Capital Security delivers various

security services which includealarm installations,monitoring andarmed response, 24-hour securityguards,cash in transit, CCTV instal-lations and farm patrols.

) What is your favourite productor service?My favourite product is the

I.D.S.805 alarm system. It is very us-er- friendly andmy favourite serviceis client service. I trymybest to keepevery client ofCapital Security satis-fied and happy with our services.

) When and how did you startyour business?Capital security was started in

2004 inWorcester and opened in 2007in Robertson (Langeberg district).We opened two more branches this

year inHermanus andKraaifontein.) Where do you see your business

in five years?If all goes well and it’s the will of

our Lord, we will open five morebranches in the next five years. Per-sonally my family and I have grownvery fond of Robertson and won’tmove away here for all the money inthe world.

) What is your business motto?Since Capital Security opened its

doors the motto has been: “Knowl-edge is the key to safety”.

Julian Amsterdam, Nico Geystyn (manager) and Clive Philander make up the technicalteam for the Langeberg branch of Capital Security.

) Geniet ’n heerlike stuk melktertmet tee of koffie die laaste Vrydagvan elke maand om 10:00 by die Jou-bert-huis, Montagu. Groepe is wel-kom, maar met ’n bespreking min-stens ’n week voor die tyd. Bespreekby 023 614 1774.) The next Robertson Farmers’Market will take place on Saturday13 July.) Geniet pannekoek en koffie elkeeerste Saterdag van die maand bydie Museum-mark op Robertson.Daar is ook stalletjies waar tuisge-bak, boeke en snuisterye van 09:00af verkoop word.) The McGregor Poetry Festivalwill take place from Friday 21 Juneto Sunday 23 June in McGregor.Poetry readings, debates, moviesand entertainment are but some ofthe listed activities. Visit www.te-menos.org.za formore information.) Winelands SPCA AGM on Tues-day 2 July from 17:30 for 18:00 at theRobertson Bowls Club. Refresh-ments and snacks will be served.) Eseltjiesrus Donkey Sanctuarywill host their sixth AGM onWednesday 17 July at 18:30 in Mc-Gregor (venue to be confirmed). Formore information, send an e-mail [email protected].) Bok van Blerk en Peter Mitchellis te sien in die komediese produk-sie Die Boer en die Skot op 20 Julieby Janeza Plaasteater (op die Rooi-brugpad). Bespreek by [email protected] of bel 082 978 7020.) Send the details of your eventsto Daleen Fouché via email at [email protected]. The deadlinefor all diary items is 10:00 on Fri-days.

McGregor raakfeestelik poëtiesJak de Priester,Randall Wicomb,Daniël Hugo, FanieOlivier, Zanne Sta-pelberg, FlorisBrown, Emile Min-nie, Diane Ferrus(en vele meer) praatAfrikaans inMcGregor.

Lus om mense tehoor dig in jou taal, tehoor sing in jou taal,omweer te leer droomin jou taal?Kom geniet McGre-

gor se gesellige gas-vryheid en ervaar digkuns op ver-skillende maniere. Die fees skop afop Vrydagmiddag 21 Junie en eindigSondagmiddag 23 Junie.Sowat 90 programme word aange-

bied by 15 verskillende plekke wattussen 12 tot 300 mense kan akkom-modeer.Randall Wicomb tree twee keer op

in dieMcGregor NGKerk. Saterdag-aand sing hy toonsettings van Afri-kaanse liefdesgedigte en Sondagog-gend10:00vertolkhyHansduPlessisse aangrypende Griekwa-psalms.Die bekende sangeres Zanne Sta-

pelberg se twee uitvoerings verkendie noue band tussen musiek enwoorde.Werke vanDJOpperman enDeon Meyer is ingesluit by die pro-gram.Jak de Priester lees voor uit sy

tweedigbundels envertelwaar sy in-spirasie vandaan kom.

Fanie Olivier leesgedigte oor die lewe,liefde en dood uit ver-lore en gevondemanu-skripte van hier en el-ders.Daniël Hugo, die be-

kende RSG-stem, dig-ter en akademikus,leesvooruitsynuutstebundel, Hanekraai.Die fees is ’n geleent-

heidomoordieveleas-pekte van die digkunste leer enom jou inner-like digter te ontdek inverskillendewerkwin-kels. Ontmoet die ge-

sigteagterbekendenameopdieSuid-Afrikaanse letterkundige toneelsoos Melt Myburgh, Petrovna Mete-lerkamp, Finuala Dowling, BeverlyRycroft (wenner van die 2012 IngridJonker-toekenning) en vele andere.Jy kan dit alles beleef, gerieflik

oorbly en lekker eet en drink by kag-gelvure in McGregor se puik restau-rante en gastehuise.Die volledige program is by

www.temenos.org.za of bel temenosby 023 625 1871.Kaartjies kos tussen R30 en R100

en kan via die internet gekoop wordby Computicket. Kies “Festivals” enkliekdanop“McGregorPoetryFesti-val”.Kaartjies is ook beskikbaar by

Shoprite in Robertson asook by dieMcGregor Toerismekantoor. Besoekwww.mcgregortourism.co.za of beldie kantoor op 023 625 1954.

Die digter Beverley Rycroft

KLERE VIR WYN: Die Robert-son-wynvallei het meer as110 kg klere en komberse in-gesamel tydens hul WackyWine Weekend se winterwel-syn-projek. Hier is MarylizeMouton van Robertson-wyn-vallei, saam met Vincent An-dries van die Doulous Trust,wat die klere en komberse saluitdeel. Besoekers aan dieWacky Wine Weekend is ge-nooi om donasies te gee enis met wyn vergoed.

Wynmakers kannou bestes inskryfWynmakers en brandewynmeesterswat hoop op ’n toekenning of twee inSuid-Afrika se toonaangewendewyn-kompetisies,moetdiedagboeknader-trekaangesien inskrywingsnouinge-wagword. Terwyl die sluitingsdatumvir inskrywingsvirdie landseoudstewynkompetisie, die SA Jongwyn-skou, op 8 Julie val, het kelders kanstot21AugustusomhulbestesvirVeri-tas in te skryf. Die beoordeling vanvanjaar se jongwyne vind plaas van22 tot 26 Julie by die Nederburg Vei-lingkompleks en die wenners wordaangekondig op 15 Augustus.Brandewyn-inskrywings word op

13 September beoordeel en die wyneword van 16 tot 20 September geproe.Besoek www.youngwineshow.co.zaenwww.veritas.co.zavirvolledige in-

ligting en inskrywingsvorms, of kon-tak Elsabe Ferreira by 021 863 1599,faks 021 863 1552 of via e-pos na [email protected].

Page 3: Breederivier gazette 18 junie 2013

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 18 Junie 2013 3

Kelderwerkers betoogom beter betalingDALEEN FOUCHÉ

Werkers van Robertson Winery het opWoensdag 12 Junie die strate ingevaar ty-dens ’n beskermde staking om hoër lone.

Robertson Winery-werkers, wat lede is vandie South African Chemical Workers Union(SACWU),eis ’n10,7%verhoginginsalarister-wyl Robertson Winery ’n 7% verhoging aan-bied.

Die werkers het die staking geïnisieer nadatonderhandelinge met die Commission forConciliation, Mediation and Arbitration(CCMA) op ’n dooie punt uitgeloop het.

Johnson Kwinana, wat by Robertson Wine-ry vir meer as 40 jaar werk, sê hy verdienR3 000 per maand maar kan nie sy agt kindersmet die salaris onderhou nie. “Ek kan nie met

R3 000 per maand oorleef nie.”Bowen Botha, algemene bestuurder van Ro-

bertsonWinery, sêdie7%verhoginginsalarisis ’n “billike” aanbod wat hoër is as die ver-bruikers-indeks. Hy sê daar is ’n persepsie datdaar baie geld in die landbou is, maar die per-sepsie is verkeerd.

HysêprodusentemoetbynaR45 000perhek-taar verdien om winsgewend te wees, maar inrealiteit verdien produsente tans R35 000 perhektaar.

DieGazette het verlede week berig dat daarnege gevalle van arbeidsonrus by LangebergAshton Foods tydens die vrugteseisoen was.Volgens Nasos Martallas, algemene bestuur-der van Langeberg Ashton Foods, was dit diestakings oor plaaswerkerlone wat na andersektore van die wyn- en vrugtebedryf oorge-spoel het.

Werkers van Robertson Winery het Woensdag in Voortrekkerstraat om beter lone betoog.FOTO: DALEEN FOUCHÉ

) Die Ashton polisie nooi alle plaaseienaarsen werkers uit na ’n imbizo (gemeenskapsver-gadering) by die Olyvendalsaal op 27 Junie om19:00. Die doel van die vergadering is om voor-stelleaantehooroormisdaadbekampingindieplaasgebiede, om verhoudings te bou tussendie plaasgemeenskap en die polisie, om mis-daadstatistieke in die plaassektor te bespreeken om enige probleme aan te spreek wat temake het met die plaaslike polisie en om oplos-sings vir die probleme te vind.DieAshton-polisieversoekdatbetrokkemensedie vergadering bywoon. Vir nadere besonder-hede bel sers. Du Toit by 082 443 9870.) Lede van die Montagu-polisie was op 7 Juniebesig met misdaadvoorkomingsaksies toe hul-le inligting van die gemeenskap ontvang hetoor ’n verdagte huis.Die polisie het die huis deursoek en drie ver-dagtes in hegtenis geneem.’n Groot hoeveelheid tik is ook gekonfiskeer. Montagu-polisielede met gekonfiskeerde tik.

Page 4: Breederivier gazette 18 junie 2013

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 18 Junie 20134

Groep teiken verslawingDie Langeberg Substance AbuseAction Group (LSAAG) is op 24Mei 2012 gestig in samewerkingmet Graham Beck Skills Centreen word gefasiliteer deur dieMontrose Foundation.

Die organisasie sal amptelik van14:00 af opSaterdag 22 Junie byLan-geberg Sekondêre Skool van stapelgestuur word.Die doel van hierdie forum – wat

bestaan uit verskeie organisasies –is om gesamentlike projekte aan tebiedomdwelmafhanklikheid endiegevolge daarvan aan te spreek deurinligtingsprogramme, ondersteu-

ningsgroepe en nasorggeriewe.Die projekte word aan die hand

van drie pilare geïdentifiseer,naamlik bewusmaking, behande-ling en nasorg.Organisasies sal steeds met hul

eie projekte voortgaan en dieselfdegoeie diens as tot dusver lewer.Lede-organisasies sluit in kerke,

skole, klinieke, nieregeringsorga-nisasies en die Langeberg-munisi-paliteit.Ná vele werksessies en bespre-

kings met verskillende rolspelershet die lede van LSAAG reeds heel-wat vordering gemaak.Magdal Jaftha is van 3 Junie af as

heeltydse LSAAG-koördineerderaangestel en finale reëlings is getrefom die tolvrye lyn te installeer watdeur vrywilligers beman sal word.Dit sal by die Robertson-polisiesta-sie gehanteer word.LSAAG beplan om minstens 15

vrywilligers op te lei wat die tele-foon sal beantwoord om enige per-soon wat navraag oor dwelmaf-hanklikheid doen, te kan verwys.Hulle doen ’n beroep op mense

wat hul vrywillige diens wil aan-bied,asookenigeorganisasiewatbydie projekte betrokke wil raak ommet Jaftha in verbinding te tree.Bel haar gerus by 023 626 1835.

Nuwe koördineerdertakel verslawingDALEEN FOUCHÉ

Magdal Jaftha (50) is on-langsaangestel asdiekoör-dineerder van die Lange-berg Substance Abuse Ac-tion Group (LSAAG) enbeoog om die organisasiesse doelwitte ’n realiteit temaak.Jaftha het ’n lang geskiedenis as

’nmaatskaplikewerker enwas ooktoesighouer van maatskaplikedienste vir Badisa in dieOos-Kaap.Jaftha sê sy werk nou saam met

Christelike Alkoholiste Bond(CAD) en dat sy ’n passie het ommense met verslawings te help. Sywil hulle veral help wanneer hullevan hul behandeling terugkeer omweer by die gemeenskap in te ska-

kel, omdat soveel uitda-gings op hulle wag enhulle baie ondersteu-ning nodig het.Jaftha verduidelik

dat haar rol as koördi-neerder van LSAAG be-hels dat sy organisasiesbystaan om hul kapasi-teit te bou rondom

drank- en dwelmverslaafdes en omdiedienstedeursamewerkingdoel-treffend te maak. Sy sien uit na diénuweuitdaging omdat sy passievolis oor die ontwikkeling van menseen om te sienhoehulle hul volle po-tensiaal bereik.Organisasies wat betrokke wil

raak by LSAAG kan Jaftha by dieGrahamandRhonaBeckSkill Cen-tre by 023 626 1835 bel.

Magdal Jafth

Projek gee sorgpakkies aan slagoffersThelma Mills van MontaguhetdieLiefde inAksie-projek,wat sorgpakkies aan slagof-fers van aanranding en ver-kragtings voorsien, van sta-pel gestuur.Mills is geïnspireer om die

projek te begin ná sy ’n outo-biografie gelees het van ’nslagoffer van verkragting.Mills het die behoefte van

slagoffers aan hul eie toilet-ware ná ’n verkragting raak-gesien en dadelik aan diewerk gespring.Sy het die Montagu-polisie

genader om uit te vind watmet slagoffers ná ’n verkrag-ting gebeur en dadelik die ge-meenskap se hulp gevra.“Ekhetmystorievir ’npaar

mensevertel enbinne ’nweekkon ek genoeg geld insamelom 45 sakkies met toiletitemste koop.”Daarna het Mills in same-

werking met Montagu se Ge-meenskapspolisiëringsforum(GPF) en Centre of Hope 50jongmense vir sop en broodgenooi. By dié geleentheid hetvoorligters die jongmense toege-spreek oor hoe om hulself te beskermteen verkragting en wat om te doenindien dit wel gebeur.Hulle het ook kontakbesonderhede

vandie polisie aandie jongmense ver-

skaf. Daarna het die jongmense die 45sakkies help opmaak.Die sakkies, elk ter waarde van

R250, bevat ’n buisie tandepasta, tan-deborsel, waslap, gesigshanddoek, sa-nitêre doekies, onderklere, seep, ’n

saknotaboekie en ’n sagte speelding.Daar is sakke vir mans, vroue, mei-

sies en seuns.Vir meer inligting oor die Liefde in

Aksie-projek,bel sers.SuriaMeyerby023 614 8301.

Sers. Suria Meyer ontvang die sakke met toiletware van Thelma Mills en Astrid Bridger van dieMontagu Gemeenskapspolisiëringsforum.

Page 5: Breederivier gazette 18 junie 2013

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 18 Junie 2013 5

Local kidsvaccinatedThe Western Cape’s Department of Health inthe CapeWinelandswas successful in its cam-paign to vaccinate 100% of all children in thedistrict for polio and measles.The National Department of Health’s target

for polio immunisations for children from 0–59 months was 90% coverage – which equatesto 69 577 children. In the CapeWinelands, 95%of all children were immunised. For measlesimmunisations, the target for children aged9–59monthswas 95%or 58 014 children.AgaintheCapeWinelands exceeded the target by im-munising 102% of all children.Jo-Anne Otto, spokesperson for the provin-

cial Department of Health in the Cape Wine-lands, saysagreat effortwasmadeby theruralstaff to ensure these targets were met. “Doorto door campaigns were hosted in most areas,with carers and staff working together to im-munise all children.”The next round of the campaign kicks off on

18 June, when children will only receive thefollow-up polio drops. “It is vital that onceagain parents, guardians and crèches assistthe Department in eradicating this disease bymaking sure that children under 59 months(five years) receive the follow-up drops fromthe clinic or at the crèche they attend.”Otto says the Department wishes to thank

the parents, guardians and crechés of the dis-trict for helping to ensure that polio and mea-sles are eradicated.

Health workers from the Department of Health go doorto door in Montagu to ensure all children are vaccina-ted.

Page 6: Breederivier gazette 18 junie 2013

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 18 Junie 20136

ALGEMENEDIENSTEGENERALSERVICES

1141

Algemene

Dienste

General Services

«

KOM geniet die avontuuren ontspanning van perdryby die Robertson Ry-skool.* Ons bied verskei-denheid van rylesse virkinders en grootmense virbeginners en ervare rui-ters *Outrides tussen diewingerde en langs dieBreërivier * Wynproë op‘n perd se rug of met diewaentjie by Majors Hill enSpringfield. *Perdrykampe vir kindersgedurende skoolvakansies* Mini kommando’s opSaterdae*Kinderpartytjies. Skakelons gerus by 072 291 7631of 082 402 7088.

EIENDOMMEPROPERTIES

113

te Huur/to Hire

SILWERSTRAND. Rivierdorsphuis. 3 slpkm, 2 bad-kamer, 1 m/h met braai opstoep en uitsig op rivier.Beskikbaar 1 Augustus2013. Huur R5 800 permaand. Skakel Fanie 083227 4451.

TBWA\H400485/E

VACANCYBULLETIN

InstructIons to ApplIcAnts: Z83 forms (obtainable from any Government department or www.westerncape.gov.za) must: Be completed in full, clearly reflect the name of the position, name and date ofthe publication (candidates may use this as reference), be signed, accompanied by a comprehensive CV, andcertified copies of ID, driver’s licence and qualification/s. A separate application form must be completed foreach post. Applications without the aforementioned will not be considered. Applications must be forwardedto the address as indicated on the advertisement. No late, faxed or e-mailed applications will be accepted.CV’s will not be returned. Excess personnel will receive preference. Applications, which are received after theclosing date, will not be considered.

Further communication will be limited to short-listed candidates. If you have not received a response from theDepartmentwithin 3months of the closing date, please consider your application as unsuccessful. It will be expectedof candidates to be available for selection interviews on a date, time and place as determined by the Department.

As directed by the Department of public service & Administration, applicants must note that further checks willbe conducted once they are short-listed and that their appointment is subject to positive outcomes on thesechecks, which include security clearance, qualification verification, criminal records, credit records and previousemployment.

The Department of Health is guided by theprinciples of Employment Equity. Disabledcandidates are encouraged to apply and anindication in this regard will be appreciated.

closing date:12 July 2013

EXCITING OPPORTUNITIES FOR PERSONS WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE

DEpArtMEnt oF HEAltH

post A: DE Doorns clInIc, BrEEDE VAllEy suB-DIstrIct (1 post)• post B: WItzEnBErg suB-DIstrIct (2 posts) • post c: stEllEnBoscH suB-DIstrIct(1 post) • post D: lAngEBErg suB-DIstrIct (1 post) (cApE WInElAnDs HEAltH DIstrIct)

Administration Clerk: Support (Admissions) (5 posts)

rEMunErAtIon: r 115 212 pEr AnnuM

sErVIcE BEnEFIts: 13tH cHEquE, EMployEr’s contrIButIon to tHE pEnsIon FunD,HousIng AnD MEDIcAl AID AlloWAncE.rEquIrEMEnts: MInIMuM EDucAtIonAl quAlIFIcAtIon: Senior Certificate (or equivalent).InHErEnt rEquIrEMEnts oF tHE JoB:Must bewilling towork shifts, overtime, rotate betweenMontagu andRobertson Hospitals and relief collegues in fees/medical records for Langeberg Sub-district post. • Valid Driver’slicence for Langeberg Sub-district post. coMpEtEncIEs (knoWlEDgE/skIlls): Computer literacy. • Goodwritten and verbal communication skills in at least two of the three official languages of the Western Cape.• A course in Basic Routine Health Information System for Data Capturers.

DutIEs (kEy rEsult ArEAs/outputs): Registration and accurate data recording on the CLINICOMand PHCIS (Primary Health Care Information System) with regards to Outpatients, Inpatients, Admissions,Discharges and Transfers. • Patient assessments according to the means test. • Filing and drawing of patientfolders including filing of all patient medical records timeously. • Compile new folders and destruction offolders. • Booking of patients: Making appointments for multi-discipline team members. • Accurate scanningof statistics on PHCIS for monthly submission. • Perform general administrative duties and perform reliefduties where required.

notE: Please indicate on your Z83 form for which Sub-district you are applying.

EnquIrIEs: post A: Ms E Majiet, tel. no. (023) 348-1316 post B: Mr H Crous, tel. no. (023) 316-9601post c: Mr B Abrahamse, tel. no. (021) 808-6112 post D: Mr H Mybrugh, tel. no. (023) 626-8565

plEAsE suBMIt your ApplIcAtIon For tHE AttEntIon oF Ms JB sAlIE to tHE DIrEctor:cApE WInElAnDs DIstrIct oFFIcE, prIVAtE BAg X3079, WorcEstEr, 6849.

Page 7: Breederivier gazette 18 junie 2013

Breederivier GazetteSchools - SkoleDinsdag 18 Junie 2013 7

25

13

EW

25

13

EW

25

13

EW

25

13

EW

NETBALSTERRE: Edlin Tiemie (o. 18), Carike Joubert (o. 16) enMarelize Brand (o. 17) vanHoërskool Robertsonis opgeneem in die Boland-netbalspanne en gaan in die komende vakansie aan ’n interprovinsiale toernooitussen die Boland, Suid-Wes-distrik (SWD) en Westelike Provinsie (WP) op Worcester deelneem. Timie hetook deurgedring na die Wes-Kaap-netbalproewe.

NETBAL-UITBLINKER:Ro-AnnFortuin vanLaer-skool Robertson is virdie Wes-Kaapse o. 12-netbalspan gekies. Diespan is gekies uit dieWestelike Provinsie-,Suid-Westelike Distrik-te- en Boland-spanne.Hulle gaan van 29 Junietot 5 Julie aan die AllAges-netbaltoernooi inMargate deelneem.

Page 8: Breederivier gazette 18 junie 2013

Breederivier

Year 17 • 18 Junie 2013 | Tel. 023 626 5212

Room van Robertson KrieketRobertson Krieketklub het on-langs sy bekeruitdeling vir die2012–’13 in styl aangebied.

FeriscoAdams is aangewys as bes-te bouler vandie A-span terwylClin-tonFisheraangewys isasbesteopko-mendespeler.AdreasVermeulenhetdie toekenning vir lojale speler ont-vang en Uzahri Abrahim vir bestekolwer in die A-span. Warrick Abra-himissportmanvandie jaarenbestekolwer in die Pro20 A-span, Javino

Adams is die beste kolwer in dieB-span,DanicoPhilmon isaangewysas lojale speler, JupiterHopp is besteboulerindiePro20A-span enNathanBrown is beste bouler vir die B-span.Die klub het hul dank uitgespreekteenoor almal wat betrokke was omdie aand moontlik te maak.Die klub is ook tydens die Bolandse bekeruitdeling gekroon as diekampioene vanNoord-Boland. Tweevan die klub se spelers, Danico Phil-monenWarrickAbrahim, speel tans

tot September in Engeland krieketen vaar goed.Die klubvoorsitter, Jeremy Lucas,is ook aangewys as Boland se ver-teenwoordigervirkrieket indieplat-telandse gebiede by Krieket SA envlieg in Junie vir twee vergaderingsna Johannesburg.Die kluboefening het reeds beginenvindplaasopMaandaeenDonder-dae om 17:30 by die Callie de Wet-sportgronde in Robertson. Alle be-langstellendes is welkom.

Spelers van die Robertson Krieketklub wat vereer is, is hier saam met plaaslike raadslede. Voor is raadslid Henry Jansen en raadslidArnolds van die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit.

Robertson-muurbalgee weer pas aanDie Witzenberg Muurballigawaaraan Robertson se muurbal-spannedeelneem,het inJuniediehalfpadmerk bereik.Robertson het twee spanne indie eerste liga, naamlik die VanLoveren-span met Fred Botha,Rossouw Brümmer, Nelian Gro-belaar en Raymond Kirby, en dieFour Cousins-span met FrancoisHoffman, Jaco Coetzee, Henk vanNiekerk en Danie Cloete.Hierdie twee spanne het in 2012eerste en tweede in die liga geëin-dig. Ná die einde van die eersterondevan2013 loopdieRobertsonVan Loveren-span weer voor enhoop omaandie einde vandie sei-soen weer die Witzenberg Bekerhuis toe te bring.Onlangs het Robertson se twee

eerste spannemekaar gepak in ’ntawwe rondomtalie-wedstryd.Die FourCousins-panhet dieVanLoveren-span met net een stel ge-wen.Robertsonhet ook ’n span indietweede liga, die Campanile-span,wat tans sewende uit tien spanneis.Dan is daar ook ’n span in diederde liga, die Satynrooi-span,wat tans vyfde uit 12 spanne is.Hierdie span het laasjaar tweedegeëindigenhoopomvanjaarhier-die liga te wen.Vir enige navrae oor lidmaat-skap by Robertson Muurbalklubbel gerusdievoorsitter,HenkvanNiekerk by 083 380 3980 of stuur’n e-pos na [email protected]

GOUE VOETE: Danzel Minnaar van Montagu het ’n goue medalje gewen by die jaarlikseMiles of Smiles-wedloop, oor 21,1 km, wat op Robertson plaasvind.

CRAVENWEEK: Ronald Brown,Herman leRoux enDonèDavidvan Hoerskool Montagu is indie o. 18 Cravenweek of Aka-demiespan opgeneem. LeRoux is in die Cravenweekspan opgeneem wat tydensdie Junievakansie op Pieters-burg gaan deelneem en Brownen Davids is altwee in die Aka-demiespan opgeneem wat ty-dens die komende vakansie inDurban gaan deelneem.