bybelskool 3de kwartaal 2013

49
0 BYBELSKOOL VAN CENTURION 27 Augustus 2013 – 17 September 2013 Volkome Vryheid in Jesus Christus Reeds meer as oorwinnaars ‘n Verklaring van Romeine 8 27 Augustus 2013 Vryheid van veroordeling Rom 8:1-4 Geen verdoemenis nie. 3 September 2013 Vryheid van verlorenheid Rom 8:5-17 Geen verpligting nie. 10 September 2013 Vryheid van moedeloosheid Rom 8:18-30 Heerlikheid by God 17 September 2013 Vryheid van vrees Rom 8:31-39 Meer as oorwinnaars Romeine 8 word deur baie teoloë tereg beskou as die belangrikste hoofstuk in die Bybel. Natuurlik is elke woord en vers en hoofstuk in die Bybel belangrik, maar as jy Romeine 8 baie goed verstaan, kan jy die hele Bybel verstaan. Romeine 8 gee die kern van die hele evangelie deur naaamlik dat in en deur Jesus Christus, het ons volkome vryheid en verlossing. Niks en niemand kan ons skei van die liefde wat God vir ons het in en deur Jesus Christus nie. Ons is reeds meer as oorwinnaars deur Jesus Christus. Daarom hoef geen christen ooit te vrees of bang te wees vir die toekoms en die ewige lewe nie. KOM LUISTER NA DIE GROOT VERTROOSTING UIT ROMEINE 8 Plek: Kerkgebou van die Gereformeerde Kerk Centurion Hoek van Basden- en Aletheastraat. Tyd: 19:00 - 20:30 Koste: R 100 per persoon of gesin. Kontakpersoon: ds. Gerrit Kruger 082 964 5595 [email protected]

Upload: geref-kerk-centurion

Post on 24-Mar-2016

290 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Volkome Vryheid in Jesus Christus

TRANSCRIPT

0

BYBELSKOOL VAN

CENTURION 27 Augustus 2013 – 17 September 2013

Volkome Vryheid in Jesus Christus

Reeds meer as oorwinnaars

‘n Verklaring van Romeine 8

27 Augustus 2013 Vryheid van veroordeling Rom 8:1-4 Geen verdoemenis nie.

3 September 2013 Vryheid van verlorenheid Rom 8:5-17 Geen verpligting nie.

10 September 2013 Vryheid van moedeloosheid Rom 8:18-30 Heerlikheid by God

17 September 2013 Vryheid van vrees Rom 8:31-39 Meer as oorwinnaars

Romeine 8 word deur baie teoloë tereg beskou as die belangrikste hoofstuk in die Bybel. Natuurlik is elke woord en vers en hoofstuk in die Bybel belangrik, maar as jy Romeine 8 baie goed verstaan, kan jy die hele Bybel verstaan. Romeine 8 gee die kern van die hele

evangelie deur naaamlik dat in en deur Jesus Christus, het ons volkome vryheid en verlossing. Niks en niemand kan ons skei van die liefde wat God vir ons het in en deur Jesus Christus nie.

Ons is reeds meer as oorwinnaars deur Jesus Christus. Daarom hoef geen christen ooit te vrees of bang te wees vir die toekoms en die ewige lewe nie.

KOM LUISTER NA DIE GROOT VERTROOSTING UIT ROMEINE 8

Plek: Kerkgebou van die Gereformeerde Kerk Centurion Hoek van Basden- en Aletheastraat. Tyd: 19:00 - 20:30 Koste: R 100 per persoon of gesin. Kontakpersoon: ds. Gerrit Kruger

082 964 5595 [email protected]

1

Bronne

Boice JM 1992 Romans Vol 2 An expositional Commentary The Reign of Grace (Romans 5-8) p.805-860 De Bruyn PJ 1990 Die gesonde leer. p. 33 Feenstra, JG vertaal deur Zeeman MTS. 1972 Leer en Lewe. p.45-7 Geldenhuys JN (Hoofred) 1976 Die Bybel met verklarende aantekeninge.Deel II p.420/1 Guthrie, D (red) 1975 The New Bible Commentary Revised. Verklaring van Romeine. Davidson F en Martin RP p. 1029-1048 Hendriksen W 1982 New Testament Commentary Romans p.243-301 Jonker WD 1967 Die brief aan die Romeine. p.111-114 Van Zyl AH (Hoofred) 1989. AB du Toit verklaarder van Romeine in die Verklarende

Bybel (1983-vertaling) p.204-207 Vosloo W en van Rensburg F (Hoofred.) 1993 Die Bybel in Praktyk. p.1793 ev

2

Vryheid van veroordeling

Geen verdoemenis nie.

Romeine 8:1-4

(Lees ook: Gal 5:13-26)

Vrae

1 Gaan ek nog veroordeel word op die oordeelsdag?

2 Gaan die boeke oopgemaak word en gaan en moet verantwoording doen van elke

woord, gedagte en daad wat ek gedoen het?

3 Straf God my nie omdat ek sonde doen nie?

4 As ek die wet nie nakom nie en ek oortree die wet, gaan ek gestraf word?

5 Kan ek aan die eise van die wet voldoen?

6 Wat van my boesemsondes wat ek mee wil ophou maar dit voel of ek nie kan nie?

1 Inleiding

As jy Romeine 8 verstaan, dan is jy in staat om die hele Bybel te verstaan.

Teoloë beskryf Romeine 8 as die belangrikste hoofstuk in die Bybel.

Romeine 8 word ook beskou as die finale draaipunt waar ons deur die werking van die

Heilige Gees die volle boodskap van evangelie kry.

Dit is hier waar ons verstaan dat ons volkome vergifnis van ons sondes deur Jesus Christus

verkry.

Om Romeine 8 te verstaan moet ons ook die twee sake van Regverdigmaking / Vryspraak

en Heiligmaking verstaan.

Want die twee is onskeibaar van mekaar.

Regverdigmaking/Vryspraak is die eenmalige daad van God waardeur Hy sy ware kinders uit

genade vryspreek van skuld en sonde en hulle die geregtigheid en voldoening van

Christus toereken, asof hulle nooit sonde gehad het nie. (De Bruyn.1990:33)

Heiligmaking is die werk van God waardeur Hy diegene wat Hy om Christus ontwil

geregverdig het, vrygespreek het en tot sy kinders aangeneem het, ook deur sy

Heilige Gees tot nuwe mense maak wat steeds meer die sonde nalaat en hulle

vreugde in die diens van die Here soek en volgens sy gebooie probeer lewe. Die

heiligmaking word ook die daaglikse bekering genoem. (De Bruyn. 1990:33)

Calvyn het gesê oor Regverdigmaking en Heiligmaking: “Soos Christus nie in twee verdeel

kan word as mens en God nie, so kan ook die twee seëning in Christus nie van mekaar

verdeel word nie, want ons het altwee as onskeibaar van God ontvang uit genade.”

(Institusie III,xi,6)

3

“Dit gaan hier om die nuwe lewe onder die genade.

Die Gees van heiligheid en aanneming tot kinders.

Christus woon ook in die gelowiges deur die Heilige Gees.

Dit beteken nie alleen sy geestelike lewendmaking nie, v.1-11, maar ook die lewendmaking

van die sterflike liggame, v.12-17.” (Geldenhuys. et al 1976:420)

“Hierdie gedeelte beskryf die groot, allesveranderende omwenteling wat die Gees in die

lewe van die mens bring.

Ons hoor hier weer jubeltone soos in 5:1-11, maar hiedie keer word die nuwe bestaan van

die Christen vanuit die gesigspunt van die Heilige Gees beskryf.

Daarom kan RomDaarom kan RomDaarom kan RomDaarom kan Rom.... 8 ook as die hoofstuk van die Heilige Gees beskryf word!8 ook as die hoofstuk van die Heilige Gees beskryf word!8 ook as die hoofstuk van die Heilige Gees beskryf word!8 ook as die hoofstuk van die Heilige Gees beskryf word!

Waar daar in Romeine 1-7 slegs enkele kere na die Heilige Gees verwys word, word hier in

Romeine 8, 20 maal na die Heilige Gees verwys.” (Van Zyl. et al 1989:204)

“Romeine 8:1-11 is die heerlike keersy van Rom 7:7-25.

Waar laasgenoemde beskryf het hoe die wet vir die mens die dood (&:7-13) en

gebondenehdid (7:14-25) beteken het, beskryf Rom 8:1-11 hoe die Gees vir gelowiges

bevryding en lewe gebring het.” (Van Zyl. et al 1989:204)

“In Rom 8:12-17 word die nuwe lewe beskryf as ‘n lewe in gehoorsaamheid aan die Gees en

in kindskap.” (Van Zyl. et al 1989:204)

Die Woord van God is wonderlik en openbaar net die waarheid!

Die prentjie van die ware ek word geteken...

• Aan die een kant is ek ‘n slaaf, ‘n gevangene, want ek kan nie lewe sonder dat ek

sonde doen nie. “Jer 17:9 “Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is

ongeneeslik; wie kan hom verstaan.”

• Aan die ander kant is ek ‘n vry persoon,

1 Romeine 8:1 Daar is geen veroordeling nie

Hier in vers 1, met die eerste vier woorde in die grieks, kom die radikale ommeswaai en

verlossing en troos vir die christene deur.

’83 “Daar is dus nou geen veroordeling nie...”

“Ouden ara nun katakrima...” transkribsie van die grieks.

Geen gevolglik/so nou veroordeling

4

1.1 Die groot keerpunt kom by die woord, grieks “nun”, wat beteken “nou”.

Die tyd is nou, dit is toe die Romeine brief geskryf is in 55-56 nC in die winter vanuit Korinthe

en die betekenis of gevolge van die brief duur tot nou in ons tyd en tot met die wederkoms.

Die keerpunt waarop dit dui kry ons reeds in Romeine 3:21,22: “Maar nou het die

vryspraak deur God waarvan die wet en die profete getuig, in werking getree. Dit is die

vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onderhou nie, 22) maar deur in Jesus

Christus te glo. God gee dit sonder onderskeid aan almal wat glo.”

Die wet wat onderhou moes word om dankbaarheid en gehoorsaamheid en onderwerping

aan God aan te dui, is nou vervul, en NOU is die eindbedeling daar waar Jesus Christus vir al

ons sondes betaal het.

Ons leef nou in die bedeling van Jesus Christus as Verlosser en die Heilige Gees.

1.2 Die woordjie “geen” grieks “ouden” se groot finale betekenis.

Die woordjie “geen” staan in die griekse teks met nadruk voorop.

Die mens het agv sy sonde voor God se regbank onder sy veroordeling gestaan.

Rom 1:18 “God openbaar vanuit die hemel sy toorn oor al die goddeloosheid en

ongeregtigheid van die mense wat die waarheid deur hulle ongeregtigheid probeer

onderdruk.”

1.3 Vir diegene wat “...in Christus Jesus is nie.”

Nou is daar egter hoegenaamd geen sprake meer van veroordeling, vir die wat in Jesus

Christus glo nie.

Die “en Xhristoi Jesou” d.i. “...in Christus Jesus.” Is ‘n baie belangrike begrip by Paulus.

Dit dui nie net op ...

• ‘n intimiteit van “in mekaar” wees nie, maar dit dui op ‘n baie intieme verbondenheid

met die gemeente van God in Christus Jesus nie...

...maar dit dui ook...

• Die nuwe posisie wat die christene voor God beklee en waarin hulle met God

verkeer.

� Vroeër was almal “in Adam” verdoem en verlore en het erfsonde gehad vanweë

hom.

� Nou is almal wat in Jesus Christus glo, “in Christus” en geld Christus se onskuld en

heilswerk en verlossingswerk volledig vir hulle.

- Deur in Jesus Christus te glo is ons “geregverdig”.

- Rom 5:1 “God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is

daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus.”

5

- Hierdie vryspraak behels dat ons geheilig word, (passief, dit word deur God

gedoen) en dat die uiteinde die ewige lewe is.

- “Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is

die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.” Rom 6:23

Paulus se hele beredenering van Rom 5:1-7:25 trek nou in Rom 8:1 saam: “...Daar is dus

nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie.”

• Jy hoef dus nooit meer wakker te lê, met ‘n skuldige gewete rond te rol oor die een

of ander iets wat jy verkeerd gedoen of gesê het nie.

• As jy in Jesus Christus is, as jy jou skuld op Hom afgelaai het, voor Hom bely het, in Sy

Naam vergiffenis gevra het...

• DAN WEET JY NOU MET ALGEHELE SEKERHEID:

- God het jou vrygespreek

- Daar is geen veroordeling vir jou nie. (Vosloo. et al 1993:1739)

• Die gelowige weet verseker hy is kind en erfgenaam van God se hemelse koninkryk.

2 Romeine 8:2 Die wet van die Gees teenoor die wet van die sonde.

Wet – nomos beteken orde of beginsel. Rom 3:27 “Het ons nou iets uit onsself om op te

roem? Nee, dit is uitgesluit. Deur watter wet? Die van die werke? Nee, deur die van die

geloof.”

• Is die wet (tien gebooie) goed of nie? Rom 7:7; Heid Kat vr 93

• Hoekom het God die wet gegee as niemand dit kan onderhou nie? Heid Kat vr 115

• Is dit goeie werke as ons die wet onderhou? Heid Kat vr 91

• Hoekom word die werking van die wet deur die menslike vlees verswak?

• Wat verstaan jy onder die wet van die Gees?

• Hoe het Jesus Christus verduidelik wat is die grootste gebod? Mat 22:34-40

Forensies, maw liggaamlik het Jesus Christus in ons plek gesterf en betaal, die wet volbring.

Geestelik, het God deur die Heilige Gees ons wederbaar sodat ons, die goeie wil doen.

Ons lees in Rom 7:21-25 wat die verskil is tussen hierdie “twee wette”

21) “So vind ek dan hierdie wet (gr ton nomon) in my: ek wil die goeie doen, maar al wat

ek doen, is die slegte.

22) Diep in my wese vind ek vreugde in die wet (tui nomouo) van God,

23) maar ek vind in my doen en late ‘n ander wet (nomon), wat stryd voer teen die wet

(nomon) van my gees. Dit maak my ‘n gevangene van die wet (nomon) van die

sonde wat in my doen en late aan die werk is.

24) Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos?

6

25) Aan God die dank! Hy doen dit deur Jesus Christus ons Here.

So is dit dus met my gesteld:

met my gees dien ek die wet van God,

maar in my doen en late die wet van die sonde.”

Vir hierdie “Twee wette” word net die een griekse woord gebruik naamlik “nomos”!

Die wet van die Gees - dit is die nuwe lewensbeginsel wat deur die Heilige Gees in my

gewerk word.

- Die Heilige Gees wederbaar jou. Die wedergeboorte kan jy nie bewerk nie.

Jy kan tog niks doen om weergebore te word nie. God wederbaar sy kinders

deur die Heilige Gees.

- Jy kan net God ken as jou Vader as die Heilige Gees dit aan jou openbaar.

- Jy kan net God en jou naaste liefhê as die Heilige Gees jou daarin lei. Mat

22:34-44

- Nadat Jesus Christus fisies na die hemel toe opgevaar het met sy verheerlikte

liggaam, het Hy die ander Trooster nl. Die Heilige Gees aan ons gegee om IN

ONS TE WOON. Die Heilige Gees is elke dag by ons. Die Heilige Gees lei ons

ook om te doen wat tot eer van God is.

- Rom 8:9 “Julle word egter nie deur julle sondige natuur beheers nie, maar

deur die Gees, want die Gees van God woon in julle. As iemand die Gees

van Christus nie het nie, behoort hy nie aan Christus nie.”

- Ons moet altyd wag op die Heilige Gees, Hand 1:4. Wag biddend en

Bybellesend op wat die Heilige Gees aan ons wil openbaar om te doen.

- Jesus Christus se gehoorsaamheid is ook ons gehoorsaamheid.

- Deur die werking van die Heilige Gees word in ons bevestig dat ons uit

dankbaarheid die wet wil onderhou, maar dat Jesus Christus die wet vir ons

vervul het.

Die wet van die sonde en die dood – Rom 5:12 “Verder nog dit: Deur een mens het die

sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood, en so het die dood tot al die mense

deurgedring, omdat almal gesondig het. Die sonde was al in die wêreld nog voordat die wet

van Moses gegee is, maar sonde word nie toegereken as daar nie ‘n wet is nie.”

Rom 5:15,16 “...Deur die oortreding van een mens het baie gesterf, maar deur die genade

van God en die gawe wat deur die genade van die een Mens, Jesus Christus, gekom het, is

veel oorvloediger aan baie geskenk.

16) En met die gawe van God is dit anders as met die sonde van die een mens. Op die

oortreding van die een mens het die oordeel gevolg en dit het tot veroordeling gelei, maar

op die baie oortredings het die genadegawe gevolg en dit het tot vryspraak gelei.”

7

Die wet van die sonde en die dood.

- Die fout lê nie by die wet, die tien gebooie nie, maar by ons sondige natuur.

- Die wet wys vir ons die regte pad, maar ons kon dit nie loop nie omdat ons

weet wat reg is, maar verkies om die verkeerde te volg. vgl. Rom 7:15,19

- God het Jesus Christus voorsien wat die wet vervul het, wat betaal het vir ons

sondes en oortredinge. Jesus is totaal en al onskuldig in ons plek veroordeel.

Hy het ons sondes op Hom geneem. Hy het daarvoor betaal eens en vir altyd.

Hy het die wet vervul.

- Jesus het die skuld vir die oortreding van die wet vir ons gedra.

3 Romeine 8:3 Die wet kon nie verlossig bring nie, maar God kon en het.

Vrae

• Hoekom het die Here die wet gegee as die wet nie kon verlos nie?

• Wat was dan die doel van die wet?

• Dui die wet (nomos) net op die tien gebooie of op die hele Bybel?

• As die wet nie kon verlos nie, hoekom het God dan die wet gegee?

Rom 8:3 “Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige

natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie

Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die

sondige bestaan van die mens veroordeel.”

MAAR alhoewel Jesus in die gestalte van die sondige mens gekom het, maw as

vleesgeworde mens het Hy geen sonde gehad nie.

HEB 4:15b “...Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp,

maar Hy het nie gesondig nie.”

Lees ook eers Sondag 6 van die Heidelbergse Kategismus.

“Wat die wet nie by magte was om te doen nie....”

• Die wet kon die mens nie verlos nie.

• Die wet kon nie die mens daartoe bring dat hy ophou sonde doen nie.

• Die wet kon nie ‘n nasie daartoe lei om in gehoorsaamheid net te doen wat God vra

nie.

• Deur die wet het ons wel geleer wat die sonde is.

8

Heidelbergse Kategismus Sondag 44 vrae en antwoorde 114-115

Vraag 114 Maar kan die wat tot God bekeer is, hierdie gebooie volmaak gehoorsaam?

Antwoord 114 Nee, want selfs die allerheiligstes het,

• solank hulle in hierdie lewe is,

• nog maar ‘n geringe begin van hierdie gehoorsaamheid,

• maar tog so dat hulle met ‘n ernstige voorneme begin,

• om nie alleen volgens sommige nie,

• maar volgens al die gebooie van God te lewe.

Vraag 115 Waarom laat God dan die tien gebooie so streng aan ons voorhou as niemand

dit tog in hierdie lewe kan onderhou nie?

Antwoord 115

Ten eerste sodat ons gedurende ons hele lewe ons sondige natuur

• hoe langer hoe beter kan leer ken

• en met groter verlange na die vergewing van sondes en na die geregtigheid in

Christus kan soek

Ten tweede moet ons ons sonder ophou beywer en God om die genade van die Heilige Gees

bid,

• sodat ons altyd meer en meer na die ewebeeld van God vernuwe mag word,

• totdat ons na hierdie lewe die volkmaaktheid as doel bereik.

“Deur die wet moes ons God se wil gehoorsaam en die ewige heil verkry, maar vanweë ons

sondige natuur was die wet daarvoor te swak, dws nie daartoe in staat nie.

Deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens (dus as volle mens maar tog in

Homself sondeloos Heb 4:16d) as ‘n sondeoffer te stuur het God sy oordeel oor die sonde,

wat aan ons voltrek moes gewees het, aan Jesus voltrek, en so ons vrylating moontlik

gemaak.” (Van Zyl. et al 1989:204)

Toepassing

Ons het nog en behou ons sondige natuur op aarde, maar die verskil is dat ons nie meer

doen net wat ons wil nie,

- ons stry daaroor,

- ons bid daaroor,

- ons worstel met ons sondes,

- ons is nie meer verslaaf om net sommer willekeurig te doen net waartoe ons

begeertes ons lei nie.

Die Gees word die Rigtingbepaler in jou lewe.

NB Rom 6:14 “Die sonde moet nie meer baas wees oor julle nie,

want julle staan nie onder die wet van Moses nie,

maar onder die genade.”

9

4 Romeine 8:4 “...sodat die reg van die wet vervul kon word...” (’33 vertaling)

’83 vert.“Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, Romeine 8:4

ons wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees.”

Die ’83 vertaling laat die gedagte, dat die gevolg van Jesus se kruisdood, is dat ons nou aan

die eise van die wet kan voldoen.

Nou ons kan aan die eis van die wet voldoen, maar alleen op grond van die soenverdienste

van Jesus Christus.

Jer 31:31-34 Lees deur en behandel God se verbond en Sy genade aan sy volk.

Nou kan ons redeneer, maar ek oortree elke dag.

Paulus sê dan onder inspirasie van die Heilige Gees in Rom 7:15,19 dat die goeie wat ek wil,

dit doen ek nie, maar die verkeerde wat ek nie wil nie, juis dit doen ek.

Die evangelie-verkondiging laat die wet juis tot sy reg kom, want wat ons nie kon doen nie,

het God deur Jesus Christus, sy Seun, self ware en ewige God, laat gebeur vir my en vir jou.

Kom ons lees wat Paulus skryf in Rom 3:3-6

3) “Maar wat nou as sommige nie getrou gebly het nie?

Sal hulle ontrou die trou van God laat ophou?

4) Beslis nie. Dit staan vas dat God betroubaar is en elke mens ‘n leuenaar, soos daar

geskrywe staan;

“U is regverdig wanneer U uitspraak doen en U wen u saak wanneer U aangekla word.”

5) Ons verkeerde dade laat dus blyk dat God regverdig is. Wat sal ons daarvan sê? Ek

redeneer soos mense gewoonlik redeneer. Is God dan nie onregverdig as Hy ons

straf nie?

6) Beslis nie. Hoe sou God anders oor die wêreld kan oordeel?”

’33 vert. “sodat die reg van die wet vervul (plerothei – 3e enklv aor pass konj) kon word, in

ons, wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.” Romeine 8:4

Hier het ons die werkwoord in die passief, maw dit is God wat die reg van die wet in en deur

ons vervul, nie onsself nie, nie in ons eie krag nie, maar in die krag van God.

Sondige natuur of vlees kom juis by Paulus voor vir daardie sondige en verlammende mag

waardeur die mens beheers en aan God ongehoorsaam gemaak word.

Die sondige natuur van die mens oefen egter wel nog ‘n invloed op ons uit in soverre ons ons

nie aan die Gees onderwerp nie. NB Gal 5:13-26

Ons moet voortdurend ons onder die Gees stel en ons deur die Gees laat lei.

10

Rom 8:5-8 sluit nou aan by die slot van vers 4 en bou die verskil tussen ‘n lewe onder die

beheer van die sondige natuur en ‘n lewe onder beheer van die Gees uit.

Samevatting

• Ons word nie meer veroordeel nie, ons wat in Jesus Christus glo.

• Jesus Christus het die wet volkome kom vervul, sodat ons in en deur Hom ook die

wet vervul het.

• Hier op aarde val die duiwel ons egter elke dag aan, 1 Petr 5:8 en Heid. Kat. Son. 52 vr

en antw 127, soos ook die wêreld en ons eie vlees.

• Wat hier in Rom 8:3 staan bely ons in die Kat. Sondag 6. Jesus Christus is die

Middelaar en Verlosser wat waarlik mens was en waarlik God is. Hy het ten volle

betaal.

• Daarom moet ons deur die Heilige Gees lewe.

11

Vryheid van verlorenheid

Geen verpligting nie

Romeine 8:5-17

“In hierdie bedeling waarin ons leef, word jou sondige natuur nie eensklaps vernietig nie. Jou

sondige natuur, jou natuurlike geaardheid, bly ‘n appèl op jou maak om aan sy eise te voldoen. As

gelowige staan jy egter nou onder die verpligting om nie toe te gee aan jou sondige natuur nie, maar

om jou deur die Gees te laat beheers.” (Vosloo. et al.1993:1740)

Vrae

1 Wat verstaan jy onder:

• Iemand laat die vlees hom beheers? en

• Iemand laat die Gees hom beheers?

2 Maak die Bybel die volgende onderskeid?

• Ek is ‘n christen!

• Ek is ‘n wedergebore christen!

3 Hoekom is dit moontlik en heel waarskynlik dat ‘n ongelowige nie ‘n preek sal

verstaan nie?

Inleiding

Boice, maak die volgende 7 indeling van hierdie gedagte-eenheid of perikoop, Rom 8:5-17.

(Boice. 1992:viii)

Rom 8:5-8 Die natuurlike (vleeslike) mens en die Ware Christen of Geestelike mens.

Rom 8:9-11 Die Ware Christen of die Geestelike mens.

Rom 8:12-13 Die morele verpligting van die Christen. Heiligmaking.

Rom 8:14 Die familie van God.

Rom 8:15-16 Nie meer slawe nie maar kinders van God.

Rom 8:17a Die erfporsie van God se kinders.

Rom 8:17b Lyding: Die pad na heerlikheid. (Boice. 1992:viii)

1 Rom 8:5-8 Die natuurlike (vleeslike) mens en die Ware Christen of Geestelike mens.

Dikwels wil mense, ook christene en teoloë en dominees die mensdom in vier kategorië indeel...

• Ateïste

• Religieuse mense, wat beteken hulle glo, wat ookal bv Afrika-godsdienste,

Mohammedanisme, Boedisme ens.

• Christene wat volgens wêreldse standaarde leef, in wie se lewens jy nie kan sien dat hulle

christene is nie.

• Ware of opregte christene. Baie mense praat verkeerdelik van wedergebore christene, of

super christene of sit ‘n byvoeglike naamwoord by die naam Christen. Ander beweer ons is

nie net christene nie, maar dissipels van Jesus Christus.

In ons Skrifgedeelte word egter net van twee soorte mense gepraat:

• Die wat vleeslik is. (’33) Die wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers.

• Die wat geestelik is. (’33) Die wat hulle deur die Gees laat beheers.

12

Evalueer die volgende (valse of verkeerde) stelling:

• “Alle volgelinge van Christus is sy skape, maar nie alle skape is sy dissipels nie!”

Die probleem met al hierdie stellings is dat ons onderskeidings maak wat daar nie in die

Bybel is nie.

Jy is ‘n Christen of nie.

Joh 3:16 Jy glo in Jesus Christus of nie.

As jy ‘n Demas is wat die teenwoordige wêreld liefkry, dan was jy nooit bedoel om ‘n kind

van God te wees nie.

Maar ons moet ook oppas vir die siening dat as ek glo, dan kan ek maar aangaan en doen

wat ek wil en ek gaan maar buitendien hemel toe.

Rom 6:1-3 “Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen, sodat die

genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin

voortlewe? Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood

gedoop is nie?”

Ons mag nie maar argeloos of “blasé” (verstomp deur genietinge) wees oor ons christenskap nie.

Daar is geen maar nie, alles is genade, maar onthou dat ons kindskap van God nie verniet

gekom het nie, daar is duur deur God self daarvoor betaal.

Wat is jou sondige of vleeslike natuur?

“hoi gar kata sarka ontes ta tes sarkos fronousin” (grieks foneties)

Die want volgens vlees hulle wat is die dinge van die vlees hulle bedink

Die begrip “sondige natuur” kom 5 maal voor net in hierdie 4 verse.

Die begrip “sondige natuur” het ook reeds 3 maal voorgekom in verse 3,4.

sarkos is die griekse woord vir vlees, die menslike vlees of menslike natuur.

Beteken ook – vlees

- Swak

- Alle vlees is soos gras, verdwyn gou veral in woestyn hitte en – droogte alle

mense is soos gras. Soos gras is die mens.

- Vlees beteken ook om sondig te wees.

- Vlees beteken ook om menslik te wees en nie geestelike of goddelik nie.

- Sondige vlees staan teenoor die “wedergebore mens”

- Sondige vlees staan teenoor die Rom 12:1,2 wat stel dat ons moet

transformeer van vleeslik of sondig na geestelik.

Paulus praat in Rom 8 net van twee soorte mense:

13

• Vleeslik of natuurlik

en

• Geestelik

Wat is dit wat die vleeslike of geestelike mens die beste of meeste karakteriseer?

(Boice. 1992:807-9)

Hierdie vier verse gee vier karakter-eienskappe van die vleeslike mens:

• Wat en waaroor hy dink!

• Die staat waarin hy leef, maw sy vleeslike en geestelike toestand.

• Sy geloof.

• Sy geestelike of natuurlike ingesteldheid.

1.1 Wat en waaroor hy dink!

Rom 8:5 (’33) “Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is,

geestelike dinge.”

• Wat is die praktyke van die sondige natuur?

• Waaroor dink ons wat sondig en verkeerd en vleeslik is?

• Lees: Gal 5:19-21 “Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend:

onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat,

naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid

en al dergelike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie

hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry

nie.”

Beteken dit dat ‘n christen nie meer aan die sondige dinge dink nie?

Beteken dit dat as ek ‘n christen is ek nie aan bogenoemde sondes dink nie?

Ja, die meeste christene doen nie bogenoemde sondes openlik nie, maar in jou gedagtes

word jy daarmee gepeper.

Die Satan, die wêreld en jou eie sondige vlees val jou gedurigdeur aan. 1 Petr 5:8; Heid. Kat.

Son 52 vr 127.

‘n Sterk morele persoon sal verseker nie deelneem aan sulke sondes nie, al is hy nie ‘n

christen nie.

Paulus voor sy bekering was ‘n goeie voorbeeld van ‘n eties goeie mens.

Hy beskryf homself en sy waardes hoe hy gedink het dat hy voor God regverdig lewe en

daarom die ewige lewe verdien het.

Fil 3:4-6 “Tog sou ek ook op uiterlike dinge kon vertrou. As iemand meen dat hy op

uiterlike dinge kan vertrou, ek nog meer; ek is op die agste dag besny, van geboorte ‘n

Israeliet, uit die stam Benjamin, ‘n egte Hebreër in wetsopvatting was ek ‘n Fariseër, in my

ywer ‘n vervolger van die kerk , in onderhouding van die wet van Moses om vryspraak te kry,

onberispelik.”

14

So was Paulus moreel en eties onberispelik!

Paulus het in sy sondige staat, as moreel eties baie goeie man, homself beskou as:

• Ek verdien dit om hemel toe te gaan.

• Hy het begeer om homself voor God waardig te bewys.

• Hy het begeer om self voor God sy verlossing te verdien.

• En tog was dit vals, omdat hy ‘n sondaar was en nie uit homself iets kon verdien nie,

maar inteendeel hy het die sonde elke dag net meer en meer gemaak soos elke mens

en ook christen op aard.

1.2 Die staat waarin hy leef, maw sy vleeslike en geestelike toestand.

Rom 8:6 (’33) “Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede.”

Rom 8:6 (’83) “Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, loop uit op die

dood, maar die dinge waarmee die Gees Hom besig hou, bring lewe en vrede.”

Die staat van die vleeslike mens of die mens wat net die vleeslike bedink, is die dood.

Hierdie is natuurlik nie die fisiese dood nie, maar die geestelike dood.

Die Bybel leer duidelik aan ons dat God selfs in die natuur Homself aan ons bekend maak.

‘n Gelowige mens “sien” God raak ook in die natuur Ps 19:2 “Die hemel getuig van die mag

van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend.”

‘n Ongelowige mens sien God ook nie in die natuur raak nie. Dit is hoekom hulle met

allerhande teorië die skepping probeer verklaar, ewolusie ens.

Die ongelowige se jammerlike staat kom nog meer duidelik na vore as dit by die Woord, die

Bybel kom.

Hulle glo die Woord doodeenvoudig nie, omdat die Heilige Gees dit nie in hulle opbenbaar

nie, omdat hulle nie kinders van God is nie, nie wedergebore is nie.

1 Kor 2:14 “Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees

van God nie. Vir hom is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit

geestelik beoordeel moet word.”

Daarom is die man wat geestelike dood is en net die vleeslike natuur volg, ook dood voor

God.

Hy kan nie verstaan wat God in sy Woord openbaar of sê nie.

‘n Klassieke voorbeeld.

“William Wilberforce, die man wat geveg het vir die afskaffing van slawerny in die Britse ryke

en William Pitt wat op ‘n tydstip eerste minister van Engeland was.

William Wilberforce was ‘n toegewyde christen.

15

Willam Pitt was ‘n naam-christen net om formele redes.

Die twee parlementariërs was goeie vriende. Wilberforce wou altyd dat Pitt saam met hom

na eredienste toe gaan en veral na ‘n baie befaamde prediker in Londen ‘n ene Richard Cecil.

Pitt het altyd die uitnodigings met een of ander verskoning van die hand gewys.

Eendag het hy wel ingegee en saamgegaan.

Ds. Cecil het die dag ‘n vurige en geïnspireerde preek gelewer.

Wilberforce kon nie wag om buite te kom en die wonderlike boodskap met sy vriend te deel

en te bespreek nie.

Toe hulle egter buite kom het Pitt gesê: “Ou vriend, ek het nie ‘n woord verstaan wat die

man vandag wou sê nie!” Duidelik was hy nie geestelik nie, was nie ingestel om God se

Woord nie, en het ook nie die prediking verstaan nie.

Duidelik was Pitt so doof vir God se Woord soos wat hy geestelik dood was en eintlik fisies

dood was om nie te kon hoor nie.” (Boice. 1992:808/9)

1.3 Sy geloof.

Rom 8:7 (’33) Omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan

die wet van God nie, want dit kan ook nie.”

Rom 8:7 (’83) “Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, is immers

vyandskap teen God. Die sondige natuur onderwerp hom nie aan die wet van God

nie, dit kan trouens ook nie.”

Die mens is vandag besig met ‘n “a la carte godsdiens”.

Dit beteken dat mense van verskillende godsdienste en gedagtes ‘n potpourri – mengelmoes

‘n samestelling uit verskillende godsdienste maak, waarvan hulle hou. Dit is dan vir hulle

godsdiens.

Hulle maak hulle eie, selfgemaakte klein godsdienssies soos wat dit hulle pas en vir hulle

aanvaarbaar is.

Dit is hoekom Paulus sê dat hulle hulle nie aan die wet van God onderwerp nie.

Jak 4:4,5 “Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyanskap teen God

is nie? Wie ‘n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy ‘n vyand van God

is. 5) Of dink julle dat die Skrif sonder rede sê dat God die gees wat Hy in ons laat

woon, heeltemal vir Homself wil hê?”

Mense onderwerp hulle nie aan God nie, omdat hulle nie wil nie. Hulle wil God net dien

soos wat hulle wil volgens hulle terme en kondisies. Hulle steur hulle nie aan die wet van

God nie en daarom doen hulle net wat hulle-self wil. As jy so redeneer, dan is jy ‘n vyand

van God.

16

1.4 Sy geestelike of natuurlike ingesteldheid.

Rom 8:8 (’33) “En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;”

Rom 8:8 (’83) “Die wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers, kan nie die wil van

God doen nie.”

Dit is tog logies dat as jy doen, net wat jy wil, dan kan jy tog nie doen wat God wil nie.

Die rede is dat jy nie wil doen wat God wil nie.

Jy wil net doen wat jy self wil en waartoe jou luste en begeertes jou lei.

Dan wil jy nie ‘n christen wees nie en is dit nie vir jou belangrik nie.

Dit is iets anders as ons in Rom 7:15 lees: “Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek

wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek.”

Dit is iemand wat die wil van God wil doen maar weens sy sondige natuur dit nie kan doen

nie.

Maar as jy nie die wil van God wil doen nie, dan is jy defnitief op die verkeerde pad.

Daar is ‘n verskil tussen mense wat religieus of godsdienstig is, maar wat nie vol van die

Heilige Gees is nie, maw wat Jesus Christus nie as hulle Hoof en Verlosser en Saligmaker en

Koning erken wie hulle wil volg en dien nie.

• Fariseërs is ook religieus of godsdienstig gewees, maar het nie in Jesus Christus geglo

nie en was verantwoordelik vir Jesus se dood aan die kruis.

• Paulus was voor sy bekering besonder, fanaties godsdienstig, maar hy het die kerk

van die Here Jesus vervolg en christene doodgemaak.

Dit is nie genoeg om net sê: “Ek glo in Jesus Christus as my Verlosser en Saligmaker nie en

dan is ek gered nie.”

NB Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek weet daar is sommige wat nog met melkkos

gevoer word,

• daar is kinders wat dit eenvoudig glo,

• daar is “jong” christene,

• daar is mense wat verstandelik beperk is,

• daar is christene wat nie goeie katkisasie-onderrig ontvang het nie en gevolglik nie al

die kennis het nie,

• daar is die rower aan die kruis wat net vir Jesus gevra het om aan hom te dink.

Maar die normale pad is nadat jy die evangelie gehoor het, moet jy toeneem in kennis en

vertroue, jy moet vol word van die Heilige Gees.

Ja dit is God wat jou wederbaar deur die Heilige Gees, maar as jy wederbaar is en jy is instaat

moet jy groei en toeneem in kennis en geloof en vertroue.

NB Ef 4:10-16

17

Om wedergebore te wees is om deur God aangeneem te wees en deur die Heilige Gees jou

te laat lei omdat jy weergebore is.

Christen is nie mense wat al ‘n sekere standaard van geloof bereik het en sekere vlak van

heiligheid “bereik” het nie, maar hulle is vol van die Heilige Gees en wil en poog daarna om

elke dag al meer en meer heilig te lewe.

Toepassing

Elkeen moet in sy eie hart kyk en kyk of hy ‘n ware christen is of nie.

Om ‘n ware christen te wees beteken NIE:

• dit gebeur net as ek ‘n goed-onderrigte christen is vanweë katkisasie nie,

• om ‘n volmaakte christen te wees nie, dit kan nie op aarde nie,

• maar jy moet self weet of jy waarlik weergebore is.

• Het die Heilige Gees jou wederbaar en lewend gemaak in en deur Jesus Christus,

sodat jou denke, jou lewenstaat, jou geloof en jou lewenshouding verander het van

ongehoorsaam tot gehoorsaam aan God se wil?

2 Rom 8:9-11 Die Ware Christen of die Geestelike mens.

2.1 Inleiding

Ons kan hierdie gedeelte verduidelik aan die hand van die gelykenis van die tien maagde.

Mat 25:1-13

Aanvanklik het dit gelyk of hierdie tien maagde almal christene was, soos ons vandag sou sê,

gelowiges. Maar net 5 het saam met die bruidegom na die bruilofsfees gegaan en saam

feesgevier.

• Al tien was uitgenooi na die bruilofsmaal.

• Almal het soos ons dit vandag noem aan die sigbare kerk behoort.

• Almal het bely dat die bruidegom is hulle Here.

• Almal het geglo in die wederkoms en het die wederkoms verwag.

• Almal het gewag op Jesus se wederkoms.

• Almal het aan die slaap geraak.

• Nogtans was net 5 gereed toe die Bruidegom gekom het, hulle lampies was vol olie.

• Die ander vyf het geroep dat die Here die deur vir hulle moes oopmaak, maar Hy het

geantwoord: Mat 5:11-13 “Ek ken julle nie”.

2.2 Ons moet elkeen selfondersoek doen:

Glo ek regtig wat ek bely?

Is ek werklik wedergebore?

Is my lampie regtig vol olie?

18

Maw soek ek na die wil van God en laat ek my elke dag lei deur die Heilige Gees?

Soek ek om die wil van God te doen?

Die bedoeling is nie dat die christen nooit sonde doen of nie foute maak nie, selfs groot en

ernstige foute, sonde doen nie, maar staan hy/sy op, bely dit en wil biddend onder leiding

van die Heilige Gees vorentoe gaan.

2 Petr 1:10 “Daarom broers, moet julle julle des te meer daarvoor beywer om deur julle

lewe te bewys dat God julle geroep en verkies het. As julle hierdie dinge

doen, sal julle nooit struikel nie.”

2.3 Dit gaan in hierdie gedagte-eenheid, perikoop, oor...

2.3.1 Die christen se verlede Rom 8:9

In die verlede het die christen net sy eie vlees of natuur gevolg. Nou dat die christen

wedergebore is, is dit die Heilge Gees wat hom lei. Waar die Heilige Gees in iemand

woon, daardie persoon volg die pad wat die Heilige Gees aan hom openbaar.

Jesus het hieroor gesê in Joh 14:26 “Dit sê ek vir julle terwyl Ek nog by julle bly; en

wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees stuur, sal Hy julle

alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.”

NB NB Ons lees in 1 Kor 2:6-16 (11) in besonder van die openbaring deur die Gees

van God. Die Heilige Gees maak aan ons die verborge dinge van God bekend wat

God aan ons wil openbaar en bevestig dit in ons harte.

Dit is dus duidelik en eenvoudig vir die kind van God:

• As jy nie die Gees van God het nie, behoort jy nie aan God nie.

• As jy die Gees van God het, behoort jy aan God.

• As jy Gees van God het, sal jy beheers word deur die Gees en nie deur jou ou

sondige vlees nie.

2.3.2 Die christen se hede Rom 8:10

Christenskap beteken nie om net ‘n stel reëls en dogmas te aanvaar nie, maar dit

beteken om deur die Gees van God tot inkeer en omkeer en bekering gebring te

word sodat ons die regte pad wil stap.

Paulus het hieroor geskryf in Rom 5:2-6 dat ons ons verheug oor swaarkry wat

volharding kweek wat egtheid van geloof bring en die geloof bring hoop en die hoop

19

beskaam nie want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur Heilige Gees wat Hy

aan ons gegee het uit genade.

Ons liggame is wel vir die dood bestem vanweë die sonde, maar Gees gee die ewige

lewe. Daarom in hierdie lewe nou in die hede is daar drie sake wat in ons lewens

sigbaar is.

• Ons lewe nou reeds in God.

• Ons lewe nou reeds volgens die Bybel, want die Bybel is die waarheid.

• Ons lewe nou reeds in die Gees in liefde teenoor mede-christene.

2.3.3 Die christen se toekoms Rom 8:11

God sal ons liggame defnitief laat opstaan met die wederkoms net soos Jesus Christus se

liggaam ook opgestaan het na drie dae.

Ons moet ook nie hierin lees soos sommige verkeerdelik lees van geloofsgenesing vir die

liggaam nie. Sommige mense wil hieruit aflei dat God nie wil hê dat ons siek is nie en

daarom sal ons nooit siek word nie en ons moet net bid daarvoor.

Die vers praat eintlik oor ons opstanding met die wederkoms wanneer alles volmaak sal

wees by God.

3 Rom 8:12-13 Heiligmaking. Die morele verpligting van die Christen.

Ons staan onder ‘n verpligting om te lewe tot eer en volgens die Woord van God.

Dit beteken dat ons elke dag al heiliger moet lewe, maw ons moet biddend elke dag olv die

Gees ons bekeer tot ‘n nuwe lewe.

Heiligmaking het nie ...

• ‘n Vaste metode nie. Bv. Bid elke dag en lees elke dag een Bybelhoofstuk nie.

• ‘n Vaste formule nie. Baie sulke formules doen die rondte bv.

- “Let go and let God”

- “Give Jesus control of yhour life.”

- "Let Christ have the throne”

- “Neem dit aan in geloof” (Boice.1992:823)

• ‘n “Experience” of ondervinding nie.

Wat is die regte benadering tot heiligmaking?

Paulus gee in Rom 8:12,13 die regte benadering hiervoor.

Die woord “Daarom” gee die regte benadering.

Ons moet nie meer vir onsself leef nie, maar vir God deur die Heilige Gees.

Paulus beskryf hierdie heiligmakingsproses baie duidelik in Kol 3:1-4 en 5-17

20

Kol 3:5 “Daarom moet julle die aardse dinge doodmaak wat nog deel van julle lewe is,

onsedelikheid, onreinheid, wellus, slegte begbeertes, en gierigheid wat afgodery is.”

Rom 8:13 klink na ‘n voorwaarde om die ewige lewe te verkry.

Ons moet dit sien in die sin dat God deur sy groot genade ons wederbaar deur die Heilige

Gees, dat Hy ons in staat stel deur die Gees en die Woord om die regte ding te doen en dat

Hy Jesus Christus gestuur het om te betaal vir alles wat ons nie reg doen nie.

Daarom moet die gesindheid en geloof daar wees dat Jesus Christus reeds die wet ten volle

nagekom het.

Uit dankbaarheid moet ons dan ons deur die Gees laat beheers en nie deur ons sondige

vlees nie.

Opsomming en toepassing

Hier kom twee vrae na vore wat sekerlik baie christene vra:

• Hoe en waar kan ek die krag vind om te doen wat reg is?

• Hoekom gryp God nie in en keer op ‘n wonderbare/ekstraordienêre manier die sonde

wat ek doen nie?

Geliefdes, niemand het die krag uit hom/haarself om te doen wat reg is nie.

Ons is geneig om die verkeerde te doen.

MAAR ons het die krag van die Heilige Gees in ons, deur die wedergeboorte en deur God se

genade in ons.

Hierdie krag moet ons gebruik en uitbou

As jy sê, ek het nie die krag nie, dan beteken dit die Heilige Gees werk nie in jou nie en

ontken jy sy krag.

Maar hoe moet ek die krag kry en gebruik en erken.

Geliefdes, ons moet God nie verwyt oor sonde of dat Hy nie genoeg krag aan ons verleen

nie.

Ons het die vermoë en vryheid om ons met die krag te omgord.

Bid gedurig! Hou saam met die gemeente eredienste! Woon Bybelstudies by! Woon

kleingroepe by! Woon die Bybelskool by! Neem deel aan al die kerkaksies! Maak

kerkmense/lidmate jou vriende!

U sien, as jy jou met God en sy kerk en sy kinders omring, dan is jy binne die kader van God

se gemeenskap en wil jy doen wat God wil hê jy moet doen.

21

4 Rom 8:14-17 Die familie van God.

In die wêreld is daar twee soorte families en twee vaders, een met ‘n kleinletter en een met

‘n hoofletter.

4.1 Die Vader van die familie

Ons hemelse Vader. Hieroor lees ons Joh 8:31-47

• God is alle christene se hemelse Vader. God is die Vader van die Waarheid van Jesus

Christus.

• Satan is almal wat nie in God glo nie se vader. Hy is die vader van die leuen.

Ons is kinders van God.

As ons kinders is is ons dit deur wedergeboorte.

Dus God het ons wederbaar deur die Heilige Gees sodat ons deel is van die familie.

Daarom is ons broeders en susters en nie here en dames nie.

Ons is geestelike boeties en sussies van een Vader nl. God.

Die Heilige Gees lei ons met liefde na mekaar toe.

4.2 Rom 8:15-16 Nie meer slawe nie maar kinders van God.

Lees Gal 4:1-7

Die Gees wat ons wederbaar het, maak ons nie tot nuwe slawe van God nie.

Ons was slawe van die sonde.

Ons was slawe van ons eie sondige natuur.

Maar nou is ons vrygemaakte kinders van God.

Die woord “Abba” is ‘n aramese woord wat dui op besondere intimiteit en persoonlike

liefde, daarom is die vertaling Vader vir ons ‘n term waar ons God aanspreek met Eerbied,

Respek, Vertroue, Afhanklikheid, ‘n besondere verhouding in en deur Jesus Christus.

Ons kan ook praat en uitroep Abba- Vader wat ook inhou dat ons dadelik erken dat ons aan

God ons hemelse Vader, gehoorsaam, wil wees.

Ons wil ons aan Hom onderwerp in liefde en eensgesindheid.

Ons onderwerp ons nie aan God met ‘n slaafse gehoorsaamheid nie, maar met ‘n kinderlike

gehoorsaamheid van respek en eerbied en liefde.

As die Woord praat van God se kinders as “diensknegte” dan bedoel die woord nie slawe nie,

maar vrywillige, in liefdesgebonde en gebinde kinders van God.

22

Soos wat ‘n kind op aarde weet wie sy pa is, al is dit ‘n aangenome pa, dit is sy pa.

So weet ons as kinders van God dat Hy ons hemelse Vader is en ons is sy aangenome

kinders, want daar is twee wat getuig:

• Die Gees van God en

• Ons eie gees.

Dit is ook volgens Deut 19:15 waar iets wat deur twee getuies bevestig word, staan dit vas.

Dit gaan hier eintlik oor die getuienis in ‘n hofsaak maar die beginsel geld van twee of meer

getuienis. “Daar mag nie net een persoon teen iemand getuig nie, al was die oortredig of di

emisdaad ook wat, al het hy ook hoe verkeerd gehandel. ‘n Beskuldiging kan net bewys word

deur die getuienis van twee of drie getuienis.”

Ons kan ook Rom 8:16 as volg vertaal: “die Gees self bevestig aan ons gees dat ons kinders

van God is.” (Grieks – tekna – kinders)

‘n Verdere getuienis en ‘n groot vertroosting van die Gees wat ons beheers en die getuienis

daarvan vind ons in 1 Joh 5:5,6 10

“Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?

Die een wat deur di ewater van sy dop en die bloed van sy dood na ons toe gekom het, is

Jesus Christus; nie net deur die water nie, maar deur die water en die bloed. Die Gees is die

getuie daarvan, en die Gees is die waarheid.

10) Wie in die Seun van God glo, besit die getuienis in sy hart; wie God nie glo nie, maak

Hom tot leuenaar, omdat hy nie die getuienis glo wat God oor sy Seun gelewer het nie.”

4.3 Rom 8:17a Die erfporsie van God se kinders.

Paulus verbind die kindskap ook met erfgename Gal 4:7 “Jy is dus nie meer ‘n slaaf nie; jy is

nou ‘n kind van God. En omdat jy sy kind is, het God jou ook sy erfgenaam gemaak.”

Kleronomoi – erfgenaam

Sunkleronomoi – mede-erfgenaam

Omdat hulle kinders van God is, is hulle verseker van hulle erfporsie, die erfporsie is die

ewige lewe.

Hulle, die kinders het in ‘n sekere mate reeds die erfenis verkry, gedeeltelik.

Die christen het nou reeds ‘n voorsmaak van die ewige heerlikheid by God.

Die waarborg van ons erfenis lê in Jesus Christus wat reeds die ewige heerlikheid ingegaan

het.

5 Rom 8:17b Lyding: Die pad na heerlikheid.

“Hierdie erfenis sluit egter ook die lyding in.

23

Mark 10:29,30 “Jesus antwoord: “Dit verseker Ek julle: Daar is niemand wat ter wille van

My en ter wille van die evangelie afgesien het van sy huis of broers of susters of moeder of

vader of kinders of eiendom nie, 30) of hy kry nou in hierdie tyd honderd keer soeveel:

huise en broers en suters en moeders en kinders en eiendom, saam met baie vervolging, en

in die bedeling wat kom, die ewige lewe.” (Van Zyl. et al 1989:205)

Hierdie deel hê aan sy lyding is iets heeltemal anders as die sterwe met Christus. Dit gaan

hier om die lyding van die Christene wat onskeidbaar deel is van sy dissiepelskap met Hom.” (Van Zyl. et al 1989:205)

“So seker as wat die Christene met Hom een is in lyding vir God se saak, net so seker sal hulle

saam met Jesus aan die toekomstige heerlikheid deel hê. Die omgekeerde is egter net so

waar, en dit moet ‘n Christendom wat nie meer bereid is om te ly nie, tot ernstige nadenke

stem: wie nie bereid is om saam met Jesus te ly nie, is ook nie mede-erfenaam van sy

heerlikheid nie.” (Van Zyl. et al 1989:205)

24

Vryheid van moedeloosheid

Heerlikheid by God

Romeine 8:18-30

Inleiding

Daar kom tye in elke predikant se lewe, as hy die Bybel met groot erns bestudeer, dat hy by

Skrifgedeeltes of temas of vraagstukke kom, wat hy weet dat hy dit nooit sal verstaan nie. In

‘n sekere sin is die hele Bybel so volmaak en heilig dat ons die Bybel nooit ten volle kan

begryp nie. Want hoe kan ‘n blote skepsel, ook die Almagtige verstaan of verklaar. Hoe

kan ons wat op aarde maar tydelik is, die Ewige God, ‘n Drie-enige Verbondsgod ooit ten

volle verstaan of verklaar? Nogtans is daar seker sake wat ons basies tog verstaan omdat

God dit in sy Woord openbaar en dit deur die Heilige Gees aan ons openbaar. Alhoewel alles

in die Skrif nie so klinkklaar duidelik en verstaanbaar en verklaarbaar is nie. Van tyd tot tyd

kom ons by begrippe wat ons weet ons verstaan, maar ons dit nooit op aarde ten volle

begryp of bevat nie, ons sal dit eers in die hiernamaals ten volle verstaan.

1 Kor 13:12 “Nou kyk ons nog in ‘n dowwe spieël en sien ‘n raaiselagtige beeld, maar

eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek

ten volle ken soos God my ten volle ken.”

1 Die onvergelykbare heerlikheid van die ewige lewe Rom 8:18

2 Die skepping sien uit na die bevryding en heerlikheid Rom 8:19-21

3 Die bevryding van verganklikheid van ons liggame Rom 8:22-25

3.1 Die skepping sug in pyne van verwagting Rom 8:22

3.2 Die mens sug in pyne van verwagting Rom 8:23-25

3.3 Die Heilige Gees sug/bid vir ons Rom 8:26,27

4 Wat is God se wil Rom 8:27

5 Alles werk vir die mens ten goede mee Rom 8:28

6 ‘n Goue ketting van God se genade Rom 8:29-30

6.1 God se uitverkiesing van die mens Rom 8:29

6.2 God se roeping van die mens Rom 8:29

6.3 God se regverdigmaking en heiligmaking Rom 8:30

7 God bewaar die heiliges Rom 8:30

1 Die onvergelykbare heerlikheid van die ewige lewe Rom 8:18

Rom 8:17 loop oor in vers 18 wat die heerlikheidsbegrip aanbetref.

Ons het nou op aarde lyding, en dit kom na vore in ons verganklikheid, ons stryd teen die

sondige vlees, die sondige praktyke.

25

Maar in die hemel sal daar ‘n heerlikheid wees wat ons nou alreeds op aarde as christene

gedeeltelik beleef, maar eendag in die hemel ten volle sal beleef.

Die griekse woord vir heerlikheid of verheerliking is – doksa -.

Dink aan die denominasie – doksa Deo, wat beteken die verheerliking van God.

Die heerlikheid by God is vir ons onverstaanbaar, onbegryplik groot.

doksa (grieks) – heerlikheid – het ‘n onvergelykbare groots en heerlike betekenis in die

Bybel.

Die heerlikheid by God is onverklaarbaar groot en wonderlik en ryk.

Die heerlikheid word seker die beste beskryf in Open 21:1-7

Kan ons onsself in ‘n lewe volgens Open 21:4 indink? “Hy sal al die trane van hulle oë

afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer

wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.

Opmerklik is dat die heerlikheid beskryf word met negatiewe wat daar nie sal wees nie.

Die positiewe, hoe dit sal wees kan ons eintlik nie begryp nie.

Hierdie heerlikheid is so groot dat Paulus skryf: “Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat

ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vi rons in die toekoms sla

laat aanbreek nie.” Rom 8:18

CS Lewis het in 1941 gesê oor heerlikheid:

“It is a desire which no natural happiness will satsify.”

Dit is ‘n begeerte of verlange wat geen natuurlike vreugde kan bevredig nie.”

(Lewis CS 1980 The Weight of Glory and Other Addresses. Bl.8)

As ons oor heerlikheid dink dan dink ons aan hoe dit by God sal wees, maar ons dink hoe ek

by God sal wees en hoe gelukkig ek sal wees.

Tog moet ons anders oor heerlikheid dink.

Ons moet nie dink watter voordeel dit vir my gaan inhou nie, maar hoe gaan ek God kan

verheerlik deur my teenwoordigheid.

As ons so daaroor dink begin daar ‘n ander prentjie vorm.

Ons sal deel hê aan Jesus se heerlikheid, maw, Jesus is daar om God te verheerlik en ons in

die regte verhouding met God te stel.

Daarom sal ons saam met Jesus Christus, God verheerlik, ons sal minder word, dit sal nie oor

ons gaan nie, maar oor God, oor sy verheerliking.

Niemand gaan aan hom/haarself dink nie, niemand gaan oor sy vrou of man of kind of

familie dink nie, ons gaan heeltyd aan God dink, tot sy eer sing en Hom verheerlik.

U ken seker die naam of arikaanse term Ikabod!

Ons lees in 1 Sam 12-22 die geskiedenis van die dood van Eli toe hy 98 jaar oud was.

26

Israel het oorlog gemaak teen die Filistyne.

Israel het verloor en in rangvolgorde van negatiwiteit wat gebeur het:

• Die Filistyne het die ark geroof.

• Israel het die oorlog verloor.

• Eli se twee seuns, Hofni en Pinehas is dood.

• Eli het toe hy die nuus gehoor het agteroor geval en sy nek gebreek.

• Pinehas se vrou, die skoondogter van Eli, wie se naam ons nie ken nie, wat ver

swanger was, het by die nuus wat sy gehoor het van die ark wat gebuit is, geboorte

geskenk aan ‘n seuntjie en hom Ikabod genoem wat beteken:

o “Waar is die eer?

o Waar is die heerlikheid van God?”

Beste Bybelse verduideliking van die opweeg – grieks aksios.

Dink hier aan ‘n weegskaal.

Die heerlikheid weeg so swaar, dat die lyding wat ons nou op aarde moet verduur die skaal

nie eers kan beweeg om te sak nie, maw die heerlikheid weeg by verre die meeste en is die

beste.

Paulus beskryf hier heerlikheid baie duidelik in 2 Kor 4:16-18

(Dink hier aan’ n outydse weegskaal, wat met gewigte gewerk het)

Heerlikheid Open 21:4 Lyding 2 Kor 11:21b-30

“Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan,

innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en

gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ‘n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat

ewig bly. Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die

sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.”

Ons kan die lyding en die heerlikheid met die volgende vergelyk:

• Intensiteit – Die lyding is dikwels baie swaar en intens. Dink aan egskeidings, moord,

doodslag, verkragtig, korrupsie, hartseer, werk verloor ens. Lees 1 Kor 4:9-13;

2 Kor 4:8-12; 2 Kor 6:4-10; 2 Kor 11:16-33

- Die heerlikheid is egter so groot dat Paulus skryf dat hy dit nie in aardse taal

kan beskryf nie. 2 Kor 12:2

- Samevatting die swaarkry en lyding kan ons beskryf, maar die heerlikheid

kan ons nie eers in aardse taal of terme beskryf nie.

• Plek Dit handel nou oor die plek van swaarkry en heerlikheid.

Die lyding is nou hier op aarde. Ons ondergaan en ervaar dit nou. In die

grieks staan daar –

dit evalueer, kan dit meet en voel en eervaar.

Die heerlikheid wat in die hiernamaals op ons wag, kan ons nie nou eers

beskryf nie, dit is te groot, te swaar, te wonderlik, te hemels. Paulus kon dit

nie eer sin aardse sin beskryf n

• Die duur of lengte van lyding en heerlikheid

jaar op aarde. Dit gaan verby. Die heerlikheid is vir ewig.

Paulus is oortuig van die heerlikheid wat soveel groter is as die lyding.

• Oortuiging – logitsomai grieks

2 Die skepping sien uit na die bevryding

Die christen se lewe op aarde is nie maklik nie. Ons lewens behels swaarkry, lyding, minder

word, vervolgings. Wêreldse mense het dit oënskynklik makliker. Hulle lewe maar in

vryheid soos wat hulle wil en soos wat hulle begeer.

die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van ‘n skelm nie.”

Dikwels wonder ‘n mens moet jy nie maar net lewe vir jou eie plesier en voordeel nie,

hoekom ‘n lewe tot eer van God lewe?

Die antwoord lê opgesluit in vers 18: die kortstondige lyding in hierdie lewe teenoor die

ewige heerlikheid. 2 Kor 4:17 “Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering e

maar dit loop vir ons uit op ‘n heerlikheid wat alles v

Verder het ons gelet op die gewig van lyding en heerlikheid.

Lyding weeg lig, maar heerlikheid oortref die gewig by verre.

Die griekse woord vir skepping is hier

met skepping nie alles wat geskape is, mens, dier, plant, engele, die heelal bedoel word nie,

maar plante en diere.

is egter so groot dat Paulus skryf dat hy dit nie in aardse taal

kan beskryf nie. 2 Kor 12:2-5

die swaarkry en lyding kan ons beskryf, maar die heerlikheid

kan ons nie eers in aardse taal of terme beskryf nie.

Dit handel nou oor die plek van swaarkry en heerlikheid.

is nou hier op aarde. Ons ondergaan en ervaar dit nou. In die

– nun = nou. Dit is die huidige tyd. Ons ken die lyding, kan

dit evalueer, kan dit meet en voel en eervaar.

wat in die hiernamaals op ons wag, kan ons nie nou eers

beskryf nie, dit is te groot, te swaar, te wonderlik, te hemels. Paulus kon dit

nie eer sin aardse sin beskryf nie.

Die duur of lengte van lyding en heerlikheid Die lyding is vir ‘n kort tydjie, 60, 70, 80

jaar op aarde. Dit gaan verby. Die heerlikheid is vir ewig.

van die heerlikheid wat soveel groter is as die lyding.

mai grieks – dui op ‘n vaste sekerheid.

bevryding en heerlikheid Rom 8:19-21

Die christen se lewe op aarde is nie maklik nie. Ons lewens behels swaarkry, lyding, minder

word, vervolgings. Wêreldse mense het dit oënskynklik makliker. Hulle lewe maar in

vryheid soos wat hulle wil en soos wat hulle begeer. Ps 37:7 “Daarom moet jy in stilte op

die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van ‘n skelm nie.”

Dikwels wonder ‘n mens moet jy nie maar net lewe vir jou eie plesier en voordeel nie,

hoekom ‘n lewe tot eer van God lewe?

s 18: die kortstondige lyding in hierdie lewe teenoor die

“Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby,

n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly.”

gelet op die gewig van lyding en heerlikheid.

Lyding weeg lig, maar heerlikheid oortref die gewig by verre.

skepping is hier - ktiseos, Boice (Boice. 1992:302) was daarop dat hier

met skepping nie alles wat geskape is, mens, dier, plant, engele, die heelal bedoel word nie,

27

is egter so groot dat Paulus skryf dat hy dit nie in aardse taal

die swaarkry en lyding kan ons beskryf, maar die heerlikheid

is nou hier op aarde. Ons ondergaan en ervaar dit nou. In die

s ken die lyding, kan

wat in die hiernamaals op ons wag, kan ons nie nou eers

beskryf nie, dit is te groot, te swaar, te wonderlik, te hemels. Paulus kon dit

Die lyding is vir ‘n kort tydjie, 60, 70, 80

Die christen se lewe op aarde is nie maklik nie. Ons lewens behels swaarkry, lyding, minder

word, vervolgings. Wêreldse mense het dit oënskynklik makliker. Hulle lewe maar in

t jy in stilte op

die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van ‘n skelm nie.”

Dikwels wonder ‘n mens moet jy nie maar net lewe vir jou eie plesier en voordeel nie,

s 18: die kortstondige lyding in hierdie lewe teenoor die

n gaan verby,

wat ewig bly.”

(Boice. 1992:302) was daarop dat hier

met skepping nie alles wat geskape is, mens, dier, plant, engele, die heelal bedoel word nie,

28

Want die skepping leer Paulus is ook onvolmaak na die sondeval en verlang ook na

volmaaktheid.

Die kinders van God, die uiterkorenes is nou al seker dat hulle verheerlik is en gaan word,

maar hulle sekerheid berus nog op geloof en nie op aanskou nie. God gaan hulle

uitverkiesing ten volle openbaar op die bestemde tyd. (Verklarende Bybel 1983. 1993:205)

2.1 Die skepping hunker (sug) ook na sy eie bevryding (20-23)

Hoekom is die skepping dan onvolmaak en hunker ook na volmaaktheid, dit is omdat die

mens, die dirigent van die orkes, die skepping, hom vals dirigeer omdat hy hom verkeerdelik

gebruik en misbruik.

Geliefdes die regte siening van die wêreld is as volg:

2.1.2 Die wêreld behoort aan God.

Skepping beteken daar was ‘n Skepper wat die skepping gemaak het.

Logika sê daar was nie ‘n Big Bang nie, want as daar ‘n Big Bang was waardeur alles

ontstaan het, moes daar “iets” gewees het voor die “Big Bang”.

Logika is dat die skepping nie homself kon skep nie want daar was niks voor die

skepping nie.

Ons glo volgens Genesis 1-11 dat God die wêreld geskape het en daarom bestaan die

aarde. Daarom respekteer ons die kosmos omdat dit aan God behoort.

Tog is die mens besig om die skepping te verwoes, woude word uitgehaal, bome

afgekap, rookbesoedeling, vis word uitgevang, dierespesies word uitgewis, dink maar

aan die renoserstropery, vergiftinging van aasvoëls ens ens.

2.1.2 Die wêreld is nie meer soos wat dit geskape is nie.

Die wêreld gaan nie net ten gronde weens die mens nie, God het ook die aarde

vervloek vanweë die mens se sonde: Gen 3:17-18 “Vir die mens het die Here God

gesê: ‘Omdat jy na jou vrou geluister het en geëet het van die boom waarvan Ek jou

verbied het om te eet, is die aarde deur jou toedoen vervloek; met swaarkry sal jy

daaruit ‘n bestaan maak jou lewe lank; die aarde sal vir jou dorings en dissels laat

uitspruit en jy sal veldplante eet; net deur harde werk sal jy kan eet, totdat jy

terugkeer na die aarde toe, want daaruit is jy geneem. Stof is jy en jy sal weer stof

word.”

Die skepping het nie gesondig nie maar Adam het, maar deur Adam is die skepping

ook gedegradeer. Dink maar aan die Somer en dan die herfs waar baie dinge

doodgaan, blare val af en gaan dood, daarna is dit die “dooie” winter dan breek die

lente aan waar die skepping weer uitsien na lewe, die somer wanneer alles blom en

bloei en dan weer die stadige doodgaan.

29

Ook die skepping sien uit na ‘n ewige heerlikheid waar daar nie meer dood sal wees

nie.

Die wêreld gaan agteruit.

2.1.3 Die wêreld sal ook eendag herskep/vernuwe word.

Ons lees in Jes 11:6-9 (’33) “Dan wei die wolf by die lam, en die luiperd gaan lê by

die bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar, en ‘n klein

seuntjie sal hulle aanja. Die koei en die berin wei, en hulle kleintjies lê bymekaar; en

die leeu eet strooi soos die os; en die suigling speel by die gat van ‘n adder, en die

gespeende kind steek sy hand uit na die kuil van ‘n basalik (‘n giftige slang.)”

Hierdie is sekerlik simboliese en poëtiese taal, maar tog wat ‘n kragtige verduideliking

van hoe dit eendag sal wees as die skepping weer herskep is, vernuwe is. Vir hierdie

wonderlike dae wag die skepping met verlange.

2.1.4 Vir die vernuwing van die wêreld moet ons opkyk na Jesus

Ons moet ‘n christelike lewens en wêreldbeskouing hê.

As ons so ‘n beskouing het sal die volgende drie sake in ons lewens na vore kom.

a) Ons sal nie verbaas wees as sake in die lewe verkeerd loop nie.

Die wêreld is nie ‘n goeie plek om in te leef nie.

Ons lewe in ‘n sondevervalle wêreld.

Ons planne sal dikwels faal, ons sal dikwels verloor, ander kan vernietig wat ons jare

aan gebou het,

Bogenoemde is waar al is jy ‘n christene en al is jy ‘n navolger van Jesus.

Maar sukses is nie waarvan die lewe afhang nie.

Wat belangrik is, is jou liefde vir God en jou geloof.

b) Ons sal nie ons vertroue en hoop stel in menslike planne om die skepping te red

nie.

Dit beteken nie dat ons nie goed sal doen om ander te red en ‘n poging aan te wend

om “groen” te wees nie.

As christen sal ons altyd die natuur bewaar en wil verbeter.

Maar die skepping sal nie herskep en volmaak gemaak word deur menslike planne

nie.

Ons sal die armes kos gee, maar ons lees dat Jesus gesê het in Mat 26:11a:

30

“Die armes sal julle altyd by julle hê...”

Ons sal vir ons leiers bid, maar ons weet dat hulle ook maar sondige mense is wat ons

ook sal teleurstel.

c) Ons sal ons oog op Jesus Christus hou.

Ons kan nie niemand kyk vir volkome hulp nie.

Jesus Christus het belowe dat Hy sal terugkom om sy kinders te kom haal.

As Jesus terugkom in sy heerlikheid sal ons soos Hy lyk en wees. 1 Joh 3:2

“Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God. Dit is nog nie geopenbaar wat ons sal

wees nie, maar ons weet dat, waneer Jesus kom, ons soos Hy sal wees. Ons sal Hom

sien soos Hy werklik is. Elkeen wat hierdie verwagting in verband met Hom koester,

hou homself rein soos Jesus rein is.”

2.2 Die mens sug in pyne van verwagting Rom 8:22-25

Paulus gebruik drie SUGTE of Drie VERSUGTINGE om aan te dui...

hoe daar met verwagting uitgesien word na die heerlikheid van God.

Die heerlikheid is so groots, so wonderlik dat...

- die Skepping,

- die Gelowiges, m.a.w. ons almal daarna uitsien, ook

- die Heilige Gees pleit vir ons met hartlike versugtinge.

2 Kor 5:4,5b “Ons wat nog in die tentwoning is, sug en voel bedruk omdat ons nie van die

aardse liggaam afstand wil doen nie; ons wil die hemelse bo-oor die aardse aantrek,

sodat wat sterflik is, verteer kan word deur die lewe. Hy wat ons vir hierdie oorgang

voorberei het, is God. As waarborg hiervan het Hy ons sy Gees gegee.”

In Rom 8:22-27 kry ons die griekse woord – sustenadzei – stenazo – sug/kreun – drie keer

word die woord in die perikoop gebruik en net ses keer weer in die hele Nuwe Testament.

Eerstens sug die christene en nie alle mense nie, net die wat in Jesus Christus glo.

Christene sug omdat hulle weet dat hulle sondig is en oortree.

Christene sug al meer en meer hoe meer hulle in Jesus Christus groei.

Christene sug ook omdat hulle as christene moet ly, maw vir hulle geloof.

Tweedens sug ons ook omdat ons die heerlikheid verwag.

Dit is as ‘n ware ‘n sug van verwagting.

Christene se versugting is dan ook ‘n vreugdevolle versugting wat geboorte gee aan hoop en

geduldige verwagting.

31

Ons sug soos ‘n moeder wat geboorte gee, die proses is nie maklik nie maar die vreugde

daarna oor die gebore kind maak die kreune en versugtinge die swaarkry werd.

Geboortepyne duur ook net vir ‘n kort tydjie en dan is dit verby.

Die gevolg van ons versugtinge is ook dat ons sal beleef dat God bekend sal maak wie Hy

verlos het, wie Hy uitverkies het.

Dan sal ons die ewige heerlikheid ontvang, wel nie ontvang nie, ons het dit reeds, maar dit

sal ten volle aan ons geopenbaar word.

Ons sal ook op die bestemde tyd verheerlik word met verheerlikte liggame.

1 Kor 15 handel oor die opstanding van die liggaam.

Ons bêre ‘n koringkorrel in die aarde en ‘n verheerlikte koringplant sal daaruit opstaan.

As iemand aan jou vra of jy verlos is kan jy op drie maniere antwoord:

• Ja ek is reeds verlos deur Jesus Christus se kruisdood en opstanding.

• Ja ek is verlos deur die voortgaande werk van die Heilige Gees in my.

• Ja ek gaan finaal verlos word met die wederkoms.

Die verwagtingskarakter is dat ons alreeds gered is, maar nog wag op die volkome verlossing

waar siel en liggaam en die aarde gered en nuutgemaak sal word.

Hierdie hoop – elpida – hoop - is nie ‘n vae verwagting nie, maar ‘n sekerheid in Jesus

Christus wat nog net nie ten volle ons sin is nie, maar alreeds belowe en voor betaal is.

Dit is soos om ‘n kar te koop. Jy sien hom in die motorhawe, jy betaal hom, maar jy kan

hom eers môre gaan haal. As jy klaar betaal het en die registrasie-papiere het is dit jou kar,

al staan hy nog nie in jou garage nie.

Ons is aangenome kinders, dit is kinders wat ook deel in die erfenis.

Hierdie aangenome kinders het twee betekenisse:

• Ons is alreeds aangeneem daarom is ons in God se familie ingebring.

• Aan die ander kant wag ons nog op die finale aanneming, omdat ons nog nie in al die

voordele wat aan ons belowe is, die ewige lewe, deel het nie.

Die Heilige Gees is ook aan ons gegee as die eerste gawe van God.

God het die Heilige Gees aan ons gegee sodat ons nou reeds weet dat ons sy kinders is.

Wat doen die Heilige Gees?

Rom 8:15 “Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer

in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat

ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader.”

32

2.3 Die Heilige Gees sug/bid vir ons Rom 8:26,27

Die gebed is sekerlik een van die maklikste en moeilikste opdragte in die Woord.

Hoeveel boeke is daar nie al geskryf oor die gebed nie.

- Hoekom moet ek bid?

- Waarvoor moet ek bid?

- Hoe moet ek bid?

- Kan ek met ‘n vaste vertroue bid?

- Moet gebede altyd relatief gemaak word met die woorde: ‘As U wil’?

- Wat gebeur as ek verkeerd bid?

- Sal my gebede God van gedagte laat verander?

- Is dit regtig nodig om te bid?

- Is my gebede voor God aanneemlik?

Die Heilige Gees self pleit vir ons met VERSUGTINGE

26) "Die Gees staan ons ook in ons swakheid by; ons weet nie

wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir

ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie."

27) En God,wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van

die Gees is, want Hy pleit,volgens die wil van God vir die

gelowiges."

Ons het versugtinge, maar hoe lê ons dit voor die Here?

Paulus wys ons hier op ons swakheid.

Want ons weet nie reg hoe en wat om te bid nie (v26).

Dat ons moet bid, dit weet ons.

Maar presies

• Wat moet ons bid?

• Wat is volgens die wil van God?

• Hoe moet ons bid?

• Wat daarvan as ek weens my swakheid of ’n probleem nie kan bid nie?

• Ons kan tog nie elke gebed die onse Vader bid nie!?!?!?

• Die Gees staan ons by in die swakheid van ons gebedslewe.

• In die gebrokenheid en ontoereikendheid van osn bede dsat God die finale verlossing

sal bring, ondersteun die Gees o ns deur vir ons te pleit met versugtinge wat nie met

woorde gesê kan word nie.

33

• Ons swakheid bestaan daarin, dat ons ween sons sonde en swakheid, nie reg weet

presies hoe ons moet bid, sodat die gebed voor God 100% reg is nie.

• Waar menslike vermoëns egter te kort skiet, daar neem die Gees egter oor en bid

vir ons voor God se aangesig.

• Die versugting van die Gees is hier eerder die eie bede van die Gees, as wat dit sy

werking in die spreek in tale is.

• Dit sluit aan by ons sugte en die van die skepping.

• Waar ons nie weet wat ons moet bid voor God nie, weet die Gees wat self God is

presies wat om te bid.

• God ken ons harte ten volle.

• Die Heilige Gees self God, wat aan ons gegee is as Trooster om ons te lei, sal self

presies die regte gebede bid wat nodig is wat God wil hoor.

Vier baie belangrike afleidings oor die gebed volgens Rom 8:26,27

• Ons is veronderstel om te bid.

• Moet nooit dink dat gebed maklik is nie.

• Wees deeglik onder die indruk wat jy besig is om te doen as jy bid.

• Wees versterk deur hierdie verse in Rom 8:26,27 dat die Heilige Gees wel vir jou

intree as jy bid.

4 Wat is God se wil Rom 8:27

(Feenstra JG, vertaling deur Zeeman MTS. 1981. Leer en Lewe. Eenvoudige Geloofsleer –Leesboek.p45-46)

Hiedie is sekerlik ook een van die moeilikste sake om te verstaan.

• Wat is God se wil?

• Wat wil God hê moet ek doen?

• Hoe moet ek God loof en prys?

NB In die dogmatiek onderskei ons God se verborge wil en sy geopenbaarde wil.

NB Alhoewel ons hierdie onderskeiding maak, kan ons hulle nooit skei nie, omdat hulle

een wil is. (Feenstra.1972:46)

Feenstra verduidelik God se wil as volg.

As daar twee gate in ‘n plafon is met ‘n katrol bo-op die plafon en ‘n tou wat deur die twee

gate hang, waar die een die geopenbaarde wil openbaar en die ander tou die verborge wil.

God het net een wil, dit is die tou.

Mense sien egter twee toue.

Die perfeksionis wil die tou van die geopenbaarde wil vat en sy eie heil uitwerk en dan dink hy

hy doen 100% God se wil

Die mistikus of garismaat wil die tou van God se verborge wil vat en alles wat gebeur is

geheimsinnig, God se wil. (Feenstra.1972:46)

34

Kom ons luister na Fil 2:12,13,14 “...Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam

gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid,

werk julle ei heil uit met vrees en bewing; want dit is God wat in julle werk om te wil sowel

as om te werk na sy welbehae. Doen alles sonder murmurering of teëspraak.”

Ons kan God se geopenbaar wil ook omskryf met dit wat God in sy Woord openbaar en wat

Hy van ons verwag wat ons moet doen.

God se verborge wil is wat in sy Raadsplan vasstaan en wat Hy doen.

Jes 55:8,9 “My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die

Here; soos die hemel hoër is as die aarde so is my optrede verhewe bo julle

optrede.”

Mat 7:21 “Want nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! Sal ingaan in die koninkryk van die

hemel nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.”

Mat 12:50 “Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is, die is my broer

en my suster en moeder.”

Rom 12:2 “Word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie nie, maar word verander deur

die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en

welgevallige en volmaakte wil van God is.”

God het aan ons norme (beginsels) gegee waarvolgens ons moet lewe.

Daarom leer ‘n kind van die Here om te bid: “Here, wat wil U hê dat ek moet doen.”

En ons Here Jesus het vir ons geleer om te bid: ‘Laat U wil geskied, ook in die hemel soos

ook op die aarde.”

Ons moet ons amp amp en beroep so getrou verrig as wat die engele in die hemel dit doen.”

(Feenstra.1972:46)

5 Alles werk vir die mens ten goede mee Rom 8:28

• God laat alles ten goede meewerk vir ons ewige saligheid

“Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet, die wat volgens sy besluit

geroep is.” (Rom 8:28)

Hierdie is ’n uitroep van oorwinning vir elke gelowige.

Hierdie woord is vir elke christen die versekering en vertroosting dat ons hemelse Vader totaal en al

vir ons sorg.

Hierdie vers moet ons van blydskap laat jubel.

35

Die bedoeling van die vers is nie eerstens dat alles op aarde vir ons net goed en volmaak sal wees nie,

maar dit dui daarop dat God alles ten goede sal meewerk, sodat ons die versekering kan hê dat ons

erfgename van die koninkryk is.

God het vooruit bestem, God het ons uitverkies, sodat ons verseker kan wees van ons ewige

saligheid.

Al die lyding wat ons nou moet verduur sal ten goede meewerk vir ons.

Hier lees ons die eerste keer van die christen se liefde vir God.

In hierdie vers is daar vier sake waaraan ons aandag moet gee!

• Hierdie belofte is net van toepassing op Christene.

• Alles werk ten goede mee, beteken om al meer en meer soos Christus te wees. Baie mense

en christene wil hierdie as ’n welvaartsteks sien en verklaar dit dat alle christen sal ryk word

en dit sal met hulle net goed en welvarend en voorspoedig op aarde gaan. Wat hier bedoel

word is dat met elke christen sal dit so gaan dat hulle op pad is na die ewige lewe, waar daar

nie pyn, hartseer, trane of enige-iets anders sal wees nie. Alles wat goed is word dan verder

verklaar in Rom 8:29,30. Goed beteken om al meer aan Christus gelykvormig te wees.

• God gebruik selfs lyding en swaarkry om op die ou einde die goeie te laat seëvier.

• Ken is beter as gevoel. Hierdie is ’n baie belangrike saak. Want gevoel is gebaseer op ’n nie

aanwysbare, wisselvallige saak. Ons as Christen weet egter wat God in sy Woord aan ons

geopenbaar het, daarom WEET EN KEN ons God se goeie dinge.

6 ‘n Goue ketting van God se genade Rom 8:29-30

Ons het hier ‘n goue ketting van God se genade:

• Uitverkiesing

- Dit gaan hier direk oor God se uitverkiesing.

- God roep sy kinders wat Hy uitverkies het.

- Hierdie uitverkiesing het gebeur lank voor die wêreld geskep is.

Ef 1:4,5,11

4) “So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus

uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees.

5) In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook

al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees.

11) Deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos

Hy dit voouit al bestem het. So het Hy Hom dit voorgeneem, Hy

wat alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit.”

• Roeping

In Ef 4:1 “Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van

God ontvang het.” (NAV)

God roep ons as sy kerk om as ’n eenheid Hom te dien.

36

Daarom moet ons ons roeping uitleef op die grondslag van die fundamentele waarhede en

dogmas uit die Woord.

As ’n kerk gebou word op enige ander grondslag of fondament as op die suiwere Woord,

staan die kerk op baie wankelrige pilare.

In Ef 4:2-3 gee Paulus die gesindheid van die christelike lewe deur en in Ef 4:4-6 gee Paulus

sewe basiese pilare wat alle christen saambind.

• Vryspraak

• Verheerliking

Ons hoor hier amper al agt sake van die Heilsorde.

Die Heilsorde

• Roeping

• Wedergeboorte Joh 3:3-13

• Geloof Ef 2:8-10

• Bekering HK Son 33

• Regverdigmaking / Vryspraak Rom 3:23,24 Rom 5:1 NGB art 22 HK Son 23

• Heiligmaking / Daaglikse bekering NGB art 24 HK Son 33

• Volharding van die Heiliges. Rom 11:9; 1 Petr 5:10;

• Die Heerlikmaking HK Sondag 22

Samevatting

Ons moet nie moedeloos word in ons lewens nie.

Ons moet nie moedeloos word in Suid Afrika nie.

Ons kan vas en seker weet, as ek seker is van my uitverkiesing, kan ek ook seker wees dat God my sal

bewaar deur alles heen wat met my gebeur.

Maklik op aarde het God nooit gesê sal dit wees nie.

Maar dat God altyd by my is en vir my sorg, dit is altyd waar.

Daarom sien ons uit na die ewige heerlikheid, die heerlikheid om ten volle te ken en om by God te

wees.

37

Vryheid van vrees

Meer as oorwinnaars

Romeine 8:31-39

Inleiding

As jy hierdie gedagte-eenheid/perikoop met groot aandag en ontsag lees, dan staan jy

verstom voor die rykdom en genade en vertroosting wat die christen hier kry.

As jy hierdie 9 verse verstaan, dan verstaan jy dat jy as christen, totaal in God se liefde

toegevou is en veilig is.

Dan verstaan jy dat jy nooit meer hoef te twyfel oor jou ewige bestemming nie.

Dan verstaan jy dat jy vir niks en niemand bang hoef te wees op aarde of waarookal nie.

Boice, ‘n kommentator het oor die gedeelte gesê:

“Daar kom ‘n tyd wanneer jy besef jy het die hoogtepunt van ‘n saak gekry, ervaar of

gehoor en dit laat jou spraakloos!” (Vry vertaal. Boice.1992:951)

Hierdie gedeelte is al genoem:

• Die lied van sekerheid

• Die oorwinningslied.

• Die hoogste plato van die hele Goddelike openbaring.

• Hierdie is ‘n bergtop paragraaf.

• Hierdie die Everest top/piek van die brief en die hoogste piek van die Himalajas

bergreeks van die Skrif.

Die hele Romeine 8 begin dogmaties by die laagtepunt: “Daar is geen veroordeling...” 8:1

en eindig met “...meer as oorwinnaars...” 8:37

‘n Kommentator John R. W. Stott het oor Romeiene 5-7, Vyf (5) onteenseglike,

onweerlegbare bevestigings gegee vir die gelowige gevolg deur Vyf (5) onbeantwoordbare,

(unanswerable questions) vrae:

Ons kan hierdie gedeelte, Rom 8:31-39 in twee gedeeltes verdeel:

Eerstens handel dit oor regsmotiewe en vrae van ons geregtigheid voor God.

Tweedens handel dit oor God se oorheersende liefde in en deur Jesus Christus vir ons.

Vyf onweerlegbare bevestigings

• Voorafkennis

• Predestinasie

• Roeping

• Regverdigmaking

• Verheerliking

38

Vyf onbeantwoordbare vrae

Streng gesproke is daar sewe vrae in Rom 8:31-39, twee vrae elk in verse 31,35 en een vraag

elk in verse 32,33,34.

Gewoon (’33)

Italic (’83)

Vraag 1 31) Wat sal ons dan van hierdie dinge sê?

(’83) Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge?

Vraag 2 As God vir ons is, wie kan ten ons wees?

(’83) Dit: God is vir ons, wie kan dan teen ons wees?

Vraag 3 32) Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal

oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk

nie?

(’83) Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?

Vraag 4 33) Wie sal beskuldigings inbring teen die uitverkorenes van God?

(’83) Wie kan die uitverkorenes van God aankla?

Vraag 5 34) Wie is dit wat veroordeel?

(’83) Wie kan ons veroordeel?

Vraag 6 35) Wie sal ons skei van die liefde van Christus....?

(’83) Wie kan ons van die liefde van Christus skei?

Vraag 7 Lyding of benoudheid, of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard?

Hoekom is dit onbeantwoordbaar?

Want daar is nie ‘n antwoord, wat die vrae waar kan maak nie.

Die vrae se antwoorde is positief en die waarheid.

Die antwoorde op die vrae is onweerlegbaar waar.

John Stott het hieroor gesê: (Aangehaal uit Boice.1992:953)

“The apostel hurls these questions out into space, as it were, defiantly, triumphantly,

challenging any creature in heaven or earth or hell to answer them or to deny the truth that

is contained in them. But there is no answer, for nobody and nothing can harm the

redeemed people of God.”

Dit laat my dink aan wat Job gesê het in:

Job 39:36-38: “...nou sal ek stilbly...”

Job 42:1-6: “...en nou verag ek myself, nou sit ek vol berou, in sak en as.”

Die kerngedagte is en bly:

• God is getrou!

• God se verbond staan van geslag tot geslag!

• God het die wet op Horeb gegee!

39

• God het Jesus Christus gestuur om in ons plek te betaal vir ons sondes!

• God het die Heilige Gees gestuur om in ons harte te woon en te werk en ons te lei!

• God se liefde, is alleroorheersend groot.

Ons kan hierdie gedeelte, Rom 8:31-39 in twee gedeeltes verdeel:

Eerstens handel dit oor regsmotiewe en vrae van ons geregtigheid voor God.

Tweedens handel dit oor God se oorheersende liefde in en deur Jesus Christus vir ons.

Die sleutelvraag is en bly:

“Wie of wat kan ons van die liefde van Christus skei?” Rom 8:35a

Die antwoord moet ons gee:

• God het ons eerste liefgehad!

• God is liefde!

• God se liefde is onverganklik vir sy kinders!

Wie of wat kan dus teen God stand hou?

Streng gesproke is daar 7 vrae in verse 31-35.

Twee vrae elk in 31 en 35.

Een vraag elke in 32,33,34

Rom 8:31

Vraag 1 of Stelling 1 Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge?

Streng gesproke is hierdie nie ‘n vraag nie, maar ‘n oorgangsvraag, eintlik ‘n gevolgtrekking

van die vorige verklarings na die samevattende gedeelte, die oorwinningslied.

Wat Paulus eintlik hier vra is: (vry vertaal)

“In die lig van wat ek julle in onderrig het, geleer het, wat is die gevolgtrekking of konklusie

of samevatting van alles?”

So het ook die laaste twee vrae in vers 35 dieselfde strekking!

• Wie kan ons van die liefde van Christus skei?

• Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard?

Die vyf vrae wat dan eintlik gevra word handel oor dinge of sake of mense wat ons moontlik

van God se liefde of trou of genade kan aftrek of wegtrek.

Eintlike Vraag 1 “Wie kan dan teen ons wees?” Rom 8:31b

40

Ons kan antwoord dat daar baie is.

In die Kategismus antwoord ons in Son 52 vr en antw 127 dat daar drie is:

• Die Satan. 1 Petr 5:8 Die satan loop rond soos ‘n brullende leeu en soek wie hy kan

verslind. Hy het vir Eva en Adam verlei. Hy het vir Juda met Tamar verlei. Hy het

diewe, moordenaars, tollenaars en sondaars verlei.

• Die wêreld. Die wêreld hou nie van christene nie want die christene is teen die

wêreldse plesiere en verleidinge. Die wêreld wil hê ons moet konformeer na die

wêreld toe, wêreldgelykvormigheid. Anders is hulle teen ons en sal ons te nakom.

• Ons eie vlees. Ons het die sonde in ons, in sonde ontvang en gebore. Die saad van

die sonde is in ons. Ons is nie in staat om dit te ontvlug nie, maar moet gedurigdeur

daarteen stry.

Hierdie drie kan nie teen ons wees nie, hulle is teen ons.

In die ’33 vertaling word die vraag baie beter gestel:

“As God vir ons is, wie kan teen ons wees?” v31

Ei – grieks As is die griekse woord wat dui op ‘n feit nie op ‘n moontlikheid nie.

As dui ook op ...vandat God vir ons is...

Die griekse woord vir, “...vir ons is...” is huper wat beteken: As God dan super/oortreffend/

totaal vir ons is... Wie kan dan teen ons wees?

God het ons vooraf bestem om aan sy Seun gelykvormig te wees en te word?

Daarom het God ons reeds: bestem, geroep, vrygemaak, en verheerlik? V30

Alles wat teen ons is God is vir ons

God is aan ons kant

Boice sê as ons alles wat teen ons is, soos die Satan en die wêreld en ons eie vlees en ons

vergelyk dit met grondboontjies (peanuts) en dan op die ander kant van die skaal kom God

se genade en liefde vir ons dan is dit soos ‘n klompie grondboontjies aan die een kant van

die skaal en yster – aambeeld aan die ander kant. Die skaal sal met ‘n slag afkom en die

peanuts sal oor die wêreld heen versprei. (Boice.1992:951)

Wie kan teen God standhou? Niks en niemand nie.

Ps 23:4 “Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by

my. In U hande is ek veilig.”

Ps 27:1 “Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my

41

toevlug, vir wie sou ek vrees.”

Ps 56:9-10 “My ellende het nie ongemerk by U verbygegaan nie, U het op my trane gelet.

In u boek staan hulle opgeteken. Die dag wanneer ek na U roep om hulp, val

my vyande terug. Dit weet ek: God is aan my kant.”

Ps 118:6 “Die Here is by my, ek ken geen vrees nie; wat kan ‘n mens aan my doen?”

Rom 8:32 Vraag 2 “...hoe sal Hy (God) nie saam met Hom ons ook alles genadiglik

skenk nie?”

Die argumentasie hier is dat God vir ons so goed was, dat Hy sy eie seun op Golgota vir ons

gekruisig het, geoffer het, hoekom sal Hy dan nie ook nou steeds en nog meer vir ons goed

wees nie.

Die groot geskenk aan die kruis waarborg ook die ander geskenke van geloof en die ewige

lewe.

Gen 22:12,15-18 Abraham moes vir Isak gaan offer het.

12) “Toe sê God: ‘Los jou seun! Moenie iets aan hom doen nie. Nou weet Ek dat jy My

dien: jy het nie geweier om jou seun, jou enigste seun, aan My te offer nie.

15-18) Die Engel van die Here het weer uit die hemel na Abraham geroep en gesê: ‘Dit is

Ek, die Here, wat praat. Ek lê ‘n eed af by Myself dat Ek jou baie sal seën oor wat jy

gedoen het: jy het nie geweier om jou seun, jou enigste seun, aan My te offer nie.

Ek sal jou vrugbaar maak en jou nageslag so baie maak soos die sterre aan die

hemel en soos die sand van die see. Jou nagesalg sal die stede van sy vyande in

besit neem. In jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën wees, want jy

het My gehoorsaam.”

God het Abraham gespaar van die offer van sy seun.

God het Homself nie gespaar nie, maar die volle pad gestap.

“Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom skenk nie?” Rom 8:32b

Die ander dinge is al die seëninge wat nog in vervulling moet gaan.

Dit is die nog onvervulde Godsbeloftes.

Rom 8:17 “En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename.

Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus.

Aangesien ons deel het aan sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid.”

Vrae

1 Sal God nie vir ons moeg raak nie?

2 Sal God nie van ons vergeet nie?

3 Sal God nie na iets of iemand toe gaan, wat meer betroubaar is as ons nie?

42

Die antwoord opbogenoemde vrae, lê juis in Rom 8:32

• God het dan sy eie Seun nie gespaar nie, God het ons so lief.

• God is ‘n onveranderlike God.

• God is getrou.

• God kan nie aan Homself ontrou wees nie.

Die antwoorde op al vyf hierdie vrae het as Fondament, ‘n onveranderbare waarheid, die

Waarheid is Jesus Christus.

Paulus wys ons hier op Jesus Christus wat tot aan die kruis moes sterf.

Hierdie is nie ‘n ligtelike sakie nie, hierdie is nie in baie groot respek gestel, ‘n speletjie van

God nie. Hy het doelbewus sy Seun gegee vir ons.

Byvoorbeeld

1 Ons het krag nodig om versoekinge te weerstaan.

• Gee God aan ons krag of gee Hy nie genoeg krag nie?

• Hoekom val ons tog in versoekings?

1 Kor 10:13 “Geen versoeking wat meer is as wat ‘n mens kan weerstaan het julle

oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte

versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee,

sodat julle dit kan weerstaan.”

2 Waar sal ons krag kry om staande te bly?

• Ons het ‘n vriend en vriende nodig om ons te help.

• Nie vriende soos Job wat hom beskuldig nie, maar ‘n ware opregte vriend.

• Nie bloot ‘n boesemvriend soos Dawid en Jonathan nie.

• Jesus is ons Vriend, L.W. ons is nie sy vriende nie, Hy is te almagtig, maar Hy is

ons vriend.

Joh 15:15-17 “Ek (Jesus) noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want ‘n

ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende,

omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het aan julle bekend gemaak

het. Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle

aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die

Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra. Dit beveel Ek julle:

Julle moet mekaar liefhê!”

Ps 32:10 “Die goddelose het baie smarte, maar wie op die Here vertrou,

die omvou Hy met sy liefde.”

43

God sal ons alles gee wat ons nodig het!

Fil 4:19 “En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien

volgens sy oorvloedige rykdom in Christus Jesus.”

Rom 8:33 Vraag 3 “Wie kan die uitverkorenes van God aankla?

Hierdie vraag word gestel asof ons in ‘n hofsaak betrokke is.

Ons staan in die beskuldigde-bank.

Ons is die christene, God se kinders, God se uitverkorenes.

Hierdie is meer ‘n uitroep van sekerheid as ‘n vraag.

Tog is dit ook ‘n vraag in ‘n gekwelde gemoed.

Voor die regbank van God kan niemand enige wettige klag teen God se uitverkorene inbring

nie.

Hulle IS reeds vrygespreek en verlos.

Dink hier aan die beeld van Sagaria 3.

Jesua die hoëpriester staan in die tempel om te offer by die Engel van die Here.

Satan staan ook daar besig om hom aan te kla omdat hy vuil klere aanhet. V3. Hy wil daarop

wys dat Jesua nie geskik is om die amp as hoëpriester te beklee nie vanweë sy sondes.

Maar God sê dat Hy Satan sal straf en dat Hy vir Jesua skoon klere sal aantrek Vers 2 lees ons dat Jesua vergelyk word met ‘n stuk hout wat brand en uit die vuur geruk is.

NB Vgl 1 Kor 3:11b-15 God se kinders sal gered word maar soos deur vuur heen.

Jesua is deur die werk van Jesus Christus skoongewas en regverdig verklaar om die werk te

kan doen.

• Die Satan kla ons aan.

• Ons gewete kla ons aan. 1 Joh 3:20

• Baie ander mense wil ons aankla.

Maar God spreek ons vry deur Jesus Christus.

• Wie kan ons aankla as die Hoogste Regter, God self ons reeds

vrygespreek het!

Rom 8:34a Vraag 4 “Wie kan ons veroordeel?...”

Vraag 3 en 4 lyk asof dit oor dieselfde saak handel, dieselfde vraag vra.

Daar is egter ‘n verskil.

As God ons vrygespreek het, wie kan ons dan veroordeel?

Niemand kan tog wat God gespreek het weerlê nie.

44

Jesus Christus het in ons plek gesterf, maar God het Hom ook opgewek en verhoog en Hy sit

aan die regterhand van God. Ps 110:1b

Om aan die regterhand van God te sit dui op die mag en gesagsposisie wat Jesus Christus

beklee.

Dit is ‘n ereposisie.

As die Satan aankla, sit Jesus direk by God aan sy regterhand en pleit vir ons en stel ons saak

en God vergewe.

Jesus is ons Advokaat en Pleitbesorger voor die regbank van God.

1 Joh 2:1 “Dit skrywe ek aan julle, my liewe kinders, dat julle nie moet sondig nei. En as

een van ons sondig – ons het Jesus Christus, die regverdige, as ons Voorspraak

by die Vader.”

Heb 7:25 “Daarom kan Hy ook die wat deur Hom na God gaan, eens en vir altyd verlos:

Hy lewe vir altyd om vir hulle by God in te tree.”

Ps 37:32,33,34

32) “Die goddelose lê die regverdige voor en soek ‘n kans om hom dood te maak,

33) maar die Here los hom nie in die mag van die goddelose nie en laat nie toe dat hy en laat nie toe dat hy en laat nie toe dat hy en laat nie toe dat hy

veroordeel wordveroordeel wordveroordeel wordveroordeel word as hy voor die regbank staan nie.as hy voor die regbank staan nie.as hy voor die regbank staan nie.as hy voor die regbank staan nie.

34) VertrouVertrouVertrouVertrou op die Here en bly op sy weë; Hy sal jou weer laat opstaan om die land te

besit, en jy sal die ondergang van die goddeloses aanskou.”

Boice 1992:956 verduidelik die Trooster, Advokaat, Jesus Christus aan die regterhand van

God as volg:

Ons het hier die prentjie van ‘n “Regsfirma” waar die een tak op aarde is en een tak

in die hemel.

In die hemel is die Pleitbesorger of Advokaat Jesus Christus aan die regterkant van

God. 1 Joh 2:1 “...ons het Jesus Christus, die regverdige, as ons voorspraak by die

Vader.”

Op aarde is die Trooster die Heilige Gees wat vir ons intree met hartlike versugtinge.

Rom 8:26,27

Rom 8:35 Vraag 5 “Wie kan ons van die liefde van Christus skei?...”

Ons lees in die Hoëpriesterlike gebed in Joh 17 dat Jesus Christus die volgende bid en

konstateer in Joh 17:12 “Toe Ek by hulle was, het Ek hulle in U Naam bewaar, die Naam

wat U My gegee het. Ek het hulle beskerm, en nie een van hulle het verlore gegaan

nie, behalwe die een wat verlore moet gaan, sodat die Skrif vervul kan word.”

45

So, wie kan ons van die liefde van Christus skei?

• Niemand nie.

• Niks nie.

Paulus noem in vers 35b sewe sake wat ons moontlik van die liefde van Christus kan skei nl.

Lyding; benoudheid; vervolging; honger; naaktheid; gevaar; swaard

‘n Goeie beeld wat ons kan gebruik om te wys dat niks ons van liefde van Christus kan skei

nie, is die volgende:

‘n Bergklimmer word met ‘n tou aan ‘n rots vasgemaak of aan sy medeklimmers, so

al val hy of sy, hou die tou hulle vas.

So is ons met ‘n tou, geloof en die Heilige Gees, aan God vasgemaak en niks kan ons

skei van die liefde van Christus nie. Daar is ‘n onlosbreekbare tou, band, verbond wat

ons aan Christus verbind.

Prakties is dit so dat die christen soms gly en val, maar die tou hou hom/haar vas

sodat hy/sy weer op sy bene kom en kan aangaan met die staptog.

Ons is aan God verbind met Sy genade, onveranderlike, ewige en onvernietigbare

liefde.

Rom 8:37 “Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons

liefhet.”

Hupernikomen – huper – nikau – nike – dit is die enigste plek in die Nuwe Testament waar

hierdie besondere werkwoord gebruik word.

Meer as oorwinnaars.

In al hierdie dinge – dui op wat ons in vers 35 gelees het, is ons meer as oorwinnaars.

Rom 8:38 “Hiervan is ek (Paulus) oortuig:...”

Hier bereik ons oorwinningsversekering ‘n hoogtepunt in Paulus se eie woorde,

Hiervan (Rom 8:37) is ek oortuig – grieks pepeismai

Rom 14:14 “Omdat ek die Here Jesus ken, weet ek en is ek daarvan oortuig dat niks vanself

onrein is nie...” Dit gaan hier daaroor dat jy nie iemand moet aanstoot gee met wat jy eet

nie.

Hier is ‘n tiental bedreiginge wat Paulus noem en hy rangskik hulle met 2+2+2+1+2+1=10

• Geen dood of lewe 2

Paulus begin met die mees ingrypendste saak, die dood, wat vir die mens baie, uiters

traumaties is.

46

Maar Paulus het ook in 1 Kor 15:55,56 geskryf:

“Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal.

Dood waar is jou oorwinning?

Dood waar is jou angel?”

Die dood bring juis vir Paulus dit waarna hy uitsien en wat verreweg die beste is.

Fil 1:20-23 “Dit is my vurige verlange, en daarna sien ek uit, dat ek niks sal doen

waaroor ek my sal hoef te skaam nie. Ek wil ook nou, soos nog altyd, met alle

vrymoedigheid deur my hele wese Christus verheerlik in lewe en in sterwe, want om

te lewe, is vi my Christus, en om te sterwe, is vir my wins. As ek in die lewe bly, kan ek

voortgaan met vrugbare arbeid. Wat ek moe kies, weet ek nie. Ek is in ‘n tweestryd:

ek verlang daarna om heen te gaan en met Christus ge wees, want dit is verreweg die

beste,”

Die lewe met al sy lyding en swaarkry hier op aarde, kan ons ook nie van die liefde

van God skei nie

• Of engele of magte (owerhede) 2

Engele

Magte dui op bo-menslike Christus-vyandige geesteliek wesens wat di emenslike

lewe en geskiedenis beïnvloed.

1 Kor 15:24 “Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninskap aan God die Vader

oordra, nadat Hy elke mag, elke gesag en krag venietig het.”

Ef 1:19-23 “en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is

dieselfde kragtie werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die

dood opgewek en Hom in die hmele aan sy regterhand laat sit het; hoog bo elke mag

en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net

in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom. Ja aan Hom het God alles

onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as Hoof van die kerk. Die kerk is

sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.”

Ef 3:10 “Maar nou het God die ryke verskeidenheid van sy wysheid deur die kerk

bekend laat word aan elke mag en gesag in die hemelruim, soos Hy Hom van

ewigheid af al voorgeneem het om dit deur Christus Jesus, ons Here, tot uitvoering te

bring.”

• Teenswoordige of toekomstige dinge 2

Ook teenswoordige of toekomstige dinge hou vir die christene se verhouding met

God geen bedreiging in nie.

47

• Of kragte 1

1 Kor 15:24

Ef 1:19-23

Ef 3:10

• Hoogte of diepte 2

Hierdie dinge dui op enige-iets in sy volle omvang of aanslag, vanuit die hemel of van

onder die aarde, niks kan ons skei van die liefde van Christus nie.

• Of enige-iets anders (1) in die skepping ons kan skei van die liefde van God nie, die

liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

Hier sluit Paulus enige moontlike bedreiging in .

Daar is niks en niemand wat ‘n wig kan indryf tussen die gelowige en die liefde van

God in en deur Jesus Christus ons Here nie.

Samevattend ‘n paar praktiese vrae en troosvolle antwoorde uit Rom 8

Hierdie is seker die hoofstuk in die Bybel wat die meeste troos bied.

Hier is antwoorde op die mees siels-kwellende vrae.

1 Gaan ek as christen veroordeel word en dalk te lig bevind word vir die hemel?

Rom 8:1 “Daar is dus nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie.”

2 Hoe kan ek verseker weet dat ek ‘n christen is?

Rom 8:5 “Die wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers, hou hulle besig met

die dinge van die sondige natuur, maar die wat hulle deur die Gees laat beheers, hou

hulle besig met dienige van die Gees.”

3 Ek weet dat ek God liefhet, maar hoe sal ek weet dat Hy my liefhet as sondaar?

Rom 8:28 “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet,

die wat volgens sy besluit geroep is.”

4 Ek weet dat God my liefhet, maar sal Hy my altyd liefhê? Ek sondig dat elke dag

meer en meer.

Rom 8:38,39 “Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of

teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders

in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in

Christus Jesus ons Here.”

48

5 Hoe sal ons weet dat ons gebede effektief en reg is vir en voor God?

Rom 8:26,27

6 Hoe sal ons rykdom ken en evalueer in die hiernamaals?

Rom 8:17,18

7 Wat is volgens Rom 8 die christen se hooftaak of doel op aarde?

Rom 8:14,4 Gal 5:22,23

8 Mag die christen optimisties en lewensbly wees?

Die christen alleen van alle mense het hierdie reg. Rom 8:15-18 Ons is nie meer

slawe wat in vrees leef nie, maar kinders van God wat in blydskap en verwagting leef.

Ook in Rom 8:35-39 lees ons dat niks en niemand ons ooit kan skei van die liefde wat

God vir ons het in en deur Christus nie.

Twee verse as finale opsomming

Rom 7:24,25 “Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos?

Aan God die dank! Hy doen dit deur Jesus Christus ons Here.

So is dit dus met my gesteld: met my gees dien ek die wet van God, maar in

my doen en late die wet van die sonde.”

Rom 8:37 “Maar in al hierdie dinge is ons MEER AS OORWINNAARS deur Hom wat vir

ons liefhet.”