bronnie brokkies u ons eerste uitgawe - sawa.org.za · koos en sarel besluit om ’n vark te gaan...

6
Dit is vir my ‘n groot voorreg en eer om die eerste uitgawe van die nuusbrief vir Bronberg Satelliet aan julle voor te lê. Net soos ‘n suksesvolle streek nie sonder sy lede kan funksioneer nie, so ook ‘n nuusbrief. Ek wil almal graag uitnooi om aktief betrokke te raak by die nuusbrief met in- sette, artikels, fotos, resepte ens. Onthou, hierdie is ONS nuusbrief. Laat weet my wat julle graag op ‘n maandelikse basis in jul nuusbrief wil lees. Advertensie spasie sal ook van volgende maand af beskikbaar wees, as julle dalk wil adverteer. Enige bydrae tot die nuusbrief kan aan my gestuur word op my e-pos adres. Let asseblief afsluitdatum vir artikels en advertensies is die 15de van elke maand. [email protected] Gesëënde en Voorspoedige 2012 aan all Bronbergers en mede Sawanante. Mag julle met liefde, vrede en geluk oorweldig word deur God se liefde en genade. Mag 2012 die jaar wees vir SAWA, waarin SAWA sal groei van krag tot krag en dat ons mekaar sal verdra en sal lewe soos God van ons verwag. Bronberg Sattelliet beoog om hierdie jaar ons aansoek om volwaardige streek in te dien by Streek Jakaranda. Ons het ook ‘n kompetisie geloots vir ons embleem. Ons beplan verskeie fondsinsamelings projekte vir die jaar en beoog ook om as ‘n “streek” die kongres by te woon. ONS EERSTE UITGAWE IN HIERDIE UITGAWE Oordenking vir die maand 2 Hoe gaan dit lyk? 2 Waar was jy in Desember? 2 Op ‘n ligter noot 3 Lief en Leed & Verjaarsdae 3 Vir die Klein- span 3 Kaia Manzi Program 4 Die Strydom Gesin 4 Kalender 5 Resep vir die maand 6 ONS SAMEROEPER SÊ... BRONNIE BROKKIES JANUARIE 2012 UITGAWE 1 VOLGENDE KAMP NKWE 17/18/19 FEBRUARIE Kampkommandante: Roelf Strydom 082 704 0015 en Lea Langenhoven 072 174 5335 Kerskamp 2011-Sondela ROELF STRYDOM

Upload: lamkhanh

Post on 03-Dec-2018

224 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: BRONNIE BROKKIES U ONS EERSTE UITGAWE - sawa.org.za · Koos en Sarel besluit om ’n vark te gaan steel op ’n plaas net buite hulle dorp in Namakwaland. Om nie aandag te trek nie

Dit is vir my ‘n groot voorreg en eer om die eerste uitgawe van die nuusbrief vir Bronberg Satelliet aan

julle voor te lê.

Net soos ‘n suksesvolle streek nie sonder sy lede kan funksioneer nie, so ook ‘n nuusbrief. Ek wil almal

graag uitnooi om aktief betrokke

te raak by die nuusbrief met in-

sette, artikels, fotos, resepte ens.

Onthou, hierdie is ONS nuusbrief.

Laat weet my wat julle graag op ‘n

maandelikse basis in jul nuusbrief

wil lees.

Advertensie spasie sal ook van

volgende maand af beskikbaar

wees, as julle dalk wil adverteer.

Enige bydrae tot die nuusbrief kan

aan my gestuur word op my e-pos

adres. Let asseblief afsluitdatum vir artikels en advertensies is die 15de van elke maand.

[email protected]

Gesëënde en Voorspoedige

2012 aan all Bronbergers en

mede Sawanante. Mag julle met

liefde, vrede en geluk oorweldig

word deur God se liefde en

genade. Mag 2012 die jaar wees

vir SAWA, waarin SAWA sal

groei van krag tot krag en dat

ons mekaar sal verdra en sal

lewe soos God van ons verwag.

Bronberg Sattelliet beoog om

hierdie jaar ons aansoek om

volwaardige streek in te dien by

Streek Jakaranda.

Ons het ook ‘n kompetisie

geloots vir ons embleem.

Ons beplan verskeie

fondsinsamelings projekte vir

die jaar en beoog ook om as ‘n

“streek” die kongres by te

woon.

ONS EERSTE UITGAWE

I N H I E R D I E

U I T G A W E

Oordenking vir

die maand

2

Hoe gaan dit

lyk?

2

Waar was jy in

Desember?

2

Op ‘n ligter

noot

3

Lief en Leed &

Verjaarsdae

3

Vir die Klein-

span

3

Kaia Manzi

Program

4

Die Strydom

Gesin

4

Kalender 5

Resep vir die

maand

6

ONS SAMEROEPER SÊ...

BRONNIE BROKKIES J A N U A R I E 2 0 1 2 U I T G A W E 1

VOLGENDE KAMP

NKWE

17/18/19 FEBRUARIE

Kampkommandante:

Roelf Strydom

082 704 0015

en

Lea Langenhoven

072 174 5335

Kerskamp 2011-Sondela

ROELF STRYDOM

Page 2: BRONNIE BROKKIES U ONS EERSTE UITGAWE - sawa.org.za · Koos en Sarel besluit om ’n vark te gaan steel op ’n plaas net buite hulle dorp in Namakwaland. Om nie aandag te trek nie

B L A D S Y 2

God van die lig, ek

wil nie een oomblik

sonder u genade leef

nie. Bly by my, asse-

blief.

Hoe gaan dit lyk?

OORDENKING VIR DIE MAAND FOKUS OP HOM!

Moses het vir die volk gesê:

“Hou op om bang te wees.”

Eksodus 14:13, Die Boodskap

“Jy sal hierdeur kom,” verse-

ker ons ‘n vriendin wat stoei

in haar storm en: “Byt vas, my

kind,” moedig ons ons kinders

aan wanneer hulle ‘n berg

moet klim. Ons wéét mos al

dat moeilike tye nie vir altyd

aanhou nie. Maar al sê ons dit

vir ander, is dit soms bitter

moeilik om die belofte ons eie

te maak wanneer ons self

deur ‘n krisis gaan. Dan sien

ons nie sommer die lig aan die

einde van die tonnel nie en is

die silwer randjie om die

donker wolk nie altyd sigbaar

nie.

Hoe kom ‘n mens dan deur ‘n

krisis?

Een seker manier om

daardeur te kom is om

minder op die probleem te

konsentreer en meer op

Hóm—die groot God wat

hemel en aarde in die palm

van sy hand hou—te fokus.

‘n Tweede onfeilbare resep is

om in sulke tye moeite te

doen om sy teenwoordigheid

op te soek. Praat onverpoos

met Hom, soek antwoorde in

sy Skrif en vra ander ge-

lowiges om namens jou by

Hom in te tree.

Luister in die derde plek na

die wysheid wat die Vader jou

gee en doen wat nodig is om

te doen.

Maak seker dat jy, wanneer jy

moet vasbyt, meer as ooit binne

die genadesfeer van jou Vader

bly. Dis die één plek waar jy

veilig is.

Die embleem wat gekies

word—sal ‘n klein prysie

ontvang.

Die embleem moet een of

meer van die volgende ele-

mente bevat:

Aalwyn/e

Rivier

Berg

En natuurlik ons naam!

Alle inskrywings kan aan die

volgende e-pos gestuur word:

[email protected]

Alle ontwerpe moet in Jpeg

formaat wees asseblief.

Soos julle teen die tyd weet,

hoop ons om hierdie jaar as ‘n

streek te registreer en vra

daarom almal se hulp.

Ons het ‘n embleem nodig

om ons streek te eien.

Haal uit julle potlode en laat

die kreatiewe spiertjies oefen-

ing kry!

‘n Paar

Bronbergers

gedurende die

Desember

vakansie in

Badplaas

B R O N N I E B R O K K I E S

Help ons asseblief om ‘n

embleem te ontwerp vir ons

streek.

Prys vir wen komposisie!!

Waar was julle vir die Desember vakansie?

Milanie Vosloo

BEAUTY & THE BEAST

MNR. “MAROELA”

TOE WORD ONS DORS!

ONSE

TORT

EL-DUIFIE

S

YUMMY!!

!

Waar wil jy die kamera druk?

Span met die meeste gees!

Page 3: BRONNIE BROKKIES U ONS EERSTE UITGAWE - sawa.org.za · Koos en Sarel besluit om ’n vark te gaan steel op ’n plaas net buite hulle dorp in Namakwaland. Om nie aandag te trek nie

OP ‘N LIGTER NOOT...

B L A D S Y 3 U I T G A W E 1

Koos en Sarel besluit om ’n

vark te gaan steel op ’n plaas

net buite hulle dorp in

Namakwaland.

Om nie aandag te trek nie het

hulle vir die vark ’n broek en

baadjie aangetrek en sit ge-

maak tussen hulle voor in die

bakkie.

Maar soos die ongeluk dit wil

hê steel hulle die vark op

dieselfde dag as wat die dorp

se polisie hul jaarlikse pad-

blokkade hou.

Toe hulle stop by die polisie

skyn die sersant sy flits in die

bakkie: “Naand Koos, naand

Sarel.” “En wie is jy kêrel?”

vra die sersant vir die vark.

Met die pomp Sarel die vark in

die sy met die elmboog en die

vark maak “ORG!”.

“Nou maar bly te kenne Org”

sê die sersant. “Julle kêrels

kan nou maar ry.”

Soos hulle wegry sê die

sersant vir die konstabel:

“Ek het al lelike knape

in my lewe gesien, maar

dit span die kroon. Org

kan nog gaan, maar daai

Koos en Sarel is darem

vrek lelik.”

KAN JY RAAI?

Taai katonkel

Lekker kabonkel

Eers in die boud

Dan in die sout

Arrie tiet

Arrie tat

Vyf molle in een gat.

JANUARIE

17 - Corlia Walker

Johann Walker

26 - Megan Owen

29 - Ignie Van Rooyen

Ons eerste bruilof!Ons eerste bruilof!Ons eerste bruilof!Ons eerste bruilof!

Baie geluk, aan Louis Jnr en

Adeléne wat op 27 January 2012

in die huwelik tree.

Baie geluk aan oom Louis en

Tannie Lea met julle seun se

groot stap!

Lief en Leed Verjaarsdae

Vir die kleinspan

Stuur asseblief

enige nuus—

goeie en

slegte. Ons

wil graag alles

met julle deel!

Tone in ‘n skoen Biltong

Page 4: BRONNIE BROKKIES U ONS EERSTE UITGAWE - sawa.org.za · Koos en Sarel besluit om ’n vark te gaan steel op ’n plaas net buite hulle dorp in Namakwaland. Om nie aandag te trek nie

B L A D S Y 4

Koste:

R360.00

Kampkommandante:

Maritha Pienaar

082 446 1681

Louis van Blerk

083 265 4056

Ons stel voor… Die Strydom Gesin

Kaia Manzi Naweek Program

27/28/29 Januarie 2012

V R Y D A G A A N D :

17:00 Warmbrakke

(R10)

Skakel Maritha

vir bestelling.

19:00 Boekevat

S A T E R D A G :

09:30 Boekevat

Inbetaling kamp

fooie (Johan

Breedt)

10:00 Speletjies

15:00 Koek & Tee

Langenhovens

17:30 Bring & Braai

Vure, slaaie, pap

& sous sal

voorsien word.

S O N D A G :

Kort Erediens - tyd sal op

Kamp aangekondig word.

Afsluiting.

Geniet die res van die dag.

A N T I O N E T

Antionet Joubert is in die

Jakaranda Stad gebore.

Sy het haar skoolloopbaan aan Hoërskool Silverton

voltooi.

Sy het as ‘n haarkapster

gekwalifiseer aan die

Technikon Pretoria.

Sy werk tans by Deo Vo-

lente in Kempton Park.

Alhoewel sy ook ‘n Bul

onderstuener is - is haar

gunsteling kleure Pienk en

Swart (ons sal daaraan

moet werk).

Haar gusteling kos is

prawns, maar sy kan nie

sonder haar Coke Zero en

Simba chips klaarkom nie!

Sy luister ook graag na

ligte Afrikaanse musiek,

veral Juanita du Plessis.

R I O N E T

Rionet is Roelf en Antionet

se enigste dogter en is in

Midrand gebore.

Sy is hierdie jaar in Graad 8 (standerd 6) by die Hoër-

skool Birchlei.

Haar gunsteling kleur is

ook pienk en nes ma en pa

ondersteun sy ook die

Blou-Bulle.

Die kossoort waarvan sy

die meeste hou is Chicken

A La King.

Rionet sê sy kan nie sonder

haar selfoon oor die weg

kom nie (ons het dit De-

sember agtergekom)!

Haar huidige kêrel (ja

huidig—sy is nog jonk en

daar is nog baie vissies in

die see) se naam is Dylan!

Lyk hy dalk soos Bobby

van Jaarsveld?

R O E L F

Roelof Frederick Strydom

is in Germiston gebore.

Hy het sy matriek aan Hoërskool Kushke in Piet-

ersburg voltooi.

So tussen die rugby deur

het hy sy ‘Transport Man-

agement Diploma’ aan

RAU voltooi.

Hy werk tans by die

Ekuruleni Metro.

Ons almal weet Roelf se

gunsteling rugbyspan is die

Blou Bulle en soos wat dit

enige ordentlike ondersteu-

ner betaam is sy gunsteling

kleur blou.

Sy gunsteling kos is

braaivleis en pap!

Sy gunsteling kunstenaar is

Juanita du Plessis.

B R O N N I E B R O K K I E S

GPS:

S25 53.408

E28 41.351

ROELF & ANTIONET

RIONET

Page 5: BRONNIE BROKKIES U ONS EERSTE UITGAWE - sawa.org.za · Koos en Sarel besluit om ’n vark te gaan steel op ’n plaas net buite hulle dorp in Namakwaland. Om nie aandag te trek nie

U I T G A W E 1

Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag

1 2 Marinda Nieuwenhuizen

3 4

5 6 7 8 9 10 Oop NUB

11 Oop NUB

12 Oop NUB

13 14 15 16 17

Nkwe

18

Nkwe

19 Nkwe Roelf & Antionet

20 21 22 23 24 25

26 27 28 29

Februarie 2012

B L A D S Y 5

Simbole:

Kampe

Huweliksherdenkings

Verjaarsdae

Page 6: BRONNIE BROKKIES U ONS EERSTE UITGAWE - sawa.org.za · Koos en Sarel besluit om ’n vark te gaan steel op ’n plaas net buite hulle dorp in Namakwaland. Om nie aandag te trek nie

Voorbereiding Onthou net weer dat hierdie is net ‘n aanwysing en omdat elke mens se smaak gaan verskil - meng al die bestandele (die hoeveelhede is jou keuse) na jou eie smaak. Smeer bietjie mosterd aan beide kante van die steak. Plaas dan jou steak in ‘n plastieksak.

RUMPSTEAK (KRUISSKYF)

Bestanddele Die volgende is vir een lekker dik kruisskyf – pas maar die bestand-

dele aan vir meer as een stuk. Een ordentlike dik skyf rumpsteak - dit moet darem so bietjie gelê het om ryp te word Balsamic asyn Extra virgin olyfolie cold pressed Koljanderkorrels fyngestamp – omtrent ‘n eetlepel Peperkorrels fyngestamp – om-trent ‘n halwe eetlepel Tiemie - vars of uit die botteltjie – omtrent ‘n teelepel of twee Mosterd (warm Engelse mosterd van Colman’s) Knoffel – een hele huisie knoffel – sommer so met skil en al Growwe Sout Twee redelike groot plastieksakke - sommer hierdie groot wittes wat jy by die supermarkte kry – sorg net dat jy dit eers skoonwas

Sprinkel nou bietjie Balsamic asyn in die sak. Sprinkel bietjioe olyfo-lie in die sak. Gooi nou die res van die bestanddele ook in die sak. Knoop die sak baie styf toe (pers eers al die lug uit) en vryf die bestanddele in, deur die sak te vryf sodat dit meng. Plaas dan die toegeknoopte plastieksak binne nog een sodat die lekker sousie nie uitlek nie en knoop dit ook styf toe. Laat dit dan staan vir so hele paar uur voor jy braai.

Gaarmaak Braai daardie steak op vuurwarm kole. Dit moet vinnig omgedraai word sodat dit die sap binne seel. Braai daardie kruisskyf nou so - buite moet hy baie mooi gebraai wees (manne – dis daardie kleur van ‘n mooi meisie se lyfie as sy in die somervakansie op die strand gelê en tan het) en binne moet hy sappig en “medium tot rare” wees.

Resep vir die maand

Heerlike Rump resep vir die braai

Sameroeper: Roelf Strydom

082 704 0015

[email protected]

Sekretaris: Lea Langenhoven

072 174 5335

[email protected]

Penningmeester: Johan Breedt

082 922 4995

[email protected]

Redakteur: Minethe Owen

076 539 8308

[email protected]

Addisionele Lid: Lelanie Krüger

082 320 0184

[email protected]

BRONBERG BESTUUR

VEILIG SLEEP TOT ONS

MEKAAR WEER SIEN!

MISSIE

Om te streef daarna om vir alle Afrikaans georiënteerde woonwagangers met Christe-

like beginsels, ‘n tuiste te bied waar hulle hul beginsels en kultuur kan uitleef en die

geleentheid te skep waar dit saam met gees-

genote so bekostigbaar as moontlik gedoen kan word.

Om die belange van ons lede te bevorder deur onderhandeling en samewerking met

ander instansies.

Om die balans tussen die belange van die

natuur en die mens te handhaaf.

Om in alles die Hand van die Skepper te sien

en Hom daarvoor te huldig.

www.sawa.org.za