breederiviergazette 08102013

16
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Breederivier Year 17 • 8 Oktober 2013 | Tel. 023 626 5212 Flippie uit ouers se sorg geneem HILDERINE SCHRÖDER In die soveelste kinkel in die omstrede Flippie Engelbrecht- saak is die tiener die afgelope naweek uit sy ouers se sorg ge- neem. Carina Papenfus van die Free- dom Trust, Engelbrecht (18) se regsadviseur, het Sondag (6 Okto- ber) aangekondig dat dié besluit in Engelbrecht se belang geneem is ná beweerde voorvalle van drank- misbruik en kinderverwaarlosing en -mishandeling aan die lig ge- kom het. Volgens Papenfus is die polisie se hulp ook ingeroep. Flippie is tans in ’n plek van vei- lige bewaring ná hy Saterdag (5 Oktober) drie epileptiese aanval- le, waarskynlik weens spanning, gehad het, aldus Papenfus. “Hy gaan nou ook verwys word vir ver- dere observasie, iets wat al lankal gedoen moes word.” Volgens Papenfus gaan dit tans onder omstandighede goed met Engelbrecht en is hy baie rustiger as vroeër dié naweek. Engelbrecht se aanrandingsaak geniet sedert dit in Julie vanjaar heropen is landwyd aandag. Die saak is op versoek van die staat vir onder meer veiligheids- doeleindes van die Ashton-land- droshof na die Worcester-streek- hof oorgeplaas waar dit aanstaan- de Maandag (14 Oktober) op die rol is. Wilhelm (Dozi) Treurnicht (35) staan nou alleen tereg op die aan- randingsklag ná sy medebeskul- digde, Johnny Burger, eienaar van die Rietvallei Wynlandgoed, op 3 September sy eie lewe geneem het. Tydens Treurnicht, bestuurder van Rietvallei, se vorige versky- ning op 13 September, het die staatsaanklaer, adv. Monrey Juli- us, gesê nog aanklagte kan moont- lik by dié gevoeg word waarop hy reeds teregstaan. Volgens kapt. Frederick van Wyk, provinsiale polisiewoord- voerder, word drie bykomende sa- ke teen Treurnicht ondersoek. Die staat het die aanklagte teen wyle Burger teruggetrek. Die saak spruit uit ’n voorval in 2008 waartydens Engelbrecht na bewering aangerand is en waarna hy epileptiese aanvalle sou begin kry het. In ’n reeks gebeure hierna het hy ook sy sig en hande verloor. Vrae het sedertdien ontstaan oor die verband tussen Engel- brecht se beserings en die beweer- de aanranding met bewerings uit sekere oorde dat die saak ’n poli- tieke speelbal geword het. Papen- fus het dié bewering ten sterkste ontken. Volgens Papenfus is Engel- brecht se saak die toonbeeld van die nagevolge van apartheid. “Die dopstelsel, onwettige uit- settings, slegte werksomstandig- hede, armoede en ’n gebrek aan op- voeding is alles bydraende faktore tot sy situasie.” Volgens Papenfus sal die Free- dom Trust voortgaan om Engel- brecht sowel as sy ouers so ver moontlik te ondersteun. Flippie Engelbrecht, hiér vroeër vanjaar by sy ma, Katriena Engelbrecht, is hierdie naweek deur die Freedom Trust uit sy ouers se sorg verwyder. FOTO: JACO MARAIS/FOTO24

Upload: boland-gazette

Post on 06-Mar-2016

276 views

Category:

Documents


34 download

DESCRIPTION

Breederiviergazette 08102013

TRANSCRIPT

Page 1: Breederiviergazette 08102013

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobi

Breederivier

Year 17 • 8 Oktober 2013 | Tel. 023 626 5212

Flippie uit ouers se sorg geneemHILDERINE SCHRÖDER

In die soveelste kinkel in dieomstrede Flippie Engelbrecht-saak is die tiener die afgelopenaweek uit sy ouers se sorg ge-neem.

Carina Papenfus van die Free-dom Trust, Engelbrecht (18) seregsadviseur, het Sondag (6 Okto-ber) aangekondigdatdiébesluit inEngelbrecht se belang geneem isná beweerde voorvalle van drank-misbruik enkinderverwaarlosingen -mishandeling aan die lig ge-kom het. Volgens Papenfus is diepolisie se hulp ook ingeroep.Flippie is tans in ’n plek van vei-

lige bewaring ná hy Saterdag (5Oktober) drie epileptiese aanval-le, waarskynlik weens spanning,gehad het, aldus Papenfus. “Hygaannou ook verwysword vir ver-dere observasie, iets wat al lankalgedoen moes word.”Volgens Papenfus gaan dit tans

onder omstandighede goed metEngelbrecht en is hy baie rustigeras vroeër dié naweek.Engelbrecht se aanrandingsaak

geniet sedert dit in Julie vanjaarheropen is landwyd aandag.Die saak is op versoek van die

staat vir onder meer veiligheids-doeleindes van die Ashton-land-droshof na die Worcester-streek-hof oorgeplaas waar dit aanstaan-deMaandag (14Oktober) op die rolis.Wilhelm (Dozi) Treurnicht (35)

staan nou alleen tereg op die aan-randingsklag ná sy medebeskul-digde, Johnny Burger, eienaarvan die Rietvallei Wynlandgoed,op 3 September sy eie lewe geneemhet.Tydens Treurnicht, bestuurder

van Rietvallei, se vorige versky-ning op 13 September, het diestaatsaanklaer, adv. Monrey Juli-

us, gesê nog aanklagte kanmoont-lik by dié gevoeg word waarop hyreeds teregstaan.Volgens kapt. Frederick van

Wyk, provinsiale polisiewoord-voerder, word drie bykomende sa-ke teen Treurnicht ondersoek.Die staat het die aanklagte teen

wyle Burger teruggetrek.

Die saak spruit uit ’n voorval in2008 waartydens Engelbrecht nabewering aangerand is en waarnahy epileptiese aanvalle sou beginkry het.In ’n reeks gebeure hierna het

hy ook sy sig en hande verloor.Vrae het sedertdien ontstaan

oor die verband tussen Engel-

brecht se beserings en die beweer-de aanranding met bewerings uitsekere oorde dat die saak ’n poli-tieke speelbal geword het. Papen-fus het dié bewering ten sterksteontken.Volgens Papenfus is Engel-

brecht se saak die toonbeeld vandie nagevolge van apartheid.

“Die dopstelsel, onwettige uit-settings, slegte werksomstandig-hede, armoedeen ’ngebrekaanop-voeding is alles bydraende faktoretot sy situasie.”Volgens Papenfus sal die Free-

dom Trust voortgaan om Engel-brecht sowel as sy ouers so vermoontlik te ondersteun.

Flippie Engelbrecht, hiér vroeër vanjaar by sy ma, Katriena Engelbrecht, is hierdie naweek deur die Freedom Trust uit sy ouers se sorg verwyder. FOTO: JACO MARAIS/FOTO24

Page 2: Breederiviergazette 08102013

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 8 Oktober 20132

) ’n Regte Suid-Afrikaanse braaikompetisieword op 12 Oktober ten bate van Kansa by dieOktoberfees by JonkheerWynlandgoed aange-bied.Diekompetisiewordinsamewerkingmetdie Bonnievale Kelders gehou en lekker prysekan gewen word.) DieMcGregorAppelkooskarnavalvindvan-jaarop30Novemberplaas.Dieprogramsalbin-nekort bekend gemaak word. Vir meer inlig-ting,kontakdieToerismekantoor inMcGregorby 0 023 625 1954.

Kunstekaap kuier op die plattelandBekende kunstenaars besoek Robertson op10 en 11Oktober as deel vanKunstekaap sedepartement gehoorontwikkeling en op-voedingseprogramomplattelandseleerlin-ge ’n smakie van die uitvoerende kunste tegee.

Dit is reeds die sewende jaar dat die projekaangebied word. Die LangebergMunisipaliteithet pas, saammet die Graham en Rhona Beck-sentrum en die Wes-Kaapse onderwysdeparte-ment, sy gewig by die projek ingegooi.Diekunstenaarswat sal optree isAlistair Izo-bell (radiopersoonlikheid en sanger)NiëlRade-man (kabaretkunstenaar), Janelle Visagie

(operasanger), Camillo Lombard (musiekregis-seur en sanger) en saxofoonspeler DovenoPrins.Kaapstad se balletgeselskap en die Dance forAll-dansgroep sal sorg vir klassieke enkontem-porêre dans, terwyl die marimba- en tromspel-groep Women Unite polsende ritmes sal ver-skaf.Benewens die aanbiedings sal leerlinge ookaan loopbane in die vermaakbedryf bekendge-stel word. Tydens ’n interaksie-sessie kan dieleerlinge met die kunstenaars gesels en ook ’nkykie kry in wat agter die skerms plaasvind.Die program vind vanjaar by die LangebergSekondêre Skool plaas en die program vir die

twee dae is soos volg:10Oktober:Oggendsessie:10:00 - 11:00 – inter-aksie-sessie met kunstenaars.Aandsessie: 19:30 – finale kleedrepetisie virkoshuisleerlinge, senior burgers, ouetehuiseen ander organisasies.11 Oktober: 10:00 - 11:30 – Loopbaanuitstal-ling en toer van tegniese aspekte van teaterpro-duksies.19:30: Volledige teaterproduksie vir die helegemeenskap. Die opvoering duur sowat ’n uuren ’n half.Kaartjies kos R20 per persoon en kan by me.H.JacobsbydieLangebergSekondêreSkoolbe-spreek word by 023 626 3579.

Mel byWine onthe RiverDie bekende Suid-Afrikaansesanger Mel Botes tree op Sater-dag 19 Oktober by Wolfkloof opmet sy nuwe vertoning Domin-oes waarin hy die musiek vangroepe soos Dire Straits en PinkFloyd, asook van sy eie musiek,sal speel.Botes is ook ’n komponis, dig-ter en ’n baie talentvolle musi-kant wat hom ’n besondere kun-stenaar met ’n unieke klankmaak. Dit, en sy behendigheidmet die kitaar, beloof om besoe-kers waarde vir geld te gee.Die opvoering maak deel uitvan die Wine on River-naweek.Die opvoering op 19 Oktoberbegin om 19:30 en toegang isR160. Dit sluit ’n ligte ete in.Bespreek vooraf by in-fo@wolfkloof of deur074 339 5008 te bel.

Bespreek nou jou kaartjie om Mel Botes by Wolwekloof te hoorsing.

BUBBLY: Robertson winery just launcheda new non-alcoholic sweet sparkling winecalled Pure Pink Passion to celebrate thecoming of spring and summer. It tastes likefruit and berries and served well chilledwill provide the perfect drink for office orChristmas parties with no fear of drinkingand driving under the influence. The winewill be available at all retailers in the Valley

Page 3: Breederiviergazette 08102013

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 8 Oktober 2013 3

Werksessies oor bedreigde oewerkonyn lê voor’n Bewusmakingsdag vir diehoogs bedreigde oewerkonynword op Dinsdag 15 Oktober insamewerking met die Trust virBedreigde Wildlewe by die Gra-ham&RhonaBeckVaardigheid-sentrum aangebied.

Die dagword afgesluitmet ’n bos-braai en ’n veiling om geld vir dieprojek in te samel.Luidens ’n verklaring van die

Trust vir BedreigdeWildlewe is diesowat 250 konyne op die oewer vandie Breederivier een van die mees

bedreigde spesies in die land, enword gehoop die bewusmakings-dag sal bydra tot die bewaring vandié konynsoort.Diedagseverrigtingisindrieses-

sies ingedeel. Die eerste sessie, van09:00 tot 13:00, sal konsentreer opdie bewaring van die konyn en syomgewing. Sprekers vir dié sessiesluit in Christy Bragg van die Dry-land Conservation Programme(DCP), Mossie Basson van GrahamBeck Wines en Janice Essex, ’n in-tern by die DCP. Die sessie word bydie vaardigheidsentrum aange-

bied. Die koste beloop R90 per per-soonendaar is plekvirnet 100men-se. Die middagsessie van 14:00 tot16:00 is ’n uitstappie na die konynse habitat en sluit ’n demonstrasiein oor hoe omdie konyn op te spooren om sy natuurlike habitat te be-skerm.Besoekers sal ook gewys word

hoeomkamerastrikketestelomdiekonynaf te neem.Dieuitstappie be-gin by die vaardigheidsentrum enkos R60 per persoon.Die aand se verrigtinge begin om

19:00 en word in die Graham Beck-

natuurreservaat gehou wat nor-maalweg vir die publiek gesluit is.Besoekers word getrakteer op ’ntradisionele Suid-Afrikaanse bos-braai en spogwyne van die land-goed. ’n Veiling om geld vir die ko-nynprojek in te samel sal gehouword. Een van die items wat opge-veil gaan word, is die grootste enenigste bottel The Game ReserveChenin Blanc 2012 (3 liter) met dieoewerkonyn op die etiket.Mense wat donasies van R50 of

meer gee, het ’n kans om die helereeks The Game Reserve-wyne te

wen.Al die geld wat ingesamel word,

sal aan die Trust vir BedreigdeWildlewe geskenk word ten eindenavorsing in die area te begin. Diebanket kos R280 per persoon endaar is plek vir 30 mense. ’n Vier-trekvoertuig is nodig om die reser-vaat te kan bereik.Besprekings is noodsaaklik en

kan gedoenword byMossie Bassonby 082 885 1670 of [email protected] of by MargueriteNel by 021 874 1258 of [email protected].

BuzBar pizza a hitLooking forpizza that’s simply thebest?Lookno further thanBuzBarin Robertson!Owners Steve Jacobs and Nic

Steenekamppromise to deliver onthis claim, and what better proofis needed than the fact that pizzaremains the most popular choicefor lunch and dinner at the restau-rant? They invite everyone tocome and taste it for themselves.

) What makes BuzBar special?Arealwood-burningpizzaoven.) What menu item is definitely

worth a try?Buzbar pizza with salami, feta

and sun-dried tomatoes.) Do you have inside and out-

side seating?Yes. We can seat 50 people.) Do you cater for small func-

tions like parties?Yes, butweare limited asweare

not open every day of the week.

) Do you do take-aways?Yes we do.) Do you serve alcohol?Yes.) Are children welcome?Yes.) Opening hours:Wednesday and Friday 17:00 to

midnight; Saturday 11:00 to mid-night; Sunday 11:00 to 17:00.

) In what price range are themain courses?R25 toR75, dependingon thepiz-

za size and toppings.) Contact details:15 Reitz Street. Entrance and

parking inAdderleyStreet. Phone083 266 1823 (Steve) or 083 290 5744(Jodi).

Gratis testamente inNasionale TestamenteweekSuid-Afrikanershet tot 11Oktober geleentheidom ’n gratis testament te laat opstel.Prokureurs wat aan die Nasionale Testa-

menteweek deelneem, sal hul diens adverteerdeur middel van plakkate waarop hul beson-derhede verskyn.Waarom moet ’n testament deur ’n proku-

reur opgestel word?’n Opgeleide prokureur het die nodige ken-

nis en ondervinding om seker te maak dat ’ntestament volgens wetlike vereistes geldig isen dat dit ook aan die persoon se wense vol-doen.’nProkureurkanookraadgeeoormoontlike

problemewatkankopuitsteekmetdiebewoor-ding van ’n testament.Die grondvereistes waaraan ’n testament

moetvoldoen, isdatdit ’nskriftelikedokumentmoet wees en in die teenwoordigheid van dietestateur of testatrise en twee getuies wat dit

ook geteken het, opgestel moet word.Wat gebeur as iemand dalk sonder ’n testa-

ment sterf?As iemand sonder ’n geldige testament sterf,

sal die bates volgens wet gewoonlik regverdigtussen naasbestaandes, soos ’n huweliksmaaten kinders of broers, susters en ouers, of soostoepaslik, verdeel word. Die bates gaan egterdalk nie na diemensewat die persoon se eerstekeuse sou gewees het nie.Bykomende problemewat kan opduik in die

afwesigheidvan’ngeldigetestament isdieaan-stelling van ’n boedeladministrateur, ekstrakoste of ongelukkigheid tussen familielede in-dien daar nie duidelike opdragte is oor hoe diebates verdeel moet word nie.Maak gedurende Nasionale Testamente-

week ’n afspraak met ’n prokureur wat sy ofhaar diens vir dié doel aanbied of skakel021 433 6700 of 012 366 8800 vir meer inligting.

Page 4: Breederiviergazette 08102013

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 8 Oktober 20134

Kursusse bring hoop virwerklose jongesJOLINE VAN DER MERWE

Oktober sal dalk nuwe moontlikhede virwerklose jongmense meebring wanneerplaaslike sake-ondernemings en organisa-sies verskeie kursusse aanbied wat jong-mense nuwe vaardighede sal leer.

Die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) enBonnievale enRobertsonse sakekamerhethulkragte saamgespan om ’n entrepreneurskap-kursus aan te bied.Diekursuswat tussen 21 en 25Oktober paan-

gebied word, sluit modules in oor hoe om ’nonderneming (énklein onderneming) te begin,boekhou en finansies. Die kursus word aange-bied vir enige potensiële en bestaande entre-preneurs.Willem Kruger, organiseerder van die kur-

sus, sê: “Daar is baiewerklosesmet goeie ideeswat net nie weet hóé of wáár om te begin nie.”Kruger sê hulle het 32 aansoeke van Robert-

son en tien van Bonnievale gekry, maar hullebenodig nog geldelike ondersteuning.Die Valleys and Mountains Ontwikkeling-

stigting bied ’n kursus aan wat gemik is opjongmense tussen die ouderdomme van 14 en25 jaar.Diedepartementvanmaatskaplikeont-wikkeling het bepaal dat belangrike ontwikke-lingopdiéouderdommoetplaasvindommense

vir werk en ’n loopbaan op te lei.Hul kreatiwiteitsontwikkelingskursus be-

staan uit 11 modules. Dit sluit ondermeer self-kennis en voorbereiding vir ’n werk, kennisvan die arbeidsmark en werksetiek, my ge-meenskap en hoe ek en my bydrae daar inpasasook entrepreneursvaardighede om uit ’nkreatiwiteitsbedryf ’n inkomste tegenereer in.Studente ontvang sertifikate návoltooiing vanelke module.VolgensPetroMcDonald,uitvoerendedirek-

teur van die stigting, is daar groot belangstel-ling inRobertson. “Maar ons fokusarea isBon-nievale enMontagu, insluitend die plaasgebie-de, maar inskrywings van dié gemeenskappeis teleurstellend.”Die stigting is ’n inisiatief van Albert Fritz,

Wes-Kaapse minister van maatskaplike ont-wikkeling, aangesien die Langeberg hoofsaak-lik ’n landbougebied is en werksgeleenthedeseisoenaal is.Toerisme in die gebied neem toe, dus word

die fokus op vaardighede wat ’n inkomste uitdie toerismemark kan genereer, geplaas.

. Die Valleys and Mountains-stigting biedop 17 Oktober, as deel van internasionale dagvir die uitwissing van armoede, ’n werksge-leentheid-ekspo by die Happy Valley-gemeen-skapsaal inBonnievale aan.Dit sal 17:00 begin,met ’n inligtingsessie om 19:00.

SAAMTREK-SUKSES: Die Great Winelands Adventure-BMW-motorfietsbyeenkoms wat onlangs op Ro-bertson aangebied is, was ’n reusesukses. Daar is reeds sprake dat die byeenkoms aanstaandejaar weer hier aangebied sal word. Die ryers was baie beïndruk met die pragtige natuurskoon envriendelikheid van die inwoners van die dorp en omgewing. ’n Spesiale negeliterbottel wyn wat deurVan Loveren geskenk is, is onder meer gebruik in die veiling om geld vir liefdadigheid in te samel.’n Bedrag van R4 300 is ingesamel en aan die Buffelskloof Primêre Skool oorhandig. Hulle sal ditgebruik vir ’n afdak voor die skool se kombuis sodat die leerlinge ’n skadukolletjie vir middagetekan hê. Hier is Mark Tolmay, eienaar van die plaas Buffelskloof, Hanlie du Plessis, skoolhoof vanBuffelskloof Primêr en Tony Meiring, organiseerder van die saamtrek.

MEMORIES: Allow me tocapture your special dayand your memories.Please contact Laresa on082 924 7233.

TROUKOEKE: Jenny Du Toit van The LittleCake Shop is passievol oor haar beroep.Sy ontwerp die perfekte troukoek volgensdie bruidspaar se spesifieke behoeftes ensmaak. Kontak haar gerus vir ’n gratis kon-sultasie by 0 084 561 0918..

HAIR, BEAUTY AND ACCOMMODATION:Livine Sante is a true bridal sanctuary.Allow us to pamper you before your bigday. Book your place at Illusions HairDesign on 0 023 626 1692.

MUSIEK LAND: Beligting in die kleur vanjou keuse!Verskeidenheid dansligte enrookmasjiene, lekker musiek en goeieklank – alles by Musiek Land te kry.

Page 5: Breederiviergazette 08102013

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 8 Oktober 2013 5

) Die polisie in McGregor is op soek na dieeienaar van twee waterpompies. Indien ie-mand agterkom sy pompe is soek, kan hyhul-le kontak. Die persoon moet egter die pompepositief kan identifiseer alvorensdit aanhomof haar oorhandig sal word. Vir meer beson-derhede, bel speursers. David Richards by0 023 625 8000.

Geskenkevir tehuisKersfees is om die draai en die kindersin die Herberg-kinderhuis op Robert-son vestig al hul hoop om ’n geskenkop die bereidwilligheid van die publiekom aan minderbevoorregtes te gee.Die tehuis het ’n skoenboks-projek

waarin die publiek gevra word om ’ngeskenkpakkie op te maak vir ’n kind.Dit moet bestaan uit toiletware,

skryfbehoeftes vir die skool, iets lek-kers om te eet of enigiets wat die kindkan gebruik, hetsy vir homself of virdie skool.Die Herberg huisves 122 kinders

waarvan die ouderdomme wissel vanbabas tot 18 jaar.Die bemarkingsbestuurder van die

Herberg,PetroUren, sêdie tehuis isniedeel van die Santa Shoebox-projek nieomdat dit net aan ’n sekere getal instel-lingsperomgewingbeskikbaar is.Daaris reeds ander instansies wat daarbybaat.Die tehuis hou op 29 November sy

jaarlikse Kerspartytjie vir die kindersen hulle wil graag vir elke kind ’n ge-skenk gee.Die tehuis doen dus ’n beroep op die

publiek en ander instansies op Robert-son en die omliggende omgewing ommet ’noopenvrygewigehanduit te reikna die kinders.Belangstellendes wat self ’n kind of

tweewil kiesvirwiehulle ’n skoenbokswil saamstel, kan Uren by die Herbergbel.Haar nommer is 023 626 3140.

) The police in Robertson are looking for in-formation about three men who allegedlyrobbed the Habipi Mini Market in Nkqubelaon Friday 29 September.According to thepolice threeunknownsus-

pects entered the shop. Two of them werearmed and demanded the shop owner to emp-ty his cash register. An amount of R7 000 wastaken as well as cigarettes from the shelves.Afterwards they locked the owner and his

assistant in a room at the back of the shopand then ran away.Anyone with information can contact de-

tectiveWOQuintonWilliams on 023 626 8349.

Page 6: Breederiviergazette 08102013

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 8 Oktober 20136

Montagu Spar stel klante eerste“Ons klante kom altyd eer-ste.” Dít, sê die eienaars –Jan en Zander Smit – vanMontaguSpar, isdieredevirhul sukses die afgelope vyfjaar.

Die onderneming vier tanssy vyfde bestaansjaar. Betrou-bare, vriendelike personeel,asook lojale klante is die redevir sy sukses.Dieondernemingsebakkery

en warmvoedsel-afdeling ispas, tydens ’n jaarlikse Spar-kompetisie, bekroon as besteen naasbeste in hul kategoriein die Wes-Kaap.Wat die winkel egter so be-

sondersmaak, is die persoonli-ke aandag wat die personeelaan klante gee, asook hul be-reidwilligheid om daardie ek-stra bietjie moeite te doen om’n klant tevrede te stel.Gerief is een van die aspekte

waarop groot klem gelê word.Die klant moet alles wat hy ofsy benodig onder een dak kankry.Montagu Spar is ook nie

bang om ’n helpende hand uitte steek en by die plaaslike ge-meenskap betrokke te raaknie.Gelukmet jou vyfde verjaar-

dag, Montagu Spar, mag daarnog baie wees!

Die binne-kant vanMontaguSpar.

Montagu Spar viervanjaar sy vyfde ver-jaardag. FOTO’S:ZELDA KLOPPERS

Page 7: Breederiviergazette 08102013

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 8 Oktober 2013 7

TROTS: Montagu se Spar het onlangs goed presteer toe hul HMR-afdeling waar klaar voorbereide kos tekoop aangebied word, die tweede plek in dié groep se winkels in die Wes-Kaap verower het. Volgens diebestuurder, Zander Smit, is hulle baie trots op die groepie werknemers wat sorg dat daar daagliks goedvoorbe-reide disse te koop aangebied word. Die winkel se trotse groepie is Samantha Plaatjies, Roslynn Warrie,Jennifer Jacobs, Geraldine Booysen en Anza Pekeur en (voor) Ferecia Soldaat met hul sertifikaat. FOTO’S:ZELDA KLOPPERS

WENNERS: Die personeel van die bakkery-afdeling van Montagu is onlangs aangewys as die beste bakkeryin die groep in die Wes-Kaap. Tydens die interne kompetisie word die verskillende afdelings van die winkelbeoordeel op die reeks produkte, groei, kwaliteit, netheid, kliëntediens en inisiatief. Die personeel vandie bakkery het aan al die vereistes voldoen en het ook 95% tydens ’n inspeksie deur die gesondheidsinspek-teur behaal. Die trotse wenners met hul sertifikaat is Merlin Johnson, Sharon Jooste, Mercia de Koker,Chantal Nel, Gertrude Jansen, Bellie Soldaat en Conrad Dube en (agter) Emmanuel Chimombe.

RegstellingDie drukkersduiwel het verlede weekveroorsaakdat tweenamebydieKansa-foto van die “Gevangenes vir liefdadig-heid” verkeerd was. Die korrekte nameis Johan Cookson en Jeanette Bosman.

Page 8: Breederiviergazette 08102013

Breederivier Gazette Letters - Briewe Dinsdag 8 Oktober 20138

‘Ek gaatie thê nie’ toe ’n voorbladstorieROSY JANSEN

Vroeër jare was dit baie moeiliker om by diestad uit te kom as nou. ’n Skoolgroep konnetmetgrootonkosteenuitstekendebeplan-ning na Kaapstad of ander plekke gaan.

Ons het ’n skoolhoof gehad wat die spreek-woordelike tweede myl saamgeloop het omveral die agtergeblewe kinders verder as hulomgewing te vat.

Sohethydan,hierindievroeësewentiger-jare, besluit om die plaaskinders van syskool Kaap toe te vat.

Vir baie van hulle was dit ’n eerste en laas-te besoek aan die Moederstad. Hy het die ou-ers van die kinders keer op keer bymekaargekry, vergadering met hulle gehou en dietoer haarfyn beplan. Al die onkoste is tot indie fynste besonderhede uitgewerk. Die ver-blyf, etes en besienswaardighede is deeglikuitgesorteer. Sommige van die ma’s is ookgevra om vrywillig saam te gaan om toesigte hou oor die leerlinge.

Dan is daar ook met die leerlinge gepraatoor hul veiligheid tydens die toer.

Hulle is dit op die hart gedruk hoe belang-rik dit is om met GEEN vreemdeling te praatnie. Oor en oor is die kinders gewaarsku oordie gevare van ontvoering en verdwaal.

Nooit, maar nooit, moes ’nkind sy of haar maatjie sehand los nie. (Vandag dinkek met ’n glimlag aan hoe-veel spanning en vrees daareintlik by die kinders inge-praat is.)

Op een spesifieke dagmoes die toergroep plaas-kindertjies die planetariumen die Kaapse museum be-soek.

Die skoolhoof het gereëldat ’n fotograaf en joernalisvan ’n groot dagblad diegroepie moes kom afneemen ’n onderhoud met hullevoer sodat die ouers tuis darem ook hul kin-ders in die koerant kon sien.

Ek onthou vir Hestertjie nog baie goed. ’nPragtige, blinkgesig-dogtertjie met tweeparmantige, stywe vlegseltjies. Hestertjiekon nie behoorlik ’n “s” sê nie, want sy hetgelispel (sleeptong gepraat). Elke “s” wat sygesê het, het soos ’n “thê” geklink.

Soos die noodlot dit wou hê, kies die joer-nalis toe juis vir Hestertjie om mee te praaten te hoor hoe sy die toer ondervind.

Metdiewaarskuwinginhaaragterkopom

met GEEN vreemdelingte praat nie, staan sy toedaar met haar handjiesagter haar rug.

Die joernalis vra met’n groot glimlag virhaar: “En wat is jounaam?” Sy kyk homvierkant in die oë, drukhaar kennetjie in die lugen sê: “Ek gaatie thênie.”

Die skoolhoof was gouby om aan die joernaliste verduidelik dat sy nieonbeskof is nie, maardatdaar ’ngoeieredevir

haar antwoord is.Eintlik het Hestertjie daardie dag met

haar gehoorsaamheid groot geskiedenis ge-maak vir ’n eenvoudige plaasskool, want dievolgende dag was die hoofopskrif op dievoorblad van die koerant in groot letters, EKGAATIE THÊ NIE.

En daarmee saam ’n pragtige volkleurfotovan baie eenvoudige kindertjies wat ’n ge-leentheid uit duisende gekry het danksy ’nskoolhoof wat geglo het sy leerlinge moet ’nkans kry om hul horison te verbreed.

RubriekRubriek

Rosy Jansen

Grade 12s: Do well, despite procrastinationMany thousands of matrics are waking upto the realisation that trouble looms largeon the horizon because they have not suffi-ciently prepared for their final exams. Al-though the temptation might be to justthrow in the towel, there is still hope forachieving results you can be proud of, aneducational expert says.

“Not everyone will approach their examknowing that they have done all they could toprepare over the past 12 years, and this givesrise to tremendous anxiety,” says Dr FelicityCoughlan, director of the Independent Insti-tute of Education. But by changing your mind-setandtakingfiveimportantsteps,yourmarkscould still qualify you for entry into a stimulat-ing field and exciting career, she says.

Students who have procrastinated until thebitter end (and many highly intelligent youngpeople fall into this category) should immedi-ately do the following (now, not tomorrow):

)Breathe, accept your situation, and re-solve to do all you can to rectify it

As with many problems, the first step re-quired for change is acknowledgement of theproblem. “Be honest with yourself and face thefact that you have not yet done enough to doas well as you would have liked. Then, resolveto throw all you have into making these lastfew weeks count. That means being ruthlessabout distractions, and studying like you havenever studied before. It is only a few weeks ofyour life, but they are a few weeks that couldmake a world of difference to your future pros-pects.”

)Assess the damageLookatallyoursubjectsandatall themateri-

als you need to study. Again, be ruthless. Makesure that you have not forgotten anything.Once you know what you have to work withand what you need to catch up on, move on tostep 3 (and don’t feel overwhelmed).

) Take time to draw up a study rosterForget “rest time”, party time and staying

up to date with “important” TV shows, CandyCrush or your friends and frenemies’ facebookupdates. All your time should now be focusedon your final exam, and only your final exam.

“There will be plenty of time to play onceyou’re done – and then you’ll deserve it,” saysCoughlan. “Allow yourself to draw up a de-tailed study roster which includes time for a

second round of revision, if possible. But don’tspend all your time planning either! It’s timeto get to work.”

) Now stick to itOnce you’ve drawn up your study roster, you

may realise that things are not as bleak as youimagined them to be, and that you still haveadequate time left to study. But don’t be drawninto procrastination again, Coughlan warns.“Your roster is your lifeline now, and you

should cling to it and make it work for you.”For best results, study using the PROVE

method) Practise by writing past papers or example

questions rather than just reading) Refresh by making sure you are eating,

sleeping and exercising enough (but beware ofusing these activities to procrastinate!)

) Organise yourself, your time and yourwork. Having a neat working environment anda clear plan for what you need to do and studyevery day, as well as having the relevant mate-rials sorted and on hand, will go a long wayto reduce anxiety and optimise your learning.

) Visualise by using colour and mind mapsand other strategies rather than just words, sothat you can use more of your brain, and

) Explain by answering questions or tellingfriends or relatives about your work. It is notuntil you have tried to explain what you knowthat you can assess if you know enough to an-swer the questions.

“It is possible that you have neglected yourwork to such a degree that you could potential-ly no longer qualify for studying in the fieldthat you wanted,” says Coughlan. “However,every effort you make now will ensure yourchancesareimproved,andthatyoucouldenteranother field that could prove equally if notmore satisfying, or that you could work yourway back into your first choice of course by,for instance, first studying for a qualificationthat will give you entry into your field ofdreams.

“If you put in the work now, you may verywell find that you still have fantastic optionsavailable to you when your results arrive, andyou’ll be in a position to make decisions aboutyour future knowing that when it counted, youput in your very best effort and it paid off. Andeven if it is too late to make your Plan A workimmediately,youstillhaveenoughtimetogivePlan B your best shot.”

Matrics can still aim high, even though they might have procrastinated.

’n Natuurles – gedig deur ’n Robertsonner’n Natuurles – gedig deur ’n RobertsonnerOns Skepper-God het alles wonderlik gemaak,luister maar na die voëls van die veld wat ont-waak.Geen vrieskas of koskas wat voedsel kan bied,tog begroet hulle elke dag met ’n blye jubellied!

Kunstig en met oorgawe word hulle nessies ge-bou,hulle kuikens versorg hulle, gewillig en getrouenterwylhullevlytigdiekleintjiesgrootmaak,is hulle eie behoeftes en begeertes bysaak.

Kyk na die blomme in hulle prag en hul praalhulle het geen klerekaste om ’n uitrusting uit

te haal,tog verhoog hulle Hom met hul skoonheid enkleur,verheerlik hulle Hom met hul lieflike geur.

Baie min kappertjies se stele is nié krom,want hul enigste mikpunt is om by die son uitte komen al is die groeigrond nie altyd ideaal,is dít nie die faktor wat die groeiproses bepaal.

Here leer my om ook soos die voëltjies te ver-trou,om my nie te bekommer oor wat die dag in mag

hou.versadig my siel met Jesus, die Lewensbrood,help my om my kinders te voed met u Woord.

Here maak my soos ’n kappertjie, my oë netop U gerig,laat niks my ooit verhoed nie om te wandelin u lig.

Laat alle aardse vrese en vertwyfeling ver-vaag,Here maak my hartsbegeerte, om my Heilandte behaag.

MARTIE BUIRMAN, Robertson

Page 9: Breederiviergazette 08102013

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 8 Oktober 2013 9

BESOEK: Die Immergroenklub van Huis Le Roux in Robertson het onlangs ’n uitstappie onderneemna die Sumsare-wynlandgoed by Wansbeck waar hulle deur Danie en Petro Erasmus ontvangis. In die groep is (agter) Marlene van Zyl, Rynie Rabie, Jeanette Gunter, Annie van Zyl, DieksieVerreyne, Baby du Plessis, Wilma Jantjies, Henrietta Breytenbach, Hester Malherbe en Vicky Colyn.Voor is Elmien Loftus, Ellen Strachan, Klaas Alexander en Johanna Knoetze. Die groep is deurVan Zyl, Gunter en Colyn vervoer.

BRAND VERWOES HUIS: ’nBrand het voorverlede na-week die huis van DianaApril in Hagerlaan in Ro-bertson in puin gelê. Diebrand is deur ’n kortsluitingveroorsaak. Die sewe inwo-ners, waaronder ’n driejari-ge, het al hul besittings ver-loor en vra inwoners en on-dernemings om hulle tehelp met skenkings vanklere, komberse, kombuis-ware, ensomeer. Vir meerinligting, bel Jonathan Ste-vens by 082 424 2449.Hy helpmet die insamelingvan skenkings. Op die fotois April saammet JonathanStevens en Caroline Jan-tjies.

Page 10: Breederiviergazette 08102013

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 8 Oktober 201310

Rivier skoongemaak vir ErfenisdagANITA DE KOCK

Robertson se Toerismekantoorhet Erfenisdag verlede maandmet ’n groot skoonmaakprojekgevier.

Met die hulp van ’n groepie kin-ders het hulle die oewers en omlig-gende omgewing van die Breede-rivier gaan opruim.Die idee van die projek was die

bewusmaking van waterbewaring-en omgewingsbeskerming tydensToerismemaand. Die tema vir 2013is Water.

Onder aanvoering van JohanCookson en Nicky Mouries van dieToerismekantoor, het die kinders,gewapen met swart sakke wat deurdie munisipaliteit geskenk is enhandskoene wat deur die Robert-son Wynvallei gegee is, die rivieraangedurf en sakke vol vullis opge-tel.Die dag het op ’n prettige wyse

begin toe die kinders met ’n pretwana die rivier vervoer is. Ná diegroot skoonmaak is daar vleis ge-braai en die dag is afgesluit metroomys wat deur ’n plaaslike kits-kosrestaurant geskenk is.

Die groepie jeugdiges het Erfenisdag gevier deur die omgewing by die Breederivier skoonte maak.

Werkers skenk klere vir behoeftigesWerknemers van Montagu DriedFruits & Nuts het onlangs ’n sken-king van klere aan die honger- en ar-moede-verligtingsprogram, Ha-dassh Family Wholeness Centre, ge-maak. Die klere sal aan behoeftigemense uitgedeel word.Werknemersvandieonderneming

het ook ’n kursus – Anker jouself totuitnemendheid – by die Graham enRhona Beck Vaardigheidsentrumvoltooi. Die werkers is ingedeel inspanne van sewe elk en elke spanhethom verbind tot die uitvoer van eenvandieseweankers,naamlikverant-woordelikheid, betroubaarheid, om-gee, regverdigheid, burgerskap, ge-loof en respek.Die ankergroep “Verantwoorde-

likheid” het die klereskenk-aksievan stapel gestuur, ’n idee wat grootbyval gevind het by die res van diewerknemers.

Hier is die ankergroep “Verantwoordelikheid” saam met Wilma Christoffes (heel regs)die voedselstoorbestuurder van die Family Wholeness Centre.

FEAST FOR THE EYES: McGregor’s annual Open Gardens will take place on19 and 20 October this year and members of the public are invited to visitsome of the beautiful gardens in the town. This year the ten gardens that havebeen selected range from large indigenous gardens to smaller, more formalgardens. After touring the gardens of Lords Guest Lodge, visitors can enjoya wine tasting and a special lunch overlooking the valley. The gardens canbe visited between 10:00 and 16:00 on Saturday and Sunday. Entrance isfree but donations can be made at the Tourism Office. Booklets and mapsare also available. For more information, dial 023 625 1954 or e-mail [email protected].

Page 11: Breederiviergazette 08102013

Breederivier GazetteIn en om die huisDinsdag 8 Oktober 2013 11

Maak ‘tuin’ met potplante’n Groot lushof van ’n tuin is ’nluukse wat nie almal beskore isnie, veral nie as jy in ’n woonstelof meenthuis bly nie.

By blyplekke waar ’n groot tuinontbreek, kan jy gerus ’n paar pot-plante oorweeg om groenigheid tebied.Hitte, water, lig, humiditeit, rus,

voedsel, vars lug en goeie versorging– dit is die basiese vereistes vir plan-te in houers om te floreer.Hier is ’n paar wenke vir gesonde

en aantreklike potplante:) Plante het vars lug nodig. Goeie

ventilasie is nodig, so hou dus altyd’n venster of deur oop in die vertrekwaar die plante staan.

) Die humiditeit moet reg wees.

As ’nplant langeras ’nuurin ’ndrup-bak met water staan, is dit nadeligvir die wortelstelsel. Binnenshuiseplante het gewoonlik minder warmlug en meer klam lug nodig en dunblare meer humiditeit as plante metdik blare.Wanneer die humiditeit telaag is, raak blaarpunte bruin, krulop en die bloeisels verdroog. Spuitmissproei op die plant.

) Sorg dat die plant lig kry. Plantemetbaieblarehetskerp lignodig,niedirekte son nie. Hoe veelkleurigerdie blare, hoemeer lig is nodig. Plan-tewat blommedra,moet direkte son-lig kry.

)Gee vir die plant genoeg van dieregte kos. Plante moet voedsel krywanneer hulle groei en blom. Ver-minder voeding gedurende die plant

se rustyd.)Geedie regtehoeveelheidwater.

Meerplantevrekvanteveelasteminwater. Kompos moet klam wees, nienat nie.Wag tot die boonste grondlaebegin uitdroog voordat weer watergegee word.

) Sorg dat die plant rus. Die vlakvan voeding en water moet vermin-der word as binnenshuise plante hulrustydperk binnegaan. Sodra nuwegroei in die lente uitkom, is die rus-tyd verby. Indien nodig, plant dieplant oor in ’n groter houer en geegeleidelik meer voeding en water.

) Sny ou, dooie blare en blommegereeld uit. Die vinger en duim of ’nskêrmoetverkieslikgebruikwordassnoei nodig is. Probeer altyd net bo-kant die groeiknop snoei.

As ruimte beperk is, kan ’n paar mooi plante in potte ’n goeie plaasvervanger vir ’n tuin wees.

Maak jou eie skoonmaakmiddelsJy sal so graag groener willeef, maar jy wéét daardieskoonmaakmiddels wat jyindiebadkamerenkombuisgebruik, is skadelik vir dieomgewing. Waarom maakjy dan nie jou eie skoon-maakmiddels nie? Die be-standdele is waarskynlikreeds in jou kombuiskas!Urban Sprout, ’nwebwerf

wat mense aanmoedig ommeer omgewingsvriendelikte leef, gee ’npaarwenkeoorhoe om kreatief te dink virdie omgewing se onthalwe:

) ’n Algemene skoon-maakmiddel kan gemaakword deurwit asyn, koeksoda enwa-ter te meng. Dit maak “so-te-sê enig-iets” skoon.

) Raak van reuke ontslae deurkoeksodaopjoumatte tegooiomeersdie reuke te absorbeer voor jy stof-suig. Jy kan ook ’n koppie koeksodain jou kaste of die yskas sit.

) Lugverfrisser: Meng water metessensiële olie of sit plante indie ver-trek – hulle dien as lugfiltreerders.

)Basiesebleikmiddelkanmetwa-terstofperoksied vervang word – ’nvolkome verganklike produk wat byapteke beskikbaar is. Let daarop datdit die oë, vel en slymvliese kan irri-teer.

) Om jou oond skoon te maak,maak die oond se oppervlakke nat,sprinkel koeksoda daarop en laatoornag staan. Vir hardnekkige vul-lis, gebruik staalwol.

) Verwyder skimmel deur tweeteelepels teeboom-olie (tea tree oil) intwee koppies water op te los. Spuitdit op die oppervlak en laat staan.

) Maak jou eie meubelpolitoerdeur ’n halwe teelepel olyfolie en ’nkwartkoppieasynof suurlemoensapte meng. Vryf dit met ’n lap aan joumeubels.

) ’n Kwart koppie koeksoda in dietoiletbak, wat vir 30 minute laatstaan word voor jy skrop, kan asskoonmaakmiddelvirdie toiletdien.Boraks kan vir hardnekkige vlekkegebruik word.

) Vir skoonmaakmiddel vir jouvenster,meng twee teelepels asyn en500mlwater. Spuit dit op die vensteren droog met koerantpapier af.Onthou om met lappe te werk wat

jyweerkangebruikeerderaspapier-handdoeke en servette. Sponse is eg-ter nie vergaanbaar en omgewings-vriendelik nie.

) Die Breederivier Gazette het niedie bogenoemde middels getoets nieen beveel aan dat lesers dit eers op’n onopsigtelike plek toets voorskoonmaakwerk op groot skaal aan-gepak word.

Maak jou eie omgewingsvriendelike skoonmaakmid-dels in plaas van om ’n magdom chemikalieë in jouhuis te gebruik.

Page 12: Breederiviergazette 08102013

Breederivier Gazette Schools - Skole Dinsdag 8 Oktober 201312

Matriek hou afskeidDie Höerskool Robertson het onlangs hul matriekafskeid gehou.

Die groep leerlinge het die matriekafskeid bygewoon.

Hierdie jong manne het die matriekafskeid van die Hoërskool Robertson bygewoon.

Die Langeberg Sekondêre Skool het verlede week ’n skenking in die vorm van ’n gerekenariseerdeteleskoop ontvangwat deur die aardrykskunde-leerlinge van die skool gebruik sal word. Die teleskoopis geskenk deur George Kellermann, ’n sakeman van Kaapstad. Die skenking was die idee van’n plaaslike sakeman, Tony Jarvis, wat agter die skerms gewerk het om die skenking moontlikte maak. Die idee was om die teleskoop aan ’n skool vir minderbevoorregtes te skenk en daaris op die Langeberg Sekondêre Skool besluit. Die skoolhoof, dr. Adriaan Landman, het sy dankbaar-heid vir die skenking uitgespreek. Op die foto is (van links) John Booysen (onderwyser by LangebergSekondêr) en twee leerlinge, Herni Beyers en Tamlin Rossouw by die teleskoop. Agter staan Landmanen Jarvis.

Sakeman skenk teleskoopaan Langeberg Sekondêr

MATRIEK: Joselyn Konstabel van Langeberg Sekon-dêre Skool het pragtig gelyk in haar matriekafskeid-rok.

Page 13: Breederiviergazette 08102013

Breederivier GazetteSchools - SkoleDinsdag 8 Oktober 2013 13

Huiswerkklub lewer resultateSoraya Cupido, ’n leerling aan dieWakkerstroom-Wes Primêre Skool,se inisiatief het daartoe gelei dathaar huiswerkgroepie ’n spesialeplek het waar hulle elke middag hulhuiswerk kan doen.

Ten einde leerlingemet hul huiswerkte help, het die skoolhoof, AnnumAbra-hams, in 2006 begin om huiswerkgroe-pies op verskillende plase te beginwaardie kinders saam hul huiswerk kan

doen.Soraya het opgemerk dat op die plaas

Goedemoed, waar haar ma werk, daar’n leë en ongebruikte hok staan.Ná onderhandelinge het die boer toe-

stemming verleen en die hok is nou diegroepie se huiswerkkamer.Haar onderwyseres, Belinda Crause,

is vol lof vir Soraya se positiewe inge-steldheid, werkywer en verantwoorde-likheidsin en sê die “huiswerkhub”gaan van krag tot krag.

Diegroepiekomelkemiddagop’nspe-sifieke tyd bymekaar en die tien leerlin-ge se hardewerkword inhul skoolwerkweerspieël.Soraya is ook buite die skool ’n pres-

teerderenhetonlangsdieeersteplekbe-haal tydens die WOW-spelkompetisiewat by die Universiteit Stellenbosch(US)gehou is. In 2012was syookeenvandie Korrek!-spelkompetisie se wenners.Haar ideaal is omself eendag ’n skool-

juffrou te word.

Soraya Cupido (agterlinks) saam met haarlede van haar huis-werkklub Hiskia Se-bonicke, Elzaan Willi-ams en SamanthaMatthee. Voor sitTammy Ann Jullies,SureneCupide,Melli-sa Cupido en JemealSeptember

MUSIEK: Musiekleerlinge aan die Hoërskool Robertson wat onlangs dieUnisa-musiekeksamen afgelê het, het besonder goed presteer. AnaïsDrotschie het die gr. 3-klavierafdeling geslaag en Terche Wentzel hetdie gr. 6-klavierafdeling met eervolle vermelding geslaag. Tanya Visagie(gr. 3-fluit), Renè Wentzel (gr. 3-klavier) en Fèrrol-Jon Davids(gr. 6-dwarsfluit) het ook almal geslaag. Hier is Anaïs, Terche, Renè enFèrrol-Jon. Tanya was afwesig met die neem van die foto.

KRIEKET: Pernall Mendes, ’nleerling aandieH. Venter Pri-mêre Skool is onlangs vir dieBoland o. 11-T20-krieket-span gekies.

Page 14: Breederiviergazette 08102013

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 8 Oktober 201314

Bruidskompetisie beginDie Langeberg-streek het van die mooiste trou-venues waaraan jy kan dink. Nou soek ons ookdie streek se mooiste bruide.Die Breederivier Gazette hou ’n Bruidskompe-

tisie wat van 15 Oktober tot 12 November salplaasvind.Vrouewatvan1Oktober 2012 tot 28September

vanjaar getroud is, mag inskryf.Die reëls is dat jy ’n vollengte foto van jou in

jou trourok met die inskrywingsvorm sal stuuraan [email protected], of dit kom aflewer bydieGazette se kantoor byPaulKrugerstraat (Ab-sa-gebou) langs Foto First.Inskrywingskoste beloop R80.Foto’s van deelnemers sal elke week geplaas

word en die wennerword op 19 November in dieGazette aangewys.Groot en opwindende pryse is op die spel.

FAMILIE-KENNISGEWINGS

FAMILYNOTICES

11

In Memoriam

WILLEMSOLDAAT.Born 27/09/1964 - Died28/01/2013. Your firstbirthday away from us. Wemiss you so much and willalways love you. Fromyour loving wife andchildren.

ALGEMENEDIENSTEGENERALSERVICES

1141

Algemene

Dienste

General Services

Page 15: Breederiviergazette 08102013

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 8 Oktober 2013 15

Win a bed at Beds B’UsBeds B’Us in Robertson has justannounced a new competition,Wake-Up To Summer, in which aperson, drawn froma luckydraw,will win an upmarket HotelierLuxury Double base set.

This competition is the company’sway to thank their customers for

their loyalty and support over thepast years.

Any person (regardless of wherethey live – Ashton, Bonnievale, Mc-Gregor, Montagu, Worcester, etc.)that buys any base set or mattress be-tween 1 October and 14 Decemberwill automatically qualify for thelucky draw.

The competition runs till 14 De-cember and the winner will be an-nouncedinthepressafter theclosingdate.

Bed B’Us are continually strivingto reward their clients especially bykeeping their product prices as lowas possible and offering great qualityand service.

The winner of the Beds B’Us Rise & Shine’s birthday competition are the Cloetes from Robertson. They won the Hotel Ortho Plush-doublesize bed set to the value of R4360. Here Elsabé Cloete and her daughter Minke try out their new bed. PHOTO: SUPPLIED

INKOPIETOG: Skougangers geniet die luilekker wandeling tussen die stalletjiesdeur by die Robertson Lenteskou.

TOPVERMAAK: Diebekende komedi-ant, Peter Mitchell,het Woensdagaand(25 September) diegaste vermaak ty-dens die Robert-son-lenteskou seopeningsonthaal.Sowat 180 gastehet die geleentheidbygewoon.FOTO: KENMCINTYRE

Page 16: Breederiviergazette 08102013

Breederivier

Year 17 • 8 Oktober 2013 | Tel. 023 626 5212

Dertienjarige potspelstergekies vir Suid-AfrikaGerovanOtto, ’n 13-jari-ge leerling van Robert-son,wat onlangs aan dieSuid-Afrikaanse Nasio-nale Junior Potspel-kampioenskappe byKleinplasie, Worcesterdeelgeneem het, is virdie Suid-Afrikaansespan gekies. Dié spangaan volgende jaar inJunie in Engeland deel-neem.

Gerovan, die jongstedeelnemer om in die SAspan opgeneem te word,het derde in die kampioen-skappe geëindig.Hy het ook vir sy klub

Hillside aan Noord-Bo-land se Premierliga deel-geneem en is as die streekse beste speler in die o.18-kategorie aangewys.Gerovan, wat in Robert-

son gebore is, het reeds opvyfjarige ouderdom beginom potspel te beoefen.’n Groot toekoms word

virdiébelowendejongspe-ler voorspel. Gerovan Otto

BOLAND RUGBY: Kenwyn Visser, ’n leerlingaan die Concordia Primêre Skool in die Koo-Vallei by Montagu, is onlangs gekies vir dieo.15-Boland Ontwikkelingsrugbyspan. Hyhet tydens die Septembervakansie saam naKaapstad getoer waar hulle teen spanne vanander provinsies meegeding het.

LANGASEM: Kelsey-Leigh Netherton, ’n leerling aandie Hoërskool Robertson, het in September aan dieSA Landloopkampioenskappe in Bloemfontein deel-geneemen het in die 19e plek, derde in dieWes-Kaap,geëindig.