by dosyne - lifestyle | books | metz press · die kuns van handgemaakte drukwerk. inhoud hoekom...

14
Angie Franke RELIËFAFDRUKKE • STEMPEL- EN STENSILWERK • SKERMAFDRUKKE KOLLAGRAFIE • MONO-AFDRUKKE • OORDRAGDRUKWERK • GEWYSIGDE AFDRUKKE • SIANOTIPE AFDRUKKE • BOTANIESE DRUKWERK … druk- tegnieke by dosyne die kuns van handgemaakte drukwerk

Upload: others

Post on 30-Jan-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: by dosyne - Lifestyle | Books | Metz Press · die kuns van handgemaakte drukwerk. inhoud Hoekom afdrukke? 6 Hoe om hierdie boek te gebruik 9 Kleur 126 Kopiereg 130 Inspirasie 132

Angie Franke

RELIËFAFDRUKKE • STEMPEL- EN STENSILWERK • SKERMAFDRUKKE KOLLAGRAFIE • MONO-AFDRUKKE • OORDRAGDRUKWERK • GEWYSIGDE AFDRUKKE • SIANOTIPE AFDRUKKE • BOTANIESE DRUKWERK …

druk-tegnieke

by dosynedie kuns van

handgemaakte drukwerk

Page 2: by dosyne - Lifestyle | Books | Metz Press · die kuns van handgemaakte drukwerk. inhoud Hoekom afdrukke? 6 Hoe om hierdie boek te gebruik 9 Kleur 126 Kopiereg 130 Inspirasie 132

inhoud

Hoekom afdrukke? 6Hoe om hierdie boek te gebruik 9

Kleur 126Kopiereg 130Inspirasie 132Algemene riglyne vir afdrukke 134Resepte 137Woordelys 139Erkennings 144

PERSOONLIKE AFDRUKKE 10Al sy vingers is duime 10Wie se handewerk is dit? 13

STEMPELAFDRUKKE 15Stempels uit die alledaagse lewe 16

Vang vis! 17Uitgesnyde stempels 20

Aartappelbandana en –skaakbord 21

Giet stempels of maak dit uit vorms 26

Skaakmat! 26Uitgekerfde stempels 29

Blokhuise 29

REDUKSIE-AFDRUKKE 34Kolle en lyne 34

LINO-AFDRUKKE 37Boombuitelyne 37

TEKSTUURPLATE 40

KOLLAGRAAF-AFDRUKKE 42Berge in reliëf 44Babaskoentjies 47Heksagonale kwiltafdrukke 49

MASKEER- EN STENSILAFDRUKKE 50

Kul met blomme 52Lente is in die lug! 55

MONOTIPE-AFDRUKKE 56Donkiewerk 57Pragtige purperwinde 59Blomme of vye? 60Wonderlike was 63

MONO-AFDRUKKE 65Gela-afdrukke 65

Hektogriffioen 67Jellie op die tafeldoek 68Sakke vol vlaggies 70Hang bietjie rond! 72Agapant — die blom van liefde 74Protea — die mag van liefde 76Diep in die dusty miller 78T-hemp 81Kleurryke kunsdoek-afdrukke 84Broer son 87

Klei-afdrukke 90Kleihelde 91

SKERMAFDRUKKE 94Eenvoudige skerm 95

Varings op vet kwarte 95Kleurskeidingskerms 98

Popkuns 98Termofaksskerms 101

Lieflike lapboek 101Fotografiese skerms 103

Dierbare dierasies 103

SIANOTIPE AFDRUKKE 106Bloudrukglimlag 106

SONAFDRUKKE 109Sneeuvlokkies in die son 109

ROESAFDRUKKE 111Geroeste panne 111

OORDRAGDRUKWERK 112Vang die verlede vas 112Houthart 114Zen-kers 116

BOTANIESE STOOMAFDRUKKE 118Tydlose afdrukke 119

GEWYSIGDE AFDRUKKE 122Gebruik jou gemorspos! 122Uitgewis! 124

Page 3: by dosyne - Lifestyle | Books | Metz Press · die kuns van handgemaakte drukwerk. inhoud Hoekom afdrukke? 6 Hoe om hierdie boek te gebruik 9 Kleur 126 Kopiereg 130 Inspirasie 132

STEMPEL AFDRUKKE26

Giet stempels of maak dit uit vorms

Giet jou eie stempels uit die bestanddele waarmee gela-kussings (kyk Woordelys) gemaak word of gebruik silikoonverseëlaar wat met mineraal-terpentyn verdun en in koekiesnyers gegiet is. Of giet jel in ’n pan en sny die vorms met koekiesnyers uit. Gebruik dit as kleefstempels op deursigtige akrielblokke. Jy kan stempels ook uit modelleerklei vorm, of Plasticine gebruik — jy kan dit vervorm en dit is ideaal wanneer jy afdrukke maak van talle lynontwerpe wat jy net een keer sal gebruik. Maak ’n herbruikbare reeks stempels van silikoon; koue porselein wat vanself verhard (kyk Resepte, bl. 137) of polimeerklei (bak dit vir permanente gebruik).

Skaakmat!Die bandana-skaakbord moes skaakstukke kry. Ek wou net tydelike stempels maak en het dus Plasticine gebruik om die skaakstukke te skep.

1. Rol die klei in ’n boomstomp-vorm uit met om en by dieselfde deursnee as die sirkels en sny een of meer stewige stukke van 5 cm uit. Dit is makliker as jy ’n hele paar het. Vryf die gesnyde kante liggies teen glas glad. Teken ontwerpe op die plat oppervlakke met jou graveerimplement en lig “krummels” met ’n mespunt op.

2. Rol ink met die hand-inkroller oor die glas, laai ink op die spons en tik dit egalig oor die Plasticine se oppervlak. Trek weer die lyne met die graveerimplement na. Graveer dit nou dieper en effens wyer.

3. Druk die stempel met die ink daarop op ’n onversierde skaakstuk. Herhaal dit vir elke stuk. Sodra jy genoeg pionne vir een speler gestempel het, vee die modelleerklei skoon en begin met die volgende klompie. Vernis wanneer dit droog is.

BENODIGDHEDE

32 onversierde “skaakstukke” (ek het houtsirkels uit ’n watteltak gesaag). Druk donker ink op 16 daarvan om tussen die spelers te onderskei

Drukink — lino- of stempel-ink of akrielverf in kontrasterende kleure wat by jou bord pas (ek het dieselfde tekstielink gebruik as wat ek vir die bandana gebruik het)

Modelleerklei/Plasticine

Tekeninge van lynontwerpe vir verwysing

Skerp lem of mes

Graveerimplement — ’n leë balpuntpen of metaalbal-implement

Hand-inkroller

Plat stuk glas of Perspex wat groot genoeg is sodat jy ink daaroor kan rol

2 sponse

Vernis en verfkwas (opsioneel)

Skaakstukke is die blokalfabet wat gedagtes vorm.

Marcel Duchamp

Page 4: by dosyne - Lifestyle | Books | Metz Press · die kuns van handgemaakte drukwerk. inhoud Hoekom afdrukke? 6 Hoe om hierdie boek te gebruik 9 Kleur 126 Kopiereg 130 Inspirasie 132
Page 5: by dosyne - Lifestyle | Books | Metz Press · die kuns van handgemaakte drukwerk. inhoud Hoekom afdrukke? 6 Hoe om hierdie boek te gebruik 9 Kleur 126 Kopiereg 130 Inspirasie 132

42

KOLLAGRAAF-AFDRUKKEKollagrafie is ’n relatief moderne vorm van drukwerk wat skynbaar laat in die 19de eeu begin het. Pablo Picasso en Georges Braque het die term uitgedink toe hulle met collage-afdrukke gewerk het. Laasgenoemde is die “arm man se etse” genoem omdat drukkers karton of monteerbord eerder as koper of sink vir plate gebruik het.

Kollagrawe lyk net soos tekstuurplate en kan as ingekeepte of verhewe reliëfplate geskep word. Met gladde teksture kry jy ligter afdrukke omdat meer ink afgevee kan word, maar growwe teksture behou ink in hul groewe en skep donkerder afdrukke wat die reliëfoppervlak op die kollagraafplaat presies naboots.

Die mag van die pers behoort aan die persoon wat ’n pers kan bedryf.

Ruthann Godollei

Page 6: by dosyne - Lifestyle | Books | Metz Press · die kuns van handgemaakte drukwerk. inhoud Hoekom afdrukke? 6 Hoe om hierdie boek te gebruik 9 Kleur 126 Kopiereg 130 Inspirasie 132

43

Maak jou eie:• Plak tekstuurelemente goed vas

op karton of monteerbord omdat dit tydens die drukproses verniel word. Bedek dan die plaat met kleefvrye matstof en daarna met vulsel (koerante, kombersstof of vilt) en sit iets swaar daarop totdat dit heeltemal droog is.

• Verseël die plaat deeglik omdat goeie vernis (twee lae op die agterkant, voorkant en rande van die plate) kollagraafplate baie langer laat hou, ink suksesvol daarop aangewend kan word en dit ook sorg dat tekstuur elemente behoorlik vassit en verseël is voordat jy die afdrukke maak. Enige harde vernis met ’n water- of oplosmiddelbasis sal sorg dat jy ink maklik kan afvee. Skellak raak ook vinnig droog om ’n baie taai omhulsel te vorm en laat die kollagraafplate antiek lyk.

• Kollagrawe lewer die beste afdrukke as ’n behoorlike rolpers gebruik word, maar afdruk makers wat van die huis af werk en nie een het nie, kan ’n metaallepel gebruik mits die kollagraaf se

reliëfwerk nie te veel varieer nie; laasgenoemde sal meer druk verg as wat jy met jou hand kan uitoefen om al die ink in die groewe van die plate op te tel. Ek het ’n klein stempelsnyer (Cuttlebug en Big Shot is twee gewilde weergawes) wat ek aangepas het om ’n mini-rolpers te maak; dit werk uitstekend vir klein kollagrawe. Ek het al gehoor van mense wat goeie afdrukke met hul voete en karre geskep het, maar ek wag eerder totdat ek genoeg geld en ruimte het om ’n behoorlike pers aan te skaf.

• Druk kollagrawe op sterk, swaar papier wat vooraf geweek is. Wanneer dit sag is, kan jy dit tot in al die groewe van ’n plaat druk sodat dit in kontak met al die ink kan kom — fyner papier kan aan die plaat vassit en skeur. Gladde lap soos kaliko of perkaal is sterk en die teksture sal baie goed daarop uitstaan.

• Maak kollagraafvariasies wat kleur en mediums betref en gebruik ’n groot verskeidenheid

substrate. Dit is ware mono-afdrukke en die plaat is op sigself ’n kunswerk.

Enigeen wat ’n collage aan mekaar kan vasplak, kan dit gebruik om ’n mono-afdruk van ’n kollagraaf te maak. Hierdie drukvorm is baie gewild en word as deel van laer skoolkuns tot die mees gesofistikeerde vorme van skone kunste gebruik. My 12-jarige nefie in Nieu-Seeland het hierdie haai-kollagraaf wat hy by die skool gemaak het vir my ma gestuur. Ek het een reliëf- en een ingekeepte kollagraaf ingesluit, sowel as ’n kombinasie van albei kollagraafprojekte waarmee jy kan eksperimenteer.

Page 7: by dosyne - Lifestyle | Books | Metz Press · die kuns van handgemaakte drukwerk. inhoud Hoekom afdrukke? 6 Hoe om hierdie boek te gebruik 9 Kleur 126 Kopiereg 130 Inspirasie 132

MONOTIPE-AFRDUKKE64

5. Wanneer die skildery deur die papier geabsorbeer is, laat die warmskinkbord ’n bietjie afkoel voordat jy die papier versigtig aftrek. As die was te warm is, sal dit afgly en drup wat interessante of baie teleurstellende gevolge kan hê!

6. Opsioneel: Herverhit die beeld op die warmskinkbord en werk weer daaraan met die voorkant na bo. Teken direk op die afdruk met meer was en oliemediums — jy sal meer beheer hê en sal sodoende fyner details kan aanbring. Voeg ryk, blink skynsels by die deursig-tige was met metaalverfstokkies en metaalfoelie. Gaan voort om te teken en lae af te druk; hoe meer byewas jy in verhouding tot die kleur gebruik, hoe deursigtiger sal die gelaagde effekte wees.

Page 8: by dosyne - Lifestyle | Books | Metz Press · die kuns van handgemaakte drukwerk. inhoud Hoekom afdrukke? 6 Hoe om hierdie boek te gebruik 9 Kleur 126 Kopiereg 130 Inspirasie 132

65

MONO-AFDRUKKE

Afdrukke wat deur additiewe of subtraktiewe metodes geskep is — met die gebruik van blokke, stempels, stensils of kollagrawe — kan makliker herhaal word en word mono-afdrukke genoem. Tog is elke afdruk op subtiele wyse uniek. Hierdie soort afdrukke is eenvoudig, interessant en geskied op ’n spontane wyse omdat jy nie identiese weergawes hoef te maak nie. As jy eers begin, raak die proses verslawend omdat jy met soveel metodes, kleure en teksture moontlik wil eksperimenteer om fassinerende ontwerpvariasies te skep wat almal uniek is.

GELA-AFDRUKKE

Een van die beste monodrukwerkplate of -kussings (dit is buigsaam) word met gelatien en water gemaak. Hoewel dit maklik is om te maak, moet dit in die yskas verkoel word en disintegreer dit vanweë die aanhoudende druk wat tydens drukwerk daarop geplaas word.

’n Beter opsie vir kussings wat meer permanent is — of darem weer gebruik kan word — is hektograwe (dit beteken 100 afdrukke). Die gelatien oppervlak van die hektograafkussing absorbeer getekende of getikte beelde in hektograafink (kyk Resepte) en jy kan talle identiese afdrukke daarmee maak. Hektograwe was ’n primitiewe voorloper van fotokopieertegnologie.

Baie onderwysers uit die 1960’s en 1970’s sal onthou hoe hulle met soge-naamde “jelliepanne” afdrukke gemaak het. Handwerkers en kunstenaars het eers onlangs ontdek dat hulle gekleurde afdrukke in lae en teksture op lap of papier daarmee kan skep met ink, stempels, maskers, stensils en ander druk-gereedskap en -bykomstighede soos vindings, tekstuurplate en vormstempels.

Kyk na die Resepte om jou eie gela-kussings (my naam daarvoor) te maak. Kommersiële Gelli-plate (Gelli Plates is ’n handelsnaam van GelliArts, VSA) is sintetiese jelplaasvervangers wat van silikoon en mineraalolies gemaak word. Jy kan dit aanlyn bestel by www.gelliarts.com. Daar is talle blogs wat jou sal help en YouTube-video’s wat geskep is om idees, tegnieke en resultate vir die gebruik van Gelli-plate uit te ruil. Dit werk uitstekend op drukpapier en al is ek is mal oor myne wat ek gereeld gebruik, verkies ek my gela-kussing om afdrukke op lap te maak; aangesien die oppervlak klammer en meer sponsagtig is, kom die afdrukke op vesel duideliker uit. Ek kan ook enige vorm of grootte kussing wat ek wil hê self maak — dis baie goedkoper.

Wanneer dit mettertyd beskadig raak of verkleur, kan jy dit ook in die mikrogolf smelt, onsuiwerhede uitfiltreer en weer in dieselfde of ’n verskillende vorm set. As jy dit met ’n laag asetaat bedek, kan dit onbepaald op ’n koel, droë plek gehou word en is altyd gereed om gebruik te word. Die enigste nadeel daarvan in vergelyking met die kommersiële weergawe is dat jy dit nie kan was nie omdat dit in die water sal begin oplos, terwyl die

Page 9: by dosyne - Lifestyle | Books | Metz Press · die kuns van handgemaakte drukwerk. inhoud Hoekom afdrukke? 6 Hoe om hierdie boek te gebruik 9 Kleur 126 Kopiereg 130 Inspirasie 132

MONO-AFDRUKKE76

Proteas — die mag van liefdeSarah en Waldo wou hul eie troukaartjies maak en was mal oor die idee om gela-afdrukke met proteastempels op kaartjies te maak. Elke gas sou ’n unieke kunswerk ontvang en sou terselfdertyd ’n gedrukte lapvierkant kon onderteken wat gebruik sou word om ’n kwilt vir die pasgetroudes te maak. Ons het as ’n produksiespan weggespring en in een aand meer as 280 papier- en lapvierkante gemaak! Hierdie projek is vir ’n groep van 6 bedoel.

1. Skep agtergrondafdrukke op lap en papier deur verskeie kleur- en tekstuurkombinasies aan te rol, te spons en af te druk. Gebruik al die toerusting en doen dit op een derde van die lap en papier (as jy met 90 begin het, doen dit op 30).

2. Hang na elke afdruk die stuk op om te droog. Gaan voort om soos in stap 1 kleur en teksture op die kussing aan te wend, maar bedek elke geverfde oppervlak met ’n stensil. Maak ’n positiewe afdruk met tekstuur op ’n derde van die oorblywende skoon papiere of lapvierkante (d.w.s. ’n derde van die 60 oorblywendes wat dus 20 is; 40 bly skoon). Hang op om te droog.

3. Haal die stensils van die kussings af en druk die skim-afdrukke op die helfte van die skoon lap en papiere af. Hang dit op om te droog.

4. Wend nou donkerder kleur-kombinasies op die kussings aan, bedek dit met stensils en maak positiewe afdrukke oor die agtergrondafdrukke wat in stap 1 gemaak is.

5. Laat die stensils op hul plek op die kussing en rol nog ’n ander laag kleur oor die hele stensil. Bring ook hierop teksture aan voordat jy die afdruk maak — die subtiele buitelyne of stralekranse wat so geskep word, lyk asof dit gekopieer is.

6. Lig die stensils en maak skim-afdrukke hiervan op die oorblywende skoon papier en lap — as jy albei kante van die stensils gebruik, is die moontlikhede regtig eindeloos. Gaan dus voort en maak afdrukke op T-hemde, lap, serpe ...

BENODIGDHEDE

6 positiewe stensils van proteas (die ontwerpe het te veel klein venstertjies en kan dus nie as negatiewe stensils gebruik word nie)

Hand-inkrollers, sponsrollers en kwaste

Harmonieuse reeks lapverfkleure — blou, groen, grys, pienk, rooi en aanvuller

Papier en lap — gesny in soveel vierkante van 15 x 15 cm as wat jy nodig het, plus meer om op te oefen

6 gela-kussings — ook in 15 x 15 cm-vierkante gesny

Polistireengroentebakkies en plastiek-teelepels om die verf mee te meng

Borrelplastiek, tekstuurplate en matte, kamme, stempels, plastiek-naaldkantwerkdoek

Skep meer kuns vinniger!

Anoniem

Page 10: by dosyne - Lifestyle | Books | Metz Press · die kuns van handgemaakte drukwerk. inhoud Hoekom afdrukke? 6 Hoe om hierdie boek te gebruik 9 Kleur 126 Kopiereg 130 Inspirasie 132
Page 11: by dosyne - Lifestyle | Books | Metz Press · die kuns van handgemaakte drukwerk. inhoud Hoekom afdrukke? 6 Hoe om hierdie boek te gebruik 9 Kleur 126 Kopiereg 130 Inspirasie 132

122

GEWYSIGDE AFDRUKKE

Om afdrukke te wysig vir joernale, om boeke of kaartjies te maak of om agter-gronde vir stensil- en stempelwerk te skep, is ’n wonderlike manier om unieke agtergronde te maak uit ’n eindelose bron van gemorspos, ou tydskrifte en ander papier waarop jy afgekom het. Gewysigde kuns is ’n opwindende genre wat daarop fokus om alle materiale te verminder, weer te gebruik en te herwin.

Ek wysig afdrukke op talle maniere — dikwels net deur my hand-inkroller en ander verf- en drukgereedskap op oorskietpapier skoon te maak. Kweek gerus die gewoonte aan om oortollige of oorskietmediums op afval-papier te rol eerder as om dit in die drein te laat afloop terwyl jy dit van jou toerusting af was. Lae kleur bou op en lei uiteindelik tot lieflike teksture en kleurkombinasies. Dit verskaf weer agtergronde vir nog afdrukke en soms moet jy dit net ’n bietjie met ’n stensil of stempel afwerk om dit in pragtige kunswerke te omskep (en is deel van ons obsessie om alles te hou omdat dit eendag weer nuttig sal wees ...) Staan ’n laai of boks aan hierdie stukke af en wanneer dit vol is, werk daardeur voordat jy iets weggooi, skenk of herwin.

Soms is dit groot pret om ’n afdruk doelbewus te verander.

Gebruik jou gemorspos!Ek kyk deesdae met nuwe oë en ’n berekende houding na al die gemorspos: hoe kan ek dit vir drukwerk gebruik? Die uitdaging is om iets uit die afval te maak wat nuttig en mooi is.

1. Verf, stensil of stempel met gipsgrondlaag oor enige dele van die afdruk waarvan jy nie hou nie — ek wis gewoonlik handelsname en pryse van advertensiemateriaal uit, maar los interessante teks of beelde oop. Dit is soos additiewe drukwerk wat buite beheer is!

2. Verf, stempel, rol of vryf kleure oor die gipsgrondlaag en gedrukte beelde om die agtergrond te integreer.

3. Lê stensils of dele daarvan oor dele van die afdruk wat eentonig lyk of nog tekstuur kort.

BENODIGDHEDE

Gemorspos — hierdie kleurryke advertensie is voorafgedruk op pragtige, dik, herwonne papier wat ek net nie kon weggooi nie

Stensils en maskers

Stempels

Gipsgrondlaag (gesso)

Akrielkleure wat by die oorspronklike drukwerk pas

Sagte hand-inkroller, spons, kwaste

Die advertensies vir my mansonderklere is

baie gewild!

Calvin Klein

Page 12: by dosyne - Lifestyle | Books | Metz Press · die kuns van handgemaakte drukwerk. inhoud Hoekom afdrukke? 6 Hoe om hierdie boek te gebruik 9 Kleur 126 Kopiereg 130 Inspirasie 132

4. Gebruik maskers as jy fassine-rende kleur- en tekstuur vensters wil skep deur met kontrasterende kleurtone en kleure oor die mate-riaal daaronder te verf.

Druk met kollagraafplate om tekstuur op ander dele van afdrukke aan te bring of gebruik dit as bronpapier vir gela-afdrukke. Jy kan tot uiterstes oorgaan en gate in afdrukke brand of kleure laat oplos — ja, jy verstaan my reg! Dit is groot pret en lewer verstommende kunsafdrukke…

Page 13: by dosyne - Lifestyle | Books | Metz Press · die kuns van handgemaakte drukwerk. inhoud Hoekom afdrukke? 6 Hoe om hierdie boek te gebruik 9 Kleur 126 Kopiereg 130 Inspirasie 132

DRUKTEGNIEKE BY DOSYNEDie kuns van handgemaakte drukwerkAngie Franke

193 x 260 mm144 ppSagtebandRRP: R210.00ISBN 978-1-928201-58-8

Publikasie datum: September 2015

Beskikbaar in Engels: Prints Galore

ISBN 978-1-928201-57-1

Metz Press is ’n onafhanklike uitgewer van topgehalte inligtingboeke en geïllustreerde nie-fiksie vir die plaaslike mark, asook die internasionale koproduksiemark. Regte vir ons boeke word deur uitgewers vanoor die wêreld opgeraap danksy die uitstaande kwaliteit van ons inhoud en produksie, die kreatiewe aanslag van ons skrywers en ons leweringsvermoë.

Uitgewer: Wilsia MetzTel: +27 (0)21 913 7557Faks: +27 (0)21 913 5102E-pos: [email protected]: www.metzpress.co.zaPosadres: PO Box 7322, Welgemoed, 7538, Suid-AfrikaStraat adres: Cameronianslaan 1, Welgemoed, 7535, Suid-Afrika

OOK BESKIKBAAR VANAF METZ PRESS

Page 14: by dosyne - Lifestyle | Books | Metz Press · die kuns van handgemaakte drukwerk. inhoud Hoekom afdrukke? 6 Hoe om hierdie boek te gebruik 9 Kleur 126 Kopiereg 130 Inspirasie 132

METZ PRESSwww.metzpress .co.za

Angie Franke, kunstenaar, hoërskoolonderwyser en skrywer van nege boeke (saam met Monique Day-Wilde en Metz Press) het nog altyd ’n passie vir die kunste gehad. Sy woon tans op ’n hoë heuwel met ’n wonderlike see-uitsig in Port Elizabeth. Sy verdeel haar tyd tussen werk in plattelandse opheffingsprogramme vir Gemeenskap-kunsskole wat verbonde is aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit en om klas te gee in kleurselwerk, drukwerk, skilderwerk en tekenkuns uit haar studio by die huis. Sy verken veselkuns en alle vorms van drukwerk en gemengde media. Kontak haar deur haar webwerf www.angiefranke.com.

Drukwerktegnieke by dosyne beskryf ’n groot verskeidenheid druktegnieke en bied pragtige praktiese projekte waarvoor jy nie ’n pers of spesiale vaardighede nodig het nie. Die skrywer gee aanwysings vir alles van stempel- en stensilwerk tot verskeie reliëfdrukwerkmetodes, insluitend lino-, tekstuurplaat- en kallograafdrukwerk, asook vier soorte skermdrukwerk. Hierbenewens is daar projekte met son- en sianotipe drukwerk en kan jy leer hoe om roes en plantmateriaal vir “eko”-tipe afdrukke te gebruik . Daar is ’n unieke benadering tot oordragmetodes en gewysigde afdrukke wat hierdie druktegnieke baie toeganklik maak. Verreweg die grootste en opwindendste deel van die boek is dié oor mono-afdrukke en monotipe afdrukke, met die klem op gela-afdrukke. Angie Franke gebruik haar gelatienbasis-drukkussings (die resep is ingesluit), asook Gelli Plate-drukkussings en klei-afdrukke om monodrukwerktegnieke op vele verskillende maniere aan te bied. Hiermee saam gebruik sy ander prosesse in die boek om ’n fassinerende eindproduk te skep: laag-op-laag ryklik gekombineerde kleurafdrukke wat met stempel-, stensil-, maskeer- en tekstuurplaat-toerusting geskep word. Die aanwysings is maklik om te volg en die manjifieke foto’s sal ’n ieder en ’n elk inspireer om afdrukmakery op die proef te stel.