breederivier gazette 30 april 2013

8
Breederivier Year 17 • 30 April 2013 | Tel. 023 626 5212 Meer as 500 fietsryers en berghardlopers het Montagu hierdie naweek kom besoek om aan die jaarlikse Montagu Mountain Mania deel te neem. Dié fietsryers staan reg vir die 30 km- bergfietsren, wat slegs een van ’n paar renne was. Ilse Esterhuyse, een van die organiseer- ders, sê die Montagu Mountain Mania was ’n reuse-sukses. “Montagu se eetplekke en gasteplekke moes bontstaan om almal te ak- kommodeer.” FOTO: DEON VAN DEVENTER Fietsrykoors tref Montagu Seisoen-einde bring nood DALEEN FOUCHÉ Met die parsseisoen wat nou tot ’n einde ge- kom het, bevind talle seisoenwerkers hulle sonder werk. Die effek daarvan is reeds sig- baar in die Langeberg-gemeenskappe. Francois Viljoen, bestuurder van konsulta- sieprosesse by Vinpro, sê die wyn-parsseisoen in die Langeberg is min of meer in volle swang van die laaste week in Januarie tot die eerste week in April en is tussen ses en agt weke lank. Die res van die jaar sit talle seisoenwerkers sonder werk. Welsynsorganisasies meen baie families is nou sonder ’n inkomste terwyl plaaslike polisiekantore rapporteer dat oneer- likheidsmisdaad sedert Maart gestyg het. Magdal Jaftha, programbestuurder van Ha- dassah Family Wholeness Centre in Montagu, sê sedert verlede week is daar ’n drastiese toe- name in mense wat gebruik maak van hul voe- dingskema, met meer as 115 mense wat Donder- dag 25 April kospakkies by die Montagu-voe- dingskema kom afhaal het. Jaftha sê tydens die parsseisoen was daar niemand wat kospakkies kom afhaal het nie. Sy sê die einde van die parsseisoen het ’n “ge- weldige effek” op die gemeenskap en baie ge- sinne sukkel nou om daaglikse kos in die hande te kry. Jaftha sê mense is baie dankbaar vir die kospakkies en vertel gereeld dat hulle die kos met ander gesinne deel. Vincent Andries van die Doulous Trust – ’n organisasie in Robertson wat werk met hawe- lose mense – sê baie gesinne in Robertson, ver- al in Droëheuwel en Môreson, het nou geen vorm van inkomste nie aangesien die brood- winner ’n seisoenwerker is. Andries sê die Doulous Trust het onlangs ’n opname gemaak van gesinne sonder ’n inkomste en daar is “vreeslik baie” families waar seisoenwerkers die enigste broodwinners is. Volgens Andries dryf die einde van die pars- seisoen mense tot misdaad uit “desperaatheid om te oorleef”. Daar is ook tradisioneel ’n toe- name in aanranding dié tyd van die jaar. ’n Plaaslike boer meen daar is ’n verkeerde persepsie dat Robertson ’n mekka vir veral sei- soenwerk is. Hy meen die sosiale vraagstukke ná die parsseisoen dui op ’n groter probleem, naamlik werkloosheid, wat seisoenwerk nie kan oplos nie. Hy sê ook dat nie alle seisoenwer- kers op plaaslike dorpe bly nie, maar dat daar seisoenwerkers is wat rondswerf agter werk aan. Die Gazette kon nie akkuraat vasstel hoe- veel seisoenwerkers in die Langeberg is, en hoeveel in die stil seisoen hier bly nie. Tydens ’n besoek aan Robertson het Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse minister van land- bou, gesê die sektor kan nie verantwoordelik- heid neem vir die land se sosiale probleme nie (“Aksies vir landbousektor”, 16 April). Hy het verduidelik dat die landbousektor wel kan by- dra tot die verligting van sosiale probleme deur wins te maak, want dit sal die lot van die plaas- werker en die produsent verbeter. Lt. Cynthia Mngcele, woordvoerder van die Robertson-polisie, sê sedert Maart het die aan- tal huisbrake gestyg en verwag die kantoor dat April selfs meer inbrake sal toon. Sy sê werk- loosheid speel ’n groot rol in die toename in misdaad. Kapt. Bertus Conradie, stasiebevelvoerder van die Bonnievale-kantoor, sê oneerlikheids- misdaad soos inbrake en aanranding het sedert Maart gestyg.

Upload: boland-gazette

Post on 05-Mar-2016

269 views

Category:

Documents


15 download

DESCRIPTION

Breederivier Gazette 30 April 2013

TRANSCRIPT

Page 1: Breederivier Gazette 30 April 2013

Breederivier

Year 17 • 30 April 2013 | Tel. 023 626 5212

Meer as 500 fietsryers en berghardlopers hetMontagu hierdie naweek kom besoek om aandie jaarlikse Montagu Mountain Mania deelte neem. Dié fietsryers staan reg vir die 30 km-bergfietsren, wat slegs een van ’n paar rennewas. Ilse Esterhuyse, een van die organiseer-ders, sê die Montagu Mountain Mania was’n reuse-sukses. “Montagu se eetplekke engasteplekke moes bontstaan om almal te ak-kommodeer.” FOTO: DEON VAN DEVENTER

Fietsrykoorstref

Montagu

Seisoen­einde bring noodDALEEN FOUCHÉ

Metdie parsseisoenwatnou tot ’n einde ge-komhet, bevind talle seisoenwerkershullesonderwerk.Dieeffekdaarvan is reeds sig-baar in die Langeberg-gemeenskappe.

Francois Viljoen, bestuurder van konsulta-sieprosesse by Vinpro, sê die wyn-parsseisoenin die Langeberg is min of meer in volle swangvan die laaste week in Januarie tot die eersteweek in April en is tussen ses en agt weke lank.

Die res van die jaar sit talle seisoenwerkerssonder werk. Welsynsorganisasies meen baiefamilies is nou sonder ’n inkomste terwylplaaslike polisiekantore rapporteer dat oneer-likheidsmisdaad sedert Maart gestyg het.

Magdal Jaftha, programbestuurder van Ha-dassah Family Wholeness Centre in Montagu,

sê sedert verlede week is daar ’n drastiese toe-name in mense wat gebruik maak van hul voe-dingskema,metmeeras115mensewatDonder-dag 25 April kospakkies by die Montagu-voe-dingskema kom afhaal het.

Jaftha sê tydens die parsseisoen was daarniemand wat kospakkies kom afhaal het nie.Sy sê die einde van die parsseisoen het ’n “ge-weldige effek” op die gemeenskap en baie ge-sinnesukkelnouomdaagliksekos indiehandete kry. Jaftha sê mense is baie dankbaar virdie kospakkies en vertel gereeld dat hulle diekos met ander gesinne deel.

Vincent Andries van die Doulous Trust – ’norganisasie in Robertson wat werk met hawe-lose mense – sê baie gesinne in Robertson, ver-al in Droëheuwel en Môreson, het nou geenvorm van inkomste nie aangesien die brood-winner ’n seisoenwerker is. Andries sê die

Doulous Trust het onlangs ’n opname gemaakvan gesinne sonder ’n inkomste en daar is“vreeslik baie” families waar seisoenwerkersdie enigste broodwinners is.

Volgens Andries dryf die einde van die pars-seisoen mense tot misdaad uit “desperaatheidom te oorleef”. Daar is ook tradisioneel ’n toe-name in aanranding dié tyd van die jaar.

’n Plaaslike boer meen daar is ’n verkeerdepersepsie dat Robertson ’n mekka vir veral sei-soenwerk is. Hy meen die sosiale vraagstukkená die parsseisoen dui op ’n groter probleem,naamlik werkloosheid, wat seisoenwerk niekanoplosnie.Hysêookdatniealleseisoenwer-kers op plaaslike dorpe bly nie, maar dat daarseisoenwerkers is wat rondswerf agter werkaan. DieGazette kon nie akkuraat vasstel hoe-veel seisoenwerkers in die Langeberg is, enhoeveel in die stil seisoen hier bly nie.

Tydens ’n besoek aan Robertson het Gerritvan Rensburg, Wes-Kaapse minister van land-bou, gesê die sektor kan nie verantwoordelik-heid neem vir die land se sosiale probleme nie(“Aksies vir landbousektor”, 16 April). Hy hetverduidelik dat die landbousektor wel kan by-dratotdieverligtingvansosialeproblemedeurwins te maak, want dit sal die lot van die plaas-werker en die produsent verbeter.

Lt. Cynthia Mngcele, woordvoerder van dieRobertson-polisie, sê sedert Maart het die aan-tal huisbrake gestyg en verwag die kantoor datApril selfs meer inbrake sal toon. Sy sê werk-loosheid speel ’n groot rol in die toename inmisdaad.

Kapt. Bertus Conradie, stasiebevelvoerdervan die Bonnievale-kantoor, sê oneerlikheids-misdaadsoosinbrakeenaanrandinghetsedertMaart gestyg.

Page 2: Breederivier Gazette 30 April 2013

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 30 April 20132

Tel/Fax(021) 903-0804

[email protected]

PEACE OF MIND REMOVALSAT POCKET-PLEASING PRICES

* 24 HOURS SERVICE

*NATION WIDE**HOMES, FLATS, OFFICES*

*PACKING & STORAGE*

*RELIABLE SERVICE*

*SPECIAL

MID-MONTH RATES*

1813

EW

1C6J

5EA

3T

Breaking Bread shares its story) What are your names?

Dave and Claudé Regester) What is the name of your business

and where is it situated?Breaking Bread. We are situated at No

9 Adderley Street in Robertson.) What kind of business do you run?A frozen bakery convenience store,

ideal for the busy home executive and res-taurateur.

) What is your favourite product orservice?

We make the customer look like an ex-pert baker by supplying frozen croissants,bread and bread rolls in various styles likeciabatta, Portuguese, rye and wholewheat, coney, brotchen, vetkoek, savourybiltong, garlic and French bread.

We also have pies, sausage rolls, pizza

bases and muffin mix batters, to name buta few of our favourites.

) When and how did you start yourbusiness?

We opened Breaking Bread on 10 No-vember 2012. While visiting this beautifulvalley back in 2010, I was introduced to anawesome picnic and boat cruise at one ofthe famous wine estates on the Breede Riv-er. The freshly baked ciabatta paired withmeats, cheeses and patés, got my juicesflowing. So I went out on a mission to findout how I could make this wonderfulbread. I was directed to the manufacturerof a state of the art bread factory. I marriedthe woman of my dreams – having met thelady of my dreams in Robertson and get-ting married in September 2012 , made thenext step easy. I decided this was where

I wanted to live and I had a business con-cept which I am passionate about. The restwas a formality. After just five unbelieva-ble months in business we are getting awe-some support from afar as Paarl toSwellendam, Montagu and McGregor. Ithas been a blessing beyond expectation.

) Where do you see your business infive years?

We envisage bringing more conve-nience and increased product selectionand a selective deli to our customers in thefuture. We have also introduced a bake toorder service.

) What is your business motto?“Freeze. Thaw. Bake – take it home and

serve it fresh. Always perfect!” For moreinformation about Breaking Bread, visitwww.breakbread.co.za.

Golfers do itfor charityOn a beautiful autumn dayon 23 March, 144 golfersteed off for the AnnualBreede River Hospice GolfDay.

The event was held at theSilwerstrand Golf Estate. Theday started with an 18 hole 4Ball Stableford competitionand ended with a well-atten-ded prize-giving ceremonyand dinner in the evening.

Several challenges duringthe day on the golf course, in-cluding a putting and chip-

ping competition, a charityraffle and auction in theevening, contributed to the to-tal amount of money raised.

At the end of the day acheque of R300 000 from theGraham and Rhona Beck De-velopment Trust was handedto the Breede River Hospicewith a promise of R300 000over the next three years tothe Hospice’s Centre of Pallia-tive Learning.

The Breede Rivier Hospicethank all the golfers and spon-sors for their assistance.

Dave Purcell (left) and Allister Rogan hand over the cheque of R300 000on behalf of the Graham and Rhona Beck Development Trust to JanePhillips, manager of the Breederiver Hospice. PHOTO: SUPPLIED

Local kids visitVrolijkheidOn 19 April 2013, VrolijkheidNature Reserve outside Mc-Gregor gave access to the Ro-bertson Logos ChristianSchool for environment edu-cation. The programme is anon-going environmental edu-cation programme for grades1 and 2 pupils. Pupils are ex-posed to outdoor activitiessuch as hiking and bird-watching and identificationin the bird hide. The trip alsoincludedavisit to theenviron-mental centre at Vrolijkheid.

The programme was pre-sented by an experiencedranger, Rudy Davids, who

spent three hours in the re-serve with the pupils. “Weused themes from the curricu-lum and the grade 2 pupils willkeep an insect to study atschool,” said teacher, TertiaGeriche.

Geriche commented thatthe museum was very inter-esting and that the pupils en-joyed the privilege of spen-ding a day in nature. Schoolsare encouraged to visitCapeNaturereserves forenvi-ronmental educational pur-poses. For more informationcall Edward Manganyi on023 625 1621.

Pupils from Robertson Logos Christian School enjoy their visit to theVrolijkheid Nature Reserve.

Jeug word inleierskap geskoolSedert Januarie vanjaar word165 leerlinge tussen gr. 7 en 9van Bonnievale PrimêreSkool in Happy Valley week-liks deur ’n leierskap- en krea-tiwiteitsprogram geskool omkrities en kreatief te dink,vrae te vra en met oplossingsvorendag te kom.

Dit is by die Vangnet-Projekvan The Valleys and Moun-tains Development Founda-tion.

As deel van dié uitdaging,het raadslid Rodger Kortjévan wyk 4 ingestem om die pa-neel van toekomstige gemeen-skapsleiers te woord te staan.Hy is gepeper met vrae oor die

omgewing, die identifiseringvan probleemareas in dieplaaslike gemeenskap en hoedit opgelos kan word, asook sykort- en langtermynvisie virdie gemeenskap.

Lynn-Joy Isaacs, program-bestuurder van die Valleysand Mountains DevelopmentFoundation, meen die groepjong mense het hulle uitste-kend van hul taak gekwyt.“Ons is oortuig dat ons hier ’nhele paar kandidate het vir ’njunior munisipale raad.”

Vir meer inligting oor Val-leys and Mountains, en dieVangnet-projek, besoek val-leysmountainskids.co.za.

Raadslid Rodger Kortje antwoord taai vrae wat deur jong leiers aan homgestel word. FOTO: VERSKAF

Page 3: Breederivier Gazette 30 April 2013

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 30 April 2013 3

FEES VAN DANKBAARHEID: Die ACVV Jakaranda Dienssentrum in Robertson het op 11 April ’n donateurs-tee aangebied met die titel “Fees van dankbaarheid”. Trevor Nasser was die gaskunstenaar vir die dagen het bekende melodieë gespeel op sy ghitaar en mandolien. Ds. Almo Zietsman het die byeenkomsgeopen en Paula Adendorff het almal verwelkom. Dorelle Fourie, organiseerder van die geleentheid.het kortliks al die dienste genoem wat die dienssentrum aan die meer as 200 ouer persone in Robertsonlewer en afgesluit deur elke individu, diensorganisasies, gemeentes en besighede te loof vir al hul hulp.Die funksie is afgesluit met ’n ete. FOTO: VERSKAF

Liquor bylaw suspendedDALEEN FOUCHÉ

The controversial municipal liquor bylaw thattook effect on 1 April was suspended by mem-bers of council during a meeting on Wednesday24 April.

“The Council resolved that the implementa-tion of the bylaw be suspended and that a re-quest be sent to the provincial government tosuspend the operation in a Provincial Gazette,”says Soyisile Mokweni, manager of the Lange-berg Municipality.

The suspension of the bill follows strong criti-cism of the bill, especially the operating hoursallowed for on-site consumption (“No cheers forliquor bylaw”, 26 March 2013).

The suspension will now be published in theProvincial Gazette. When asked what law will

now be applicable, Mokweni responded by say-ing that the bylaw was only regulating tradinghoursandthattheprovincialandnational legis-lation are still applicable.

“Some people have the perception that thisbylaw is wrong. This is not correct, but we ac-knowledge that the way it is written and pac-kaged is perhaps confusing so the municipalityis looking at writing the bylaw in a manner thatis easy to understand.”

Mokweni says a meeting with all police sta-tion commanders within the Langeberg area ison the table in order to clarify the position ofthe council on this bylaw.

Another round of public participation will beheld after the bylaw has been “repackaged” toget input from the communities on the specificbylaw.

Laat vleis­herrie só bedaarANITA DE KOCK

Meer vleisinspeksies, beter beheer oor in-gevoerde produkte, beter etikettering enverskerping van plaaslike beheermaat-reëls is nodig om die huidige histerie oordie inhoud van vleisprodukte te laat be-daar.

Dít is die mening van prof. Johan Kirstenna afloop van die Bien Donné Agri Cape Weekwat onlangs by Simondium in die Paarl aange-bied is.

Prof. Kirsten was een van die sprekers by’n bespreking wat vir rolspelers in die rooi-vleisbedryf aangebied is. Hy sê hoewel dithoofsaaklik gehandelhet oor die korrekteetikettering van vleis-produkte, was die her-riewatonlangsooron-verklaarde vleissoor-te wat in kosproduktegevind is, ’n groot be-sprekingspunt.

Hy is van mening dat die hele besmettings-drama ’n bietjie oordrewe is, en dat minimalekontaminasie wel voorkom. Daar is egter welvleishandelaars wat die regulasies oortree endaar moet teen hulle opgetree word. Hy glo be-ter vleisinspeksies, swaarder boetes aan oor-treders en beter wetstoepassing sal die pro-bleem beheer.

Volgens hom moet handelaars wat gevries-de vleis van lande soos Nieu-Seeland invoeren dit as Karoovleis bemark, aan die kaak ge-stel word.

Die Wes-Kaapse minister van landbou enlandelike ontwikkeling, Gerrit van Rensburg,het op sy beurt gesê dat Suid-Afrikaanse ver-bruikers met een oogopslag moet kan sien wat-ter produkte op die winkelrak plaaslik gepro-duseer en verwerk is en watter produkte vanafoorsee ingevoer is. Dit sal ook help om onder-steuning aan plaaslike landbou te vergemak-lik.

Hy het kettingwinkelgroepe aangespreek enhulle versoek om ’n duidelike onderskeid te

tref tussen plaaslike en oorsese produkte ophul rakke.

“Ek sê nie daar moet nie ingevoerde kos inwinkels wees nie, maar die keuse om Suid-Afrikaanse landbou en verwerkers te onder-steun moet voorkeur kry. Dit sal Suid-Afri-kaanse landbou se mededingendheid verhoogen die plaaslike produsente help om volhou-baar goeie gehalte kos teen redelike pryse teproduseer.

“Etikettering moet verander en verbeterword sodat plaaslike verbruikers dadelik kansien watter produkte ingevoer is en watternie,” het hy gesê.

Van Rensburg het gevra dat die regeringmeer geld moet beskikbaar stel vir navorsing

by instansies soos dieLandbounavorsings-raad (LNR).

In reaksie hierophet dr. ShadrackMoephuli, voorsitteren uitvoerende hoofvan die LNR, bevestigdat navorsing juis

daarop gemik is om in die verbruikersvraagna spesifieke eienskappe in vrugte, groente,wyn, rooivleis en ander kossoorte te voorsien.

Hy het verwys na die volgehoue navorsings-prestasies van die LNR se landwye institute,wat onder moeilike finansiële omstandighededaarin kon slaag om die afgelope jaar 15 nuwevrugtekultivars vry te stel.

As organiseerder van Bien Donné Agri CapeWeek het Orton King, groep uitvoerende di-rekteur van die Agri Mega Groep, daarop ge-wys dat “die mense wat besluite oor kosinvoe-re na Suid-Afrika neem hul somme moet gaanmaak”.

“Die werklike koste van werksverliese inproduksie en waardetoevoeging aan Suid-Afrikaans geproduseerde produkte moet ver-reken word.

“Ons moet maak soos die Chinese en self roumateriaal, eerder as om eindprodukte intevoer, ter aanvulling tot verwerking van plaas-likeprodukte.Ditsalookmeerwerkgeleenthe-de skep.”

Nuwe aansien vir ou motorsANNELDA GROOTBOOM

Pimp My Ride, die oorsese televisie-program waar motors wat in ’n swaktoestand is, herbou word na die idea-le spesifikasie en voorkeur van dieeienaar, het nou die tendens gewordonder die plaaslike gemeenskap.

En dis nou ’n realiteit vir die wen-ners van die Pimp your Ride-kompe-tisie wat geïnisieer is deur JamesClaassen, eienaar van JJ Panels-pa-neelkloppers in Robertson.

Volgens Claassen, wat 18 jaar on-dervinding het as ’n spuitverwer enpaneelklopper, is die kompetisie vanstapel gestuur om mense betrokke temaak by die tendens, veral diegenewat graag hul motors wou opknap deur nuwewieldoppe, ’n nuwe klankstelsel en die oor-spuit van die kar wil hê, maar nie die finansieshet nie.

Die kompetisie word sedert Januarie in ver-skeie dorpe in die Langeberg aangebied.

Een van die gelukkige wenners, Jaco Vlokvan Bonnievale, was in ekstase toe hy hoor dathy ’n wenner is. Hy het pas ’n motor gekoopen wou alles vervang en dit netjies en spogge-rig maak. Volgens Vlok het hy twee kaartjiesingeskryf vir die kompetisie om sy kans te ver-beter. Nadat sy motor oorgedoen is en nuweparte gekry het, kon hy sy oë nie glo nie, omdat“dit so goed gedoen is”.

Die kompetisie behels dat motoreienaars,

wie se motor padvaardig is, kan inskryf teen’n R100 per inskrywing. Mense in Robertson,Ashton, Montagu, McGregor en Bonnievalekan inskryf en ’n lid van die gemeenskap doendie trekking. Die eerste kompetisie is reeds 2Maart aangebied in Robertson by Shoprite separkeerarea en op 30 Maart in Bonnievale bydie sportterrein. Die volgende trekking vindplaasSaterdag4MeibydieMultisave-parkeer-gebied in Ashton. Claassen is reeds genaderdeur ander klubs om dieShow&Shine-kompe-tisie deel te maak van sy huidige kompetisieen daar word ook ’n musiekkompetisie vir diebeste klankstelsel beplan.

Vir meer inligting, bel gerus vir Claassenby 083 949 7269.

Jaco Vlok is hier by sy opgeboude motor. FOTO: VERSKAF

Page 4: Breederivier Gazette 30 April 2013

Breederivier Gazette Leader - Hoofartikel Dinsdag 30 April 20134

Elke bietjie helpDie einde van die parsseisoen en die begin vandie winter is tradisioneel ’n tyd van nood virbaie gesinne in die Langeberg.Die Gazette berig vandeesweek van ’n dras-

tiese toename in mense by die plaaslike voe-dingskemas en die groeiende nood aan basieseitems soos mieliemeel.Daar is ’n hele aantal plaaslike organisasies

watarmoede teenwerkenprobeerversekerdatdiemensewat innood is, niehongergaanslaapnie. Die welslae van dié organisasies is egterdirek afhanklik van mense se vrygewigheid.IndieSuid-Afrikaansekonteks is dit vir baie

mense makliker om eerder afgestomp te raakteenoor die armoede en swaarkry, omdat dieprobleme te oorweldigend kan voorkom.Ten spyte van die probleemwat dreig om ge-

meenskappe te oorweldig, is daar steeds orga-nisasies en individue wat nie tou opgooi nieen aanhou werk om armoede te beveg.Dié organisasies en hul vrywilligers ver-

staan dat, ten spyte van die uitdagings, elkebord kos en elke warm kombers tel, want elkebietjie help.

Die seewind bring heimweeGedurendemykinderjarehetmyouers veertien jaar lank in Stil-baai langs die see gewoon – so ’nregte huisie by die see. As jy oordie kombuis-onderdeur sou loer,kon jysommerdienatuurwondergenietwat glimmend in die son lêen baai.Saans het die sagte geruis van

die see jou aan die slaap gesus.Soggens was dit die eerste geluidwaarvan jy bewus gewordhet na-dat jy jou oë oopgemaak het.Ekhetnognooitbaievandiesee

gehou nie – ek bedoel om myselfdaarin te begewe. Vir my was ditveellekkerderomurelankoordiedeinende waters te sit en uitkyk.Stilbaai is seker een van die

mooiste strande in ons land.Boonop is dit silwerskoon, stil,veilig en lank uitgestrek. Dit wasaltyd vir ons baie lekker om sog-gens vroeg, met laagwater, die

lang uitgestrekte strand aan tedurf totdáárwaardie land ’nstukvoet in die see insteek. Die uitda-ging was om soontoe en terug teloop voor hoogwater, want dan isjy afgesny van die huis.Ekonthouhoemymamaleson-

der tal soggens voor sonsopkomslangs die see afgestap het en baie-keer met ’n emmertjie arikreu-kels teruggekom het. “Dit is dielekkerstetydvandiedagomlangsdie see af te stap,” sou sy sê omons aan temoedig omhaar te ver-gesel.Gedurende vakansieseisoene

het dit gewemel van die pretsoe-kers. Besoekers hetmet hul spog-gerige voertuie en luukse woon-waens die leë kampeerplekke ge-vul. Die andersyds leë kampoordwas dan een groot vrolike plekmet kleurvolle tente en sambrele.’n Regte feestelike gesig en atmo-

sfeer. Oukersaand en Oujaars-nagtehetdiekampeengrootfami-liebyeenkoms geword. Almal hetalmal “ge-wish” – natuurlik opdie hartlike manier, met ’n klap-soen en stewige drukkie.Sal ek dan ooit vergeet hoe lek-

ker dit was om saam met die va-kansiegangers die visserskuiteop die “jittie” te gaan inwag?Danraak die moeë vissermanne vanhul oes van die see ontslae englimlag breed oor die goeie sei-soenvangeldmakery.Tot vandagnog dink ek Stilbaai het die lek-kerste kabeljou ter wêreld.Die mooi gesig van reuse-olie-

tenkskepe en ander groot see-vaartuie wat op die “rug” van dieseeafvaar,salmyaltydbybly.Wat’nondervindingwasdittogopNu-wejaarsdaewanneerdieplaaslor-ries hul werkers vir die dag seetoe gebring het! Dit was ’n fees

soosmin.Daarhet ook somsmin-der aangename goed gebeur,maar dit was deel van die dag.Ons hou altyd langs die see stil

wanneer ons daarlangs ry. Elkekeerverstaanekopnuutdiewoor-de vandie liedjiesanger: “Die see-wind bring heimwee na my.”Vandag is Stilbaai ’n pragtige

vakansiedorp waar baie beken-des hul laaste lewensjare saammet die vakansiegangers genieten waardeer.

Deur Rosy Jansen

RubriekRubriek

Munisipaliteit antwoordMunisipaliteit antwoordop kritiek oor bou-afdelingop kritiek oor bou-afdeling

Jy tel die foon op en skakel die Langeberg-munisipaliteit se bou-afdeling oorplanneofterugvoer, net om dan te hoor maar dié eenis op verlof, ’n ander op siekverlof, of nieeenisbymagteomdokumentasieaf te tekennie.Enige redelike mens kan dit afmaak as

blote toeval en ons sal graag so wil dink,maar ongelukkig kom dit al lank aan.Onssitmet ’nafdelingwat totaalonderbe-

man is, waar kommer oor die aangeleent-heid reeds in 2011 aan die departements-hoofdedeurgegee is.Joue-possenabestuur-dersblyonbeantwoord,meldingdaarvan inwyksvergaderings val op dowe ore, dit blymaar net ’n doodloopstraat.Weens die personeeltekorte moet jy as

Jan Publiek, wat eintlik die kliënt is, wagtotdat die betrokke persoon terugkom vanverlof.Verbeel jounetditgaansoin’nhospi-taal, nou hoekom moet ons verneder wordmet sulke diens?Daar is vyf dorpe, die “paar” bouinspek-

teurs moet rondhardloop tussen die dorpeom vure te blus, en dan nog planne ook na-sien. Hulle word dus weerhou daarvan omhul wetlike plig te vervul weens hul werks-lading. Dit vloei oor, of laat ek liewer sê ditdwing ’n gemeenskap om te redeneer dat,as diemunisipaliteit nie eers volgenswetli-ke voorskrifte handel en diens lewer nie,hoekom moet ek as kliënt dan moeite doenom planne in te dien? Die kettingreaksieraak weer die stads- en streeksbeplanningse probleem met mense wat nie hou by hulsonering nie, en dan kry jy ’n volmaaktecowboy republic – almal maak nes hul wil.Ek neem nie die personeel kwalik vir die

toestand nie, hulle probeer hul bes om kopbo water te hou.Ekwil graagweethoekandiemunisipali-

teit toelaat dat ’n departement so agteruit-gaan, en saam met dit ’n industrie wat af-hanklik is, so diens?Die boubedryf is die lewensaar van jou

dorp se verskaffers, loodgieters, elektri-siëns en messelaars wat sy familie van vyfmoet onderhou. Hoe sê jy vir so ’n persoon,“jong, ek is jammer, die departementhet se-ker nie fondse nie,” maar in jou agterkopweet jyhullebegrootreedsvirvolgende jaarse bonusse?Dit is ooknienet beperk tot dieboubedryf

nie, dit het ’n invloed op elke denkbare eko-nomiese frontwaar besighede verliese ly asgevolgvandiedepartementwatnietenvolle

funksioneer nie. Ek kan op elke dorp ie-mandidentifiseerwatdeurdiedepartementgeraakword enmet hulle hande inhul haresitweensdiesituasie–vaningenieurs, teke-naars en argitekte tot ontwikkelaars. Watkan hulle maak? Kla hulle, dan wag hullemaar net nog langer. Ek is vandag ge-CC in’n e-pos van Francois Claasen wat al sesmaandewag (terloops,hyhetmymeegedeelom maar sy naam te gebruik). Die tragedieis dat jy as kliënt moet bel om uit te vindwat gaan aan en nie andersom soos dit be-hoort te wees nie.Hoekom die afdeling aan die kortste ent

trekweet eknie,maardiegenewathiervoorverantwoordelik iskanmaarweetdat sybe-perkte vermoë om diens te lewer, al hulleander ekonomiese ontwikkelingsprojektenetsoongedaanmaak.Ekisalmoegvirelkekeer dieselfde deuntjie te uiter van “waaris ons verkose ledewatmoet toesien dat onsas streek vooruit boer?”. Kom diegene niein aanrakingmet die probleme nie, of is dit’n kwessie van “hear no evil see no evil”?

THEUNS COETZEE, Bonnievale

Soyisile Mokweni, bestuurder van dieLangeberg-munisipaliteit, reageer:

Hierdiekwessieisreedsby’nvorigegeleent-heid deur die betrokke persoon opgehaal in’n wyksvergadering. Die munisipaliteit hetso ook reeds deeglik op die persoon se versoekgereageer. Die aantygings in hierdie brief ismisleidend en kan doelbewus kwaad stook.

Die munisipaliteit het bedankings in dieboudepartement gehad, maar ek wil graagklem lê dat daar geen gebrek aan dienslewe-ring is nie. Die munisipaliteit is reeds in ’nproses om onderhoude met moontlike kandi-date te voer om hierdie poste te vul.

Tot op datum is alle bouplanne reeds goed-gekeur, met die uitsondering van twee. Hier-die twee is:

) Die aansoek wat gedoen is op 19 Desem-ber 2011opMontagu.Dit kanniegefinaliseerword voor die betrokke bure goedkeuring geenie. Wat hierdie situasie kompliseer, is datdie eienaar van Johannesburg is en dit draby tot die vertraging van die goedkeuring.

) Die tweedegeval isbouplanne inBonnie-vale en het kommentaar vanaf die provinsia-le padingenieurs nodig voordat dit gefinali-seer kan word. Sou ons geen terugvoeringbinne driemaande ontvang nie,mag diemu-nisipaliteit volgens wet voortgaan om goed-keuring aan die bouplanne te verleen.

Pluimpie virPluimpie virplaaslike polisieplaaslike polisieTussen Vrydagnag 12 April en Saterdag 13April is daar ingebreek by ons Voedingskemabo-op Shoprite. Toe mnr. Clive Simons (watsaammet syvrou,Linda,dievoedingskemabe-stuur) Saterdagoggend oopsluit om voor te be-rei vir etes die middag, het hulle gesien dat aldie vleis (sowat 80 kg), die pasta, ander kos endie DVD-speler gesteel is. Dit het omtrent kop-krap gekos om vir die 286 mense wat deur dieskemabedienword, kos temaakmetdiebietjiewat oorgebly het.Die voorval is aan die polisie gerapporteer

en die toneel is deur die ondersoekpersoneelondersoek en vingerafdrukke is verkry. Daar-die Sondagaand (14April) ismnr. Simons deurkapt. Dries de Klerk meegedeel dat hulle dieverdagtegearresteerhetenookdieDVD-spelerin sy besit gevind het.In ’n tyd waar die polisie op nasionale vlak

onderhewigekritiekdeurloop,wil ons aanonsplaaslike personeel ’n pluimpie geevirhul vin-nige optrede.

A.J. VAN ECK, Robertson

Welverdiende pluimpie vir eerlike kassierWelverdiende pluimpie vir eerlike kassierEk wil net graag vir Clarise Marais, ’n kassierby Robertson Pick n Pay, baie dankie sê virhaar eerlikheid.Ek het geld getrek by die betaalpunt toe ek

my inkopies betaal het en toe vergeet om diekontant te neem.

Toeekdievolgendeoggendmyfoutagterkomen vir Pick n Pay daarvan inlig, het hulle mygeld aan my uitbetaal.Sulke ondervindings maak mens dankbaar

dat ons in ’n klein dorpie bly.MICHELLE HUCKLESBY, Robertson

LOCALS MAKE INTERNATIONAL WAVES: Bruceand Alison Gilson, local producers of organicfruit andvegetables, are seenhere in LosAngeleswith Cyril Ndaba, South Africa’s Consul Generalin LA. Theywereattending theNatural andOrgan-ic ExpoWest in Anaheim, courtesy of the Depart-ment of Trade and Industry and Wesgro. “Theexpo was incredible with over 60 000 peoplevisiting. We were part of the South African pavil-lion, along with eight other Western Cape pro-ducers, and visitors loved the organic taste ofRobertson,” says Alison.

Rosy Jansen

Wees waaksaamWees waaksaamDie hele vleisbedryf in Suid-Afrika word niegoed gereguleer en gemonitor nie. Daar wordnie alles vertel vir Jan Publiek wat hy eet nie.Etikette word doelbewus mee gepeuter terwyldie geldwolwe lekker lag! ’n Mens moet altydkyk na die vleisgehalte. As vleis se kleur niereg lyk nie, vermy dit met mening. Wat baiemense nie besef nie is die gemors wat in vleisegeprop word kan jou liggaam aantas en jy kandodeliksiekword.Ekhet lankalmyeetgewoon-tes verander, nog voordat die vleisskandaal opdie lappe gekom het. Wees waaksaam!

RYNHARDT, per SMS

Page 5: Breederivier Gazette 30 April 2013

Breederivier GazetteAdvertisement - AdvertensieDinsdag 30 April 2013 5

Page 6: Breederivier Gazette 30 April 2013

Breederivier Gazette Classifieds Dinsdag 30 April 20136

FAMILIE-KENNISGEWINGS

FAMILYNOTICES

11

InMemoriam

CUPIDOHERMANCHARLESBorn: 03/09/1930-Died: 04/05/2012In loving memory of Her-man, my dear husband andour father who died onMay 4th 2012. Still sadlymissed by Esmé andfamily.

GRAHAMBRIANZIMRIBorn.04/12/1946-Died.29/04/2011Two years and still we sayGone to Soon. To hearyour laugh and see yoursmile is a desire we longfor. We miss you so muchthere are no words. Welove you Daddy. EdithMegan and Erin.

ALGEMENEDIENSTEGENERALSERVICES

1141

Algemene

Dienste

General Services

KOM geniet die avontuuren ontspanning van perdryby die Robertson Ry-skool.* Ons bied verskei-denheid van rylesse virkinders en grootmense virbeginners en ervare rui-ters *Outrides tussen diewingerde en langs dieBreërivier * Wynproë op‘n perd se rug of met diewaentjie by Majors Hill enSpringfield. *Perdrykampe vir kindersgedurende skoolvakansies* Mini kommando’s opSaterdae*Kinderpartytjies. Skakelons gerus by 072 291 7631of 082 402 7088.LOANS approved R1000up, to R100 000.Blacklisted & garnishwelcome. latest payslip, 2months bank statementand copy of ID.10 minutes approval.Contact 076 682 2723or sms.

MOTORSVEHICLES

154

Voertuie te Kooponder R50000Vehicles for Saleunder R50000

1996 OPEL Astra 1600,IE, very good condition.R30 000. Contact 078 8532202/079 029 0270.

159

Motors te Koop

Vehicles for Sale

24/7 Cash of your bakkieor car. Just SMS orPHONE 072 620 1126.

BESIGHEIDBUSINESS

194

SakeGeleenthede

Business

Opportunities

LUTEA PARFUUM-154geure om te bemark! Uit-stekende kommissie!0836550445/[email protected]/www.luteaperfume.co.za

STERK SWEMMERS: Ty-dens die onlangse Ro-bertson Laerskole-swem-gala het die leerlinge vanHoërskool Bonnievalegoed presteer. Agter vanlinks is Luané Wessels(derde in die o.13-vlin-derslag- en vryslag-items)en Robyn Broodryk (vier-de in die o.13-borsslag-item). Voor staan RuachWessels (eerste in dieo.11-vlinderslag-, rug-slag- en vryslag-items entweede in die borsslag-item), Nelius Moller (vier-de in die o.10-vryslag-item) en John Broodryk(derde in die o.10-vlin-derslag- en rugslag-items).

RUGBYMAN:Michael Rodri-gues van Hoër-skool Bonnie-vale is na afloopvan die Noord-Boland-rugby-proewe opge-neem in die Bo-land Elite o.16-groep. Hy neemaan verdereproewe deel.

Page 7: Breederivier Gazette 30 April 2013

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 30 April 2013 7

MK 37/2013

VOORGESTELDE WYSIGING VAN GOEDKEURINGSVOORWAARDES EN VERGUNNINGSGEBRUIK :

GEDEELTE 7 VAN DIE PLAAS HARMONIE NR 116, MONTAGU

Kennis geskied ingevolge die skemaregulasies uitgevaardig ingevolge Artikel 8 van die Ordonnansie opGrondgebruikbeplanning, 15 van 1985 (PK1048 van 1988) sowel as ingevolge Artikel 42 van Ordonnansie 15 van1985 dat ‘n aansoek om vergunningsgebruik enwysiging van goedkeuringsvoorwaardes soos hieronder uiteengesitby die Raad voorgelê gaan word en dat dit gedurende kantoorure ter insae lê by die Raad se Afdeling :Stadsbeplanning te Piet Retiefstraat 3, Montagu. Nadere besonderhede is gedurende kantoorure by Jack van Zyl(023 - 614 8000) beskikbaar.

Aansoeker :- PlanActiveEiendom :- Gedeelte 7 van diePlaasHarmonieNr 116,MontaguEienaar :- BlueSkyMountain Farms (Pty) LtdGrootte :- 53haVoorstel :- Vergunningsgebruike vir 1 Addissionele wooneenheid en Toeristefasiliteit

(Restaurant) asook wysiging van goedkeuringsvoorwaardes om die voorgesteldemaksimumgrootte van bestaande addisionelewooneenhede te verhoog.

Huidige sonering :- Landbousone Imet vergunning vir 4Addisionelewooneenhede.

Skriftelike, regsgeldige en goed gemotiveerde besware/kommentaar, indien enige, kan by die ondergemelde adresof enige van die Langeberg munisipale kantore ingedien word voor of op 31 Mei 2013. ‘n Persoon wat nie kan skryfnie kan gedurende kantoorure na bogenoemde Montagu kantoor kom waar ‘n personeellid van die Munisipaliteit,daardie persoon sal help om die persoon se kommentaar of vertoë af te skryf. Geen laat besware sal oorweeg wordnie.

MK 37/2013

ROPOSED AMENDMENT OF CONDITIONS OF APPROVAL AND CONSENT USE : PORTION 7 OF THE

FARM HARMONIE NO 116, MONTAGU

In terms of the Scheme regulations promulgated in terms of Section 8 of the Land Use Planning Ordinance, 15 of1985 (PN 1048 of 1988), as well as in terms of Section 42 of Ordinance 15 of 1985 notice is hereby given that anapplication has been received for consent uses and amendment of conditions of approval as set out below. Thisapplication is to be submitted to Council and will be available for scrutiny at Council’s Section : Town Planning at 3Piet Retief street,Montagu. Further details are obtainable fromJack vanZyl (023 - 614 8000) during office hours.

Applicant :- PlanActiveProperty :- Portion 7 of theFarmHarmonieNo116,MontaguOwner :- BlueSkyMountain FarmsPty LtdSize :- 53haProposal :- Consent Use for 1 Additional dwelling, Tourist facilities (Restaurant) and

amendment of conditions of approval in order to increase the approved maximumfloor areas of the existing additional dwelling units.

Existing zoning :- Agricultural zone Iwith consent for 4Additional DwellingUnits.

Written, legal and fully motivated objections/comments, if any, against the application must be lodged in writing withthe undersigned or at any Langeberg municipal office on or before 31 May 2013. Any person who cannot write maycome to the Montagu office during office hours where a staff member of the municipality, will assist that person totranscribe that person’s comments or representations. Late objectionswill not be considered.

SAMOKWENI

MUNISIPALE BESTUURDER ASHTON

MUNICIPAL MANAGER 6715

PrivateBagX2

1813

EW

1C

6K

5F

03T

18

13

EW

18

13

EW

1C

6K

6H

53

T

Skool spog met skonesHoërskool Robertson (RHS) het opWoens-dag17Aprilmetsybeeldskoneenaantrek-like leerlinge gespog.

Kobus Wiese was hierdie jaar die gasheervan Mnr. en Mej. RHS en Balie Swart, watsaammethomindie 1995Wêreldbeker-rugby-toernooi gespeel het, een van die beoorde-laars. Die ander beoordelaars was CorneliaKriel, ’n oud-Robbiewat genomineer is as eenvan die toptien-skoonheidsterapeute in Ier-

land, Louise Gericke, ook ’n oud-Robbie watasskoonheidsdeskundigewerk,enHanneloreMatthyser, ’n mode-ontwerper en voorkoms-konsultant.Nadat die deelnemers in hul tema-drag en

formele drag geparadeer het, is Marli Maraisas Mej. RHS Senior aangewys, Ronelle Krielas eerste prinses en Elanca Goosen as tweedeprinses.Mej. RHS Juniorwas TercheWentzelenMnr.RHSJuniorwasKyleMcMahon.Mnr.RHS Senior was Wayne Marais.

Die wenners van Mnr. en Mej. RHS is Kyle McMahon, Wayne Marais, Ronelle Kriel, Marli Marais, ElancaGoosen en Terche Wentzel. By hulle is Kobus Wiese, wat as gasheer opgetree het.

BYBELSTAP: Die VerenigendeChristelike Studentevereniging(VCSV) van Hoërskool Montaguhet op 28 Maart ’n Bybelstap ge-hou om geld in te samel vir Bybel-verspreiding. ’n Roete is op dieskoolterrein uitgesit met verskeiestasies. By elke stasie het elkekring ’n item ontvang. By die eind-punt is al die items saamgesit om’n uitstalling van die kruisiging tevorm. Altesaam 470 leerlinge hetdeelgeneem en ’n bedrag vanR5 815 is aan die Bybelgenoot-skap oorbetaal. Elke leerling het’n medalje van die Bybelgenoot-skap ontvang. Die leerlinge sitmethul medaljes op die paviljoen.

Oosgemeente hou basaarDie NGK Robertson-Oos Gemeentesentrumhou op Vrydag 10 Mei basaar.By die basaar is daar iets van alles en vir

almal. Tussen 12:00 en 14:00 is heerlike kerrie-en-rys enpannekoekbeskikbaar envanaf 16:00kan die kinders op die springkasteel spring,hulle gesigte laat inkleur en op ’n waentjieritdeur die dorp ry. Die kafee en lekkergoedtafel

is dan ook al oop met bederf vir die kindersterwyldievolwasseneskoffieof teemet ’nstuk-kie kaaskoek en ander lekkernye kan geniet.Vanaf 17:30 wanneer die basaar amptelik

open, kan inwoners alles van kampioen-boere-wors tot heerlike koek, tert, pasteie, beskuit,koekies en smullekker jaffles, kerrie-en-rys,hoendersosaties en basaarpoeding koop.

Page 8: Breederivier Gazette 30 April 2013

Breederivier

Year 17 • 30 April 2013 | Tel. 023 626 5212

1813 EW

GROOT SPRONGE: Cheslin Kortjé van die HoërskoolBonnievale het tydens die SA Atletiekbyeenkoms inOos-Londen ’n derde plek en dus ’n bronsmedaljeverower indriesprong. TydensdiebyeenkomshetChes-lin sy persoonlike beste afstand met 51cm verbeter!

SPEEL ’N BARSHOUOP DIE BAAN: Hier-die leerlinge vanHoërskool Bonnie-vale is opgeneem indie Noord-Boland-tennisspanne. Agtervan links is SuzanWentzel, Cari van Ee-den en Jani Rede-linghuys. Voor staanEise Smith en RuachWessels.

Montagu­rugbymanne boHoërskool Montagu seo.19A-rugbyspan het alvroeg in die seisoen be-gin uitblink en reedstwee prestasiebekersverower.

Tydens die GoudiniSportdag wat op 16 Maartgehou is, het hulle die tro-fee ontvang vir die wen-span van die dag.Tussen 29 Maart en 3

April het hulle die Oak-dale Rugbyweek op Ri-versdal bygewoon waardie span baie goed pres-teerenaldriehulwedstry-de gewen het.Teen Hoërskool Brac-

kenfell het hulle met 13-5gewen, teen HoërskoolMiddelburg het die spanmet 44-0 geseëvier en teenHoërskoolUpingtonwashullemet10-6diewen-ners. Die span het die trofee ontvang vir diebeste span uit 24 skole by die Rugbyweek.Daarmee het hul ook prysgeld van R15 000

ontvang.

Herman le Roux is opgeneem in die OakdaleRugbyweek-span.Op Saterdag 20 April het die span teen Hoër-

skool Robertson gespeel en ná ’n harde wed-stryd met 22-5 gewen.

Dié spelers is almal onlangs in die finale Boland Elite-oefengroep opgeneem.Agter van links is Auldrich Hendricks, Herman le Roux en Hadley Hendricks.Voor is Donè Davids en Ronald Brown met die span se twee trofeë.

Hillside bereik nuwe hoogtesDie Hillside Juniors-potspelklub het weereens hul staal gewys deur HeartbreakersJuniors met 13 punte teenoor drie te klop.Daarna het Hillside ook met die Pumas-

potspelklubafgerekenmet13punte teenoorvier.Gerovan Otto, Brendon Kouter en Lee-

Roy Moos het elk volpunte vir hulle spanbehaal in ’n wedstryd teen die Pumas.Otto, afrigter van die klub, is gekies vir

die Noord-Bolandspan en gaan dus aan dieSA spele deelneem wat van 5 tot 11 Mei byKleinplasie in Worcester plaasvind.Die Hillside-potspelklubwens Otto geluk

met die prestasie.

Die Hillside Junior-potspelspan is Brendon Maritz, Ge-rovan Otto, Jacquin Joseph en Lee-Roy Moos. Agteris die span se afrigter, Gerald Otto.