breederivier gazette 28 jan 2014

16
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Breederivier Year 18 • 28 Januarie 2014 | Tel. 023 626 5212 Haweloses skep swak indruk HILDERINE SCHRÖDER Onwettige plakkers en haweloses is vinnig besig om Robertson, wat ’n paar jaar gelede nog met die sta- tus van die skoonste dorp in die Wes-Kaap gespog het, in ’n seer- oog te omskep. ’n Plaaslike inwoner en sakeman van dié dorp het vandeesweek sy kommer uitgespreek oor ’n situasie wat, volgens hom, vinnig besig is om handuit te ruk. Die inwoner, wat vra om anoniem te bly, sê ’n skynbare toename in ha- weloses, veral langs Voortrekker- weg, is besig om die dorp se status as toeristebestemming in gedrang te bring. “Die plakkery en gemors is ab- soluut afskuwelik,” sê hy. Volgens hom het hy die probleem al verskeie kere by die Langeberg- munisipaliteit aangegee. Laasge- noemde, sê hy, wend wel pogings aan om die area op te ruim, maar voeg hy by, die rommel is skaars opge- ruim voor die area langs die dorp se hoofstraat opnuut soos ’n rommel- terrein lyk. Die area naby KWV word, volgens dié inwoner, as woonplek en openba- re toilet gebruik. “Hulle hang dan selfs hul wasgoed aan die drade langs die spoorlyn op!” Met die Gazette se besoek aan die area het daar juis kledingstukke aan die betrokke heining gehang. Die area was bestrooi met rommel, ter- wyl heelparty mense vas onder enke- le bome gelê en slaap het. Daar was egter geen onwettige woonstrukture te bespeur nie. Volgens die Gazette se bron is hy veral bekommerd oor die veiligheid- situasie van die betrokke area. “Kon- fronteer jy die mense, raak hulle ge- weldig aggressief. Êrens gaan daar ’n insident kom.” Hy is ook bekommerd oor die negatiewe impak op toeris- me. “Verskeie toeriste het al navraag gedoen oor dié onooglikheid,” sê hy. Lettie van Zyl van die Robertson- toerismekantoor bevestig dat toeris- te ál meer navraag doen oor die situa- sie. “Die feit dat die plakkers reg by die dorp se ingang is skep ’n baie swak indruk van die dorp,” voeg sy by. “As toerismekantoor is ons ge- weldig bekommerd oor die situasie.” Volgens Vincent Andries, bestuur- der van die Doulos Trust wat al by- kans ’n dekade onder werkloses en haweloses werk, is drank en dwelms te blameer vir die situasie waarin baie van die haweloses hul bevind. Die Doulos Trust bied verskeie programme aan waardeur hy pro- beer om mense van die strate te kry en weer met hul families te verenig. Haweloses word dikwels in hul kwaad gesterk deur mense wat geld aan hulle gee, meen Andries. Hy vra inwoners om Doulos eerder te nader om mense by te staan. Die organisa- sie kan by 072 668 8245 bereik word. Die Langeberg-munisipaliteit kon teen druktyd nie reageer op die Ga- zette se navrae nie, maar het onder- neem om later kommentaar te lewer. Haweloses wat die area langs Voortrekkerweg in Robertson hul tuiste maak, is ’n bron van kommer vir verskeie inwoners van dié dorp. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER Inwoners is onder meer bekommerd oor die swak indruk wat haweloses, wat dikwels oop en bloot op die sypaadjie lê en slaap, op besoekers het. Die heining langs die spoorlyn dien dikwels as wasgoeddraad. ’n Hele gesin woon na bewering langs die spoorlyn.

Upload: boland-gazette

Post on 12-Mar-2016

257 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Breederivier gazette 28 jan 2014

TRANSCRIPT

Page 1: Breederivier gazette 28 jan 2014

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobi

Breederivier

Year 18 • 28 Januarie 2014 | Tel. 023 626 5212

Haweloses skep swak indrukHILDERINE SCHRÖDER

Onwettige plakkers en hawelosesis vinnig besig omRobertson,wat’npaar jaargeledenogmetdiesta-tus van die skoonste dorp in dieWes-Kaap gespog het, in ’n seer-oog te omskep.

’n Plaaslike inwoner en sakemanvan dié dorp het vandeesweek sykommer uitgespreek oor ’n situasiewat, volgens hom, vinnig besig is omhanduit te ruk.

Die inwoner, wat vra om anoniemte bly, sê ’n skynbare toename in ha-weloses, veral langs Voortrekker-weg, is besig om die dorp se statusas toeristebestemming in gedrang tebring. “Dieplakkeryengemors isab-soluut afskuwelik,” sê hy.

Volgens hom het hy die probleem

al verskeie kere by die Langeberg-munisipaliteit aangegee. Laasge-noemde, sêhy,wendwelpogingsaanom die area op te ruim, maar voeghy by, die rommel is skaars opge-ruim voor die area langs die dorp sehoofstraat opnuut soos ’n rommel-terrein lyk.

Die area naby KWV word, volgensdié inwoner, as woonplek en openba-re toilet gebruik. “Hulle hang danselfshulwasgoedaandiedrade langsdie spoorlyn op!”

Met die Gazette se besoek aan diearea het daar juis kledingstukke aandie betrokke heining gehang. Diearea was bestrooi met rommel, ter-wylheelpartymensevasonder enke-le bome gelê en slaap het. Daar wasegter geen onwettige woonstrukturete bespeur nie.

Volgens die Gazette se bron is hy

veral bekommerd oor die veiligheid-situasievandiebetrokkearea. “Kon-fronteer jy die mense, raak hulle ge-weldigaggressief.Êrensgaandaar ’ninsidentkom.”Hyisookbekommerdoor die negatiewe impak op toeris-me.“Verskeie toeristehetalnavraag

gedoen oor dié onooglikheid,” sê hy.Lettie van Zyl van die Robertson-

toerismekantoor bevestig dat toeris-teálmeernavraagdoenoordiesitua-sie. “Die feit dat die plakkers reg bydie dorp se ingang is skep ’n baieswak indruk van die dorp,” voeg sy

by. “As toerismekantoor is ons ge-weldig bekommerdoor die situasie.”

VolgensVincentAndries,bestuur-der van die Doulos Trust wat al by-kans ’n dekade onder werkloses enhaweloses werk, is drank en dwelmste blameer vir die situasie waarinbaie van die haweloses hul bevind.

Die Doulos Trust bied verskeieprogramme aan waardeur hy pro-beer om mense van die strate te kryen weer met hul families te verenig.

Haweloses word dikwels in hulkwaad gesterk deur mense wat geldaan hulle gee, meen Andries. Hy vrainwoners om Doulos eerder te naderom mense by te staan. Die organisa-sie kan by 072 668 8245 bereik word.

Die Langeberg-munisipaliteit konteen druktyd nie reageer op die Ga-zette se navrae nie, maar het onder-neemom later kommentaar te lewer.

Haweloses wat die area langs Voortrekkerweg in Robertson hul tuiste maak, is ’n bron van kommer vir verskeieinwoners van dié dorp. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

Inwoners is onder meer bekommerd oor die swak indruk wat haweloses, wat dikwels oop en bloot op diesypaadjie lê en slaap, op besoekers het.

Die heining langs die spoorlyn dien dikwelsas wasgoeddraad.

’n Hele gesin woon na bewering langs diespoorlyn.

Page 2: Breederivier gazette 28 jan 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 28 Januarie 20142

Motolek­span wilgemeenskap dienWat is jounaamenvan?Charl vanderMer-weWat is jou onderneming se naamenwaar

is dit geleë? Motolek, Adderleystraat, Ro-bertson.Watter tipe onderneming is dit? Auto-

elektriese werkswinkel.Wat is jou gunsteling produk of diens?

Ons werk op plase aan trekkers, vragmo-tors, ens. en ook aan motorvoertuie.Wanneer en hoe het jy jou onderneming

begin? Ek het die onderneming in 1999 aan-gekoop.Waar sien jy jou onderneming oor vyf

jaar? Steeds aan diens vir die gemeenskap.Wat is jou onderneming se motto? Diens

aan kliënte deur drie goed gekwalifiseerdevakmanne.Gehaltediens isonsslagspreuk. Die bekwame Motolek-span. Van links is Eddie Pake, Hein van der Merwe, Alan Moree, Willie Needham en Charl van der Merwe.

Graham Beck parade starts harvestItwasaseaofcolour,flairandlaughterthataccompanied the official start of the har-vest at Graham Beck Wines.

As usual the first load co-insides with a pa-rade bringing the first load to the cellar, wherethe grapes are blessed and then handed overto the cellar team, after which the harvest getsunderway.Over the years it has become a parade not

tobemissed.Fromrealhumblebeginningsthisharvest parade has become quite a spectacle.Eachyear thevineyardandfarmteamscome

up with a topic for the parade. This year thetheme was “The Game Reserve Range”.The parade starts as soon as the first load

of grapes has been harvested. This year’s har-

vestkickedoffwithayoungblockofpinotnoir.The theme for this year’s parade is based on

a recently formed partnership between Gra-ham Beck Wines and the Wilderness Founda-tion.Thispartnershipwillnotonlybenefitcon-servation efforts at The Graham Beck PrivateNature Reserve, but will also help with fundraising to support the conservation of Africa’swilderness and wildlife on a bigger scale. Forevery bottle of The Game Reserve wine that issold, R3 will be donated to The WildernessFoundation.Next year will see the silver jubilee of har-

vests – the 25th Harvest for Graham BeckWines. According to Pieter Ferreira, cellar-master since 1991, this is already an event eve-ryone is looking forward to.

The start of the harvest at Graham Beck Wines is always accompanied by the harvest parade.

The colourful parade is one of the highlights on thecalendar at Graham Beck.

The theme for this year’s parade was “The Game Re-serve Range”.

) Experience the soul of Celtic spiritualitythrough myth, picture, drawing and contem-plation while at the same time enjoying theabundance of the summer gardens at Temenoswith the Lands of the Living Heart experiencefrom31 January to 2 February. Formore infor-mation,phoneBriarGrimleyon0 023 625 1009or 072 833 7228. Bookings at [email protected].

) Enjoy a touch of Blues with Harpdog Frost(RobNagelandAlbertFrost)atapicnicconcertat RainbowGlen,MontaguWest on 2 Februaryat 16:00. Tickets cost R100 (children under 16free). Bookings: 0 023 614 1294 or 072 893 8388.

) Arno Cartsens tree op 12 Februarie by dieAshtonKelderop.KaartjieskosR150.Bespreekby 0023 615 1135.

) Valentine’s Harvest Moon met Ann Jangle.Geniet ’n piekniek met blues en rockmusiekop 14 Februarie by Wolfkloof. Besprekings:0 074 339 5008.

) Jennifer Zamudia tree op 19 Februarie om19:00bydieBurnardHotelBrandwacht,Worce-ster, op. Kaartjies kos R80 elk. Bespreek by0 072 268 3299 of [email protected].

) Nataniël treeop1Maartom20:00bydieEike-saal buite Rawsonville op. Kaartjies kos R150tot R200 en is van 1 Februarie beskikbaar. Virnavrae, bel Charmaine Carstens of Grieta vanRhyn by 0 023 344 3040 of 082 451 2231.

Page 3: Breederivier gazette 28 jan 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 28 Januarie 2014 3

Geliefde Robertsonnersterf ná bakkie brandHILDERINE SCHRÖDER

Die dood van ’n geliefdeinwoner van RobertsonhetValleiersmet skokenbaie vrae gelaat.

APHuman (64) is verledeDonderdag dood in sy bak-kie indieOubergpas, sowat27 km buite Montagu, aan-getref. Dit wil voorkom ofdie voertuig aan die brandgeslaan het.Human se dood het as ’n

geweldige skok gekom, sêsy skoondogter, Elana Hu-man. Hy was op pad terugvan die Karoo ná hy daar-heen is nadat hy gehoorhetdié area lyk besonder mooina onlangse reën.“Hywas geweldig lief vir die Karoo,” vertel

Humanoorhaarskoonpa,alombekendasoomApie.Hysal onthouwordas ’ngemeenskapsmens

wat geliefd was onder een en elk wat sy padgekruis het. “Hy was enig in sy soort en souuit sypadgegaanhet omsymedemens tehelp.Hy het regtig ’n hart vir die gemeenskap ge-had.”

Human was ook ’n be-kende in duiwewedvlug-kringe ná hy vir baie jareaan dié sport deelgeneemhet. Al het hy onlangsweens gesondheidsredesaan dié sport onttrek, hethy steeds nou bande metander deelnemers gehaden is hy gereeld saam nawedvlugteomsyvriende teondersteun.Human, sê sy skoondog-

ter, het ’n passie gehad virdie natuur enwas ook baielief vir hengel en kamp.“Hy is regtig onvervang-baar,” voeg sy by.Human laat sy vrou,

Daphné, seun Albert envierstiefkinders,Annema-

rieStemmet,BrianCookson, Jennifer leRouxen Menél Johnson agter.’nRoudiens is reedsdieafgelopenaweekvir

hom gehou.Volgens sers. Suria Meyer, woordvoerder

vanMontagu-polisie, is dit in hierdie stadiumonduidelik wat daartoe gelei het dat Humanse voertuig aan die brand geslaan het.Die saakword steeds deur die polisie onder-

soek.

Wyle AP Human FOTO: VERSKAF

’n Bekende inwoner van Robertson, AP Human, is verlede week oorlede ná sy bakkie vermoedelik in dieOubergpas buite Montagu aan die brand geslaan het.

DBV het probleme met lyneHILDERINE SCHRÖDER

Die herhaaldelike diefstal van telefoonlyneis besig om die werk van die plaaslike diere-beskermingsvereniging (DBV) ernstige ska-de te berokken.Kabeldiefstal, sê Lesley Beviss-Challinor,

inspekteurbydieWynlandDBV,veroorsaakdat die DBV nou ander opsies oorweeg omte verseker dat effektiewe diensleweringvoortgesit kan word.Die DBV het gedurende Desembermet die

hande in die hare gesit ná die telefoonlynenadieinstansievirdiesoveelstekeerdie jaargesteel is. Ná die DBV vir bykans ’n weeksonder ’n telefoonmoesklaarkom, isdie lyneherstel, maar is dit enkele dae later weer ge-steel, sê Beviss-Challinor.Die stand van sake is vir die DBV ’n groot

bron van kommer. Dit lei nie net tot frustra-sie onder inwoners van die omgewing nie,sê Beviss-Challinor, maar het ook tot gevolg

dat dieDBVnie tot die reddingvandierekankom wat hulp benodig nie. “Mense kon onsvir lang tydperke glad nie in die hande krynie enons is veral bekommerdoordie impakwat dít op diere kon gehad het.”Hoewel die DBV oor ’n ná ure nommer be-

skik, het die kabeldiefstal daartoe gelei datdiénommerse stempos sóoorlaai is datmen-se later ook nie meer boodskappe kon laatnie.Hoewel die DBV se landlyn tans weer in

’n werkende toestand is, ondersoek die in-stansie nou alternatiewe diensverskafferswat nie afhanklik is van telefoonkabels nie.Die instansie wil egter sy bestaande nom-mer, 023 615 2241, behou aangesien dié nom-mer reeds wyd geadverteer word, in die tele-foongids gelys is en ook agterop baie troetel-diere se identifikasieplaatjies is.Indien die DBV nie op sy landlyn bereik

kan word nie, kan Valleiers na 083 275 8101bel.

Inbellyn vir verslaafdesValleiers wat probleme met alkohol- endwelmverslawing ondervind, kan hulle nouna die Langeberg Substance Abuse ActionGroup (LSAAG) se nuwe tolvrye inbeldienswend om hulp te kry.LSAAG streef daarna om ’n alkohol- en

dwelmvrye Langeberg-area te help ontwik-keldeur te fokusopvolhoubarebenaderingstot voorkoming, behandeling en nasorg.Die inbeldiens is onder meer een van die

projekte wat daarop gemik is om die pro-bleemvandwelm-enalkoholverslawingaante spreek.Inbellers sal deur opgeleide vrywilligers

bygestaan word wat hulle na organisasiesin die Langerberg-area sal verwyswaar hul-le hulp vir hul probleme kan ontvang.Die inbellynhetamptelikopWoensdag (22

Januarie) om 17:00 geopen. Die inbeldiensisMaandae tot Vrydae van 17:00 tot 20:00 be-skikbaar en opSaterdae enSondae van 08:00tot 17:00.LSAAGis tansookopsoeknavrywilligers

ouer as 18 jaar om by dié organisasie aante sluit.EnigebelangstellendeskanMagdalJaftha

by 023 626 1833 of 074 585 2645 bel of ’n e-posna [email protected] stuur.

Page 4: Breederivier gazette 28 jan 2014
Page 5: Breederivier gazette 28 jan 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 28 Januarie 2014 5

Distrik vereer sytopmatrikulanteHILDERINE SCHRÖDER

Om te leer is ’n lewenslange proses. Dit moetnooit beskou word as afgehandel nie.Dít was die boodskap van die Wes-Kaapse

minister van onderwys, Donald Grant, by ’nglansgeleentheid waartydens die KaapseWynlandOnderwysdistrik se topmatrikulan-te vereer is.Die geleentheid, wat in samewerking met

die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteitaangebied is, is verlede Woensdag (22 Janua-rie) indieWorcesterStadsaalgehouenisdeurhooggeplaastes, waaronder die burgemees-ters vandie onderskeiemunisipaliteite in dieKaapseWynlandDistrik, sowelas leerders enhul ouers bygewoon.Grant het die leerders geloof vir hul presta-

sies en gesê die streek het vanjaar opnuut ’ntoename getoon in die aantal matrieks wathul finaleeksamenmetbaccalaureus-vrystel-ling geslaag het.“Dié prestasie gee aan jongmense beter le-

wenskanse omdat dit hulle in staat stel omvir hoër onderwys aansoek te doen. Dit is virons as provinsie geweldig verblydend.”Die Kaapse Wynland Onderwysdistrik se

prestasie in die matriekeksamen was bo dieprovinsiale gemiddelde, ’n groot pluimpie virdié distrik en aanduidend van die gehalte on-derrig in die streek, het Grant bygevoeg.VolgensGrantisdaartansslegstweeonder-

presterende skole in die distrik en is die on-derwysdepartement reeds in die proses omdié situasie aan te spreek.Leerders van altesaam 59 skole is tydens

verlede week se geleentheid met sertifikatevereer.KarinvanWyk, ’nsiggestremdeleerderaan

die Pionierskool opWorcesterwat onlangs asdie top-siggestremde student in die land ver-eer is, het tydens die geleentheid hulde aanleerders ouers en onderwysers gebring wathulle bygestaan het om hul prestasies te be-reik.Vir die Langeberg-area is BeaWentzel (Ho-

erskool Bonnievale), Izak Julies (LangebergSekondêr), Ndaliso Lumka (Masakheke Se-kondêr), Bradwill Jansen (McGregor Wal-dorf),DanicavanderMerwe (HoërskoolMon-tagu) en Eleanor Neethling (Hoërskool Ro-bertson) vereer.

Die Langeberg-distrik se topleerders is verlede weekby ’n toekenningsgeleentheid vereer. By die geleent-heid was (voor, van links) Diana Gagiano, uitvoeren-de burgemeester van die Langeberg Munisipaliteit,Donald Grant, Wes-Kaapse minister van onderwys,en raadsheer Neels de Bruyn, uitvoerende burge-meester van die KaapseWynland Distriksmunisipali-teit. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Page 6: Breederivier gazette 28 jan 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 28 Januarie 20146

Kollegas groet sr. CathyHILDERINE SCHRÖDER

Sy sal onthou word as ie-mandwat almal omhaargeïnspireerheten inbaiemense se lewens ’n ver-skil gemaak het.

Só is wyle Cathleen Padi-achy, beter bekend as sus-ter Cathy, verlede Vrydag(24 Januarie) tydens ’n rou-diens deur kollegas ont-hou.

Die diens by die Robert-son-polisiekantoor, waarPadiachy vir sowat sewejaar ’n reservis was, is deurfamilie, kollegas en ver-skeie polisiebeamptes by-gewoon. Sy is verledeMaandag (20 Januarie) oorlede.

Padiachy (69), wat ook ’n vrywilliger wasvan die polisie se slagofferbemagtigingspro-gram, is geloof vir die reuse impak wat sy ophaar medemens gehad het.

“’n Mens kon haar enige tyd van die dag ofnag bel,” sê kapt. Marchel Klaasten, wat nousaam met Padiachy gewerk het. “Ons sal veralhaar bereidwilligheid mis.” Padiachy, voeghy by, het nie net hard as reservis en vrywilli-ger by slagofferbemagtiging gewerk nie, maarhet ook nie geskroom om by elke projek vandie polisie se eenheid vir gemeenskapsmis-daad betrokke te raak nie.

Klaasten beskryf Padiachy as iemand wat’n ma vir almal was wat haar pad gekruis het,nie net slagoffers van geweld nie, maar ookhaar kollegas. “’n Mens kon met haar oor enig-

iets praat.” Boonop, sê hy,het sy ook ’n vlymskerp sinvir humor gehad.

Nog ’n kollega, ao. HeiniWentzel, beskryf Padiachyas iemand wat haar uitge-leef het in dít wat sy doen.“Dit mag dalk vir reservis-te lyk of die werk wat hulledoen nie iets beteken nie,maar sonder hulle is daar’n groot leemte,” het hy ge-sê.

Padiachy, sê ao. CydwelDamons, wat ook nou methaar saamgewerk het, was’nuniekestukkiemenswataltyd vol idees was om mis-daad te bekamp. “Sy hetkans gesien vir baie. Win-ter of somer, sy was altyd

op haar pos. Haar dood is vir die reserviste’n groot verlies.”

Volgens Elsie Wagenaar, wat as vrywilligersaam met Padiachy by die slagofferbemagti-gingsprogramgewerkhet,hetalhaarkollegasopgekyk na haar. “Sy was ’n sterk vrou, eenvandieBybelsevroue,wataltydvanvoorgeleihet. Sy het haar werk met passie gedoen. Hier-die werk is nie altyd maklik nie, maar deuralles het sy altyd staande gebly deur God.”

Padiachy, wat vir elk van haar kollegas ’nbynaam gehad het, sal onthou word as diemens met die groot glimlag, aldus Wagenaar.“Haar stem gaan nou stil wees. Haar plekleeg.”

Padiachy laat naas haar man, Justice, ookagt kinders (drie seuns en vyf dogters), viersusters en twee broers agter.

Lede van dieRobertson-polisie-slagof-ferbemagti-gingsprogramwas onder dietalle kollegaswat verledeVrydag ’nemosioneleroudiens virwyle Cathy Pa-diachy byge-woon het.FO-TO: HILDERINESCHRÖDER

Cathy Padiachy

Ongelukinligting verkeerdDie Gazette het verlede weekverkeerde inligting ontvangmet betrekking tot ’n ongeluktussen Ashton en Robertsonwaarin twee mense ernstig be-seer en nog sewe ligte beseringsopgedoen het.

Daar is berig dat die ongelukverlede Maandag tussen ’n taxien bakkie plaasgevind het. Diebotsing het egter plaasgevind

tussen ’n taxi en ’n Isuzu-vrag-motor. Die taxi het na beweringprobeer om die vragmotor ver-by te steek toe laasgenoemderegs gedraai het by die ingangna ’n plaas en die taxi gevolglikteen die vragmotor vasgery het.Die Gazette vra om verskoningvir enige ongerief wat deur diefoutiewe inligting veroorsaakis.

Page 7: Breederivier gazette 28 jan 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 28 Januarie 2014 7

Maanlig en musiekvir ValentynsdagWolfkloof noem dit ’n Valentine’s HarvestMoon Soirée. Dié wyn- en vrugteplaas wat be-kend is vir troues ,bied gereeld op volmaan-aande (wanneer die wolf soms teen die rand-jies te sien is) musiekaande aan.

VanjaarisValentynsdagbaiespesiaal,aan-gesien dit op Vrydag val en dit dán boonopvolmaan is.

Om dié geleentheid te vier sal Ann Janglegaste met haar blues en rock vermaak. Haarvertoning sal voorafgegaan word deur verto-nings deur twee plaaslike groepe, die NextStep Dance Company van Ashton en ’n jongorkes, Chakalaka Boys, van Graham Beck.

Buiten vermaak deur die kunstenaars enuitstekende klank en beligting deur PrimeAudio, sal gaste ook getrakteer word op ’nverwelkomingsdrankie.

Die feestelikheid vind onder die sterreplaas en gaste kan uitsien na Jeanne Kanne-meyer se heerlike piekniekspyskaart wat ’nmango- en steurgarnaalslaai, gekarameli-seerde uie- en sampioentertjie, of spek- enkoeskoesslaai, spek-, spinasie- en kaasslaai,vleis,sosatiesenietssoet insluit.Diegenewatoesters saam met hul piekniekmandjie wil hêmoet vooraf bespreek.

Ann Jangle, wat tans werk aan haar tweedealbum, is bewys daarvan dat dinamiet inklein pakkies kom. Buiten haar sterk blues-stem,ishaarorkeseweveelsydigenkangasteuitsien na klanke van die saksofoon, mond-fluitjie, akoestiese- en baskitaar en dromme.

Die aand sal afsluit met ’n vuurwerkverto-ning. Kaartjies kos R170 per persoon en sluitdie piekniekmandjie in. Vir navrae of bespre-kings, bel Jan Kannemeyer by 074 339 5008.

Ann Jangle

Page 8: Breederivier gazette 28 jan 2014

Breederivier Gazette Leader - Hoofartikel Dinsdag 28 Januarie 20148

Plakkery moetend kryOnwettige plakkery en haweloses is menigemunisipaliteit se kwelling.OokRobertson,wat ’n paar jaar gelede as die

skoonste dorp in Suid-Afrika aangewys is, hetnie dié probleem vrygespring nie.Haweloses en onwettige plakkers het nou

selfs dié dorp se hoofweg hul tuiste gemaak.Inwoners van dié pragtige dorp is bekom-

merd dat die huidige stand van sake hul dorpse status as toeriste-aantreklikheid skade kanberokken. Nie net het die getal haweloses toe-geneem nie. Daar word nou selfs wasgoed aandie draad langs die spoorlyn opgehang.Die toename in haweloses wys dat daar ’n

tekort aanwerk enbehuising is. Daar sal daad-werklik opgetree moet word om toe te sien datdiewerkloosheidsprobleemaangespreekworden dat inwoners waar moontlik van behuisingvoorsien word. Dít sal die hawelose-probleemoplos en ook aan die dorp sy skoonste dorp-sta-tus terugbesorg.

Elke eerste skooldag vir elkeen uniek en onvergeetlikMetdie feesdaeagterdie rug, isditweerdaar-die tyd van die jaar. Skool-toe-gaan tyd!Vir menige grondslagfase-onderwyseres

kan die eerste skooldag ookmaar ’n nagmer-rie wees. In baie gevalle het sy nie net haarhande vol om die nuwelinge in haar klassiete kalmeer nie, maar sukkel sy ook met ’nmamma of twee wat swaar afskeid neem vanhul bloedjies.Dis egter hiérdie bekwame opvoeder wat

presiesweethoeomaltweepartye tekalmeeren gerus te stel wanneerma se trane dikwelsnog voor haar kind se trane loop.’n Paar jaar gelede was daar op ’n eerste

skooldaggeenmooierprentjieas ’ndogtertjieinhaarspierwitbloesiewat syonder ’n swart(of watter skoolkleur ook al) springjurk ge-dra het nie.Met haar skooltassie in die hand,kort, wit sokkies, blinkswart skoolskoene ennetjies gevlegte haartjies met oopgestryktelintewat instrikkegebindis,wasdieprentjieafgerond.

Die springjurkwas, na my mening,tog maar ’n baie net-jiese skooluniform.Wat van die haas-

bek seuntjie in syvaal, kort skool-broek met blink ge-poetste skoene en syrugsakkie? Dán wasdit natuurlik baie belangrik dat die paadjiein sy hare oop en reguit moes lê.Vir baie plaaskinderswat nog te voet skool

toe moes loop, was dit maar moeilik om net-jies by die skool aan te kom enwas die hardewerk om netjies te lyk baie keer tevergeefs.Na etlike kilometers te voet en voertuie watverby jaag en groot stofwolke agterlaat, wasdit maar moeilik om netjies by die skool aante kom.Baie dinge het verander, maar daar is tog

sekere goed wat in ons ouer garde se geheue

ingebrand was.Kan mens dan ooit

die reuk vergeet watjou begroet het toe jydie klaskamer binne-gestap het? Die ge-mengde reuk vanboeke, potlode en vet-krytmaakelke eersteskooldag vir elkeen

uniek.Die reuk van ’n nuwe boek toe jy dit vir

die eerste keer oopgemaak het, kan jy nooitvergeet nie. En dan daardie wonderlike ge-voel toe jy jou eie sitplekkie langs jou nuwemaatjie agter die kindertuintafeltjie inge-neem het . . . Vandag is dit kindertuintafel-tjies, daardie tyd was dit tweesitplekbanke.En dan is daar die pragtige, vriendelike juf-froumet haarmooi, innemende glimlag, watMamma se plek vierkantig vul en wie sewoord baie swaarder weeg as Mamma se

woord, vir wie jy sommer onmiddellik liefraak.Kanmens dan ooit vergeet hoe Juffrou die

nuwelinge geleer het hoe belangrik dit is omin netjiese rye te staan en ook so die klaska-merbinne te gaan?Alleswat Juffrougesêhetof wou hê jy moes doen was reg en goed.Daardie eerste prent wat jy gekry het om

in te kleur het jou ’n goue sterretjie teen jouvoorkop besorg wat jy met trots vir die heledag gedra het.’n Groot lekkerte was die oomblik toe die

skoolklok die begin van pouse aangekondighet.Dit was die tyd om jou kosblikkiemet trots

oop temaaksodatalmalkonsienwatterheer-like lekkernye daarin was.Vandagkanons as oumas en oupasnetmet

heimwee terugdink aan ons eerste skooldagvan jare gelede en vertrou dat ons nageslagook mooi herinneringe van hul eerste skool-dag sal saamvat die toekoms in.

RubriekRubriek

Skaam oor toestand van kerkieSkaam oor toestand van kerkieEk is gevra om Saterdag 2 November 2013die blomme te doen vir ’n troue. Die bruidis reeds sewe jaar in die buiteland, sy isreedsgetroudenwouhêhulSuid-Afrikaan-se troue moes spesiaal wees. Sy kies dieMyrtleRiggkerkdaarvoor.DieMyrtleRiggkerk is een van die besienswaardighede inBonnievale.Met die uitklim uit die motor sak my

moed in my skoene. Die tuin is vuil. Diegras is nie gesny nie en die onkruid staankuithoogte onder die bome.Die irisse isklaargeblomenalwatoorbly

is die droë, dooie blomme.Met die intrapslag staan die verestoffer

in die voorportaal. Al die kerkbanke is totvoor in die kerk teenaan mekaar gestoot.Nou moet ek vrou alleen hierdie bankeregskuif. Moet tog net nie probeer om dit

te sleep nie, want dan val van hulle uitme-kaar.Myskoenmoetdienashammerwaarvan

die spykers losgekom het. Twee van diebanke kan ek nie aanbeveel as veilig virgaste om op te sit en die ry word afgebakenmet blomstaanders.Metdieaankomvandiegastegebruikeen

van die ouer vroue die pilaartjie as stut.Vinnigmoes ek gryp of die klip val op haarvoete.Na verneem word lek die dak ook nog.Dan kom hierdie kerkie nie verniet nie,

nee dit word verhuur.Nou wil ek weet; wie is verantwoordelik

vir hierdie kerkie se behoud?Ek was skaam oor die toestand van die

kerk.ELZETH MATTHEE

’n Span so na aan my hart’n Span so na aan my hartEkwilgraagbaiedankiesêaanBolandMotors,Robertson, vir hul harde werk en ’n spesialedankie aanWilliamJ.Rennison.Hyhetnienet’n ekstramyl geloop nie,maar ’n hele paarmy-le.Rennison het elke beloftewat hy gemaak het

nagekom en alles was op tyd. Die span by Bo-landMotors is ’n aanwins vir Robertsoners endie omgewing. Rennison is eerlikwaar ’n per-

soon wat na sy kliënte se behoeftes omsien enhul belange op sy hart dra.Weereens baie dan-kievir jullemoeitemetdiekoopvanmybakkie.Julle is een uit ’n miljoen. Ek sal met vertroueBoland Motors kan verwys aan enige persoonwat ’n voertuig, nuut of tweedehands, wil be-kom.

CHRISTO GAYBBA

Thanks for supportThanks for supportThe members of the board of the Bram CareCentre (BCC) inAshtonwould like to thank alldonors and volunteers who have given of theirtimeandmoneytokeepBCCafloatduring2013.We really appreciate your support. Have ablessed 2014.

BRAM CARE CENTRE, ASHTON

PAMPOENBIELIE: Irene (6) en Willem Daniel (9) van die plaas Appelsdrift in Le Chasseur het speelen swem gedurende die snikhete Desembervakansie geruil vir harde werk in hul groentetuin. Hierdiemoeite het ’n bielie van ’n pampoen van 12 kg opgelewer.

Dankie vir bydraeDankie vir bydraeDankie aan almal wat na ons kersliggies komkyk het gedurende die feestyd. Baie dankie viral die mooi komplimente asook al die bydraes.Dit was ’n absolute voorreg om soveel hartebly te kon maak en vreugde aan almal te konverskaf.Asditonsbeskore is,maakonshierdiejaar weer so!Lucas en Lynette Labuschagne, Waterkanstraat,

20. Robertson.

Pluimpie en griefPluimpie en grief) ’n Soetwyn aan die Langeberg Munisipali-teit vir die vinnige herstel van die pad naWolf-kloof.

) ’nSuurpruimaandiedokterbydieRobert-son-hospitaal wat voorverlede Saterdag-aand (18 Januarie) aan diens was. Dokter, jyhet ons verstommet jou onprofessionele en on-beskofte optrede teenoor pasiënte in hul weer-lose oomblikke. Gelukkig kon ons kies om el-ders te gaan. Jy was beslis nie ’n toonbeeld virdie professie nie.

Page 9: Breederivier gazette 28 jan 2014

Breederivier GazetteAdvertisement - AdvertensieDinsdag 28 Januarie 2014 9

Page 10: Breederivier gazette 28 jan 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 28 Januarie 201410

SELFVERTROUE DEUR BALLET: Ballet hou baie voordele in. Dit bevordergoeie postuur en sorg dat spiere lank en lenig ontwikkel, stabiliseer balansen houding en sorg so vir meer selfvertroue. Boonop is ballet ’n kreatiewedansvorm en een van die beste vorms van oefening om jou soepel tehou en spiere te versterk. Dit is balletonderwyser Karlien Kriel se visieom kinders deur die ballet te leer om hul potensiaal te ontdek en teontwikkel

FYNTRAP: Dans hou ’n wye reeks voordele in. Dit hou die liggaam enbrein aktief wat baie belangrik is vir alle ouderdomme, bevorder soepel-heid en help om spiere en gewrigte gesond te hou. Dans leer jou oorjou liggaam en verbeter postuur en balans, terwyl dit kinders kan helpbou aan hul selfbeeld en selfvertroue. By die Robertson Dansskool krykinders die geleentheid om hulle kreatiwiteit met beweging uit te leef.

STEP UP! Danza la Vida school of dance, owned and run by DaniqueFullard, focuses on providing fun and professional dance classes to chil-dren of all ages (three years to Grade 12). The classes are a mix ofmodern, ballet, lyrical, jazz and contemporary dance styles. The schooloffers AIDT modern exams (medals and full exams) for dance studentsas well as opportunities to participate in the Danza la Vida productionand in other competitions and festivals.

PRET BY PLAASWERF: By die Plaaswerf Dagsorgsentrum word kindersgehelp om in totaliteit te ontwikkel tesame met ’n grondslag vir goeiewaardes, dissipline enmaniere. Plaaswerf bied ’n volledige ouderdomsge-baseerde opvoedkundige program, wat goedgekeur is deur die departe-ment vanmaatskaplike ontwikkeling, tesamemet klasgerigte opvoedkun-dige aktiwiteite asook sportontwikkeling. Sportslim, ballet, swemlesse,perdry, bak- en brouklasse, minitennis, rugby en netbal is maar ’n paaraktiwiteite wat hiér op kleingoed wag. Babafasiliteite (beperkte plekke)is ook beskikbaar. Alle klasse en aktiwiteite is gebaseer op Christelikebeginsels en waardes en word aangebied deur opgeleide personeel.

LEER SPEEL-SPEEL: By Kinderland leer kleingoed deur spel. By dié op-voedkundige instansie word alle aspekte van kinderontwikkeling gestimu-leer. Kinderland se goed-beplande program het ’n sterk terapeutieseaanslag en sluit alles van sensoriese stimulasie vir babas tot ’n deeglikeg.r RR-program in wat op ’n prettige manier aangebied word.

DRAMA: The Helen O’ Grady Drama Academy is an inspired internationaldrama program originally developed 30 years ago in Australia and hassince spread worldwide. The program within the academy is tailor-madeto meet the needs of each developmental age group. It is designedto develop ongoing confidence and self-esteem, skills in verbal communi-cation, effective social interaction and creativity. It is vitally importantthat these self-development skills are learnt at an early age as theseare the building blocks to children’s future social and business interac-tions. Young people at the academy are encouraged in a warm, safeenvironment to use drama to help develop these skills which are soessential for happiness and success later in life. For classes in Montagu,Robertson and Worcester, call Alexandra Gibaud on 082 934 7147 oremail [email protected].

Page 11: Breederivier gazette 28 jan 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 28 Januarie 2014 11

IN DIE SAAL: Die Horses@Heart ryskool bied lesse virjonk en oud, beginners en ervare ruiters. Die ryskoolbied ook vakansiekampe aan, sowel as perdryritte virbeginners tot ervare ruiters. Horses@Heart het ook vol-dag ritte wat ’n piekniek insluit vir daardie spesialegeleenthedesoosherdenkingsenValentynsdag. Perdeis ook beskikbaar op half- of vol uur opsies. Vir navraeof besprekings, kontak 076 416 2956 of stuur ’ne-pos na [email protected]

VERBETER KONSENTRASIE: Gee jou kind ’n voorsprongdeur hom of haar karate-afrigting te laat kry. SenseiNico Drake rig al vir langer as 20 jaar sport- en selfverde-digingskarate in die Langeberg-area af. Hy is ’n gesertifi-seerde liggaamsoefening-instrukteur en visepresidentvan Boland Allestyle Karate. Sensie Drake gee afrigtingvir kinders vyf jaar en ouer sowel as vir volwassenes.Sy fokus by die voorskoolse groep is op konsentrasieen hand-oog koördinasie. Hierdie sport word ook aanbe-veel deur arbeidsterapeute wat kinders na hom verwys.

STIMULEER ONTWIKKE-LING: By Mini Mensewoon ouers een keer ’nklassie saam met hul ba-ba of peuter by. Ouersontvang opleiding enidees by die werksessiesoor hoe om hul kind vol-gens sy of haar ontwikke-lingsvlak te stimuleersonder om sekere fasesvan ontwikkeling uit telaat. Só leer ouers omvanvroeg reeds ’n spesialeband van vertroue methul kind te vorm en elkeoomblik te koester. Vir fo-to’s en meer inligting, be-soek die Mini Mense-webtuiste by www.mini-mense.co.za.

VAARDIGHEDE GESLYP: Little Jo bied ’n program aan wat jaarliks nuut uitgewerk word en aktiwiteite bevatwat spesiaal ontwerp is om die verskillende vaardighede van ’n bepaalde ouderdomsgroep te stimuleer.Afrigters kry jaarliks nuwe opleiding. Belangstellendes word genooi om ’n gratis klas by te woon om tesien wat Little Jo alles aanbied. Indien ouers nie self die klasse kan bywoon nie is ’n bekwame assistentgratis beskikbaar.

SPORT VIR VAARDIGHEDE: Playball is die eerste pro-gram wat die ontwikkeling van lewensvaardighededeur middel van sportvaardighede erken en aktiefinkorporeer.Dieprogrammaakgebruik van ’naparteleerplan vir elke ouderdomsgroep wat volgens ont-wikkelingsmylpale ontwikkel is, sodoende word ver-seker dat effektiewe leer kan plaasvind omdat dieinhoud nommerpas vir elke kind is.

SKOOLGEREED DEUR SPORT: By Sportslim word daarop kleingoed se skoolgereedheid gefokus. Hiér wordleer pret gemaak met bal- en ligaamsontwikkeling,gekombineer met die skool se jaarprogramme, waarkinders se ouditiewe vaardighede ontwikkel word deur’n liedjie, rympie of speletjiewat in dieSportslim-groepgeleer word. Die program help kinders ook om slimte speel en slim te dink. As kinders van ’n vroeë ouder-dom leer om te konsentreer en ook wat van hom ofhaar verwag word, is die leerproses soveel vinniger.Sportslim-programme word met tyd en baie liefde bykleingoed vasgelê.

Page 12: Breederivier gazette 28 jan 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 28 Januarie 201412

Skryf in vir RelayOf jynououd isof jonk, vet ofmaer, loop ofkruip, sorg datjy vanjaar deelis van die Kan-kerverenigingvan Suid-Afri-ka (Kansa) seRelay for Life.

Cansa RealyFor Life Lange-berg vind van-jaar op 1 Maartplaas.Op dié beson-

dere deurnagge-leentheid kryspanne die ge-leentheid omvolgens ’n temavan hul keuseaan te trek, huleie spankreet tekry en dan om die beurt om diebaantestap,draf,hopofkruip,netsoos hul wil.Relay for Life is ’n geldinsame-

lingsgeleentheid ten bate vanKansaendaaropgemikombrood-nodige geld in te samel vir diestryd teen kanker en almal watdaardeur geraak word.Kansa lewer ’n wye reeks dien-

steasooknodige itemssoosdoeke,voedingsmelk en vele ander pro-dukte wat die lewe vir ’n kanker-lyer effens makliker maak.Relay forLife, ’nwêreldwye ini-

siatief wat van Amerika na Suid-Afrika oorgespoel het, is een vanKansa se grootste geldinsame-

lingsgeleent-hede.Die deurnag-

geleentheid,waaraan kan-keroorwin-naars ook deel-neem, is sim-bolies daarvandat kankernooit slaapnie,maar ook datdaar hoop is.Een van die

hoogtepuntebydieRelayforLife-geleent-heid is die lu-minaria-sere-monie. Met diéseremonieword die ple-sierigheid vir’nwyleopsyge-skuif vir ’n ge-

wyde oomblik wanneer honderdekerse aangesteek word ter gedag-tenis aan geliefdes wat die strydteenkankeroorwinofverloorhet.Hierdie jaar hoop Kansa se

plaaslike kantoor om altesaam10 000 sakkies die aand van RealyFor Life op die Robertson-skou-terrein uit te pak.Hoeweldiedeurnaggeleentheid

eers in Maart plaasvind, moedigdie organiseerders die gemeen-skapaanomnoual die luminaria-sakkies, beskikbaar teen R10stuk, aan te koop.Virnavraeofmeerinligting,bel

Anne-Marie du Plessis by023 616 3510 of 082 337 2737.

Cansa Realy For Life Langeberg vindop 1 Maart plaas. Organiseerders vandie geleentheid hoop om vanjaar ’n vol-le 10 000 luminaria-sakkies tydens diéspesiale geleentheid uit te pak.

Polisie soek inligting oor noodlottige ongelukDie Montagu-polisie soek na enigie-mand wat kan lig werp op ’n ongelukwat gedurende Augustus verlede jaarplaasgevind het.

Jacob “Appeltjies” Swarts (54) isdood ná hy vermoedelik langs die Bar-rydale-pad raakgery is. Die polisiedoen ’n beroep op enigemoontlike oog-

getuies van die ongeluk om die onder-soekbeampte, spearao. Frikkie Conra-die by 0 079 894 1784 of 023 614 8316 tebel.

Besoek loopbaanuitstallingJongmense indieLangeberg-areakanbinnekort ’n loopbaanuitstal-ling bywoon waar hulle inligtingoor ’n wye verskeidenheid be-roepsgeleenthede kan bekom.Die loopbaandag word op 13 en

14 Februarie deur die LangebergMunisipaliteit, in samewerkingmet die Kaapse Wynland Onder-wysdistrikkantoor.Sowat 40 verteenwoordigers

van tersiêre opleidingsinstansiessal stalletjies hê in die Callie deWet-saal,waardieuitstallingaan-gebied sal word.

Leerders van gr. 9-12 en hul ou-ers, sowel asdiegenewat reeds ge-matrikuleer het, word genooi omdie uitstalling by te woon.Nuttige inligting omtrent kur-

susse, toelatingsvereistes en aan-soekprosedures sal beskikbaarwees.

Uitstallingsure13 Februarie: 19:15-20:15.14 Februarie: 09:00-13:30.Virmeer inligting, bel Shandré

Abrahams van die Jeugadvies-kantoor by 023 626 2579.

DAGGAVONDS: Die Montagu-polisie het onlangs ’n slag geslaan ná ’nwenk ontvang is dat verdagte persone in die berg buite die dorp daggarook. Kapt. Norman Everson, ao. Kevin Butler en ao.Corne van Wyk hetop die inligting gereageer en is na die toneel waar daar op 4,4 kg daggabeslag gelê is. Die polisie bedank die gemeenskap wat dié inligting aandie polisie verskaf het.

Page 13: Breederivier gazette 28 jan 2014

Breederivier GazetteAdvertisement - AdvertensieDinsdag 28 Januarie 2014 13

Page 14: Breederivier gazette 28 jan 2014

Breederivier Gazette Geklassifiseerd Dinsdag 28 Januarie 201414

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

IN MEMORIAM

1015

BARON SHARNEIGGeb.28/01/2000-Gest.7/01/2014Jou eerste verjaarsdagweg van ons. Sal altyd jouglimlaggie onthou. Van jououers,broers, suster enZano.

STEVENS BRENDONGeb.30/01/1995-Gest.03/12/2013Dis jou eerste verjaarsdagweg van ons. Mamma misjou baie my kind, jy wasmy enigste kind en jouplek is leeg. Maar dieVader weet vanbeter,Mamma dink aan aldie mooi dae wat onssaam was. Liefde Mamma,familie en vriende. Lief virjou altyd my seun.

DANKBETUIGINGS

1020

GRAAG wil ons elkeenbedank vir die handdruk,telefoonoproepe, sms'e,tydens my man , John Jou-bert se afsterwe. In beson-ders vir Hospice Robertsonen AVBOB begrafnisdien-ste. Almal se ondersteu-ning tydens die begrafnis-diens in die VGKLoopstraat, asook vir diekollekte wat opgeneem isvir Hospice. Baie dankieook aan die familie.

TE KOOP

ALLERLEI

1655

BROODPANNE x8 virR100 elk, bakkie traliesmet agterste swaaihek pasop ’n Toyota enkelkajuitbakkie R3 000 elk, 330Ltweedeur vrieskas in wer-kende toestand R3 000,Whirlpool skottelgoed-wasser werkendetoestand R1 800.Skakel 082 473 8427.

SAKE

DIENSTE

2420

NUWE VOORKOMS: Skop die nuwe jaar af met joubeste voetjie voor en bederf jouself met ’n oormaak-sessie by Illusions Haarsalon. Skakel Illusions by0 023 626 1692 om ’n afspraak te maak.

DIENSTE2420

SOMETHINGSPECIAL:Spoil a lovedone with apretty gift fromZingy Z.

Page 15: Breederivier gazette 28 jan 2014

Breederivier GazetteSchools - SkoleDinsdag 28 Januarie 2014 15

NUWE GORDELS: Dié beginnerstudente van die Robertson- en MontaguGoju Kai-karateskool het onlangs suksesvol van hul wit gordels na geelgordels gegradueer.

CSV-BESTUUR: Altesaam 72 kringleiersvan die Hoërskool Montagu se CSV-takhet onlangs opleiding ontvang. Die CSVis die grootste organisasie in die skoolmet ongeveer 460 lede. Deur die CSVprobeer die skool sy leuse, “Sonder Godis alles tevergeefs”, in die skool en dorpuitleef. Tydens die opleidingsgeleentheidis die nuwe bestuur vir die jaar gekies.Op die foto is die nuwe bestuurslede (vanlinks) Cyris Anger, Wilmien Uys (o/voor-sitter), Louise van Rensburg (organiseer-der), Jaimmee-lee Wilschut (voorsitter)en Matthew Odendaal.

SLUIT AAN BY DIE POLISIE! Terwyl daar onlangs groot opgewondenheid onderdie voormalige matrieks van die Hoërskool Montagu geheers het oor die skoolse 100% slaagsyfer, was daar ook ’n bietjie onsekerheid oor die polisie seteenwoordigheid by die skool. Dié kommer was egter verniet. Sers. Suria Meyer,woordvoerder vandieMontagu-polisie, en senior personeeloffisierMosesHolmes(foto) was daar om aansoekvorms aan dié leerders uit te deel wat ’n loopbaanin die polisiediens oorweeg. Die Montagu-polisie wens die leerders geluk methul uitslae en wens hulle alle voorspoed toe vir die toekoms.

LEERDERRAAD: Dié leerders aan die Laerskool Montagu is vir die 2014leerderraad verkies. Agter (van links) is Requelle Johnson, ChristiaanBrand, Jacobus Uys, Isobel Telford, Henry Viljoen en Reshenda Johnson.Voor van links is Carla Enslin, Kyra Conradie, Joa Theron en MichelleIsaacs.

NUWE GESIGGIES: Die Laerskool Montagu spog vanjaar met 48 nuwe gr.1’s.Op die foto is ’n paar van die nuwelinge.

Jongmense belê in toekoms’nGroepjongmensevanMontaguenAshton het onlangs in die Bar-nardsaal opAshtonbymekaarge-kom waar hulle meer inligtingoor studierigtings by dieWeskusFETkollege seCitrusdal-kampusontvang het.

Die groep het by die geleentheidkans gekry om antwoorde op ’n wyeverskeidenheid vrae te kry.Die geleentheid is deur Ashton se

wyksraadslid, Tes deKoker, van dieLangebergMunisipaliteit gereël. Syhelpaldieafgelopetweejaarvoorne-mende studente om vir studies bydie Citrusdal-kampus in te skryf.De Koker het ook Montagu se

wyksraadslid, Jacques Kriel, gena-der omopdie spoor vanvoornemen-de studente van dié dorp te kom. Al-tesaam 25 jongmense het na afloopvandie inligtingsessiediegrootstapgeneemomhulle vir kursusse opCi-trusdal in te skryf. Hulle het reedsna dié kampus vertrek.

Altesaam 25 jongmense het ingeskryf vir studiekursusse op Citrusdal ná ’n inligtingsessie watin samewerking met die Langeberg Munisipaliteit aangebied is.

Page 16: Breederivier gazette 28 jan 2014

Breederivier

Year 18 • 28 Januarie 2014 | Tel. 023 626 5212

Robertson eerstesransel P’berg afDie Robertson-krieketklub hetonlangsmet 159 lopies koning ge-kraai tydens sy tuisveldkragme-ting teen Piketberg.

Robertsonhetdie lootgewenenbe-sluit om eerste die kolf op te neem.Diespanhet ’ngoeie218/7insytoege-late 50 boulbeurte aangeteken.Uitblinkers met die kolf was D.

Philmon (81), W. Abrahim (40) en F.Adams (20).Vir Piketberg hetH. Redelinghuys

(2/44) en R. Maarman (2/37) met diebal uitgeblink.In sy kolfbeurt het Piketberg die

wind van voor gekry en is al sy kol-wersvir ’nskamele59 lopies terugge-stuur kleedkamer toe. Slegs H. Rede-linghuys (21), R. Ockhuis (13) en D.Keyster (12) kon daarin slaag omdubbelsyfers aan te teken.Robertson se boulaanval is van

voor gelei deur sy sneltrein, F.Adams, wat 4/9 in 8 boulbeurte ge-neem het, met Z. Adams wat ook ge-skitterhetmet4/15 in7.5boulbeurte.Intussen moes Robertson se twee-

de span die knie buig teen Tulbaghop laasgenoemde se tuisveld.Robertsonhetdie lootgewenenbe-

sluit om eerste te kolf. Die span konslegs 122 lopies aanteken voor sylaastepaaltjie gekantelhet.N.Padia-chy (27), W. Matthys (26) en L.Willi-ams (27) was Robertson se beste kol-wers op die dag. Net Piketberg seJ.Witbooi kon 7/26 in 10 boulbeurtelaat kantel.Met die kolf in die hand het Tul-

bagh die wentotaal 123/4 in ’n blitsi-ge 25.2 boulbeurte bereik met J. For-tuin (20), H. Jansen (29) en C. Louw(33) wat vir die tuisspan uitgeblinkhet. Vir Robertson het E. Leibrandt4/31 met die bal uitgeblink.

Course for new rulesThe International Association ofAthletics Federations (IAAF) andthe SA Schools Athletics Associa-tion (SASA) recently introducednewcompetitionrules for the2014athletics season.In order to ensure a higher

standard of technical officatingduring the upcoming regional

and provincial championships, aseries of ASALevel 1 technical of-ficials courses will be conducted.The entry fee will be R50 per

person.Thecoursewill takeplaceat Langeberg Secondary Schoolon 7 February from 15:00-20:00.For more information, call Ed-ward Salies on 0 071 632 2346.

VeerpyltjievergaderingDie Robertson Sosiale Veer-pyltjieunie hou op 3 Februa-rieom19:00syalgemenejaar-vergadering.Alle nuweklubs iswelkom

om die vergadering by tewoon.Geen laat registrasies.

SKENKING VERWELKOM: Die Young Chiefs-sokkerspan van Nkqubela het ’n groot hupstoot gekry danksy ’n skenking vanR50 000 van die Langeberg-munisipaliteit. Die geld sal aangewend word vir sporttoerusting en -uitrustings vir die klub.Die klub bedank die munisipaliteit van harte vir sy bydrae. Intussen kan enigiemand wat by die klub wil inskakel vir Fulaniby 073 205 1021 bel.

STYWE LYNE! Pieter Janse vanRensburg, ’n leerder aan die Hoër-skool Robertson, het gedurende dieDesembervakansie die Protea-hengelspan in Zimbabwe verteen-woordig. Dié span was die wennersvan die kompetisie. Pieter is ook ge-kies om in April aan die JuniorBaarshengel Nasionale Kampioen-skappedeel teneem.Slegs ’nuitge-soekte aantal individue word deurdie Suid-Afrikaanse Baarshengel-vereniging gekies om aan dié kom-petisie deel te neem.

SWIFT OF FOOT: Andrea Biffi (at the back), from the Montagu Athletics Club, recentlyparticipate in the Muizenberg Trail Run. He walked away as the winner of this toughchallenge.