breek van familievloeke verwerpingsgebede en verwgebede 2015.pdf · 3 isak het ontdek dat hy vir...

27
1 BREEK VAN FAMILIEVLOEKE & VERWERPINGSGEBEDE Compiled and writen by / Saamgestel en geskryf deur: Dr.Frans Nortje (D.Div. M.Coun. B.Min.) R30

Upload: dangkiet

Post on 05-Jun-2019

283 views

Category:

Documents


12 download

TRANSCRIPT

Page 1: BREEK VAN FAMILIEVLOEKE VERWERPINGSGEBEDE EN VERWGEBEDE 2015.pdf · 3 Isak het ontdek dat hy vir Jakob geseën het en nie vir Esau nie, maar steeds het hy gesê dat hy nie die seën

1

BREEK VAN FAMILIEVLOEKE &

VERWERPINGSGEBEDE

Compiled and writen by / Saamgestel en geskryf deur: Dr.Frans Nortje (D.Div. M.Coun. B.Min.)

R30

Page 2: BREEK VAN FAMILIEVLOEKE VERWERPINGSGEBEDE EN VERWGEBEDE 2015.pdf · 3 Isak het ontdek dat hy vir Jakob geseën het en nie vir Esau nie, maar steeds het hy gesê dat hy nie die seën

2

WAT IS GENERASIE SEËNINGE EN VLOEKE?

OAV: Deut 28:1 As jy dan goed luister na die stem van die HERE jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die HERE jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde. 2 En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die HERE jou God. OAV: Deut 28:45 En al hierdie vloeke sal oor jou kom en jou agtervolg en jou inhaal totdat jy verdelg is, omdat jy nie geluister het na die stem van die HERE jou God om sy gebooie en sy insettinge wat Hy jou beveel het, te hou nie; 46 en hulle sal by jou 'n teken en 'n wonder wees, en by jou nageslag tot in ewigheid.

Seeninge en vloeke in die Bybel: vloeke = 200 keer, Seëninge = meer gereeld. Seeninge en vloeke word in bonatuurlike outoriteit geuiter, of dit goed of kwaad is. Wanneer geuiter/gedoen en ‘n houvas gevind het sal dit van generasie tot generasie voortduur totdat dit gebreek word deur ‘n persoon met God se outoriteit in Jesus se naam. (Luk 10:19 en Gal 3:13) Vloeke val nie sommer af net soos bosluise nie sommer afval van ‘n hond se rug wanneer hy skud nie. Wedergeboorte en bekering is NIE ‘n towerstaf wat al die negatiewe elemente laat verdwyn nie, dit is bewys in die beradingsondervinding van Past. Frans en Sariet van oor die 15 jaar en van meer as 16000 beradingsure. Die resultate en getuienisse van persone wat globale ommeswaai van lewensomstandighede beleef het spreek boekdele. SEËNINGE 2 Tipe Seëninge word onderskei:

1. Direk van God, 2. Uitgespreek deur ‘n mens deur God se outoriteit

Gen 22 Abr & Isak15 Toe roep die Engel van die HERE vir die tweede keer na Abraham van die hemel af16 en sê: Ek sweer by Myself, spreek die HERE, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie,17 dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem.18 En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het.

Seën direk van God vloei voort uit gehoorsaamheid aan die stem van die Here! GEHOORSAAM AAN GOD = SEËN God het wat ook al aan hom geoffer is beantwoord met ‘n seën! As jy aan iets vashou sal dit nie seën kan word nie. Nadat Abraham vir Isak geoffer het, het hy seën ontvang bo sy menslike vermoë. Dit wat hy geoffer het is ook dit wat God vermenigvuldig het! Wat ook al jy aan vashou het net sy huidige waarde en kan nie vermenigvuldig word nie. Wat jy op die altaar van God plaas (opgee) seën Hy en vermenigvuldig dit bo jou eie vermoë. ‘n Volgende seën is die seën wat Isak oor Jakob uitgespreek het. Jakob het gedink dat hy vir Esau seën, Isak het hom met ‘n seën geseën wat vir generasie na generasie voortgeduur het.

Page 3: BREEK VAN FAMILIEVLOEKE VERWERPINGSGEBEDE EN VERWGEBEDE 2015.pdf · 3 Isak het ontdek dat hy vir Jakob geseën het en nie vir Esau nie, maar steeds het hy gesê dat hy nie die seën

3

Isak het ontdek dat hy vir Jakob geseën het en nie vir Esau nie, maar steeds het hy gesê dat hy nie die seën kan omdraai nie.

Gen 27 28 En mag God jou gee van die dou van die hemel en van die vet grond van die aarde en oorvloed van koring en mos. 29 Volke sal jou dien, en nasies voor jou neerbuig. Wees ’n heerser oor jou broers, en die seuns van jou moeder moet hulle voor jou neerbuig. Vervloek is hulle wat jou vloek, en geseënd hulle wat jou seën. 30

Maar toe Isak Jakob klaar geseën het en Jakob nog skaars van sy vader Isak af weggegaan het, kom sy broer Esau van die jag af, 31 en hy maak ook ’n lekker ete en bring dit na sy vader en sê aan sy vader: Laat my vader hom oprig en eet van die wildsvleis van sy seun, sodat u siel my kan seën. 32 En sy vader Isak vra hom: Wie is jy? En hy antwoord: Ek is u seun Esau, u eersgeborene. 33 Toe skrik Isak geweldig en sê: Wie is dit dan wat wild gejag en vir my gebring het? En ek het van alles geëet voordat jy gekom het, en hom geseën - ook sal hy geseënd bly! 34 Toe Esau die woorde van sy vader hoor, skreeu hy met ’n baie groot en bitter geroep, en hy sê vir sy vader: Seën my ook, my vader!

35 En hy antwoord: Jou broer het gekom met bedrog en jou seën weggeneem. 36

Daarop sê hy: Sou hulle hom Jakob noem, omdat hy my nou twee keer onderkruip het? My eersgeboortereg het hy geneem, en daar het hy nou my seën geneem! Verder vra hy: Het u vir my geen seën oorgehou nie? 37 Toe antwoord Isak en sê vir Esau: Kyk, ek het hom as heerser oor jou gestel en aan hom al sy broers as dienaars gegee; en ek het hom met koring en mos versorg. Wat kan ek dan nou vir jou doen, my seun?

Hy kan nie die seën omkeer nie, dit was woorde wat gespreek is deur Goddelike outoriteit God het Sy outoriteit deur die seën aan Jakob gegee en nie eens die seëngewer Isak kon dit omkeer nie. Hierdie seën het al vir bykans 4000 jaar voortgeduur en tot vandag toe steeds. Seëninge en Vloeke het ‘n inklinasie om vir baie generasies voort te duur. Wanneer dit ‘n seën is, is dit goed maar wanneer dit ‘n vloek is is dit vernietigend.

Deut 28 As jy dan goed luister na die stem van die HERE jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die HERE jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde. 2 En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die HERE jou God.

Die volgende Seëninge word afgelei uit Deut 28 1. Jy sal verhoog word. 2. Jy sal gesondheid ondervind. 3. Jy sal vrugbaarheid ervaar. Nie net in die moederskoot nie maar ook

sal die saai-maai beginsel werksaam en sigbaar wees in jou lewe. 4. Jy sal voorspoedig wees in alles wat jy aanpak: Finansies, huwelik,

kinders, werk, besigheid, boerdery ens. 5. Jy sal oorwinning behaal selfs teenoor die strafste teestander. 6. Jy sal God se guns ervaar oral waar jy gaan. 7. Jy sal die hoof wees en nie die stert nie. Jy sal ‘n leier wees en nie ‘n

slaaf nie.

Page 4: BREEK VAN FAMILIEVLOEKE VERWERPINGSGEBEDE EN VERWGEBEDE 2015.pdf · 3 Isak het ontdek dat hy vir Jakob geseën het en nie vir Esau nie, maar steeds het hy gesê dat hy nie die seën

4

VLOEKE

Deut 28:45 En al hierdie vloeke sal oor jou kom en jou agtervolg en jou inhaal totdat jy verdelg is, omdat jy nie geluister het na die stem van die HERE jou God om sy gebooie en sy insettinge wat Hy jou beveel het, te hou nie; 46 en hulle sal by jou 'n teken en 'n wonder wees, en by jou nageslag tot in ewigheid.

Psigologies

1. Verwarring 2. Frustrasie 3. Sinsverwarring, Sielsiek, kranksinnig 4. Verwarring in die verstand 5. Dryf tot raserny 6. Beangs 7. Hartseer

Fisies

1. Pessiektes 2. Verbruik 3. Tering en koors en vurige koors en 4. Intsteking, Inflammasie 5. VIGS 6. Swere 7. Maagsere 8. Juk 9. Blindheid 10. Die HERE sal jou tref met bose swere aan die knieë en aan die bene - waarvan jy nie

gesond kan word nie 11. Plae en siektes 12. Al die siektes van Egipte en geswelle en skurfte en uitslag waarvan jy nie kan gesond

word nie. 13. Alle ander siekte toestande. (Alle siekte toestande is ‘n vloek!) 14. Jou bees word voor jou oë geslag, maar jy sal daarvan nie eet nie 15. en jy sal altyddeur net verdruk en hard behandel word. 16. Jy sal jou met ’n vrou verloof, maar ’n ander man sal haar skend; ’n huis sal jy bou,

maar daarin nie woon nie. 17. Verslaan deur jou vyande 18. Jy sal baie saad op die land uitbring, maar min insamel; want die sprinkaan sal dit

afeet. 19. Seuns en dogters sal jy verwek, maar hulle sal vir jou nie wees nie; want hulle sal in

gevangenskap gaan. 20. Hy sal aan jou leen, maar jy sal aan hom nie leen nie; hy sal die kop en jy die stert

wees. 21. en hulle sal by jou ’n teken en ’n wonder wees, en by jou nageslag tot in ewigheid.

Page 5: BREEK VAN FAMILIEVLOEKE VERWERPINGSGEBEDE EN VERWGEBEDE 2015.pdf · 3 Isak het ontdek dat hy vir Jakob geseën het en nie vir Esau nie, maar steeds het hy gesê dat hy nie die seën

5

Lys uit ondervinding in die praktyk:

1. Verstandelike en emosionele ineenstorting (senuwee-ineenstorting) in die familiegeskiedenis.

2. Kroniese siekte toestande veral as daar nie ‘n mediese verklaring is nie. 3. Agtereenvolgende miskrame of verwante vroue probleme. 4. Huwelik - opbreking en familie vervreemding. 5. Konstante onvoldoende finansies alhoewel die inkomste blyk voldoende. 6. “Ongeluksvoël” Konstante ongelukke. 7. Geskiedenis van selfmoorde in die familie

Wanneer daar ‘n vloek teenwoordig is, moet daar ‘n oorsaak daarvoor wees.

Spr 26:2 2 Soos die voëltjie wegfladder, soos die swaweltjie wegvlieg, so is ’n vervloeking sonder oorsaak: dit kom nie uit nie.

Om met ‘n vloek te deel moet die oorsaak of oorsprong van die vloek eers vasgestel word.

MOONTLIKE OORSPRONGE VAN VLOEKE: 1. DEUR DIE GEESTELIKE WETTE VAN GOD TE OORTREE:

Gen 12:33 En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word. (anti-Semitism)

Vloeke deurdat die wet van Moses gebreek word, 12 vloeke wat uitgespreek is.

Deut 2714 En die Leviete moet verklaar en aan al die manne van Israel hardop sê: 15 Vervloek is die man wat ’n gesnede of gegote beeld maak, ’n gruwel vir die HERE, werk van ’n ambagsman se hande, en dit in die geheim opstel; en die hele volk moet antwoord en sê: Amen. 16 Vervloek is hy wat sy vader of sy moeder verag; en die hele volk moet sê: Amen. 17 Vervloek is hy wat sy naaste se grenslyn verlê; en die hele volk moet sê: Amen. 18 Vervloek is hy wat ’n blinde op die dwaalweg lei; en die hele volk moetsê: Amen. 19 Vervloek is hy wat die reg van vreemdeling, wees en weduwee verdraai; en die hele volk moet sê: Amen. 20 Vervloek is hy wat met die vrou van sy vader gemeenskap het, want hy het die kombers van sy vader opgelig; en die hele volk moet sê: Amen. 21 Vervloek is hy wat met enige dier gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen. 22 Vervloek is hy wat met sy suster, die dogter van sy vader of die dogter van sy moeder, gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen. 23 Vervloek is hy wat met sy skoonmoeder gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen. 24 Vervloek is hy wat sy naaste in die geheim doodslaan; en die hele volk moet sê: Amen. 25 Vervloek is hy wat ’n omkoopgeskenk aanneem om ’n persoon - onskuldige bloed - dood te slaan; en die hele volk moet sê: Amen. 26 Vervloek is hy wat die woorde van hierdie wet nie hou om dit te doen nie; en die hele volk moet sê: Amen.

1. Afgodsbeeld, Okkulte, dien ander gode apart van God, fortuinverteller, gaan na ander bronne van inligting vir jou lewe. Exodus 20 5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ’n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; 6 en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van

Page 6: BREEK VAN FAMILIEVLOEKE VERWERPINGSGEBEDE EN VERWGEBEDE 2015.pdf · 3 Isak het ontdek dat hy vir Jakob geseën het en nie vir Esau nie, maar steeds het hy gesê dat hy nie die seën

6

die wat My liefhet en my gebooie onderhou. Afgodsaanbidding sal aan die volgende generasies in die 3e en 4e geslagte besoek word hierdie stelling is slegs van toepassing op die eerste 2 gebooie van ongehoorsaamheid, die res kan vir langer aanhou. Die ander gebooie het nie die sekere kondisie nie. Wie is my God?

2. Om ouers nie te eer nie, sal daar nooit goed gaan met daai persone nie. 3. Onnatuurlike seks 4. Ongeregtigheid aan die swakkeling en hulpeloses, weduwee, blinde, vreemdeling

ens. ‘n Vloek om op mens se eie krag staat te maak. Eers begin om op die HG staat te maak en later op jouself te vertrou of op ander mense.

Jer 17 : 5,6 5 So sê die HERE: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die HERE afwyk. 6 En hy sal wees soos ’n kaal bos in die wildernis, en hy sal nie sien as die goeie kom nie, maar dor plekke in die woestyn bewoon, ’n brakkerige en onbewoonde land.

Vloeke vir Diefstal en vervalsing. Soos bv. belasting opgawes.

Sag 5:1-4 5 EN ek het my oë weer opgeslaan en gekyk - daar was ’n vlieënde boekrol. 2 En hy het vir my gesê: Wat sien jy? Toe antwoord ek: Ek sien ’n vlieënde boekrol, sy lengte is twintig el en sy breedte tien el. 3 Daarop sê hy vir my: Dit is die vloek wat uitgaan oor die ganse land; want ooreenkomstig daarmee sal al die diewe hiervandaan weggeruim word, en ooreenkomstig daarmee sal al die meinediges hiervandaan weggeruim word. 4 En laat dit uitgaan, spreek die HERE van die leërskare, en dit sal kom in die huis van die dief en in die huis van hom wat vals sweer by my Naam; en dit sal binne-in sy huis vernag en dit verteer saam met sy balke en sy klippe.

2. VLOEKE DEUR DIE MENS NAMENS GOD:

Jos 6:26 26 In dié tyd het Josua hulle laat sweer met die woorde: Vervloek is die man voor die aangesig van die HERE wat sal opstaan om hierdie stad Jérigo op te bou: ten koste van sy eersgeborene sal hy sy fondamente lê, en ten koste van sy jongste sal hy sy poorte insit.

400 Jaar later:

1 Kon 16:34 34 In sy dae het Hiël, van Bet-el, Jérigo opgebou; ten koste van Abiram, sy eersgeborene, het hy sy fondament gelê, en ten koste van Segub, sy jongste, sy poorte opgerig, volgens die woord van die HERE wat Hy deur die diens van Josua, die seun van Nun, gespreek het. Hierdie vloek het van generasie na generasie oorgedra.

Vloek uitgespreek deur Elisa teenoor sy slaaf omdat hy gelieg het.

2Kon 26, 27: 26 Maar hy sê vir hom: Het my hart nie saamgegaan toe ’n man van sy wa af omgedraai het jou tegemoet nie? Is dit tyd om die silwer te neem en om klere te neem en olyfbome en wingerde en kleinvee en beeste en slawe en slavinne? 27

Daarom sal die melaatsheid van Naäman jou en jou nageslag vir ewig aanklewe. En hy het van hom uitgegaan melaats, soos sneeu.

Jesus en die vyeboom: Vir ewig...

Mark 11:12 en toe Hy op ’n afstand ’n vyeboom met blare sien, het Hy daarheen gegaan in die hoop om iets daaraan te vind; en toe Hy daarby kom, vind Hy niks as

Page 7: BREEK VAN FAMILIEVLOEKE VERWERPINGSGEBEDE EN VERWGEBEDE 2015.pdf · 3 Isak het ontdek dat hy vir Jakob geseën het en nie vir Esau nie, maar steeds het hy gesê dat hy nie die seën

7

blare nie, want dit was nie die tyd van vye nie. 14 En Jesus spreek en sê vir hom: Laat niemand ooit in der ewigheid van jou ’n vrug eet nie! En sy dissipels het dit gehoor... 20

En toe hulle vroeg in die môre verbygaan, sien hulle die vyeboom, verdroog van die wortels af. 21 En Petrus het onthou en vir Hom gesê: Rabbi, kyk, die vyeboom wat U vervloek het, is verdroog. 22 Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in God hê. 23 Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see - en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur - hy sal verkry net wat hy sê.

Soms verdra ons dinge wat Jesus nie sou toegelaat (tolerate) het nie. 3. MENSE MET VERWANTSKAPS OUTORITEIT Ouers oor kinders, man in die huis oor sy vrou. Pa wat vir sy seun sê “ jy sal in elk geval nie voorspoedig wees in jou eie besigheid nie, ons Poggenpoels is net goed om “waterdraers” en “houtkappers” te wees, jy sal dit nooit maak nie. . Geestelike leiers wat vloeke uitspreek oor hul gemeentelede wat nie saamstem met hul dogmas nie en dan die gemeente wil verlaat, “as jy hierdie gemeente verlaat sal jy nooit gelukkig en voorspoedig wees nie, God sal jou nooit seën nie.”

Jesus sê Mat 5:37 37 Maar laat julle woord wees: Ja ja, nee nee. Wat meer as dit is, is uit die Bose. Oorbeklemtoning is baie gevaarlik!

4. SELF TOEGEDIENDE VLOEKE Jakob se ma Rebekka het gesê Gen 27:13 “Maar sy moeder antwoord hom: Laat jou vloek op my wees, my seun! Jakob is weg en sy het hom nooit weer gesien nie. Die Joodse gemeenskap toe hulle Jesus veroordeel het voor Pontius Pilatus:

Mat 27:25 En die hele volk antwoord en sê: Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom!

‘n Aanhoudende vloek. Die nagevolge van hul self toegediende vloek kan gesien word in die mate wat die Jode deur die eeue in hul miljoene wreedaardig vermoor is en hul bloed letterlik gevloei het. Jou woorde kan ‘n vloek oor jou bring: vrouens wat bv. Hul borste vervloek “ek haat my borste kyk hoe groot/klein is hulle” en later borskanker kan kry daarvan of hul bene vervloek “ek haat hierdie bakbene van my” kan later onverklaarbare pyne in die bene kry. Dood spreek: “ Ek wens ek was dood” of “ek moes nooit gebore gewees het nie” Gee vir Satan wettige reg om mense se lewens te vernietig en te vermoor. Louis Malherbe het die wens uitgespreek dat as hy sou doodgaan moet dit op sy motorfiets wees, kort daarna is hy op sy motorfiets dood in ‘n fratsongeluk. Die duiwel het sy lewe voortydig kom steel omdat hy hom wettige reg gegee het om dit op sy motorfiets te doen. Spreekwoorde: “Ek sal my dood lag, het my dood geskrik, ek kan dit nie glo hoe wonderlik die Here is nie, dis ongelooflik” en “ I’m dying to meet you”

Page 8: BREEK VAN FAMILIEVLOEKE VERWERPINGSGEBEDE EN VERWGEBEDE 2015.pdf · 3 Isak het ontdek dat hy vir Jakob geseën het en nie vir Esau nie, maar steeds het hy gesê dat hy nie die seën

8

Regstelling: Ps 118:17 Ek sal nie sterwe nie, maar lewe en die werke van die HERE vertel. Dit beteken nie ek sal nooit doodgaan nie, derhalwe dat ek nie voortydig of ontydig dood sal gaan nie. 5. MENSE WAT SATAN VERTEENWOORDIG,

Toordokters, hekse, mediums, sataniste, okkultiste en baie ander. Hulle het ‘n mate van krag maar daar is iemand wat meer krag het nl. Jesus (Ek het al mense gehoor sê dat die satan het geen meer krag nie): Satan het net soveel krag in ons lewens as wat ons hom toelaat. Deu 18:10 Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan--wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of

towery omgaan nie, 11 of wat met besweringe omgaan, of wat 'n gees van 'n afgestorwene vra of 'n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie. 12 Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die HERE 'n gruwel; en om hierdie gruwels ontwil verdryf die HERE jou God hulle voor jou uit. Jes 8:19 En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel--moet 'n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word?

Mense sou nie na hierdie praktyke gegaan het as daar nie resultate was nie, mens kry egter altyd “bagasie” saam met hulle sogenaamde “seën” wat niks anders as ‘n bedekte vloek is nie. Satan kan mense skatryk maak, maar hy verwag dan dat daardie mens sy siel aan hom sal verkoop. Mens kan hulle fortuin by die waarsêer gaan laat lees en sy is gewoonlik reg as dit by die verlede kom omdat demone wat mense dophou al hul doen en late opteken en dit bloot vir die medium (waarsêer) gee en wanneer mense dink dat dit so wonderlik is dat sy weet wat in hul verlede gebeur het, glo hulle gewoonlik as sy ‘n hele klomp vloeke oor hul toekoms uiter. Die demoniese magte word opdrag gegee deur die waarsêer om dan so ‘n persoon se toekoms te manipuleer en uiteindelik te ruïneer. Mense soek inligting waar God nie die bron is nie en God draai summier sy rug op hulle wat seëninge en beskerming betref. 6. GEESGELAAIDE ITEMS IN DIE HUIS

Deu 7:25 Die gesnede beelde van hulle gode moet julle met vuur verbrand; die silwer en die goud wat daaraan is, mag jy nie begeer of vir jou neem nie, dat jy nie daardeur verstrik raak nie; want dit is vir die HERE jou God 'n gruwel. 26 En jy mag geen gruwel in jou huis inbring nie, sodat jy nie net so onder die banvloek kom nie; jy moet daar heeltemal 'n afsku van hê en dit geheel en al as gruwel beskou; want dit is onder die banvloek.

Enige afgodsbeelde en simbole is ‘n toegangspunt (gateway) vir satan in mens se huis. Boeddha beelde bring die zen en tauistiese anti-christiese bedrywighede in huise is. Alle okkultiese simboliek bring ‘n vloek oor huise. Afrika maskers word gebruik in rituele om demoniese geeste op te roep om take te verrig soos om iemand ryk te maak of bv. vrugbaar te maak, die persoon word vrugbaar maar die baba is gebreklik ens. Indien iemand dan daardie masker in sy huis hang, volg ernstige nagevolge wat armoede en ander gebreke insluit.

Page 9: BREEK VAN FAMILIEVLOEKE VERWERPINGSGEBEDE EN VERWGEBEDE 2015.pdf · 3 Isak het ontdek dat hy vir Jakob geseën het en nie vir Esau nie, maar steeds het hy gesê dat hy nie die seën

9

Geesgelaaide items en simbole in Christene se huise bevorder: Armoede, verhoudings verbrokkeling, siektetoestande, ongeluk, onvrugbaarheid en ander komplikasies. Vir volledige inligting kan u Tiaan Gildenhuis se “Maak skoon jou huis DVD bekom” 7. SIELSGEBEDE EN UITERINGE Die HG werk deur die gees van die mens en satan werk deur die siel van die mens.

Jakobus 3:13 Wie is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon. 14 Maar as julle bittere afguns en selfsug in julle hart het, moenie roem en lieg teen die waarheid nie. 15 Dít is nie die wysheid wat van bo kom nie, maar is aards, natuurlik, duiwels; 16 want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade. 17 Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.

Sommige mense kan bid vir jou dat Jacques met Angelique moet trou, dit is waarskynlik nie God se wil nie maar Jacques sal ‘n sterk inklinasie kry om met Angelique te trou en so ‘n huwelik kan rampspoedige nagevolge het. Regstelling: “...Here nie my wil geskied nie maar laat U wil geskied” Mense wat hul eie selfsugtige gebede bid kan nie verwag om deur God geseën te word nie, hulle bid nie in die krag van die HG nie maar in eie krag. Geliefdes wat teen jou praat/skinder kan veroorsaak dat deur die natuurlike siels-verbintenis hulle jou skade kan aandoen (soul ties) en selfs vloeke oor jou uitspreek. Ma wat sê “My seun sal nooit gelukkig wees by daardie vrou nie” die siels verbintenis tussen ma en seun kan veroorsaak dat die woorde en gebede van ma ‘n vloek op hul huwelik plaas.

Efe 6:12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

8. Daar is uiteraard baie ander invloede wat ons lewens nadelig kan beïnvloed, hierdie boekie is ‘n algemene inligtingstuk. U kan die DET1 en DET2 kursusse by KBN deurloop vir volledige breedvoerige inligting.

HOE KOM EK ONDER DIE VLOEK UIT OOR NA DIE SEËN VAN GOD?

Deur die lyding van Jesus aan die kruis 2000 jaar gelede... Gal 3:13,14 Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ’n vloek te word want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ’n hout hang 14 sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang. en deurdat geesgevulde kinders van God hul outoriteit opneem en die “wurmteologie” en dogmatiese afleidings (ek is ‘n engel as ek tot

wedergeboorte gekom het) laat staan.

Luk 10:19 Kyk, Ek gee aan julle (die geesgevulde kind van God) die mag (outoriteit) om op slange (die duiwel) en skerpioene (satan se demone) te trap, en oor al die

Page 10: BREEK VAN FAMILIEVLOEKE VERWERPINGSGEBEDE EN VERWGEBEDE 2015.pdf · 3 Isak het ontdek dat hy vir Jakob geseën het en nie vir Esau nie, maar steeds het hy gesê dat hy nie die seën

10

krag (satan se fisiese doen en late wat ons lewens nadelig beïnvloed) van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.

Wat is die sleutel woord hier: GEHOORSAAMHEID AAN DIE STEM VAN DIE HERE

Ps 95:7 7 Want Hy is onse God, en ons is die volk van sy weide en die skape van sy hand. Ag, as julle vandag maar na sy stem wou luister! Joh 10:27 27 My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.

Daar was ‘n uitruiling van ons sondes op Jesus en Sy geregtigheid op ons. Jesus het ‘n vloek geword vir ons sodat ons geseën kan word in Hom. Net soos daar nie sommer genesing plaasvind as ons Jesus aanneem nie, so val vloeke nie sommer af as ons tot wedergeboorte kom nie, ons het ‘n wettige reg in Christus om los gemaak te word van die vloek mits ons die oorsprong hanteer en die deure natuurlik gaan toemaak volgens Mat 12:29

Mat 12:29 Of hoe kan iemand in die huis van 'n sterk man (let wel die sterk man of soos die oorspronklike taal dit stel “die sterk een” hierdie is nie ‘n demoon nie, dit is die wettige reg waaraan die demoon vashou) ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie? En dan sal hy sy huis beroof.

Jes 53: Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop(ons rebellie en al sy bose nagevolge); maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.

Aan die kruis is al ons rebellie en bose nagevolge deur Jesus aan die kruis gekoop sodat ons verlos kan word van rebellie en sy bose nagevolge, ons kan nie verlos raak as ons dit by die kruis los nie, ons moet dit in besit neem deur ‘n aksie. Ons moet derhalwe die kondisies nakom wat Hy vir ons voorhou nl. luister na Sy stem en doen wat Hy sê! (gehoorsaamheid). Die genade van God stel ons in staat om die kondisies na te kom. Die vloek van ongehoorsaamheid hetsy deur die voorouers of self – kan oorwin word deur geloof en inbesitneming van die vrymaking deur Sy dood aan die kruis. Die oomblik wat ons Jesus aanneem is ons wettiglik mede erfgename van die Koninkryk maar ongelukkig kry mens nie jou erflating altyd alles op een slag nie, in die meeste gevalle is dit ‘n proses en ons moet aansoek doen daarvoor en dit in besit gaan neem. So, wettiglik het Jesus 2000 jaar gelede al ons vloeke op Hom geneem, maar (Experientially) effektiewelik moet ons dit eers opeis deur ‘n eenvoudige proses van geestelike oorlogvoering en gebed. Net soos “ deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom” nie altyd beteken dat ons totaal vry is van alle siektes nie. Dit beteken dat dit ons wettige reg is om gesondheid te geniet maar dit is ons plig om dit in besit te neem, natuurlik deur die outoriteit van Luk 10:19 in geloof toe te pas. Dit id nie altyd waar dat as daar geskrywe is dat Hy ‘n vloek geword het dat ons sommer van alle vloeke onmiddellik verlos is nie, ons moet die wettige reg gebruik en die seën in besit neem. Nog ‘n voorbeeld in Jos 1:3 Elke plek waar julle voetsool op sal trap, dit gee Ek aan julle, waar Josia en die kinders van Israel die Beloofde land moes inneem, God het gesê “Ek gee vir julle die land” maar die land was nooit outomaties werklik hulle eiendom totdat hulle dit in besit gaan neem het nie. Hulle moes eers oorgaan tot aksie – en dan die beloning van die belofte in besit neem. In die geesdimensie moet daar altyd eers ‘n oorwinning wees voordat die geestelike beloftes in werking kan tree. Dit is waarom ons geestelike wapens gekry het, om aan te val en in besit te neem.

Page 11: BREEK VAN FAMILIEVLOEKE VERWERPINGSGEBEDE EN VERWGEBEDE 2015.pdf · 3 Isak het ontdek dat hy vir Jakob geseën het en nie vir Esau nie, maar steeds het hy gesê dat hy nie die seën

11

Dusdoende moet die oorsprong van vloeke vasgestel word. Gaan vors jou voorgeslagte se doen en late na of vra dat God dit deur die HG aan jou moet openbaar of jy kan sonder enige voorkennis verlos word. 1. Herken (eien) die probleem. 2. Bekeer, draai weg self of namens jou voorouers van die sondige lewenswandel. 3. Gee dit op , “ek sal nie enigiets te doen wil hê met enige vyand van God nie” 4. Weerstaan dit. Neem standpunt in teen dit. Punte wat jou vrymaking bevorder

1. Skriftuurlike outoriteit waarop jy kan staan om jou vrymaking te bevestig. Gal 3:13,14 , Efe 1:7 Luk10:19

2. Bely jou geloof in Jesus 3. Wy jouself toe in gehoorsaamheid aan die stem van die Here 4. Bely enige bekende sondes van jouself of jou voorouers 5. Vergewe alle mense teen wie jy ‘n gevoel het, ook die mense van wie die vloek

afkomstig is. 6. Verbreek alle kontak met die okkulte en sluit in om van alle “gelaaide” voorwerpe

ontslae te raak. Boeke – Sterrewiggelary, waarsêery, okkultiese boeke, Harry Potter ens. Hangers – gelukbringers, snt. Christophers Pentagramme ens. Simbole – ying/yang, drake, ankh, feetjies, demonise speelgoed ens. Beelde – bv. Buddha, Afrika maskers, alle afgodsbeelde, ens. Aksies – joga, meditasie, karate ens. Medikasie – Oosterse homopatiese “energie” medisyne, toordokter of Slamaier

middels ens. (Daar is niks fout met ware kruie medisyne nie!) Musiek wat satan verheerlik (Bykans alle sekulêre “Metal” musiek en andere)

7. Bevry jouself in die naam van Jesus of indien onkundig, klap aan by KBN vir hulp. 8. Die sleutel om jou salwing te hou = begeerte en motief bo alle dinge, om Jesus in die

proses te verhoog. Nie om myself te verryk of te verhoog nie.

BELYDENIS EN VERWERPING VAN FAMILIESONDES

My dierbare hemelse Vader, ek kom na U toe as u kind wat met die bloed van Jesus Christus

gekoop is. Ek verwerp en verloën hier en nou al die sonde van my voorgeslagte tot die derde en

vierde geslagte vir die aanbidding van afgode. Ek verwerp en verloën nou al die

ongehoorsaamheid sondes van myself en my voorgeslagte van die begin van tyd.

Vader God, ek vra om vergifnis vir al ons familie sonde en ek bely nou hierdie sonde tot in die

derde en die vierde geslag. Ek laat staan nou hierdie sonde, en met hierdie gebed sny ek dit af

van myself en my saad, asook van my saad se saad. In die Naam van Jesus kap ek die wortels

wat hierdie sonde in my familielyn net af, en breek ek die mag van hierdie ongeregtigheid.

Ek breek nou die familie vloek van armoede, siekte, krankheid en minderwaardigheid in die Naam

van Jesus. Dankie dat U in die Naam van Jesus vir my, asook my nageslag, bevry. In geloof

Page 12: BREEK VAN FAMILIEVLOEKE VERWERPINGSGEBEDE EN VERWGEBEDE 2015.pdf · 3 Isak het ontdek dat hy vir Jakob geseën het en nie vir Esau nie, maar steeds het hy gesê dat hy nie die seën

12

smeer ek nou die bloed van die Lam oor my nageslag. Ek gebied enige vrug wat hierdie sonde

van my voorgeslagte in my lewe, of die van my kinders, mag he, om te verdroog en te sterf.

Here, ek gee myself nou, net soos ek is vir U. Help rny om duidelik die dinge te onderskei wat

verhoed dat ek u stem kan hoor. Wys my die plekke in my lewe waar ek seergekry het, of waar

daar bitterheid mag skuil. Was my skoon van alle ongeregtigheid met u kosbare bloed. Doen wat

U nodig vind om my weer heel te maak. Was al die oortredinge van my voorgeslagte uit my uit.

Here, ek bid dat U al die negatiewe uitwerkings wat my voorgeslagte se sondes op my gehad het,

weg sal was. Reinig my van my sondes van die verlede en die hede.

Ek gee U nou toestemming om met my te verander, te genees, te herstel en te bevry van enige

bindinge in my lewe. Soos Dawid in Psalm 51:10 bid ek: "Skep in my 'n rein hart, o God, en gee

opnuut in die binneste van my 'n vaste gees." Amen

Page 13: BREEK VAN FAMILIEVLOEKE VERWERPINGSGEBEDE EN VERWGEBEDE 2015.pdf · 3 Isak het ontdek dat hy vir Jakob geseën het en nie vir Esau nie, maar steeds het hy gesê dat hy nie die seën

13

Reinigingsgebed van die leuen en misleiding van die Ou en Nuwe Apostoliese Kerk

Vader, ek kom na U toe in die Naam van Jesus Christus van Nasaret en ek bely dat Jesus my

Heer en Meester is. Sy Bloed het my verlos, Sy lewe is binne-in my en dat ek 'n Kind van

God is.

• Ek verwerp my geloof in die Ou/Nuwe Apostoliese Kerk en die Apostels,

Profete, Evangeliste, Opsieners, Oudstes, Priesters en Onder Diakens.

• Ek verwerp die doop met besprinkeling tot bekering, die Avondmaal waardeur ek vergifnis

van sonde verkry en die heilige verseeling deur die handoplegging van die apostel.

• Ek verwerp die bediening van die drie heilige sakramente aan die siele in die doderyk

deur middel van die lewende vir die dode.

• Ek verwerp lidmaatskap as "sielebruid".

Ek verwerp die vergifnis van sonde wat die apostel oor my uitgespreek het.

• Ek verwerp elke Nagmaal wat slegs deur die apostel bedien kon word,

• Ek verwerp die reg wat ek aan die apostel gegee het om die genade en wil van God aan

my bekend te maak.

• Ek verwerp die leer van die apostel.

• Ek verwerp dat ek deur woord en daad my onderwerp het aan die kragte wat in die

gemeente gestel is.

• Ek verwerp die ontvangs van die teken van die "heilige kruis" op my voorkop en bors,

enige beskerm engele, die openinge van die derde oog of enige toegang tot die gees

dimensie.

• Ek verwerp enige erkenning wat aan die apostel gegee word om die genade van God te

administreer.

• Ek verwerp enige valse doop met onheilige vuur.

• Ek verwerp my ouers as my "verlossers" asook enige belofte wat ek afgele het as

"verlosser" van my eie kinders.

• Ek verwerp dat my ouers my sender vlek of rimpel aan die Here moet gee asook enige

soortgelyke belofte wat ek as ouer gemaak het. (Bloed van Jesus word geYgnoreer.)

• Ek verwerp enige beloftes gemaak, om my eie kinders groot te maak volgens die wil

van God bekend gemaak deur Sv apostel en as ek self so grootgemaak is.

• Ek verwerp elke handoplegging van enige apostel.

• Ek verwerp die valse leer van die besprinkeling tot bekering en reiniging van die hart

asook die doping met die Heilige Gees en vuur om sodoende 'n kind en erfgenaam van

God te wees.

• Ek verwerp elke "herder" van my siel in die gemeente.

• Ek verwerp die heilige verbond wat ek gemaak het met die aanvaarding van die :

verantwoordelikheid as 'n lid van die gemeente. Ek kanselleer die getuienis teen my

asook die verseëling van die nagmaal met my bevestiging.HUWELIK

Page 14: BREEK VAN FAMILIEVLOEKE VERWERPINGSGEBEDE EN VERWGEBEDE 2015.pdf · 3 Isak het ontdek dat hy vir Jakob geseën het en nie vir Esau nie, maar steeds het hy gesê dat hy nie die seën

14

• Ek verwerp die gesag van die apostel asook sy seeninge uitgespreek.

• Ek verwerp 'n ware liefde (tot die einde) vir die apostel kerk.

DANKSEGGING EN SEEN VAN DIE OES

• Ek verwerp volharding in die leer van die apostel

BEGRAFNIS

• Ek verwerp enige gebed vir die dooies. (Egiptiese rituele)

GELOOFSBELYDENIS

Ek verwerp die apostel as leermeester, middelaar en verteenwoordiger.

Ek verwerp my geloof in die apostel as die een wat die sleutels van die koninkryk het en

ook die outoriteit wat hy het om die koninkryk oop of toe te sluit soos hy wil.

Ek verwerp my geloof in die apostel dat hy die lig vir die nasies is en dat slegs hulle die

Evangelie kan verkondig.

Ek verwerp my geloof in die apostel dat hy die enigste weg is om die Vader of Christus

te sien.

Ek verwerp die apostel as middelaar (in plaas van Christus).

Ek verwerp dat die hemel 'n toestand is van sielerus, saligheid en vrede en dat ek dit sal

smaak as ek myself verneder en in die huis van die Vader klein word soos 'n kind.

Ek verwerp alle mense verering/aanbidding (die apostel).

Ek verwerp die ontkenning van die wederkoms van Christus en dat ek gese het Hy

het alreeds vir elkeen gekom.

Ek verwerp die ontkenning dat Christus nie op natuurlike wolke sal kom nie en dat ek

geglo het dit is dieselfde hemel waarin die kinders van God woon - dit is die wolke van

getuienis wat ons rondom ons het.

Ek verwerp my geloof in die apostel dat mag aan hom gegee is om te oordeel en ek

breek nou alle vloeke wat hy oor my uitgespreek het in die Naam van Jesus.

Ek verwerp die fondament wat die apostel in my geld het en ek verbreek die seel van sy

apostelskap oor my in die Naam van Jesus Christus.

Ek verwerp die leuen dat die doop 'n proses is waardeur die siel opgebou en gevoed

word.

VERSEËLING

• Ek verwerp die sakrament van die heilige verseëling waardeur God my ongeregtighede

wegsluit. (Job. 14:17)

• Ek verwerp enige gees wat ek ontvang het van insig en opklaring deur die handoplegging

van die apostel.

• Ek verwerp die fondament wat vasgele is met hierdie seel op my voorkop asook die vloek

dat ek he! toe sal gaan sender hierdie seel.

Dankie Here, dat U my nou vrymaak. Dankie dat daar net een middelaar is en Sy Naam is Jesus.

Dankie vir die Bloed van Jesus wat my reinig. Dankie vir die Swaard van die Gees wat my nou

lossny van die Ou/Nuwe Apostoliese Kerk van Afrika. Ek prys U naam vir die waarheid wat my

vrymaak! In die Naam van die Here Jesus Christus! AMEN

Page 15: BREEK VAN FAMILIEVLOEKE VERWERPINGSGEBEDE EN VERWGEBEDE 2015.pdf · 3 Isak het ontdek dat hy vir Jakob geseën het en nie vir Esau nie, maar steeds het hy gesê dat hy nie die seën

15

REINIGINGSGEBED VAN DIE LEUEN EN MISLEIDING VAN DIE VRYMESSELAARS In die Naam van die Here Jesus Christus en met die gesag wat ek as 'n gelowige in Hom besit,

verklaar ek dat ek losgekoop is uit die hand van die satan. Deur die Bloed van Jesus is al my

sondes vergewe.

Die Bloed van Jesus Christus, God se Seun, reinig my nou van alle sonde. Daardeur is ek

regverdig asof ek nog nooit gesondig het nie.

Deur die Bloed van Jesus is ek geheilig en gereinig, afgesonder vir die Here - ek is 'n lid van 'n

uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige volk, 'n volk as eiendom verkry, om te

verkondig die deugde van Hom wat my uit die duisternis geroep het tot Sy wonderbare lig. (1 Pet.

2:9) My liggaam is 'n tempel van die Heilige Gees, losgekoop en gereinig deur die Bloed van

Jesus. Ek behoort aan die Here Jesus Christus, gees, siel en liggaam.

Sy Bloed beskerm my van alle boosheid. In Jesus Naam bely ek nou dat ek skuldig is aan die

sonde van afgodery in die leer van Vrymesselary. (1 Joh. 1 :9)

In ooreenstemming met die Here noem ek hierdie betrokkenheid sonde en vra Hom om dit alles uit

my lewe en ook uit my gesinslewe te verwyder.

In die Naam van Jesus bestraf ek enige en alle leuengeeste asook geeste van misleiding van

Vrymesselary wat nog dink dat hulle 'n houvas op my of my gesin het. (Jak. 4:7)

In die Naam van Jesus verwerp ek die prinsgeeste van Vrymesselary, naamlik:

Baal Songod

Jahbalon Onheilige drie-eenheid

Baphomet Seksgod - Antichris

Tubalcain Moord, bloedvergieting

Ek verklaar dat julle geen meer mag oor my het nie omdat ek losgekoop en duur voor betaal is

deur die Bloed van Jesus wat op Golgota gevloei het.

In die Naam van Jesus verwerp ek enige en elke eed wat by die altare van Vrymesselary gesweer

is, onder andere:

• Dat my hart uitgesny sal word indien ek die geheimenisse van Vrymesselary sou

verklap;

• Dat my keel van oor tot oor oopgesny sal word indien ek die geheimenisse van die

Vrymesselary sou verklap;

• Dat my ingewande uitgetrek sou word en aan die wilde diere gevoer sou word indien

ek die geheimenisse van die Vrymesselary sou verklap;

• Dat my liggaam in die growwe sand van die see by die laagwatermerk begrawe sou

word waaroor die gety van die see 2 keer in 24 uur sou spoel indien ek die

geheimenisse van Vrymesselary sou verklap; en

• Dat my tong by die wortels uitgetrek sou word indien ek die geheimenisse van

Vrymesselary sou verklap.

Page 16: BREEK VAN FAMILIEVLOEKE VERWERPINGSGEBEDE EN VERWGEBEDE 2015.pdf · 3 Isak het ontdek dat hy vir Jakob geseën het en nie vir Esau nie, maar steeds het hy gesê dat hy nie die seën

16

Ek verwerp en verbreek die kode van stilswye in die Naam van Jesus Christus.

Ek verbreek enige en elke sielsverbintenis wat met die Broederskap gesluit is asook met enige

individuele persoon/persone in die Naam van Jesus Christus.

Ek verwerp elke verbond en/of bloedverbond wat gesluit is en kanselleer dit uit in die Naam

van Jesus Christus.

Ek vra Here dat as daar enige bloed is wat teen my getuig in die gees dimensie, dat U dit

asseblief met die Bloed van Jesus sal stilmaak. Dankie vir die Bloed van Jesus wat my

vrymaak!

Ek verwerp enige trou wat ek aan die organisasie gesweer het in Jesus

Naam. Ek kanselleer alle rituele uit waaraan ek deelgeneem het, onder

andere:

• Die tou om die nek (die koord van die "lewe") wat beteken het dat ek nou

aangeneem is in Lucifer se familie. Ek verbreek nou hierdie verbinding in die Naam

van Jesus en vra dat U, Vader my nou sal aanneem en die aannemingspapiere uit

Lucifer se hande sal neem;

• Die blinddoek op my oe wat met die afhaal daarvan my derde oog oopgemaak het.

Ek verwerp hierdie ritueel en vra dat U Here my derde oog sal verseel met die Bloed

van Jesus; en

• Die Vrymesselaars "doop" (3 keer "onderdompeling") in 'n doodskis en die opstaan

as 'n Vrymesselaar (sterf met die Vrymesselaar - "Christus" - Baal of Tammuz - hy

word ook met hom opgewek) - ek verwerp ook die geheime woord ("Man Hah

Bone") wat in hierdie ritueel aan my gegee is waardeur ek "opgewek is.

Ek verbreek die sielsverbintenis wat met die gees van die dood gesluit is in die Naam van

Jesus Christus van Nasaret. Ek sny myself en my gesin los van hierdie gees en breek die

kontrak wat met hom aangegaan is in Jesus Naam.

In die Naam van Jesus verwerp ek die okkultiese voorwerpe van die ("Passer en Reghoek”

voorstelling van seksuele organe) pentagram, en die letter "G"

Ek verwerp ook alle simbole en juwele van Vrymesselary in Jesus Naam en verklaar 'n

egskeiding met die organisasie. {Vernietig ring fisies asook in die gees)

Ek verwerp elke voorskoot (Lucifer se priesterskap - voorhangsel in Salomo se tempel) wat

ontvang en gedra is tydens rituele asook die range wat die voorskote voorgestel het. In die

Naam van Jesus gee ek daardie range terug!

Ek verwerp die Vrymesselaarshanddruk, posisie van voete of enige ander vorm van

identifikasie as een van hulle in die Naam van Jesus Christus.

Ek verwerp in die Naam van Jesus die Vrymesselaar se geloof in die tempel van Salomo

asook die sleutels van Salomo.

Ek verwerp enige kontakpunte waar my familiename geskrewe staan in enige

Vrymesselaarsboeke, kliptafels, Egiptiese naalde, ens. in die Naam van Jesus asook alle

getuies teenwoordig by die rituele, fisies en in die gees.

Page 17: BREEK VAN FAMILIEVLOEKE VERWERPINGSGEBEDE EN VERWGEBEDE 2015.pdf · 3 Isak het ontdek dat hy vir Jakob geseën het en nie vir Esau nie, maar steeds het hy gesê dat hy nie die seën

17

Ek verwerp die "al siende oog" van Lucifer, die mag van die piramiede asook die hele

Vrymesselaarshiërargie. Ek sny myself los van enige verbintenis met Egipte en die aanbidding

van hulle seksgode verwerp en kanselleer ek uit in die Naam van Jesus.

Ek verbreek alle vorme van slawerny op my lewe afkomstig van Vrymesselary in die Naam var

Jesus Christus van Nasaret.

Ek verbreek die sielsverbintenis met die meester en verbreek ook sy gesag oor my lewe in

Jesus Naam. Ek verwerp ook die "vyf punte van gemeenskap".

In die Gesags Naam van Jesus Christus verander ek nou elke vloek in 'n seen! Dankie Here!

Deur die Krag van Sy Bloed breek ek ook enige bloedlynsonde en binding wat my moontlik

bine deur ede wat my ouers of voorgeslagte afgeleë het (Eks. 20:5) en ek nael hierdie dinge

vas aan ; Kruis van Christus (Kol. 2:14).

Ek verbreek elke vloek van Vrymesselary oor my lewe.

1. Ek verbreek die vloek van onvrugbaarheid en buite-egtelike verwekking van kinders

in die Naam van Jesus.

2. Ek verbreek die vloek van siektes in die Naam van Jesus.

3. Ek verbreek die vloek van armoede in die Naam van Jesus.

4. Ek verbreek die vloek van ongeluk in die Naam van Jesus.

5. Ek verbreek die vloek van verhoudingsverbrokkeling in die Naam van Jesus.

Ek verbreek ook enige en alle mag van die duiwel deur hierdie ede oor my kinders en

kleinkinders en beveel hom om hulle uit te los omdat hulle onder die Bloed van Jesus is.

Ek vra ook dat die Here met die Bloed van Jesus moontlike sondes van 'n buite egtelike kind in

die bloedlyn sal reinig tot en met die tiende geslag (Deut. 23:2).

As gevolg van die Bloed van Jesus het satan geen meer mag oor my of oor my gesin nie en

het geen meer plek in ons nie.

Ek verwerp satan en sy trawante geheel en al en verklaar hulle as my vyande. Jesus het

gesê: "Vir die wat glo sal hierdie tekens volg: in My Naam sal hulle duiwels uitjaag ..."

(Mark. 16:17).

Ek is 'n gelowige en in die Naam van Jesus gebruik ek nou my gesag en verdryf alle bose

geeste. Ek beveel hulle om my nou te verlaat volgens die Woord van God en in die Naam van

Jesus.

Ek vergeet die dinge wat agter my is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die

prys te verkry van die hoe roeping van God in Christus Jesus (Fil. 3:14).

In die Naam van Jesus Christus alleen. AMEN

Page 18: BREEK VAN FAMILIEVLOEKE VERWERPINGSGEBEDE EN VERWGEBEDE 2015.pdf · 3 Isak het ontdek dat hy vir Jakob geseën het en nie vir Esau nie, maar steeds het hy gesê dat hy nie die seën

18

18

REINIGINGSGEBED VAN DIE LEUEN EN MISLEIDING VAN DIE ROOMS KATOLIEKE KERK

My Hemelse Vader,

Ek kom na U toe in die Naam van Jesus Christus U Seun. Ek erken dat ek in 'n dwaalleer betrokke was en vra U vergifnis. Dankie dat U Bloed my reinig en heilig, Dankie dat U Woord Waarheid is en die Waarheid maak my vry!

• Ek verwerp die Sakrament van die kinderdoop en die geloof dat dit een van die sewe kanale is waardeur ek gekoop is om gered te word.

• Ek verwerp die uitdrywing van bose geeste deur die priester met die salwing van olie en sout in my mond wat my sou bewaar in die toekoms van bose geeste.

• Ek verwerp die geloof dat die kinderdoop my gereinig het van alle oorspronklike sonde en dat ek daardeur ‘n kind van God gemaak is en erfgenaam van die hemel geword het en ek in genade sou sterf.

• Ek verwerp die geloof dat ek met die kinderdoop weergebore is en ook my lidmaatskap as 'n lid van die Rooms Katolieke Institusie asook my onderwerping aan al die wette van die Rooms Katolieke Kerk.

• Ek verwerp my lojaliteit aan die Vatikaan en die juk van slawerny wat op my geplaas is deur die Rooms Katolieke Kerk.

• Ek verwerp die sakrament van belydenis aan die priester/vader en elke opdrag wat hy my gegee het wat ek uitgevoer het om te betaal vir vergifnis (bv. sekere hoeveelheid "hail Mary's"). Ek sny my los van die wortels van hierdie praktyk naamlik aanbidding van die songod, Baal in Babilon.

• Ek verwerp die onbybelse kerkstrukture naamlik die pous, monnike, nonne, priesters asook elke standbeeld, kerse, heilige water en godsdienstige kostuums wat gebruik word.

• Ek verwerp die gebruik van die nagmaal bekend as die sakrament van die heilige Eucharistie. Ek verwerp die geloof dat die broodjie werklik die liggaam, die bloed en goddelikheid van Christus word en dat ek dit aanbid het as God self.

• Ek verwerp die wortels van hierdie praktyk naamlik Baal aanbidding in Babilon en later ook in Egipte waar die songod Osiris aanbid is. (Ronde koeke gemaak van ongesuurde brode is geseën deur die priester en het "bonatuurlik" verander in die vlees van hulle god).

• Ek verwerp elke mis wat ek bygewoon het. Ek verloën die geloof in die priester dat hy so kragtig was om Jesus uit die hemel te trek, Hom weer te kruisig en Hom weer te offer gedurende die mis. Ek bely die aanbidding van 'n valse Jesus en vra om vergifnis van hierdie sonde.

• Ek verwerp die inskripsie op die broodjie: I.H.S. (in Egipte - 3 gode naamlik Isis, Horus en Seb).

• Ek verwerp die buiging voor en aanbidding van die broodjie as God. Ek verwerp die wet wat ingestel is deur die Raad van Trent dat daar 'n doodsvonnis rus > diegene wat nie glo dat die ronde broodjie werklik God is nie - ek sny myself los van daardie vloek in die Naam van Jesus en bely dat die elemente slegs simbolies is.

Page 19: BREEK VAN FAMILIEVLOEKE VERWERPINGSGEBEDE EN VERWGEBEDE 2015.pdf · 3 Isak het ontdek dat hy vir Jakob geseën het en nie vir Esau nie, maar steeds het hy gesê dat hy nie die seën

19

19

Ek verwerp die geloof dat ek geglo het ek eet die Skepper van die Heelal tydens die Nagmaal. Ek verwerp die valse leerstelling dat ek daardeur Jesus "ontvang" het.

Ek verwerp die aanhoudende offer van Jesus op die Kruis en beiy dat Hy EEN maal gee is en dit was 'n volmaakte volkome offer!

Ek verwerp die sakrament van aanneming en bevestiging wat leer dat dit my "vervulling r die Heilige Gees" is.

Ek verwerp my burgerskap aan die kerk en enige ander eed wat ek gesweer het om trou ; bly.

Ek verwerp die stelling van die Raad van Trent wat se as enige iemand sekerheid van saligheid bely, is hy 'n versoeking. Ek verbreek daardie vloek in die Naam van Jesus.

Ek verwerp die geloof in die plek van die vagevuur waar die siel vir 'n tydperk ly voordat hy hemel toe gaan. Ek bely my geloof in die leuen om geld te betaal om so 'n persoon daar t te kry en ek vra om vergifnis daarvoor in Jesus Naam.

Ek bely enige gebede vir die dooies as 'n sonde en erken dat God se Woord leer dat ons nie afgestorwenes mag raadpleeg nie (Deut. 18:10-12).

Ek verwerp die geloof in Maria wat oorspronklik Semiramis genoem is en later ook Isis en Venus asook alle gebede wat ek tot haar gerig het. (L.W. Dit is nie die Maria van die Bybel nie.)

Ek bely die ontering van die Bloed van Jesus. Ek bely die ydele herhaling van woorde, gebede met bidsnoere, gebede aan heilige sinte (in werklikheid demone), buiging voor beelde, aansteek van kerse en sprinkeling van "heilige water".

Ek verwerp die heilige sint wat aan my toegeskryf is as 'n beskermer (bewaarder). Ek sny myself los van hom in die Naam van Jesus.

Ek erken en bely dat daar net EEN middelaar is en Sy Naam is Jesus Christus van Nasaret. Ek bely dat Hy die ENIGSTE WEG is na die Vader (Jon. 14:6).

Ek verwerp my geloof in die pous dat hy die sleutels tot die lewe en die dood besit. Ek bely dit behoort aan Jesus Christus ALLEEN!

Ek verwerp my geloof in die pous as die hoof van God se Koninkryk op aarde.

Ek verwerp my geloof in die leuen dat Petrus die rots is waarop die kerk gebou is. Ek bely dat Jesus Christus die Rots is!

Ek verwerp die twee pilare waarop die kerk staan naamlik Apostoliese opvolging (begin met Petrus) en Temporale mag (Pous het outoriteit oor die konings op die aarde). (Pous groet met twee vingers op gehou.)

• Ek verwerp alle aanbidding van die vrou (Semiramis - "Maria") wat satan se orde op aarde

wil bevestig (in die kerk en in die gesinne).

• Ek sny myself los van die hele stelsel van die Rooms Katolieke Kerk insluitende: Beheer van wêreld ekonomie - Die Jesuits, Die Illuminatie, Die Mafia, Die Klub van Rome, Die Vrymesselaars, Internasionale Bankiers, elke vorm van hoerery, valse Christus en Antichris. Ek vra om vergifnis vir my betrokkenheid in Jesus Naam.

• Ek bely dat deur my geloof in Jesus Christus ek sekerheid van saligheid het volgens

Page 20: BREEK VAN FAMILIEVLOEKE VERWERPINGSGEBEDE EN VERWGEBEDE 2015.pdf · 3 Isak het ontdek dat hy vir Jakob geseën het en nie vir Esau nie, maar steeds het hy gesê dat hy nie die seën

20

20

1 Joh. 5:11-13.

• Ek bely dat die nagmaal elemente slegs SIMBOLIES die Liggaam en Bloed van Jesus Christus voorstel.

• Ek verwerp die deelname in die fase van die Kruis.

• Ek verwerp die gebed wat in die naam van die bidsnoer gebid is.

• Ek verwerp spesifiek die fase van die Kruis wat na verwys word as "Die opneem van die Kruis", en verwerp alle valse laste wat ek moontlik kon ontvang het deur self identifisering met hierdie fase.

• Ek verwerp alle goddelose laste/jukke wat op my geplaas is, nie deur die Here nie, maar wel deur satan.

• Ek verwerp die fase van die Kruis wat na verwys word as "Die Hemelvaart van Moeder Maria".

• Ek verwerp alle aanbidding en verering wat Moeder Maria ontvang het deur hierdie fase van die Kruis.

• Ek verwerp alle aanbidding van Moeder Maria en haar identifikasie met die Godheid.

• Ek verwerp die fase van die Kruis wat na verwys word as "Die Bekroning van Moeder Maria" ook bekend as die "koningin van die Hemel".

• Ek verklaar dat hierdie onskriftuurlik is en verwerp enige lojaliteit of verbintenis wat ek met die koningin van die Hemel het.

• Ek erken slegs die outoriteit en posisie van die Heilige Drie Eenheid naamlik God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees.

Dankie Here dat U my nou vrymaak. Dankie vir die Bloed van Jesus Christus wat my nou reinig. Dankie vir die swaard van die Gees wat my nou los sny van die Rooms Katolieke Kerk. Ek prys U Naam vir die WAARHEID wat my vrymaak! AMEN

Page 21: BREEK VAN FAMILIEVLOEKE VERWERPINGSGEBEDE EN VERWGEBEDE 2015.pdf · 3 Isak het ontdek dat hy vir Jakob geseën het en nie vir Esau nie, maar steeds het hy gesê dat hy nie die seën

21

21

VRYSPRAAK VAN SEKSUELE ONGEBONDENHEDE – GETROUDES.

Vader, in die Naam van Jesus, onderwerp ek my siel, my begeertes en my emosies aan U Heilige Gees. Ek bely a! my losbandigheid, voorhuwelikse seks, en alle voor en buite huwelikse seksuele verhoudinge as sonde. Ek bely al my goddelose gees-, siel en liggaamskoppelinge as sonde. Ek dank U dat U my nou vergewe en reinig met die Bloed van Jesus.

Vader, dankie dat U aan my die sleutels van U Koninkryk gegee het, die sleutels van geestelike gesag.

Wat ek volgens U wil bind op aarde word gebind en wat ek losmaak word losgemaak.

In die Naam van Jesus vra ek U om my los te maak van alle sielsverbintenisse met vorige seksmaats en goddelose verhoudinge.

Ontwortel asseblief alle tentakels van seksuele slawerny of emosionele verlange en afhanklikheid asook alle verslawende gedagtes. Ek bind, verloën en weerstaan alle bose geeste wat hierdie sielsverbintenisse versterk of wat aan my oorgedra is deur al my bose assosiasies. Ek sny my van alle verhoudinge in my gees, siel en liggaam en ek gebied elke gees wat deur my verhoudinge 'n houvas in my lewe gekry het, om my te verlaat en te gaan waar Jesus julle stuur.

Vader, reinig my emosies asseblief en help my om alle onwettige eenwording te vergeet, sodat ek vry kan wees om my hele wese aan U en my huweliksmaat te gee.

Vader, ek ontvang U vergifnis vir al my seksuele sondes uit my verlede. Ek glo dat ek volkome vergewe is. Dankie dat U my reinig van alle ongeregtigheid.

Ek onderwerp myself volkome aan U. Deur U genade vra ek dat U my sal heilig hou in my gees siel en liggaam.

Ek prys U Naam.

In Jesus Naam vra ek U al hierdie dinge.

AMEN

Page 22: BREEK VAN FAMILIEVLOEKE VERWERPINGSGEBEDE EN VERWGEBEDE 2015.pdf · 3 Isak het ontdek dat hy vir Jakob geseën het en nie vir Esau nie, maar steeds het hy gesê dat hy nie die seën

22

22

REINIGINGSGEBED VAN DIE LEUEN EN MISLEIDING VAN DIE JOGA, REINKERNASIE, MEDITASIE ENS.

Vader, ek kom na U toe in die Naam van Jesus Christus van Nasaret en ek bely dat Jesus my Heer

en Meester is. Sy Bloed het my verlos. Sy lewe is binne-in my en dat ek 'n kind van God is.

• Ek verwerp my geloof in die Wie! van die Lewe (Wheel of Life) en sny myself daarvan los in

die Naam van Jesus.

• Ek verwerp my geloof in Reïnkarnasie en ek sny myself los in die Naam van Jesus van

vorige lewens wat ek nou erken as spesifieke demone wat bonatuurlike kennis besit. Ek

verwerp die persoonlikheid wat ek geglo het ek was (noem dit).

• Ek sny myself los van die spesifieke vlakke van geestelikheid (daar is 7 volgens New Age)

wat ek bereik het en gee terug aan satan elke "gawe" en alle "wysheid" wat ek ontvang het

van die boom van kennis tussen goed en kwaad.

• Ek verwerp elke god oor die spesifieke vlakke voor wie ek gebuig het, (bv. godin van die

dood, mag en siekte - Kali). Ek verwerp Shiva - god van vernietiging ook bekend as god

van lig (The Light of Shiva).

• Ek verwerp die hoof prins demoon oor alle Oosterse godsdiens naamlik Boeddha en sny

myself los van hom in Jesus Naam.

• Ek verwerp alle boeke/leesstof/video materiaal wat ek bestudeer het om meer kennis en

wysheid op te doen oor Joga en Meditasie.

• In die Naam van Jesus verwerp ek my geloof in die noodlot/lotsbestemming/bestiering. Ek

aanvaar voile verantwoordelikheid vir my sondes en erken die dief, moordenaar en

verwoester (Joh. 10:10).

• Ek bely my voile afhanklikheid van Jesus Christus deur wie ek alleenlik gered kan word.

• Ek bely dat Hy die enigste weg, die waarheid en die lewe is (Joh. 14:6).

• Ek vra om vergifnis vir die ontkenning van die Bloed van Jesus wat die enigste

reinigingsmiddel vir sonde is.

• Ek verwerp die juk wat ek opgeneem het met die beoefening van Joga en sny myself los

van die kosmiese god Braham. Ek verwerp my geloof in panteïsme (god in die skepping) en

die mens se sogenaamde eenwording met hom.

• Ek verwerp die geloof in die "self, dissipelskap van die "self en die "self kan "god" wees!

(Ultra Self/Real Self)

• Ek verwerp elke wilsbeoefening wat ek uitgevoer het om my verstand leeg te speel van die

sigbare, kenbare wêreld ("stilling of the mind") deur oneindige reekse selfdissipline wat my

ganse bestaan in beslag geneem het waardeur ek probeer het om op te klim tot by God en

om soos God te word.

• Ek verwerp alle beheer wat my siel (verstand) oor my gees gekry het ("State of God

consciousness").

• Ek bely dat ek toegelaat het dat my verstand passief geraak het en vra om vergifnis

daarvoor,

Page 23: BREEK VAN FAMILIEVLOEKE VERWERPINGSGEBEDE EN VERWGEBEDE 2015.pdf · 3 Isak het ontdek dat hy vir Jakob geseën het en nie vir Esau nie, maar steeds het hy gesê dat hy nie die seën

23

23

• Ek onderwerp my verstand volkome aan die heerskappy van Jesus Christus alleen.

• Ek verwerp alle juk posisie wat ek gedra het om sodoende die uiteindelike doelwit van Joga

te bereik naamlik SAMADHI ("Mental Condition").

• Ek verwerp elke "trance" toestand waar ek geheel en al onbewus geraak het van my

omgewing en uiterlike dinge rondom my.

• Ek verwerp elke manifestasie wat ek uitgevoer het om die kundalini op te wek, elke

offerande van aanbidding aan die vuur, son, maan en veral die "sluimerende goddelikheid

gebring, die drink van enige gewyde water, enige "mantra" tot lof en eer van die kundalini

(bv. sacred Mantra, The Word of Glory, Om). Ek verwerp die kundalini-mag en beveel hom

om my nou te verlaat in die Naam van Jesus! Here, ek vra dat U my werwelkolom sal

reinig, al sewe vlakke waardeur hierdie kundalini mag beweeg het.

• Ek verwerp elke "tattvic" lig asook die helder kundalini lig wat ek ervaar het tydens die

opwekking van die kundalini deur die verskillende chakras.

• Ek verwerp my geloof in die wette van Karma (oorsaak en effek).

• Ek bely dat Christus my vrygekoop het van die wet van die sonde en die dood en dat ek

nou deur die wet van die Gees Lewe in Christus Jesus! (Rom. 8:2)

• Ek verbreek die vloek van die dood oor my in Jesus Naam en die vrees vir straf/pyniging

stel ek kragteloos in my lewe. Dankie Jesus!

ASEMHALINGSOEFENINGE

• Ek verwerp die twee wortels van Hatha Joga. naamlik:

Ha - son

Tha - maan

en die vloei van die asem deur die regter neusholte (son-asem) en deur die linker

neusholte (maan-asem) in die Naam van Jesus Christus.

• Ek verwerp enige kontrole oor my asemhaling. Ek verbreek elke spesifieke

asemhalingstegniek wat ek gebruik het (noem dit).

• Ek verbreek die hipnotiese krag van die asemhalingstegnieke in Jesus Naam!

• Ek verwerp my geloof in prana yama {asem positiewe lug in en blaas negatiewe lug uit) en

dat hierdie prana yama my liggaam weer opgebou het met energie (vital energy - prana).

• Ek verwerp elke reinigingsoefening van my senuweekanaal (nadis) en my verstand

waaraan ek deelgeneem het.

• Ek verwerp elke joga posisie (asana) waar demone my binnegedring het en beveel elke

demoon om my nou te vertaat in Jesus Naam! (Wees spesifiek en noem posisies -

gewoonlik Kobra, Lotus en Poustand. 12 basiese asanas word vir Westerse Yogis

aanbeveel).

• Ek verbreek die koppeting tussen elke joga posisie, my senuweestelsel en my verstand in

Jesus Naam.

MEDITASIE

• Ek verwerp die lotus posisie as 'n familiêre voorwerp vir meditasie om my konsentrasie te

bevorder. (Kan ander posisies/voorwerpe wees.)

Page 24: BREEK VAN FAMILIEVLOEKE VERWERPINGSGEBEDE EN VERWGEBEDE 2015.pdf · 3 Isak het ontdek dat hy vir Jakob geseën het en nie vir Esau nie, maar steeds het hy gesê dat hy nie die seën

24

24

• Ek verbreek die koppeling tussen die:

Demoon van meditasie;

Die familiêre voorwerp gebruik (kan lotus posisie wees); Die demoon

van fantasie en verbeelding; Die demoon van bewussyn; en

Die demoon van onbewussyn, semi- en onderbewussyn. In Jesus Naam!

• Ek verbreek die verslawing aan die afgod van meditasie in die Naam van Jesus.

• Ek verbreek enige kontrakte met kosmiese vibrasies wat my siel versprei het en beveel my

siel om terug te keer van die sewe kosmiese vlakke in Jesus Naam.

• Ek verbreek die vloei van krag en valse eenheid (Yin en Yang) wat deur my vingers gevloei

het. Ek trek hulle uitmekaar uit en isoleer die demoniese magte van mekaar.

• Ek verbreek die koppeling met alle kosmiese kragte in Jesus Naam!

• Ek vernietig die energievlakke in die Naam van Jesus.

MUDRAS

• Ek verwerp hierdie spesiale tegnieke waaraan ek deelgeneem het om die slapende latente

mag (kundalini) op te wek en uit te dryf in die sentrale buis van die senuweekolom.

• Ek verwerp my geloof in my Guru/Meester (deva) en my onvoorwaardelike

gehoorsaamheid aan hom/haar. Ek sny die sielsverbintenis met (naam) af en maak myself

los van hom/haar in Jesus Naam.

• Ek verwerp alle psigiese kragte/gawes in die Naam van Jesus en maak die derde oog toe

(Seat of Shiva).

Dankie Here, dat U my nou vrymaak. Dankie Jesus, dat U alles vir my gedoen het om regverdig te

staan voor ons Vader in die Hemel. Ek weet nou dat dit slegs U Bloed is wat my reinig en my die

reg gee om in die Allerheiligste te kom. Ek bely dat ek minder moet word sodat Christus meer kan

word in my lewe. Ek plaas myself volkome gees, siel en liggaam onder U heerskap U is waarlik die

ENIGSTE WEG. DIE WAARHEID EN DIE LEWE tot in alle ewigheid! Dankie die WAARHEID wat

my vry maak!

AMEN

Page 25: BREEK VAN FAMILIEVLOEKE VERWERPINGSGEBEDE EN VERWGEBEDE 2015.pdf · 3 Isak het ontdek dat hy vir Jakob geseën het en nie vir Esau nie, maar steeds het hy gesê dat hy nie die seën

25

25

GEBED VIR GENESING VAN HERINNERINGE

Vader, ek dank u vir U Seun Jesus wat aan die kruis gesterf het, nie alleen vir my sonde nie, maar ook vir my hartseer (kneusplekke) en vrese. Ek dank U dat Jesus dieselfde is, gister, vandag en verewig, en dat Hy wil hê dat ek volkome heel moet wees: gees, siel en liggaam. Here Jesus, ek vra dat U sal terugstap, elke sekonde van my lewe en dat U my sal genees en my heel sal maak. Ek vra dat U tot in die derde en vierde geslag sal teruggaan en alle skadelike genetiese verbintenisse sal verbreek.

Jesus, U het my geken nog voor my geboorte. Dankie dat u daar was toe my lewe begin het. Bevry my van vrees of enige ander negatiewe magte wat aan my in die moederskoot oorgedra kon word. Dankie, Here Jesus, dat U daar was toe ek gebore is, en dat U my liefhet. Here Jesus, vu! my, vanaf die eerste oomblik met U kosbare liefde.

Here, stap terug deur elke sekonde gedurende daardie eerste jare van my lewe. Jesus, gaan terug en vul elke leemte en gee die liefde wat ek nooit ontvang het nie. Verwyder elke seer plek en elke gevoel van verwerping. Verwyder alle vrese: vrees vir die donker, vrees vir val, vrees vir diere en vrees om te verdwaal. Ek dank U Jesus dat U my bevry en my genees. Dankie dat ek deure kan toemaak as gevolg van TV en Video's.

Ek bid Here dat U my hand sal vat, teruggaan in tyd en saam met my skool toe sal stap. Somtyds was ek skaam en bang om die huis te verlaat en nuwe situasies die hoof te bied. Jesus, daar was tye dat ek bang was vir mislukking op skool, verlos my asseblief van daardie herinneringe. Wanneer 'n onderwyser op my geskel het, of klasmaats my seergemaak het, genees asseblief daardie seer. Sommige vrese het gedurende daardie eerste skooljare ontstaan: vrees om in die openbaar te praat en vrees vir mislukking. Dankie dat U daardie seer plekke genees en my van die vrese bevry. Ek dank en prys U.

Here Jesus, ek dank U vir my ma. Ek vra dat U tussen my en my ma sal staan en dat U Goddelike liefde tussen ons sal vloei. Ek vra vergifnis vir my ma, vir enige manier waarop ek haar kon seer maak of haar kon gefaal het. Ek vergewe haar vir enige manier waarop sy my seer gemaak of gefaal het.

Here Jesus, dankie vir my pa. Staan tussen my en my pa. Ek bid dat U Goddelike liefde eike gebroke verhouding sal heel. Ek vra vergifnis vir my pa, vir enige manier waarop ek hom kon seer maak of faal. Ek vergewe ook my pa vir enige wyse waarop hy my kon seermaak of faal.

Ek lig my broers en susters op na U. Waar daar enige kompetisie, jaloesie of bitterheid was, vra ek dat U genesende krag en liefde elke gebroke verhouding sal heel. Ek vergewe elke broer en suster wat my seer gemaak of gefaal het, ook vra ek hulle vergifnis waar ek hulle seer gemaak of gefaal het.

Dankie Here, dat U ook daar was gedurende my tienerjare en toe ek in die Hoërskool was. Daar was nuwe emosies en vrese. Soos ek elke pynlike herinnering terugroep, vra ek dat U die pyn sal verwyder en my genees, Ek dank U vir U beskermende Hand, toe ek gevaarlike dinge aangevang het. Verwyder enige gevoel van vernedering, verleentheid, skuld, vrees of mislukking. Wys my dat U my liefgehad het en dat U daar was in elke situasie. (Vir die jongmense wat met dwelmmiddels geëksperimenteer en daardeur hul verstand benewel het, Here Jesus ons bid dat U die skade sal herstel. Laat hulle weer helder dink en skenk hulle U genesing. Laat ook elkeen van hulle besef dat U hulle liefhet en dat U die verlede kan uitwis.) Soos elkeen van ons begin het om die huis te verlaat, was daar nuwe vrese, frustrasies of hartseer. Jesus, genees elke teleurstelling en al die hartseer.

Dankie dat U daar was toe ek getroud is. Jesus, verwyder asseblief enige seer. Ek bid dat U tussen my en my maat sal staan en elke seer kry sal genees. Ek vra my maat om vergifnis vir die

Page 26: BREEK VAN FAMILIEVLOEKE VERWERPINGSGEBEDE EN VERWGEBEDE 2015.pdf · 3 Isak het ontdek dat hy vir Jakob geseën het en nie vir Esau nie, maar steeds het hy gesê dat hy nie die seën

26

26

baie kere wat ek jou seergemaak het en ek vergewe jou vir die kere wat jy my leed aangedoen het. Here Jesus, deur U Goddelike liefde, dank ek U dat U elke stukkende verhouding herstel en al die seer wegneem. Waar daar bitterheid en eensaamheid was, neem al die negatiewe gevoelens weg. Genees die diep wonde en wis die pynlike herinneringe uit. Jesus, vul my maat met U vergifnis, U liefde en genesende krag.

Dankie Here vir my kinders. Verwyder elke gevoel van mislukking en skuld wat ek as ouer het. Die kere wat ek onoordeelkundig gestraf het, ek te besitlik was met my liefde of woorde van kritiek en in woede gese het, bid ek dat U enige skade sal herstel. Ek vra hulle vergifnis en vergewe hulle vir die hartseer wat hulle my besorg het.

Here, ek dank U dat U daar was gedurende ongelukke, siekte en operasies. Ek vra dat U die gruwelikheid, die vrees en herinneringe van die pyn sal wegneem. Verlos my van die trauma wat ek ervaar het. Dankie dat U daar was in tye van smart, dat U my hand geneem en saam meet my deur die vallei gestap het. Dankie dat U die las verlig het. Die hartseer, pyn en rou weggeneem het. Dankie dat U my U vreugde en vrede geskenk het.

Here Jesus, dankie dat U nou teruggestap het deur elke sekonde van my lewe tot op hierdie oomblik. Dankie dat U my genees het van al my hartseer, vrese, pynlike herinneringe, my skuldgevoel en dat U my daarvan verlos het. Dankie dat U my met U liefde vul. Help my om myself lief te he. Help my om ander lief te he. Bo alles, help my om U lief te hê soos ek moet

Ek dank U vir U vreugde en vrede wat U my skenk. Dankie Jesus! Ek dank U dat U in die. donkerste hoekies van my verstand ingaan en my reinig. Dankie dat U my verstand, en my emosies en my herinneringe genees.

Dankie, Jesus, dat U my weer heel maak. Ek gee U al die lof en die eer!

AMEN

Lukas 6:28 Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig.

Page 27: BREEK VAN FAMILIEVLOEKE VERWERPINGSGEBEDE EN VERWGEBEDE 2015.pdf · 3 Isak het ontdek dat hy vir Jakob geseën het en nie vir Esau nie, maar steeds het hy gesê dat hy nie die seën

27

27

Turningpoint Counselling Network

Pastoral Counselling: Personal, Marriage, Relationships (Heterogeneous), Family, Life Skills, Trauma debriefing, Deliverance, Marriage Officer

Pastoral Counselling education up to Bachelor and Honours in Counselling.

Inner healing (DET), Marriage Dynamics and Trauma Debriefing workshops are presented anywhere in SA and Namibia on invitation over 2 days. (R250 per person minimum 20 persons)

Pastorale Berading: Persoonlik, Huwelik, Lewensvaardighede, Gesinsberading, Traumaberading, Bevryding, Huweliksbevestiging.

Berading opleiding tot Bachelor of Counselling en Honeurs in Pastorale Beraad.

Innerlike genesing (DET), Huweliksdinamika en Trauma hantering (Debriefing) werkswinkels word enige plek gehou in SA en Namibië op uitnodiging oor 2 dae (R250 per persoon, minimum 20 persone)

Contact Ps. Frans or Ps. Sariet Nortje at: P.O.Box 82610 Tel: (012) 5476742 Doornpoort Fax: 0866157225 Pretoria Cell: 0824663067 0017 Cell: 0827881170

Web: www.keerpunt.co.za Email: [email protected]

© Remember copying of this document is theft; no part may be copied or stored in an electronic system etc.