c:userserindadocumentsprokureurs … · gehou kragtens akte van transport t69869/2002 5 voorwaarde...

32
1 Sien Voorbeeld 9 B in Deel 4 van Selfstudie Aktekursus vir Prokureurs. 2 Sedert 1 Mei 2011 (die inwerkingtreding van die nuwe Maatskappywet 71 van 2008) moet geen hakies rondom die woord “eiendoms” geplaas word nie. Indien hierdie woord egter afgekort word, moet die hakies nogsteeds gebruik word, naamlik (Edms). Deel 1 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 1 Modelantwoorde vir die Transportbesorgingseksamen September 2011 Deel 1 Selfstudie Aktekursus Vraag 1 - Modelantwoord [50] 1.1 Opgestel deur my TRANSPORTBESORGER Le Roux GJ Aansoek kragtens Artikel 40 van die Registrasie van Akteswet 47 van 1937 1 Ek, die ondergetekende Remmington Steele in my hoedanigheid as direkteur en behoorlik daartoe gemagtig kragtens ‘n besluit van Trident Steel Eiendoms Beperk 2 Registrasienommer 1972/006101/07 doen hiermee aansoek kragtens artikel 40 van die Registrasie van Akteswet 47 van 1937 by die Registrateur van Aktes te Johannesburg, vir die uitreiking aan gemelde maatskappy van ‘n sertifikaat van verenigde titel met betrekking tot - 1) Erf 1505 Roodekop Dorpsgebied Registrasie afdeling I.R., Provinsie van Gauteng groot 8 741 (agt sewe vier een) vierkante meter Gehou kragtens Akte van Transport T69869/2002 en

Upload: others

Post on 03-Sep-2019

41 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

1 Sien Voorbeeld 9 B in Deel 4 van Selfstudie Aktekursus virProkureurs.

2 Sedert 1 Mei 2011 (die inwerkingtreding van die nuwe Maatskappywet71 van 2008) moet geen hakies rondom die woord “eiendoms” geplaasword nie. Indien hierdie woord egter afgekort word, moet die hakiesnogsteeds gebruik word, naamlik (Edms).

Deel 1 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 1

Modelantwoorde vir die Transportbesorgingseksamen

September 2011

Deel 1

Selfstudie Aktekursus

Vraag 1 - Modelantwoord [50]1.1 Opgestel deur my

TRANSPORTBESORGER

Le Roux GJ

Aansoek kragtens Artikel 40

van die Registrasie van Akteswet 47 van 1937 1

Ek, die ondergetekende

Remmington Steele in my hoedanigheid as direkteur en behoorlik daartoe

gemagtig kragtens ‘n besluit van

Trident Steel Eiendoms Beperk 2

Registrasienommer 1972/006101/07

doen hiermee aansoek kragtens artikel 40 van die Registrasie van Akteswet 47 van

1937 by die Registrateur van Aktes te Johannesburg, vir die uitreiking aan gemelde

maatskappy van ‘n sertifikaat van verenigde titel met betrekking tot -

1) Erf 1505 Roodekop Dorpsgebied

Registrasie afdeling I.R., Provinsie van Gauteng

groot 8 741 (agt sewe vier een) vierkante meter

Gehou kragtens Akte van Transport T69869/2002

en

3 Al die bladsye van die konsolidasiekaart is nie voorsien nie. Derhalweis u nie in besit gestel van die nuwe eiendomsbeskrywing van diegekonsolideerde eiendom en sy grootte nie. U moes derhalwe self ‘ngeregistreerde nommer versin en die groottes van die onderskeiekomponent eiendomme bymekaar tel ten einde die korrekte grootteaan te dui.

Deel 1 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2

-2-

2) Erf 1507 Roodekop Dorpsgebied

Registrasie afdeling I.R., Provinsie van Gauteng

groot 8 741 (agt sewe vier een) vierkante meter

Gehou kragtens Akte van Transport T69869/2002

en

3) Erf 1509 Roodekop Dorpsgebied

Registrasie afdeling I.R., Provinsie van Gauteng

groot 8 741 (agt sewe vier een) vierkante meter

Gehou kragtens Akte van Transport T69869/2002

en

4) Erf 1511 Roodekop Dorpsgebied

Registrasie afdeling I.R., Provinsie van Gauteng

groot 8 741 (agt sewe vier een) vierkante meter

Gehou kragtens Akte van Transport T69869/2002

welke eiendomme by konsolidasie bekend sal staan as -

Erf 1512 Roodekop Dorpsgebied 3

Registrasie afdeling I.R., Provinsie van Gauteng

groot 34 964 (vier en dertig duisend negehonderd vier en sestig)

vierkante meter

soos aangedui op konsolidasiekaart L.G. Nr. 8503/2002.

Geteken te Johannesburg op 14 September 2011.

Nms Trident Steel (Edms) Bpk

[10]

4 Hierdie sertifikaat word ooreenkomstig vorm O opgestel. Sien ookVoorbeeld 9 D in Deel 4 van Selfstudie Aktekursus vir Prokureurs.

Deel 1 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 3

1.2 Opgestel deur my

Vorm O

TRANSPORTBESORGER

Le Roux GJ

SERTIFIKAAT VAN VERENIGDE TITEL 4

NADEMAAL -

Trident Steel Eiendoms Beperk

Registrasienommer 1972/006101/07

aansoek gedoen het om die uitreiking aan gemelde maatskappy van ‘n Sertifikaat

van Verenigde Titel kragtens die bepalings van artikel 40 van die Registrasie van

Akteswet, 1937;

EN NADEMAAL die gemelde maatskappy die geregistreerde eienaar is van

1) Erf 1505 Roodekop Dorpsgebied

Registrasie afdeling I.R., Provinsie van Gauteng

Gehou kragtens Akte van Transport T69869/2002

en

2) Erf 1507 Roodekop Dorpsgebied

Registrasie afdeling I.R., Provinsie van Gauteng

Gehou kragtens Akte van Transport T69869/2002

en

3) Erf 1509 Roodekop Dorpsgebied

Registrasie afdeling I.R., Provinsie van Gauteng

Gehou kragtens Akte van Transport T69869/2002

5 Voorwaarde A in Transportakte T69869/2002, rakende minerale regtemoet uit die sertifikaat weggelaat word, aangesien alle minerale regtevoorwaardes in opvolgende aktes weggelaat moet word -(HRO2/2011). Sien paragraaf 4.8 in Hoofstuk 4 van SelfstudieAktekursus - deel 1.

6 Waar ‘n maatskappy in die titelvoorwaardes beskryf word, is dit praktykom sy naam te verander deur na die nuwe toepaslike agtervoegsel teverwys.

Deel 1 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 4

-2-

en

4) Erf 1511 Roodekop Dorpsgebied

Registrasie afdeling I.R., Provinsie van Gauteng

Gehou kragtens Akte van Transport T69869/2002

wat verenig is tot die grond hieronder beskryf

SO IS dit dat ingevolge die bepalings van genoemde Wet, ek, die Registrateur van

Aktes te Johannesburg, hierby sertifiseer dat voornoemde

Trident Steel Eiendoms Beperk

Registrasienommer 1972/006101/07

sy opvolgers in titel of regsverkrygendes die geregistreerde eienaar is van

Erf 1512 Roodekop Dorpsgebied

Registrasie afdeling I.R., Provinsie van Gauteng

groot 34 964 (vier en dertig duisend negehonderd vier en sestig)

vierkante meter

soos aangedui op konsolidasiekaart L.G. Nr. 8503/2002 hierby aangeheg.

Die eiendom hierkragtens gehou is onderhewig aan die volgende voorwaardes:5

A Neither the owner nor any other person shall have the right, save and except

to prepare the erf for building purposes to excavate therefrom any material

without the written consent of the Local Authority.

B Subject to the following condition imposed in favour of the Eco Homeowners

Association NPC registration number 1999/028490/08:6

7 Aangesien slegs Erf 1505 Roodekop aan hierdie voorwaardeonderhewig is, moet die voorwaarde gekwalifiseer word deur diebyvoeging van ‘n inleidende sin waarin ‘n verwysing na die figuurwaarmee die gemelde erf op die konsolidasiekaart aangedui word,gemaak moet word.

8 Hierdie inligting kan gevind word in serwituutnota nr. 1 op kaart L.G.Nr. 8503/2002.

9 Aangesien slegs Erf 1511 Roodekop dorpsgebied aan hierdievoorwaarde onderhewig is, moet hierdie voorwaarde ook gekwalifiseerword deur te verwys na die belettering waarmee die erf op diekonsolidasiekaart aangedui word.

10 Hierdie inligting kan gevind word in serwituutnota nr. 2 op diekonsolidasiekaart.

Deel 1 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 5

-3-

1 Every owner of the erf or any subdivision thereof or any interest thereinor any unit thereon, as defined in the Sectional Title Act, 1986, shallbecome and shall remain a member of the Eco HomeownersAssociation.

2 The owner of the erf or any subdivision thereof or any interest thereinor any unit thereon as defined in the Sectional Titles Act, 1986, shallnot be entitled to transfer the erf or any subdivision thereon or anyinterest therein or any unit thereon without a clearance certificate fromthe Eco Homeowners Association to confirm that all the levies due to ithas been paid.

C Die voormalige Erf 1505 Roodekop Dorpsgebied, aangedui deur die figuurAmJK op die aangehegte konsolidasiekaart L.G. Nr. 8503/2002 isonderhewig aan die volgende voorwaarde - 7

The property is subject to a right of way servitude, indicated by the figureArsK on attached consolidation diagram S.G. no. 8503/2002 8 in favour of Erf1503 Roodekop Township as will more fully appear from Notarial Deed ofServitude K123/1982 with diagram S.G. No. A1907/1981 annexed thereto.

D Die voormalige Erf 1511 Roodekop Dorpsgebied, aangedui deur die figuurpBCD op aangehegte konsolidasiekaart L.G. Nr. 8503/2002 is onderhewigaan die volgende voorwaarde - 9

The property is further subject to a right of way servitude, indicated by thefigure tBCu on attached consolidation diagram S.G. No. 8503/2002 10 infavour of Erf 1513 Roodekop Township, as will more fully appear fromNotarial Deed of Servitude K124/1982 with diagram S.G. No. A1911/1981annexed thereto.

11 Hierdie algemene voorwaarde klousule is nie van toepassing in dieaktekantore in Kaapstad, Pietermaritzburg, Bloemfontein en Vryburgnie.

Deel 1 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 6

-4-

En verder onderhewig aan al sodanige voorwaardes as wat in gemelde aktes

vermeld staan of na verwys word.11

EN DAT, kragtens hierdie sertifikaat, genoemde Trident Steel Eiendoms Beperk, sy

opvolgers in titel of regsverkrygendes, nou en voortaan daartoe geregtig is

ooreenkomstig plaaslike gebruik, maar behoudens die regte van die Staat.

Ten bewyse waarvan ek, voornoemde Registrateur, hierdie Akte onderteken en

met die ampseël bekragtig het.

Aldus gedoen en geteken op die kantoor van die Registrateur van Aktes te

Johannesburg op hede hierdie dag van .

Registrateur van Aktes

[25]

12 Sien voorbeeld 9G in die Selfstudie Aktekursus vir Prokureurs (Deel4), praktiese voorbeelde.

Deel 1 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 7

1.3 Opgestel deur my

TRANSPORTBESORGER

Le Roux GJ

Vorm WW

Aansoek en toestemming kragtens artikel 40(5)(a) 12

van die Registrasie van Akteswet 47 van 1937

Ek, die ondergetekende

Remmington Steele in my hoedanigheid as direkteur en behoorlik daartoe

gemagtig kragtens ‘n besluit van

Trident Steel Eiendoms Beperk

Registrasienommer 1972/006101/07

die eienaar, wat aansoek gedoen het om die uitreiking van ‘n Sertifikaat van

Verenigde Titel ten opsigte van

Erf 1512 Roodekop Dorpsgebied

Registrasie afdeling I.R., Provinsie van Gauteng

groot 34 964 (vier en dertig duisend negehonderd vier en sestig)

vierkante meter

soos aangedui op kaart L.G. Nr. 8503/2002

bestaande uit 1) Erf 1507 Roodekop Dorpsgebied

Registrasie afdeling I.R., Provinsie van Gauteng

Groot 8 741 (agt sewe vier een) vierkante meter

en

2) Erf 1509 Roodekop Dorpsgebied

Registrasie afdeling I.R., Provinsie van Gauteng

groot 8 741 (agt sewe vier een) vierkante meter

en

3) Erf 1511 Roodekop Dorpsgebied

Registrasie afdeling I.R., Provinsie van Gauteng

groot 8 741 (agt sewe vier een) vierkante meter

beswaar met verband B98439/2002

en ander grond, doen hierby aansoek dat die gekonsolideerde grond soos op

gemelde kaart aangedui, in die plek van die voornoemde grond wat met genoemde

verband beswaar is, met die verband beswaar word.

Deel 1 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 8

-2-

Geteken te Johannesburg op 14 September 2011.

As getuies

1

2

R Steele nms Trident Steel (Edms) Bpk

en ek, Abe Abeba, die tekenbeampte van

ABSA Bank Beperk

Registrasienommer 1986/004794/06

behoorlik daartoe gemagtig kragtens ‘n besluit van die direkteure van gemelde

bank, die wettige houer van voornoemde verband, stem hierby toe dat die

gekonsolideerde grond soos op die genoemde kaart aangedui, in die plek van die

voornoemde grond wat met die genoemde verband beswaar is, met die verband

beswaar word.

Geteken te Johannesburg op 15 September 2011.

As getuies

1

2

A Abeba nms ABSA Bank Bpk [15]

13 Tegnies gesproke behoort die koper nie vir die laaste dag van Aprilook okkupasiehuur te betaal nie, aangesien hy dan alreeds die eienaarvan die eiendom is. Indien dit u siening was sou die berekening vandie okkupasiehuuur verskuldig vir April as volg daarna uitsien, naamlik-R8 000,00 ÷ 30 dae x 29 dae = R7 733,33. Aangesien hierdie nie diefinale staat is nie maar bloot ten einde vas te stel of die koper nogenige bedrae verskuldig is alvorens jy kan registreer, hoef hierdieberekening nie so tegnies gedoen te word nie.

Deel 1 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 9

Vraag 2 - Modelantwoord [15]

Koper: Deon Ford Eiendom: Eenheid 5 Camberwell Court

Betaal Koopprys 800 000,00

Ontvang Deposito op koopprys 110 000,00

Ontvang Waarborge vir koopprys 680 000,00

Betaal Transportkoste (insluitende

hereregte)

17 400,00

Ontvang Hereregte 6 000,00

Betaal Okkupasiehuur (1/2/2011-28/2//2011) 8 000,00

Betaal Okkupasiehuur (1/3/2011-

31/03/2011)

8 000,00

Betaal Okkupasiehuur (1/4/2011-30/4/2011)13

8 000,00

Betaal Pro rata heffings aan regspersoon

(1/02/2011-30/04/2011)

1 500,00

Betaal Pro rata heffings & belastings aan

stadsraad (1/02/2011-30/04/2011)

1 200,00

Totaal 796 000,00

balans deur u verskuldig 48 100,00

Balanse 844 100,00 844 100,00

Balans deur u verskuldig 48 100,00

14 Sien Voorbeeld 5 D waar hierdie vraag voorheen gevra is.

15 Die lede van die regspersoon tesame met die houer van ‘n saaklikereg van uitbreiding van die skema mag kragtens a 17 van die Wet opDeeltitels, by wyse van ‘n eenparige besluit die regpersoon opdrag geeom ‘n gedeelte van die gemeenskaplike eiendom te vervreem. Dieregspersoon sal dan die bevoeghdheid hê om met sodanige gedeeltevan die gemeenskaplike eiendom te handel in ooreenstemming metdie opdrag en enige akte vir sodanige doel te onderteken.

Deel 1 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 10

Vraag 3 - Modelantwoord [30]3.1 Opgestel deur my

TRANSPORTBESORGER

Frantzen E

Volmag om oordrag te gee 14

Ons die ondergetekendes,

Miguel Lognoul en Antoin Strauss

in ons hoedanigheid as trustees van die regspersoon van die deeltitelskema

bekend as Jolene, nommer SS159/2010, behoorlik daartoe gemagtig

kragtens ‘n eenparige besluit 15 gedateer 1 September 2011

benoem en stel hiermee aan Gabriel Jacobus le Roux en/of Erinda Frantzen

met die mag van substitusie om my wettig prokureur en agent te wees en om voor

die Registrateur van Aktes te Pretoria te verskyn en daar en dan te verklaar dat -

Nademaal geboue op Erf 35 Groenpunt, waarvan die ondergemelde

transportnemer die geregistreerde eienaar is, op Erf 36 Groenpunt, waarop ‘n

deeltitelskema geopen is genaamd Jolene, skemanommer SS159/2010, oorskry;

En nademaal geboue op die gemelde deeltitelskema wat op Erf 36 Groenpunt

geopen is op Erf 35 Groepunt oorskry;

En nademaal die onderskeie oorskrydings van soortgelyke grootte is en die eienaar

van Erf 35 Groenpunt en die regspersoon vir die skema opgerig op Erf 36

Groenpunt ooreengekom het om die grond waarop die onderskeie oorskrydings

voorkom te verruil;

En nademaal die regspersoon gelyktydig met hierdie oordrag, transport van

Gedeelte 1 van Erf 35 Groenpunt, groot 200 (tweehondred) vierkante meter sal

ontvang in ruil vir die ondergemelde eiendom;

Nou derhalwe magtig ons hiermee die komparant om oordrag te gee aan en ten

behoewe van

16 Hierdie nommer verteenwoordig die titelaktenommer vir Erf 36, op dietydstip wat die deeltitelregister geopen is. Aangesien Gedeelte 1 nadie grondregister terugval, herleef hierdie titelakte.

Deel 1 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 11

-2-

John Smith

Identiteitsnommer 590127 5151 083

getroud, welke huwelik bepaal word deur die reg van Zimbabwe

die volgende eiendom, naamlik -

Gedeelte 1 van Erf 36 Groenpunt Dorpsgebied

Registrasie afdeling J.R., Provinsie van Gauteng

groot 200 (tweehonderd) vierkante meter

Soos aangedui op onderverdelingskaart L.G. nr. 1532/2011

Geteken te Pretoria op 14 September 2011.

As getuies

1

M Lognoul

2

A Strauss [18]

3.2 Soos aangedui op aamgehegte kaart L.G. Nr. 1532/2011 en gehou kragtens

Akte van Transport T75879/2010.16 [6]

3.3 Dokumente vir indiening by die aktekantoor

1 Konsep transportakte vir Gedeelte 1 van Erf 36 Groenpunt

2 Volmag om oordrag te gee

3 Hereregtekwitansie

4 Uitklaringsertifikaat vir die gedeelte

5 Onderverdelingskaart vir die gedeelte

6 Toestemming tot onderverdeling deur die plaaslike bestuur

insluitende die onderverdelingsvoorwaardes

7 Sertifikaat deur die plaaslike bestuur dat al die onderverdelings-

voorwaardes nagekom is

8 Afskrif van die eenparige besluit gesertifiseer deur twee trustees van

die regspersoon tot die vervreemding van die gedeelte

9 Alle verbande geregistreer oor die onverdeelde aandele in die

gemeenskaplike eiendom

10 Skriftelike toestemming deur al die verbandhouers kragtens artikel

56 van die Akteswet vir afhandeling van die verbande met betrekking

tot die betrokke gedeelte. [6]

Deel 1 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 12

Vraag 4 - Modelantwoord [20]Opgestel deur my

TRANSPORTBESORGER

Frantzen E

Volmag om oordrag te gee

Ons, die ondergetekendes

Mort Deadhappy

in my hoedanigheid as eksekuteur in die boedel van wyle Raymond Louis

Lombard, boedelnommer 7891/2009

behoorlik daartoe gemagtig kragtens eksekuteursbrief uitgereik deur die

Meester van die Hoë Hof, Kaapstad op 28 Augustus 2009

en

Joyce Elizabeth Lombard

Identiteitsnommer 560808 0243 08 0

ongetroud, in my hoedanigheid as langslewende gade van die oorledene met

wie ek binne gemeenskap van goed getroud was

benoem en stel hiermee aan Gabriel Jacobus le Roux en/of Erinda Frantzen met

mag van substitusie om my ware en wettige prokureur en agent te wees en om

voor die Registrateur van Aktes te Kaapstad te verskyn en daar en dan te verklaar

dat -

Nademaal die gemelde Joyce Elizabeth Lombard, identiteitsnommer 560808 0243

08 0 binne gemeenskap van goed getroud was met wyle Raymond Louis Lombard,

wie op 25 April 2009 oorlede is, en wie as die oorledene se gade geregtig is op een

halwe aandeel in die ondergemelde eiendom as gevolg van haar hwuwelik binne

gemeenskap van goed met die oorledene;

En nademaal, kragtens die gesamentlike testament gedateer 16 Februarie 2000

van wyle Raymond Louis Lombard wie op 25 April 2009 oorlede is en sy

langslewende gade Joyce Elizabeth Lombard met wie hy binne gemeenskap van

goed getroud was, die ½ (een halwe) aandeel van die oorledene in die

ondergemelde eiendom aan hul seun, Ivan Victor Lombard, getroud binne

gemeenskap van goed met Joan Lena Lombard, bemaak is, onderhewig aan die

uitsluiting van die gemeenskap van goed soos meer volledig hieronder uiteengesit;

En nademaal die langslewende gade, Joyce Elizabeth Lombard en Ivan Victor

Lombard ‘n herverdelingsooreenkoms aangegaan het gedateer 14 November 2009

met betrekking tot die ondergemelde onroerende eiendom tot die effek dat Ivan

Deel 1 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 13

-2-

Victor Lombard op die geheel van die ondergemelde eiendom geregtig sal wees,

onderhewig aan ‘n lewenslange vruggebruik ten gunste van die langslewende

gade, soos meer volledig hieronder uiteengesit;

Nou derhalwe magtig ons die komparant om oordrag te gee aan en ten gunste van

1 Ivan Victor Lombard

Identiteitsnommer 790106 5053 08 2

getroud binne gemeenskap van goed met Joan Lena Lombard, met die

uitsluiting van die gemeenskap van goed met betrekking tot die

ondergemelde eiendom op grond van die bepalings vervat in die

gesamentlike testament van wyle Raymond Louis Lombard en langslewende

gade Elizabeth Lombard gedateer 16 February 2000

van die volgende eiendom, naamlik -

Erf 35693 Kaapsig

geleë in die Stad van Kaapstad, Afdeling Kaap, Provinsie Wes-Kaap

groot 2 000 (twee duisend) vierkante meter

Gehou kragtens Akte van Transport T21518/1985

Onder hewig aan die volgende voorwaardes

1 Onderhewig aan die volgende voorwaarde soos uiteengesit in die

gesamentlike testament van wyle Raymond Louis Lombard en langslewende

gade Joyce Elizabeth Lombard gedateer 16 February 2000, naamlik:

“Enige voordeel verkry ingevolge my testament sal die eiendom bly van die

betrokke begunstigde en sal uitgesluit wees van enige gemeenskap van

goedere van wins en verlies en sal vry staan van die maritale mag wat van

toepassing mag wees op die huwelik.”

2 Onderhewig aan die volgende voorwaarde opgelê in die herverdelings-

ooreenkoms tussen Ivan Victor Lombard en Joyce Elizabeth Lombard

gedateer 14 November 2009, naamlik -

“Onderhewig aan ‘n lewenslange reg op vruggebruik aan en ten gunste van

Joyce Elizabeth Lombard

Identiteitsnommer 560808 0243 08 0

ongetroud

Geteken te Kaapstad op 14 September 2011.

As getuies

1

M Deadhappy

2

JE Lombard

17 Sien Voorbeeld 5 F waar hierdie vraag voorheen gevra is.

Deel 1 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 14

Vraag 5 - Modelantwoord [25]5.1 Opgestel deur my

TRANSPORTBESORGER

Le Roux GJ

Volmag om oordrag te gee 17

Ons, die ondergetekendes

Lee-Anne Fortuin in my hoedanigheid as mede-eksekuteur en John Pringle

in my hoedanigheid as genomineerde van Beste Bank Beperk,

Registrasienommer 1980/579842/06 en as sulks die mede-eksekuteur in die

boedel van wyle Mariaan Naude, boedelnommer 852/2008 behoorlik daartoe

gemagtig kragtens eksekuteursbrief uitgereik deur die Meester van die Hoë

Hof te Pietermaritzburg op 15 Desember 2008

benoem en stel hiermee aan Gabriel Jacobus le Roux en/of Erinda Frantzen met

mag van substitusie om ons ware en wettige prokureur en agent te wees en om

voor die Registrateur van Aktes te Pietermaritzburg te verskyn en te verklaar dat -

Nademaal kragtens die testament gedateer 24 Oktober 2006 van wyle Mariaan

Naude wie op 8 Mei 2008 oorlede is, die ondergemelde eenheid tesame met

uitsluitlike gebruiksgebied beskryf as motorafdak MA8 aan haar kinders in gelyke

dele bemaak is, onderhewig aan die uitsluiting van die gemeenskap van goed soos

meer volledig hieronder uiteengesit;

Nou derhalwe magtig ons die komparant om oor te dra aan en ten gunste van

1 Lee-Anne Fortuin

Identiteitsnommer 781010 0093 00 1

getroud buite gemeenskap van goed

2 Patricia Pattison

Gebore op 18 Augustus 1973

Identiteitsnommer 730918 0039 08 9

ongetroud

3 Vivienne Hartley

Identiteitsnommer 761204 0481 08 5

getroud binne gemeenskap van goed met Peter Hartley, met die uitsluiting

van die gemeenskap van goed met betrekking tot die hieronder gemelde

eiendom ingevolge die bepalings van die testament van wyle Mariaan Naude

gedateer 24 Oktober 2006

die volgende eiendom, naamlik -

Deel 1 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 15

-2-

‘n Eenheid bestaande uit -

a) Deel 11 soos aangetoon en vollediger beskryf op Deelplan No. SS193/1999

in die skema bekend as Oakwood ten opsigte van die grond en gebou of

geboue geleë te Durban, in die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit, van

welke deel die vloeroppervlakte, volgens voormelde deelplan 180 (een

honderd en tagtig) vierkante meter groot is; en

b) ‘n onverdeelde aandeel in die gemeenskaplike eiendom in die skema, aan

genoemde deel toegedeel ooreenkomstig die deelnemingskwota soos op

genoemde deelplan aangeteken

Gehou kragtens Akte van Transport ST3791/2000

Onderhewig aan die volgende voorwaarde opgelê in die testament van wyle

Mariaan Naude gedateer 24 Oktober 2006, naamlik -

“Die erfenis van my erfgename sal nie deel uitmaak van die gemeenskap van goed

van ‘n bestaande of toekomstige huwelik nie.”

Geteken te Durban op 14 September 2011.

As getuies

1

Lee-Anne Fortuin

2

John Pringle [15]

5.2 Dokumente vir indiening by die aktekantoor

1 Konsep akte van transport

2 bestaande titelakte

3 volmag om oordrag te gee

4 hereregtevrystellingsertifikaat

5 belastinguitklaringsertifikaat met betrekking tot die eenheid

6 artikel 15B(3)(a) van die Wet op Deeltitels transportbesorgersertifikaat

7 afskrif van die testament, gesertifiseer deur en geëndosseer as

aanvaar deur die Meester

8 artikel 42(1) van die Boedelwet transportbesorgersertifikaat

9 meester gesertifiseerde afskrif van die naasbestaande verklaring

10 notariële akte van sessie van uitsluitlike gebruiksgebied

11 huidige notariële akte van sessie van uitsluitlike gebruiksgebied

12 belastinguitklaringsertifikaat en hereregtevrystellingsertifikaat vir

die uitsluitlike gebruiksgebied (indien nie alreeds aangedui op die

uitklaringsertifikaat en hereregtevrystellingsertifikaat tov die eenheid

nie)

13 Bestaande verband(e) en toestemming van verbandhouer(s) [10]

18 ‘n Soortgelyke vraag is gevra in Mei 2006 (Deel 1) vraag 2.

Deel 1 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 16

Vraag 6 - Modelantwoord [30]6.1 Opgestel deur my

TRANSPORTBESORGER

Frantzen E

Aaansoek kragtens artikel 45bis(1)(a)

van die Registrasie van Akteswet 47 van 1937 18

Ons, die ondergetekendes

Bob Mvula

Identiteitsnommer 651212 5095 08 8

en

Dorris Mvula

Identiteitsnommer 670116 0073 08 2

getroud binne gemeenskap van goed met mekaar

verklaar hiermee dat -

Nademaal Erf 1234 Kimberley

gelëe in die Sol Plaatjie Munisipaliteit, Distrik Kimberley, Provinsie

Noord Kaap

groot 1000 (een duisend) vierkante meter

Gehou kragtens Akte van Transport T14654/1996

geregistreer is in die naam van die bogemelde Bob Mvula en sy voormalige gade

Betty Buhla (voorheen Mvula), identiteitsnommer 650917 0008 08 4;

En nademaal Bob Mvula

Identiteitsnommer 651212 5095 08 8

Getroud binne gemeenskap van goed met Dorris Mvula

binne gemeenskap van goed getroud was met Betty Buhla (voorheen Mvula),

welke huwelik ontbind is deur ‘n finale egskeidingsbevel uitgereik deur die Hoë Hof

van Suid-Afrika onder saaknommer 3359/2010 gedateer 15 Junie 2010;

En nademaal die skikkingsooreenkoms wat ook ‘n bevel van die hof gemaak is nie

met die bogemelde eiendom handel nie;

Maar nademaal Betty Buhla (voorheen Mvula)

Identiteitsnommer 650908 0085 08 1

Deel 1 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 17

-2-

en

Joe Buhla

Identiteitsnommer 600204 5467 08 1

getroud binne gemeenskap van goed met mekaar

kragtens ‘n addendum tot die skikkingsakte gedateer 20 Augustus 2011, hule

halwe aandeel in bogemelde eiendom verkoop het aan John Mvula en Dorris Mvula

vir R600 000,00;

Nou derhalwe doen ons hierby aansoek by die Registrateur van Aktes te Kimberley

vir die endossering van Akte van Transport T14654/1996 kragtens artikel

45bis(1)(a) van die Registrasie van Akteswet 47 van 1937 tot die effek dat ons op

die bogemelde eiendom geregtig is, een halwe aandeel op grond van die huwelik

binne gemeenskap van goed tussen Bob Mvula and Betty Buhla (previously Mvula)

en die ander halwe aandeel op grond van die addendum tot die skikkings-

ooreenkoms, asof ons formeel transport daarvan ontvang het.

Geteken te Kimberley op 14 September 2011

Bob Mvula

Dorris Mvula

Deel 1 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 18

Opgestel deur my

Vorm T TRANPSORTBESORGER

Frantzen E

ToestemmingOns, die ondergetekendes

Bob Mvula

Identiteitsnommer 651212 5095 08 8 en

Dorris Mvula

Identiteitsnommer 670116 0073 08 2

getroud binne gemeenskap van goed met mekaar

die verbandgewer van verband B3214/1996 gepasseer deur my,

Bob Mvula

Identiteitsnommer 651212 5095 08 8 en

Betty Buhla (voorheen Mvula)

Identiteitsnommer 650917 0008 08 4

getroud binne gemeenskap van goed met mekaar

ten gunste van ABC Bank Beperk vir die bedrag van R600 000,00

1 Stem hierby toe tot die ontheffing van die boedel van gemelde Betty Buhla

(voorheen Mvula) en Joe Buhla, identiteitsnommer 601213 5874 08 8,

getroud binne gemeenskap van goed met mekaar, van aanspreeklikheid

onder genoemde verband;

2 aanvaar hierby volle aanspreeklikheid vir alle verpligtings onder die verband;

3 stem hierby toe tot die substitusie van onsself as die enigste skuldenaar ten

opsigte van voornoemde verband.

Geteken te Kimberley op 14 September 2011.

As getuies 1

Bob Mvula

2

EN Dorris Mvula

Ek, die ondergetekende, Edward Steward, behoorlik daartoe gemagtig kragtens ‘n

besluit deur die direkteure van ABC Bank Beperk, Registrasienommer

1960/012349/06, die wettige houer van die voormelde verband, stem hierby toe tot

die ontheffing, aanvaarding van aanspreeklikheid en die substitusie van die

skuldenaar voornoemd.

Geteken te Kimberley op 15 September 2011.

As getuies 1

2

E Steward nms ABC Bank Bpk [22]

Deel 1 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 19

6.2 Bykomende dokumente vir indiening by die aktekantoor

1 Akte van Transport T14654/1996 vir endossering

2 hereregtevrystellingsertifikaat

3 belastinguitklaringsertifikaat

4 gesertifiseerde afskrif van egskeidingsbevel en

skikkingsooreenkoms

5 gesertifiseerde afskrif van die addendum tot die

skikkingsooreenkoms

6 verband B3214/1996 [7]

6.3 Geen hereregte is betaalbaar nie, aangesien die betaling daarvan kragtens

artikel 9 van die Wet op Hereregte vrygestel is. [1]

Vraag 7 - Modelantwoord [10]

7.1 Opgestel deur my

Vorm HTRANSPORTBESORGER

Le Roux GJ

Transportakte[kragtens artikel 33 van die Registrasie van Akteswet 1937 (No. 47 van 937]

Hierby word bekendgemaak

dat ingevolge ‘n bevel van die Hoë Hof, Grahamstad op 12 Desember 2010, ek, die

Registrateur van Aktes te King Williams Town kragtens genoemde bevel hierby

sedeer en transporteer in volle en vrye eiendom aan en ten gunste van

Deel 1 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 20

-2-

Alfred Scott

Identiteitsnommer 501214 5487 08 4 en

Doris Day

Identiteitsnommer 601219 0008 08 2

getroud binne gemeenskap van goed met mekaar

hulle erfgename, eksekuteurs, administrateurs of regsverkrygendes, sekere

1 Erf 56 Oos-Londen

Plaaslike Munisipaliteit van Buffalo City, Afdeling Oos-Londen, Provinsie

Oos-Kaap

groot 360 (drie honderd en sestig) vierkante meter

Aanvanklik oorgedra kragtens Akte van Transport T167/1932 met algemene

plan L.G. nr. 4879/1932 wat daarop betrekking het en gehou kragtens Akte

van Transport T1258/1969

Onderhewig aan al sodanige voorwaardes as wat daarin vermeld staan of na

verwys word

2 Erf 57 Oos-Londen

Plaaslike Munisipaliteit van Buffalo City, Afdeling Oos-Londen, Provinsie

Oos-Kaap

groot 360 (drie honderd en sestig) vierkante meter

Aanvanklik oorgedra kragtens Akte van Transport T1597/1932 met

algemene plan L.G. Nr. 4879/1932 wat daarop betrekking het en gehou

kragtens Akte van Transport T1258/1969

Onderhewig aan al sodanige voorwaardes as wat daarin vermeld staan of na

verwys word

3 Erf 58 Oos-Londen

Plaaslike Munisipaliteit van Buffalo City, Afdeling Oos-Londen, Provinsie

Oos-Kaap

groot 360 (drie honderd en sestig) vierkante meter

Aanvanklik oorgedra kragtens Akte van Transport T3/1933 met algemene

plan L.G. Nr. 4879/1932 wat daarop betrekking het en gehou kragtens Akte

van Transport T1258/1969

Onderhewig aan al sodanige voorwaardes as wat daarin vermeld staan of na

verwys word [7]

Deel 1 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 21

7.2 Ondersteunende dokumente vir indiening by die aktekantoor

1 Huidige titleakte(s) vir die drie eiendomme (T1258/1972), indien

beskikbaar. Indien nie, ‘n beëdigde verklaring deur die

transportnemer dat hy nie in staat was om besit van die titelakte te

bekom nie

2 hereregte kwitansie vir die drie eiendomme

3 uitklaringsertifikaat vir die drie eiendomme

4 gesertifiseerde afskrif van die hofbevel

5 huweliksertifikaat en beëdigde verklaring deur Alfred en Doris

rakende die huwelik binne gemeenskap van goed [3]

Vraag 8 - Modelantwoord [20]

Bylae van Voorwaardes kragtens artikel 11(3)(b)

van die Wet op Deeltitels 95 van 1986

DEELPLAN : LG. Nr. D123/2011

NAAM VAN DIE SKEMA: Morester

NAAM EN ADDRES Die Trustees van die ABC Trust

VAN DIE ONTWIKKELAAR Registrasienommer IT 8183/2005

van Adderley Straat 57

Kaapstad

2000

NOMMER VAN DIE TITELAKTE

VAN DIE BETROKKE GROND: T1/2007 en T2/2007

NOMMER VAN DIE TITELAKTE

WAARBY KAART GELIASSEER IS Algemene plan LG Nr. 285/2001 is by

T357/2001 en T159/2001 geliasseer

Ek die ondergetekende

Erinda Frantzen

‘n transportbesorger, praktiserende as sulks in Kaapstad, sertifiseer hiermee dat

die eiendom bekend as -

1 Erf 123 Belville

Stad van Kaapstad, Afdeling Kaap, Provinsie Wes-Kaap

groot 1 000 (een duisend) vierkante meter

Gehou kragtens Akte van Transport T1/2007

onderhewig aan en geregtig op die volgende voorwaardes is, naamlik -

19 Aangesien die algemene voorwaardeklousule (“en verder onderhewigaan al sodanige voorwaardes as wat daarin vermeld staan of naverwys word”) nie in die aktekantoor vir Kaapstad gebruik word nie, ishierdie klousule weggelaat.

20 en/of ‘n vertikale en/of horisontale uitbreiding van ‘n bestaande gebou,afhangend van die feite van elke spesifieke geval.

Deel 1 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 22

-2-

A No trade or business in wine, spirits or beer shall be carried on on the said

property

B The property is subject to a 2 metres wide servitude for municipal purposes

in favour of the Belville Local Municipality together with ancillary rights as will

more fully appear from Notarial Deed No. K44/2006S with diagram annexed

thereto.

C The property may not be transferred without the written consent of the Local

Authority.19

D Erf 123 Belville en Erf 124 Belville is notarieël gekoppel en sal vir alle

doeleindes as een eiendom beskou word en die twee eiendomme mag

vervreem oor beskik word of getransporteer word nie, anders as aan

dieselfde persoon, soos meer volledig blyk uit Notariële Koppelingsakte

K S.

2 Erf 124 Belville

Stad van Kaapstad, Afdeling Kaap, Provinsie Wes-Kaap

groot 1 500 (een duisend vyf honderd) vierkante meter

Gehou kragtens Akte van Transport T T2/2007

is onderhewig aan of geregtig op die volgende voorwaardes:

A Onderhewig aan voorwaardes A en D soos meer volledig uiteengesit in

paragraaf 1 hiervan.

B The property is subject to a 5 metre wide right of way servitude in favour of

Highbrow Holdings (Proprietary) Limited as will more fully appear from

Notarial Deed No. K100/2006S with diagram annexed thereto.

3 Die onwikkelaar het ten gunste van homself en sy opvolgers in titel die reg

gereserveer om van tyd tot tyd, binne ‘n tydperk van 30 (dertig) jaar vir sy

persoonlike rekening ‘n verdere gebou of geboue 20 op te rig en te voltooi op

21 Die bewoording van die saaklike reg soos uiteengesit in Vorm F(sertifikaat van saaklike reg van uitbreiding) kan hier gevolg word.

22 Hierdie paragraaf kan ook op ‘n ander manier verwoord word, naamlik:

Die Ontwikkelaar het, kragtens artikel 11(2) van die Wet op Deeltitels,1986, saamgelees met artikel 27 van gemelde Wet, die reg op dieuitsluitlike gebruik van die volgende dele van die gemeenskaplikeeiendom, en wat vir hierdie doel op die deelplan ingeskets is,toegeken, naamlik -

Eenheid Nr. Uitsluitlike gebruik Uitsluitlike gebruik Nr. Vierkante meter

1 Tuin T1 50 (vyftig)2 Tuin T2 50 (vyftig)3 Tuin T3 50 (vyftig)

Deel 1 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 23

die aangewese gedeelte van die gemeenskaplike eiendom soos aangetoon

op die plan soos bedoel in artikel 25(2)(a) van die Wet, in die aktekantoor

van Kaapstad geliasseer en om sodanige gebou of geboue in ‘n deel of dele

en gemeenskaplike eiendom te verdeel en om die reg tot uitsluitlike gebruik

oor ‘n gedeelte van daardie gemeenskaplike eiendom te verleen aan die

eienaar of eienaars van een of meer dele in die skema.21

4 Die ontwikkelaar het verder die volgende voorwaarde opgelê kragtens artikel

11(2) van die Wet op Deeltitels 95 van 1986, naamlik - 22

1 Die eienaar van deel 1 sal geregtig wees op die uitsluitlike gebruik,

okkupasie en genot van die gebied gemerk T1 (Tuin), groot 50 (vyftig)

vierkante meter, aangedui op bladsy 3 van die deelplan tot die

uitsluiting van die regte van al die ander eienaars.

2 Die eienaar van deel 2 sal geregtig wees op die uitsluitlike gebruik,

okkupasie en genot van die gebied gemerk T2 (Tuin), groot 50 (vyftig)

vierkante meter, aangedui op bladsy 3 van die deelplan tot die

uitsluiting van die regte van al die ander eienaars.

3 Die eienaar van deel 3 sal geregtig wees op die uitsluitlike gebruik,

okkupasie en genot van die gebied gemerk T3 (Tuin), groot 50 (vyftig)

vierkante meter, aangedui op bladsy 3 van die deelplan tot die

uitsluiting van die regte van al die ander eienaars.

5 Geen verdere voorwaardes is deur die ontwikkelaar opgelê nie.

Geteken te Kaapstad op 14 September 2011.

TRANSPORTBESORGER

TOTAAL [200]

Deel 2 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 24

Modelantwoorde vir die Transportbesorgingseksamen

September 2011

Deel 2

Selfstudie Aktekursus

Vraag 1 - Modelantwoord [6]

Die drie uitsonderings is -

1 ‘n Reg van weg, waterleiding, pyplyn of geleiding van elektrisiteit met ‘n

breedte wat nie 15 meter oorskry nie;

2 ‘n Serwituut wat aanvullend tot die bogemelde serwituut is en wat ‘n

serwituut area van nie meer as 225 vierkante meter beslaan nie en wat

aangrensend is aan die gebied van die laasvermelde serwituut; en

3 ‘n Vruggebruik oor die geheel van landbougrond ten gunste van een persoon

of ten gunste van sodanige persoon en sy gade of die langslewende van

hulle indien hulle binne gemeenskap van goed getroud is.

Vraag 2 - Modelantwoord [4]

a Indien ‘n transaksie van BTW vrygestel is, val dit geheel en al buite die “BTW

net.” Hereregte is derhalwe betaalbaar op die transaksie. Die posisie is

derhalwe dieselfde asof die verkoper nooit vir BTW geregistreer was nie.

b Indien ‘n transaksie teen ‘n nulkoers is, val dit nogsteeds binne die “BTW

net” en al die bepalings rakende BTW is steeds op die transaksie van

toepassing, insluitende die bepaling dat die koper nogsteeds insetbelasting-

krediete met betrekking tot die betrokke eiendom kan eis. Die koers is slegs

“0%” in plaas van die huidige “14%.”

Vraag 3 - Modelantwoord [10]

4.1 Die partye plaas op rekord dat -

1) die eiendom as ‘n lopende saak, naamlik die uitverhuring van geboue

vir besigheidsdoeleindes, verkoop word.

2) die lopende saak sal op datum hiervan, ‘n inkomstegenererende

Deel 2 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 25

bedryf wees.

3) die verkoper ‘n geregistreerde BTW ondernemer is met BTW

registrasienommer registration number 4880125659

4) die koper ‘n geregistreerde BTW ondernemer is met BTW

registrasienommer 4320177601.

4.2 Indien die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sou beslis dat hierdie transaksie

nie as ‘n nul-koers transaksie kwalifiseer nie, sal die koper verantwoordelik

wees vir die betaling van BTW bykomend tot die koopprys.

Vraag 4 - Modelantwoord [5]

Hereregte moet eers bereken word op die waarde van die hele eiendom (met

ander woorde op R2 000 000,00) waarna die bedrag hereregte betaalbaar, in

hierdie geval, deur twee gedeel moet word. Derhalwe:

R 0,00 - R600 000,00 x 0% = R 0,00

R 600 001,00 - R1 miljoen x 3% (dus R400 000,00 x 3%) = R 12 000,00

R1 miljoen - R1,5 miljoen x 5% (dus R500 000,00 x 5%) = R 25 000,00

bo R1,5 miljoen x 8% (dus R500 000,00 x 8%) = R 40 000,00

TOTAAL = R 77 000,00

R77 000,00 ÷ 2 = R 38 500,00 hereregte betaalbaar met betrekking tot die ½

aandeel in die eiendom.

Vraag 5 - Modelantwoord [5]

5.1 Die maatskappy is ‘n persoonlike aanspreeklikheidsmaatskappy [1]

5.2 Die maatskappy is ‘n privaat maatskappy [1]

5.3 Die maatskappy is ‘n openbare (publieke) maatskappy [1]

5.4 Die maatskappy is ‘n maatskappy in staatsbesit [1]

5.5 Die maatskappy is ‘n maatskappy sonder winsoogmerk [1]

Vraag 6 - Modelantwoord [5]

Ja. Indien die eiendom wat in die naam van die solvente gade geregistreer is, nie

ten tyde van die registrasie van die verband deur die kurator van die boedel van die

insolvente gade vrygestel is nie, kan die verbandhouer nie ‘n versekerde of

preferente eis verkry nie en in soverre dit die insolvent se kurator aangaan, is die

verband nietig. (De Villiers NO v Delta Cables (Pty) Ltd 1992 (1) SA 9 (AD)).

23 ‘n Soortgelyke vraag is gevra in September 2008 (Deel 2), Vraag 8 vir12 punte en in September 2009 (Deel 1) Vraag 16 vir 12 punte.

Deel 2 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 26

Vraag 7 - Modelantwoord [5]

Artikel 88 van die Insolvensiewet bepaal dat ‘n verband (gepasseer vir ‘nbestaande skuld) by die registrateur ingedien moet word binne twee maande nadatdie skuld ontstaan het. Indien dit nie binne twee maade ingedien word nie, sal dieverbandhouer nie enige preferensie hê indien die verbandgewer binne ses maandena die indiening van die verband insolvent verklaar word nie.

Aangesien A alreeds meer as twee maande gelede die geld aan B geleen het, salA nie ‘n preferente eis hê indien B binne ses maade na die indiening van dieverband ten gunste van A, gesekwestreer word nie.

Vraag 8 - Modelantwoord [3]

Die transportbesorger wat die registrasie van ‘n verband ten gunste van ‘n bank offinansiële instelling behartig moet vasstel dat -i) die huisbouer kragtens die Wet op Beskerming van Behuisingsverbruikers

geregistreer is;ii) hy die huis by die Raad ingeskryf het; eniii) hy die voorgeskrewe gelde vir daardie inskrywing betaal het

Vraag 9 - Modelantwoord [2]

Kapitaalwinsbelasting is ‘n belasting op die kapitale winste ten aansien van ‘neiendom wat in ‘n jaar van aanslag verkoop word en wat by die belastingbetaler sebelasbare inkomste vir daardie belastingjaar gevoeg word.

Vraag 10 - Modelantwoord 23 [18]

10.1 Sy langslewende agde is geregtig op R125 000,00 (aangesien hierdiebedrag groter is as ‘n kindsdeel van R83 750,00)Elkeen van die drie kinders sal gelykop deel in die oorblywende geld,naamlik elkeen is geregtig op R70 000,00. [4]

10.2 Sy langslewende gade is geregtig op R125 000,00 (aangesien hierdiebedrag groter is as ‘n kindsdeel van R83 333,33).Die kind gebore uit die huwelik sowel as die kind wat deur die oorledenegedurende sy leeftyd kragtens die gewoontereg as sy eie aanvaar is salgelykop in die oorblywende geld deel, met ander woorde elkeeen is geregtigop R62 500,00. [4]

10.3 Sy vader is geregtig op 50% van sy boedel, naamlik R300 000,00. Dieoorlewendes aan sy moeder se kant is geregtig op die ander helfte. Sy twee

24 Kragtens artikel 40(3) van die Kinderwet bestaan daar geen reg tussen‘n kind gebore uit ‘n vrou as gevolg van kunsmatige inseminasie enenige persoon wie se gameet vir sodanige kunsmatige inseminasiegebruik is of die bloedverwante van daardie persoon nie, tensy -a) daardie persoon die vrou is wat geboorte aan die kind gegee

het; ofb) daardie persoon die man was van sodanige vrou ten tyde van

die kunsmatige inseminasie.Hierdie artikel is onderhewig aan artikel 296, wat handel oorkunsmatige inseminasie van ‘n surrogaat moeder.

25 Kragtens artikel 297(1)(f) van die Kinderwet sal die kind geen eis virerfopvolging hê teen ‘n surrogaat moeder, haar man of enige van hulbloedverwante nie.

26 ‘n Soortgelyke vraag is in Mei 2008 (Deel 2), Vraag 2 en Mei 2009(Deel 2), Vraag 9 vir 7 punte gevra.

Deel 2 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 27

broers is derhalwe elkeen geregtig op R100 000,00 en die twee kinders vansy oorlede suster is elkeen geregtig op R50 000,00. [4]

10.4 Sy vrou, die kind gebore uit hul huwelik en hul aangenome kind is elkeengeregtig op R160 000,00. Die stiefkind is nie daarop geregtig om intestaatvan die oorledene te erf nie. [6]

Vraag 11 - Modelantwoord [3]

Die feit dat ‘n kind buite die eg gebore is affekteer nie die bevoegheid van eenbloedverwant om intestaat van ‘n ander bloedverwant te erf nie. Dit is die gevaldesnieteenstaande die bepalings van enige reg of van die gemenereg ofgewoontereg, maar onderhewig aan die bepalings van die Wet op IntestateErfopvolging en artikel 40(3) 24 en 297(1)(f) 25 van die Kinderwet.

Vraag 12 - Modelantwoord 26 [7]

12.1 Ja. Registrateurskonferensiebesluit 5 van 2005 bepaal dat wanneer ‘npersoonlike serwituut gekanselleer word, hetsy kragtens artikel 68(1) - (dienotering van die verval van die serwituut) of kragtens artikel 68(2) - (notariëlekansellasie van die serwituut), moet ‘n hereregtekwitansie of hereregte-vrystellingsertifikaat ingedien word, tensy die serwituut sy tyd uitgedien het. Vnauit die feite in die vraag is dit duidelik dat die serwituut nie sy tyduitgedien nie, en derhalwe sal sodanige kwitansie of vrystellingsertifikaatingedien moet word. [2]

12.2 Ek sal ‘n aansoek, onderteken deur die geregistreerde eienaar van dieeiendom waaroor die vruggebruik geregistreer is, kragtens artikel 68(1) vandie Registrasie van Akteswet indien vir die notering van die verval van dievruggebruik. Ek sal ook ‘n sterfkennis of sterftesertifikaat indien as bewys

27 Du Toit vs Visser & Another 1950 (2) SA 93 (C) op pp 102-103;Consolidated Practice Manuals of the Deeds Office of South Africa,Juta Kaapstad, hersiene uitgawe 1, 2007, p. 3-34

28 A similar question has been asked in May 2010 (Part 2), Question 10for 10 marks.

Deel 2 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 28

van die dood van die vruggebruiker. ‘n Endossement tot daardie effek saldan op die titelakte aangebring word. [3]

12.3 Nee, dit is nie nodig nie, aangesien die vruggebruik deur tydsverloop vervalhet, met ander woorde die vruggebruik het sy tyd uitgedien. [2]

Vraag 13 - Modelantwoord [6]

13.1 ‘n Grondserwituut verval deur samesmelting indien die eienaar van dieheersende eiendom ook die eienaar van die dienende eiendom word ofandersom. [2]

13.2 Nee, die registrateur sal nie die samesmelting in hierdie geval noteer nie. Indien die verval van ‘n grondserwituut nie teen die titelaktes van dieonderskeie eiendomme aangeteken is nie, is daar ‘n vermoede dat sodanigeonaangetekende serwituut herleef deur die insluiting daarvan in enigedaaropvolgende akte nadat die de facto samesmelting plaasgevind het.27 [4]

Vraag 14 - Modelantwoord 28 [10]

14.1 Soos aangedui op algemene plan L.G. Nr.13/2010 en gehou kragtensSertifikaat van Verenigde Titel T1234/1998. [3]

14.2 Aanvanklik oorgedra en steeds gehou kragtens Akte van TransportT222/2010 met algemene plan L.G. nr. 13/2010 wat daarop betrekking het.[3]

14.3 Aanvanklik oorgedra en steeds gehou kragtens Akte van TransportT222/2010 met algemene plan L.G. Nr. 13/2010 wat daarop betrekking hetmet betrekking tot een-halwe aandeel en gehou kragtens Akte van TransportT25/2011 met betrekking tot die ander halwe aandeel. [4]

Vraag 15 - Modelantwoord [5]

Die Wet op Verbuikersbeskerming vereis dat verbuikersooreenkomste in gewoneen verstaanbare taal moet wees sodat ‘n gewone persoon met gemiddeldegeletterdheidsvaardighede en minimale ondervinding as ‘n verbruiker van diebetrokke goedere of dienste die inhoud, betekenis en belangrikheid van diebepalings kan verstaan.

Faktore wat in aanmerking geneem moet word, is -

Deel 2 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 29

1) die klas van persone vir wie ‘n dokument bedoel is;2) die samehang, omvattendheid en konsekwentheid van die dokument;3) die organisering, vorm en styl van die voorstelling of dokument;4) die woordeskat en sinstruktuur wat gebruik word; en5) die gebruik van hulpmiddels soos illustrasies, voorbeelde en opskrifte.

Vraag 16 - Modelantwoord [6]

Enige 3 van die volgende:

1) A 34(1): Waar ‘n persoon ‘n mede-eienaar is van ‘n stuk grond wat hy saammet ander kragtens een titelakte besit, kan hy by die Registrateur van Aktesaansoek doen vir die uitreiking aan hom van ‘n sertifikaat van geregistreerdetitel (SGT) ten aansien van sy onverdeelde aandeel in daardie grond. Hierdie artikel sal met die nodige veranderineg ook van toepassing wees openige persoon wat die eienaar is van die geheel of ‘n aandeel in ’n stukgrond en ‘n SGT verlang vir enige breuk van sy onverdeelde aandeel insodanige grond - (a 34(1A).

2) A 34(2): Indien ‘n titelakte, waarkragtens grond of aandele gesamentlik besitword, verlore of vernietig is, mag enige mede-eienaar ‘n SGT vir sy aandeelin die grond verkry, sonder dat hy ‘n gesertifiseerde afskrif van die verlore ofvernietigde titelbewys hoef te verkry.

3) A 35: Iemand wat kragtens meer as een titelbewys eienaar is vanonverdeelde aandele in een of meer stukke grond, mag aansoek doen vir ‘nSGT ten aansien van sy gesamentlike aandeel.

4) A 36: Iemand wat twee of meer stukke grond kragtens een titelbewys besit,mag ‘n SGT vir een of meer van daardie stukke grond verkry.

5) A 38: Waar beide die eienaar van die grond se titelbewys sowel as die kopievan die aktekantoor verlore of vernietig is kan ‘n SGT in die plek van so ‘nverlore of vernietigde titelbewys uitgereik word.

6) A 39(1): Indien dieselfde stuk grond weens ‘n fout in die name vanverskillende persone geregistreer is, kan die registrateur, nadat die grondaan die regte eienaar getransporteer is, aan die wettige eienaar ‘n SGT virdie grond wat hy kragtens verskillende titelbewyse besit, uitreik.

7) A 39(2): Hierdie artikel maak voorsiening vir ‘n “skoon” titelbewys waar diebestaande titelakte voorwaardes of serwitute bevat wat reeds verval het ofwat gekanselleer is. Die enigste wyse om ‘n titelakte skoon te kry vanvoorwaardes wat nie meer van toepassing is nie, is om ‘n SGT, vry vansodanige voorwaardes te verkry

8) A 43(1): Waar ‘n eienaar sy grond in twee of meer gedeeltes onderverdeelhet en begerig is om een of meer van daardie gedeeltes kragtens ‘n apartetitelakte te hou, kan hy aansoek doen dat ‘n SGT ten aansien van ‘n gedeeltevan ‘n stuk grond aan hom uitgereik word.

TOTAAL: [100]

Deel 2 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 30

Deel 2 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 31

Deel 2 - 14 September 2011 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 32

Saamgestel deur

Erinda FrantzenBCom(Regte)(UP) LLB (UNISA)

Prokureur, Transportbesorger en Notaris van die Hoë Hof van Suid-

Afrika

en

Gawie le RouxBA(Regte)(UP) LLB (UP) BA Honeurs (UNISA)

Prokureur en Transportbesorger van die Hoë Hof van Suid-Afrika

en gepubliseer deur

Selfstudie Aktekursus BK Registrasienommer 1994/016876/23

Posbus 74047

Lynnwoodrif

0040

451 Flindersteeg

Lynnwood, Pretoria

Tel: (012) 361-1715

Faks: (012) 361-1108

Webwerf: www.aktepraktyk.co.za

BRONNE

Selfstudie Aktekursus vor Prokureurs

The Consolidated Practice Manuals of the Deeds Office of South Africa

Betrokke wette, regulasies en voorgeskrewe vorms

Registrateurskonferensiebesluite