bulletin 4 augustus 2019 - moederkerk · dalk lê die verskil nie altyd in wat mens doen nie, maar...

4
4 AUGUSTUS 2019 NG Kerk Stellenbosch Moedergemeente Tel: 021 883 3458 | Faks: 021 886 4041 E-pos: [email protected] Webblad: www.moederkerk.co.za | Alle ure nommer: 074 354 0088 WELKOM IN DIE EREDIENS VANDAG! KONINKRYKSTYD OGGEND- EN AANDDIENS MOEDERKERK 09:30 & 19:00 JOHAN VAN DER MERWE Kom geniet ‘n koppie tee by die Kerkhuis na die oggenddiens. Hosea se verhouding met 'n ontrou huweliksmaat (verlede week se teks) is 'n allegorie vir God se verhouding met mense wat knaend die rug op hom draai. Sy liefde hou egter nie op om na hulle te soek nie. Weerspieël ons só 'n liefde? Is daar 'n wesenlike verskil tussen die uitlewing van liefde deur ons as Christene téénoor dit wat nie-Christene doen? Is dit nie ongelukkig so dat Christene soms deur ander se nood koudgelaat word nie? Vind van die wonderlikste liefdeswerk nie soms plaas deur die onvermoeide passie en ywer van nie-Christene nie? Dalk lê die verskil nie altyd in wat mens doen nie, maar hoekom en hoe jy liefhet: 1. Christene het lief omdat hulle oorrompel is deur die liefde van God wat maar net nie wou opgee met my nie en ook nie met ander nie. Sy arms is altyd oper en wyer as wat ons dink en sy geduld veel meer. Hy sien potensiaal in mense wat ons al afgeskryf het. 2. Christene het nie lief as gevolg van sekere kwaliteite in mense nie, maar soms juis ten spyte van wie mense is. 3. Christene het lief omdat hulle uit eie ervaring weet dat God se liefde mense verander TEMA: Koninkrykstyd TEKS: Hos 11:1-11 Baie welkom aan die volgende ouerpare wat vanoggend hulle kinders laat doop: - Gerhard en Maryke Schröder van Mostertsdrift met Gerhard Anton (Gerhard) - Hugo en Michelle Smit van Durbanville met Emma - Bernhard en Elsa Vogts van Stellenbosch met Daniel Carl (Dan) DOOP INFORMELE EREDIENS HOFMEYRSAAL KRUISKERK MARIÉ BRITZ 09:30 19:00

Upload: others

Post on 24-Sep-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Bulletin 4 Augustus 2019 - Moederkerk · Dalk lê die verskil nie altyd in wat mens doen nie, maar hoekom en hoe jy liefhet: 1. Christene het lief omdat hulle oorrompel is deur die

4 AUGUSTUS 2019

NG Kerk Stellenbosch MoedergemeenteTel: 021 883 3458 | Faks: 021 886 4041

E-pos: [email protected]

Webblad: www.moederkerk.co.za

| Alle ure nommer: 074 354 0088

W E L K O M I N D I E E R E D I E N S VA N D A G !

KONINKRYKSTYD

OGGEND- EN AANDDIENS MOEDERKERK 09:30 & 19:00 JOHAN VAN DER MERWE

Kom geniet ‘n koppie tee by die Kerkhuis na die oggenddiens.

Hosea se verhouding met 'n ontrou huweliksmaat (verlede week se teks) is 'n allegorie vir God se verhouding met mense wat knaend die rug op hom draai. Sy liefde hou egter nie op om na hulle te soek nie. Weerspieël ons só 'n liefde? Is daar 'n wesenlike verskil tussen die uitlewing van liefde deur ons as Christene téénoor dit wat nie-Christene doen? Is dit nie ongelukkig so dat Christene soms deur ander se nood koudgelaat word nie? Vind van die wonderlikste liefdeswerk nie soms plaas deur die onvermoeide passie en ywer van nie-Christene nie? Dalk lê die verskil nie altyd in wat mens doen nie, maar hoekom en hoe jy liefhet:

1. Christene het lief omdat hulle oorrompel is deur die liefde van God wat maar net nie wou opgee met my nie en ook nie met ander nie. Sy arms is altyd oper en wyer as wat ons dink en sy geduld veel meer. Hy sien potensiaal in mense wat ons al afgeskryf het.

2. Christene het nie lief as gevolg van sekere kwaliteite in mense nie, maar soms juis ten spyte van wie mense is.

3. Christene het lief omdat hulle uit eie ervaring weet dat God se liefde mense verander

TEMA: Koninkrykstyd TEKS: Hos 11:1-11

Baie welkom aan die volgende ouerpare wat vanoggend hulle kinders laat doop:

- Gerhard en Maryke Schröder van Mostertsdrift met Gerhard Anton (Gerhard)- Hugo en Michelle Smit van Durbanville met Emma- Bernhard en Elsa Vogts van Stellenbosch met Daniel Carl (Dan)

DOOP

MARIÉ BRITZ IRÉNÉE HEYNS

BELYDENISAFLEGGING:

INFORMELE EREDIENS HOFMEYRSAAL KRUISKERK MARIÉ BRITZ 09:30 19:00

Page 2: Bulletin 4 Augustus 2019 - Moederkerk · Dalk lê die verskil nie altyd in wat mens doen nie, maar hoekom en hoe jy liefhet: 1. Christene het lief omdat hulle oorrompel is deur die

17:00 Oggenddienswerkgroep in die Kerkhuis

19:00 Kerkraadsvergadering in die Kerkhuis

18:00 Spiritualiteitskursus in die Kerkhuis

19:00 Huweliksvoorbereidingskursus in die Foyer

10:00 Boekbespreking in die Foyer

18:00 Boekbespreking in die Kerkhuis

08:15 GEEN Meditasie en Nagmaal in Moederkerk

08:30 Meditatiewe diens in die Kapel

09:30 Erediens in Moederkerk: Wynand Nel

09:30 GEEN Kategese

09:30 Informele erediens in die Hofmeyrsaal:

Richard van Wyk

10:30 Engelstalige diens in die Khaya

18:00 GEEN Belydenisklas in die Hofmeyrsaal

18:30 GEEN Kategese Gr 7-10 in die Hofmeyrsaal

19:00 Erediens in Moederkerk: Angelique Havenga

19:00 Erediens in Kruiskerk: Richard van Wyk

PROGRAM VIR DIE WEEKPROGRAM VIR DIE WEEK VANUIT DIE KERKKANTOOR...—Gaan kyk gerus na ons webblad by

www.moederkerk.co.za om te sien wat alles in Moedergemeente gebeur. Die bulletin is ook reeds Vrydae daar beskikbaar, sowel as die preekbeurte, tema en teks.

—NUWE LIDMATE wat by die gemeente wil inskakel, is welkom om die kerkkantoor te kontak by 021 883 3458, of gaan na ons webwerf www.moederkerk.co.za vir meer inligting. Indien jou kontakbeson-derhede verander, laat weet ons ook asb.

—CD-opnames van alle eredienste word gemaak. DVD-opnames kan per spesiale geleentheid bestel word. Bestel gerus ’n CD (R20) of DVD (R30) by die kerkkantoor.

DINSDAG, 6 AUGUSTUS

HUWELIKSVERRYKING

Ons nooi getroude paartjies uit na 'n vier weke Huweliksverrykingsgeleentheid. Veiligheid en konneksie is noodsaaklik vir elke verhouding om te groei en om vreugde en geluk te ervaar. Ons fokus op kommunikasie en gaan die IMAGO gespreksraamwerk aanleer.Plek: Die Khaya by KruiskerkDatums: 21 en 28 Augustus, 4 en 11 SeptemberTyd: 19:00-20:30Koste: R300 per paarInskrywings by Elaine: [email protected] of 021 883 3458

GesinsKAMP

Ons hou die naweek van 25-27 Oktober 'n gesinskamp by Leeuwenboschfontein (net af van die R318 op die Montagu pad van die N1 af). Ons fokus is op families met voorskool en laerskool kinders. Ons het 20 kampeerplekke bespreek en 6 chalets. Daar is 'n lekker dam met vlotte, fietsry paaie, staproets, 4x4 roetes en ongeloooflike voëllewe.

· Kamplekke kos R110 per persoon per nag· Chalet 1-2 kos R720 vir 4 persone per nag· Chalet 3-6 kos R590 vir 4 persone per nag

Reserveer 'n plek so gou as moontlik by [email protected]. Ons sal finale kostes en program vroeg in September bekendmaak. Moenie hierdie geleentheid mis nie. Gaan besoek Leeuwenboschfontein se webtuiste by www.leeuwenboschfontein.co.za om te sien hoe die omgewing lyk. Vir navrae kontak Jan van Zyl by [email protected].

VRYDAG, 9 AUGUSTUS

WOENSDAG, 7 AUGUSTUS

DONDERDAG, 1 AUGUSTUS

SONDAG, 11 AUGUSTUS

MAANDAG, 5 AUGUSTUS

Page 3: Bulletin 4 Augustus 2019 - Moederkerk · Dalk lê die verskil nie altyd in wat mens doen nie, maar hoekom en hoe jy liefhet: 1. Christene het lief omdat hulle oorrompel is deur die

BecomingKids benodig die die volgende:Wiskunde tutor vir graad 8 meisie een keer per week.Tegnologie tutor vir graad 8 meisie een keer per week.

Sessies sal by Kruiskerk plaasvind. Kontak Arina by [email protected] of 084 547 1143 om betrokke te raak.

RETREAT: Verlies en Rou

“If traumatic events in life catapult us into dark shadows, healing may be found beyond the boundaries of the known” (Anon)

Ons jaarlikse Retreat in die vorm van weeklikse sessies word weer in die derde kwartaal aangebied. Die doel is om ondersteuning en terapeutiese begeleiding te bied aan diegene wat rou en verlies van enige aard ervaar. Ons gebruik helende kunsvorme, bv. kleiwerk, verf en musiek om met nuwe insig, troos, wysheid en moed, die gebrokenheid wat verlies meebring, saam te voeg tot ‘n nuwe geheel.

Waar: Stillebosch RetreatWanneer: Donderdag, 15 Aug, 22 Aug, 29 Aug, 5 Sept, 12 Sept, 19 SeptTyd: 9:00 -12:30Skakel asb Marié Britz vir verdere inligting by 084 515 1629.

NUWE LIDMATE BYEENKOMS

Daar is Maandag, 12 Augustus om 19:00 'n nuwe lidmate byeenkoms in die Kerkhuis.

Enige lidmate wat nuut aangesluit het of wil inskakel by die gemeente is welkom.

Kom geniet dit saam met ons.

Laat weet asb vir Leana by [email protected] of 021 883 3458 indien jy die aand wil bywoon.

MASANDISE TOERISME INTERNSKAP

Okuhle het pas haar N6 eksamens in Toerisme by Boland kollege geslaag met uitstekende punte. Sy is 'n aantreklike jong vrou, aangename persoonlikheid, praat goeie Engels en is betroubaar. Haar man (sien foto) is 'n Masandise Ingenieurswese gegradueerde wat permanent in Stellenbosch werk.

Okuhle soek 'n internskap en sou baie goed inpas by 'n gastehuis of hotel; ons kan haar sterk aanbeveel. Kontak Audrey by 082 294 1813.

SEMINAAR

Korttermynuitreike is 'n belangrike metode van getuienislewering. ‘n Seminaar word gehou hoe om emosioneel en geestelik voor te berei vir ‘n uitreik en ‘n ander kultuur te ervaar. Die kursus word aangebied op 3 en 10 Augustus by die Khaya vanaf 9:00.

Belangstellendes kan vir Jurie Goosen e-pos by [email protected] of skakel na 083 235 5920.

Page 4: Bulletin 4 Augustus 2019 - Moederkerk · Dalk lê die verskil nie altyd in wat mens doen nie, maar hoekom en hoe jy liefhet: 1. Christene het lief omdat hulle oorrompel is deur die

Vanoggend se deurkollekte gaan aanVolgende Sondag se deurkollekte gaan aan Jan Kriel skool.

.Maleisië

GEBEDSLYS VIR DIE WEEKGEBEDSLYS VIR DIE WEEKONS GEMEENTE EN GEMEENSKAP:—

ONS LAND:

ONS WÊRELD:—

Bid vir ons plaaslike munisipaliteit; ons burgemeester en elke amptenaar, dat hulle hul werk volhardend met integriteit sal doen en dank die Here vir die goeie diens wat ons dorp kenmerk. Dank die Here ook vir soveel toerustingsgeleenthede vir geestelike groei wat aan ons gebied word

binne ons gemeente. Bid vir elkeen wat dit aanbied en voorberei; da took hulle daardeur verryk en gesterk sal word.

Bid vir so veel weerlose mense in die wêrld wat onderdruk, uitgebuit en blootgestel word aan allerlei gevare. Bid in die besonder vir die mense in die noorde van Nigerië en in Niger wat bloot gestel is aan gereelde aanvalle en ontvoerings deur Boko Haram. Bid vir hulle veiligheid en ook vir die veiligheidsmagte om hul doeltreffend te beskerm. Hierdie mense voer reeds so 'n karige bestaan en bly bloot gestel hieraan – bly steeds bid vir hulle.

— Bid e

n dank die Heer vir milde reën en die vooruitsig dat die damme wat Bolandse dorpe voorsien genoeg water sal hê om ons deur die komende somer te dra. Bid vir hulle wat in hierdie dae blootgestel is aan die koue en reën en sterk wind en wat elke nuwe

kouefront vrees.— Bid vir die boere in die Karoo en Klein-Karoo wat die afgelope vier jaar sukkel met droogtes en wat nog baie reën benodig om van hierdie terugslag te herstel.

Jy kan ook jou dankoffer en bydraes deur Snapscan gee vir die gemeente of vir ons gemeenskapsbedieninge by Stellumthombo.

Gebruik die korrekte kodes hier:

Moederkerk/Kruiskerk Stellumthombo

INTERNASIONALE BYBELVERTALING: Nuus uit Maleisië

Die meer as 7 biljoen mense op aarde praat net oor die 7,000 tale. Die volle Bybel is in 683 tale vertaal, die Nuwe Testament in 1534, en dele in 3350 tale. Minstens 1.5 biljoen mense het nog steeds nie toegang tot ’n volle Bybel nie. Wycliffe en SIL poog om dmv Vision 2025 ’n vertaalprojek in plek te hê vir elke taal wat dit benodig. Every Tribe Every Nation (ETEN) beoog om teen 2033 dmv die All Access Goals Bybel-armoede te beëindig. Biblica, SIL, Wycliffe, die Internationale Bybelgenootskappe (UBS), die Amerikaanse Bybelgenootskap (ABS) en The Seed Company (TSC) werk as ETEN stigter organisasies nougeset saam om Bybel-armoede deur hulle onderskeie vertaalprojekte te beëindig. Biblica maak meer as 60 Bybelvertalings in strategiese wêreldtale as “gateway languages” beskikbaar vir die ander ETEN organisasies wat primêr in kleiner tale werk. Dmv die DBL (Digital Bible Library), word Bybelvertalings via YouVersion en Bybel foonprogramme aan miljoene beskikbaar gemaak. Sedert 2013 was daar reeds 24.6 biljoen digitale Skrifversoeke vir rekenaars en foonprogramme vir Biblica se vertalings wêreldwyd.

Hans was die laaste paar jaar verantwoordelik vir Biblica se globale vertalingsportefeulje, maar op versoek van Biblica neem hy nou die leiding om ’n nuwe Digital Training Library (DTL) in samewerking met Fuller Theological Seminary in die VSA te ontwikkel om aanlyn hulpbronne te verskaf vir die opleiding van Bybelvertalers en konsultante.