bulletin 9 februarie 2020 - moederkerk · 2020. 4. 14. · fondse om die nodige musiekinstrumente...

4
9 FEBRUARIE 2020 NG Kerk Stellenbosch Moedergemeente Tel: 021 883 3458 | Faks: 021 886 4041 E-pos: [email protected] Webblad: www.moederkerk.co.za | Alle ure nommer: 074 354 0088 WELKOM IN DIE EREDIENS VANDAG! EPIFANIETYD OGGEND- EN AANDDIENS MOEDERKERK JAN VAN ZYL 09:30 & 19:00 Ons teks van vandag is ons gemeente se visie-teks wat ons 20 jaar gelede gekry het en waaruit ons leuse 'n rivier van lewende water gebore is. Oor die jare is hieroor al baie gereflekteer. Wat my die week opnuut opval is die oorsprong van die stroom: 'n klein nederige, miskien selfs onopvallende stroompie wat onder die drempel uitvloei. Dit bly nie in die kerk nie. En die oomblik as dit buite kom, tel die stroom momentum op en raak hy dieper en sterker – meesleurend. En waar hy kom, wemel dit van lewe, word die Dooi See vars en word 'n gemeenskap van hoop gevorm...maar die stroom moet bly vloei. Ons mag dit nie opdam vir onsself nie. Ook die vreemdelinge word medeburgers en deel in hierdie lewende stroom. TEMA: Sewe Weke II...leef vanuit die BRON T Eseg 47 EKS: Kom geniet ‘n koppie tee by die Kerkhuis na die oggenddiens. Ek kry ‘n klein klein beiteltjie, ek tik hom en hy klink; toe slyp ek en ek slyp hom totdat hy klink en blink. Ek sit ‘n klippie op ‘n rots: - mens moet jou vergewis: ‘n beitel moet kan klip breek as hy ‘n beitel is - ek slaat hom met my beiteltjie en dié was sterk genoeg: daar spring die klippie stukkend so skoon soos langs ‘n voeg: toe, onder my tien vingers bars die grys rots middeldeur en langs my voete voel ek die sagte aarde skeur, die donker naat loop deur my land en kloof hom wortel toe - só moet ‘n beitel slaan wat beitel is, of hoé? Dan, met twee goue afgronde val die planeet aan twee en oor die kranse, kokend, verdwyn die vlak groen see. en op die dag sien ek die nag daar anderkant gaan oop met ‘n bars wat van my beitel af dwarsdeur die sterre loop. Die Beiteltjie N.P. van Wyk Louw Kry asb jou kalender en Sewe Weke boekie by die deure. Donasie bokse is by die deure. INFORMELE EREDIENS HOFMEYRSAAL KRUISKERK IRÉNÉE HEYNS 09:30 19:00

Upload: others

Post on 20-Feb-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • 9 FEBRUARIE 2020

    NG Kerk Stellenbosch MoedergemeenteTel: 021 883 3458 | Faks: 021 886 4041

    E-pos: [email protected]

    Webblad: www.moederkerk.co.za

    | Alle ure nommer: 074 354 0088

    W E L K O M I N D I E E R E D I E N S VA N D A G !

    EPIFANIETYD

    OGGEND- EN AANDDIENS MOEDERKERK JAN VAN ZYL 09:30 & 19:00

    Ons teks van vandag is ons gemeente se visie-teks wat ons 20 jaar gelede gekry het en waaruit ons leuse 'n rivier van lewende water gebore is. Oor die jare is hieroor al baie gereflekteer. Wat my die week opnuut opval is die oorsprong van die stroom: 'n klein nederige, miskien selfs onopvallende stroompie wat onder die drempel uitvloei. Dit bly nie in die kerk nie. En die oomblik as dit buite kom, tel die stroom momentum op en raak hy dieper en sterker – meesleurend. En waar hy kom, wemel dit van lewe, word die Dooi See vars en word 'n gemeenskap van hoop gevorm...maar die stroom moet bly vloei. Ons mag dit nie opdam vir onsself nie. Ook die vreemdelinge word medeburgers en deel in hierdie lewende stroom.

    TEMA: Sewe Weke II...leef vanuit die BRON T Eseg 47EKS:

    Kom geniet ‘n koppie tee by die Kerkhuis na die oggenddiens.

    Ek kry ‘n klein klein beiteltjie,ek tik hom en hy klink;toe slyp ek en ek slyp homtotdat hy klink en blink.

    Ek sit ‘n klippie op ‘n rots:- mens moet jou vergewis:‘n beitel moet kan klip breekas hy ‘n beitel is -

    ek slaat hom met my beiteltjieen dié was sterk genoeg:daar spring die klippie stukkend so skoon soos langs ‘n voeg:

    toe, onder my tien vingers bars die grys rots middeldeuren langs my voete voel ekdie sagte aarde skeur,

    die donker naat loop deur my landen kloof hom wortel toe - só moet ‘n beitel slaanwat beitel is, of hoé?

    Dan, met twee goue afgrondeval die planeet aan tweeen oor die kranse, kokend,verdwyn die vlak groen see.

    en op die dag sien ek die nagdaar anderkant gaan oopmet ‘n bars wat van my beitel afdwarsdeur die sterre loop.

    Die Beiteltjie N.P. van Wyk Louw

    Kry asb jou kalender en Sewe Weke boekie by die deure. Donasie bokse is by die deure.

    DOOP

    MARIÉ BRITZ IRÉNÉE HEYNS

    INFORMELE EREDIENS HOFMEYRSAAL KRUISKERK IRÉNÉE HEYNS 09:30 19:00

  • 17:00 Oggenddienswerkgroep in die Kerkhuis

    19:00 Nuwe Lidmate Gemeentebekendstelling in die

    Kerkhuis

    Meditasie en Nagmaal in Moederkerk

    08:15

    08:30 Meditatiewe diens in die Kapel

    09:30 Erediens in Moederkerk: Johan van der Merwe

    09:30 Kategese vir peuters en kleuters in die Kerkhuis

    Gr 1-6 in die Kweekskool

    09:30 Informele erediens in die Hofmeyrsaal:

    Richard van Wyk

    10:00 Engelstalige diens in die Khaya

    18:30 Kategese Gr 7-10

    19:00 Erediens in Moederkerk: Johan van der Merwe

    19:00 Erediens in Kruiskerk: Richard van Wyk

    PROGRAM VIR DIE WEEKPROGRAM VIR DIE WEEK VANUIT DIE KERKKANTOOR...—Gaan kyk gerus na ons webblad by

    www.moederkerk.co.za om te sien wat alles in Moedergemeente gebeur. Die bulletin is ook reeds Vrydae daar beskikbaar, sowel as die preekbeurte, tema en teks.

    —NUWE LIDMATE wat by die gemeente wil inskakel, is welkom om die Kerkkantoor te kontak by 021 883 3458, of gaan na ons webwerf www.moederkerk.co.za vir meer inligting. Indien jou kontakbeson-derhede verander, laat weet ons ook asb.

    —CD-opnames van alle eredienste word gemaak. DVD-opnames kan per spesiale geleentheid bestel word. Bestel gerus ’n CD (R20) of DVD (R30) by die kerkkantoor.

    DANKFEES 2019

    Ons jaarlikse dankoffers het vanjaar die ambisieuse teiken van 2.2 miljoen rand. Ons vorder, maar soos u op die termometer kan sien, is daar nog 'n hele ent om te gaan. Ons moedig graag alle lidmate aan om op hierdie manier in die Koninkryk te belê, tot die jaarlikse dankoffers by te dra en te sien hoe die kwik styg!

    KLANKOPERATEUR MOEDERKERK OGGENDDIENS

    Ons benodig DRINGEND vrywilligers om deel te word van die span wat die klank by ons oggenddienste beheer. Jy hoef beslis nie kundig te wees nie...net bereid. Opleiding sal verskaf word.

    VRYDAG, 14 FEBRUARIE

    DONDERDAG, 30 JANUARIE

    DONDERDAG, 22 AUGUSTUS

    SONDAG, 16 FEBRUARIE (SEWE WEKE III)

    MAANDAG, 10 FEBRUARIE

  • NUWERUS WIL SING

    Die VGK gemeente van Nuwerus (Ring van Clanwilliam) het 'n versoek gerig aan die Moederkerk vir hulp met die vestiging van 'n Lofprysings- en Aanbiddingsgroep. Hulle beskik nie oor genoegsame fondse om die nodige musiekinstrumente aan te koop nie en ons doen 'n beroep op ons lidmate om hulle te help. Indien daar enige onbenutte instrumente by u in die huis is, stuur asseblief aan na ons kantoor, of reël met die kantoor dat ons dit kan kom afhaal. Kom ons help hulle sing!

    KUIERFEES : SATERDAG, 7 MAART 2020 @ Neethlingshof Wynplaas

    Ons nooi almal om saam te kom kuier, maar wil ook baie graag ter voorbereiding die gemeente se hulp vra met die volgende:- Laat weet ons as jy graag betrokke wil raak op watter manier ookal (ons vergader Dins, 11 Febr 18:00 in Kerkhuis as jy wil kom hoor wat alles agter die skerms gebeur)- Ons benodig dringend gazebo's en sambrele- Ons benodig bestanddele by die stalletjies (pannekoekdeeg bestanddele, maalvleis en rys vir Kerrie & rys, wors vir worsbroodjies, poedings, groente en vrugte vir ons nuwe tafel)

    Kontak my gerus as jy by enige van bogenoemde kan help – ons sal dit baie waardeer. Ilana by 082 452 8527/[email protected] verder – KOM KUIER ASB SAAM MET ONS!!!

    MASANDISE VERANDER LEWENS

    Vandag se deurkollekte gaan aan Masandise. Baie dankie vir 16 jaar se ondersteuning, Gemeente!

    Masandise Studiehulp is die tersiêre onderrigarm van Stellumthombo, Moederkerk se liefdadig-heidsmaatskappy.

    Mentors uit die gemeente bedien uiters behoeftige studente en jongmense wat meestal geen ander ondersteuning het nie. Van ouerlike raad en akademiese, persoonlike en geestelike onderskraging, sowel as, waar nodig, finansiële hulp (volgens elk se behoefte en nie as ‘n vaste “beursstelsel” nie). Dit kan strek van registrasiegeld by ‘n tersiêre inrigting, tot vervoer klas toe, kos, selfs losies. Masandise help ook met vervoer na ‘n ouer of sibbe se begrafnis, waar nodig (’n belangrike aspek van Xhosa-kultuur).

    Skenkings wat groot vreugde bring (sien die onlangse ontvanger se reaksie toe hy sy eie skootrekenaar kry) sluit in elektroniese ware soos gebruikte rekenaars of selfone. Geskikte “jongmens”-klere word ook dankbaar ontvang. Mentors sal sorg dat verdienstelike kandidate dit kry.

    Masandise help ook vooglinge met werksoek. Tans soek ons plasing vir ʼn jong dame wat die akademiese deel van ʼn diplomakursus in Sakebestuur geslaag het maar nou ʼn verpligte 18-maande internskap moet uitdien voordat sy kwalifiseer. Haar loon kan minimaal wees omdat Masandise haar steeds kan onderhou. ʼn Tweede jong dame het reeds ʼn Diploma in Openbare Bestuur verwerf, maar soek desperaat ʼn vaste aanstelling. Skakel hulle mentor, Jo-Marie by 021 883 2956 / 073 441 9370 of [email protected].

    In die bulletin van 19 Januarie is van 2 van ons studente vertel wat dringend werk soek. Ons deel graag die goeie nuus dat deur 'n kontak van 'n gemeentelid is die Ingenieurswese student gehelp.

    Siyanda Mrali met 'n diploma in Hortikultuur soek nog werk en is bereid om enige tipe werk te aanvaar. Kontak Audrey by 021 887 1413.

  • Vanoggend se deurkollekte gaan aanVolgende Sondag se deurkollekte gaan aan Geluksoord

    Masandise.

    GEBEDSLYS VIR DIE WEEKGEBEDSLYS VIR DIE WEEKONS GEMEENTE EN GEMEENSKAP:—

    ONS LAND:

    ONS WÊRELD:—

    Bid dat die Here ons ligbakens van hoop te midde van soveel lyding en swaarkry in ons gemeenskap sal maak, ongeag ons eie omstandighede. Bid ook vir al die personeel van ons nooddienste wat in uiterste weersomstandighede steeds hulle

    dienste lewer en bid vir hulle veiligheid te midde van soveel geweld en misdaad.

    d dat president Cyril Ramaphosa se komende staatsrede vertroue in die ekonomie sal inboesem en tot versnelde werkskepping sal lei. Bid en dank die Heer vir die reën wat in Januarie in dele van die Karoo geval het, en bid vir

    broodnodige opvolgreën.

    Bid vir die werk van die Bybelgenootskap in Haïti, 'n land wat geboë gaan onder misdaad, ontvoerings en burgelike onrus. Dit maak die werk moeilik en ook dikwels gevaarlik. Bid vir die personeel dat hulle onder moeilike omstandighede sal voortgaan om hul werk te kan doen. Bid steeds vir persone en omgewings wat geraak word deur die korona virus. Bid dat die

    gesondheidsowerhede die nodige middele beskikbaar sal hê om effektief die verspreiding daarvan onder beheer te hou. Bid dat die nodige teenmiddels spoedig ontwikkel sal word.

    — Bi

    Jy kan ook jou dankoffer en bydraes deur Snapscan gee vir die gemeente of vir ons gemeenskapsbedieninge by Stellumthombo.

    Gebruik die korrekte kodes hier:

    Moederkerk/Kruiskerk Stellumthombo

    NUWE LIDMATE GEMEENTE BEKENDSTELLING

    Van julle is al langer as ander ingeskakel en tuis in die gemeente. Die meeste van julle sou ook teen hierdie tyd 'n besoek van een van die leraars tuis gehad het en is al waarskynlik op hoogte van hoe die gemeente funksioneer. Vir ons is dit baie belangrik om die insette van nuwe lidmate te hê en 'n paar gedagtes by julle te toets. Dis natuurlik ook lekker om 'n paar ander mense te leer ken wat, soos jy, eers meer onlangs in die gemeente ingeskakel het.

    Daarom reël ons 'n vinnige, maar belangrike en baie gesellige byeenkoms wat ons wil vra jy tog moet probeer moeite doen om by te woon. Sal jy kan RSVP na Leana by [email protected] asb?

    Maandag 10 Februarie

    19:00 - 20:30

    Kerkhuis

    Iets te ete en te drinke sal daar wees!

    ,

    Page 1Page 2Page 3Page 4