celtic blessing - neo-spektrum.com · aundane prayer 28. 3 mei 2016 neo-spektrum nuuslad nuus uit...

28
1 MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSBLAD CELTIC BLESSING Mag die seënwense van die lig in jou wees met lig aan jou buitekant en lig van binne — mag die seëninge van die sonlig op jou skyn en jou hart verwarm tot dit gloei soos 'n moerasvuur sodat elke vreemdeling homself kan kom verwarm, asook elke vriend van jou — en mag die lig uit jou oë skyn soos 'n kers in jou vensterbank wat die reisigers inroep vanuit die storm ... Mag die seënwense van die reën in jou wees – die sagte soet reën, mag dit in jou siel val sodat die blomme in jou kan opspring en hulle geurigheid kan versprei — en mag die seëninge van die groot reëns in jou siel wees om jou te was en te reinig sodat jy soos 'n helder poel onder die blou hemele kan wees soos 'n helder ster ... Mag die seënwense van die aarde in jou wees – die groot ronde aarde — mag jy altyd 'n vriendelike groet hê vir elkeen wat jou pad kruis of saam met jou reis ... ... en nou – mag die Heer jou seën en jou seën met oorvloed en vriendelikheid. - Vertaal deur Terblanche Jordaan -

Upload: ngophuc

Post on 15-Apr-2018

226 views

Category:

Documents


7 download

TRANSCRIPT

Page 1: CELTIC BLESSING - neo-spektrum.com · AUNDANE PRAYER 28. 3 MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSLAD NUUS UIT QUEENSWEG “for God created the only relationship that has meaning, and that is

1

MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSBLAD

CELTIC BLESSING

Mag die seënwense van die lig in jou wees met lig aan jou buitekant

en lig van binne — mag die seëninge van die sonlig op jou skyn en jou hart verwarm tot dit gloei soos 'n moerasvuur

sodat elke vreemdeling homself kan kom verwarm,

asook elke vriend van jou — en mag die lig uit jou oë skyn soos 'n kers in jou vensterbank

wat die reisigers inroep vanuit die storm ... Mag die seënwense van die reën in jou wees – die sagte soet reën,

mag dit in jou siel val sodat die blomme in jou kan opspring

en hulle geurigheid kan versprei — en mag die seëninge van die groot reëns

in jou siel wees om jou te was en te reinig sodat jy soos 'n helder poel

onder die blou hemele kan wees soos 'n helder ster ...

Mag die seënwense van die aarde in jou wees – die groot ronde aarde —

mag jy altyd 'n vriendelike groet hê vir elkeen wat jou pad kruis

of saam met jou reis ... ... en nou – mag die Heer jou seën

en jou seën met oorvloed en vriendelikheid.

- Vertaal deur Terblanche Jordaan -

Page 2: CELTIC BLESSING - neo-spektrum.com · AUNDANE PRAYER 28. 3 MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSLAD NUUS UIT QUEENSWEG “for God created the only relationship that has meaning, and that is

2

NEO-SPEKTRUM NUUSBLAD MEI 2016

INHOUDSOPGAWE

NUUS UIT QUEENSWEG 3

AAN ELSA VAN THEO 5

BOODSKAP VAN DIE VOORSITTER 6

20 WAYNE DYER PHILOSOPHIES 8

BOEKGROEP GAAN VAN KRAG TOT KRAG 11

GEMEENSKAPSPROJEKTE: MES 12

BYWONING BY NEO-SPEKTRUM 13

DIE VERLOSSING VAN LUISTER 14

A CRUISE ON THE MEDITERRANEAN 15

GEMEENSKAPSPROJEKTE: LAERSKOOL ATTIE VAN WYK 16

UIT MARITA SE JOERNAAL 19

I’VE LEARNED 20

VAN GEDAGTE NA GELEENTHEID 22

THE PARADOX OF OUR TIME 24

ONS KUIER SAAM BY DIE BARNYARD 26

HELP ONS MINDERBEVOORREGTES 27

ABUNDANCE PRAYER 28

Page 3: CELTIC BLESSING - neo-spektrum.com · AUNDANE PRAYER 28. 3 MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSLAD NUUS UIT QUEENSWEG “for God created the only relationship that has meaning, and that is

3

MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSBLAD

NUUS UIT QUEENSWEG

“for God created the only relationship that has meaning, and that is His relationship with you”

(ACIM: T-15.VIII.6:6) Liewe Neo-Spektrum Wysheidsirkel

H erfs, die intermezzo tussen somer en winter, is ʼn tyd waarop ons met ʼn bowemaanse afwagting die nuwe seisoen ingaan. Om te muteer tus-

sen dit wat was na dit wat sal wees. Wie sou sewe jaar gelede toe ek die eerste keer in die kapel gestap het kon raai dat dié Sirkel sou groei tot wat ons vandag het?

Nog meer, met die eerste amptelike byeenkoms onder die vaandel van Neo-Spektrum vyf jaar gelede was daar soos met enige ander geboorteproses ʼn stukkie spanning en onsekerheid of die wat en hoe sou ontvou tot meer as net fontein. Vandag is Neo-Spektrum nie net ʼn oase nie maar ook ʼn tuin — ʼn boord vol vrugte vir elke seisoen.

My hart loop van dankbaarheid oor! Vir elke man en vrou wat hulself deel voel van ons Wysheidsirkel. Vir elkeen wat die laaste vyf jaar bemoedig en aangemoedig het en daar is vir leiding en ondersteuning, in besonder vir ons Leierspan — vir elkeen wat oor die laaste paar jaar saam kom beplan en or-ganiseer het met leiding en kontrole. Vir die huidige Uitvoerende Komitee onder leiding van Riaan Neethling se versigtige en waaksame toesig — om al ons werksaamhede te stuur oor die oseaan van moontlikhede en potensiaal en seker te maak ons hou by die reëls en regulasies wat die wet voorskryf vir ons as NGO.

GOD CAN ONLY DO FOR YOU WHAT GOD CAN DO THROUGH YOU

Dié waarheid was nog altyd ʼn herinnering om gedurig — met volharding, geduld, waardering, en dankbaarheid — die pad te stap binne die konteks van ʼn Christelike Spirituele Geloofsgemeenskap.

Page 4: CELTIC BLESSING - neo-spektrum.com · AUNDANE PRAYER 28. 3 MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSLAD NUUS UIT QUEENSWEG “for God created the only relationship that has meaning, and that is

4

NEO-SPEKTRUM NUUSBLAD MEI 2016

Keer op keer die laaste vyf jaar moes ek leer onthou dat waar ons onsself oopstel vir die Goddelike Lig, Liefde, en Lewe, gebeur daar die wonderwerke wat weer en weer ons water verander in wyn, ʼn menigte voed met net ʼn paar broodjies en vissies, ons oë open vir die blindheid waarin onsself be-vind, en die grafklippe wegrol toe ons gedink het, dít is die einde ...

In soveel opsigte het Neo-Spektrum ʼn herinnering geword hoe God uit klip-pe die klei maak en daaruit die engele vorm. Daagliks word my onthouver-moë verskerp deur die engele wat as ewemens my lewe verryk en verbeter, verander en verlig. Neo-Spektrum skep die ruimte om saam te besin oor hierdie reis van die mens wat in verhouding staan met God — hoe jy dit ook al ervaar en definieer.

AS LONG AS YOU ARE WILLING TO CHANGE YOUR MIND,

GOD WILL CHANGE YOUR LIFE

Dit is met groot opgewondenheid en geesdrif dat ons die res van die jaar aanpak met geloof, hoop en bowenal liefde in die beste wat ons is en kan bied. Dit is met ʼn deurleefde intensie dat ek vra vir elkeen van julle se gebe-de wat enersyds met gefokusde gedagtes al ons werksaamhede sal opdra aan die Een wat in en deur ons beweeg, maar andersyds in besonder aktief sal deelneem in al ons aktiwiteite.

Met groot dankbaarheid groei ons Sondae byeenkomste tot trappe vol men-se wat deelneem aan ons Sondagviering. Sodra ons begin om oor te loop, sal ons ʼn tweede diens op ʼn Sondag begin. Bring vriende en familie saam om deel te word van ons Wysheidsirkel. Raak betrokke by ons projekte wat met ʼn reuse sukses besig is om vrug te dra. Ons gaan dit in die volgende jaar verdubbel om tasbaar ʼn verskil te maak aan mense se lewe.

En nou ... geloof, hoop en liefde — maar die grootste van die drie, die lief-de! Met die visie van geloof, die sensitiewe gehoor van hoop, en die hart-klop van liefhê gaan ons die winter tegemoet.

Soli Deo Gloria

Terblanche

Page 5: CELTIC BLESSING - neo-spektrum.com · AUNDANE PRAYER 28. 3 MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSLAD NUUS UIT QUEENSWEG “for God created the only relationship that has meaning, and that is

5

MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSBLAD

ELSA SMIT

1948 – 2016

Elsa’s in the sun, the wind, the rain,

She’s in the air I breathe,

with every breath I take.

She sings a song of hope and cheer,

there’s no more pain, there’s no more fear.

I see her in the clouds above,

hear her whisper words of love.

We’ll be together before long,

Until then I’ll listen to her song.

- Theo -

1 March 2016

Page 6: CELTIC BLESSING - neo-spektrum.com · AUNDANE PRAYER 28. 3 MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSLAD NUUS UIT QUEENSWEG “for God created the only relationship that has meaning, and that is

6

NEO-SPEKTRUM NUUSBLAD MEI 2016

BOODSKAP VAN DIE VOORSITTER

N eo-Spektrum (NS) het oor die afgelope drie jaar ontwikkel van 'n informele gemeente tot 'n gevestigde spirituele gemeenskap,

geregistreerde Nie-Winsgewende Organisasie (NWO) en ‘n Publieke Voordeel Organisasie (PVO). In die proses het NS ‘n verskil in al hoe meer mense se lewens gemaak.

Die volgende stap is om te poog om Artikel 18A status te verkry vir gemeenskapsprojekte wat daarvoor kwalifiseer in terme van die Inkomstebelastingwet. Indien NS sou slaag om Artikel 18A status te verkry vir sekere gemeenskapsprojekte, sal donasies aan daardie spesifieke projekte kwalifiseer vir belasting-aftrekking in die hande van die skenker.

Die hoofdoelwit van NS is en sal altyd wees om spirituele groei en ontwikkeling te bevorder in ‘n tyd waar al hoe meer mense op soek is na ‘n nuwe en betekenisvolle verhouding met God. NS is geseënd met die toename in mense wat die Sondag Sirkeldienste bywoon en aan ander NS aktiwiteite deelneem — dit is duidelik dat NS besig is om ‘n inklusiewe geestelike tuiste te word vir al hoe meer mense vanuit die Christelike tradisie wat hier tuis voel.

Al NS se spirituele aktiwiteite, insluitende die Sondag Sirkeldienste, die A Course in Miracles program, die Geskiedenis van die Bybel werkswinkels, ons konferensie oor Spiritualiteit, en die boekbesprekings, gaan voort soos beplan.

Met die hulp van enkele groter skenkings is daar egter ook ‘n toenemende betrokkenheid by gemeenskapswerk en die voorsiening van humanitêre hulp aan behoeftige mense vanuit agtergeblewe gemeenskappe. NS word gedryf deur ‘n passie om ‘n verskil te maak in mense se lewens, en met dankbaarheid kan ons sê dat dit toenemend besig is om te gebeur.

Gemeenskapsprojekte waarby NS as NWO betrokke is, sluit in:

NS ondersteun die Cape Town MES (Mould, Empower, Serve) NWO-hulpverlening aan arm, werklose en hawelose mense in die noordelike voorstede van Kaapstad.

Page 7: CELTIC BLESSING - neo-spektrum.com · AUNDANE PRAYER 28. 3 MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSLAD NUUS UIT QUEENSWEG “for God created the only relationship that has meaning, and that is

7

MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSBLAD

NS het die Laerskool Attie van Wyk, ‘n behoeftige plaasskool buite Durbanville ‘aangeneem’ en implimenteer tans in vennootskap met die Word4Word NWO ‘n leesterapie-program by die skool.

NS het ‘n vennootskap met Amandla Construction aangegaan om ‘n baan by die Laerskool Attie van Wyk te lê vir leerders om netbal en basketball te speel aangesien daar tans geen sportfasiliteite is nie.

Ondersteuning word gebied aan Huis Jabes wat akkommodasie, berading en hulp verskaf aan vroue wat slagoffers is van mishandeling.

Tydelike hulp word verleen uit die NS Alimentasiefonds aan mense wat deel is van die NS ‘uitgebreide familie’ en wat trauma of nood ondervind.

Verskeie NS lede en ondersteuners is op verskillende maniere betrokke by hierdie en ander NS-gemeenskapsprojekte.

Lees meer oor NS se gemeenskapsaktiwiteite op bladsye 12 en 16. Daar is tans 84 geregistreerde lede van die NS NWO. Diegene wat nog nie lede van die NWO is nie en dit oorweeg om lede te word, kan die NS sekretaris, Barry van der Merwe, kontak by [email protected] en vra dat hy die NS konstitusie en aansoekvorm aanstuur. Al vereiste vir lidmaatskap van die NS NWO is die aanvaarding van die konstitusie. Die NS Uitvoerende Komitee is daartoe verbind om die doelwitte soos vervat in die konstitusie na te streef in die beste belang van lede, ondersteuners en begunstigdes van die spirituele aktiwiteite en gemeenskapsprojekte. Daar word goed gevorder met die prioriteite vir 2016 soos bespreek by die Algemene Jaarvergadering op 15 November 2015, en die Uitvoerende Komiteelede wil hul waardering uitspreek teenoor lede, ondersteuners, skenkers en vennote, sonder wie se hulp en betrokkenheid dit nie moontlik sou wees nie. Die groei van NS en toename in aktiwiteite het dit nodig gemaak om die aanstelling van ‘n deeltydse Administratiewe Beampte te oorweeg. Dit sal help verseker dat daar effektiewe beplanning en koördinering van NS se aktiwiteite is en dat daar aan al die konstitusionele en wetlike vereistes voldoen word. Sodanige aanstelling sal natuurlik afhanklik wees van beskikbare fondse.

Page 8: CELTIC BLESSING - neo-spektrum.com · AUNDANE PRAYER 28. 3 MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSLAD NUUS UIT QUEENSWEG “for God created the only relationship that has meaning, and that is

8

NEO-SPEKTRUM NUUSBLAD MEI 2016

Dit is ‘n prioriteit vir die Uitvoerende Komitee en daar word voortdurend gekyk na die langtermyn-volhoubaarheid van NS en kontinuïteit wat betref die spirituele leier. Alhoewel aflosreëlings in plek is, is dit iets wat deurlopend aandag sal geniet. NS is afhanklik van finansiële bydraes deur lede en ondersteuners vir die instandhouding en uitbreiding van haar geestelike sowel as gemeenskaps-aktiwiteite. Die Uitvoerende Komitee wil dus met vrymoedigheid versoek dat lede en ondersteuners dit sal oorweeg om ‘n vaste maandelikse bydra te maak, selfs al is dit ‘n kleiner bedrag. Dit sal die Uitvoerende Komitee in staat stel om NS se operasionele onkostes te dek en proaktief te beplan vir die uitbreiding van aktiwiteite en gemeenskapswerk. Riaan Neethling

20 Wayne Dyer Philosophies

That Will Change The Way You Think - Compiled by Kaitlyn Dunagan -

Wayne W Dyer is one of the ultimate self-help gurus, and a man you

would likely want to be best friends with if you had the chance to

meet him in person.

Dyer was heavily influenced by the teachings of Lao Tzu, Saint Francis

of Assisi, Swami Mutananda, and Abraham Maslow’s concept of

self-actualisation. He melted the views of his philosophical and

psychological role models together to create his own life philosophy

and shared these thoughts with others via his writing.

Even though Dyer has passed, his words continue to beam with a

realism and positivity that will live on in the hearts and the minds of

those who have been exposed to his work.

Page 9: CELTIC BLESSING - neo-spektrum.com · AUNDANE PRAYER 28. 3 MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSLAD NUUS UIT QUEENSWEG “for God created the only relationship that has meaning, and that is

9

MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSBLAD

1. “When you judge another, you do not define them, you define

yourself.”

2. “You cannot be lonely if you like the person you’re alone with.”

3. “You are not stuck where you are unless you decide to be.”

4. “Circumstances do not make a man, they reveal him.”

5. “I am thankful to all those who said no. It’s because of them, I did

it myself.”

6. “You are in a partnership with all other human beings, not a

contest to be judged better than some and worse than others.”

7. “Make peace with silence, and remind yourself that it is in this

space that you’ll come to remember your spirit. When you’re able

to transcend an aversion to silence, you’ll also transcend many

other miseries.”

8. “You’ll seldom experience regret for anything that you’ve done. It

is what you haven’t done that will torment you. The message,

therefore, is clear. Do it! Develop an appreciation for the present

moment. Seize every second of your life and savor it.”

9. “All blame is a waste of time. No matter how much fault you find

with another, it will not change you.”

10. “If you meet someone whose soul is not aligned with yours, send

them love and move along.”

Page 10: CELTIC BLESSING - neo-spektrum.com · AUNDANE PRAYER 28. 3 MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSLAD NUUS UIT QUEENSWEG “for God created the only relationship that has meaning, and that is

10

NEO-SPEKTRUM NUUSBLAD MEI 2016

11. “I’m convinced that some of our greatest and most influential

teachers show up in our lives disguised as people we resent or

even despise.”

12. “No-one knows enough to be a pessimist.”

13. “Love is the ability and willingness to allow those that you care for

to be what they choose for themselves without any insistence

that they satisfy you.”

14. “Attachment to being right creates suffering. When you have a

choice to be right, or to be kind, choose kind and watch your

suffering disappear.”

15. “No-one can create negativity or stress within you. Only you can

do that by virtue of how you process your world.”

16. “You cannot fail, you can only produce results.”

17. “You know, to me, the most beautiful things in all the universe,

are the most mysterious.”

18. “There is one grand lie – that we are limited. The only limits we

have are the limits we believe.”

19. “Judgments prevent us from seeing the good that lies beyond

appearances.”

20. “I am realistic – I expect miracles.”

- Ingestuur deur Rudi Labuschagne -

Page 11: CELTIC BLESSING - neo-spektrum.com · AUNDANE PRAYER 28. 3 MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSLAD NUUS UIT QUEENSWEG “for God created the only relationship that has meaning, and that is

11

MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSBLAD

BOEKGROEP GAAN VAN KRAG TOT KRAG

D ie Neo–Spektrum Boekgroep het in April 2016 sy derde bestaansjaar en die 30ste bespreking gevier. Die boekgroep het deur die drie jaar

van krag tot krag gegaan. Die bespekings het steeds ten doel om boeke wat deur ‘n lid gelees is aan die res van die groep bekend te stel. Na die bekendstelling volg ‘n groep-bespreking oor die boek. Die boekgroep word goed bygewoon met ‘n bywoningsgetal wat wissel tussen 10 en 19 lede per keer. Die Oktober 2015-byeenkoms is deur Edward Smuts gelei. Hy het oor The Book of Kells gepraat wat ‘n dekoratiewe weergawe van die vier evangelies deur die monikke van Iona en Kells is. In November 2015 het Annemarie Spies gepraat oor religieuse simbole. Sy het The Watkins Dictionary of Symbols gebruik vir bespreking. In Desember 2015 is die DVD, Indescribable, van Louie Giglio gekyk. Chrisna Smuts en Jozua Hugo het die nuwe boekjaar in Februarie 2016 gesamentlik ingelei met ‘n gesprek oor die historiese Jesus. In Maart 2016 het Terblanche die boekgroep besoek en meer vertel van Nadia Bols Webber, predikant by die kerk vir Saints & Sinners. Die April-bespreking is deur Leonie van Heerden gelei. Sy het oor Salome – slegs genoem ‘dogter van Herodias’ – gepraat. In Mei is die fokus op die boek oor ikone van Daniël Louw. Edward Smuts

Page 12: CELTIC BLESSING - neo-spektrum.com · AUNDANE PRAYER 28. 3 MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSLAD NUUS UIT QUEENSWEG “for God created the only relationship that has meaning, and that is

12

NEO-SPEKTRUM NUUSBLAD MEI 2016

GEMEENSKAPSPROJEKTE: MES

N eo-Spektrum is baie opgewonde en bevoorreg om ons betrokkenheid by Mould, Empower, Serve (MES) in 2016 voort te sit.

GROW Ruim skenkings het dit moontlik gemaak om ons betrokkenheid by MES en ander gemeenskapsprojekte uit te brei. Ons dra op die oomblik finansieel by tot MES se GROW (God Restores Our World) program. GROW is ‘n werksverskaffing- en leefstyl-rehabilitasieprogram wat geleenthede skep waar persone betaal word vir werk wat verrig word terwyl hulle deel is van ‘n ontwikkelingsprogram. Die werksgeleenthede bestaan hoofsaaklik uit skoonmaakspanne van sowat ses mense elk wat in die noordelike voorstede werk. Die inkomste stel die persone in staat om kos te koop by die MES-kombuis, te betaal vir oornagakkommodasie, en te spaar. Daar is ook ‘n spesiale program om aansoek te doen vir ID-dokumente. GROW help mense om met dissipline en toewyding te werk en hulle te bemagtig om voltydse werk te bekom wanneer hulle meer standvastig is. Neo-Spektrum se bydrae maak dit tans moontlik om werk te verskaf aan een span vir ses dae elke maand. Emmer-projek Baie dankie aan almal wat in Desember 2015 bygedra het tot die Emmer-projek. MES het ‘n hele paar items oorgehou wat hulle tydens ‘n Valentynstee in Februarie gebruik het — tydens dié geleentheid kon van hul kliënte hul geliefdes trakteer tot ietsie spesiaals. WOW – Winterprojek Soos verlede jaar gaan ons weer van 1 tot 22 Junie vanjaar deelneem aan die winterprojek waar ons gaan vra vir donasies van kos, warm klere en komberse om MES-kliënte te help voorberei vir die Kaapse winter. Ons sal meer inligting versprei in Mei maar hou dit asseblief solank in gedagte.

Page 13: CELTIC BLESSING - neo-spektrum.com · AUNDANE PRAYER 28. 3 MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSLAD NUUS UIT QUEENSWEG “for God created the only relationship that has meaning, and that is

13

MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSBLAD

Vrouedagete – Vrydag 12 Augustus 2016 Na verlede jaar se suksesvolle Vroudagete wat ons by MES se kantore gehou het wil ons beslis weer iets doen om die vroue wat betrokke is by MES te bederf. Ons sal nader aan die tyd in kontak wees met meer inligting oor die geleentheid. Lizanne Joubert

MES-kliënte geniet die Valentynstee vroeër vanjaar.

BYWONING BY NEO-SPEKTRUM

Sedert Oktober 2011 was daar ‘n konstante styging in die bywoningsgetalle by Neo-Spektrum.

JAAR TOTALE BYWONING GEM. MAANDELIKSE BYWONING

GEM. BYWONING PER SONDAG

2011 582/3 mnde 194 49

2012 2 293 191 48

2013 3 189 266 67

2014 3 663 305 76

2015 3 777 315 79

2016 1 016/3 mnde 339 85

Page 14: CELTIC BLESSING - neo-spektrum.com · AUNDANE PRAYER 28. 3 MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSLAD NUUS UIT QUEENSWEG “for God created the only relationship that has meaning, and that is

14

NEO-SPEKTRUM NUUSBLAD MEI 2016

DIE VERLOSSING VAN LUISTER

D ie geluid van jong(er) stemme het veral die afgelope jaar harder en duideliker geword in ons land se publieke diskoers. Ek deel baie kortliks wat dit vir my as

jong, wit, Afrikaanse man beteken en hoe ek die onvermydelike besluit hanteer van hoe ek hierop reageer. Die gewig van die woord luister word op die oomblik op ‘n (in)dringende wyse binne my leefwêreld al meer bekend. Dit is indringend, want dit vra ‘n konfrontasie met die waarheid oor myself en die wêreld waarin ek woon. Die dringendheid daarvan is ook veral vir my onmisbaar, want hoe langer ek nie luister nie, hoe meer vervreem ek myself van ander stemme, en hoe meer useless raak ek vir die wêreld om my. Dit is veral ander jong(er) stemme wat uitroep dat daar geluister word. Hoe meer ek hierdie woord luister teëkom in gesprekke, hoe meer besef ek dat dit ‘n uitnodi-ging en ‘n pleidooi geword het. Ek besef ook hoe baie ek nog kan leer oor die kuns van luister. Ek weet dat om te luister ‘n daad is wat my land van my vra om te pleeg; ʼn liefdes-daad wat teen my selfgerigtheid indruis. Dit is ‘n uitnodiging om gehoor te gee aan stemme en perspektiewe wat nie soos myne klink nie. En ek besef, hoe meer onge-maklik hierdie luister raak, hoe beter. Want dit ontbloot die eensydigheid — die binêre bestaan — wat my rusplek geword het. Dit is ook vir my dringend, want dit nooi my konstant in die hede in — daar waar God vir my wag terwyl ek rondval in die verlede of toekoms. Om regtig te luister na ander herinner my aan my dikwels onuitgesproke verlange na ‘n luisterende God wie verstaan, wie verlos. Dan onthou ek weer — om te luister kan dit wat alledaags is, heilig maak. Dit vra dat ek bloot dieper luister na stemme waaraan ek gewoond geraak het. Ten minste verlos dit my tydelik van myself. Richard Rohr stel dit so: “I believe it's especially important for those of us who are comfortable and privileged — whether we are white, financially secure, male, or have some other social ‘advantage’ — to nurture a contemplative mind. “Only through the eyes of the Divine Witness can we learn to see that to which we are mostly blind. Only when we are listening from the True Self, not the protective ego, can we hear the truth about ourselves and the unjust system in which we par-ticipate.”

Louis van der Riet

Page 15: CELTIC BLESSING - neo-spektrum.com · AUNDANE PRAYER 28. 3 MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSLAD NUUS UIT QUEENSWEG “for God created the only relationship that has meaning, and that is

15

MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSBLAD

A CRUISE ON THE MEDITERRANEAN 3 to 17 October 2015

H artmut and I were privileged to journey with more or less 600 like-minded people on a cruise ship (3 000 passengers, 1 500 staff) from Rome in Italy to

Israel, Ephesus, Greece, Malta and back to Rome. What an experience! Through the dedication of the spiritual teacher and leader, Dr Wayne Dyer, a tour was organised by Hay House to the Holy Land, including speakers such as Anita Moorjani (known through her book Dying to be Me) and Imaculee Ilibagiza (Left to Tell). Sadly, Wayne died three weeks before the trip, but the organisers decided that as a tribute to him, the cruise event should go on, supporting the vision which Wayne had for all of us. A new speaker, Dr Robert Holden, a well-known teacher and author from England, took his place. On Wayne's bucket list was Israel. He wanted to see Jerusalem and touch its history. He believed that the energy here was sacred and needed to be felt. How true this was for all attending. Even our Jewish tour guide noticed the amazing person Wayne was, by comparing him with Moses, who was also not allowed to enter the Holy Land before he died. The highlight for all was the visit to the Mount Beautitudes, by the shores of the Sea of Galilee, where Jesus delivered his famous Sermon on the Mount. Matthew 5: "Blessed are the poor in spirit, for theirs is the kingdom of heaven" ... ending with The Lord's Prayer: "Our Father, who art in heaven, hallowed be Thy name.." We were allowed by our teachers to have the same experience, giving us messages on Mount Beautitudes followed by 10 white pigeons flying into the sky as a peace gesture for the turbulent world we live in. This whole experience was envisioned by Dr Wayne Dyer for this event — a man who has inspired us all for so many years through his wonderful books and DVDs. A deep THANK YOU to Hay House, who saw the opportunity to continue this journey without the man being present, and who made it possible for all of us to enjoy this amazing experience, making new friends and visiting new places. In Love and Light

Marietjie and Hartmut Nowak

Page 16: CELTIC BLESSING - neo-spektrum.com · AUNDANE PRAYER 28. 3 MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSLAD NUUS UIT QUEENSWEG “for God created the only relationship that has meaning, and that is

16

NEO-SPEKTRUM NUUSBLAD MEI 2016

GEMEENSKAPSPROJEKTE: LAERSKOOL ATTIE VAN WYK

N eo-Spektrum wou graag betrokke raak by ‘n skool waar daar werklik ‘n behoefte is en waar ons ‘n verskil kan maak. Ons het drie skole in die

Durbanville-omgewing besoek. Die Laerskool Attie van Wyk was ‘n maklike keuse, aangesien dié skool die grootste behoeftes en uitdagings gehad het. Ons het ook gedink dis die perfekte skool om die leesterapieprogram, Word4Word (W4W), te implementeer.

Attie van Wyk het 273 leerlinge van Graad R tot 7. Daar is nege onderwysers en mnr. Hannes Lukas is die skoolhoof. Die skool is in Adderleyweg langs Diemersdal en net buite Durbanville. Geen skoolfondse word van die kinders ingevorder nie – die skool word befonds deur die Onderwysdepartement, wat nie genoeg is om hul basiese behoeftes te dek nie. Die nasionale skoolvoedingskema verskaf een tot twee etes per dag aan elke kind.

Hoe help Neo-Spektrum tans?

‘n Skenking het dit moontlik gemaak om W4W by die skool te implementeer.

W4W het reeds die skool besoek, elke kind getoets en die onderwysers en 10 vrywilligers van Neo-Spektrum opgelei om die program aan te bied. Die ouers se opleiding vind middel-Mei plaas. Die volgende stap is om die kinders te identifiseer wat eerste terapie gaan kry.

Laetitia en Annemarie het aangebied om die skoolbiblioteek uit te sorteer sodat die kinders dit kan gebruik.

As deel van die W4W-program gaan Sport for Christ Action SA (SCAS) die skool

besoek, sporttoerusting skenk en ‘n paar sportafrigtingsessies vir die kinders aanbied.

Amandla Construction het die skool netbalbaan gratis herstel, en die lyne vir ‘n netbalbaan en basketbalbaan word eersdaags geverf. Else-Helene se kreatiewe benadering en baie oproepe het dit moontlik gemaak! Ons beoog om ‘n basket-balring en balle aan te koop en die seuns is baie opgewonde oor die idee dat hulle iets anders as sokker kan speel tydens pouses.

Danksy ‘n skenking van skoolbanke deur ‘n skool waar Riaan betrokke is op Darling, kon ons 30 skoolbanke elk aan Attie van Wyk en Blue Mountain laer-skole verskaf. Banke moet gewoonlik self deur die skole aangekoop word teen ‘n hoë koste – daar is ‘n wagtydperk van jare indien dit deur die Onderwys- departement aangekoop word.

Olivia het laat weet dat Curro Durbanville vyf krieketstelle aan die skool wil skenk. Dis wonderlike nuus en sal baie handig te pas kom.

Page 17: CELTIC BLESSING - neo-spektrum.com · AUNDANE PRAYER 28. 3 MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSLAD NUUS UIT QUEENSWEG “for God created the only relationship that has meaning, and that is

17

MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSBLAD

Wat is die skool se dringendste behoeftes?

Skryfbehoeftes: Hulle koop skryfbehoeftes aan die begin van elke jaar, maar daar is altyd 'n behoefte later in die jaar soos dit opgebruik word.

Personeelonkoste: Net 'n sekere aantal onderwysers word deur die Onderwysdepartement betaal. Die skool is self verantwoordelik vir die res van die fondse.

Kunsmatige gras: Omdat die skoolgronde vol sand en klippe is, wil hulle graag 'n sekere deel met kunsmatige gras bedek.

Kopieërmasjien: Die huidige masjien gee baie probleme, maar het steeds 'n paar jaar oor op die huurkontrak.

Skoene: Die skool se beheerliggam probeer help met skoene, maar kan dit nie bekostig om vir elke kind 'n paar skoolskoene te koop nie.

Lugverkoeling: Die Graad R-klas is in 'n ou skeepshouer, wat baie warm word. Ons het ‘n kwotasie gekry van R15 000 vir ‘n lugverkoeler, wat ‘n staalkas wat diefstal sal verminder uitsluit.

Klaskamers: As gevolg van groeiende getalle, word die rekenaarkamer ook nou gebruik as 'n klaskamer. Die skool kan beslis doen met nog 'n klaskamer, wat ongeveer R280 000 sal kos.

Badkamers: Daar is ‘n tekort aan badkamers vir beide meisies en seuns. Daar is ‘n ou skeepshouer wat tans as stoorkamer gebruik word, wat omskep kan word in nog badkamers. Dit sal ongeveer R60 000 kos.

Verjaardagviering: Die Laerskool Attie van Wyk is vanjaar 40! Hulle beplan 'n paar geleenthede om die gebeurtenis te vier – dit is ook vir ons 'n wonderlike geleentheid om betrokke te raak.

Die biblioteek by die Laerskool Attie van Wyk.

Page 18: CELTIC BLESSING - neo-spektrum.com · AUNDANE PRAYER 28. 3 MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSLAD NUUS UIT QUEENSWEG “for God created the only relationship that has meaning, and that is

18

NEO-SPEKTRUM NUUSBLAD MEI 2016

Waar en hoe kan jy help?

W4W projek: Ons soek nog vrywilligers wat twee ure per week by die skool kan deurbring om die kinders te help met hul leesprogram. Ons bestee 40 minute met elke leerder, en werk op ‘n siklus van vyf weke. Indien jy jou nie weekliks kan verbind nie, sal ‘n storie-oggend een dag elke paar weke ook vir die kinders wonderlik wees. Ons het reeds die W4W-opleidingsessie gehad, maar ons kan die notas en agtergrond deel en jou vinnig op datum bring.

Skenk kinderboeke wat jy nie meer gebruik of lees nie.

Maak seker jou Woolworths-kaart is verbind aan die My School-program en kies Attie van Wyk as jou begunstigde. Elke keer wat jy jou kaart gebruik, word ‘n persentasie van jou aankope aan die skool geskenk. Doen dit hier: http://www.myschool.co.za/cardholders/link-your-woolworths-card

Kontak my gerus by 078 652 8398 of [email protected] met idees of indien jy wil betrokke raak.

Lizanne Joubert Regs: Die onderwysers by Attie van Wyk ontvang W4W-opleiding. Onder: Die spannetjie vrywilligers van Neo-Spektrum wat ook opgelei is om die W4W-program aan te bied.

Page 19: CELTIC BLESSING - neo-spektrum.com · AUNDANE PRAYER 28. 3 MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSLAD NUUS UIT QUEENSWEG “for God created the only relationship that has meaning, and that is

19

MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSBLAD

UIT MARITA SE JOERNAAL

20 Maart, Sondag in die kapel, 9.50vm

Ek kyk af na ons blaadjie vir vandag. En glimlag. Die opskrif:

‘Die geleë tyd is nou’. En ek lees:

“Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug?

Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom?

Klim ek op na die hemel, is U daar,

gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar.

Vlieg ek na die ooste,’of gaan woon ek in die verre weste,

ook daar lei u hand my, hou u regterhand my vas.

Ek sou die duisternis kon vra om my weg te steek,

of die lig rondom my om in nag te verander,

maar vir U is selfs die duisternis nie donker nie

en die nag so lig soos die dag,

duisternis so goed soos lig.”

Psalm 139:7-12

Ek hoor die kitaarmusiek. Ek voel hoe die lewe hier bymekaarkom.

Nie net in die rondheid van die sirkelgebou nie, maar ook in die

stil-glimlag van Ronel, die knip-oog van Sonja, die flikkering van die

minora, die patrone op die klipteëls.

Maar veral, veral in die simbool van Lewe.

- Ingestuur deur Marita van der Riet -

Page 20: CELTIC BLESSING - neo-spektrum.com · AUNDANE PRAYER 28. 3 MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSLAD NUUS UIT QUEENSWEG “for God created the only relationship that has meaning, and that is

20

NEO-SPEKTRUM NUUSBLAD MEI 2016

I’VE LEARNED - By Andy Rooney -

I've learned....That the best classroom in the world is at the feet of an elderly person.

I've learned....That when you're in love, it shows.

I've learned....That just one person saying to me, 'You've made my day!' makes my day.

I've learned....That having a child fall asleep in your arms is one of the most peaceful feelings in the world.

I've learned....That being kind is more important than being right.

I've learned....That you should never say no to a gift from a child.

I've learned....That I can always pray for someone when I don't have the strength to help him in any other way.

I've learned....That no matter how serious your life requires you to be, everyone needs a friend to act goofy with.

I've learned....That sometimes all a person needs is a hand to hold and a heart to understand.

I've learned....That simple walks with my father around the block on summer nights when I was a child did wonders for me as an adult.

I've learned....That life is like a roll of toilet paper. The closer it gets to the end, the faster it goes.

I've learned....That we should be glad God doesn't give us everything we ask for.

I've learned....That money doesn't buy class.

I've learned....That it's those small daily happenings that make life so spectacular.

I've learned….That under everyone's hard shell is someone who wants to be appreciated and loved.

Page 21: CELTIC BLESSING - neo-spektrum.com · AUNDANE PRAYER 28. 3 MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSLAD NUUS UIT QUEENSWEG “for God created the only relationship that has meaning, and that is

21

MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSBLAD

I've learned....That to ignore the facts does not change the facts.

I've learned....That when you plan to get even with someone, you are only letting that person continue to hurt you.

I've learned....That love, not time, heals all wounds.

I've learned....That the easiest way for me to grow as a person is to surround myself with people smarter than I am.

I've learned....That everyone you meet deserves to be greeted with a smile.

I've learned....That no one is perfect until you fall in love with them.

I've learned….That life is tough, but I'm tougher.

I've learned....That opportunities are never lost; someone will take the ones you miss.

I've learned....That when you harbor bitterness, happiness will dock elsewhere.

I've learned....That I wish I could have told my Mom that I love her one more time before she passed away.

I've learned....That one should keep his words both soft and tender, because tomorrow he may have to eat them.

I've learned....That a smile is an inexpensive way to improve your looks.

I've learned....That when your newly born grandchild holds your little finger in his little fist, you're hooked for life.

I've learned....That everyone wants to live on top of the mountain, but all the happiness and growth occurs while you're climbing it.

I've learned....That the less time I have to work with, the more things I get done.

- Ingestuur deur Joan Laubscher -

Page 22: CELTIC BLESSING - neo-spektrum.com · AUNDANE PRAYER 28. 3 MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSLAD NUUS UIT QUEENSWEG “for God created the only relationship that has meaning, and that is

22

NEO-SPEKTRUM NUUSBLAD MEI 2016

VAN GEDAGTE NA GELEENTHEID

N a om en by 10 jaar in die buiteland het ek in Oktober 2014 teruggetrek Suid-Afrika toe. Ek het my land, my familie en son gemis. Vir baie lank

was ek bang was vir die korrupsie, leef agter diefwering en miskien sit in die donker, maar toe die Groot Gemis die Bang verbysteek het ek geweet dit was tyd om terug tekeer.

Ek was van min dinge seker, maar een was dat ek reg was om terug te gee aan my land waar ek vandaan kom en dat ek ‘n verskil wou maak.

In September 2014 spandeer ek eers ‘n paar weke in Amerika, en terwyl ek in Seattle is, besoek ek die Bill & Melinda Gates Foundation. Dis oorweldigend om te sien hoe ‘n groot verskil hulle al gemaak het reg oor die wêreld wat mense se lewens op ‘n alledaagse basis raak.

In die een hoek van die besoeksentrum is daar groot skerms waarop staan ‘Your Foundation’. Hier kan jy ‘n boodskap tik wat dan op die skerms verskyn om te sê wat jy sal wil doen. Ek het gestaan voor die skerms wat die hele muur vul en gelees ‘Save people’, ‘Save polar bears’, ‘I would help people to stop taking drugs’ en ‘Save the endangered animals’.

Ek het teruggestaan, opgekyk en gewonder … wat ek sou doen? Wat is vir my belangrik genoeg dat ek dit lewensgroot op die skerms wil sien? Dit het my nie te lank geneem om my vingers op die toetsbord te sit en te tik wat my na aan die hart lê nie…

Sowat nege maande later, terug in Suid-Afrika, bel Terblanche een oggend om te sê daar is ‘n geleentheid om by ‘n organisasie genaamd Word4Word (W4W) betrokke te raak.

Hy verduidelik dat hulle leesterapie doen by skole en ook ander ondersteu-ning verskaf soos oogtoetse en sporttoerusting. Neo-Spektrum wil betrokke raak by W4W en die idee is om dan sommer ‘n skool aan te neem en werklik ‘n verskil maak in die kinders se lewens.

Page 23: CELTIC BLESSING - neo-spektrum.com · AUNDANE PRAYER 28. 3 MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSLAD NUUS UIT QUEENSWEG “for God created the only relationship that has meaning, and that is

23

MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSBLAD

Terblanche wil weet of ek nie die projek aan die gang wil sit nie. Ek sê onmiddelik JA, en so begin die proses … vanaf meer uitvind oor W4W en ‘n skool soek wat geskik is, tot waar ons vandag aktief betrokke is by die Laerskool Attie van Wyk. Dit was ‘n paar weke na Terblanche se oproep toe iemand ‘Bill Gates’ in ‘n gesprek noem dat ek uit die bloute my eie woorde onthou wat ek ‘n paar maande vantevore op die groot skerm gelees het:

Ek het deels die laaste vers van Strikland Gillilan se gedig ‘The Reading Mother’ in gedagte gehad:

You may have tangible wealth untold; caskets of jewels and coffers of gold.

Richer than I you can never be -- I had a Mother who read to me.

Ek kon my kop net in verwondering skud oor hierdie relatiewe kort tydperk wat verloop het van Gedagte na Geleentheid.

Ons kan nie ‘n ma se rol aanneem by Attie van Wyk nie, en ons kan miskien nie vir elke kind ‘n boek gee nie, maar as net een kind beter kan lees in Desember as vandag, of as net een kind meer van boeke hou of ‘n boek vashou met respek, of nuuskierig die eerste bladsy van ‘n boek omblaai, wil ek glo ek is ‘n stappie nader my wens vir elke kind. Lizanne Joubert

Page 24: CELTIC BLESSING - neo-spektrum.com · AUNDANE PRAYER 28. 3 MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSLAD NUUS UIT QUEENSWEG “for God created the only relationship that has meaning, and that is

24

NEO-SPEKTRUM NUUSBLAD MEI 2016

THE PARADOX OF OUR TIME - George Carlin -

The paradox of our time in history is that we have taller buildings but

shorter tempers, wider freeways, but narrower viewpoints. We spend

more, but have less, we buy more, but enjoy less. We have bigger houses

and smaller families, more conveniences, but less time. We have more

degrees but less sense, more knowledge, but less judgment, more experts,

yet more problems, more medicine, but less wellness.

We drink too much, smoke too much, spend too recklessly, laugh too

little, drive too fast, get too angry, stay up too late, get up too tired, read

too little, watch TV too much, and pray too seldom.

We have multiplied our possessions, but reduced our values. We talk too

much, love too seldom, and hate too often.

We've learned how to make a living, but not a life. We've added years to

life, not life to years. We've been to the moon and back, but have trouble

crossing the street to meet a new neighbor. We conquered outer space

but not inner space. We've done larger things, but not better things.

We've cleaned up the air, but polluted the soul. We've conquered the

atom, but not our prejudice. We write more, but learn less. We plan

more, but accomplish less. We've learned to rush, but not to wait. We

build more computers to hold more information, to produce more

copies than ever, but we communicate less and less.

These are the times of fast foods and slow digestion, big men and small

character, steep profits and shallow relationships. These are the days of

two incomes but more divorce, fancier houses, but broken homes.

Page 25: CELTIC BLESSING - neo-spektrum.com · AUNDANE PRAYER 28. 3 MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSLAD NUUS UIT QUEENSWEG “for God created the only relationship that has meaning, and that is

25

MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSBLAD

These are days of quick trips, disposable diapers, throwaway morality,

one-night stands, overweight bodies, and pills that do everything from

cheer, to quiet, to kill.

It is a time when there is much in the showroom window and nothing in

the stockroom. A time when technology can bring this letter to you, and

a time when you can choose either to share this insight, or to just hit

delete.

Remember to spend some time with your loved ones, because they are

not going to be around forever.

Remember, say a kind word to someone who looks up to you in awe,

because that little person soon will grow up and leave your side.

Remember to give a warm hug to the one next to you, because that is the

only treasure you can give with your heart and it doesn't cost a cent.

Remember, to say 'I love you' to your partner and your loved ones, but

most of all, mean it. A kiss and an embrace will mend hurt when it comes

from deep inside of you.

Remember to hold hands and cherish the moment, for someday that

person will not be there again.

Give time to love, give time to speak! And give time to share the precious

thoughts in your mind.

And always remember, life is not measured by the number of breaths we

take, but by those moments that take our breath away.

- Ingestuur deur Theo Smit -

Page 26: CELTIC BLESSING - neo-spektrum.com · AUNDANE PRAYER 28. 3 MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSLAD NUUS UIT QUEENSWEG “for God created the only relationship that has meaning, and that is

26

NEO-SPEKTRUM NUUSBLAD MEI 2016

ONS KUIER SAAM BY DIE BARNYARD

O p Saterdag 16 April is Neo-Spektrum se jaarlikse samekoms om fondse in te samel vir ons gemeenskapsprojekte by die Barnyard-teater in

Durbanville gehou. Dit het ook die ideale geleentheid gebied om lekker saam te kuier as ‘n klomp bekendes. In hierdie proses van iets saam genereer en elkeen sy of haar klein bydrae maak, is Terblanche se maandtema van ‘longing for belonging’ op ‘n ander manier versterk. Hierdie jaar se ‘kuier’ was geensins anders nie en kan ‘n mens die aand net beskryf as ‘n groot sukses! En die ‘entertainers’ in die Viva Las Vegas vertoning het weereens die feit benadruk dat ‘n mens nooit jou plaaslike talent moet onderskat nie — die sang en die danse was eenvoudig onverbeterlik. Ons het wel ‘n week voor die vertoning nog nie gelykgebreek nie, maar teen die Saterdagmiddag was ons 100% uitverkoop. Eintlik het ons 116 van ons 115 kaartjies gebruik deurdat ons ‘n ekstra stoel by Annelize van der Linde se tafel bygevoeg het. Selfs mense wat op kort kennisgewing moes kanselleer, is vervang deur ander… Wat ‘n heerlike gevoel van genoegdoening om na ‘n klomp administratiewe chaos met groot dankbaarheid te kan sê ons het ‘n wonderlike wins van R5 600 gemaak. Ons VIP van die aand was Bennie Weitz van Amandla Construction wat die nuwe netbalbaan by die Laerskool Attie van Wyk moontlik gemaak het. Ons is baie bly hy kon die aand saam met ons kuier en sê weereens dankie vir die groot verskil wat die nuwe baan aan 270 kinders se lewens gaan maak. Else-Helene Loubser

Page 27: CELTIC BLESSING - neo-spektrum.com · AUNDANE PRAYER 28. 3 MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSLAD NUUS UIT QUEENSWEG “for God created the only relationship that has meaning, and that is

27

MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSBLAD

Riaan (links), Else-Helene en ons VIP gaste Bennie Weitz van Amandla Construction en sy vrou Ilke by die Barnyard-vertoning.

Nuusblad-bydraes: Stuur asseblief gereeld bydraes vir toekomstige nuusblaaie aan [email protected] — verkieslik as ‘n Word dokument. Onthou elkeen van ons het ʼn storie … ons hoor graag jou hartsgedagtes! Foto’s is natuurlik ook welkom.

HELP ONS MINDERBEVOORREGTES

Neo-Spektrum benodig gereelde bydraes om volhoubaar betrokke te bly by al ons gemeenskapsprojekte. Die Uitvoerende Komitee lewer ’n pleidooi aan almal in ons Wysheidsirkel om ’n vaste maandelikse bydrae te oorweeg.

Kontak vir Edward Smuts by [email protected] om ‘n debietordervorm aan te vra en te voltooi. Jy kan ook ‘n eenmalige of ‘n gereelde bydrae per EFT doen in ons bankrekening: Neo-Spektrum, Absa, takkode 632005, rekeningnommer 4083481065. Gebruik jou naam as verwysing.

Dra by met SnapScan Laai die app af op jou selfoon. Installeer en gebruik met veiligheid om by te dra.

Page 28: CELTIC BLESSING - neo-spektrum.com · AUNDANE PRAYER 28. 3 MEI 2016 NEO-SPEKTRUM NUUSLAD NUUS UIT QUEENSWEG “for God created the only relationship that has meaning, and that is

28

NEO-SPEKTRUM NUUSBLAD MEI 2016

ABUNDANCE PRAYER - Candy Paull, The Heart of Abundance -

When I am afraid, I ask myself: How can I give more to life?

When I am tangled in past regrets or frightening stories of the future, I bring myself into the present moment and know that I am safe. When I am tempted to complain I choose praise and gratitude.

I take a deep breath. I look around and see

How rich I am in the things that count. I look within and see my unlimited potential.

I realise that every moment is filled with blessings and every day I am alive is a gift to be grateful for.

I remember that God is my Source and abundance is reflected in the faces of the people I love

and in the faces of those I have yet to learn to love. Eternally, this abundance says:

Every family is my family. Every success is my success.

Every bride is my beauty and every bridegroom my Beloved.

Every child is my new beginning and every elder is my life ripe with experience.

Every dawn is my new day. Every sunset is my world turning.

Every season is good and offers its bounty to me. Every moment is mine to embrace for it is the Eternal Now

forever expressing in, through, and for me. I live in the Forever Here that is alive in all.

Translucent grace shines in us, awake and aware of the beauty we are as we become all we were meant to be.

And so it is.

- Ingestuur deur Terblanche Jordaan -