bulletin 28 apr 2019 - moederkerk · 28/04/2019  · 18:00 boekbespreking in die kerkhuis 10:00...

4
28 APRIL 2019 NG Kerk Stellenbosch Moedergemeente Tel: 021 883 3458 | Faks: 021 886 4041 E-pos: [email protected] Webblad: www.moederkerk.co.za | Alle ure nommer: 074 354 0088 WELKOM IN DIE EREDIENS VANDAG! PAASTYD OGGEND- EN AANDDIENS MOEDERKERK 09:30 & 19:00 IRÉNÉE HEYNS Kom geniet ‘n koppie tee by die Kerkhuis na die oggenddiens. Die woordeboek definiëer “cliché” as 'n frase, opinie of uitdrukking wat so oorgebruik is dat dit sy oorspronklikheid verloor het en nie meer getuig van kreatiewe denke nie. Die interessante is natuurlik dat elke cliché op sy dag nuut was en iets van betekenis oorgedra het. Mens kan veralgemeen en sê dat 'n cliché gewoonlik 'n element van waarheid bevat, maar dat dit 'n “lui” waarheid geword het wat sy varsheid verloor het. Die doel van ons reeks oor geloofsclichés is nie om geloofswaarhede af te breek en twyfel te saai nie. Inteendeel, dit is om die varsheid van die uitdrukking te herontdek, af te stof en kreatief en genuanseerd op ons geloof en wêreld van toepassing te maak. Geloof beteken immers nie om jou denke af te skakel nie, maar juis nuut in te span. Vanoggend fokus ons op 'n goue oue wat ons gereeld hoor: daar is 'n doel met alles. TEMA: Geloofscliché I: Daar is 'n doel met alles Job 14:1-13; Prediker 3:1-22 TEKS: PINKSTER RETREAT: 24-26 Mei (Ons dink na oor die inwoning van God se Gees in ons) Tye: Ons begin Vrydag 24 Mei om 18:00 tot Sondag 26 Mei en sal om 14:00 klaar maak Waar: Stillebosch Retreatplaas op die Bottelarypad - 16km buite Stellenbosch Doel: Gefokusde tyd van stilword en begeleiding rondom die Pinkstergebeure Koste: R900 Betalings: NG Kerk Stellenbosch; Nedbank; Business Winelands Rek no: 1498043232 (tjek); Takkode: 149821 Inskrywings: [email protected] of kontak 021 883 3458 INFORMELE EREDIENS HOFMEYRSAAL JOHAN VAN DER MERWE 09:30

Upload: others

Post on 29-Jul-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Bulletin 28 Apr 2019 - Moederkerk · 28/04/2019  · 18:00 Boekbespreking in die Kerkhuis 10:00 Boekbespreking in die Foyer 12:30 Visionering in die Kerkhuis 08:15 Meditasie en Nagmaal

28 APRIL 2019

NG Kerk Stellenbosch MoedergemeenteTel: 021 883 3458 | Faks: 021 886 4041

E-pos: [email protected]

Webblad: www.moederkerk.co.za

| Alle ure nommer: 074 354 0088

W E L K O M I N D I E E R E D I E N S VA N D A G !

PAASTYD

OGGEND- EN AANDDIENS MOEDERKERK 09:30 & 19:00 IRÉNÉE HEYNS

Kom geniet ‘n koppie tee by die Kerkhuis na die oggenddiens.

Die woordeboek definiëer “cliché” as 'n frase, opinie of uitdrukking wat so oorgebruik is dat dit sy oorspronklikheid verloor het en nie meer getuig van kreatiewe denke nie. Die interessante is natuurlik dat elke cliché op sy dag nuut was en iets van betekenis oorgedra het. Mens kan veralgemeen en sê dat 'n cliché gewoonlik 'n element van waarheid bevat, maar dat dit 'n “lui” waarheid geword het wat sy varsheid verloor het. Die doel van ons reeks oor geloofsclichés is nie om geloofswaarhede af te breek en twyfel te saai nie. Inteendeel, dit is om die varsheid van die uitdrukking te herontdek, af te stof en kreatief en genuanseerd op ons geloof en wêreld van toepassing te maak.

Geloof beteken immers nie om jou denke af te skakel nie, maar juis nuut in te span. Vanoggend fokus ons op 'n goue oue wat ons gereeld hoor: daar is 'n doel met alles.

TEMA: Geloofscliché I: Daar is 'n doel met alles Job 14:1-13; Prediker 3:1-22TEKS:

PINKSTER RETREAT: 24-26 Mei (Ons dink na oor die inwoning van God se Gees in ons)

Tye: Ons begin Vrydag 24 Mei om 18:00 tot Sondag 26 Mei en sal om 14:00 klaar maakWaar: Stillebosch Retreatplaas op die Bottelarypad - 16km buite StellenboschDoel: Gefokusde tyd van stilword en begeleiding rondom die PinkstergebeureKoste: R900 Betalings: NG Kerk Stellenbosch; Nedbank; Business WinelandsRek no: 1498043232 (tjek); Takkode: 149821Inskrywings: [email protected] of kontak 021 883 3458

DOOP

MARIÉ BRITZ IRÉNÉE HEYNS

BELYDENISAFLEGGING:

INFORMELE EREDIENS HOFMEYRSAAL JOHAN VAN DER MERWE 09:30

Page 2: Bulletin 28 Apr 2019 - Moederkerk · 28/04/2019  · 18:00 Boekbespreking in die Kerkhuis 10:00 Boekbespreking in die Foyer 12:30 Visionering in die Kerkhuis 08:15 Meditasie en Nagmaal

17:00 Oggenddienswerkgroep in die Kerkhuis

18:00 Boekbespreking in die Kerkhuis

10:00 Boekbespreking in die Foyer

12:30 Visionering in die Kerkhuis

08:15 Meditasie en Nagmaal in Moederkerk

08:30 Meditatiewe diens in die Kapel

09:30 Erediens in Moederkerk: Geloofsclichés II: Doop

Jan van Zyl

09:30 Kategese vir peuters en kleuters in die Kerkhuis Gr 1-6 in die Kweekskool

09:30 Informele erediens in die Hofmeyrsaal

Geloofsclichés II: Richard van Wyk

10:30 Engelstalige diens in die Khaya

18:00 Belydenisklas in die Hofmeyrsaal

18:30 Kategese Gr 7-10 in die Hofmeyrsaal

19:00 Erediens in Moederkerk: Geloofsclichés II

Jan van Zyl

19:00 Erediens in Kruiskerk: Geloofsclichés II

Richard van Wyk

PROGRAM VIR DIE WEEKPROGRAM VIR DIE WEEK VANUIT DIE KERKKANTOOR...—Gaan kyk gerus na ons webblad by

www.moederkerk.co.za om te sien wat alles in Moedergemeente gebeur. Die bulletin is ook reeds Vrydae daar beskikbaar, sowel as die preekbeurte, tema en teks.

—NUWE LIDMATE wat by die gemeente wil inskakel, is welkom om die kerkkantoor te kontak by 021 883 3458, of gaan na ons webwerf www.moederkerk.co.za vir meer inligting. Indien jou kontakbeson-derhede verander, laat weet ons ook asb.

—CD opnames van alle eredienste word gemaak. DVD opnames kan per spesiale geleentheid bestel word. Bestel gerus ’n CD (R20) of DVD (R30) by die Kerkkan-toor.

DONDERDAG, 9 AUGUSTUS

DONDERDAG, 2 MEI

Nuwe Kategesemateriaal vir Graad 1-6

Op Sondag, 5 Mei, begin ons met 'n nuwe curriculum vir ons Graad 1-6 Kategese – die LP3 Reeks. Hierdie produk bied op 'n oorsigtelike manier die Bybel lewendig en opwindend aan vir elke kind en volwasse groepleier. Die inhoud is geskoei op die kerklike jaar en die reeks dek oor 6 jaar die belangrikste verhale en inhoud van die Bybel om ons kinders te help met hulle geloofsvorming. Al die Graadgroepe doen dieselfde inhoud.

Die Graad 1-3 werkboek is saamgestel op die vlak van daardie groep se ontwikkeling en die Graad 4-6 werkboek is dienooreenkomstig saamgestel.

Ons skop af met JAAR 1 met die oorhoofse Tema Die Coolste Plan. Die koste van die werksboeke is R70 per boek. Ons vra dat ouers asb op Sondag, 5 Mei, 'n koevert met die regte bedrag en jou kind se naam daarop saam sal stuur na die kategese waarby elke kind 'n werkboek sal ontvang.

Ons kort nog Volwassenes om te help as mentors. Ons doen 'n beroep op ouers om asb vir ons hiermee te help. Die voorbereiding hiervoor is eenvoudig en sal min van jou tyd neem. 'n Rooster word saamgestel en afhangende van hoeveel helpers aanmeld, sal jy net 'n paar keer per kwartaal aan diens wees. Indien jy kans sien om as mentor op te tree, kontak ons koördineerder van die Kinderbediening, Jan Coetzer - [email protected].

VRYDAG, 3 MEI

WOENSDAG, 1 MEI

WOENSDAG, 17 APRIL

SONDAG, 5 MEI

MAANDAG, 29 APRIL

Page 3: Bulletin 28 Apr 2019 - Moederkerk · 28/04/2019  · 18:00 Boekbespreking in die Kerkhuis 10:00 Boekbespreking in die Foyer 12:30 Visionering in die Kerkhuis 08:15 Meditasie en Nagmaal

BOEKBESPREKINGS vir volgende 2 weke

Agv 1 en 8 Mei wat publieke vakansiedae is sal die boekbesprekings as volg plaasvind:1 Mei om 18:00 in die Kerkhuis2 Mei om 10:00 in die Foyer (herhaling van 1 Mei )8 Mei om 18:00 in die Kerkhuis9 Mei om 10:00 in die Foyer(herhaling van 8 Mei)

Predikante deel gemeentelike bestuursfunksies

Die predikantespan het onlangs die bestuursfunksies in die gemeente onder mekaar begin verdeel, juis om ook meer volgens belangstellings en gawes te kan funksioneer. Ons vind dat dit ons op hierdie manier meer produktief is en die gemeentelike bestuur in die geheel meer effektief kan wees. Dit mag sommige lidmate interesseer hoe die verskillende predikante tans vir verskillende funksies in die gemeente verantwoordelik is:

- Johan skuif na die posisie van deeltydse leraar en bly verantwoordelik vir die lei van eredienste en die opstel van erediensroosters. Johan bly ook deel van die Kerkraad, Visioneringsgroep en Finansiële Bediening. Tot 31 Augustus dien Johan ook nog as “Visiedraer” en leier van die predikantespan en sorg in hierdie tyd vir 'n gladde oorgang van funksies waar daar nuwe persone verantwoordelikheid neem. - Marie lei eredienste en koördineer kleingroepe en geloofsvormingsprosesse (insluitend Sewe Weke, Boekbesprekings en Retreats). Sy is ook by pastoraat vir gevestigde lidmate betrokke. Sy koördineer die kantoorbestuur by die Kerkhuis en vanaf 1 September neem sy by Johan die funksies oor van “Visiedraer” en leier van die predikantespan. - Jan lei eredienste en koördineer die familiebediening en die geloofsvormingsprosesse by kinders en tieners. Hy is ook verantwoordelik vir ons getuienisbedieninge en vir ekumene en geregtigheid. Hy hanteer ook pastoraat vir gevestigde lidmate. - Richard lei eredienste en is die oorhoofse koördineerder van die studentebediening. Hy hanteer ook die Eerstejaarskamp en impakgeleenthede soos die Kuierfees en die Manne-Aand. Hy is verantwoordelik vir pastoraat by studente sowel as gevestigde lidmate. Hy neem ook die bestuur van die eiendomsportefeulje oor. - Irénée lei eredienste en koördineer die kantoorbestuur by die Kruiskerk Kantoor. Verder koördineer hy kleingroepe, aksies en die musiekbediening by die studente. Hy is verantwoordelik vir pastoraat vir studente. Vir beide studente en gevestigde lidmate bestuur hy ons tegnologiese platforms en ons kommunikasie-prosesse (insluitend e-Nuus en Gemeenteblad). - Ruben is die Besturende Direkteur van Stellumthombo, die gemeente se gemeenskapsbediening.- Wynand is verantwoordelik vir pastoraat en ander funksies by ons Senior Lidmate. Ons Bediening vir Diensverhoudinge behartig personeelsake en die predikante word volgens hulle funksionele verantwoordelikhede betrek waar nodig.

BID VIR SRI LANKA

Tydens Paassondag in Sri Lanka het bomme ontplof in kerke en hotelle. Daar is meer as 300 mense dood en 500 mense beseer. Hierdie land het in die verlede baie lyding ervaar met die tsunami in 2004 en die lang burgeroorlog. Christene is ‘n minderheidsgroep in dié Boeddhistiese land en die kerk benodig ons voorbidding. Bid vir God se troos vir almal wat geraak is deur die dood van geliefdes, beserings en trauma. Bid vir krag vir mediese personeel en heling van gewondes. Bid veral vir die kerk om ‘n helende rol te speel in die toekoms van die land. Bid vir die owerheid om die regte van minderheidsgroepe te beskerm teen ekstremistiese groepe.

Bid vir ‘n egpaar van Sri Lanka in Stellenbosch wat oor drie weke terugkeer. Die man het nagraadse studies in Teologie gedoen en is leraar en dosent in sy land.

Page 4: Bulletin 28 Apr 2019 - Moederkerk · 28/04/2019  · 18:00 Boekbespreking in die Kerkhuis 10:00 Boekbespreking in die Foyer 12:30 Visionering in die Kerkhuis 08:15 Meditasie en Nagmaal

Vanoggend se deurkollekte gaan aanVolgende Sondag se deurkollekte gaan aan die Uitreikaksie.

Atlete vir Christus.

GEBEDSLYS VIR DIE WEEKGEBEDSLYS VIR DIE WEEKONS GEMEENTE EN GEMEENSKAP:—

ONS LAND: —

ONS WÊRELD:—

Dank die Here vir so 'n geseënde Paasnaweek en bid dat die verlossing wat Jesus vir ons bewerk het deur sy bloed en die lewende hoop wat ons deur sy opstanding gekry het, 'n leefwyse vir elkeen van ons sal word. Dank God ook vir elkeen wat aan diens gebly het in hospitale, polisiekantore, op ons paaie en ook vir hulle wat soveel ander belangrike instansies aan die gang gehou het deur die naweek.

ir die veiligheid van werkers, vir dissipline en toewyding aan hulle werk om só die ekonomie te groei en so ook vir ander die voorreg om te kán werk, te help skep. Bid vir die derduisende Suid-Afrikaners wie se lewens deur die afgelope week se storms en vloede

nadelig geraak is. Bid vir 'n goeie reënseisoen in ons winterreënvalstreke.

Dank die Here vir die bekendstelling van die Chinese Studiebybel. Bid dat baie gelowiges daarby sal baat vind en dat die owerhede toekomstige Bybelvertalingsprojekte vir minderheidsgroepe sal toelaat.

Bid v

Jy kan ook jou dankoffer en bydraes deur Snapscan gee vir die gemeente of vir ons gemeenskapsbedieninge by Stellumthombo.

Gebruik die korrekte kodes hier:

Moederkerk/Kruiskerk Stellumthombo

MASANDISE

Bekwame tuisverpleegster (home carer) beskikbaar, met ‘n getuigskrif van die Stellenbosch hospitaal waar sy in 2012 haar opleiding voltooi het.

Lulama Jacqueline Hexana wil graag werk om te kan betaal vir haar seun se fooie by ‘n privaatskooltjie in Lyndoch. Sy is ‘n vriendelike, toegewyde Christen wat Afrikaans, Engels en Xhosa vlot praat. Sy handhaaf ‘n bestendige huislike lewe, maar haar man verdien nie veel as arbeider nie.

Kontak haar gerus by 073 902 1973 of 073 168 3004.

BEDANKING

Azaleahof sê baie dankie vir die gemeente se bydraes en ondersteuning van hulle jaarlikse kermis die 6de April 2019.