bulletin 3 november 2019 - moederkerk · 11/3/2019  · johan van der merwe ... van jesus as...

4
3 NOVEMBER 2019 NG Kerk Stellenbosch Moedergemeente Tel: 021 883 3458 | Faks: 021 886 4041 E-pos: [email protected] Webblad: www.moederkerk.co.za | Alle ure nommer: 074 354 0088 WELKOM IN DIE EREDIENS VANDAG! KONINKRYKSTYD OGGEND- EN AANDDIENS MOEDERKERK 09:30 & 19:00 RICHARD VAN WYK Hierdie tyd van die jaar is gewoonlik die tyd waar die jaar geëvalueer word en vooruitgedink word aan die nuwe jaar. Dit is ook die tyd van getuigskrifte skryf vir mense wat die skool verlaat of wat aansoek doen vir werk. 'n Goeie getuigskrif bestaan gewoonlik uit 2 afdelings. In een deel word die goeie eienskappe van die persoon beskryf, en in die 2 de afdeling word wense uitgespreek dat die persoon 'n aanwins vir die werkplek sal wees. Paulus skryf as't ware 'n getuigskrif oor die gemeente in Tessalonika. Hy skryf drie dinge waaroor hy trots is op die gemeente. Hy skryf (1) Julle geloof neem sterk toe, (2) Julle liefde vir mekaar word altyd meer, (3) Julle volhard in geloof onder al die vervolging. Dan bid (droom/wens) hy 3 dinge vir die gemeente: (1) Mag ons God julle waardig maak vir die lewe waartoe Hy julle geroep het, (2) en mag Hy deur sy krag julle liefde vir die goeie en (3) die werk van die geloof volkome maak. Alles is natuurlik tot die verheerliking van God (v12). TEMA: T Getuigskrifte en skoolrapporte 2 Tess 1:1-4; 11-12 EKS: Baie welkom aan die volgende ouerpare wat vanoggend hulle kindertjies laat doop: - Vernon en Nicorine Bekker van Brackenfell met Divan - Wim en Suné Kieviet van Aan de Vliet met Ami - Stoffel en Vicky Marais van Brackenfell met Amé - Marinus en Magdel Pretorius van Welgevonden met Sebastian Ignatius (Sebastian) - Gavin en Liebeth Slabbert van Rozendal met Christiaan Daniël (Daniël) en Schalk Willem (Willem) DOOP INFORMELE EREDIENS HOFMEYRSAAL KRUISKERK JAN VAN ZYL 09:30 19:00 Kom geniet ‘n koppie tee by die Kerkhuis na die oggenddiens.

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Bulletin 3 November 2019 - Moederkerk · 11/3/2019  · Johan van der Merwe ... van Jesus as Immanuel – God met ons, in hierdie wêreld. ... Kontak hom asb om sy CV te kry 073 063

3 NOVEMBER 2019

NG Kerk Stellenbosch MoedergemeenteTel: 021 883 3458 | Faks: 021 886 4041

E-pos: [email protected]

Webblad: www.moederkerk.co.za

| Alle ure nommer: 074 354 0088

W E L K O M I N D I E E R E D I E N S VA N D A G !

KONINKRYKSTYD

OGGEND- EN AANDDIENS MOEDERKERK 09:30 & 19:00 RICHARD VAN WYK

Hierdie tyd van die jaar is gewoonlik die tyd waar die jaar geëvalueer word en vooruitgedink word aan die nuwe jaar. Dit is ook die tyd van getuigskrifte skryf vir mense wat die skool verlaat of wat aansoek doen vir werk. 'n Goeie getuigskrif bestaan gewoonlik uit 2 afdelings. In een deel word die goeie eienskappe van die persoon beskryf, en in die 2 de afdeling word wense uitgespreek dat die persoon 'n aanwins vir die werkplek sal wees.

Paulus skryf as't ware 'n getuigskrif oor die gemeente in Tessalonika. Hy skryf drie dinge waaroor hy trots is op die gemeente. Hy skryf (1) Julle geloof neem sterk toe, (2) Julle liefde vir mekaar word altyd meer, (3) Julle volhard in geloof onder al die vervolging. Dan bid (droom/wens) hy 3 dinge vir die gemeente: (1) Mag ons God julle waardig maak vir die lewe waartoe Hy julle geroep het, (2) en mag Hy deur sy krag julle liefde vir die goeie en (3) die werk van die geloof volkome maak. Alles is natuurlik tot die verheerliking van God (v12).

TEMA: TGetuigskrifte en skoolrapporte 2 Tess 1:1-4; 11-12EKS:

Baie welkom aan die volgende ouerpare wat vanoggend hulle kindertjies laat doop:

- Vernon en Nicorine Bekker van Brackenfell met Divan- Wim en Suné Kieviet van Aan de Vliet met Ami- Stoffel en Vicky Marais van Brackenfell met Amé- Marinus en Magdel Pretorius van Welgevonden met Sebastian Ignatius (Sebastian)- Gavin en Liebeth Slabbert van Rozendal met Christiaan Daniël (Daniël) en Schalk Willem (Willem)

DOOP

MARIÉ BRITZ IRÉNÉE HEYNS

INFORMELE EREDIENS HOFMEYRSAAL KRUISKERK JAN VAN ZYL 09:30 19:00

Kom geniet ‘n koppie tee by die Kerkhuis na die oggenddiens.

Page 2: Bulletin 3 November 2019 - Moederkerk · 11/3/2019  · Johan van der Merwe ... van Jesus as Immanuel – God met ons, in hierdie wêreld. ... Kontak hom asb om sy CV te kry 073 063

17:00 Oggenddienswerkgroep in die Kerkhuis

19:00 Kerkraadsafsluiting in die Kerkhuis

10:00 Bybeloggend in die Foyer

12:30 Visionering in die Kerkhuis

Meditasie en Nagmaal in Moederkerk08:15

08:30 Meditatiewe diens in die Kapel

09:30 Erediens in Moederkerk: Johan van der Merwe

09:30 Kategese vir peuters en kleuters in die Kerkhuis Gr 1-6 in die Kweekskool

09:30 Informele erediens in die Hofmeyrsaal

Angelique Havenga

10:30 Engelstalige diens in die Khaya

18:30 Kategese Gr 7-10 in die Hofmeyrsaal

19:00 Erediens in Moederkerk:

19:00 Erediens in Kruiskerk: Angelique Havenga

Johan van der Merwe

PROGRAM VIR DIE WEEKPROGRAM VIR DIE WEEK VANUIT DIE KERKKANTOOR...—Gaan kyk gerus na ons webblad by

www.moederkerk.co.za om te sien wat alles in Moedergemeente gebeur. Die bulletin is ook reeds Vrydae daar beskikbaar, sowel as die preekbeurte, tema en teks.

—NUWE LIDMATE wat by die gemeente wil inskakel, is welkom om die kerkkantoor te kontak by 021 883 3458, of gaan na ons webwerf www.moederkerk.co.za vir meer inligting. Indien jou kontakbeson-derhede verander, laat weet ons ook asb.

—CD-opnames van alle eredienste word gemaak. DVD-opnames kan per spesiale geleentheid bestel word. Bestel gerus ’n CD (R20) of DVD (R30) by die kerkkantoor.

DANKFEES 2019

Ons jaarlikse dankoffers het vanjaar die ambisieuse teiken van 2.2 miljoen rand. Ons vorder, maar soos u op die termometer kan sien, is daar nog 'n hele ent om te gaan. Ons moedig graag alle lidmate aan om op hierdie manier in die Koninkryk te belê, tot die jaarlikse dankoffers by te dra en te sien hoe die kwik styg!

DONDERDAG, 7 NOVEMBER

BESOEK: Nuwe Kerksentrum van VGK Kayamandi

Indlela is die Xhosa woord vir “pad, of weg”. Die eerste gelowiges is die “mense van die weg” genoem, bedoelende dat hulle die weg van Christus gevolg het – sy manier van dink, voel en doen. Die afgelope twee jaar, so eenmaal per maand op 'n Donderdagaand, kom lidmate van Moedergemeente en die VGK gemeentes van Idasvallei, Cloetesville en Kayamandi bymekaar in die Hofmeyrsaal se Foyer vir 'n baie unieke soort “erediens”. Ons eet, ons deel, ons gesels, ons sing, ons aanbid, ons gee, ons dien.

Om ons jaar af te sluit nooi ons almal wat deelgeneem het van jaar asook ander be langs te l lendes om Sondagoggend, 10 Nov om 10:00 die erediens in die VGK Kayamandi by te woon. Ons vier saam met die gemeente hulle nuwe Kerksentrum wat drie weke gelede ingewy is. Laat weet asb vir Jan van Zyl by [email protected] indien jy wil saamgaan. Die Kerksentrum is oorkant Hoërskool Makupula in Makupula Straat.

RECONCILIATION LUNCH

Ons is op soek na 'n tweedehandse yskas vir een van ons fassiliteerders by die Reconciliation Lunch. Kontak vir Jan by jan@moederkerk as jy kan help.

VRYDAG, 8 NOVEMBER

WOENSDAG, 6 NOVEMBER

DONDERDAG, 22 AUGUSTUS

SONDAG, 10 NOVEMBER

MAANDAG, 4 NOVEMBER

Page 3: Bulletin 3 November 2019 - Moederkerk · 11/3/2019  · Johan van der Merwe ... van Jesus as Immanuel – God met ons, in hierdie wêreld. ... Kontak hom asb om sy CV te kry 073 063

EKOLOGIE: BEWUSMAKING VAN VERWOESTENDE BRAND IN WUPPERTAL

Op 8 November begin Pieter Holtzhauzen hardloop van Moederkerk na Wuppertal om mense bewus te maak van die verwoestende brand aan die begin van die jaar en om in die proses geld in te samel vir die heropbou van die gemeenskap daar. Gaan besoek sy webtuiste by https://www.backabuddy.co.za/run-to-wupperthal om hom te ondersteun in hierdie projek.

RETREAT: 22-24 November 2019

Kom gebruik 'n naweek in stilte, afsondering en eenvoud om by die Here stil te word, die afgelope jaar te oordink en senstief te wees vir die werk van God se Gees in jou lewe. Hierdie is 'n ideale manier om die jaar af te sluit en die seisoen van Advent met verwagting binne te gaan oor die koms van Jesus as Immanuel – God met ons, in hierdie wêreld.

Plek: Stillebosch Retreatplaas@Anathoth 18 km buite Stellenbosch in die BottelaryheuwelsDatum: 22 -24 November. Ons begin die Vrydagaand om 18:00 en sal die Sondagmiddag

rondom 14:00 klaar wees.Koste: R900 per persoon wat insluit etes en beddegoed.

Elke deelnemer het 'n eie kamer en badkamer.Bring: Gemaklike klere, handdoek, stapskoene, bybel, joernaal en skryfgoed.Inskrywings: [email protected] of 021 883 3458

MASANDISE STUDENT BENODIG ASSISTENT ELEKTRISIëN/NUTSMAN WERK

Kayalethu is een van ons studente wat al 3 jaar internskap voltooi het by Mediclinic. Hy was nou vir ‘n paar maande in Oos-London by ‘n familielid wat ‘n elektriese besigheid het, maar nie genoeg werk het dat Kayalethu ‘n bestaan daarvan kon maak nie. Daar het hy egter sy praktiese ondervinding verder uitgebrei en kursusse gedoen.

Hy soek dringend werk. Kontak hom asb om sy CV te kry 073 063 2321 of [email protected]. As u meer van die hardwerkende jong man se karakter wil weet , kontak Marida by 082 374 9909.

BECOMING KIDS

BecomingKids gaan in 2020 met 'n geletterdheidsprogram begin vir ons Graad R-3 kinders saam met Word Works en Little Seeds. Ons is baie opgewonde hieroor, maar benodige 'n paar goedjies om die program 'n sukses te maak.

Ons benodig: -enige doppies-lemoen/skorsie/ui sakkies-klein speelgoed vir alfabet ontwikkeling bv. slangetjie vir s, padda vir p, ens.-ou tydskrifte-kurk proppe-Enige houers met deksels/proppe-leë spesery bottels

Vir meer inligting kontak Arina by [email protected]

Page 4: Bulletin 3 November 2019 - Moederkerk · 11/3/2019  · Johan van der Merwe ... van Jesus as Immanuel – God met ons, in hierdie wêreld. ... Kontak hom asb om sy CV te kry 073 063

Vanoggend se deurkollekte gaan aanVolgende Sondag se deurkollekte gaan aan die Uitreikaksie.

Straatlig.

GEBEDSLYS VIR DIE WEEKGEBEDSLYS VIR DIE WEEKONS GEMEENTE EN GEMEENSKAP:—

ONS LAND:

ONS WÊRELD:—

Dank die Here vir sy oorvloedige seën wat ons ontvang het met die deurdringende reën van die afgelope naweek en dat Hy so voorsien het vir die somermaande wat voorlê. Laat ons in dankbaarheid, volhardend bly bid vir die dele van ons land wat 'n wurgende droogte

ervaar. Bid dat die Here 'n gesindheid van afhanklikheid en dankbaarheid vir sy voorsiening en sorg in ons

sal skep.

at minister Mboweni die nodige ondersteuning sal ontvang om die ongewilde besparings- maatreëls soos in sy begrotingsvooruitsig gestel, suksesvol te kan implementeer. Bid vir soveel dele van ons land wat steeds deur droogtes gekenmerk word.

Klimaatverandering het 'n al groter onbestendige effek op weerstoestande wêreldwyd. Daarmee saam gaan ontwrigting van mense se lewens en dikwels lewensverlies. Bid dat wêreldleiers die nodige leiding met teenmaatreëls sal neem en dat ons as landsburgers elkeen ons bydrae daartoe sal maak. Bid vir die situasie in Irak waar opstande die afgelope weke voortduur. Bid vir die werk wat die

Bybelgenootskap daar doen veral ook ter ondersteuning en vertroosting van vlugtelinge wat terugkeer na hul huise waar hul poog om weer 'n normale lewe te lei.

— Bid d

Jy kan ook jou dankoffer en bydraes deur Snapscan gee vir die gemeente of vir ons gemeenskapsbedieninge by Stellumthombo.

Gebruik die korrekte kodes hier:

Moederkerk/Kruiskerk Stellumthombo

VAKATURES: Kerkraadslede

Ons het twee vakatures op die Kerkraad vanaf Januarie 2020 en die Kerkraad versoek graag n o m i n a s i e s v a n u i t d i e gemeente.

Die klem word geplaas op persone met die talente van wysheid en bestuur.

Voorstelle kan aan enige Kerkraadslid gemaak word of by die Kerkkantoor aan Leana by [email protected] of 021 883 3458.

Stellumthombo het die jaar besluit om eerder 'n konsert te reël vir hul fondsinsamelingsgeleentheid in plaas van om weer 'n mark te hou.

Die rede hiervoor is dat ons in die verlede ons programme vir tot en met drie weke moes afstel om die mark te reël en ons dienste het daaronder gely. Die konsert (Joshua na die Reën) het plaasgevind op 17 Oktober en die terugvoering is uiters positief. Om ons projekte te befonds het ons ‘n 1% inisiatief begin, waar ons mense uitnooi om 1% van hulle salaris aan Stellumthombo te skenk. Deur dit te doen maak jy nie net 'n merkwaardige verskil in iemand se lewe nie, maar kan ook kwalifiseer vir 'n artikel 18a belasting vrystelling sertifikaat vir die bedrag wat jy skenk.