buite die grense van logika

35
Buite die Grense van Buite die Grense van Logika Logika Joh 3:12 As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?

Upload: deepak

Post on 15-Jan-2016

80 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Buite die Grense van Logika. Joh 3:12 As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?. Struktuur van Boodskap. Hoe dink die mens (man) – ons verwysingsraamwerk? Hoe “werklik” is ons wêreld? Wat is dan “werklikheid”? - PowerPoint PPT Presentation

TRANSCRIPT

Page 1: Buite die Grense van  Logika

Buite die Grense van Buite die Grense van LogikaLogika

Joh 3:12 As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as

Ek julle van die hemelse vertel?

Page 2: Buite die Grense van  Logika

Struktuur van Boodskap

1. Hoe dink die mens (man) – ons verwysingsraamwerk?

2. Hoe “werklik” is ons wêreld?3. Wat is dan “werklikheid”?4. Hoe is hierdie besef van nut?5. Hoe oorbrug Vader die gaping in begrip tussen die

tydelike, en die ewige strukture?6. Is daar raad vir my geloof se “Logika Vergiftiging”?7. Is daar dan enige sin in Rentmeesterskap van die

tydelike?8. Van hier af vorentoe – ‘n nuwe werklikheid.

Page 3: Buite die Grense van  Logika

Die mens se verstand dink?

Page 4: Buite die Grense van  Logika

Dit is logies…..

• Adam (mens) gebonde aan die aardse (fisiese) deur sy tentwoning (liggaam)• Sy verstand is “bedraad” om binne hierdie aardse strukture te dink.• Alle voorwerpe op aarde word beskryf deur ruimte, plek en tyd – wat, waar, wanneer• Die “sagteware” wat in ons verstand hardloop leun swaar op die wat, waar en wanneer vir begrip• Ons verstand se vermoë om binne ‘n omgewing sonder dimensies te funksioneer is uiters beperk – eintlik nie moontlik nie• Logika is die “Operating System” van die verstand, en by mans is hierdie “Operating System” al by “Version 1.7” – vroue oor die algemeen is nog by “Version 1.2”, maar hulle het die “Emotion Add-On Upgrade”, wat by mans baie moeilik hardloop.

Die man se verstand verwerk slegs:Oplossing = Logies

Sy verstand gaan staan indien die argument word:Oplossing ≠ Logies

Page 5: Buite die Grense van  Logika

Ruimte - die “wat”

• Ruimte het drie dimensies – hoogte, breedte, diepte• Alles het ruimte (volume) – vorm• Dit bepaal groot, klein, bietjie, baie – atome is klein, die son is groot

Iets wat nie vorm, ruimte of volume het nie, bestaan nie in die aardse verwysingsraamwerk nie.

Ons gee selfs fisiese eienskappe aan ons probleme – ons reken daar is klein, en groot probleme – ons

verstand meet grootte.

Page 6: Buite die Grense van  Logika

Plek - die “waar”• Koördinaat sisteem gee plasing van ‘n voorwerp op aarde• Ons verwysingsraamwerk gebruik relatiewe posisie – iets is voor, bo, agter, onder my. • Alles is iewers – as iets nie ‘n plek het nie, is dit nie.• Dit bepaal vêr, naby, nader, naaste

Iets wat nie iewers geplaas kan word nie, bestaan nie in die aardse verwysingraamwerk nie.

Ons projekteer hierdie fisiese eienskap op emosies (iemand voel vêr van my af – verlange), en ook op

ons gees (vêr van God), of op Vader (hy is “bokant” ons in die hemel).

Page 7: Buite die Grense van  Logika

Tyd - die “wanneer”• Die mens het ‘n skaal ontwikkel om die verloop van tyd te meet – sekondes, minute, ure ens• Ons verwysing raamwerk gebruik relatiewe tyd – 2000 jaar na Jahshua se kruisiging, of 10 miljoen jaar gelede (van nou af terug) • Vir ons is tyd liniêr – soos ‘n liniaal.• Tyd bepaal ook volgorde – dit was eerste, en toe gebeur dit ens• Dit bepaal die “het gebeur, gebeur nou, moet nog gebeur”• Dit bepaal die verloop – lang tyd, kort tyd.

‘n Term soos ewigheid bestaan nie binne die ontwikkelde tyd model op aarde nie.

Verlede, hede en toekoms staan in volgorde – tydmasjiene bestaan net in wetenskap fiksie – die droom van die mens

om uit sy beperkte dimensies te ontsnap.

Page 8: Buite die Grense van  Logika

Hoe werklik is ons wêreld?

Page 9: Buite die Grense van  Logika

Is ruimte / volume / vorm werklikheid?

Atoom Baie atome Materiaal Voorwerp met vorm / volume

• Kleinste bousteentjie wat fisiese eienskappe van materiaal bevat• Afstand tussen elektron en kern gee atoom volume (ruimte)

• Atome skakel aanmekaar dmv elektron deling

• Materiaal kan nou verwerk en gebruik word om voorwerp te vorm

Page 10: Buite die Grense van  Logika

‘n Klomp leë ruimte – die atoom

Niks – net krag

99.9 % van atoom massain kern

• Die afstand tussen die elektron en die kern word deur energie bepaal• Dit is die afstand tussen kern en elektron wat die volume van die atoom bepaal• Die kleinste atoom (waterstof) se verhouding tussen die kern diameter, en die elektron afstand is groter as die afstand tussen Pluto en die Son – met niks behalwe ruimte tussen in.

How real is matter?

This has tremendous implications for an understanding of the world we live in. The impression we receive from our sensory contact with the world is that the world around us has substance. Things are solid. They are massive. They are real. The reality however is quite different. Everything is really massive emptiness.

0.1 % van atoom massain elektron wolk

Page 11: Buite die Grense van  Logika

As ons al die leë ruimte uit atome sou haal….!

=

Aarde kan ingepak word in ‘n blok bo op rugbyveld (110 * 110 * 110 meter)

= SonX 3500

Die Melkweg sterrestelsel bestaan uit tussen 200 en 400 biljoen sterre (sonne), elk met hul eie planete. As al die leë ruimte tussen atome

verwyder word, sou dit 3500 Melkweg grootte sterrestelsels vat, om ‘n bal so groot soos ons Son vol te maak met materie. Daar kan dus 3500x400 biljoen sonnestelsels (son en planete) in een son grootte bal inpas – as

alles wat niks is (leë ruimte) verwyder word.

Page 12: Buite die Grense van  Logika

‘n Stad so klein as ‘n vlooi

=

As dit nie vir die krag (energie) was wat ‘n elektron van die kern van ‘n atoom weggestoot het nie, sou New York, die geboue, die 19 miljoen mense, die motors, en sommer die grond waarop hy staan, nie eers genoeg materie bevat het, om ‘n vlooi in grootte te oortref nie.

Page 13: Buite die Grense van  Logika

Die “wat” is nie werklik wat ons verstand hom verbeel dit is nie…

Vorm/ruimte/volume is nie

Hier is ‘n sak sand, met baie leë ruimte in – om die waarheid te sê, daar is net een korreltjie sand in die

grootte sak. Noem ons dit ‘n sak sand, of ‘n sak vol niks?

Al wat werklik is, is die krag wat materie ruimte laat vul, en vorm laat aanneem…..

Page 14: Buite die Grense van  Logika

Is plek / plasing werklikheid?

U is hier

• Ons kan ‘n posiesie presies vaspen volgens hoogte bo seevlak, lengte en breedtegrade.• Alles kan presies geplaas word ten opsigte van ko-ordinate, wat relatief tot die aarde ‘n eenduidige punt aantoon….maar….

Dit is presies

daar

Wat presies hier op aarde sit

Page 15: Buite die Grense van  Logika

Waar is ‘n absolute punt vir verwysing…alles draai, ek voel so dronk?

Waar is hier…die aarde draai om sy as, en die maan draai om

die aarde, en ……

…en die aarde draai om die son, en die son draai om die

Melkweg se middel, en die Melkweg tol tussen ander

sterrestelsels, en……

Page 16: Buite die Grense van  Logika

Die “waar” is nie werklik wat ons verstand hom verbeel dit is nie…

Die daar/hier/bo/onder – plek, is nie

Ons mense weet nie eers waar ons is nie – ons hele verwysingsraamwerk berus op die aarde, wat tol, en om

die son tol, en saam met die son deur die melkweg tol….daar is geen eenduidige plek of posisie nie.

Van een ding is ons seker, dit is dat ons posisie nie seker is nie…..

Page 17: Buite die Grense van  Logika

Is tyd werklikheid?

As tyd iewers begin het (voor dit was daar nie tyd nie), dan is dit ‘n verbygaande ding, wat weer sal/kan eindig.

Tyd vir ‘n mens het ‘n begin, en ‘n einde – die begin is bekend, die einde nie.

Luk 12:19 En ek sal vir my siel sê: Siel, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik. Luk 12:20 Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, wie s'n sal dit wees?

Omdat die mens se lewensjare so klein is in vergelyking met die heelal sen, verkeer hy onder die vals indruk dat tyd vas is…..dit is nie.

As logika kan bewys dat tyd ‘n begin gehad het, en daar bewys is dat daar ‘n einde kom, dan bewys dit die Bybel korrek – dat ewigheid wel bestaan, sonder

tyd….

Page 18: Buite die Grense van  Logika

Daar vlieg die tyd ideeIn this lecture, I would like to discuss whether time itself has a beginning, and whether it will have an end. All the evidence seems to indicate, that the universe has not existed forever, but that it had a beginning, about 15 billion years ago. This is probably the most remarkable discovery of modern cosmology. Yet it is now taken for granted. We are not yet certain whether the universe will have an end. When I gave a lecture in Japan, I was asked not to mention the possible re-collapse of the universe, because it might affect the stock market. However, I can re-assure anyone who is nervous about their investments that it is a bit early to sell: even if the universe does come to an end, it won't be for at least twenty billion years. By that time, maybe the GATT trade agreement will have come into effect.

The time scale of the universe is very long compared to that for human life. It was therefore not surprising that until recently, the universe was thought to be essentially static, and unchanging in time. On the other hand, it must have been obvious, that society is evolving in culture and technology. This indicates that the present phase of human history can not havebeen going for more than a few thousand years. Otherwise, we would be more advanced than we are. It was therefore natural to believe that the human race, and maybe the whole universe, had a beginning in the fairly recent past. However, many people were unhappy with the idea that the universe had a beginning, because it seemed to imply the existence of a supernatural being who created the universe. They preferred to believe that the universe, and the human race, had existed forever. Their explanation for human progress was that there had been periodic floods, or other natural disasters, which repeatedly set back the human race to a primitive state.

The cosmologist, Sir Arthur Eddington, once said, 'Don't worry if your theory doesn't agree with the observations,because they are probably wrong.' But if your theory disagrees with the Second Law of Thermodynamics, it is in bad trouble. In fact, the theory that the universe has existed forever is in serious difficulty with the Second Law of Thermodynamics. The Second Law, states that disorder always increases with time. Like the argument about human progress, it indicates that there must have been a beginning. Otherwise, the universe would be in a state of completedisorder by now, and everything would be at the same temperature. In an infinite and everlasting universe, every line of sight would end on the surface of a star. This would mean that the night sky would have been as bright as the surface of the Sun. The only way of avoiding this problem would be if, for some reason, the stars did not shine before a certain time.

Page 19: Buite die Grense van  Logika

Soos Spreuke dit beste bewoord:

Spr 30:1 Die woorde van Agur, die seun van Jake; die Godspraak. Die man spreek: Ek het my moeg gemaak, o God, ek het my moeg gemaak, o God, en ek versmag. Spr 30:2 Ja, ek is te dom om mens te kan wees, en ek het geen menseverstand nie. Spr 30:3 En ek het nie wysheid geleer, sodat ek kennis van die Heilige sou besit nie. Spr 30:4 Wie het na die hemel opgeklim en neergedaal? Wie het die wind in sy vuiste versamel? Wie het die waters in 'n kleed saamgebind?

Wie het al die eindes van die aarde vasgestel? Hoe is sy Naam? En hoe is die Naam van sy

Seun--as jy dit weet?

Page 20: Buite die Grense van  Logika

Wat is dan werklikheid, wat is?

Ruimte, vorm is niePlek is nie Tyd is nie

Page 21: Buite die Grense van  Logika

Wat is….?

Exo 3:13 Hierop het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? --wat moet ek hulle antwoord? Exo 3:14 En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur. Exo 3:15 Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: Jahweh, die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag.

Page 22: Buite die Grense van  Logika

Hy is ruimte en vorm…

Die Aarde en Hemele Psa 90:2 Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God.Jes 6:3 En die een het die ander toegeroep en gesê: Heilig, heilig, heilig is Jahweh van die leërskare. Die hele aarde is van sy heerlikheid vol! Psa 89:11 Aan U behoort die hemel, aan U ook die aarde; die wêreld en sy volheid-U het dit gegrond.

Die volkEsgl 43:10 Jy, o mensekind, vertel die huis van Israel van die huis, sodat hulle beskaamd kan staan vanweë hul ongeregtighede, en laat hulle die voorbeeld nameet. Esgl 43:11 En as hulle beskaamd staan oor alles wat hulle gedoen het, maak hulle dan bekend die vorm van die huis en sy inrigting en sy uitgange en sy ingange en al sy vorme en al sy verordeninge, ja, al sy vorme en al sy wette; en skrywe dit voor hulle oë op, sodat hulle sy hele vorm kan bewaar en al sy verordeninge en dié kan uitvoer. Esgl 43:12 Dit is die wet van die huis: Op die top van die berg sal sy hele gebied al rondom hoogheilig wees. Kyk, dit is die wet van die huis.

Die MensPsa 90:3 U laat die mens terugkeer tot stof en sê: Keer terug, o mensekinders!

Jes 45:9 Wee hom wat met sy Formeerder twis--'n potskerf by erdepotskerwe! Sal dan die klei sê aan die wat dit vorm: Wat maak jy? Of jou werk sê: Hy het geen hande nie!

Page 23: Buite die Grense van  Logika

Hy is plek en posisie…Op Aarde en in Hemele

Psa 57:5 Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid bo die hele aarde! Job 22:12 Is God nie hemelhoog nie? En aanskou hoe hoog die hoogste sterre staan.Psa 150:1 Halleluja! Loof God in sy heiligdom, loof Hom in sy sterk uitspansel!

In en by die volkPsa 22:3 Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel!Joe 2:27 En julle sal weet dat Ek in die midde van Israel is, en dat Ek Jahweh julle God is, en niemand anders nie; en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie. Joe 2:28 En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien.

In en om die mensPsa 139:5 U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my. Psa 139:6 Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie. Psa 139:7 Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig? Psa 139:8 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Psa 139:9 Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, Psa 139:10 ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou. Deu 30:11 Want hierdie gebod wat ek jou vandag beveel, is vir jou nie te swaar nie en is nie ver nie. Deu 30:12 Dit is nie in die hemel nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die hemel opklim en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen? Deu 30:13 Dit is ook nie oorkant die see nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die oorkant van die see oorvaar en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen? Deu 30:14 Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen. Deu 30:15 Kyk, ek het jou vandag voorgehou die lewe en die geluk, en die dood en die ongeluk.

Luk 17:21 En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.

Page 24: Buite die Grense van  Logika

Hy is tyd…Open 1:8 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê Jahweh, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

Open 22:13 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste.

Psa 90:2 Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God.Psa 90:4 Want duisend jaar is in u oë soos die dag van gister as dit verbyskiet, en soos 'n nagwaak.

Eff 1:9 deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het, Eff 1:10 om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Messias te verenig--

Page 25: Buite die Grense van  Logika

Wat is die nut van hierdie besef?

Page 26: Buite die Grense van  Logika

Dit herstel ons perspektief..Ons grootste vyand is vrees – en dit het sy wortels in net een saak,

naamlik skaal. Die wêreld blaas hom op soos ‘n padda, en ons beeld word gevul met valse grootheid – Jahweh is groot, Babel is ‘n

drogbeeld – ‘n skim.

Psa 121:1 'n Bedevaartslied. Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? Psa 121:2 My hulp is van die Jahweh wat hemel en aarde gemaak het.

Indien ons probleme groter raak as ons Vader, indien ons vergeet dat die werklikheid nie in die tydelike bedeling berus nie, dan

oortuig die Bose ons van vrees.

Psa 118:5 Uit die benoudheid het ek die Jahweh aangeroep; die Jahweh het my verhoor in die ruimte.

Psa 118:6 Die Jahweh is vír my; ek sal nie vrees nie: wat kan 'n mens my doen?

Om te besef dat die beste wat vir die vyand oor is, is om “soos ‘n leeu te brul”- dat die ware Leeu – die Leeu van Juda, wat wel kan verskeur, die liggaam en die gees, in ons, met ons by ons is – dit

vertroos ons

Deu 32:39 Aanskou nou dat dit Ek is en dat daar geen god naas My is nie; Ek maak dood en maak lewend, Ek het verbrysel en Ek genees; en daar is niemand

wat uit my hand red nie.

Page 27: Buite die Grense van  Logika

Logika is ‘n handige wapen teen ons…ons moet verstaan dat Vader bokant ons logika staan

Ons verstand (vlees) soek na rede, logiese oorsaak en gevolg. Sonder ‘n geestelike liggaam en oog, lyk Babel se argument logies – dit is hier en nou, tasbaar en sigbaar – om die logika te kruisig,

openbaar die dwaasheid van die wat op die tydelike hoop.

1Kor 1:20 Waar bly die wyse? Waar bly die skrifgeleerde? Waar die redetwister van hierdie eeu? Het God nie die wysheid van hierdie wêreld dwaas gemaak nie?1Kor 1:22 want die Jode vra 'n teken en die Grieke soek wysheid, 1Kor 1:23 maar ons verkondig Messias wat gekruisig is, 'n struikelblok vir die Jode en dwaasheid vir die Grieke;

Hoe meer jare, hoe meer dinge – dit is waar vir die mens. Hoe skeur ‘n man hom weg van die ooglopende, die logiese, die tasbare, om

weer soos ‘n kind net te glo.

Mat 18:3 en Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!

As dit nie logies is nie – hoe bid ek daarvoor

Mar 11:23 Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see--en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur--hy sal verkry net wat hy sê.

Page 28: Buite die Grense van  Logika

Hoe oorbrug Vader die begrips-kloof?

Page 29: Buite die Grense van  Logika

Verduidelik die kleur rooi aan ‘n blinde…

…goed, probeer nou die kleure van ‘n sonsondergang aan die blinde verduidelik……die beste manier, is om ‘n ander blinde – wat eens rooi

gesien het, aan blindes te laat verduidelik.

Dit was die maklike deel – probeer die hemelse koningkryk, ‘n realiteit buite ons tydelike wêreld, aan gevalle Adam verduidelik..

Net iemand wat daar was – net ‘n mens wat dit gesien het, kan dit aan ander mense verduidelik:

Joh 3:11 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet en ons getuig van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie. Joh 3:12 As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel? Joh 3:13 En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.

Page 30: Buite die Grense van  Logika

So my geloof is “logika vergiftig” – is daar genesing?

Page 31: Buite die Grense van  Logika

Besef dat ons logika, net op aarde hoord, en beperk is in sy toepassing!

Heb 11:1 Die geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. Heb 11:2 Want daardeur het die mense van die ou tyd getuienis ontvang. Heb 11:3 Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.Heb 11:13 In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was. Heb 11:14 Want die wat sulke dinge sê, verklaar dat hulle 'n vaderland soek. Heb 11:15 En as hulle bly dink het aan dié vaderland waaruit hulle weggetrek het, sou hulle geleentheid gehad het om terug te keer. Heb 11:16 Maar nou verlang hulle na 'n beter een, dit is 'n hemelse. Daarom skaam God Hom nie vir hulle om hulle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle 'n stad berei.

Page 32: Buite die Grense van  Logika

Wat dan van Rentmeesterskap in die tydelike?

Page 33: Buite die Grense van  Logika

Dit is die belangrikste bewys dat jy eendag getrou sal wees in jou hemelse pos…

Luk 16:10 Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig. Luk 16:11 As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou? Luk 16:12 En as julle nie getrou was in 'n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee? Luk 16:13 Geen huiskneg kan twee here dien nie; want hy sal òf die een haat en die ander een liefhê, òf die een aanhang en die ander een verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie.

Mat 25:21 En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.

Page 34: Buite die Grense van  Logika

Van hier af vorentoe!

Page 35: Buite die Grense van  Logika

Dink buite die grense….

• Weet dat Jahweh se krag alles vorm, plek en tyd gee – as Hy sy hand ophef, is daar niks• Glimlag vir jouself oor hoe amper jy geval het in die strik van Babel – om te glo dat wat jy kan sien en vat dit is waaroor die lewe gaan• Bedink dat daar geen manier is dat ‘n God wat buite en binne ons beperkte wêreld staan, dit enige moeite sal ag om ‘n berg in die see te werp – omdat jy so vra nie• Berus in die wete dat, aangesien Hy sekerlik kan doen net wat jy vra, daar net een rede kan wees waarom jy nie jou versugting ontvang nie – omdat Hy dit anders wil, en Sy wil is bo ons denke verhewe• Gaan soos ‘n kindjie, met groot oog en verwagting na Vader, en soos ‘n kindjie, moet nie ophou – tot Hy in welgevalle op jou ag gee – Hy het ons die voorreg gegee om Hom Abba te noem.