brooklyn brokkies mei 2013
DESCRIPTION
Kwartaalikse tydskrif van die Gereformeerde Kerk BrooklynTRANSCRIPT
Kwartaalblad Gereformeerde Kerk Brooklyn Mei 2013
Ontmoet Paul Grobler
Bladsy 4
Juventus-dinee
Bladsye 6 & 7
Kleuterskool in
Sunnyside
Bladsy 12
Wat is
Apologetiek?
W anneer laas het jy vir iemand vertel dat
Jesus oor die wêreld regeer en dat Hy
dit vir mense moontlik gemaak het om
van hulle rebellie teen God genees te word en om in
God se gesin aangeneem te kan word?
Geloofsgesprekke is nie iets wat
Afrikaanse mense eintlik doen
nie. Vir meeste van ons is geloof
'n persoonlike saak en ons reken
eintlik dis effens ongeskik om met
mense te praat oor wat hulle glo
oor God en die wêreld. En ás 'n
mens waag om daaroor te praat,
is dit definitief ongeskik om te laat
blyk dat iemand hulle opinie moet
aanpas omdat dit nie met die feite
strook nie.
Wat maak 'n mens dan as jou broer een Sondag-
middag verduidelik dat die Nuwe Testament onbetrou-
baar is omdat dit glo 150 jaar ná die gebeure eers op-
geteken is, of jou baas wil weet of jy in wetenskap of in
godsdiens glo, of jou kind nie meer kerk toe wil gaan
nie, want hoe kan Christene so seker weet net húlle is
reg, of jou klasmaats reken die kerk is net vir skyn-
heiliges?
Apologetiek kan hier help. Maar wat is dit? Die woord
het by die Antieke Grieke ontstaan en ons sien dat
Petrus die idee gebruik wanneer hy
Christene aanmoedig om altyd ge-
reed te wees om 'n antwoord te gee
oor die hoop wat hulle het (1 Petrus
3:15). Die Griekse woord is
'apologia', wat 'antwoord' of
'verdediging' beteken. As ons na die
res van die Bybel kyk, sien ons dat
daar verskillende maniere is om
hierdie 'antwoord' te verstaan: aan
die een kant as 'n reaksie op 'n spe-
sifieke vraag wat iemand jou vra, en
aan die ander kant as 'n algemene
antwoord op die kultuur rondom ons.
Dit is ook 'n 'verdediging' van Christenskap as die
waarheid.
'n Mens sien hierdie bereidwilligheid om 'n antwoord
of verdediging te gee veral in Paulus se doen en late.
Ons lees dat dit sy gewoonte was om na die sinago-
ges te gaan en met die Jode te redeneer, en ons lees
Hierdie kwessie waaroor ons
almal wonder en praat, word
deur Laurette Marais
duidelik gemaak
- Vervolg op bladsy 3
2 Brooklyn Brokkies
Kommentaar Brooklyn Brokkies
Redakteur Johanna Hellberg
Tel: 073 295 5848
Medewerkers Magriet Lee
Laure�e Marais
Anita Cilliers
Ronel Stronkhorst
Ilse de Villiers
Bernard Hellberg
Colin Cameron
Marisa Stols
Zania Vermaak
Joánne Cunze
Erna Kruger
Annalie Grové
Thinus & Lidia de Wet
Menings wat in hierdie blad
uitgespreek word is nie nood-
wendig dié van die redaksie of
die kerkraad nie.
Lees ook binne
Laat hoor van jou
Stuur gerus jou bydrae vir die vol-
gende uitgawe van Brooklyn
Brokkies voor 9 Augustus per
e-pos aan:
Die Redakteur Brooklyn Brokkies
gereformeerdekerkbrooklyn@
gmail.com
Apologe ek: Die woord wil-wil jou tong laat knoop. Dis nie eens ‘n besonderse
mooi woord nie. Dit is ‘n woord wat maar onlangs eers reg g in gewone lidmate
se lewes begin verskyn het. Dit is egter alles behalwe ‘n askies-dat-ek-leef-woord,
al wil dit lyk en klink asof dit oor verskonings gaan.
Apologe ek is ‘n proses wat jou aan die dink sit. Dit is ‘n toerus ngsproses om van
jou ‘n ingeligte gelowige te maak.
Hoeveel van ons het nie kwellende geloofsvrae wat niemand vir ons bevredigend
kan antwoord nie? Apologe ek is die verskil tussen hoe om te glo en hoekom om
te glo.
Ons word via die media gebombardeer met twyfelstellings oor God en die Bybel.
Nie almal van ons het ‘n teologiese agtergrond om altyd argumente met onge-
lowiges en aanhangers van ander godsdienste aan te gaan nie. Apologe ek is daar
om dit vir ons almal moontlik te maak om standpunt in te neem en dit te ver-
woord. Aangesien hierdie Laure,e Marais se passie is, vertel sy vir ons meer
daarvan. Ons vertrou dat die begrip nou meer sin maak!
Dankie vir al die posi ewe terugvoer oor die vorige
uitgawe van Brooklyn Brokkies. Brokkies is egter
die beste voorbeeld van ‘n spanpoging binne die
gemeente. Die bladuitleg is baie professioneel
deur Louis Kruger gedoen en sy slapelose nagte het
goeie dividende opgelewer want hy hoef dit nou
nie weer te doen nie! Hy het vir die kuiken vlerke
gegee sodat ons nou op ons eie kan vlieg. Louis,
weer eens, in die openbaar, baie dankie. Jy laat
ons wat die skryfwerk
doen, goed lyk!
Wat ‘n wonderlike inisia ef van Hermann Pretorius om
‘n boeketafel op die trappe van ons kerk te begin! Linda
van Vuuren doen al lankal haar bes om met haar
boekresensies in Brooklyn Brokkies die gemeente aan
die lees te kry. Nou het niemand meer ‘n verskoning
nie, die boeke is le,erlik, soos die Engelse sal sê: on our
doorstep! As iemand wat alreeds self drie boeke daar
gekoop het, kan ek net noem dat nie net die verskei-
denheid boeke nie, maar ook die vriendelike diens en
die pryse beïndruk. Sterretjie vir jou, Hermann!
Groete tot volgende keer.
Preke deur leke?
Louis Kruger
♦ Gevangenisbediening
♦ Peas in a Pod-uitreik
♦ Gemeentepiekniek
♦ Beertjie-projek
♦ Persoonlike nuus
♦ Duif se manewales
♦ Wie is almal gedoop?
Hermann en Hulda Viljoen op
hulle pos agter die boeketafel J☺☺☺☺
Brooklyn Brokkies 3
aanspreek, sodat verkeerde feite
hulle nie van God af kon weghou
nie. Tog het hy goed besef dat net
God mense se harte kan verander:
sommige mense het tot geloof
gekom, ander het vir hom gelag.
Party mense se slim redenasies
was eintlik net rookskerms vir hulle
rebellie teen God. Dit het hom egter
nie gekeer om sonder ophou met
mense te praat en te redeneer nie.
Per slot van rekening kan 'n mens
eintlik niks doen om iemand tot
geloof te bring nie, maar ons weet
ons moet God liefhê met hart, siel
én verstand, en die Heilige Gees
kan ons gehoorsaamheid in al
hierdie opsigte gebruik om die men-
se om ons te raak.
Wat is die soort dinge waaroor ons
vandag moet redeneer en waarvan
ons mense kan oorreed? Met ander
woorde, hoe lyk apologetiek
vandag?
Ons leef in 'n vreemde post-
moderne samelewing, waarin men-
se vaagweg reken dat elkeen tot sy
eie opinie geregtig is, solank die
opinie nie behels dat
ander mense verkeerd
is nie. Klink dit
bekend? Maak dit sin?
In hierdie chaos be-
vraagteken mense
alles van Christen-
skap: die betroubaar-
heid van die Bybel,
die opstanding van
Jesus, die bestaan
van God, die bestaan
van objektiewe morele
waarheid, God se
liefdevolheid in pyn en
swaarkry, die nut van
die kerk, die uniekheid
van Christenskap...
Die lys is eindeloos.
Gelukkig, omdat God
genadig is en Re-
geerder is van die
waarheid, is daar goeie ant-
woorde hierop. Sommige daar-
van is suiwer intellektueel, an-
der raak die hart van die saak
aan met die kragtige waarheid
van Christus aan die kruis.
Ons kan soos Paulus in ons eie
kultuur inklim en na argeologie,
geskiedenis, filosofie, wiskunde,
wetenskap, letterkunde, etiek en
baie ander velde kyk om te wys
hoe die Bybel betroubaar is, dat
Jesus werklik uit die dood op-
gestaan het, dat God bestaan
en die wêreld geskep het, dat
Hy die grondslag vir moraliteit
is, dat Jesus Homself aan die
wêreld oorgegee het as 'n ant-
woord op die pyn en swaarkry
van die mensdom, dat God sy
kerk in stand hou en dat
Christus absoluut uniek en
sonder gelyke is onder al die
gelowe in die wêreld.
Apologetiek is 'n poging om 'n
antwoord te gee oor die hoop in
ons. Dit dek die spektrum van
die mensdom se vrae en dit
poog om sulke hindernisse uit
die weg te ruim sodat mense
Jesus in sy volle glorie kan sien
as die Verlosser van die wêreld.
Uiteindelik is Hy Koning oor al-
les: ons kultuur, ons filosofieë,
ons verskonings, ons vrae en
ons twyfel.
ook woorde soos “oortuig”, “oorreed”,
“verdedig”, “bevestig” en selfs “bewys”
raak. Baie mense reken dat jy nie ie-
mand tot geloof kan “redeneer” of
“oortuig” nie, maar tog sien ons dat
hierdie benadering 'n belangrike deel
van Paulus se verkondiging van die
evangelie was, in navolging van Jesus
se opdrag in Matteus 28.
Een van die beste voorbeelde hiervan
is Paulus se gesprek met die Atheners
by die Areopagus. Hy begin deur op te
merk dat die Grieke 'n tempel vir 'n
'onbekende god' het, en dan ver-
duidelik hy dat hy hulle sal vertel van
hierdie God wat alles gemaak het en
wat Here van die hemel en die aarde
is en van sy Seun wat uit die dood uit
opgestaan het. Hy klim dus binne-in
hulle prentjie van die wêreld in en wys
vir hulle hoe Jesus die volledige ant-
woord daarop is.
Paulus se toewyding om te “oortuig”
en “oorreed” en “bewys” wys dat hy
graag mense se vrae en twyfel wou
Apologetiek
Laurette en Willem Marais
Vevolg vanaf bladsy 1
Die Dissipelskapkafee en Dink Saam-
groepe wat Maandagaande by die
kerk bymekaar kom spreek juis
hierdie vrae aan. Kom luister, kom
leer en kom neem deel. Sien julle
daar!
4 Brooklyn Brokkies
Leer mekaar ken
Wie is Paul Grobler? Nadat hierdie vraag een keer te veel
gevra is, het Johanna Hellberg
besluit om met die man self te praat en
uit die perd se bek die antwoord te kry.
Oor koppies koffie en stewige snye koek kuier ons
laatmiddag in Hillcrest. Om Paul lank genoeg vas te pen
vir ‘n onderhoud is nie maklik nie! Hy is permanent aan
die beweeg.
Hy het begin om Elektroniese Ingenieurswese by Tukkies
te studeer, maar aan die einde van sy tweede jaar het hy
hom geroepe gevoel om teologie te gaan studeer. Paul
het sy B-graad in teologie met lof geslaag en daarna ‘n
honneursgraad en ‘n MDiv-graad suksesvol voltooi. Paul
was ‘n jaar lank predikant in Rustenburg-Wes toe die
Here dit vir hom duidelik gemaak het dat hy sy talente
in prak ese teologie anders en elders moet toepas.
Paul het twee roepings: om vir gelowige mense wat los
van ‘n kerk/gemeente funksioneer ‘n relevante tuiste of
omgewing te skep waar hulle geloofsgroei kan ervaar; en
om ‘n dissipel te wees vir nuwe gelowiges, maw daardie
mense wat nog nougese,e bediening en aandag nodig
het. Dit maak natuurlik van hom ‘n professionele
koffiedrinker, want waar anders as om informeel te kuier
kan daar soveel sukses behaal word?
Paul beskou homself as ‘n voltydse ouderling. Toe ek
hom druk vir ‘n posbeskrywing sê hy hy is ‘n sosiale entre-
preneur — iemand wat ‘n verandering in die sosiale
omgewing wil teweeg bring.
Sy bediening word in stand gehou deur ‘n groep
sakemanne wat die leemte in die samelewing raak gesien
het en gevoel het die leemte moet gevul word. Paul het
nie ‘n pligtestaat nie en sy projekte sluit van die herskep
van gemeentes (ook CRUMA en GKSA) se webblaaie; dis-
sipelskapopleiding; fasilitering by kerklike werkswinkels
en toerus ng vir predikante, ouderlinge en ander in. Hy is
pas terug van die KKNK waar hy gehelp het om die GKafee
(Gee maak mens gelukkiger as kry. Hand 20:35) te
beman. Dié van julle wat gelukkig genoeg was om daar ‘n
draai te kon maak vir ‘n gra s koppie koffie, sou hom daar
in aksie gesien
het. Sy oë blink
as hy vertel van
die mooi dinge
wat daar gebeur
het. Hy vertel
ook dat hulle
tydens KKNK
19 000 koppies bedien het en onder andere ‘n halwe ton
suiker gebruik het! Alles genade uit die Here se hand sodat
mense net vir ‘n rukkie in hulle tent kon vertoef!
Pas terug van die KKNK is hy volgende week op pad Durban
toe waar hy as fasiliteerder gaan optree by ‘n landwye
werkswinkel wat deur GK Pinetown gereël word oor die GKSA
se Omkeerstrategie. Dit maak Paul opgewonde om te praat
oor hierdie klein gemeente wat getalle betref, maar groot is
in die impak wat hulle maak. Soos hy sê: dis tog waaroor dit
gaan! Daarna is dit Suidkus toe, dan ….. Die gevoel wat ek
tydens die onderhoud gekry het is dat hierdie man
ongelooflike werksbevrediging ervaar, wat hy dan ook be-
aam.
Op ‘n stadium was Paul ook betrokke by Geopende Deure en
is hy saam met ‘n afvaardiging Marokko toe om daar kerk-
leiers te gaan toerus. Hulle is gearresteer, ondervra en vir
drie dae in die tronk gegooi. Hierdie trauma ese ervaring is
een van die twee groot gebeurtenisse in sy lewe wat hy sy
Marokkopad-ervaring noem. Die ander een was sy besluit
om uit die formele bedieningstruktuur van die kerk te tree.
Hierdie twee gebeurtenisse het sy siening oor teologie en
kerkbegrip gevorm na wat dit vandag is.
Voor ons klaar gekuier het vra ek op ‘n meer persoonlike vlak
of daar darem ‘n meisie in die agtergrond is, waarop hy flink
antwoord “die Here het haar nog nie voorsien nie”. Ek het
hom egter daarop gewys dat die Here van ons verwag om self
ook ‘n mate van verantwoordelikheid te neem, waarop ek
beloon is met blink oë en wat net beskryf kan word as ‘n
“knowing smile”.
Brooklyn Brokkies 5
Troyestraat
Hanneke Joubert is ‘n besige vrou. Dis twee dae voor
die Residentia-mark en haar woonstel is ’n “fabriek”.
Sy spring kort-kort op om die piesangbrode gereed te
kry en blatjang te bottel. Oral is breiwerk in verskillen-
de stadia van voltooiing en die storie van die beertjies
en al die ander produkte wat deesdae uit die span se
hande kom, laat jou in totale verwondering.
Die projek is oorspronklik deur Joukje Geertsema
begin en toe hulle Worcester toe verhuis het, het sy vir
Hanneke gevra om die leisels oor te neem. Sy
beklemtoon dat dit die span van so 10-12 dames is wat
die projek lewendig hou en dat sy net die bymekaarvat
werk doen. Die beertjies word, behalwe vir die doop-
baba’s in Brooklyn, ook aan twee krisissentrums
verskaf, waar herstelwerk aan mishandelde kinders en
ma’s gedoen word. Die beertjies is dikwels die eerste
sagte, vriendelike maatjie wat ‘n kind kan vashou. So is
daar al tot 50 beertjies vir ‘n sentrum geskenk.
Vir die kombersies word daar blokkies gebrei en Han-
neke doen die aanmekaarwerk. Daar word 36 blokkies
vir elke kombers gebruik en komberse van alle groottes
en kleure word aan mense in Karmel en ander ver-
dienstelike gevalle verskaf. Hanneke vertel van die
dame wat bedlêend en in ‘n diep depressie vasgevang
was – tot hulle die helderkleurige kombers oor haar
gegooi het. Sy het die res van die dag gelag – so dat
die suster later kom kyk het na die totale metamorfose
wat plaasgevind het.
‘n Vriendin van Hanneke wat ‘n mediese dokter is, het
saam met haar man ‘n huis vir haweloses begin en op
‘n stadium vertel van die groot aantal baba’s waarna
hulle omsien. Die kleintjies was meestal prematuur en
is op onnoembare plekke gevind. Die breispan het
dadelik begin om popgrootte truitjies van afvalwolletjies
te brei en miniatuur baadjies en koordfluweelbroekies
te maak. Dan is daar nog die seekatte ook, waarin elke
flentertjie oorskietwol gebruik word. Die vroue mors
niks.
Die breigroep bestaan uit dames van al die kerke wat
Baie meer as drie beertjies in die Stigting bly.
Hulle is soos fami-
lie vir mekaar.
Soms neem een
van hulle “Sab-
batsverlof” om
eers die klein-
kinders van truie te
voorsien, maar
kom meestal terug.
In die somer is die
beertjies gewilder,
terwyl die kom-
berse weer in die
winter voorkeur
kry. Elke steek
word met liefde
gemaak en die
besef dat jou
handewerk so ‘n
verskil aan ‘n kind
of bejaarde se
lewe maak, is die
beste motivering
vir al die breiers.
Dit is ook ‘n manier
om hulle dank aan
die Here uit te leef,
sonder wie se ge-
nade dit nooit so ‘n groot sukses sou wees nie.
Hanneke sê haar familie en vriende is al versigtig as
sy kom kuier want sy gaan nooit met leë hande weg
nie. Wol, knope, stopsel en enige ongebruikte naald-
werk- en breiding wat sy kan afbedel, kom terug
Steenberg toe. Jy hoef ook nie te wag tot sy kom
kuier nie – skenk sommer jou wolle en ander
bruikbare items aan die groep wat deur hulle
liefdeswerk ‘n nuwe doel in die lewe gekry het. As
iemand in Residentia se mure net noem dat sy
verveeld is, vra Hanneke eerste hoe bruikbaar die
hande is en met ‘n bietjie aanmoediging is daar nog
‘n breier – en ‘n lewenslange vriendin.
Om ‘n verskil aan die begin en einde van ‘n mens se
lewe te maak is seker die grootste liefdesdaad wat ‘n
mens kan bewys - en die span dames doen dit met
vreugde.
Magriet Lee het by die Residentia-stigting
gaan inloer om te beleef hoe daar gewerk
KAN word. So het sy uitgevind waar al die
wol heen verdwyn!
Hanneke Joubert sit toegepak met
handwerk in haar woonkamer
‘n Groepie by hulle handwerk
6 Brooklyn Brokkies
Studente-nuus Sal jy asseblief my ‘date’ wees?
Indien jy al vergeet het hoe dit was om ‘n student te wees
kan jy jou herinneringe herleef deur Zania Vermaak
se opsomming van Juventus-dinee 2013
Die rooi tapyt is uitgerol, die meisies tooi hulself op en die ouens trek vir die laaste keer hul dasse reg, want Juventus se jaarlikse dinee het aangebreek. So aan die einde van die somer en die begin van die herfs is 'n geleentheid aan studente gegun om hul skoene uit te skop, te kom dans en 'n lieflike aand saam met vriende te kom geniet. Daar is gesnoep aan borde propvol heerlike eetgoed, van frikkadelle en pasteitjies, tot vetkoeke en sosaties. Tydens die ete is ons vermaak deur Bruwer Malan, wat jazz-klanke deur die saal laat klink het en party manne lusgemaak het vir 'n romantiese dans saam met hul metgeselle. Toe die dansery eers begin het, was daar geen keer nie. Naderhand is 'n groot sirkel gevorm
soos wat almal kom saamdans het, en nie lank daar-na nie is 'n strandbal en rekwisiete binne-in die sirkel gewaar wat die pret net nog meer aangehelp het. Die aand is afgesluit met koffie en tee en heerlike kol-wyntjies. Die opruim is gewoonlik 'n groot kopseer, maar getrou aan hierdie gemeente se studente se aard, is daar vinnig ingespan met 'waar bêre ons hierdie?' en 'nee wat, ek help sommer gou hier!' Dankie aan die Juventus-bestuur vir 'n aand waar die herinneringe definitief sal opduik as daar na hierdie aand se foto's gekyk word. Volgende jaar maak ons weer so, of is daar dalk binnekort 'n winterdinee ook??
Tuks vs Maties
Tuks doen dit alweer!
Stellenbosch, April 2013
Alhoewel die opskrifte byna wil klink
na ‘n beskrywing van die “Varsity
Cup”-rugbyeindstryd, praat ons -
hier van ‘n baie meer intellektuele
kragmeting – die finaal van die
ATKV-debatkompetisie vir univer-
siteite. Nes met die rugby, het
Tuks hier ook met die louere
weggestap. Die wenspan,het
bestaan uit Carike Jacobs, Daniël
du Plessis, Martin Nel en ons eie
Hermann Pretorius. Die span het
elk R2000 asook as ‘n goue
medalje ontvang. Bo en behalwe dit is Hermann ook saam met
Jana Roos van die Universiteit van Stellenbosch aangewys as
beste taalgebruiker tydens die finaal. Hiervoor het hy ‘n verdere
R800 en ‘n HAT-woordeboek ingepalm. Welgedaan, Hermann!
Ilse de Villiers
Tuks A aandag=g aan die luister. Van links sit Hermann, Mar=n, Daniël en Carike.
Foto: Nadine Aucamp
Brooklyn Brokkies 7
8 Brooklyn Brokkies
Studente-nuus
Marisa Stols vertel vir ons meer
oor hierdie gereelde studente-
aksie Peas in a pod–
uitreik
Almal word mooi getooi vir ‘n fotosessie
Peas in a Pod is ‘n gespesialiseerde plek van
veiligheid in Sunnyside vir mishandelde dogters
tussen 2 en 18 jaar. Die huis se fokus is om
skoolwerk in te haal waarmee die meisies agter
geraak het as gevolg van mishandeling. Hier
ontvang hulle tuisonderrig.
Al wat elke persoon nodig het is liefde en aandag.
Dit is dus presies wat ons as uitreikgroep vir
hierdie meisies bied.
Vir afleiding doen ons Saterdagoggende ak witeite
met die meisies met die doel om persoonlike
aandag aan elkeen te gee. Ons hou byvoorbeeld
piekniek, versier koekies, eet roomys, maak
armbandjies van krale, swem en spat mekaar nat.
Ons speel ook allerhande speletjies, dans, sing
saam, swaai mekaar, lag uit ons maag en geniet
net die oomblik.
Deur liefde en glimlagte aan hulle oor te dra, bring
dit mee dat hulle ook weer liefde kan oordra aan
ander. Saam bou ons mekaar. Ons maak armbande van krale
The grass is not, in fact, always greener on the other side of the fence. No, not at all. Fences have nothing to do with it. The grass is greenest where it is watered. When crossing over fences, carry water with you and tend the grass where ever you may be. - Robert Fulghum. American Author and Teacher
Brooklyn Brokkies 9
Persoonlike Nuus
Carel Trichardt en Petru Wessels, die bekende en beminde
akteurspaar, het besluit om Somerset-Wes toe te trek. Vol-
gens Petru het sy besluit en Carel het vriendelik ingestem om
saam te gaan!
As gesoute Brooklyners en betrokke lidmate, gaan hulle ver-
trek beslis ‘n leemte laat. Hulle gaan veral gemis word vir
hulle professionele deelname aan ons gemeente se Kers– en
Paasprogramme.
Waar hulle nou (soos daar in Gereformeerde kringe gesê
word) na ‘n ander staat van lewe oorgaan, wens ons hulle net
die beste toe. Enige oupa en ouma sal verstaan dat dit baie
beter is om nader aan die kleinkinders te wees!
Mag julle veel vreugde in julle nuwe omgewing beleef en mag
julle gou tuis voel in ‘n nuwe gemeente.
Ons neem afskeid
Ek is op 8 Desember verlede jaar weg Duitsland toe vir ‘n
maand as uitruilstudent en die volgende oggend land ek in ‘n
yskoue Frankfurt met ‘n temperatuur van -12°C!
Die plek waar my gasgesin woon is Haunzendorf, so 5 km
buite Burkenstadt. Dit is eintlik ‘n plaasgemeenskap met so
agt huise in die “dorpie”. Die huise is baie anders daar en fa-
milies bly saam. My gasgesin het ‘n dubbelverdieping huis
en die ouma en oupa woon op die grondverdieping.
Ek moes uithaal en wys met die taal want die ouers kon nie
Engels praat nie.
Ek het ook daar skool bygewoon en al die klasse was in
Duits behalwe Frans en Engels. Die Franse onderwyser se
Engels was beter as die Engelse onderwyser s’n en hy het
my ook meer uitgevra oor Suid-Afrika. Ek het besef die men-
se het ‘n
groot
wanindruk
oor ons
land en ek
is onder
andere
gevra
hoekom
ek wit is
en of ons
op olifante
ry! Suid-
Afrikaanse skoolkinders het beslis meer respek en beter
maniere.
Die gesin het my baie rondgeneem na historiese plekke.
Vir Kersfees het ek ‘n kaartjie gekry om ‘n Apasionata te
besoek in München – dit is ‘n soort perdeskou en daar het
ek Weißwurst geëet en Weißbier gedrink. In Duitsland
mag jy bier drink as jy 16 jaar oud is. Ek het ook ‘n
vriendin daar raakgeloop wat in Mosselbaai woon – wys
net hoe klein is die wêreld!
‘n Hoogtepunt was om perd te ry in die sneeu en omdat
dit so veilig is, soms ook deur die woude. Opwindend
was die “snow diving” waar ‘n motorband agter aan ‘n
vierwielmotorfiets vasgemaak word en met jou deur die
sneeu jaag. Ek was nie baie suksesvol om te leer ski nie,
maar het in die proses ‘n Suid-Afrikaner ontmoet en ons
het saam gaan warm sjokolade drink.
Kersdag was vir my moeilik. Die son het min geskyn en ek
het na die son en see in Suid-Afrika verlang. My gas-
gesin is Roomskatoliek en ons is kerk toe. Die gewoontes
in die kerk was vir my vreemd en ook ontstellend en ek
het groot waardering gekry vir ons kerk.
Een aand het ek vir ons Suid-Afrikaanse kos gemaak –
melktert en ‘n eenbak maalvleisgereg. Ek het baie
vreemde kos daar geëet en alhoewel ek eers baie skep-
ties was, het ek daaraan gewoond geraak.
Dit was ’n voorreg, maar ek is dankbaar om terug te wees
by ons kultuur en al die sonskyn.
’n Wit Kersfees Joánne Cunze vertel vir ons van haar kultuur-
skok en wat dit behels om ‘n uitruilstudent in
Duitsland te wees
Op ‘n perd in die sneeu Bydrae verkort—Red.
10 Brooklyn Brokkies
Persoonlike Nuus
Brent en Heidi Breebaart het al die pad van Sydney in
Australië gekom om hulle jongste, Chloe, in Brooklyn te
doop. Lidmate wat al lank in die gemeente is sal hulle
onthou. Heidi is die dogter van Christo en Arnline
Kuun. Vir ‘n kort rukkie was die Kuuns onlangs die ryk-
ste oupa en ouma in Pretoria. Op die foto is Arnline,
Heidi met Chloe in haar arms, Brent, hulle oudste dog-
ter Mienke, en Christo.
Doop
Fanus en Janneke
Nortjé het hulle seun,
Joshua, onlangs ge-
doop. Janneke is die
dogter van Ma,hys en
Annie van der Hout.
Baie geluk ook aan
hulle as grootouers.
Op die foto is Fanus
met ousus Leané in sy
arms en ‘n stralende
Janneke hou vir Joshua
vas.
Kriek en Renate le Roux het hulle baba, Emma, ook onlangs
gedoop. Op die foto hou pa Kriek die dopeling vas terwyl Renate
vir ousus Fleur in haar arms hou. Ons hoop julle kinders gaan vir
julle nog baie vreugde bied. Sterkte met die grootmaakproses!
Baba Pieter van der Merwe is onlangs, tydens
’n baie spesiale geleentheid, deur sy oupa
gedoop. Oupa is dr Sarel van der Merwe, pre-
dikant van die Gereformeerde Kerk Mafikeng.
Op die foto is dr Sarel van der Merwe, sy vrou
Belia, ma Marilie met klein Pieter en pa Kobus
wat vir ouboet Sarel vashou.
“The Church does not dispense the sacrament
of baptism in order to acquire for herself an
increase in membership but in order to conse-
crate a human being to God and to communi-
cate to that person the divine gift of birth from
God.”
― Hans Urs von Balthasar, Unless You Be-
come Like This Child.
Brooklyn Brokkies 11
Gemeentepiekniek
12 Brooklyn Brokkies
Reitzstraat
’n Baken van lig in Sunnyside
New Life City Church se kleuterskool
help ook ouer kinders met huiswerk.
Ronel Stronkhorst vertel vir ons van
hierdie wonderlike inisia ef.
New Life Kleuterskool het stadig en klein begin, vir
ses maande was daar net een kleuter, later was
daar drie en toe agt, en vandag is daar 22 kleuters.
Die kleuters wissel van vier maande oud tot graad
R. Daar is tans vier permanente personeellede
asook mev Ignetia Mashau, wanneer sy beskikbaar
is.
Die kleuterskool begin om 06:30 tot 18:30. Na
ontbyt is dit tyd vir godsdiensonderig. Die kleuters
luister na Bybelverhale en leer Christelike liedere
en waardes. Met my besoek was dit middagete –
die kleuters eet met oorgawe aan die lekker kos.
Sodra hulle klaar geëet het is dit tyd vir ‘n mid-
dagslapie.
Ek ontmoet vir Lesy en Magareth, twee personeel-
lede en kuier saam met hulle. Hulle albei sien uit na
die Agapé Damesuitreik wat oor twee dae
plaasvind. ‘n Behoefte wat hulle tans ervaar is verf
vir die kleuters — die algemene poeiertipe wat met
water aangemaak word.
‘n Wonderlike inisiatief by New Life Kleuterskool is
die huiswerkhulp wat hulle in die middag aan ouer
kinders verskaf. Tans is daar 11 leerlinge tussen
graad 2 en graad 9 wat hiervan gebruik maak. Hulle
kom smiddags na skool en die personeellede help
hulle met huiswerk waarmee hulle sukkel.
Hierdie was my eerste besoek en ek was werklik
beïndruk met die wonderlike werk wat daar gedoen
word. Ek hoop om binnekort weer te gaan kuier en
vir hulle verf vir die kleuters te neem. Indien jy
graag verf wil stuur of ‘n donasie wil maak om verf
aan te koop, kontak Ronel Stronkhorst by
083 299 7413 of soggens na kerk. As jy self wil
gaan inloer, die kleuterskool is in Vlokstraat 154,
Sunnyside, Tel: 012-343 0194.
Margareth met ‘n kleuter op die arm
Die Kleuterskool
13 Brooklyn Brokkies
Uitreikaksie
Die Saterdag breek blou en goud aan.
Vol verwagting ry 'n groepie van ons saal toe,
gewapen met massas kolwyntjies, lekker
broodjies en geurige pizzas. Die saal lyk ook
sommer gou feestelik met glasbakke vol lemoene
en sonneblomme orals.
New Life City Church se lofprysingsorkes arriveer,
en die verrigtinge begin vorm aanneem. Toe die
instrumente oral gekoppel is waar dit moes, begin
die musiek en sang, en soos die gaste aankom,
swaai en draai almal op maat van die jubelende
musiek. As die sanggroep sing: "Jesus is num-
ber one," beaam die gehoor dit entoesiasties met
woord en gebaar. Ignetia Mashau lewer 'n in-
spirerende praatjie oor: "Hoe ontvang ons iemand
van buite in ons persoonlike ruimte?" Christus is
ons voorbeeld waar hy geassosieer het met tol-
lenaars en sondaars, en geen onderskeid gemaak
het tussen mense nie.
Die Wit Olifant-tafel waartoe baie gemeentelede
bygedra het, lewer 'n groot bedrag op ten bate van
Bybelverspreiding. Onder die aanwesiges word
ook 'n klompie Bybels in verskillende tale uitge-
deel.
Die busboikot ten spyt, is die opkoms selfs beter
as verlede jaar. Die saal sit lekker vol! Een van
die aanwesiges vra met die uitstap: "gebeur
hierdie uitreik elke Saterdag?" Agapé beskou dit
as 'n groot kompliment! Ons maak (DV) volgende
jaar weer so!
Agapé doen dit weer! Vroue wat saam dans en
sing — Erna Kruger gee
vir ons die resep vir ‘n
suksesvolle oggend ’n Feestelike saal met glasbakke vol lemoene
en sonneblomme.
14 Brooklyn Brokkies
Spesiale Bediening
Dit is my voorreg om betrokke te wees by die
Crossroad Bible Institute (CBI). Dit is ‘n inisiatief
van die Presbiteriaanse Kerk van Grand Rapids in
Amerika wat ‘n Bybelkursus aanbied vir persone
in die gevangenis. Plaaslik word dit onder be-
skerming van die Gereformeerde Kerk
Die Kandelaar bedryf.
Die kursus behels verskeie vlakke en begin van
heel eenvoudig tot op diplomavlak. Alle studente
en nasieners moet by vlak een begin.
Nasieners kry elke twee weke twee vraestelle om
na te sien met ‘n memorandum en ‘n “Padkaart”
van elke student. Op die Padkaart kan die na-
siener gou agterkom of die student verstaan
waaroor die Evangelie werklik gaan. ‘n Persoon-
like brief van aanmoediging word dan aan elke
student (in Engels) geskryf.
Inligting oor alle studente word gekoördineer en
terugvoer word gereeld deurgegee aan die
hoofkantoor in Amerika. Terugvoer van die
Gevangenisowerhede by Baviaanspoort-ge-
vangenis (waar daar spesifiek gewerk word met
die gevangenes in die maksimum afdeling) is dat
hulle geen probleme ervaar met die CBI-studente
nie.
Om hierdie werk in God se koninkryk te doen is
geweldig verrykend. Indien iemand belangstel om
saam te werk (dit neem so twee ure in beslag elke
twee weke) kontak my asseblief by 012 332 3749
Anita Cilliers skryf vir ons oor
haar lewensverrykende betrokken-
heid by ‘n baie spesiale bediening
in die gevangenis
God is oral — ook
in ons tronke In ‘n antwoordstel wat ek onlangs ontvang het, is
die onderstaande stukkie deur die betrokke stu-
dent geskryf. Dit het my aangegryp en ek het
gedink om dit in Brooklyn Brokkies met almal te
deel. Onthou, terwyl u dit lees, dat hierdie voor-
heen ‘n geharde misdadiger was wat tans in die
maksimum afdeling van die gevangenis sy von-
nis uitdien.
THE GARDENER
God is above all.
Jesus is showing us the way of life as is writ-
ten in the Book of Law and of Truth …
We are the plants in God’s garden and Jesus
cares about us, feeds us, teaches us until
that specific day when God says: “Jesus, my
Son, go and pick me the flower (lees jou eie
naam hier)”.
Then it will be the time I’m waiting for, to be
with God and Jesus our Saviour.
Anita se kat, Twinkels, besig met Bybelstudie
15 Brooklyn Brokkies
Meditation
Contemporary society and culture demands toler-
ance for all religions but the Bible teaches an ex-
clusive truth with no tolerance for others: There is
only one true God and all other beliefs are false.
Look at 1 Tim 2:5: “For there is one God, and one
mediator between God and men, the man Christ
Jesus …”
There are many truth claims, also called
worldviews, contradicting each other. Even the
Constitution guarantees the right to personal reli-
gious belief but the Bible does not allow for con-
flicting perspectives on truth. Allowing other truth
claims means you don’t know God.
Ultimately, you must make a choice: either allow
religious tolerance or trust in the one true God.
The Christian faith is exclusive and demands ex-
clusiveness.
God desires all people to be saved and so God
desires your salvation too …
Jesus, the Mediator, is a man, meaning that He is
fully human in every way yet without sin. Jesus is
God, fully God in every way. Jesus is the perfect
Mediator because Jesus reconciles the holy God
and sinful people.
Jesus gave himself as a ransom. He is the one
who gave His life to make liberty and freedom
possible. Jesus gives us true freedom: Jesus
saves us from slavery to sin and the devil and Je-
sus gives us equal identity in Him. The Bible’s
truth is the only foundation of true eternal freedom.
This is the Christian gospel - reconciliation with
God via Jesus:
♦ The Bible is exclusive in its truth claim: there
is no other gospel, no other name, no other
way – all other truth claims are false and lead
to eternal hell;
One truth for life
Thinus and Lidia de Wet summarised
extract from the sermon given by
Dr Brian deVries at the-
Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn
on 14 April 2013
♦ The Bible is inclusive in its truth claim:
the gospel is offered without discrimina-
tion to all people in all places;
♦ The gospel is offered to each person in-
dividually: everyone is free to believe or
reject this gospel. If you believe this gos-
pel, then you are saved by Christ alone. If
you reject this gospel, then you are
damned forever in hell.
To believe in Jesus means:
♦ to reject as false all other truth claims and
therefore to trust in Jesus only,
♦ to worship without fighting and to worship
and live beyond reproach;
♦ to pray for all people because all people
need our prayers;
♦ to live godly and honest, in modesty and
with self-control;
♦ to proclaim this truth to all other people
because our proper profession in a plural-
istic society is to display good works as a
1 Timothy 1:15/2:1-15
Dr Brian deVries
16 Brooklyn Brokkies
Agterblad
Laaste
Brokkies
Die duif by Nagmaal Magriet Lee
Dit was die eerste Nagmaal van 2013. Die
kransduif het voor die diens by die kerkvenster
ingevlieg en op die regterkantse hoogste hout-
pyp van die orrel gaan sit. Fanie het benoud
boontoe geloer na die nuwe lidmaat wat homself
op die baie ongewone bank sit gemaak het en
die diens begin. Die duif het tjoepstil deur die
hele diens gesit – net so nou en dan ‘n bietjie
versit, soos enige ander lidmaat in die kerk. Net voor Fanie die seën
uitgespreek het, het die duif opgevlieg en op die hoogste, middel-
orrelpyp (reg bokant die dominee se kop) gaan sit en na die seën
weer afgevlieg na die houtpyp aan die regterkant, waar hy gebly het
tot die afkondigings verby was. Toe die gemeente die kerk verlaat
het, het die duif ook uitgevlieg.
Dit was ‘n grys Afrika-duif wat in vrede die Afrikaanse Nagmaal byge-
woon het. Die dromer in my dink hy het na die tyd van die brood-
krummels buite opgepik, maar hy het waarskynlik net met vrede in sy
hart weggevlieg.
Hoe meer haas, hoe minder spoed
Nadat ons getroud is het ek en Wina in die Panorama-woonstelblok
in Jorissenstraat gewoon terwyl ek op Onderstepoort gewerk het. Saans het
ons Franse klasse by ‘n Switserse vrou geneem. Hoe dít gebeur het is ‘n storie op sigself.
Ek het dikwels smiddae op die hoek van die brandtrap gesit en verlang na die dag wanneer ek onder my eie boom se
skaduwee sou kon sit. Hoe wonderlik geseënd is dit dat na soveel jare ons die voorreg het om werklik elke dag ons eie
tuin te geniet!
Dit het skraps gegaan maar ouma Miemie het die insig en inisia ef gehad om meubels wat ons nou nog het, by ‘n
vendusie vir ons te laat koop.
Maar ons het ook ‘n boekrak nodig gehad. Gelukkig het ek toegang tot die
houtwerkkamer met ‘n bietjie gereedskap agter Sunnyside se kerkgebou in
Reitzstraat gehad. Ek het toe ‘n klompie planke gaan koop en begin mmer.
Een middag het ds TT Spoelstra daar aangestap gekom en op ‘n afstand gesê:
“Colin, jy saag skeef!” Hy was reg. By die deur ingekom vra ek hom: “Hoe het
dominee dit geweet?”
“Ek het dit gehoor. Jy moet nie so grgrgr saag nie; jy moet shshsh saag!”
Stadig! Stadig! En geduldig! Wat ‘n lewensles!
Colin Cameron vertel vir ons
hoe hy ’n kosbare lewensles
geleer het
Baie dankie aan die kommissie
wat gesorg het dat die liturgiese
ruimte voor in die kerk ‘n letter-
like opheffing kry!
Nie net kan almal nou mooi sien
wat alles daar voor gebeur nie,
dit laat ook sekere kerkraadslede
langer lyk wat daar verby loop na
hulle sitplekke toe!