brosjure 2018 - warries.co.zawarries.co.za/atkv-redenaarsbrosjure 2018.pdf · 3 die atkv bied met...

14
_________________________________________ Brosjure 2018

Upload: doandung

Post on 11-Jul-2018

217 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Brosjure 2018 - warries.co.zawarries.co.za/ATKV-Redenaarsbrosjure 2018.pdf · 3 Die ATKV bied met trots die nasionale ATKV-Redenaarskompetisie vir laerskool- en hoërskoolleerders

_________________________________________

Brosjure 2018

Page 2: Brosjure 2018 - warries.co.zawarries.co.za/ATKV-Redenaarsbrosjure 2018.pdf · 3 Die ATKV bied met trots die nasionale ATKV-Redenaarskompetisie vir laerskool- en hoërskoolleerders

2

INHOUDSOPGAWE BLADSY

1. DIE DOEL VAN DIE KOMPETISIE ................................................. 3

2. BELANGRIKE DATUMS ................................................................. 3

3. INSKRYWINGSGELD EN SLUITINGSDATUMS ............................ 3

3.1 Sluitingsdatum vir inskrywingsvorm A: 16 Februarie 2018 ............ 3

3.2 Sluitingsdatum vir inskrywingsvorm B: Drie weke voor uitdunronde

3.3 Bankbesonderhede ........................................................................ 3

4. KANSELLASIEBELEID .................................................................... 4

4.1 Verloop van die kompetisie ................................................. 4

5. TEMAS ............................................................................................. 4

6. PLEKKE EN DATUMS VIR EERSTE UITDUNRONDES ................. 5

7. PLEKKE EN DATUMS VIR SEMIFINALE RONDES ........................ 6

8. AFRIKAANS HUISTAAL ................................................................... 7

8.1 Inskrywingsgetalle ................................................................ 7

8.2 Tyd en punteverhoudings van toesprake ............................. 7

8.3 Strafpunte ............................................................................. 8

8.4 Onvoorbereide toesprake ..................................................... 9

8.5 Pryse .................................................................................... 9

9. AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL ................................................... 10

9.1 Kriteria .................................................................................. 10

9.2 Inskrywingsgetalle ................................................................ 10

9.3 Tyd en punteverhoudings van toesprake ............................. 11

9.4 Strafpunte ............................................................................. 11

9.5 Onvoorbereide toesprake ..................................................... 11

9.6 Pryse .................................................................................... 11

10. REËLS ............................................................................................. 13

11. KONTAKBESONDERHEDE ............................................................ 14

Page 3: Brosjure 2018 - warries.co.zawarries.co.za/ATKV-Redenaarsbrosjure 2018.pdf · 3 Die ATKV bied met trots die nasionale ATKV-Redenaarskompetisie vir laerskool- en hoërskoolleerders

3

Die ATKV bied met trots die nasionale ATKV-Redenaarskompetisie vir laerskool- en hoërskoolleerders

aan.

1. DIE DOEL VAN DIE KOMPETISIE Om Afrikaans onder die jeug te bevorder en leerders te bemagtig om in Afrikaans ’n leidende rol te speel. 2. BELANGRIKE DATUMS

Eerste uitdunrondes: 10 Maart tot 18 Mei 2018

Semifinale rondes: 20 Mei tot 15 Junie 2018

Die finaal vind plaas by ATKV-Buffelspoort - Graad 1 tot 7: 16 Augustus 2018 - Graad 8 tot 12: 17 Augustus 2018 3. INSKRYWINGSGELD EN SLUITINGSDATUMS Inskrywingsgeld: R185 per leerder.

3.1 Sluitingsdatum vir inskrywingsvorm A: 16 Februarie 2018 (slegs vir Namibië 26 Maart 2018)

Net die getal leerders wat gaan deelneem.

Voor die sluitingsdatum van 16 Februarie 2018 beloop die koste R185 per leerder.

Ná die sluitingsdatum beloop die laat inskrywingsgeld R280 per leerder.

GEEN inskrywings word ná 28 Februarie 2018 aanvaar nie. Faks of e-pos asseblief die inskrywingsvorm A (slegs getalle) en ’n afskrif van die bewys van betaling aan Cindy du Plessis by 086 556 3761 of [email protected] of aan Melanie Marais by 086 263 2356 of [email protected]. Die korrekte verwysing moet gebruik word naamlik: Redenaars en die skool se naam. Die sluitingsdatum vir die Redenaarskompetisie in Namibië is 27 Maart 2017.

3.2 Sluitingsdatum vir inskrywingsvorm B: Drie weke vóór die uitdunronde begin

Die name van die deelnemers en hulle onderwerpe moet drie weke vóór die uitdunronde van die streek begin, aan die betrokke streeksorganiseerder ge-e-pos of gefaks word. Sien die kontakinligting vir die streeksorganiseerders op bladsy 5-6.

Skole wat inskryf, moet by die betrokke streeksorganiseerder opvolg of die inligting wel ontvang is.

BANKBESONDERHEDE

Bank: Absa, Randburg

Rekeningnaam: ATKV-MSW

Rekeningnommer: 0170166728

Tipe rekening: Tjekrekening

Takkode: 632 005

Verwysing: Redenaars en die skool se naam

Byvoorbeeld: Redenaars HS Waterkloof

Page 4: Brosjure 2018 - warries.co.zawarries.co.za/ATKV-Redenaarsbrosjure 2018.pdf · 3 Die ATKV bied met trots die nasionale ATKV-Redenaarskompetisie vir laerskool- en hoërskoolleerders

4

4. KANSELLASIEBELEID

Skriftelike kennisgewing van onttrekking/kansellasie moet minstens 30 dae vóór die aanvang van die

eerste uitdun deur die ATKV ontvang word. Indien die geleentheid deur die ATKV gekanselleer word, sal

die inskrywingsgeld terugbetaal word.

4.1 Verloop van die kompetisie

Die kompetisie verloop soos volg: Eerste uitdunronde, semifinale ronde en nasionale finaal. Die ATKV

bepaal die aantal deelnemers wat aan die semifinale ronde deelneem. Die skole sal in kennis gestel word

en die name van die deelnemers vir die semifinale ronde sal sewe dae ná afhandeling van die uitdunronde

op die webwerf verskyn. Die aantal deelnemers wat deurdring na die finaal word deur die ATKV bepaal en

na gelang van die aantal inskrywings per streek.

Vir Hoërskool Huistaal onvoorbereid sal die beste vyf sprekers direk ná die nasionale kompetisie aangekondig word. Hulle sal weer ’n toespraak moet voorberei wat tydens die prysuitdeling gelewer gaan word. ’n Nuwe onderwerp word gegee met 90 minute voorbereidingstyd waarin ’n toespraak van 5 tot 7 minute voorberei moet word. Hiervolgens word die eerste, tweede en derde plekke aangewys.

5. TEMAS

GRAAD 1 - 3

goud

druppeltjies

miere

GRAAD 4 - 5 Huistaal en Addisionele Taal

smaak

vingers

drup

GRAAD 6 - 7 Huistaal en Addisionele Taal

uurglas

hoop

teken

GRAAD 8 - 9 Huistaal en Addisionele Taal

hekkies

simbool

tralies

Graad 10 - 12 Huistaal en Addisionele Taal

agenda

baan

kluis

BAIE BELANGRIK Uit die tema moet ’n onderwerp geformuleer word wat ’n standpunt bevat, en die standpunt moet aan die hand van argumente en bronne beredeneer word. Dit is met ander woorde ’n beredeneerde toespraak en nie ’n praatjie nie.

Deelnemers sal gepenaliseer word indien toesprake van vorige jare en/of gedupliseerde toesprake

gelewer word.

BAIE BELANGRIK: Ons doen weer eens ’n beroep op u om asseblief u deelnemers en ouers te ontmoedig om toesprake te koop. Moedig hulle eerder aan om die ATKV-handleiding vir die skryf van toesprake te bestel en aan te koop. Kontak vir Cindy du Plessis by [email protected] of 011 919 9109 of Melanie Marais by 011 919 9105. Dit het onder die ATKV se aandag gekom dat al hoe meer mense en organisasies op die ATKV se rug ry en sonder die ATKV se toestemming en medewete “vir die ATKV” toesprake skryf en kursusse, selfs afrondingskursusse, aanbied. Hierdie mense doen dit net vir hulle eie finansiële gewin en die ATKV is nie betrokke by enige van hierdie mense of organisasies nie. Indien een of meer van dieselfde toesprake gelewer word, sal deelnemers gepenaliseer word.

Page 5: Brosjure 2018 - warries.co.zawarries.co.za/ATKV-Redenaarsbrosjure 2018.pdf · 3 Die ATKV bied met trots die nasionale ATKV-Redenaarskompetisie vir laerskool- en hoërskoolleerders

5

6. PLEKKE EN DATUMS VIR DIE EERSTE UITDUNRONDES

GAUTENG Suidelike Gauteng en Vaaldriehoek Hoërskool Transvalia Vanderbijlpark

15 en 16 Maart

Susan Lucouw

082 898 1054

016 932 5252

[email protected]

Gauteng-Wes Hoërskool Linden Linden

Hoërskole: 14 en 15 Maart Laerskole: 22 en 23 Maart

Da Nielle Jordaan

082 559 0353

[email protected]

Gauteng-Oos Laerskole Laerskool Westwood Boksburg

11, 12, 13 April

Sanet Meiring

084 580 6715

[email protected]

Gauteng-Oos Hoërskole Hoërskool Marais Viljoen Alberton

25 en 26 April

Dorette Prinsloo

082 785 3391

011 907 1038

[email protected]

Gauteng-Noord Hoërskool Menlopark Pretoria

20 en 21 April

Elbeth Vermaak

084 602 5177

012 348 6827

[email protected]

VRYSTAAT Vrystaat 1 Brandwag Primêre Skool Bloemfontein

11 en 12 Mei Janette Blignaut 079 694 6060 [email protected]

Vrystaat 2 Kroonstad

4 en 5 Mei Amanda de Wet 084 479 7812 [email protected]

KWAZULU-NATAL Binneland Laerskool Huttenpark Newcastle

10 Maart Jana Grobler 071 475 3462 [email protected]

Kus Hoërskool Port Natal Durban

20 April Nicolene Vogel 083 793 7724 031 206 0370 [email protected]

KAAP Noord-Kaap Upington Laerskool Oranje-Noord

16 Maart Karlien van Schalkwyk 082 851 1542 [email protected]

Noord-Kaap Kimberley Hoërskool Diamantveld

14 April

Alta Myburgh 082 551 1221 [email protected]

Oos-Kaap Hoërskool DF Malherbe Port Elizabeth

17, 18, 19 April Nicola Gardiner 076 773 1235 [email protected]

Suid-Kaap Hoërskool Oudtshoorn Oudtshoorn

10 Maart René Young 072 477 1346 044 272 5365 [email protected]

Wes-Kaap Hoërskool Bellville Hoërskole Huistaal en Addisionele Taal

12, 13, 14 Maart Elizabeth van der Merwe

071 688 4541 [email protected] [email protected]

Wes-Kaap Laerskool De Kuilen Kuilsrivier Laerskole: Huistaal en Addisionele Taal

18, 19, 20 April Beanell Jooste 082 623 0410 021 303 3560 [email protected]

LIMPOPO Noord Hoërskool Pietersburg Pietersburg

24 en 25 April

Retha Lerm

082 455 4186

[email protected]

Suid Hoërskool Hans Strijdom Mookgophong (Naboomspruit)

3 en 4 Mei

Johanette Pretorius

076 730 9486

014 743 1048

[email protected]

NOORDWES

Noordwes 1 Hoërskool Wolmaransstad Wolmaransstad

Hoërskole: 3 Mei Laerskole: 4 en 5 Mei

Carina Wassermann

084 500 4444

[email protected]

Page 6: Brosjure 2018 - warries.co.zawarries.co.za/ATKV-Redenaarsbrosjure 2018.pdf · 3 Die ATKV bied met trots die nasionale ATKV-Redenaarskompetisie vir laerskool- en hoërskoolleerders

6

Noordwes 2 Hoërskool Rustenburg Rustenburg

13 en 14 April

Leseya Matthee

072 139 2368

[email protected]

MPUMALANGA Hoërskool Generaal Hertzog eMalahleni (Witbank)

24, 25, 26 April Bennie Botha 082 879 6651 013 656 2200 [email protected]

Hoërskool Ermelo Ermelo

15, 16, 17 Mei Gerda van Zyl 078 306 3490 017 811 3648 [email protected]

[email protected]

7. PLEKKE EN DATUMS VIR DIE SEMIFINALE RONDES

GAUTENG Suidelike Gauteng en Vaaldriehoek Hoërskool Transvalia Vanderbijlpark

8 Junie

Susan Lucouw

082 898 1054

016 932 5252

[email protected]

Gauteng-Oos Laerskool Westwood Boksburg

1 Junie

Sanet Meiring

084 580 6715

[email protected]

Gauteng-Noord Hoërskool Menlopark Pretoria

18 Mei

Elbeth Vermaak

084 602 5177

012 348 6827

[email protected]

VRYSTAAT Vrystaat 2 Kroonstad

25 Mei Amanda de Wet 084 479 7812 [email protected]

KWAZULU-NATAL Kus Hoërskool Port Natal Durban

18 Mei

Nicolene Vogel

083 793 7724

031 206 0370

[email protected]

KAAP Noord-Kaap Hoërskool Diamantveld Kimberley

1 Junie Alta Myburgh 082 551 1221 [email protected]

Suidoos-Kaap Hoërskool Outeniqua George

1 Junie

Annaretha Louw

082 774 9923

044 874 4188

[email protected] [email protected]

Wes-Kaap Hoërskool Bellville

25 Mei

Elizabeth van der Merwe

071 688 4541 [email protected] [email protected]

LIMPOPO Suid Hoërskool Hans Strijdom Mookgophong (Naboomspruit)

25 Mei

Johanette Pretorius

076 730 9486

014 743 1048

[email protected]

NOORDWES

Laerskool Vastrap Rustenburg

18 Mei Shana Grobbelaar 082 853 7901 [email protected]

MPUMALANGA HTS Middelburg Middelburg

8 Junie Friena Scholtz 082 780 8439 013 243 5427 [email protected]

NAMIBIË

Walvisbaai Privaat Skool 15 Junie Charmaine Nagel +26481 222 9232 +264 64 07610 [email protected] [email protected]

Page 7: Brosjure 2018 - warries.co.zawarries.co.za/ATKV-Redenaarsbrosjure 2018.pdf · 3 Die ATKV bied met trots die nasionale ATKV-Redenaarskompetisie vir laerskool- en hoërskoolleerders

7

8. AFRIKAANS HUISTAAL

8.1 Inskrywingsgetalle

Die getalle is van toepassing op elke afsonderlike kategorie.

GRAAD 1 - 3 AFRIKAANS HUISTAAL

Getal leerders in skool Graad 1 - 3 Slegs voorbereid

0 - 800 4

801 en meer 6

GRAAD 4 EN 5 AFRIKAANS HUISTAAL

Getal leerders in skool Graad 4 en 5 Slegs voorbereid met een vraag ná lewering van toespraak

0 - 800 4

801 en meer 6

GRAAD 6 EN 7 AFRIKAANS HUISTAAL

Getal leerders in skool Graad 6 en 7 Voorbereid en onvoorbereid

0 - 800 4

801 en meer 6

GRAAD 8 EN 9 AFRIKAANS HUISTAAL

Getal leerders in skool Slegs onvoorbereid (verpligtend)

Slegs voorbereid (Vir elke EEN onvoorbereid mag EEN voorbereid inskryf)

0 - 800 4 4

801 en meer 6 6

GRAAD 10 - 12 AFRIKAANS HUISTAAL

Getal leerders in skool Slegs onvoorbereid (verpligtend)

Slegs voorbereid (Vir elke EEN onvoorbereid mag EEN voorbereid inskryf)

0 - 800 4 4

801 en meer 6 6

NEEM KENNIS: Dieselfde leerder mag nie vir beide kategorieë (voorbereid en onvoorbereid) van die kompetisie inskryf nie. Dit beteken dat leerders MOET kies vir watter kategorie van die kompetisie hulle wil inskryf. Skole mag ook nie net vir die voorbereide kategorie inskryf nie, maar moet leerders vir albei kategorieë van die kompetisie inskryf. Gekombineerde laer- en hoërskole moet die werklike getal leerders in die laerskoolafdeling sowel as in die

hoërskoolafdeling vir die formule gebruik.

8.2 Tyd en punteverhoudings van toesprake

LAERSKOLE: AFRIKAANS HUISTAAL

GRAAD 1 – 3 SLEGS VOORBEREID

Tyd 2 - 4 minute

Om die spreker te help, sal ’n tydhouer ’n groen kaart/vlag opsteek wanneer die spreker twee (2) minute gepraat het. Ná drie (3) minute sal ’n geel kaart/vlag opgesteek word en ná vier (4) minute sal ’n rooi kaart/vlag aandui dat die tyd

Page 8: Brosjure 2018 - warries.co.zawarries.co.za/ATKV-Redenaarsbrosjure 2018.pdf · 3 Die ATKV bied met trots die nasionale ATKV-Redenaarskompetisie vir laerskool- en hoërskoolleerders

8

verstreke is.

GRAAD 4 – 5

Tyd 3 - 5 minute

SLEGS VOORBEREID plus ’n vraag

Die hoofbeoordelaar sal tydens elke ronde ’n vraag aan elke deelnemer stel direk ná lewering van die voorbereide toespraak. Die vraag tel 5 punte. Die vraag hou verband met die inhoud van die toespraak.

Om die spreker te help, sal ’n tydhouer ’n groen kaart/vlag opsteek wanneer die spreker drie (3) minute gepraat het. Ná vier (4) minute sal ’n geel kaart/vlag opgesteek word en ná vyf (5) minute sal ’n rooi kaart/vlag aandui dat die tyd verstreke is.

GRAAD 6 – 7 ALMAL lewer voorbereide en onvoorbereide toesprake in elke ronde.

Voorbereid 4 - 6 minute

Om die spreker te help, sal ’n tydhouer ’n groen kaart/vlag opsteek wanneer die spreker vier (4) minute gepraat het. Ná vyf minute (5) sal ’n geel kaart/vlag opgesteek word en ná ses (6) minute sal ’n rooi kaart/vlag aandui dat die tyd verstreke is.

Onvoorbereid Eerste ronde Semifinale ronde Finale ronde

1 uur voorbereidingstyd

1 uur voorbereidingstyd

90 minute voorbereidingstyd

1 - 4 minute 2 - 4 minute 2 - 4 minute

70% 30% 75% 25% 80% 20%

Die puntewaarde vir die onvoorbereide toespraak is altyd die HOOGSTE % soos aangedui.

HOËRSKOLE: AFRIKAANS HUISTAAL

GRAAD 8 - 9 en GRAAD 10 - 12

Dieselfde leerder mag nie vir beide kategorieë van die kompetisie (voorbereid en onvoorbereid) inskryf nie. Dit beteken dat die leerders MOET kies vir watter kategorie van die kompetisie hulle wil inskryf. Skole mag ook nie net vir die voorbereide kategorie inskryf nie, maar moet leerders vir albei kategorieë van die kompetisie inskryf. Die glyskaal is een tot een, vir elke EEN deelnemer wat vir voorbereid inskryf moet daar EEN deelnemer vir onvoorbereid inskryf.

Voorbereid 5 - 7 minute

Om die spreker te help, sal ’n tydhouer ’n groen kaart/vlag opsteek wanneer die spreker vyf (5) minute gepraat het. Ná ses (6) minute sal ’n geel kaart/vlag opgesteek word en ná sewe (7) minute sal ’n rooi kaart/vlag aandui dat die tyd verstreke is.

Onvoorbereid GRAAD 8 - 9

Eerste ronde Semifinale ronde Finale ronde

90 minute voorbereidingstyd

90 minute voorbereidingstyd

120 minute voorbereidingstyd

4 - 6 minute 5 - 7 minute 5 - 7 minute

Onvoorbereid 4 - 6 minute

Vir die eerste ronde (4 - 6 minute): Om die spreker te help, sal ’n tydhouer ’n groen kaart/vlag opsteek wanneer die spreker vier (4) minute gepraat het. Ná vyf (5) minute sal ’n geel kaart/vlag opgesteek word en ná ses (6) minute sal ’n rooi kaart/vlag aandui dat die tyd verstreke is.

Onvoorbereid GRAAD 10 - 12

90 minute voorbereidingstyd

120 minute voorbereidingstyd

180 minute voorbereidingstyd

5 - 7 minute 5 - 7 minute 5 - 7 minute

Onvoorbereid 5 - 7 minute

Om die spreker te help, sal ’n tydhouer ’n groen kaart/vlag opsteek wanneer die spreker vyf (5) minute gepraat het. Ná ses (6) minute sal ’n geel kaart/vlag opgesteek word en ná sewe (7) minute sal ’n rooi kaart/vlag aandui dat die tyd verstreke is.

8.3 Strafpunte Vir elke tien (10) sekondes of gedeelte van tien (10) sekondes wat die deelnemer langer of korter as die

Page 9: Brosjure 2018 - warries.co.zawarries.co.za/ATKV-Redenaarsbrosjure 2018.pdf · 3 Die ATKV bied met trots die nasionale ATKV-Redenaarskompetisie vir laerskool- en hoërskoolleerders

9

voorgeskrewe tyd praat, sal een (1) strafpunt deur die hoofbeoordelaar van die deelnemer se totale punt afgetrek word. 8.4 Onvoorbereide toesprake

Let asseblief op na die volgende:

Geen tema word vooraf gegee nie.

’n Duidelike en beredeneerbare onderwerp oor ’n aktuele saak sal aan elke deelnemer gegee word.

Bronne oor die onderwerp sal aan elke deelnemer beskikbaar gestel word. Die deelnemer kan die bronne wat verskaf word tydens die voorbereidingstyd gebruik.

Enige ander inligting wat die spreker uit eie kennis oor die onderwerp het, moet ook gebruik word.

Die belangrikheid van integriteit by die gebruik van eie bronne moet beklemtoon word.

8.5 Pryse Die ATKV bied die volgende sertifikate en geldpryse aan wat tydens die onderskeie rondes toegeken word:

Semifinale ronde Sertifikaat vir deelname

Finaal Sertifikaat vir deelname Geldpryse en gepaardgaande sertifikate

Laerskool: Graad 1 - 3 Wenner: R1 000 Naaswenner: R750 Derde prys: R500 Beste taalgebruiker: R650

Laerskool: Graad 4 en 5 Wenner: R1 000 Naaswenner: R750 Derde prys: R500 Beste taalgebruiker: R650

Laerskool: Graad 6 en 7 Wenner: R2 000 Naaswenner: R1 500 Derde prys: R1 250 Beste taalgebruiker: R650

AFRIKAANS HUISTAAL

Hoërskool: Graad 8 en 9 Voorbereid Wenner: R2 000 Naaswenner: R1 500 Derde prys: R1 250 Beste taalgebruiker: R650

Hoërskool: Graad 10 - 12 Voorbereid Wenner: R2 000 Naaswenner: R1 500 Derde prys: R1 250 Beste taalgebruiker: R650

Page 10: Brosjure 2018 - warries.co.zawarries.co.za/ATKV-Redenaarsbrosjure 2018.pdf · 3 Die ATKV bied met trots die nasionale ATKV-Redenaarskompetisie vir laerskool- en hoërskoolleerders

10

Onvoorbereid Wenner: R2 500 Naaswenner: R1 500 Derde prys: R1 250 Beste taalgebruiker: R650

Onvoorbereid Wenner: R3 000 Naaswenner: R1 500 Derde prys: R1 250 Beste taalgebruiker: R650

9. AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL

9.1 Kriteria

Die kriteria wat geld vir deelname aan die afdeling, Afrikaans Addisionele Taal, van die ATKV-

Redenaarskompetisie is dat die spreker, en ouers of voogde, se huistaal nie Afrikaans mag wees nie. Die

onderrigtaal vorm dus nie deel van die kriteria nie.

Die inskrywingsvorm moet deur die hoof onderteken word as bevestiging dat die deelnemer aan die kriteria

voldoen. Indien dit aan die lig kom dat die leerder nie aan die kriteria voldoen nie, sal dit tot diskwalifikasie

van die leerder lei.

Graad 4 en 5 Afrikaans Addisionele Taal praat slegs voorbereid in elke ronde.

Graad 6 en 7 Afrikaans Addisionele Taal praat slegs voorbereid in elke ronde.

Graad 8 en 9 Afrikaans Addisionele Taal mag kies tussen: Slegs voorbereid of slegs onvoorbereid.

Graad 10 tot 12 Afrikaans Addisionele Taal mag kies tussen: Slegs voorbereid of slegs onvoorbereid.

9.2 Inskrywingsgetalle

Die getalle is van toepassing op elke afsonderlike kategorie.

GRAAD 4 EN 5 AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL

Getal leerders in skool Graad 4 en 5 Slegs voorbereid

0 - 800 4

801 en meer 6

GRAAD 6 EN 7 AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL

Getal leerders in skool Graad 6 en 7 Slegs voorbereid met een vraag ná lewering van toespraak

0 - 800 4

801 en meer 6

GRAAD 8 EN 9 AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL

Getal leerders in skool Slegs onvoorbereid Slegs voorbereid

0 - 800 4 4

801 en meer 6 6

GRAAD 10 - 12 AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL

Getal leerders in skool Slegs onvoorbereid Slegs voorbereid

0 - 800 4 4

801 en meer 6 6

Gekombineerde laer- en hoërskole moet die werklike getal leerders in die laerskoolafdeling sowel as in die

hoërskoolafdeling vir die formule gebruik.

Die kompetisie verloop soos volg: Eerste uitdunronde, semifinale ronde en nasionale finaal. Die ATKV

bepaal die getal deelnemers wat aan die semifinale ronde deelneem. Die skole sal in kennis gestel word en

die name van die deelnemers vir die semifinale ronde sal sewe dae ná afhandeling van die uitdunronde op

Page 11: Brosjure 2018 - warries.co.zawarries.co.za/ATKV-Redenaarsbrosjure 2018.pdf · 3 Die ATKV bied met trots die nasionale ATKV-Redenaarskompetisie vir laerskool- en hoërskoolleerders

11

die webwerf verskyn. Die getal deelnemers wat deurdring na die finaal word deur die ATKV bepaal en na

gelang van die aantal inskrywings per streek.

9.3 Tyd en punteverhoudings van toesprake

LAERSKOLE: AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL

GRAAD 4 - 5 SLEGS VOORBEREID (geen vraag)

Voorbereid 2 - 4 minute

Om die spreker te help, sal ’n tydhouer ’n groen kaart/vlag opsteek wanneer die spreker twee (2) minute gepraat het. Ná drie (3) minute sal ’n geel kaart/vlag opgesteek word en ná vier (4) minute sal ’n rooi kaart/vlag aandui dat die tyd verstreke is.

GRAAD 6 - 7 ALMAL lewer slegs voorbereide toesprake. Tydens elke ronde sal die hoofbeoordelaar ook aan elke deelnemer ’n vraag stel, direk ná lewering van die voorbereide toespraak. Die vraag tel vyf (5) punte en hou verband met die inhoud van die toespraak.

Voorbereid 4 - 5 minute

Om die spreker te help, sal ’n tydhouer ’n groen kaart/vlag opsteek wanneer die spreker vier (4) minute gepraat het. Ná vier en ’n halwe minute (4½) sal ’n geel kaart/vlag opgesteek word en ná vyf (5) minute sal ’n rooi kaart/vlag aandui dat die tyd verstreke is.

HOËRSKOLE: AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL

GRAAD 8 - 9 en GRAAD 10 - 12

Leerders mag kies tussen twee opsies: die lewering van slegs ’n voorbereide toespraak OF die lewering van slegs ’n onvoorbereide toespraak.

Voorbereid 3 - 6 minute

Om die spreker te help, sal ’n tydhouer ’n groen kaart/vlag opsteek wanneer die spreker vier (4) minute gepraat het. Ná vyf (5) minute sal ’n geel kaart/vlag opgesteek word en ná ses (6) minute sal ’n rooi kaart/vlag aandui dat die tyd verstreke is.

Onvoorbereid GRAAD 8 - 9 en GRAAD 10 - 12

Eerste ronde Semifinale ronde Finale ronde

1 uur voorbereidingstyd

1 uur voorbereidingstyd

90 minute voorbereidingstyd

3 – 6 minute 3 – 6 minute 3 – 6 minute

Onvoorbereid 3 - 6 minute

Om die spreker te help, sal ’n tydhouer ’n groen kaart/vlag opsteek wanneer die spreker vier (4) minute gepraat het. Ná vyf (5) minute sal ’n geel kaart/vlag opgesteek word en ná ses (6) minute sal ’n rooi kaart/vlag aandui dat die tyd verstreke is.

9.4 Strafpunte Vir elke tien (10) sekondes of gedeelte van tien (10) sekondes wat die deelnemer langer of korter as die voorgeskrewe tyd praat, sal een (1) strafpunt deur die hoofbeoordelaar van die deelnemer se totale punt afgetrek word. 9.5 Onvoorbereide toesprake Let asseblief op na die volgende:

Geen tema word vooraf gegee nie.

’n Duidelike en beredeneerbare onderwerp oor ’n aktuele saak sal aan elke deelnemer gegee word.

Bronne oor die onderwerp sal aan elke deelnemer beskikbaar gestel word. Die deelnemer kan die bronne wat verskaf word tydens die voorbereidingstyd gebruik.

Enige ander inligting wat die spreker uit eie kennis oor die onderwerp het, kan ook gebruik word.

Die belangrikheid van integriteit by die gebruik van eie bronne moet beklemtoon word.

Page 12: Brosjure 2018 - warries.co.zawarries.co.za/ATKV-Redenaarsbrosjure 2018.pdf · 3 Die ATKV bied met trots die nasionale ATKV-Redenaarskompetisie vir laerskool- en hoërskoolleerders

12

9.6 Pryse Die ATKV bied die volgende sertifikate en geldpryse aan wat tydens die onderskeie rondes toegeken word:

Semifinale ronde Sertifikaat vir deelname

Finaal Sertifikaat vir deelname Geldpryse en gepaardgaande sertifikate

Laerskool: Graad 4 en 5 Afrikaans Addisionele Taal Wenner: R1 000 Naaswenner: R750 Derde prys: R500 Beste taalgebruiker: R650

Laerskool: Graad 6 en 7 Afrikaans Addisionele Taal Wenner: R2 000 Naaswenner: R1 500 Derde prys: R1 250 Beste taalgebruiker: R650

AFRIKAANS ADDISIONELE TAAL

Hoërskool: Graad 8 - 9 Slegs voorbereid Wenner: R2 000 Naaswenner: R1 500 Derde prys: R1 250 Beste taalgebruiker: R650 Slegs onvoorbereid Wenner: R2 000 Naaswenner: R1 500 Derde prys: R1 250 Beste taalgebruiker: R650

Hoërskool: Graad 10 - 12 Slegs voorbereid Wenner: R2 000 Naaswenner: R1 500 Derde prys: R1 250 Beste taalgebruiker: R650 Slegs onvoorbereid Wenner: R2 000 Naaswenner: R1 500 Derde prys: R1 250 Beste taalgebruiker: R650

10. REËLS

1. Die inskrywingsvorm moet volledig ingevul en onderteken word. Onvolledige inligting kan daartoe lei dat die inskrywing nie aanvaar word nie.

2. Die ondertekening van die inskrywing bring ’n basiese ooreenkoms tot stand tussen die ATKV en die

Page 13: Brosjure 2018 - warries.co.zawarries.co.za/ATKV-Redenaarsbrosjure 2018.pdf · 3 Die ATKV bied met trots die nasionale ATKV-Redenaarskompetisie vir laerskool- en hoërskoolleerders

13

persoon/persone/instansie wat inskryf. Die ooreenkoms impliseer dat die persoon/persone/instansie wat inskryf streng volgens die reëls van die kompetisie sal optree en dat die ATKV die kompetisie streng volgens die reëls sal aanbied.

3. Skole moet binne die streke se grense inskryf. Die Vaaldriehoek se skole wat onder Suid-Gauteng val, is uitgesluit by hierdie reël. Skole moet seker maak in watter streek die skool moet deelneem. Indien daar onsekerheid is, kontak die betrokke streeksorganiseerder.

4. Slegs skole mag leerders volgens die inskrywingsgetalle inskryf. Alle kommunikasie moet ook deur die skool se organiseerder geskied. Geen kommunikasie van ouers of buite-afrigters sal aanvaar word nie.

5. Geen privaat inskrywings word aanvaar nie. 6. Slegs tuisonderrigleerders wat direk met die ATKV-projekorganiseerder (Cindy du Plessis) geskakel

het, mag inskryf vir die kompetisie. 7. Oortreding van die reëls van die kompetisie kan tot diskwalifikasie lei. 8. Die skool of persoon/persone/instansie wat inskryf, vrywaar die ATKV teen enige eise wat mag

ontstaan as gevolg van skade of verlies van enige aard wat so ’n persoon/persone/instansie mag ly gedurende die hele verloop van die kompetisie.

9. Die ATKV behou hom die reg voor om die kompetisie te eniger tyd op te skort of te beëindig indien buitengewone omstandighede dit sou noodsaak.

10. Die persoon/persone/instansie wat inskryf, moet beskikbaar wees om tydens die finaal van die kompetisie sonder vergoeding op te tree. Die ATKV behou hom die reg voor om, indien ’n finalis nie die finaal van die kompetisie kan bywoon nie, die betrokke finalis te vervang met ’n reserwe.

11. Indien ’n finalis weens ander verpligtinge en/of aktiwiteite nie die semifinale ronde of finaal kan bywoon nie, moet die finalis of skool die ATKV in kennis stel binne sewe (7) dae ná die bekendmaking van die uitslae. Hoe gouer die ATKV kennis neem van die onttrekking hoe gouer kan die finalis met ’n reserwe vervang word.

12. Dit is elke leerder wat deurgedring het na die finaal se plig om self die ATKV te kontak as hulle nie die inligting reeds ’n maand voor die finaal se datum van die ATKV-projekorganiseerder ontvang het nie.

13. Die beslissing van die beoordelaars is finaal. Geen persoonlike of direkte gesprekke mag met enige beoordelaar gevoer word nie. Alle gesprekke moet deur middel van die ATKV-streeksorganiseerder of -projekorganiseerder gevoer word.

14. Enige dispuut moet binne drie (3) dae ná afloop van die kompetisie skriftelik aan die ATKV-projekorganiseerder (Cindy du Plessis) gestuur word. Die dispuut moet skriftelik op ’n amptelike briefhoof van die betrokke skool wees wat deur die skoolhoof onderteken is.

15. Onreëlmatighede wat tot diskwalifikasie kan lei:

Indien ’n deelnemer tydens enige ronde beoordeel word deur ’n afrigter, onderwyser, familielid, goeie vriend of enige sodanige persoon.

Indien enige deelnemer op enige wyse hulp ontvang met die voorbereiding van die onvoorbereide toesprake.

Onwelvoeglike taalgebruik en inhoud.

Die lewering van gedupliseerde toesprake. Deelnemers sal gepenaliseer word indien een of meer van dieselfde toesprake gelewer word.

Indien ’n deelnemer tydens die lewering van sy/haar toespraak geheel en al vashaak; dus nie dadelik kan aangaan nie, word hy/sy gediskwalifiseer. Die leerder kry later weer ’n geleentheid om die toespraak te lewer, maar sonder enige beoordeling.

16. Die punte van die deelnemers word nie bekend gemaak nie. Die name van die top-10-deelnemers verskyn wel ná afloop van die semi- en finale rondes op die ATKV-webwerf (www.aktv.org.za).

17. Deelnemers tree in hulle skooldrag op. 18. Die Redenaarskompetisie vereis ’n oorredende en beredeneerde toespraak. Dit is nie ’n praatjie,

preek, lesing of gedramatiseerde monoloog nie. Die hoofdoel is om die gehoor te beïnvloed en te oorreed tot die standpunt wat die spreker stel.

19. Toesprake moet in Afrikaans gelewer word. 20. Temas word voorgeskryf en ’n beredeneerbare onderwerp op die vlak van die deelnemer moet uit

een van die temas geformuleer word. As die tema byvoorbeeld opvoeding is, kan die onderwerp moontlik soos volg geformuleer word: Kinders moet in hulle moedertaal onderrig word. Of: Kinders van vandag het nie goeie maniere nie.

21. Die tydsduur van toesprake wissel na gelang van die kategorie waarin deelgeneem word. Vir elke tien (10) sekondes of gedeelte van tien (10) sekondes wat die deelnemer langer of korter as die voorgeskrewe tyd praat, sal een (1) strafpunt deur die hoofbeoordelaar van die deelnemer se totale

Page 14: Brosjure 2018 - warries.co.zawarries.co.za/ATKV-Redenaarsbrosjure 2018.pdf · 3 Die ATKV bied met trots die nasionale ATKV-Redenaarskompetisie vir laerskool- en hoërskoolleerders

14

punt afgetrek word. 22. Die onvoorbereide toespraak is ’n belangrike aspek van die kompetisie en die hoofdoel is om die

gehoor te beïnvloed en te oortuig/oorreed. Daar sal dus by alle vorme van die onvoorbereide toespraak van die deelnemer verwag word om standpunte met behulp van argumente (redes) en toepaslike bewyse te staaf.

23. Geen woordeboeke of boeke met aanhalings mag ingeneem word in die voorbereidingslokaal vir die onvoorbereide toesprake nie. Die nodige boeke sal in die lokale verskaf word.

24. Die bronne waaruit feite en inligting verkry is, moet vermeld word. 25. Hulpmiddels mag gebruik word met die voorbehoud dat dit net ondersteunend tot die gesproke

woord mag wees en geen spesiale fasiliteite daarvoor nodig is nie. Geen fasiliteite word deur die organiseerder verskaf nie. Tablette mag slegs by die voorbereide toesprake in die plek van notas gebruik word. Dieselfde reëls wat vir notahantering geld, is ook van toepassing op tablette.

26. Alle inligting, asook die beoordelaarstate, sal op die webwerf by www.atkv.org.za beskikbaar gestel word.

27. Die skakelonderwysers van die leerders wat deurdring na die volgende rondes sal so gou as moontlik verwittig word van die nodige reëlings.

11. KONTAKBESONDERHEDE Cindy du Plessis Projekorganiseerder Telefoonnommer: 011 919 9109 Faksnommer: 086 556 3761 E-posadres: [email protected] Melanie Marais Hulporganiseerder Telefoonnommer: 011 919 9015 Faksnommer: 086 263 2356 E-posadres: [email protected]