bylae 2 voorbeeldvraestelle - vivlia publishers - an independant,...

35
1 Bylae 2 Voorbeeldvraestelle Voorbeeldvraestel van toets Lees, kyk en geïntegreerde taalleer Tyd: 1½ uur Totaal: 50 punte Vraag 1: Lees en kyk Rykes streef om te kom waar armes begin Anélda Reinecke 1. Die gierigheid van die mensdom is onversadigbaar, het Aristoteles 23 eeue gelede geskryf oor die wyse waarop die mens oombliklik ’n nuwe begeerte ontwikkel sodra die vorige een bevredig is. 2. Volgens Allan Thein Durning, ’n navorser by die World Watch-instituut, het groter materiële verbruik nie groter geluk tot gevolg gehad nie. 3. In dollars gemeet het die wêreldbevolking sedert 1950 net soveel goedere en dienste verbruik as al die vorige generasies tesame. 4. Enige verwantskap tussen inkomste en geluk is relatief eerder as absoluut. Die geluk wat mense uit verbruik kry, is gegrond op hoeveel hulle verbruik in vergelyking met hul bure en hoeveel hulle verbruik in vergelyking met wat hulle voorheen verbruik het. 5. Die ekonomie van tyd is die kern van enige ekonomiese handeling. Tydsbesparing en produktiwiteit gaan hand aan hand. Ons weet daar word geglo aan tegnologie wat in die naam van vooruitgang aangewend word omdat algemeen aanvaar word dat dit beter is om dinge vinniger as stadig te doen. 6. Maak die inkopiesentrum dit werklik makliker wat betref tydsbesparing? 7. ’n Mooi staaltjie van die skrywer Heinrich Boll illustreer die futiliteit van die maalkolk van sinlose besteding: 8. ’n Toeris kom op ’n visser af wat lê en slaap in sy visserskuit. Die toeris vra die visser waarom hy dan op só ’n volmaakte dag lê en slaap terwyl daar nog baie visse is om te vang. Die visser antwoord hy het die oggend genoeg gevang. 9. “Maar dink net,” sê die toeris, “as jy vier of vyf keer meer uitgaan, sal jy soveel meer vis vang, totdat jy later ’n motorboot of selfs ’n fabriek kan bekom.” 10. “En dan?” vra die visser. 11. “Dan kan jy rustig agteroor in die son sit en kyk na die mooi oseaan.” 12. “Maar dit is presies wat ek gedoen het voordat jy hier aangekom het.”

Upload: ngonguyet

Post on 12-May-2019

219 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

1

Bylae 2

Voorbeeldvraestelle

Voorbeeldvraestel van toets Lees, kyk en geïntegreerde taalleer

Tyd: 1½ uur

Totaal: 50 punte Vraag 1: Lees en kyk

Rykes streef om te kom waar armes begin Anélda Reinecke 1. Die gierigheid van die mensdom is onversadigbaar, het Aristoteles 23 eeue gelede

geskryf oor die wyse waarop die mens oombliklik ’n nuwe begeerte ontwikkel sodra die vorige een bevredig is.

2. Volgens Allan Thein Durning, ’n navorser by die World Watch-instituut, het groter materiële verbruik nie groter geluk tot gevolg gehad nie.

3. In dollars gemeet het die wêreldbevolking sedert 1950 net soveel goedere en dienste verbruik as al die vorige generasies tesame.

4. Enige verwantskap tussen inkomste en geluk is relatief eerder as absoluut. Die geluk wat mense uit verbruik kry, is gegrond op hoeveel hulle verbruik in vergelyking met hul bure en hoeveel hulle verbruik in vergelyking met wat hulle voorheen verbruik het.

5. Die ekonomie van tyd is die kern van enige ekonomiese handeling. Tydsbesparing en produktiwiteit gaan hand aan hand. Ons weet daar word geglo aan tegnologie wat in die naam van vooruitgang aangewend word omdat algemeen aanvaar word dat dit beter is om dinge vinniger as stadig te doen.

6. Maak die inkopiesentrum dit werklik makliker wat betref tydsbesparing?

7. ’n Mooi staaltjie van die skrywer Heinrich Boll illustreer die futiliteit van die maalkolk van sinlose besteding:

8. ’n Toeris kom op ’n visser af wat lê en slaap in sy visserskuit. Die toeris vra die visser waarom hy dan op só ’n volmaakte dag lê en slaap terwyl daar nog baie visse is om te vang. Die visser antwoord hy het die oggend genoeg gevang.

9. “Maar dink net,” sê die toeris, “as jy vier of vyf keer meer uitgaan, sal jy soveel meer vis vang, totdat jy later ’n motorboot of selfs ’n fabriek kan bekom.”

10. “En dan?” vra die visser.

11. “Dan kan jy rustig agteroor in die son sit en kyk na die mooi oseaan.”

12. “Maar dit is presies wat ek gedoen het voordat jy hier aangekom het.”

Page 2: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

2

13. Wat dié staaltjie treffend maak, is die sirkulêre struktuur van die storie: dat die rykes eintlik daarna streef om te eindig waar die armes begin.

14. As die verhaal van ontwikkeling daaroor gaan om progressief meer rykdom te versamel ten einde meer tyd te hê, dan sit vermoënde samelewings duidelik die pot mis.

Uit Beeld, 20 Desember 2003. Vrae

1. Watter afleiding kan gemaak word as Aristoteles dié uitspraak 23 eeue gelede gemaak het? (1)

2. Ongeveer hoeveel jaar gelede het Aristoteles dit kwytgeraak? Verduidelik hoe jy dit bereken het. (2)

3. Haal ’n woord uit die teks aan wat min of meer dieselfde beteken as verhaaltjie. (1)

4. Die woord begeerte word in paragraaf 1 gebruik. Wat is die verskil tussen ’n behoefte en ’n begeerte? (2)

5. Verduidelik die volgende sin in jou eie woorde: “Enige verwantskap tussen inkomste en geluk is relatief eerder as absoluut.” (paragraaf 4). (1)

6. Wat is die kern van paragraaf 5? (1)

7. Waarom sou produktiwiteit en tydsbesparing hand aan hand gaan? (1)

8. Skryf in jou eie woorde wat beteken: “Die staaltjie illustreer die futiliteit van die maalkolk van sinlose besteding:” (paragraaf 7). (2)

9. Watter paragraaf sluit direk by die titel aan? (1)

10. “…is die sirkulêre struktuur van die storie” (paragraaf 13).

10.1 Gee die sin in jou eie woorde weer. (1)

10.2 Hoe word hierdie woorde uitgehef? (1)

11. Met watter woord in paragraaf 5 hou die woord progressief (paragraaf 14) verband? (1)

12. Wat is ’n vermoënde samelewing (paragraaf 14)? (1)

13. Wat beteken die uitdrukking “om die pot mis te sit” (paragraaf 14)? (1)

Page 3: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

3

EN Bestudeer die volgende spotprent en beantwoord die gestelde vrae:

Uit 15 Jaar se Hal-Lou daar! deur Lou Henning. 14. Hoekom is hierdie spotprent skrynend ironies? (2) 15. Bestudeer die kuikentjies se kommentaar. Watter van die volgende beskryf dié

kommentaar die beste? (1)

a) sarkasme b) ironie c) hiperbool.

[20]

Page 4: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

4

Vraag 2: Opsomming

Lees die onderstaande teks en volg die instruksies noukeurig.

Hond, mens al 12 000 j. vriende Deur Leoni Benghiat 1. Die mens se beste vriend verstaan hom dalk baie beter as wat voorheen gedink is.

Navorsing het getoon dié twee spesies het baie sielkundige ooreenkomste.

2. Hoewel die mens en die sjimpansee geneties nader aan mekaar is, het die hond en die mens baie gemeen, veral wat betref persoonlikheidseienskappe soos nuuskierigheid, spelerigheid, geselligheid en aggressiwiteit.

3. Die enigste eienskap wat die mens nie met die hond deel nie, is die neiging om goed te jaag, volgens ’n artikel in die wetenskaptydskrif The scientist.

4. Honde reageer op mense se gesigsuitdrukkings en hul handbewegings, maar dit werk nie so goed met sjimpansees nie.

5. By die Hongaarse Akademie vir Wetenskap in Boedapest is bewys honde sal mense se gebare volg bo hul eie instink.

6. Die wetenskaplikes het Hongaarse salami wat baie sterk ruik onder ’n emmer gesit en ’n ander emmer wat niks onder dit het nie, is ’n entjie daarvan neergesit.

7. Die honde het na laasgenoemde emmer gegaan toe die wetenskaplikes daarna gewys het, omdat die diere die gebaar gevolg het.

8. Aan die New Ibera-navorsingsentrum in Louisiana kon sjimpansees kies of hulle kos wil bedel by ’n persoon met ’n emmer oor die kop of een sonder ’n emmer oor die kop.

9. Die sjimpansees kon nie verstaan daar is geen sin om te bedel by iemand wat hulle nie kan sien nie.

10. Daarenteen is honde gekonfronteer met twee onbekende vroue wat elk ’n lewertoebroodjie vasgehou het. Die een vrou het na die honde gekyk en die ander het haar kop weggedraai. Die honde het net kos gebedel by die vrou wat na hulle gekyk het.

11. Die meeste honde-eienaars sou al opgelet het dat hul honde minstens ’n paar woorde verstaan. Maar navorsers in Leipzig het afgekom op ’n skaaphond, Rico, wat 200 woorde kan verstaan.

12. Hy kan gevra word om na ’n kamer te gaan en ’n spesifieke voorwerp te gaan haal uit nege ander voorwerpe wat bekend is aan hom. Rico kon ook nuwe woorde leer ken, maar het dit ná vier weke vergeet.

13. Honde is dalk nie familie nie, maar hulle is al vir meer as 10 000 jaar die mens se vriend. ’n Graf wat in Israel gevind is met die oorskot van ’n vrou wat saam met ’n hond begrawe is, bewys dié verbintenis kom al 12 000 jaar.

Uit Naweek-Beeld, 15 Januarie 2005.

Page 5: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

5

Instruksies

Lees bostaande teks ’n paar keer aandagtig deur. Maak ’n opsomming van die inhoud van die teks. Die opsomming moet in een paragraaf aangebied word en moet in 80 tot 90 woorde afgehandel word. Dui die aantal woorde wat jy gebruik het, aan.

[10] Vraag 3: Lees en geïntegreerde taalleer

Gebruik die teks om die gestelde vrae te beantwoord. Kyk fyn vir die dansende ster in eenvoud Deur Wilhelm Jordaan 1. Agter in die motor sing ons vyfjarige kleinkind haar eie weergawe van Bobby McFerrin se

trefferliedjie Don’t worry, be happy.

2. Sy sing oor allerlei uitgedinkte “moeilikheid” wat jy kan teëkom. En rond dit telkens af met ’n uitbundige lakonieke laggie: “Don’t worry, be happy now!”

3. Wat my laat wonder. Het sy reeds iets van die vreemdheid van menswees gesnap? Dat mense so verteer raak deur kommer oor onbenullighede dat hulle hul ontneem van klein geluksmoontlikhede binne hulle in die oomblik van die “nou”?

4. Sonder dié vermoë raak ’n mens uitgelewer aan die hedendaagse gelukskultus wat geluk soos ’n gesogte trofee najaag – soos om van een prestasie ná ’n ander; van een verhouding ná ’n ander; van een spirituele sensasietjie ná ’n ander; van een werk ná ’n ander te jaag omdat jy glo die geluk lê elders.

5. Hieroor skryf Claudio Magris só in die kortverhaal To have been: “Being hurts, it doesn’t let up ever. Do this, do that, work, struggle, win, fall in love, be happy, you must be happy, living is this duty to be happy, if you aren’t it’s a disgrace. So, you do all you possibly can to obey, to be good and clever and happy.”

6. Die kultus sê daar móét geluk wees tot elke prys. Veel hiervan het te make met ’n nuwe soort mens wat hom in die weefsel van die samelewing tuisgemaak het – die vlugtige mens wat in ’n toestand van “permanente kortstondigheid” leef; soos ’n karakter in Edward Albee se The zoo story hom beskryf.

7. Dit is die mens wat in lewensonsekerheid en -angs vasgevang is en lewe asof op skuiwende sand. Om dié dinge te besweer, soek en klou hy vas aan elke bietjie geluk wat na sy kant toe kom. En dié kortstondige gevoel van geluk neem die seer van die lewe (tydelik) weg.

8. Wat dié vlugtige mens mis, is die perspektief dat ’n vol en ryk lewe juis betekenis kry ín en deur jou lewensprobleme. Anders gesê: ’n Waarlik gelukkige lewe kan tog nie bestaan sonder die donker nagte van die siel nie, en die woord geluk sal sy betekenis verloor as jy nie die binneruimtes van jou en ’n ander se droefheid en teleurstellings ken, deurleef en meemaak nie.

9. Eers dan verstaan ’n mens in hart en niere wat die psalmdigter bedoel as hy sê: “In die nag het ek nog gehuil, maar in die môre lag ek weer.”

Page 6: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

6

10. Maar wat, teen dié agtergrond, is die gelukkige “nou” waarvan McFerrin en ons kleinkind sing?

11. Natuurlik kan dinge wat van buite kom jou gelukkig maak, maar dit is leeg as dit nie gestut word deur ’n soort binnegeluk nie. En dít lê in die ontdekking dat die siel van die allergewoonste dinge helder skitter en dat daar van oomblik tot oomblik uit die chaos van die hart geboorte gegee kan word aan ’n dansende ster.

12. As ons fyn kyk en luister en ’n bietjie vertoef, sal ons die dansende ster in die eenvoud van alledaagse dinge teëkom:

13. In ’n blomryke tuintjie in ’n stowwerige plakkerskamp; in die blink oë van ’n vrou wat haar eerste baba verwag; die aandwind wat ruis; in die melodie wat jy neurie terwyl jy werk; die water wat jy oor ’n droë plant sprinkel; die tekstuur van ’n blomblaar voelbaar aan die vingerpunte; ’n komiese oomblik wat ’n vrolike lag bring; in ’n sorgsaam bereide maaltyd; en in die kers wat jy aansteek.

Uit Beeld, 5 Januarie 2005, bl. 10. Vrae

1. Wat beteken die woord lakonieke (paragraaf 2)? (1)

2. “Wat my laat wonder.” (paragraaf 3). ’n Deel van hierdie sin is verswyg. Skryf dit volledig oor. (1)

3. Bestudeer die gebruik van die woord kommer (paragraaf 3). Hier word die woord kommer as ’n selfstandige naamwoord gebruik. Vorm nou ’n afgeleide werkwoord van dié woord in die volgende sin: Ek (kommer) my oor die mense wat nie gelukkig is nie. (1)

4. Skryf neer of die woord lewensonsekerheid (paragraaf 7) ’n samestelling, afleiding of samestellende afleiding is. (1)

5. Bestudeer die gebruik van die woord gelukskultus (paragraaf 4).

5.1 Watter funksie vervul die onderstreepte “s” in hierdie woord? (1)

5.2 Wat is ’n kultus? (1)

6. Van watter grondwoord (basis) is die woord gesogte (paragraaf 4) deur middel van metamorfeme (klinkerwisseling) afgelei? (1)

7. Wat is die rede vir die gebruik van die koppelteken in die woord -angs (paragraaf 7)? (1)

8. Die woord besweer word in paragraaf 7 gebruik. Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies: Hulle is (sweer) vyande. (1)

9. Gee die rede vir die gebruik van die komma in paragraaf 9. (1)

10. Skryf die psalmdigter se woorde in die indirekte rede neer. Begin só: Hy het gesê… (1)

11. Wat is die funksie van die dubbelpunt aan die einde van paragraaf 12? (1)

12. Gebruik die kern van die woord plakkerskamp (paragraaf 13) as ’n bepaler in ’n samestelling. (1)

13. Skryf die meervoud van die woord “melodie” (paragraaf 13) soos dit in die volgende sin voorkom, neer: Die (melodie) het deur die hele huis weerklink. (1)

14. Gee die woorde met die teenoorgestelde betekenis as die vetgedrukte woorde:

14.1 Dit het die seer nie tydelik weggeneem nie, maar… (1)

Page 7: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

7

14.2 Daar was nie chaos in die huis nie, maar… (1)

15. Skryf die woord samelewing (paragraaf 6) neer en onderstreep die lettergreep wat die hoofklem dra. (1)

16. Haal ’n deelwoord uit die eerste sin in paragraaf 7 aan en dui aan as watter woordsoort dit gebruik word. (2)

17. “…deurleef en meemaak nie.” (paragraaf 7). Watter een van dié twee werkwoorde is onskeibaar? Skryf dit neer. (1)

[20]

Totaal: 50

Page 8: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

8

Memorandum van toets Lees, kyk en geïntegreerde taalleer

Tyd: 1½ uur

Totaal: 50 punte Vraag 1: Lees en kyk

Leerders gebruik die teks Rykes streef om te kom waar armes begin deur Anélda Reinecke (uit Beeld, 20 Desember 2003) en beantwoord die gestelde vrae. Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Watter afleiding kan gemaak word as Aristoteles dié uitspraak 23 eeue gelede gemaak het? (1)

Dit is beslis nie ’n nuwe probleem nie, maar ’n eeu-oue vraagstuk. (1)

2. Ongeveer hoeveel jaar gelede het Aristoteles dit kwytgeraak? Verduidelik hoe jy dit bereken het. (2)

Ongeveer 2 300 jaar gelede. (1) ’n Eeu is 100 jaar. Dus 23 vermenigvuldig met 100. (1) (2)

3. Haal ’n woord uit die teks aan wat min of meer dieselfde beteken as verhaaltjie. (1)

Staaltjie. (1)

4. Die woord begeerte word in paragraaf 1 gebruik. Wat is die verskil tussen ’n behoefte en ’n begeerte? (2)

Behoefte – dit wat nodig is om te oorleef of te bestaan. (1)

Begeerte – dit sluit meer as ’n behoefte in, dit is ’n sterk wens of verlange na méér. (1)

5. Verduidelik die volgende sin in jou eie woorde: “Enige verwantskap tussen inkomste en geluk is relatief eerder as absoluut.” (paragraaf 4). (1)

As daar ’n verband tussen dit wat jy verdien en geluk bestaan, is dit betreklik en nie ’n vaste gegewe nie. Enige korrekte antwoord in leerder se eie woorde. (1)

6. Wat is die kern van paragraaf 5? (1)

Die effektiwiteit van ’n ekonomie word bepaal deur hoe doeltreffend tyd aangewend word. (1)

7. Waarom sou produktiwiteit en tydsbesparing hand aan hand gaan? (1)

Harde werk werp resultate af en bespaar tyd. Om meer te doen / af te handel / te werk in ’n vasgestelde tyd. (1)

8. Skryf in jou eie woorde wat beteken: “Die staaltjie illustreer die futiliteit van die maalkolk van sinlose besteding:” (paragraaf 9). (2)

Die verhaal bewys / verduidelik dat dit eintlik nutteloos en onnodig is om in ’n gejaag na materiële dinge te wees. (2)

9. Watter paragraaf sluit direk by die titel aan? (1)

Paragraaf 13. (1)

10. “…is die sirkulêre struktuur van die storie” (paragraaf 13).

10.1 Gee die sin in jou eie woorde weer. (1)

Page 9: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

9

Die verhaal vorm ’n sirkel: die begin en die slot sluit by mekaar aan. (1)

10.2 Hoe word hierdie woorde uitgehef? (1)

Herhaling van die s-klank. (1)

11. Met watter woord in paragraaf 5 hou die woord progressief (paragraaf 14) verband? (1)

Vooruitgang. (1)

12. Wat is ’n vermoënde samelewing (paragraaf 14)? (1)

’n Samelewing met baie geld / ’n ryk samelewing. (1)

13. Wat beteken die uitdrukking “om die pot mis te sit” (paragraaf 14)? (1)

Dit beteken om te faal. (1) EN Leerders bestudeer die spotprent geneem uit 15 Jaar se Hal-Lou daar! deur Lou Henning en beantwoord die gestelde vrae. 14. Hoekom is hierdie spotprent skrynend ironies? (2)

Gewoonlik jok vissermanne oor die grootte van die visse wat hulle gevang het. Hier is ’n bewys van die grootte van die vis, en die man sê dat die visser jok. (2)

15. Bestudeer die kuikentjies se kommentaar. Watter van die volgende beskryf dié kommentaar die beste? (1)

a) sarkasme b) ironie c) c. hiperbool. (1)

[20] Vraag 2: Opsomming

Leerders maak ’n opsomming volgens die instruksies van die teks Hond, mens al 12 000 j. Vriende deur Leoni Benghiat (uit Naweek-Beeld, 15 Januarie 2005). Voorgestelde antwoord

Leerders skryf hulle eie opsommings. Trek een punt af vir elke instruksie wat nie uitgevoer is nie. Die volgende hoofgedagtes moet in die opsomming voorkom:

1. Die mens en die hond het baie sielkundige ooreenkomste, meer as die ooreenkomste tussen die mens en ’n sjimpansee.

2. Daar is wetenskaplik bewys dat honde mense se gebare sal volg eerder as eie instinkte.

3. Honde kan hul eienaars se bevele verstaan soos die slim hond Rico wat 200 woorde kan verstaan.

4. ’n Israelse vrou en hond wat 12 000 jaar gelede begrawe is, bevestig dat ’n mens en ’n hond al lank vriende is.

[10]

Page 10: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

10

Vraag 3: Lees en geïntegreerde taalleer

Leerders gebruik die teks Kyk fyn vir die dansende ster in eenvoud deur Wilhelm Jordaan (uit Beeld, 5 Januarie 2005) om die gestelde vrae te beantwoord. Vrae en voorgestelde antwoorde

1. Wat beteken die woord lakonieke (paragraaf 2)? (1)

Komies / snaaks. (1)

2. “Wat my laat wonder.” (paragraaf 3). ’n Deel van hierdie sin is verswyg. Skryf dit volledig oor. (1)

Dit is iets wat my laat wonder. (1)

3. Bestudeer die gebruik van die woord kommer (paragraaf 3). Hier word die woord kommer as ’n selfstandige naamwoord gebruik. Vorm nou ’n afgeleide werkwoord van dié woord in die volgende sin: Ek (kommer) my oor die mense wat nie gelukkig is nie. (1)

Bekommer. (1)

4. Skryf neer of die woord lewensonsekerheid (paragraaf 7) ’n samestelling, afleiding of samestellende afleidings is. (1)

Samestellende afleiding. (1)

5. Bestudeer die gebruik van die woord gelukskultus (paragraaf 4).

5.1 Watter funksie vervul die onderstreepte “s” in hierdie woord? (1)

Verbindingsklank. (1)

5.2 Wat is ’n kultus? (1)

Stelsel van oortuigings met ’n meegaande ritueel. (1)

6. Van watter grondwoord (basis) is die woord gesogte (paragraaf 4) deur middel van metamorfeme (klinkerwisseling) afgelei? (1)

Gesogte = soek. (1)

7. Wat is die rede vir die gebruik van die koppelteken in die woord -angs (paragraaf 7)? (1)

Woord is uitgelaat. Dit is in die plek van die woord lewens-. (1)

8. Die woord besweer word in paragraaf 7 gebruik. Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies: Hulle is (sweer) vyande. (1)

Geswore. (1)

9. Gee die rede vir die gebruik van die komma in paragraaf 9. (1)

Voor die voegwoord maar. (1)

10. Skryf die psalmdigter se woorde in die indirekte rede neer. Begin só: Hy het gesê… (1)

Hy het gesê dat hy in die nag nog gehuil het, maar die volgende môre weer gelag het. (1)

11. Wat is die funksie van die dubbelpunt aan die einde van paragraaf 12? (1)

’n Lys van voorbeelde volg van eenvoudige en alledaagse dinge wat geluk verskaf. (1)

12. Gebruik die kern van die woord plakkerskamp (paragraaf 13) as ’n bepaler in ’n samestelling. (1)

Page 11: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

11

Enige samestelling met kamp as bepaler: kampbed, kampvuur, ensovoorts. (1)

13. Skryf die meervoud van die woord melodie (paragraaf 13) soos dit in die volgende sin voorkom, neer: Die (melodie) het deur die hele huis weerklink. (1)

Melodieë. (1)

14. Gee die woorde met die teenoorgestelde betekenis as die volgende:

14.1 Dit het die seer nie tydelik weggeneem nie, maar… (1)

Permanent. (1)

14.2 Daar was nie chaos in die huis nie, maar … (1)

Orde. (1)

15. Skryf die woord samelewing (paragraaf 6) neer en onderstreep die lettergreep wat die hoofklem dra. (1)

Samelewing. (1)

16. Haal ’n deelwoord uit die eerste sin in paragraaf 7 aan en dui aan as watter woordsoort dit gebruik word. (2)

Skuiwende (1); byvoeglike naamwoord, attributief gebruik (1). (2)

17. “…deurleef en meemaak nie.” (paragraaf 7). Watter een van dié twee werkwoorde is onskeibaar? Skryf dit neer. (1).

Deurleef. (1)

[20]

Totaal: 50

Page 12: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

12

Voorbeelde van eksamenvraestelle

Afrikaans Huistaal Vraestel 1: Taal in konteks Tyd: 2 uur

Totaal: 70 punte Instruksies en inligting

1. Hierdie vraestel bestaan uit drie afdelings:

Afdeling A: Leesbegrip (30 punte)

Afdeling B: Opsomming (10 punte)

Afdeling C: Taal (30 punte)

2. Lees alle instruksies sorgvuldig deur.

3. Beantwoord al die vrae.

4. Begin elke afdeling op ’n nuwe bladsy.

5. Trek ’n streep na elke afdeling.

6. Nommer elke antwoord presies soos wat die vrae op die vraestel genommer is.

7. Nommer in die middel van die bladsy en laat ’n reël oop na elke antwoord.

8. Skryf netjies en leesbaar met blou ink.

9. Skenk veral aandag aan spelling en sinskonstruksie.

Page 13: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

13

AFDELING A: LEESBEGRIP

Vraag 1: Artikel, advertensie en grappies

Begripstoets

Kaalkop Deur NATANIËL 1. Elke mens het ’n doring in sy vlees, ’n klip in sy skoen. Ek het ’n vuil bek, jare lank werk ek al

daaraan om ’n gesprek te voltooi sonder ’n knoop. Waar dit vandaan kom, weet ek nie, ek het in ’n goeie huis sonder ’n skewe woord grootgeword, ek is nêrens geboelie of mishandel nie. Dalk het ek in my dwaasheid besluit ’n gevloek laat my meer manlik voorkom, wie sal weet?

2. In my stryd om my vinnige mond te reinig improviseer of klets ek al hoe minder op die verhoog, want dis wanneer die wilde ding uitspring. Ek maak al hoe meer gebruik van ’n voorbereide teks en is trots daarop dat ek die afgelope jaar nie ’n enkele vloekwoord in my teks nodig gehad het nie. Maar die boosheid se gesante kom sit nog gereeld op my tong en dan moet ek sluk of ek vloek soos ’n hondsdol matroos.

3. Stenig my of lees verder, hoe dit ook al sy, ek sal nie my plig as Ambassadeur van Kindersorg nakom as ek langer swyg oor dit waaraan ons kinders tans blootgestel word nie.

4. Ek weet nie wanneer of hoekom dit begin het nie, maar deesdae word daar in die openbaar en in die media en in Afrikaans gevloek dat jy nie jou ore kan glo nie. Smeerkoerantjies het besluit dis nie meer genoeg om Afrikaans te vervuil met Engelse woorde of ’n mengelmoes van straatklanke nie, daar moet nou kru taal ook bykom. Week na week pryk die walglikste opskrifte op straatpale, iewers in ’n kantoor het ’n dowwe knaap besluit dis snaaks of prikkelend of oulik en nou word die land beplak. Elke dag ry duisende ouers met hulle kinders verby hierdie openbare gebraak. Kinders kan lees! Wat moet hulle dink? Dat dit die norm is? Dat dit is hoe ons praat en leef? As dit teen ’n paal kan sit, kan dit tog nie verkeerd wees nie?

5. Kru taal of suggestiewe slagspreuke kan seker ook nie verkeerd wees as dit op T-hemde verskyn nie? Hierdie T-hemde word dan deur bekende winkels in luukse sentrums in vooraanstaande buurte verkoop. Dit kan seker ook nie verkeerd wees as elke tweede Afrikaanse popgroep nou begin vloek het in hulle liedjies nie? Nie net word kinders nou blootgestel aan verarmde, minderwaardige musiek nie, daar word luidkeels gevloek terwyl hulle bokspring.

6. Die feit dat ’n deel van die jeug iets aanvang wat voorheen taboe of outyds was, maak dit miskien cool maar nie noodwendig kwaliteit nie. Gemors bly gemors, al is jou vuil denim ook hoe duur.

7. Ek het so pas teruggekeer uit Europa en het nêrens daar so iets beleef nie. Vriende en familie in die buiteland vertel dat hulle bewus is van die brander vuil Afrikaans wat tans oor ons breek, maar dat so iets ondenkbaar is. Plaaslik sien ek nie dat straatpale besmet word in Engels nie. Wat is fout? Identiteitskrisis? Het ons nou eers besef hoe lank was ons kultuur op duisend vlakke onderdruk? Is ons te lui of te onnosel om snaaks of gewild te wees sonder walglikheid? En wie beskerm ons kinders? Waar is die skole, kerke en ouers?

8. Publikasies, platemaatskappye, radiostasies en televisiekanale bestaan uit mense, hulle kan kortgevat word. Nie almal is opgevoed met verantwoordelikheid of integriteit nie.

Page 14: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

14

9. As ons moedertaal nou ’n vullishoop geword het, kan ons dan die duisende gesinne kwalik neem as hulle die land verlaat het? Of kan ons die duisende (Afrikaanse) ouers verkwalik dat hulle hul kinders in Engels grootmaak?

10. Ek is nie beskikbaar of lus vir ’n debat nie, ek vra maar net. Uit Sarie, Junie 2011, bl. 25. Vrae

1.1 Hoe sluit die titel by die inhoud van die leesstuk aan? (2)

1.2 In die eerste reël van die leesstuk gebruik die skrywer twee idiomatiese uitdrukkings wat presies dieselfde beteken.

1.2.1 Skryf die betekenis van die twee idiome neer. (1)

1.2.2 Skryf neer waarom jy dink die skrywer beide die idiome gebruik het. (1)

1.3 Wat is tans, volgens die leesstuk, die skrywer se grootste doring in sy vlees? (1)

1.4 As jy vloek gebruik jy vuil taal. Skryf ’n sinoniem vir die woorde vuil taal uit die teks neer. (1)

1.5 Wat beteken dit as die skrywer sê: “...ek het in ’n goeie huis sonder ’n skewe woord grootgeword...” (paragraaf 1)? (1)

1.6 “... improviseer of klets ek al hoe minder op die verhoog...” (paragraaf 2).

1.6.1 Watter woord in paragraaf 2 staan in direkte kontras met die woord improviseer? (1)

1.6.2 Skryf ’n emotiewe woord uit bostaande aanhaling neer en vervang dit met ’n meer neutrale woord. (2)

1.7 “Maar die boosheid se gesante kom sit nog gereeld op my tong...” (paragraaf 2). Wie is die boosheid waarna in bogenoemde aanhaling verwys word en waarom sit hy op die skrywer se tong? (2)

1.8 Op watter wyse toon die skrywer in paragraaf 4 vir die leser dat hy ’n lae dunk het van:

1.8.1 koerante wat vuil taal gebruik? (1)

1.8.2 ’n persoon wat dink walglike opskrifte op straatpale is prikkelend of oulik? (1)

1.9 Verduidelik waarom die skrywer die bepaler smeer in die woord Smeerkoerantjies gebruik. (1)

1.10 Skryf uit paragraaf 8 ’n woord neer wat beteken dat jy oor ’n onkreukbare karakter beskik. (1)

1.11 Hoe kan die gebruik van vuiltaal in Afrikaans volgens die skrywer voorkom word? (1)

1.12 “Kinders wat kan lees word daagliks blootgestel aan walglike opskrifte teen straatpale.” (paragraaf 4). Van watter skryftegniek maak die skrywer gebruik om jou as leser by sy ontsteltenis hieroor te betrek? (1)

1.13 Hoe sluit paragraaf 3 by die slotparagraaf aan? (2)

[20]

Page 15: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

15

Advertensie

Uit Sarie, Junie 2011, bl. 187.

Page 16: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

16

Vrae

1.14 Die woorde Strepe is in is van toepassing.

1.14.1 Waaraan laat die woorde ’n mens onmiddellik dink? (1)

1.14.2 Wat beteken dié woorde binne die konteks van die advertensie? (1)

1.15 Hoe word die woorde ’n Unieke styl uitgehef? Noem twee. (2)

1.16 Die koppelteken word as weglatingsteken gebruik in die woorde: ’n uitsonderlike reeks gespesialiseerde bank- en beleggingsprodukte en -dienste. Skryf hierdie frase oor en voltooi die woorde wat weggelaat is. Onderstreep die woorde wat jy invul. (2)

1.17 Die woord geïnspireerde kom in die advertensie voor. Gee die korrekte vorm van dié woord in die volgende sin: Die kliënt put (geïnspireerde) uit die diens wat die bank lewer. (1)

1.18 Vertaal die woorde Out of the Ordinary in Afrikaans. (1)

[8] Grappie

“Koos het geld geleen sodat ons al ons skuld kan delg.

Nou’t ons net een rekening wat ons nie kan betaal nie!”

Uit Huisgenoot, 2 Augustus 2001.

Vraag

1.19 Verduidelik waarom hierdie grappie as skrynend ironies beskou kan word. (2) [2]

Totaal Afdeling A: 30

Page 17: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

17

AFDELING B: OPSOMMING

Vraag 2

Lees onderstaande leesstuk aandagtig deur en som die sewe dinge wat ’n vriendskap laat werk op in een paragraaf van nie meer as 90 woorde nie.

Skryf die aantal woorde wat jy gebruik het onderaan neer. Voorsien jou opsomming van ’n gepaste titel.

Vriendskapsgids Tjommas, pêlle of maatjies – noem hulle wat jy wil, maar sonder hulle kan die meeste van ons nie klaarkom nie. JIP het ’n bietjie onder tieners navorsing gedoen en die volgende dinge geïdentifiseer wat vriendskappe laat werk:

“Vriende het ’n reuse-impak op tieners. Daarom is dit belangrik om te weet wie jy is, wanneer jy vriendskappe sluit,” sê Kimberley Kirberger in Chicken Soup for the Teenage Soul – On Friendship.

Die skoolberader van die Sacred Heart College in Johannesburg, Marie Grobler, stem saam. “Selfbeeld speel ’n groot rol in die tipe vriende wat jy kies. Hoe beter jy jouself ken, hoe meer sal jy weet watter tipe vriende jy moet kies en wat jou waardes is,” sê sy.

’n Regte vriend hou altyd van jou, al is jy party dae ’n monster en al eet jy marshmallows op roosterbrood. “Dis vir tieners belangrik om te voel hulle behoort iewers, maar moenie verander om in te pas nie. Behou jou individualiteit,” sê Grobler. ’n Graad 11-leerder, Christel Vermeulen, glo dat almal iewers wil hoort, tot die geselskap wil bydra en wil voel mense heg waarde aan hul vriendskap.

Jy weet jy het ’n goeie vriend beet as jy iets persoonliks vir haar vertel en jy weet jy hoef nie “moet dit vir niemand sê nie” by te voeg nie. Aldu Duminy (gr. 11) sê jy kan in ’n vriendskap net jou “ware jy” wees as jy jou vriende kan vertrou. “Soos vriendskappe ontwikkel, vind julle dieper vertroue.” Anneleen van Dyke waarsku: "Vertrou jou vriende soos jy die mensdom vertrou. Party vertrou jy meer as ander en party vertrou jy net met sekere goed.”

Eerlikheid was bo-aan die JIP-lesers se lysie vriendskapwaardes toe ons hulle op Facebook daaroor uitgevra het. Aldu sê hy dink die manier waarop en die gesindheid waarin jou vriende eerlik met jou is, is belangrik. “Reik eers diplomaties uit; en as dit nie die gewenste reaksie het nie, pak die probleem direk aan. Wees ook eerlik as dit by groepsdruk kom."

Vriendskappe kan jongmense teen hartseer en depressie beskerm, wys navorsing wat verlede jaar onder Amerikaanse tieners en amper tieners gedoen is. Vriendskap gee jou meer uithouvermoë en beskerm jou teen isolasie. “Ek en my vriende is omtrent die hele dag saam. Ons oefen saam, kuier saam, bespreek hoe swaar en onregverdig die lewe is en hou mekaar net uit die kwaad,” sê Roan.

Grobler meen verskillende vriende kan verskillende rolle in jou lewe speel, en dit maak die lewe interessant. “Jy kan grappies maak saam met party van hulle en met ander oor diep dinge praat. Dalk kan jy met die een ou lekker oor flieks gesels, maar jy stem nie saam met sy drinkgewoontes nie. Julle hoef nie saam uit te gaan nie, maar kuier pouses saam."

Page 18: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

18

Jy hoef nie groot gebare te maak om ’n vriend te wys jy gee om nie. Klein dinge wat wys jy gee om beteken baie, soos om na skool te bel en te sê jy was bekommerd as jou vriendin afwesig was en om ’n blommetjie vir haar skool toe te bring as sy ’n af week het. Verwerk uit JIP, 16 Mei 2011, bl. 3.

Totaal Afdeling B: 10

Page 19: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

19

AFDELING C: TAAL

Vraag 3: Artikel, spotprent en strokiesprent

Lees die onderstaande tekste en beantwoord die daaropvolgende vrae. Artikel Sê JOU Sê

Ons wen die Kruger-lotto 1. Ons het einde Mei teruggekeer van ’n besonderse kuier in die Krugerwildtuin.

2. Baie min mense is so gelukkig om in ’n enkele week of wat die Groot Vyf raak te loop, maar ons was gelukkig om al vyf grotes sommer in een oggend (tussen 7:00 en 12:00) te sien op pad van Skukuza na Malelane.

3. Maar die beste was vroeg een oggend buite Satara toe ons in ’n voëlskuiling oor ’n koppie koffie en semelbeskuit gewag het vir aksie van ’n eensame visarend wat maar net nie van sy droë stomp wou opvlieg nie.

4. Ewe skielik verskyn ’n troppie olifante aan die oorkant van die rivier, wat op daardie plek ongeveer 10m breed is. Hulle het water gedrink en vir twintig minute rondgestaan.

5. In die rivier was ’n paar seekoeie en ’n klompie krokodilknewels wat die omgewing bespied het.

6. Toe roep die matriarg die groep met trompetgeskal op aandag en laat van die jonges die waterdiepte toets.

7. Met die volgende trompetgeskal bondel almal saam, kleintjies in die binnekring, met die matriarg wat self die pas deur die water aangee.

8. Ongeveer 20m rivier-in begeef twee van die jonges se moed hulle en vlieg om ... Maar ’n harde en uitgerekte trompetboodskap van die matriarg is meer dringend as hulle vrees, en hulle maak dat hulle kom by die res van die trop, wat in die middel van die rivier op hulle wag.

9. Sy trompetter weer en die trop groepeer in ’n klein bondel, met die kleintjies weer in die middel. Dan begin sy vorentoe beweeg en die res volg in gelid.

10. By die wal gekom, is die kleintjies weer met trompetgeskal uit die water gejaag. Natuurlik het geen krokodil vir die span kans gesien nie.

11. ’n Wonderlike ondervinding wat net weer onderstreep ’n mens moet op die regte tyd op die regte plek wees.

STOFFEL EN ELIZE DU TOIT Hermanus

Uit Weg, Augustus 2010, bl. 10. Vrae

3.1 Skryf paragraaf 1 oor in die lydende vorm. (1)

3.2 “Baie min mense is so gelukkig om in ’n enkele week of wat die Groot Vyf raak te loop.”

3.2.1 Skryf die infinitief wat in bogenoemde sin voorkom, neer. (1)

Page 20: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

20

3.2.2 Skryf die intensiewe vorm van die woord min neer. (1)

3.3 Skryf die verkleinwoorde neer vir:

3.3.1 voëlskuiling (paragraaf 3) (1)

3.3.2 krokodille (paragraaf 5) (1)

3.4 Skryf slegs die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord in onderstaande sinne neer:

3.4.1 Die (moeg) toeriste het teruggekeer kamp toe. (1)

3.4.2 Die (opvlieg) geaardheid van die wildbewaarder het die toeriste ontstel. (1)

3.5 Die woord beste (paragraaf 3) is in die oortreffende trap gebruik. Skryf die stellende trap van hierdie woord neer. (1)

3.6 Skryf die vroulike vorm van seekoei (paragraaf 5) neer. (1)

3.7 Skryf uit paragraaf 5 ’n sinsnede neer wat ’n koppelwerkwoord bevat en onderstreep die koppelwerkwoord. (1)

3.8 Skryf slegs die korrekte vorm van die woorde tussen hakies in onderstaande sin neer. Die trompetgeskal van die olifant was vir die toeriste (vrees) en hulle het (vrees) geraak (Let wel: Jy mag nie die woorde vreeslik en bevrees gebruik nie!) (2)

3.9 Bestudeer paragraaf 6 noukeurig.

3.9.1 Wat is ’n matriarg? (1)

3.9.2 Skryf ook die teenoorgestelde van matriarg neer. (1)

3.10 Gee die korrekte vorm van die selfstandige naamwoord in die volgende sin: In die (gelid) van die olifante was daar ’n hele klomp kalfies. (1)

3.11 Wat is die woordsoortlike funksie van die postmorfeem in die woord groepeer (paragraaf 9)? (1)

3.12 “Ewe skielik verskyn ’n troppie olifante wat honger en dors is, aan die oorkant van die rivier.” Skryf uit hierdie sin neer:

3.12.1 ’n Byvoeglike bysin. (1)

3.12.2 ’n Bywoordelike bepaling van plek. (1)

3.13 Die woord in kom drie keer in paragraaf in paragraaf 9 voor en word telkens as ’n voorsetsel gebruik. Gebruik nou die woord in as ’n werkwoord in ’n sin. (1)

3.14 Skryf die stelsin ’n Mens moet op die regte tyd op die regte plek wees (paragraaf 11) oor en verander dit in ’n spesifieke vraagsin. (1)

[20]

Page 21: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

21

Spotprent

Uit Van Zuma tot Zille en ander kaperjolle, deur Fred Mouton, bl. 24. Vrae

3.15 Gee suiwer Afrikaans vir die woord mekêniek (praatborrel). (1)

3.16 Paramedikus is suiwer Afrikaans vir die woord paramêdiek (praatborrel). ’n Meervoud vir paramedikus is paramedikusse. Skryf nog ’n meervoud / wisselvorm vir die woord paramedikus neer. (1)

3.17 Wat is die geïmpliseerde betekenis van die voëltjie se woorde: “Sommer altwee.”? (Regs onderaan die spotprent.) (1)

3.18 Die bestuurder van die motor is dronk. Voltooi onderstaande idioom vir iemand wat te veel gedrink het. Skryf slegs die ontbrekende woord neer.

Hy het die kêreltjie met die_________ gesoen. (1)

3.19 Gebruik die homofoon van die woord grote (praatborrel) in ’n sin sodat die betekenis duidelik na vore kom. (1)

[5]

Page 22: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

22

Strokiesprent

Uit Naweek Beeld, 21 Mei 2011, bl. 10. Vrae

3.20 Verduidelik na aanleiding van bostaande strokiesprent, die denotatiewe en konnotatiewe betekenis wat aan die woord dryfkrag (raampie 1) geheg kan word. (2)

3.21 Volgens die spotprent is ons ’n generasie sonder dryfkrag. Die woord generasie word as volg in die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal beskryf:

Ge-ne-ra’-sie s.nw. (s) 1. Handeling, resultaat van genereer. Die generasie van krag. 2. Enkele trap in die opeenvolging van natuurlike afstammelinge; al die nakomelinge van een ouerpaar. Die eerste generasie, kindersvan ’n ouerpaar. (L) generare voortbring.

3.21.1 Skryf die lettergreep neer wat tydens uitspraak van die woord generasie

die hoofklem dra. (1)

3.21.2 Aan watter taal is die woord generasie ontleen? (1)

3.22 Skryf die meervoud van die woord taxi (titel) neer. (1) [5]

Totaal Afdeling C: 30

Groottotaal: 70

Page 23: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

23

Memorandum: Afrikaans Huistaal Vraestel 1 Tyd: 2 uur

Totaal: 70 punte Hierdie vraestel bestaan uit drie afdelings:

Afdeling A: Leesbegrip (30 punte)

Afdeling B: Opsomming (10 punte)

Afdeling C: Taal (30 punte)

AFDELING A: LEESBEGRIP

Vraag 1: Artikel, advertensie en grappie

Begripstoets

Vrae en voorgestelde antwoorde

1.1 Hoe sluit die titel by die inhoud van die leesstuk aan? (2)

Iemand kaalkop die waarheid vertel beteken figuurlik om jou mening te lug oor ’n aangeleentheid. In hierdie rubriek vertel hy die leser kaalkop (figuurlik) die waarheid oor hoe hy oor vloekery in Afrikaans voel. (2)

1.2 In die eerste reël van die leesstuk gebruik die skrywer twee idiomatiese uitdrukkings wat presies dieselfde beteken.

1.2.1 Skryf die betekenis van die twee idiome neer. (1)

Die betekenis van die idiome dui op iets wat ergernis veroorsaak. Iets wat jou hinder / irriteer. (1)

1.2.2 Skryf neer waarom jy dink die skrywer beide die idiome gebruik het. (1)

Met die gebruik van die twee idiome wat dieselfde beteken wil die skrywer uithef of beklemtoon hoe erg iets ’n mens kan irriteer of pla. (1)

1.3 Wat is tans, volgens die leesstuk, die skrywer se grootste doring in sy vlees? (1)

Die vuil taal wat in Afrikaans gebruik word, is tans die skrywer se grootste irritasie. (1)

1.4 As jy vloek gebruik jy vuil taal. Skryf ’n sinoniem vir die woorde vuil taal uit die teks neer. (1)

Kru taal. (1)

1.5 Wat beteken dit as die skrywer sê: “...ek het in ’n goeie huis sonder ’n skewe woord grootgeword...” (paragraaf 1)? (1)

Dit beteken dat daar nie in sy huis gevloek en geskel is nie. (1)

1.6 “... improviseer of klets ek al hoe minder op die verhoog...” (paragraaf 2).

1.6.1 Watter woord in paragraaf 2 staan in direkte kontras met die woord improviseer? (1)

Die woord voorbereide is in direkte kontras met die woord improviseer. (1)

1.6.2 Skryf ’n emotiewe woord uit bostaande aanhaling neer en vervang dit met ’n meer neutrale woord. (2)

Klets is ’n emotiewe woord. ’n Meer neutrale woord vir klets is praat. (2)

Page 24: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

24

1.7 “Maar die boosheid se gesante kom sit nog gereeld op my tong...” (paragraaf 2). Wie is die boosheid waarna in bogenoemde aanhaling verwys word en waarom sit hy op die skrywer se tong? (2)

Die boosheid is die duiwel. Hy sit nie op die skrywer se skouer om hom te versoek nie, maar op sy tong om hom in die versoeking te lei om te vloek. (2)

1.8 Op watter wyse toon die skrywer in paragraaf 4 vir die leser dat hy ’n lae dunk het van:

1.8.1 koerante wat vuil taal gebruik? (1)

Hy verwys na sodanige koerante as koerantjies. Die verkleining toon sy minagting aan. (1)

1.8.2 ’n persoon wat dink walglike opskrifte op straatpale is prikkelend of oulik? (1)

Hy verwys na so ’n persoon as ’n dowwe knaap wat daarop dui dat die persoon dink hy is slim, maar eintlik is hy dom. (1)

1.9 Verduidelik waarom die skrywer die bepaler smeer in die woord Smeerkoerantjies gebruik. (1)

Hierdie koerante besmeer / bevuil Afrikaans met die gebruik van vloektaal. (1)

1.10 Skryf uit paragraaf 8 ’n woord neer wat beteken dat jy oor ’n onkreukbare karakter beskik. (1)

Integriteit. (1)

1.11 Hoe kan die gebruik van vuiltaal in Afrikaans volgens die skrywer voorkom word? (1)

Die mense wat vuiltaal gebruik, moet kortgevat en opgevoed word. (1)

1.12 “Kinders wat kan lees word daagliks blootgestel aan walglike opskrifte teen straatpale.” (paragraaf 4). Van watter skryftegniek maak die skrywer gebruik om jou as leser by sy ontsteltenis hieroor te betrek? (1)

Die skrywer gebruik retoriese vrae om die leser by die erns van die saak te betrek. (1)

1.13 Hoe sluit paragraaf 3 by die slotparagraaf aan? (2)

In paragraaf 3 sê hy stenig my wat daarop dui dat hierdie skrywe van hom reaksie gaan uitlok. In die slotparagraaf sê hy dat hy nie daarop gaan reageer nie en dat hy slegs sy mening gelug het. (2)

[20] Advertensie

Vrae en voorgestelde antwoorde

1.14 Die woorde Strepe is in is van toepassing.

1.14.1 Waaraan laat die woorde ’n mens onmiddellik dink? (1)

Aan modeneigings – iets wat tans in die mode is. (1)

1.14.2 Wat beteken dié woorde binne die konteks van die advertensie? (1)

Dit beteken dat die bank Investec tans ’n gewilde bank is. (1)

1.15 Hoe word die woorde ’n Unieke styl uitgehef? Noem twee. (2)

Dit is groter gedruk. Voorplasing. (2)

Page 25: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

25

1.16 Die koppelteken word as weglatingsteken gebruik in die woorde: ’n uitsonderlike reeks gespesialiseerde bank- en beleggingsprodukte en -dienste. Skryf hierdie frase oor en voltooi die woorde wat weggelaat is. Onderstreep die woorde wat jy invul. (2)

’n uitsonderlike reeks gespesialiseerder bankprodukte en beleggingsprodukte en beleggingsdienste. (2)

1.17 Die woord geïnspireerde kom in die advertensie voor. Gee die korrekte vorm van dié woord in die volgende sin: Die kliënt put (geïnspireerde) uit die diens wat die bank lewer. (1)

Inspirasie. (1)

1.18 Vertaal die woorde Out of the Ordinary in Afrikaans. (1)

Buitengewoon, besonders (en enige ander gepaste vertaling). (1) [8]

Grappie

Vraag en voorgestelde antwoord

1.19 Verduidelik waarom hierdie grappie as skrynend ironies beskou kan word. (2)

Hulle skuld nog presies dieselfde hoeveelheid geld alhoewel die skuld gekonsolideer is. Dit is ironies, want sy dink dit is nou minder omdat dit net een rekening is. (2)

[2]

Totaal Afdeling A: 30 AFDELING B: OPSOMMING

Vraag 2

Leerders lees die teks Vriendskapsgids aandagtig deur en som die sewe dinge wat ’n vriendskap laat werk op in een paragraaf van nie meer as 90 woorde nie. Leerders moet die aantal woorde wat gebruik is onderaan neerskryf en hulle opsomming van ’n gepaste titel voorsien.

Die opsomming moet die volgende hoofpunte bevat:

1. Selfvertroue

2. Aanvaarding

3. Vertroue

4. Eerlikheid

5. Saamwees

6. Verskeidenheid

7. Die klein dinge

Totaal Afdeling B: 10

Page 26: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

26

AFDELING C: TAAL

Vraag 3: Artikel, spotprent en strokiesprent

Artikel

Vrae en voorgestelde antwoorde

3.1 Skryf paragraaf 1 oor in die lydende vorm. (1)

Einde Mei is daar deur ons teruggekeer van ’n besondere kuier in die Krugerwildtuin. / Daar is einde Mei teruggekeer van ’n besondere kuier in die Krugerwildtuin. (1)

3.2 “Baie min mense is so gelukkig om in ’n enkele week of wat die Groot Vyf raak te loop.”

3.2.1 Skryf die infinitief wat in bogenoemde sin voorkom, neer. (1)

Om raak te loop. (1)

3.2.2 Skryf die intensiewe vorm van die woord min neer. (1)

Bittermin. (1)

3.3 Skryf die verkleinwoorde neer vir:

3.3.1 voëlskuiling (paragraaf 3) (1)

Voëlskuilinkie. (1)

3.3.2 krokodille (paragraaf 5) (1)

Krokodilletjies. (1)

3.4 Skryf slegs die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord in onderstaande sinne neer:

3.4.1 Die (moeg) toeriste het teruggekeer kamp toe. (1)

Moeë. (1)

3.4.2 Die (opvlieg) geaardheid van die wildbewaarder het die toeriste ontstel. (1)

Opvlieënde. (1)

3.5 Die woord beste (paragraaf 3) is in die oortreffende trap gebruik. Skryf die stellende trap van hierdie woord neer. (1)

Goed. (1)

3.6 Skryf die vroulike vorm van seekoei (paragraaf 5 ) neer. (1)

Seekoeikoei. (1)

3.7 Skryf uit paragraaf 5 ’n sinsnede neer wat ’n koppelwerkwoord bevat en onderstreep die koppelwerkwoord. (1)

In die rivier was ’n paar seekoeie ... (1)

3.8 Skryf slegs die korrekte vorm van die woorde tussen hakies in onderstaande sin neer. (2)

Die trompetgeskal van die olifant was vir die toeriste (vrees) en hulle het (vrees) geraak (Let wel: Jy mag nie die woorde vreeslik en bevrees gebruik nie!) (2)

“... was vir die toeriste vreesaanjaend en hulle het vreesbevange geraak.” (2)

3.9 Bestudeer paragraaf 6 noukeurig.

3.9.1 Wat is ’n matriarg? (1)

Page 27: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

27

Die leier olifantkoei / aartsmoeder. (1)

3.9.2 Skryf ook die teenoorgestelde van matriarg neer. (1)

Patriarg. (1)

3.10 Gee die korrekte vorm van die selfstandige naamwoord in onderstaande sin. In die (gelid) van die olifante was daar ’n hele klomp kalfies. (1)

Geledere. (1)

3.11 Wat is die woordsoortlike funksie van die postmorfeem in die woord groepeer (paragraaf 9)? (1)

Werkwoordvormer. (1)

3.12 “Ewe skielik verskyn ’n troppie olifante wat honger en dors is, aan die oorkant van die rivier.” Skryf uit hierdie sin neer:

3.12.1 ’n Byvoeglike bysin. (1)

“...wat honger en dors is...” (1)

3.12.2 ’n Bywoordelike bepaling van plek. (1)

“...aan die oorkant van die rivier.” (1)

3.13 Die woord in kom drie keer in paragraaf in paragraaf 9 voor en word telkens as ’n voorsetsel gebruik. Gebruik nou die woord in as ’n werkwoord in ’n sin. (1)

Enige sin met die word in as werkwoord: Hulle in geld om die olifante te beskerm. (1)

3.14 Skryf die stelsin ’n Mens moet op die regte tyd op die regte plek wees (paragraaf 11) oor en verander dit in ’n spesifieke vraagsin. (1)

Hoekom / Waarom / Wanneer moet ’n mens... (1)

[20] Spotprent

Vrae en voorgestelde antwoorde

3.15 Gee suiwer Afrikaans vir die woord mekêniek (praatborrel). (1)

Motorwerktuigkundige. (1)

3.16 Paramedikus is suiwer Afrikaans vir die woord paramêdiek (praatborrel). ’n Meervoud vir paramedikus is paramedikusse. Skryf nog ’n meervoud / wisselvorm vir die woord paramedikus neer. (1)

Paramedici. (1)

3.17 Wat is die geïmpliseerde betekenis van die voëltjie se woorde: “Sommer altwee.”? (Regs onderaan die spotprent.) (1)

Hy gee te kenne dat motorwerktuigkundiges en mediese personeel se vakkennis swak is. (1)

3.18 Die bestuurder van die motor is dronk. Voltooi onderstaande idioom vir iemand wat te veel gedrink het. Skryf slegs die ontbrekende woord neer.

Hy het die kêreltjie met die_________ gesoen. (1)

Kurkhoed. (1)

Page 28: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

28

3.19 Gebruik die homofoon van die woord grote (praatborrel) in ’n sin sodat die betekenis duidelik na vore kom. (1)

My skoengrootte is ’n nommer sewe. (1)

[5] Strokiesprent

Vrae en voorgestelde antwoorde

3.20 Verduidelik na aanleiding van bostaande strokiesprent, die denotatiewe en konnotatiewe betekenis wat aan die woord dryfkrag (raampie 1) geheg kan word. (2)

Denotatief beteken die woord dryfkrag die krag waarmee iets in beweging gebring word. (1) Konnotatief verwys dit na inisiatief, vermoë om iets te wil laat gebeur. (1) (2)

3.21 Volgens die spotprent is ons ’n generasie sonder dryfkrag. Die woord generasie word as volg in die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal beskryf:

Ge-ne-ra’-sie s.nw. (s) 1. Handeling, resultaat van genereer. Die generasie van krag. 2. Enkele trap in die opeenvolging van natuurlike afstammelinge; al die nakomelinge van een ouerpaar. Die eerste generasie, kindersvan ’n ouerpaar. (L) generare voortbring.

3.21.1 Skryf die lettergreep neer wat tydens uitspraak van die woord generasie die hoofklem dra. (1)

ra (1)

3.21.2 Aan watter taal is die woord generasie ontleen? (1)

Latyn. (1)

3.22 Skryf die meervoud van die woord taxi (titel) neer. (1)

Taxi’s. (1)

[5]

Totaal Afdeling C: 30

Groottotaal: 70

Page 29: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

29

Afrikaans Huistaal Vraestel 3: Skryf Tyd: 2½ uur

Totaal: 100 punte Instruksies en inligting

1. Hierdie vraestel bestaan uit twee afdelings:

Afdeling A: Opstel 50 punte.

Afdeling B: Transaksionele skryfstukke 2 x 25 punte.

2. Beantwoord een vraag uit Afdeling A en twee uit Afdeling B.

3. Begin elke afdeling op ’n nuwe bladsy.

4. Jy moet jou werk beplan (byvoorbeeld ’n breinkaart / diagram / vloeidiagram / kernwoorde, ens.), proeflees en redigeer. Die beplanning moet voor die finale produk gedoen word.

5. Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna deurgehaal word.

6. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommers wat in hierdie vraestel gebruik is.

7. Voorsien elke teks van ’n gepaste titel / opskrif. Let wel: Die titel / opskrif word nie in aanmerking geneem as die woorde getel word nie.

8. Skryf netjies en leesbaar.

Page 30: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

30

AFDELING A: OPSTEL (50 punte)

Vraag 1

Kies een van die volgende opdragte en skryf ’n opstel van 350 tot 400 woorde daaroor. Dui die lengte van jou skryfwerk aan. Tel die woorde en dui dit tussen hakies aan die einde van die skryfstuk aan.

Let wel: Trek ’n streep deur die beplanning nadat jy jou finale poging oorgeskryf het. 1.1

Leer om te lag! 'n Heerlike lagbui is beter as enige medisyne.

Lag koop meer vreugde as al die geld in die bank.

Skryf 'n opstel oor die wonder van lag. OF 1.2

Daar breek voortdurend dinge...

Glase, borde, koppies bekers en vingernaels breek. Motors breek. Kontrakte word verbreek. ’n Mens kan ’n rekord breek, ’n perd inbreek, ’n honderdrandnoot breek. Jy kan die ys breek. Misdadigers breek uit die tronk. Stilte kan verbreek word. Die dag breek, branders breek, stemme breek. Kettings kan gebreek word. Koors kan gebreek word. Beloftes word verbreek en harte word in stukkies agtergelaat.

Skryf ’n opstel met die woord BREEK as sentrale tema. Die opstel kan verhalend, beskrywend of bespiegelend van aard wees. Formuleer ’n gepaste titel vir jou skryfstuk.

OF 1.3

Afrikaans in die greep van VERNIETIGING.

Word Afrikaans in die media afgeskeep? Gee jou mening hieroor. OF

Page 31: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

31

1.4

In die bostaande strokiesprent lug Ben sy ontevredenheid met sy buurman Edgar se optrede. Skryf 'n skryfstuk met die titel: SONDE MET DIE BURE. OF

Page 32: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

32

1.5

'n MA is haar kinders se aarde, hul voedsel en hul bed en die ekstra kombers wanneer die nagte kouer word. 'n Joodse gesegde lui: 'n Ma begryp wat ’n kind NIE sê nie. Om 'n pa te wees vereis spesiale eienskappe, maar om 'n MA te wees, vereis bo-menslike eienskappe.

Skryf 'n karakterskets oor jou MA.

OF 1.6

Waar jy ook al is, SUKSES is joune.

Sukses is vir die meeste mense beskore. Spreek jou mening hieroor uit en sê baie duidelik waarom jy daarmee saamstem.

OF 1.7 Kies een van die volgende prikkels (1.7.1–1.7.3) en ontwikkel jou eie tema en skryf 'n

opstel daaroor. Jou opstel kan verhalend, beskrywend of argumenterend wees. 1.7.1

OF

Page 33: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

33

1.7.2

OF 1.7.3

Totaal Afdeling A: 50

Page 34: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

34

AFDELING B: TRANSAKSIONELE SKRYFSTUKKE (2 x 25 punte)

Vraag 2

Kies twee van die volgende opdragte en skryf ’n skryfstuk van 180 tot 200 woorde daaroor.

Jy moet jou skryfwerk beplan en bewyse van beplanning / redigering gee. Dui die vraagnommer en die onderwerp duidelik by die finale skryfstuk aan. Dui die lengte van die skryfstuk aan. Tel die woorde en dui dit tussen hakies aan die

einde van jou skryfstuk aan. Let wel: Trek ’n streep deur die beplanning nadat jy jou finale poging oorgeskryf het. 2.1 Skryf ’n brief aan die pers waarin jy ’n gerekende opinie lewer oor die onderstaande

aktuele onderwerp:

Moet televisie-skeidsregters in alle sportsoorte die beslissings bepaal? Ja of nee? OF 2.2 Jy het besluit om na matriek vakansiewerk oorsee te gaan doen. Stuur 'n e-pos aan jou

ouers waarin jy hulle kortliks vertel van jou ervarings in 'n vreemde land. OF 2.3 Sakebrief: Jy het die geld wat jou ouers aan jou gegee het om jou motorfiets paaiement

mee te betaal, gebruik om na 'n rock-konsert te gaan. Skryf 'n sakebrief aan die motorfietshandelaar waarin jy versoek om uitstel van betaling en waarin jy voorstelle maak hoe jy die saak sal regstel.

Gebruik die volgende adres:

Die Bestuurder W.J. Motorfiets Handelaars Posbus 3411 Nelspruit 1200 OF 2.4 'n Dagboekinskrywing: 'n Datum wat jy nooit sal vergeet nie is 12 Mei. Skryf die

gebeure van hierdie BESONDERE dag in jou dagboek neer.

Page 35: Bylae 2 Voorbeeldvraestelle - Vivlia Publishers - An independant, …vivlia.co.za/wp-content/uploads/2014/04/Viva-Afr-Gr-11... · 2014-04-09 · Gebruik die teks om die gestelde vrae

35

2.5 Jy is die polisieman wat 'n grypdief aangekeer het. Skryf nou 'n volledige verslag oor die gebeure. Verwys ook na inligting wat deur ondervraging van getuies ingewin is. Gebruik die onderstaande illustrasie om jou gedagtes aan die gang te sit.

Totaal Afdeling B: 50 Memorandum: Afrikaans Huistaal Vraestel 3

Onderwyser sien skryfstukke na volgens inhoud, beplanning en formaat (60%) en taal, styl en redigering (40%).Gebruik vir die doel die nasienrubrieke in die Onderwysergids op bladsy 175.